Issuu on Google+

April 2012

`n handelsmerk van

Voorsitter van direksie positief oor landbou Klimaat was reg vir rekordoeste GWK-garsprodusent met nasionale toekenning vereer


Inhoud 2 Redakteursbrief My kar is breek . . . en dis só mooi! 3 Geestelike Akker Soms moet jy die pad stap. 4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel Voorsitter van direksie positief oor landbou. 14 Ons besigheid Landzicht flonker met sy eie vonkelwyn! 18 Navorsing en Ontwikkeling Klimaat was reg vir rekord koringoeste. 22 Graan Kleinverkope . . . groot kopseer? 24 Navorsing en Ontwikkeling Stel probleme onder spilpunte nou reg.

33 Vroue Lindie Strydom by VLV-konferensie op Douglas. 34 GWK NUUS Algemeen Graan se gholfdag `n groot sukses. Industrieë se gholfdag `n heerlike familiekuier Só lyk ons nuwe span in die VS en Oos-Kaap! GWK Kuier GWK Kuier by OFM in Bloemfontein.

40 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels “Pawees is fantasties!” sê Griekwas se kaptein. 41 DIE SKOPSKOEN Griekwas begin op spoed.

18 Rekord koringoeste

42 Kinderkuns Nashua Mobile bied inkleurkompetisie aan. 44 Vir die jongspan Pret op die plaas. 46 VROUE Leefstyl Dink dinamies . . . en buite die boks!

30 Handel (Promosie) Beginsels vir lek-aanvulling.

48 Oulap se rooi. Wees kreatief vir `n pragtige Paasfees.

mev. Nicolene Human op die plaas om oor hul boerdery te gesels. Schalk is onlangs as SAB Maltings se garsboer van die jaar aangewys (lees artikel op bl. 32).

10 Voorsitter is positief

36 FOTOKOMPETISIE Op die plaas.

28 Kleinhandel en Meganisasie GWK Kleinhandel wys topverskaffers aan.

Lees volgende maand Ons kuier by mnr. Schalk en

32 Toekennings GWK-garsprodusent met nasionale toekenning vereer.

37 Wenfoto

50 Gesondheid Ewige jeug . . . in jou bord. 51 Resep Dubbellaag aarbei-en-joghurt-kaaskoek. 52 Agterblad Die jagter vang sy eerste jakkals . . .

46 Dink uit die boks!


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

My kar is breek . . . en dis só mooi!

T

waarop een van GWK se garsprooe ons nog natnuut uit die dusente die pryse ingepalm het. Vrystaat hier in die Noord-Kaap Baie geluk Schalk, en baie geluk was, het ek my dikwels verluister aan Nicolene en Boeta . . . die vrou en hoe mooi die mense hier praat. die klein kabouter agter hierdie sukTotdat my man my nou die dag sesvolle produsent! daarop wys dat ek nou ook só praat, In hierdie uitgawe doen ons aan by want ek “gaan loop koffie maak”. mnr. Frank Lawrence (Voorsitter van GWK se direksie) om te hoor wat sy Toe my tweejarige seuntjie `n paar dae later aankondig “sy kar is breek,” hart oor die landbou laat klop en hoe hy oor aktuele kwessies dink. wou ek bars van die trots. Dan kuier ons by die Landzicht-wynWant, het ek besef, anders as sy ouers wat hierdie wêreld en sy mense kelder op Douglas, wat onlangs sy liefgekry het, is hy één van hulle. Hier eie vonkelwyn bekend gestel het. Ons gebore en getoë. Maar so sonder dat gee ook `n paar bottels weg! ons dit agtergekom het, het ons almal Ons steek kers op by GWK se afdeling vir Navorsing en Ontwikkeling trots Noord-Kapenaars geword . . . oor waarom die afgelope seisoen en nou is ons praat ook reg! rekord koringoeste opgelewer het en Daarom was ek nog meer trots op kyk na die besonderse foto’s wat vir ons provinsie en sy mense toe ek onlangs `n glansgeleentheid bywoon hierdie maand se fotokompetisie met

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029 Advertensies Miranda van der Walt 083 7090 688

Lekker lees! Tot volgende keer.

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, kommuniek@gmail.com Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

die tema “Op die plaas” ingeskryf is. Dan roep ons die vroue nader, want dalk sit jou denke in `n boks vas en vir al wat jy weet, lê ewige jeug . . . in jou bord! Ons maak `n smullekker (dubbellaag!) aarbei-en-joghurt-kaaskoek en skuif dan nader om uit te vind hoe die jakkalsjagter uiteindelik sy eerste jakkals vasgetrek het. Ek wens graag elkeen van ons lesers `n geseënde Paastyd toe. Mag dit `n heerlike rustyd wees waarin ons weer intens van ons Verlosser se genade bewus word.

VOORBLADFOTO `n Mandjie diep pers druiwe wat aan die Landzicht-wynkelder op Douglas gelewer is. Foto: Danelle Groenewald

Milanie Vosloo

Geestelike akker

Gebed vir April . . . Soms moet jy die pad stap U, Here, sorg meer as sorg. U reinig, voed en beskerm my nie net nie. U gee Uself. U wek my elke oggend op met nuwe krag, gee aan my die wêreld se geleenthede en help my om dit dan met passie deur te voer. U gee nie net spys nie, U voed my met ewigheidskos. U les nie net my dors nie, U bied my die lewende water. In tye van nood bring U redding. Deur my hele lewe dra U my. U hand is reeds daar wanneer ek val. En wanneer ek van U wegdwaal, lei U my weer terug na u hart. Ek erken vandag dat ek soms toelaat dat die lewe by my verbyleef. Ek raak dikwels so vasgevang in die dag-tot-dag-dinge dat ek u groot genade glad nie meer raaksien nie. In hierdie maand wil ek graag weer met nuwe oë en ore leef. Ek wil opnuut hoor hoe U in my hart fluister, u wonderwerke sien, u teenwoordigheid in my lewe voel en u onverdiende goedheid beleef.

“God het selfs nie-Jode tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.” Handelinge 11:18b Het jy al daaraan gedink dat daar sekere dinge is wat net jý kan doen? Dat God bepaalde opdragte het wat Hy spesifiek aan jóú opgedra het? En het jy al daaraan gedink dat, ás jy dit nie doen nie, `n stukkie van die koninkryk so verlore kan gaan? So het God byvoorbeeld vir Filippus gelei sodat die Evangelie-boodskap Afrika kan bereik. En het Hy deur Lida die verlossingsboodskap in Europa begin. Ja, God het seker gemaak dat sy liefde dwarsdeur die wêreld versprei sodat élke mens kon weet: Daar is `n God wat álle mense wil red. Jou koninkryksdeel kan dalk by jou onmiddellike kring lê: by die vriende, familie of kollegas met wie jy daagliks te doen kry. Maar dit kan ook wees dat God jou in die lewe van `n onbekende wil gebruik soos die kelner wat jou koffie bedien, die kassiere wat jou aankope hanteer, die

bedelaar by jou hek of die persoon in wie jy jou vandag gaan vasloop. Wanneer jou hart ingestem is op die Gees van God, sal jy wéét wanneer die geleentheid hom voordoen. Jy sal “hoor” hoe daardie mens as’t ware vir jou sê: “Hoe kan ek die pad loop as jý my nie wys nie?” Wees vandag fyn ingestel op die leiding van die Gees. Hy gaan vir jou sê: Maak só! Heilige Gees, maak my asseblief gehoorsaam, selfs wanneer u opdrag vreemd klink. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Damme en reënval

Agri-kalender April 2012

% Vol 90 92 84 112

Vaaldam Bloemhofdam Erfenisdam

83 66 69

Rietrivier

Kalkfonteindam

80

Modderrivier

Krugersdriftdam

62

Vaalrivier

60

50 40

30 20 10

0

Werklik

Vaalharts

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Boegoebergdam

Oranjerivier

Reënval 25 Feb - 23 Mrt 2012

70

Rietrivier

Dam

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reënval

Barkly-Wes

24 April 2012 25 April 2012 26 April 2012 26 April 2012

Huidige stand van damme

Nguni-veiling Douglas NG Kerk Harmonie Scholtz Broers wildveiling Douglas Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Griekwastad veiling Boshof veiling

Hopetown

18 April 2012 19 April 2012 21 April 2012

Prieska

Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling Meatmaster Loeriesfontein Hertzogville veiling Kimberley grootveeveiling Kimberley kleinveeveiling

Douglas

3 April 2012 4 April 2012 10 April 2012 11 April 2012 11 April 2012 12 April 2012 17 April 2012 18 April 2012

Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Veilingspryse vir lewendehawe 3 27/02 - 02/03/2012

05/03 - 10/03/2012

12/03 - 16/03/2012

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Bees

Kimberley

Slagosse

R14.00

Slagosse

R14.00

Slagosse

R14.00

Slagosse

R14.00

Slagkoeie

R12.00

Slagkoeie

R11.50

Slagkoeie

R11.20

Slagkoeie

R11.00

Maer beeste

R10.20

Maer beeste

R10.20

Maer beeste

R17.00

Maer beeste

R9.50

Ligte kalwers (180-200kg)

R20.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R17.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R18.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R17.80

Swaar kalwers (250kg +)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Skape

Kimberley

Slaglammers

R21.80

Slaglammers

R22.00

Slaglammers

R20.20

Slaglammers

R21.50

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R22.50

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R21.00

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R21.50

Kruislammers

R21.00

Kruislammers

R20.00

Slagooie

R15.00

Slagooie

R14.00

Slagooie

R13.50

Slagooie

R14.00

Maer ooie

R15.00

Maer ooie

R13.60

Maer ooie

R12.50

Maer ooie

R12.00

Klein bokkies Jong bokke Bokooie

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R25.00

R25.00

Jong bokke

R23.00

Jong bokke

R23.00

R19.00

Bokooie

R17.00

Bokooie

R18.00

Klein bokkies

R24.80

Jong bokke

R19.50

Bokooie

4

Max Langtermyn

Min

Max

Min Langtermyn

Prieska Green Valley Nuts

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Barkley-Wes Ulco 40 35 30 25 20 15 10 5 0

40 35 30 25 20 15 10 5 0

25 Feb - 23 Mrt 2012 Max

Max Langtermyn

25 Feb - 23 Mrt 2012 Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Rietrivier

Kimberley

R25.00

Max

Swaar kalwers (250kg +)

Skape

R24.80

25 Feb - 23 Mrt 2012

25 Feb - 23 Mrt 2012

19/03 - 23/03/2012

Bees

Douglas Lunenburg 40 35 30 25 20 15 10 5 0

40 35 30 25 20 15 10 5 0

40 35 30 25 20 15 10 5 0

40 35 30 25 20 15 10 5 0

25 Feb - 23 Mrt 2012 Max

Max Langtermyn

25 Feb - 23 Mrt 2012 Min

Max

Min Langtermyn

Max Langtermyn

Maandelikse voorspelling: April 2012

Vaalharts Jan Kempdorp

140

120

40 35 30 25 20 15 10 5 0

100

80 60

40 20

0

25 Feb - 23 Mrt 2012 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Grondbone

Landbouwenke

 Die eerste grondboontjie-

aanplantings word nou geoes. Haal uit wanneer peule 7075% ryp is. Baie nat toestande bevorder voorkoms van Schlerotinia wat reuse oesverliese kan meebring. Peule en stingels verbruin en verrot en blare sterf af (sien foto-inlas). Oorweeg om vroeër te oes indien Schlerotinia

Lusern en weiding  April en Mei is die beste tyd om

lusern te vestig.  Die saadbed moet klam, fyn, ferm en onkruidvry wees.  Plant teen 25kg saad/ha.  Behandel saad met lusernpak entstof om stikstofbinding te verbeter. Gee lae hoeveelheid superfosfaat met plant (200kg/ha).

 Meerjarige raaigras kan tot April

geplant word. Dit maak goeie mengsels saam met klawers. Wit en rooi klawers kan ook alleen geplant word tot einde April.  Eenjarige en Italiaanse raaigrasse kan tot Mei gevestig word. Plant @ 20-25kg/Ha en besproei ±25mm per week.

Aartappels  Hou streng by die spuitprogram

om swamsiektes te voorkom.  Monitor plantluise weekliks deur

minstens twee tot drie punte per land op te rig om die insekte te lok.

Stingels verbruin

vermeerder.

 Indien strawwe ryp voorkom en

plante afsterf, moet dit binne enkele dae opgetrek word om oesverliese te voorkom.  Verminder besproeiing voor oestyd, maar moenie water wegvat nie. Te droë grond bemoeilik die uithaalproses aansienlik.  Die drogingsproses is uiters belangrik om aflatoksien te voorkom. Gebruik uithalers wat peule van die grond af lig om in die ry te droog.  Peule kan twee tot drie dae ná uithaal gepluk word, afhangend van die vog en weerstoestande. Ideale vog is ±16%. Te nat peule verleng die droogproses aansienlik.  Verseker goeie deurlugting indien die oes in sakke gelewer word.

3

Droëbone

 Plante kan geoes word

wanneer sowat 80% van die peule geel verkleur het en die vogpersentasie 16% of laer is.  Sny plante met `n platsnyer en hark in rye.

 Droëbone moet verkieslik

soggens gestroop word wanneer die peule nog effens klam is van die dou. Dit verhinder dat die peule oopspring.

Mielies  Vroeë mielies word oesgereed en kan gestroop word.  By nismarkgrane soos Simba- en Waxymielies moet stropers deeg-

lik skoongemaak word. Vermenging van nismarkgrane met BT-mielies veroorsaak probleme.

Uie en saaduie

 Uie kan nog tot die einde van

April geplant word. Plant ongeveer 4kg saad per hektaar. Plantdiepte: 10-15mm.  `n Fyn en ferm saadbed vergemaklik die plantproses en verseker `n beter stand en egalige opkoms.  Behandel die saad met `n geskikte swamdoder om siektes soos “Damping Off” te voorkom.  Spuit onkruiddoder direk ná 6

plant en was in met 15-20mm water.  Bedek die beddings met koringstrooi om windskade te beperk.  Bolle vir saadaanplantings moet nou gevestig word. Plant teen 1 000 sakkies/ha (ongeveer 130 000 - 140 000 bolle/ha)  Dit is goeie praktyk om die bolle in `n swamdoder te dip voor plant.  Die totale N:P:K-behoefte is 120N; 70P; 120K.

Pekanneute  Die laaste besproeiings van

die groeiseisoen word in April gedoen voordat die boom sy rusfase binnegaan. Besproeiing kan weer in Augustus hervat word. Een tot twee besproeiings kan egter deur die winter gedoen

word sodat die grond nie heeltemal uitdroog nie.  Maak die boordvloer skoon om die oesproses te vergemaklik.  Grondmonsters en voorbereiding kan van nou af vir nuwe aanplantings gedoen word.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling. 7


GWK Pekanneute . . .

Direksie en Bestuur

Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Hoofbestuur

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Orffer Müller

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Besturende Direkteur Johan van Dyk Finansiële Direkteur Rehann Nolte

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Industrieel Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings en Vleisbedrywe Wim van Rooyen

Uitvoerende bestuurspan

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Oliesade, Pekanneute en GWK Verspreiders Andreas Snyman 082 801 1849

Veevoere en Aanverwante Produkte Christo Beukman 082 906 2382

Westra en SA Feed Phosphates Kenne Louw 082 804 7545

Sekretariaat en Regsdienste Freek Meyer 083 644 0022

Finansiering Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Finansies en Stelsels Johann Klopper 083 633 2105

Navorsing en Ontwikkeling Dup Haarhoff 083 646 1111

KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Risikobestuur Willie Goussard 082 806 9991

Kleinhandel Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Chris Piek 083 629 8569

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

FloTank Chris Groenewald 082 807 7264 8

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

innoverende landbou

Versekering en Eiendomme Brits van den Berg 082 803 5190

Kontak: Johan Fourie 053 298 8224 082 805 0036

GWK Pekanneute lewer `n diens in die GWKbesproeiingsgebied waar van die beste gehalte pekanneute in die wêreld gelewer word. Ons bied advies vir die verbouing, asook fasiliteite vir die sortering en polering van pekanneute. `n Diens vir die uitvoer van pekanneute na die buiteland word ook gefasiliteer in GWK se deurlopende strewe om afsetgebiede vir produsente se produkte uit te brei.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Carien Grobler

Aktueel

Voorsitter van direksie positief oor landbou “`n Positiewe benadering gee `n mens dryfkrag om te verbeter en te kompeteer,” sê mnr. Frank Lawrence. Kommuniek het met die voorsitter van GWK se direksie oor aktuele kwessies in die landbou gesels.

verseker. Die Chinese en suite dink, verloor ons die dryfkrag om kermaatskappye is `n voorbeeld te verbeter en te kompeteer. Van die hiervan. Hierdie maatskappye grootste tegnologiese spronge en die het die kritieke massa om ventoepassing daarvan kom in moeilike nootskappe met regerings aan tye. Die ontwikkeling van tegnologie te gaan, hul eie infrastruktuur te tydens die Tweede Wêreldoorlog is skep en die vermoë om suksesvol `n goeie voorbeeld hiervan. te wees in lande waar individuele “Die ekonomiese kragte sal boere sukkel. die bedryf ook altyd na groter nr. Frank Lawrence, � Regerings wat Suid Afrikaanse produktiwiteit dryf. Suid-Afrikaanse voorsitter van GWK se produsente nooi om vir hulle sukprodusente het `n ongelooflike direksie, is opgewonde as vermoë om aan te pas en ek sien sesvolle kommersiële boerderye te hy oor die landbou praat. vestig om plaaslike voedselsekuby die jonger geslag landbouers `n “Dit is `n voorreg om te boer,” sê hy. groot gewilligheid om aanpasbaar riteit te verseker. Na my mening “Die boerdery laat my tiek.” gaan hierdie skemas uitstekend te wees en om die modus operandi Hy vertel dat die landbou soveel werk totdat die plaaslike vraag te bevraagteken. Dit is waarskynlik fasette het wat hom prikkel, dat dit van die betrokke land voorsien die belangrikste behoefte om ons hom geïnteresseerd hou. is. Daarna verander die dinaproduktiwiteit te verhoog. Om terug “Maar,” sê hy, “dit is net lekker as dit te kyk en na die ou dae te verlang is mika en die produkte moet teen jou passie is. Die boerdery moet in wêreld-markpryse uitgevoer word. eenvoudig nie `n opsie nie.” jou bloed wees.” Hier gaan die swak infrastruktuur Lawrence meen verder dat dit Geleenthede in Afrika beperkend wees. lekker sal wees as Suid-Afrikaanse “Afrika bied groot geleenthede aan Nietemin is daar groot suksesse landbouers erkenning kry vir die Suid-Afrikaanse landbou. Afrika het van produsente wat hul ondernebydrae wat hulle tot die land se die potensiaal om die wêreld se mings in Afrika uitgebrei het, veral ekonomie maak. Ek glo dat die kosmandjie te word, maar dit is ook in `n buurland soos Mosambiek. meeste produsente graag hul kant wil leeuwêreld! Hier ontgin produsente die bring, maar dat voortdurende kritiek “Dis egter hartseer dat ons nie ons geleenthede van beter produksiehulle negatief beïnvloed. geleenthede optimaal ontgin nie. omstandighede en markruimte. Lawrence glo dat `n positiewe Ons sê Suid-Afrika is die poort na � Maatskappye wat help en bebenadering `n mens help om meer Afrika, maar China en Brasilië is ons trokke raak om plaaslike klein produktief te wees. “As ons eers in hierdie opsig ver voor. en klein kommersiële boerderye begin om negatief oor die landbou Lawrence meen suksesvolle ontwiksuksesvolle rolspelers in landboukelings in Afrika bestaan uit drie handel te maak. Marktoegang, modelle: voorligting en koöperatiewe aksies Mnr. Frank Lawrence, voorsitter � Koöperatiewe beleggers wat sal deur die maatskappye gefasivan GWK se direksie op die plaas. spesifieke kommoditeite teiken liteer word en hul winste sal uit Foto’s: Anjo Joseph. of voorsiening van voedsel wil handelsmarges bestaan. Sukses-

M

10

11


volle skemas met kakao en klapperolie is reeds gevestig. Dit is die model wat Afrika wil hê en wat die ondersteuning van regerings sal kry. Daar is groot geleenthede hierin. Ons moenie Suid-Afrika se mislukkings met kleinboerontwikkeling met die res van Afrika vergelyk nie.

Eskom se tariewe en besproeiingsboerdery

“Haal die produksie van gewasse onder besproeiing uit die prentjie en Suid-Afrika het `n krisis,” sê Lawrence. “Wêreldwyd het besproeiing `n stabiliserende effek wat voedselsekuriteit betref. Besproeiingsboere besef dat hulle met twee van die skaarsste kommoditeite – water en energie – werk en daarom word navorsing gedoen om hierdie insette te optimaliseer. Die huidige Eskom-tariewe plaas druk op die marges van besproeide gewasse, maar ek glo dat inflasie en kommoditeitspryse mettertyd weer in verhouding sal kom teenoor elektrisiteitstariewe. Dit lyk ook nou asof die kostes van groen energie en Eskom omtrent dieselfde is. Ek glo dat daar binnekort groot skuiwe gaan wees in die rigting van sonenergie in die Noord-Kaap. Ons het genoeg son!

Afrika kán die wêreld se kosmandjie word Staatsinligting reeds die verkeerde boodskap uitstuur). “Almal is bewus van die groot gevare van werkloosheid (veral onder die jeug) en die massiewe inkomstedispariteit. “Dit is tyd dat almal hul moue oprol en saam werk om `n sukses te maak. Dit sluit die politici, regeringsamptenare en departemente in. “Die swak vertrouensverhouding moet reggestel word. Die beste manier om dít te doen is om saam te sweet.”

produsente moet besef dat die grootste kompetisie nie plaaslik is nie, maar internasionaal. “Om in hierdie liga te speel, moet ons seker maak dat ons groot genoeg is (kritiese massa) en die regte kanale skep om die bogenoemde bedreigings teen te staan. Hier speel agri-besighede `n groot rol, nie net as individuele maatskappye nie, maar ook as `n groep wat die landbou en sy belange verteenwoordig. “Samewerking met betrekking tot navorsing sal ook toenemend belangrik word. “`n Groot taak lê voor ons om ons posisie te beskerm en te laat groei – `n groot uitdaging vir ons agribesighede!”

Dít maak GWK uniek

Tydens vanjaar se strategiese beplanningsessie het die direksie weer besluit dat GWK in die hande van die produsente-aandeelhouers sal bly. Agri-besighede se rol “Die Engelse beskrywing van ‘Farmer “Ek glo dat agri-besighede `n groot owned business’ sê dit vir my meer rol in die suksesse van die landduidelik,” sê Lawrence. bousektor in ons land gespeel het,” sê Lawrence. “Makro-tendense in die “Dit is wie ons is. Nêrens in SuidAfrika is nog `n agri-besigheid wat internasionale landbousektor, asook só naby aan sy produsente beweeg die vestiging van die ‘global village’ nie. Die verhouding van GWK met sy met betrekking tot kommunikasie, produsente is uniek en ons moet dit handel en die mobiliteit van mense, koester! Hieruit spruit ook die benahet groot implikasies vir die SuidAfrikaanse landbou. Dit word al hoe dering voort dat GWK `n verlengstuk van die produsent se besigheid moet makliker om internasionaal sake te Die nasionale wees.” doen en ons ondervind al hoe meer Volgens Lawrence het die direksie ontwikkelingsplan kompetisie van invoere. Wêreldook weer die beginsel bevestig dat Lawrence meen die nasionale wyd word `n toenemende fokus op GWK winste sal deel op die basis ontwikkelingsplan is `n puik stuk werk volhoubaarheid, voedselveiligheid, van die hoeveelheid besigheid wat wat die werklikhede en uitdagings in koolstofuitlate, water en energie met die produsent-aandeelhouer Suid-Afrika goed uitspel. gesien. Sosiale verantwoordelikheid “Die probleem is die groot gaping word aan markte gekoppel. Verder is gedoen is. tussen hoëvlak beleidsbesprekings en daar ook internasionaal `n afwaartse “Dit is op die koöperasie-model gedie uitrol van die beleid op grondvlak. neiging in staatgedrewe landbou-na- baseer. Dit maak dit maklik vir nuwe Die regering moet nog die planne vorsing. Hierdie faktore word gebruik toetreders en jongboere om in die voordele van GWK te deel. Al wat `n goedkeur en dan moet dit geïmpleas effektiewe, maar nie-amptelike menteer word. handelsbeperkings, terwyl Suid-Afrika produsent hoef te doen, is om R200 se aandele te koop. GWK is hier vir “Dít kan tyd neem. gesien word as `n maklike teiken vir die produsente. “Die regering moet die beste mense die storting van oorskot produkte. “GWK is ook een van die mees gein beheer plaas, korrupsie moet Talle staatsinstellings funksioneer kortgeknip word en deursigtigheid onder kapasiteit en die landboubedryf diversifiseerde agri-besighede in die land, sê Lawrence. “Dit veroorsaak moet seëvier (dit is jammer dat die word nie billik beskerm nie.” baie uitdagings, maar is ook een Wetsontwerp op die Beskerming van Hy verduidelik dat Suid-Afrikaanse 12

van ons sterk punte. Dit vereis groot bestuurskundigheid, maar versprei ook die risiko en plaas GWK vêrder in die posisie om in verskeie kommoditeite te investeer en homself in die waardeketting te posisioneer. Om te oorleef moet ons in die waardeketting belê, andersins sal ons as produsente altyd aan die agterspeen suig! Dit is waarom ons GWK nodig het. GWK het verder uitgebrei na wat as die industriële divisie bekend staan. Dit sluit Sidi Parani, Westra, SA Feed Phosphates en Flotank in. “Verlede jaar is sowat 30% van GWK se totale wins uit hierdie besighede gemaak. Dit voeg waarde toe van buite ons tradisionele domein. “Die beplande koringmeule en moutery is verdere beleggings in die waardeketting, maar die somme is groot en daarom moet die beplanning noukeurig gedoen word.

`n Visie vir GWK

“Horisontale uitbreiding in die hoeveelheid grond onder besproeiing het in ons gebied grootliks tot `n einde gekom,” sê Lawrence. “Geen watertoekennings word meer gedoen nie en besproeibare grond is beperk. “Dit is maklik om in `n groeiende mark te groei, maar waarheen nou? Nou moet ons onsself herontwerp. Ons moet die tweede sprong maak sonder om die basiese beginsels en ons bestaansrede te vergeet.” Lawrence verduidelik dat twee van die skaarsste kommoditeite, naamlik water en energie, in besproeiingsboerdery gebruik word. “Ons moet dit optimaliseer en volhoubaar maak. Besproeiing se rol in Suid-Afrika sal nog uitbrei. Die regering beskou besproeiing as `n integrale deel van die land se nasionale ontwikkelingsplan en die meeste van die planne vir werkskepping in die landbou is om besproeiing gesetel.” Hy meen dat dit nietemin `n uitdaging is om jouself as produsent en besigheid in hierdie veranderende

omgewing te posisioneer. “Die basiese beginsel is dat GWK saam met sy klante die leiding moet neem om hierdie uitdagings in geleenthede te omskep. Om dit te bereik, moet ons saamwerk. “Ons moet die geleenthede in die waardeketting ontsluit. “Ek as produsent kan nie alles self probeer doen nie. `n Boerdery op sigself is `n groot genoeg uitdaging, maar my vennoot, GWK, kan vir my die uitdagings in geleenthede omskep.” Lawrence sê dat hy ook graag sal wil sien dat tradisionele grense oorgesteek word wat GWK se kundigheid en kompeterende voordele betref. “Groot geleenthede bestaan vir GWK om `n internasionale rolspeler te wees in onder meer die graan-, saad-, grondboontjie-, aartappel-, pekanneut- en katoenbedryf. “Ons moet voortdurend hierdie geleenthede ondersoek.” Hy meen dat die besigheid intern sowel as op plaasvlak baie ruimte vir verbeterde effektiwiteit het. “Net wanneer `n mens dink jy het al die antwoorde, is daar weer `n verande-

ring in die tegnologie of bemarkingsomgewing. “Ons ervaar al hoe meer kompetisie van ander besighede om produkte uit ons gebied te bekom. Ons moenie toelaat dat dit ons besigheid verswak nie. “GWK moet só goed wees dat ons die kompeteerders uithou. Die voordeel vir die produsent moet so gestruktureer wees dat dit hom aanmoedig om soveel as moontlik sake deur GWK te doen. “Die deelnemende produsent moet die voordeel van waarde voel en die motivering om `n rugryer te wees, moet swak wees.” Lawrence som dit soos volg op: “GWK moet ons as produsente help om in die langtermyn ons besighede te bou, ons in die waardeketting vestig en besigheid vir ons gaan haal. “GWK moet in die produsente se besit bly en daarna streef om generasies van suksesvolle, volhoubare produsente op landbougrond te hou. “Om dít reg te kry, het ons kundige en gemotiveerde personeel nodig. Húlle is ons vennote!” 13


Dis parstyd!

Ons besigheid Carien Grobler

Landzicht flonker met sy eie vonkelwyn!

D

ie Landzicht-wynkelder op Douglas het onlangs sy eie vonkelwyn bekend gestel. “Vonkelwyn moet onder baie hoë druk (±6 bar) gebottel word,” vertel mnr. Ian Sieg (Bedryfshoof: Wynkelder en Bemarking van GWK). “Landzicht beskik nie oor hierdie fasiliteite nie. Ons het die vonkelwyn toe saamgestel en geproe en op Worcester by `n botteleringsfirma laat bottel. “Hierdie vonkelwyn maak Landzicht se mandjie met unieke wyne vol. Dit is `n heerlike, goedgebalanseerde vonkelwyn wat in elkeen se smaak sal val.” Die Douglas-wynkelder is in 1968 geopen en produseer `n verskeidenheid tafel- en dessertwyne. Dié kelder was die eerste uit die Oranjerivier-distrik om `n nasionale kampioen, naamlik die rooi Jerepigo, op te lewer. Landzicht was ook die eerste van die noordelike kelders wat goud op die Veritas-wynskou behaal het en het ook al `n Michael Angelotoekenning ingepalm. Die wynkelder ontvang druiwe uit die Douglas, Prieska, Barkly-Wes en Modderrivier-omgewing. “Die aangesig van die kelder is opgeknap om dit besoekersvriendelik te maak,” sê Sieg. Die proelokaal word ook opgegradeer en ons sal voortaan ook braai- en kuierfasiliteite aan besoekers kan verskaf.” Volgens Sieg lok die wynkelder plaaslike sowel as oorsese besoekers. “Die jagbedryf, gletservloere, diamantontginning en twee magtige 14

`n Vragmotor laai `n vrag druiwe by die kelder af. Foto: Danelle Groenewald.

Die druiwe word verpulp. Foto: Danelle Groenewald.

Die Landzicht-wynkelder op Douglas het onlangs sy eie vonkelwyn bekend gestel riviere wat saamvloei dra by tot talle besoekers aan ons dorp. Hier is soveel om te sien en besoekers kan die dag afsluit met `n wynproe by die kelder. “Keldertoere, wynproe- en braai vir 40 of meer persone kan per afspraak gereël word. Kleiner groepe kan die kelder sonder afspraak besoek.” Ian vertel dat die kelder tans `n reeks van 12 wyne produseer wat oor

die jare heen verskeie Veritas- en internasionale toekennings verwerf het. “Ons het `n wyn vir elke smaak. `n Dag sonder wyn is `n dag sonder sonskyn!” Die Landzicht-wynkelder is deel van GWK se divisie vir Spesialisprodukte waar Kommuniek volgende maand op ons toer deur GWK aandoen.

Die moderne tenks waarin die wyn by die kelder gefermenteer word. Foto: Ian van Straaten 15


Wen ons nuwe vonkelwyn! Drie lesers kan elk drie bottels van Landzicht se nuwe vonkelwyn wen.Vir gereelde nuus oor Landzicht se wyn, stuur `n e-pos met jou naam en adres na wynkelder@gwk.co.za. Die sluitingsdatum is 30 April 2012.

Dis mos die

keuse!

Bestel só wyn

uppe marketing A06518/GWK

Die eindproduk: `n Heerlike bottel Landzicht Blanc de Blanc. Foto: Danelle Groenewald.

Bestellings vir wyn kan direk by die kelder gedoen word. Die wyn kan by die kelder afgehaal word. Indien dit nie moontlik is om die wyn hier af te haal nie, kan die wyn per koerier (vir die klant se koste) afgelewer word. Kontak vir Gerda Grobler by 053 298 8314 of per e-pos by wynkelder@gwk.co.za of gerdag@gwk.co.za.

Landzicht se wyn Hoë opbrengspotensiaal Stabiliteit Goeie staanvermoë Besproeiing

Groei jou wins natuurlik met DEKALB® mielies! DEKALB® spog nou met nuwe geelmieliebasters wat by uitstek geskik is vir die besproeiingsgebiede. DEKALB® is sinoniem met innoverende idees, uitstekende kiemplasma en saad waarop jy kan vertrou. Skakel Monsanto vandag en vind meer uit.

Sjerrie

Unieke houtverouderde sjerrie

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Uiters geskik vir besproeiingsgebiede Nuut Nuut Nuut Nuut Nuut

DKC62-80BR GEN DKC64-78BR GEN DKC62-84R DKC62-80BR DKC64-78BR

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.za Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

®

van BASF

16


Navorsing en Ontwikkeling André Prins GWK Landboukundige

Klimaat was reg vir rekord koringoeste

P

Klimaatdata te Vaalharts

GWK Navorsing en Ontwikkeling ondersteun ons kliënte reeds die afgelope ses jaar met hoë tegnologie Tydens die afgelope koringseisoen is rekordoeste in die hele GWK-gebied behaal. 18

Figuur 1: Vergelyking kumulatiewe hitte-eenhede vir die 2010 en 2011 koringseisoen 3000

18 Oktober 2011 6 Oktober 2010

2500 Hitte-eenhede ((Tx + Tn)/2)

rodusente het verlede jaar in April en Mei begin somme maak oor die werklikheid dat dit dalk nie meer winsgewend is om koring te plant nie. Baie vrae het bestaan oor die koringprys en of die verwagte sewe tot agt ton per hektaar winsgewend sou wees. Die seisoen het egter groot verrassings ingehou en wanneer ons terugkyk, kan ons sê dat verlede jaar se koringoes waarskynlik daardie één in `n leeftyd was. Die vraag ontstaan dus oor waarom produsente sulke hoë opbrengste gerealiseer het. Die antwoord hierop is eintlik eenvoudig: Die klimaat was reg! Maar wat van die klimaat was reg? GWK Navorsing en Ontwikkeling het die data van die afgelope koringseisoen teen die lantermyn klimaatsdata vergelyk om vas te stel watter verskille voorgekom het, sodat hierdie inligting in die toekoms tot voordeel van die produsent aangewend kan word. Wanneer die beskikbare data saamgegooi word, bevind `n mens jou in `n spinnerak van al hoe meer vrae en kan `n mens eintlik bloot spekuleer. Uit die data het die volgende egter na vore gekom:

2000

Blom

1500

1000

Vlagblaar

500

0 2011/06/24

1ste node bo

2011/07/24

2011/08/24 2010

boerdery (HTB). Een van die opsies binne dié projek is die meet van temperatuur tydens die seisoen. Die data kan gebruik word om te kyk na moontlike tye van koueskade. Teen temperature van bo 35°C word graanvulling gestrem en kan dit die opbrengs negatief beinvloed. Figuur 1 toon die temperatuurdata van `n spesifieke land by Vaalharts. Op die grafiek kan duidelik gesien word dat die hitte-eenhede (soos bereken volgens Bauer et al. (1984)) tussen die twee seisoene verskil. Bauer het bewys dat verskillende groeistadiums vanaf die hitte-eenhede bereken kan word. Die grafiek toon dat die hitte-eenhede in 2011 laer was as in 2010. Die verskil in hitteeenhede het tot gevolg gehad dat die koring stadiger ontwikkel het. Volgens die “bron-stoor”-beginsel gee groter plante wat ontwikkel aanleiding tot

2011/09/24

2011/10/24

2011/11/24

2011

potensieel hoër opbrengste. Op die grafiek is dit duidelik da die oes sowat 14 dae later as in 2010 was. Kleingrane het dus `n langer graanvulperiode gehad en `n beter oes gerealiseer.

2011 teenoor die langtermyn gemiddeld

Silodata toon dat Prieska vanjaar met 9,2t/ha die hoogste silogemiddeld gehad het. Die langtermyn temperature vir die Prieska-gebied is ondersoek om die verskillende neigings te ontleed. Die langtermyn gemiddelde temperatuur vir die Prieska-gebied was laer aan die begin van die seisoen. Die laer temperatuur kan aanleiding gee tot beter stoelvermoë en gevolglik meer halms by koring. Tydens die groeiperiode van Augustus tot September was die tem19


25.0

eenvoudig die beste besluit...

20.0

15.0

Blom

10.0

Vlagblaar

5.0

1ste node bo grond

0.0 Junie

Opsomming

Die hoër opbrengste van die 2011-koringoes kan aan verskeie fasette van die klimaat, soos koeler 20

Julie

Augustus

September

Oktober

November

Maande

2011

Die rol van bestuur

LTM

Figuur 3: Impak van bestuur op SST 822 9.5

YieldGard II ®

9

Roundup Ready® Corn 2

YieldGard® II with Roundup Ready® Corn 2

Bollgard II ®

Roundup Ready® Flex Cotton

Bollgard® II with Roundup Ready® Flex Cotton

8.5 Opbrengs (t/ha)

Langtermyn opbrengsdata is skaars. Die data wat wel beskikbaar is, is die data uit die saadafdeling se kultivarproewe. Gemiddeld 11 proewe word jaarliks oor die hele GWK-gebied geplant. Teen die agtergrond van hierdie data kan die invloed van bestuur en die impak van kultivars op opbrengs gesien word. In Figuur 3 word `n positiewe neiging in die opbrengs van SST 822 oor die jare heen waargeneem. Aangesien SST 822 `n meer gevestigde kultivar is, kan die jaarlikse toename in opbrengs aan verbeterde bestuur toegeskryf word. Aanpassings om produksiepraktyke te verbeter kan slegs plaasvind as `n gebied voortdurend agronomiese aandag ontvang. Op hierdie manier het HTB kopskuiwe teweeggebring met betrekking tot bemesting, bewerkingspraktyke, waterskedulering en die totale bestuurspraktyke oor die afgelope paar jaar. GWK verbind ons daartoe om voortdurend die mees optimale bestuurspraktyke na te vors en te promoveer sodat ons produsente gerat sal wees om geleenthede soos verlede jaar se koringoes ten volle te benut.

Genuity – ®

Figuur 2: Gemiddelde temperatuur vir langtermyn en 2011 koringseisoen

Gemiddelde temperatuur (grade C)

perature vergelykbaar, maar teen die einde van die seisoen was die 2011-seisoen gemiddeld 3°C koeler as die langtermyn gemiddeld. Die koeler weer kan aanleiding gee tot `n meer gematigde rypword van die koring. Volgens Sofield et al.(1977) word die lengte van die graanvulperiode deur die temperatuur bepaal en is hierdie periode korter teen warmer temperature. Koring wat meer gematig ryp word, gee aanleiding tot `n hoër hektolitermassa. `n Toename van 11kg/hektoliter (van 77 na 88) kan teen 7t/ha `n ekstra 1t/ha beteken.

8 7.5 7

Blom

6.5 6

Vlagblaar

5.5

1ste node bo

5 2004

2005

2006

2007

2008

2009

2010

2011

Jare SST 822

temperature tydens die kritieke groeifases, beter loging van soute weens die nat seisoen en min reën, wat siektedruk laag hou, tydens die seisoen toegeskryf word. Die onteding van die seisoen se data het ons weereens laat besef dat alle vrae oor die verwantskap tussen plantfisiologie en klimaat nog nie beantwoord is nie. `n Mens moet in gedagte hou dat 10t/ha-opbrengste nie elke jaar moontlik mag wees nie, maar dat ons dit (agronomies) wat binne ons vermoë is, optimaal moet bestuur om uitskieter-jare ten volle te kan benut. Die klimaat sal eiehandig sorg vir opbrengste soos in 2011 en ons kan net dankbaar wees dat ons deel kon wees van dié verskynsel.

Linear (SST 822)

Bronne ■ Bauer, A., C. Fanning, J.W. Enz, and C.V. Eberlein. 1984. Use of growing-degree days to determine spring wheat growth stages. North Dakota Coop. Ext. Ser. EB-37. Fargo, ND. ■ Sofield, I., Wardlaw, I.F., Evans, L.T. & Lee, S.Y. 1977. Nitrogen, phosphorus, and water contents during grain development and maturation in wheat. Austr. J. Plant Physiol., 4: 799-810.

... om dit wat jy reeds goed doen, nou nog selfs beter te doen. Genuity® is Monsanto se nuwe eienskapinnovasie-handelsmerk wat die mees gevorderde tegnologie eienskappe vir mielies en katoen onder een, maklik-uitkenbare naam saamvoeg. Omdat jy nou in een oogopslag kan sien watter geen jou gewas bevat, is dit maklik en vinnig om die beste besluite te neem wanneer dit kom by onkruidbeheer, beskerming teen bogrondse insekte en verhoogde produktiwiteit vir hoër opbrengspotensiaal. Ons produkte sluit die volgende in: Vir mielies: Genuity® YieldGard® II Genuity® Roundup Ready® Corn 2 Genuity® YieldGard® II met Roundup Ready® Corn 2 Vir katoen: Genuity® Bollgard® II Genuity® Roundup Ready® Flex Cotton Genuity® Bollgard® II met Roundup Ready® Flex Cotton

Ons glo in beter.

Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350 www.monsanto.co.za


GWK Grondbone . . . Marnus Janse van Rensburg GWK Graanbemarker

Graan

‘n voorbeeld van innovasie

Kleinverkope – groot kopseer?

D

as R510/t (soos dit in 2012 die geval ie 2011/2012-mielieseisoen was) om graan te dra vir moontis gekenmerk deur baie hoë like verkope wat nie met `n kontrak mieliepryse vanweë `n veel vasgemaak is nie. GWK se marge op kleiner Suid-Afrikaanse oes en nuwe mielies beloop tussen R20 en buitelandse markte wat ons surplusR40/mt. Sodra goeie reën veroorsaak voorraad in `n japtrap laat kwyn het. dat die vraag na veevoer drasties verR1 100/t-vlakke is iets van die minder, realiseer GWK `n reuse ververlede en graanprodusente het lies. GWK het `n verpligting teenoor hulself skielik in `n baie positiewe die graanprodusent om nie sy graan posisie bevind. teen `n verlies te verkoop nie. Die veeprodusent, aan die ander kant, het `n droogte in die gesig Só oorkom ons die probleem gestaar en moet nou skielik twee keer `n Behoeftebepaling word jaarsoveel vir `n ton mielies betaal as `n liks deur die silobestuurders onder jaar tevore. veeprodusente gedoen. Die graan Die tekort aan voorraad veroorsaak word dan gereserveer volgens hierdie dat die spot-maand (die huidige behoefte, met die volgende metodes: Safex-termynmaand) se prys hoër ver- 1. Graan word op dagprys onttrek. handel as die daaropvolgende latere Geen prys of tonnemaat word vasSafex-maand. Gevolglik sal `n graan- gemaak nie en die prys op die dag eienaar wat graan op Safex verder geld. Indien graan in die silo min as die huidige maand dra, reeds `n raak, sal die graan van ander silo’s verlies hê omdat die bedrag waarteen (binne of buite GWK) aangery word. die daaropvolgende maand verhanIn die geval van buite-aankope sal del, goedkoper is as die spot-maand, die prys geld waarteen daardie spesiplus die normale drakoste wat onder fieke tonnemaat aangekoop is, plus meer die rente en stoorkoste insluit. die vervoer kostes. Prysbewegings binne `n maand Dagpryse van kleinverkope word is dus nie die probleem nie, maar deur die volgende formule bepaal: prysbewe-ging tussen maande wel. Safex – vervoer-differensiaal + Solank die spreads positief is, is daar premie betaal + drakostes (rente ook geen verlies nie, want die spread en stoor + spreadverlies indien van maak die drakoste goed. Sodra die toepassing) + (silokoste en GWKspreads negatief raak, kan die graan tariewe). Dit wil sê die prys fluktueer nie verder teen `n verlies gedra word elke dag saam met die mark. nie. GWK hou bogenoemde in ged- 2. Volumekontrak: Die tonnemaat agte wat onverkoopte graan betref. word in `n spesifieke silo vasgemaak. Dit is waar `n kontrak in plek moet Die dagprys sal as pryssingsmegawees wat uitspel hoe hierdie koste nisme geld. Hierdie tonne kan weer verhaal moet word. aan GWK terugverkoop word as die Die risiko van die spread-verlies tus- verbruik laer as die verwagting is. Die sen Desember en Mei beloop soveel terugkoopaksie sal dan weer drakoste 22

en spreads in ag neem. 3. Voorseisoen-kontrak: Die koper gaan `n kontrak aan waar hy die tonnemaat en verkoopsbasis met GWK vasmaak. Hy kan egter ook vooruit pryssings op Safex maak om `n laer prys te benut (deur die GWKverhandelingskamer). Die spreads sal deur GWK behartig word om die grootste moonlike voordeel vir die koper te realiseer, maar die risiko bly steeds die koper s’n. Die tonne op hierdie kontrak kan ook weer aan GWK terugverkoop word.

Kontak: Cloete Nortje 053 298 8458 082 803 0687

GWK is `n leier in die verbouing, verwerking en bemarking van grondboontjies. GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas is nóg `n voorbeeld van hoe ons landboubesigheid innoveer. Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat om risiko’s verbonde aan die verbouing van grondboontjies te verminder, die smaak van grondboontjies te verbeter en `n hoër persentasie keurgraad grondboontjies te lewer.

Verkope by handelstakke Graan (gemaal en gesak) word ook deur handelstakke in GWK verkoop. Takke koop dit aan teen die dagprys en verkoop dit dan weer teen daardie aankoopprys. Die prys fluktueer dus nie saam met die mark vir daardie spesifieke aankoopvolume nie. Verkope aan nie-lede Onverkoopte graan word aan die hele mark op dagpryse en kontrakte aangebied. Gewillige kopers kan nie weggewys word nie en uit `n besigheidsoogpunt maak dit ook nie finansieel sin om onverkoopte vooraad te dra nie. Graan word op grootmaat aan nie-lede verkoop en kleinverkope word dieselfde hanteer as met lede. Deur goeie beplanning en kommunikasie kan die behoefte van die veeboer tenvolle deur GWK aangespreek word. Bly met ons in verbinding dat daar vroegtydig opgetree kan word as voorraad vlakke laag raak en alternatiewe planne beraam kan word. Skakel my gerus vir navrae oor kleinverkope en prysingsopsies.

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


André Botes GWK Landboukundige

Navorsing en Ontwikkeling

Stel probleemareas onder spilpunte vroegtydig reg

T

erwyl ons druk besig is met die aktiwiteite van die mielieseisoen, wil ek solank die denkprosesse aan die gang sit vir die volgende primêre bewerkings. Ná mielies het `n mens meer tyd om aandag te gee aan primêre bewerkings om sodoende probleemareas (grondfisies sowel as chemies) onder spilpunte reg te stel. Voordat ons besluite neem, wil ek graag u aandag op die volgende vestig: Indien `n mens presies wil boer, is dit belangrik dat jy minstens jou hulpbronne ken en optimaal benut. 24

Grond

Die beste manier waarop `n produsent sy grond kan leer ken, is eerstens om dit te karteer (chemies en fisies). Wanneer dit gedoen is, is daar sekerheid oor die chemiese eienskappe van die grond en die tekortkominge wat mag voorkom. Dit gee die produsent `n baie goeie idee van hoe om te bemes en sy grond te bewerk. `n Produsent kan ook sy grond d.m.v. profielgate leer ken. Deur profielgate te maak voor en net ná primêre bewerking, kan baie waarde toegevoeg word. Dit help

ook met die inseisoen-monitering van wortelontwikkeling. Produsente in die GWK-besproeiingsgebied ervaar toenemend dat plante se wortelstelsels vlak ontwikkel. Hierdie neiging kan aan `n verskeidenheid van faktore toegeskryf word, naamlik vlak, oneffektiewe bewerkings, tekorte aan voedingselemente dieper in die profiel, gelaagdheid, opbou van slik, ensovoorts. Indien `n erge verdigte sone te vlak (100-300mm) in die grond voorkom, skep dit `n baie klein omgewing

Penetrasie (kPa)

0

1000

2000

3000

4000

5000

0 10 20

Diepte (cm)

30 40 50 60 70 80

Oneffektiewe bewerking soos gemeet deur `n penetrometer. Die blougroen lyn wys tot waar wortels optimaal sal ontwikkel. Die groen lyn wys dat worteleffektiwiteit reeds op 15cm beperk word. Nadat regstellings aan die implement gedoen is deur twee tande te verwyder (dus nou nege tande oor), was die implement in staat om die verdigting op 350mm op te hef.

Penetrasie (kPa) 0

1000

2000

3000

4000

5000

0 10 20

Diepte (cm)

Foto: Danelle Groenewald

vir die plantwortels om optimaal te funksioneer. Te midde van intensiewe boerderypraktyke en bestuursverantwoordelikhede moet die produsent verseker dat sy grond heeltyd in optimale vogtoestande verkeer (tydens produksie) om hoë opbrengste te realiseer. Met `n verdigte sone op 200mm kan besproeiingswater nie effektief deur die profiel dreineer nie en met hoë besproeiingsfrekwensies skep dit vir lang periodes anaërobiese toestande in die wortelsone, wat nie ideaal is nie. Dít veroorsaak probleme soos dat die effektiewe omskakeling van voedingstowwe in die opneembare vorms waarin die plant dit verkies, nie kan plaasvind nie en dat natrium (Na) en magnesium (Mg) ophoog wat tot wanbalanse van elemente in die wortelsones kan lei. Wanneer voedingselemente nie in die regte verhoudings voorkom nie (moontlik weens verdigting op 200mm), skep dit `n omgewing waarin elemente mekaar onderdruk (Figuur 1) en die plant nie sy potensiaal kan bereik nie. Volgens Mulder se diagram van element-interaksie is dit duidelik dat `n oormaat van sekere voedingselemente die gevolg sal hê dat ander elemente se opname deur plante onderdruk word (sien onder).

30 40 50 60 70 80

Die effek van die implement met `n penetrometer gemeet nadat regstellings gedoen is. Let wel dat bogenoemde nog nie naby aan die ideaal is nie en dat fyner verstellings nóg `n beter opheffing van verdigtingslae tot gevolg sal hê. Mulder se diagram van elementinteraksie wat aandui dat `n oormaat van sekere voedingselemente die opname van ander elemente deur plante sal onderdruk.

Effektiewe bewerking

Nadat ons profielgate tydens primêre bewerking gemaak het, was die effektiwiteit van die bewerkings nie optimaal nie.

Ons het `n CLG met 11 tande gebruik wat baie dieper kon werk as dit reg gestel was. Wees bedag daarop dat drukrollers die effektiewe dieptebeheer beïnvloed. Met die opheffing 25


van`n verdigte laag is dit nie alleenlik voordelig vir plantwortelontwikkeling nie, maar ook vir die uitwassing van soute en herstel van grondchemiese balanse. Wanneer ons die ekonomie van effektiewe bewerkings in ag neem, mag die som as volg lyk. In die tabel hiernaas ondersoek ons scenario A en B. By scenario B is die bewerking effens goedkoper en relatief vinniger, maar nie 100% doeltreffend nie. Scenario A is die meer ideale bewerkingspraktyk. Hier vind bewerking stadiger plaas sodat die regte bewer-kingsdiepte verkry en gehahaaf kan word. Dieper bewerking sal waarskynlik minstens `n opbrengsverhoging van 0.5t/ha tot gevolg hê. Dit kos ongeveer R83/ha meer om stadiger te ry en dieper te bewerk, maar die voordeel van `n verhoogde

A

B

137 CLG 9 7 245

137 CLG 9 11 162

Verbeterde opbrengs (t/ha) Mielieprys (R) Verbeterde Randwaarde

0.5 R1750.00 R875.00

0 R1750.00

Koste om meer effektief te bewerk (R/ha) Wins om dieper te bewerk (R/ha)

R83.00 R792.00

Trekker (kw) Implement Spoed km/h Koste (R/ha)

Die ekonomie van effektiewe bewerkings. opbrengs kan so hoog as R792/ha wees. Kontak GWK se langboukundige in u gebied om `n profielgat-inspeksie op

u plaas te kom doen. Doen penetrometer-toetse, voor en ná primêre bewerking, om effektiwiteit te bepaal.

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfixtoetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery. Wêreldwyd vertrou

Beskikbaar GWK-kleinhandel Beskikbaar by by Obaro-winkels.


Mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK), het die pryse aan die wenners oorhandig.

Mnr. Pierre Kapp van Willard Batteries ontvang die toekenning vir GWK se Meganisasie-verskaffer van die jaar.

Die bekende radiopersoonlikheid Christie Hansen het as seremoniemeester opgetree. Hier is hy saam met mnr. Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Kleinhandel van GWK).

Mnr. David Steydler van JF Paints ontvang die toekenning vir GWK se voorraadverskaffer van die jaar.

Mnr. Gert van der Werff van Valley SA ontvang die toekenning vir GWK se besproeiingsverskaffer van die jaar.

Mnr. André Noeth van Bayer ontvang die toekenning vir GWK se dieregesondheidverskaffer van die jaar.

Mnr. Hennie Swarts van Macsteel ontvang die toekenning vir GWK se diverse veeboerverskaffer van die jaar.

Mnr. Riaan Loots van Feedpro ontvang die toekenning vir GWK se verskaffer met die grootste groei in 2011.

Mnr. Chris Piek van Sidi Parani ontvang die toekenning vir GWK se insetverskaffer van die jaar.

Mnre. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK), Paul Westcott van Engen (verskaffer van die jaar), Rocky le Roux (Uitvoerende Bestuurder: Kleinhandel van GWK) en Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK).

Kleinhandel en Meganisasie Carien Grobler

GWK Kleinhandel wys topverskaffers aan

G

WK het sy topverskaffers vir 2011 tydens `n glansgeleentheid by GWK op Douglas aangewys. Engen het met die toekenning as algehele topverskaffer weggestap. Altesaam 62 verskaffers is uit 500 verskaffers genomineer. Uit die nominasies is 20 finaliste aangewys. Die kriteria het onder meer ingesluit: Betrokkenheid by promosies, besoeke van verteenwoordigers, betrokkenheid by uitstallings, tydige lewering van bestellings, volledigheid van gelewerde bestellings, administrasie, 28

korrektheid van bestellings, kwaliteit aflewering van bestellings, terugneem en uitbestuur van verouderde voorraad, eise-administrasie en bydrae tot die sukses van GWK. Die kategoriewenners was as volg: Meganisasie-verskaffer: Willard Batteries. Voorraadverskaffer: JF Paints. Dieregesondheidverskaffer: Bayer. Besproeiingverskaffer: Valley SA. Diverse veeboerverskaffer: Macsteel. Insetverskaffer: Sidi Parani. Verskaffer met die grootste groei vir

2011: Feedpro. “Goeie werk van vennote soos ons verskaffers het daartoe bygedra dat GWK Landmark op Douglas aangewys is as die beste groot Landmarkwinkel vir 2011. “Dit is ook hieraan te danke dat GWK Landmark op Prieska as die naasbeste mediumgrootte Landmarkwinkel vir 2011 aangewys is,” het mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK) gesê. Van Dyk het sy dank teenoor GWK se verskaffers uitgespreek vir hul rol in GWK se sukses as agri-onderneming van uitnemendheid.”

29


Kleinhandel

■■

Promosie

Aanvullende voeding: beginsels vir lek-aanvulling

D

ie strategiese aanvulling van beperkende voedingstowwe deur lekke stel vandag die veeboer in staat om ondanks seisoensveranderings, wisselende reënval en droogtes, in `n groot mate beheer oor produksie en reproduksie te kan uitoefen. Laasgenoemde twee faktore bepaal in `n groot mate die finansiële sukses of mislukking van `n veevertakking. Omdat lekaanvulling ten doel het om die beperkende voedingstowwe (proteïen, energie, minerale en vitamiene) van die veld aan te vul, sal die seisoen (voedingswaarde van die veld op `n gegewe stadium) die samestelling van die lek bepaal. Voedingstekorte tydens wintermaande ontstaan hoofsaaklik om drie redes. Die eerste hiervan, wat verstaanbaar is, is dat die konsentrasie voedingstowwe in die weiding tydens sekere seisoene af- of toeneem. Winter-grasveld het byvoorbeeld `n baie laer proteïenwaarde as tydens die groen somermaande, terwyl die veselinhoud van die gras baie toeneem in die herfs en wintermaande. Dit is juis hierdie verhoogde veselinhoud en verlaagde verteerbaarheid (TVV), wat `n volgende belangrike rede meebring waarom lekaanvulling krities is. Die vrywillige droë materiaal inname (DMI) van die dier neem af namate die energiewaarde van die veld verswak (sien Tabel 1). Dit beteken dus dat die dier in die winter nie net `n verlaagde konsentrasie voedingstowwe inneem op die 30

■■ ■■ ■■

mikro-minerale. Bewerkstellig verhoogde vrywillige inname van veld – lei tot beter kondisie en produksie. Voeding voldoen nou aan die reproduksie- en groeibehoeftes van die dier. Vroulike diere behou hul kondisie en energiebalans, wat tot verbeterde konsepsie lei. Die volledige reeks sluit in: Beesen skaaplekke (onderhoud tot

produksie en energielekke) en lekkonsentrate vir selfmeng van lekke op aanbeveling. Beeste: Veldcure 440, Wintercure 40 en Energielek (Bees/Skaap) Skape: Feedcure Skaapproduksielek, Wolcure Produksiepil,asook Lekkonsentrate Veldcure HPK 350 en Wolcure HPK vir tuismeng van eie lekke; Lubern vervaardig verder kwaliteit Phoscure 6 en Phos 8 + Swawelfosfaatlekke

Hierdie fosfaatlekke van Lubern sluit fosfaat in van die hoogste bio-beskikbare fosfaatbronne/verskaffers in Suid-Afrika, `n ongelooflike spoorelementinsluiting, asook heelwat minder as 50% sout soos wat normaalweg in ander fosfaatprodukte gebruik word. Kontak Lubern vir veranderinge en ekonomiese aanwending. Urbanus - 072 610 2223 Kallie – 083 306 9949

Rumen fistula oor `n seisoen veld nie, maar ook nog minder as normaal van hierdie verlaagde konsentrasie veld vreet. Verhoogde veselinhoud bring verder mee dat die spoed van deurgang deur die spysverteringskanaal vertraag word met gepaardgaande stadiger absorpsie van voedingstowwe en dus gevolglike druk op produksie-

potensiaal. Die Lubern-reeks lekkonsentrate en volledige lekke is spesifiek geformuleer om tekorte van die veld aan te vul, veldinname te stimuleer en voorsiening te maak vir produksiestadia op `n kostedoeltreffende wyse: ■■ Aanvulling van beperkende voedingstowwe, ook minerale en

Beskikbare energie ME (MJ/kg)

Daaglikse vrywillige DMI as % van LM (bv. 500kg koei)

9.7 (mieliekuilvoer)

3%

9.4

2.76 %

9

2.5 %

8.6

(lusern)

2.25 %

8.2

(goeie, groen veld)

2%

7.9

1.75 %

7.5

(Maart/April-veld)

1.5 %

7.1

(Redelike winterveld)

1.25 %

6.7

(Gars/koringstrooi, mieliereste, winterveld)

1%

(15 kg) (13.8 kg) 12.5 kg) (11.25 kg) (10 kg) (8.75 kg) (7.5 kg) (6.25 kg) (5 kg)

Tabel 1: Die Invloed van beskikbare energie in voeding op die vrywillige inname van die voeding. (Oorspronklik deur Dr. Martin Neitz, later verwerk.)

Kompetisie Skryf nou in deur enige van die bostaande produkte deur u GWK-tak te koop (minstens tien sakke) en staan `n kans om 20 sakke van enige van die bostaande produkte te wen deur die volgende vraag te beantwoord en die afskeurstrokie en by u naaste tak in te gee. Watter twee belangrike redes vir voedingstekorte en dus swakker produksie in die wintermaande, word in die artikel genoem? ……………………………………………………………………………….................................................. Voorletters en Van: ……………… GWK strokienommer: …………... Telefoonnommer: ……………...... Datum: ……………………….......


Vroue LINDIE STRYDOM KUIER BY VLV SE KONFERENSIE OP DOUGLAS

D

Mnre. Andrew Wolff van SAB se direksie en Schalk Human, wenner van SAB Maltings se toekenning vir die garsprodusent van die jaar. Foto: Johan Norval, Landbouweekblad

ie VLV op Douglas het onlangs hul 80ste bestaansjaar tydens `n sirkelkonferensie op Douglas gevier. Die dames is oor verskeie interessante onderwerpe toegespreek en is ook vir hul vlytigheid in verskeie kategorieë vereer. Die konferensie is afgesluit met `n ete in die stadsaal waartydens Lindie Strydom, die bekende TV-persoonlikheid en skakelbeampte van Solidariteit se Helpende Hand, as spreker opgetree het. “Ons moet eienaarskap neem van die probleme in ons gemeenskappe en daadwerklik optree om verandering teweeg te bring,” het Strydom in haar toespraak gesê.

Voor: Mev. Erika Lubbe (VLVK President) en mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK). Agter: Mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK), mev. Linzetta Smit (gasvrou van die konferensie), Lindie Strydom (gasspreker) en mev. Marié Wilmans (Sirkelpresident van die VLVK in Kimberley en distrik).

Toekennings

GWK-garsprodusent met nasionale toekenning vereer

M

nr. Schalk Human, `n garsprodusent van Douglas, is op `n glansgeleentheid buite Kimberley vereer met SAB Maltings se toekenning vir die nasionale garsprodusent van die jaar. “Dít is geen geringe prestasie as `n mens in ag neem dat hy uit sowat 300 boere as wenner van hierdie toekenning aangewys is nie,” het mnr. John Stenslunde, Algemene Bestuurder van SAB Maltings, gesê. Die toekennings word in sewe kategorieë gedoen, waarvan twee in 32

die GWK-gebied val. Volgens mnr. Gawie Kotze, Landboukundige Diensbestuurder van SAB Maltings, was die kriteria waarvolgens die beoordeling gedoen is, vanjaar effens anders as in die verlede. “Vanjaar is die kwaliteit van die gars wat die produsent lewer, sowel as opbrengs in berekening gebring, met `n gewig van 70% vir kwaliteit en 30% vir opbrengs. Human het ook die toekenning vir die garsprodusent van die jaar vir groot kontrakte in die GWK-gebied ingepalm en is as die gebiedswenner

in hierdie streek aangewys waarna hy as algehele wenner aangewys is. Mnre. Frank Lawrence van Kimberley (voorsitter van GWK se direksie) en Leonard Louw van Prieska was ook in die kategorie vir groot kontrakte in die GWK-gebied benoem. Lawrence is met `n merietesertifikaat vir sy bydrae tot die garsbedryf vereer. Mnr. Michael Jacobs van Douglas is aangewys as die garsprodusent van die jaar vir medium kontrakte in die GWK-gebied. Mnre. Jacques Faber en Willem Mülke van Douglas was ook in hierdie kategorie benoem. 33


SÓ LYK ONS NUWE SPAN IN DIE VRYSTAAT EN OOS-KAAP

GWK Nuus GRAAN SE GHOLFDAG `N REUSE SUKSES

P

rodusente van oor die hele GWKstreek het GWK Graan se gholfdag saam met die personeel geniet. Elke gholfspeler is uitgerus met `n GWK-pet met `n magnetiese balmerker wat daarop vaskom, asook `n gholfhempie waarin hulle hul slag op die gholfbaan gewys het. Mnr. Tom Meintjes (Hoofbestuurder: Graan) en sy personeel het gereeld hul rondtes met die “GWK-ambulans” gedoen om die droeë kele van koeldrank te voorsien, terwyl `n span braaiers vir heerlike versnaperings gesorg het. Mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur van GWK) het tydens die aand se verrigtinge die produsente vir hul volgehoue ondersteuning bedank. Die dag is met `n gesellige ete afgesluit.

Die personeel van GWK se nuwe streekkantoor vir lewendehawe in Bloemfontein is reeds sterk op dreef en gereed om diens van uitstaande gehalte te lewer. Mnr. Willie Meyer (links) is aangestel as Bestuurder: Veilings en Vleisbedrywe in die nuwe bedieningsgebied in die Suid-Vrystaat en Oos-Kaap. Van links is mnre. Pierre Erasmus wat Bloemfontein, Trompsburg en Edenburg sal bedien, Wim van Rooyen (Hoofbestuurder: Veilings en Vleisbedrywe), Rupert Potgieter wat Barkley-Oos, Elliot en Lady Grey sal bedien en mnr. Heinrich Ferreira, wat Burgersdorp en Venterstad sal bedien.

GWK KUIER BY OFM IN BLOEMFONTEIN Mnre. Jannie Wiid (Depotbestuurder van GWK op Hopetown , Steven Storey (GWK Graanverkryger op Hopetown), Herman Grobler (Bestuurder: Graanaankope van GWK) en Kobus Beetge (GWK Graanverkryger op Barkley-Wes) by die natgat waar hulle verversings vir die honger spelers aangebied het.

INDUSTRIEË SE GHOLFDAG `N HEERLIKE FAMILIEKUIER

G

WK Industrieë het `n heerlike gholf- en familiedag by die Douglas gholfklub aangebied. Die doel van die gholfdag was om die divisie beter aan interne belanghebbendes bekend te stel en ook om die divisie se verskeie interne diensverskaffers te bedank. Verskeie lede van GWK se direksie, sowel as interne diensverskaffers het die dag saam geniet. Die hele familie het die dag saam geniet en selfs `n paar hondekinders het `n draai by die gholbaan kom maak. Die dag is met `n ete by die klubhuis afgesluit. Regs: Mnr. Chopper Theart (Uitvoerende Bestuurder: Menslike Hulpbronne, Carl du Toit (Uitvoerende Bestuurder: Graanfasiliteite) en Morné Myburg (Bestuurder: Regsdienste) geniet die dag op die gholfbaan). 34

Ná die OFM-bestuur se onlangse kuier by GWK op Douglas, het GWK in Bloemfontein aangedoen om OFM se ateljee te besoek. Hier is die omroeper Lindsay Batteson saam met mnre. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking, Rehann Nolte (Finansiële Direkteur) en Johan van Dyk (Besturende Direkteur) in OFM se ateljee. Inlas: Mnr. Neil de Klerk hou sy lyf omroeper. 35


Wenner: Sandri van der Berg

van Griekwastad Tema: Uit die jakkals se oog

Derde: Petro Sutherland van Hopetown Tema: Sneeuvlokkies

Fotokompetisie

REËLS Die inskrywing moet verband hou met die tema vir die maand en moet ook `n onderwerp hê. Slegs foto’s wat geneem is deur die persoon wat dit inskryf, sal aanvaar word. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal. 36

Temas vir 2012 April Mei Junie

op die plaas kunsfoto’s eenvoud

Maandelikse pryse 1ste R600 GWK kleinhandel-

Tweede: Yvette Milne van Kimberley Tema: Pret in die plaasdam

koopbewys, geborg deur GWK Landmark.

Stuur foto’s na gwkfoto@gmail.com Kommuniek Posbus 47 Douglas 8730

2de R300 GWK koopbewys 3de R100 GWK koopbewys

Johan Gous van Prieska Tema: En toe word ons dors

Tony Cahi van Prieska Tema: Hoog deur die lug

Marius van der Schyff van Douglas Tema: Nefies op die muilkar

San-Mari Williams van Boshoff Tema: Wat sien jy? 37


Betaalde promosie

Koringkultivars `n wenkombinasie PANNAR stel vanjaar twee puik nuwe koringkultivars bekend wat nommerpas aan boere se behoefte vir besproeiingskoring voldoen. Albei kultivars, PAN 3471 en PAN 3478, het `n hoë opbrengspotensiaal en het hulself reeds as toppresteerders in proewe onderskei. Figuur 1. LNR DATA VIR DIE KOELER BESPROEIINGSGEBIED (EERSTE AANPLANTINGS) 11.50 11.00

TON/HA

10.50 10.00

PAN 3471

9.50

PAN 3478 LNR gem.

9.00 8.50 8.00

7.50 7.00

** 1JAAR

* * 2JAAR

** 3JAAR

* * 4JAAR

*

STATISTIES BETER AS LNR GEMIDDELD

Figuur 2. LNR DATA VIR DIE KOELER BESPROEIINGSGEBIED (TWEEDE AANPLANTINGS) 8.50

8.00 PAN 3471

TON/ TON/HA

PANNAR se twee nuwe koringkultivars, PAN 3471 en PAN 3478, wat by uitstek vir verbouing onder besproeiing geteel is, is voorwaar goeie nuus. Plaaslike koringteelt, wat die afgelope dekade vir min opwinding gesorg het, bied met dié twee uitstaande nuwelinge met hul bewese opbrengspotensiaal aan besproeiingsboere geleentheid om optimale oeste te stroop. PAN 3471 en PAN 3478 is albei die vrug van jare lange koringteelt deur mnr. André du Toit verbonde aan PANNAR se navorsingsplaas by Bainsvlei naby Bloemfontein. Met PAN 3471 en PAN 3478 het hy daarin geslaag om kultivars met hoë- en stabiele opbrengste te teel wat terselfdertyd siektebestandheid en goeie bak- en maalgehalte het. PAN 3471 is ’n nuwe lentekoring met ’n hoë opbrengspotensiaal wat goed aangepas is vir produksie onder besproeiing. Die kultivar beskik oor ’n medium groeiperiode en neem 99 tot 109 dae tot blom. Daarby toon PAN 3471 goeie strooisterkte en staanvermoë. Met statisties betekenisvolle prestasie teenoor die LNR gemiddeld, was PAN 3471 boonop oor die afgelope vier seisoene een van dié toppresteerders in die LNR Kleingraaninstituut se proewe vir vroeër plantdatums in die koeler besproeiingsgebied én later aanplantingsdatums in dieselfde gebied soos getoon in Figuur 1 en 2. Van PAN 3471 se voortreflike gehalte eienskappe sluit goeie hektolitermassa en proteïen inhoud in. Wat siektes betref toon PAN 3471 goeie weerstand teen heersende streep- en blaarroes patotipes asook slegs matige vatbaarheid vir poeieragtige meeldou. PAN 3478 is ʼn tweede nuwe besproeiingskultivar wat vir die 2012 plantseisoen beskikbaar is. Hierdie kultivar toon ʼn donkergroen blaarkleur en dra sy vlagblare in ʼn kenmerkende vertikale posisie wanneer dit verskyn. PAN 3478 is ʼn hoë opbrengspotensiaal kultivar met goeie staanvermoë en wye gebiedsaanpassing. In die koeler besproeiingsgebied toon PAN 3478 in beide vroeë en later plantdatums oor die afgelope vier jaar

7.50

PAN 3478 LNR gem.

7.00

6.50

6.00

* 1JAAR

** 2JAAR

uitstekende opbrengspotensiaal en stabiliteit, soos gesien in (Figuur 1 en 2). PAN 3471 en 3478 toon albei oor die vierjaar gemiddeld in die LNR proewe, die beste opbrengste by ‘n later plantdatum teenoor alle ander inskrywings. PAN 3478 beskik oor ʼn medium tot lang groeiperiode, het uitstekende stoelvermoë en neem ongeveer 100 tot 111 dae tot blom. Die kultivar het uitstekende hektoliter-massawaardes in die LNR Kleingraaninstituut se proewe behaal en ook goeie verdraagsaamheid teen uitloop in die aar. PAN 3478 is bestand teen streeproes, maar vatbaar vir blaarroes en poeieragtige meeldou.

** 3JAAR

** 4JAAR

*

STATISTIES BETER AS LNR GEMIDDELD

Saadbehandeling sal standaardpraktyk wees PANNAR Saad (Edms)Bpk het onder hulle PANACEA™ Omvattende Saad en Gewasbeskerming vaandel oor die afgelope seisoen twee nuwe landbouchemiese koringprodukte van Bayer CropScience geevalueer en is baie beïndruk met voorlopige resultate. Hierdie resultate onderskryf ook die van Bayer CropScience. Die eerste produk is Galmano Plus, ’n nuwe generasie saadbehandelingsmiddel met ’n registrasie teen vrotpootjie en blaarroes. Vrotpootjie is ’n ekonomies

belangrike wortelsiekte van koring en word deur die swam Gaeumannomyces graminis, var. tritici veroorsaak. Tot nog toe was daar baie min produkte wat doeltreffende beheer teen die siekte verleen het. Resultate uit Bayer CropScience se omvangryke evaluasies dui daarop dat Galmano Plus baie goeie beheer teen vrotpootjie gee. Hoewel daar geen vrotpootjie in PANNAR se proewe voorgekom het nie, het die Galmano Plus steeds baie goeie resultate gelewer en is ’n gemiddelde opbrengsverhoging van ongeveer 6% teenoor ’n standaard as gevolg van geelroes (streeproes) beheer behaal. In die teenwoordigheid van vrotpootjie sal die voordeel van hierdie produk dus soveel te meer duidelik wees. Terwyl die produk tans slegs ’n registrasie teen blaarroes het, was die opvallende en verassende goeie beheer teen vroeë geelroes egter baie opmerklik by die proewe wat by Greytown in KwaZulu-

Natal, waar die siekte straf voorgekom het, uitgevoer is. Die Galmano Plus saadbehandeling se sistemiese werking is duidelik bevestig. Prosaro, die tweede produk wat geevalueer is, is ook uit die Bayer CropScience stal. As opvolgbespuiting het dit die saadbehandeling met eersgenoemde produk baie doeltreffend ondersteun. Onder die vaandel van PANACEA™ Omvattende Saad en Gewasbeskerming het PANNAR Saad besluit om die Galmano Plus saadbehandeling as standaard op hulle twee nuwe besproeingskultivars PAN 3471 en PAN 3478 toe te dien. Produsente wat enige van die twee kultivars bestel sal hulle saad dus vooraf behandel (fabrieksbehandel) in die sak ontvang. Om selfs beter resultate te kry, kan die gebruik van ’n opvolgbespuiting met ’n produk soos Prosaro sterk oorweeg word en kan boere hul Bayer CropScience agent kontak vir meer inligting.

Navrae Skakel u naaste PANNAR verteenwoordiger of landboukundige of PANNAR se hoofkantoor by 033 413 9500. E-pos: infoserve@pannar.co.za Besoek ook PANNAR se webwerf by www.Pannar.com.


GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Carien Grobler

‘Pawees is fantasties!’ sê Griekwas se kaptein “Die uitdagings van ouerskap is wonderlik! sê Ryno Barnes. Kommuniek het met Griekwas se kaptein gesels.

D

Oom Gemsbok

ie man met die breë skouers se donker oë word sag wanneer hy oor sy dogtertjie gesels. Ryno Barnes, Griekwas se kaptein, het onlangs pa geword van `n pragtige baba-dogtertjie, MickeLeigh. “Die uitdagings van pawees is wonderlik! `n Mens se verantwoordelikhede verander handomkeer wanneer jy `n ouer word. Ons rugbyspelers is soms maar min by die huis, maar ek het `n wonderlike vrou wat baie mooi na Micke-Leigh omsien as Pappa weg speel.” Ryno is in 1981 in Kaapstad gebore. Hy voltooi sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool D.F. Malan in Bellville waarna hy hom vir `n kursus in hotelbestuur inskryf. “Van kleins af was krieket my eerste liefde, maar ek het stelselmatig `n groot liefde en passie vir rugby ontwikkel,” vertel hy. “So tussendeur die swottings het ek by die Durbanville- en NTK-rugbyklubs betrokke geraak en is vanuit klubrugby vir die Westelike Provinsie se Vodacomspan gekies.” Ryno se loopbaan in professionele rugby het in 2005 by die Valke begin waarna Griekwas hom in 2008 genader het. 40

Die Skopskoen

Griekwas begin op spoed . . .

D Griekwas-kaptein Ryno Barnes en sy baba-dogtertjie, Micke-Leigh. “Dit is nou my vierde jaar in die Noord-Kaap en elke jaar lewer nuwe doelwitte en uitdagings op. As spankaptein streef ek daarna om in 2012 net die heel beste vir die span en die mense van die Noord-Kaap te gee. Ons ondersteuners máák die span. Dit is vir my baie belangrik om elke Noord-Kapenaar en ook al ons ondersteuners oor die land heen trots te maak.”

Ryno is vasbeslote om hierdie seisoen die Vodacombeker huis toe te bring en dan die span se doelwitte vir die Curriebeker te behaal. “Ek het geen twyfel dat ons hierdie jaar meer as genoeg diepte, talent en passie het om deel te wees van die uitklopfases van die Curriebeker nie. “Dankie aan GWK vir julle lojale ondersteuning. Ek is trots om `n GWK Griekwa te wees!

agsê Vrinne. Daar is die S15 nou in volle gang waar ons weer die waarde van ses rugby wedstryde op `n Saterdag kan waardeer. Ja, ek weet van die vroue is maar knorrig, want pa sit alweer 10:00 voor die kassie vir die Stormers en kyk terwyl die vuil tuin en stukkende windpomp eers kan wag. Aag, dis lekker hier in die Noord-Kaap! Sommer van naweek een af is daar `n paar verrassings wat Oom Gemsbok nooit kon voorsien het nie. Die Bulls kon nie vir `n beter begin gevra het nie. Eers stof hulle die ervare Sharkies op Loftus af en dan kom gee hulle die Cheetahs `n drag slae in die Rosestad, net om die week daarna vas te val teen die Blues . . . en dit nogal op Loftus. Aai Bulle! `n Tuis-verloor is soos `n persskoot op 50m. Dit vat jou weke om oor die ding te kom. Hul taktiese spel is foutloos terwyl geen span hul dryfbewegings kon

stop nie. Met heelwat tuiswedstryde oor moet julle opstaan Bulle. Die manne uit die Kaap doen net wat van hulle verwag word – hulle wen elke wedstryd en slaan op die oomblik die Suid-Afrikaanse kitaar met skitterspel. Terwyl Etzebeth en Kitshoff hul stemme dik maak voorlangs, lyk die hardebaarde soos Jean, Aplon en Habana elke week beter. Die Stormers maak die spel vinnig en slaan uit diepte uit agterlangs, wat op die oomblik hul grootste wapen is. Hulle hardloop hul teenstanders uit posisie uit en buit dit skitterend uit op die punte. Mooi Stormers – gee gas manne! Met `n rampspoedige begin verloor die Sharkies hul eerste twee wedstryde maar ruk toe mooi reg op hul tuisveld. Oom Gemsbok verwag baie meer van hierdie ervare en magtige pak voorspelers wat tans maar bra flouerig vertoon. Hierdie Coetzee agterman vang my oog terwyl die Fransman op nommer nege glad nie werk nie. Julle kan baie beter Sharks! Die Curriebeker-kampioene en

Cheetahs maak vir Oom Gemsbok baie hartseer. Waar is die span wat in die C-beker finaal gespeel het en waar is al die beloftes van die Wit tornado? Pragtig ruk die Cheetahs hulle reg na die loesing teen die Bulls en doen uitstekend in hul eerste twee wegwedstryde. Wat `n ongelooflike spanpoging teen die Rebels. En kyk nou net hoe begin my GWK Griekwaspan die Vodacombeker op spoed. Hond se doilie! Eers trap hulle die Blou Bulle op Loftus met 36 punte en daarna oes hulle weer vol punte in teen die Griffons. Fantasties manne! Julle begin soos die koringoes van verlede jaar met rekord syfers! Soos ek hom ken maak Oom Pote sy stem dik. Ditsim! Met soveel manne uitverhuur aan die Cheetahs, doen die Kwaste weer baie goed met dit wat oor is. Ons staan agter julle Griekwas. Bring die Beker huis toe! Tot volgende keer. Groetnis Oom Gemsbok 41


Kinderkuns

N

ashua Mobile het `n inkleurkompetisie by die Laerskool Bongani, Hoërskool Prieska, Prieska Primêr, Die Laerskool Vaal-Oranje en Hoërskool Douglas aangebied. Die wenners was as volg: Hoërskool Douglas Eerste plek: Cailin Nel Tweede plek: Jo-Anneke Kriegel Derde plek: Darren Pretorius Laerskool Bongani Eerste plek: Mammetjie Moremedi Tweede plek: Thato Nelson Derde plek: Monique Lesala Laerskool Vaal-Oranje Eerste plek: Merilyn Witbooi Tweede plek: Juandré Jaarts Derde plek: Theresa Modisapudi Hoërskool Prieska Eerste plek: Niané Nel Tweede plek: A.J. Roux Derde plek: Renetia Saaiman Prieska Primêr Eerste plek: Nicole Mondzinger Tweede plek: Ronald Jacobus Derde plek: Tyrese Andreas Nicole Mondzinger van Prieska Primêr.

Caylin Nel van die Hoërskool Douglas.

Merilyn Witbooi van die Laerskool Vaal-Oranje. 42

Mammetjie Moremedi van die Laerskool Bongani.

Niané Nel van die Hoërskool Prieska.


VEILING / AUCTION

3 MEI 2012 - 10:00 TE JONKERSHOEK TOTALE UITVERKOPING VAN DIE PLAAS JONKERSHOEK BRAHMAN STOET EN IMPLEMENTE (DISTRIK KIMBERLEY)

Aanbod

Pret op die plaas Vir die jongspan

Soek die pad

Help die kalfie om by die blomme uit te kom.

• • • •

PLAAS JONKERSHOEK 778 HA ROOI BRAHMAN STOET IMPLEMENTE GEREEDSKAP

NAVRAE: Schalk Erlank: 082 558 6891 Deon Klopper: 082 802 8483 Kobie Jonker: 082 462 6420

Sien webblad: www.gwk.co.za


Spring uit die boks . . . Kalmte bring kreatiwiteit

Leefstyl Carien Grobler

Dink dinamies . . . en buite die boks! SLEGS `n klein groepie mense is waaghalsig genoeg om die onbekende te ondersoek en met vars, fantastiese idees en oplossings vorendag te kom.

Dan is daar die klein groepie mense wat benoud en onbevredig voel wanneer hul denkprosesse aan bande gelê word. Hulle geniet dit om buite die boks te dink en is oop vir nuwe idees en sien risiko’s as uitdagings. ommige mense glo dat `n Dit beteken nie dat hulle eiewys is enkele idee of oplossing vir `n en altyd die reëls verbreek nie, maar probleem oorgenoeg is. wel dat hulle kreatiewe maniere vind Hulle staan ook nooit die tyd om take aan te pak en probleme op daaraan af om hierdie idee in `n te los. fantastiese idee te omskep nie. “Mense wat oopkop en buite die Hulle sê graag “dit sal nooit werk boks dink, is gewillig om aktief nie,” of “die risiko is te groot” te soek na idees wat teen hul wanneer ander mense dinamies dink oortuigings, planne en doelwitte en met innoverende idees vorendag indruis en hierdie idees regverdig kom. teen mekaar op te weeg,” sê dr. Ben

S

46

Dean, `n sielkundige en deskundige oor positiewe sielkunde. “Sulke mense is nie besluiteloos of loskop nie, inteendeel. Wanneer `n oopkop mens die geleentheid gebied word om verskeie opsies te oorweeg, sal hy in staat wees om sterk standpunt in te neem en daarvolgens kan optree.” Volgens Dean is mense wat buite die boks dink minder geneig om deur hindernisse in hul pad van stryk gebring te word. “Hulle vaar ook in die algemeen beter in IK-toetse wat algemene kognitiewe vaardighede toets en kan beter voorspel hoe ander mense op spesifieke situasies gaan reageer.”

Droom in die dag . . .

Navorsing wys dat mense meer geneig is om oopkop te dink wanneer hulle kalm is en nie onder druk verkeer nie, aangesien `n mens se eerste indrukke nie altyd die akkuraatste is nie. “Mense dink ook eerder buite die boks wanneer hulle `n belangrike besluit moet neem,” sê Dean. “`n Mens is dan meer geneig om die voor- en nadele op te weeg en na ander mense se perspektiewe te luister.”

Dit mag dalk voel asof jy sit en niksdoen, maar kenners meen dat dagdrome `n mens se produktiwiteit Skryf dit neer . . . kan verhoog. Maak notas van jou idees. Dit is goeie oefening vir die verHoe meer jy dit doen, hoe makliker beelding en `n mens se kreatiewe sal die idees begin vloei terwyl jy vaardighede en help jou ook om jou skryf. denke te orden en nuwe perspektiewe Jou aanvanklike idee mag dalk baie te oorweeg. middelmatig wees, maar jou onderTerwyl `n mens dagdroom, stel jy joubewuste sal aan die werk spring en sy self oop vir verskillende moontlikhede bes doen om dit in `n fantastiese idee en het jy die geleentheid om elkeen te omskep. te oorweeg.

Om dinamies en buite die boks te dink, moet `n mens jouself gereeld aan nuwe ervarings blootstel. Hier is tien maniere wat jou kan help om uit die boks te klim:

Leer `n nuwe taal . . . Kies `n taal omdat dit vir jou mooi is, of omdat jy dit prakties in jou omgewing sal kan toepas. Selfs al leer jy net die basiese gespreksvaardighede, sal `n nuwe wêreld vir jou oopgaan.

Hê pret met jou patrone . . . Iets so eenvoudig soos om `n ander roete werk toe te ry, kan `n mens se brein aan die gang kry. Oopkopdenke vereis dat die brein buite bestaande patrone dink.

Leer oor die lewe . . . As jy dit kan bekostig om te reis, is dit `n wonderlike manier om jou brein aan nuwe dinge bloot te stel. Andersins kan jy gereeld na dokumentêre programme kyk.

Glip uit jou gemaksone . . . As jy gewoonlik passief is, pak `n nuwe aktiwiteit aan soos om te gaan stap, roei of fiets te ry. As jy egter in die algemeen aktief is, kan jy `n groter uitdaging soos waterski, branderplankry of vlerksweef probeer. Dit sal jou gedagtes in nuwe rigtings stuur en ook jou liggaam aan iets buitengewoon blootstel.

Doen nuwe dinge . . . As jy gewoonlik dramas of romantiese flieks verkies, kies `n slag `n aksie- of wetenskapfiksie-rolprent. Probeer wat jy nog nooit geproe het nie, soos Mediterreense, Chinese of Indiese kos. Jy sal nie noodwendig aanvanklik daarvan hou nie, maar die verandering sal jou denke prikkel.

Spits jou ore . . . Wend `n doelbewuste poging aan om voortaan aandagtig te luister wanneer iemand met jou praat. Ons luister 45% van die tyd wat ons kommunikeer – daarom is dit beslis die moeite werd om `n beter luisteraar te wees. `n Vars blik op ander mense se perspektiewe is dalk net wat jy nodig het om uit die boks te spring!

Verken die kunste . . . Groot kreatiewe geeste verken dikwels verskeie kunsvorms, hoewel hulle hulself op `n spesifieke kunsvorm toespits. Steven King het in `n rockgroep, The Remainders, gespeel. Woody Allen het jare lank een maal per week klarinet gespeel in `n jazzklub, Michelangelo het liefdesliedjies en gedigte geskryf en Paul McCartney het al `n kunsuitstalling gehou.

Ondersoek jouself . . . Vra jouself gereeld af waarom jy sekere oortuigings handhaaf en of jy dit nie dalk effens moet aanpas nie. Om dinamies en buite die boks te dink, moet jy gemaklik wees daarmee om verskillende opsies te ondersoek en ook perspektiewe oorweeg waaraan jy jou nie normaalweg sou steur nie. 47


Kinders is mal daaroor om buite te wees en die volwassenes kan ook die vars lug geniet en saam op die grasperk of langs die swembad kuier.

Iets vir die aand As die mans help om die vleis gaar te maak, haal dit so `n bietjie druk van die gasvrou af en kan almal die aand om die braaivleisvuur geniet. Ná `n watertand piekniek die middag is `n slaai en `n vars, tuisgebakte brood al wat nodig is om die honger kolle toe te maak.

Dek `n feestelike tafel

Rose-Marie van Vuuren

Oulap se rooi Maak mooi met min

Wees kreatief vir `n pragtige, prettige Paasfees

P

aasfees is `n tyd waarna kinders uitsien en dikwels ook om ander redes as hul ouers – vir hulle is dit `n groot lekkerte dat die skool gesluit het en die Paaseiers bly ook nie agter nie! Hierdie maand gaan ons kyk na kreatiewe idees om Paaseiers te versier en `n tafel vir `n heerlike Paasete mooi te maak. Met `n klein bietjie vindingrykheid kan `n mens die Paastyd vir jou familie ekstra spesiaal maak. Handgeverfde Paaseiers is nie net pragtig nie, maar kan ook vir groot 48

vermaak sorg as die kinders by die versiering betrek word. As die familie hierdie Paasnaweek kom kuier, beplan `n mooimaak-aktiwiteit waaraan almal kan deelneem, soos om saam `n familie-collage te maak. Jonk en oud sal dit geniet om `n collage uit foto’s van elke familielid te maak. Terwyl die gaste aan die werk is en oor die gebeure op die foto’s lag, sal hulle ook lekker rondom die jongste nuus in die familie kuier. Laat maak vir elkeen `n afskrif van die collage om saam te neem huis toe en

hulle gereeld aan hierdie spesiale Paasnaweek te herriner.

Paaspiekniek Vra elke familielied vir voorstelle oor die spyskaart. Op hierdie manier word almal by die beplanning betrek en kan elke gas handjie bysit om die piekniekmandjie gereed te kry. Onthou dat dit nie saakmaak wat alles op die spyskaart is nie, maar dat dit gaan oor die geselligheid om in die opelug saam met die mense naby aan jou hierdie spesiale viering te deel.

■ `n Mooi gedekte tafel sal tot die gevoel van feestelikheid oor die Pase bydra. Ons kyk na `n interessante, maar goedkoop manier om almal aan jou tafel te verras: Gebruik `n wit tafeldoek vir `n klassieke voorkoms en voeg silwer bykomstighede by om dit keuse saam met room of bruin ■ Gebruik woestynrosies om jou feestelik te laat lyk. dodder. tafel op te vrolik as jy nie blomme ■ Gebruik leë eierhouers as plekin die hande kan kry nie. ■ Gebruik `n mooi geskenkboks as matjies onder die borde. versiering. ■ `n Paar gekleurde klippies in `n Sit Paaseiers in `n houer op glashouertjie sal mooi by hierdie ■ Stal jou handgeverfde Paaseiers die tafel om later as nagereg te by `n ouderwetse voëlkoutjie of in aardse gevoel aanpas. bedien. ■ Gebruik kerse in die kleur van jou `n houtkissie uit. ■ Bind `n strik om die borde om dit soos `n geskenk te laat lyk. Bak koekies in die vorm van `n kruis om op elke gas se bord neer te sit. ■ Sit handgeverfde Paaseiers in `n glashouer op die tafel neer.

Maklike dekor vir mooi etes Jy en jou familie sal waarskynlik `n paar keer oor die Paasnaweek saam eet. Wees daarom gereed met maklike tafeldekor om selfs `n bord toebroodjies na `n feesmaal te laat lyk:


Gesondheid

Resep

Carien Grobler

Ewige jeug . . . in jou bord KOS kan `n mens se grootste vriend wees as jy pragtig, plooiloos en gesond wil verouder, maar dit kan ook jou grootste vyand wees as jy nie oplet na wat by jou mond ingaan nie! Die Griekse geneeskundige Hippocrates het reeds 2 000 jaar gelede gesê: “Laat kos julle medisyne ALLES wat `n mens eet of drink wees.” het `n invloed op jou liggaam. Ons het egter die pad heeltemal As `n mens langer en meer ge- byster geraak. Gemorskos, sond wil leef, maak dit daarom versadigde vette en verfynde koolhisin om ingeligte keuses te maak drate is deesdae `n algemene gesig op ons etenstafels. oor wat jy in jou mond sit. “VERSTEEKTE HONGER” Volgens Internasionale Instituut vir Teenveroudering (IIAA) wat `n tak in Kaapstad het, toon navorsing dat sowat twee biljoen mense wêreldwyd aan “versteekte honger” ly. Dit beteken dat hulle vitamien- en mineraaltekorte het wat hul mentale en fisieke gesondheid negatief raak.

Patrick Holford, voedingkundige en skrywer van The Optimum Nutrition Bible, meen die belangrikste voedingstowwe teen oudword is sink, vitamien A en C, omega 3 en 6 vetsure en bg. anti-oksidante.

DIE STAPPE NA SUKSES � Sluit water, vrugte, groente en heelgrane daagliks in jou dieet in, sowl as laevet suiwel, neute en sade en olyfolie. � Sluit op `n weeklikse basis eiers, pluimvee, peulgroente en vis by jou dieet in. � Eet spaarsamig aan rooivleis, suiker, soetgebak, witbrood en pasta. 50

ANTI-OKSIDANTE Wanneer die liggaam voedsel tot energie verwerk, produseer die liggaam vrye radikale. Hierdie vrye radikale word direk met veroudering en sekere ouderdomsverwante siektes geassosieer. Om van hierdie vrye radikale ontslae te raak, gebruik die liggaam anti-oksidante – sekere vitamiene, minerale en ensieme. Sommige algemene antioksidante sluit in: � Vitamien A � Vitamien B6 � Vitamien B12 � Vitamien C � Vitamien E � Betakarotien � Foliensuur � Selenium

Dubbellaag aarbeien joghurt-kaaskoek Die lae Onderlaag 125 ml aarbeikonfyt 60 ml kookwater 1 pak (500 G) vingerbeskuitjies

Eerste Laag 200g (een houer) maaskaas 250ml aarbeijogurt 125ml strooisuiker 30ml koekmeel 2 ekstragroot eiers

Bo-Laag 200g (een houer) maaskaas 250g vars aarbeie, verpulp 15ml gelatien 30ml koue water 45ml kookwater 250ml room 125ml strooisuiker

Resep ■ Voorverhit die oond tot 150 °C. ■ Meng aarbeikonfyt en kookwater tot glad. Doop die vingerbeskuitjies in die mengsel en voer `n losboomkoekpan daarmee uit. ■ Meng die maaskaas en jogurt en roer strooisuiker by. Sif meel oor. ■ Klits die eiers goed en voeg by. ■ Meng alles goed saam en giet oor die beskuitjies. Bak 30 minute en laat afkoel tot kamertemperatuur. ■ Berei die bo-laag voor terwyl die gebakte laag afkoel. ■ Meng maaskaas en pulp tot glad. ■ Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat staan vyf minute. Giet kookwater oor en roer tot glad. ■ Voeg die gelatienmengsel by die aarbei- en maaskaasmengsel en roer tot glad. ■ Klits die room en strooisuiker saam styf en vou in. ■ Giet die bo-laag versigtig oor die afgekoelde gebakte laag en verkoel oornag tot gestol. ■ Sit voor met geklopte room en vars aarbeie. 51


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Die jagter vang sy eerste jakkals . . . Met “Meneer, nou gaan hulle bars,” klim die jagter op die bakkie. Soos gewoonlik is daar `n probleempie. Ek wil nie eers vra nie, want ek weet wat kom. “Meneer, ek sukkel om `n handlanger in die hande te kry. Meneer sien ou Pietie wil nie meer help nie. Ai! hierdie ou biermakers waarmee ek sukkel, maak my moedeloos. Ek het nou my beste probeer om dié man by die oplaaiplek te kry, maar nee. Die hele ding lê by al die pay’e (toelaes) wat die mense so kry,” kla hy. “Vanoggend is dit ‘kierie pay’ (pensioen) en ou Pietie se pa pay mos. Pietie is van vroegmôre af al aan die dans by die groentemark. Kan `n mens dan op `n Maandagoggend so aangaan as jy niks makeer nie?” wil hy by my weet. “Die hele naweek deur het Pietie soos `n bok geblerk in die kroek. Lyk my die aaptwak maak hom heel mal. Vir hóm gaan ek maar vandag op die dorp los.” Hy het Stootjie, sy broer, ook probeer, maar dit is net so ‘n hopelose saak. “Meneer sien, hy kry mos nou weer ‘breek pay’ (ongeskiktheid). “Vrydag moet hy pay. Hierdie week gaan vir hom `n probleem wees. Sy pay word by die slaghuis inbetaal en hy moet dit dadelik loop vat. Die mense wil nie hê die pay’e moet so lank by die winkels lê nie. Stootjie sê hy kan ook nie sy begrafnispolis laat agter raak nie, want `n man kan enige tyd loop dood. “Meneer sien, soos ek hier staan, wag ek self nog vir my “breek pay”. Ek praat nie eers van my blou kaart 52

se geld wat nog agter is nie. Hoe moet ek nou maak om te eet as my pay nog nie wil uitbetaal nie? Ek sal maar net moet kom inval op die plaas. Die prokureur rekent (reken) my pay kan enige dag opdaag. Intussen moet ek nou maar woel met hierie twee breekbene van my. Meneer sien mos hoe lyk my bene.” Hy wys waar sy bene gebreek het. “Daai man wat die lorrie omgegooi het, sit hom nou lekker by die huis en dik vreet. Ek weet nie hoekom hy die steering loop los het toe die voorwiel bars nie. As hy hom reguit gehou het, was my bene vandag nog heel. Hier anderkant bly so `n jong mannetjie wat ek dalk kan vra. Ek weet net nie so lekker van hom nie. Sy vrou het ek gehoor moet ook nou enige dag “kinner pay” begin kry. “Bêrend Tiekieneus is ook nog hier, maar hulle het sy ribbes breek geskop oor die naweek. Die mense mors mos vreeslik naweke, Meneer! Meneer sien daai mannetjie met die sirkusgesig? Hy moet eers weer kliniek toe vandag. Miskien moet ek maar alleen klim sodat die werk kan loop.” Hendrik is vol moed dat hy die jakkalse nou alleen gaan opdraand gee. Hy hoop hy kan sommer vanmiddag al die eerste een losmaak. Skaars by die huis en hy is op sy fiets. Vroeg die volgende oggend sien ek die jakkals oor die draad hang. Hendrik is baie beskeie oor sy vonds. Hy lig my breedvoerig in oor die ander twee wat die ysters gemis het. Hierdie hings van `n jakkals het hy sommer maklik gevang.

“Meneer sien, `n jakkals is ook nie altyd so slim nie, jy moet net weet wat jy doen. Ek het sy neusgaaie met my aas loop deurmekaar maak. Die aas sit ek ver van die yster af. Sodra hy nou die ruik beginte kry, begin hy hom slim hou. Die jakkals gaan eers staan en loer in die aas se rigting.” Hendrik buig vorentoe, druk met sy hande op sy knieë en demonstreer presies aan my hoe die jakkals volgens hom die aas se reuk begin kry. Die jakkals wetie ek sit meer as een ruik uit nie. Ek sit drie soorte ruike uit. So 30 treë voor die sterkste ruik stel ek my yster. Die jakkals kan hom nou maar slim hou, maar hy gaan altyd vir die sterkste aas. Hy loop en ruik nog so en voor hy kan slim raak, sit hy vas. Sorg net altyd dat jou yster lekker vas lê en jou sneller hard gestel is.” Hendrik is vol moed en het alweer sy oog op die buurplaas se jakkalse. Hy het verneem dat die buurplaas `n nuwe huurder gaan kry. Sy kop staan eintlik nou in Slypsteen se rigting as hy hier klaar is. “Meneer sien, ek het mos eintlik op Slypsteen grootgeword”. Hendrik verneem een van die nuwe menere wat nou daar wil huur is van Douglas se wêreld. Sy van is glo iets van `n berg. “Is hy van Prieska se berge?” wil hy weet? “Van den Berg,” help ek hom reg. “Brits”. “Net so!” sê hy. Die man lyk vir hom baie lus om te boer. “Maar wag Meneer, ek moet loop, Meneer hou my op.” Hendrik is haastig. Dinge begin nou vir hom gebeur.


GWK Versekering...

Gemoedsrus vir moderne wildboerdery DOUGLAS

Brits van den Berg

Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190

HOPETOWN

Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602

GWK Versekering bied gemoedsrus aan vennote met omvattende risikobestuur oplossings. Ons fokus op lewensdekking, korttermyn versekering, oesversekering én wild- en kudde-versekering. Kontak ons gerus vir meer inligting oor bekostigbare oplossings teen jou wild- en kudde-risiko, wat insluit vangs, transito, veld, boma, kwarantyn, trofeedekking, groenjag, saad, embrio en veilingspakkete. GWK is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. (FSB Lisensienommer 1185)

PRIESKA

Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773

DOUGLAS

Lucas Holtzhausen Krediet- en Lewensversekering 082 682 8201

DOUGLAS

Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775

BARKLY-WES

René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548

MODDERRIVIER Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Kommuniek