Page 1

LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Posbus 25016 Monumentpark Pretoria 0105

Tel:

012 460-6607 012 460-5026 Faks: 086 645-6166 www.monnies.co.za admin@monnies.co.za

Uitgawe 41 van 2012

30 November 2012 tot 10 Januarie 2013

Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring.

GROETE BOODSKAP 2012 Dit is met dankbaarheid in my hart dat ek terugkyk na 2012. Met ons hemelse Vader se leiding en genade was 2012 ʼn besonderse jaar. Hoogtepunte was daar baie! Stampe en stote het ons oorkom en uit ons foute geleer. Dit is ʼn voorreg om deel te wees van ‘n span kollegas, ouergemeenskap, beheerliggaam en blinkoog kinders wat van Monnies net die beste plek maak. Almal se harde werk word nou beloon met ʼn welverdiende rustyd. Mag u in die Kerstyd die vrede en liefde wat alle verstand te bowe gaan, ervaar. Geniet die sorglose dae sonder huiswerk, toetse, eksamen, take en buitemuurse aktiwiteite. Breek sommer net die roetine! Saam met U sien ek 2013 nie as ʼn berg nie, maar as ʼn wedloop vol hoogtepunte en nuwe uitdagings. Geniet die vakansie! Sien u weer in 2013. Groete Salie Kritzinger

PERSONALIA Ons groet met ‘n swaar gemoed vir:  Mnr Victor Cloete  Me Sonnette Pretorius  Me Andria Briers  Me Charlene Cronjé Dankie vir al u positiewe insette by Monnies en sterkte en alle voorspoed vir u en u gesin op u pad vorentoe!

KERNWAARDE: gee erkenning


2

VERJAARSDAE Donderdag, 27 Desember:

Mev Su-Marié Pienaar

AKADEMIESE AANGELEENTHEDE 1.

ASSESSERINGSVERSLAE Assesseringsverslae (rapporte) kan afgehaal word op Vrydag, 7 Desember 2012, tussen 07:00 en 09:00. Die skool sluit 09:00.

SPORTAANGELEENTHEDE 1.

BINNE SKOOLVERBAND 1.1

SPORTVERGADERING Neem asseblief kennis van ʼn Sportraad Bekendstellingsvergadering wat op Maandag, 3 Desember 2012 om 13:00 in die raadsaal gehou sal word.

OUERSKAP 10 Belangrike vaardighede wat ek vir my kind kan leer: 1. 2. 3. 4. 5.

Leer jou kind om geduldig te wag. Leer jou kind om mense te groet. Leer jou kind om op te ruim. Leer jou kind luister. Leer jou kind om empatie te betoon deur bereid te wees om ander se posisies en situasie te verstaan en te respekteer. 6. Leer jou kind om te kan deel en te kan gee. 7. Leer jou kind om soms te waag en te weet dat jy “OK” is met die idée dat hy/sy dalk kan misluk as hulle waag. 8. Leer jou kind om ʼn bydrae tot die gesin te lewer deur sekere take of verantwoordelikhede te aanvaar. 9. Leer jou kind om vir homself doelwitte te stel wat hy kan nastreef. 10. Leer jou kind om onafhanklik, self te doen en te probeer.

PROGRAM VAN DIE WEEK Donderdag, 29 November 2012:

Meriete-aand: Leerders wat betrokke is het uitnodigings ontvang

Vrydag, 30 November 2012:

Laaste saalbyeenkoms – Graad 7 neem afskeid (07:30) Meriete toekennings (tydens saalbyeenkoms) Graad R: Markdag

Maandag, 3 Desember 2012:

Skoolverwisselingskamp (kerk)

Vrydag, 7 Desember 2012:

Leerders kry assesseringsverslae (rapporte) – 07:00 tot 09:00 Skool sluit vir leerders – 09:00

Dinsdag, 11 Desember 2012:

Skool sluit vir personeel

Kernwaarde: gee erkenning


3 Maandag, 7 Januarie 2013:

Skool open vir personeel – 08:00 Naskool: Vakansieskool

Dinsdag, 8 Januarie 2013:

Naskool: Vakansieskool

Woensdag, 9 Januarie 2013:

Skool open – 07:25

Donderdag, 10 Januarie 2013:

Atletiek: Graad R en 1 – 17:00

Vriendelike groete

SJ Kritzinger HOOF

PRIVAATAANGELEENTHEDE

Monnies Klerewinkel Ons sal vanaf Maandag, 3 Desember 2012 tot Vrydag, 7 Desember 2012 tussen 07:00 en 07:30 oop wees en op Dinsdag, 8 Januarie 2013 tussen 08:00 en 10:00. Winkel tye vir 2013 Maandae: 07:00 – 07:30 en 13:15 – 14:00 16:15 – 17:00 Dinsdae: Woensdae: 07:00 – 07:30 en 13:15 – 14:00 Donderdae: 16:15 – 17:00 Vrydae: 07:00 – 07:30 en 13:15 – 14:00 Aletta: 082 693-4767 Elize: 082 781-1149 monnieswinkel@webmail.co.za

Kernwaarde: gee erkenning

Monnies Nuusbrief 41  

30 November 2012 tot 10 Januarie 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you