Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 20 Maart 2014

Mans beroof winkel

Prys: R5.00

2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Racism a major social ill

3

Nog ’n slagoffer van geweld

5

Theresha Hanekom, ’n afgevaardig­ de van die departement van ge­ meenskapsveiligheid, bespreek die rol van die GVF.

Die bekendstelling is deur afgevaardigdes van regeringsdepartemente en verskeie organi­ sasies, burgemeesterskomiteelede en raadslede bygewoon FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

GEMEENSKAPSVEILIGHEID FORUM GESTIG: SOMMIGE ONTEVREDE

Kan dié forum misdaad stuit? JOLINE VAN DER MERWE

“Hoe ernstig is die hooggeplaastes in ons regering oor die misdaad in Worcester? Hoe ernstig is hulle oor ons kinders wat afgemaai word?” So vra rdl. Colin Wilskut, (Breedevallei Onafhanklik) en gemeenskapswerker nadat die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) gister die bekendstelling van hul Gemeenskapsveiligheid Forum (GVF) in die stadsaal gehou het. Die bekendstelling is deur afgevaardiges van regeringsdepartemente, burgemeesterskomiteeleDonderdag 27 ° C

Gedeeltelik bewolk

de, raadslede en verskeie organisasies bygewoon. Die doel van die GVF is om die verskillende regeringsdepartemente, -organisasies, nie-regeringsorganisasies en forums saam te bring om misdaad te bekamp. Wilskut sê verder die selektiewe manier van kennisgewing is die probleem met die meeste regeringsorganisasies. Verder voel Wilskut “sulke vergaderings is net talk shows, wat doen ons in die interim? Hoeveel mense moet nog geskiet word voor ons iets daaromtrent doen?” “Die GVF is daar sodat die partye probleme na die forum bring Vrydag 32 ° C

Mooiweer

om besluite te neem,” sê rdl. John Levendal, onderburgemeester van die BVM. Levendal noem ook dat die GVF daar is om kommunikasiegapings tussen verskeie departemente te oorbrug. Die afwesigheid van die dorp se vooraanstaande misdaadvegters, die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het boekdele gespreek. Die GPF werk nou met die Worcester-polisie en gemeenskap saam. Hul lede is dikwels oor naweke in Riverview, Roodewal en Avianpark te sien, wanneer hulle die strate saam met buurtwagte patrolleer. Volgens Shieyaam Meyson en Saterdag 28 ° C

Gedeeltelik bewolk

Rhodney Visagie, aktiewe lede van die GPF, het hulle nie eens kennis gedra van die bekendstelling van die GVF nie, nog minder ’n uitnodiging ontvang. “Ek is teleurgesteld dat ons nie deel gemaak was van die GVF nie. Misdaad sal nooit opgelos word as ons nie saamwerk nie,” het Meyson bygevoeg. Volgens Levendal was dit die stasiekommissaris van die polisie se verantwoordelikheid om die GPF in kennis te stel. Volgens sers. Wilna de Wet, die GPF se skakel by die polisie, was Sabastian Abrahams, die GPF se klusterhoof by die bekendstelling Sondag 25 ° C

om die lede van die GPF te verteenwoordig. Die taakspan van die GVF is nog nie gefinaliseer nie omdat sommige rolspelers nie die bekendstelling bygewoon het nie – waar organisasies ook moes registreer. “Elke organisasie moet met ’n mandaat kom sodat ons so gou moontlik kan begin implementeer,” het Levendal ook gesê. Theresha Hanekom, ’n afgevaardigde van die departement van gemeenskapsveiligheid, het verskoning gemaak dat Dan Plato, WesKaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, nie die bekendstelling kon bywoon nie.

Bewolk met buie (30%)


2

Standard

Nuus News

20 Maart, 2014

Known figure in local construction dies MATTHEW SHELDON A remarkable local businessman and humanitarian, Frans Groeneweg, owner of Frans Groeneweg Construction’s sudden death came as a shock to Worcester’s business community. After a five day struggle in Mediclinic Worcester, he lost his life to a sudden illness. Groeneweg (67) was at the forefront of construction in Worcester, erecting some prominent buildings in his illustrious career including the Breede Valley Municipal Traffic Department, Jaffe’s Ford building, Penhill Toontjiesrivier, Eben Donges Hospital and The Small Robertson Hotel, to only name a few. His daughter, Candice Barrett, told the Standard that her father was a kind-hearted “amazing man”. “He really lived for his family and helped wherever he could. “The family is going through a very difficult period right now. This came as a sudden shock to the entire family, especially after my sister, Leigh-Anne Groeneweg (39), lost her fight against cancer just three years ago,” she said. A charity trust named “Put it in a bucket” was created in memory of Leigh-Anne, to raise funds and help other people realise their last wishes. Candice mentioned that he had a passion for this trust. Groeneweg was born in the Free State in 1947 and grew up in Durban. According to his

Frans Groeneweg wife, Jocelyn Groeneweg, they moved to Worcester 40 years ago after Leigh-Anne was diagnosed with cancer and lost her sight. She attended school at the Institute for the Blind. One of Groeneweg’s famous quotes were: “I attended the University of hard knocks. That is where I studied.” Groeneweg had a keen interest in rugby and cricket, and would have lengthy conversations with family members and friends about current sporting news. Jocelyn told the Standard that he will be sorely missed by his family and especially his grandchildren Max (8) and Jack (10). The funeral will take place on Tuesday 25 March at the Worcester United Church. The service will commence at 15:00.

Mans beroof winkel JOLINE VAN DER MERWE Vier gewapende mans het Saterdagoggend die MTN-winkel in die Mountain Mill Mall binnegeloop en van ’n onbekende aantal selfone beroof. Volgens Sam Orton, bestuurder van die Mountain Mill Mall, is dit die eerste keer dat so-iets by die mall plaasvind. “Hierdie is ’n uitsonderlike geval maar ons het stappe geneem om soortgelyke voorvalle te voorkom,” het Orton bygevoeg. Dit word beweer dat die mans omstreeks 10:00 die winkel binnegeloop en net hul vuurwapens aan personeel gewys het. Orton het ook gesê “die ouens is blatant!” Orton verseker kliënte dat sekerheid by die mall baie goed is. Winkels is toegerus met paniekknoppies sou daar ’n noodgeval wees. MTN se personeel het ook ’n paniekknoppie, wat aan hul hoofkantoor gekoppel is, gedruk. MTN se hoofkantoor het toe die sekerheids-

Polisielede deursoek die besigheid vir leidrade.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

maatskappy en polisie ontbied. Teen Dinsdag was die winkel steeds toe om opname te doen van wat alles gesteel is. Volgens kapt. Mzikayise Moloi,

woordvoerder van die Worcesterpolisie, het inbrake by besighede oor die algemeen met 77,8% gedaal. ’n Saak van gewapende roof word ondersoek.

Skryf nou jou fraai kleinding in

Joné du Toit (vyf en ’n half maande) is ons heel eerste finalis in die Standard se baba­ kompetisie.

Die Standard se babakompetisie is in volle swang, dus skryf sommer nou jou oulike kleinding in. Ons heel eerste finalis is die amper ses maande oue Joné du Toit. Bring net ’n gesigfoto na die Standardkantoor en handig jou inskrywing by Joyce Terblanche by die ontvangstoonbank in. Inskrywings kos R80 en sluit weekliks op Dinsdae om 12:00. Die foto’s sal in die Standard geplaas word sodat lesers hul wenners deur SMS-stemme kan kies. Kleingoed ding in twee afdelings mee: 0 tot 18 maande en 18 maande tot drie jaar. Lesers kan elke week in albei kategorieë stem vir ’n finalis uit die inskrywings van die week.

Vanjaar se borge is: Mountain Mill Mall (borg twee R150-geskenkbewyse), Super Foto (twee A3-afdrukke; twee A4-afdrukke; twee A5-afdrukke), Toys R Us (twee Reggiesgeskenkbewyse van R500), Goudini Spa (tweenagverblyf vir ses mense in die luukse Slanghoek Villa), Butterfly World (vyf geskenkbewyse: twee volwassenes en twee kinders per geskenkbewys), Amy’s Parties (een partytjie vir 10 kinders), Beauty at Hearts en Leggs Toys (twee R100-geskenkbewyse). Stem vir jou keuse van die week vandat die Standard op straat verskyn tot die volgende Dinsdag om 12:00 deur “BABA”, gevolg deur die baba se naam, na 34426 te SMS. Elke SMS kos R1,50.

Paartjie wil gesinne bemagtig met werksessies JOLINE VAN DER MERWE

Chris en Tineke Baas het ’n passie is om families in Worcester nader aan mekaar te bring.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Chris en Tineke Baas is ’n Hollandse paartjie wat hulself hier in Worcester kom vestig het nadat hulle christelike werk by Youth With A Mission (YWAM) kom doen het. Die paartjie, wat reeds 14 jaar getroud is en vier kinders het, sê hulle het ’n passie vir huisgesinne omdat hulle voel dit die kern van die samelewing is. Altwee is onderwysers van beroep en gebruik nou dié vaardighede om deur middel van werksessies na die Worce-

ster-gemeenskap uit te reik Aspekte wat in hul werksessie gedek word is: toewyding aan die familie, tyd deurbring met jou familie, goeie kommunikasie, uiting van waardering, spirituele toewyding en konflikoplossing. Die werksessies gee aan gesinne die geleentheid om hulself te meet en leer hulle die vaardighede om al die bogenoemde in hul lewe te verbeter. Daar is werksessies vir paartjies, alleenlopers, die jeug en besighede. Die doel van hul werksessies is op voorkoming gerig. “Baie families wag totdat dit

te laat is,” voeg Tineke by. Komende Saterdag gaan die paartjie ’n Familie Inspirasiedag tussen 12:00 en 17:00 by die Kibbutz El-Shamaah in Roodewal aanbied. Families word genooi vir ’n dag van pret en plesier. Daar gaan speletjies gespeel word. Die doel is dat gesinne met mekaar speel, aanmoedig en mooi herinneringe saamneem. Die tema van die familiedag is “A family that plays together, stays together.” Vir meer inligting stuur gerus ’n e-pos na info@familybase.org.


Standard

Nuus News

20 Maart, 2014

A group of four people have decided to walk/run from Montagu to Stellenbosch from 16­23 March. According to Franklin Adams, organiser of the programme, they arrived in Worcester on Tuesday 18 March where they handed over a pledge against racism certificate to the speaker of the Breede Valley Municipality, Antoinette Steyn, to be signed. Here (left) are Antoi­ nette Steyn, speaker of the Breede Valley Municipality and Franklin Adams. Steyn is seen signing the pledge certif­ icate.

Library exhibitions celebrate democracy, the right to vote

PHOTO: MATTHEW SHELDON

‘Racism a major social ill’ Winelands Unite Against Racism. This is the slogan which a group of people, travelling through the Cape Winelands area are using whilst dedicating their time to fighting racism. The Winelands Community Business Opportunity Forum and the Stellenbosch Against Racism Campaign (STAR), a nonprofit initiative, have partnered to address racial discrimination and inequalities in the Winelands region. A group of four people have decided to walk/run from Montagu to Stellenbosch from 16-23 March. According to Franklin Adams, organiser of the programme, they arrived in Worcester on Tuesday 18 March where they handed over a “pledge against racism certificate” to the speaker of the Breede Valley Municipality, Antoinette Steyn, to be signed. The pledge states: “We the residents of Breede Valley Municipality / the public representatives of the Cape Winelands District pledge our support for, and will contribute towards this initiative to oppose racism in all its forms. We believe that all people are born equal, and in a non-racial, egalitarian and unified society.” Adams stated that racism is a massive issue in South Africa that does not get enough attention. “We are not a rainbow nation yet. We call ourselves that but we don't live it,” he said. In each town they visit, a survey is conducted with 33 people from the different races in-

Help polisie om dié man te vind Rawsonville-polisie is op soek na Ismail André Tops. Hy is moontlik in die omgewing van Avianpark Plakkerskamp in Worcester. Enigeen met inligting word gevra om sers. D. Gordon by Rawsonville-polisie te kontak by 0023 349 8300 of 079 894 1718.

3

cluding black, white and coloured. Their aim is to determine whether people feel racism is still an issue or not. “We have found that four out of five people from the black and coloured communities say yes it is a problem, whilst four out of five people in the white community feel their is no racism any longer,” said Adams. He added that the difference in opinion clearly indicates that after 20 years of democracy racism is still a major social ill. The initiative, which began in 2007, is hosted in line with the national week against racism. “Our main objective with this exercise is to create awareness and to expose the evil of racism in all its forms and the destruction it causes to our communities. “It is everyone's social responsibility to contribute and ensure an equitable society to secure everlasting stability,” he stated. STAR called upon residents living in the Breede Valley to make a positive and constructive contribution in the spirit of reconciliation and nation building.

In Celebrating Libraries in 20 years of democracy the Worcester library offers exhibitions which highlight our democracy, the voting process and our national symbols. Library week is from 17 to 23 March with the theme: Celebrating Libraries in 20 years of democracy. Check in at your nearest library! The Born Frees, who were born in 1994 and thereafter, will be voting in a national election for the first time this year. The

exhibitions are of special significance for them. On Wednesday 26 March between 14:00 and 17:00, the IEC (Independent Electoral Commission) will be at the library to talk to young people about why we celebrate 20 years of democracy. Governments before 1994 remained non-democratic because the majority could not vote them out of power. The right to vote was hard-won by the likes of Madiba, and only exercising it at every opportunity will safeguard it in future.


4

Standard

Nuus News

20 Maart, 2014

22/23 JANUARIE

1 FEBRUARIE

12 FEBRUARIE

Danical “Wayne” Bo­ tha(26). Riaan Bowers (24)

Bradwin Jacobs (23)

Deswill Coetzee (23)

Mitchell Lakay (24)

Die perseel in De Wetstraat waar Danical Botha doodgeskiet is.

Moord het met 100% gestyg 7 MAART

4 MAART

Isandro Malan (19)

Norman Petersen (46)

Isandro se lyk word van die wal van die Breërivier by Sandkampie uitge­ haal. FOTO: MATTHEW SHELDON JOLINE VAN DER MERWE Moord het met 100% gestyg in Avianpark, Riverview en Roodewal in vergelyking met dieselfde tyd laasjaar. So sê Worcester-polisie se woordvoerder, kapt. Mzikayise Moloi. Die Worcesterse gemeenskap het die afgelope ruk kwaai onder geweldsmisdade deurgeloop. Sowat agt bendeverwante moorde het die afgelope agt weke in Worcester plaasgevind. .In die mees onlangse voorval is Norman Petersen (46) Vrydagog-

gend omstreeks 05:30 twee keer in Avianpark geskiet. Die motief vir die voorval is onbekend maar dit blyk dat Petersen beroof is. Hy is in die rug en kop geskiet. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. .Einde Januarie is die lyke van Riaan Bower (24) en Bradwin Jacobs (23) naby die Karootuine in Rouxweg gevind. Die twee vriende het vroeër die week vermis geraak en Bowers se lyk is omstreeks 05:00 Woensdagoggend (22 Januarie) gevind terwyl Jacobs se lyk 18:00 die volgende dag ontdek is. Beide Bowers en Jacobs is in die kop ge-

14 MAART

Luzaar Marinus (19)

skiet. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. .Die erg-verminkte lyke van Deswill Coetzee (24) en Mitchell Lakay (23) is Saterdagnag (1 Februarie) op die R43 (Villiersdorppad) gevind nadat die polisie ’n leidraad van die publiek gekry het. Met die polisie se aankoms was twee mans besig om die lyke te begrawe. Albei vriende is in die kop geskiet. Twee mans is in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hulle het op 10 Februarie in die Worcesterlanddroshof verskyn.

Die lyk van Norman Petersen word in die patoloë se wa gelaai. .Danical “Wayne” Botha (26) en Vivian Lewis (24) is Woensdag (12 Februarie) in De Wetstraat in die middedorp geskiet. Die twee boesemvriende was op pad om goedere in die middedorp te verkoop toe hulle geskiet is. Botha is op die toneel dood nadat hy in die kop geskiet is en Vivian is in die mond getref en is ondergaan steeds rehabilitasie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. .Isandro Malan (19) se lyk is Dinsdag (4 Maart) by die Sandkampie, naby die skietbaan gevind. Hy is meer as 28 keer met ’n mes gesteek en sy oë is uitgesny. Sy pa,

Ernest Malan, glo sy seun is vermoor oor sy (Ernest se) betrokkenheid om misdaad en dwelmhandel in Worcester te bekamp. Drie mans is in hegtenis geneem. .Luzaar Marinus (19) is Vrydag (7 Maart) op pad na ’n vriendin in Wentzelstraat, Roodewal in die bors en linkerbeen geskiet. Marinus is op pad na die hospitaal in die ambulans dood. Volgens sy ouers, Lucinda en Arnold, was hul seun glad nie by bende-bedrywighede betrokke nie. Worcesteriete wonder nou wie is volgende en vrees dat hul kinders nie meer veilig skool of werk toe kan gaan nie.


Standard

Nuus News

Poging tot moord JOLINE VAN DER MERWE Behalwe die agt mense wat die afgelope paar weke in Worcester vermoor is, is verskeie gevalle van poging tot moord ook by die polisie aangemeld. Die gevalle sluit in: Tussen 22 - 25 Februarie: Saterdag (22 Februarie) tussen 06:50 en 23:00 is vyf skietvoorvalle, almal in Riverview, by die polisie aangemeld. Niemand is beseer nie en ses verdagtes is in hegtenis geneem. Sondag (23 Februarie) is nog twee skietvoorvalle aangemeld. In Roodewal is niemand beseer nie en een verdagte is in hegtenis geneem. In die ander voorval is ’n 30-jarige man in die linkerbeen geskiet. Geen verdagtes is tot dusver aangekeer nie. Maandagoggend (24 Februarie) omstreeks 01:00 is nog ’n skietvoorval in Riverview aangemeld. Niemand is egter beseer nie en ’n 32-jarige man is in hegtenis geneem. Dinsdagoggend (25 Februarie) omstreeks 01:10 is ’n 17-jarige seun naby die ou gholfbaan in Riverview in die nek geskiet. Hy sterk in die Worcester-hospitaal aan en ’n 16-jarige seun is in verband met dié voorval in hegtenis geneem. Tussen 28 Februarie en 8 Maart: Die mees ernstige voorval was Maandagoggend (6 Maart). Bertam Losch (23) en Charlton Flink (33) is by die informele nedersetting in Avianpark onderskeidelik in die oog en rug geskiet. ’n Man van 21 is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Vrydagaand (28 Februarie) is daar op Ruwayne Phillips (21) van Riverview geskiet terwyl hy buite gesit het. Hy is ongedeerd. Sondag (5 Maart) omstreeks 01:20 het Rodwin Smith (23) tussen die Riverview-woonstelle gestaan toe daar op hom geskiet is. Hy is ongedeerd en ’n 20-jarige man is in hegtenis geneem. Later die oggend is Juwayne Anthony by die I-blok-woonstelle in Riverview in die maag geskiet. Edward Issel (30) is in verband met dié voorval in hegtenis geneem. Maandag (6 Maart) omstreeks 00:30 is Peter Solomons (22) by die W-blokwoonstelle in Riverview skrams in die regterskouer geskiet. Niemand is nog in verband met dié voorval vasgetrek nie. By die Y-blok-woonstelle in Riverview is daar omstreeks 01:15 op Jaburn Stanley (19) geskiet. Twee mans, 41 en 21 jaar, is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Omstreeks 05:30 is Jan Afrika (50) in die kop gewond toe hy tussen Essop- en Moosastraat in Roodewal geloop het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Saterdagoggend (8 Maart) om 07:10 is George Sekerie (32) in die hand geskiet in Taambaystraat, Roodewal. Habrein Visser (23) is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Maandag (10 Maart) om 00:50 is Jandré Plaatjies (23) in Hitchcockstraat, Roodewal, in die maag en linkerarm gewond. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Omstreeks 15:40 dieselfde dag is daar op Geoff Prins (24) tussen die U- en H-woonstelblokke in Riverview geskiet. Hy het geen sigbare wonde gehad nie. Donovan Faro (28) is in hegtenis geneem in verband met dié voorval. Om 23:30 is Anrich Juries (26) in Pelicanstraat, Avianpark, in die nek geskiet. Een persoon (17) is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Op Saterdag 15 Maart omstreeks 06:10 het drie gewapende mans op Albain Japhta (32) losgebrand. Japhta is twee keerinsylinkereneenkeerindieregter been geskiet. Die voorval het in Rhodestraat, Roodewal plaasgevind. Omstreeks 23:20 is Tefo Matchobo deur sy vriend doodgesteek in Avianpark nadat daar ’n stryery ontstaan het. Matchobo is later in die hospitaal oorlede. Die verdagte is steeds soek.

20 Maart, 2014

Nog ’n slagoffer van bendegeweld

5

JOLINE VAN DER MERWE In die mees onlangse voorval van bendegeweld in Worcester is Norman Petersen (46) Vrydagoggend omstreeks 05:30 twee keer in Avianpark geskiet. Die motief vir die voorval is onbekend maar dit blyk dat Petersen beroof is. Hy is in die rug en voorkop geskiet. Petersen word deur sy familie en vriende beskryf as ’n rustige en hardwerkende mens. Sy vrou Wouna, is hartseer en sê sy gaan hom baie mis, veral die kosmaak. Volgens ’n ooggetuie, wat nie genoem wil word nie, is die oorledene glo vroeg die oggend na Avianpark gestuur om dagga te gaan koop vir iemand (hy word glo gereeld gestuur om sulke gunsies te doen). Stephanie Hammat, ’n vriendin van die paartjie en op wie se erf hulle woon, sê Petersen was ’n rustige mens wat nooit iemand gepla het nie. Hammat sê ’n vriendin het voor 06:00 Vrydagoggend gebel om te sê Petersen se lyk lê op die vlakkie in Avianpark en dat hy geskiet is. “Ek het sy vrou Wouna gaan sê. Ons was geskok. Na ons die nuus gekry het, het ons ons na die toneel gehaas en Norman se lewelose liggaam nog daar gevind,” vertel Hammat. Daar was talle inwoners en skoolkinders op die toneel. Volgens een van die omstanders het sy na 05:00 die skote gehoor maar nie die polisie gebel nie omdat sy gedink het iemand anders sou. Nóg ’n inwoner het aan haar man gesê as hy met die polisie praat, moet hy maar ander blyplek gaan soek, omdat hy dan die hele gesin se lewe in gedrang bring. Petersen het groente en eiers verkoop vir

Beamptes maak gereed om Petersen se lyk in die wa te laai terwyl sy familie toekyk. ’n lewe en ook tuinwerk gedoen. “Hy het altyd iets gesoek om te doen,” sê Wouna, met wie hy vir 8 jaar getroud was. Petersen sal komende Saterdag om 10:00 uit 44 Jasonstraat in Riverview begrawe word. Luidens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester-polisie volg die polisie alle moontlike leidrade op. Hy vra ook dat enigeen met inligting die Worcester-polisie bel by 0023 348 8600.

Norman Pe­ tersen (46) word beskryf as ’n hard­ werkende mens wat nooit iemand gepla het nie.

FOTO’S: JOLINE VAN DER MER­ WE

Leiers praat oor skerp toename in moord en bendegeweld MATTHEW SHELDON Die Worcester-gemeenskap is die afgelope ruk gereeld in die nuus oor die moorde en bendebedrywighede wat hier gebeur. Die Standard het by gemeenskapsleiers en kundiges gaan uitvind hoe dié geweld die gemeenskap raak. Volgens Nik Wullschleger, voorsitter van die Worcester Besigheidsforum (WBF), word die bende-aktiwiteite beperk tot sekere gebiede in die dorp wat Roodewal, Avianpark, Russell-skema en Riverview insluit. Hy voeg by dat hoewel dit beperk is, was daar al geweldadige gebeurtenisse in die Sentrale Sakekern en by die Mountain Mill Mall. “Hierdie gemeenskappe is ’n belangrike bron van arbeid vir ons maatskappye en dieselfde mense is ook ons kliënte. Só as hulle deur bendegeweld geaffekteer word, word ons produktiwiteit ook geaffekteer.

“Baie van die werkers kom laat aan by die werk want hulle moet ’n lang roete neem om die bende-hotspots te vermy,” het hy gesê. Wullschleger sê die vertroue tussen die polisie en die gemeenskap moet dringend hervestig word. Hy het ook genoem dat groot ingrypings nodig is waar die gebruik van die militêre eenhede ingespan word om die bende hotspots, dwelm-hole en onwettige sjebiens aan te val. Claude Schroeder, uitvoerende direkteur vansosialeontwikkelingenbeplanningsdienste by die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, het aan die Standard gesê dat geweld en misdaad in die gemeenskap ’n impak het op die lewe van elke inwoner in Worcester. “Niemand van ons is uitgesluit nie. Daarom sal ons moet hande vat om ’n bydrae te maak om die gemeenskap te herstel. En by te dra tot die bou van ’n omgewing waarin ons almal

veilig voel,” het Schroeder gesê. Volgens Erena van Deventer, maatskaplike werker by die Kibbutz El-Shammah, is misdaad ’n groot kopseer vir almal, maar daar ’n oplossing van die probleme sal nie oornag gebeur nie. “Daar is ’n positiewe beweging in die gemeenskap wat teen die bendes en dwelmmisbruik werk. Daar is ’n netwerk van mense en organisasies wat saamwerk om misdaad te bekamp,” het Van Deventer gesê. Sy het bygevoeg dat almal net oor die negatiewe dinge wil praat, maar niemand praat van die beweging en projekte wat reeds aan die gang is om misdaad te voorkom nie. “Of ons kan die huidige situasie aanvaar en toelaat dat die bendes ons rule. Mense moet begin om betrokke te raak in projekte en inisiatiewe wat Worcester weer ’n veilige plek sal maak,” het sy gesê.


6 Standard Investing in developing the potential of little people

Gemeenskapsnuus Community

20 Maart, 2014

MATTHEW SHELDON

dren receive lunch daily. Botha told the Standard that the facility re“We are here to give these kids a bright quires around R26 000 per month to operate optimally. She added that financial confuture!” straints are their main challenge. After visiting the Rotary Club Worcester So says Marie Botha, manager of the Sinetemba Elizabeth Children’s Home in Zwele- and explaining their situation, Botha was informed some weeks later that a golf day would temba. The home is registered as an NPO (Non- be held to raise funds for their home and the Profit Organization) and was established in Nuwe Hoop Centre. A total of R72 000 was 2010. It is an aftercare centre which helps to raised. Reading, doing homework, painting, doing stimulate young pupils’ minds through varipuzzles and playing board games are just a ous educational activities. About 90 children from Zweletemba attend few of the activities the children enjoy. “Our dream is to have four double containthe aftercare where they also receive a daily lunch, have teachers help them with home- ers and a computer room, so that we can provide all the kids with a decent educational enwork and find time for some fun. The centre accepts children from ages 7 to vironment,” said Botha. According to Beauty Phillips, one of the 13. There are currently four teachers, four cooks and one gardener. More than 250 chil- teachers, she is very happy to be employed here. If it were not for this initiative, these children would be living with the same challenges so prevalent nowadays. “Many kids can be seen wandering around after school while their parents are at work. Some end up doing drugs at a young age, while others get pregnant. This is due to the fact that many children are left unsupervised and without food,” said Phillips. She added that unemployment is the biggest About 90 children from Zweletemba attend the aftercare where issue facing both young they also receive a daily lunch, have teachers help them with and old in Zweletemba. homework and find time have some fun.

Reading, doing homework, painting, doing puzzles and playing board games are keeping the children occupied and safely off the streets.

The Sinetemba Elizabeth Children’s Home in Zweletemba is an after­ care centre which helps to stimulate young minds through various educational activities. PHOTOS: MATTHEW SHELDON


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Maart, 2014

7

Family health initiative by Rotary and WC Health Western Cape Government Health and the organisation Rotary International will as part of a national initiative, host three days of family health services in Worcester. The Family Health Days will take place on 25 and 27 March at the Worcester Community Health Centre and the 26th at the Empilisweni Clinic in Zweletemba. The Family Health initiative forms part of Western Cape Government Health’s goal of creating communities of healthy people, who seek holistic wellness through active prevention of illness. The family days will create the opportunity for families and individuals to access preventative health services at venues close to their homes. The following services will be available: .Chronic disease counselling .Blood pressure evaluation .Blood glucose-level testing and counselling .BMI and dietary management advice .Adherence and compliance advice .HIV counselling and testing Men’s Health: .MMC (male medical circumcision) counselling and booking for procedure. .Signs and symptoms of prostate cancer .Condom distribution .TB screening and referral Women’s Health .Breast risk assessment and referral .Instruction on self-breast exam .Family planning info and distribution Child Health services such as: .Nutritional .Oral health Evaluation will be available at some centres. “I wish to encourage people to take the time and the whole family to these health days. Prevention of illness remains the most cost-effective manner in which to help you live an active and meaningful life,” said Theuns Botha, Western Cape minister of health.

Frans Wiesie, ’n ervare skrywer en digter, het onlangs sy eerste digbundel, Ek’s ’n laaitie van die flêtse, by die Rawsonville­ munisipa­ le kantoor bekendgestel. Van links is sy vrou, Margaret, Wiesie, Kiwidore Fillis, dr. William Murray en Anet Braaf.

FOTO: MATTHEW SHELDON

Frans Wiesie stel digbundel bekend MATTHEW SHELDON Dit is die eerste keer dat iemand van Rawsonville sy eie digbundel bekendstel. Frans Wiesie, ’n ervare skrywer en digter, het onlangs sy eerste digbundel, Ek’s ’n laaitie van die flêtse, by die Rawsonvillemunisipale kantoor bekendgestel. Hy het die spesiale geleentheid saam met vriende, familielede en oudonderwysers gevier. Die digbundel, wat uit 40 gedigte en sy biografie bestaan, gaan oor sy lewe en werklike gebeure wat hom op die een of ander manier geraak het. Wiesie (51) het aan die Standard gesê sy passie vir lees en skryf kom sedert sy matriekdae.

Hy voel hy kan ’n verskil maak in die lewe van mense deur sy skryfwerk. “Ek wil graag hê my digbundel moet ’n nalatenskap vir my kinders en die gemeenskap wees voor ek my oë toemaak,” het Wiesie gesê. Hy het bygevoeg dat daar soveel maatskaplike probleme soos bendegeweld, dwelmmisbruik en armoede is wat die gemeenskap soos ’n plaag oorval. “Mense en gemeenskapsleiers in die Breedevallei moet leer om minder te praat en meer te doen.” Hy beoog om volgende jaar nog ’n digbundel te publiseer. Wiesie is in 1963 in Ladismith gebore en het op ’n plaas in die distrik Brandwacht net buite Worcester grootgeword. In 1974 het die gesin hulle in die Riverview-woonstelblok gevestig. Hy het ma-

triek aan die Hoërskool Breërivier behaal. Wiesie werk tans by Epol Veevoermaatskappy as produksietoesighouer. Hy is baie lief vir die skryf van gedigte en skilder. Sy gunstelinggedig wat hy geskryf het, is “Die laaste afskeidgroet”. Van sy skooljare af sing hy in skoolkore en is ook die stigter van die gospelgroep De Nova-Mannekoor. Wiesie en sy vrou, Margaret, het ses kinders. Sy boodskap aan die jeug is: “Gaan voluit elke dag asof daar nie ’n môre gaan aanbreek nie.” Wiesie gaan oor die volgende paar weke verskeie skole besoek om ’n paar digbundels te oorhandig. Belangstellendes wat Frans Wiesie se digbundel wil koop, kan hom bel by 078 039 3540 of 023 349 1917.


8 Standard Eerste Rally in the Valley 20 Maart, 2014

Die vroue het die Instituut vir Blindes as die begunstigdes vir die eerste Rally in the Valley gekies. Die geleentheid het van 14 tot 16 Maart plaasgevind en die motorfietsryers het van oor Suid-Afrika na Rawsonville gekom en by die Slanghoek-ontspanningsoord tuisgegaan. Saterdagoggend het hulle, onder groot toejuiging van die inwoners en personeel, met ’n gebrul deur Worcester se strate tot by die Instituut vir Blindes gery. Die instituut se orkes het die skare vermaak terwyl die siggestremde inwoners beurte gekry het om op die motorfietse te ry. Saterdagaand is ’n skildery deur Julio Rossouw van Aluminium Art in Port Elizabeth, getiteld “The eye”, deur die kunstenaar opgeveil. Die skildery, wat op aluminium geverf is, het altesaam R10 000 ingebring. Die eerste persoon het aanvanklik die skildery vir R2 500 gekoop en toe teruggegee. ’n Tweede persoon het R6 000 daarvoor betaal en ook teruggegee. Dit is uiteindelik aan ’n derde persoon vir R1 500 verkoop. Auditor General SA het ’n skenking van R50 000 gemaak wat die instituut in staat sal stel om noodsaaklike items op hul wenslysie aan te koop. Cathy Hugo, fondsinsamelaar by die Instituut vir Blindes, sê: “Dié motorfietsrit is voorwaar iets wat die siggestremdes en personeel nie gou Een van die inwoners voel­voel aan die vreemde vervoer­ sal vergeet nie.” middel.

Gemeenskapsnuus Community

Sowat 80 vrouemotorfietsryers het die afgelope naweek die vallei met ’n brul binnegery in die eerste Rally in the Valley-geleentheid.

Cathy Hugo van die Instituut vir Blindes ervaar eerstehands die wind in haar hare en die ge­ voel van ’n mortorfietsrit.

Inwoners en personeel van die Instituut vir Blindes saam met die Lady Bikers SA.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

20 Maart, 2014

KANKERVELDTOG: Kansa het on­ langs ’n kankerbewusmakingsveldtog van stapel gestuur wat verskillende kankersoorte in sekere maande uitlig. Die Worcester­kantoor van die Kaap­ se Wynland Distrik­onderwysdeparte­ ment is tans besig met ’n maandelik­ se bewusmakingsveldtog. Die beplan­ ning fokus daarop om personeel en besoekers bewus te maak van die verskillende soorte kanker ten einde hulle te motiveer om ’n gesonde le­ wenstyl te handhaaf. As deel van hierdie bewusmaking vir Maart se kankersoorte, nierkanker en kolon­ kanker, word ’n botteltjie water met ’n strikkie uitgedeel as inspirasie. Die departement hoop en vertrou dat alle maatskappye in Worcester hul voor­ beeld by die Worcester­kantoor sal volg.

Movies at Nu Metro In the mood for a movie? Use this guide to plan your trip to Nu Metro Mountain Mill: • 3D: Mr Peabody & Sherman (PGV) Thursday 20 March 12:30, 15:00, 17:30, 20:00. Friday 21 to Saturday 22 March 10:00, 12:30, 15:00, 17:30, 20:00. Sunday 23 to Thursday 27 March 12:30, 15:00, 17:30, 20:00. • 3D: Need for Speed (10-12PGL) Thursday 11:30, 14:30, 17:15, 20:00. Friday to Saturday 10:30, 13:30, 16:30, 19:30. Sunday to Thursday 13:30, 16:30, 19:30. • The Lego Movie (PGV) Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Friday to Saturday 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Sunday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. • 300: Rise of an Empire (16SV)

Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Friday to Saturday 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Sunday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. • Vrou Soek Boer (PGL) Thursday 11:30, 14:15, 17:00, 19:45. Friday to Saturday 09:00, 11:30, 14:15, 17:00, 19:45. Sunday to Thursday 11:30, 14:15, 17:00, 19:45. • Divergent (13V) – NuMetro Girls Night Out movie Wednesday 27 March 20:00. Visit the Nu Metro Mountain Mill ticket counter or www.numetro.co.za for more information. Schedules are subject to change without prior notice. Visit www.worcesterstandard.com and click on “tell your story” to upload a review and stand a chance to win two movie tickets.

9


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

20 Maart, 2014

Gebiede bied wel suksesverhale ’n Siek gemeenskap, waar misdaad hoogty vier. Dis hoe daar na gebiede soos Roodewal, Avianpark en Riverview gekyk word. Tog het die gebiede baie suksesverhale te bied. Dit is dié gebiede wat geboorte gegee het aan ’n Cameron Thops, wat onlangs as die Wes-Kaapse Junior Sportster van die jaar gekroon is. Thops is ook die huidige Suid-Afrikaanse Blackball-kampioen. Dit is dié soort positiewe rolmodelle wat vandag se jeug nodig het. Dit is ook gebiede soos dié wat geboorte gegee het aan ’n Maselomie Louw, wat deur haar verhoogkuns hoop aan vele jongmense gee. Dit is dus nodig dat daar ontspanningsgeriewe of gemeenskapsentrums opgerig kan word, waar jong mense vaardighede kan aanleer en kan ontspan en waar kinders die kans kry om die positiewe van die lewe te ervaar. Daarom is dit werklik prysenswaardig dat daar vandeesweek op Menseregtedag ’n historiese rielfees op Bolandpark-stadion gehou word.

Psalm 1: 1­ 4 Die Here lei Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. So is die goddelose nie. Hulle is soos kaf deur die wind uitmekaar gewaai.

GUESTHOUSE OPENS: About 200 guests attended the opening of Penhill Manor, a guesthouse in Toontjiesrivier last Saturday (8 March). The property includes the oldest house in the Nuy Valley, which was built in 1750. The owners, Gareth and Kate Penny, named the property Penhill Manor because Gareth was born in Penhill Estate in Cape Town. From left are: Neels de Bruyn (Cape Winelands District Municipality mayor), Gareth and Kate Penny, their daughter, Ella, Rick Stander (architect); Frans Groeneweg (building contractor) and Julian Kritzinger, who compiled a 300 page book on the history of the property. PHOTO: KEN MC INTYRE

Skietery by Vlakkiekrieket Honderde Vlakkiekrieket-geesdriftiges moes Sondag (9 Maart) vir hul lewe vlug toe bendes slaags geraak het. Volgens omstanders het ’n geveg tussen die JCY-bende en Criminals in Whitestraat uitgebreek waarna die skote geklap het. Oomblikke daarna het nóg bendelede uit Wentzelstraat aangestroom gekom en in die rigting van die krieketveld tussen Rhode- en Taambaystraat op die bendes wat tussen die toeskouers inbeweeg het, geskiet. Spelers en ondersteuners van Hartwig Lions, Billabong en Moesa United moes haastig padgee om te verhoed dat hulle raakgeskiet word. Twee polisiewaens het daarna opgedaag waarna gemoedere gekalmeer het. Ons het reeds telkemale die probleem onder die Breedevallei Munisipaliteit se aandag gebring en gevra dat die wedstryde na Green Valley geskuif word. Die wyksraadslid, Evelyn Matjan weier egter om ons tegemoet te kom deur ’n krieketblad daar op te rig. Iemand moet seker eers sy lewe verloor voor die raad aandag aan die probleem sal gee. Die spanne het nou besluit om die wedstryde stop te sit omdat hulle nie die veiligheid van die spelers en ondersteuners kan waarborg nie. Niemand is raakgeskiet nie, maar dit kon soveel erger gewees het as die polisie nie so vinnig reageer het nie.

JAPPIE VISSER ROODEWAL

Kommentaar van die Breedevallei Munisipaliteit: Die raad het simpatie met die mense wat die voorval moes meemaak en veroordeel die optrede van die geweldenaars ten sterkste.

Die verskuiwing van die krieket na “Green Valley,” ’n terrein langs ’n tehuis vir bejaardes, gaan egter nie die probleem oplos nie, in teendeel kan dit die lewe van weerlose bejaarde mense verontrief en in gevaar stel. Uit die skrywe blyk dit dat die bendelede vanuit ’n ander gebied tussen die toeskouers ingevlug het. Daar is geen waarborg dat dieselfde nie ook in die voorgestelde area kan plaasvind en die inwoners en spelers se lewe in gevaar kan stel nie. Die oorsaak van die geweld moet eerder aangespreek word en is daar reeds vêr gevorder in samewerking met die Worcester-polisie en ander rolspelers om ’n haalbare oplossing te vind. ’n Veiligheidsberaad is op 13 Maart 2014 gehou. Voortspruitend hieruit is ’n Veiligheidsplan ontwikkel en aan mnr. Dan Plato, minister van gemeenskapsveiligheid, WesKaap oorhandig. Vlakkiekrieket word al vir langer as 10 jaar op die spesifieke terrein wat midde in ’n woonstelarea geleë is, beoefen. Daar moet ook in gedagte gehou word dat bendebedrywighede nie net tot die betrokke area beperk is nie en dat indien die terrein sou verskuif, die jongmense deur ander buurte moet loop om by die nuwe terrein uit te kom. Daar is groot waardering vir die voordele wat vlakkiekrieket inhou en daarom word dit ook deur die raad ondersteun. My raad bly bereid om met organiseerders en owerhede soos die polisie te skakel om na ander oplossings te kyk. Basil Kivedo Uitvoerende Burgemeester

Khwezi Youth Developers, an outreach programme from Zweletemba, would like to thank Renmaar Security, JB Rumex and cllr Setho for helping the 75 year old Joyce Thompson with windows for her new home after her house burnt down. I, with Charmaine from the Lungile Bulani organisation approached the company and they didn’t think twice to help the elderly woman. Thank you very much.

MONWABISI STUURMAN ZWELETEMBA

**** Aan rdl. Thys Blom, om hoogtes te bereik in jou lewe is om te sien na jou medemens en u is die ideale persoon. Dankie vir jou hulp. DANKBAAR WORCESTER

Rdl. Thys Blom, baie dankie dat u my kon help. Hou so aan met die mooi gebaar. Die Here seën.

DANKBAAR WORCESTER

**** We would like to thank the Cape Winelands Municipality for providing us with four buses to Paarl on 15 March. We thank you for helping us to make a difference in our community. You have helped us fulfil our slogan, Creating tomorrow’s kids today. Siyaya ePaarl. Phambili nge Kidz of Education, phambili.

KIDZ OF EDUCATION ORG. ZWELETEMBA

**** Ek wil graag die dokters en personeel van die noodgevalle afdeling en die saalsuster en personeel van Saal A hartlik bedank vir die sorgsame behandeling wat ek onlangs daar ontvang het. Ek kan Mediclinic Worcester met ’n geruste hart aanbeveel. H. FREEZE

Wyn is soos musiek – sommige treffers bly vir jare, ander versink in die niet Dis taai-teer tyd in die Boland, sê ’n vriend vandeesweek. Dis die eerste keer dat ek die beskrywing van parstyd hoor. Wys jou net mens is nooit te oud om te leer nie. Die uitdrukking beskryf die druiwesap wat tussen die plaas en die kelder uit sommige parswaens stroom. En vanjaar is druiwe besonders mooi en dit lyk asof 2014 een van die beste oesjare die afgelope dekade gaan wees. Die gehalte lyk uitstekend, alhoewel die hoeveelheid effe minder is. Ek het verlede Donderdagaand nuwe intrekkers van Vanderbijlpark ontmoet. Mense wat wyn geniet, maar nooit geweet het van die lang ure en bekommernisse wat met parstyd gepaardgaan. Hulle is verstom om te hoor kelders ontvang derduisende tonne druiwe in

’n seisoen. Dat hier kelders is wat 25 000 ton druiwe verwerk in wyn, druiwesap en vonkelwyn. ’n Glas wyn is letterlik en figuurlik ’n druppel in die oseaan. Ek weet ek het dit al voorheen in die rubriek gesê, maar ek wil weer eens ’n glasie klink op almal in die wynbedryf. Om jaar ná jaar gehalte wyn te maak is ’n kuns. ’n Begaafde musikant, sanger, skrywerenskilderhetook’ntalent. Iemand wat ’n klavier speel, byvoorbeeld, oefen vir ure op dieselfde instrument. Die persoon ken die klawerbord en weet watter een om te druk om ’n sekere klank te kry. Die wynboer en wynmaker moet egter elke jaar as’t ware met ’n nu-

we instrument begin. Die boer moet presies weet wanneer elke kultivar reg is om aan die kelder te lewer. Die wynmaker moet sy kundigheid gebruik om die beste uit die produk van die wingerdstok te haal. Jy kan maar sê die wynprodusent is die komponis en die wynmaker die musikant. Ons, wat die wyn geniet, is die gehoor en die beoordelaar. Ons bepaal of die wynmaker ’n meesterstuk gelewer het. Net soos die musiekliefhebber besluit of hy weer die liedjie wil hoor, bepaal die wynliefhebber of die wyn goed genoeg is om ’n tweede glasie te geniet. Wanneer die produsent en wynmaker geharmonieer het, kry die

wynliefhebber ’n treffer. ’n Liedjie kan verewig ’n treffer wees. Maak nie saak of dit klassieke musiek of kontemporêr is nie. Daar is musiek vir elke musiekliefhebber se smaak – van Mozart tot Justin Bieber. Elke Saterdag speel ’n sekere radiostasie die top 40 treffers van die week. Sommige bly vir maande op die lys omdat mense daarvan hou. Ander versink in die niet. Daar is ook ’n wyn vir elke smaak – van droog tot suikersoet. Ongeag of dit ’n Chardonnay of ’n Cabernet is, op ’n dag word die laaste druppel uit die laaste bottel geskink. Daarom moet die boer en wynmaker jaar ná jaar van meet af ’n nuwe treffer saamstel. Iets waaroor wynliefhebbers liries kan raak.


Standard

Menings Opinion

20 Maart, 2014

Like us on Facebook Join the conversation on our Worcester Standard Facebook. Simply type in www.facebook.com/pages/StandardNewspaper and like the page. Below are comments from readers: Worcester Standard: Nóg ’n man is Vrydag-oggend voor 06:00 in Avianpark doodgeskiet. Dit is moord nommer 8 sedert einde Januarie! Carmen Celeste Jantjies: Wanneer gaan dit eindig. Kan ’n mens nie sonder vrees lewe nie? Mark Legg: So much for their “Peace agreement”. Their word is worth less than their lives... Trifoza Smith: Worcester is lankal a danger zone. Lola Robertson: “If my people, who are called by my name, will humble themselves and pray and seek my face and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, and I will forgive their sin and will heal their land.” 2 Chronicles 7:14 Worcester Standard: Die inwoners is bang om met die polisie saam te werk uit vrees dat hulle dalk geteiken kan word. Wat is julle gedagtes hieroor? Kan ons misdaad bekamp as almal stilbly? Mark Legg: Its also “death by association” because if you side with the police, you become a target. It doesn’t help if those who are not gangsters also associate themselves on street corners with those who are. A lot of parents are saying their kids aren’t gangsters but admit they smoke tik...that already makes them (the kids) targets because they buy from a certain group who supply. Hector Loftus: Dankbaar dat ek nie sulke dinge ken nie.

Het gereg voete van klei? Ek treur saam met die gemeenskap van Worcester oor elke persoon wat weens geweld sterf. So was en bly die dood van wyle ao. Roux verlede jaar ’n tragiese voorval. Wat my egter hinder, is die getuienis tydens die hofsaak dat hy die betrokke aand die geselskap van ’n sekswerker opgesoek het en dat dit tot die daaropvolgende moord gely het. Is ons polisiemag nie veronderstel om verhewe bo hierdie soort sosiale gedrag te wees nie? Hierdie inligting laat my verder twyfel aan die SAPD se vermoë om misdaad hok te slaan. BEKOMMERDE LANDSBURGER

Bakhand staan werk nie Ná ek die artikel “Wil land onregeerbaar maak” (Standard, 27 Februarie 2014) gelees het, sou ek graag die inwoners van Zweletemba wou vra wat hulle sal bereik as hulle die land onregeerbaar sou maak? Sal julle nie dalk baie slegter daaraan toe wees nie? Hoekom bly julle bakhand staan om net te ontvang? Is julle te sleg om op ’n beskaafde manier ’n plan of twee te beraam om die werkloosheid te verminder? Nee wat, julle wil en kan nie, julle is te gewoond dat alles gegee word en dan vernietig julle dit ook nog!

J. DU TOIT (VIA WEBTUISTE)

Dankie aan Kwik­Fit Ek en my gesin het aan die Cape Argus Pick n Pay Momentum Fietstoer deelgeneem. Al die pad van Pretoria af, het ons julle mooi natuurskoon en berge geniet. Na afloop van die fietstoer het ons op pad Centurion toe probleme met ons BMW 320D ondervind. In julle hoofstraat ontmoet ons toe vir Danie le Roux van Kwik-Fit Safety Centre. Dit was so net na 07:00 en alhoewel hulle besigheid eers 08:00 oopmaak, het hy die deure oopgemaak, die voertuig ondersoek, reggemaak en dit alles binne ’n uur en ’n half. Terwyl ons sit en wag het ek jul koerant gelees en gesien van “klop op die skouer.” Nie gedink daar is nog sulke mense en plekke in ons land nie. Wees trots op julle dorp en sy mense, want dié kry mens maar min. Dankie aan Danie en sy span. Groete van die blou-bul van Centurion.

J.J. ERNST GAUTENG

11


12 Standard Wen kaartjies na optrede

Kalenderblad Calendar Page

20 Maart, 2014

JOLINE VAN DER MERWE

ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeen by die Worcester United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid kom om 17:00 by Kerk­ straat 33 byeen. Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of Bill Skinner: 0 023 342 1881. VRYDAG 21 MAART ) Rieldansfees by Boland Park­stadion. Dit be­ gin om 09:00. Meer inligting by Natalie For­ tuin: 0 021 888 5178 of 2 nataliec@cape­ winelands.gov.za. TUESDAY 25 MARCH ) Absa Cape Epic Mountain bike challenge at McGregor from 08:30 – 13:30. Entrance

Die sangsensasie, Gloria Bosman, wat op 29 Maart by Golden Valley Casino se Winners Action Bar optree, sê sy is opgewonde om Valleiers te ontmoet. Dié passievolle sangeres, wie se stem ophelder wanneer sy oor musiek praat, beskryf haar styl van sang as eksperimenteel met bietjie afro en jazz. “Ek het ’n avontuurlustige benadering tot musiek en hou nie daarvan dat my musiek as ’n spesifieke genre beskryf word nie omdat ek voortdurend nuwe goed probeer,” sê Gloria. Sy het klassieke opleiding in Opera ontvang aan die Pretoria Technikon. Die bekroonde SAMA-wenner vir Beste Nuweling en reeds talle nominasies ontvang het, skryf die meeste van haar eie liedjies. Gloria se advies aan jong sangers is om te eksperimenteer. “Moenie toelaat dat enige iemand jou in ’n boks sit nie, probeer nuwe dinge.” Sy sê ook dis belangrik dat ’n kunstenaar hom / haarself oorgee aan die musiek. “Musiek is soveel groter as enigeen van ons.” Gloria het al by die KKNK, Aardklop en Skouspel opgetree en deelgeneem aan Al Daai Jazz. Haar vorige album, Emzini, word gekenmerk deur haar fokus op eenvoudige Afrikaanse melodieë. Haar mees onlangse album, Briewe uit die hart, sluit gospel- liedjies en ander nuwe liedjies in. Gloria sê konsertgangers kan uitsien na ougunstelinge gemeng met haar eie musiek met elemente van jazz. “Ek sien baie uit daarna om vir die eerste keer in Worcester op te tree, die mense te ontmoet en sou ook graag van die attraksies wil besoek,” het Gloria bygevoeg. Kaartjies kos R80 by die Cash Desk by Golden Valley. Die vertoning begin om 21:00.

VALLEI-KALENDER

free. Info: 0 023 347 0968, www.tourismmcgre­ gor.co.za or 2 info@tourismmcgregor.co. SATERDAG 29 MAART ) Steve Hofmeyr tree om 20:00 by Worcester Gimnasium op. Kaartjies by Computicket. Na­ vrae: 0 084 059 3029. ) The multi­award winning singer Gloria Bos­ man will perform at the Golden Valley Winners Action Bar on 29 March. Tickets cost R80 each and are available from the Cash Desk at Gold­ en Valley. The show starts at 21:00. SATERDAG 5 APRIL ) Die Halfpad Dans, ’n langarm­opskop, vind om 19:00 in die Worcester­stadsaal plaas. Kaartjies kos R60 per persoon. Drag is semifor­ meel. Bring jou eie piekniekmandjie saam. Sa­ ra: 0 073 385 5078. Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 info@worcesterster

Moenie die passievolle, talentvolle Gloria Bosman by die Winners Action Bar misloop nie. )Drie gelukkige Standard-lesers kan ’n kans staan om ’n dubbelkaartjie na die Gloria Bosman-konsert te wen en om die sangsensasie ná die konsert te ontmoet. SMS slegs die woord “Bosman” na 34426 SMS voor 26 Maart 2014. Elke SMS kos R1,50.

KONSERT: Die Pinkster Protestante Kerk op Worcester het Saterdagaand die publiek ’n voorsmakie gegee van hul opkomende CD tydens ’n konsert by die Klein Teater. Dié talent­ volle sangers het die gehoor op hul voete gehad met hul prysliedere. Die groep het gos­ pelliedere gesing en van die liedjies is deur die groep self geskryf.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE


Standard

Promosie Promotions

20 Maart, 2014

13

Laat was jou motor terwyl jy inkopies doen, jou hare laat knip of jouself bederf met ’n velsorgbehandeling.

Die Drostdy Sentrum is op die hoek van Hendry Girdweg­ en Rabielaan te vind.

FOTO’S: FREDERIK CONRADIE

Drostdy Sentrum bied álles Die Drostdy Sentrum op die hoek van Rabielaan en Hendry Girdweg is al die afgelope 14 jaar ’n eenstop-gerief vir inwoners van Worcester. Die Drostdy Sentrum spog onder meer met die ikoniese Drostdy Spar, ’n velsorgkliniek, dieresorgsalon, videowinkel, haarsalon, biltongwinkel, klerewassery, drankwinkel, asook verkopers van elek-

troniese en rekenaartoerusting. Dit is nie net gerieflik vir inwoners van die omliggende buurte nie, maar elke inwoner van die dorp. Jy kan, byvoorbeeld, jou motor laat was terwyl jy inkopies doen, jou hare laat knip, jouself bederf met ’n velsorgbehandeling en ’n DVD vir ’n rustige aand voor die televisie uitneem. Die sentrumeienaar, Alex van

der Sluys, stel dit die beste: “By enige groot inkoopsentrum neem dit die koper van vyf tot 10 minute voordat die bestemde winkel bereik word. By Drostdy Sentrum is die koper binne een minuut binne die winkel waar hy of sy wil wees! “Geen parkeerfooitjies of lastige wagte nie; as kliënt van Drostdy Sentrum geniet jy vrye toegang tot ons reeks winkels vir jou veilige gerief.”

Die sentrum spog met ’n Spar, velsorgkliniek, dieresorgsalon, videowinkel, haarsalon, biltongwinkel, klerewassery en drankwinkel.


14

Standard

Promosie Promotions

20 Maart, 2014

Die OK MiniMark is jou eenstop­geriefswinkel.

Die ingang van De Eike­sentrum in Worcester se hoofstraat.

FOTO’S: NAFEEZ AMOD

De Eike­sentrum bied dienste vir ieder en elk De Eike-sentrum in Hoogstraat is seker onder Worcesteriete beter bekend as die OK MiniMark-sentrum. Wie sou kon dink dit was voorheen grotendeels ’n parkeerplek met een onderneming wat woonwaens verkoop het? Die ontwikkeling soos dit vandag te sien is, is in 2001 gebou. Daar was aanvanklik ’n 8 till late-winkel wat later vervang is met ’n OK MiniMark.

Volgens Cordré Smith, eienaar van die sentrum, besoek baie mense die sentrum daagliks. Hy noem ook dat daar genoeg parkering is vir al die kliënte. Die sentrum bied sowaar dienste vir almal. Daar is plekke om motorfietse reg te maak, ’n skryfbehoeftewinkel en die drankwinkel is oop tot 20:00. Dit is binne loopafstand vir inwoners van die middedorp. Die sentrum bestaan reeds 13 jaar en is baie suksesvol.

Daar is verskeie ondernemings in De Eike­sentrum met genoeg parkeerplek vir kliënte.


Distrikspos

Promosie Promotion

20 Maart, 2014

Stander Hof gerieflik en veilig Stander Hof is in die hart van die middedorp, in Adderleystraat, geleë. Die kompleks bestaan reeds vier jaar. Daar is 10 winkels vir jou gerief en met baie besighede rondom die gebou is alles binne loopafstand. Daar is alles, van ’n vis-, fiets- en selfoonwinkel tot ’n besigheid waar jy goudware kan verruil vir kontant. Daar is meer as genoeg parkering vir kliënte

en inwoners en huurders. As deel van die SN Pool Trust kan jy verseker wees dat die gebou goed in stand gehou word. Die kompleks het ook 14 woonstelle op die tweede verdieping; agt met twee slaapkamers en ses eenmanwoonstelle. Daar is onlangs ’n sekerheidshek aangebring om sekerheid van huurders te verseker.

Die sekerheidshek verseker inwoners en kliënte se veiligheid. FOTO: NAFEES AMOD

15


16

Standard 20 Maart, 2014

Skole Schools


Skole Schools

Standard 20 Maart, 2014

17


18

Standard 20 Maart, 2014

Skole Schools


Skole Schools

Standard 20 Maart, 2014

19


20

Standard 20 Maart, 2014

Skole Schools


Skole Schools

Standard 20 Maart, 2014

21


22

Standard 20 Maart, 2014

Skole Schools


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

20 Maart, 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

23

GESOEK

TE KOOP

1015

2425

ALLERLEI

STERFGEVALLE

1655

1005

ANDREWS, ELDORETTE. Your 6th birthday in heaven. We miss and love you, Mom. Laydenfamily. GABRIEL, BENNETT. Op 23 Maart dink ons aan 'n geliefde eggenoot, pa en oupa. Die herinneringe bly FLINK, ANNA. Geb. mooi, vanweë die mooi 18.03.1956. Gest. voorbeeld gestel. Van 15.03.2014. Begrafnisdiens Nellie, kinders en kleinkin22.03.2014 by Springveldt- ders. straat 92 om 09:00. Rest in peace. From your four daughters. We will miss JOSEPH, CHRISTINA. you, Mom. Mamma, Saturday will be your next birthday in heaven. Love, your children, grandchildren and family.

PLAATJIES, MARIA. Geb. 05.10.1953. Gest. 13.03.2014. Begrafnis Saterdag 22 Maart 2014 om 10:00 by die huis by OVD 31 en om 11:00 by God Faith Ministries by Breeriviersingel. Bus vertrek vanaf Mannekinstraat 53 om 09:30 na OVD 31.

MAJAVIE, ROSIE. Dis Mamma se 6de verjaardag weg van ons. Ons sal Mamma nooit vergeet nie en sal altyd die mooi en soet herinneringe koester in ons harte. Ons sal Mamma se voorbeeld nooit kan vergeet nie. Van kinders. GELUKWENSINGS 1030

VAN DER MERWE, FRENDELINE. Jou eerste verjaardag weg van ons op 21 Maart. Presies 6 maande gelede het jy ons verlaat. Mis jou elke sekonde. Van jou man J-D, Johnay, Jaylin en Tersten.

FAROA, LODEWYK. Graag wou ons jou geluk sê op jou 80ste verjaardag op 19 Maart, maar God het anders besluit. Geniet dit tussen die engele. Jou vrou Elize, kinders en kleinkinders.

LENINGS 1445

AFFORDABLE loans; consolidations. R10 000R120 000. 5 min pre-approval. Same day pay-out. Fiona 082 422 2271. BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumsum only). Ph. (021) 949 0930. PERSOONLIK 1460

ADLER, MAGDA. 21 Maart haar eerste verjaardag weg van ons. Van haar kinders en familie.

CUTTINGS, RICKY. Op 23 Maart het God jou 5 jaar van ons geskei. Ons mis jou. Jy sal altyd in ons harte bly. Van jou verlangende vrou Cath, kinders en kleinkinders.

3025

TE KOOP 2405

DEFY Platinum groot yskas, tafeltjie met 3 stoele, asook sitkamerstel (3 bank en een sitplek. Kort aandag. Alles vir slegs R1000. Seunsfiets R700. Skakel 084 4076 390.

2420

PERSOONLIKE DIENSTE

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

SAKE

DIENSTE GELUK, Justin met jou mondigwording 20.03.2014. Gods rykste seën. Van Mamma en Pappa.

OLIPHANT, DORA. Ons Ma, jou eerste verjaardag weg van ons op 14.03.2014 by onse Vader. Van jou verlangende kinders, kleinkinders en Oliphant-familie.

BEHRINGER EP2500 amp R3 500 onderhandelbaar. Wharfedale Bassbins 18" 600W R1 800 elk onderhandelbaar. Kontak 079 522 8336.

GESOEK 6 of 12m vraghouer. Kontantkoper. Sel 083 702 2826.

MEUBELVERVOER. N.J. (Otto). 20 jaar ondervinding. Persoonlike toesig. Enige trek. 082 708 9447/ 023 342 0286. COMPUTER Specials!! Pentium 4's from R1 299. Refurbished with warranty!! Contact Dolf Uys 072 705 8577.

MAZDA 1989 in goeie toestand. 136 750 km R15 000. 073 498 8443. VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

AANBOD AAN ALMAL! Dadelik kontant vir u bakkie of motor. Skakel 079 544 2824.

DIENSTE 2420


24

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

20 Maart, 2014

TE HUUR

EIENDOMME

BETREKKINGS 3205

WOONSTELLE TE HUUR 3250

FAIRY GLEN. Eenslaapkamerwoonstel onmiddellik beskikbaar. Koopkrag. R3 000. 023 342 3383. 2-SLAAPKAMERWOONSTEL te huur. Grondvloer. Sekuriteitskompleks. Sentraal geleë. Motorhuis. beskikbaar 1 April 2014. R4 800. Tel 082 495 7387.

VERSKEIE wonings te huur: www.rentbay.co.za

EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR 3305

ENKELPERSOON (senior burger) soek veilige klein woonplek met stort om te huur. 073 498 8443.

3600

INGENIEURSWESE 3655

CODE 10 driver required. Valid PDP. Minimum 5 years experience. Day and night shift. Contact Susarah 023 347 5329. ELEKTRIESE personeel benodig met ondervinding in konstruksie en industrieël. E-pos CV na ccelec@live.co.za

DIGGER Loader en Escavator Operateur benodig. 082 895 0674/083 227 6415. MEDIES 3705


Geklassifiseerd Classifieds

Standard 20 Maart, 2014

25


26

Standard

Skole Sport School Sport

20 Maart, 2014

DERDE: ’n Leerder van Worcester­ Noord Primêre Skool (WNPS), Samuel Swart (11), het in die Cape Argus Pick n Pay Momentum Mountain Bike Challenge in Stellenbosch goed presteer. Hy het die derde plek behaal. Hier maak Samuel die wedren klaar.

BERGFIETSRY: Worcester Gimnasium se bergfietsryspan het tydens die maandelikse tydtoets­ wedrenne by Worcester Gholfklub goed gevaar. Dit is veral die o.14­seunspan van Leighton Claassen, Christopher Cardoso, Craig Solomon en Conrad le Roux, wat aandag getrek het. Hier (van links) is Johan Jordaan, Brandon van Heerden, Lana de Necker, Conrad, Phillip du Preez, Jacques Groenewald, Emilio Castano, Craig, Dylan Woolward, Christopher en Leighton.

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

BREEDE EIENDOMME

Hierdie is nou ’n karaktervolle leefhuis Die toonhuis van die week bied heelwat karakter met baie Oregoneik-afwerkings en -kombuiskaste. Die gesellige leefvertrekke leen hulself tot ’n gerieflike leefwyse en is gemaklike onthaalareas. Ook die slaapkamers is gemaklike ruim spasies met in-

geboude kaste en badkamers gerieflik naby. Die hoofslaapkamer het ’n en suite badkamer. Die veilig omheinde tuin het sprinkelbesproeiing en ’n sprankel-swembad waarop van die leefvertrekke uitloop.

Die dubbel motorhuis bied ook gerieflike toegang tot die huis. Vir die entoesiastiese gholfspeler is dit ideaal geleë teen Worcester se Gary Player-ontwerpte gholfbaan. Vir meer inligting skakel Elmarie Esterhuizen by Seeff Eiendomme 0023 344 3291 en 082 663 5010.


Standard

Sport Sport

20 Maart, 2014

Persies trek ’n naelbyter net­net deur BOETIE HATTINGH Worcester Perseverance het die afgelope Saterdag 15 Maart in ’n vriendskaplike wedstryd vir Universals van Raithby net-net met 23-21 geklop. Die twee spanne het mekaar op Stellenbosch die stryd aangesê. Persies wat in die eerste helfte met ’n stewige windjie van voor gespeel het, het die bal mooi met sy voorspelers gebruik en sodoende sy teenstanders meters terug gestoot. Persies het onder druk te veel foute gemaak en Universals het kort voor lank sy eerste punte aangeteken toe losskakel Brandon Manuel met ’n strafskop geslaag het. Die telling is toe 3-0. Ná die afskop het Persies weer beheer geneem van die bal en regter vleuel Jeremy Claasen het al langs die kantlyn gehardloop om ’n drie te druk. Die doelskop was egter mis. Die telling is toe 5-3 in Persies se guns. Twee minute later het Persies weer ’n aan-

val van stapel gestuur en linkervleuel Brandon Swartz het deur die verdediging gebreek en ’n drie gaan aanteken. Die doelskop is weer onsuksesvol. Die telling toe 10-3. Universals het die windjie van agter goed benut en in Persies se gebied geboer. Kort hierna het Persies se senter Lindsay Joseph die bal gekry en deur ’n gaping gehardloop om onder die pale te gaan druk. Manuel het geen fout met die doelskop gemaak nie. Die telling is toe 10 elk. Net voor rustyd het Persies vir Universals begin dwing om foute te maak en is oomblikke later beloon toe losskakel Rico Thompson met ’n strafskop geslaag het. Die telling rustyd was 13-10 in Persies se guns. Ná rustyd het ’n begeesterde Universals begin om’n groot deel van die balbesit te geniet. Universals se kaptein en senter Heine Gordon het in die hoek gaan druk. Die doelskop is weereens mis en die telling is 15-13 in Universals se guns. Hierna het Perseverance onmiddellik teruggeslaan toe Universals gestraf is vir ’n oortreding en Thompson met die strafskop

geslaag het. Die telling is toe 16-15 in Persies se guns. ’n Paar minute later het Universal aanval ná aanval van stapel gestuur en is later met ’n strafskop beloon en Manuel het geen fout met die strafskop gemaak nie om die telling op 18-16 te staan te bring. . Hierna het Persies hul als gegee om die agterstand in te haal, maar is vir sy oorgretigheid gestraf en Brandon Jaag (van Universals) het nog ’n strafskop deur die pale gestuur. Die telling is toe 21-16. In die laaste paar minute het Persies egter nie bes gegee nie en na aanhoudende druk het Thompson die bal van Universals afgeneem en onder die pale gaan druk. Hy het die drie self verdoel. Die eindtelling is toe 23-21 in Persies se guns. Persies se B-span het gelykop gespeel met 0 elk, terwyl sy C-span met 17-3 verloor het. Eerskomende Saterdag 22 Maart speel Persies in ’n vriendskaplike derby wedstryd teen Young Hamiltons. Die wedstryd vind plaas in die Esselenpark-stadion.

Chris Carstens lê aan om die teiken te tref.

FOTO: VERSKAF

Blindes tref die kol VILLAGERS OP PAD NA HALFEIND: United Bulk Villagers het die afgelope Saterdag 15 Maart in ’n Gemeenskapsuitdaag­wedstryd teen SK­Walmers met 10­10 gelykop gespeel. Die wedstryd is gespeel aan die voet van Tafelberg met ’n prag­uitsig oor Ta­ felbaai­hawe. Die eerste helfte het aan Villagers behoort en kon twee verbroude straf­ skoppe die besoekers laat voorloop het. Villagers kaptein Wayne Wilschut (agsteman) se drie word verdoel deur Gilbert Abrahams. SK­Walmers se losskakel Adnaan Osman open hul rekening met ’n strafskop 7­3. Villagers se skrumskakel Botter Jones se straf­ doel het die telling na 10­3 gerek. Kort nadat Villagers ’n groep plaasvervangers op­ gestuur het, het SK­Walmers deur Villagers se verdediging gebreek en dit is toe Dan­ will Erasmus agter hul pale gaan kuier het. Osman het sukses met die doelskop behaal om die eindtelling op 10­10 te staan te bring. Eerskomende Saterdag speel Villagers teen die hoogaangeskrewe Durbanville­Bellville RVK op Wellington in een halfeindstryd. Villagers se tweedes pan (wat teen Persies vasgeval het) en die ander twee spanne neem deel aan Montagu Villagers se sportdag. FOTO: JAYDEE BELELIE

O. 17 mans sê vroue die stryd aan Double Foot Shooters se o. 17-manspan het die afgelope Saterdag 15 Maart in ’n vriendskaplike wedstryd sy vrouespan met 2-1 verslaan. Die wedstryd wat in versengende hitte in die Esselenpark-stadion gespeel is, het baie goeie sokker opgelewer. Albei spanne se middelskakels het die afrigters en skare beïndruk met hul balvernuf en besluitneming. Dit was egter die o. 17-manspan wat eerste die telbord laat praat het toe Adrian Pietersen met ’n goed geplaasde doel die agterkant van die net getref het. Die telling is toe 1-0. Die vrouespan se middelskakels Lauren Bezuidenhout en Aniqueca Hendricks het goeie bewegings van stapel gestuur, maar die afronding was net nie daar nie. Kort voor rustyd het die manspan weer toegeslaan toe voorspeler Barend Stander die goeie spel van Zadian van der Merwe afgerond het. Die telling was toe 2-0 in die manspan se

guns. In die tweede helfte het die vrouespan begin om hul spelpeil te lig. Kort hierna het Jethro Fortuin ’n kliniese doel aangeteken om die vroue terug in die wedstryd te bring. Die telling is toe 2-1. Altwee spanne het talle aanvalle op tou gesit, maar swak afronding het enige doele verhoed. Stander is vir sy goeie spel aangewys as die speler van die wedstryd. Volgens Bardo Verhoog, o. 17-afrigter, was die algemene spel bevredigend, maar hy het tog sy spelers gemaan om hul kommunikasie op te skerp. Volgens Aasif Witbooi, die vrouespan se afrigter, het sy spelers die wedstryd as voorbereiding gebruik vir die strawwe ABSA-liga wat op 29 Maart afskop. Witbooi het voorts genoem dat sy spelers slaggereed sal wees vir hul eerste ligawedstryd.

Belangstellendes genooi na skietklub­vergadering Die skietklub-vergadering vind 26 Maart om 17:45 by die Waterloo-biblioteek plaas. Die skietklub het ten doel om alle vuurwapeneienaars volgens die nuwe vuurwapenwet en alle belangstellendes ’n geleentheid te bied om op ’n verantwoordelike en geor-

ganiseerde wyse hul vaardighede met die sport te bemeester. Die klub val onder die vaandel van die Breedevallei-munisipaliteit se sportforum. Bel Noël Lakay by 0 083 218 6082 of Werdie Fredericks by 0 073 831 6580 vir meer inligting.

Die blindes van Worcester het onlangs ’n skyfskietklub begin. Aanvanklik was daar vier lede en tans is daar tien manne wat probeer om die teiken te vind. Corrie Odendaal, die afrigter, sê hulle het aanvanklik ’n klokkie by die teiken gehang sodat die blinde skieters kan hoor waar die teiken is, maar dit het nie baie goed uitgewerk nie. Deesdae staan Odendaal maar voor die teiken, dit gee die skieters ’n meer akkurate idee van die rigting waarin hulle moet skiet. Om ’n skietbaan te vind was nogal ’n uitdaging, maar gelukkig het rdl. Arnoldus du Toit tot die redding gekom deur sy plaas vir die klub se gebruik aan te bied. Die plaas is ideaal in die somerweer, maar gedurende die winter sal die klub sy bedrywighede moet inkort. Indien iemand weet van ’n binnenshuise skietbaan wat ons kan benut, kan hule ons gerus kontak. Daar moet nog op ’n naam vir die klub besluit word. Een van die voorstelle was die “Misskietklub”. Die naam het aanvanklik gegeld, maar deesdae word die teiken redelik gereeld getref. Voorstelle deur die lesers sal waardeer word. Enige navrae oor die klub en sy bedrywighede kan gerig word aan Ray Aukett by 0023 347 2745 of Corrie by 072 957 5698

Race one: Juvenile Plate (fillies); 1 200 m; (13.25) Favourite Race two: All To Come Maiden Plate (F & M); 1 200 m; (14.00) 1. Alberts Gem (4) 2. Good Thinking (2) 3. Tequila Fizz (7) 4. Varster (13) Race three: Maiden Plate; 1 400 m; (14.35) 1. Triumvirate (2) 2. Flying Galileo (AUS) (4) 3. Data Controller (3) 4. Full Court (6) Race four: Maiden Plate; 2 000 m; (15.10) 1. Rocket Rider (2) 2. Itstartedwithakiss (1) 3. Dragonstone (3) 4. Moon Shot (7) Race five: Mr James Drew FM 72 Handicap; 1 200 m; (15.45) 1. Dinesen (4) 2. Pearly Moon (6) 3.EmmaDeLago(AUS) (5) 4. Lupin (AUS) (2)

Gholf Bonnievale (72): Enkelstableford: A. van Wyk 37, R. Bester 34. Ceres (72): Enkel-stableford: J.Fourie 42, A.Nieuwoudt 38, L.Cedras 37. Montagu (72): Enkel-stableford: A.Coetzee 40, E.Stemmet 37, J.Rossouw 35, G.Biesenbach 34, J.Nolan 33, W.Gassauer 31, F.Ryke 30, R.Bruwer 28. Riverside (72): Enkel-syferplus: N.MacPherson +1, JJ Jansen +1, J.Schroeer gelyk, A.Smith -1, N.Williams -3, J.Josephs -3. Robertson (72): Enkel-stableford: L.Vercuiel 41, W.Conradie 41, M.Swart 40, N.Smit 39, P.Winterbach 39, C.du Toit 37, W.Nel 37. Theewaterskloof (72): Enkel-stableford: P.Marx 37, G.Swarts 35, B.Mong 34. Worcester (72): Gekombineerde stableford: P.Swart en T.Harker 80, S.le Roux en J.le Roux 76, E.Spies en D.Spies 74, N.du Plessis en L.Naude 74, D.van Zyl en R.Crocker 71. Krieket

27

Race six: Mr Joe Freddy Divided Handicap (MR 92); 1 400 m; (16.20) 1. Simonsberg (10) 2. Miss Saigon (5) 3. Speed Rocket (7) 4. Bad Winter (2) Race seven: Divided Handicap (MR 72); 1 400 m; (16.55) 1. Mountain Master (3) 2.OreoShake(AUS)(1) 3. Prof Tiger (5) 4. All About The Dash (4) Race eight: Maiden Plate (F & M); 1 600 m; (17.30) 1. Fancy Yellow (11) 2. Hooked On Silk (5) 3. Chrisaldame (1) 4. Goldiva (2) Place Accumulator: 2,4,7 x 2,4 x 1,2,3 x 4 x 5,7,10 x 1,3 x 1,2,5,11. Jackpot: 1,2,3,7 x 2,4,5,6 x 5,7,10 x 1,3,4,5. Pick 6 (10c unit): 2,3,4,6x1,2,3,7x2,4,5,6 x 4,5,6,7,10 x 1,3 x 1,2,4,5,11.

Boland (Premierliga): Oostelikes t. Robertson: ROBERTSON 225 (Brenden Erasmus 53, 1x6, 8x4, Warrick Abrahim 42, 4x4, Ferisco Adams 32, 1x6, 3x4, Yusri Abrahim 29, Bronique Cupido 3/48, Fabian Faro 28, 3x4, Brenden Erasmus 6/5, Ismael Lekay 2/8, Ferisco Adams 2/25). Robertson wen met 141 lopies. Van der Stel t. WorcesterUnited: WORCESTER 181/3 (W.Fransman 64 , 7x4, M.Adrianatos 44, 5x4, A.Beukes 30*, 3x6, 1x4). VAN DER STEL 174 (Barry Steenkamp 44, 1x6, 2x4; C.Noble 4/20, C.Solomon 4/32). Worcester United wen met 7 lopies. Rugby Gemeenskapsuitdaagreeks: SK-Walmers 10 (3), Villagers-Worcester 10 (10): SK-WALMERS: Drie: Danwill Erasmus. Doelskop: Adnaan Osman. Strafdoel: Osman. VILLAGERS-WORCESTER: Drie: Wayne Wilschutt. Doelskop: Gillbert Abrahams. Strafdoel: Ricardo Jones.


20 Maart 2014

Rdl. Basil Kivedo, uitvoerende burgemeester van die Breedevallei­munisipaliteit kondig die begin van die Fit2Run­ aflos aan. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Spanmaats wag dat die aflosstokkie oorhandig word om die volgende been vir hul span te hardloop.

FIT2RUN­RESIES: OUD EN JONK NEEM DEEL

90 spanne nael in aflos Fit2Run se sesde aflos het Woensdag 90 spanne van Worcester, Robertson, Wolseley, De Doorns, Nuy en Ceres gelok. Die laerskoolspanne het net ná 15:00 die toeskouers aan die gons gehad toe hulle by Kerkplein (Worcester) weggespring het. Elke span het bestaan uit vier lede wat elk 800 m gehardloop het. Touwsrivier Primêre skool het vanjaar met die louere weggestap in die algehele laerskoolafdeling asook die seunsafdeling. Die gemengde afdeling is deur Overhex gewen en die meisie-afdeling vir die eerste keer deur Riverview Primer. Mediclinic Worcester was een van die hoofborge vir die laerskoolspanne. Die 90 spanne wat deelgeneem het, het onder meer 30 laerskoolspanne, 20 hoërskoolspanne en 40

besigheidspanne ingesluit. Spanne het deelgeneem in drie verskillende afdelings, naamlik seuns/mans, meisies/vroue en gemeng. Die afdeling vir besighede is ook verdeel in amateur- en professionele spanne. Die hoërskool seunsafdeling is deur Langeberg Sekondêr gewen, wat stof in die oë van Wolseley Sekondêr en Hoërskool Breërivier geskop het. Langeberg Sekondêr het ook algeheel eerste geëindig in die wedloop as geheel. In die meisies en gemengde afdelings het Hoërskool Breërivier met die louere weggestap. Elke span het bestaan uit ses lede wat elkeen 1 myl gehardloop het. Die besighede se spanne het 18:00 weggespring. Die spanne was baie opgewonde en taktiek is voor die tyd bespreek. Rainbow Farms het van-

jaar die mans- en vroue-amateurafdeling gewen, terwyl Willow Creek koning gekraai het in die gemengde afdeling. In die professionele mans-afdeling wen Robertson Klub gevolg deur CW Screenprinters en die span van T. Harker. Die gemengde afdeling is gewen deur Santam en die vroue-afdeling deur Mandy Lottering Physiotherapy. Volgens Norman Ontong van Fit2Run was “die hele dag ’n groot sukses!” Deelnemers het na afloop van die wedren ’n worsbroodjie, coke, medalje en ’n Fit2Run-drasak ontvang. “Die organiseerders wil graag al die borge, atlete en toeskouers bedank wat gehelp het om die dag ’n groot sukses te maak,” het Ontong bygevoeg.

Die hoërskool­ en besigheidspanne het om 18:00 in Hoogstraat wegge­ spring.

Die spanne het voor die stadsaal weggespring tot by Fairbairnstraat omgedraai, af in Hoogstraat en dan by Porter­ straat omgedraai tot waar span­ maats gewag het.

SA blackball champion has his hope set high MATTHEW SHELDON “My dream of dreams is to one day play as a professional blackball player in the International Professional Pool Association (IPA).” So says Cameron Thops, a prolific worldclass pool player from Worcester, after he was recently crowned as the junior sportsman of the year. The sports awards, hosted by the Department of Cultural Affairs and Sport, was held in Paarl. He is the current u. 23 South African Blackball Champion. Thops (19), who lives in Roodewal, was invited to play in South Africa’s Blackball Premier League (BPL), an elitist tournament consisting of only eight top players in the country. The league will commence in April. At the tender age of eight, Thops used to visit a local game centre after school where he would play pool for fun against other people. He could barely reach across the board for an attempt at the ball. “I was at the game centre everyday playing pool. I just wanted to be better, improve and compete with the best,” he said. He told the Standard that to reach the top of the pile, hand-eye coordination and the ability to handle pressure are of utmost importance. Thops received Protea colours for the first time in 2009 when he was only 13 years old. Thereafter he managed to earn Protea status a consecutive four times from 2011

Cameron Thops

PHOTO: MATTHEW SHELDON

to 2014. Protea colours and participation in the IPA can only be achieved through Blackball Pool. In 2010, he travelled to France where he participated in the u. 18 World Blackball Championship and ended 24th.

Two years later he travelled to Blackpool (England) where he once again played at the World Blackball Championship and became the u. 18 world champion. Thops, who matriculated last year at Worcester Secondary School, told the Standard that he hopes to make a career of his favourite sport. “Playing pool is my ultimate passion. I want to be able to rise above my circumstances and make a better life for my myself and my family through sport.” After playing in several national and international tournaments, and winning countless prestigious trophies and awards, he still acknowledges his humble beginnings. According to his life-long coach, Hendrik Horsemend, Thops has a very unique ability of reading the board after the break. “He is able to read the game very quickly and can strategise how every ball is to be placed into the pocket before any stroke is taken. But his soft touch is like no other,” said Horsemend. Horsemend told the Standard that Thops requires R15 000 to enter into the BPL. This fee will cover his accommodation, flight and food expenses. This prestigious league, if won, will afford him the opportunity to realise his dream of playing on an international scale as a professional pool player. Any person or company who would like to sponsor or support Thops in achieving his dream can contact Hendrik Horsemend on 082 6244 338.


Worcester Standard 2014-03-20