Issuu on Google+

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 27 Februarie 2014

Prys: R5.00

Vuurwapen in De Wetstraat gevind 2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Smith: Polisie sal terugskiet 3

Dutch expert helps business 4

ZWELETEMBA: GROOT SKADE BY ONWETTIGE BETOGING AANGERIG

Wil land onregeerbaar maak MATTHEW SHELDON “Ons sal doen wat ons die beste doen . . . hierdie land (Worcester) sal ons onregeerbaar maak.” Só het Christopher Ndlangisa (28), een van die betogers by Dinsdagoggend 25 Februarie se onwettige dienslewerinsprotesoptog op die Robertsonpad gesê. Sowat 200 betogers van Zweletemba het om 11:00 opgeruk na dié pad waar hulle buitebande gebrand het. Die doel was om die pad af te sper sodat geen motors kon deurbeweeg nie. Ndlangisa van die Zweletemba Krisis-groep, het aan die Standard verduidelik dat daar ernstige kwessies is wat dadelik aangespreek moet word. Volgens hom het die uitvoerende burgemeester van Breedevallei Munisipaliteit (BVM), rdl. Basil Kivedo, bevestig dat hy hul noodvergadering in die gemeenskapsaal (Zweletemba) Dinsdag om 10:00 sou bywoon. Kivedo het egter nie om 10:00 opgedaag nie. “Hier is ’n verskriklike hoë persentasie werkloosheid onder die jeug, misdaad neem toe, ons benodig nog ’n toegangspad, behuising is ’n probleem en hier is geen programme om nuwe vaardighede te ontwikkel nie. Dit is ’n Zweletemba-krisis en dit lyk vir my asof die munisipaliteit nie omgee nie,” het Ndlangisa gesê. Die Worcester-polisie het hul bes gedoen om die betogers uit die pad uit te kry, maar hulle het kort-kort teruggekeer om verder amok te

Donderdag 39 ° C

Mooiweer

maak. Die betogers het ook die veld langs die Robertsonpad aan die brand gesteek en vullis in die strate van Zweletemba gestrooi. “Ons veg vir ons regte. Die probleme kom al vir jare aan. Ons wil net gehoor word. Hoekom dreig die polisie om ons te skiet?” het Ndlangisa gevra. Volgens Gerrit Matthyse, die munisipale bestuurder by die BVM, is die situasie in Zweletemba steeds plofbaar. Matthyse het gesê dat hy persoonlik nie geweet het van ’n vergadering in Zweletemba nie. “Inligting het Maandag 24 Februarie deurgekom dat daar mense in Zweletemba is wat ’n afvaardiging van raadslede gesoek het om hul vergadering (Dinsdag 25 Februarie) by te woon, maar Dinsdag het ons ’n belangrike raadsvergadering gehad,” het hy gesê. Hy het bygevoeg dat Kivedo tydens die raadsvergadering om verskoning gevra het om ’n dringende besoek aan Zweletemba af te lê. Balungile Sofuthi, voorsitter van die Zweletemba Jeugforum, is geskok oor die wyse waarop die betogers die situasie hanteer het. “Dit was ’n onvolwasse en onwettige protes. Ons as georganiseerde jeug weet nie wat daar gebeur het nie. En weet ook nie wat hulle met hierdie protes wil bereik nie. “Dit lyk of hierdie protes ’n polities-gedrewe agenda van sekere mense was om die raadsvergadering te ontwrig,” het hy gesê. Pogings deur die Standard om Kivedo vir kommentaar te bereik, was onsuksesvol.

Vrydag 33 ° C

Gedeeltelik bewolk

Die betogers het ook die veld langs die Robertsonpad aan die brand gesteek en vullis op die paaie gestrooi.

Sowat 200 betogers van Zweletemba het Dinsdagoggend 24 Fe­ bruarie opgeruk na die Robertsonpad waar hulle talle buite­ bande gebrand het. Hul doel tydens die onwettige dienslewe­ ringprotes was om die pad af te sper sodat geen motors kon deur­ beweeg nie. FOTO’S:

’n Inwoner in Zweletemba is druk besig om ’n buiteband wat voor haar huis uitbrand, te probeer blus. Nog ‘n foto op bladsy 2.

MATTHEW SHELDON

Saterdag 30 ° C

Gedeeltelik bewolk

Sondag 29 ° C

Gedeeltelik bewolk


2

Standard

Nuus News

27 Februarie, 2014

Oproer en betogings saai chaos

Die polisie waak oor betogers wat Dinsdagoggend die R60 met brandende buitebande afgesper het.

Dienspistool gesteel en gevind JOLINE VAN DER MERWE

gens die polisieverslag van ’n R60 beroof, verskeie kere met ’n mes gesteek en met ’n voorwerp teen die kop geslaan totdat hy beswusteloos was voordat hulle weg is met sy 9mm dienspistool. Olckers sê sy en haar man was erg geskok toe hulle hoor hoe hul seun buite die huis om hulp skree en dat hy aangerand is. Allister is steeds in die Mediclinic Worcester weens harsingskudding as gevolg van die voorval. ’n Inwoner van Avianpark het Donderdagmiddag die polisie ontbied nadat haar kinders ’n pistool in De Wetstraat

’n Polisieman van Florianpark, wat in Khayelitsha werk en elke oggend per trein moet reis se oggendroetine is verlede week omvergewerp toe hy Woensdagoggend naby die huis aangerand en van sy dienspistool beroof is. Volgens Patsy Olckers, die beampte se ma, neem sy vrou hom gewoonlik na die treinstasie maar dié Konst. Lizelle Heyns (Avi­ spesifieke oggend het anpark sektor­hoof) met hy ’n geleentheid ge- die vuurwapen wat in kry en moes hy die De Wetstraat opgetel is persoon in die Aan-de- en vermoedelik dieselfde Doornspad kry. een is wat van Allister Luidens die polisie- Olckers gesteel is. verklaring was AllisFOTO: MATTHEW SHELDON ter Olckers omstreeks 04:00 Woensdagoggend, op opgetel het. Volgens kapt. Mzikayise Moloi, pad na die Aan-de-doornspad toe twee mans hom op die hoek van woordvoerder van die WorcesterAan-de-doorns en Fuchiastraat na- polisie vermoed hulle dat die pistool aan Allister behoort omdat die der en vra vir ’n sigaret. Terwyl hy besig was om die siga- reeksnommer ooreenstem met dié ret uit te haal het dié twee hom begin van die gesteelde dienspistool. Nieslaan. Die twee mans het hom vol- mand is nog in hegtenis geneem nie.

Multi-million deal for BVM MATTHEW SHELDON The Breede Valley Municipality (BVM) recently secured a multimillion rand deal with the Western Cape government for the services of the Regional Socio Economic Programme (RSEP) in Worcester. According to Omar Valley, head of projects at the BVM, the RSEP is aligned to the National Development Plan and the Violence Prevention through Urban Upgrade (VPUU), which strive for poverty alleviation, crime prevention and social inclusion. “We are soon going see many positive changes and the launch of new community-building projects in our immediate environment,” said Valley. The RSEP will focus on the upgrading of sporting facilities, youth and skills development programmes, cleaning initiatives, building of play parks and other employment opportunities. The BVM handed in an applica-

The Breede Valley Municipality (BVM) recently secured a multi­mil­ lion rand deal with Western Cape government, for the services of the Regional Socio Economic Pro­ gramme (RSEP) in Worcester. Above is Omar Valley, head of projects at the BVM. FOTO: MATTHEW SHELDON tion to the Western Cape government last year, in the hope of acquiring the services of the VPUU for Worcester. Instead they were awarded the RSEP. Valley explained that an amount

of R75 million has been earmarked for three government institutions namely: Breede Valley, Saldanha and Swartland Municipality. A task team from the RSEP will be sent to Worcester within the coming months. Once here, they will commence with their own research and assessment of the area, consult with residents and NGOs, before creating “a winning formula for Worcester”. Valley told the Standard that a large portion of the money will go towards the community safety forum, which will officially be launched on 19 March. “The forum will address a wide spectrum of issues that need immediate attention. From skills development, youth activities to crime prevention and poverty alleviation. It all stems from the forum,” he said. The council is yet to be fully briefed about the roll-out of the RSEP. The plans will need to be aligned to the BVM’s Integrated Development Plan and the budget will have to be adjusted before anything can commence.

TRUCK IN FLAMES: A truck carrying carton boxes in Duncan Road, Johnson Park (Worcester) burnt out on Friday 21 February. Accord­ ing to the Breede Valley Fire and Rescue Services (BVFRS) station commander, John Hendricks, the truck caught alight while the driver was driving in the area. Hendricks said the driver does not know how the fire started. BVFRS reported to the scene within minutes and extinguished the flames. Nobody was injured in the incident.

PHOTO: MATTHEW SHELDON


Standard

Nuus News

27 Februarie, 2014

Bendes is polisie se fokus MATTHEW SHELDON “As ons hom (die bendelid) vang met ’n gun, as hy skiet, dan gaan ons vir hom doodskiet. As hy (die bendelid) mense wil doodskiet, dan moet hy maar bereid wees om doodgeskiet te word.” Só het kol. Willis Smith van die Worcesterpolisie tydens ’n onlangse dringende misdaadvoorkomingsvergadering by die ou-gemeenskapsaal in Van Huysteenlaan, Worcester, gesê. Meer as 200 inwoners, jonk en oud, van Riverview en Roodewal het die vergadering bygewoon. Die inwoners het na die saal gestap met

Kol. Willis Smith sê die polisie verstaan die versoek van die gemeenskap en voeg by dat die aanspreek van bende­probleme nou die polisie se eerste prioriteit is.

Volgens rdl. Colin Wilskut van die Breede­ vallei Munisipaliteit en een van die organi­ seerders, is die gemeenskap nie bang vir die bendes nie.

plakkate met boodskappe soos “Stop Violence in Worcester”, “Genoeg is genoeg”, “Ons kinders word gebruik deur die dwelmmerts . . . geen bail”, “Beveg misdaad”. Dit volg nadat honderde Worcesteriete, ook van Roodewal en Riverview, wat onder misdaad gebuk gaan, twee weke gelede aan ’n teenmisdaadoptog in die middedorp deelgeneem het. Volgens rdl. Colin Wilskut van die Breedevallei Munisipaliteit en een van die organiseerders, is die gemeenskap nie bang vir die bendes nie. “Ons soek ’n volledige antimisdaad-aksieplan wat deur die hoogste gesag in die SAPD vir Worcester opgestel is. “Die gemeenskap soek ’n operasie skoonmaak waar elke kind in Riverview en Roodewal wat ná 22:00 buite loop, deur die polisie deursoek word,” het Wilskut gesê. Die gemeenskap eis van die polisie die volgende: ’n mobiele-polisiekantoor op die gedeelte oorkant die T-aansluiting van Sampson- en Saliestraat; hoër sigbare polisiëring by brandpuntareas; en om ’n operasie skoonmaak van stapel te stuur in samewerking met die gemeenskap. Smith sê die polisie verstaan die versoek van die gemeenskap en voeg by dat hulle eerste prioriteit die bende-probleem is wat aanspreek sal word. “Worcester is nie meer veilig nie. Mense sal hul huise en voertuie moet oppas, want ons gaan nou net op bendes fokus. Dit is ons eerste prioriteit,” het Smith gesê. Hy het bygevoeg dat die bendes van nou af meer verrassingsoperasies van die taktiese reaksiespan moet verwag. Wilskut het aan die Standard verduidelik dat die BVM bevestig het dat hulle aan die polisie strukture sal verskaf en dat Worcester se polisie dit sal beman. Die afgelope maand is daar meer as 10 mense geskiet en voorvalle van poging tot moord gerapporteer waarin ses mans gesterf het en talle gewond is.

3

Meer as 200 inwoners, jonk en oud van Riverview en Roodewal, het ’n onlangse dringende misdaadvoorkomingsvergadering by die ou­gemeenskapsaal bygewoon.

FOTO’S: MATTHEW SHELDON


4 Standard Dutch expert helps business Sterf ná lang wag vir ambulans 27 Februarie, 2014

MATTHEW SHELDON

The Worcester Business Forum (WBF) recently welcomed an expert in the field of business, Ineke Lemmen from the Netherlands, to assist them in improving their organisational structure. Lemmen, who is the programme director for market analysis in the ministry of economic affairs, is one of many experts from the Netherlands who offer their services (experience) to developing countries via the Programma Uitzend- The Worcester Business Forum (WBF) recently welcomed an ex­ ing Managers (PUM). pert in the field of business, Ineke Lemmen from the Nether­ According to the PUM lands, to assist them in improving their organisational structure. website, it is an organisa- Here (left) is Ineke Lemmen and Nik Wullschleger (chairman of tion which consists of se- WBF), discussing business­related issues. nior experts who connect PHOTO: MATTHEW SHELDON entrepreneurs in developing countries and emerging markets. All the Twitter, etc), and matching the needs of busiexperts have at least 30 years of experience ness to training institutions. “A very important aspect that is prohibitin a business environment. “I am here to help the forum strengthen its ing growth, especially for business, is the fact organisational structure and objectives. Also that there are almost no Wifi-spots in this to assist in broadening its area of operation town,” said Lemmen. According to Nik Wullschleger, chairman outside of Worcester, being more effective,” of the WBF, they have really gained insight she said. Lemmen, who came to Worcester for two into understanding their role as an organisaweeks, explained to the Standard that skills tion which serves business members. “I feel we have a better understanding of development, partnerships between the business sector and government, and investing in each other’s roles within the forum and how education is of the utmost importance when we execute our tasks,” he said. Wullschelger told the Standard that considering growth. Her four-key recommendations to the fo- Worcester has already welcomed four PUM rum include: Focusing on specific projects eg. experts in various fields such as retail, IT and a greener Worcester, creating a business por- recycling. Any person or businesses who wish tal, promoting social networking (sharing to get more information or request assistance business information through Facebook, from PUM can visit www.pum.nl.

CHRISTINE SMIT

Nuus News

lede. Volgens Robert Daniels, woordvoerder ’n Inwoner van Touwsrivier wat ure lank van die noodmediesedienste, Wes-Kaap, op ’n ambulans moes wag nadat hy met ’n was daar daardie aand 26 gevalle gedurende dié spesifieke skof mes gesteek is, het die waarvan 10 eerste aanvolgende dag gesterf nadag moes kry weens die dat hy by die hospitaal erns daarvan. Daniels sê ook lank moes wag op bedaar was ook nie genoeg handeling. besonderhede oor die Freddie Petrus Maaard van die oorledene kanda (42) is Sondagnag se beserings of ’n kon16 Februarie naby sy taknommer verskaf wat woonhuis in Crescent opgevolg kon word nie. met ’n mes in die maag Ná nuwe inligting ontgesteek nadat hy en ’n vang is, is ’n ambulans vriend ’n passasier met van De Doorns gestuur. sy minibussie afgelaai Daniels sê die afstande het. Volgens ao. Gerrit tussen die dorpe is ’n Booysen van die polisie faktor wat ook ernstige op Touwsrivier, het Mavertragings veroorsaak. kanda in Kortstraat stilJo-Ann Otto, kommugehou waar ’n 19-jarige nikasiebeampte by die skoolseun en ’n vriend in departement gesonddie bussie geklim en Maheid in die Kaapse Wynkanda versoek het om Wyle Freddie Petrus Makanda land, sê Makanda is gehom (die skoolseun) na FOTO:VERSKAF stabiliseer toe hy ingesy huis te neem. ’n Argument het ontstaan omdat, vol- bring is. Dit, en om ’n pasiënt voor te berei, gens Booysen, die seun se huis nie ver daar- neem tyd afhangende van verskeie faktore. vandaan was nie en hy soontoe kon loop. Volgens haar was Makanda se toetand staMakanda is in die onderonsie met ’n mes biel toe hy geopereer is maar tenspyte van gesteek. ’n Ambulans is ontbied, maar Ma- die beste sorg is hy die volgende oggend kanda se broer is later na die polisiekan- oorlede. Makanda, in lewe ’n sekuriteitswag by toor omdat die ambulans nie opdaag nie en het vandaar weer gebel. Die beseerde die plaaslike vulstasie, word Saterdag op is twee ure later eers na die Worcester-hos- Touwsrivier begrawe. Hy word oorleef deur sy vrou, Dalene, sy 84-jarige moeder, pitaal gebring. Volgens Sonnyboy Makanda, moes sy Emma Makanda, vyf kinders, twee broers ernstig beseerde broer ook hiér ure lank en drie susters. Volgens Booysen verskyn die 19-jarige wag voor hy behandel is. Sy beserings was so erg dat van sy ingewande glo buite sy skoolseun weer op 20 Maart op Touwsrivier in die hof in verband met die voorval. liggaam gehang het. Die beseerde is later dieselfde dag geope- Hy is nog nie gevra om te pleit nie. Borgtog reer maar is vroeg die volgende oggend oor- van R3 000 is aan hom toegestaan.


Advertensie Advertisment

Standard

27 Februarie, 2014

5


6

Standard

27 Februarie, 2014

Advertensie Advertisment


Standard

Nuus News

27 Februarie, 2014

Hulde aan ’n geliefde inwoner CHRISTINE SMIT Sy was ’n omgee-mens, ’n vrou wat geleef het vir haar gesin. As onderwyseres was sy hardwerkend en konsensieus, geliefd onder die leerlinge én haar kollegas. Felicia Susan Thomas (58) van Elliotweg 11, Johnsonpark, se afsterwe op 12 Februarie in die Panorama-kliniek ná ’n tweede hartoperasie, het die gemeenskap in skok gelaat. Volgens haar man, Keith, ook ’n voormalige onderwyser en skoolhoof, het sy vrou in Julie verlede jaar ’n driedubbele hartomleiding ondergaan en het aanvanklik Wyle wonderbaarlik herstel van ’n hartklepvervanging, die tweede binne ses maande. Felicia, oorspronklik ’n nooi Hull van McGregor, het haar as onderwyseres by die destydse Skiereilandse Technikon in Bellville bekwaam en daarna haar BA Tegnolo-

Hoërskool Breërivier op Worcester. Volgens Keith het sy vrou die afgelope bykans 25 jaar by die Nuwe Hoop-Sentrum vir Gehoorgestremdes onderwys gegee en was onder meer verantwoordelik vir die jaarlikse prefekte-kamp. Haar kollegas het haar bestempel as ’n fyngevoelige onderwyseres met deursettingsvermoë en iemand wat altyd ’n glimlag op haar gesig gehad het. Sy was ’n ware staatmaker by die skool en steunpilaar tuis. Felicia is verlede Sondag (22 Februarie) op Worcester begrawe. Sy laat ook twee kleinkinders, en ’n skoonseun, Jaco Oostendorff van McGregor, agter. Felicia Thomas FOTO:VERSKAF Die Thomas-gesin het vangie aan die Tswane Universiteit van deesweek een en almal in die gemeenskap wat hulle ondersteun en Tegnologie behaal. Haar twee dogters, Charné en deur dié donker tyd gedra het, beAlexa, het in haar voetspore in die dank. “Dit beteken vir ons as gesin so onderwys gevolg. Charné gee onderwys by die Langeberg Sekondêre baie. Ons waardeer dit ten sterkste. Skool op Robertson en Alexa by die Die Here seën u almal.”

7

Fighting drug dealers

BUSTED: The Worcester Police recently arrested a 41­year­old man after receiving a tip­off from the public which led to a house­bust in OVD, Worcester. Police confiscated dagga to the value of R2 338. A supspect appeared in the Worcester Magistrate’s Court on Monday 24 February for the illegal possession of dagga.

PHOTO: MATTHEW SHELDON


8

Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

Fonds gee groot skenking

Weer tyd vir Shavathon

Danksy die gulhartigheid van ’n groot aantal anonieme skenkers, kon die Standard Kinderfonds met sy Winterwarmte-projek vroeg vanjaar reeds ’n groot skenking aan een van die instansies wat hy ondersteun oorhandig. Die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG) sal met hierdie skenking groot verligting kan bring waar ernstige nood bestaan en waar kinders honger en koud gaan. Onder die bydraes wat aan die fonds geskenk het, is ook dié van Sonja Olesen van Worcester wat verlede week ontvang is. Sanlam se onlangse toetrede tot die fonds, wat dit ten doel het om toe te sien dat die Breedevallei se minderbevoorregte kinders nie honger of koud gaan nie, word allerweë verwelkom en verskeie projekte word reeds deur hulle beplan. Karien Niemand van Sanlam sal binnekort hierdie projekte bekendmaak en van hulle in werking stel. Danksy die Winterwarmte­projek wat vanjaar vroeg reeds afgeskop het, Met die Winterwarmteprojek is ’n groot skenking Dinsdag aan WEG by die Laerskool Worcester­Oos, word nie net warm klere en bedde- wat self ook ’n bydrae gemaak het, oorhandig. Saam met die leerlinge is goed ingesamel nie, maar ook nie- Eddie Nortier sr. (stigter en voorsitter van die Standard Kinderfonds), John bederfbare voedsel. Skenkings Arendse (WEG), Chrizaan Vashu­De Bruin (maatskaplike werker, WEG), word, behalwe aan WEG, ook aan Jaco van Leeuwen (skoolhoof) en Etienne Field (hulp­maatskaplike werker, die ACVV Worcester en Kinder- WEG). FOTO: CHRISTINE SMIT sorg SA oorhandig. Skenkings kan as volg in die dorp afgelewer word: die 261150; tak: Cape Town City. Die fonds stel ook vandeesweek sy nuStandard-kantoor by Hoogstraat 116, Nortier Motors by Brownstraat 6, Aïda we sekretaresse, Joline van der Merwe, Winelands by Kerkstraat 22 en Dentzone bekend. Navrae kan aan haar gerig word by 023 348 5111 en afskrifte van depositoby Fieldstraat 22. Kontantskenkings kan inbetaal word strokies kan aan haar gestuur word by by: FNB-rekening: Gemeenskapskas Joline.vdmerwe@worcesterstanWes-Kaap Worcester Standard; reke- dard.com. Alle bydraes sal in die Stanningnommer: 62152031383; takkode dard erken word.

Anna de Oor, ’n kankeroorwinnaar en Vestal, haar dogter, het hul hare laat verf tydens die Shavathon. FOTO: VERSKAF Die Shavathon Saterdag 1 Maart by die Mountain Mill Mall skep weereens die geleentheid vir mense om hul ondersteuning ten bate van kanker te betoon deur hul hare te skeer of in helder kleure te laar verf. Vanjaar is dit die 11de jaar dat die Shavathon, wat deur Kansa aangebied word, plaasvind. Indien jy nie Saterdag by die Mountain Mill Mall kan uitkom nie, kan jy nog tot Maandag 28 Februarie jou eie Shavathon by jou kantoor reël. Die doel van die Shavathon is om solidariteit met diegene wat deur kanker geraak word, te toon. Hare kan teen ’n donasie van R50 geskeer of gekleur word om solidariteit te betoon.

By deelnemende winkelsentrums soos die Mountain Mill Mall sal daar ook ’n donasie van R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar gevra word. Die geld wat verlede jaar ingesamel is, het dit vir die Kankervereniging moontlik gemaak om mediese voorraad soos doeke, bedbeskermers, rolstoele, nagstoele, bedpanne, krukke en looprame gratis aan geregistreerde pasiënte te voorsien. Kankerpasiënte is welkom om by die Kankervereniging se kantoor te registreer om ’n diens te ontvang. Die Shavathon begin om 09:00 en duur tot 17:00.Vir enige navrae, bel Jurene Horne by 023 342 7058.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

9

Die Breedevallei Munisipa­ liteit (BVM), Government Communication and Infor­ mation Systems (GCIS) en die plaaslike media het verlede Vrydag byeenge­ kom om beter onderlinge kommunikasiekanale te skep. Op die foto is die verteenwoordigers van die onderskeie organisasies.

FOTO: HANNELIE BOTHA

Kommunikasie verbeter MATTHEW SHELDON Die Breedevallei Munisipaliteit (BVM), Government Communication and Information Systems (GCIS) en die plaaslike media het Vrydag 21 Februarie byeengekom om beter onderlinge kommunikasiekanale te skep. Die Standard, Vallei FM, Die Valleier en Ikwenzi Community Newspaper het met verskeie beamptes van die GCIS en BVM gesels oor kommunikasiestrategieë en planne vir die nabye toekoms. Die BVM en die media het ook die geleentheid gekry om hul uitdagings tydens die media-ontbyt op Kleinplasie voor te lê. Volgens rdl. Basil Kivedo, uitvoerende burgemeester van die BVM, is die vloei van inligting tussen die munisipaliteit en die media baie belangrik. “Die munisipaliteit het die media nodig om sy suksesse sowel as sy mislukkings aan die

gemeenskap oor te dra. Die media, aan die ander kant, is afhanklik van die munisipaliteit om die nodige inligting aan hom deur te gee om aan die gemeenskap oor te dra,” het Kivedo gesê. Raymond Esau, direkteur van strategieseondersteuningsdienste by die BVM, het ’n voorstel gemaak om minstens een keer per maand ’n algemene kommunikasievergadering te hou. Esau sê die doel van dié vergadering is om die plaaslike media op die hoogte te hou van die aktiwiteite van die BVM en “dit sal ook ’n geleentheid wees om vrae te vra en gedagtes te deel om kommunikasie te bevorder”. Die Standard het aan die BVM verduidelik dat die nakom van spertye, vroegtydige reaksie op navrae en ’n konstante vloei van inligting deur middel van nuusmededelings die afgelope paar jaar onvoldoende was. Vallei FM sê hulle is vanjaar tevrede met die reaksie van die BVM se kommunikasiedepartement teenoor dié van verlede jaar.


10

Standard

Hoofartikelblad Main Article Page

27 Februarie, 2014

Kommunikasie gee ook mag Kommunikasie is een van die belangrikste aspekte in ons daaglikse bestaan. Kommunikasie beteken die uitruil van inligting, mededeling en kennisgewing. Daarsonder sal die mens in isolasie leef. Die belangrikheid van kommunikasie en die bevordering daarvan het verlede week weereens onder die loep gekom toe verskeie organisasies op Worcester daaroor vergader het. Die doel was spesifiek om kommunikasie-kanale te skep. In ons komplekse hedendaagse samelewing waarin ons eintlik nie sinvol kan leef sonder kommunikasie in watter vorm ook al nie, is dit van die uiterste belang dat ons die kuns daarvan bemeester. Ons is ook ’n inligtinggedrewe samelewing. Inligting kan op geen ander manier oorgedra word as deur te kommunikeer nie. ’n Geleentheid soos dié van verlede week moet ook gesien word as ’n geleentheid tot beter onderlinge begrip en die oordra van kennis. Want kennis is mag.

Jakobus 2:1-4 Moenie oordeel nie My broers, julle wat glo in die Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, moet mense nie volgens hul uiterlike oordeel nie. Sê nou daar kom in julle samekoms ’n man met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aanof daar kom ook ’n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak ’n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik”, maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of “Kom sit hier by my voete”, het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

GELUKKIGE BOEKWENNER: Elzabé le Roux is die gelukkige wenner van Anne­ lie Ferreira se boek Dit vat guts. Sy het gewen deur in te skryf vir een van die Standard se SMS­ kompetisies. Op die foto oorhandig Justin Cupido, die Standard se ver­ koopsbestuurder, die boek aan Le Roux, wat dit vir haar dogter, Saré, gaan gee. FOTO:

JOLINE VAN DER MERWE

Mnr. en mev. J.R. February gee ’n klop op die skouer van die Breedevallei Munisipaliteit se parke-afdeling. Hulle het twee weke gelede die gras in Swartstraat gesny en die snyer het ’n gholfbal getref en die huis se ruit getref. “Na ’n week het ons by die regte telefoonnommer uitgekom en die voorval gerapporteer. Hul-

le het ons ruit vervang. Nogmaals baie dankie aan die parkeafdeling.” * * * Daan en Ritha Beukes gee ’n klop op die skouer aan dr. Hans Wolfaardt van die Boland Dierekliniek vir die deernis waarmee hy Lady verlos het van haar lyding. “Ons waardeer dit opreg.”

Klop op die skouer aan Sylvia Speelman van Headstrong Hair Studio in Napierstraat vir haar goedhartigheid. Jy doen só baie vir siggestremdes. Hou so aan! Die Here seën jou.

LOUISE OBERM

Call on Worcester public to get involved and support the animal societies It is with interest that I read the letter “Geen dierebeheer in Worcester” (Standard 20 February) by Ms Badenhorst who seems to know quite a bit regarding the problems caused by animals in our town. As treasurer of the Animal Welfare Society (AWS) I would like to comment as follows: There is no doubt that the closure of the SPCA last year was a tragedy. The AWS took over the former premises of the SPCA which had been stripped completely and then vandalized. It took many months to rebuild as and when we received donations. The society then signed a contract with the municipality for rendering pound facilities. Over the last couple of months steady improvements were made at the kennels and the society has now obtained a secondhand vehicle which will be modified so as to transport animals. This society,

with the close support of the municipality and the police, have responded to many calls to pick up strays in our town and on the N1 even after hours. During the month of December alone 98 stray animals were handled by the AWS. We are hoping that when the society has signed a more permanent contract with the municipality, which must still come out on tender, that a full time inspector will be appointed to investigate cruelty cases, etc. The society, and I am sure the municipality as well, must operate within financial constraints otherwise AWS will also be forced to close its doors. It would be good to remember that the municipality is responsible for several towns – not only Worcester. The solution to the problem is to control the number of dogs and cats per household and to encourage sterilisation as mentioned by Ms Badenhorst. No animal is given

out by the AWS that is not sterilised. All stray animals are admitted to the kennels free of charge. The municipality picks up the tab. However, owners of strays are expected to pay for the release of their pets when they collect them from the pound. The R150 mentioned by Ms Badenhorst are for services rendered by AWS to assist the public who cannot afford veterinary fees for specific services. The municipality cannot be expected to carry the expenses for the public for their own pets! This is where responsible ownership comes in. I call on the public of Worcester, including Ms Badenhorst, to get involved and to support the three animal societies that are operating in Worcester. If you see a dog that is lost, please try and coax the dog into a property – this makes it a lot easier and saves time and effort. It is extremely difficult at

times to catch a stray and dangerous as well – especially when the dog is running in the traffic. Strays can also be aggressive – especially when frightened. It sometimes takes days to catch a dog and sometimes weeks. Volunteers have gone out on most of these calls with their own vehicles, expense, time, effort and risk.

ALEX MUNRO TREASURER AWS, WORCESTER

As Hoogstraat kon praat – van skoukoninginne tot protesgangers was al hier Terwyl ek die fokus op Hoogstraat in die Standard lees, dink ek aan al die emosies wat ek deur die jare in die straat ervaar het. Opgewondenheid, ongelowigheid, spanning en verbasing. Sommige voetgangers se domastrantheid byvoorbeeld is vir my ongelooflik. Dat meer mense nie by kruispaaie en voetoorgange raakgery word nie, is bloot te danke aan die feit dat plaaslike motoriste weet dat hulle waaksaam moet wees. By kruispaaie veral loop voetgangers oor die straat ongeag die kleur van die verkeerslig. Die motoris moet wag, al is die verkeerslig groen. Dikwels is dit ’n ouer wat ’n kind aan die hand lei. Wat se boodskap kry die kind? Dat die pad aan die voetganger behoort? Dit beteken dat die probleem nog geslagte met ons gaan wees. Dit daar gelaat, want ek glo nie

die skuldiges lees “Rond & Bont” nie. Ek wil eintlik vertel van die uiteenlopende ervarings wat ek deur die jare in Hoogstraat gehad het. Die Kersliggies is elke jaar ’n skouspel wat oud en jonk waardeer. Altyd ’n plesier om te aanskou. Dan was daar ook allerlei optogte, sommige vrolik en ander meer ernstig. Die ouer garde sal die optogte in Hoogstraat op die Saterdag van die skou onthou. Heel voor was die orkes van die HTS Drostdy, gevolg deur die Hoërskool Goudini se trompoppies, dan die skoukoningin, haar eerste prinses, die tweede prinses, die mini-skoukoninginne, sierwaens prettig getooi in die tema van die jaar, veteraanmotors en perderui-

ters.

Die skoukoningin en haar gevolg het in drie spogmotors gery. Hulle het op die motor se sondak gesit en soos koninklikes vir die skare gewuif. Vir jonger lesers beteken die woord optog ’n massa mense met plakkate en baniere wat marsjeer om protes aan te teken of griewe te lug. Dit het Hoogstraat ook beleef. Daar was al protesoptogte waar munisipale werkers swartsakke vol rommel in die straat gestrooi het. Sodra die optog verby was, het sakelui ingespring en die gemors opgeruim. Die spannendste optog wat ek beleef het was in die tyd toe George Quénet burgemeester was. Die optoggangers het voor sy apteek saamgedrom. Een van die leiers,

Bosch Willemse, en George Quénet het daardie dag soos twee swaargewigboksers neus teen neus gestaan. Ek het gedag die uitslag is op ’n dun mespunt gebalanseer. Dit het vir my gevoel asof die derde wêreldoorlog enige oomblik in Hoogstraat hier op Worcester gaan uitbreek, maar die optog is gelukkig vreedsaam uiteen. Verder was daar die fiasko rondom die parkeermeters. Worcesteriete het geweier om vir parkering te betaal omdat die tariewe te duur was. Vir die eerste keer in baie jare was daar bedags net ’n handjievol geparkeerde motors in die middedorp. Die parkeermeters is later verwyder en sake het weer na normaal teruggekeer. Nou gaan lesers voel ek moes dit nie genoem het nie, want netnou maak ek slapende honde wakker!


Standard

Menings Opinion

27 Februarie, 2014

LETTERS / BRIEWE

Looking for helping lady of Worcester

’n Basaar sonder pannekoek en poeding is nie basaar nie Basaars kom mos darem nou al ’n lang pad. As kind onthou ek die kerk se basaar, doer in die ou Wes-Transvaal. Groente en vleis en mielies en natuurlik. . .pannekoek! ’n Basaar sonder ’n pannekoek en basaarpoeding is mos nie basaar nie! Hier by ons was dit Saterdag nie anders nie. Vroeg het die vure al gebrand. . .die oggend wsas stil, verwagtend stil! Stadig maar seker het die ringsgemeentes en ons ander die tafels gereed begin kry. Teen 08:30 wil die tafels weet: “Kan ons nie maar begin verkoop nie?” Vlugtig onthou ek die basaar-opening op Loeriesfontein. Die tafels met doeke toegemaak. Die mense so drie rye dik voor die tafels. Die hande so skelmpies op die tert of koek. Die “Amen”, soos ’n afsetter se pistool. Dan laat ek maar Saterdag toe . . .ja, verkoop maar so stadigaan, sodat dié wat 09:00 kom darem ook sal hê om weg te dra. Wat ’n fees! Vrydag al, eintlik die weke voor dit al, sien mens die harte van mense. Wanneer ’n stuk of 10 kollege chefstudente trots hul ses teetuinkoeke

kom aflewer, staan jy knop-in-diekeel en ontvang. Wanneer jy op die plaas aankom en die pakstoor kom sit ’n hele houer appels voor jou waentjie neer, dan voel mens klein, terwyl jy wonder en saggies bid: “Here, hoe gaan ons dit alles hier wegry?” Wanneer ’n boer vir die soveelste keer ’n bees skenk, wanneer die bees vir die soveelste keer gratis aangery en verwerk word, dan sien jy die harte van Worcester-mense. Wanneer jy op die groot-basaardag mense kyk, sien jy “kerk” raak! Hoe mense met oop harte saam kuier en werskaf! Dan staan mens met dankbaar-oë en mense kyk. . . “Here, O Here hoe wonderbaar is u. . .hoe wonderbaar die maaksels van U hande.” Dankie aan elkeen wat deel was, op watter manier ook al. Worcester se mense het oop harte. Seën vir die week.

ANDRI ELOFF (LERAAR) NG DE LA BAT-GEMEENTE VIR DOWES

Instituut sê dankie vir bydraes tot basaar Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) bedank graag die gemeenskap van Worcester, die Ringgemeentes en almal wat Saterdag (22 Februarie) die Worcester-gemeente vir Dowes se basaar ondersteun het. Deur jul skenkings, bemanning van tafels en stalletjies en bywoning

dra julle by tot die geestelike bediening van die Dowe-gemeenskap. Die onbaatsugtige hulp wat verleen is, word raakgesien en opreg waardeer.

DEON DE VILLIERS UITVOERENDE DIREKTEUR (NID)

On our last day in wonderful Africa on February 8 as German tourists, we went to Woodstock and had a splendid lunch at Burrata. Next to the restaurant my husband tried to get money at a bank automat. Somebody who stood behind me somehow pushed his arms between our arms and pressed the buttons, so that he could see the secret-number on the display and vanished. I was upset and turned to the lady behind me and asked for help. She immediately tried to stop the

cheque-card (I told her the emergency number in Germany), but it did not work. She went with us until she found a store where a young girl (Germanspeaking) and my husband could stop his card by computer. Back home we could see that five withdrawals were made within 14 minutes. We were prepared for the worst. A lady of Worcester offered us money, but we had a little left and a bus-ticket to take us to our place at Camps Bay. Unthinkable the

Worcester, waar is jou kultuur? Worcester ly aan ernstige kulturele onttrekkingsimptome en dis ’n saak van lewe en dood. Dit skok my dat die mense in Worcester so min omgee vir die wonderlike kulturele gebeurtenisse wat hier tussen ons berge plaasvind. Worcesteriete stel net eenvoudig nie meer belang om te luister na die musiek van sy mense nie. Die opkoms by klassieke konserte

laat veel te wense oor. Ons besef nie hoe waardevol ons kultuur is nie. Die hart van ’n nasie se trots is sy kultuur, maar wat gaan daar vir ons wees om op trots te wees wanneer ons kultuur uitsterf? As Worcester meer ingesteld raak op sy kultuur, sal Liza nog lank haar klavier speel.

BIANCA ENGELBRECHT WORCESTER

Duur taxi’s groot probleem vir pendelaars Ek wou onlangs terug dorp toe kom nadat ek klaar was by die Mountain Mill Mall, maar die taxi’s was nog leeg en ek moes terug loop. Die taxi’s vat deesdae baie lank om vol te raak ná die verhoging van R6 na R8 in die tarief en dit lyk my mense maak nou ander planne. Op pad terug dorp toe volg ek die korste pad om die dam aan Checkers se kant van die Mall en deur die

woongebied. Op pad na die voetgangeroorgang by die stasie begin ’n man op ’n fiets my pla en geld vra. Gelukkig het daar ander mense gekom en ek kon gou in die dorp tussen ander mense kom. Ek is siggestremd en is afhanklik van openbare vervoer om oor die weg te kom.

HECTOR LOFTUS WORCESTER

11

great loss we would have had without the help of that lady. I missed the opportunity to ask her name or telephone number. She is living in Worcester and perhaps she reads your newspaper and will contact us at: Dr and Mrs Heinig, Bad Street 14/1, 730871 Bad Boll (near Stuttgart in Germany), tel. 0049-7164-149 140. Please excuse my English. It’s a long time since I learned it at school.

DR AND MRS HEINIG BAD BOLL, GERMANY

Doen jou ding teen stank in M’park As u iets aangaande die stank in ons buurt (Meiringspark) wil doen, lees die advertensie op bl. 9 in die Standard van 13 Februarie (Notice of Renewal of Atmospheric Emission Licence) en rig u skriftelike vertoë voor die sperdatum (7 Maart 2014). Gebruik verwysing WC-CWDBM 0004 of bly vir altyd agter toe vensters en deure in die hitte. Indien u nie ’n posseël kan of wil koop nie, ek sal dit vir u gratis per faks na die adres versend met ’n afskrif. Help mekaar tot ’n beter lewe en beroep jou op ons Grondwet 108/1996.

JAN FOUCHE WORCESTER


12

Standard

Menings Opinion

27 Februarie, 2014

BRIEWE / LETTERS

Wat is die grootste sonde – stem of nie stem nie?

Baie dankie vir professionele, simpatieke hulp Met my man se tragiese afsterwe ’n maand gelede het ons noodgedwonge betrokke geraak by Worcester se ambulansdiens en die plaaslike polisie, asook ao. Kobus Willemse van die speurdiens. Ek kan nie nalaat om deur middel van u koerant almal betrokke opreg te bedank vir hul professionele en simpatieke hantering van die gebeure daardie dag en ook daarna nie. Ons sal dit altyd onthou en waardeer. Worcester-hospitaal het ons hoogste agting, respek en lof vir die wonderlike diens tydens daardie traumatiese paar dae wat ons daar moes deurbring. Al die personeel was te alle tye ongelooflik behulpsaam. Ek wil graag vir dr. De Klerk en sy span by die ongevalle-eenheid opreg bedank vir alle moontlike hulp wat hulle daardie Maandag 20 Januarie verleen het, asook mnr. Chris Smit wat meer as die ekstra myl

vir my en my kinders geloop het en ons deurnag behulpsaam was. Sr. Elisma Groenewald, jou ondersteuning daardie tyd sal ek altyd onthou en koester. Sr. Eleanor van der Westhuizen, baie dankie dat jy gereël het vir privaatheid. Dankie ook aan die personeel van Saal B1 wat die só nodige liefde, versorging en empatie verleen het. Ander hospitaalpersoneel kan baie by julle kom leer! Dr. A. Wenteler, ’n groot dankie vir u insig en liefdevolle manier van bystand. Ons is so dankbaar teenoor ’n ieder en elk van julle! As daar ooit weer negatiewe stories oor bogenoemde instansies versprei word, sal ons van beter weet. Julle sal altyd ’n baie spesiale plekkie in ons hart hê.

ANNEMARIE MÜSELER, TANYA EN MICHAEL WORCESTER

Geen salf te smeer aan Worcester se padgebruikers Die somervakansie is verby, berigte en gerugte van padongelukke en sterftes op ons paaie het stil geraak. As dit is omdat mense nie meer onverskillig ry nie, dan moet dié wat so dink ’n slag Worcester toe kom om te sien wat ek bedoel met onverskillig ry. Ek het al verskeie kere deur middel van u koerant my opinie gelug oor hoe dit met die verkeer in ons dorp – na my beskeie mening – gesteld is. Ek gaan nie weer kla nie, maar ek wil net die volgende vertel: Vroeër die week ry ek een aand kort voor agtuur met Hoogstraat langs. Voor my ry ’n minibussie, heel rustig. Maar toe die verkeerslig rooi slaan by die hoek van Baringstraat, ry hy sowaar rustig

oor die rooi lig. Ai, dag ek toe, die man het nou gesit rondkyk of iets en het nie die rooi lig gesien nie. Maar wat, by die volgende verkeerslig by Stockenströmstraat gebeur dit weer. En weer by die kruispad by McDonalds. Nou kyk, dit vertel vir my ’n heel ander storie. Oor die fietsryers wil ek amper nie meer praat nie. Ek wonder net wanneer iets aan hierdie situasie gedoen gaan word. Want ek is lank nie al wat kla nie en hierdie is lank nie die enigste voorvalle van die uiterste arrogansie in ons strate nie. Of moet mense eers sterf?

CHRISTO LANGENHOVEN WORCESTER

Om te stem of nie te stem nie. Watter een van die twee kan die grootste sonde wees? Ja, ek weet hoekom ek as landsburger moet stem. Ek weet hoekom dit belangrik is. Maar hoekom moet ek my stem gaan staan en gee vir enige van die (amper sê ek narre) wat voor die tyd sulke belaglike beloftes maak dat dit eintlik nie snaaks is nie? Wie van ons ken dan tog nie die beloftes wat so mildelik uit hulle monde vloei nie. Wat wanneer waar uitgevoer word?

Politiek soos dit deesdae bedryf word, het ’n vloekwoord geword. Maar tog, of ons nou deel daarvan wil word of nie, sal ons op die ou einde tog nie maar ons plig doen en ons kruisie gaan trek nie? Elke ou moet maar vir homself besluit. Ek het soveel gal te braak, maar ek sal daar wees en ek gaan vir seker my kruisie vir ’n beter Suid-Afrika trek!

KOOS VAN BREDA WORCESTER

Kan eerstejaars nie meer die ‘punch’ vat nie? Die afgelope tyd is ontgroening aan universiteite en ander opvoedkundige instansies weer knaend in die nuus. Ek bly verbaas daaroor. Wat is met vandag se jongmense verkeerd dat hulle nie, soos die Engelsman sê, die punch kan vat nie? Is ons jeug dan so pap, by gebrek aan ’n beter woord? Ek wonder ook wat nou eintlik verskil tussen die studente van destyds en dié van nou. In my studentedae, maklik vyftig jaar gelede, is ons groentjies behoorlik en vir ’n hele paar weke lank behoorlik gedoop. Ek onthou die gesukkel om as eerstejaar elke dag ’n vars akker te soek om voor die

Voorwaar ’n topspan om mee sake te doen Ek wil net vir Steyn Prokureurs ’n warm klop op die skouer gee. Hulle is voorwaar ’n topspan om mee sake te doen. Veral aan mnr. Steyn, Lauren, me. van Zyl, Ant, Maree en Landie.

A. MOFFAT WORCESTER

bors te steek. En wat jou nie alles oorgekom het as jy dit durf sou waag om bloot ’n senior student te nader, verby hom te loop of partykeer sommer net agter hom te loop nie! Glo my, die goeters wat ons alles moes doen was afgryslik. Maar ons is daardeur, niemand was agterna geestelik gekrenk nie en ons het ons eerste studentejaar met oorgawe geniet. Ek vra weer, het ons eerstejaars dan nie meer murg in hul pype nie? Die dopery is so ’n integrale deel van student wees.

OOK EENMAAL GEDOOP WORCESTER


Standard

Kalenderblad Calendar Page

27 Februarie, 2014

VALLEI-KALENDER ELKE DONDERDAG ) Alkoholiste Anoniem kom om 19:00 byeen by die Worcester United Church. Navrae: 0 083 635 1059. ) Ondersteuningsgroep vir angs, depressie en geestesgesondheid kom om 17:00 by Kerkstraat 33 byeen. Navrae: Frances Crous: 0 023 342 4331 of 082 647 8883 of Bill Skin­ ner: 0 023 342 1881. DONDERDAG 27 FEBRUARIE ) Diabetes­byeenkoms om 18:00 by Mediclinic

Worcester se raadsaal. Spreker: dr. Francois van Zyl (endokrinoloog). RSVP voor 24 Februarie by 0 023 348 1500. Alle diabete welkom. SATERDAG 1 MAART ) Nataniël tree om 20:00 by die Eikesaal, Raw­ sonville, op. Kaartjies kos van R150 tot R200. Navrae by Charmaine Carstens: 0 023 344 3040 of Grieta van Rhyn: 0 082 451 2231. ) Ray Dylan in Concert from 19:00 – 22:00 at the Gericke Primary School’s sportsfield, Krige Street, Ceres. Tickets are R120 pp. Bring own chair or blanket. No alcohol allowed. ) Huis Mimosa (De Doorns) bied ’n vroue­og­ gend met Dowwe Dolla en Matty Reid aan in die Ledesaal. Navrae en kaartjies:

0 023 356 2345 (soggens). DINSDAG 4 MAART ) Kansa Ondersteuningsgroep vergader 18:00 by Mediclinic Worcester. Alle pasiënte en fami­ lielede is welkom om die vergadering by te woon. Vir inligting, bel Amelia Niemand by 0 072 455 1611. VRYDAG 7 MAART ) Wêreldbiddag by NG Moedergemeente om 09:00. Alle vroue van Worcester is welkom. SATERDAG 15 MAART ) Rejoice – “Sing with Joy”. Gospel met ’n klas­ sieke inslag om 19:00 by die Klein Teater, Wor­ cester. Kaartjies: R80 by Munnik Juweliers. Na­

13

vrae: info@rejoice.co.za of 0 083 375 6100. ) Die NG Moedergemeente se kerkbasaar be­ gin vroegoggend by die kerkterrein. Bel dr. W.P. Burger by 0 023 347 2915 vir inligting. TUESDAY 25 MARCH ) Absa Cape Epic Mountain Bike Challenge at McGregor from 08:30 – 13:30. Entrance free. Info: 0 023 347 0968, www.tourismmcgregor. co.za or info@tourismmcgregor.co. SATERDAG 29 MAART ) Steve Hofmeyr by Worcester Gimnasium. Kaartjies by Computicket. Vir navrae, bel 0 084 059 3029. Valleikalender: 0 023 347 0968 of 2 info@worcesterster

Nominate a needy Breede Valley charity Do you know a charity that can use much needed funds? Then nominate your favourite charity in the Breede Valley area so they can stand a chance to win a R50 000 donation from the Golden Valley Casino. This forms part of the Sun International Cycle Race for Charity which aims to raise funds for a number of charities. The challenge will start this week when the team of 18 riders leave the gates of Sun City today (27 February) to start their 1 749 km journey which will end at the Table Bay Hotel exactly a week later. This is the challenge’s 12th consecutive year and the team hopes to raise R500 000 this year. From Sun City the route will take the team through among others Kimberley, Britstown, Beaufort

West, Laingsburg and Worcester. Along the way the team will stop at a number of Sun International properties. They are expected to reach The Golden Valley Casino in Worcester on 5 March before they head to their final destination at the Table Bay Hotel in Cape Town’s V&A Waterfront. Under the leadership of Sun City’s Johann Maré, who has ridden every tour since its inception, this year’s team includes former Miss SA Nicole Flint, who will be riding her second tour – this time sharing a tandem with Johann, as well as two riders from Austria and one from Germany. For four of the riders, this will be their ninth tour. The cyclists will be accompanied by a support crew of 12 people to assist them on their long journey.

The main beneficiary of the tour will be the AIDS Orphans Housing Project near Sun City. To date the tours have raised well over R6 million for various charities along their route. This year the Golden Valley Casino again encourages readers to become involved. The effort could make the charity of their choice R50 000 richer. To nominate a charity, supply details about the charity as well as a short motivation as to why you believe this local charity should receive the funds. The person who nominates the winning charity will win an evening’s accommodation, dinner and breakfast at the Golden Valley Casino. Send nominations to goldenvalleyinfo@suninternational.com by tomorrow (28 February).

Eighteen cyclists from across the country will take part in the Sun Interna­ tional Cycle Race for Charity. Come and meet them at Golden Valley Casi­ no on 5 March at 13:00.


14

Standard

Skole Schools

27 Februarie, 2014

GO­CART RACES: Worcester Gimnasium will be hosting its annu­ al Bosvarkfamiliefees on Friday 28 February. This year, the learners will have the opportunity to tackle each other on the go­cart track. There are roughly 70 teams parti­ cipating, with seven teams from primary schools. The races will run from 15:00 ­18:00. A steak dinner will com­ mence at 19:00 after all the activities have been concluded. The dinner is open for everyone to enjoy. For more informa­ tion, contact the school on 023 347 0426.

PURE TALENT: JD Moncho, ’n leerder van die Scherpenheuwel Primêre Skool, het sonder veel atletiekafrigting deurgedring na die Bo­ land Atletiekbyeenkoms wat eerskomende Saterdag 1 Maart in die Paarl gehou word. JD is ook die 8­jarige Worcester­kampioen in die 80 m­wedloop.

Spoggerige atlete KWALIFISEER: ’n Graad­8 leerder van Worcester Gimnasium, Willem­Pierre Viljoen, het vir die SA Nasio­ nale Vlak 3 Swemkampi­ oenskap ge­ kwalifiseer. Die kampioen­ skap vind plaas van 13­ 17 Maart in Kaapstad. Hier sal hy teen die topswemmers van regoor die land meeding. Willem­Pierre kwalifi­ seer in die volgende items: 50 m­bors­ slag, 50 m­vlinderslag, 100 m­borsslag, 200 m­borsslag en 50 m­vryslag.

MANNEKRAG: HTS Drostdy se seunstoutrekspan (440 kg) het onlangs die span van Oakdale geklop, terwyl Drostdy A (480 kg) Drostdy B in die eindstryd gewen het. Hier is die 600 kg B­span van Drostdy in aksie te sien.

ATLETIEK: ’n Leerder van Worcester Gimnasium, Leandré Ketch, het die afgelo­ pe Saterdag 22 Februarie aan die Bo­ land­atletiek­ byeenkoms deelgeneem. Sy is ’n graad agt leerder, maar neem tans nog op o.13­vlak deel. Na afloop van die byeenkoms is sy vir ses items opgeneem in die Bo­ land­atletiekspan na sy as volg pres­ teer het: 75 m­hekkies (tweede), 200 m­hekkies (derde), spiesgooi (tweede), gewigstoot (vierde), verspring (vierde) en hoogspring (eerste).


Standard

Skole Schools

27 Februarie, 2014

15

STAPPER: ’n Graad 9­leerder van Worcester Gimnasium, Noeline Rossouw, het die afgelo­ pe Vrydag 21 Februarie by die Noord­Bo­ land Atletiekbyeenkoms die Boland o.15­re­ kord vir meisies in die 5 000 m kaf geloop.

ATKV: Die bekende Kaapse skrywer, Elias P. Nel, het Woensdag 19 Februarie die matrikulante van die Hoërskool Waveren op Tulbagh besoek. Nel is by die ATKV­projekte betrokke en hy is ook verantwoordelik vir die werwing van skole vir deelname aan ATKV­projek­ te, die storievertel­projek en WOW, in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) se Woordfees en die SON. Hy is vergesel deur Marlene Fry van die US. Nel en Fry is hier saam met die Hoërskool Waveren se matriekklas.

TOUTREK: HTS Drostdy se tou­ trek sportkode het die afgelope Saterdag 22 Februarie 40 jaar oud geword. Die 480 kg meisies het ook hulle eerste trek teen Montana A gewen. Die meisies toutrek spanne is vir die afgelo­ pe twee jaar aan die gang. FOTO: VERSKAF

ATLETIEKBYEENKOMS: Die Scherpenheuwel Primêre Skool het onlangs sy kleure­atletiekby­ eenkoms gehou. Die skool se ouderdomswenners tydens die geleentheid is (voor) Sonia Huys­ ter, Marcelino Conradie, JD Moncho, Dominique Michaels, Henry Louw en Ryan Sam. Die an­ der wenners (agter) is Lorenzo Marthinus, Jakobus Swanepoel, Marchel Moncho en Ricardo Adam.

BOLAND­STER: Cailin Papier van Avianpark Primêr was onlangs eerste in die 100 m­ en tweede in die 80 m­wedloop tydens die Bo­ land­kampioenskaptoernooi wat op 22 Fe­ bruarie by Bolandpark gehou is. Sy neem op 8 Maart deel aan die Westelike Provinsie­by­ eenkoms in die Paarl.


16 Standard Konferensie wil oplossings vir gemeenskap vind

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

JOLINE VAN DER MERWE Sowat 20 afgevaardiges van die Worcester Hoop en Rekonsiliasie Proses (WHRP) en gemeenskapslede het die afgelope week ’n konferensie in Malmesbury in die Swartland bygewoon. Die WHRP het in 2013 ’n vennootskap met die Carnegie 3 (C3)-konferensie aangegaan. Op versoek van die Nasionale Beplanningskommissie is ’n C3-ondersoek van stapel gestuur wat bestaan uit strategieë om armoede en ongelykheid in Suid-Afrika te bowe te kom. Dié konferensie, wat vyf dae geduur het, volg op werkswinkels wat in November verlede jaar in Worcester aangebied is. Die jeug en verskeie gemeenskapsorganisasies het deelgeneem in ’n poging om maatskaplike en ekonomiese geregtigheid in Worcester te verseker. Vier kernpunte waaraan aandag gegee moet word, is uitgelig: behuising, dwelm-en alkoholverslawing, opvoeding en werkloosheid. ’n Volle dag is aan al dié kernpunte gewy. Voorleggings is gedoen deur kenners en mense wat reeds suksesse behaal het. Guido Opperman en Audrey le Fleur was twee van die afgevaardigdes wat die konferensie bygewoon het. Opperman sê die konferensie was ’n geleentheid om te kyk na wat Worcester se unieke uitdagings is en om ’n oplossing te kry vir daardie kwessies. “WHRP sien nie hulself as ’n op-

Die groep van Worcester het as deel van die Worcester Hoop en Rekonsiliasie Proses (WHRP) die afgelope week ’n konferensie in Malmesbury in die Swartland bygewoon. lossing vir al die dorp se sosio-ekonomiese kwessies nie, maar as ’n mediator om al die rolspelers bymekaar te bring om hul kennis en vaardighede te deel,” het le Fleur bygevoeg. Volgens Le Fleur is die volgende

stap vir WHRP om met organisasies te skakel en vas te stel wat hulle reeds doen en in watter areas hulle hulp benodig. “Worcester het reeds baie hulpbronne, maar rolspelers kommunikeer nie altyd met mekaar nie,”

voeg Opperman by. WHRP vra dat organisasies of individue wat deel wil wees van die proses ’n e-pos stuur na Juan Kariem by juankariem@gmail.com of Audrey le Fleur by aajs89@gmail.com.

Debbie Minnie en Floris Brown steek ’n kers aan vir vrede. Daar is elke dag ’n kers aangesteek as be­ vestiging van die groep se doel om armoede en ongelykheid in Suid­ Afrika deur samewerking te bowe te kom.


Gemeenskapsnuus Community

KOOKKUNS: Die Private Hotel School buite Stellenbosch se Chefs on the Road­projek poog om Wes­Kaapse onderwysers wat Gasvryheid as vak aanbied, se hande te sterk deur praktiese, maar pret aanbie­ dings. Die groep het onlangs die fynere kunsies van bordvoorbereiding en opdien­ metodes geleer. Voor is Petra Roux (Worce­ ster Gimnasium), Carol Gillion (vakadviseur) en Antoinette Kramer (HMS La Rochelle). Agter is Liesel Groenewald (vakadviseur), Jeanette Barry (Private Hotel School), Cari Gebhardt (vakadviseur) en Nicolene Pie­ naar (Charlie Hofmeyr, Ceres). FOTO: VERSKAF

GPF hou sy jaarvergadering Die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hou op 27 Februarie om 18:00 sy amptelike jaarvergadering in die Stadsaal. Organisasies wat betrokke wil wees, kan hul geloofsbriewe by die polisiekantoor vir aandag konst. Wilna de Wet gaan afgee. Die hele gemeenskap word ook genooi om deel te wees van die gesprek. Bel Adeline Reynhardt by 0 082 329 2450 vir meer inligting.

Impact soek vrywilligers Impact Development, ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie, nooi vrywilligers om by hulle aan te sluit. Vrywilligers sal opgelei word as noodhelpers en deel vorm van die ontwikkelingspan. Vir meer inligting, bel past. Rhodney Visagie by 0 073 432 7607.

Rotary Golf Day on 7 March The Worcester Rotary Club will be hosting its annual Golf Day on 7 March at the Worcester Golf Club. All proceeds will go to the Sinetemba-Elizabeth Children’s Home in Zweletemba. Funds raised will assist in buying containers for classrooms and the running of the centre. The game will follow a four ball alliance two best scored to count format. Four balls will be available at R2 000. Phone David Reade on 082 772 4670 or send an e-mail to drreade@netactive.co.za for more information.

Transport needed Kidz of Education, an outreach program from Zwelethemba, has received 200 pairs of school shoes from Soles 4 Souls. The group needs help to transport the children to Paarl on 15 March to participate in a Fun Day and receive their school shoes. Individuals who are able to assist can contact Monwabisi “Madida” Stuurman on 0 078 371 1959.

Standard

27 Februarie, 2014

17


18

Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

Gesin se ‘engeltjie’ vier 5 jaar ’n Maatskaplike werker het met Jamile Visagie, toe maar ses maande oud, by Sophie (54) en Stefanus Adams (52) van Tulbagh aangekom met die versoek om vir ’n kort ruk na hom om te sien. Nou, amper vyf jaar later, kan die gesin hulle nie hul lewe sonder hom voorstel nie. Jamile het die eerste paar maande op sy rug geseil. Nou kan hy al op sy eie loop, al is dit slegs vir kort rukkies. Net nadat die baba by Adams aangekom het, het sy begin besef iets is nie pluis nie. Jamile het nie gereageer op haar stem nie en het ook nie geluide soos ander babas gemaak nie. Ná ’n ondersoek by die kliniek het Adams haar bekommernis aan die suster verduidelik en verdere toetse is gedoen. Vir die eerste drie jaar van die kleuter se lewe het sy pleegouers tussen die Ceres-, Worcester- en Tygerberg-hospitale gereis vir mediese sorg vir Jamile. Daar is toe vasgestel dat daar probleme met sy brein is. Die vreugdesvure het egter Dinsdag 11 Februarie hoog gebrand in die Adams-woning toe Jamile sy vyfde verjaardag gevier het. Adams sê sy is dankbaar teenoor God wat Jamile tot dusver vir hulle gespaar het. “Jamile is ons engeltjie in die huis,” sê sy. Adams sê Jamile het volgens dokters goeie vordering gemaak

FIT2RUN PRESTEER: Die nie­regeringsorganisasie Fit2Run se atlete het vanjaar weer puik presteer in die junior sowel as senior afdeling in die onlangse Valentine’s Nite Race. Clarice Slingers (links) was eerste in die afdeling vir juniors en tweede in ’n tyd van 42:36 in die afdeling vir seni­ or vroue. ILeana Dreyer (middel) was tweede in die junior afdeling en derde in die senior vroueafdeling in ’n tyd van 43:31 terwyl Sharlan Boer derde gekom het in die junior afdeling in ’n tyd van 48:32. Fit2Run se at­ lete hardloop vanjaar in Nedbank­klubkleure.

Sophie en Stefanus Adams saam met hul “engeltjie”, Jamile, wat on­ danks mediese komplikasies onlangs sy vyfde verjaardag gevier het. hoewel hy nog gevoer en aangetrek moet word. Sophie onthou die dag toe Jamile sy eerste tree gegee het. “Dit was op my 50ste verjaardag en die grootste geskenk wat ek kon ontvang het,” vertel sy. Die Adams-gesin se hart en deure staan oop vir alle kinders wat liefde nodig het. Dit blyk duidelik uit die manier waarop hulle vir Jamile sorg. Buiten Jamile was die Adams-

paar ook pleegouers vir nóg twee kinders. Die paar het ook drie kinders van hul eie, wat saam met hul ouers hand bysit om na Jamile om te sien en baie geheg is aan hom. Die paar het in 2012 die wettige voogde van die kleuter geword. “Ons kon hom nie laat gaan nie; ons het reeds vir hom lief geword,” vertel Adams. Hulle het vir hom ’n klein partytjie by die huis gereël om sy vyfde verjaardag te vier.

BOEKWENNER: ’n Inwoner van Worcester, Erna de Beer, is een van die geluk­ kige boekwenners nadat sy die boek getiteld Sisi gaan skool toe gewen het. Sy was een van die lesers wat ingeskryf het vir een van die Standard se SMS­kom­ petisies. Sy is ongelooflik dankbaar vir die prys en gaan dit vir haar kleinkind as ’n geskenk gee, sê sy. De Beer is hier saam met Justin Cupido, die Standard se verkoopsbestuurder, af­ geneem.

FOTO: MATTHEW SHELDON


Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

Cllr Basil Kivedo, executive mayor of the Breede Valley Municipality with Apostle Allister Kriel and Bishop Ivor Adams, leaders of the New Apostolic Church. PHOTOS: JOLINE VAN DER MERWE

Youngsters from Argentina welcomed On Friday 21 February Kleinplasie Museum played host to 50 youngsters from Argentina. The group, who belong to the New Apostolic Church, are currently on tour in Cape Town and have visited many attractions in and around the Mother City including Table Mountain, the V&A Waterfront, the Castle of Good Hope and attractions along

the West Coast. The youngsters and other church members were met by members from Worcester on their arrival at Kleinplasie. Among those who welcomed the group was Cllr Basil Kivedo, executive mayor of the Breede Valley. Kivedo shared a few thoughts with the group before they were taken on a tour through the museum after which lunch was served.

Youngsters and members of the church came to Kleinplasie to wel­ come the Argentinian youth.

Fifty youngsters from Argentina recently visited Kleinplasie.

Fokus op die lewe van die siel Op Dinsdag 4 Maart om 08:00 sal voorlesings en gebede uit die geskrifte van die Baha’i-geloof en ander geloofsrigtings oor die te-

ma “Die lewe van die siel” gedoen word. Navrae is welkom en kan gerig word by 0 023 347 7537.

WEG beplan toer na Langebaan Die Worcester Ekumeniese Gemeenskapsdiens (WEG) beplan ’n toer van 13 tot 16 Junie na Langebaan. Die koste beloop R1 300 per persoon en sluit vervoer, bed

en ontbyt en ’n Sondagbraai in. ’n Deposito van R200 word verlang. Vir meer inligting, bel WEG se kantoor by 0 023 347 5300 of John Arendse by 0 072 032 9280.

19


20

Standard

Padlangs Roadtrip

27 Februarie, 2014

Handy hints to help minimise your fuel tab Another petrol hike? Don’t stress. Keep your cool – there are quite a number of things you can do to save petrol; all of which can make a significant combined difference to the overall amount you spend on getting around. Try these tips: . Have regular maintenance checks. Studies have shown that a car with a poorly tuned engine has an increased petrol consumption. . Change the oil in your car on a regular basis. When you keep it clean you reduce the wear that is caused by the friction in the moving parts of the engine. . Try to avoid warming up your car’s engine when it is cold – half a minute after

switching the engine on is sufficient time. . Stopping and starting your car needlessly wastes petrol. Idling your car for a minute uses the same amount of fuel as starting your car. . Buy petrol from a busy petrol station. The petrol in quieter stations has been sitting in underground tanks for longer periods of time which leads to contamination. . Choose the type and brand of petrol carefully. Higher quality brands will always be more economical. . Don’t purchase small amounts of petrol. The pump does not have enough time to really activate and the little bursts can short-change you in the amount of petrol you get for your money. . The best time to fill up is when you have

half a tank, or less left. Never run your vehicle on empty. . Fill up in the early morning or late evening. Service station storage tanks are buried below ground and the cooler the ground the more dense the petrol. The warmer it gets the more chance there is that the petrol will expand and you will get less for every litre purchased. . Avoid filling your tank to the top. Overfilling results in overflowing. Watch the attendant and make sure he fills up to the first ‘click’ of the fuel nozzle and no further. . Driving at the speed limit or less will dra-

matically lessen your petrol consumption. If at all possible avoid rush hour traffic – you waste petrol and cause more wear and tear to your car. . Accelerate before you reach a hill and you will use less petrol while you are climbing. . Drive with the windows closed when travelling at highway speeds. Open windows cause air friction which will reduce your mileage. . Roof rack luggage increases your petrol cost so try to put as much luggage as possible in your boot. * Info from www.women24.com

The best time to fill up is when you have half a tank or less left and also early in the morn­ ing if possible. PHOTO:CHRISTINE SMIT


Standard

Padlangs Roadtrip

27 Februarie, 2014

How to sell your old­faithful car Do you have the know-how when it comes to selling your old but trusted car? Unless you are not concerned with getting the most out of selling you car, trading your car in at a dealer is often not worth it. At the end of the day, a dealer is a businessman. This means that he will have to make a profit from the trade-in. Selling the car yourself will ensure that you will probably be better off moneywise. Before taking the step of actually selling your car, be sure to give it a thorough clean-up. This seems like an obvious statement but sometimes it is easy to think “the car is not new anyway, so I’ll simply take it to the carwash and that should do it”. Rather not. You should scrutinise all the dirt and scratches in the car. Having a polished car will make you

VINNIGE MANNETJIE: Elru Viljoen, die negejarige ovaalbaan­renjaer, ook bekend as Leeulopie, het op Saterdagaand 22 Februarie ’n eerste plek losgejaag in die Womsa National Qualifier wat op Kleinplasie gehou is. Hy is tans die jongste renjaer van die Kleinplasie Ovaalbaanresiesklub Worcester en neem in die Mini­klas (ouderdom 10­18 jaar) deel. Die wedren waarin hy verlede Saterdagaand teen 10 ander Minis gejaag het, het bestaan uit drie uitdunne en ’n finaal. Elru, wat al op sewejarige ou­ derdom begin jaag het, verbeter met elke resies en het reeds ’n groot ondersteuners­ klub – met Ma en Pa die grootste onder hulle! Elru sê baie dankie aan almal wat hom so getrou help en aanmoedig, veral vir sy pitmacs!

21

car easier to sell. When taking money, do not accept cheques. People like to take chances. Do not accept cheques as you cannot recognise a fraudster. A bad cheque is the last thing you need after you have already given your car away. The internet has been a catalyst to immeasurable happiness but it has also facilitated more opportunities for criminals. Make sure you meet in a public space preferably during the day. Make sure that you have kept your paper work (roadworthy certificate and proof of car service). This will make selling your car easier as you will have proof that your car is roadworthy and that you have serviced your car regularly. *Info: www.women24.com


22

Standard

Promosie Promotions

27 Februarie, 2014

Hoogstraat mengelmoes van oud en modern Hoogstraat, die lewensaar van Worcester, is ’n mengelmoes van oud en modern, met meer verskillende sakeondernemings as enige ander straat in die dorp – en ook meer verkeersligte! En, kan bygevoeg word, hierdie straat spog met ’n voorgeskiedenis en inwoners van statuur uit vervloë dae wat geen ander straat hom kan nadoen nie. Waarskynlik dié straat se belangrikste, en verreweg bekendste, man van sy tyd was ongetwyfeld lord John Henry de Villiers (1842 – 1914) wat van 1870 tot 1875 parlementslid vir Worcester in die Kaapse koloniale parlement was. Dié geagte heer het later jare ook die Unie van Suid-Afrika se heel eerste hoofregter geword. De Villiers se woonhuis was op die hoek van Porter- en Hoogstraat waar Worcester BMW vandag geleë is. Die huis se naam was Eigen Haard. Langs dié woonhuis was daar ’n kamertjie waar die heel eerste skool vir dowes en blindes in die jaar 1881 begin is. Eigen Haard is egter in die 1950’s afgebreek om die eerste gebou vir die huidige Worcester BMW te bou. De Villiers het ná 1910 na die Kaap verhuis en was later as “Lord De Vil-

liers of Wynberg” – glo sy regte titel – bekend. Dié lord se vrou, lady Aletta, was ’n nooi Jordaan en dogter van Johannes Petrus Jordaan van Die Straat by Rawsonville. Haar niggie was ene Nonnie Rabie van Leipzig, vrou van Johnny Rabie. Die lord en lady is in 1871 in die Moederkerk op Worcester getroud. Tot vandag toe hou dit die rekord as die grootste troue ooit op Worcester! Ander bekendes wat met Hoogstraat verbind word, is die befaamde spotprenttekenaar Zapiro. Hy het vir ’n kort rukkie saam met sy ma gewoon waar die Albernwoonstelgebou (langs OK) vandag is. Aan die oorkant van die straat, waar Worcester Nissan voorheen was, het die bekende Raymond Parsons, voormalige voorsitter van die Besigheidskamer Suid-Afrika, se pa, Colin, ’n kafee gehad. ’n Klipgooi daarvandaan, op die hoek met Stockenströmstraat (waar Pep Stores vandag is), was die Masonic Hotel wat aan die Brown-gesin behoort het. Die hotel is in 1910 verkoop en die Browns is daarna Engeland toe. Thomas en sy vrou, Elizabeth, en een van hul dogters was op die Titanic toe dié luukse passasiersboot van weleer teen ’n ysberg in die Atlantiese Ose-

Hoogstaat soos hy vandag daar uitsien. aan gebots en gesink en die Browns gesterf het. Hul jongste dogter, Edith, het oorleef en is in die laat 1990’s in Brisbane oorlede. Hoogstraat het destyds, soos vandag, met ’n handelsbank gespog. Die Worcester Community Bank, wat op die hoek met Porterstraat geleë was, moes egter in 1886 sy deure sluit toe hy bankrot gespeel het. Op die hoek met Napierstraat, waar Orbit Boland se vertoonlokaal is, was die woonhuis met die naam Wilhelmina Villa van die stamvader N.C. Krone – stigterslid van N.C. Kro-

ne and Company. Hy was in die 1880’s bekend as “The World’s Brandy King” en het die monopolie op die internasionale prys van brandewynuitvoer gehad. Ander interessante figure van die Hoogstraat van destyds is ’n man wat bekend gestaan het as Detective Viljoen. Hy en sy broer het gewoon waar Worcester Eiendomme (langs OK Minimark) vandag is. Dié broer het later bekend geword as die voormalige staatspresident Marais Viljoen. Aan die bopunt van Hoogstraat was die Drostdy waar die befaamde

lord De Villiers se broer gewoon het. Dié was bekend as The Honourable J.N.P. de Villiers wat in die 1890’s landdros was. Dink net, as Hoogstraat vandag kon praat, watter kostelike staaltjies (en skandes!) daar nie van sy gerekendeinwonersuitvervloëdaevertelsou kon word nie! * Inligting vir hierdie artikel en die foto’s op die meegaande bladsy is deur Julian Kritzinger van Disastraat 12, Worcester, uit sy versameling- en navorsingstukke aan die Standard verskaf.


Standard

Promosie Promotions

27 Februarie, 2014

23

Hierdie foto van Hoogstraat is geneem van voor die gebou wat vandag die Standard se kantoor huisves. Die gebou aan die regterkant is waar Pick n Pay vandag staan. Aan die onderpunt kan die Drostdy van destyds ge­ sien word.

Wortels van Hoogstraat se naam lê ver Dit is nie algemeen bekend waar Hoogstraat sy naam vandaan gekry het nie. Die naam sorg nogal dikwels vir verwarring. Vreemdes is geneig om die straat Hoofstraat, eerder as Hoogstraat, te noem – waarskynlik omdat die Afrikaanse woorde Hoog en Hoof so eenders klink. Mense reken skynbaar die hoofstraat deur ’n dorp sal tog vanselfsprekend Hoofstraat – en nie Hoogstraat nie – heet! Nietemin kan seker met redelike sekerheid afgelei word dat die Engelse invloed van destyds die deurslaggewende faktor was toe dié straat naam moes kry. Destyds was die hoofstrate in Engeland se dorpe nie Main Street nie maar wel High Street genoem – en siedaar, Worcester spog vir ewig met Hoogstraat as sy hoofstraat! Al ooit gewonder waarom Hoogstraat so breed is terwyl al die ander strate nie naastenby dieselfde wydte het nie? Sodat, word gesê, die ossewaens wat destyds ’n algemene vervoermiddel was, in die straat kon omdraai! Die bygaande foto’s vertel iets van die moderne sowel as die Hoogstraat uit vervloë dae.

Lord John Henry de Villiers

FOTO: FRANSCHHOEK­MUSEUM

Die huis (op die hoek van Hoog­ en Porterstraat) waar lord John Henry de Villiers gewoon het. FOTO: SWELLENDAM­MUSEUM


24 Standard Vallei se sportlegende

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

JOLINE VAN DER MERWE Niel “Straat” Jordaan van Rawsonville is ’n legende onder sportliefhebbers in die Vallei. Hy het ontelbare medaljes ontvang vir deelname aan toutrek en gimkana en talle kere Suid-Afrika in dié sportsoorte op internasionale vlak verteenwoordig. Maar Jordaan is ook ’n toegewyde man, pa, oupa, boer en sakeman. Hy vertel trots dat hy die agtste geslag Jordaan in die Rawsonville-streek is. So tussendeur die geselsery neem hy my op ’n toer Niel “Straat” Jordaan spog met van die medaljes wat hy vir van sy medaljes – wat eint- toutrek en gimkana ontvang het. FOTO: JOLINE VAN DER MERWE lik maar die hele huis vol hang. Trots verduidelik hy waar ’n foto ge- mens vir ’n uur gaan kuier en sommer vir neem is of wanneer hy daardie sertifikaat ont- aandete bly – met al die staaltjies wat hy te vertel het. Hoewel die Jordaans primêr winvang het. In 1993 het Jordaan die eerste keer Spring- gerdboere is, hou hulle ook beeste, perde en bokkleure ontvang vir gimkana en in 1997 het skape aan. Een van sy grootste prestasies is die Faurehy Springbokkleure behaal vir gimkana én smith-uithourit wat hy in 2013 voltooi het. Dié toutrek. Dit wil gedoen wees! In die gang wys hy my die foto’s van sy kin- 201 km-uithourit word as een van die moeilikders, Johan en Lizette, albei reeds getroud en stes ter wêreld beskou. “Dit is nie die moeilikste weens die afstand met kinders van hul eie. “Ek, my pa, Jan Straat, Johan en Lizette was nie, maar aangesien mense op drie agtereenhoofseuns (hoofmeisie in Lizette se geval) van volgende dae lang afstande moet aflê.” Vir ontspanning hou Jordaan daarvan om Hoërskool Goudini,” beduie hy na ’n foto van perd te ry en tyd met sy vrou, Winnie (met hulle vier in hul skooluniform. Aan sy pratery kan ek hoor dat hy ’n diepge- wie hy reeds 37 jaar lank getroud is), kinders wortelde respek vir die geskiedenis van veral en kleinkinders deur te bring. Hulle het reeds sy omgewing het. Lêers vol foto’s van brûe in drie kleinkinders met ’n vierde op pad. Hy sê dit is belangrik om terug te gee aan die Rawsonville-omgewing en inligting oor wanneer dit gebou is, lê sommer gereed vir die gemeenskap en het veral ’n passie vir senior burgers. “Die Here het ’n blymoedige gewer my om deur te blaai. Die Jordaans is die soort mense by wie ’n lief,” is Jordaan se leuse.

REGISTERING TO IDENTIFY SKILLS: Hundreds of unem­ ployed Zweletemba residents streamed to the Zweletemba Sta­ dium on 14 February to register on the Zweletemba Develop­ ment Forum’s data­ base. The aim is to have a list of unem­ ployed persons in the area and what their skills are so that it is easier to make con­ tact with them when work opportunities arise. PHOTO: JOLINE VAN DER MERWE

SKENKING: Die bekende sangeres Jennifer Zamu­ dio (regs) het Woensdag 350 maaltye van die Acorn­stigting se voedsel­ reeks aan die Nuwerus te huis vir bejaardes ge­ skenk. Annabe Coetzee van Nuwerus was saam met Zamudio by die oor­ handiging. FOTO: JOLINE VAN DER MERWE


Standard

Promosie Promotions

27 Februarie, 2014

25

Nywerheidsgebied is Worcester se groot trots Worcester se nywerheidsgebied bied ’n verskeidenheid dienste ’n hanetree van mekaar af. Boonop is die plaaslike nywerhede van die grootste werkverskaffers in die streek. Ry verby enige plaas in die land en die moontlikheid is groot dat jy ’n plaaslik vervaardigde watertenk of twee daar sal sien pryk. Plaaslik vervaardigde riffelkarton word aan kliënte oor die land voorsien. Talle kontrakteurs lewer ook dienste aan die nywerheidsektor. Danksy dié nywerhede woon en werk hier talle kundiges wat hul diens aan die bedryf verskaf. As jy ’n duik in jou voertuig wil laat uithaal of dalk ’n nuwe voertuig wil koop of net laat opknap, kan jy dit alles doen in die nywerheidsgebied. Behalwe die instandhouding van masjinerie word onder meer sekerheidsdienste en skoonmaakdienste ook deur kontrakteurs verrig. Worcester se nywerhede lewer ’n groot aantal dienste reg op Valleiers se voorstoep.Verby is die dae dat inwoners na die Kaap moet ry vir produkte en dienste. Met die reuse verskeidenheid nywerhede hier in Worcester moet Kapenaars dalk een van die dae hier kom sake doen. Die Worcester-nywerheidsgebied is ’n miernes van bedywighede met die vervaardi-

ging en vervoer van vrugte, inmaakvrugte, hoenders, asook druiwe, wyn en brandewyn. Hoewel laasgenoemde die Breedevallei se bekendste uitvoerproduk is, is hier talle ander produkte wat ook vir die wêreldmarkte vervaardig word. Van die inmaakvrugte en wyn word op tafels oor die wêreld geniet en brood word van die Weskus tot Suid-Kaap versprei. Hier is waarlik ’n wye verskeidenheid produkte – van dierevoer tot dakbalke en palette.

Groot maatskappye versprei hul produkte vanuit Worcester na die res van die land.

Wanneer jou motor onverwags breek, is die betroubare insleepvoertuig 24 uur beskikbaar om jou tot diens te wees. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Alles wat jy kan nodig kry vir jou motor – van bakwerk tot wiele en motoronderdele – is en­ kele treë van mekaar te vind in Worcester se nywerheidsgebied.


26

Standard

27 Februarie, 2014

Promosie Promotions

IN ’N JAPTRAP: Herstelwerk aan jou beminde mo­ torfiets kan ook in die industriële gebied gedoen word. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

BILLIKE VARS VLEIS: Met sy eie abattoirs in die industriële gebied kan Worcesteriete verseker wees van vleis teen kosprys.


Standard

Gemeenskapsnuus Community

INSTANDHOUDING: Renjaer of ’n gesinsman wat elke dag jou kinders skool toe ry met jou motor, als wat jy sal benodig om dit instand te hou is hier beskikbaar.

27 Februarie, 2014

27

GHOLFDAG: Die Sean Kelly Sentrum vir Sensories Gestremdes se groephuis het ver­ lede week sy jaarlikse gholfdag by die Worcester­gholfklub gehou. Sowat 31 spanne het aan die gholfdag deelgeneem en die sentrum het R70 000 ingesamel. Volgens Nicky Labuschagne, bestuurder van die sentrum, word die geld aan die groephuis geskenk waar 14 gestremde kinders daarby sal baat. Labuschagne sê die groephuis is ’n plek vir gestremde kinders wat verwaarloos is en wie se ouers op plase woon waar daar nie dienste vir gestremdes verskaf word nie. Sy het ook die gholfdag­ko­ mitee en al die borge bedank wat die geleentheid so ’n reusesukses gemaak het. Van links is Johann de Klerk (gholfklub­president), Eddie Nortier sr., Jaco Naude (gholfklub­kaptein) en Pierre Rousseau, wat gesamentlik die gholfdag met 117 punte gewen het. FOTO: MATTHEW SHELDON

REPORT CARD: The Western Cape minister for sport and recreation, Dr Ivan Meyer, visit­ ed Worcester and Robertson to share the sto­ ry of the DA’s successes since 2009 when they took over leadership of the Western Cape. The meeting in Worcester was held at the Town Hall on Monday 24 February. Mey­ er told residents that within the DA’s first term since taking over the Western Cape they brought more new schools, new hospi­ tals, higher access to basic services and more jobs than in any other province in South Africa. He did, however, explain that there is more work to be done and shared with the residents how they can continue making progress and put an end to poverty.

PHOTO: MATTHEW SHELDON

BAIE HANDE MAAK LIGTE WERK: Die Breedevallei Munisipaliteit se beamptes is besig om langs die paaie skoon te maak. Nik Wullschleger, voorsitter van die Worcester Besigheids­ forum sê om Worcester skoon te hou is alle Worcesteriete se verantwoordelikheid en iets wat saam onder die Skoon en Groen Worcester­projek se vaandel aangepak moet word.

Movies at Nu Metro Don’t forget that Nu Metro Mountain Mill now has a 3D cinema. Whether you want to see the action like it’s real, or just want to continue being a movie lover in any format, here’s this week’s screen times (28 February to 7 March): • The Frozen Ground (16 DLNSV) Friday (28 February), Sunday to Friday (2 to 7 March) 12:30, 15:00, 17:30, 20:00. Saturday (1 March) 10:00, 12:30, 15:00, 17:30, 20:00. • Pompei 2D (16V) Friday, Sunday to Friday 12:15, 14:45, 17:15, 19:45. Saturday 09:45, 12:15, 14:45, 17:15, 19:45. • The Nut Job 3D (PG) Friday, Sunday to Friday 12:45, 15:15, 17:45, 20:15.

Saturday 10:15, 12:45, 15:15, 17:45, 20:15. • Pad na jou Hart (7–9 PGV) Friday, Sunday to Friday 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. Saturday 09:30, 12:00, 14:30, 17:00, 19:30. • Faan se Trein (10–12 PG) Friday, Sunday to Friday 11:30, 14:15, 17:00, 19:45. Saturday 09:00, 11:30, 14:15, 17:00, 19:45. Visit the Nu Metro Mountain Mill ticket counter or www.numetro.co.za for more information. Schedules are subject to change without prior notice. Visit www.worcesterstandard.com and click on “tell your story” to upload a review and stand a chance to win two movie tickets.


28

Standard

Gemeenskapsnuus Community

27 Februarie, 2014

Hier spog die klomp fikse senior burgers van die Worcester Senior­ sportklub met hul nuwe uitrustings saam met afrigter John Cupido (voor, vyfde van links). FOTO: MATTHEW SHELDON

‘Gesonde liggaam huisves gesonde gees’ “ ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees.” Dit is die Worcester Seniorsportklub se slagspreuk op hul wapen. Die klub, bestaande uit ’n groep senior mans almal ouer as 60 jaar, gaan deesdae van krag tot krag. Nadat die klub in Maart 2013 met slegs agt lede begin is, bestaan die klub tans uit 36 lede en groei dit byna weekliks. Die klomp, met ouderdomme wat wissel van net oor die 60 jaar tot diep in die 70 - met die oudste lid, Rudolf Amsterdam, ’n pragtige 78 - kom Dinsdae en Donderdae tussen 10:00 en 11:00 in die Binnenshuise Sentrum (Ou Gemeenskapsaal) in Van Huyssteenlaan byeen. Die lede word onder die bekwame leiding van hul fiksheidsafrigter, John Cupido, afgerig, onder meer in stap, gewigs- en strekoefeninge. Omdat van die lede ook maar

met uiteenlopende skete sukkel, word die oefeninge juis so aangepas om almal se kwale in ag te neem en ’n gesonde liggaam in die proses op te bou. Cupido sê die behoefte raak groot in die gemeenskap en elke dag is daar een of twee mense wat aansluit. “Die hoofdoel is om die basiese behoefte van fiksheid aan te moedig. “Dis so jammer ons is net mansmense. Ek wil graag hê van die vroue in die gemeenskap moet na vore kom om ons senior vroue ook te help om hul fiksheidspeil te verhoog,” sê hy. Onder die lede tel verskeie rugby-, sokker- en krieketspelers van weleer terwyl ’n hele paar oudatlete ook deel vorm van die groep. ’n Lekker ontspanne gees heers onder die manne en daar is altyd gesonde wedywering onder hulle om die oefeninge baas te raak.

BEGAAFDE VROU: Die talentvolle Maselomie Louw (35) van Roodewal is op 16 Maart om 15:00 in die Aan De Braak­tea­ ter in Stellenbosch op die planke te sien. Louw gaan die karakter Jy in die produksie Eva vertolk vir die Woordfees. Vir Louw is dit ’n groot geleentheid omdat sy met bekendes soos Lancea Crafford, Jan Styers, Grethe van der Merwe en Johan Valke gaan optree.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

CD BEKENDGESTEL: Een van Worcester se eie country sangers, Marius Swart (45), het Saterdagaand 22 Februarie by die NG Worcester Vallei­kerk­ saal sy tweede CD Treasures down the country road uitge­ reik. Marius sê hy is baie dankbaar vir al­ mal wat betrokke is by die maak en op­ neem van sy CD’s. FOTO: MATTHEW SHEL­ DON


Standard

Geklassifiseerd Classifieds

27 Februarie, 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

STERFGEVALLE 1005

KELLY, JOHN. Aan ons geliefde pa en oupa, jy is verlos van jou pyn. Ons gun jou die rus, veilig in Jesus arms. Van kinders en kleinkinders.

29

BELELIE, LILY. Met mooi herinneringe neem ons afskeid van ons geliefde suster en tante. Rus in vrede. Van Benn-, Abrahams-, Africa-, Anthony-, Benjamin-, Du Toit-, Siebritz- en Mabole-familie. HENDRIKS, MARTHA. Woorde kan nie beskryf hoe ek voel, maar ek berus in God se wil. Dankie dat ek jou laaste minute op aarde met jou kon deel. Mamma het net gewag tot ek wegkyk toe blaas jy jou laaste asem uit, maar daar waar jy nou is, is geen pyn en lyding. Ek gun jou die ewige rus en weet dat ek jou geroep baie gaan mis. Van jou dogter, Elizna.

JUTA, ELIZABETH. Mamma 01.03.2013 is jy van ons weggeneem. Dankie vir die mooi herinneringe wat jy nagelaat het. Van man, kinders en kleinkinders.

LANGEVELD, LOUZINDA. Rus in vrede, Mamma, suster, skoonma en ouma. jou pyn en lyding is nou verby. Jy is nou weer saam met Pappa. Baie dankie vir al jou liefde. Marius, Elizma, Marinus, Gerhard, Linda, Burtie en Maryna.

HENDRIKS, MAGDA. Aan 'n wonderlike ma en skoonma ons begroet u met liefde. God se plan is volmaak. Ashley en Ammerentia Hendriks.

STEENKAMP, PEDRO. Daddy, u stem is stil, u plek is leeg. Wat God gedoen het is welgedaan. Sal altyd die mooi herinneringe in ons harte koester. Van jou 2 kinders, Caren, Granville, kleinkinders en agterkleinkinders.

FORTUIN, MARY. You will be missed. Hair Zone, Leon. Curl up and dye, Bernie. Hair Creation, Karin, Roxy and Eleanor. Roxzann, Fabian, Nolan and JONKERS, JOEY. Graag Evaeno. Adios, Mary. wou ons jou geluk sĂŞ op jou 70ste verjaardag die NICO, JOHN. Ons sal jou 25ste Februarie, maar God mis, Toffie, maar gun jou het anders besluit. Geniet die ewige rus. Van Joanie, dit tussen die engele. Jou kinders en kleinkinders. broers, susters en kleinkinders. NICO, JOHN. Met leedwese neem ons afskeid van Toffie. Tot ons weer ontmoet. Van Florina, Samuel Haas en gesin en Nuku-familie.

SWARTBOOI, HELEN. Beautiful memories silently kept, of the one we loved and will never forget. Happy heavenly birthday on 26 February, Mom. Love always, Dewey and Anesty.

HENDRIKS, MARTHA. Ons het gehoop jy gaan huis toe kom, maar God in Sy wysheid besluit om jou STEENKAMP, PEDRO. na Sy huis te neem. Baie Pedro, ons sal jou altyd mooi herinneringe sal ons SWARTBOOI, HELEN. onthou soos jy was. Jy laat altyd bybly. Van kinders en Sunshine passes, shadows 'n leemte in ons harte, kleinkinders. fall, love's remembrance maar ons berus ons outlasts all and though the daarby. God het jou pyn years be many or few they HENDRIKS, MARTHA. geken. Dankie dat jy deel are filled with loving Those we hold closest was van ons. Van Daniel, remembrance dear of you. never leave us, they live Relda en kinders. on in the kindness they've Edwill, Karin and Nathan. shared and the love they STEENKAMP, PEDRO. Ons mis jou alreeds. Rus in brought into our lives. We will miss you, Grandma. vrede. Van Mollie en kinFrom Collenecia. ders.

NUKU, MARIA. Ma, jy het gedoen wat jy kon en meer. RIP. Krissie en kinders. NUKU, MARIA. Ma, dankie vir jou liefde. Ons mis jou alreeds. RIP. Apollis, Lorraine en kinders.

IN MEMORIAM 1015

AMSTERDAM, RIA. Geb. 03.03.1953. Gest. 01.01.2012. Op 03.03.2014 is dit jou tweede verjaardag weg van ons. Ons mis jou baie en sal jou altyd onthou. RIP. Edward, Edwill, Ruth en Ricky.

NUKU, MARIA. Ma, het die wedloop voltooi. Ons gaan Ma mis. Liefde, Adlers. BELELIE, LILY. Geb. 20.10.1941. Gest. 19.02.2014. Ons het 'n liefdevolle en dierbare ma, ouma en oumagrootjie verloor. Haar lewe was vir ons 'n voorbeeld om na te volg. Die gemis sal altyd groot wees, maar die soete herinneringe sal ons altyd in ons harte koester. Van Nawaaldien, Faghmida, Mayronisa, John, Shakeel en Raeesha.

JANSE VAN RENSBURG, ANNA MAGRIETHA. Ons kan nie glo die tyd het so vinnig geloop waar ons moes afskeid neem van Ma nie, maar ons weet jy is gelukkig in die hemeltuin. Ons mis jou elke dag. Lief jou Mams. Antoinette, Koos, Astraza, Lee, Pieter, Juliene, Jody en Angelique.

NEETHLING, SALLY. 25.02.2014. Your first birthday away. Miss you. George.


30

Standard

Geklassifiseerd Classifieds

27 Februarie, 2014

DIENSTE

GESOEK

HUISE TE KOOP 2425

2420

GESOEK 6 of 12m vraghouer. Kontantkoper. Sel 083 702 2826. VOERTUIE

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP

3275

HUIS te koop na aan Spar. Meiringspark. Volledig gemeubileerd. 3-slaapkamers plus 3-vertrek woonstel. Motorhuis vir 4 motors en afdak vir 2 voertuie. R920 000. 082 480 2568. EIENDOMME GESOEK OM TE KOOP

3075

DADELIKE KONTANT. Vir lopende en nie-lopende voertuie is welkom. Skakel, sms of pcm na 079 544 2824. GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

1030

LENINGS 1445

BRIDGING cash while waiting for pension/package payout (lumsum only). Ph. (021) 949 0930. PERSOONLIK 1460

RAAI wie is 40? Baie geluk. Mag God jou ryklik seën. Van jou werkgewer.

DAAMES, DILLON. 24.02.2014. Guess who is turning 21? Dilly-D. Gods richest blessings. Love, uncle Taswell, Mammy Realan and Taryn.

ALGEMEEN 3680

WOONSTELLE TE HUUR

FARM position available. Farm near Touws River has 3250 a position available for a couple. Previous experiTE HUUR. 1 slpk. woonence working on a farm stel, onmiddellik beskikpreferred. Duties would baar vir 2 persone. R2600 p.m. water ingesluit, koop- include taking care of farm animals, irrigation, fenkrag, DSTV konneksie cing, weed control and any beskikbaar, privaat geleë. work that may arise on Skakel Nicolene by (023) farm environment. Posi342 2653. tion for the women would include similar work, also OUMAWOONSTEL te huur Johnsonspark 2. Kon- cleaning stables, garden work, and cleaning houses. tak 078 375 7998. Position requires working some weekends. Couple EENSLAAPKAMERmust be honest, reliable WOONSTEL in Meiand of sober habits. Conringspark beskikbaar 1 tactable references requiMaart. Huur R2 375 per red. For more info contact, maand. Deposito R3 500. (023) 358 1035. Skakel 083 324 7650. GESOEK

VERSKEIE wonings te huur: www.rentbay.co.za

ELEKTRIES TOEBEHORE 1620

SAKE

TE KOOP 2405

RESTAURANT in Middedorp te koop. Kontak eienaar 082 416 5590. DIENSTE 2420

CAR spraypainting. Repairing all accident motor vechicles. Call for free quotes. 072 473 4427. CAR WASH. Tyres, dash, wash, vacuum R50. Wash & dry R30. Mini valet R350. (behind King Cycles) 072 473 4427.

ROSSIE VAN WYK is 60. Baie geluk, van seun, skoondogter en kleinkinders.

3600

3205

TE KOOP

RAAI wie word 6 en 7? Geluk Aydan en Zaydan. Van Mammie, Mamma, Rodrick en Shu-Haydan.

KOERIERDIENS tussen Worcester en Wolseley op daaglikse basis. Skakel 071 502 6826.

COMPUTER Specials!! Pentium 4's from R1 299. Refurbished with warranty!! Contact Dolf Uys 072 705 8577.

BETREKKINGS

EIENDOMME

TE HUUR

BAIE geluk, oupa Wang se OPLEIDING & oudste kleinkind, Dillon. OPVOEDING Van Oupa, Lizel, Diena, 1480 Mickaly, Meggan, Hayly en CONVERSATIONAL Wayline. XHOSA. Macro needs and mini skills groups and inhouse. Call 082 840 6552. renee.language@gmail.com.

BAIE geluk met jou 50ste verjaardag, AJJ. Van vrou en kinders.

STEM en herstel van klaviere. Alle areas. Professioneel. Skakel 082 704 3276.

3301

SOEK gewone Roodewal huis om te koop onmiddellik. R110 000. Kontak 023 347 8704.

3601

SOEK charwerk Dinsdae en Donderdae. Tercia. 083 929 4312.


Geklassifiseerd Classifieds

Standard

27 Februarie, 2014

31


32

Standard

27 Februarie, 2014

Geklassifiseerd Classifieds


Standard

Promosie Promotions

27 Februarie, 2014

Mall Mews – veilig en stylvol Die nuwe Mall Mews-ontwikkeling naby die Mountain Mill Mall en die aanliggende nywerheidsontwikkeling laat huurders behoorlik toustaan vir die geleentheid om naby hul werkplek te woon. So sê Henry Hall van Bouplan Argitektuur. Erwe in dié eksklusiewe ontwikkeling wissel van R252 000 tot R360 000. Realtors International bied kopers ook turnkey-opsies vanaf R620 000, wat alle kostes insluit. As jy ’n beleg-

ger is of ’n eenmanwoonstel in ’n omheinde omgewing soek of veilig saam met jou gesin in ’n pragtige woning in die Kaapse boustyl wil bly, is Mall Mews die plek vir jou. Hall is verantwoordelik vir die toepassing van argitektoniese riglyne wat Mall Mews se boustyl eenvormig hou en jou belegging se volgehoue waarde verseker. Dié eiendom is vir jou as jy: . ’n Belegger is wat naby ’n vinniggroeiende ontwikkelingsone in die Boland wil belê.

STYLVOLLE EENVOUD: Die voorgestelde sy­ aansig van die nuwe ontwikkeling by die Mall Mews.

. Eenmanswoonstel: Die ontwikkeling bestaan uit dorpshuiserwe en enkelerwe. Vir die enkellopende persoon of ouer persone bied die erwe ’n unieke toesluit-en-gaan-leefstyl in ’n veilige, oomheinde omgewing. . Gehalte gesinslewe: Die groter erwe bied aan elke gesin meer geleentheid om die buitelewe te geniet en om ’n geriefliker gesinswoning te laat ontwerp. Vir meer inligting, bel Henry Hall by 083 227 6827 of vir Carené Schelhase van Realtors International by 084 577 3858.

33


34

Standard

Sport Sport

27 Februarie, 2014

Ajax beaten by Idas Valley

Doubles moes knie buig Double Foot Shooters moes die afgelope Sondag (23 Februarie) in ’n vriendskaplike wedstryd teen Eleven Experience die knie buig met 2-1. Die wedstryd het vinnig afgeskop met Elevens se voorspeler, Romano Adams, wat in die vyfde minuut die nette laat raas het. Adams het die goeie spel van sy middelskakels Etienne Jansen en Shaun February goed afgerond. In die 20ste minuut het Doubles ’n goeie beweging op tou gesit toe die jong middelskakel Zandré Appels sy ’n skoot net-net wyd van die doelhok gestuur het. Elevens, wat baie balbesit gehad het, het in die 25ste minuut ’n goue kans verbrou om sy voorsprong te rek. Dié span se voorspeler Danver Willemse kon nie sy middelskakels se goeie aangee afrond nie. In die tweede helfte het Doubles meer druk op Elevens toegepas en Danwill Nimrod het met ’n goeie lopie vorendag gekom, maar kon net nie die beweging afrond nie. In die 50ste minuut het Doubles

gelyk getrek toe sy voorspeler Caediz September die goeie samespel van Cameron Swartz en Nimrod goed afgerond het. Die telling was toe 1 elk. Kort hierna het Elevens se Romano Adams weggebreek tot in die doelgebied waar hy neergevel is. Elevens het ’n strafdoel gekry, maar hierdie poging het misluk. Doubles wou egter nie tou opgooi nie en sy middelskakels het pragtig gekombineer om Nimrod in besit te stel. Elevens se doelwagter, Heylian Sebenje, het egter met briljante keerwerk sy poging gestuit. Kort voor die einde van die wedstryd het Elevens se Handré van Wyk die wendoel vir sy span aangeteken toe hy met ’n goeie dryfskoot buite die doelgebied sukses behaal. Elevens het met 2-1 gewen. Elevens se o. 13-span het Saterdag 22 Februarie op Esselenpark vir Doubles met 6-3 geklop, terwyl die o.15-span met 2-2 in ’n vriendskaplike wedstryd gelykop gespeel het.

Ondersteun vir Perseverance Worcester Perseverance speel eerskomende Saterdag 1 Maart sy eerste vriendskaplike wedstryd teen Evergreens van Pachalsdorp op Brandvlei. Ondersteuners word gevra om

die klub te ondersteun. Die bus vertrek om 13:00 van die Esselenparkstadion af. Die vervoerkoste beloop R20. Vir navrae, bel Boetie Hattingh by 0 082 528 9945.

OM HIER TE ADVERTEER SKAKEL 023 347 0968

MATTHEW SHELDON A struggling Boland Ajax lost 4-2 to Idas Valley in a Safa Cape Winelands SAB league match on Saturday 22 February. The two teams went head-to-head on Zweletemba’s turf grounds. Ajax, who are newcomers in this league, were in need of a win after losing twice in a row in their previous fixtures. The match started off at a blistering pace as both teams fired shots at each other’s goals, giving both goalkeepers a difficult task of keeping a clean sheet. It was, however, Idas Valley (from Stellenbosch) who got the better of Ajax’s goalkeeper by scoring two goals in quick succession. The score was 2-0 in Idas Valley’s favour. Shortly hereafter, Ajax’s captain and striker Khaya Mbobo, managed to latch onto a pass from the midfield and manoeuvred his way through IdasValley’s defensive setup before taking a shot at close range. Just before half-time Mbobo brought stability to another defence-splitting pass which came from a cross ball. He then broke again through Valley’s defence and drove the ball straight into the net to level matters at 2 each. According to Tumi Thibogang, chairman of Ajax, he was satisfied with the goals that both came from build-up play, but was overall un-

Boland Ajax recently lost 4­2 to Idas Valley in a Safa Cape Winelands SAB league match. PHOTO: MATTHEW SHELDON happy with the lacklustre performance. The second half told a different story of a struggling Ajax team. “It seems to me as if our players are over confident. They are not playing like a team who support each other at the moment. We can’t seem to score goals and our defenders are lazy,” stated an unhappy Thibogang. Valley began to apply extreme pressure in the second half by launching attack after attack, stretching Ajax’s defence. Eventually their determination paid off

when they scored another goal, breaking the tie. Ajax did everything they could to remedy the situation, but their shots at a goal were constantly either wide or deflected off Valley’s goalkeeper’s hands. Moments later Valley were on the attack again and, with their power and pace, scored another goal, increasing their lead by two goals. The final score was 4-2 in Valley’s favour. Ajax will play against Mbekweni Sundowns on Saturday (1 February) in Paarl. The match will kick-off at 15:00.

BREEDE EIENDOMME

Karaktervolle wenner Property Sell Direct bied hierdie week ’n goedversorgde, veelsydige eiendom met perfekte ligging aan voornemende kopers. Hierdie woonhuis met sy vier slaapkamers en twee badkamers met ’n addisionele eenslaapkamerwoonstel is op ’n ruim hoekerf in die Paglande geleë. Die karaktervolle woning met sy ouwêreldse sjarme bied pragtige houtvloere en ruim leefareas. Die eiendom het besigheidsregte en kan dus as ’n familiewoning óf besigheidsperseel benut word. Die gebou is pragtig opgeknap met

moderne afwerkings, genoeg ingeboude kaste, ‘n binnebraai, klein swembad en lugversorgers vir daardie warm somersdae. ’n Enkelmotorhuis, motor-afdak en addisionele parkering voltooi die prentjie. Die eiendom is gerieflik geleë naby die middedorp, skole en hospitale. Voldoende sekuriteit word gebied in die vorm van sekuriteitskameras, ’n alarmstelsel en veiligheidsheinings. Skakel Property Sell Direct by 0 072 388 1445 of 0 023 342 2214 vir meer inligting of besigtiging.


Standard

Sport Sport

Racing (1/3/2014) ville

27 Februarie, 2014

Saturday Durban-

Race one: Welcome To Durbanville Maiden Juvenile Plate (fillies) 1 000 m: Favourite Race two: All To Come Maiden Plate (F&M) 1 200 m: 1. Dinesen (1) 2. Tequila Fizz (5) 3. Take A Risk (7) 4. Bye Bye Black Bird (8) Race three: Soccer 6 Maiden Plate 1 400 m: 1. Mister Matchett (1) 2. Nitro-G (5) 3. Cool Panther (2) 4. Knighted (9) Race four: Rugby 5 Maiden Plate (F&M) 1 600 m: 1. House Of Lorraine (1) 2. Alberts Gem (3) 3. Dancing Judy (9) 4. Goldiva (5) Race five: FM 76 Handicap 1 000 m: 1. Maties Wildekat (5) 2. Emma De lago (AUS) (8)

3. Run Like Hell (3) 4. Skipping Gal (6) Race six: Divided Handicap (MR 88) 1 600 m: 1. Simonsberg (6) 2. Epic Tale (3) 3. Man From Japan (1) 4. Sussex Song (2) Race seven: Racing Association Divided Handicap (MR 71) 1 600 m: 1. Our Jet (3) 2. All About The Dash (2) 3. Black Pegasus (6) 4. Oratius (AUS) (1) Race eight: Maiden Plate (F&M) 2 000 m: 1. Jet Turbine (1) 2. Midnight Magenta (3) 3. Tiawara Tigress (5) 4. The Queen Vic (4) Place Accumulator: 1x1,2,5x1,3x3,4,5x1,3, 5,6x1,2,3,6x1. Jackpot: 1,3x1,2,3,4,5,6,8x1,2,3 ,4,5x1,2,3,6,7. Pick 6 (10c unit): 1,2,4,5,9x1,3x1,2,3,4,5 ,6,8x1,2,3,4,5,6x1,2,3, 6,7x1.

KAMPIOENE: Die Worcester­tennisklub se eerste­ en tweedemanspanne het albei hul titels as ligawenners van die Noord­Boland Unie die afgelope seisoen suksesvol verdedig. Bo is die eerstespan (regs) Len Barry Simons, Casper Gous, Nicol du Bois en Pierre Fourie, wat ook onlangs die Charles Morkel­skild verower het deur Suid­Boland se ligawenners, Van der Stelklub van Stellenbosch, met 5­1 te klop. Die tweedespan (links) is Nick Prince, Hannes du Bois, Francois Louw, Pieter le Roux en Ian Swanepoel.

Mustang weer in die kol met voorspellings Die Standard se wedrenwenker, Mustang, het verlede naweek puik gevaar met sy wenke vir die wedrenbyeenkoms op Kenilworth. Mustang het ses van die nege wenners onder sy keuse gehad waaronder Hot Ticket, wat in die eerste hoofwedren, die Lektron Chairman’s Cup, oor 3 200 m met die louere weggehardloop het. Mustang se tweede keuse, Jeppe’s Reef, was boonop in die tweede plek. In die tweede hoofwedren, die Two Oceans

Paul Roos teken 104/8 aan. Drostdy teken slegs 74 lopies aan en verloor ’n spannende wedstryd met 30 lopies. HTS Drostdy: Krieket: o.15A speel teen Charlie Hofmeyr. Charlie Hofmeyr kolf eerste en teken 74 lopies in 20 boulbeurte aan. Drostdy steek hierdie telling verby met sewe paaltjies plat en wen dus met drie paaltjies. o.19A speel teen Paul Roos.

35

Jukskei: Yvette Harding word as kaptein van die Boland Jukskeispan gekies. Die span verdien goud in die Plaat-afdeling. Hiermee verwerf Yvette Wes-Kaapkleure. Tennis: Die seuns se derde span wen 4-2 teen Montana se tweede span. Die meisies speel gelykop. Seuns eerstespan speel gelykop teen Bonnievale.

Racing Prix Du Cap, het Mustang se tweede keuse, Priceless Jewell, gewen, terwyl sy eerste keuse, Lanner Falcon, tweede was. Mustang se ander weners was Surrey (eerste wedren) en King Voldt (tweede wedren). In die derde wedren het Mustang se tweede keuse, In Limine, gewen. Sy eerste keuse, Paradise Horse, het die tweede plek behaal. Een van Mustang se ander plek-keuses, On the Nod (agtste wedren), het eerste die wenpaal verbygesteek.

Seuns tweedespan wen 6-0 teen Robertson. Meisies eerstespan wen 6-0 teen Robertson. Seuns derdespan wen 6-0 teen Worcester Gimnasium. Meisies tweedespan verloor 5-1 teen Worcester Gimnasium. Skaak: Noord Boland Skaaktoernooi: Alanique Mei brons by o.16-meisies, Albrecht van Zyl silwer o.16-seuns en Conrad Roux brons o.16seuns, Monique Kitshoff brons o.20-meisies en Ruben van der Schyff goud o.20mans.

Die spanne sal gedurende die week aangekondig word. Toutrek: Die uitslae is as volg: 400 kg 440 kg 480 kg 520 kg 560 kg 600 kg

– – – – – –

2de, 4de, 7de, 8ste 1ste, 3de 1ste, 2de 2de 2de, 3de, 4de 2de, 3de

MEISIES: 440 kg – 3de, 4de 480 kg – 1ste, 3de 520 kg – 2de

Gholf Bonnievale (72): Enkel-Stableford: N. van Zyl 41, A. van Wyk 41, S. Wentzel 40, W. van Zyl 39, W. van der Merwe 39, M. Botha 39. Ceres (72): Samespel-Stableford: E. Swart en D. Swart 49, M. du Bois en C. Nieuwoudt 48, W. van Heerden en K. Prinsloo 48, S. de Waal en C. Muller 46, C. Meyer en H. Bester 45, H. Lanhans en C. Behm 45. Montagu (72): Enkel-Stableford: E. Stemmet 43, R. Bruwer 39, S. Steyl 37, D. Thornton 36, D. Thornton 36, J. Nolan 35, K. Esterhuyse 35. Riverside (72): Enkel-syferplus: N. Macpherson +4, P. Minnaar +3, R. Savahl +1, N. Uys gelyk, S. du Toit gelyk, C. Noble -2. Robertson (72): Houespel: B. Bosch 70, J. Geldenhuys 71, R. de Jongh 72, P. Winterbach 72, W. van Deventer 73. Worcester (72): Enkel-Stableford: P. Nel 44, D. Boshoff 42, B.Oosthuizen 41, J. Thiart 38, W. Smit 38. Krieket Boland (Premierliga) Maties t. Worcester United: MATIES 169/3 (Gideon Conradie 82, Emile Kriek 38). WORCESTER 65 (Zander Smith 4/24, Niel Botha 3/5, James Groom 2/20. Maties wen met 104 lopies. Robertson t. Hermanus: ROBERTSON 123/6 (Brandon Erasmus 50, 4x4, M. Beekman 26, 2x4; Derick Brand 2/20). HERMANUS 103/7 (Gerhard Ferreira 46, 3x6, 3x4; M. Beekman 3/25). Robertson wen met 20 lopies.


27 Februarie 2014

‘Blacks en Boks’ meet mekaar se kragte

United Bulk Villagers het die afgelope Saterdag 22 Februarie vir Protea RVK van Bo­De Doorns in versengende hitte met 39­12 op hul tuisveld die loef afgesteek.

RUGBY: HITTE EIS SY TOL

Villagers wen oortuigend United Bulk Villagers het die afgelope Saterdag vir Protea RVK van Bo-De Doorns in versengende hitte met 39 -12 op hul tuisveld die loef afgesteek.

Villagers se Herchel Grove was die eerste om die rekening met ’n onverdoelde drie te open. Kort hierna het Villagers se heelagter Yaya Johnson agter die pale gaan kuier. Villagers se Nazier de Sousa se drie is ook onverdoel en die telling op 15-0 in Villagers se guns te staan gebring. Oomblikke later het Villagers se skrumskakel, Louis Carstens, ’n goeie 50 m-lopie ingekry om die rustydtelling na 20-0 te rek. Ná rustyd het Villagers verskeie kombinasies getoets. Hulle is totaal aan die slaap gevang toe Protea se vleuel, Tertius Noble, ’n vinnige strafskop geneem het en sonder dat ’n vinger op hom gelê kon word, onder die pale gaan druk het. Noble se skoppoging was onsuksesvol (telling 20-5). Villagers se senter Eduardo Fourie het Proteas se verdediging aan flarde

geruk en Kirwan Horsemend weggestuur vir ’n drie om die telling 25-5 te maak. ’n Paar minute later het Girshen Wentzel (Villagers) die bal op die halflyn ontvang en die opposisie met sy spoed geklop voor hy die bal vir Cliven Mallies aangegee het wat ’n drie gedruk het. Jaylen Fortune het die telling 32-5 gemaak met sy doelskop. Namate die hitte sy tol geëis het, het Proteas sterker deurgekom met vleuel Andrew Plaatjies wat ’n drie aangeteken het. Noble het verdoel om die telling na 32-12 op te skuif. Die beweeglike Villagers-stut Yasherie Kariem het egter laaste gelag toe hy die laaste drie van die dag gedruk het. Fortune het verdoel om die eindtelling 39-12 te maak. .Eerskomende Saterdag 1 Maart speel Villagers op Bolandpark (Worcester) in die nuwe kompetisie teen Belhar RVK, wanneer die Gemeenskapsuitdaagbeker-kompetisie (GUB) afskop. Die GUB word beslis tussen vier spanne van die Westelike Provinsie en vier van die Bolandstreek. Hekke open reeds om 12:30.

Vir die eerste keer ná 1996 het die haka -kreet weer die afgelope Saterdag 22 Februarie oor Esselenpark weergalm toe Charlie “Mccaw” Beukes die manne in swart opgeroep het tot die stryd. Die geleentheid was die ‘Blackboks’-kragmeting tussen die plaaslike All Blacks en Springbokke en is deur die Junior Stadsraad (JSR) aangebied. Die spanne is onderskeidelik afgerig deur Iven Klein en Richie Soldaat. Die kaptein van die Springbokke was Ihron Beukes, terwyl Jowayne Brooks die All Blacks-span gelei het. Toentertyd het die NZ All Blacks harde bene gekou om ’n begeesterde Wes-Kaapspan te klop en Saterdag was dit weer so. Die Blacks was tot twee minute voor die einde nog met 5-0 voor toe die Bokke met ’n verdoelde drie sy ondersteuners in die laaste minuut laat juig het in ’n naelskraapse oorwinning van 7-5. Die twee spanne, saamgestel uit klubspelers van Worcester Perseverance, Young Hamiltons en Thistles, was van meet af aan vasberade om nie hul ondersteuners teleur te stel nie. Dit was die Blacks wat eerste bloed geruik het met ’n drie vroeg in die eerste helfte deur hulle flank Lincoln Jacobs. Die doelskop was mis. Daarna was dit ’n titaniese stryd waar geen genade gevra of getoon is nie. Tot kort voor skeidsregter Andel Hopley sy eindfluitjie geblaas het, het dit gelyk of die Blacks die skrale voorsprong kon verdedig. Oomblikke later het die Bokke teruggeslaan toe skrumskakel Roland Daniels met ’n pragdrie vorendag gekom het. Losskakel Roland Daniels het verdoel om ’n naelskraapse oorwinning voor die neuse van die Blacks weg te steel. Die medaljes is deur die Breedevallei Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester rdl. Basil Kivedo oorhandig. Die JSR Blackboks Sewes vir hoërskole is gewen deur Worcester Gimnasium wat Breërivier in die finaal geklop het met Worcester Sekondêr wat derde was. Die pryse is deur Nifen Narotam van Durbanstraat Apteek geborg. Die JSR is baie dank verskuldig aan Worcester Perseverance en Touwpark se rugbyklubs vir die truie asook aan al die spelers wast hulself opgeoffer het.

Fabian Cupido, haker van die Blacks, sak op die losbal toe in die ‘Blackboks’­kragmeting verlede Saterdag op Esselenpark. Die Boks het met 7­5 gewen. FOTO: MATTHEW SHELDON

Die Springboks het die wedstryd uiteindelik ge­ wen. Hier is die span met die borg Buks Visser van HV Motors (regs agter) langs die afrigter Ri­ chard Soldaat. Skeidsregter Andel Hopley én rdl. Basil Kivedo is ook hier saam met die span.

Die All Blacks het die wedstryd net­net met 7­5 verloor.

Van links is Nifen Narotam van Durbanstraat Ap­ teek wat die trofees geborg het, Craig Matthews (kaptein van Breërivier), waarnemende junior bur­ gemeester Jean Johnson, uitvoerende burgemees­ ter van die BVM rdl. Bazil Kivedo, Bradman Grove (kaptein van die wenspan, Worcester Gimnasium) en Leighton Amsterdam (kaptein van Worcester Se­ kondêr wat tweede geëindig het).

FOTO’S: CAMERON PEKEUR


Worcester Standard 2014-02-27