Issuu on Google+


INLEIDING Die tyd dat Afrikaans slegs die taal was van "outydse" kuns is verby. Afrikaans het ontpop as ‘n dinamiese uitdrukking van eie identiteit onder jongmense. Die meerderheid vorme van kuns het ‘n nuwe Afrikaanse baadjie aan, en Afrikaans het binne enkele jare gegroei tot ‘n trotse taal in die postmoderne media en wêreld.


Daar word al hoe meer kennis geneem van, en gefokus op Afrikaanse kuns. Dit gebeur ook nie uitsluitlik tussen die ouer garde nie, maar beduidend onder die jonger Afrikaans-sprekendes. Van jonger Afrikaanses gepraat, in hierdie verslag beskou ons hulle veral as die post-1994 generasie. Die jongmense wat in 1994 gebore is, is die eerste generasie wat geen direkte ondervinding het van apartheid as amptelike beleid van die regering van die dag nie. Die nuwe Afrikaanse generasie is egter nie net 'n ouderdom-gebonde groep nie, soos wat die die plaaslike marknavorser, Dion Chang, via sy organisasie FluxTrends aantoon. Onlangs het hy die mees opvallende kultuurgroepe in Suid-Afrika as volg beskryf: The Rainbow Revolutionaries, The Bieber Brats, The Faith-Based Youth, The Domestic PAs, The Diamond Chips, The TechnoHippies, The Black Pinks, The Indo-Asians, Afrikaans Artistes, Single Parent: Double Life, The Lost Generation, The Empowerment Kugels. Die "Afrikaans Artistes" van Chang belyn goed met hierdie verslag se "Afrikinders." Chang onderskei juis twee onderafdelings in hierdie nuwe kultuurgroep: die “Creative Collective” en die “Liberal Millenials”. Oor die Creative Collective skryf hy: “The 35 to 55-year-old Generation X “culture vultures” who appreciate art and design, and the creative geniuses who produce it. In many cases, the Creative Collective are the creative heads that drive those industries. They are the avid foodies and design aesthetes who have steered our lifestyles subtly but unwaveringly, without us knowing it.” 1

Van die Liberal Millenials het Dion Chang die volgende te sê: “The Liberal Millennials are the Afrikaans culture’s answer to the hipster. These feisty and free-spirited 20 and 30somethings are just as creative as the Creative Collective. However, rather than just appreciating or creating art, the Liberal Millennials are using the arts to express their cultural identity and redefine their heritage.” Chang sê dis belangrik om van hierdie kultuurgroepe kennis te neem vir die volgende redes: “Both sub-tribes have a strong desire to clear their beloved Afrikaans culture of its tainted associations with apartheid. With their keen eye for design, strong appreciation for all things arty and creative, and their still-significant economic power, the Afrikaans Artistes are a desirable target market for (and creators of) Proudly SA clothing and design brands.” Hierdie nuwe generasie van Afrikinders word ondersteun deur die Creative Collectives waar die Liberal Millenials die ontwerpers en skeppers is van hierdie nuwe en vars Afrikaanse kunsvorme. 1 Vir die eerste keer word daar ‘n golf van jonger en ouer mense gesien wat nie skroom om trots te wees op Afrikaans nie. Baie studente, tieners en jong-volwassenes verkies deesdae Afrikaans as ‘n medium om hulleself kreatief uit te druk, en hulle identiteit te vorm, eerder as om dit te vind in 'n internasionale Engelse kultuur. Dit is anders as ‘n dekade gelede toe Afrikaans onder jongmense nie te gewild was nie. Toe is daar aansienlik meer geld as vandag spandeer op die aankope van internasionale kunstenaars, musiek en vermaak.

http://www.citypress.co.za/Columnists/On-my-radar-New-urban-tribes-20120623


AFRIKAANSE KUNS IS PLESIERIG Sommige mense sit opgeskeep met die foutiewe persepsie dat die jonger generasie ‘n oorweldigende liefde het vir Engelse musiek en films. Tog is daar onder die jonger generasie 'n groot liefde vir die Afrikaanse kunste te bespeur. Dit gee aanleiding tot ‘n nuwe generasie van taalgebruikers wat ‘n nuwe, eiesoortige identiteit ontdek in hierdie herlewing van Afrikaanse kuns op baie terreine. Ons praat dus voortaan van Afrikinders, oftewel, ‘n nuwe era van Afrikaanses met ‘n voorliefde vir verskillende kontemporêre Afrikaanse kunsvorms. Kuns is die produk van verskillende elemente wat op so 'n wyse gerangskik word by wyse van verskilende media dat dit 'n appél op mense se emosies en sintuie maak. Kuns sluit in 'n verskeidenheid van menslike aktiwiteite met die doel om skeppend te kommunikeer en te konnekteer, soos musiek, literatuur, films, beeldhou en skilderwerke. Eietydse Afrikaanse kuns word met name gekenmerk deur die soeke na egtheid, grensverskuiwings en brugbou-aksies tussen verskillende kulture waarmee jonger generasies graag vereenselwig as deel van hul identiteitvorming. In hierdie verslag word kortliks gekyk na 'n paar populêre eietydse Afrikaanse kunsvorme. Ook word daar gekyk na die identiteitsvorming wat hieruit voortspruit. Laastens wordmdie vraag gevra wat dit vir ons as kerk beteken. Welkom in die era van Afrikinders!


TENDENSE AFRIKAANS IS DIE HELE WÊRELD VOL Afrikaans is hoog op die lys van beide spreektaal gebruikers en moedertaal gebruikers in Suid Afrika. In die sensus van 2011 dui die syfers op die volgende: “isiZulu is the mother tongue of 22.7% of South Africa's population, followed by isiXhosa at 16%, Afrikaans at 13.5%, English at 9.6%, Setswana at 8% and Sesotho at 7.6%. Afrikaans is the third most common language in South Africa. It is spoken by 13.5% of the population, or 6 855 082 people – mainly "coloured" and white South Africans.” Wat die geografiese verspreiding van Afrikaans sprekende aanbetref, het die Sensus die volgende te sê: “Most Afrikaans speakers live in the Western Cape, where it is the language of just less than half (48.4%) of the provincial population. It is also common in Gauteng, where 12.2% of the provincial population consider Afrikaans to be their home language. Afrikaans is the dominant language in the Northern Cape, spoken by more than half (53%) of the provincial population. Afrikaans is spoken by 12.4% of the Free State's population, 10.4% of the people of the Eastern Cape, and 8.8% of the people of North West.”2

Name soos Straatligkinders, Van Coke Cartel, Die Heuwels Fantasties, Die Antwoord, Jack Parrow, Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld en Robbie Wessels moet net iewers genoem word en die jonger generasie kan dadelik een liedjie van hulle opnoem of neurie. Populêre Afrikaanse musiek het juis in 2012 'n rekord opgestel toe die top 5 albums op RSG se Top 20 almal Afrikaanse was. RSG se Top-20 word gebaseer op die verkope van beide plaaslike en internasionale albums in die voorafgaande week. Hierdie prestasie is so noemenswaardig dat RSG se statistiek aandui dat dit vir die eerste keer in hulle geskiedenis van die Top 20 gebeur het. Hierdie top vyf albums is (1) Theuns Jordaan se Roeper, (2) Die samestelling-album 75 jaar van musiek (3) Jay en Lianie May se nuwe duet-album, Bonnie & Clyde, (4) Riana Nel se album Moeite werd, (5) Trots Afrikaans Vol. 6. 3

http://www.southafrica.info/about/people/language.htm#.ULyT_dNesfo. Vir ‘n dokument wat al die statistieke en syfers van die tale in ons opvoedkundige instansies uitbeeld: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=LlfRGMZxPRg%3D&tabid=422&mid=1261 3 http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Al-vyf-albums-in-die-topvyf-is-Afrikaans-wys-verkope-20120625 2


Ten spyte van die opbloei van Afrikaanse musiek op die markpleine van die land is die waarde hiervan as estetiese kunsvorm soms nog verdag onder Afrikinders. Die hoof van die Kaapse musiekmaatskappy Rhythm Online, Albert du Plessis skryf die volgende oor die huidige stand van populêre Afrikaanse musiek: “Die gemiddelde Afrikaanssprekende word vandag meer as ooit deur die Afrikaanse media toegegooi met ’n oorvoorsiening van die ‘eie ons’, ter uitsluiting van enige vernuwende invloede.” Albert gee die rede vir hierdie tekortkoming aan vernuwende musiek as “jaloerse oorbeskerming van die bedreigde ‘eie’ en die ‘ons’ in Afrikaans” wat ook genoem word deur hom as “kulturele bysiendheid”. Hy sê dat die dryfkrag agter hierdie kulturele bysiendheid die Afrikaanse media is wat “’n Kultuur [skep] waarin die klank en ritme van ’n treffer liefs nie te veel moet afwyk van die geskiedenis van goue treffers wat al die afgelope paar jaar in Afrikaanse suburbia se steakhouses en sportkafees speel nie.”Hy maak laastens ook ‘noproep vir revolusionêre nuwe Afrikaanse musiek wat vreemde invloede, tale, volke, mense, style, landskappe, ritmes, kulture en klanke omarm, verken en omhels.4 Albert du Plessis se opmerkings wys uit dat daar moontlik nog ‘n stuk kulturele bysiendheid bestaan ten opsigte van eietydse Afrikaanse musiek vanuit Afrikinders se perspektief. Vandaar die behoefte aan die skep van nuwe Afrikaanse musiek via gevestigde stemme soos Koos Kombuis en David Kramer, of jonger stemme soos Dans Dans Lisa en Die Heuwels Fantasties. Afrikinders se musiek word veral gehoor op die plaaslike Afrikaanse musiek kanaal MK wat bykans net

soveel aftrek kry as sy Engelse eweknieë, MTV of VH1. Geen wonder nie dat die Afrikaanse media kanaal KykNet onlangs nog ‘n musiek kanaal beskikbaar gestel met die naam KykNet Musiek.5 AFRIKINDERS EN HULLE FLIEKS... EN BOEKE Afrikaanse films soos Semi-soet, Die Wonderwerker en Liefling is groot nuus. Dalk is hierdie nuwe Afrikaanse filmkuns aangewakker deur internasionaal bekroonde SuidAfrikaanse films soos District 9, Skin, en Tsotsi wat almal afspeel in die Suid Afrikaanse konteks. Die Afrikaanse fliek landskap is egter besig om drasties uit te brei as deel tvan die dryf agter die era van die Afrikinders. Rolprente soos Roepman, Stilte, Wolwedans In Die Skemer en Klein Karoo is hier sprekende vorbeelde. Rolprent resensent en kundige, Leon van Nierop, skryf die volgende oor die ontwikkeling van die Afrikaanse rolprentbedryf: “Afrikaanse rolprente beeld die SuidAfrikaanse kultuur uit soos min Engelse prente dit kon regkry. Maar dit wys ook vir ons waar ons in elke tydvak was – emosioneel, politiek en sosiaal. Byvoorbeeld, hoe slegter dit met die politiek gegaan het, hoe meer het die Afrikaanse rolprent verstrooiingsvermaak gebied om mense te troos en voor te gee dat alles eintlik orraait is. Afrikaners het ook ’n manier om reguit en op die man af na mekaar te kyk en mekaar op ’n manier uit te beeld wat die Engelse rolprent nie altyd regkry nie, veral ’n fliek soos Roepman. Geen Engelse regisseur sou werklik reg daaraan kon laat geskied nie.” 6

www.litnet.co.za/Article/wat-het-geword-van-die-blomme & http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Afrikaanse-musiek-ly-aan-kulturelebysiendheid-20120625 5 http://m.news24.com/volksblad/Vermaak/Nuus/Nuwe-kanaal-kom-vir-musiek-20121018 & http://mk.dstv.com/ 6 http://afrikaans.news24.com/Vermaak/Nuus/116-jaar-van-Afrikaanse-flieks-20110701-2 4


As deel van die era van Afrikinders moet ons nie die rol en impak van plaaslike skrywers en digters onderskat nie. John van der Ruit het wêreldwye opslae gemaak met sy boekreeks wat wel in Engels geskryf is, maar wat afspeel in die Suid Afrikaanse konteks van die KwaZulu-Natalse koshuis van Michaelhouse. Dit was so populêr dat die bekende John Cleese ‘n karakter in die film speel waar die film totaal gefinansier, geredigeer, geproduseer en die karakter vertolk is deur Suid Afrikaners. Indien ons met name kyk na eietydse Afrikaanse skryfkuns, dan kan ons nie anders as om aan digters soos Cas Vos of skrywers soos Deon Meyer te dink nie. Dan is daar ook mense soos Anton Kannemeyer wat saam met Conrad Botes die bekende Afrikaanse Bitterkomix striptydskrif bedryf wat trots Suid-Afrikaans is.


AFRIKINDERS SE NUWE BRUGBOU TAAL

AFRIKINDERS SE KUNS AS HARTTAAL

Afrikaans as kombuistaal en voormalige geïnstitusionaliseerde lingua franca, het ‘n nuwe vermoë ontwikkel om as brug te dien tussen verskillende rasse, kulture en taal groepe. Anne-Marie Beukes, professor in linguistiek by die Universiteit van Johannesburg, skryf die volgende: “A significant achievement of Afrikaans is the fact that—in the course of the twentieth century—it is one of only a few languages that has been adequately standardised in order to function as a fully-fledged language of science and technology and for undergraduate and postgraduate teaching purposes.”

Voor 1994 het die regering Afrikaanse kuns geborg en 'n rigiede beeld van Afrikaners as trotse Christene en 'n tipe heersersklas uitgebeeld. Julia de Kadt meen dat in 1948, toe 'n uitsluitlike Afrikaanse regering vir die eerste keer in plek was, die impak van Afrikaans vir die eerste keer ten volle ervaar is. Dit het daartoe gelei dat die besigheids-sektor, universiteite, skole en die regering totaal verafrikaans het. Gedurende hierdie apartheidsera was Afrikaans die vervoermiddel vir die opinievormers en ideologie-draers van die dag. Indien Afrikaanse kunste nie saamgestem het met die regering se standpunte nie, is hulle doodgeswyg, soos wat ikone soos Breyten Breytenbach en André P. Brink op verskillende wyses beleef het. Na apartheid se val in 1994, is Afrikaanse kunstenaars egter bevry om 'n wyer verskeidenheid van belewenisse te verken en te verwoord of op verfdoeke vas te pen. Dalk is hierdie groter nuwe skilderdoeke een van die beweegredes agter hierdie nuwe liefde onder jonger Afrikaners.

Internasionale ikone soos die omstrede groep, Die Antwoord, gebruik Afrikaans en vermeng dit vryelik met ander tale met die doel om uit te reik na ander taalgroepe en gebruikers soos Engels en Xhosa. Christine Anthonissen, linguis van die universiteit van Stellenbosch, skryf dan ook die volgende oor hierdie fenomeen: “Codeswitching [linguists' term for this phenomenon] has become a more acceptable language practice. Being visibly bilingual, in other words, is cool. Afrikaans popular culture is very much alive, as is evident from the number of Afrikaans art festivals [and Afrikaans-speakers'] support for Afrikaans books, music, and magazines. Tellingly, the website for Klein Karoo Nasionale Kunstefees, the largest Afrikaans cultural festival in South Africa, is conveniently —and completely—bilingual.” 6

http://www.kknk.co.za & http://www.economist.com/blogs/johnson/2012/08/language-south-africa https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=&esrc=s&source= web&cd=7&ved=0CFYQFjAG&url=http%3A%2F%2Fweb.up.ac.za% 2Fsitefiles %2Ffile%2F46%2F10824%2Fpapers%2Flanguage% 2520development%2520in%2520southafrica%2520-%2520lssa%2520conference% 2520paper.doc&ei=K_POUP_ http://digitalcommons.calpoly.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1002&context=mll_fac http://www.hsrc.ac.za/ Document-1298.phtml 6 7


Die feit dat Afrikinders hulle identiteit vind oor ou grense van taal, kultuur en ras heen, lei toenemend tot die skepping van 'n nuwe identiteit los van ons apartheidsverlede. Nog 'n rede vir die vinnige groei van die Afrikinders is die rol van die digitale wĂŞreld. dit skep platforms vir die Afrikaanse kunste om die verdiende lugtyd te geniet. Bo en behalwe webblaaie is Facebook, Twitter en Youtube nuwe lanseerplatforms waar Afrikaans kunstenaars hulle kunsvorme uitbeeld en versprei.


IMPLIKASIE & TOEPASSING VIR DIE KERK Afrikinders vind hulle identiteit toenemend in die beoefening en belewing van kuns en nie slegs in die luidkeelse kultuur van braai, rugby en vinnige motors nie. Hierdie kollektiewe nuwe identiteit, wat op vele plekke nog vaag en aan't ontwikkel is, is egter een wat gegrond is in 'n voorliefde vir skoonheid, estetika, 'kleurblindheid' en 'n groter openheid teenoor mense wat anders dink en leef. Ongetwyfeld is Afrikinders steeds nostalgies oor dit wat mooi is in die Afrikaanse kultuur van gister en eergister, maar hulle omhels graag ook nuwe media om hulle nuwe taal en waardes oor verskilende grense heen hoorbaar te maak. Afrikinders sit nie in magsposisies in kerke of kultuur organisasies nie. Hulle is of te jonk hiervoor, of hulle vind dit te vervelig en kontrole-behep. Om dus te dink dat die kerk hulle sal bereik deur formele verklarings of amptelike besluite uit te reik, is wensdenkery. Hulle koester egtheid en verhoudings . Hier moet wyse leiers op verskillende plekke in die kerk voor loop om op persoonlike vlak verhoudinge te groei met Afrikinders en om doelbewus

platforms vir hulle te skep in plaaslike gemeentes. Kulturele bysiendheid durf geen plek in die kerk hĂŞ nie. Eietydse vorms van Afrikaanse kuns, vanaf musiek tot dramas en skilderkuns, moet 'n prominente staanplek kry as belangrike uitdrukkingsvorms van lof aan die Here. Kuns, wat deur die Gees van die Here geĂŻnspireer is, kry immers iets reg wat niks anders kan doen nie - dit kan die diepste hartsnare van Afrikaners roer.


Die kerk moet nuwe vorme van Afrikaanse kuns verwelkom as deel van effektiewe plaaslike bedienings. Gemeentes soos Mosaiëk in Fairlands kry dit mooi reg. Die beweegrede agter hulle voltydse kunsbediening lui is daarom 'n gepaste afsluiting vir hierdie navorsing: "Iets omtrent die skoonheid wat uit gebrokenheid herskep kan word, het saamgevat waarvoor hierdie gemeente wou staan: Om op persoonlike vlak te beleef hoe God uit ons gebrokenheid, iets skoons en kosbaars kan vervorm en te sien hoe gebroke lewens wat saam hulle lewens diep deel, iets beeldskoons uitbeeld. Kuns inspireer, en hulle droom was dat in hulle uitlewing van hulle geloof, ander iets kan sien van wat die Here se droom vir almal kan wees. Soos ons verstaan Jesus vir ons geleer het: Om die Here lief te hê, om ons lewens met ander diep te deel en om die wêreld te dien.”


Š Ekerk Vereniging 2012 Saamgestel deur Dries Cronje, Pierre Engelbrecht, Mynhardt van Pletsen & Stephan Joubert.

Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir pierre@ekerk.org. Dankie dat jy gelees het!


Afrikinders