EikestadNuus 1 June 2012

Page 7

Skole.

Eikestadnuus Vrydag, 1 Junie 2012

Equality starts at the roots

CAREERS@MATIES

US en skole smee bande SAMANTHA VAN DEN BERG

V

ENNOOTSKAPPE met skole is noodsaaklik vir die toekoms van die universiteit. Só het prof. Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), onlangs aan sowat 70 skoolhoofde en onderwysers by die Careers@Maties rektorsmiddagete gesê. Dié geleentheid is verlede Donderdag vir vennote van die Careers@Maties-projek gehou om oor toegang tot hoëronderwys te gesels. Careers@Maties is ’n gratis loopbaanassesseringsprojek wat graad 11-leerlinge uit voorheen benadeelde skoolgemeenskappe wat akademies presteer én wat belangstel om aan die US te studeer, beter voorberei vir verdere studies. Die projek behels dat adviseurs van die US se Sentrum vir Voornemende Studente deelnemende skole besoek, inligtingsessies aanbied en beroepsvoorligting gee deur gebruik te maak van ’n toetssentrum wat by skole opgerig word. Die plaaslike deelnemende skole sluit die hoërskole Lückhoff, Cloetesville, Kylemore, Kayamandi, Makupula en Franschhoek in. By die rektorsete Donderdag het Botman die skole bedank vir die harde werk wat hulle insit

Die skoolhoofde Charles Ndlebe (Makapula Sekondêre Skool) en Maphelo Ntshanga (Kayamandi Senior Sekondêre Skool) saam met (middel) die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, prof. Russel Botman. Foto: Anton Jordaan

om Maties op te lewer. Hy het bygevoeg dat dit eintlik makliker vir skole is om studente vir ander universiteite op te lewer, veral omdat die US só kompleks is en soveel kwessies het om oor te praat. Hy voel egter dat dit goed vir studente is om by ’n universiteit te wees wat met die toekoms en die verlede worstel – ’n plek wat ’n student help om te onthou waarvandaan hy kom. “Leerlinge kom hier in ’n instelling wat nie net aan hulle ’n graad bied nie, maar ook ’n wêreldverskuiwende-ervaring.” Volgens Botman is dit egter die universiteit se groot verantwoordelikheid om die werk wat die skole gedoen het voort te sit en sodoende leerlinge se vaar-

07

dighede vir die toekoms te versterk. Hy het bygevoeg dat daar soms soveel verkeerd kan gaan met topleerlinge voordat hulle universiteit toe gaan en dat die US die skole wil help om die leerlinge sonder enige belemmering af te gee. Van hierdie ondersteuningsprosesse vir skole sluit in ekstra klasse op Saterdae waar telematiese programme van sowat ses vakke na 146 skole in die provinsie uitgesaai word. Sowat 140 000 leerlinge word daardeur bereik. Botman het ook gesê dat hulle die beurs- en leningprogramme sal hersien om nader aan die skole te beweeg en die vennootskappe te versterk.

SOYISO MALITI THE Stellenbosch Municipality handed over a brand new garden to Rietenbosch Primary on Africa Day. The garden, which has transformed the main entrance to the school into a verdant oasis, was initiated by local ward councillor Paul Biscombe and funded by his ward. “It’s important that we engage the community,” said Gerald Esau, acting director of community services, at the handover. “We need to invest more in educating our children about the environment and its sustainability.” Esau placed extra emphasis on the environmental issue. “It’s our moral imperative, as the municipality, to empower the children with such knowledge,” he said. He added that it was also important for the municipality to eradicate the imbalances of the past, whose legacy lives on in many communities. “We want

Rietenbosch Primary principal Roy Van Rooyen works on the garden dur­ ing the handover. He’s accompanied by two pupils, along with Gerald Esau (acting director of community services) Isaac Gideons (service provider) and Lungile Bixa (one of those who brought the garden to life).Photo: Soyiso Maliti

to see gardens and oak trees in our communities.” Stellenbosch needs that consistency, he said; it needs trees and gardens everywhere, from town to its poorest areas. “We see beautiful gardens [in town], so we also want to have these in the communities,” Esau said.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.