District Mail 16-02-2012

Page 23

DistrictMail | Eikestadnuus | Paarl Post

Biggestand andBest BestProperty Propertyguide guidein inthe theBoland Boland Biggest

16 2012 19••17 20Februarie August 2010

Huurmark groei in H’berg JAMEY THOMAS

’n

BEDUIDENDE groei in die verhuring van kommersiële en industriële eiendomme in die Helderberg toon dat dié area al hoe gewilder raak. Volgens Deon Swanepoel, hoof van Commercial Property Network (CPN) , wat spesialiseer in die verkoop en verhuur van kommersiële en industriële geboue, vakante persele asook ontwikkelingsgrond, was daar die afgelope twee jaar ’n groter vraag na verhurings. “Sedert verlede November het ek ’n drastiese toename in aktiwiteite en werklike transaksies ervaar.” Die tendens is dat besigheid in Desember, wanneer die meeste sakelui met vakansie gaan, afneem. Belangstelling neem gewoonlik toe teen middel-Januarie, maar tot Swanepoel se verbasing was dit anders verlede jaar. “Ek het hierdie Desember meer huurkontrakte vasgemaak as tydens vorige jare. Boonop was ek so besig om navrae te hanteer dat ek Sondae met administratiewe werk opgeskeep moes sit.” Die belangrikste rede vir dié belangstelling is ’n kombinasie van nuwe besighede, huurders wat na groter persele wil trek en grootliks ook bestaande huurkontrakte wat hernu moet word. “Huurders wat vir drie jaar of langer deur huurkontrakte gebind is, het hul kontrakte beëindig in die tyd toe heersende huurkoerse 20% of hoër as die huidige

’n Voorbeeld van kantoor­eenhede wat in die Helderberg­kom verhuur word

koers was. Die jaarlikse huurverhogingskoers was ook hoër as wat tans beding word.” Volgens Swanepoel sal bestaande verhuurders nie almal tevrede wees as hul huur verlaag word nie en huurders sal dan beter persele teen ’n laer huur gaan soek. Swanepoel reken dat die Helderberg veral gewild is omdat die omgewing ’n voorkeur-area geword het vir mense uit die noorde wat besluit het om na die WesKaap te verhuis. “Dis gewoonlik besoekers uit die noorde wat ons kontak met die belangstelling om in eiendom te belê of om eiendom te koop. Ons kry weinig die tipe besigheid wat ons window shopping noem,” sê Swanepoel.

Francois O’Kennedy, eienaar van die O’Kennedy Eiendomsgroep is van mening dat dit veral groter, gevestigde maatskappye is wat navraag doen en dan wel voortgaan met verhurings. “Konsolidasie van verwante besighede asook uitbreidings van bestaande kapasiteit is meesal die redes vir dié toename (in verhurings). Selfs nasionale maatskappye doen navraag om hulle in die Helderberg te kom vestig.” Sy groep het in Desember en Januarie meer as sewe bekende en gevestigde instansies help hervestig en van persele voorsien. “Kliënte soek na meer moderne geboue binne nuwe ontwikkelings, en die Helderberg bied dit aan,” sê O’Kennedy.

Foto: Verskaf deur Seeff

Die aanbod van luukse kantoorruimte en nuwe fabriekspersele in die omgewing het terselfdertyd so drasties toegeneem dat daar, ten spyte van die afname in ekonomiese aktiwiteit, duisende beskikbare vakante eiendomme in die mark is. Volgens Tony Ventouris van Seeff, is die leegstaan-faktor só groot dat ’n verbetering in verhuringskoerse eers ná ’n geruime tyd, met behulp van verbeterde ekonomiese aktiwiteit, sal plaasvind. Adriaan van Hoogstraten, eiendomsagent by RE/MAX is van mening dat die hoë aanbod van kommersiële en industriële eiendomme in die huurmark en die lae vraag in die omgewing, plaaslike verhurings sal laat toe-

neem. “Huurders soek die laagste huurpryse en hulle het bedingingsmag aangesien daar ’n ooraanbod van huureiendom is. Kopers soek weer ’n goeie opbrengs vir hul geld en sal weer nie te veel wil betaal vir ’n eiendom wat nie ’n goeie opbrengs bied nie. “Kopers van kommersiële en industriële eiendom is klinies oor ’n transaksie en stel veral belang in ’n hoë opbrengs. Hulle word nie soos in ’n residensiële mark beïndruk met hoe die gebou lyk of hoe die beligting is nie,” sê Van Hoogstraten. Volgens Ventouris kort die Helderberg ’n groot gespesialiseerde bedryf waaruit kleiner hulp-besighede voordeel kan trek wat betref werkskepping en volhoubaarheid. “Daar is geen groot voordeel of lokmiddel vir enige hoof nywerheid om hom in die Kom te vestig nie. Die regering moet na vore kom met insentiewe-skemas om die Helderberg se ekonomie te stimuleer.” Swanepoel is van mening dat die Helderberg geen groot industrie of ’n hoë volume vervaardigings-ondernemings huisves nie en die ekonomiese aktiwiteit en vraag na industriële ruimte deur die toename in die boubedryf en motorverkope bepaal word. “Ondernemings soos hardeware, kombuiskas-vervaardigers, graniet-verskaffers, elektrisiëns, loodgieters en alle aanverwante bedrywe se besigheid het afgeneem teenoor drie jaar gelede,” sê Swanepoel.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.