Die Pos 22 Desember 2017

Page 23

DIE POS/THE POST

www.diepos.co.za

22 Desember, 2017

Bladsy 23

Só leef ons gesond Maria Oberholzer, advertensiewerwer: Ek het begin om vanjaar ’n gesonde ontbyt van hawermoutpap te eet. Ek gooi enigiets gesonds by die hawermout soos heuning, bessies, neute of vars vrugte. Dit is heerlik en hou daardie hol kolletjie op die maag lank vol.

Kotie Wagner, ontvangs: Ek het meestal hoenderborsies sonder vel gekoop pleks van ander vleis met vet en ook suiker uitgeskakel. Ek het ook probeer om vanjaar meer rou groente te eet.

Anneline du Preez, finansies: Wanneer my gesin lus is vir iets soets, probeer ek om iets gesonds te maak. Ek het byvoorbeeld ’n heerlike aarbeiyskastertresep wat met vetvrye aarbeijogurt gemaak word.

Maria Makwela, ontvangs: Ek stap gereeld en ver en teen ’n flink pas. Ek dink stap is die beste oefening wat ’n mens kan kry en boonop is dit gratis.

Andries van der Heyde, verslaggewer: Ek het in Julie ’n poging aangewend om op te hou rook en ek spog reeds met ’n paar maande se sukses. Om ’n jarelange gewoonte af te leer terwyl die wêreld moeiliker raak, is glad nie maklik nie. Ek het ook my oefengewigte by die huis uitgehaal en begin om oefeninge te doen wat my longkapasiteit kan bevorder. Aangesien ons verslaggewers baie agter ’n rekenaar sit, het ek ook rug- en maagspieroefeninge begin doen om die daaglikse stres te verlig.

Ronel van Jaarsveld, verslaggewer: Ek het probeer om meer gereeld agt ure se slaap in te kry, meer water te drink, te gaan stap en stysel vir groente te ruil. Ek was egter nie suksesvol in my pogings nie.

Christie Vermaak, verslaggewer: Ek weet nie of ek vanjaar gesonder geleef het nie, maar ek het wel besef ’n mens moet meer tyd maak vir familie en mense waarvoor jy lief is. Gesonde verhoudings, lekker kos en ’n glas wyn saam met jou gesin, is koekies vir die siel.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.