Die Pos 14 Junie 2013

Page 25

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

14 Junie, 2013

Bladsy 25

Die kunsklas-maats van Laerskool Nylstroom het plakkate gemaak vir die afgelope Kinderbeskermingsweek om te wys hoe dié saak hul harte raak. Heel voor is Ruan van Rooyen met sy plakkaat. In die middel staan Awie du Plessis, Arno de Wet, Junita van Loggerenberg, Deirdré Meijer en Tiana Jacobs. Agter staan Nell Goosen, Ruben van Rooyen en Maxine Murray.

Voetspore: Agulhas tot Alexandrië deur Johan Badenhorst (Protea Boekhuis): Die ervare avonturier, televisiepersoonlikheid en –vervaardiger Johan Badenhorst en sy Voetsporespan vind voortdurend nuwe, unieke paaie en plekke in Afrika om te verken — met toenemende vernuf. Dié boek is ’n kleurvolle en hoogs interessante dokumentasie van hul sewende reis deur hierdie ongenaakbare, dog asemrowende kontinent. By Kaap Agulhas trek die sesledige Voetspore-span met 4x4’s weg vir ’n drie maande lange reis tot by Alexandrië. Dié onvergeetlike reis neem hulle

DIE POS/THE POST

Laerskool Nylstroom het vir die eerste keer in die grondslagfase ’n Engelse redenaarskompetisie gehou. Leerders wat hieraan deelgeneem het, is Calin Elliot (gr.1). In die middel staan Mia Bosch (gr.2), Lize Booysen (gr.2), Alissa de Villiers (gr.2-wenner) en Mizaan van Jaarsveld (gr.2). Agter staan Awie du Plessis (gr.3-wenner), Ilze Fourie (afrigter in die junior fase) en Ora Masofe. Quinn Doyle (gr.1wenner) was afwesig met die neem van die foto.

deur Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek, Zambië, Tanzanië, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopië, Soedan en Egipte. Mense wat hou van die buitelewe, avontuur, kamp, 4x4’s en kookkuns, sal dol wees op hierdie boek.

Ratels deur Leon van Nierop (Human & Rousseau): Ratels is ’n somerskool op ’n wildsplaas waar ’n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaar kom om oor hulself, die lewe en die natuur te lees. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur. Lekker lewendige, relevante jongmens-denke en –taal word gebruik. Dit is gebaseer op die supergewilde reeks op RSG met dieselfde naam, met

Só lyk Laerskool Eugene N. Marais op Mookgophong se top akademiese presteerders in gr.5 vir die eerste kwartaal. Dié leerders het almal hul rooi Studio Excellence-balkies ontvang. Voor op die foto is Marena Bosman. Agter is Claudia van der Merwe, Reuben van Tonder, Michael Samuel, Johann Marais en Odette Pohl. Foto: Elsabé Pienaar

baie humor, drama en interessante verwikkelinge. Die boek is gemik op tienerlesers.

Christine Le Rouxomnibus 5 deur Christine le Roux (Human & Rousseau): Daar is drie verhale in dié bundel, ’n Wêreld sonder hom, ’n Kwessie van tegniek en Bewys van Liefde. Christine le Roux is die skuilnaam van die bekende skrywer Eleanor Baker. ’n Lekker dik bundel liefdesverhale — perfek om in die koue weer voor die kaggel mee op te krul.

Baie geluk aan Nicolene Findlay van Modimolle wat verlede week die drie kinderboeke op ons Boekeblad gewen het: Agent Alex — Visvang verbode! deur Justin Richards, Geheimenisse van die natuur en die wetenskap, vertaal deur Amelia de Vaal en Die heel eerste soen, deur Guido van Genechten,

WEN! WEN! WEN! Een gelukkige leser van Die Pos kan vandeesweek al drie die boeke op dié blad wen: Voetspore: Agulhas tot Alexandrië, deur Johan Badenhorst, Ratels, deur Leon van Nierop en Christine Le Roux-omnibus 5, deur Christine le Roux. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om hul volle naam en van, asook die dorp waar hul woon, voor Vrydag, 14 Junie, om vieruur te SMS na tel. 083 654 5820. Die literatuur is sentraal in elke kultuur. — NP van Wyk Louw, Standpunte 1

Die straf vir sensuur wat jy toepas op dit wat jou kinders mag leer, is kinders wat niks slimmer is as jy nie. — Frank Clark Ouerskap bly steeds die grootste enkele voorreg van die amateur. — Alvin Toffler


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.