Die Pos 3 Augustus 2012

Page 6

Bladsy 6

diepos.linmedia.co.za

3 Augustus, 2012

DIE POS/THE POST

Gemoedere loop hoog oor waterkrisis Ena Boshoff Die gemoedere het verlede week behoorlik opgevlam op Mookgophong toe inwoners van die dorp vyf dae lank sonder ’n druppel water was. Die dorp se reservoir was glo dolleeg. Hoewel dit nie die eerste keer is dat inwoners vanjaar met droë kele sit nie, het die probleem dié keer groter dele van die dorp geraak. Gholfpark, wat effens hoër geleë is en vroeër vanjaar ook sonder water moes klaarkom, is weer die swaarste getref. Die Pos het baie oproepe van inwoners ontvang wat wou weet wat van die water geword het. Die algemeenste klag was: “Ons kan nie meer langer sonder water nie.” Om ’n hele huishouding aan die gang te hou

met water wat van ’n waterkar aangedra moet word, is nie maklik nie, het nog ’n inwoner gesê. Sy het die haglike situasie só opgesom: “’n Mens het geen keuse nie — jy moet jouself, jou skottelgoed en wasgoed alles in ’n klein bakkie met min water was. Ná soveel dae is dit nie meer snaaks om in ’n skottel te bad of was nie. Die grootste probleem is die spoel van die toilette. Intussen gaan die plante in die tuine ook dood. Dit voel of ’n mens se hele lewe tot stilstand kom.” Die ouer mense op die dorp wat nie meer swaar emmers water kan dra nie, het die swaarste gekry. Die probleem het reeds ’n week vroeër begin toe daar ’n pyp in Uitbreiding 6 gebars het en heelwat water verlore gegaan het. Na wat verneem word, was van die personeel wat na die pompe moes omsien glo nie die naweek op hul pos nie.

Verskaffers van: • Landini Trekkers • Kverneland implemente • Kongskilde implemente • Monosem Planters • Fella tolsnyers & kneusers • Gallignani balers • Nuwe & gebruikte sleepwaens • Gebruikte trekkers altyd beskikbaar • TOEGERUSTE WERKSWINKEL MET OPGELEIDE PERSONEEL Kontak ons gerus te alle tye by Warmbad Landini 25 Industriaweg Tel: (014) 736-5937. (014) 736 6558 Faks: 086 577 7126 Vir verkope kontak: Dirk 083 228 8687 Vir parte kontak: Magdarie 083 608 7158 Email : wbdlandini@pcwireless.co.za

Van die pompe het toe gaan staan. Die pomp by die sterkste boorgat, nommer ses, het ook gebreek en is eers op Dinsdag, 24 Julie, herstel. Net daarna, van 21-23 Julie, het daar ook verskeie kragonderbrekings voorgekom wat veroorsaak het dat die pompe in die Nylvloedvlakte gestaan het. Gholfpark was toe reeds sonder water. Die volgende dag, Dinsdag, 24 Julie, het daar ook ’n pyp in uitbreiding drie gebars. Teen dié tyd was die reservoir

Mnr. Basie Peens, ’n inwoner van Gholfpark op Mookgophong, besig om leë waterhouers uit die waterkar te vul tydens die waterkrisis verlede week. reeds leeg en hoewel water toe weer gepomp is, was die verbruik meer as wat gepomp kon word. Hoewel dele van die dorp slegs twee tot drie dae sonder water was, moes Gholfpark van Maandagoggend tot Vrydagaand sonder water klaarkom. Volgens mnr. Paul van der Schyff, voorsitter van die Gholfpark Belange Komitee, is die inwoners woedend. Hy het gesê: “Die inwoners wil nou tot drastiese stappe oorgaan en betoog. Hulle kan nie meer langer sonder water klaarkom nie.” Die vergroting van die watersuiweringswerke loop ook nie mooi volgens skedule nie en bly ’n groot bekommernis. Daar is vermoedelik min toesig oor die projek. Die waar-nemende munisipale bestuurder, mnr. Peter Magwala, het Vrydagmiddag, 27 Julie, tydens ’n noodvergadering belowe om self na die probleme om te sien. Hy het ook gevra dat mense hierdie week nie tuine moet natgooi

nie en water spaarsamig gebruik sodat die voorraad water in die reservoir kan styg en daar genoeg water is vir dié naweek, wanneer die krag vir 12 ure afgeskakel gaan word en al die pompe sal staan. Hy het inwoners gewaarsku om baie versigtig met die water te werk om ’n soortgelyke krisis te voorkom. Magwala het die hulp van die verkeersdepartement ingeroep om inwoners wat nie spaarsamig met water in krisistye werk nie, te beboet. Nadat die watertoevoer na die dorp op Vrydag, 27 Julie, herstel is, is daar weer ’n waterpyp langs die gholfbaan gevind wat lek en moontlik kan bars. Die lekkasie sal hopelik teen Saterdag, 4 Augustus, wanneer die krag vir die dag af is en al die pompe staan, herstel word. Volgens mnr. Ben Steyn van die tegniese departement het die ondergrondse watertafel baie gedaal weens die besondere droë tydperk waarin ons is. Hy het gesê die watertafel het normaalweg tussen 15 tot 18 m gelê. Nou lê dit op ’n diepte van 30 meter wat meer druk plaas op die boorgate. Inwoners van Bospoort op Bela-Bela was ook die afgelope week drie dae lank sonder elektrisiteit. Lees berig op bl. 11. Lees ook die brief op bl. 10.

Meer as ’n eeu op aarde

B

Mnr. WV Moore van Modimolle is op die ouderdom van 101 oorlede.

’n Inwoner van Modimolle, mnr. WV Moore, is op die ouderdom van 101 ná ’n kort siekbed oorlede. Moore was blakend gesond totdat hy met bronchitus gediagnoseer is. Hy is op Vrydag, 20 Julie, in die St Vincent-hospitaal op Bela-Bela oorlede. Moore sou op 28 Oktober 102 jaar oud geword het. Hy word oorleef deur sy dogters mee. Cabby Sandrock en Grace Harrison, asook sy skoondogter me. Veronica Moore. Me. Martie Botha — wat self ook ’n ouma is — het die afgelope paar jaar tot voor sy dood na Moore omgesien. Moore is op Vrydag, 27 Julie, om elfuur vanuit die AGS Kerk begrawe.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.