Page 12

12 EDITORIAL

Soek oomblikke van geluk tydens eksamen Hierdie tyd van die jaar is vir my altyd die vreemdste. Ons almal maak ons reg vir die winter, wat sy tol eis op meer vlakke as om koue te verskaf. Die reënweer het soms ’n snaakse effek op mens se gemoedstoestand. Dit is daarom juis ’n onaangename tyd om eksamen ook te skryf. Nie net is ons almal moeg ná die lang semester nie, maar ons raak maklik gespanne en gefrustreerd. Dit lyk ook vir my of kampus meer woelig raak met konflik gedurende hierdie tyd. Ons het almal iets om oor te kla en ons almal verlang bietjie ekstra baie na ons tuistes, behalwe diegene wat gelukkig genoeg is om ’n ouerhuis naby genoeg te hê om Moedersdag dáár te kon spandeer. Dit voel ook vreemd om te dink aan wat ná die eksamen vir ons wag. Dit is amper so lank soos die Desembervakansie, maar wat eienaardig is van hierdie vakansie is dat ons daarna weer terugkeer na dieselfde jaarvlak en nie nuut begin met nuwe kursus of jaar nie. Ek, en baie van die mense waarmee ek gesels, het vroeër vanjaar elke dag geoefen het en reg geëet en net oor die algemeen goed oor die lewe gevoel. Hierdie situasie het egter drasties verander. Dit is omskep in laataande, kitskos en klas toe stap wat as my enigste oefening dien. Dit is egter belangrik om kop te hou van die belangrike dinge. Ons het nou gulde geleentheid

om onsself te herstabiliseer en sekere keuses te heroorweeg. Die Matie bied in hierdie spesiale eksamen-gefokusde uitgawe wenke vir studente om die meeste van die eksamen te maak. Ja, ons bied ook ruimte vir uitstel, maar almal moet op een of ander manier ’n studiebreek neem. (Die koffiekoppie-belaaide asblikke voor die bib getuig daarvan.) Ons is glad nie kundiges op die gebied van eksamenskryf nie, anders sou ons lankal maniere gevind het om dit te ontduik. Al wat ons het is die ervarings wat ons al beleef het. Ek hoop ons medestudente baat daarby om hierdie wenke aan te hoor. In die aftye, tussen blokraaisels invul en koffiekoppies herwin, dink ek dit is nodig dat ons gedurende die eksamen tyd vir mekaar maak. Die eksamen kan mens soms geweldig isoleer en die triestige weer help nie met opkikkering nie. Soms is dit lekker om die skinderstories van jou vriende te luister of mense in die dorp dop te hou en hulle snaakse gedrag te analiseer, net om jou eie gesonde verstand te bewaar. Ek hoop almal se pred is voldoende en dat die uiteindelike punte net meer verblydende nuus bring. Moenie swyg vir die angs wat eksamen bied nie, vind lafenis in die mense rondom jou en maak die meeste van die tussen-oomblikke van geluk.

KLAGTEPROSEDURE EN FOUTRAPPORTERING / COMPLAINTS PROCEDURE AND REPORTING ERRORS Die Matie is onderhewig aan ’n gedragskode wat by die SR-lid vir Media beskikbaar is. Alle klagtes word deur ’n regsdosent ondersoek, waarna Die Matie voor die Mediaraad kan verskyn. Klagtes moet volgens die uiteengesette prosedure binne veertien dae ná publikasie aanhangig gemaak word. Die Matie subscribes to the South African Press Code that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the code,

please contact the Ombudsman. You may also lodge an internal complaint or report factual errors by contacting the SRc member for Media. Also following the procedure explained above. Die Matie is accountable to its readers and will correct errors where necessary. Please send any complaints to the paper’s ombudsman/ public editor, George Claassen, at gnclaassen@sun.ac.za or 083 543 2471.

HOOFREDAKSIE

KONTAK ONS / CONTACT US

HOOFREDAKTEUR Annerine Snyman INHOUD Lian van Wyk NAVORSING S.Z. Minnaar ADVERTENSIES Dané Dooge AANLYN Rachele Button en Mike Wright UITLEGREDAKTEUR Janique Amber Oliver FOTOREDAKTEUR Armin Prinsloo ENGLISH SUB-EDITOR Nicholas Carroll AFRIKAANSE SUBREDAKTEUR Mart-Marié Serfontein NUUS Kathryn van den Berg STUDENTELEWE Heléne Leonard DAG & NAG Willow-Ruby van der Berg SPORT Anke van der Merwe FINANSIES Alexander Carstens en Oliver Frew

E-POSADRES diematie75@gmail.com POSADRES Langenhoven Studentesentrum; Privaatsak X1; Universiteit Stellenbosch; Matieland; 7602 WEBADRES w w w.diematie.com FACEBOOK w w w.facebook.com/ diematie OPLAAG 5 000 VOLGENDE UITGAWE 31/07/2019 SPERDATUM 26/07/2019 ADVERTENSIES Dané Dooge diematieads@gmail.com ARGIEF Vorige uitgawes van Die Matie is in die biblioteek beskikbaar

GORRELKOP

DAnkie tog! Gorrel is al te bly dat die verkiesing verby is sodat Gorrel nie elke dag deur daai blou party gebel of gesms hoef te word nie. Gorrel wil ook net weet waarom soveel mense nog steeds vir die ANC stem? Het hulle nog nie genoeg bewys hoe onbekwaam hulle is nie, of moet die ligte eers aangaan ná nog beurtkragperiodes?

Wanneer is die winter verby? Gorrel sien amper elke dag iets oor drake, sneeulopers of kraaie met drie oë en Gorrel wens tog dat die winter net verby wil kom. Dan kan Gorrel weer intelligente gesprekke met mense hê, want dan sal almal oor die skok wees van wie nou op daardie ystertroon

Journalist of the edition

gaan sit.

Watse pred Dit is nou weer daai tyd van die jaar – eksamen. Gorrel vrees nie die eksamen so baie nie, want dan het Gorrel nie klas nie en kan Gorrel eintlik leer. Gorrel is meer angstig oor Gorrel se predpunte. Of eerder die predpunte wat Gorrel – ’n week voor die eksamen – nog nie ontvang het nie. Gorrel moet weet hoe hard Gorrel moet leer (en of Gorrel enigsins vir sekere vakke moet leer). Miskien is dit dalk net dat Gorrel hoop die dosente kom Gorrel tegemoet met goeie punte. Gorrel wil ook net vir Gorrel sê medestudente sterkte toewens met die eksamen. Dit is ’n harde tyd wat voorlê.

Nicole Nasson Read Nicole’s articles on pages five and fourteen.

Apply now! Become a part of 's editorial team for 2019/2020 Editor-in-chief Managing editor Photo editor Ads manager Content editor Layout editor Online editor News editor Student life editor Dag & Nag editor Sport editor English sub-editor Afrikaans sub-editor

Positions available

MEDEWERKERS TEKSREDIGERING Nicole Nasson, Anneri Coetzee, René Esterhuyse, Lauren Wesley-Smith, Marie Mjacu, Zahlé Eloff, Carla Visagie, Dominique Fuchs, Allison Willson SPOTPRENT Annelize Visser

Send your letter of motivation and CV to diematieapplications@gmail.com before 2 August, midnight.

Profile for Die Matie

Die Matie – 15 Mei 2019  

Agt-en-sewentigste jaargang, nommer sewe.

Die Matie – 15 Mei 2019  

Agt-en-sewentigste jaargang, nommer sewe.

Profile for diematie
Advertisement