die courant 2 Julie 2014 278

Page 12

NUUS • NEWS

12

2 Julie 2014

Boland vir PHS-spelers

Promosie

Erich Kankowski, Christie van der Merwe en Benna van die Westhuizen van Hoërskool Piketberg is in die Bolandspanne opgeneem vir die Cravenweek wat in die Junie-vakansie plaasvind. Gysbert Dippenaar, ook van Piketberg, is in die Akademie­span opgeneem.

Truie: Laerskool Swartland het nuwe O/13A rugbytruie ontvang wat geborg is deur Tyremart – Nico Pie­terse en EFT/Teufelberger – Ernest en Charlie Thompson. Op die foto staan hulle soos volg: Charlie Thompson, Ernest Thompson, Willbur Jasson (Kaptein), Kallie Rautenbach (Skoolhoof) en Nico Pieterse.

Promosie

Christie van der Merwe

Erich Kankowski

Benna van der Westhuizen

Kekkel en Kraai:

Die wenner van die fiets wat Kekkel en Kraai in ‘n kompetisie uitgeloot het, is gister bekendgemaak. Hier oorhandig Maria van Rhyn die fiets aan die wenner, Christoff Carstens. Carstens sê hy het net een keer deelgeneem in dié kompetisie.

Gimnastiek: Die akrogimnastiekklub van Malmesbury het die vorige naweek op Moorreesburg teen ander klubs gekompeteer. Hier is Sophia Puchert, Carla van Zyl, Jana du Plessis, Rumadre Lawrence, Sanri Cloete, Paula-mari Gerber.

Nomineer jou gunsteling sportlegende nou

Die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur nooi die publiek uit om sportlegendes in die Wes-Kaap te nomineer. Die doel hiervan is om eer te betoon aan sportlegendes, helde en ikone wat bygedra het tot die ontwikkeling, transformasie en groei van sport in Suid-Afrika. Kriteria vir nominasies sluit die volgende in: Mense wat ‘n betekenisvolle bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van sport, ‘n lewe van bydraes tot sy spesifieke sport gelewer het, ‘n bydrae voor 1992 gelewer het; en genomineerdes moet verkieslik rondom 50 jaar oud wees. Hoewel genomineerdes verkieslik naby aftrede of reeds afgetree moet wees, sal uitstaande nominasies, waar die kwalifikasie vir homself praat, steeds oorweeg word. Motiveringsbriewe oor elke genomineerde

sportheld moet verwys na die bogenoemde aspekte wat van toepassing is, en ook verwys na die datum en plek waar die held begin het, wat die prestasies was en op watter wyse die persoon bygedra het tot die ontwikkeling van die sport in sy gemeenskap. Aspekte wat die motiveringsbrief versterk, is of daar enige tasbare bewyse is van die bydraes tot die ontwikkeling wat die persoon gedoen het vir die sport? Nominasies sal geëvalueer word deur die komitee wat deur die departement aangestel is. Stuur jou nominasie so gou moontlik na Bennett.Bailey@westerncape.gov.za of Lindeka. rwali@westerncape.gov.za Bennett Bailey kan ook gekontak word vir meer inligting by 021 483 9631, of Agnetha Jeftha by 021 483 9652.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.