Die courant 18 desember 2013

Page 8

KALENDER • nuus

8

18 Desember 2013

Groet Madiba:

Al die Swartlandse gemeenskappe het verlede week geleent­ hede gebied waar inwoners kon afskeid neem van die afgestorwe oudpresident Nelson Mandela. Regs is die burgemeester en onderburgemeester, onderskeidelik Tijmen van Essen en Maude Goliath, saam met Carin en Chris Hunsinger en Reggy van der Westhuizen, met ds. John Slingers in die agtergrond terwyl hulle in die Verenigende Gereformeerde Kerk in Wesbank hulde aan Madiba gebring het.

swartland kalender/diary Kunsuitstalling op Darling Tot 23 Desember – ‘n Kunsuitstalling van drie kunstenaars se werk open om 11:00 by Brigs Barn in die hoofstraat op Darling. Die drie kunstenaars is Raymond Soga, Ben Hamman en Rosemarie Ann. Die uitstalling van skilderye sluit stil-lewes, landskappe en portretstudies in. Kontak Ernestine Soga by 071 792 8644 Anti-Dwelmbyeenkoms 19 Desember - Die Anti-Dwelmforum in Wesbank, Malmesbury, se vergadering in die Calvynse kerksaal in Proteasirkel vind weer plaas om 19:00. Skakel Hennie Klaase by 076 9030 827 vir verdere navrae. Spesiale Funky Fresh Aand-Kersmark 21 Desember - Dié spesiale Funky Fresh Kersmark op Riebeek-Kasteel vanaf 16:00 tot 18:00 vind plaas by die Kasteelberg Trading Store en almal is welkom. Kersboom op Piketberg 19 Desember - Dis die 14de jaar dat die Kersgeselligheid vir behoeftige kinders van Piketberg en omgewing plaasvind. Die funksie is daarop gerig om presente aan 1200 kinders tussen 2 en 13 jaar te oorhandig. Die publiek word versoek om geskenke te borg deur dit by Boland Superspar, Shoprite, Calendulastraat 23 of die Bergrivier Munisipaliteit te besorg. Die kinders soek gewoonlik as geskenke ‘n rugbybal, sokkerbal, netbal, karre, poppe, skryfbehoeftes, toiletware, vliegtuie, krieketstel, teestel, trekkers, afstandbeheer-karre, rugsakke, lorries of wat u ook al wil gee. Kontak Ray van Rooy by 083 9615 of 022 913 6054 vir nog inligting. Krieket-Derby op Riebeek 26 Desember – Spelers, oud en jonk, manlik en vroulik, word gesoek vir die jaarlikse Boxing Day Krieket-Derby tussen Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes. Buiten spelers word ‘n kommentaarspan, noodhulpspan, krieketuitrusting en ‘n krieketveld benodig. Kontak David Wickham by 082 8989 663 of 022-4481163 of david@steelband.co.za vir inligting of om hulp aan te bied. Matrieks se uitslae aangekondig 6 Januarie - Die uitslag van 2013 se landwye matriek-eindeksamen word na verwagting deur Angie Mothekga, nasionale minister van onderwys, aangekondig. Wes-Kaapse skole heropen 15 Januarie - Wes-Kaapse skole heropen na die Kersvakansie vir die eerste kwartaal van 2014. Jaarvergadering: Swartland Drankforum 16 Januarie - Die jaarvergadering van die Forum vind plaas om 14:00 by die Bloues Klubhuis op Malmesbury. Alle lisensiehouers en bestuurders word gevra om dit by te woon. Skakel Johann Kieser by 0835818151 vir meer inligting. HSS bied atletiekafrigting 18 Januarie - Hoërskool Swartland bied ‘n atletiekafrigtingskliniek aan vanaf 08:30 – 13:00 op Hoërskool Swartland se velde. Dis vir leerders van graad 4 tot 12, sowel as afrigters. Die koste beloop R60 per atleet of afrigter. Registrasie geskied vanaf 08:00 by die veld. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.

Wat gebeur op Yzerfontein? Die 2013 Yzerfontein-vakansieseisoen het reeds afgeskop en is propvol aktiwiteite vir inwoners en besoekers aan dié dorp. Die program sluit onder meer in: • 18 Desember - Tennistoernooi op die tennisbaan vanaf 8:30. Jean: 082 897 0777. - NG Kerkbasaar in die kerksaal vanaf 9:00. Gideon: 083 628 4508. - Repetisie met kersliedere in die gemeenskapsaal van 11:00 tot 13:00. Marie Hamman: 079 580 1223. - Pannekoekpartytjie vir kinders van 6 tot 12: Kaijaiki Restaurant van 16:00 tot 18:00. Gilda: 082 707 8535. Donderdag 19 Desember – Tennistoernooi op tennisbaan vanaf 8:30. Kersliedere by Kerslig in gemeenskapsaal vanaf 11:00 tot 13:00. Vrydag 20 Desember – Pretloop vanaf Shell garage om 6:00. Kunsmark vanaf Mark: Christi Panagio, aktrise, het Maandag ‘n 9:00 tot 15:00 in gemeen- stalletjie behartig by die mark wat op die plaas De la skapsaal. Kersliedere in Rey buite Yzerfontein gehou is. hawe van 16:00 tot 18:00. Jeugbasaar in NG Kerksaal vanaf 18:00. vanaf 18:00. Maandag 23 Desember – Skattejag Saterdag 21 Desember – Voëlkyk, vertrek vanaf gemeenskapsaal om 8:30. Wynveil8:00 vanaf Shell garage. Kunsmark vanaf 9:00 ing by Yzerfontein Sportklub vanaf 16:00. tot 15:00 in gemeenskapsaal. NSRI-seered- Kolwyntjie bak vir Kersfees vanaf 16:00 tot dingsdemonastrasie vanaf 10:00 tot 11:00 op 18:00 in Kaijaiki restaurant. die hoofstrand. Kersliedere by Kerslig in die hawe vanaf 16:00 tot 18:00. Studente-uitreik Dinsdag 24 Desember - Kunstentoon/ sokkie / dans vanaf 20:00 tot middernag in stelling in Die Stal, Club Cafe & Gallery, Jan gemeenskapsaal Venter, Dit en Dat, Michadri;s, Regalia en in die gemeenskapsaal. Sondag 22 Desember – Kersliedere by Kerslig in die hawe vanaf 18:00 tot 20:00. Vrydag 27 Desember - Touchies op die Kersvader arriveer per boot in die hawe hoofstand.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.