Die courant 12 maart 2014 262

Page 3

3

nuus • news 12 Maart 2014

Minister loof Never Despair

Prestasies ‘teken van gesonde klub’

Lionel Richie: Schoon-

spruit Sekondêr op Malmesbury het die naweek hul naam as kunsen kultuurskool gestand gedoen en ‘n huldeblyk-konsert aan Lionel Richie gelewer. Hier blink Kevin Isaacs, Roche Europa, Ranleigh Smith en Dustin Julies uit tydens een van hul items. Foto: David Howburg

Oplossing vir skoolbus wat nou verby ry is ‘naby’ ‘n Groep laerskoolleerlinge wat al ‘n maand gestrand sit op hul plaas weens ‘n probleem met hul busvervoer, kan binnekort terug wees op skool danksy ‘n naderende oplos­sing. Die nege leerders van die skool Anne Pienaar Gedenk, nagenoeg 25 km buite Malmesbury op die Paarlpad, is kinders van werkers op die plaas De Grendel van Truter de Kock. “Hulle ry al jare met die Henry Magermanskoolbus, wat deur die provinsiale onderwysdepartement gekontrakteer is.” ‘n Maand gelede het hy net “uit die bloute” ‘n brief van die prinsipaal, Jan Sass, ontvang dat die kinders in plaas van die gewone 200 meter tot by die bushalte, voortaan daagliks ‘n bykomende 2 km tot by die volgende optelpunt by die Tweekuil Plase-ingang sou moes stap, het De Kock, aan die courant verduidelik. Die rede hiervoor, het navrae laat blyk, was dat die optelpunt by De Grendel nog nooit geregistreer was nie, wat beteken in geval van ‘n ongeluk sou geen versekeraar uitbetaal nie. Gevolglik het Magerman besluit om nie meer met dié vergunning voort te gaan nie. Die huidige roete tot by Anne Pie­ naar Gedenk, ‘n skool met nagenoeg 250 kinders, strek oor ‘n afstand van 39,2 km vanaf Blomfontein, Grasrug, Dassenheuwel, Kersfontein, Tweekuil Plase, Klipfontein en Rhenosterbosrug. Altesame 48 kinders word daagliks op die roete skool toe vervoer. Die lang ent wat die kinders voortaan langs die besige hoofpad tussen die Paarl en Malmesbury sou moes stap, was ook nie aanvaarbaar nie. ‘’Ek weier dat die kinders langs daardie pad stap,’’ het De Kock gesê. Sass het gewaarsku dat daar die risiko van ontvoering en aanranding bestaan as die kinders daagliks langs die besige hoofpad moet stap. Hy is egter ewe bekommerd oor die kinders wat nou reeds ‘n maand se skoolopleiding misgeloop het en binnekort met toetse moet begin en take inhandig. ‘n Aansoek om die oplaaipunt by die plaas

De Grendel te registreer, is reeds geruime tyd gelede by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ingehandig. Die WKOD se direkteur van kommunikasie, Paddy Attwell, het by navraag bevestig dat so ‘n aansoek vir ‘n bykomende oplaaipunt ontvang is. “Dit sal beteken die roete word met 8 km verleng,” volgens hom. Hy sê die buskontrakteur het tot nou hierdie bykomende afstand gratis tot die roete toegevoeg. Attwell meen die aansoek om die De Grendel-oplaaipunt te registreer, behoort te slaag en binnekort afgehandel te word. “Die departement verwerk tans die aansoek. Ons verwag om die proses binnekort af te handel,’’ het hy by navraag aan die courant ge-e-pos.

Agter: Kevin Malgas (DCAS) Liewellyn Adonis (Never Despair), Dual Erasmus (Never Despair), Remo Arendse (Never Despair) en Joggie Scholtz (Munisipale Bestuurder). Voor is Leigh Borman (Never Despiar), Tijmen van Essen (Burgemeester), Ivan Meyer (Minister), Pietie Pieters (Voorsitter Never Despair) en Johann Maarman (Sekretaris Never Despair). “Hierdie gebaar van ondersteuning maak ons trots. Dit maak dat ons kan fokus op sportontwikkeling as ons weet ons hoef nie nou fondse te soek vir ons klere nie,” het Coach Boetie Kaza van die Never Despair-rugbyklub op Malmesbury, verlede week gesê nadat Never Despair nuwe sportdrag in ontvangs geneem het. “Ons klub se leuse is A player in sport, is a player out of court, daarom is dié klub en sy pres­­­­­­­­­asies vir ons belangrik,” het Kaza bygevoeg. Dr. Ivan Meyer, die provinsiale minister van sport en kultuur, het die sweetpakke aan die bestuur en spelers van Never Despair oorhandig. “In die Wes-Kaap praat ons nie baie nie - ons doen baie!” het Meyer tydens die oorhandiging

gesê. Meyer het verwys na die geskiedenis van die klub, wat reeds in 1892 gestig is. “Jul prestasies is ‘n bewys dat die klub gesond is en ons in die Wes-Kaap het ‘n houding om eerder er­ kenning te gee en die geld te belê by mense wat presteer, eerder as om dit toe te wys aan plekke waar daar vermorsing is!” Meyer het aangehaal uit die geskiedenis van die klub se groot mylpale en verwys na krisistye en die moeilike jare waardeur die klub wel kon oorleef. “Ons departement het waardering vir die feit dat julle presteer, al moes julle al moeilike tye trotseer. Dit maak dat ek ook opgewonde raak oor jul Derby wat voorlê!” * Never Despair het die laaste jaar vriend en vyand verras deur sy vordering en ontwikkeling.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.