Page 1

Cedartjie

Natasha Hunter

cedartjie@sonopsolar.co.za / 022 001 0049

Vanaf 1993 Uitgawe no - 277 ?

“Moenie net tyd maak vir liefde nie, lewe in liefde.“ Citrusdaller trou met sy beste maat. Hein Langmann en sy geliefde vrou Michelle Langman het op 28 Januarie 2017 by Laatson in Porterville getrou. Michelle sê : “Liefde

is die vreugde en drome, wat twee harte deel.” Citrusdal spog met ’n nuwe kolfblad. Welkom Fox&Cronje prokureurs! Geluk aan die nuwe skoolbeheerliggaam van Haasbekkies 105 kinders is bederf op Kersfees . Welkom nuwe personeel van Laerskool Olifantsvallei. Geluk aan ons Boland Tweekampspan van Laerskool Olifantsvallei. Ons harte groet citrusdallers wat oorlede is: Oom At Engelbrecht Makutluisiso Nyelimane. Kinders: Hoeveel lieweheersbesies kruip weg?

Februarie 2017


GOD SE RAAD VIR LIEFDE - OPGESOM God se opdragte vir volhoubare verhoudings kan in vier stappe opgesom word: Stap 1: In.plaas van om na die regte persoon te soek, wórd die regte persoon. Stap 2: In.plaas van om verlief te raak, wandel in liefde.

Ek is so lief vir hierdie man!

Februarie is bekend as die liefdesmaand op ons kalender. Hoekom kan alle maande nie daarvoor bekend wees nie? Hoekom net een dag in een maand? Ek is die afgelope tyd so bewus van wat liefde is. Liefde is in die eerste plek Jesus in ons lewe. Liefde is om daar te wees vir ander. In goeie tye en in slegte tye. Deur sonskyn-dae en donker-dae. LIEFDE IS om LEKKER te kan LAG! Ons het as ’n groep vriende “guts” bymekaar gemaak om deel te neem aan ‘n TV-kompetisie . Dit was ’n fantastiese ervaring en wonderlik om met oulike, kreatiewe mense te kon werk. Na die “skiet” van die program het ons deelnemers vir die eerste keer ’n episode van die reeks gaan kyk. Ons was so teleurgesteld toe ons besef hulle soek net alles wat negatief is en gebruik dit. Die goeie word uitge“edit”. TVGoud … noem hulle dit!

Stap 3: In plaas van om jou hoop en drome op iemand anders te vestig, fokus jou hoop op God en streef daarna om Hom deur hierdie verhouding te verheug. Stap 4: Indien iets verkeerd gaan, herhaal stap 1-3! Enige verhouding kan liefde ervaar… Maar dit begin

altyd by JOU. As jy jouself wil uitdaag en liefde—

regte liefde ’n kans wil gee, gaan

Dit laat my toe dink, hoe baie hoor, of sien ons iets waar besoek die die goeie uit ge”edit” is? Sal ek in die toekoms nie meer vra voor ek net aanneem nie? Kom ons leef deur liefde. Kom ons bou mekaar! Lag saam. Verdra mekaar! Bid vir mekaar en ondersteun mekaar en daar waar die goeie uitge”edit” word, mag ons nie net aanneem nie … As daar aangeneem word teenoor jou, mag jy ’n sin van humour hê, en lekker lag. Mag die liefde in ons lewens seëvier!

Adverteer in Die Cedartjie: Advertensiesluitingsdatum vir Maart 2017 :

20 Februarie 2017 Kontak Die Cedartjie vir navrae & pryse: cedartjie@sonopsolar.co.za Die Cedartjie

40 dae

Bestel NOU jou Valentynsheliumballonne voor

7 Feb 2017. Kontak Rozanne vir pryse en inligting by :

083 659 1152 uitdaging hier: http:// www.shenzhoufellows hip.org/main2/files/ old/SpecialTopics/ TheLoveDare.pdf

Februarie 2017

bl. 2


Die NG Kerk Citrusdal was bevoorreg om saam met Badisa Citrusdal en Ons Huis Home Based Care 105 kinders te bederf vir Kersfees. Onder die Kersboom het ’n hele paar geskenke gelê waaruit elke kind een kon kies. Elke kind het ’n lekker pakkie gekry met lekkernye en heerlik gesmul aan die roomys. Baie dankie aan elke persoon wat betrokke was by die Cederberg Wine en The Lovely Grapevine se fynproewersaand en op hierdie wyse ons in staat gestel het om hierdie wonderlike dag te kon aanbied. Ons waardeer dit baie!! Die Here het Jeremia 29:4-9 aan ons as gemeente gegee vir 2017. Ons wil daarom vir almal in Citrusdal ’n baie geseënde 2017 toe wens. In die woorde van Jeremia 29:8 is almal in die breër Citrusdal-gemeenskap se belange ook die NG Kerk Citrusdal se belange. Kontak ons dus gerus by 0229212843 [Kerkkantoor] of ds. Daniel van Zyl [0832617650] of ons pastorale berader, Sarel Eloff [0844996136] as ons enigsins êrens behulpsaam kan wees.

Begin Donderdag 16 Februarie 18:00 by Laerskool Olifantsvallei Kontakpersoon: Madelein Horn Sel nr 0726010994 ALMAL WELKOM!!!

Die Cedartjie

Februarie 2017

Kontak: Wian vd Vyver Sel nr 0836035500

bl. 3


Met die lekker lang vakansie agter ons, is Pomario weer volstoom aan die gang en reg vir 2017! Baie welkom aan al ons nuwe ouers en leerders. Ons weet julle gaan sommer baie tuis by ons voel. Ons leerders het die skoolweek begin met heerlike boeresport. Sakresies, toutrek en waterballonne was alles deel van die pret! Baie geluk aan ons verkose Leerderraad vir 2017: Bongo Nyaba, Ruby Oldroyd, Noah Oldroyd en Nelmarie Marais. Belangrike datums vir die kwartaal en jaar: Van links na regs: Bongo Nyaba, Noah Oldroyd, Ruby Oldroyd, Nelmarie Marais 16 /01 : OUERBRAAI 27 /01 : POMARIO-SWEMGALA 14/02 : VALENTYNSDAG – MAKIETIE 04/03 : KOUEBOKKEVELD-SPORTDAG 24/03 : HAMBURGERVERKOPE / FLIEKAAND 22/09 : 4 X 4 GESINSDAG

Halfblad geborg deur:

Pomario wens almal ‘n wonderlike 2017 toe!

Badisa Citrusdal het twee kampe by Cederberg Akademie aangebied vir graad 7-leerders van verskeie skole in die gemeenskap. Die doel van hierdie kampe was om die leerders te oriënteer oor Cederberg Akademie; die skool se gedragskode is behandel; en om groepskohesie te bevorder. Daar is ervaar dat graad 7-leerders soms spanning ervaar met die skuif van laerskool na hoërskool. Daarom het die maatskaplike werkers, Stallone Govender en Hillary Brouwers, die leerders ook bemagtig met verskeie vaardighede om hulle voor te berei om met meer gemak hulle hoërskoolfase aan te pak. Hierdie jaar was die eerste van hierdie soort kampe en ongeveer 50 kinders is bereik. Die behoefte is ook geïdentifiseer dat daar ‘n behoefte is om alle graad 7-leerders in die gemeenskap by so ‘n program in te skakel. Daarom word daar hierdie jaar twee kampe per groep beplan.

Ons wil dus graag ‘n versoek rig. Tydens die kampe word kos en koeldrank aan die kinders gegee. Indien u dalk kan help daarmee, sal ons dit baie waardeer. Kontak gerus Badisa Citrusdal se kantoor by 0229213148.

Die Cedartjie

Februarie 2017

bl. 4


Ons Graad 1-leerders van 2017 word deur mev. Elzette Hamman en me. Carina van Zyl onderrig.

Dit is vir ons ‘n voorreg om die volgende nuwe personeellede aan u bekend te stel: (Linka) Rayno Krige, Chundré van Tonder, Eloise Barnard, Henlo Davel en Miné Arries. Die onderwysers-korps van Laerskool Olifantsvallei is gemotiveer en verbind hulself tot kwaliteit onderrig en deurlopende intervensie met elkeen van ons leerders.

(Links in die Middel) Laerskool Olifantsvallei se Victrix Ludorum is Kaydene Fortuin en die Victor Ludorum is Shauwin Boois. Die beste veld-atleet was Hizelle Fortuin en die beste baan-atleet was Jade Vallentyn. Ons is baie trots op hierdie prag prestasies!

Baie geluk aan die volgende leerders wat in die Boland Tweekamp-span opgeneem is:Carine Röntgen (A-span), Alizmi van der Vyver (Ontwikkelingspan), Isabelle Heyns (Ontwikkelingspan) Mia-Lizé van der Vyver (B-span), Mariska Naudé (Ontwikkelingspan), Simon van Niekerk (Ontwikkelingspan), Christi Engelbrecht (A-span), Minke van Coller (B-span), Nina Engelbrecht (B-span), Dieter Naudé (Aspan), Elizabeth Coetzer (A-span) en Wickus Nel (A-span). Die Cedartjie

Graag bring ons hulde aan die lewe van oom At Engelbrecht en alles wat hy bygedra het tot Laerskool Olifantsvallei. Oom At was altyd bereid om net die beste te gee. Daar is ‘n groot leemte gelaat by ons skool en Oom sal baie gemis word. Ons sal graag baie dankie wil sê Oom At, vir al die liefde wat oom vir Laerskool Olifantsvallei gehad het. Oom laat onvergeetlike herinneringe agter wat niemand sal kan weg neem nie.

Februarie 2017

bl. 5


Die Kinderkombuis: Tydens ʼn Dinsdag-Bybelstudie by Hebron het twee broers in Christus saam vanuit 2 Korinthiërs 5 begin droom oor ʼn voedingsprojek vir voorskoolse kinders. Daar was net een doel voor oë: die voorsiening van gesonde maaltye aan behoeftige kinders. Twee weke later is die Kinderkombuis tot stand gebring. In Junie 2015 het ses restaurante: Hebron; Piekenierskloof Lodge; Old Village; Kardoesie; Citrusdal Country Lodge; The Grapevine asook die NG Kerk Citrusdal bymekaargekom en ʼn vrywillige ooreenkoms aangegaan om die Kinderkombuis te begin. Sedertdien voorsien die Kinderkombuis se restaurante een gesonde maaltyd drie maal per week op ʼn rotasiebasis aan die Ubuntu Child Development Centre en die Ceder Care Playgroup en daar is tot op datum al sowat 18 000 borde kos voorsien. Die vervoer en uitdeel van die kos word behartig deur talle NG Kerk-vrywilligers asook die plaaslike polisie, Citrusdal Cellars, Aptekor en Pomario Skool, waarsonder die projek nie moontlik sou wees nie (enige ander persone of organisasies of besighede is welkom om nog betrokke te raak). Dankie ook aan Dirk Visser wat elke Maandag vyf brode aflewer vir die projek en Karlin Eloff wat die projek koördineer. Die Kinderkombuis sal ook van die jaar af by Babbel en Krabbel betrokke kan raak danksy ʼn maandelikse bydrae deur Werner Röntgen waarmee vars produkte aangekoop sal word vir Babbel en Krabbel se skoolkombuis en die kok sal ondersteuning by die personeel van die bogenoemde restaurante ontvang. Die Kinderkombuis van Citrusdal wil graag dankie sê vir elkeen wat betrokke is by die voedingsprojek. Ons staan sonder woorde met groot dankbaarheid voor ons Skepper. Dit is inspirerend om te sien hoe besighede, jong kinders en gesinne aktief betrokke raak by die ontwikkeling van ʼn gesonde gemeenskap. Indien jy graag wil betrokke raak, kontak gerus : Sarel Eloff - 0844996136 Steve Oldroyd - 0725935900.

Baie welkom terug na ‘n heerlike somervakansie. Haasbekkies hoop julle almal het ‘n wonderlike gesinstyd saam gehad en is uitgerus vir die nuwe jaar. Ons is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en alles wat dit vir ons mag inhou! Ons is baie bly om weer al ons ou en nuwe vrolike gesiggies by die skool te sien baljaar en hoe hulle heerlik speel in ons ruim tuin. Almal het goed aangepas en ons het sommer dadelik aan die werk gespring. Op Vrydag, 20 Januarie, het LSO ons genooi om aan hul kleuratletiekbyeenkoms te kom deelneem. Al die Pre-Gr. R en Gr. R-leerders het aan hierdie geleentheid deelgeneem. Baie geluk aan die algehele Gr. R wenners. Die dogters was as volg: Derde plek: Kourtney Cloete; Tweede plek: Marli Carstens; Eerste plek: Anicia Hector. Die seuns se uitslae: Derde plek: Albie Burger; Tweede plek: Willow Dekoker; Eerste plek: Junior Dirks. Ons is baie trots op elke leerder wat deelgeneem het aan hierdie groot byeenkoms. Maandag, 23 Januarie, het ons ons jaarlike oueraandvergadering gehad, waar ons 3 sprekers gehad het wat ons ouers meer kom vertel het van lewensvaardighede, bv. respek, dissipline, boeliegedrag en motoriese ontwikkeling van seuns om hulle te bevorder vir rugby (deur Heinrich Hough); ‘n spraakterapeutsessie wat die belangrikheid van spraak beklemtoon het (deur Lauren Taljaard) en MonkeyNastix wat goud werd is vir elke kind se ontwikkeling (deur Charné Boersma). Tydens hierdie byeenkoms het ons ook die verkiesing gehou waar die ouers die geleentheid gehad het om vir die nuwe SBL ( skoolbeheerliggaam) te stem. Die nuwe

SBL van 2017 is as volg: Kobus van der Merrwe; Odette Mostert;Rozanne Esterhuizen en Janine Ferreira.

Ons wens julle almal baie geluk en sien uit daarna om die jaar saam met julle te werk. Dankie vir elkeen van julle wat bereid is om hard te werk vir ons kinders en ons skool! Geniet die maand van LIEFDE!!! Die Cedartjie

Februarie 2017

bl. 6


Citrusdal Krieket Klub het die afgelope naweek 20, 21 Januarie 2017 die opening van die nuwe kolfblad gehou. Daar is ook ‘n veiling gehou ten bate van Citrusdal Krieket Klub met die oog om ‘n elektroniese tellingbord op te sit. Die dag was ‘n groot sukses, en ons wil net weer vir al ons borge, spelers en ondersteuners opreg dankie sê vir julle ondersteuning. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie.

Bo: Klub spelers wat Vrydag aand teen “ou manne span” gespeel het

Ligaspan Saterdag met amptelike opening: Thaliwitzer (voorsitter – links), Stiaan van zyl (SA Protea-krieketspeler wat veld open en lint knip), Golden Bulls se kaptein – Wynand Strydom,Citrusdal se kaptein – John Sinclair Die Cedartjie

Februarie 2017

bl. 7


KONTAK ONS GERUS VIR MEER INLIGTING EN PRYSE BY: 022 921 2115 / 6 Die Cedartjie

Februarie 2017

bl. 8


Huis om te huur. Verkieslik in Citrusdal, maar as dit op plaas is en dis nie te ver uit dorp sal dit ook werk.

Kontak Elmarie Tel 0785741168 of whatsapp 0798663307

BESIGHEIDSPERSEEL TE KOOP Adres:

R750 / 1000 stukkies as opgetel word te Oukraal

R800 / 1000 stukkies afgelewer in die dorp

Paul de Villiersstraat 14 Citrusdal 7340 Bestaan uit drie afsonderlike besighede met geriewe, Afdak oor lengte van gebou en oop erf met muur rondom. Goeie huurinkomste.

Prys: R 1 050 000. Skakel Abraham 084 205 2121

Kontak Arno : 076 151 7106 Die Cedartjie

Februarie 2017

bl. 9


Kantoor-adminpos beskikbaar

THE BATHS

ONTVANGS VAKATURE Goeie taalvaardigheid in engels en afrikaans ‘n vereiste sowel as goeie menseverhoudings. Kode 8 lisensie benodig en persoon moet bereid wees om sekere naweke diens te verrig.

Wenkem Citrusdal – Kenny Beeton Halfdag 08h00 - 13h00 Persoon moet kantooragtergrond hê Rekenaarvaardig met eie vervoer.

Pos beskikbaar vanaf 01 Maart 2017

Rig CV aan D.J. van Zyl by

Stuur asb CV : kennybeeton@gmail.com Faksnommer : 086 416 767 8

reservations2@thebaths.co.za.

Aansoeke van gemotiveerde persoon met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes word vir hierdie betrekking ingewag.

HOOF: HUISHOUDELIKE DIENSTE

Aangewese kandidaat moet oor die volgende beskik:  Sterk leierseienskappe  Goeie kennis van ouer persone se voedingsbehoeftes bv verskillende diëte.  Goeie menseverhoudings Toepaslike ondervinding

Finansiële- en batebestuur Netheid, infeksiebeheer en veiligheid 

Die volgende word aangebied:  Salaris volgens Badisa-skale Pensioen- en mediese fonds asook ruim verlof

Aansoek sluit:

Aangewese kandidaat sal verantwoordelik wees vir:  Bestuur van huishoudelike afdeling (kombuis, waskamer en skoonmaakdienste)  Voorraadkontrole  Opstel van spyskaarte  Personeelbestuur en administratiewe take Die Cedartjie

15 Februarie 2017 Diensaanvaarding: Onderhandelbaar

Rig ‘n volledige CV aan:  Die Bestuurder, Ons Huis , Posbus 188, Citrusdal, 7340  E-pos: bestuur@ons-huis.co.za Faks: 022-921-2926 Februarie 2017  bl. 10


ABRIE VAN ZYL VERF & ONDERHOUD 079 083 6476 Kontrakteur: Abrie van Zyl, Citrusdal en omgewing. E-pos: abrievanzyl19@gmail.com *Verf enige geboue binne en buite *Herstelwerk aan geboue bv. gekraakte mure, pleisterwerk, waterdigting *Afspuit van dakke en mure met hoëdrukspuit *Waterdigting van dakke *Klein bouwerk bv. uitbreek van mure, inbou van vensterrame en deure, bou van ringmure, opsit van afdakke, ens. *Opsit van fascias en geute. *Opsit van bedekking teen mure, rock art *Verkoop ook rock art-stene wat soos kalkklip lyk *Loodgieter werk *Insit van “drywall” (houtmure) Ek is baie gesteld op presiese en professionele werk en daarom hou ek persoonlik toesig en werk saam met die werksmense. Ek vat ook net een projek op 'n slag en gee my volle aandag aan die werk waarmee ek besig is. Ek is reeds 15 jr in die verf bedryf en lewer hoë gehalte werk en vriendelike diens.

Die Cedartjie

Wynland bied nou termynafbetalings met lenings van tot R8000 !

Februarie 2017

ID-boek + afskrif

Laaste 2 salarisstrokies

3 maande bankstaat

Bewys van uitgawe

bl. 11


Sondag

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

Plaas ‘n geleentheid met sy datum op Kalender vir R20.00. Stuur na: cedartjie@sonopsolar.co.za

Bestel jou hartjie heliumballone by Zaan’s Creations in Citrusdal vir Valentynsdag of enige partytjie. 083 659 1152

*Antwoord: Daar kruip 15 lieweheersbesies weg.

Geniet Valentynsdag met ons Blush van Bon Courage. 750ml R55.00

Die Cedartjie

Februarie 2017

Die Cedartjie Februarie 2017  

Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, vedra alles... 1 Kor 13:7

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you