Page 1

8

InRat

Jaco Kirsten is die ‘ref’: Trailblazer teen Fortuner

Bylae tot Rapport

16 Desember 2012

Victory High­Ball:

Hondas vir Afrika: Brio en nuwe CR­V is hier

7

Vuis in die lug gaan jy die 3 bure ontstig 9

Jaguar XF en Freelander II kry meer skop

Hyundai i30 het ’n blink toekoms

4

2 InRat

16 Desember 2012

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Mej. Dipstiek gee raad

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

Chery J3

Nuut

Chery het sy nuwe J3 in Suid­Afrika bekendgestel. Die motor het ’n 1.6F­petrolenjin wat die voorwiele deur ’n vyfgang­handratkas aandryf. Maksimum kraguitset is 87 kW en 147 Nm. Die J3 TXE – die enigste beskikbare variant – het heelwat standaard­toerusting, soos ses lugsakke, leersitplekke, outomatiese lugreëling, ruitveërs wat vanself aanskakel, ’n klankstelsel met USB­poort, ses luidspre­ kers en stuurwielkontroles, allooiwiele, parkeerhulpsensors agter, elektriese ruite en kantspieëls, ’n alarm/immobiliseerder en af­ standbeheerde sentrale sluit. Die Chery J3 TXE kos R179 900. FOTO: CHERY

KopKrap

Vul­in­die­woorde 07 Verskaf deur XWord.co.za

Skryf elke woord in die lys hieronder op die regte plek in 3­letterwoorde Lem Oos Pad Rem Wip

4­letterwoorde Foon Naaf Sake Taxi Vrag

5­letterwoorde Enjin Model Skerm

6­letterwoorde Lorrie Tikrat Tolhek 10­letterwoorde Alternator Outomaties

Geluk!

Woord­kompetisie­wenner Baie geluk aan Tiaan Wolmarans van die Laerskool Genl. Hendrik Schoeman op Hart­ beespoort. Hy wen ’n R2 000­geskenkbewys van First National Battery en gaan dit vir sy pa gee. InRat­lesers tussen 6 en 12 jaar oud het die kans gehad om nu­

we hoëgehalte­motor­ batterye te wen. Hulle moes die raaisel invul en ’n woord maak met die letters in groen en die antwoord aan ons SMS. Die antwoord was SLEEP­ STANG. Lees InRat elke maand sodat jy aan die komende kom­ petisies kan deelneem.

Beste Mej. Dipstiek My dogter, wat volgende jaar op Stellenbosch medies gaan studeer, glo vas sy gaan ’n nuwe Mini Cooper vir Kersfees kry. Ek en my man wou aan­ vanklik vir haar een koop, maar die afgelope vier maande gaan dit glad nie goed met sy sakeonder­ neming nie. Hy het ook heelwat geld verloor deur ’n berugte beleggingsmaatskappy. Nou het ons vir haar ’n Volkswagen Polo Vivo bestel, maar ek weet sy gaan baie teleurgesteld wees en ek weet nie heeltemal hoe om dit te hanteer nie. Jou raad sal waardeer word. Groete Riana, Pretoria Hallo, Riana Dipstiek vind dit heel komies hoe Transvalers so behep is met motors. Stel jou voor – die bloedjie gaan teleurgesteld wees in ’n Polo Vivo! Ek neem aan julle betaal vir haar studies ook? Sy kan haar sterre dank en lyk my julle het darem iets reggekry tussen die bederf van jul kind deur. Maar hier lê die ding: Dipstiek dink nie dis jou dogter wat teleurgesteld is nie, dis jy.

Sielkundiges noem dit projeksie. Jy voel jou man het nie sy kant gebring nie. Jul dogter is ’n nuwe Mini belowe en nou kan julle net ’n Polo verskaf! Jy moet besef alles gaan nie altyd voor die wind vir enige sakeonderneming nie en mense maak be­ leggingsfoute. Dit maak hulle nie verloorders nie en ook nie hul mans nie. Dis deel van die lewe en die ekonomiese werklikheid. Jou dogter gaan voortaan op haar eie voete staan, haar eie doelwitte stel en haarself dan keer op keer teleurstel, al vaar sy taamlik goed! Totdat sy eendag leer om haarself te aanvaar en om dank­ baar te wees vir haar posisie in die lewe, sal sy on­ gelukkig wees. Dipstiek dink jy kan ook nou maar jou trane afdroog en jou seëninge begin tel. Vriendelike Dipstiek­groete tot die gradeplegtig­ heid! @ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerde maatskaplike werktuigkundige. Stuur jou kwelvrae aan dipstiek@ryveilig.co.za.

Ek en my wiele KARLIEN VAN JAARSVELD

H

aar debuutalbum Jakkals Trou Met Wolf se Vrou was een van 2011 se topverko­ pers. Sy beskryf haarself as ’n sangeres wat nie juis kos maak nie, al kook sy en haar verloofde, die rugbyster Derick Hougaard, gereeld in Afrikaanse glansblaaie. Die blondine en haar broer Bob­ by deel op 18 Desember ’n verhoog op Badplaas. Wat ry jy? Jou ryding se beste en swak eien­ skappe? Ek ry ’n Audi Q7. Hy het geen swak punte nie. Sy goeie punte sluit in veilig­ heid, die beste GPS, ruimte en hy kan lekker beweeg wanneer ek ’n bietjie laat is. My kar is stewig op die pad en maklik hanteerbaar, al is ek klein en kort. Watter vervoermiddel sal jy koop met R5 miljoen? Ek sal beslis my Audi Q7 hou. En dalk vir my ’n Audi R8 ook koop. En ’n Jeep Wrangler. Sjoe, is daar nog genoeg geld? Gee my ’n oplossing vir die volgende ver­ voerprobleme: olie wat al skaarser en duur­ der word en die oormag motors en vragmo­ tors op ons paaie. Wat van meer treine? Maar hel, as hulle ons nog meer belasting gaan vra, los maar eerder die treine. Ek weet nie. Ons bly in ’n wonderlike land, maar die beheer daaroor is swak. Dalk fiet­ se, ons sal lekker fiks raak. Het jy al ooit geryloop? Wat is dit? Hike!? Nee flip ek’s te bang, ons bly mos nie in Utopia nie. Het jy al ooit ’n motor se vensters van bin­ ne laat toewasem? Hahaha! Ja, toe ek nog ’n motor sonder aircon gehad het. Vertel my van jou eerste motor. Wie’t jou geleer ry en het jy Die Toets maklik geslaag?

Wenner!

My eerste kar was ’n Ve­ locity Golf. Ek het daai kar gelove! My pa het my leer bestuur want my ma se ge­ duld is maar min, en kyk; sy kan stres en is dus nie die ideale leermeester nie. Ek dink ek het elke liewe kar wat my pa al gery het, iewers gestamp. Shame, hy was altyd oukei daarmee. Maar vandag is ek ’n baie goeie bestuurder. My ma gaan lag wanneer sy dit lees, want sy hou nie daar­ van om te weet ek bestuur beter as sy nie! Ek het my toets loshande geslaag. Die verkeersman het sommer op die pad gesê ons kan maar omdraai en teruggaan want hy kan sien ek kan bestuur. Swets jy ander padgebruikers in die pri­ vaatheid (en klankdigtheid) van jou eie mo­ tor? Hahaha! Nee, ek kry glad nie road rage nie. Maar partykeer sal ek sê “dié ou is nou ’n p***h*l!” Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Fernando Alonso! (Ai, jammer, Karlien; Basjan Vettel het gewen – red.) Waarna luister jy wanneer jy ry? Of waaraan dink jy? Ek dink maar min. Die mense wat my ken, weet dit. Ek luister tans Taylor Swift afgewissel met Bobby (van Jaarsveld) en Dewald Wasserfall. Ek love musiek in die kar. Ek luister dit hard en sing lekker saam. Ek dink definitief mense lag partykeer vir my wanneer hulle verby my ry. Watter toestel wil jy die graagste in jou motor ingebou hê? Vlerke. Enigiets anders wat ons van jou en motors, bikes of enjins moet weet? Vir ’n bike is ek bang. Van ’n enjin weet ek niks! Hy moet net kan ry, en bietjie vinniger as die gewone.

Lesers se snaaksste foto aangewys Twee maande gelede het ons InRat­lesers gevra om ’n snaak­ se foto van hulself en hul mo­ tors of motorfietse op InRat se Facebook­blad te laai. Dan moes hulle hul vriende, kennisse en familie vra om dit te like, vir ’n kans om ’n Canon PowerShot SX130 IS ­kamera te wen. Die foto met die meeste likes sou

die kamera wen (mits dit ook snaaks is). Dalene Ingham­Brown van Kaapstad se foto was die ge­ wildste en sy wen dus die ka­ mera. Geluk! ; Sluit aan by Rapport InRat se Facebook­blad vir motornuus en kompetisies: www.facebook.com/Inrat

16 Desember 2012

InRat 3

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuus

Honda CR­V

Groot of klein vir oud of jonk D

ie Honda CR­V, een ons nasie se begeerlikste 4x4­gesinsmotors, is net anderdag deur ’n splinternuwe model vervang. En sy het hoogswanger hier aan wal gekom, want drie dae later het sy die lewe geskenk aan die nuwe baba­Honda, die Brio. Honda CR­V Die vorige CR­V, veral die 2,4 liter, het ’n nare drinkgewoonte gehad. Honda het moeite gedoen om haar dors te tem en het selfs sover gegaan om ’n 4x2­variant te bou. Daar is weer drie enjinkeuses: 2 liter­petrol, 2,4 liter­petrol en 2,2 turbo­ diesel. Oudergewoonte is die verbruik nou laer en die verrigting effens beter, hoewel die tweeliter geduld vereis. Diege­ ne wat neulende CVT­transmissies ver­ pes, sal bly wees dit ontbreek. Die outo­ matiese weergawes het ratspane, asook sensors, wat verhoed dat die outo’kas self rat oorsit in ’n draai. Dis opvallend hoe ruim die nuwe CR­V binne is. Ek kan gemaklik “agter myself” sit, wat ’n prestasie vir enige motor is weens my lengte van 1,96 m. Nogtans is die bagasiebak 24 cm langer as voorheen en met die trek van een hefboom tuimel die agtersitplek se rugleuning vorentoe, sonder dat jy die kopstutte eers hoef uit te haal of in te druk. Wat die meganiese betref, is die 4x4­ stelsel so aangepas dat die CR­V nou al­

tyd met vierwielaandrywing wegtrek en dan vanself na voorwielaandrywing oor­ skakel. Voorheen het hy in 4x2­modus weggetrek en eers al vier wiele ingespan as die voorwiele gly. Die nuwe stelsel trek beter weg op gladde oppervlakke. Die stabiliteitsbeheer verhoed ook nou dat ’n sleepwa heen en weer swaai – dit word Trailer Stability Assist genoem. Diegene wat lang ente op swak grond­ paaie moet ry, sal bly wees dat die skok­ brekers spesiaal vergroot is sodat die vloeistof binne­in nie gou oorverhit en die voertuig begin rondspring nie, sê Honda. Die ritgehalte van die nuwe CR­V is besonder goed. Baie van die Honda Accord se slim veiligheidstoerusting, soos die stuur wat self draai as jy uit jou baan “dryf”, is nou ook in die duurder CR­V’s te vind. Elke CR­V is met ’n volgrootte noodwiel toegerus. Pryse wissel van R299 900 tot R499 000. ’n Drie jaar of 100 000 km­ waarborg en ’n vyf jaar of 90 000 km­ diensplan is ingesluit. Honda Brio Minder as ’n week ná die CR­V se be­ kendstelling het die ooievaar die klein Honda Brio gebring. Hy’s omtrent so groot soos ’n Hyundai i10 en gaan in daardie klas meeding. Ook met motors soos die Kia Picanto en VW Polo Vivo. Die Brio, wat op ontwikkelende lande ge­

Hyundai­gunsteling suksesvol ontplooi

’N

“Elektries­rooi” Hyundai i20 – dis mos net die ding vir die besige stad, of hoe? Sy gesiggie is boonop “ontplooi” sodat hy van voor nou meer op die res van die Hyundai­gesin trek, en amper soos ’n kleiner Hyundai i30 lyk. Die agterligte is ook hersien en in die geheel lyk hy heel­ wat koeler as die vorige model, wat eint­ lik ’n gesig het vir radio. Maar die eintlike verandering lê in al die toerusting wat bygevoeg is. My top­ variant­toetsmotor, die 1.4 Glide, het on­ der meer agterste parkeersensors, Blue­ tooth, ’n ritrekenaar, groot stuurwiel­ knoppies en ses lugsakke gehad. Die binneruim lyk asof die ontwerpspan moeite gedoen het en detail soos die chroom­agtige deurhandvatsels en elegan­

Die nuwe CR­V is so ont­ werp dat die be­ stuurder die neus beter kan sien wan­ neer sy parkeer FOTO’S: HONDA

te kajuitliggies skep ’n stylvolle gevoel. Die ritrekenaar se skerm kon dalk meer na die bestuurderskant toe gesit het. Onder die middelkonsole is daar ’n ou­ like wegsteekplek wat oopklap vir ’n son­ bril of selfoon. Die sitplekke is gerieflik en die swart en houndstooth­materiaal lyk of dit stres kan hanteer. Jy kan jou kop­ stut en sitplek verstel totdat jy die per­ fekte bestuurdersposisie het. ’n Sesspoed­handratkas hou dinge inte­ ressant, want die 73 kW­enjintjie is nie witwarm nie, maar die ratteverwisseling is maklik. Op die oop pad is die sesde rat welkom en die langpad pas die i20, met goeie, gladde werkverrigting en ’n gemaklike rit. Daar was nie te veel wind­ en padgeraas in die kajuit nie en die klankstelsel het helder geklink teen

Honda Brio

Die Brio is op ’n verkorte onderstel van die puik Honda Jazz ge­ bou mik is, word aangedryf deur ’n 1,2 liter­ enjin (met wisselende kleptyd­reëling) wat 65 kW en 109 Nm ontwikkel, 11 Nm minder as die Picanto se 1,2 liter­masjien. Kopers kan tussen ’n vyfgang­handratkas en ’n vyfgang­outo kies. Albei variante het die Comfort­toerustingvlak wat onder meer twee lugsakke, ABS­remme, lugver­

sorging, elektriese vensters, ’n klankstel­ sel met USB­poort en vier luidsprekers en ’n volgrootte noodwiel insluit. Die handrat­weergawe kos R119 800 en die outo R129 800. ’n Drie jaar of 100 000 km­waarborg en ’n twee jaar of 30 000 km­diensplan is ingesluit. – Justus Visagie

Hyundai i20 1.4 Glide

KitsToets

Die gewilde i20 was by ’n plastiese chi­ rurg en het op die koop toe nuwe binne­ goed gekry | FOTO: QUICKPIC

120 km/h. Steeds is die karretjies aan die duur kant, al het hy baie toerusting. Een ding is seker, hy’s lekker klein vir die dun, Kaapse straatjies van Tuine en Tam­ boerskloof, maklik om te parkeer (danksy die trurat­parkeerhulp en kantspieëls wat elektries terugvou) en tog ruim genoeg vir jou en jou makkers of orrelpypies ag­ terin. Om die i20 op te som: dis ’n styl­ volle, duursame karretjie wat sy lyf grootmenskar kan hou, en is geskik vir enigiemand. – Ané Theron PRYS R176 900 ENJIN 1,4 liter- viersilinder-petrol, 73 kW en 136 Nm RATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 11.6 sek. en 181 km/h topsnelheid; 4,2 liter/100 km OORWEEG OOK Honda Jazz 1.3 Comfort, Kia Rio 1.4 Tec

4 InRat

16 Desember 2012

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Kortgat kêrel byna ’n pêrel

Syfers PRYS

R249 900

ENJIN

1,8 F- viersilinderpetrol

RATKAS

Sesgang-handrat, voorwielaandrywing

KRAG

110 kW @ 6 500 r/min. en 178 Nm @ 4 700 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in 9.7 sek., topsnelheid 190 km/h

VERBRUIK

6,5 F/100 km en 157g CO2/km

Hyundai i30 1.8 GLS handrat

DIE 1.8 LITER I30 RY DIE GOLF* VAN HYUNDAI SE SUKSES. DIS ’N MOOI RY­ DING, GELAAI MET GADGETS. MAAR IS ALLES PLUIS IN DIÉ PARADYS? VRA ANÉ THERON.

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

A

s jy vinnig na die Hyundai i30 loer, kan jy sweer dis ’n Elantra met ’n afgekapte stert. Met die sukses van die Elantra het Hyundai se­ kerlik gedink “if it ain’t broke, don’t fix it”. Tog is daar subtiele verskille: die voorste, seskantige sierrooster lyk byvoorbeeld anders as sy Elantra­boetie s’n. Vloeiende lyne en gespierde kurwes is sag op die oog, en die voorste mislig­hul­ sels se LED­dagliggies verskaf die nodige hedendaagse voorkoms. Vir my is die i30 mooier as enige van sy stalmaats. Hy vermeng kontemporêre elegansie en sportiwiteit meesterlik. Die kajuit is smaakvol, en die fluidic sculpture­ ontwerpstyl word binne weerspieël. Ge­ riefstoebehore is ’n algemene verskynsel in die i30 GLS, soos die lugverkoelde pa­ neelkissie en truspieël wat ’n outomatiese dag/nag­funksie het, wat beteken nagver­ keer verblind die bestuurder nie van ag­ ter nie. Daar’s leersitplekke en die ritre­ kenaar (met kristalhelder skrif) is veelsy­ dig met ’n reikafstand­funksie: altyd handig om te weet hoeveel kilo’s jy kan

sen Comfort, Normal en Sport. Eersge­ noemde laat die stuur heelwat ligter voel, en is handig vir driepunt­draaie in die ouetehuis se parkeerterrein. Normal was skaflik, en Sport verskil nie hemelsbreed van Normal nie, maar darem so dat jy dit agterkom. Oor die algemeen gee die stuur nie veel terugvoer nie. Op reis van Hermanus na Kaapstad oor die Houwhoekpas en Sir Lowryspas het die i30 soms uitasem geraak op plek­ ke waar ek dit nie verwag het nie. Ek moes ook meestal terugskakel na vierde en selfs derde rat toe om verby te steek, al was my snelheid wettig. Ek sou gehou het van ’n bietjie meer pluk. Komaan, Hyundai: gee ons liewer ’n 1.4 of 1.6 met ’n turbo!

Junior Z4 is versoeking en verlossing K

OUTP/049/A

ort voor my fling met die BMW Z4, het ek en Mercedes­Benz se wilde SLK 55 AMG met sy groot V8 mekaar vermaak. Gevolglik het ek glad nie vuur­ werk van die tweeliter­Z4 verwag nie. Nie dat jy dié twee roadsters juis met mekaar kan vergelyk nie, want die Merc­ AMG se 5,5 liter­enjin is soveel groter en kragtiger (310 kW en 540 Nm). Maar gits, ek het die junior Z4 heelte­ mal onderskat. Sy turbo­oondjie was le­ wendig genoeg om my rondrits­lus te blus – wat nie sommer gebeur nie – en ek het dus verskonings gesoek om met hom te gaan speel. Die Z4 sDrive20i se beste eienskap is dat jy sy potensiaal daagliks kan geniet: jy kan behoorlik pret hê, sonder om roe­ keloos te wees. Hoeveel van die “groot­ meneer”­enjins se krag, wat soms meer statussimbool as rybare motor is, kan ’n

mens in elk geval benut? Dis vir my geld mors. Oukei, daar is darem niks wat so mooi brul soos ’n ses­ of agtsilinder nie. Wat die Z4 verder besonders maak, is sy uitstekende hantering. Die gewigsver­ deling tussen die voor­ en agterwiele is so te sê perfek. Dit voel of sy swaarte­ punt reg onder jou stert is. Jy kan dus laat waai deur ’n draai en ten volle in beheer voel. Sy dubbelkoppelaar­outo’kas skiet blitsvinnig deur die ratte sodra jy vet gee. Daar’s sewe ratte wat jy ook self met ratspane agter die stuur kan kies. Die vering is styf, maar die rit darem nie só hard dat dit voel of jou stopsels gaan uitval nie. Al is die Z4 ’n bekende gesig op ons paaie, bly hy ’n kopdraaier van formaat, sonder om té flashy te wees. Ek het soos ’n celeb agter sy stuur gevoel. Die kajuit is van uitstaande gehalte en

378 F

NAVERKOPE

Vyf jaar of 150 000 km waarborg en vyf jaar of 90 000 km-diensplan (versien elke 15 000 km)

OORWEEG OOK

Renault Mégane 1.4 TCe GT-Line, Chevrolet Cruze Hatch 1.8 LS, Opel Astra 1.4 Turbo Enjoy

’n Lus vir die oog, maar dis tyd dat Hyundai lewendiger enjins bring | FOTO: QUICKPIC ry voordat die tenk lug sluk. Die gehalte­klankstelsel speel amper enigiets van ’n CD tot ’n USB­stokkie, en jy kan ook ’n iPod, iPhone of ander MP3­speler koppel. Daar is ook agterste parkeerhulp, dubbelsone­outolugversor­ ging, syspieëls wat elektries kan terugvou en verwarm en Bluetooth vir jou selfoon. Alles standaard. Die i30 het veelvuldige veiligheidstoe­ rusting soos die allerbelangrike stabili­ teitsbeheer, ses lugsakke, sluitweerremme (ABS) met elektroniese remkragversprei­ ding en remhulp. Een van die i30 se noemenswaardige eienskappe is die FlexSteer­stelsel (stan­ daard) wat jou toelaat om die stuurgevoel na willekeur te verander. Jy kan kies tus­

53 F

Vervaardiger se syfers Gelukkig is die i30 GLS lig op die sous vir ’n 1,8 liter­petrolenjin. Ons gekombi­ neerde verbruik was ongeveer 7,6 liter per 100 km, volgens die ritrekenaar. Die i30 is vol wen­eienskappe, maar die enjin kan baat vind by ekstra woema. Tog het ek gewoond geraak aan sy duur­ same binneruim, groot bagasiebak, goeie padhouvermoë, gladde transmissie en die feit dat hy soveel interessanter is om na te kyk as ’n Volkswagen Golf. * Met apologie aan Volkswagen.

BMW Z4 sDrive 20i outo

KitsToets

Die bekostigbaarste Z4 is nou met ’n le­ wendige 2 liter­turbo­ enjin toegerus FOTO: NP glad nie beknop nie. Al wat gepla het, was die ongemaklike (opsionele) sportsit­ plekke se kopstukke, wat te ver vorentoe staan en sig na agter effe belemmer. ’n Week lank was die Z4 my paspoort na ’n wêreld van opwinding, gesonde ontvlugting en verstandige rygenot. Dit wys jou – ’n mens kan net soveel ryge­ not uit sportmotors met kleiner enjins put as die grotes. – Corlette Heyns

PRYS R526 200 (basisprys) ENJIN 2,0 liter- viersilinder-petrol met turbo; 135 kW en 270 Nm RATKAS Sewegang- dubbelkoppelaar-outo’kas; agterwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7.2 sek en 232 km/h topsnelheid OORWEEG OOK Audi TT 2.0T FSI S-Tronic, Mercedes SLK 200 Blue Efficiency

ONS GESKENK AAN JOU HIERDIE FEESSEISOEN! AS ONS NIE JOU MOTORVERSEKERINGSPREMIE KAN KLOP NIE

16 Desember 2012

InRat 5

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuus

Mercedes­Benz CLS Shooting Brake

Porsche Cayenne GTS

Nuus

Die GTS is 1 sek. stadiger van 0 tot 100 km/h as die Turbo, maar kos ’n halfmiljoen minder | FOTO: VERSKAF

Rooipeper­Porsche met rissiepit­houding

P

Die peperduur Shooting Brake is ’n swierige stasiewa met ’n swierige benaming | FOTO: MERCEDES­BENZ

Anderse skutskoets skiet g’n tekort ter­laairuim bewys. Die binneruim is oorvloedig weelderig met pragtige houtafwer­ king, blink instrumente en leerbe­ kleedsel oral, die sitplekke is groot en gemaklik met oorgenoeg been­ ruimte, maar die middelsitplek ag­ ter is beknop. Standaard­toerusting sluit in LED­hoofligte, ’n elektries beheerde klapdeur agter en nog ’n string elektroniese stelsels, met ’n ellelan­ ge lys opsies boonop, insluitende ’n AMG­sportpakket. Die Shooting Brake is soos die CLS Koepee net op bestelling, en met petrolenjins, hier beskikbaar. Enjinkrag wissel van 225 kW in die 350 BlueEfficiency en 300 kW in die 500 BlueEfficiency tot 386 kW in die AMG­variant. Selfs met aluminium­onderdele en liggewig­konstruksie bly die Shooting Brake ’n swaar wa, maar tog hanteer hy draaie ligvoets en met vertroue. Die brutale krag van die AMG in sportmodus bly ’n er­ varing, maar die 500 BlueEfficiency is in alle opsigte die mees gebalan­ seerde van die drie. Die CLS Shooting Brake is ’n im­ ponerende toevoeging tot Mercedes­ Benz se reeks. Dit skiet g’n tekort

SAL U S JO N O

0 0 4 R

K

T N A T ON

L A A T BE

in enige opsig nie – egter ook nie wat prys betref nie, want die mees junior model kos R835 000 (twee jaar of onbeperkte km­waarborg en MobiloDrive 120 000 km­nasorgpak­ ket ingesluit), terwyl die 500 Blue­ Efficiency sonder opsies jou meer as ’n miljoen uit die sak sal jaag. Die AMG is beskikbaar teen R1 380 000. – Ferdi de Vos * Shooting brake (oftewel shooting break) is ’n 19de eeuse Britse term vir ’n aangepaste wa wat jagpartye met hul toerusting en jagtrofeë ver­ voer het. ’n Break was ’n eenvoudige wa­onderstel wat gebruik is om perde in te breek. Deesdae word die term gebruik as breë omskrywing vir voertuie wat van vierdeur­stasiewaens tot tweedeur­mo­ delle met stasiewa en koepee­kenmerke insluit, soos die Ferrari FF en die Jaguar XF Sportbrake. Plaas ’n mens dit in ’n hedendaagse Suid­Afrikaanse konteks, tower dit beelde op van groot boere met lang gewere agterop ’n Cruiser met ’n plat bak . . . nie eintlik elegante, andersoor­ tige stasiewaens nie. Wat noem ’n mens dit op Afrikaans? Sekerlik nie “skietbriek” of “skietrem” nie; moont­ lik is die raakste beskrywing “jagwa”, “skietwa” of “skutskoets”.

SMS “SPAAR” NA 44166 EN ONS SAL JOU TERUGSKAKEL.

*T’S EN V’S EN DTW STANDAARD TARIEWE GELD.

OUTP/050/A

D

is ironies dat ’n Duitse weeldevervaardiger in sy soeke na iets sonderlings die tradisioneel Britse shooting brake* in gewysigde vorm laat herleef. Die shooting brake­konsep kom al ’n lang pad, soos die Al­ bion van 1908 of dink aan ’n jong prinses Anne en haar Reli­ ant Scimitar GTE (spoedboetes en al) en die Volvo 1800ES, ’n wa­weergawe van The Saint van TV­faam se Volvo. Maar met vervaardigers wat deurentyd soek na die ander­ soortige stilering om kopers te lok, is nuwe vergestaltings van die konsep weer hoogmode . . . Mercedes beskryf die CLS Shooting Brake se vorm as koe­ pee­agtig en die stilering as ’n kombinasie van “funksie en fas­ sinasie”. Die “koepee”­lyne is te bevraagteken, maar die algehele ontwerp is elegant en stylvol. Dis in wese ’n swierige stasie­ wa, gemik op diegene wat soek na ’n ruim ryding wat meer as ’n normale E­Klas sal beïndruk – soos wat die hoogs onpraktiese opsionele bedekking van Ameri­ kaanse kersiehout (soos gebruik in peperduur jagte) vir die 590 li­

orsche se nuwe Cayenne GTS het in Suid­Afrika aange­ kom en gaan die mark vir weelde­4x4’s vuurwarm maak. In die verlede het die Cayenne se voorkoms my nie beïndruk nie – nie dat hy enigsins onooglik is nie. Ek kon net nie die Porsche­kenteken met só ’n groot stuk metaal vereenselwig nie. Dis soos om te dink Jannie du Plessis moet met Usain Bolt meeding. Dit klink net nie logies en haalbaar nie. Maar die oomblik toe ek die GTS se sleutel by sy bekend­ stelling in Kaapstad gedraai en die nuwe V8 se grom in my ore weergalm het, was dit neusie verby. Ek was op die plek smoorverlief! Die nuwe Cayenne klink soos ’n warmgemaakte sportmo­ tor móét klink – ’n diep grom uit die maag, soos ’n leeuman­ netjie wat almal in die bos laat verstaan wie baas is. As ek ’n groot kat was, sou my snorbaarde van lekkerkry vibreer het! Porsche het dié hipnotiserende klank (wat Sound Sym­ poser heet) doelbewus ontwikkel deur die enjinklank deur die voorste pilare te gelei wanneer die bestuurder die motor se Sport­modus kies. Die groot V8 is ’n kragtiger weergawe van die Cayenne S s’n met inlaatkleppe wat verder oopmaak, hersiene kleptyd­ reëling en ’n aangepaste enjinbeheerstelsel wat saamwerk sodat die enjin vinniger op versneller­insette reageer. En hy’s lewendig – net 5.7 sekondes van wegtrek tot 100 km/h en ’n skamele 13.7 sekondes tot by 160 km/h. Sy 4,8 liter­enjin, wat sonder turbo of drukaanjaer asem­ haal, ontwikkel 309 kW en 515 Nm (teenoor die Cayenne S se 294 kW en 500 Nm), wat al vier wiele tot ’n topspoed van 261 km/h kan aandryf deur ’n outomatiese agtgang­ transmissie met ratspane. Die Cayenne GTS is toegerus met Porsche se aktiewe on­ derstelbeheerstelsel (PASM) – ’n opsionele ekstra vir die res van die modelreeks. Dié stelsels pas die demping deuren­ tyd aan na gelang van die padoppervlak (hetsy mooi platge­ stryk of onreëlmatig) en die bestuurder se bestuurstyl – vir optimale hantering. Van buite pronk die nuweling, wat laer as die ander Cayen­ nes sit, met uitgeboude wielboë wat sy sportiewe karakter beklemtoon. Die spoor wat sy wiele trap, is ook breër as die makker Cayenne S s’n. Verder het hy groter luginlate wat hy by sy Turbo­stalmaat leen. Binne het hy weelde­eienskappe soos sweedsleer vir die stuurwiel en uiters gemaklike sportsitplekke wat deel van die nuweling se standaard­toerusting is. Daarbenewens het hy hope ruimte vir tot vyf volwassenes. Die GTS pas verrigtings­ en prysgewys tussen die Cayen­ ne S en die Turbo, en is teen R983 000, wat Porsche se drie­ jaar­motorplan insluit, dus glad nie so peperduur vir wat jy kry nie. Ek sou kon doen met ’n miljoen om vir myself só ’n wilde weeldewa aan te skaf. Die Cayenne bied die beste van albei wêrelde – sportmotorverrigting en krooskarweier, alles in een. – Corlette Heyns

6 InRat

16 Desember 2012

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Honda Civic 1.8 i­VTEC Exec luikrug handrat

Syfers PRYS

R270 300

ENJIN

1,8 F- viersilinderpetrol

RATKAS

Sesgang-handrat, voorwielaandrywing

KRAG

104 kW @ 6 500 r/min. en 174 Nm @ 4 300 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in 9.5 sek., topsnelheid 212 km/h

VERBRUIK BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

6,1 F/100 km en 150g CO2/km 50 F 477 F

NAVERKOPE

Drie jaar of 100 000 km waarborg en vyf jaar of 90 000 km-diensplan (versien elke 15 000 km)

OORWEEG OOK

Ford Focus 2.0 GDi Sport, Hyundai i30 1.8 GLS, BMW 116i

Vervaardiger se syfers

Corlette Heyns glo die Civic­luikrug is die mooiste in sy klas en Ané Theron sê dis die Hyundai i30 (bl. 4). Hulle is albei verkeerd. Die Alfa Romeo Giulietta is die mooiste | FOTO: HONDA

Hiep­hoera vir ’n ‘hip’ Honda DIE NUWE CIVIC­LUIKRUG IS DIE UITBLINKER ONDER SY KLASMAATS. SY ONKONVENSIONELE VOORKOMS IS SPOR­ TIEF, EFFENS AGGRESSIEF, MAAR TOG ELEGANT. OF JY HOM SMAAK OF HAAT, JY SAL HOM RAAKSIEN. VAN HOEVEEL GE­ SINSMOTORS KAN JY DIESELFDE SÊ, VRA CORLETTE HEYNS.

M

et die intrapslag kan jy jou mak­ lik verbeel jy sit agter die stuur van ’n duur Duitse motor. Die kajuit is stylvol gestileer, sjiek en weelde­ rig. ’n Hoogtepunt is die besonder ge­ maklike verhitbare leersitplekke. Ek het drie uur lank ononderbroke van Kaap­ stad tot in Barrydale gery sonder dat my agterstewe lam gevoel het (of rooimiere te veel gepla het). Die sagte, dik leerstuur­ wiel met spoed­ en klankbeheerkontroles is nog iets waarvan ek baie gehou het. Ligte, kamera, knoppies Die besige instrumentepaneel het my aanvanklik verbouereer. Met soveel lig­

gies en knoppies voor jou sal g’n mens ooit agter dié stuurwiel aan die slaap kan raak nie. Voor jou sit die toereteller en bokant dit is daar ’n tweede ry digitale lesings in ’n aparte segment, wat die snelheid in groot, helder syfers aandui. Dan is daar ’n klein volkleur­inligting­ skerm, links van die instrumente, wat die klankstelsel se inligting, asook tegniese inligting (soos gemiddelde verbruik) ver­ toon. Dit wys ook wat die parkeerkamera agter sien. Die middelkonsole het ’n rits knoppies vir die radio/CD­speler en outo­ matiese tweesone­lugversorging. Die prettige sy van die instrumentasie is die liggies weerskante van die snel­

Niks­nonsies nutswa K

ia se Sedona is dalk nie die mooiste gesinswa op die pad nie, maar dié snoetbus moet ’n mens nie sommer vlak kyk nie. Eerstens is die vorige 2,9 liter­ enjin onlangs met ’n kleiner 2,2 liter (viersilinder­turbodiesel) vervang, wat kragtiger is, sagter loop, en minder gas uitblaas. Die nuwe sesgang­ outomatiese ratkas beskik oor sogenaamde “kunsmati­ ge intelligensie” wat jou bestuurstyl ont­ leed en daarvolgens besluit hoe vroeg of laat hy ratte wissel. Binne is hy g’n meesterstuk nie. Soos jou rekenmeester is hy doeltreffend, maar verbeeldingloos. Die leersitplekke is net­ net genoeg troos vir die andersins vaal, plastiekerige afwerking aan die binnekant en die ontwerpers het die term “snoet­ bus” dalk ’n bietjie te ernstig opgeneem toe hulle dié ou ’n stomp neus soos ’n bulterriër gegee het. Maar laat ek nou nie my neus vir ’n neus optrek nie. Die Sedona is ’n gerieflike en sinvolle keuse vir ’n gesinsmotor – sy generiese voorkoms ten spyt. En hy’t al die stan­ daard­kenmerke wat ’n mens deesdae in ’n nuwe motor verwag: Die CD­speler

kan ses albums op ’n slag laai, en jy kan ook jou iPod of ’n geheuestokkie by hom inprop. Daar’s ook nou Bluetooth, snel­ heidsbeheer en die temperatuur kan vir voor en agter verskillend gestel word. Kia het dié motor slim toegerus vir langpad ry . . . mét kriewelrige kinders op die agtersitplekke. Die ruim beenruimte en goed geplaaste stoorplek vir sonbrille, padkaarte, inkleurboeke, melkbottels en Wimpy­koffie (daar’s ágt bekerhouers!) sorg vir orde en keer dat jy tussen die Kaap en die wildtuin spatare kry of op ’n verdwaalde vetkruit trap. Tussen die voorste sitplekke flap ’n skinkbordjie uit waarop die bestuurder gou langs die pad ’n burger kan weg­ slaan sonder dat die Thousand Island­ sous op sy skoot drup en elke passasier het ook ’n kleintjie wat, soos op ’n vlieg­ tuig, uit die rugleuning van die stoel voor hom platslaan. Buiten die ses lugsakke is daar ook an­ der faktore wat van die Sedona ’n veilige kinderwa maak: Links van die truspieël­ tjie is ’n skermpie waarop jy kan sien wat daar agter aangaan as jy terugstoot

heidsmeter, wat van kleur verander. As jou bestuurstyl brandstofekonomie bevor­ der, verander die kleur na groen. Gee jy gas, verander dit na blou. Daar’s ook ’n ECON­knop langs die stuurwiel wat die brandstofdoeltreffendste verstelling van die enjin en versneller aktiveer. Ry hy lekker? Ek en die Civic het dik pelle geword op pad na Barrydale. Sy beste eienskap is dat hy solied voel en stewig op die pad sit en sy vering bied goeie demping op ’n slegte pad. Verrigtingsgewys moet jy egter nie ’n vuurpyl verwag nie. Dáár­ voor moet jy sy 2,2 liter­ turbodiesel­boe­ tie aanskaf, wat veel meer wringkrag on­ der die kap het. Die 1,8 liter­petrolenjin (geen turbo) is effens lui wanneer die ECON­knop geak­ tiveer is. Daarsonder vaar hy beter, maar dan’s die petrolverbruik heelwat hoër. In stadsverkeer reageer die Civic nie vinnig genoeg na my smaak nie. Omdat die enjin eers teen hoë toere lewe kry, moet jy die petrol diep trap om ordentlik aan die ry te kom. Op die oop pad ry hy egter soos ’n droom. Die enjin loop stil, daar’s min windgeraas en hy stuur akku­ raat. Jy moet wel rondspeel met die ratte teen opdraandes of wanneer jy ander motors wil verbysteek. Spasie vir die nasie Die beste en dalk die belangrikste eien­

Kia Sedona

Die Sedona het nog nie Kia se nuwe ont­ werp nie, maar wel ’n nuwe enjin FOTO: QUICKPIC en net bo dit vou nóg ’n spieëltjie uit die dak waarin jy ’n ogie kan hou op die woelwaters hier agter jou. Die motor het aan weerskante ’n skuifdeur sodat dié wat agterin sit aan die veiligste kant van die voertuig kan uitklim, en jy kan die sluitfunksie só stel dat slegs die bestuur­ der ’n deur outomaties kan laat oopgly. Heel agterin is daar twee klein venster­ tjies (byna soos daai driehoek­ruitjie met die krom knip in ’n deur van die ou Dat­ sun­bakkie) wat jy ook met die druk van ’n knoppie so ’n knertsie kan oopswaai – genoeg vir vars lug, maar te min vir uit­

skap van dié ryding, is sy oorvloed laai­ plek en beenruimte. Vir voornemende ko­ pers met baba nommer twee op pad (wat nie ’n vervelige sedan of dors veldryer wil aanskaf nie), is die Civic ’n aantrekli­ ke, onkonvensionele opsie. Sy laairuim, wat ’n raps groter as dié van die BMW 3­Reeks­sedan (460 liter) of ’n VW Tigu­ an is (471 liter), sal lag­lag ’n stootwaen­ tjie, skopfiets én ’n maand se doeke vat. Daarby het jy ook nog 76 liter maklik toeganklike laaiplek onder die agterste sitplekke vir jou koelsak of los speelgoed. Boonop is die agtersitplek hoogteverstel­ baar sodat kleintjies hoog kan sit. Ander toerusting? Hoewel die Civic nie goedkoop is nie, bevat hy hope standaard­toerusting en ’n vyfjaar­diensplan. Veiligheidstoerusting sluit in ses lugsakke, ABS­remme, VSA (stabiliteitsbeheer), EBD (remkragver­ spreiding), EBA (noodremhulp) en weg­ trekhulp vir opdraandes. Hy’t ’n uitste­ kende klankstelsel met ses luidsprekers, USB­ en AUX­koppelings, dagry­liggies, outomatiese hoofligte en ­ruitveërs asook ’n agterste parkeerkamera. Al wat skort is Bluetooth­koppeling, wat in die duur­ der variant te vinde is. Sal ek hom koop? As my begroting dit toegelaat het, ja. Dis ’n veelsydige, praktiese, prettige en betroubare ryding. Maar sy duur turbo­ diesel­boetie (R344 100 . . . eina!) is die een waarop ek my hart verloor het.

KitsToets val. Die agterflap kan ook van binne die motor oop­ en toemaak – die kortvolk hoef dus nie in ’n besige straat daarvoor te staan en rek wanneer jy hulle by die skool aflaai nie. Gepraat van die agterkant . . . Die pak­ plek agterin is ’n bietjie skraps, maar jy kan die agtersitplekke maklik platslaan en vorentoe skuif as jy almal se gholfsak­ ke moet karwei. En die middelste ry sit­ plekke kan ook platvou en wegkantel die dag as daai antieke wastafeltjie van Ou­ ma eindelik na jou kant toe kom. Die Sedona is ’n niks­nonsens, ergono­ miese ryding. Soos ’n kantoorstoel vir die hele gesin. – Sophia van Taak PRYS R420 000 ENJIN 2,2 liter, viersilinder, turbodiesel; 143 kW en 436 Nm RATKAS Sesspoed-outomaties, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 11 sek. en 196 km/h topspoed; 8,8 liter/100 km OORWEEG OOK Volkswagen Kombi 2.0 TDI, Hyundai H1 2.5 VGTi, Chrysler Grand Voyager 2.8 CRD LX

16 Desember 2012

InRat 7

Kleiner, kragtig en onder druk

Nuus

Land Rover Freelander

D

is veral in die laaste jare dat die twee eertyds Britse karbouers Ja­ guar en Land Rover fris enjins met behoorlike krag in hul rygoed sit. Sedert die twee van futlose Rover­ en XK­enjins na BMW­ (in Land Rover se geval) en daarna na Ford­krag oorge­ skakel het, kan prins William rustig slaap in die wete dat hy sy Kate betyds by die hospitaal kan kry – of James nou die Jag voor die paleis parkeer, of die Landie. Soos die meerderheid Euro­vervaardi­ gers het Jag en Land Rover begin oor­ slaan na dwang­gevoerde enjins* met ’n kleiner slagvolume, weens streng uit­ laatgas­wetgewing in die Euro­sone asook kopers wat g’n gediend sal wees met minder krag in hul koetse nie. In dié soeke na meer krag uit kleiner enjins het Jaguar weggedoen met sy groot 5,0 liter­V8 in die middelgewig­XF en weelde­XJ en dit vervang met ’n hoogs tegnologiese, drukaangejaagde 3,0 liter­V6, terwyl die ou, onaangejaag­ de 3,0 liter­V6 nou plek maak vir ’n kragtige 2,0 liter­ turboaangejaagde kragbron. Dieselfde 2,0 liter­turbo­enjin sal voor­ taan ook in die opgekikkerde Freelan­ der­reeks diens doen, in die plek van die erg verouderde 3,2 liter­V6. Jaguar sê die drukaangejaagde allooi­ V6 is vanuit die AJ133 5,0 liter­V8­enjin ontwikkel en dié kragbronne deel sleu­ telkenmerke soos aluminium­konstruk­ sie, ’n liggewig­blok, direkte inspuiting en ’n hoër drukverhouding (10.5:1). Soos die V8’s in Jaguar se R­modelle gebruik die V6 ’n kompakte Roots­ dubbelvorteks­drukaanjaer met nuwe Bosch­enjinsagteware, wat dit byna 20% doeltreffender maak, vir ’n kraguitset van 250 kW teen 6 500 r/min en 450 Nm wringkrag tussen 3 500 en 5 000 r/min – glad nie te versmaai ver­

Die Freelander se verouderde V6 is met ’n turbo­viersilinder vervang | FOTO’S: NP

Jaguar XF

Jaguar volg ook die weg van kleiner turbo­enjins en daar’s ’n nuwe 8­gang­ratkas

Ferrari­pret vir die hele gesin

KitsToets Ferrari FF

D

ie laken is al in 2011 van Ferrari se FF getrek, maar eksotiese rygoed laat ’n mens soms jare wag vir die ge­ leentheid om agter die stuur in te skuif. Veral as ’n pronkende Swart Hings of Stormende Bul daarop pryk. En so het InRat en ander media onlangs die kans gehad om Ferrari se gesinsmotor, die FF, in Gauteng te ry. Ek vermoed dis om ’n bietjie publisiteit te skep omdat dié motor se ontwerp (deur Pininfarina) waagmoedig en riskant is en dus nie soveel aftrek by kopers kry soos die 458 en 599 of F12 nie. Ek hou van die FF se “te hel met die volk!”­voorkoms. Ook dat drie mense en hul bagasie saam met die bestuurder kan ry. Beenruimte agter is voldoende mits jy nie agter Andries Bekker probeer sit nie. Die kajuit is met Michelangelo se toe­ wyding en passie ontwerp. Om die flik­ kerligte aan te sit, druk jy knoppies by jou duime wat op die stuurwiel is – daar’s geen hefboom nie. In die instru­ menthulsel domineer ’n groot, geel toere­ teller alles om hom. Ferrari sê die bagasiebak beslaan 450 liter (Corolla­grootte), maar het vir my ’n raps kleiner gelyk. Dit sal rykes dwing om klere by hul vakansiebestem­ mings te koop en dit vir die armes te gee voordat hulle ry. En, boeta, kan hy ry! Dis die eerste nuwe Ferrari wat ek be­

Die bagasiebak is 800 liter met die sitplekke plat – vir wanneer jou oudste koshuis toe gaan | FOTO: FERRARI stuur, dus kan ek hom nie met sy stal­ maats vergelyk nie. Dennis Droppa, wat al dekades lank artikels oor motors skryf en ook daar was vir ’n rit, het die motor as besadig beskryf – amper asof sy tande bietjie afgevyl is teenoor die ander Ferra­ ri’s s’n. Veral wat die uitlaatpyp se ru­ moer betref. Maar dis immers ’n gesins­ Ferrari, dus sal ons hom nie daaroor af­

geleke met die uittredende V8 se 283 kW en 515 Nm nie. In die XF en aluminiumbak­XJ is die enjin gekoppel aan ’n outomatiese agt­ gang­ ZF­ratkas en dis interessant dat albei dieselfde verrigtingsyfers het: 0­100 km/h in 5.9 sekondes, ’n beperkte topsnelheid van 250 km/h, ’n gekombi­ neerde verbruik van 9,4 liter/100 km en CO2­emissies van 224 g/km. In teenstelling met die drukaangejaag­ de V6 word die i4 2.0­turbo­enjin al in verskeie gedaantes in Fords en Volvo’s gebruik, asook in die Range Rover Evo­ que. Die XF en opgekikkerde Freelander 2 gebruik albei die 177 kW­weergawe met dié verskil dat dit reguit in die Jaguar gemonteer is en dwars in die Freelander. Met ’n draaimoment van 340 Nm teen 3 200 r/min bied hierdie ligte tweeliter­ meul meer krag en wringkrag as die 3,0 liter­V6 (175 kW/293 Nm) én 3,2 liter­ V6 (171 kW/317 Nm) wat dit in die Jaguar en Landie vervang. Dit gee die nuwe XF 2.0 ’n versneltyd van 7.9 sekondes tot 100 km/h, ’n top­ snelheid van 241 km/h, verbruik van 8,9 liter/100 km en ’n CO2­syfer van 207 g/km, wyl die ooreenstemmende Freelander­syfers lees: 8.8 sekondes, 200 km/h, 9,6 liter/100 km en uitlaatgas­ emissies van 224 g CO2/km. Te oordeel na hul gevorderde kenmer­ ke en goeie verrigtingsyfers behoort dié nuwe enjins Jaguar en Land Rover se markaanslag ’n hupstoot te gee – veral in ag genome die kleiner XF se prys van net R499 700 (die drukaangejaagde 3.0­V6 kos R704 800), terwyl die Free­ lander 2 Si4 jou R498 400 tot R544 200 uit die sak sal jaag, afhangend van toe­ rustingvlak. – Ferdi de Vos * So genoem omdat hulle deur turbo­ of drukaanjaers meer lug in die enjin in dwing, wat meer brandstof laat verbrand vir beter verrigting.

skiet nie. Die stuur is lekker “vinnig”, wat bete­ ken die stuurwiel hoef net effens gedraai te word om van rigting te verander. Dit vereis ook al jou aandag, veral wanneer jy laag vlieg. Ongelukkig het ons 40 km­ roete nie juis kurwes gehad nie, dus kan ek nie sê hoe hy in ’n kwaai draai klou nie. Ek het wel die persepsie gevorm dat

die motor swaar is, en teen nie ver van twee ton nie, is hy. Die bak het ook meer oorgeleun as wat ek verwag het toe ek stadiger motors verbygesteek het. Hoewel die FF (op papier) vinnig en kragtig is, het die dun Hoëveldse lug sy verrigting tog effens gedemp laat voel en hy druk jou nie in die sitplek vas soos die McLa­ ren 12C nie. Die FF voel soos ’n motor waarmee jy “gehaltetyd” moet deurbring voordat jy sy beste kan ontgin. Terloops, FF staan vir Ferrari Four en verwys na vier sitplekke en vierwielaandrywing. Laasgenoemde kan ’n maksimum van 20% van die en­ jinkrag kry, en is bedoel om jou uit sneeu te kry, nie om padhouvermoë te verbeter soos in ’n Audi Quattro nie. Die voorwiele het hul eie ratkas, wat ’n middelewenaar onnodig maak en jou dus twee ratkaste vir die prys van een gee. Ongelukkig maak dit die FF steeds nie ’n winskoop nie. – Justus Visagie PRYS R4 046 000 ENJIN 6,3 F, V12, petrol; 485 kW en 683 Nm RATKAS Sewegang- dubbelkoppelaar-outo, vierwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 3.7 sek. en 335 km/h topsnelheid; 15,4 liter/100 km OORWEEG OOK Porsche Panamera Turbo S, Aston Martin Rapide

8 InRat

TweeGeveg

Chevrolet Trailblazer 2.8D LTZ 4x4 handrat vs Toyota Fortuner 3.0 D­4D 4X4 handrat

En die Oscar gaan aan... DIE CHEV TRAILBLAZER IS MEER AS ’N NUWE SPORT­ NUTSVOERTUIG. DIS DIE JONGSTE MEDEDINGER MET DIE TOYOTA FORTUNER, ’N VOERTUIG WAT AL VIR JARE KONING KRAAI IN ’N SEGMENT WAAR HY BAIE MIN TEENSTAND HET. JACO KIRSTEN HET DIE DIESELGEDREWE 4X4­ HANDRATWEERGAWES MET MEKAAR VERGELYK

Die Fortuner het ’n vaste as agter. Die voor­ deel hiervan is grondvryhoogte bly konstant, maar ritgehalte word ingeboet. Die Trailblazer se onafhanklike agtervering gee hom beter wiel­ artikulasie, wat beteken hy kan sy wiele in se­ kere omstandig­ hede laer “laat sak” sodat hulle byvoorbeeld in ’n gat vasstrap­ plek kan kry. FOTO: DESMOND LOUW

D

ie Toyota Fortuner se reputasie in die plaaslike voertuigmark is soos dié van ’n hoofspeler in ’n gewilde sepie. Hy’t hope aanhangers – en ’n klomp kritici. Maar die nuwe Chevrolet Trailblazer is die jongste toevoeging tot dié sepie. En die mark is opgewonde oor dié ontwikkeling, want die ander akteurs – die Mitsubishi Pajero Sport en die Ford Everest – is die afgelope paar seisoene heeltemal deur die Fortuner oordonder. Binneruim Wanneer jy in ’n Trailblazer klim, be­ sef jy hy is so ’n paar jaar jonger as die Fortuner. Om mee te begin, lyk sy in­ strumentepaneel meer modern as dié van die Toyota. Die sitplekke is ook gemakli­ ker en die afwerking en stiksel van die leer lyk beter. Die kopstut van die mid­ delste ry druk weg in die rugleuning waar dit nie meer jou uitsig in jou tru­ spieël kan versper nie. Maar soos in die Fortuner is die leer van ’n baie ligte kleur en dit het reeds vuil kolle gewys. Een van die Fortuner se grootste irrita­ sies is die twee sitplekke wat sy “derde ry” uitmaak (dalk vir tuindwergies). Want dit bly heeltyd in die pad, veral as jy vrag agterin wil laai. Die Trailblazer s’n vou weg in die vloer, hoewel die rug­ leunings steeds 10 cm bo die laairuim se bodem uitsteek. Minstens kan jy die For­ tuner se twee agtersitplekke vinnig met ’n Philips­skroewedraaier en ’n ringsleu­ tel uithaal en bo­op jou stapel Scopes en Grensvegter­boekies in die garage bêre. In die middel het die Trailblazer meer beenruimte as die Fortuner. Maar plek­ plek het iets gepla. Soos die een knip waarmee die laairuim se rolsluier aan die rugkant van die middelste ry sitplekke vasmaak. Met die eerste probeerslag om hom te gebruik het hy afgebreek. Die fo­ tograaf, wat in albei voertuie saamgery het, het ook opgemerk hoeveel harder die Trailblazer se plastiekpanele binne is, veral daar waar jou elmboog op die lang­ pad in die deur rus. Onder die enjinkap Die Trailblazer se 2,8 liter­turbodiesel ontwikkel ’n goeie 132 kW teen 3 800 r/min en 440 Nm wringkrag teen 2 000 r/min (en 470 Nm met outo’kas). Gemeet aan die Fortuner se 120 kW teen 3 400 r/min en 343 Nm teen 1 400­3 200 r/min slaan die Chev duidelik harder. Die Trailblazer se vyfgang­handratkas was seepglad en dit was opvallend hoe­ veel strammer die Fortuner se ratoorska­ kelings was. Toyota se bakkies en han­ delsvoertuie was egter nog nooit bekend vir hul seepgladde oorskakelings nie. Dit was egter steeds ’n effense verrassing dat die Trailblazer net ’n vyfgang­ratkas het, terwyl die Ford Ranger­bakkie byvoor­ beeld ses gange het. Op die pad . . . Agter die stuur van die Trailblazer, in

CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8D LTZ 4x4 handrat

Syfers PRYS

R454 500

ENJIN

2,8 F- viersilinder, turbodiesel

RATKAS

Vyfgang-handrat, deeltydse vierwielaandrywing, hoë- en laestrek

KRAG

132 kW @ 3 800 r/min. en 440 Nm @ 2 000 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h in 10.8 sek. en 180 km/h topsnelheid

VERBRUIK

8,5 F/100 km en 227g CO2/km

BRANDSTOFTENK BAGASIEBAK

76 F 205 F – 1 830 F

NAVERKOPE

Vyf jaar of 120 000 km-waarborg en vyf jaar of 90 000 km-diensplan, versien elke 15 000 km

OORWEEG OOK

Mitsubishi Pajero Sport, ’n Harley-Davidson of ’n minnares

Vervaardiger se syfers TOYOTA FORTUNER 3.0 D­4D 4X4 handrat

Syfers PRYS

R455 300

ENJIN

3,0 F, viersilinder, turbodiesel

RATKAS

Vyfgang-handrat, voltydse vierwielaandrywing, hoëen laestrek

KRAG

120 kW @ 3 400 r/min. en 343 Nm @ 1 400 – 3 200 r/min.

VERRIGTING

0-100 km/h nie beskikbaar, topsnelheid 172 km/h

VERBRUIK

8,6 F per 100 km, 226 g CO2/km

BRANDSTOFTENK 80 F 206 F – 1 360 F BAGASIEBAK NAVERKOPE

Drie jaar of 100 000 kmwaarborg en vyf jaar of 90 000 km-diensplan, versien elke 10 000 km

OORWEEG OOK

Chev Trailblazer, getuiebeskermingsprogram

Vervaardiger se syfers

sy gemaklike bestuurdersitplek, met lo­ giese satellietkontroles vir klank en snel­ heidsbeheer op die stuurwiel, en sy krag­ tige enjin, voel jy asof jy heeldag die langpad kan trotseer. Sy vering het ook meer verfynd gevoel as dié van die For­ tuner met sy harde rit. Dis omdat die Trailblazer onafhanklike vering agter het. Teen min of meer wettige snelhede het die Chev baie stabiel gevoel deur veeg­ draaie en nes die Fortuner het hy ook elektroniese stabiliteitsbeheer om dinge in toom te hou indien die voertuig om die een of ander rede sou begin gly. Die Trailblazer het skyfremme op al vier wie­ le teenoor die Fortuner wat slegs voor skywe het en tromme agter. Die Toyota het alles gedoen wat jy re­ delikerwys kan verwag en die soort ban­ de sal waarskynlik die grootste verskil maak tussen dié twee se teerpadhante­ ring: Die Fortuner se bande is meer ge­ pas vir veldry en die Trailblazer s’n meer vir teerpaaie. As daar nie meer ’n pad is nie . . . Anders as die Fortuner met sy heeltyd­ se vierwielaandrywing, het die Trailbla­ zer net deeltydse vierwielaandrywing. Die Fortuner is egter ’n heeltydse 4x4 en die voordeel daarvan is dat jy sy vierwiel­ aandrywing byvoorbeeld op nat teer kan gebruik. Die standaard­Trailblazer het ’n be­ perkte­gly­ewenaar agter wat nie heelte­ mal opgewasse is vir veldrywerk nie. Die vastrapbeheerstelsel (traction control) maak tot ’n mate op hiervoor, maar ver­ eis dat ’n wiel tol voor die teenoorstaan­ de wiel krag “neersit”. Volgens General Motors is daar besluit om liewer die be­ perkte­gly­ewenaar as standaard­toerus­ ting in te sluit, omdat “die gemiddelde koper nie weet hoe om ’n ewenaarslot te gebruik nie”. Hmmm . . . Die toetsmodel was egter toegerus met ’n (opsioneel, teen R12 500) Eaton M­Loc­ ker. Die M­Locker sluit self wanneer hy agterkom dat die een agterwiel begin tol – en ontsluit weer outomaties. Dis nogal ’n slim idee in teorie, maar oor dieselfde ongelyke oppervlaktes het die Fortuner geen of min wieltol ervaar wanneer sy agterste ewenaarslot aangeskakel was nie. Die Trailblazer, aan die ander kant, het nou en dan ’n bietjie wieltol openbaar voordat die M­Locker gesluit het. Dis al­ les goed en wel vir wiele om te tol voor­ dat die stelsel begin werk, maar as jy ’n 4x4­roete besit, kom jy agter hoe bietjies wieltol gemaal met die hoeveelheid voer­ tuie naderhand jou roete opfoeter. Dis in

die algemeen die probleem met elektro­ niese vastrapbeheer. Nog ’n kopseer Om die Trailblazer aan te skakel, moet jy eers die koppelaar intrap voordat die aansitter sal werk. Gewoonlik is dit ’n goeie veiligheidseienskap. Maar wanneer jy in ’n veldrysituasie ’n sogenaamde stall recovery (of doodrukhersteltegniek) teen ’n steil op­ of afdraande moet doen, is dit ’n probleem. Dan is daar die Chev se 265/60 R18­ bande. Jou kans om dit op ’n afgeleë plek in die hande te kry, is skraler as die kans dat ’n 7de Laan­akteur ’n Oscar sal wen. Nie dat die Fortuner se bande noodwendig op elke sendingstasie te kry is nie. Die Fortuner het 220 mm se grondvryhoogte en die Trailblazer 231 mm – op papier. Ons het egter gevind dat die Chev se treeplanke en die laagste punt van sy uitlaatpyp agter beteken het dat hy plek­plek gouer geskuur het. Iets wat wel in die Trailblazer se guns tel, is die dak wat die vermoë het om ’n dakrak van 100 kg te dra. Min ander voertuie kan dieselfde sê. Wat sleepver­ moë betref, troef hy ook die Fortuner met 2 950 kg teenoor teenoor laasgenoem­ de se 2 020 kg. Gevolgtrekking Die Fortuner speel al lank die hoofrol in hierdie sepie en jy kan verstaan waar­ om. Hy’s betroubaar en die maatskappy het oor dekades ’n indrukwekkende han­ delaarsnetwerk tot stand gebring. Die Trailblazer is egter ’n mededinger wat jy nie moet vlak kyk nie. Sy enjin is duidelik ’n generasie jonger en sy rit is merkbaar gemakliker. Die binneruim lyk ook moderner. Die goeie nuus is dat daar nou ’n waardige mededinger vir die For­ tuner is, want tot onlangs was daar net die Pajero Sport – wat net te kry was met een turbodiesel en in ’n keuse van handrat of outomaties. Anders as die meeste ander Fortuner­ mededingers, bied die Traiblazer ’n reeks van vyf variante, van ’n 2,5 liter­4x2 tot ’n 3,6 liter petrol­V6­4x4. Gaan hy die Fortuner ore aansit? As jy ’n bakkiegegronde sportnutsvoertuig soek om meestal in die stad en nou en dan in die veld rond te ry, is die Chev Trailbla­ zer ’n uitstekende keuse. Soek jy egter ’n 4x4 met ’n aks beter veldryvermoë om nou en dan taamlik ernstige veldrywerk te doen, sal jy waarskynlik die Toyota Fortuner verkies. Besluit self waarvoor jy hom wil gebruik.

16 Desember 2012

InRat 9

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Victory High­Ball

Vuis in die lug HARLEYS IS IMMERGEWILD, MAAR DEESDAE KAN JY OOK UIT OMTRENT 17 VICTORY­ FIETSE KIES AS DIE MIDDEL­ JARE OPDAAG EN JY ’N EG­ AMERIKAANSE CRUISER WIL HÊ. EEN VAN HULLE IS DIE DONDERENDE, REBELSE HIGH­BALL, SKRYF JUSTUS VISAGIE

A

s jy al ’n paar keer om die blok was, sou jy van die fliek Easy Rider gehoor het. Dalk het jy selfs gekyk hoe die karakters Wyatt en Billy met hul choppers ry en alles doen waar­ teen gesagsfigure in die KJA, buitelug­ skool, Sondagskool en hoërskool jou ooit gewaarsku het. Man, dié ouens verpersoonlik vryheid, het jy (en miljoene ander) gedink wan­ neer Wyatt aan Captain America* se stuur gehang het. Newwermaaind of dit gemaklik is of nie. Victory glo daar’s ouens wat nie daar­ die spesiale ape hangers – soos hierdie handvatsels genoem word – wil loop soek nie. Nee, hulle wil sommer so uit die vertoonlokaal ry. Met die aapstuur klaar aan die motorfiets. Ek het my lyf koper gehou en by Pha­ roah Auto Victory** se toonlokaal in Sandton ingestap. Ek noem dit, want hier werk moontlik die vriendelikste klomp mense wat ek tot nog toe in ’n kar­ of motorfietswinkel teëgekom het. Almal groet hartlik en voor jy kan sê wat jy daar maak, staan jy met ’n cappuccino of espresso in die hand. Wyatt se spook het my na die High­ Ball gelei en ek het dadelik my been oor­ gegooi om te voel hoe die hang­houding voel. Dis lekker. Maar hoe sal dit ná ’n dag se ry wees, het ek gewonder. Soos ’n Model T Ford is die High­Ball net in (dof )swart te kry, darem met ’n bietjie wit hier en daar. Selfs die aap­ stuur is swart en ek sou dit in chroom verkies het. Maar Victory wou ’n kontras skep met die white wall­bande en wit pe­ troltenk. Net die vurk is chroom. Die voorste modderskerm is ’n afge­

As jy die High­Ball ry, sal jy iets rebels wil doen. Soos wegry sonder om vir parkering te betaal | FOTO: LOANNA HOFFMANN kapte (“chopped”) affêre. Die groot uit­ laatpype lyk soos wrede Middeleeuse wa­ pens en die enjin so donker soos die Donker Eeue. Mammie sal met Jan Tuis­ bly moet ry, want die saal maak nie vir ’n passasier voorsiening nie. Die instrumente bestaan uit ’n analoog­ snelheidsmeter en ’n digitale skermpie wat jy tussen enjinspoed, afstandmeter of ritmeter kan wissel. As jy gaan poog om dit in die ry te lees, gaan jy teen iets vasry, want dis klein. Daar’s ook ’n digi­ tale horlosietjie. Als omtrent die fiets voel stewig en duursaam. Dis ook goed afgewerk. Terwyl Louis Fourie op die Victory Judge (sien verlede maand se InRat of rapportinrat.co.za) van die Amerikaanse Rockies en die Stille Oseaan gedroom het, het ek verlang na die R44 tussen Kleinmond en Gordonsbaai, pleks van die Oos­Rand na die Vaaldam. Ook om­ dat enjins beter verrigting het op seevlak en ek soms bietjie meer woema van die 1 731 cc­enjin wou gehad het. (Of dalk moet ek net gewig verloor). Gelukkig het die Historiese Motorfietsmuseum*** op Deneysville dit die rit werd gemaak. Die High­Ball voel taamlik lig en rats wanneer jy ry en die rit is nie stamperig

nie. Die ratte wissel maklik, maar dis ’n sonde dat ABS­remme ontbreek. Met jou arms voor jou uitgestrek sit jy kiertsreg­ op. Ek was amper verbaas dat ek steeds deeglik in beheer van die bike gevoel het ondanks die posisie van my arms. Vir ’n cruiser of chopper is die High­Ball se hantering ook goed. As jy ooit moeg raak vir sy stilering sal jy die voetpenne kan afhaal, hom in iets meer sportief kan omskep en lekker in die draaie lê. Ná heeldag se ry – omtrent 250 km – was my regterhand moeg en ek het hom soms omgekeer om die versneller van on­ der af oop te hou. My rug was ook moeg en ek het verlang na iets soos ’n BMW 1200 GS of ’n Suzuki V­Strom waarop my knieë nie net onderkant my ore sit nie. Myns insiens is choppers en cruisers vir af­show by die koffiekroeg – nie vir ritte verder as 30 km nie. Jy kan gerus van my verskil. ’n Lekker eienskap van die High­Ball is dat die stuur hoogteverstelbaar is. Die handelaar kan dit na een van twee posi­ sies verstel of jy kan dit met min moeite self doen. Soos wat sekere BMW­entoesiaste nooit ’n Mercedes sal koop nie, is daar vir baie ouens net een Amerikaanse cruiser: Har­

Só ry volgende jaar se Harleys H

arley­Davidson (HD) word volgende jaar 110 jaar oud en dié manne (en vroue) gaan seker maak ons weet daar­ van. Dis ’n groot gedoente, aangesien hy die oudste motorfietsmaker is wat nog bestaan. Boonop is sy klerereeks sowaar volgende jaar ’n eeu oud. Ons is onlangs genooi om 2013 se mo­ torfietse te ervaar en kon hulle ’n dag lank deeglik uittoets. Soos die nuwe Sportster Custom Black en ’n Street Bob met meer houding as ooit tevore. Op ons roete in die Overberg het ons elke 100 km of so bikes geruil en dan sommer die volgende een met die vorige ryer bespreek. Ek het weggetrek op die massiewe Road King (ongeveer R267 000), getooi in rooi metaalverf, en dié koets het my be­ indruk. Die afwerking is perfek en die chroom vang die oog. Hy’s nie vir spoed gebou nie, maar vir luuks toer, en voel stewig onder ’n mens. Die remme werk goed, en is nou met ABS toegerus. Hy hanteer goed vir so ’n reus en laat ’n mens voel soos die naam aandui – Ko­ ning van die Pad! Sy aangepaste 1 690 cc­

enjin wring 134 Nm uit teen net 3 500 r/min. Die wiele is 16’’ groot white walls, wat hom stabiel maak en ook ’n klassie­ ke 1950’s­voorkoms gee. Ná ontbyt het ek die sleutel van die kleiner, dofswart Sportster XL1200 Cus­ tom Black (ongeveer R129 000) gegryp en die verskil was dramaties. Die Sportster is ligter, rats en ideaal vir spitsverkeer. Hy weeg “net” 251 kg – 100 kg ligter as die Road King! Hy kan ’n draai behoorlik vat en sy wringkrag is nie te versmaai nie: ’n flukse 98 Nm teen 3 200 r/min. Waar die Road King swaar voel en self­ vertroue vereis, gee die 1200 Custom jou die selfvertroue om die reis te geniet, al voel sy suspensie harder. Ek het die Cus­ tom Black terdeë geniet en hou baie van sy dofswart verf. Die derde perd vir die dag was die Fat Bob (1 690 cc, 305 kg, R183 000) – ’n lid van die Dyna­reeks. Hy’s groter as die Sportster, met sy stuur in ’n heel ander posisie – laag, breed en amper horison­ taal. Vir 2013 kry die Fat Bob die jongste 1 690 cc V­twin en ’n sesgang­ratkas. Ek moes vinnig gewoond raak aan die vibra­

ley­Davidson. Maar die Victory High­Ball klink reg, vibreer genoeg en het ’n goeie stamboom. Ek wou Wyatt vra wat hy dink, maar hy moes ry. * Wyatt, gespeel deur die afgestorwe akteur Henry Fonda, se bynaam was Captain America. Later is daar ook so na sy motorfiets verwys. Wyle Dennis Hop­ per het die rol van Billy vertolk. ** Pharoah Auto in Sandton, tel: 0 011 262 0630 of 082 331 1717. www.victorymotorcycles.co.za *** Historiese Motorfietsmuseum, Deneysville. www.lakeavenueinn.co.za, tel: 0 016 371 1115 of 0 072 765 9930 of e­pos boswells@telkomsa.net PRYS R189 000 ENJIN 1 731 cc, V2, olie- en lugverkoel RATKAS sesgang, bandaandrywing KRAG 73 kW en 153 Nm VERBRUIK onbekend TENKINHOUD 17 F SITPLEKHOOGTE 635 mm MASSA 300 kg NAVERKOPE Tweejaar-waarborg, ongeag die km-lesing. Versien elke 8 000 km. Tweejaarpadbystand is tans ingesluit in ’n spesiale aanbod van Pharoah Auto. OORWEEG OOK Harley Davidson Street Bob

Harley­Davidsons vir 2013

Nuus

Hier ry Kers­ vader op 2013 se Road King. Alle Harley­ Davidsons het voortaan ver­ stelbare ag­ tervering FOTO: DESMOND LOUW sie en die bike se wringkrag van 132 Nm is iets om te beleef! Naby Villiersdorp het ek die Fat Bob deur sy ratte geneem op die Theewaters­ kloofdam se paaie. Die Fat Bob het ’n nuwe Tommy Gun­2­1­2­uitlaatstelsel vir ’n ekstra skeut styl en om die enjinhitte verder weg van die ryer te gelei. Die 2013­reeks HD’s het verstelbare ag­ tervering as standaard­toerusting, vir ’n sagter rit of beter hantering. Brembo­

remme is nou in sekere modelle ingebou. Al ry ek gewoonlik ’n Honda Firebla­ de­sportfiets is ek oortuig daar is ’n HD vir byna elke biker – jy moet net die tyd neem en hulle almal gaan toets. En as jy alleen wil ry, is dit oukei – jy hoef nie ’n Harley­tropdier te wees nie. Die nuwe jaar se fietse is reeds te koop – betyds vir Kersfees. Besoek www.har­ ley­davidson.co.za vir meer inligting. – Mukhtar Mukuddem

10 InRat

16 Desember 2012

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

OnsRyding

Toyota Fortuner 3.0 D­4D 4x4 outo

’Tuner ’n ryding met lêplek VIR SOMMIGE MENSE IS DIE UITSIEN EN VOORBE­ REIDING AMPER LEKKER­ DER AS DIE REIS SELF. VERAL AS JY VAN KOOP HOU. NIE KRUIDENIERS­ WARE NIE, MAAR GADGETS, SKRYF JUSTUS VISAGIE

1

E

k het beplan om met InRat se Toyota ’Tuner van my woonstel in Kaapstad tot by ’n (boom)huis naby Wildernis te ry, via die wonderlike De Hoop­natuurreservaat. Dit was belangrik dat my staanplank (stand­up paddle board) saamkom en ek het die ’Tuner na ’n Thule­agent geneem sodat hy twee dwarsstawe kon opsit waarop die staanplank kan lê. Die Fortu­ ner moes ook vier voete kry wat om sy dakreëlings klamp waarop die ligte alu­ miniumstawe dan rus. Thule se jongste stawe is soos vlerke gevorm en word Wing Bars genoem. Die vervaardiger sê dit het so min lugweer­ stand as moontlik, wat dit ook betreklik stil maak wanneer ’n mens ry. Maak net seker die dikker kant van die vlerk wys vorentoe, veral as jy dit self gaan mon­

2

1

Die kampeer­ staanplek waar Bobby John en sy trawante teepartytjie op die ’Tuner se enjinkap gehou het | FOTO’S: JUSTUS VISAGIE

2

By Malgas op die pont, wat steeds deur menskrag aan­ gedryf word

teer. Ek het dit aan die winkel oorgelaat. Met die “vlerke” op is ek gou na die gawe mense by Market Toyota sodat hul­ le die middelste ry sitplekke kon uithaal. ’n Mens kan dit self doen, mits jy moer­ sleutels het en nie lui of haastig is nie. Ek het die agterste sitplekke behou, net ingeval ek die Sweedse vroue­vlugbalspan ’n geleentheid moet gee en hulle nie heel­ tyd agter wil lê nie. Die rede vir die uithaal van die mid­ delste ry was sodat ek ’n nag agter in die ’Tuner kon slaap in die De Hoop­reser­ vaat. Omdat daar enkele boute uit die vloer gesteek het, het ek ’n tweede ma­ trassie gevat en gehoop dat die boute op die regte senuweepunte sou druk as ek hulle dalk deur die nag voel. Ek het gewonder of ek sou inpas as ek plat lê, omdat ek 1,96 m lank is, en was bly toe die vloer genoeg ruimte hiervoor gehad het, met die derde ry sitplekke boontoe en kant toe weggevou. (As jy en jou vrou nie kandidate is vir die maer­ wordprogram The Biggest Loser nie, be­ hoort julle ’n nag of twee langs mekaar te verduur.) Die vloer was egter nie heel­ temal gelyk van voor na agter nie, maar ek het ’n swemhanddoek strategies ge­ plaas sodat die vloer geleidelik “daal”. Ek het die vensters op skrefies oopgelos, Pe­ aceful Sleep gespuit en gaan slaap. Die volgende oggend was daar heelwat bobbejaanspore op die Fortuner se enjin­ kap, maar dit was klein spoortjies en die jongspan het hulle mooi gedra – (op) niks getjorts, gebreek of gegaps nie. Ek het myself met ’n rojale buffet­ont­ byt by De Hoop se restaurant bederf en uitgesien na die Strandveld se grond­ paaie. Net voor 10:00 het ek die Fortuner se neus na Malgas laat wys en wegge­ trek. Die reis was reeds lekkerder as die voorbereiding.

16 Desember 2012

InRat 11

|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

MotorSport

Heil, die kampioene . . . en ’n stewige SA aanslag op Dakar F

ormule Een Met sy sesde plek in die Brasili­ aanse Grand Prix het Sebastian Vettel sy naam in die rekordboeke ver­ ewig as die jongste driedubbele Formule Een­wêreldkampioen. Maar dit was nie maklik om dié mylpaal te bereik nie . . . ’n Swak wegspring en ’n tolslag in die openingsrondte het die Red Bull­jaer tot heel laaste laat terugsak, maar sy terug­ vegpoging in die veranderende baan­ en weersomstandighede sal nog lank onthou word. Selfs met skade aan sy motor het die Duitser sy pad tot sewende oopgevleg. ’n Veiligheidsmotor­periode, asook die goed­ gunstigheid van Michael Schumacher, sy landgenoot en sewemalige F1­kampioen in sy swanesang­ren, het verseker dat Vettel die titel met drie punte voor Fer­ nando Alonso wegraap. Alle eer ook aan Alonso. In ’n stryd wat eintlik tussen Red Bull­Renault en McLaren­Mercedes beslis moes word, was hy in ’n onmededingende Ferrari die hele seisoen ’n doring in Vettel se vlees, en sy tweede plek in São Paulo was teke­ nend van sy renvernuf. Ook sy spanmaat Felipe Massa het ge­ skitter. Die Brasiliaan se opdrag was dui­ delik: Help Alonso; en hy het dit tot op die letter uitgevoer. Was dit nie vir ’n paar ander voorlopers wat uitgeval het nie, kon Ferrari se plan uitstekend ge­ werk het. In die veranderlike weerstoestande was McLaren se Jenson Button beter daaraan toe as sy spanmaat Lewis Hamilton, en hy het gerieflik gewen, terwyl Hamilton nie sy laaste ren vir die Britse span kon voltooi nie. Met Alonso tweede en Massa derde het Ferrari ook vir McLaren in die vervaardigerskampioenskap verbygesteek. In ware F1­tradisie was daar ná die ren nog drama, met Vettel wat moontlik ge­ straf kon word omdat hy in ’n geelvlag­ periode verbygesteek het. Ferrari het die FIA vir ’n verduideliking gevra, wat ’n woord­oorlog tussen F1­grootbaas Bernie Ecclestone en Ferrari­baas Luca de Mon­ tezemolo ontketen het. Dit was egter gou duidelik daar is geen gronde om teen

Bloedjong jaer keer die ‘Dak’ om ’N

Sestienjarige lat het in vanjaar se moordende Dak van Afrika­motor­ fietsren in Lesotho sy gesoute teenstan­ ders onder die kluite en klippers gery. Wade Young van Paddock in die Oos­ Kaap het die jongste ryer geword wat dié taai uithouren (extreme enduro), een van die strafstes ter wêreld, gewen het. Met sy eerste poging het hy en sy Yamaha YZ250F met van die wêreld se beste ry­ ers afgereken: Manne soos Suid­Afrika se Darryl Curtis wat al aan 21 van die 45 Dak van Afrika­renne deelgeneem het, Graham Jarvis van Engeland wat die af­ gelope twee jaar elke moontlike taai en­ duro gewen het, insluitend verlede jaar se “Dak”, asook die Kiwi Chris Birch, wat dié ren al drie keer gewen het. Young het ’n hele 11 min. voor die naaswenner, Altus de Wet (KTM), oor die wenstreep gery. Jarvis was derde op sy Husaberg. Vanjaar se ren is as een van die rofstes ooit bestempel en die hit­ te het talle ryers laat les opsê.

Vettel op te tree nie. Mark Webber se vierde plek in São Paulo het Red Bull ook die vervaardi­ gerskampioenskap verseker, met Ferrari tweede en McLaren­Mercedes derde. SA jaers skitter in die buiteland Die sestienjarige Suid­Afrikaner Aston Hare het onlangs die internasionale JK Racing Asië­reeks vir enkelsitplek­motors op die Buddh­renbaan in Indië gewen. Hy was tweede in die laaste ren, maar met genoeg punte om die kampioen­ skapsreeks te beklink. Die Durbaniet Cristiano Morgado het in November sy derde renstel­wêreldtitel verower deur die DD2­meesterklas in die renstel­wêreldkampioenskap in Portugal te wen. Hy is die eerste rensteljaer wat hierdie prestasie vermag. In die CEV Buckler Moto3­motorfiets­ reeks het die Suid­Afrikaner Brad Binder (17) die laaste ren in Spanje gewen. Hy jaag aanstaande jaar vir die hoog aange­ skrewe Suter­Honda­span in die Moto3­ reeks van die MotoGP­kampioenskap. Die Oos­Kapenaar Wade Young (16) het die jongste ryer geword wat die moordende Dak van Afrika­motorfietsren in Lesotho gewen het (lees berig onder). WesBank­Superreeks Die veteraan Ben Morgenrood (IndyOil Ford Falcon) het die finale V8 Superse­ dan­ren op Kyalami gerieflik gewen, ge­ volg deur Larry Wilford (Fuchs Ford Fal­ con) en Wade van Zummeren (Ford Mus­ tang). Darron Gudzman (Corvette) het die GT­klas gewen. Werner Scholtz (Mygale) is ná ’n sege en tweede plek as die Midas Formule 1 600­kampioen gekroon, met Rui Cam­ pos wat die Shelby CanAm­reeks vero­ wer het. In die Engen VW Polobeker­reeks is die jongeling Kelvin van der Linde (16) as die jongste Suid­Afrikaanse renkampioen tot nog toe gekroon – sy oom, Etienne, was 142 dae ouer toe hy die nasionale Formule Vee­titel in 1994 gewen het. Kel­ vin volg daarmee ook in die voetspore van sy oupa Hennie en sy pa Shaun – al­ bei veelvuldige renkampioene. Simon Moss het albei Formule VW­

renne gewen, maar die Bridgestone­pro­ duksiemotorrenne het drie verskillende wenners opgelewer – Hennie Groenewald (Subaru), Anthony Taylor (BMW) en Gennaro Bonafede (Audi). Dit was Bona­ fede se eerste sege in hierdie renreeks. Shaun Odendaal (Suzuki) het die Su­ persport­motorfietsklas oorheers, terwyl Sheldon Morias (Kawasaki) en Dave McFadden (Kawasaki) oorwinnings in die Superfiets­renne gedeel het. Pro Tour­baanrenreeks In die finale GT Uitdaagreeks­renne op Kyalami was dit Andrew Culbert (Por­ sche GT3) wat as kampioen gekroon is nadat sy grootste mededinger, Kris Bud­ nik (BMW M3), sy motor in die tweede ren moes onttrek. In die Formule Vee­klas is Jaco Schriks (Rhema) as kampioen gekroon met ’n derde en vierde plek in die twee renne. Scott Temple het albei renne gewen. Die GT Classic­renne is onderskeidelik deur Nicky Dicks (Porsche RS) en Mar­ kus Minihold (Porsche RSR) gewen, ter­ wyl Stewart Macleod in albei die Kawa­ saki ZX10R­renne eerste was. Carlos No­ bre (Polo) het klas A van die Goldwagen­ uitdaging gewen, maar James Hurley (klas D) is as die algehele kampioen aan­ gewys. SA Veldrenkampioenskap Vir die Castrol­Toyota Hilux­span was die Gold 400­veldren naby Glenharvie ’n segetog soos min. Anthony Taylor en Chris Birkin het ’n lang verwagte oor­ winning behaal met hul spanmaats Dun­ can Vos en Rob Howie tweede, wat Vos sy vyfde nasionale veldrentitel besorg het. Toyota het met dié vertoning ook die vervaardigerskampioenskap en klas SP­ kampioenskap verower. In die klas vir spesiale voertuie het Evan Hutchison en Danie Stassen (Moto­ rite­Bat) sake oorheers om gerieflik te wen en daarmee ook die kampioenskaps­ reeks te beklink. Dakar 2013­voorbereidings Die Toyota Imperial Hilux­span het die Gold 400­veldren gebruik as voorberei­ dingslopie vir sy jongste evolusie­Hilux vir die Dakar­ren*, wat op 5 Januarie

Wade Young Young het die volgende vrae van InRat beantwoord. Wade, jy’t seker uit die geboorte­ saal reguit na ’n motorfietssaal be­ weeg, of hoe? Toe ek agt jaar oud was, het ek begin ry. En op nege het ek mededingend begin ry. Het jy eers veldtydrenne (motocross) gery en toe uithourenne? Nee, ek het nie motocross gery nie. Ek het eers hier op die plase rondom Pad­ dock gery saam met Marc Torlage. Hy het my oortuig om aan kompetisies deel te neem. Toe het ek in die junior klasse begin deelneem. Van daar af het ek aan­ beweeg totdat ek vanjaar vir die eerste keer in die senior klas deelgeneem het. Jy is al ’n paar keer as nasionale kampioen gekroon, nie waar nie? Ja, in 2005 en van 2008 tot 2011. In 2012 was ek tweede in die E2­klas (200 cc) in die Senior Nasionale Uithou­ kampioenskap en algeheel derde. Was dit jou eerste deelname aan die Dak van Afrika? Ja. Ek was wel verlede jaar hier as toe­ skouer. Het jy voor die ren gedink jy sal wen of so goed vaar? Ja. Dit was van die begin af my plan om goed te vaar of te wen. Jy het van die beste jaers ter wêreld

Te jonk om dit te mag drink, maar taai genoeg om die vonkelwyn te spuit! FOTO: YAMAHA geklop in een van die strafste renne. Besef jy dit en hoe voel dit? Ja­nee, dit het darem al ingesink. En dit voel regtig fantasties.

2013 in Lima, Peru begin en op 20 Janua­ rie in Santiago, Chili, eindig. Die Dakar­kampioen Giniel de Villiers en gesoute navigator François Jordaan het die Hilux hard gery en hul tevreden­ heid met die vlak van ontwikkeling uit­ gespreek. Die twee Toyota Imperial­voertuie (die ander een is vir Duncan Vos en Rob Ho­ wie) word middel­Desember na Lima ge­ vlieg en die span sal einde Desember in Peru aankom vir die laaste voorberei­ dings voor die Dakar­ren. Intussen is bevestig dat Johan van Sta­ den en Mike Lawrenson, die naaswen­ ners in die spesiale voertuig­kategorie van die SA Veldrenreeks, ook aan die Dakar­ren gaan deelneem. Hulle sal die strawwe ren in ’n McRae MC­4RS aanpak in die top T1­klas, waar­ in die Toyota Imperial­span hom ook be­ vind. Die voertuig is in Nederland gebou en deur die ervare ProDakar­span inge­ skryf. Dit het ’n buisraamwerk met ’n BMW turbodieselenjin en sesgang­op­ volgratkas. Die motorfietsjaers Darryl Curtis en Ri­ aan van Niekerk (Broadlink­KTM) het die Marokkaanse Marathon­veldren as voor­ bereiding vir die Dakar gebruik. Hulle het onderskeidelik 15de en 14de geëindig, in die geselskap van Dakar­wenners soos Cyril Despres en Marc Coma. Nog Suider­Afrikaanse motorfietsjaers wat hulle vir die Dakar ingeskryf het, is Glen Grundy (KTM), wat saam met Brett Cummings, wenner van die Australasiese Dakar­uitdaging, aan hul eerste Dakar sal deelneem. Die Namibiër Ingo Waldschmidt (KTM) en Zambiër David Reeve het ook inge­ skryf, terwyl die Nylstroomse sakeman Sarel van Biljon (E­ATV) in die vierwiel­ fiets­klas gaan deelneem. *Altesame 471 inskrywings, wat 195 mo­ torfietse, 160 voertuie, 76 vragmotors en 40 vierwielfietse insluit, is vir die 35ste Dakar­ tydren ontvang. Die roete strek oor 4 200 km en 14 dae, met ’n rusdag op 13 Ja­ nuarie te San Miguel de Tucuman in Argen­ tinië. Volg die Suid­Afrikaners se vordering op www.dakar.com.

OnderHoud Wat het die ander ryers gesê oor hierdie ongelooflike prestasie? Almal was baie ondersteunend. Veral die mederyers. Ek ry al ’n paar jaar saam met van hulle en hulle was som­ mer baie trots op my. Hoe was dit om die Dak te ry en wat was die moeilikste? Dit was die rofste ren ooit en my eer­ ste keer in ’n harde enduro. Die moeilik­ ste dele was die Push me Please­ en Pull me Please­passe. Wat het jou gehelp om voor te bly? My kop. Ek het heeltyd positief gebly, maak nie saak wat gebeur het nie. Na­ tuurlik het ek ook baie geoefen op en van die motorfiets om my uithouvermoë te verbeter. Wil jy aan ander taai enduro’s deel­ neem? My plan is om aan die FIM Wêreld Enduro­reeks deel te neem. Maar as ek die kans kry om aan ander harde endu­ ro’s deel te neem, sal ek beslis. Watter ren dink jy is die rofste? Van dié wat ek al gery het, beslis die Dak van Afrika. Andersins lyk die Dakar taamlik mal. Meng jou skoolwerk in met jou ryery? Ja, ongelukkig.

XXXLJBDP[B

%&4*(/&3 5&$)/0-0(: "T KZ sO ,JB 3JP  5&$MVJLSVH CFTJU HFMVL +Z XBT HFMVL +ZsU POTMBOL WPPS .PUPS EJF WFSMJFG POT .PUPS WBOMJFGHFLSZ EJF +BBSGJOBMJT WBOCFPPSEFMBBST EJF +BBSGJOBMJT MBOL PQ WPPS EJF CFPPSEFMBBST "T KZ "T OPH 3JP CFTJU OJF CFTPFL sO ,JBIBOEFMBBS PG OPHKZOJF sO OJF 3JPsO CFTJU OJF CFTPFL sO ,JBIBOEFMBBS PG XXXLJBDP[B XXXLJBDP[B PN sO UPFUTSJU CFTQSFFL PN sO UPFUTSJU UF CFTQSFFL FOUFSBBL WFSMJFGFO SBBL WFSMJFG

InRat 16 Desember 2012  

Rapport se maandelikse lekkerlees-motorbylaag, InRat, weeg die handratweergawes van die 4x4- Fortuner en Trailblazer (albei diesel) teen mek...

Advertisement