Page 1

Lexus IS 350 breek Duitse vestingmure

InRat 5 Bylae tot Rapport

21 Julie 2013

Jaguar se F­Type

laat jou

Die skok: Subaru Diesel­Outback vreet hele N1 op

5

4

Peugeot 208 GTI: Skurk met mooi maniere

BMW se vrees word vlees: KTM 1190 Adventure

10

giggel

soos ’n

bakvissie

3

|


2 InRat

21 Julie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Mej. Dipstiek gee raad

InRat Redakteur Justus Visagie E­pos: justus.visagie @media24.com Tel: 021 406 3226

Advertensies Attie Bekker E­pos: attie.bekker @media24.com Tel: 011 713 9545

InRat sê

Beste Mej. Dipstiek Ek besit ’n mooi 1983 Mercedes­Benz 230E­handrat. Die motor het al 468 000 km afgelê, maar loop nog soos ’n droom. Hy ge­ bruik net ’n bietjie meer olie as toe ek hom in 1987 van sy eerste eienaar gekoop het. Die probleem met die kar is dat elke twee­ de man of sy hond hom wil koop! En dan is baie van hulle nie eens ernstig nie. As ek sê “Ek vra R30 000 kontant; kan jy dit môre oorplaas?”, dan het hulle allerhande versko­ nings. Of hulle lag soos ons president of staan met ’n mond vol tande. Ek wil regtig nie ’n teken wat sê “NIE TE KOOP” op my motor plak nie. Wat stel jy voor? Koos Pretorius Durbanville Hallo Koos Jy besef seker jy besit een van die beste motors wat ooit vervaardig is; die sogenaamde W123. Dit en die W126 S­Klas is volgens kenners die laaste Benze wat gebou is sonder dat die koste in ag geneem is. Die motor is eers ontwerp en gebou en daarna is op die prys besluit. ’n Ingenieur­geleide ontwerp, dus. Dis hoekom die goed nog ry. Jy het ’n paar keuses. Verkoop die ou ding vir R20 000 of so en gaan ’n klomp skuld aan vir iets nuuts. Of sit dit in die garage onder ’n lap en wag vir die waarde om toe te neem. Of hier’s wat Dipstiek dink: Leef die lewenstyl, leef jou in die ding in, ry elke dag met die motor. Knoop ’n geselsie aan met almal wat die motor wil koop en verduidelik breedvoerig hoekom dit so ’n goeie voertuig is. Vertel interessante staaltjies van die motor se ontwerpspan, gooi syfers rond van hoeveel gebou is en hoeveel nog bestaan, vertel van jou eie geskiedenis

’n InRat­kompetisiewenner gaan binnekort hier uitspan FOTO: VERSKAF

Dit loon jou om met InRat te ‘konnêk’

D

aar’s ’n spreekwoord in Engels wat lui: “Wees versigtig waarvoor jy wens, want jou wens word dalk waar.” Toe die InRat-skrywer Martin Pretorius met Subaru gekonkel het om hul nuwe vlagskip-Outback, die Lineartronic Diesel, te ry, het hy genoem dat dit lekker sou wees om in een dag die ongeveer 2 000 km van Musina tot in Kaapstad te ry. Ons weet nie wat hom besiel het nie (dalk inspirasie uit die Le Mans-uithouren, sien bl. 11), maar toe hy sy oë uitvee, spring hy verlede Saterdag vieruur die oggend weg, met ’n knorrige fotograaf, Werner Morgenrood, op die sitplek langsaan. Aan InRat se Facebook-volgelinge het hy (in rustye) Subaruverwante vrae gestel en die wenner van twee nagte by die 30 Fiskaal-gastehuis in Kampsbaai is Charlotte Pretorius van Klerksdorp. Sy ontvang ook twee retoervlugte van Johannesburg na Kaapstad en die gebruik van ’n Subaru vir die naweek. Daar was ook ’n SMS-kompetisie waarin lesers moes raai wat die Outback se brandstofverbruik sou wees. Martin het die snelheidsbeheer op 131 km/h gestel om te verseker dat hulle ’n gemiddelde snelheid van omtrent 100 km/h handhaaf, blaaskansies ingesluit. Die verbruik was 7,58 liter/100 km en Sam van Aswegen se raaiskoot van 7,6 liter/100 km was die naaste hieraan. Sam wen ’n Amazon Kindle Paperwhite. Ná die lang rit is dít wat Martin te sê gehad het: “Dis nie aldag dat die geleentheid hom voordoen om die hele N1 te ry nie, laat staan nog in ’n enkele dag. Maar Subaru het ons ’n uitstekende toermotor geleen en dit was ’n deeglike toets vir hom.” Lees Martin se resensie op bl. 4. Hy oefen tans om dieselfde tog in trurat af te lê. Gaan “like” InRat se Facebook-blad sodat jy volgende keer kan saamspeel.

met die motor en so meer. Dra net Mercedes­Benz­kle­ re of werk Merc­wapens vas op al jou klere. Vertel mense dat jy Mercedes­onderbroeke dra en noem jou kinders of troeteldiere na Merc­modelle. Koop nog Mercs by, parkeer jou hele erf vol, maar net van die een model. Word die persoon wat die meeste 1983 W123’s met handratte ter wêreld het. Maak hulle almal reg. Leer die reeksnommers ken en verwys na die motors volgens hul VIN­nommers en weet waar elkeen gebou is. Hou breedvoerig rekord van al die motors wat in Suid­Afrika verkoop is. Maak dan ’n W123­museum oop en nader kykNET of SABC2 se vervaardigers om ’n werklikheidsreeks oor jou en die 123’s te maak. Dit sal beslis beter en interessanter as die Kardashians of Big Brother wees. Ry om Afrika in jou W123 en lewe, my maat, lewe die W123­lewenstyl. Dis wat Dipstiek dink. @ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerde maatskapli­ ke werktuigkundige. Stuur jou vraag of huweliks­ aanbod aan Mej. Dipstiek, per adres justus.visagie@media24.com of Posbus 6367, Roggebaai, 8012.

Ek en my wiele WALDIMAR PELSER

W

aldimar Pelser is Rapport se redakteur. As hy nie ’n nuus­ man geword het nie, was hy vandag ’n mo­ torontwerper of minstens handelaarshoof by Bentley, Lamborghini en Lotus in Sandton. Wat ry jy? Jou motor se beste en swakste eienskappe? ’n Silwer Audi A3 1.4 TFSI. Ek is steeds nie seker of die gerammel kom van die wynbottel in die bagasiebak of iets wat los is in die deur nie. Ek dink ek moet nou die wyn drink. Beste eienskap? Die wegtrek. Besimpeld vinnig (in my beperkte ervaring). En die kar is nie blink nie. Slegste? As die wyn op is, sal ek weet of daar regtig ’n gerammel is. Jou beste motorherinneringe? My eerste kar was ’n 1983 Mazda 323 (soos onder). Met roesgate. Nat Stellenbosse winters was nie sy bondgenoot nie. Die matte was pal nat. Op ’n onverwags warm wintersdag in 1998 het die kombinasie van stygende kwik en sonskyn ’n paddastoel uit die mat voor die bestuurdersitplek laat groei. Maande nadat ek die eksotiese flora met bleikmiddel uitgewis het, is die Mazda langs Dagbreek-manskoshuis waar ek gewoon het, gesteel. Ek wonder soms waar hy nou ry. Watter vervoermiddel sal jy koop as ons jou ’n koopbewys van R5 miljoen gee? Eerste? Vlieglesse vir ’n private lisensie teen so R80 000. ’n Klein gebruikte Cessna vir so R4 miljoen. En vir die kleingeld ’n Porsche Boxster. Betaal InRat die versekering? As jy wou hê jou motor moet ’n verlengstuk van jou persoonlikheid wees, wat sou jy koop? Ek wil my nie aanmatig nie, maar waarskynlik ’n Audi – nie te blink nie, maar tog betroubaar en vinnig uit die blokke . . . Het jy al geryloop? My wilde jare lê nog voor (dis ’n nee). Het jy al ooit ’n motor se vensters van binne

laat toewasem? Nee, ai. Ek het in beginsel daarmee hoegenaamd geen probleem nie, solank dit darem op ’n diskrete plek is. Met ander woorde solank die motor op ’n diskrete plek is. Wie’t jou geleer bestuur en het jy die rybewystoets mak­ lik geslaag? My pa het die meeste leerwerk gedoen, op grondpaaie. Ek was 13. My eerste ongeluk was al op 15 toe ek in ons klein rooi-en-wit Citi Golf die radio aanskakel en die wiele my oë die bosse in volg. Die kantspieëltjie het R400 gekos om te vervang. In 1993! Swets jy ander padgebruikers in die privaatheid (en klankdigtheid) van jou eie motor? Heelwat minder as vroeër, maar die skerp afname was van ’n baie hoë basis. Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Ludwig Wittgenstein het geskryf: Waaroor ’n mens nie kan praat nie, daaroor moet ’n mens swyg. Waarna luister jy wanneer jy ry? RSG, David Guetta en soms Classic FM. Watter toestel wil jy die graagste in jou motor ingebou hê? Beslis ’n espressomasjien. Ek sien die Taljaners doen dit nou. Bring dit vir my. Wat is jou droom­job in die motorbedryf of mo­ torsport ? Ek het as kind fanaties motors geteken en gedink ek sal eendag ’n motorontwerper word. Maar ek is ook baie geboei deur die studie van materiale binne motors – waarvan hou ons om aan te vat? Presies hoe veerkragtig moet die rubber wees, en presies hoe hard mag die plastiek wees? Watter geluid moet die deur maak wanneer hy toeslaan (of is dit ’n sy?). So ek sou in ontwerp wou werk, binne en buite. Van ’n renbaan moet jy my weghou. My verslawende persoonlikheid beteken ek sal nooit terugkom nie, en ek benodig adrenalien . . .


21 Julie 2013

InRat 3

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Pure onnutsigheid

Nuut

Jaguar F­Type

ger of goedkoper is, of wat beter hanteer, maar geeneen van hulle bied ’n soortgelyke gevoel van stoute plesier en louter karakter nie. Die F-Type is ’n baie spesiale motor, en daarom voel sy bestuurder ook so. Nog ’n espresso, Jaguar? Dis duidelik goed vir jou! – Martin Pretorius

P

etrolkop, wringkrag-verslaafde, luuksheid en stilering nie, want die spoedvraat. Al dié benamings is my F-Type het ’n indrukwekkende diepte al deur die jare toegedig. Ek dra van dinamiese talent. Die stuuraksie is sulke etikette met trots, omdat ek versot lig, maar skalpel-skerp en daar is volop is op motors: die tegniese besonderhede padgreep, met geen sprake van stuurgryp my aan, verleidelike stilering betraagheid nie. Boonop kan ’n mens die koor my en om ’n waarlik goeie motor dinamiese hulpmiddels, uitlaatstelsel en te bestuur, is my idee van nirvana. Geen dempers oorskakel na ’n gemaksmodus, motor het my egter nog ooit soos ’n wat hom verander in ’n gerieflike toerskoolmeisie laat giggel nie. Tot nou toe, motor. Die sagtekap maak in net 12 sePRYSE natuurlik. Die rede vir hierdie genot is kondes oop of toe teen enige spoed laer Jaguar F-Type V6 (250 kW) – die nuwe Jaguar F-Type. as 50 km/h, sy klankstelsel pas vanself Die F­Type het ’n veelsydigheid wat hom tegelyk R845 000 Ek weet nie wie dubbel-espresso in die aan by die geraasvlakke in die binneruim renmotor en gran turismo maak | FOTO: JAGUAR Jaguar F-Type V6S (280 kW) – konserwatiewe Britte se decaf-masjien ge- en sy sitplekke is verhitbaar. R975 000 gooi het nie, maar ek is baie dankbaar Daar is ander sportmotors wat vinniJaguar F-Type V8S (364 kW) – daarvoor, want dié R1 385 000 sportmotor bruis van pure onnutsigheid. Ja, die bemarkingsmense gebruik mooi woorde soos gehalte en tegnologie en omgewingsvriendelikheid, maar die bestuurservaring is uitsluitlik daarop gemik om plesier en emosie te ontlok. Dit begin met ’n druk van die aansitknoppie. Dit maak nie saak watter een van die drie oonde (warm, vuurwarm of hel warm) onder die ’kap sit nie: die eerste teken van sy goddelose geaardheid is die arrogante blaf uit die groot uitlaatpype. Die kierie vir die agtspoedouto’kas lyk soos ’n pistoolgreep, en die skakelaars of hulle uit ’n vliegtuig gesteel is. Die F-Type het ’n pragtige leerbedekte binneruim om te pas by sy asemrowende bakstilering, maar hy maak dit duidelik dat hy ’n ernstige, volbloed-sportmotor is. Hoe ernstig, word egter eers duiVANAF delik wanneer jy die geraaspedaal in die mat inskop. Selde is die term “geraaspedaal” meer toepaslik as hier, want die klank is die oorheersende kenmerk van hierdie sportmotor. Daar is ’n knoppie agter die ratkierie wat die uitlaatstelsel se keel groter oopmaak, en die resultaat is werklik VANAF VANAF VANAF uniek: Die V8 klink asof iemand springmielies met ’n pe‘n Mahindra sal die vrag kan dra – Met sy uitstekende ontwerp, bied die trolbom in ’n G6kanonloop maak. Mahindra enkel en dubbelkajuit uitstekende krag en uithouvermoee. Die V6’e gil soos Taai en sterk – daar is ‘n Mahindra wat jou vrag sal dra! renmotors. Al die enjins het direkte petrolinspuiOm enige Mahindra te TOETSBESTUUR, SMS ‘RAPPORT’ na 42267 of ting en drukaanjaSKAKEL 0861 MAHINDRA* of gaan na www.mahindra.co.za of ging, en bied onmiddellike reaksie besoek ‘n Mahindra-handelaar vir spesiale aanbiedinge op die hele reeks. en hope wringkrag. Die V6 het egter ’n Sluit by ons aan Sluit by ons aan groter lus vir hoë op Facebook op Twitter toere en trek al hoe Mahindra-South-Africa Mahindra SA harder totdat sy beperker by 7 000 mahindra.co.za r/min halt roep. Moenie dink alles gaan oor die geraas,

HIER’S ’N BAKKIE MET MURG IN SY PYPE.

R234 900

R159 900

R164 900

R129 900


4 InRat

21 Julie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

GrootTrek

Gulsige kilometer­vreter Subaru Outback Diesel Lineartronic

‘D

IT is nou eersteklasvlieg.” Die slaperige stem uit die passasiersitplek behoort aan my pel Werner, die arme drommel wat saam met my die land van noord na suid deurkruis. Ek het hom saamgesleep om foto’s te neem, maar hoofsaaklik vir geselskap. Subaru leen vir InRat ’n nuwe Outback Diesel Lineartronic en daar is tog geen beter manier om ’n toermotor te toets as om met hom te gaan toer nie. Dus het ons in een dag die hele lengte van die N1 gaan ry: van Musina in die verre noorde, tot in Kaapstad. Dikwels met Werner wat balke saag asof hy Timber City is. Die Outback Diesel se stilering weerspieël nie die slim ingenieurswese onder sy vel nie. Op die oog af is dit ’n groot stasiewa met ’n effense pap bek en ekstra penshoogte, asof hy nie kan besluit of hy ’n sportnutsvoertuig of ’n gewone passasiersmotor wil wees nie. Die kosmetiese verskille tussen hom en die ouer 2,5 liter-petrolvariant is beperk tot nuwe ligte en buffers, maar die ekstra lugskepper op die enjinkap gee darem ’n wenk dat daar iets ongewoon aan die gang is. “Ongewoon” is ’n woord wat gedurig opduik as ’n mens van die Outback Diesel praat, want hy beskik nie alleen oor Subaru se unieke simmetriese viertrekstelsel nie, maar het ook die wêreld se

Die son sak oor die Karoo, maar ná 12 ure se ry, is die bestuurders steeds perdfris, danksy die Outback se gerief en goeie verrigting | FOTO: WERNER MORGENROOD enigste Diesel-bokserenjin (in teenstelling met die gewone in-gelid-viersilinders), wat boonop die krag na die wiele gelei deur ’n “Lineartronic”-palwisselratkas (CVT). Dis ’n vreemde kombinasie, maar die eindresultaat is indrukwekkend.

Stroom­op 3 vir reisigers met groot trommels

V

at ’n BMW 3-Reeks, maak hom omtrent 12% groter, gee hom ’n luikrug en noem hom die 3-Reeks GT. Dis wat BMW gedoen het en die motor is onlangs hier bekend gestel. Nou hoekom het BMW dit loop doen? Vanselfsprekend om geld te maak, maar ook omdat die BMW se 3-Reeks-stasiewa, die Touring, weens sy voorkoms nog nooit juis hier aftrek gekry het nie. Of die GT sagter op die oog is, is ’n ope vraag, maar dit gaan nie net oor hoe hy lyk nie. Die GT het aansienlik meer ruimte vir passasiers en bagasie as die Touring en die sedan onderskeidelik, wat hom in daardie opsig ’n uitstekende kopie maak. Ongelukkig kry jy die ekstra sentimeters nie mahala nie – ’n 3GT kos sowat R50 000 meer as ’n ekwivalente

3-Reeks-sedan. Omdat hy duurder en dus skaarser gaan wees, kry die koper darem ook ’n mate van eksklusiwiteit. BMW-aanhangers sal wil weet hoe dié groot luikrug hanteer. Jy kan net sowel vra wanneer BMW laas iets gebou het wat nie ’n draai vinnig kan vat nie. Die GT is geen uitsondering wat dié BMWtalent betref nie en hou die vaandel van goeie hantering en soepel vering hoog langs sy sedan-broer, al staan die GT se bak verder van die teer af. Hy voel ook nie so swaar en ietwat lomp soos die onsuksesvolle 5-Reeks GT nie. En die BMW X1? Waar pas hy nou in? Wel, hy’s op die ou 3-Reeks se onderstel gebou en ry nie so gemaklik soos die 3GT nie, daarom is die GT ’n beter kopie. Maar jy moet ’n sterk selfbeeld hê of aan

Soos die meeste diesels is hy meer werkesel as renperd. Met 110 kW en ’n swaar bakwerk is naellope nie regtig sy sterk punt nie (0-100 gebeur glo in 10.2 sekondes), maar verbysteek-versnelling is ’n perd van ’n ander kleur.

Die ratkas kies oombliklik die regte verhouding om sy 350 Nm ten beste te benut, die enjin gee ’n aangename grom, byt die stang in sy bek vas, en verander ’n groot vragmotor in ’n krimpende kolletjie in die truspieël. Verbruik is tipies diesel-ekonomies: ons het lang ente 6,6 liter/100 km gesien – baie naby aan die amptelike syfer van 6,5. Hy bestuur dus totaal moeiteloos op die snelweg, en dit gee die insittendes kans om sy ander deugde te waardeer. En daar is baie. Die hantering is Subaru-stabiel met baie padgreep en ’n akkurate stuur, die ritgehalte is glad, meganiese en windgeraas is omtrent heeltemal afwesig, daar is hope ruimte vir vyf volwassenes en hul pakkasie, en die leerbeklede sitplekke is uiters gemaklik. ’n Topklas-klankstelsel speel jou iPhone se musiek koordloos via Bluetooth, en die elektriese glas-sondak gee ’n gevoel van nog meer ruimte. Die sewe lugsakke, stabiliteitsbeheer en uitstekende xenonhoofligte (wat saam met die stuur draai) gee ekstra gemoedsrus, en die trukamera maak dit pynloos om te parkeer. Die produk van al hierdie positiewe eienskappe is ’n kilometer-vreter van formaat. Al wat teen hierdie gesinstuig tel, is sy pryskaartjie – R459 000 is ’n hoop geld, maar aan die ander kant was eersteklas-reise nog nooit goedkoop nie . . . – Martin Pretorius

Nuut

BMW 3­Reeks GT

Die 3­Reeks GT verskaf ’n 5­Reeks se ruimte vir omtrent R100 000 minder as laasge­ noemde se prys | FOTO: BMW stroom-op swem gewoond wees, want jou smaak in motors gaan dalk deur jou skoonpa en die samelewing bevraagteken word. – Justus Visagie

SPESIALE AANBOD

R119

PRYSE Van R410 500 vir die 320i Standard tot R618 100 vir die 335i met M Sport-pakket


21 Julie 2013

InRat 5

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

Lexus IS 350

Peugeot 208 GTi

Nuut

Die regmerk­ LED­liggies op die neus kort net die leuse: “Just do it!” onderaan | FOTO: LEXUS

’n Fyn balans tussen sportiwiteit en beskaafdheid maak die 208 GTi ’n begeerlike blitsbuks | FOTO: QUICKPIC

Luukse Lexus wil gelooi word

A

rtikels oor motors van Japan, Korea of China beskryf dikwels hoe ver hulle al gekom het aan die maatstaf wat deur Duitse vervaardigers gestel word. Wat betroubaarheid betref het die Japanners vele van die Duitsers al ore aangesit en dit lyk of laasgenoemde die stok vir die Koreane aangegee het in die ontwerp-aflos. En dan is daar Chinese vervaardigers soos GWM wat ’n spul mooi rygoed van bevredigende gehalte uitbroei – hou hulle dop. Lexus maak al ’n goeie aantal jare rygoed wat die Duitse drie-eenheid (Audi, BMW, Mercedes-Benz) in sekere opsigte ewenaar. Vat nou die nuwe IS se voorganger: ’n pragmotor met ’n goeie onderstel en stewige bougehalte. Die binneruim was ongelukkig effe beknop en plek-plek het ’n mens die indruk gekry dat jy in ’n Corolla* is – dis soos om in ’n Jaguar te sit en ’n Tata-gevoel te kry. Die 2,5 liter-enjin was hopeloos te pap vir die bak en Lexus het ’n ewigheid geneem voordat hy die fris 3,5 liter ingevoer het. Maar dis genoeg van die oue. Die

nuwe IS het pas sy buiging hier gemaak en hy is gelukkig uitsluitlik met die 3,5 liter-enjin (225 kW/ 375 Nm) te koop. Voordat jy kla dat dit die prys opjaag, moet jy weet dat die ou IS 250 nie veel goedkoper was nie. Die IS 250 EX het R460 000 gekos voordat hy afgetree het. Vergelyk dit met die nuwe reeks se pryse onder. Die vraag is: ry hy so goed soos die ABC, oftewel die Audi4, BMW3 en Merc-C, of dalk beter? Wel, hy’s so verdomp goed dat jy vir die uitkloptoetse moet wag waar hy met die ander in ’n hok gegooi word. Wat ons kan sê is dat sy onderstel onwrikbaar stewig voel, en die indruk wek dat dit magneties na die pad aangetrek word. Vuur hom soos ’n koeël in ’n draai in en dit voel of hy deur ’n geweerloop met ’n kurwe daarin vlieg. Hierdie dinamiese vermoëns geld die sobere standaard 350 en luukser EX, sowel as die F-Sport, wat waarlik sportief is, nie net so lyk nie. Goed, sy enjin is nie kragtiger as die ander twee nie, maar hy beskik oor aanpasbare vering en ’n stuur

PRYSE Lexus IS 350 – R449 900 Lexus IS 350 EX – R499 900 Lexus IS 350 F-Sport – R553 900 * Toyota besit Lexus, Tata Jaguar

Nuut

E­mosionele intelligensie

Mercedes­Benz E­Klas

D

it was sterk skemer toe ons die Franschhoekpas pak. ’n Kortstondige reënbui het die pad nat en glad gelaat, en die kronkelteer het in die blinknuwe E500 Koepee se hoofligstrale geblink. Ongelukkig kon my Stuttgartse passasier, Herr Jurgen Dässler, op sy eerste besoek hier, nie in die donker die vars Bolandse natuurskoon waardeer nie, maar gelukkig kon hy ook nie die afgronde en steil kranse sien terwyl ons deur die kort draaie swiep nie. Met 600 Nm wringkrag al beskikbaar teen net 1 600 r/min, was dit steeds maklik om met die tweedeur-weeldeblits – sy gewig net duskant 1,8 ton ten spyt – van apeks tot apeks te korrel. Die groot V8 se borrelgrom het lustig teen die bergwange weerklink terwyl 300 kW deur die 7G-Tronic outo’kas met Direct Select-stuurwielspane na die breë agterwiele gestuur is – gelukkig sonder wieltol. Terwyl die ’Benz sonder skroom ’n haarnaald genavigeer het, het ek die Duitse ingenieur langs my onderlangs dopgehou . . . Herr Dässler het kalm en onversteurd in sy sagte leersitplek voorgekom – hy had vertroue in die string veiligheids- en

wat skerper reageer. Die F-Sport grom ook harder, het die reeks se beste sitplekke (beskikbaar in ’n verruklike rooi) en ’n instrumentwyserplaat wat horisontaal skuif – iets om te aanskou. ’n Veiligheidshoogtepunt is die IS se 10 lugsakke. Die IS-reeks is uitsluitlik beskikbaar met ’n flink, gladwerkende agtgang-outo’kas wat ook deur middel van spane agter die stuur opdragte van die bestuurder uitvoer. Enigiets waarvan ons nie hou nie? Die elektroniese beheerstelsel vir die navigasiestelsel en so meer is steeds nie gebruiksvriendelik nie en die voortvarende stilering – veral die agterligte wat weerskante om die hoeke sny – probeer te hard om jeugdig voor te kom. Maar, al stem jy saam dat die nuwe IS foute het, word dit verdwerg deur sy talente. Dis die beste Lexus tot nog toe en hy stamp minstens een van die Duitsers van die podium af. – Justus Visagie

Die E­Klas­reeks is nie net kosme­ ties verander nie, maar het ook vei­ ligheidsitems uit die S­Klas ontvang | FOTO: MBSA tien geoptimaliseerde hulpstelsels wat net so uit die S-Klas na die nuwe E-Klas oorgedra is. Die nuweling is met ’n oogopslag onmiskenbaar ’n E-Klas, van die “vieroog”-hoofligte (nou in ’n enkelglashuls en met LED-tegnologie) en sierrooster-vertolking voor (verskillend vir Elegance- en Avant garde), sy slanke flanke met kenmerkende karakterlyn tot by sy breë agterkant met horisontale LED-agterlige wat saans ’n unieke ligpatroon maak. En dis net die sedan. Die tweedeur-Koepee en kabrio-weergawes vertoon nóg slanker en meer elegant. Altesame 17 modelle is beskikbaar, waaronder die interessante E300 Bluetechybrid met ’n viersilinder-diesel (150 kW en 500 Nm

wringkrag) en elektriese motor (20 kW en 250 Nm) wat volgens Merc net 4,2 liter diesel/100 km suip en net 110 g CO2/km loslaat. Die vervaardiger meen hierdie hibried gaan vir 10% van alle E-Klasverkope sorg. Die koepee- en afdakmodelle is slegs met petrolenjins beskikbaar, wat wissel van ’n 2,0 liter-viersilinder (E250; 155 kW/350 Nm) tot die 4,7 liter-V8 E500. Die monsteragtig kragtige E63 AMG beskik nou oor ’n 5,5 liter V8dubbelturbo wat 410 kW en 720 Nm lewer, genoeg om dit in 4.2 sek. van stilstand tot 100 km/h te stu. ’n AMG S-model, met 430 kW en 800 Nm, sal ook weldra hier wees. Ons het die kruin oorgesteek, en met Franschhoek se mistige liggies sigbaar, bergaf gemik. Ons Avant garde-koepee met agility controlveringstelsel en elektromeganiese Direct Steer-stelsel het hom lekker beheerbaar in die draaie gemaak, en binne ’n oogwink was ons in die dorp. Herr Dässler, hoofingenieur van die E-Klas-projek, het gelukkig steeds geglimlag . . . – Ferdi de Vos PRYSE (sonder ekstras) Van R544 000 vir die E200-sedan tot R1 406 900 vir die E63 AMG S-sedan

Beskaafde boelie kom soek skoor

D

aar is deesdae ’n herlewing onder die junior blitsbukse. Die Volkswagen Polo GTI het jare lank sonder veel mededinging regeer, maar nou is daar ’n spul uitdagers wat sy kroon wil steel. Die Ford Fiesta ST het die eerste salvo afgevuur, en daar kom ook binnekort ’n nuwe Renault Clio RS. Peugeot het ook gewerk om sy eie legende te laat herleef, want hy het self ’n lang geskiedenis van puik blitsbuksies. Suid-Afrika het nooit die 205 GTi en 306 GTi-6 gesien nie, maar hulle word gereken onder die beste voorbeelde van hierdie genre. Peugeot wil munt slaan uit die legende van die 205 GTi en verwys selfs na die ou pret-boksie in sy advertensie-veldtog. “GTi is terug,” reken hy, en dis nogal waar ook. Die 208 volg dieselfde resep as die oorspronklike held: ’n gespierde enjin in ’n ligte karretjie met sportiewe stilering en ratse hantering. Maar om te veel op die 205 se nalatenskap te hamer, sal verkeerd wees omdat die 208 GTi baie meer is as net ’n eerbewys aan sy voorganger. Terwyl VW die Polo GTI so maklik moontlik gemaak het om te bestuur en die Fiesta ST ten alle koste ’n fantastiese bestuurservaring moet bied, het die Peugeotjie ’n ander doel voor oë . . . Die mikpunt met die 208 GTi se ontwikkeling was dat hy rats en vinnig moet wees, maar terselfdertyd ook bruikbaar en luuks. Hierin het Peugeot geslaag, want die 208 is ewe volwasse as atleties, en net so gemaklik as wakker. Die 1,6 liter-turbo-enjin se kombinasie van 147 kW en 275 Nm sorg vir ’n 0-100 km/h-naelloop in 6.8 sekondes en ’n topspoed van 230 km/h. Dié lewendige verrigting sal egter min beteken sonder ’n onderstel wat opgewasse is teen die kraglewering, maar ook hier is verbeteringe aangebring, met ’n groter spoorbreedte, fermer vering en frisser remme as in die gewone 208 en vorige GTi’s. Die resultaat is ’n motortjie wat nie net entoesiasties versnel nie, maar wat ook draaie verorber en sy bestuurder laat glimlag. Peugeot het ’n unieke toertjie reggekry: die 208 GTi is uitsonderlik gemaklik op die pad. Hy ry glad, maar met beheerste bakbewegings, en oppervlak-ongelykhede in vinnige draaie bring hom nooit van stryk nie. Die 208 bied dus ’n goue middeweg tussen die Polo se onwrikbare stabiliteit en die Fiesta se spelerigheid. Daar is ook iets spesiaal vir die oog, met ’n luukse binneruim, rooi detail en sportsitplekke. Die oulikste is egter die rooi lippie onder die sierrooster – kompleet asof die karretjie tong uitsteek. Sewentienduim-allooiwiele en GTi-tekens op die C-pilaar (soos op die 205) rond die prentjie af. Daar is ook ’n lang lys standaardtoerusting, insluitend ’n raakskerm-navigasiestelsel en spoedbeheer. Teen R259 900 (met ’n drie jaar of 60 000 kminstandhoudingsplan) bied die 208 GTi goeie waarde, en saam met sy magdom ander talente word hy haas onweerstaanbaar. Sy mededingers sal moet lig loop vir die beskaafde boelie. – Martin Pretorius SYFERS PRYS R259 900 ENJIN 1,6 liter-turbo-viersilinder, 147 kW en 275 Nm RATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 6.8 sek. en 230 km/h topsnelheid; 5,8 liter/100 km OORWEEG OOK VW Polo GTI, Ford Fiesta ST


6 InRat

21 Julie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Geborg deur Hyundai

21 Julie 2013

InRat 7

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Hyundai ix35 2.0 Executive Manual

1

1

Die ix35 het al­ les wat ’n gesin met vakansie nodig het. Behal­ we ’n kinderop­ passer wat 24 uur per dag aan diens is | FOTO: JUSTUS VISAGIE

2

Aantreklike al­ looiwiele is stan­ daardtoerusting vir die hele ix35­ reeks | FOTO: JUSTUS VISAGIE

3

As die kinders daarop aandring om die speel­ goedkas se in­ houd saam te piekel, is so ’n bagasiehouer rus vir jou siel | FOTO: VERSKAF

2

3

‘Score’ met Hyundai ix35

Drie hoera’s vir Hyundai se ix35 SKOOLVAKANSIE. ’N WOORD WAT VREES IN DIE MEESTE OUERS SE HART LAAT POSVAT. WANT NIKS IS SO ’N GOEIE RESEP VIR FRUSTRASIE EN VERVELING SOOS DIE WES-KAAPSE WINTERWEER EN SPRUITE WAT MET JAN TUISBLY SE KARRETJIE RY NIE. BEHALWE AS JY DIE VEELSYDIGE HYUNDAI IX35 IN JOU MOTORHUIS HET. EN DIS JUIS HOEKOM ONS DIE SKOOLVAKANSIE SE GOOR, GROU WEER KON VERHELDER, SKRYF ANÉ THERON.

N

adat ek en my man die haselneutkleurige ix35 in Seepunt, Kaapstad, gaan haal het, is ons na Camp World in Brackenfell om ons woonwa vir die week te haak. Einste woonwa is eerder ’n woonstel op wiele en al wat hy kort, is ’n toilet en ’n stort. Maar die ix35 se hart is dapper. Nou ry ons Hermanus toe om gou die kinders

by hul ouma te gaan oplaai, en dan sal ons twee nagte in die Onrus-woonwapark bly. Terwyl my man agter die stuur is, visenteer ek die binneruim. Liggies word aangeskakel, paneelkissies word oopgemaak, bekerhouers word getel, en so meer. Wat my die meeste beïndruk, is die ix35 se bougehalte en netjiese afwerking. Die middelkonsole se skoon

ontwerp, blinkswart insetsels en chroomaksente lyk elegant en georden. Pragtige volleersitplekke (wat te vinde is in almal behalwe die intreevlakvariant) lyk of dit jare van mishandeling deur die gemiddelde Suid-Afrikaanse gesin sal kan vat. Net onderkant die middelkonsole is daar ’n spesiale holtetjie (met ’n poort) vir ’n slimfoon of iPod, met USB- en AUX-sokke ook. ’n Gatskop-klankstelsel (wat CD’s en MP3’s kan speel) sowel as Bluetooth, albei standaard (met knoppies op die leerbedekte stuurwiel), rond die prentjie af. En omdat die lugversorging afsonderlik verstelbaar is, hoef ek nie na ’n trui te gryp omdat manlief uitvrek onder sy eendedons-windbreker nie. Op Hermanus aangekom is die kinders uit hul vel – ’n nuwe, groot kar én ’n woonwa? Gou word hul tassies ingelaai en ons herrangskik die bagasiebak vir die twee nagte se kampeer. Die ix35 se groot 591 liter-bagasiebak sluk, ondanks sy volgrootte noodwiel, lag-lag vier slaapsakke, ’n gros kampeertoerus-

Syfers PRYS

R321 900

ENJIN

2 F-viersilinderpetrol

RATKAS

Vyfgang-handratkas, voorwielaandrywing

KRAG

122 kW @ 6 200 r/min en 197 Nm @ 4 600 r/min

VERRIGTING

0-100 km/h in 10.4 s en 181 km/h topsnelheid

VERBRUIK

8,7 liter/100 km

NAVERKOPE

Vyf jaar of 150 000 km-waarborg, vyf jaar of 90 000 kmdiensplan en vyf jaar of 150 000 km-padbystand.

ting ,’n groot koelboks, handdoeke, drie komberse en sakke kruideniersware en ons hoef nie ’n enkele ding in die woonwa te laai nie. En nou kan ek terugsit en die rit geniet, want die ix35 is nie net nuttig nie, maar ook veilig. ’n Vyfster- Europese botsingstoetstelling, ABS met EBD, ses lugsakke, noodligte, ’n hoëvlak-remlig en teen-rolstawe gee ’n ma gemoedsrus. (Die viertrek-variante is met elektroniese stabiliteitsbeheer toegerus.) In ’n botsing beweeg die kopstutte vorentoe en die agtersitplekke duik nie onder die voorstes in nie. Die voorsitplekke is aan die agterkant uitgehol om heelwat beenruimte vir die ouens op die agtersitplekke te bied. Die Onrus-woonwapark is sommer naby en ons hou duim vas vir goeie weer, maar die Suidooster steek kop uit. Hoewel die ix35 taamlik gelaai is en die wind ons later looi, klou-sit die ix35 stewig op die pad. By die woonwapark aangekom, het ’n paar artikels vergete gebly en inderhaas kies ek weer koers dorp se kant toe. Die parkeerterrein by

Woolies is een groot verkeersknoop en my stywe nekwerwels is bly oor die truratkamera wat dinge agter die motor in die truspieël wys en niks ekstra kos nie. Later daardie nag gaan lê die wind darem en ons twee nagte in die woonwa is ’n wegholsukses, veral vir die kinders. ’n Paar dae later sleep my vriend Cobus vir ons die woonwa terug na Brackenfell, en ons kan die ix35, woonwaloos, nog ’n paar dae geniet. Die kinders het ’n lysie van plekke om te besoek, maar die weer kniehalter ons. Die eerste dag wat die son weer sy gesig wys, ry ons na die Kleinrivier-kaasplaas net buite Stanford, op die R326. Die pad is oop, doodstil en jy kan sien tot oormôre. Die tweeliter-enjin (122 kW) is in sy element en ek laat waai, Meraai. Die doeltreffende vyfgang-handratkas is seepglad en ek gooi die ratte oor soos Nigel Mansell. Die ix35 se elektriese kragstuur sorg vir ’n realistiese en direkte stuurgevoel, wat so dikwels te kort skiet in sportnutsvoertuie. Dan draai ons van die teerpad af na die

Koop ’n nuwe Hyundai ix35 en kry ’n THULE­bagasiehouer en dakbalke gratis Die Hyundai ix35 is net die regte voertuig vir die langpad – en ’n THULE-dakbagasiehouer en dakbalke kan ’n lang vakansierit nog geriefliker maak. THULE-toerusting word in Swede van die beste materiaal gemaak en

kaasplaas, maar die ix35 vreet so lekker aan die natgereënde, ongelyke stukkie grondpad, dat ons sommer verder aanry net vir die pret. Die dieper poele in die pad is geen rede tot kommer nie, omdat die ix35 se “swemdiepte” ’n halwe meter is. Min geraas en min vibrasie in die kajuit beteken ons kan normaal met mekaar gesels, danksy goeie klankdigting. Nadat ons die ix35 omgedraai het en die bokkies en hoenders by die Kleinrivier-kaasplaas gevoer het, ry ons terug in Hermanus se rigting. Kort voor lank sien ons ’n bordjie wat dui op ’n paadjie wat na die berg toe lei. Dit lees Vogelberg-natuurreservaat, met ’n smal, steil paadjie na bo. Die ix35 draf dit vinnig kaf. Ons kom te staan voor dooiemansdeur, maar die uitsig is asemrowend en ons neem foto’s in die dag se laaste goue ligstrale voordat ons die pad terug huis toe aanpak. Terwyl ek ’n foto pro-

pas perfek by die Hyundai ix35. SMS die woorde “ix35THULE” na 33362 om te kwalifiseer vir ’n gratis stel THULE-dakbalke en ’n THULEdakbagasiehouer (met ’n totale waarde van R12 000) wanneer jy jou nuwe ix35 by ’n Hyundai-handelaar koop. (SMSe kos R1,50 elk. Aanbod geldig tot 30 Augustus 2013)

beer neem wat die ix35 se gedefinieerde kurwes tot hul reg laat kom, kyk ek met nuwe oë na dié besonderse sportnutsvoertuig. Dis maklik om te verstaan hoekom sy luikrug-afmetings en atletiese stilering deur soveel ander vervaardigers nageaap is. Om nie eens te praat van al die geriefstoerusting wat jy kry as deel van die standaard-pakket nie. Ons avonture staan eers op ’n einde, en omdat die ix35 se enjin so lig aan die voggies teug, (8,7 liter per 100 km gekombineerd) is dit nie eens nodig om by die vulstasie stil te hou nie. Die ix35 is die perfekte pasmaat, of jy nou gereeld met die kinders gaan kampeer of net ’n stadsmuisbestaan voer. En met ’n onverbeterlike waarborg van vyf jaar of 150 000 km, ’n diensplan vir vyf jaar of 90 000 km, sowel as padbystand vir vyf jaar of 150 000 km, gaan jy lang, sorgvrye eienaarskap geniet.


8 InRat

21 Julie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Nuut

VW Golf GTI

Fantasties, maar . . .

Die nuwe Volkswagen Golf GTI (links) is uit­ muntend, maar nie so ongekunsteld en prettig soos die vyfde GTI (bo) nie. As jy geduldig is en katvoet loop, kan jy ’n mooi (gebruikte) Vyf koop en hom net soveel of meer as ’n Sewe geniet | FOTO’S: VOLKSWAGEN

D

ie jongste Volkswagen Golf GTI, die sewende geslag, het al soveel media-aandag geniet dat ek nie weer sy storie gaan vertel nie. Dis ’n fantastiese motor wat alle lof verdien. Al wat ek gaan herhaal is dat hy ongelooflik maklik is om vinnig te ry, gelaai is met veiligheidstoerusting, en dat sy turbo-enjin se berg wringkrag jou die toekoms in slinger. Sy hantering is meer vasvoetig as voorheen danksy ’n nuwe stuurstelsel, en hy gebruik minder brandstof. Hy is amper foutloos, ondanks die stabiliteitsbeheer wat erge stuurtraagheid veroorsaak as ’n mens in ’n draai moet rem. Laasgenoemde is ’n tegniek vir renjaers, wat op die baan hoort en dus nie ’n tekortkoming vir ’n gewone bestuurder sal wees nie. Maar . . . Die Golf VII GTI is eintlik nie regtig ’n GTI nie. Dis eerder ’n luukse luikrug wat meeding met die Mercedes

A-klas, BMW 1-Reeks en Audi A3. As jy ’n ware GTI soek, nie net ’n vinnige luukse motor nie, kyk eerder na sy wilder mededingers. Motors soos die Ford Focus ST en Renault Mégane RS265 bied ’n suiwerder ervaring – hulle maak die bestuurder deel van die aktiwiteit, iets wat die Golf nie doen nie. Daar is natuurlik ’n alternatief: gaan soek iets ouer uit die VW-stal. Nee, ek is nie van lotjie getik nie, want ou Volkswagens het ook stewige bou en gehalte-materiale soos waarmee die nuweling vlerk sleep. Daarom is tweedehandse weergawes so gesog soos die nuwe. Die verskil is dat hulle werklik pret is om te bestuur omdat hulle minder staatmaak op slim elektronika, en meer op korrekte basiese ontwerp. Ek praat nie nou van oer-oue Golf II’s of CTI’s nie – hoewel hulle die Ur-GTI-ervaring bied, kompleet met wringstuur en ’n agterwiel wat in die lug hang deur ’n

Stille Sonata D ie Hyundai Sonata – in sy bestaande vorm – het die motorwêreld laat regop sit. Dis deels omdat sy voorganger, wel nie ’n sleg motor nie, soos ’n baie arm man se Audi A4 gelyk het. Toe land sy opvolger omtrent drie jaar gelede hier soos ’n jakkals in ’n hoenderhok. So ’n luukse pragstuk vir R300 000? Ongehoord. Die stuurgevoel van die nuwe Sonata was ongelukkig leweloos en langer passasiers het nie veel kopruimte agter gehad nie. Daarby was sy 2,4 liter-petrolenjin effe lui. Maar interessant en beskaaf was die Sonata beslis. Gelukkig het Hyundai die enjin aange-

pas sodat die petrol direk in die silinders gespuit word, pleks van in die inlaatspruitstuk. Dink daaraan as whisky wat reguit na jou maag gaan, sonder om eers in jou slukderm te vertoef. In ’n enjin is die gevolg hiervan meer skop per dop. In die Sonata se geval styg sy maksimum kilowatt-syfer van 131 tot 148 kW en wringkrag van 238 tot 250 Nm. Die ratkas is steeds ’n sesgang-outo’ en daar is spane agter die stuur vir bestuurders wat nie ratwisseling aan die motor alleen wil oorlaat nie. Binne is die klankstelsel verbeter en dit word nou deur ’n raakskerm beheer. Onder die kosmetiese veranderings aan

skerp draai. Nee, die seniors wat my hartsnare roer is die Golf 5 GTI (147 kW) en sy neef, die Seat Leon (147 kW) circa 2005. Dis eenvoudig: VW wou ’n ware blitsbuks skep met die Merk 5, want sy laaste twee voorgangers het die spoor byster geraak – al was hulle die tyd vooruit met puik gehalte en verfyning. Die “5” het sy lewe begin as die mees formidabele GTI tot in daardie stadium. Ja, hulle het direkte inspuiting en turbo-aanjaging ingespan om hul mikpunte te bereik, en die 5 (en Leon FR) het baie veiligheidsgoed en stabiliteitsbeheer gehad. Maar die bestuurservaring was rou en direk. Gee die stuurwiel ’n plukkie, en die neus verander van rigting soos ’n terriër wat ’n tarentaal ruik. Raak in ’n draai aan die remme en jy voel hoe die agterent begin rondbeweeg. Trap die geraas-pedaal en die reaksie is onmiddellik. Jy voel deel van die masjien, nie ’n blote passasier in ’n rekenaar-simulasie nie.

Hyundai Sonata

Hoe om die regte Golf GTI 5 te koop Deesdae kos ’n netjiese Golf 5 GTI omtrent R170 000. Nie goedkoop nie, want dit is steeds ’n gesogte ryding. Die Seat Leon FR is besonder skaars, maar jy kan dalk R15 000 minder be­ taal as vir die GTI. ; Bestudeer die versieningsgeskie­ denis. As die VW­agente hom versien het, weet jy alle opgraderings op sy sagteware is gedoen en onderdele is tydig en korrek vervang. ; Laat die kar deur ’n handelaar nagaan. ’n Elektroniese diagnose kan foute met die hoëdruk­petrolpomp, turbo en ontstekingstelsel uitwys. ; Bekyk die bande. ’n Verslete loopvlak aan die buitekant dui op ’n harde lewe. ; Vermy motors met meganiese­ of sagteware­wysigings wat gedoen is vir meer verrigting. Sulke “opgrade­ rings” hou nie rekening met die enjin se beperkings nie en kan tot latere probleme lei. ; As jy die DSG­variant wil koop, maak seker dié outo’­kas werk glad. As dit nie reg voel nie, loop weg. DSG’s is taai, maar moet reg versien word, anders word herstelwerk duur. – Martin Pretorius

Die gevoel is uitdagend, maar baie bevredigend wanneer jy en die motor begin saamwerk. Daardie gevoel is verlore in die nuwe GTI, en dis hoekom ek eerder sy teenstanders sal aanbeveel vir geesdriftige bestuurders. As jy hunker na ’n VW-produk, kies dan ’n oue, maar as jy niks anders as ’n PlayStation ken nie, koop die GTI 7. – Martin Pretorius

Nuut

rieflik soos ’n gentleman’s club terwyl hy passasiers op sy verbeterde vering sus. Die stuurgevoel is steeds dooierig en die hantering nie sportief nie, maar ’n Golf GTI-koper en iemand wat ’n Sonata koop, verlang nie dieselfde van ’n motor nie. As jy egter ’n groot, waarde-virgeld-sedan wil hê wat ’n sentimeSo van die kant is dit maklik om die Sonata vir ter nader aan die sportiewe kant iets van dubbel die prys aan te sien, soos ’n is, moet jy beslis die Kia Optima Mercedes CLS | FOTO: QUICKPIC oorweeg. Teen R350 000 is hy ook R30 000 goedkoper as die Sonata. die buitekant tel nuwe misligte met LED- – Justus Visagie dagliggies asook LED’s agter vir die herontwerpte stertligte. PRYS Vat die pad en die Sonata is stil en geHyundai Sonata 2.4 GDi Elite – R379 995


21 Julie 2013

InRat 9

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Porsche 911 Carrera 4S PDK Koepee Die 911 4S sal jou laat smag na reën, net sodat jy kan voel hoe goed sy aandry­ wingstelsel is FOTO: DESMOND LOUW

‘Gedenkmodel’ vir legendariese vastrapblits

D

ie legendariese 911 vier vanjaar 50 lang lewensjare, en behalwe ’n spesiale gedenkmodel wat motorliefhebbers onlangs laat kwyl het, onderneem Porsche ook ’n wêreldtoer om dié motor-ikoon se mylpaal te gedenk. Met almal se aandag hierop gevestig, het ’n ander 911-mylpaal egter half vergete geraak – die feit dat die eerste vierwielaangedrewe 911 ’n kwarteeu gelede, op die Paryse Motorskou in September 1988, die lig gesien het. Die 964-geslag van die 911-reeks is aanvanklik net in Carrera 4-gewaad en met ’n wye bakwerk bekend gestel, en dis interessant dat sy vierwielaandryfstelsel in die hoog tegnologiese 959 ontwikkel is. Die oorspronklike 184 kW Carrera 4 was egter geen verkoopsukses nie (terwyl die tweewielaangedrewe en turbomodelle versamelstukke geword het), maar tog het dit die grondslag vir permanente vierwielaandrywing in die Turbo-modelle van 1993 gelê – en verseker dat ’n 4 en 4S-weergawe deel van elke opvolgende modelreeks gevorm het. Die eerste Carrera 4 was ook ’n baanbreker, want hy was toegerus met ABS, Tiptronic, kragstuur en lugsakke – tegnologie wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar. Voorts het dit ’n geheel nuwe onderstel met ligte allooi-beheerarms en krulvere gehad pleks van die verouderde wringstaaf-veerstelsel. Nou, 25 jaar later, het ek geleentheid

gekry om weer ’n 4 onder hande te neem . . . In die jongste 991-gewaad is die enigste onderskeid tussen dié model en sy tweewielaandryf-kollegas (behalwe sy breër bakwerk) die verskillende luginlate in die buffer, swart kantstroke en ’n rooi (nou verligte) paneel tussen die agterligte. Die Kaapse weer wou egter nie saamspeel nie. Waar ek gehoop het vir regte eendeweer om op papnat paaie met die alwielaandrywer se Traction Management-stelsel (TMS) te kan speel (wat krag tussen voor en agter in minder as 0.1 s verskuif ), was die dae blou en wolkloos. ’n Mens neem egter nie aldag ’n Porsche onder hande nie, en met 294 kW onder die voet en 440 Nm-draaimoment teen net duskant 5 500 r/min tot jou beskikking, vergeet jy gou van die weer. Soos enige 911 fokus die S4 jou gedagtes op die bestuurservaring, maar, in teenstelling met ’n kwarteeu gelede toe selfs die 4 al jou aandag geverg het om op die asfalt te bly; betrek die jongste blits jou met sy volmaakte padgrasie byna onwillekeurig by die rybelewenis. Dis hierdie opmerklike deeglikheid van Züffenhausen se ontwerp- en ingenieursvernuf wat die 991-modelreeks bo die meeste mededingers laat uitstyg, want dié Porsche voel in alle opsigte reg en afgerond. Sy plat 3,8 liter-sessilinder se kenmerkende klankbaan (wat verder versterk kan word deur ’n spesiale enjinflap met

die druk van ’n knoppie te aktiveer), die naatlose blitswisselings van sy sewegangdubbelkoppelaar-outo’kas, die suiwerheid van sy stuuraksie en die akkurate wisselwerking tussen pad en vering maak enige rit ’n amper erotiese belewenis. In die kronkels word hierdie gewaarwordings nóg intenser. Gee hom sy kop in Sport Plus-modus – net beskikbaar met die opsionele Chrono-pakket – en die 4S laat jou menigmaal wonder hoe de duiwel hy teen spoed hewig deur ’n draai kan suiker terwyl dit voel of hy op ’n Sondagmiddag-uitstappie is. Behalwe TMS, laat sy breër agterstewe (22 mm meer as die gewone koepee weerskante) en 10 mm breër tekkies hom lig en beweeglik voel, soos ’n topatleet wat goed geoefen het. Die ware pret lê in sy ritme en grasie soos dit op die klougrens vanuit een draai na die volgende pyl en soos sy 911stalmaats verander dié Porsche gou ’n lekker sonnige wintersdag in ’n uitsonderlike een. Maar is die 4S – teen R1 347 000 son-

der opsies werklik nodig vir ons droë, meestal sneeulose toestande? Wel, puriste sou dit dalk nie verkies nie, maar diegene (met die geld) wat die Porsche-ervaring mét bykomende veiligheid soek, sal baie moontlik die 4S verkies – soos bewys deur die vorige model met 34% van totale 911-verkope. – Ferdi de Vos SYFERS PRYS R1 347 000 (sonder ekstras) ENJIN 3,8F-platses-petrol RATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-outo’, vierwielaandrywing KRAG 294 kW @ 7 400 r/min en 400 Nm @ 5 600 r/min VERRIGTING 0-100 km/h in 4.3 sek. en 297 km/h topsnelheid VERBRUIK 9,1 liter/100 km en 215 g CO2/km BRANDSTOFTENK 68F BAGASIEBAK 125F NAVERKOPE Vyf jaar of 90 000 km- omvattende instandhoudingsplan OORWEEG OOK Audi R8 4.2 FSI V8 S-tronic, Lamborghini Gallardo LP560-4


10 InRat

21 Julie 2013

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

PadToets

Veldslag!

KTM 1190 Adventure

’N

Wêreldoorlog woed op planeet Motorfiets, met elke supermoondheid wat veg om die beste 1200 cc-avontuurfiets te bou en oor die grondpaaie te heers. BMW regeer al jare lank met sy kolos, die R 1200 GS. Byna elke liewe handelsmerk het intussen sy wapentuig gebou, maar die Duitsers staan stewig en dit lyk asof die indringers nie eens ’n kwesskoot inkry nie. Maar nou het Oostenryk sy wapen uitgestoot in die vorm van die KTM 1190 Adventure. Beteken dit moeilikheid vir die blou-en-wit “propeller”? Die KTM 1190 se 1195 cc-tweesilinder is dieselfde enjin wat in die KTM RC8-superfiets gebruik word. Dis reeds ’n waarskuwing dat dié avontuurfiets se perde nie heeltyd rustig gaan draf nie. Later meer hieroor. Deesdae se duurder motorfietse het ’n arsenaal van elektronika wat bystand verleen en allerlei keuses bied. Ook so met die 1190. Daar is vier verskillende ry-modusse om uit te kies en dit kan gedoen word terwyl jy ry; Sport, Street, Rain, en Off-road. Elke keuse bepaal hoeveel krag daar gaan wees, hoe sterk die krag toegedien word, hoeveel gly die wieltolbeheer sal toelaat en hoe skerp die ABS inskop. Die Off-Road-modus verminder byvoorbeeld die kraglewering na 75 kW, laat ’n taamlike mate van wieltol toe en die ABS werk net op die voorremme. Jy kan in Sport ry en ook die wieltolbeheer en ABS heeltemal afsit, wat dus beteken jy’t al die perde onder jou en nul elektroniese bystand. Elke keer wat jy egter die fiets af- en weer aanskakel, skakel die ABS en wieltolbeheer outomaties aan – ’n klein irritasie. Die WP-vering* is elektronies verstelbaar (in die ry) tussen Sport, Normal en Comfort. Soos alle WP-vering werk die 1190 s’n puik en die fiets het uiters stabiel gevoel op grondpaaie. Wanneer die agterwiel rondgegly het en op soek was na vastrapplek het die voorwiel geplant gebly. Daar was geen kopskud (head shake of tank slap) nie, nie eens oor die ergste sinkplaat en ongelykhede nie. Ook nie teen 200 km/h op die gruis nie. Ja, jy gaan hom gas gee en jy gaan skrik, want die hoeveelheid krag is monsteragtig. Daar is 110 kW en 125 Nm wat heeltyd vorentoe beur. Ongeag jou ratkeuse of snelheid. Wanneer jy die ver-

Die KTM 1190 Adventure voel meer stabiel teen hoë snelhede as die BMW R 1200 GS | FOTO: WILLEM VAN DER BERG sneller draai, moet jy jou armpies styf hou en die draai 3 km vorentoe dophou, want jy’s nóú daar. Ek het hom op ’n keer op 250 km/h gehad voordat ek moes rem trek. Daar was nog heelwat woema oor. So ja, hy’s belaglik vinnig. Dalk te vinnig vir ’n avontuurfiets. Die petrolverbruik was baie goed. Ná ’n dag se gejaag het die fiets ’n gemiddeld van 6,5 liter/100 km gebruik. ’n Goeie avontuurfiets is vir lang toere bedoel en vir baie ryers was KTM se sitplekke vroeër te smal en te hard. Nou kan dit dalk net te breed en sag wees. Die sitplek het effens te breed gevoel wanneer ek gestaan en ry het. En ek het later gevoel asof ek op die raam van die fiets sit. Die spons is te sag en sak te veel weg – en ek’s ’n maergat. Nog iets wat gepla het, was die elektroniese skerm. Dit wys al die nodige inligting, maar hier oor die middagure het

die son heeltyd van die skerm af weerkaats en my so te sê verblind. Die 1190 is ook beskikbaar in R-mondering wat beteken daar is ’n 21 duim-voorwiel, geen elektroniese suspensie nie (alles is wel met die hand verstelbaar), die windskerm is laer en die sitplek is een stuk, pleks van twee. Die KTM 1190 is ’n mooi fiets en lyk of voel glad nie groot en lomp nie. Inteendeel, dit het heeltyd gevoel soos ’n supermotard. KTM het ’n groot kanon aanmekaar gesit. Met sy heel eerste poging om die 1200 cc-avontuurmark te infiltreer klop hy die res op ’n spul strategiese gebiede. Daar’s ’n oranje gloed op die slagveld en dis op pad Duitsland toe. – Willem van der Berg ; Verskeie pakkette kan bygekoop word wat dan verhitte handvatsels, verhitte sitplekke en nog ’n rits toebehore kan insluit.

Dié tier brul nie, hy sing

J

y weet wat sê hulle van aambeie, nè? Elke tweede agterwêreld het een. Nou ja, “hulle” sê ook BMWmotorfietse is soos aambeie. Hulle is oral. Maar jy kry motorfietsryers wat toetentaal verseg om iets te ry waarop die ronde wit-en-blou handelsmerk pryk. Hulle stap eerder. Of stoot. Deesdae is daar uitstaande mededingers vir BMW. Nog nooit was daar so baie 1200 cc-avontuurfietse om van te kies soos nou nie. Vir die kleiner BMW F 800 GS is daar eintlik net een mededinger, die Britse Triumph Tiger 800 XC. Die KTM 990 Adventure was tot ’n mate, maar dié het in elk geval pakket gevat en is vervang deur die nuwe 1190 Adventure. Honda se XL 700 V Transalp kan ook as mededinging gereken word, maar sy enjin is effe kleiner en hy’s bleddie lelik. Wanneer jy die Triumph die eerste keer bekyk, kan jy hom aansien vir die 800 GS. Hulle lyk baie na mekaar. Op papier is daar heelwat ander ooreenkomste: die enjingrootte, kraglewe-

ring, gewig en verkoopprys. Maar daar stop dit summier, want in werklikheid verskil hierdie twee van mekaar soos Duitsland van Engeland. Die Triumph het ’n driesilinder-enjin teenoor die GS se tweesilinder. En laat ek jou sê, Engels het nog nooit so mooi op die oor geval nie. Die Tiger brul nie, hy sing. Dit klink baie meer soos ’n superfiets wat deur die grondpaddraai gegly kom as ’n avontuurfiets. En dit laat die oë nogal rek. Die Triumph het 7 kW meer krag om mee te hol as die GS, maar skrum met 4 Nm wringkrag minder. Tog is dit die Tiger 800 wat voel asof hy meer wringkrag het, selfs teen lae enjintoere. Hy voel vinniger uit die wegspringblokke en ook sterker deur die eerste 4 000 r/min of wanneer ek in ’n hoë rat vet gee. Jy kan ook die Triumph se versneller langer ooptrek omdat hy eers by 10 000 r/min in die rooi is teenoor die BMW se 8 500 r/min-rooilyn. En die tier word heel beneuk net voor die rooilyn. Sowel die Engelsman as Duitser is vin-

; Groot dank aan Duggie en Daphne Allison van KTM Bloemfontein/Marathon Motors vir die leen van die KTM 1190 Adventure. Kontak hulle by 0 051 447 1313 of admin@marathonmotors.co.za *WP is ’n vervaardiger van motorfietsvering. SYFERS PRYS R153 000 vir die basiese Adventurevariant, R155 000 vir die basiese R-variant ENJIN 1195 cc-tweesilinder, waterverkoel RATKAS Sesspoed; kettinggedrewe KRAG 110 kW @ 9 500r/min en 125 Nm @ 7 500r/min PETROLTENK 23 liter GEWIG 235 kg (vol petrol) SITPLEKHOOGTE 860/875 mm vir die Adventure en 890 mm vir die R NAVERKOPE Tweejaar-waarborg, ongeag die kilometers. Versien elke 15 000 km. Tweejaar-padbystand ingesluit.

Triumph Tiger 800 XC

OnsRyding

Dié bewese Britse avon­ tuur­tier is uit die hemel ge­ stuur vir hulle wat nie net nog ’n BMW F 800 GS wil ry nie FOTO: WILLEM VAN DER BERG nig. Albei kan 200 km/h haal. Maar dis die BMW GS wat makliker daar bykom en selfs gemaklik oorgaan na die ander kant van 200. Kan ’n mens sê die een is beter as die ander? Hulle sal langs mekaar moet aantree en ’n bietjie gedril word voordat ons dit kan antwoord. Ons het gelukkig genoeg tyd hiervoor, want die Tiger is in ons sorg tot die einde van die jaar. Lees InRat om te sien hoe hulle baklei. – Willem van der Berg

SYFERS ENJIN 799 cc-driesilinder, waterverkoel KRAG 70 kW @ 9 300 r/min en 79 Nm @ 7 850 r/min RATKAS 6-spoed, kettinggedrewe PETROLTENK 19 liter VERBRUIK 5,6 liter/100 km (ons syfer) AFSTAND AFGELÊ 421 km SITPLEKHOOGTE 845 mm of 865 mm GEWIG 215 kg met olie en petrol NAVERKOPE Tweejaar-waarborg met AApadbystand. Versien elke 10 000 km.


21 Julie 2013

InRat 11

||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| |

Vettel verder voor

MotorSport Baan­, tyd­ en veldrenne

F

ormule Een Ná sy terugslag in die Britse Grand Prix, toe hy hom kort voor die einde moes onttrek terwyl hy voor was, is Sebastian Vettel nou weer stewig in die saal ná ’n naelskraapse oorwinning by ’n opwindende Duitse Grand Prix. Die jong heersende F1-wêreldkampioen is deurentyd op die Nürburgring deur die Lotus-jaers Kimi Räikkönen sowel as Romain Grosjean onder druk geplaas en hy het erken indien die ren ’n rondte langer was, was die uitslag dalk anders. Die Duitse Red Bull-jaer het egter koelkop gebly om die wenstreep ’n sekonde voor die Fin te kruis vir sy eerste sege in sy tuis- Grand Prix en sy 30ste F1-oorwinning, gevolg deur Grosjean, met Ferrari se Fernando Alonso vierde – net 0.7 s agter die Fransman. Vir Räikkönen was die uitslag teleurstellend, want nadat Vettel en Grosjean hul laaste kuipestoppe gemaak het, was hy voor. Sou hy dalk uitgebly het, en nie die kuipe 11 rondtes voor die einde besoek het nie, het Lotus dalk gewen. Lewis Hamilton (Mercedes) was weer die vinnigste met kwalifisering, maar het in die ren teruggesak. ’n Stewige eindpoging het hom in die laaste rondte by Jenson Button (McLaren) laat verbykom om vyfde te eindig. Vir die Aussie Mark Webber (Red Bull) was die ren weer frustrerend. Hy was tweede toe hy vir bande gestop het, maar die regter-agterband is nie stewig vervang nie, en het losgespring toe hy uit die kuipe wegtrek. Die bokspringende band het Paul Allen, ’n TV-kameraman, getref, en Webber het tot heel laaste teruggesak. (Red Bull is met sowat R340 000 beboet ná die voorval.) ’n Veiligheidsmotor-tydperk, nadat die Marussia van Jules Bianchi gebreek en aan die brand geslaan het, het Webber in staat gestel om plekke op te maak, en hy was eindelik sesde algeheel. Hy het aangedui hy gaan die Red Bull-span einde vanjaar verlaat om vir Porsche in uithourenne te jaag. Vettel is nou 34 punte voor Alonso in die jaerskampioenskap, met Räikkönen derde (sewe punte agter) en Hamilton vierde (met nog 17 punte minder). Le Mans 24 uur­uithouren Audi het sy oorheersing van die Le Mans 24 uur-uithouren voortgesit met Tom Kristensen, Allan McNish en Loïc

Nuut

Die sewentienjarige Suid­Afrikaner Kelvin van der Linde (albei foto’s) loop ver voor in die Scirocco R­bekerreeks in Duitsland | FOTO’S: VERSKAF Duval (Audi R18 e-tron quattro) wat die Duitse vervaardiger sy 12de oorwinning in 13 jaar in die 90ste weergawe van die ren besorg het. Vanjaar se ren in La Sarthe, Frankryk is gekenmerk deur gure weer en uiters moeilike baantoestande, en sal onthou word vir die botsing wat die lewe van die Deense jaer Allan Simonsen (Aston Martin) geëis het. Vir die Audi-span was dit g’n maklike sege nie, want die no. 2-Audi van Kristensen, McNish en Duval is heelpad deur die no. 8-Toyota TS030 van Anthony Davidson, Sébastien Buemi en Stéphane Sarrazin gejaag, en daar was nooit meer as ’n rondte gaping tussen die twee nie. Tot kort voor die einde het dit ook gelyk of Toyota die derde podiumplek sou vul, maar toe gly die TS030 van Alex Wurz, Nicolas Lapierre en Kazuki Nakajima van die nat baan, en dit het die no. 3-Audi (Lucas Di Grassi, Marc Gené en Oliver Jarvis) deurgelaat. Die Toyota-span het egter uitmuntend vertoon in net sy tweede Le Mans-ren, en hy behoort aanstaande jaar nóg sterker te wees. En met Porsche se terugkeer na uithourenne (met ’n seker mnr. Webber agter die stuur) beloof Le Mans

FAW Sirius

Die Sirius is die eerste motor van FAW wat plaaslik te kry is. FAW is meer bekend om sy vragmotors wat al 18 jaar in Suid­Afrika werskaf | FOTO: QUICKPIC

2014 ’n onmisbare skouspel. Jong SA­jaers skitter oorsee Jong jaers uit Suid-Afrika, almal uit gesiene motorsport-families, is besig om naam te maak in Europa. In die Scirocco R-bekerrenne in Duitsland het Kelvin van der Linde (17), seun van die gewese SA kampioen Shaun, en kleinseun van die legendariese Hennie van der Linde, nou reeds ’n driekuns oorwinnings teen van die beste jong Europese jaers behaal. Sy jongste sege was verlede week op die Norisring in die vierde ronde van hierdie Europese reeks. Net so het Jordan Pepper (16), seun van die voormalige produksiemotorkampioen Iain Pepper, ’n uitstekende ren gehad om sesde te eindig nadat hy 12de weggespring het. Van der Linde is nou los voor in die reeks, met Pepper derde. Op die tydrentoneel het Henk Lategan (19), seun van die veelvuldige kampioen Hein Lategan, verlede week ’n derde plek in die Veszprem-tydren in Hongarye in ’n Skoda S2000 in net hul tweede internasionale ren behaal. Hy en sy medejaer, Barry White, was vroeër vanjaar sesde in die Adriatiese tydren in Italië.

SA­tydrenreeks Die verdedigende kampioene Mark Cronjé en Robin Houghton in hul Ford Fiesta S2000 is steeds die paar om te klop in die nasionale tydrenreeks, selfs al het hul onoorwonne rekord vanjaar in die Toyota Gauteng-handelaarstydren einde Mei in die slag gebly. Dié ren is deur Jannie Habig/Robert Paisley (ook in ’n Fiesta) gewen en hulle is nou net een punt agter Cronjé/ Houghton. Derde in die jaerskampioenskap is Gugu Zulu, in ’n ouer VW Polo S2000-uitdagingsmotor, gevolg deur Johnny Gemmell (Toyota Yaris S2000), wat die naaswenner in Gauteng was. SA­veldrenreeks ’n Tweede opeenvolgende produksievoertuig-oorwinning vir die CastrolToyota-paar Anthony Taylor en Dennis Murphy in die onlangse Toyota 1000woestynren in Botswana het hulle die gesamentlike voorlopers in die nasionale veldrenreeks gemaak. Halfpad deur die seisoen is Taylor en Murphy nou gelyk aan Chris Visser/Japie Badenhorst (Ford Racing Ranger) in die SP- én die produksievoertuigklas, met 85,5 punte elk. – Ferdi de Vos

Afslag­Avanza D aar’s nie veel om uit te kies as jy ’n nano-bussie met drie rye sitplekke wil hê nie. Die hoofspeler is Toyota se Avanza (van R163 000) met Nissan se lekker lang, slap Grand Livina (van R210 000) as byspeler. Dié rygoed is meestal as meter-taxi’s bestem of om sekuriteitswagte na hul wagpos-houthutte in rykmansbuurte te vervoer. Die oudste motorvervaardiger in China, First Automobile Works (FAW), het onlangs die 1,5 liter-weergawe van sy “Avanza” in Suid-Afrika onthul. FAW noem hom die Sirius S80 en hy is ’n kloon van die ouer Toyota Avanza, wat nie meer plaaslik nuut te koop is nie. Omdat dié soort wa as goedkoop vervoermiddel ontwerp is en sy passasiers gewoonlik oor korter afstande vervoer, is ’n mens geneig om nie hemelhoë verwagtings te hê nie. Ook omdat dit boonop ’n Chinese faksimilee van ’n middelmatige Toyotatjie is. Ek kan egter aan baie erger goed dink om te doen as om met dié dienlike bussie te ry. En dis nie net om (ver) te stap nie.

Op die vrot paaie en weë-in-wording noord van Durban het die Sirius ’n aanvaarbare balans tussen rit en hantering vertoon en sy enjintjie het die indruk gewek dat hy ses mense maklik teen 120 km/h sal kan aanry. Die bougehalte, afwerking en materiale lyk skaflik, maar die rathefboom se wissel-aksie voel soos ’n besemstok in ’n emmer vol albasters. ’n Woordvoerder van FAW het verduidelik sy troefkaart is toerusting soos lugversorging, allooiwiele en ’n klankstelsel wat nie by die mees basiese Avanza ingesluit is nie, maar wel by die Sirius. Of dit saak maak, sal bepaal word deur hoe vrygewig jy teenoor jou werknemers voel, want dis hulle wat daarmee gaan ry. Die gemiddelde InRat-leser met meer as drie kinders sal liewer R261 000 vir ’n Toyota Verso uithaal. – Justus Visagie PRYSE Sirius S80 Sirius S80 Sirius S80 Sirius S80

1.3 1.3 1.5 1.5

paneelwa R149 995 7-sitplek R159 995 7-sitplek Standard R179 995 7-sitplek Comfort R189 995


www.kia.co.za

#surprising ..

Lugreeling Radio/CD met MP3/iPod/USB-verbinding Bestuurder- & Passasier-lugsakke Voorste Misligte

Picanto LX Vanaf R990 pm *

#standard

Vir meer inligting besoek surprisingisstandard.co.za R1472

R1915

Deposito % 35%

15%

15%

Groot Eindbedrag % 40%

35%

0%

Maandelikse Paaiement R990

*All 3 deals are based on a price of R121 995 over 72 months. Interest rate is linked to prevailing prime rate subject to change, deal subject to credit approval by Kia Finance, a division of MFC, a division of Nedbank Limited. Nedbank Limited is an authorised financial services provider. Nedbank Limited is a registered credit provider under the NCA (NCRCP 16). Price excludes an initiation fee of (R1140) and a monthly service fee of (R57p/m). Deal is for advertised specifications only, any additional accessories will be subject to separate terms and conditions. On road costs excluded. E&OE.

14802OFyt

VERRASSING 1 VERRASSING 2 VERRASSING 3

Rapport InRat - 21 Julie 2013  

Rapport se motorbylaag vir Julie 2013. Lees oor die Jaguar F-Type, Lexus IS 350, KTM 1190 Adventure, Hyundai ix35 en 'n rit van Musina tot K...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you