Ons eie feb mrt 2018

Page 20

PRODUKNUUS

Kyk só na jou stroper deur Willie van Tonder, Werkswinkelbestuurder Agrifriend Equipment

A

angesien ons nou weer in ‘n nuwe seisoen is, moet daar begin word met die stropers se voorseisoeninspeksie. Dit is daarom belangrik dat stropers, sowel as tafels, hersien moet word.

Die operateurshandleiding behoort nagegaan te word sodat verstellings en diensintervalle nagekom kan word. Daar moet seker gemaak word van die regte aanpassing op die konkaafwydte, rotorspoed en windspoed. Maak ook seker dat die siwwe se groottes reg aangepas is om skoon monsters te stroop. Wanneer stropers weens onderbreking staan, verlaag dit die werkers se produktiwiteit, die graanopbrengs, die kwaliteit verswak en gewigsverlies ontstaan in die graan. Op Hoopstad het Agrifriend Equipment ‘n spesialis werkswinkel vir stropers en tafels. Willie van Tonder en sy span het jare se ondervinding van CASE stropers en tafels. Die Hoopstad tak is ook in proses om opleiding aan ander Agrifriend takke te bied, wat oorgeskakel het van New Holland na die CASE IH-produk. Sodoende kan die kennis in die Agrifriend Groep verbreed word. Die inspeksie van stropers en tafels kan groter skade soos geslyte of gebreekte onderdele verhoed, asook die frustrasie wat daarmee gepaard gaan en sal tot voordeel wees vir die boer. Dit is altyd ‘n goeie idee om betyds ‘n inspeksie-afspraak te maak om te verseker jou stroper is gereed vir die seisoen wat voorlê. Agrifriend bied in samewerking met Case ‘n stroper-promosie aan vanaf 15 Januarie 2018 tot 31 Maart 2017 wat ‘n gratis visuele voorseisoen inspeksie behels. Alle dienste en / of herstelwerk wat uit die inspeksie voortvloei sal teen voorkeur onderdeelpryse en arbeidstariewe gedoen word. Skakel gerus u naaste Agrifriend werkswinkel om ‘n afspraak te reël.

20

Oor Agrifriend Equipment Dienste Die groep bied verkoop aan nuwe sowel as gebruikte toerusting aan die landbousektor. Ons voorsien ook alle dele en dienste by ons dienssentrums. Ons bied 24 uur oproep dienste aan op dele en dienste. Agrifriend kan u ook help met die finansiering van toerusting.

Nuwe Toerusting Ons bied ‘n volle diens van a tot z, top kwaliteit produkte met sperdatums. Probeer ons en jy sal nie jammer wees nie.

Gebruikte toerusting Onderhoud van ons produkte is van kritieke belang vir langdurige gehalte. Kies die regte maat.

Dele Ons fabrieke handhaaf die top wêreldstandaarde, verantwoordelik vir die omgewing en ons werknemers Werkswinkel - Ons finale produkte gaan deur streng toetse en word betyds gelewer met lewenslange waarborg.

Presisieboerdery Ons bied ‘n wye verskeidenheid van akkurate boerdery toerusting aan wat die daaglikse werk baie makliker maak.

Maak gerus kontak met jou naaste Agrifriend Equipment tak. Bothaville Werkswinkel - Gert Lock: 082 807 3121 Wolmaransstad Werkswinkel - Wolf Wolmarans: 072 368 4069 Hoopstad Werkswinkel - Johan Wagenaar: 082 809 4642 Hoopstad Stroper-afdeling Werkswinkel - Willie van Tonder Snr: 082 493 2796 Schweizer-Reneke Werkswinkel - Wolf Wolmarans: 072 368 4069 Kimberley Werkswinkel - Robbie McDonald: 082 347 1676

Prieska Werkswinkel - Bles van Staden: 083 542 3127 Humansdorp Werkswinkel - Sas Lombaard: 082 440 9555 Cradock Werkswinkel - Des Engelbrecht: 083 280 5151


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.