Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

mei•junie 2015 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Vadersdag­ stories >22

Meule in Wolmaransstad is goed geleë >5

Personeel VAT VLAM vir Suidwes >12

mpy-esprit 3 personeel-esprit 21 pitkos 29 popcorn-pretblad 30

>21

>19

>7

agterstoep 32


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

as 'n mens nie self meer kan nie

april se

kompetisiewenners wie kan dit wees?

Suidwes kon R6 803, wat met die Shavathon ingesamel is, aan KANSA oorhandig. Die geld word vir die versorging van kanker­ lyers aangewend. "Baie mense kan nie meer hulle huise verlaat nie en personeel van KANSA versorg hulle tuis deur hulle te bad en doen me­ diese ondersoeke. My mond het oopgehang toe ek hoor wat hulle alles vir kankerlyers doen en ons het die geld met ’n dankbare hart oorhan­ dig. Volgende jaar gaan ons groot hiermee en het ek baie vars idees gekry wat die Shavathon baie opwindend gaan maak," sê Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder).

Estelle van Wyk (Kredietkontroleur: Graan Logistieke) is die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is. Die regte antwoord is Arno Jordaan. Baie geluk! Die boek Enna Murray Oordenkings (deur Lux Verbi geskenk), sal binnekort aan jou gestuur word.

wegsteek-kompetisie Die korrekte aantal boom­ pies wat in die April-uitgawe versteek was, was 10. Baie geluk aan Hans van den Berg (Schweizer-Reneke Werkswinkel). Die boek Hart van 'n wenner sal binnekort aan jou gestuur word. Ben Lubbe (Bemarkingsbestuurder) oorhandig die R6 803 wat met die Shavathon ingesamel is aan Moira van KANSA.

inhoud

mpy-esprit

Saoedi-Arabië – land van vreemdes 3 Kortliks 4 Meule in Wolmaransstad is goed geleë 5 R5 miljoen binne minute in vlamme verwoes 7 Vlieg, ry of stap – amal besoek NAMPO 8 Bridgitte in haar noppies met NAMPO 9 Hulle wikkel en werskaf agter die skerms 10 Suidwes se stalletjie kom uit eie bodem 11 Personeel vat vlam vir Suidwes 12 Al die MBA-wesies 14 Welkom Nuwe personeel by Suidwes 15 Sing, sing jou woorde teen my vas 16 Perd en ruiter is 'n span 17 Upcoming farmers learn much from Suidwes 17 Gooi mielies in Delmas 17 Maak elke seisoen jou pragtigste een 18 Suksesvolle boeredag op Hoopstad 20 Heerlik warm teen die bittere koue 20 Graan oorskry doelwit met R8 miljoen 20

personeel-esprit

Estie Koegelenberg (Mega­ nisasie Schweizer-Reneke) is in haar noppies met haar wenboek, Brei saam met Vrouekeur – Serpe en sjaals (deur LAPA Uitgewers geskenk). Sy was die wenner van die wegsteek-kompeti­ sie. Estie, hoe lyk dit met 'n foto van jou breiwerk?

Lezelle van Zyl lyk heel ontspanne met haar wenboek, Eggo's in die Skimberge (deur Tafelberg Uitgewers geskenk), wat sy met die 'wat kan dit wees?'-kompetisie gewen het. Geniet, Lezelle.

Dit is soos fietsry 21 Vadersdagstories 22 Reg-nes-ek-is 24 Waar 'n pa se hand raak 25 Handige Hansie en sy maat 26 Trap Tekkie-tax-treë 26 Ben en die 'verloskundige' 26 'n Spogtrofee vir 'n spogspan 26 Lief en leed 27 Langdienstoekennings 28

pitkos

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719 Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

Geniet jou bootrit

29

popcorn-pretblad Kompetisies en uitslae Plekmatjies in 'n japtrap Vlytige vingers en voetjies bly besig

30 30 31

agterstoep As die Ridder verpleegster speel Voorbladfoto: Suidwes se nuwe silobestuurders is Emmanuel Tlhagaswane, Zacharia Lekwakwe en David Senatle.

32


E

k skryf hierdie artikel vanuit my Hotelkamer in Riyadh in Saoedi-Arabië. Ons is hier om te onderhandel vir 'n projek, soortgelyk aan die een wat ons met Jenaan het. Die maatskappy wat ons besoek is Al Rajhi, die grootste Midde Oosterse Bank met verskeie beleggings in landbouprojekte in Afri­ka en Oos-Europa. As ons suksesvol is, sal dit Terratek International ’n groot hupstoot gee. Riyadh is die hoofstad van Saoedi-Arabië wat natuurlik bekend is vir sy rykdom aan olie. Dit is tans somer en die minimum- en mak­ simumtemperature wissel tussen 36 en 47 grade Celcius. Dit is nogal ’n skok op die gestel as jy uit ’n koue Suid-Afrika hier land! Waaroor ek egter wil skryf, is die eienaar­ dige tradisies wat ons hier raakgeloop het en wat my weer eens laat besef het dat ons soms met die spreekwoordelike witbrood onder die arm kla. Die tradisies is diep gewortel in die Moslemkultuur, maar baie van die dinge wat hier verpligtend is, is vir ons byna ondenkbaar. Die land is nog steeds ’n Ko­ningkryk en daar word geen verkie­ sings gehou nie. Wat die Koning dus besluit, is die wet. Een wat hoof­ saaklik op eeue-oue tradisies geskoei is. Wat my eerste opgeval het, is dat mens by­ kans geen vrouens sien nie. Die een of twee wat wel in die openbaar verskyn, is in swart

rokke geklee met net ’n spleet waardeur sy kan sien. Dit word ’n niqab genoem en vroue word verplig om dit in die openbaar te dra. 'n Vrou moet ook altyd deur haar man of ’n manlike familielid in die openbaar vergesel word. Vrouens word ook nie toegelaat om te bestuur nie! Ek het die hotel se gimnasium besoek en hier was dit dieselfde storie – geen vrouens word toegelaat nie. Vrouens bly dus net by die huis. Mans, aan die ander kant, kan rondbeweeg soos hulle wil en mag met tot vier vrouens trou, terwyl ’n vrou slegs een man mag hê. Geen alkohol word op enige plek in die land toegelaat nie, selfs nie eers in vyfster hotelle nie. Op Wikipedia verwys hulle na die feit dat Saoedi-Arabië geen naglewe het nie – voor­ waar ’n vreemde verskynsel. Dan het hulle die sogenaamde “religious police” wat seker maak dat almal by die reëls en tradisies hou. Die ergste van alles is dat ’n oortreder van hier­ die reëls lyfstraf, tronkstraf of die doodstraf opgelê kan word. 'n Vrou, nogal 'n buitelander, is onlangs hier met 100 houe in die openbaar gegesel omdat sy die Bybel gelees het. Dankie tog vir godsdiensvryheid in ons eie land. Wat my egter die meeste geskok het is die sogenaamde ’Deera square’ in Riyadh waar die doodstraf op Vrydae in die openbaar voltrek word. Soos in die middeleeue kan jy

maatskappy-esprit

Saoedi-Arabië – land van vreemdes

’n “execution” gaan bywoon, en sien hoe die persoon se kop met ’n swaard afgekap word – alles in die openbaar. Oortredings wat byvoor­ beeld met die dood strafbaar is, is homosek­ sualiteit, dwelmbesit en heksery. Die ’ex pats’ of buitelanders wat hier werk verwys baie gepas daarna as “chop chop square”! Voor­ waar skrikwekkend, maar daarmee saam het Saoedi-Arabië van die laagste misdaadsyfers in die wêreld. Daar is ’n magdom van ander, vreemde reëls en tradisies in hierdie kultuurryke land wat julle gerus kan gaan Google. Dit is werklik soos om op ’n reis in die verlede te gaan en baie interessant. 'n Mens kan egter nie anders as om dankbaar te voel nie dat ons in ’n land woon waar ons vrye keuses het, ten spyte van al die ander uitdagings. Louis Smit HUB

mei/junie 2015

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Top Moerkweker boer in die Suidwes-gebied

Suidwes maak geskiedenis met aanstelling van drie silobestuurders

kortliks

Die aanstelling van drie silo­bestuurders uit die aange­ wese groepe soos gedefinieer deur die Gelyksheidswet, is 'n eerste vir Suidwes. Zacharia Lekwakwe, Em­ manuel Tlhagaswane en David Senatle en is van die eerste Ju­ nie aangestel as silo­bestuurders by Wolmaransstad-, Bam­ boesspruit- en Bloemhof-silo onderskeidelik. Hulle het die standaard ontwikkelingsprogram vir graansilopersoneel met vlieënde vaandels voltooi. Ons wens die bestuurders sterkte toe in hulle loopbane en sien uit na hul insette om Suidwes “Die Eerste Keuse” te maak en hou. Klim die korporatiewe leer Zacharia Lekwakwe (bo), Emmanuel Tlhagaswane en David Senatle is onlangs as silobestuurders aangestel.

David Lizwi appointed as contact for the

JP van den Berg van die plaas Buttermere in die Tosca-omge­ wing is tydens die onlangse Bayer CropScience glansdinee as SuidAfrika se Top Moerkweker vir 2014 aangewys. Bayer CropScience is al 10 jaar die hoofborg van die Moerkwe­ ker van die Jaar-toekenning. Dr. Klaus Eckstein, Hoofuitvoe­ rende Beampte van Bayer SA, het tydens die dinee gesê dat die samewerking met Aartap­ pelsertifiseringsdiens is om die moerkwaliteit te verbeter. Goeie kwaliteit moere is onontbeerlik in 'n kompeterende nasionale en internasionale mark. Die Moerkweker van 2014 ontvang as geskenk vir hom en sy gade 'n oorsese reis na China in 2015 om die Aartappelwêreldkon­ gres by te woon en Bayer China te besoek. Die blootstelling en kennis wat daar opgedoen word, kan dan weer teruggeploeg word in Suid-Afrika. JP van den Berg is onder luide applous as die wenner aangekon­ dig. In sy toespraak nadat hy sy trofee ontvang het, het hy gesê

JP van den Berg van die plaas Buttermere in die Tosca-omge­wing is as Suid-Afrika se Top Moerkweker vir 2014 aangewys. By hom is Louis Smit (HUB).

dat dit hy nie gewen het omdat hy of sy pa so goed is nie, maar dat die kwaliteit van sy aartap­ pelmoere aan 'n kombinasie van faktore toegeskryf kan word. Hy het ook erkenning gegee aan mede-moerkwekers by wie hy baie kennis opgedoen het, wat hy steeds elke dag toepas, asook aan Aartappelsertifiseringsdiens. "As die basis reg is, sal die res volg," het hy gesê.

Provident Fund Ke ka tlhompho e tona go ka itsise fa rre David Lizwi a tlhopilwe semmuso ke ba lefapha la Sanlam (Benefits Committee of Grain Industry Provident Fund) • Tiro potlana ya gagwe ke go lomaganya boto ya badiredi le setlamo sa Sanlam • Gape le go neelana ka ditl­ hokego tsa badiri fa ba swetswe kana ba sule gore batsaya karolo ba bone phimola keledi Rre David o thapilwe ka Tlhakole a tlhola malatsi a le somelebobedi ngwaga wa kete tse pedi le metso e mebedi kantlha ya gore o na le kamano thata mo badiring ba setlamo sa Suidwes Landbou ke ka moo badiri botlhe ba boneng go le matshwanedi gore a ba emele jaaka a ka dira botoka.

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

FORUM to assist with Employment Equity process A consultative forum was established to assist Suidwes Management to reach certain Employment Equity Targets. The main responsibilities of the forum are to identify and rectify stumbling blocks in the transformation process and to oversee the progress in the implementation of employment equity as prescribed by the Employment Equity Act. Members of the committee Back: Jantjie Dintsi, Vivian Lucas, Walter Booysen, Emmanuel Tlhagaswane, Genevieve Ferris, Hiram George, Jonas Moetlo and Sello Sekgejane. Front: David Senatle and Piet Selepe Absent: Emily Mohitlhi


maatskappy-esprit

Meule in Wolmaransstad is goed geleë

maatskappy-esprit

T

ydens ’n strategiese sessie het die Graanspan besluit om betrokke te raak by die waardeketting. Suid­ wes gaan ’n meule oprig by die Wolmaransstad-silo aangesien dit baie sentraal geleë is en omdat die infrastruktuur reeds daar is. "Die silo en stoor is reeds daar en ons spaar dus baie aan infrastruktuur. Die beplanning van die projek het reeds in Januarie vanjaar begin met die opgrade­ ring van die gebou vir die meule," sê Dries van der Linde (Snr Silobestuurder). In die proses is die vorige meule (Westra) se stellasie afgebreek, sinkplate vervang en geverf, die gebou binne en buite uitgeverf en die sement­vloere herstel. Die kantore is ook opgeknap. Daar is 'n groot gaandery ('gantry') booor die trein­spoor gebou sodat die 'hominy chop' met die trein­ spoor deur middel van ’n blaaslyn vervoer kan word. ’n Vervoerband vanaf die silo na die meule is ge­ bou om die opgebergde mielies daarheen te vervoer. ROFF, die verskaffer van die meule, het in April met die oprig daarvan begin. Die meule is met groot vragmotors na Wolmarans­ stad vervoer. "Dit is soos ’n groot legkaart aanmekaar gesit en ons het in Mei die eerste keer begin maal, alhoe­ wel dit slegs vir toets­doeleindes was. Meelmonsters is na Micro­ chem, ’n laboratorium in die Kaap, gestuur om die same­stelling daarvan te bepaal. Sodra ons die uitslae kry, word dit agterop die sakke gedruk en gaan ons laat waai," sê Dries. Die meel word onder die han­ delsnaam 'Matla' bemark en die nodige inligting sal binnekort op die sakke gedruk word. "Ons gaan eers met die boere omruile doen en dan sal die meel in ook in die Kontreiwinkels verkoop word." Die logo's word in Julie op die buise geverf en die kantoor kry

VOLTOOI Die meule is voltooi en gereed vir produksie. Aan die linkerkant is die eerste klomp sakke meel wat gemaal is. "Ons het die meule ingestel en getoets en die masjien wat vitamiene byvoeg is gekalibreer. Sodra ons die nuwe sakke waarop al die toespaslike inligting en ons handelsmerk gedruk is ontvang, gaan ons geheel en al in produksie wees," sê Dries van der Linde (Snr Silobestuurder Wolmaransstad).

1-4: Die meule is op 'n vragmotor vervoer en stuk-vir-stuk aanmekaar gesit. 5: Die eerste paneel is in die gebou geplaas. 6: Die bestaande geboue op die terrein is opgeknap en ingerig om die meule te huisves. Die logo's gaan binnekort op die buise en die muur van die kantore aangebring word.

ook die handelsmerk aan die buitekant op. "Ons is baie opgewonde oor die meule en bid die Vader se seën oor die projek en dat dit die begin van groot dinge sal wees," het e Dries gesê.

mei/junie 2015

esprit de corps

5


< stories uit soedan >

maatskappy-esprit

Carl Bierman gesels uit Soedan

soedan

R5 miljoen binne minute in vlamme verwoes

’n Dag wat niemand op die Amtaarprojek sal vergeet nie, is toe 'n trekker en baalmasjien in ligte laaie opgegaan het. Die werkstye in die somer is van 06:00 tot 12:00 en dan weer van 15:00 tot 19:00. 'n Siesta van drie ure is noodsaaklik omdat dit dan uiters warm is met 'n gemid­ delde temperatuur van 45° tot 50° Celcius tussen 12:00 en 16:00. Net na 15:30 het 'n trekker en baalmasjien aan die brand geslaan. Die swart rook was van baie ver af sigbaar. Binne enkele minute was verskeie mense op die toneel om die brand te blus, maar dit was te laat. Die vlamme het die plastiekdieseltenk, wat onder die trekker se pens is, begin smelt en die diesel het ontplof. Die diesel het toe op die vuur gespuit wat die vlamme aangeblaas het. Die manne kon

6

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Groot skade toe trekker en baalmasjien brand

Bo: Die trekker is deur die brand tot 'n hoop gesmelte yster verwoes. Regs: Die wrak word op 'n trok gelaai om na die skrootwerf geneem te word

die grasbale uit die baalmasjien haal wat veroorsaak het dat die baler minder erg gebrand het. Water is op die brand

gespuit maar dit het bykans niks gehelp nie. Hierdie waardevolle landboumasjiene is baie vinnig tot ’n hoop skrootyster verander deur die geweld van die vuur. Almal wat daar was, was oorweldig deur die verwoesting wat so 'n brand

kan veroorsaak. Die waarde van die trekker is meer as R2 miljoen en die baalmasjien R3 miljoen. "Ons is baie gelukkig dat niemand beseer is nie. Al was dit aardse goed wat verwoes is, is dit steeds ’n groot skok om die vernietiging van waardevolle items te beleef," sê Carl Bierman. Tinus en Gerald het die foto's geneem.

mei/junie 2015

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

spogskou

Vlieg, ry of stap almal besoek NAMPO

DIE MASSIEWE parkeerarea maak voorsiening vir amper elke soort vervoermiddel. Besoekers maak seker dat hulle nie die grootste landbouskou in Suid-Afrika mis nie.

Moeë 'dassies' rus op 'n klip by Nampo

Nampo 2015 was hierdie jaar weer 'n reusesukses met sowat 69 600 besoekers wat die gewilde landbouskou besoek het. Suidwes het soos gewoonlik 'n uitstekende stalletjie opgerig en die personeel het lang ure op hulle voete deurgebring om navrae te hanteer en die dienste en produkte te bemark. "Die verskeidenheid stalletjies en produkte op die skou het iets vir elkeen gebied," sê Deon Badenhorst, Operasionele Bestuurder: Handel.

8

die gees van ons mense

DIE VIER MOEË DASSIES het op 'n klip by Nampo gesit en moed geskep vir verder loop. Die gees was nog gewillig maar die voete was moeg. Die dassies is (vlnr) Alta Fouche, Magda Koekemoer, Charmain Jacobs en Charne Botha (heel voor), almal Senior Klerke Krediteure. Die vyfde dassie, Petro Vermeulen, het die foto geneem.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Klere vlieg van die rakke af Die Ruggedwear-uitstalling het groot aftrek gekry by NAMPO – besoekers het die stalletjie toege­ pak en die klere het behoorlik van die rakke af gevlieg. "Die verkope van ons Ruggedwear-klerereeks het alle verwagtings oortref," sê Deon Badenhorst, Opera­ sionele Bestuurder: Handel. Die duursame, stylvolle klere is ideaal vir die buiteluglewe. Gaan kyk gerus in 'n Kontreiwinkel na die groot verskeidenheid klerasie vir mans en dames.

Bridgitte in haar noppies met NAMPO BRIDGITTE MATHEWS (NON-EXECUTIVE DIRECTOR) is a remark­ able woman who is enthusiastic and passionate in everything she does. Her first visit to NAMPO clearly made an impression on her. Annemarie Fouche (PA to Group CEO, CFO and COO) asked Bridgitte to share her experience and impressions with us. "Thank you, once again, for my first NAMPO experience. It was awe­ some and of course, Suidwes shone with their pristine stands! From the scientific stuff like soil analysis to seeing the giant Balzer machine displayed, everything reminded me of how much work actually goes into all aspects of farming. Other than tasting biltong and other treats wherever they were offered to me, I got to get quite close to a huge bull at the Sussex stand! The fact that so many people from all over the country attended and spent time at each of the exhibitions, spoke volumes with regards to NAMPO’s importance. I look forward to at­ tending again next year," she said. Bridgitte Mathews is so determined to learn everything about farming, she ventures near a Sussex-bull. This member of the Suidwes Board grabs all opportunities that come her way with both hands. Bridgitte Mathews is so vasberade om alles oor boerdery te leer, dat sy dit selfs naby hierdie Sussex-bul waag. Dié lid van die Suidwes-direksie gryp al die geleenthede aan wat na haar kant kom.

mei/junie 2015

esprit de corps

9


maatskappy-esprit

spogskou

Hulle wikkel en werskaf agter die skerms Die oprigting van die Suidwes-stalletjie by NAMPO gebeur nie sommer met die klap van 'n vinger nie. Dit is die re­ sultaat van maande se be­ planning en voorbereiding wat deur die bekwame span van Bemarking gedoen word. "Bemarking het altyd vir my na ’n maklike, gerieflike werkie gelyk totdat ek self op hierdie stoel kom sit het en besef het hoeveel beplanning, ure, admini­ strasie en fisiese werk dit behels," vertel Sunelle van Rooyen (Bemarkings­ koördineerder). Sy is een van die raakvatters in die gedugte span van Bemar­king wat ook uit Ben Lubbe (Bemarkings­ bestuurder), Sam Selabe (Algemene werker) en George Mabiletsa (Alge­ mene werker) bestaan. Esprit het gaan uitvind wat agter die Bemarking­ skerms gebeur en ons oë het gerek oor wat dié

'maklike, gerieflike werkie' behels. "Ek geniet elke oomblik, maar helaas hou my grime­ring en duur ge­ manikuurde naels nie baie lank nie of die 'tips' waai! Nampo is beslis die groot­ ste geleent­heid op ons dagboeke. Daar lê maande se beplanning agter die eindproduk. Elke afdeling se insette en goedkeuring word gekry voor ons kan voortgaan," sê Sunelle. "Waar daar ’n wil is, is daar altyd ’n weg of ten minste 'n plan om ’n weg te maak!" is die motto van dié afdeling. "Daar is ge­ woonlik baie goedjies wat jou beplanning heeltemal omver kan werp ... soos as jy opdaag by Nampo en die matte vir die stalletjie is nog nie gelê nie en die verskaffer wat matte lê is nie baie behulpsaam nie. Dan wend jy jou maar weer na Graan SA wat altyd bereid is om te help. Vanjaar se Nampo het

vir ’n paar hartstilstande gesorg," sê sy. Bemarking is verant­ woordelik om 'n positiewe beeld van die maatskappy te skep en oor te dra. Dié span het tydens NAMPO sowat 31 uur oortyd gewerk. Hulle dag het om 05:30 begin en hulle het eers weer 19:00 by die huis gekom. "Lang ure om op ons voete te wees, maar moet ek sê ons doen dit nog elke keer met ’n glimlag op die gesig. Ons werk is ons passie. Die manne in die span was al­ tyd gereed en gewillig om die ekstra ure in te sit." Die span se werk hou natuurlik nie op as die NAMPO-stof gaan lê nie. Dan is dit oppak en skoon­ maak. "Die organiseerders het baie spesifieke reëls as dit kom by die op- en afslaan van uitstallings. Ons gebruik, wat vir my voel na kilometers, bob­ belplastiek om die panele en uitstalitems toe te draai

sodat dit gereed is vir die vol­ gende uitstalling – wat enige plek van die suide tot die noorde van ons bedie­ ningsgebied kan wees." Bemarking is nie net ver­ antwoordelik vir die een­ malige NAMPO-skou nie. Hulle het 'n legio ander take waarvan die meeste van ons nie eers bewus is nie. "Aan die funksie-/ geleentheidskant, verhuur ons o.a. spysenierings­

items aan die publiek en ons is ook verantwoorde­ lik vir alle Suidwesfunk­ sies. As daardie 'goedjies' na die feestelikheid terugkom met rooiwynen skaapvetmerke op, was

Dit verg lang ure van harde werk om die Suidwes-uitstalling op te rig. Die bemarkingspan wat hiervoor verantwoordelik is Ben Lubbe (Bemarkingsbestuurder), Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) Sam Selabe en George Mabiletsa. SUKSESVOL AFGEHANDEL Sam Selabe en George Mabiletsa by die Ruggedwear-uitstalling op NAMPO.

10

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

Suidwes se stalletjie kom uit eie bodem

ONS IS JOU REGTERHAND

COMMODITIES

SUIDWES

MAKELARY

Agri-Analises Raddix

Thé insurance trend

om O n tl e eed te w e t

die Be­mar­kingspan dit self," sê Sunelle.

Bemarking is o.a. verantwoordelik vir die volgende:

• die jaareindfunksie se beplanning en voor­ bereiding. Hulle hanteer die klanktoerusting by alle funksies • die voorbereiding en gereedmaak van die opleidings- en jaarver­ gaderingslokale • die reël van person­ eelvergaderings saam met die personeel­ komitee • die uitstallings in die voorportaal (dié kan hulle eers na vyfuur doen as dit 'n verrassing vir kollegas is) Dit is die afdeling wat jy kontak as jy baniere, pamflette, skryfbehoe­ ftes vir vergaderings en ander uitstalitems nodig het. Handel steun hard op Bemarking om funksies te organiseer. Hulle is nóú betrokke by die Seisoene Damesklub- en Jongbo­ ertjiedae. Bemar­king is ook betrokke by handel se pro­ mosieblaaie. Die pragtige sportklere wat Suidwes vir skole borg, word ook deur hulle hanteer.

"Sam en George is by die jaareindfunksie met spesiale toekennings beloon vir hulle harde werk en toewyding aan Suidwes. Hulle het dit deur-en-deur verdien," sê Sunelle. Die bogenoemde take is egter maar die punt van die ysberg wat bemar­ king betref. Die afdeling is verantwoordelik vir die webwerf, lewer insette by die korporatiewe publika­ sies van Suidwes soos Ons Eie, esprit de corps en die jaarverslag. Bemarking was ook grootliks betrokke by die World Café-strategiese sessie en die Smartnet-

Suidwes se stalletjie is heeltemal herontwerp om die omvattende besigheidsaspekte van die maatskappy uit te beeld. Die nuut-ontwerpte panele vertoon foto's wat die verskillende produkte en dienste van die maatskappy uitbeeld. Foto's van produsente, boerderye en personeel in die Suidwes-bedieningsgebied is op die panele vertoon. Alle foto's is eie aan Suidwes wat 'n idee gee van die uit­ gebreide sake wat die maatskappy doen. Die logo's van die maatskappye wat onder AFRICUM besigheid doen, is ook op die panele aangebring.

maatskappy-esprit

ONS GEBRUIK TEGNOLOGIE

bekendstelling. Die projek om die N12-borde op te rig is ook een van hulle take. Die meeste van die foto's in esprit, van verskeie funksies, kom van Bemarking af en hulle sorg dat die maatskappy se Facebook-bladsy op datum gehou word. Hierdie afdeling lewer met ywer en ’n glimlag ’n diens aan al die ander afdelings. Dit is die een afdeling waar jy dikwels leë kantore Van Suidwes se direkteure voor ons uitstalling. Van links is vind en dan kan jy gerus Louis Smit, Piet Delport, Theo Delport, Pierre Vercueil, Bridgitte wees dat die bemark­ Mathews, Frans Marx en Koos le Roux. ingspan iewers in die bedie­ningsgebied besig is om Suidwes se naam hoog e te hou.

Suidwes-bestuurslede is beskikbaar deur die loop van die skou vir navrae en bemarking. Agter: Patrick Nelissen, Martin Ehlers, Louis Smit, Mario Wolvaardt, Thys Neethling, Riaan de Lange en Anton Jordaan. Voor: Deon Badenhorst, Ben Lubbe en Derék Linde. mei/junie 2015

esprit de corps

11


maatskappy-esprit

betrokke

Personeel Vat Vlam vir Suidwes

D

ie Vat Vlamkonferensie by Uurpan Lodge buite Schweizer-Reneke het die mense laat regop sit en baie laat wonder waaroor alles gaan. Almal was vuur en vlam en kon nie wag dat die funksie moet begin nie. Daar was ’n goeie opkoms, 93 personeellede het dit bygewoon. Elke bedryfspunt van Suidwes is verteenwoordig, asook Nvirotek Labs en Triomf.

Hoekom die Tema VAT VLAM?

George Potgieter

Theo Venter

Chris Marais

Anton Jordaan

Thys Neethling was die seremo­ niemeester en het die ope­ning waargeneem en op sy stil manier ’n uitstekende boodskap aan almal gegee en verduidelik waar die VLAM in ons lewens pas. Hy het geopen met Spreuke 4: 23 - Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, wat jy dink bepaal jou hele lewe. God gebruik vuur as ’n simbool vir die Heilige Gees om ons te help om te verstaan wat Hy van ons verwag. ’n Vraag wat Thys gevra het is: “Brand die vuur regtig in ons lewe?” Hieroor kan almal van ons baie debatteer. Is ons harte werklik gesuiwer? Weet ons werklik watter belangrike rol vuur in ons lewe speel? Die doel van die dag was om personeel in te lig oor wat in ons besigheid aangaan en hoe ons planne vir die medium- en langtermyn lyk. Werknemers teenwoordig is aangemoedig om die entoesiasme wat uit die dag voortspruit met hul kol­ legas te gaan deel om ook die gees daar te laat Vlam Vat.

Verskeie sprekers het die vol­ gende onderwerpe aangeraak: Pierre Vercuiel, die Direk­ sie-voorsitter het gepraat oor “Wat het ek nodig om Suidwes na die volgende vlak te neem.” Die belangrikheid van veran­

12

die gees van ons mense


"Die groot geheim om te oorleef is om jou so te posisioneer dat jy uitstaan. Wees verantwoordelik en dankbaar al is die omgewing negatief." Theo Venter en Thys Neethling

deringsbestuur, die identifisering van probleme en hoe om die visie te volg om te kan groei, is ook aangeraak. Volgens Pierre is opleiding in ’n besigheid die hoek­ steen van prestasie. Hoe kreatief is jy en hoe gereeld gaan jy vir opleiding? Ontgin jou potensiaal en glo in jouself. Is jy as personeellid bewus wat­ ter resultate van jou verwag word en weet jy waarheen ons oppad is? Gereelde terugvoer na die per­ soneel en direksie is onontbeerlik in Suidwes. Die geheim van sukses is goeie kommunikasie. Louis Smit het terugvoer oor Suidwes se vordering in lyn met die strategiese visie gegee. Hy het gesê dat Suidwes goed op koers is om te groei. Die maatskappy is gediversifiseer om risiko’s te kan bestuur. Daar is gedeelde dienste en sinergie wat ’n tasbare energie losmaak in die maatskappy. "Die grootste geheim vir oor­ lewing is om jou so te posisioneer dat jy uitstaan. Wees verant­ woordelik en dankbaar al is die omgewing negatief," het hy gesê.

Suidwes Landbou belê in: • mense, • ons beeld en • besighede.

Dit is die bestuur se plig om die boodskap na elke personeellid te bring. En soos Madiba tereg gesê het 'With education you can change the world'. Oplei­ ding in Suidwes Landbou is baie be­langrik en daar word gefokus

Louis Smit op interne bevordering, transfor­ masie van die maatskappy sodat ons die demografie van die land kan weerspieël. Die bemarkings­ afdeling fokus ook daarop om Suidwes se sosiale verantwoorde­ likheid na te kom.

jaar was duidelik sigbaar op almal se gesigte. Volgens George is dit die tweede grootste wins wat in die bestaan van Suidwes gemaak is. Die finale syfers is nog nie bekend nie, aangesien die afslui­ ting nog nie gefinaliseer is nie. Chris Marias is die Hoof Uitvoerende Beampte van die Leierskap vir Bewaring in Afrika (LCA - Leadership for Conser­ vation in Africa). Hy het met ’n oorsig oor Afrika afgesluit waarin hy die verskil tussen verandering en transformasie verduidelik het. Chris het ’n graad in politieke

wetenskap en ook ’n graad in sielkunde organisasie wat spesiali­ seer in organisatoriese ontwik­ keling. Hy het betrokke geraak in kruis-grens aktiwiteite en hanteer ook dikwels fassiliteringsituasies tussen botsende groepe. Chris spesialiseer in transfor­ masie- en veranderingsbestuur in maatskappye. "Suidwes Landbou se sleutel tot oorlewing is aanpassing," het hy gesê. e Riekie du Preez

Opleidingsbeampte

Anton Jordaan het gepraat oor die uitdagings wat vir Graan dié jaar voorlê en ook ’n skatting gegee van die tonne wat verwag word. Theo Venter, verbonde aan NWU in Potchefstroom, het oor die aard van verandering gepraat. Hy het die volgende faktore in die landbousektor uitgelig, wat ’n invloed in die toekoms gaan hê: • grondhervorming • swak ekonomiese beleid en • die uitvoerbedryf. "Verandering is soos ’n ysberg waarvan jy net ’n sekere gedeelte sien, die res is groter dinge wat onder die water is. Tydens ’n krisis word jou oë oopgemaak vir veranderings. Ons kan net dít sien wat ons reeds ervaar het. Ons kan nie dinge raaksien wat emosio­ neel moeilik vir ons is nie," het Theo gesê. Hy het gevra: “Hoe hanteer jy etiek tydens verandering? Vat jy ’n kortpad of kyk jy anderpad? Doen jy soos ander doen?" George Potgieter het ons be­ moedig met die finansiële syfers en ons aandag daarop gevestig dat ons elkeen aandele in Suidwes Landbou besit met die stigting van Kimana en Thatleho Trusts. Die dankbaarheid oor die goeie

Riekie du Preez, Marlis de Greeff en Thys Neethling was verant­ woordelik vir al die beplanning en bestuur rondom die Vat Vlamkonferensie van 7 Mei.

mei/junie 2015

esprit de corps

13


maatskappy-esprit

sukses

Al die MBA-wesies

S

14

y prof het altyd gesê MBA staan vir ’Man bly Alleen’, vertel Ludi van Heerden, Bedryfsrekenmeester van Suidwes wie saam met An­ nette Neetling, Produkbestuur­ der by Handel en Derék Linde, Groep Hoof Regsbeampte onlangs hulle MBA-grade ver­ werf het. Al drie ons kollegas stem saam dat die verwerwing van hierdie graad groot eise, nie net aan die student nie, maar ook aan die student se gesin stel. “My gesin moes maar dikwels dinge sonder my doen. My man Thys moes help met kosmaak, so het ons vier keer per week gebraai in stede van die nor­ male tweekeer per week. Ek is nie seker of dit werklik so ’n groot opoffering was nie,” vertel Anette. Ludi beaam dat sy gesin ook dikwels sonder hom moes klaarkom. “Vir drie jaar was daar nie iets soos ’n naweek of ’n vakansiedag vir myself nie. Ons moes elke tweede naweek klas draf en die ander naweek moes ek take doen. Die ergste was om nie die kinders se sportak­ tiwiteite te kon bywoon nie”, vertel hy. Sy gesin moes ook soms maar van hom af wegbly wanneer die geduld begin min raak het. “Ek is en was nog altyd ’n baie geduldige mens, maar my geduld het diwels opgeraak en hulle het gou geleer om eerder weg te bly wanneer dit gebeur.” Derék sê dat tyd vir hom die grootste opoffering was. “Ek het in hierdie drie jaar werklik besef dat tyd die waardevolste besitting is wat enige mens het.” Esprit het gevra wat elkeen se geheime wapen was om deur die studies te kom: “DISSI­ PLINE,” kom dit van al drie. “Ek

die gees van ons mense

het geleer om dinge dadelik te doen en om elke dag iets te doen, al was dit net vir ’n uur of twee. As jy eers agter raak en begin uitstel, is dit baie moeilik om in te haal,” vertel Ludi. Annette vertel haar geheim is: “As jy leer leer jy, as jy speel speel jy, en as jy werk, werk jy.” “Met selfdissipline en die wil om dit waarmee ek begin het, klaar te maak was die enigste manier waarmee ek dié uitdag­ ing kon hanteer. Dit was ’n groot opoffering om Saterdae se rugby te mis,” het Derék gesê. Anette sê dat sy selfs vriende in die proses verloor het omdat sy so min vrye tyd gehad het, “dit was vir my erg om nie saam te kon gaan kamp, kuier of ’shop’ nie.” Sy het haar tyd so goed moontlik probeer bestuur, “want ’n bottelnek is ’n lelike ding. By alles was daar ook groot skuiwe by die werk en ek moes fyn trap om alles in te pas.” Ludi sê hy het in ’n huis grootgeword waar daar net nie geleent­hede was vir verdere studie nie, toe hy dus hierdie geleentheid kry het hy besef dit is ’n geleentheid wat hy nie kan misbruik nie. “Dit was my grootste motivering om gefokus te bly en ’n sukses van my studies te maak.” Dit was vir hom belangrik om nie sy familie teleur te stel nie, “My pa is in my derde jaar oorlede, en ek kon altyd die trots in sy stem hoor as ons oor my studies praat. Ek was baie hart­ seer dat hy nie by die gradepleg­ tigheid kon wees nie.” Esprit het die drie dapper stryders ook gevra wat hulle op persoonlike vlak uit die studies geput het. Derék sê die afgeronde algemene kennis wat hy oor be­ sigheidsbeginsels opgedoen het

en die vermoë wat hy kon aanleer om ander dissiplines, buiten sy spesialisgebied, in konteks te be­ gryp, was vir hom 'n hoogtepunt. Annette antwoord so: “Ek is ’n baie slegte “timekeeper”. Ek raak verlore in ’n taak of projek en verloor dan tred met tyd. Ek het geleer dat daar drie goed is wat jy nooit weer terugkry nie: tyd, woorde en geleenthede. Maak die beste van die oomblik.” Ludi antwoord so: “Die persone wat MBA studeer kom uit soveel verskeie rigtings en dissiplines. In die sindikaatgroep waarin jy dus inge­ deel is, is daar selde twee persone met dieselfde beroepe, jy leer dus meer in die groep as wat jy in die klas leer. Jy leer wat samewerking en kommunikasie beteken, want as jy dit nie vinnig kan aanleer nie gaan jy beslis nie slaag nie. Hierdie sindikaatgroep voel naderhand soos ’n tweede familie want jy spandeer vir drie jaar meer tyd saam met hulle as met jou eie familie. Ek glo ons groep sal altyd met mekaar in verbinding bly.” Sal julle dit weer doen? “Ek sal dit virseker weer doen. Ek raak al gewoond aan die PhD-gedagte – moet nog net die man kalmeer! Die skripsie vir die MBA het oor handelsmerklojaliteit van kom­ mersiële boere gehandel. Ek sou graag met dié studie in landbou wou voortgaan,” is Annette se antwoord. Derék sê geen formele studies vir eers nie. Ludi sê ook hy sal dit beslis weer doen. “Phd, ek weet nie, daar sal eers ’n bietjie meer water in die see moet loop.” Die gradeplegtigheid is natuur­ lik ’n groot klimaks en Esprit wou weet wat hulle op daardie oomblik gedink het. Annette sê daar is geen manier dat sy dit op eie krag kon doen nie, “Alle eer

Ludi van Heerden (Bedryfsrekenmeester)

MBA staan vir ’Man Bly Alleen’,

Annette Neethling (Produkbestuurder Handel)

Derék Linde (Groep Hoof Regsbeampte)

aan my Skepper en Heer!” Ludi sê dit het vir hom onwerklik gevoel, maar hy was trots ook, “Ons was 139 wat die studies begin het en net 65 het graad gekry.” Derék het gedink: “Dankie tog, dit is verby!”


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

WELKOM Nuwe personeel by Suidwes

DeidrĂŠ Pretorius

Elane de Klerk

Yolande Viljoen

Santa Serfontein

Tineke Maree

Kassier Wolmaransstad Kontreiwinkel

Admin-beampte Potchefstroom

Interne Oudit Sentrale kantoor

Hoofklerk Graan Sentrale Kantoor

Kassier Vryburg Kontreiwinkel

Marieta Lombard

Naudine Curnow

Gerhard Schonken

Johan Botma

Dian Muller

Admin-beampte Potchefstroom

Korporatiewe Rekenmeester

Verkoopsasst Wolmaransstad

Stoorvoorman Vryburg Kontreiwinkel

Bestuurder in Opleiding Wolmaransstad-silo

George Delport

Anrick Nelissen

Deon du Preez

Jacques Broderick

Wynand Brits

Vakleerling Elektries Leeudoringstad

Vakleerling Elektries Leeudoringstad

Vakleerling Meganies Leeudoringstad

Bestuurder in Opleiding Wolmaransstad Kontreiwinkel

Kassier Hertzogville Kontreiwinkel

mei/junie 2015

esprit de corps

15


maatskappy-esprit

feestelik

Sing, sing jou woorde teen my vas ... Vir party outjies was die aand net te lank.

Sing, sing jou woorde teen my vas. Bring, jou hele lewe in 'n tas. Vat die trein na Bloemfontein. En die 506 na Petrus Steyn. En as jy wil, vat daar 'n bicycle ... Of jy nou met 'n bicycle, 'n bakkie of 4x4 ry, jy het gesorg dat jy by die Steve Hofmeyr-konsert op Migdol kom. En dit was nie sommer 'n konsert in 'n bedompige skoolsaal nie, nee, die konsert is onder die sterre tussen die silo's gehou. Die Boereklub op Migdol het geen moeite ontsien om die fees aan te bied nie en in die proses hulle fondse aan te vul. Steve was sy gewone, sjarmante self en het gou-gou die gehoor aan sy voete gehad. Sowat 1400 mense het van vyfuur af aangekom en hulle plekke in die 'arena' ingeneem. Opslaanstoele, kussinkies en komberse is neergesit vir die groot fees. Steve het gewillig saam met aanhangers vir die kamera geglimlag – en 'n paar knieë lam gemaak in die proses.

Karin Kruger (Aankoper Migdol Kontreiwinkel) en Piet Opperman (Instandhouding) het die foto's geneem.

Jeanette Rossouw (Kassiere SchweizerReneke Kontreiwinkel)

16

die gees van ons mense

Conrad Theron (Onderdele Best SchweizerReneke), Christel en hulle seuntjie Edward

Karin en Danita Kruger

Sowat 1400 mense maak hulleself tussen die silo’s op Migdol gemaklik. Gereed vir 'n groot fees.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Upcoming farmers learn much from Suidwes

Perd en ruiter is 'n span PERDE-UITHOURITTE IS ’N gevestigde en gewilde sport in Suid-Afrika. Uithouritte word oor óf 80 km óf 120 km afgelê met 'n verpligte ruspunt elke 30-40 km. 'n Veearts monitor en evalueer die algemene toestand van die perde. Die veearts kyk hoe die perd loop en draf en of daar enige mank­ heid is, die hartklop word bepaal, hy ondersoek die perd vir tekens van kardiovaskulêre probleme en luister vir normale maagklanke. Indien die perd nie voldoen aan die fiksheidstandaarde nie, word die perd onttrek en die perd en ruiter word gediskwalifiseer. As die perd geen tekens van onaan­ vaarbare moegheid toon nie, sal die perd en sy ruiter na ’n kort rustyd die rit voortsit. Die standaard van uithourit­ kompetisies is uiters hoog en die perd se liggaam word tot die uiter­ste beproef. Dit is baie belang­rik dat die perd en ruiter fiks is en die ruiter die perd goed verstaan. Ruiters moet ervare wees en sagkens en oordeelkun­ dig ry om die regte pas te hou. Tydens sommige uithouritte sal party ruiters selfs afklim en lang ente langs die perd draf om die perd te laat rus. Mens en dier werk as ’n span saam. Uithouritte is 'n omvattende sport en alles gaan hier oor die perd. Suidwes Schweizer-Reneke was die borg vir die besvoorbereide perde in ’n paar afdelings.

Suidwes hosted an upcoming farmers' day in the service area where we invited interested farmers to attend and learn from knowledgable speakers.

Gooi mielies in Delmas

Suidwes het die perdevoer vir die uithourit geskenk. Hier ontvang Annette Botha namens die uithouritklub die perdevoer van Ben Aspeling (Stoorbestuurder Schweizer-Reneke).

Die Hoërskool Delmas het vir die afgelope drie jaar 'n mie­ liefees gehou om fondse vir die skool se behoeftige leerders in te samel. Die dag, wat met 'n bergfiets­wedren afgeskop het, was gepak met heerlike aktiwiteite soos 'n modeparade en reptielskou. Onder 'n tent was verskeie kos- en produkstalletjies waar besoekers na hartelus kon koop terwyl 'n gaskunstenaar die feesgan­gers ver­ maak het. Almal was dit eens dat die fees hierdie jaar – soos in die verlede – 'n groot sukses was.

mei/junie 2015

esprit de corps

17


maatskappy-esprit

sukses Trudie Badenhorst

Maak elke seisoen jou pragtigste een Die Seisoene Damesklub is met groot oorgawe en feestelikheid op vier dorpe bekendgestel. Mathys Roets (Hoopstad en Vryburg), Pieter Koen (Wolmaransstad) en Nianell (Christiana) het by die verskillende bekendstellingsfunksies opgetree en die gaste het saamgesing, handegeklap en selfs 'n traan of twee weggepink. Die dames het elkeen 'n pragtige geskenk­ sak met die logo van die Seisoene Damesklub ontvang met geskenke en voorbeelde van produkte wat by die Kontreiwinkels te koop is. Elkeen het ook die splinternuwe Seisoene tydskrif propvol artikels en afslagkoepons ontvang. "Die bekendstellingsfunksies was groot suksesse en ons is baie opgewonde oor die belangstelling in die klub," sê Lourens Brand, projekbestuurder van die damesklub. Lede kan hulle gereedmaak vir opwindende damesdae. Die volgende op die agenda is tuinboudae wat aangebied gaan word. Word deel van díe unieke damesklub en moenie uit mis op heerlike damesdae nie. Aansluitvorms is by alle Kontreiwinkels beskikbaar. Lidmaatskapkoste is R120 vir Suidwesper­ soneel en R150 vir ander dames.

18

die gees van ons mense

Sunelle van Rooyen het die dames op die eerste bekendstellingsfunksie wat op Vryburg gehou is, toegespreek. "Lente, somer, herfs, winter … Daar is vier seisoene in elke jaar, vier seisoene van menswees, vier fases van die lewe," het Sunelle geopen. "In die lente dartel 'n mens, die somer laat jou blom, die herfs se mengelmoes kleure laat jou gevoelens borrel en in die winter kuier jy om 'n kaggelvuur met rooiwyn. Soms ervaar en beleef 'n mens sommer al vier seisoene op een dag, jy weet nie herwaarts of derwaarts nie of sukkel met emosies en omstandighede. Dan vra jy ook soos Laurika Rauch vir die '4 Seisoene Kind' om vir jou nog ’n poskaart te stuur met die wind. Want, dalk kan jy êrens ’n antwoord vind. Dalk vind jy êrens die sin van aanhou, uithou en weer probeer. Vier seisoene is onlosmaaklik deel van jou lewe. Dames, vandag wil ek by julle pleit, ongeag in watter seisoen van jou lewe jy is, “maak elke seisoen die pragtigste seisoen!" Annette Neethling was die openingspreker van die damesdag op Hoopstad. Trudie Badenhorst het by die Wolmarans­ stadbekendstelling wat by Buysfontein gehou is, die dames toegespreek. Sy het gesê ons

Annette Neethling

Sunelle van Rooyen

moet leer om nie net verjaarsdae te vier nie, maar om elke dag tyd te maak om die klein dingetjies, die alledaag­se dingetjies, te vier – selfs al is dit net dat die wasgoed klaar weggepak, of boeta se kas weer reggeruk, of middagete gekook, is… "Ons moet nie net dinge soos ons presta­ sies vier nie, maar ook die gewone alledaagse dinge, deur iets te doen wat ons regtig geniet en wat as 'n feesviering kan kwalifiseer. Dit hoef nie eers altyd geld te kos nie – al is dit net om 'n heerlike koppie tee in die sonnetjie te drink. Of 'n ent te gaan stap. Of koffie saam met jou vriendine. Of om daai koekie te eet wat jy jouself gewoonlik ontsê ... of om 'n ekstra lepel room in jou koffie te skep. Ons sê so maklik dat daar nie tyd daarvoor is nie, ons het alreeds soveel om te doen, maar as jy tyd maak vir sulke dinge, gaan jy jou batterye herlaai en gaan jy die ander moet-doen-dinge soveel makliker gedoen kry." e


maatskappy-esprit

Spesiale oomblikke maatskappy-esprit

Aan die glimlagte op die foto's kan mens sien dat die gaste by die Seisoene Damesklubdae hulle gate uit geniet het. Ruggedwear het 'n modeparade gehou waar plaaslike modelle die klere met styl vertoon het. Snappy Chef en Jack's Paint het demonstrasies gehou en heelwat pryse is gewen met gelukkige trekkings. Pieter Koen se kinders het selfs 'n paar liedjies saam met hom gesing tot groot vermaak van die gaste â&#x20AC;&#x201C; en was hulle nie ougat nie. Nianell, Mathys Roets en Pieter Koen was heel gewillig om vir foto's saam met aanhangers te poseer, en glo my, die dames het tougestaan om afgeneem te word.

mei/junie 2015

esprit de corps

19


maatskappy-esprit

sukses

Suksesvolle boeredag op Hoopstad Dr Piet Croucamp het die Boere­ dag op Hoopstad op sy kenmerkende reguit manier toegespreek en 'n prentjie geskets oor wat die toekoms vir landbou inhou. Hy is verbonde aan die Departe­ ment Politieke Wetenskappe aan die Universiteit van Jo­ hannesburg en het ’n DPhil van die Universiteit van die Vrystaat en doseer sedert 1994 voor- en nagraadse kur­ susse aan verskeie universitei­ te. Sy navorsingsbelangstelling is hoofsaaklik die kwantifisering van sosiale konsepte en meetbaarheid van sosiale kohesie. Bo: Die koue wyk voor die yslike vure by die Hoopstad-boeredag. Regs: Dr Piet Croucamp is die hoofspreker by die geleentheid waar hy die gaste toespreek oor die uitda­gings wat landbou in die gesig staar. Links: Thys Neethling (waarnemende Groep Menslike Hulpbronne Bestuurder), Louis Smit (HUB), prof Piet Delport, Hanro Steenekamp (Takbestuurder Bamboesspruit) en Anton Jordaan (HUB: Graan).

Heerlik warm teen die bitter koue

Graan oorskry doelwit met R8 miljoen

Die Stoorpersoneel van Schweizer-Reneke is erg in hulle noppies met die “lekker baadjies” wat nou die koue buite hou, soos julle kan sien aan die oor-tot-oor-glimlagte.

Anton Jordaan (HUB: Graan), (regs) kan baie inge­ nome met homself voel. Graan is 'n doelwit vir die 2014/15 finansiële jaar gestel om R80 miljoen wins te oorskrei en het 'n aansporingsgeskenk ontvang. Hulle het afgesluit met R87 miljoen, voorwaar ’n prestasie om op trots te wees! Louis Smit (HUB) oorhandig die prys aan Anton.

Agter van links staan: Jacob Monnagaratwe (algemene werker), Goodwill Mariri (drywer), George Shomojakgosi (algemene werker) en Naudé Maree (takbestuurder). Middel: Ben Aspeling (stoorbestuurder), Daniël Seloge, Joël Mogamisi en Daniël Mokoeni (al drie algemene werkers). Voor: Micheal Mohalalelwa (drywer) sorg dat al die 'kuikens' op hok bly.

20

die gees van ons mense


personeel-esprit

personeel-esprit

Dit is soos fietsry DIE JAARLIKSE RUGGAFEES WAT deur Leeudoringstad-rugbyklub aangebied word, is ’n dag vol pret en plesier met rugby- en netbal­ wedstryde, uitstallers en vermaak. Annemarie Fouché het die loslootjie getrek om ’n netbal-rontomtalie te organiseer. “Ek het nie gedink ons sou genoeg spanne bymekaarskraap voor die wedstryde op 9 Mei nie, ek was heerlik verbaas oor al die belangstelling van die omliggende dorpe,” vertel sy. “Leeudoringstad sou nie self ’n netbalspan inskryf nie, maar Suné de Klerk van Hartbeesfontein het my arm gedraai om deel te neem. Na baie oorreding en ompraat, het ons genoeg spelers vir ’n span gehad. Dit is soos fietsry, as jy eers weet hoe om netbal te speel, vergeet jy dit mos nie,” sê sy. Annette Neethling, Wilmi du Preez, Anel Marx, Annelie Flemming, Corene Rivas, Linda Wilkens, Magda Marais, Nico-lyn Olivier, Vicky Meintjies, Hantie Marais, Jaydene de Jager en Annemarie Fouché het Leeudoringstad verteenwoordig. Elkeen het darem op ’n stadium net­ bal gespeel. “Ek moet sê dit was ’n gesmeek om almal by die oefeninge te kry en ook onmoontlik om in drie weke fiks te word. Ons het meer gelag as geoefen tydens die oefensessies. So het die Ruggafees nader gekom en ons was baie bekommerd want van die spanne wat ingeskryf het, oefen al jare saam,” lag Annemarie. Die spanne wat deelgeneem het, was Hartbeesfontein Rooi, Hartbeesfontein Swart, Lichtenburg 1, Lichtenburg 2, die Jaguars van Klerksdorp, Sannieshof en Leeudoringstad. Al die spanne moes vier wedstryde speel waarna die wenners deurgedring het na die semifinaal. “Leeudoringstad se span het boverwagting goed gevaar en het in die semi-finaal verloor teen Lichtenburg 1. Die twee spanne wat in die finaal gespeel het was Lichtenburg 1 en die Jaguars. Interessant genoeg is dat Lichtenburg 1 in die uitspeelrondtes teen die Jaguars verloor het en in die finaal wel die knoop kon deurhaak en as wenners beloon is met R1000! Ons gaan dit beslis volgende jaar weer aanbied.” sê Annemarie.

Wie is oop? Anel Marx in aksie. Annette Neethling in aksie.

Annemarie Fouché - kaptein en afrigter

Jaydene de Jager - Daardie KYK! Haar opponente sal moet bontstaan. Hierdie vrou bedoel besigheid.

BO: Anel Marx, Amanda Steyn, Petro Vermeulen en Petra Steyn ondersteun hulle kollegas. ONDER: Sebastiaan hou sy lyf Victor Matfield in die lynstaan. Ilse Muller is Sebastiaan se trotse ma.

Lihan, Bettie en Gerald Dunhin se seun breek deur die opposisie. .

Raykie van Rooyen is kaptein van o/9-rugbyspan.

Kayley, Bettie en Gerald Dunhin se dogtertjie, is een van die span se getroue ondersteuners. LINKS: Roeben, Anli en Berno Robinson, se seun is op spoed om 'n drie te druk.

mei/junie 2015

esprit de corps

21


personeel-esprit

gesin

Elke mens op aarde het 'n pa. "Obviously, sê die tieners en rol hulle oë, duh." Dit is so, maar nie alle kinders ken hulle pa's nie, sommige het nog nooit hulle pa's ontmoet nie, sommige het wel, maar het nie kontak nie en sommige wens hulle het nooit een gehad nie. Daar is dalk 'n goeie rede hoekom jou pa nie in jou lewe is nie. Dan is daar die gelukkige kinders wie se pa's hulle heroes is, die soort pa's waarmee hulle dogters elke kêrel gaan vergelyk – en te lig gaan bevind, die soort pa's wat naweke bankvas langs die sportveld staan en wat trots sy dogter op haar troudag die kerk inlei. Hoe dit ookal sy, pa's speel 'n uiters belangrike rol in kinders se lewens, of jy nou 'n pasgebore babatjie is of 'n volwassene met plooitjies om die oë, geen kind bly onaange­raak deur die teenwoordigheid – of afwesigheid van 'n pa nie. Esprit het gaan uitvind hoe julle oor julle pa's voel. Hier is die stories wat ons gekry het.

As jou licence to be awesome teruggetrek word

Pret-Pa-van-die-jaar het altyd 'n plan of drie

"Dit is ’n bekende feit in ons huis dat André die Pret-Pa-vandie-jaar-titel dra. Hy is gek oor sy kinders. Vir hulle sal hy enige iets doen hoewel hy ook streng kan wees indien nodig. Hy is ongelooflik trots op hulle. Die drie van hulle kan ure lank gesels en stry oor watter kar die beste is en hoekom daardie ’chick’ fliek ’n beter einde moes hê. As daar springhase op die plaas gejag word of go-carts gery word is, hy is altyd eerste in die ry. Met ’n glinster in die oog gly hy saam met die kinders by watergly­ bane af en skiet mekaar potblou as hulle paintball speel. Of dit hokkie of skaak is, wanneer die werk dit toelaat, is hy daar. Selfs as daar modeparade gehou word moet hy hand bysit. André is ook die een wat die kinders leer kosmaak het. Ons spot altyd en sê dat hy so titseltjie van Hilda (7de Laan) in hom het omdat hy so graag met kos eksperimenteer. Hy is ons staatmaker en ek kon nie vir ’n beter man en pa vir die kinders gevra het nie."

Marlis de Greeff , (Bestuurder: Administrasie en Diensbillikheid)

"Ek is ’n pa. So wie beter om julle te vertel van ’n pa se rol in kinders se lewe? Jy sien ek het ’n meisie­ kind van 11 en een wat onlangs gebore is. My rol het destyds be­ gin by mamma wat my inlig: 'Dis geboortetyd!' Ons het inderhaas alles gegryp en na die hospitaal gejaag. Jy weet, ons was nog op die plaas daai tyd, so skoonma het my vrou met skoonpa se Toyota Raider 2.4-diesel­bakkie kom laai – enigste plek vir my was agterop. So leer ek, sonder om te kla, baba-lewensles #1 op die koudste oggend van daardie dekade agterop ’n bakkie: 'Wees tough en vat dit soos ’n man.' Ek het nooit gedink om met die kar

Toe Ben nog dink die baba is 'n laaitie, maak 'n pragtige dogtertjie haar verskyning en die naam ...? "Beanca se naam is toe deur haar oumas in die hospitaal se wagarea uitgedink. So is sy dan ook genoem," vertel Ben Jacobs (Plaagbeheerdienste).

22

die gees van ons mense

"Ons dink André het 'n titseltjie Hilda van 7de Laan in hom," sê Marlis de Greeff.

agterna te ry nie … Toe volg vyf dae van geen slaap. Baba is toe nie daardie koue dag van agterop die bakkie gebore nie, nee, dit word toe nog vyf dae van vals alarms. Ons jaag nog vyf keer hospitaal toe en mamma druk vyf dae my hand elke keer as sy pyn het en so deel pappa toe in die kraampyne en leer les #2: 'Pa wees is seer!' In elk geval, baba is op 19 April 2004 gebore en sy was ’n stewige 3.6kg! Ek is 'n pa wat nie skrik vir koue pampoen nie en so het ek ook my doekruilbeurt gekry. Dit is ’n 'kuns' wat jy aanleer om jare later aan jou jonger vriende, familie en kollegas oor te vertel asof jy ’n natural is, sonder om te noem dat jou eerste 500 doeke so effe van ’n flop was. Toe is dit bottels warmmaak en windevryf, voubiljette lees en die familie se raad oor die telefoon opsoek. Dan kom die loopring en hier was ek nou ’n Meneer, hoor! Tot baba eendag soos ’n rocket verby my skiet en by die trappe afduik met daai einste loopring. Onmiddellik is ek 10 jaar gryser en kry sommer ’n bles ook by. Baba se eerste woord is nie 'pappa' nie, maar iets wat pappa baie lief

is om te gebruik as hy met iets sukkel –2 jaar se terapie later het baba die woord darem vergeet. Hierna is dit kleuterskool en later laerskool toe en pa kan maklik kers vashou met huiswerk. Ek is Superman! Ek kan niks verkeerd doen nie, ek is ’n held. Ek bou swaaie en speel klei en bou Lego's, ek klim boom en ek leer my kind op die laptop. Euforia. En Pa's dis nou hier waar die wiel draai ... Op ’n dag is die skoolwerk skielik te ingewikkeld en jy sukkel om antwoorde te google. Jy is 'n embarrassment as jy by die skool ’n liedjie uit die 80's staan en sing terwyl jy vir jou meisiekind wag. Jy kan nie meer hulp aanbied met die selfoon of laptop nie, jy VRA nou haar hulp! Sy pas nie meer op jou skouers nie en boomklim en visvang is vir seuntjies. Jou license to be awesome word teruggetrek! En dan hoor jy dat jy die jaar weer gaan pa word … Vir my, weer ’n dogter! My license to be awesome is toe nie permanent teruggetrek nie! Ek gaan weer my Supermanklere aantrek en soos ’n held voel … ten minste vir die volgend dekade. Ben Jacobs

Plaagbeheerdienste


personeel-esprit

personeel-esprit

Theo het vanjaar die beste vadersdag ooit "Toe my pa, Theo, nou onlangs oorlede is, kon ons drie dogters en my ma met meer as net hart­ seer oor Pappa praat en aan hom dink. Hy was ’n see-visserman van formaat, met ’n kennersoog sou hy vroegoggend die see só kyk en besluit: 'Vandag gaan ons met die boot op die see uit, of vandag vang ons van die kant af.'. My pa was die mooiste, sterkste vinnigste en slimste man ooit. Op sy knie het ons leer sing en menige aande het ons heerlik om 'n kampvuur gesing. Hy het saam met Mamma vir ons geleer dat jy altyd ons Hemelse Vader eerste nader voor jy besluite neem, dat alles wat jy ontvang met liefde uit ons Vader se hand kom. My pa was nooit te besig of haastig vir ’n drukkie of soentjie nie en ons het nooit getwyfel aan sy liefde vir ons nie, al het daardie liefde soms soos vuur gebrand. Saam kon ons lekker huil, lek­ ker lag, lekker speel, lekker dans en hard werk. Hy het ons geleer om vis te vang, mooi te luister na die diere en voëlgeluide en soms, net soms, klink dit sowaar asof die voëls en diere met ons praat. Oopmond het ons na hom en sy vriende se stories oor hulle kinder- en jongmandae geluister en dikwels, onlangs meer dikwels, moes ons weer en weer na ’n storie luister, dan lag hulle met soveel oorgawe dat almal maar vir die soveelste keer saam lag. Ons gaan Pappa so baie mis, maar ek gun Pappa die wonder­ like vreugde wat Pa nou beleef. Ons het rede om soos die Iere ’n glasie te lig en te sê, dit was goed om hom te ken. Ek weet my pa het hierdie jaar die beste Vaders­ dag ooit." Jeanette Rossouw

Kassiere: Schweizer-Reneke Kontreiwinkel

"Any man can be a father, but it takes someone special to be a dad."

"Ons het nooit getwyfel aan sy liefde vir ons nie," vertel Jeanette Rossouw van haar pa, Theo, wat onlangs oorlede is. Hier is hy saam met Judy in 2007 op hulle 50ste huweliksherdenking.

Hy is hulle steunpilaar in moeilike tye "My oorlede pa het kleintyd vir ons uit die Bybel gelees en dit het so 'n blywende indruk ge­ maak, dat ek dit tot vandag toe onthou! Ek het daardie saadjie by my kinders geplant – en dit het in die goeie grond geval. Daarom is ek ook só dankbaar dat my man en die pa van ons kinders dieselfde beginsels het. Geloof in ons Vader maak van hom my steunpilaar in moeilike tye en 'n pragtige voorbeeld vir ons en almal rondom hom. Ek is lief vir jou Willem!" Estie Koegelenberg

Meganisasie Schweizer-Reneke

Willem Koegelenberg en sy kleinseuns, Hano (agter) en Wian Botha, is baie geheg aanmekaar. "Hulle sien mekaar net te min," sê Estie.

mei/junie 2015

esprit de corps

23


personeel-esprit

gesin

W

at onthou ek van my pa en wat het ek van hom geleer? Sjoe, ek dink en dink en dink... My pa het my op ’n bitter jong ouderdom afgeteken en wou my nie deel van sy lewe maak nie. Daardie afwesigheid en verwerping sou my lewe lank by my bly en my menswees vorm – of eerder misvorm. As kind was dit vir my vreeslik as die juffrou almal in die klas se mammas en pappas se name soek, want ek het mos nie ’n pa nie. En dan sal almal sê maar jy moet mos ’n pa hê? Ek het nie, oukei, so los my uit! Ek het geweet ek is anders, daar kort iets in my lewe. Aanvaarding was so belangrik, maar snaaks as jy op Verwerp-en-verstoot se vlakte sit, doen jy juis alles wat maak dat niemand jou wil aan­ vaar nie. Dit wat jy die meeste soek, stoot jy self weg. Die familie sou graag vertel hoe sleg my pa is en dat ek sy bloed is en net so sleg gaan uitdraai. Soveel vrae het in my kop gemaal en my emosioneel afge­ breek: “Hoekom wou hy my nie hê nie - is ek dan nie mooi, slim,

Reg-nes-ek-is

oulik, soet of watookal genoeg nie? Is ek ’n niks dat ek nie sy liefde werd is nie? Dalk is ek soos die lappop wat net vir die ashoop goedgenoeg is! Wat gaan van my ’genoeg’ maak?” Die Bybel sê dat God my liefhet, dat Hy altyd daar is vir my, maar hoe moet ek dit glo en verstaan as my pa niks met my te doen wil hê nie? Hoekom lewe ek? Ek wil nie lewe nie - ek is 13 en moeg vir die lewe! Op ’n dag verskyn my pa weer in my lewe - ek is so bly, ek is tog goed genoeg! Ek dans, ek trippel, ek sweef op my wolkie. Net om op ’n dag ontnugter te word - my pa het verdwyn. Geen van sy kontakbesonderhede werk nie. Hierdie scenario sou vir baie jare

M

eer as die helfte (65%) van alle Suid-Afikaanse kinders word sonder hulle biologiese pa groot. Ons het Erna Rheeder, die FAMNET koördineerder by die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) gevra watter invloed dit op kinders het. "Studies* toon dat die rol wat 'n pa of selfs 'n sterk, betrokke mansfiguur in kinders se grootword speel, verreikende gevolge het," sê Erna.

Die effek van pa-betrokkenheid op die kind:

• Teen die tyd dat kinders skool toe gaan is hulle intellektueel, so­ siaal, emosioneel en fisies beter ontwikkel. Hulle is ook gesonder. • Hulle vaar beter op skool. • Hulle het ’n sterker band met hulle pa’s. • Hulle hanteer stres en moeilike situasies beter. • Hulle kan ontspan. Gevolglik is hulle meer nuuskierig, spelerig, ondersoekend en pas beter aan. • Hulle selfbeheersing is beter ontwikkel en hulle het meer posi­ tiewe verhoudings met ander kinders.

24

die gees van ons mense

homself herhaal - op ’n dag sou pa net weer in my lewe kom, vir my sê ’dat hy my nog ’n kans sal gee’, net om na ’n maand of drie te verdwyn. Mense wat nie self deur so iets is nie, sal nooit ver­ staan nie, maar mense kan regtig letterlik net verdwyn. Nou kom ek terug by die vraag: “Wat het ek van my pa geleer?” Ek het geleer dat jy mans nie kan vertrou nie, dat jy hulle nie eintlik nodig het nie, dat beloftes gebreek kan word, dat ek eintlik ’n groot NIKS is nie. Dat geen berader, sielkundige, dominee, juf­ frou, meneer of psigiater die pyn en leegheid kan beter maak nie. Maar Goddank vir Sy genade. Ek het my pa vrygespreek en al

die seer vergewe. Vandag weet ek dat my waarde as mens nie deur ander mense (en in besonder my pa) se opinies en gedrag bepaal word nie. Ek is verantwoordelik vir my eie geluk en vir die keuses wat ek in my lewe maak. Ek is kosbaar en om te lewe is ’n voorreg! (En ja, niks wat ek gedink het ek geleer het is toe waar nie - mans is eintlik heel oukei!) My wens is dat elke pa sal besef hoe kosbaar sy rol in sy kinders se lewe is en dat sy afwesigheid ’n deel van sy kinders se menswees vernietig. Ek gun geen kind die seer van vaderloosheid nie. Anoniem van Reg-Nes-Ek-Is-Vlaktes (Dankie dat jy jou pyn-storie met ons deel. Red.)

Die effek van pa-afwesigheid op die kind:

Kinders wie se pa’s afwesig is is meer geneig tot: • gesondheidsprobleme; • gedragsprobleme soos leuens, steel en geweld wat kan uitloop op kriminele gedrag en moontlike gevangenisstraf; • dwelm- en alkoholmisbruik; • seksuele aktiwiteit op ’n jonger ouderdom wat tot tienerswanger­ skappe kan lei; • depressie, hartseer en woede; • armoede en gebrekkige geleenthede om hulle potensiaal te ontwikkel. *Universiteit van Guelph: “The Effects of Father Involvement: An Updated Research Summary of the Evidence,” Sarah Allen, PhD en Kerry Daly, PhD


Waar 'n pa se hand raak Die Front Page Father-mediaveldtog van die SAVF bied vanjaar vir die derde keer ’n Nasionale op­ stelkompetisie vir tieners aan. Tieners is gevra om 'n opstel te skryf oor hulle pa's. Die opstelle wat ontvang is, ondersteun die bevindings van navorsing wat gedoen was om die effek van 'n betrokke vs 'n onbetrokke pa te bepaal. "By kinders met ’n betrokke pa het ons warmte, vreugde en sekuri­teit Jammer ek is nie mo beleef. Hierdie kinders sien uit na die oi nie toekoms, wetende daar is ’n pa wat Jammer ek is ook ni e maer nie hulle ondersteun. Kinders wie se pa’s Jammer ek is nie wa afwesig is, het hulle woede, agressie t ek kon wees nie en depressiewe, donker, gevoelens Ja mm er ek is jou kind van verlange en leegheid baie sterk uitgedruk. Hier volg ’n paar Jammer ek is hier aanhalings uit die opstelle wat ons Jammer ek kon ontvang het," sê Erna Rheeder.

nie net verdwyn nie Jammer ek is nie wa t jy van my wou maak nie Ek is jammer - jam mer ek's net ek.

"Die eerste dag wat ek hoërskool toe gegaan het, het ek gemaak asof ek jou nie nodig gehad het nie, maar jy het van beter geweet. Toe ek terugkyk, baie vining, was jy daar. Jy het gekyk en geglimlag. Ek is lief vir jou, Pa." "My pa laat my lag, laat my huil, hou my styf vas, kyk as ek iets regkry, sien as ek misluk, moedig my aan … en maak my gek!" "Ek was ongelukkig. Daar was ’n leegheid in my hart."

personeel-esprit

personeel-esprit

Breek die sirkel van afwesigheid Een van die maniere om te verhoed dat die sirkel van afwesig­ heid en die effek daarvan vererger, is om as mentors in pa-lose kinders se lewens betrokke te maak. Mans het dikwels die geleentheid om ’n positiewe rolmodel vir kinders te wees, hetsy as onderwyser, sportaf­ rigter, familielid, buurman, pa van ’n skoolmaat of kerklidmaat. Dit het tyd geword om daardie rol veel meer intensioneel te vervul. Leer vir kinders ’n vaardigheid aan, deel jou lewe met hulle, bou kinders se gevoel van selfwaarde op deur hulle aan te moedig en te aanvaar. Ontdek saam met hulle waarin hulle goed is en help hulle ontwikkel. Reël groepsuitstappies met kinders en ander pa’s soos fietsry, piekniek, visvang, bergklim en vele meer. Bou verhoudings wat kinders so vorm dat hulle in staat is om self goeie ver­ houdings aan te knoop en vol te hou. Die SAVF bied opleiding in jeugmen­ torskap aan. Elkeen kan ’n verskil maak. Begin vandag! Kontak Erna Rheeder by (012) 325 3920/2056 of 084 383 9417 erheeder@savf.co.za indien jy belangstel om opleiding as 'n mentor vir pa-lose kinders te ontvang.

"Hy was leeg, so verskriklik leeg dat hy op die vrees in my jong weerlose oë en die gebrokenheid van my ma se liggaam geteer het. Hy het my uitgebuit wanneer ek swak was en my platgeslaan wanneer ek sterk was. Toe ek dit besef, het ek soos suur begin ruik en kindwees is vir altyd van my weggeruk. Die dood van ’n kind wat nog lewendig was."

Get help

"Ek weet my pa kan nie volmaak wees nie. Ek wou net graag ’n pa hê wat my liefhet. Dit lyk my ek het vir te veel gevra."

"Ek onthou dat dit gevoel het asof my hele wêreld inmekaar val; dat ek wou versmoor in my eie depressie. Die swaarste was om te weet dat hy wou weggaan. Hy wou nie meer deel van ons gesin wees nie."

The SAVF supplies social services to individuals and families within the community to empower them to improve their quality of life. FAMNET is the family informa­ tion and support network that supports effective parenting and strong, healthy families. This organisation supports all citizens needing their services. One of the branches in Northwest is in Klerksdorp. Contact: Marietjie Myburgh at (018) 462 1467

mei/junie 2015

esprit de corps

25


personeel-esprit

spesiale oomblikke

Handige Hansie en sy maat

Die oulike twee manne, Julian en James van Christiana Handel, het by Versekering kom hand bysit om hulle kasdeur te herstel. Tien uit tien vir goeie spanwerk en diens aan Versekering – só werk die divisies saam.

Ben en die 'verloskundige' SOMMIGE MENSE HET NET die gawe om die giggel in die goor raak te sien. Een van hulle is Ben Jacobs (Plaagbeheer­ beampte) by Wolmaransstad-silo. Hy vertel: “Dinge is stil aan hierdie kant, en net toe ek dog alles is kalm, toe word ek op ’payday’ van my bankkaart verlos deur een van Suid-Afrika se Finansiële Verloskundiges. Ek is besig om geld by die Autobank te trek toe ek agterkom dat die mas­ jien so ge-’tune’ is dat dit nie my kaart wou vat nie. Een hulpvaardige Verloskundige het my aangesê om sekere knoppies te druk nadat ek kanselleer gedruk het en terwyl ek die knoppies so ewe druk, verd­ wyn hy met my bankkaart. Ek kon die bankkaart stop deur die bank te bel, maar my ego sal vir altyd die letsel dra. Dit voel maar goor as jou bankkaart van alle dinge uit jou vingers gesteel word sonder dat jy dit agterkom! Die dame by die bank vertel my dat skelms soms net die kaart nodig het om jou te help spandeer aan jou pay-tjekkie – gelukkig het hulle dié keer verloor.”

26

die gees van ons mense

Trap Tekkietax-treë Vyf entoesiastiese personeellede van Wesselsbron het hulle werkskoeisel vir gemak­ like tekkies verruil en aan die Takkie Tax-dag deelgeneem. Stanley Knoetze (Aankoper), Retha Rheeder (Fin hoofklerk), Johan Botes (Stoorvoorman), Charmaine de Freitas (Kassier) en Tanya van Heerden (Tydelike kassier) se bydraes is aan die plaaslike Vrys­ taat Vroue Aksie (VVA) geskenk. Warren Loub­ ser (Takbestuurder Wes­ selsbron) het vir elkeen ’n plakker gekoop en sê hulle wou dié verdiens­ telike saak ondersteun en ook sommer bietjie geesvang.

'n Spogtrofee vir 'n spogspan

HOU SUIDWES SE NAAM HOOG Die o/13 rugbyspan van Gekombineerde skool Christiana het rede om breed te glimlag. Hulle het die Noordwes Platteland se Kleinskole-trofee verower en die manne is nie min trots op hulle Suidwes-geborgde rugbytruie nie. "Dié span neem oor die volgende 3 weke deel aan die Luiperds-finaal en ons kan nie wag om daardie trofee ook Christiana toe te bring nie," vertel Johan Welman (Silobestuurder Christiana).


Ervaar die gees van ons mense

Soet maak van sukses vir Rahaba

Die ooievaar gaan kom kuier

Rahaba Bahesi kan baie trots op haarself voel, sy het pas 'n tweejaar-sertifikaatkursus in Bestuursassistent by die Vuselela Fet Kollege op Klerksdorp voltooi. Sy is onlangs by maandstate aangestel nadat sy by versekering as leerling gewerk het.

Gladys Motsamoi (Senior Klerk Krediteure Invoere) se kol­ legas het vir haar 'n ooievaarstee gehou en te oordeel aan al die pienk pakkies, is daar beslis 'n dogtertjie oppad. En dit was ook toe so want op 2 Junie het Gladys 'n 3.5kg-dogtertjie ryker geword.

personeel-esprit

lief & leed

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Groep HUB) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemarief@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Hannes Herholdt (Takbestuurder Stella), se dogter Jehandri kwalifiseer vir die karate-SA's. • Auret Basson (Bultfontein Onderdele Bestuurder) se babadogtertjie wat gebore is. • Derék Linde (Groep Hoof Regsbeampte) is as die beste MBA-student in Sakereg en Etiek aangewys by die onlangse gradeplegtigheid. • Linda Botes (Hoofklerk: Maandversen­ ding) het ouma geword van ’n seuntjie. • Gerty Fourie (Admin Makwassie-silo) het ’n kleindogter, Joane Fourie ryker geword. Joane was vir ’n rukkie in neonatale ICU weens vog op die longetjies, maar is gelukkig ontslaan en kan nou tuis aansterk. • Riekie du Preez (Opleidingsbeampte) het 'n kleindogter, Lienke, ryker geword. Julle is in ons gedagtes: • Johan van der Watt (Aankoper/Stoorvoorman Hertzogville Handel) het vir ’n heupvervanging in Bloemfontein gegaan.

• Pierre Vercueil (Voorsitter van die Direksie) was in ’n ongeluk. • Albert Jacobsz (Snr Bestuurder: Kontrakte & Logistiek) se skoonma is ernstig siek. • Analie Kotze (Hoofklerk: Graanadmin Logistiek) se skoonma is ernstig siek. • Selina Letsogo (Jnr Klerk Leeudo­ ringstad Handel) was in die hospitaal maar sterk tans tuis aan. • Lorraine Samaai (Hoofklerk: Finansie­ ring Schweizer-Reneke) se skoonpa is oorlede. • Maria Maripa (Skoonmaker Hertzogville Handelstak) se ma is oorlede. • Jeanette (Kassiere Stoorbesigheid Schweizer-Reneke Handelstak) en Cas Rossouw (Stoorbestuurder Migdol Handelstak) se pa is oorlede. • Elmarie de Beer (Hoofklerk Hoofkantoor) was in die hospitaal. • Pierre Wessels (Assist Silobestuurder Leeudoringstad) was in Wilmedparkhospitaal opgeneem vir toetse. Thys sterk tans tuis aan. • Jan De Meyer (Onderdele Bestuurder Christiana) se sussie is oorlede.

Nuwe mensies by Suidwes

Linda Botes (Hoofklerk: Maandversending) se kleinseun.

Auret Basson (Bestuurder Bultfontein Onderdele) se dogtertjie.

Gladys Motsamai se dog­ tertjie.

Gerty Fourie (Admin Makwassie-silo) se klein­ dogter, Joane.

Riekie du Preez (Oplei­ dingsbeampte) se klein­ dogter, Lienke.

mei/junie 2015

esprit de corps

27


personeel-esprit

langdienstoekennings mei/junie

langdiens

5 Jaar

• Mnr C Dubula (Schweizer-Reneke-silo)

• Mnr BJ van Wyk (Hoopstad Werkswinkel)

• Mnr PG Fourie (Makwassie-silo)

• Mnr MW van Wyk (Vrybrug Handel)

• Mnr MZ Bonokwane (Hertzogville-silo)

• Mnr DW Bosha (Hertzogville Handel)

10 Jaar

• Mej MJ van Wyk (Hoopstad Handel)

• Mnr MD Mokgaje (Bamboesspruit-silo)

• Mnr MJ Visagie (Schweizer-Reneke-silo)

15 Jaar

• Mnr AM Boisa (Hoopstad-silo)

• Mnr NJ Esterhuizen (Bloemhof-silo)

• Mnr JM Rasego (Schweizer-Reneke Handel)

25 Jaar

• Mnr TZ Lekwakwe (Bloemhof-silo)

• Mev MJ Olivier (Migdol Handel)

35 jaar

30 jaar

Willie Botha, regs, (Silobestuurder: Hoopstad) ontvang sy 35-jaar dienssertifikaat van Petrus Boshoff (Senior bestuurder: Graanhantering).

10 jaar

Petra Steyn, regs, (Ontvangsbeampte Leeudoringstad Handel) ontvang haar 10-jaar dienssertifikaat van Ryno Rall (Takbestuurder Leeudoringstad Handel).

28

JP Lidderd, regs, (Silobestuurder: Kings­ wood) ontvang sy 30-jaar dienssertifikaat van Petrus Boshoff (Senior bestuurder: Graanhantering).

10 jaar

15 jaar

Rebecca Koaho, regs, (Klerk: Bestellings & Ontvangstes) ontvang haar 15-jaar dienssertifikaat van Derék Linde (Groep Hoof Regsbeampte).

10 jaar

15 jaar

Manas Msokeweni, regs, (Operateur Leeudoringstad-silo) ontvang sy 15-jaar dienssertifikaat van Attie Louw (Silo­ bestuurder Leeudoringstad).

10 jaar

Elsa Janse van Rensburg, regs, (Kredietkontroleur: Graan) ontvang haar 10-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Ria Lotz, regs, (Junior Rekenmeester) ontvang haar 10-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Annelie Flemming, regs, (Beampte voorraadbestuur & kontrakte: Graan) ontvang haar 10-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

5 jaar

5 jaar

5 jaar

5 jaar

Jeanette Rossouw, regs, (Kassiere handel Schweizer-Reneke) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Naude Maree (Takbestuurder: Schweizer-Reneke).

Cecil Gresse, regs, (Senior Rekenmeester: Graan) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

die gees van ons mense

Melanie Nel, regs, (Beampte voorraadbestuur & kontrakte) ontvang haar 5-jaar diensser-tifikaat van Anton Jordaan (HUB: Graan).

Margaretha van Wyk, regs, (Ontvangsbeampte Hoopstad handel) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Hanro Steenekamp (Takbestuurder).


pitkos

Golwe gaan daar altyd wees. Wind gaan daar altyd wees. Slegte weer gaan daar altyd wees.

Geniet jou bootrit EK HET VANOGGEND IETS op die hart wat ek graag wil deel en die titel is:

Ek in my klein bootjie.

 Voel ons nie maar soms almal of ons in ’n klein bootjie op die water is nie?
By tye word jou brandstof min of dalk heeltemal klaar en dan voel dit of jy nêrens heen kan beweeg nie. Jy vergeet heeltemal van die roeispaan wat in die boot is en dat jy ekstra krag sal moet gebruik om deur strome, wind en slegte weer te roei om by jou bestemming uit te kom. Golwe gaan daar altyd wees. Wind gaan daar altyd wees. Slegte weer gaan daar altyd wees. Dit gaan van jou afhang hoe jy daardeur gaan kom. Ná die tyd besef ons dat ons ondervin­ ding opgedoen het toe ons deur al hierdie toestande gestoei het om aan die anderkant uit te kom. Gebruik nou jou ondervinding om ander te help.

Die bootjie se motor kan ook breek, dan is 'n mens so gou op moedverloor se vlaktes. Gryp jou roeispane en roei, of aanvaar die hulp van iemand wat verbykom. Ons is tog so bang om hulp van ander te aanvaar omdat ons te trots is om dit te doen. Of soms is ons bekommerd oor wat ander van ons sal dink. Somtyds vergeet ons dat die ou wat verby kom dalk ondervinding het van ’n bootjie wat in die mid­ del van die water gaan staan het. Dalk weet hy uit ondervinding presies waardeur jy gaan. Jy is nie die enigste persoon wat al in die middel van die water gaan staan het nie. Jy voel dalk of jy alleen is of dat almal om jou van jou vergeet het. Moenie vergeet van die Heilige Gees binne jou wat jou sal lei en met jou sal praat nie. Jy moet net vir ’n oomblik stil raak en ophou om op jouself en al jou probleme te konsentreer en besef daar is ’n wêreld en mense rondom jou wat

Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) het hierdie inspirerende storie met ons gedeel. Hoop jy neem ook iets hiervan saam met jou. dalk jou hulp nodig het. Die lewe gaan nie net oor jou en jou probleme en jou geluk en jou ongeluk nie. Maak jou oë oop en begin die mooi rondom jou sien. Wonder­ werke gebeur daagliks, maar ons is te selfsugtig op onsself gefokus om dit raak te sien! Onthou ook van jou mense saam met jou in hierdie bootjie vir wie jy dalk ’n voorbeeld of 'n bron van aanmoediging kan wees sou hulle weer in so ’n situasie beland.   Onthou die son gaan jou brand as jy nie voorsiening maak en ’n hoed opsit nie. Moenie jou hoed vergeet nie, maar moet ook nie top wanneer jy jou hoed vergeet het nie. Deel eerder iemand se skaduwee wie wel 'n hoed onthou het. Daardie persoon voel dalk juis op daardie oomblik belangrik en nodig in die lewe. Miskien moet ons almal uit ons eie bootjies uitklim en begin swem. Swem deur die vuil besoe­ delde water en kry weer vaste

grond onder jou! Doen iets aan jou toestand en hou op om daar­ oor te top. Wees ’n voorbeeld vir ander, help ander, want jy is nie net hier om asem te haal nie. Miskien voel jou bootjie klein teen ander groot motorbote. Jou bootjie loop stil en maak dalk nie geraas soos die groter bote nie. Wat maak dit saak? Hy hou jou bo water en dien dieselfde doel as al die ander groot bote. Elkeen is uniek. Wees tevrede met dit wat jy het, maar moenie dat dit jou terughou in enige opsig nie. Moe­ nie toelaat dat omstandighede jou beperk nie. Staan op en leef voluit! Jy mag jou lewe geniet deur al die onge­ lukkighede en weerstoestande. Doen dinge op jou eie unieke manier, wat ander sal laat wonder hoekom hulle dit nie lankal probeer het nie. Hou jou kop hoog en geniet elke oomblik van jou bootrit!
 Sunelle van Rooyen

mei/junie 2015

esprit de corps

29


Soek die verskille - wenner

popcorn

wie kan dit wees? wenner

Die korrekte antwoord wat uit die hoed getrek is, is dié van die Karin Kruger (Aankoper Migdol Handel). Baie geluk jy wen die boek Brei saam met Vrouekeur - Serpe en sjaals met die komplimente van LAPA Uitgewers. Jou boek sal spoedig aan jou gestuur word.

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie handskoen in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Bak vir pret & profyt wat deur NB Uitgewers geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn:

Hoeveel handskoene

Sluit jou naam, van en kontakbe­ sonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 15 Julie 2015

Die korrekte aantal boompies wat in die Apriluitgawe versteek was, was 10. Baie geluk aan Hans van den Berg (Schweizer-Reneke Werkswinkel). Die boek Hart van ’n wenner sal bin­ nekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die boompies weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 1, 2 (2), 9, 14(4).

30

die gees van ons mense

Die regte antwoord van die prentjie is Arno Jordaan. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is, is dié van Estelle van Wyk (Kredietkontroleur: Graan Logistieke). Baie geluk! Die boek Enna Murray - Oorden­ kings, sal binnekort aan jou gestuur word.

Plekmatjies in 'n japtrap Dit is so maklik soos 1-2-3 om die veelkleurige plekmatjies te weef. Benodigdhede: • Stewige karton (A4-grootte) • Wol of tou in verskillende kleure • Wolnaald met groot oog en skêr

Voorbereiding: Sny gleufies 1 cm uit mekaar op die teenoor­ staande dele van die kar­ ton. Span tou of wol deur die gleufies en knoop die punte van die tou of wol aan mekaar vas. Jy is nou gereed om te begin weef.

Metode: Gebruik ’n wolnaald met ’n groot oog en vra ’n groot­ mens om wol daardeur te ryg. Gebruik ’n ander kleur wol om te weef as die gespande drade. Ryg die wol onderdeur en dan weer bo-oor die gespande drade. Herhaal hierdie ’n paar keer en gebruik jou vingers om die geweefde deel styf te druk. Weef tot die karton heeltemal bedek is. Knoop die wol af en sny die oranje (op die prentjie) drade versigtig los. Haal die karton uit. Nou het jy ’n plekmatjie! As jy meer as een plekmatjie wil maak, kan jy dieselfde karton weer gebruik.


popcorn

Vlytige vingers en voetjies bly besig

Grootmense mag gelukkig deesdae ook weer inkleur! Dit is terapeuties, kreatief en ontspannend. Hier is 'n prentjie vir julle – gebruik enige medium soos inkleurpotlode, kokies of waterverf en gaan wild. Stuur jou inkleurkunswerk vir esprit na esprit.kompetisie@gmail. com, ons plaas jou inskrywing in die volgende uitgawe.

Bobbelplastiektoedraaipapier Sprei ’n groot stuk papier op die vloer oop. Draai ou bobbelplastiek met die bobbeltjiekant na buite om jou voete en jou enkels (vra ’n grootmens om jou gou te help). Dit moet soos ’n bob­ belplastiekkous lyk. Gooi akrielverf in ’n polistireen­bakkie, soos die tipe waarin avokados kom. Sit jou bobbelplastiekvoet in die verf en maak kuns op die groot papier! Jou toedraaipapier is gereed.

mei/junie 2015

esprit de corps

31


agterstoep

As die Ridder verpleegster speel

wie kan dit wees?

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

N

á baie wik en weeg, gaan ek waag om te skryf oor die Ridder in sy rol as verpleegster – en hoop hy onthou al die mooi goedjies wat ek al oor hom gesê het en vergewe my teen Kersfees. Want kyk, 'n ellendiger verpleegster het jy nog net in 'n weeshuis in Roemenië in 'n storie­ boek aangetref. Ek is geopereer. Niks dramaties nie: 'n knoppie in die keel, met wortel en tak uitgeroei, 'n bietjie bestraling om dubbeld seker te maak. Hoegenaamd nie doodsake nie. Die chirurg sê ek gaan ou bene maak. Maar dit WAS verdeksels 'n operasie, met narkose ÉN pyn. Verdeksels. By die huis is die spaarkamer ingerig. Ek hoor een van ons twee snork en ek weet vir 'n feit die ander een swaai sy arms, kou en mompel die hele nag lank, dus is ek baie dankbaar dat my siekbed in die spaarkamer is. Ek klim in en wag om verpleeg te word. Niks gebeur nie. Het ek onthou om te sê my stembande is hardhandig hanteer met die uitpluk van die knoppie met wortel en tak? Ek sis soos 'n makou en al op die een noot: Bring asseblief vir my tee? Die tiener hoor en bring. Maar ná al my ontbering, nie so erg soos dié van 'n weeskind in Roemenië nie, maar tóg, wil ek suiker in my tee hê. Toe ek myself moeisaam uit die bed sleep vir 'n lepeltjie suiker, wals die Ridder verby: Haai! Voel jy beter, my dier? Ek's bly. Maak som­ mer vir my ook 'n koppie. Dis sy geluk dat hy hardhorend is en ek nie my sissende stem kan verhef nie. As ek sterk gevoel het, was dit dalk sy laaste woorde. Ure en ure van eensame lyding later, wys hy weer sy gesig en vra ek hom om inkopies te doen: melk, sjokolade, brood, tee, eiers, botter, piesangs, iets om die tiener vir aandete te voer. Ná twee etenstye verby gegaan het en ek net een keer omgeval het toe ek 'n glas water gaan haal, kom hy terug met drie goed wat op die lysie was. Ek moes geweet het: Hy is hoegenaamd nie opgewasse vir die taak nie. Hy het in April 1993 laas kruideniersware gekoop en dit is werklik vir hom traumaties om te sien wat goed kos. R30 vir 'n pond botter? Is ek en die hele wêreld van ons koppe af? Toe ek sê ry dadelik en gaan koop nog botter, daai is 'n winskoop, verbleek hy merkbaar. Hy pak uit, kom wys my waar ek afgeboek met 'n seer keel en die nagevolge van narkose in die bed lê: een liter melk, ses medium eiers, 'n blokkie kaas wat ek net-net met die blote oog kan sien. Hy is geskok oor al die geld wat ons opvreet en hy gaan iets daaraan doen, 'n aankondi­ging maak: Ons drink nie meer koffie nie. Ons eet nie meer sjokolade nie. Of piesangs nie. Vergeet van botter of ontbytgraan. Ons het nie beskuit nodig as ons nie meer koffie drink nie. Roemenië in die tagtigs was glo amper so erg. Ek voel te siek om hom 'n lesing oor die ekonomie (sy vakgebied) te gee, maar het darem genoeg teenwoordigheid van gees om dankie te sê dat hy dit buite sy vaarwaters gewaag het en 'n supermark betree het. Waarop hy ophelder en vra: Wat maak jy vanaand vir ete? e

32

kompetisie

die gees van ons mense Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Kan jy raai wie is die manne in die prentjie? Die eerste korrekte antwoord wat ons trek, wen die boek The Impossible Five wat deur NB Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 15 Julie 2015 Merk jou inskrywing so: esprit: wie is in die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Mei-uitgawe.

For many people, vis­ iting South African game reserves is all about ticking off the ’Big Five’. But what about those animals you’ve got almost zero chance of seeing? Justin Fox goes in search of South Africa’s most elusive animals – the ’Impossible Five’ – the Cape mountain leopard, aardvark, pangolin, naturally occurring white lion and the riverine rabbit. Besides the animals, the book is peopled with an immensely likeable cast of charac­ ters and provides compelling insights into wild South Africa and the local game-rang­ ing and natural-science industries. Alle boeke van NB Uitgewers is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.nb.co.za

Esprit de corps mei/junie 2015  
Esprit de corps mei/junie 2015  

esprit de corps mei/junie

Advertisement