Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

april 2015 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Spaar geld met die regte gloeilamp >16

>19

Skryf in vir ons >7 fotokompetisie

Word ge-bles vir KANSA >10 mpy-esprit 3 personeel-esprit 14 pitkos 16 popcorn-pretblad 18

>9

>16

>5

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

hoe lyk jou storie?

maart se

inhoud

wat kan dit wees?

mpy-esprit

kompetisiewenners

Die gesegde 'A picture is worth a thousand words' is in hierdie uitgawe amper op elke bladsy sigbaar. Deon Badenhorst se foto's van mense wat in die woestyn bly vertel van mense wat harde lewens lei. So vertel die kleurvolle pretfoto's op bl 10 en 11 'n storie van omgee en empatie. Die moeë, maar tevrede glimlag van Roenel van Heerden op bl 14 sê sy is tevrede met haarself en haar drafmaat. Op bl 19 wys JeannePierre Lubbe se gefokusde uitdrukking sy toewyding. As jy 'n foto van jou lewe sou kon neem – hoe sal dit lyk? En wat se storie sal dit vertel? es is ’n uit-

Suidw ma om stekende fir ns het O . k by te wer ier by baie werk h geniet die silo en ekie. dit ba

Die regte antwoord van die prentjie is rugbypale. Lezellé van Zyl (Admin- Bestuurder) is die wenner van Eggo’s in die Skimberge. Baie geluk.

wegsteek-kompetisie Die korrekte aantal krieketkolwe wat in die Maartuitgawe versteek was, was 12. Baie geluk aan Estie Koegelenberg (Meganisasie Schweizer-Reneke). Die boek Brei saam met Vrouekeur sal binnekort aan jou gestuur word.

Ephraim Mothopi is ’n Graanleerling by die Bloemhof-silo en is so trots op sy werk dat hy vir ons hierdie foto gestuur het. Stuur vir ons foto's waar julle by die werk is na esprit.kompetisie@gmail.com – vra 'n kollega om jou af te neem.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719 Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

personeel-esprit Sê dit met blomme 14 Roenel doen dit weer 14 Lief en leed 15 Langdienstoekennings 15

pitkos Spaar geld met die regte gloeilamp Dinge wat leerders wil hê ouers en onnies moet weet

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

16 17

popcorn-pretblad Kompetisies en uitslae Maak dit self Protea in wording 'n Foto-vaas net vir Ma

18 18 19 19

agterstoep Bly stil of klim uit!

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Dra jou vaardighede oor 3 Kortliks 4 Só lyk die toekoms deur jou Google-bril 5 SA-kultivars vaar goed in Soedan 6 Die mense van die woestyn 7 Fotokompetisie 7 Kompetisie verloop soos 'n geoliede rat 8 Uit die hoogte 9 Gaan groen 9 Word ge-bles vir KANSA 10 Mense kom eerste 12 Van nou af is dit 'groet en smile' 13

Voorbladfoto: Shavathon 2015 by Suidwes

20


maatskappy-esprit

r o o e d e h g i d r a a Dra jou v t s o m e h t is n io “Educat h ic h w n o p a e w l u f r powe e g n a h c o t e s u n you ca the world.” la – Nelson Mande

D

ie debat rondom opleiding is nimmereindigend, veral in Suid-Afrika waar ons onderwysstelsel slegs die 70ste plek op ’n wêreld ranglys van 148 lande haal. Ons wiskunde- en wetenskapopleiding word egter as die swakste ter wêreld beskou – sekerlik nie iets om op trots te wees nie. Dit is ’n feit dat ’n gebrek aan opleiding tot armoede lei. In ’n onlangse artikel deur Statistiek SA word daar verwys na die sterk ooreenkoms tussen opleiding en die vermindering van armoede. In 2011 het slegs een uit elke twintig mense met naskoolse opleiding in armoede geleef, waar sewe uit tien mense sonder opleiding in algehele armoede leef. Soos ons almal weet is armoede verantwoordelik vir al die sosiale euwels waarmee ons daagliks gekonfronteer word. Dit inaggenome besef mens onwillekeurig dat opleiding die enigste langtermyn oplos­ sing vir ons land en sy probleme is. Elkeen wat bevoorreg is om goed opgelei te wees, het egter ’n verantwoordelikheid om ’n bydrae daartoe te lewer.

Daar is letterlik miljoene mense in SuidAfrika wat nie eers die basiese beginsels van opleiding (soos lees en skryf) bemeester het nie. Dit is elke mens in hierdie land, wat gelukkig genoeg was om goeie opleiding te ontvang en ’n kwalifikasies te hê, se plig om op een of ander manier sy of haar vaardighede aan ander oor te dra. Maatskappye het ook ’n sosiale verantwoordelikheid teenoor sy werknemers en die land, om ’n belegging in opleiding van mense te maak. Opleiding is egter nie verniet nie en die behoefte is reusagtig. Dit is een van die redes waarom Bestuur besluit het dat daar nie beurse aan individue toegestaan sal word nie, maar eerder opleiding in die breë verskaf sal word, sodat almal ’n voordeel kan trek. Ons kan nie meer regverdig om R300 000 vir die MBA van een individu (wat reeds gegradueerd is) af te staan nie, terwyl daar honderde wer­ kers is wat nie basiese vaardighede het nie. Vandaar die inisiatief waarmee ons saam met Batho pele begin het, lees daaroor op bls 12 en 13 in hierdie uitgawe. Die doel van hierdie inisiatief is nie net om mense iets te leer nie,

maar om ook hul selfbeeld en selfvertroue te verbeter. Dit is vir niemand lekker om te weet dat hy of sy ongeletterd in die 21ste eeu is nie. Verbetering van mense se selfbeeld sal ’n groot rol speel om ’n gesindheidsverandering op alle vlakke te kweek. Kom ons werk almal saam om hierdie en ander opleidingsinisiatiewe in die Suidwes Groep te ondersteun. Dit is nie altyd nodig om mense van buite te kry om opleiding te gee nie. Binne Suidwes is daar ’n see van talente op verskillende gebiede, spesialiste en mense met ervaring wat oor baie jare in diens geleer is. Bied jou dienste aan indien jy die moed van oortuiging het dat jy ’n bydrae kan maak. Moenie hierdie talente van jou verberg nie, maar gebruik dit tot die voordeel van jouself, jou gesin, kollegas en uiteindelik tot voordeel van Suid-Afrika. Navrae oor hoe om by opleiding betrokke te raak, kan aan Riekie du Preez gerig word. Louis Smit Hoof Uitvoerende Bestuurder

april 2015

esprit de corps

3


<kortliks>

kortliks

soos kliënte van Suidwes kan verwag gaan ons weer 'n korporatiewe uitstalling by NAMPO hê. As jy meer inligting oor die oesdag wil hê soos tye, par­ kering en 'n lys van uitstallers, gaan kyk op die webwerf www.nampo.co.za.

maatskappy-esprit

Suidwes besoek Landbank

Louis Smit (Groep HUB) het onlangs die nuwe Hoofuitvoerende Beampte van die Landbank, mnr TP Nchocho, besoek.

Africum en Agrinet direksies besoek NviroTek se laboratorium in Ifafi

Voor: Erik Hurn (Tegnikus NviroTek), Yollande Brits (Finansiële Direkteur: Agrinet), dr David Mabunda (Voorsitter: Agrinet Direksie) en Dailena Pienaar (HUB: NviroTek). Agter: Brand Pretorius (Nie-Uitvoerende Direkteur), Hansie Viljoen (Ondervoorsitter: Suidwes Beherend Direksie), Pierre Vercueil (Voorsitter: Suidwes Beherend Direksie en Africum Direksie), Patrick Nelissen (Groep HOB), Sean Bradshaw (Besturende Direkteur: Agrinet), Bridgitte Mathews (Nie-Uitvoerende Direkteur), George Potgieter (Groep HFB) en Louis Smit (Groep HUB).

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense


maatskappy-esprit

Drabare tegnologie (of aantrekbare – wearable gear) soos klere, horlosies, juweliers­ ware en hartmonitors is al amper ou nuus. Die tegnokrate het lank gegons oor hierdie nuwe drabare tegnologie. Maar, helaas dit het gou ’n anti-klimaks geword omdat mense gevoel het dat om te weet hoe vinnig jou hart klop of hoeveel treë jy gestap het, nie baie interessant of boeiend is nie. Ontwerpers het gou besef dat hier ’n braak veld is wat vinnig ontgin en geïntegreer moet word om nuttige toestelle te skep.

Is dit die toekoms?

Kyk saam met my na ’n moontlike scenario van wat al hierdie gonsgoete behels: Die personeel by ons takke dra hemde wat deur­ gaans van kleur verander terwyl dit adverstensies van spesiale aanbiedinge vertoon. Terwyl die toonbank-assitent ’n klant bedien, kyk sy af en sien die steen in haar ring verander van kleur. Sy sien ook op haar armhorlosie dat sy 12 nuwe Whatsapp-boodskappe gekry het en iemand ’n vriend geword het op Facebook. Sy is egter bekommerd want sy wag dat haar horlosie haar in kennis moet stel wanneer haar jongste kind na skool met sy fiets huis toe ry. Sy het reeds vir hom ’n stemboodskap via die horlosie gelos

dat sy middagete in die oond is. Sy het so pas die oond via die einste horlosie aangeskakel voor sy die klant begin bedien het. By sy tuiskoms, gaan die kind dit as vanselfsprekend aanvaar dat die yskas outomaties water gaan skink omdat dit bepaal het dat sy hidrasievlakke laag is. Ons assistent is salig onbewus dat haar hemp die nuutste promosie-aanbiedinge vertoon. Terwyl sy terloops deur haar Google-bril die area by die brandstofpompe dophou, sien sy ’n boodskap dat die sekuriteitspersoneel op pad is. In die voorraadstoor word die stoorman se hartritme deur sy dokter dopgehou – die dokter wat 120km ver in sy spreekkamer ’n ander pasiënt via Skype ondersoek. Die dokter oorweeg om ’n afspraak in die stoorman se dagboek te skeduleer. Terwyl die tevrede klant van die winkel wegstap gee sy opdrag aan haar vrieskas om produkte wat uit voorraad is te bestel en te betaal. Natuurlik deur middel van haar selfoon. Sy is salig onbewus daarvan dat haar oorbelle ook van kleur verander namate die tyd aanstap. Vergesog? Dalk nie!

Waar kom die krag vandaan?

Al dié drabare tegnologie gebruik

maatskappy-esprit

Só lyk die toekoms deur jou Google-bril

egter energie om te kan werk. Dit gaan ons niks baat as die toestel se battery nie gelaai is nie. Volhoubare energiebronne is dus onontbeerlik en die fokus is deesdae op kragopwekking en batterylaaiers wat van alternatiewe kragbronne gebruik maak. Sommige juweliersware gebruik die mens se liggaamshitte om ener­gie op te wek, maar dit is egter onvoldoende vir die energiebehoeftes van groter items.

Hoe veilig is dit?

Heelwat kommer bestaan oor die vertroulikheid van persoonlike inligting en hoe die eienaarskap gevestig en beskerm gaan word. Daar word maar min gespekuleer oor stralingsveiligheid, aangesien die meeste van hierdie toetstelle minder of dieselfde hoeveelheid energie vrystel as selfone. Dis seker net ’n kwessie van tyd en iemand sal ’n drukgroep vorm oor die ’skadelike’ straling!

Het jy geweet dat dié dra­bare tegnologie al beskikbaar is?

• Klerasie wat van kleur ver­ ander, beelde vertoon en lig uitstraal; • Gesondheidsmoniteringstoestelle wat soos ’n horlosie gedra word of ingebou word in klerasie; • Identiteitsstafies met jou

besonderhede wat in klere ingewerk of onder die vel ingeplant word; • Brille om groter werklikheid en interaksie met die omgewing te verskaf met die Google-bril; en • Armhorlosies met selfoon, GPS en sosiale netwerkfunksies.

Voordele

’n Mens moet soos ’n volstruis met jou kop in die sand staan om nie die legio voordele van drabare tegnologie raak te sien nie. Ons lewens gaan geraak word of ons dit nou wil weet of nie. Dink net hoeveel geld jy kan spaar as jy jou simptome aan jou dokter vir diagnose stuur – volledig met foto’s van die binnekant van jou seer gorrel, die tempo van jou hartklop en ’n opname van jou longkapasiteit. Die ure wat jy in sy oorvol wagkamer sou deurbring kan jy beter benut deur ’n potjie gholf teen Tiger Woods en Ernie Els te speel. Natuurlik op jou Ninendo Wii wat jy op eBay met jou eBucks gekoop het. Google gerus en kyk hoe lyk die toekoms. Laat mens dink né! Piet Vermeulen IT-sekuriteitspesialis – NWET

april 2015

esprit de corps

5


Carl Bierman gesels uit Soedan

< stories uit soedan >

maatskappy-esprit

soedan

SA-kultivars vaar goed in Soedan Soedan is bekend as ’n land wat groot hoeveelhede ko­ ring as voedsel moet invoer. Relatief min koring word plaaslik geproduseer as gevolg van die baie kort winter en hoë gemiddelde temperature. Die FAO (Voedselo­rganisasie van die Verenigde Nasies) beskryf Soedan as ’n gebied met ’n lae tot medium potensiaal om koring te produseer. Toe ons ’n versoek gekry het om koring vir saadproduksie te plant het ons besluit om te kyk hoe Suid-

Afrikaanse kultivars presteer. Ons het twee Suid-Afrikaanse kultivars geplant en dit het baie goed gewerk. Die Nasionale Kultivarproewe van die LNR in Suid-Afrika is geraad­pleeg en kultivars wat goed sal aard in die warm gebiede is gekies. Die kultivars het baie potensiaal getoon en verskeie besoekers aan die projek wou graag meer hieroor te wete kom.

Mnr Margani, die pompingeneur op die projek, is baie beïndruk met die SA-koring.

Groete uit ’n warm Soedan.
 Carl Bierman

Die stropertjie werk hard om die oes in te bring.

Dit was veral op hierdie groeistadium dat ons gesien het dat die spesifieke SA-kultivars groot belofte inhou.

6

die gees van ons mense

Hierdie kameel het gereeld ’n paar happe koring kom eet as niemand kyk nie. Daar is gedurig kamele in die lande wat net nie kon glo dat daar sulke lekker kos kan wees nie


maatskappy-esprit

Jy sal nie sommer vir Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder: Handel) sonder sy kamera vang nie. Hy is een van Suidwes se vele talentvolle fotograwe en het op een van sy besoeke aan die Soedanprojek hierdie treffende portretstu­ dies van die woestynmense geneem.

maatskappy-esprit

Die mense van die woestyn

Fotografiekompetisie Daar is baie mense in Suidwes wat lief is vir foto's neem en wat hope talent het. Ons hou weer oor die volgende paar maande 'n fotografiekompetisie. Daar is twee kategorieë: 1. Portrette (mense) 2. Winter (jou eie interpretasie) Reëls: • Jy kan vir altwee kategorieë inskryf en soveel foto's stuur as wat jy wil. • Twee wenners sal uit elke kate­gorie aangewys word. • Jou foto's moet ten minste 1MB groot wees (foto's kleiner as 1MB, sal nie in aanmerking kom nie). • Jy kan 'n selfoon gebruik, stel dit op die hoogste definisie (High Definition) sodat jou foto 1MB groot is. • Dit is verkieslik dat jy 'n kamera gebruik. • Jy kan jou foto 'n titel gee as jy wil. Inskrywings: • Stuur jou foto's na esprit.kompetisie@ gmail.com en merk dit: fotografiekompetisie • Stuur jou naam en van, posbena­ming, e-posadres en selnommer saam met jou inskrywing. • Dui aan in watter kategorie jy inskryf. Gaan kyk op die onderstaande webwerf vir nuttige wenke om met min moeite of opleiding pragtige foto's te neem. http://improvephotography.com/1305/101portrait-photography-tips-to-improve-yourphotography/

april 2015

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

uitmuntend

Kompetisie verloop soos ’n geoliede rat Mack’s petroleum is die verspreider van Engen-smeermiddels in Suidwes Landbou se bedieningsgebied en het ’n interne kompetisie vir promosieverkope in die takke gedurende Desember verlede jaar

1ste

gehou. Engen het die grootste markaandeel in die smeermiddelafdelings by die verskillende takke. Die kompetisie het uit twee bene bestaan: • Begroting oorskry - 'n

Uitstalling en rakversoring wenners:

vasgestelde teikenbedrag moes behaal word. • Promosie-uitstallings en algemene rakversorging is beoordeel "Mack's Petroleum het stewige kontantpryse aan die wen-takke oorhandig. Ons is dankbaar vir hulle insette in ons besigheid," sê Annette Neethling (produkbestuurder).

1ste

Die uitslae van die kompetisie Begroting oorskry (teikenbedrag behaal) 1ste Bloemhof 2de Christiana 3de Makwassie Promosie-uitstallings en rakversorging 1ste Christiana 2de Schweizer-Reneke 3de Makwassie 4de Leeudoringstad

Begroting oorskry wenners:

Willie Coetzer (Engen), Simon Bosch (Mack’s Petroleum) en Theo Gerber (Christiana Handelstak).

2de Simon Bosch (Klientediens Bestuurder van Mack’s Petroleum) en OC Vermeulen van Bloemhof tak. Willie Coetzer (Engen), Simon Bosch (Mack’s Petroleum) en Naude Maree (SchweizerReneke Handelstak)

2de

3de

Willie Coetzer (Engen), Simon Bosch (Mack’s Petroleum) en Pieter Rossouw – Makwassie Handelstak

Simon Bosch (Klientediens Bestuurder van Mack’s Petroleum) en Theo Gerber van Christiana Tak.

3de

4de

Willie Coetzer (Engen), Simon Bosch (Mack’s Petroleum) en Ryno Rall (Leeudoringstad Handelstak).

8

die gees van ons mense

Simon Bosch (Klientediens Bestuurder van Mack’s Petroleum) en Pieter Rossouw van Makwassie Tak.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Uit die hoogte

Gert Nieuwenhout (Admin-beampte Vryburg Handel) begin die voorraadopname by Bloemhof Handel op 'n 'hoogtepunt' en sluit dit op 'n 'laagtepunt' af. Dit is blykbaar 'n baie uitputtende besigheid, so 'n voorraadopname.

Gaan groen Suidwes was die borg van die Wolmaransstad studiegroep se Groendag wat op 29 April gehou is. Produsente het eers die proewe besigtig en daarna na Leeufontein Lodge gegaan waar die program verder aangebied is. Louis Smit (HUB) het die gehoor toegespreek oor die stand van besigheid en daarna het die hoofspreker, die ekonoom dr Roelof Botha, die vloer geneem. Verskeie verskaffers en Suidwes Handel en Mega足nisasie was ook betrokke by die Groendag. Suidwes het pryse geborg wat aan gelukkige wenners oorhandig is.

april 2015

esprit de corps

9


maatskappy-esprit

betrokke 10

die gees van ons mense

Word ge-bles vir KANSA By hoofkantoor reël ons ons eie pret. Hierdie keer was dit vir 'n baie goeie doel. “Die woord KANKER verwys na iets wat ons almal vrees en ek is oortuig elk­een van ons ken iemand wat dié stryd verloor het, of wat tans daarmee worstel, of dit dalk al self gehad het,” sê Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder). Die personeelkomitee het besluit dat Suidwes die KANSA Shavathon, wat jaarliks reg oor die land gehou word, gaan ondersteun. Vanjaar is die twaalfde jaar dat dié geleentheid landswyd gehou word om mense wie se lewens deur kanker geraak word te ondersteun en om fondse vir KANSA in te samel. Suidwes het soos gewoonlik met hart en siel deelgeneem. Mense is uitgedaag om óf hulle hare te knip of af te skeer óf om hulle hare in helder kleure te spuitverf. As jy baie braaf is, kan jy jou lang hare in ’n poniestert bind, dit afknip en skenk. Verlede jaar is

meer as 150 poniesterte geskenk waarmee pruike vir kankerpasiënte gemaak is. “By sommige personeel het die hare letterlik gewaai en ander het net kans gesien vir die gekleurde spuitverf. Dit was groot pret en ons kon R 6 803.72 insamel wat aan KANSA oorhandig is. Die komitee beplan om hierdie 'n jaarlikse instelling te maak en ons mik om volgende jaar R10 000 in te samel,” sê Sunelle. Gerhard Booysen was beslis die dapper held van die dag. Hy het met die versekeringspersoneel ooreengekom dat as hulle R1 000 insamel, hy al sy hare sal afskeer. Nodeloos om te sê, is hy behoorlik ge-bles. “Ons dra hierdie dag op aan al die kollegas wat ons verloor het die afgelope tyd en hoop om dié moed te gee wat op die oomblik die stryd veg. Julle is in ons harte en ons gebede,” sê Sunelle. Corlene Crathorne van Salon Corlene het met die skêr en knipper laat waai en Sunelle van Rooyen, Aninda Schonken en Hannetjie van der Linde het die spreiwerk gedoen.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

april 2015

esprit de corps

11


maatskappy-esprit

positief

Mense kom eerste

Posgraad 1 tot 4-personeel het vir die eerste keer opleiding ontvang waar hulle meer bewus gemaak is van klantediens, waardes en hulle selfbeeld. Dié opleiding is deur die Batho pele-groep van Bloemfontein gedoen. Baie geslaagde opleidingsessies is gehou op Leeudoringstad, Bloemhof, Hoopstad, Christiana, Schweizer-Reneke en Vryburg. Batho pele beteken “Mense eerste”. In die konteks van die opleiding het die personeel geleer dat dit beteken om ander mense bo jouself te stel en om hulle behoeftes raak te sien en dan na jou eie te kyk. Deur klein, maar belangrike veranderinge te maak, verbeter die gehalte van diens onmiddellik. Lazarus Moseki by Bloemhof Handel het dadelik besluit die verande­ring wat hý wil maak is om mense te begin groet. Hy sê hy was altyd skugter en het daarom nie die klante gegroet nie, maar dat hy hulle nou met ’n groot glimlag en ’n vriendelike groet gaan verwelkom. Daniel Fransman en Nico Alexander by Hoopstad stem saam dat daar 'n glimlag by die diens moet wees. Een van die kernpunte van die opleiding was 'Wie is ek?' en 'Hoe kan ek my selfbeeld verbeter'. "Elke mens is uniek en het eie vaardighede wat uitgeleef moet word. Elkeen van ons moet leer om in onsself te glo en te kan sê: 'Ek is die mooiste mens en ek is verantwoordelik vir my eie handelsmerk'. Ons moet ook besef elkeen maak foute en moet daaruit leer sodat dit nie herhaal word nie," som Riekie du Preez (Opleidingsbeampte) 'n deel van die kursus op. Die hantering van stres oor die algemeen is bespreek. Die positiewe houding van die personeel was opsigtelik gedurende die opleiding. Hulle moes legkaarte bou en 'n mens kon duidelik sien hoe die personeel angstig raak terwyl hulle die legkaarte bou. Die belangrikheid van tydsbestuur, produktiwiteit en eienaarskap was ook deel van die bespreking. Die maatskappy se waardes is bespreek en personeel is geleer hoe om mense eerlik, opreg en met respek te behandel. Die laaste deel het gehandel oor hoe om eties in die werkplek op te tree en hoe om goeie klantediens te lewer. "Namens die personeel wil ons die bestuur bedank vir die geleentheid om die opleiding te kon bywoon. Dankie ook aan die personeel by die spesifieke dorpe wat gehelp het met die reëlings," sê Riekie.

jou vir e i n s pas erk e ppy w ka ats ma

PASSIE

EIENAARSKAP ENERGIE jy dat d g sor s goe alle oen d

Jy kán 'n verskil maak Die belangrikheid van etiese waardes is beklemtoon en die personeel is uitgedaag om die volgende te doen: • Om diefstal aan te meld • Om nie te jok nie • Om positief te wees • Om indien iets gebreek het, dit nie weg te steek nie • Om betyds by die werk te wees • Om nie te steel nie • Om kollegas, klante en kliënte met respek te behandel • Om nie net weg te bly van die werk af nie

12

die gees van ons mense

Schweizer-Reneke

Daniel Fransman en Nico Alexander is positief oor die Batho pele-opleiding.

e wa nerg arm ie dit e do e jy en

Christiana


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Hoopstad

Van nou af is dit 'groet en smile'

Christiana

“Moenie kwart oor 7 kom werk nie, kom 7 uur, jy word betaal om te werk – jy is ’n gelukkige man," sê Lazarus Moseki (Bloemhof Handel). Hy was onlangs deel van 'n groep personeel wat die Batho pele-opleiding voltooi het. "Hulle het my eers baie deurmekaar gehad, maar vandag verstaan ek en ek is positief. Daardie man van Batho pele, Ernest Beck, is baie goed! Hy het gesê: ’Moenie jammer voel vir jouself nie, jy moet praat, dit help nie jy loop en brom en jy praat nie’, sê Lazarus Hy het aan esprit vertel wat hom die meeste na die kursus sal bybly. Tydsbestuur was vir hom belangrik. Die belangrikste is egter ’Groet en smile’ – van nou af sal hy die klante groet en nie meer bang wees nie, want hy het nou ’n lekker hart. Hy besef ook nou die waarde daarvan om positief te wees sodat dit beter met jou kan gaan, want jy is self verantwoordelik vir jou, niemand anders is nie.

Bloemhof

april 2015

esprit de corps

13


personeel-esprit

spesiale oomblikke

Sê dit met blomme Een van die lekkerste goed in die lewe is as ander mense jou harde werk en entoesiasme raaksien. Marie de Jager (Aankoper: Handel Bothaville) het sommer twee keer hierdie maand so 'n dankie-sê gekry. Sy het twee pragtige bosse blomme van tevrede klante ontvang. Die klant van Klerksdorp vertel hy het wyd en syd na krag-opwekkers gesoek, maar kon nêrens regkom nie. "Danksy Marie se vriendelike hulpvaardigheid, het ek binne 'n dag my krag­ opwekker ontvang."

Die pragtige blomme is aan Marie de Jager (Aankoper: Handel Bothaville) gegee om dankie te sê vir die uitstekende diens wat sy gelewer het. Twee klante het haar so bedank.

Die Old Mutual Two Oceans Maraton word nie verniet die wêreld se mooiste maraton genoem nie. Om in die Skoonste Kaap aan die wedren deel te neem is 'n fees vir die oog en hart.

Roenel doen dit weer Ezelda Haasbroek, Lize-marie Twigge en Roenel van Heerden verteenwoordig Vryburg by die Old Mutual Two Oceans Maraton.

Sowat 27 000 mense het vanjaar weggespring. Links: "Lize-marie het so bietjie probleme op die pad gekry en ek het besluit om saam met haar te draf om haar te ondersteun en te motiveer. Ons is saam-saam oor die wenstreep", vertel Roenel van Heerden (regs).

Regs: Verwoestende veldbrande het vroeër vanjaar die Argus-fietstoer nadelig beïnvloed.

14

die gees van ons mense

"As gevolg van die veldbrand in die Kaap ’n ruk gelede was ons bang dat hulle die roete gaan verander", vertel Roenel van Heerden (Adminbeampte Vryburg). Sy en 23 atlete van Vryburg en die omgewing het vanjaar aan die Old Mutual Two Ocean Maraton deelgeneem. Sommige het die 21km halfmaraton aangepak en ander het kans gesien vir die volle maraton van 56km. Die roete het gelukkig dieselfde gebly as verlede jaar, so die drawwers het geweet wat om te verwag. "Hierdie is my vierde Two Oceans en ek is baie tevrede met my tyd van 2:53. Dit gaan eintlik nie soseer oor die tyd nie, dit gaan meer oor of ek die wedloop voltooi en dit geniet," sê sy. Die weer het heerlik saamgespeel – 'n mistige oggend en koel reënerige weer laatmiddag was die perfekte omstandighede. "Dit bly ’n wonderlike ervaring om aan so ’n groot wedloop deel te neem. Die organiseerders doen baie moeite met waterpunte en al die toeskouers langs die pad maak dat die wedloop eintlik soveel korter voel. Dit is ook besonders hoe atlete vriende maak, mekaar weer by wedlope raakloop en so bietjie opvang", sê Roenel.


Babas bring groot vreugde na gesinne

Ervaar die gees van ons mense Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Groep HUB) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemarief@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Eric Geels (Instandhouding) en Yvonne Pieterse (Ontvangsdame Hoofkantoor), is op 4 April getroud. • Nols Mojaki, (Algemene werker Schweizer Reneke), het op 13 April pa geword van ’n dogtertjie. Haar naam Omatla, beteken “Die Here gee ons krag.” • Tessa Barnard (Verkoopsassistent Tosca) en haar man Willem het 18 April die trotse ouers van ’n seuntjie, Chris, geword. Julle is in ons gedagtes: • Retha Rheeder (Hoofklerk Finansiering Wesselsbron) het onlangs ’n groot operasie ondergaan. • Petra Steyn (Ontvangsbeampte Leeudoringstad Handel) het ’n galblaasoperasie, gehad.

• Bennie Enslin (Graanhanteerder Tegnies Hoopstad) se swaer is oorlede. • Venessa Engelbrecht (Ontvangsklerk Christiana) se broer en sy vrou het hulle 15 maande oue seuntjie aan die dood afgestaan. • Lanelle Loots (Hoofklerk Posdienste), het ’n mangeloperasie ondergaan. • Alta Fouché (Hoofklerk Krediteure Leeudoringstad), se skoonmoeder is oorlede. • Marietjie Pretorius (Admin Leeudoringstad-silo), het haar been beseer. • Thys Visagie (Sr-assistent bestuurder Hallatshope-silo), het ’n skoueroperasie gehad. • Breggie Bam (Hoofklerk Suidwes Fin Schweizer-Reneke), se man, Piet is in die Harthospitaal in Bloemfontein opgeneem.

Nols Mojaki (Algemene werker Schweizer-Reneke se dogtertjie Omatla wat beteken, Die Here gee ons krag is onlangs gebore.

personeel-esprit

lief & leed

Tessa Barnard (Verkoopsassistent Tosca) en haar man Willem se seuntjie, Chris, is onlangs gebore.

langdienstoekennings april 35 jaar

Ons sê totsiens

Salome Pieterse (Beampte: Aandele en Administrasie) ontvang haar 35-jaar dienssertifikaat van Derék Linde (Groep HRB).

30 jaar Ons almal by Suidwes neem met ’n swaar hart afskeid van Louise Louw wat na 32 jaar se diens by Suidwes aftree. Anton Jordaan (HUB: Graan) oorhandig ’n dienssertifikaat aan haar.

Elisabeth Makae (Skoonmaker Makwassiesilo) ontvang haar 30-jaar dienssertifikaat van Hanno Fourie (Silobestuurder).

5 jaar

5 jaar

langdienstoekennings april 5 Jaar • Mnr S de Wet (Ing Instandhouding) • Mnr PEW Booysen (Hoopstad Buite-silo) • Mnr CR Bierman (Grondkundige) • Mev J Rossouw (Schweizer-Reneke Handel) • Mnr JV Mojanaga (Reivilo Handel) • Mnr TJ Motlhaoleng (Leeudoringstad-silo) • Me ME Kgosi (Leeudoringstad) 10 Jaar • Mnr LA Phokomusi (Wesstreek Veevoer-depot)

• Mnr EM Mohajane (Wesselsbron Handel) • Mnr LP Mokoroane (Migdol Handel) • Mnr TA Kamele (Reivilo Handel) 15 Jaar • Mej MR Legabe (Sekretariële dienste) • Mev ES Dunhin (Makelary) 25 Jaar • Mev ME De Beer (Streekbestuur Vrystaat)

Maans Nelson ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Simone de Villiers (Takbestuurder Reivilo).

5 jaar

ME Kgosi (Emily) (Skoonmaker Leeudoringstad) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Ben Lubbe (Eiendomme).

Carla de Bruyn (Winkelbestuurder Christiana) ontvang haar 5-jaar dienssertifikaat van Theo Gerber (Takbestuurder).

10 jaar

Adelè Holtzhausen (Belange en Statutêr) oorhandig Dorothy Ngaleka (Hoofklerk Argivering) se haar 10-jaar dienssertifikaat aan haar.

10 jaar

Paul Mokoroane (Vurkhysdrywer Migdoltak ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Jan Nell (Takbestuurder Migdol).

april 2015

esprit de corps

15


spaarsaam

Energieb es gloeilam parende p Suidwes e is by Hand te koop. el

Spaar geld met

die regte gloeilamp

Eskom doen amper elke aand op televisie 'n beroep op Suid-Afrikaners om onnodige elektriese toestelle af te skakel - ons is al gewoond aan die rympie. Die swembadpomp, geysers en onnodige apparate is reeds afgeskakel, alle sekuriteitsligte is reeds met bewingsensors toegerus en jou tuinpaadjie word verlig met klein tuinliggies wat met sonkrag gelaai word. Jy is ook stadig maar seker besig om al die gloeilampe in

jou huis met elektrisiteitsbespa­ rende gloeilampe te vervang. En soos jy seker agtergekom het, kan dit nogal 'n duur storie raak. Die enigste troos is dat jou elektrisiteitsrekening gaan verminder. Daar is egter so 'n groot verskeidenheid gloeilampe beskikbaar dat dit moeilik is om die regte een te kies. In die tabel word die hoeveelheid elektrisiteit wat per uur deur die verskillende soorte gloeilampe verbruik word, vergelyk. Volgens Morné Jacobs, Produkbestuurder: Elektries by Agrinet is daar drie verskillende soorte om van te kies:

1. Halogeen-gloeilampe

Dit is die effektiefste gloeilamp om die gewone tungstengloei­ lampe (gloeidraad-gloeilampe) mee te vervang. Dit gee dieselfde hoeveelheid lig met sowat 30% minder kragverbruik.

2. Energiebespaarders (CFL’s)

Dit is die bekende buisligte (Compact Fluorescent Lamps) wat ons lankal in kombuise en kantore gebruik. Die ligte gee ’n helder lig af en gebruik heelwat minder elektrisiteit as gewone gloeidraad-gloeilampe. Buisligte

werk deurdat ’n chemiese reaksie plaasvind. Die nadele is egter dat dit kwik en fosfor bevat wat dit minder omgewingvriendelik maak. Die ligkwaliteit verswak ook met die verloop van tyd omdat die chemikalieë uitbrand. Hierdie ligte hou nie baie daarvan as die krag kort-kort uitgaan nie en moet ongelukkig gereeld vervang word. ’n Mens kry die gloeilampe in ’n verskeidenheid kleure. Maak seker dat die buislig wat jy koop aan die SABS-standaarde voldoen.

3. LED-ligte

Dié ligte het oor die afgelope vyf jaar toenemend gewild geword omdat dit die minste elektrisiteit gebruik. Daar is reeds ’n groot verskeidenheid LED’s beskikbaar wat die keuse tussen die verskillende soorte ingewikkeld maak. Die beste manier om seker te maak die LED is dié een wat jy verkies is om die Lumens (dit is op die verpakking) te vergelyk. Lumen is die hoeveelheid sigbare lig wat die LED verskaf. Hoe hoër die Lumens, hoe helderder is die LED. Jy kry byvoorbeeld ’n 4W gloeilamp met 180 Lumens én ’n 4W gloeilamp met 320 Lumens. Die 320 Lumen-gloeilamp is die beter keuse. Het jy geweet?

Elektrisiteitsverbruik van die verskillende soorte gloeilampe in Watt per uur

16

Tungsten (gloeidraadgloeilampe) (W)

Halogene gloeilampe (W)

Energiebespaarders – CFL’s (W)

40W

28W

7-10W

4-5W

470lm

60W

42W

15-18W

6-8W

806lm

75W

52W

17-20W

7-12W

1055lm

100W

70W

20-25W

16-20W

1521lm

150W

105W

29-32W

25-28W

2452lm

die gees van ons mense

LEDLumen-sterkte – lm gloeilampe (W) (die sterkte van die lig)

"Die ou soort gewone 60watt en 100watt tungstengloeilampe waarmee ons groot geword het, is volgens regulasie nie meer wettig om te verkoop nie," sê Annette Neethling (Produkbestuurder). Links: Die tabel dui aan hoe­veel elektrisiteit word deur die verskillende gloei­ lampe per uur gebruik.


Onlangs was daar ’n onderwysblogger op Huisgenoot digtiaal wat geskryf het oor wat kinders graag wil hê ouers en onderwysers moet weet. esprit het dit interresant gevind, hoop jy gaan dit ook so vind.

pitkos

Dinge wat leerders wil hê onnies en ouers moet weet Wat leerders wil hê onnies moet weet • Behandel ons met respek, dan sal u as onderwyser respek ontvang. • Toon begrip vir ons verskillende omstandighede en probeer verstaan hoe party van ons tuis behandel word en waarom daar soms regtig ’n geldige rede is waarom huiswerk of take nie gedoen is nie. • Onthou asseblief dat ons baie ander vakke ook het! Baie toetse en take kry ons onder. En dan kry ons nog huiswerk ook. • Gee asseblief meer aandag aan dié van ons wat met die moeilike werk sukkel. Moenie net aanneem ons

verstaan alles nie. • Moet asseblief nie u slegte bui op ons in die klas kom uithaal nie. • ’n Onderwyser wat vriendelik is, maak die klas lekkerder. • Behandel almal asseblief regverdig, ons hou nie van onnies wat witbroodjies het nie. • Moet ons nie verskree nie, ons is ook net mense. • Ons hou van interessante lesse met prentjies en grappies. Moenie net ernstig wees nie; maak soms ’n grappie met ons. • Ons wil ook graag ’n sosiale lewe hê. Ons lewe bestaan meestal uit huiswerk, huiswerk, huiswerk, leer, bad en slaap. • Moenie met ons voor

die hele klas raas nie, dit verneder ons. • Ons hou baie van julle, moet ons asseblief nie afkraak nie. Wat leerders wil hê hul ouers moet weet • Ons dink skoolwerk is vandag moeiliker as in die tyd toe julle op skool was. • Verstaan asseblief hoe baie druk ons moet hanteer. • Wiskunde is nie vir almal nie! • Ons praat nie terug nie, ons wil net graag hê julle moet na ons opinies ook luister. Moet nie ons menings minag nie. • Ons word ook groot en is nie almal meer klein kindertjies nie.

• Ons probeer ons bes om goed te vaar. • Vertrou ons meer en gun ons ’n bietjie meer vryheid. Ons sal ons foute raaksien en daaruit leer. • Wees betrokke by ons en ons skool en ondersteun ons. • Wees veral realisties oor die sport en akademiese prestasies wat van ons verwag word. • Die lewe is nie dieselfde as toe julle kinders was nie. • Ons wil graag meer selfstandig wees, laat ons asseblief toe. • Jou kind is nie so soet as wat jy dink nie . . . • Ons het ook stres! Ja, ons is jonk, maar ons het! • Vertrou ons keuses. • Respekteer ons

privaatheid. Dis vir ons baie belangrik. • Moet ons nie met ander vergelyk nie. • Hou op inmeng met ons verhoudings. • Vergeet die verlede. • Jy is oud, moenie jonk probeer optree nie. • Moenie ons vriende slegsê nie. • Glo ons as ons sê ons het nie huiswerk nie. • Ons is soms ook moeg en geïrriteerd as ons ná ’n lang dag van die skool af kom. • Whatsapp, Instagram, Sype is nie ons grootste probleem nie. • Partykeer is ons regtig te siek om skool toe te gaan. • Ons probeer hard om julle trots te maak! Sjoe! Wat ’n mondvol!

april 2015

esprit de corps

17


Soek die verskille

Hoeveel verskille kan jy kry? Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek word, wen die boek Brei saam met Vrouekeur - Serpe en sjaals met die komplimente van LAPA Uitgewers. Stuur jou antwoord na: esprit.kompetisie@gmail.com. Merk in die onderwerplyn: Soek die verskille. Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywings in. Sperdatum: 24 Mei 2015

wegsteek-kompetisie

Maak vir mamma laventel-badsout vir Moedersdag

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie boompie in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Die hart van ’n wenner wat deur Lux Verbi geskenk is.

Jy het nodig:

Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel boompies Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 24 Mei 2015

’n handvol gedroogde laventel

wat kan dit wees?

wenner Die regte antwoord van die prentjie is rugbypale. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is, is dié van Lezellé van Zyl (AdminBestuurder). Baie geluk! Die boek Eggo’s in die Skimberge, sal binnekort aan jou gestuur word. Die korrekte aantal krieketkolwe wat in die Maart-uitgawe versteek was, was 12. Baie geluk aan Estie Koegelenberg (Meganisasie Schweizer-Reneke). Die boek Brei saam met Vrouekeur sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die krieketkolf weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 2, 7, 8(2), 9, 10(2), 11, 13, 16, 17, 19.

18

die gees van ons mense

250 ml (1 k) Epsom-sout 250 ml (1 k) growwe seesout 30 ml (2 e) jojoba-olie mooi lint en ’n kaatjie waarin ’n gaatjie gepons is. skoon mengbak skeplepel gesteriliseerde glasbottel (om badsout in te skep) Metode: 1. Meng die Epsomsout, growwe seesout en jojoba-olie saam in die mengbak. 2. Druk die gedroogde laventel fyn en voeg by die mengsel. 3. Roer die mengsel goed deur en skep in die gesteriliseerde gasbottel. 4. Ryg die lint deur die gaatjie in die kaartjie en bind dit om die bottel vas. Sit ’n ekstra takkie laventel by. Nou kan mamma in ’n heerlike geurige bad ontspan met ’n koppie tee wat jy vir haar gemaak het.


popcorn

Protea

in wording Jeanne-Pierre Lubbe speel vir twee jaar al krieket, maar dié graad sessie van Laerskool La Hoff in Klerksdorp, het groot krieketplanne. Sy ma, Dalene Lubbe (Kredietbestuurder: Maandrekeninge), sê hy is fanaties oor krieket, of dit nou binnenshuis of gewone krieket is – hy kyk dit, speel dit en leef dit. Geen wonder die jongman het al reeds Noordwes kleure vir binnenshuise krieket verwerf en plek gekry in die KOSH-span (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein) nie. Verlede jaar is hy as Kolwer van die Jaar vir die onder 11’s in sy skool aangewys Jeanne-Pierre kolf baie goed en in indoorkrieket is hy ’n “pace bouler” terwyl hy ’n draaibalbouler in gewone krieket is. Hy wil nog Noordwes kleure vir gewone krieket ook inpalm – en natuurlik so gou as moontlik professionele krieket begin speel, sê hy. Hy speel ook gholf en het pas begin met hokkie. “Eintlik enige iets wat met ’n bal gedoen kan word,” vertel ma Dalene.

’n Foto-vaas net vir Ma Onthou Moedersdag is die 11de Mei. Is jy bietjie platsak maar wil graag iets oulik vir jou ma doen? Hier is ’n maklike geskenk-idee wat jy sommer vinnig en goedkoop kan maak.

Jy benodig: •

Enige groterige glasbottel – koffie, mayonaisse of enige inmaakfles

Maak hierdie oulike vaas met ’n foto van jou daarop - perfek vir 'n mooi bos blomme. Sit sommer ’n bos vars blomme daarin as jy dit vir haar gee.

Enige vorm plakker - dit sal die raam van jou foto wees

’n Blikkie pienk spuitverf ( jy kan enige kleur gebruik)

’n Mooi foto van jouself en jou gesin

Gom om die foto mee te plak

’n Polistireen koppie of plasiek glasie

Stappe: Plak die plakker op die glasbottel, en spuit dan die bottel met die pienk spuitverf - die plakker laat 'n venster waardeur jou foto sal wys. Onthou om die blik vir ’n minuut lank te skud voor jy spuit. Trek die plakker af terwyl die verf nog nat is. As jy wag tot die verf droog is gaan dit die verf saam aftrek! Plak die foto aan die binnekant van die bottel vas sodat die foto deur die raam wys. Plaas die polistireenkoppie of plastiek glasie binne-in die glasbottel en maak dit vol water. As jy die water direk in die bottel gooi, sal dit jou foto laat loskom. Rangskik ’n bossie vars blomme en oorhandig jou geskenk met ’n drukkie aan mamma. * Vra ’n grootmens om jou te help met die spuitverf.

april 2015

esprit de corps

19


agterstoep

Bly stil of klim uit!

kompetisie wie kan dit wees? Kan jy raai van wie die prentjie is? Leidraad: Hy is ’n Suid-Afrikaanse sanger.

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

D

ie Erfgenaam word 18 en leer bestuur. Al genade wat ek kan sien is dat hy in SuidAfrika leer bestuur en nie in Indië nie. Hoe enigiemand ooit in Indië leer bestuur, gaan my verstand te bowe. As ék ’n kind in Indië gehad het en dié kind sê hy wil leer bestuur, het ek hom gehok tot hy 40 is en hy self sien dis malligheid om in Indië te wil bestuur. Dis malligheid om in Suid-Afrika ook te wil bestuur. ’n Mens sien dit eers mooi raak as jy in die passasiersitplek langs ’n leerlingbestuurder sit: In ons wye, droewe land en oor die ver verlate vlaktes ry die mense asof hulle lesse geneem het by Malcolm Campbell in die Bluebird op Verneukpan. Dis net vaal stofstrepe waar jy kyk, hier en daar onderbreek deur ’n bloedplas en gebreekte glas. In die dorp ry almal erger. Hoe natter dit in ons somerreënvalstreek word, hoe vinniger ry almal om uit die reën uit te kom. Daar is altyd net een voormalige Kapenaar in die bondel wat weet ’n mens moet stadiger ry as dit reën en agter hom is ’n leerlingbestuurder (my kind) en ’n toetende streep ongeduldiges wat grimering aansit, koffie drink, kinders hulle spelwoorde vra, gou-gou die dokter bel en sonder flikkerlig deur plasse jaag en vingers swaai en dan skielik voor die leerlingbestuurder stop omdat die voormalige Kapenaar stilswyend en met ’n verbete uitdrukking op die gesig weier om meer as 60 kilometer per uur voor die skool in die reën te ry én by elke stopstraat stop. Dis net suiwer genade dat die leerlingbestuurder nie ’n verskriklike botsing veroorsaak het nie. Genade en die feit dat hy die motor laat vrek het toe ’n natgereënde trompoppie op die sypaadjie verbykom. Die arme Erfgenaam se leermeesters se temperamente is glad nie geskik vir bestuursopleiding nie. Ek was gelukkiger: Toe my pa my in ’n nuwe woonbuurt in my grootworddorp leer bestuur het, het die munisipaliteit oornag één paal geplant, die nag voor my trurat-les. Toe ek agteruit in dié enigste paal vasry, sê my pa: Goed, sit die motor nou terug in eerste rat. My arme erfgenaam se lesse klink anders: Gee nog ’n bietjie petrol. Gee meer petrol. Luister, my kind, gee petrol. Jy moet ’n bietjie meer petrol gee met die wegtrekslag. (So sê die Ridder in ’n langsame, ysig kalme stem, ’n stem waarmee hy slange sou kon toor om uit mandjies uit te dans.) Of: Brieeeek. BRIEK, ag liewe genade tog, jy KAN MOS NIE SO OP STOPSTRAAT AFJAAG NIE, brieeeeek. Jammer, my ding, ontspan, ek bedoel nie om te skree nie, jy ry pragtig, baie beter as laas. Stôôôp. Daar’s ’n kar. ’n KAR! Jammer, my engel, maar daardie tannie sien jou nie, sy sit lipstiffie aan. BRIEEEEK, VERDOMP! (Ek. Ek is regtig baie jammer daaroor. Ek probeer beter word en ek belowe ek SAL beter word soos die kind beter begin bestuur. Ek kry dit selfs al reg om die helfte van my angs weg te steek en soms met ’n slangtoor-stem te praat.) As ek én die Ridder saamry, gaan dit só: Gee ’n bietjie meer petrol. SIEN JY DIE BLOU KAR? Nog ’n bietjie petrol. WAG VIR DIE BLOU KAR, WA-A-AG, ag goeie genade tog. En dan, in ’n stem wat slange kan toor, soos sy pa s’n: Ek dink een van julle twee moet nou stilbly, Ma. e Dan bly ek maar stil en gebruik die tyd tot my beskikking vir voorbidding.

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Die eerste korrekte antwoord wat ons trek, wen die boek Ena Murray - Oordenkings wat deur Lux Verbi geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 24 Mei 2015 Merk jou inskrywing so: esprit: wie is in die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Mei-uitgawe.

In talle huise het Ena Murray deur die jare ’n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie ’n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel. En nou, in dié hersiene, bygewerkte uitgawe. Ena Murray Oordenkings, kom lê sy weer besoek af by haar duisende vriende – hierdie keer met ’n dwingende uitnodiging: Kom loop saam met my die pad wat die Here vir sy mense bestem het! Ena Murray Oordenkings is ’n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook ’n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin. Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.luxverbi.co.za

Esprit de corps april 2015  
Esprit de corps april 2015  
Advertisement