Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

okt*nov 2015 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Die son sak oor 'n goue jaar

Ons braai 2015 koebaai! >22

>3

mpy-esprit 3 personeel-esprit 22 popcorn 28

>14>13

>6

>19

agterstoep 32


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

inhoud ejaar word aan ersfees en Nuwdie Here almal K e ik rl de on ’n W toegewens. Mag like elke personeelliddie feesgety saam met die werk er e. hi nd ën ie se vr ik e en rykl gs, n die lewe, famili kosbaarhede va et al sy sluimerende uitdagine m ik , nl 16 oo 0 rs 2 pe u jo Mag it wees omdat jy die beste jaar oo het. doelwitte bereik ersiens Groetnis tot we Louis Smit

aug/sept se

kompetisiewenners wat is die prentjie?

Rebecca Koaho (Klerk: Bestellings en ontvangstes) is hierdie maand die wenner. Baie geluk! Die detail kom uit die foto van Petro Vermeulen wat op bl 24 van die vorige uitgawe geplaas is. Die boek Labarint, deur Chanette Paul sal binnekort aan jou gestuur word. NB Uitge­ wers het hierdie lekkerleesboek geskenk.

wegsteekkompetisie

Die voorportaal by die Sentrale Kantoor is versier in die gees van die feestyd. Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za

Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

Die korrekte aantal sonnetjies wat in die vorigeuitgawe versteek was, was 14 Baie geluk aan Estè Steynberg (Verseke­ring Schweizer-Reneke). Die 1kg-sak Maatlameel, geborg deur Africum Mills, sal binnekort aan jou gestuur word. Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

mpy-esprit Die son sak oor 'n goue jaar 3 Kortliks 4 Louis en Sandra skuif Midde-Ooste toe 5 Uit die grond rys die boontjies 6 El Niño maak amok 7 Kan aardverwarming voedseltekort veroorsaak? 8 Phetogo ya Seemo sa loapi le tshireletso ya dijo 9 Van koöperasietak tot Kontreiwinkel 10 Draai links by die volgende stop ... 11 "Maak vol, asseblief" 11 Skaapslag en boomplant maak Jongboertjiedae opwindend 12 Wild en wyn loop mooi saam 14 Pragdiere op Kroonveeveiling verkoop 15 Opkomende boere en plaaswerkers vind baat by boeredag 15 Lê aan op Schweizer-Reneke 16 Leersame boeredag op Reivilo 17 Uithou en aanhou in die saal 17 Elkeen het 'n plek in die Suidwes-legkaart 18 Suksesvolle gholfdag op pragtige baan 19 Bereik jou potensiaal by Suidwes 20 SAGE deurstaan die Handel-toets 21

personeel-esprit Ons braai 2015 koebaai! 22 Personeelnuus 24 Lief en leed 25 In memoriam – Ephraim Mothopi 25 Geskenkies om te troetel 25 Seisoene toer van dorp na dorp 26 Handwerk 27

popcorn-pretblad Kompetisies en uitslae 28 Kinderprestasies 29 Lip-lek-lekker bederfies 31 Lekkerder as in die winkel 31

agterstoep Met 'n lintjie aan mekaar beloof Kompetisie: wat is die prentjie?

32 32


S

o aan die einde van elke jaar hou mens mos maar nabetragting – of dit nou werksgerig of persoonlik is – mens staan ’n oomblik stil. Suidwes het vanjaar ’n groot aantal projekte aangepak en dit is nou die tyd waar die halfjaarresultaat bekend gemaak word om te bepaal hoe die maatskappy presteer het. Die resultaat was uitstekend inaggenome die erge droogte wat al vir meer as ’n jaar ondervind word en die feit dat ons vir die afgelope vier jaar al ondergemiddelde reënval kry. As ek so terugkyk na die afgelope vier jaar was daar baie nuwe dinge wat by Suidwes aangepak is. Die belangrikste hiervan was die verandering van die besigheidsmodel waar ons Africum ge­ stig het en ’n koöperatiewe baadjie vir Suidwes aangetrek het saam met die afverkoop van die debiteure aan die Landbank. Suidwes het so baie nader aan die primêre boer beweeg wat ons markaandeel in handel, finansiering en graanverkryging vergroot het. Dit, saam met verkryging van Agrinet, Protek en Agrifriend (in proses) het Suidwes ’n nasionale handelsmerk gemaak en geposisioneer vir groei. Die stigting van Terratek Internasionaal en die oprigting van die meule in Wolmaransstad, asook die skuif van NviroTek, was ander hoogtepunte wat die maatskappy se besigheid gediversifiseer het. Ons is dus nie nou meer net van graan afhanklik nie. Suidwes het ook vir die eerste keer ’n nasionale en internasionale voetspoor via Agri­ net en Terratek Internasionaal.

Infrastruktuur opgeknap

Baie werk is ook gedoen om die infrastruktuur op te knap, wat erg verwaarloos was. Die opgradering van winkels was ’n prioriteit en dit is vandag lekker om in ons Kontreiwinkels rond te stap en inkopies te doen. Die CASEagentskap is toegevoeg tot meganisasie en dit is reeds duidelik dat dit, onder leiding van die nuwe bestuur, ’n groot verskil in die wins­ gewendheid van die besigheid gaan maak. Swart Ekonomiese Bemagtiging bly steeds een van Suidwes se grootste uitda­gings, maar

Spend valuable time with loved ones Despite the commercial connotation to Christmas, it has a much deeper meaning to most people as Christians celebrate the birth of Jesus Christ. Christmas is also the time of year where we spend time with our loved ones. For some it is also a sad time as someone special might have passed away during the year. I would once again like to convey my condolences to personnel who have lost a loved one. May you find inner peace and the strength to get through this difficult period. I also would like to extend my good wishes to all our personnel and their family members who have been diagnosed with cancer and other serious illnesses. We trust that the treatment that you receive will be successful and that you will be healed completely.

ons het die afgelope tyd baie werk gedoen om mense op te lei en in senior poste te plaas vir blootstelling en verdere ontwikkeling. Die aanstel van swart assistent-silobestuurders is ’n goeie voorbeeld hiervan.

Suidwes meer sigbaar

Suidwes het baie geld en tyd spandeer aan die verbetering van sy naam, veral onder primêre produsente en die algemene pu­ bliek. Aanwysingsborde is oral langs veral die N12 opgerig, 22 skole se eerste spanne word geborg, die Seisoene Damesklub is gestig, jongboertjiedae word deur die gebied gehou en die Topklante word jaarliks by Sun City onthaal. Dit is om maar ’n paar inisiatiewe te noem, wat saam met die aanstelling van jong, dinamiese personeel, veroorsaak het dat boere weer graag met Suidwes assosieer.

Suidwes skep eie tradisies

Deur die jaar het ons as personeel ’n paar nuwe ervarings gehad waarvan die Duitse bier­fees in die plek van die Gala-aand ’n groot sukses was. Dit is deel van die strategie om inklusiewe funksies aan te bied waarby elke werknemer betrek word. Die Suidwes-gimnasium was nog ’n briljante toevoeging deur die direksie om gesonde vermaak aan ons mense en die gemeenskap te verskaf wat die spreekwoord: "’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees", prakties maak. Die jolige en kleurvolle deelname aan Loslitdag is ook al ’n instelling by Suidwes. Die strate van Leeudoringstad kom letterlik tot stilstand wanneer ons, in kostuums volgens die Loslittema van die jaar, ’n optog hou. Dit is verblydend om te sien hoe die takke ook meedoen aan dié verdienstelike projek om geld vir persone met gestremdhede in te samel. Verskeie ander inisiatiewe is ook geneem soos die modernisering van die Sentrale kantoor se voorportaal om dit meer gebruikersvriendelik te maak.

maatskappy-esprit

Die son sak oor 'n goue jaar

Return in good health For those of you who will go on a well-deserved break, please drive safely. We are all aware that our roads are unsafe, especially during busy periods. It is important that all of you return rested and in good health to serve the company in your respective positions. With that I would like to wish every staff member a very blessed festive season. May the grace of God be upon you all and that you will enjoy the time with your family and friends, wherever you might find yourself. Nako ya go iketla le ba o ba ratang. Kwa ntle ga bokao jwa kgwebo ka keresemose, e na le bokao jo bo tseneletseng thata mo bathong ba bantsi, jaaka Bakeresete ba keteka letsatsi la tsalo ya Morena. Keresemose ke nako e o ya ngwaga mo re iketlang le bao re baratang. Mo go bangwe ke nako ya bohutsana jaaka ba tlogetswe ke mongwe wa losika yo baneng ba morata mo gare ga ngwaga. a tla bong a basiiele mo tsamaong ya ngwaga. Ke tla rata gape go fetisetsa matshediso go badiri ba setlamo bao ba latlhegetsweng ke ba masika. Ke rata gore le tie mme le bone kagiso mo mowing gore le bone go fitlhelela nako e e thata e. Mmogo ke rata go atolosetsa keleletso masego go badiri ba rona le maloko a malapa a bona bao ba tlhatlhobilweng ka bolwetsi jwa kankere le malwetse mangwe a a bosisi. Re dumela gore phekolo e o e amogelang e tla atlega mme o bone pholo e e feletseng. Boang ka Pholo e Ntle. Go bangwe ba lona ba ba tla tsenang mo maetong a bokhutso, kgweetsang ka pabalesego. Rotlhe re malala a laotse gore ditsela tsa rona ga di a babalesega, bogolo jang ka dinako tse di sephetephete. Go botlhokwa gore lotlhe le boe le le matlhagatlhaga mo maemong a mantle a pholo go tla go tsweledisa merero ya setlamo pele go ya ka maemo a ditiro tsa lona. Ka seo ke rata go eleletsa modiri mongwe le mongwe wa setlamo setlha se se segofetseng sa keteko ya meletlo. A kgalalelo ya Modimo e nne le lona lotlhe le gore le tla itumelela nako le malapa a lona le ditsala, gongwe le gongwe ko le tla iphitlhelang le le teng! Translated by Nkagisang Ditira (Recruitment Officer)

Louis Smit, CEO

oktober • november 2015

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Gee ons ’n nat Somerkersfees Sportspanne ontvang waterbottels

kortliks

2015

is amper iets van die verlede en die Kersgety is reeds met ons. Met nabetragting weet ons dat hierdie jaar nie altyd maklik was nie. Ons het dalk ’n geliefde deur die jaar verloor, of miskien het ons deur toetse en beproewinge gegaan. Tog was daar helder oomblikke in die donker dae en uiteindelik het ons dit alles oorkom! Met die skryf hiervan, het daar nog bitter min reën oor die Suidwesgebied geval en boere kon nog nie begin plant nie. Dit is veral die veeboere wat baie swaar trek met meeste areas waar daar geen weiding meer oor is nie. Dit Hansie en Wilmarie Viljoen is op hierdie stadium nie ’n mooi prentjie nie en ons kan maar net op die Hemelse Vader vertrou om die nodige uitkoms te bied. Ons weet ook egter dat indien die reën kom, die gebied amper oornag kan verander na groen grasvelde en blokke mielies en sonneblom en ander gewasse. Laat die hoop nie beskaam nie – net soos met al die ander uitdagings sal ons hierdie krisis ook oorkom. Ten spyte van die neerdrukkende omstandighede is daar steeds baie om voor dankbaar te wees. Suidwes het ’n halfjaar wins op 30 Oktober van R46.6 miljoen gerealiseer voor aansporingskorting en belasting, amper 50% meer as verlede jaar. Dit is ’n merkwaardige resultaat in die omstandighede en ek wil graag die aandeelhouers en boere vir hulle volgehoue ondersteuning bedank. Ook die bestuur en personeel wat toegewyd hulle take soms onder moeilike omstandighede verrig het. Ons vertrou dat die reën betyds sal wees om hierdie prestasie voort te sit in die tweede helfte van die jaar. Mense maak die organisasie suksesvol en soos wat Kersfees nader kom is dit ’n spesiale tyd vir almal om saam met hulle geliefdes en vriende te spandeer. Ek wil graag aan elkeen ’n baie geseënde Kersgety toewens. Mag die Here jou en jou gesin seën waar julle ookal die Feesgety gaan deurbring en mag 2016 net goeie dinge inhou. Ons vertrou dat die gebied op Kersdag papnat sal wees! Soos die Kerslied klink: "Kersfees kom, Kersfees kom – Gee aan God die eer. Skenk aan ons ’n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer". So sing ons landbouers mos: "Gee ons ’n nat Somerkersfees, o Heer".

Hansie Viljoen Suidwesraad-voorsitter

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

Suidwes het waterbottels aan die sportspanne van die Phakedi Primary School geskenk. Dit is al wat die skool nog gekort het om hulle uitrustings te voltooi en die skool en kinders is baie dankbaar vir die skenking. Pieter Rossouw (Takbestuurder Makwassie) het die bottels aan die afrigters oorhandig.

Protek in Africum-stal Marius Botha (Protek Finansiële Konsultant), Petri Botha (Be­ sturende Direkteur: Protek) en George Pieterse (HUB: Finansies) bekyk die nuwe produkadvertensies van Protek. Protek is ’n nuwe besigheid in die Africum-stal.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Louis en Sandra skuif Midde-Ooste toe Soos almal reeds weet het Louis Smit ’n pos byJenaan Investments aanvaar. Hy sien beslis uit na die nuwe uitdagings wat in die Midde-Ooste vir hom voorlê, maar dit is ’n vreemde land met vreemde mense en praktyke. Esprit het met hom gesels om te hoor of hy en Sandra gereed is vir die groot skuif. esprit: Wat behels die pos? Louis: Jenaan is ’n beleggingsmaatskappy op soek na wêreldwye geleent­hede in die Landbou. Dit sal my verantwoordelikheid wees om hierdie geleenthede te identifiseer, te ondersoek en aanbevelings daaroor te maak. esprit: Waar gaan jy en Sandra woon? Vertel ons oor die huisvesting. Louis: Daar is verskeie opsies, van villas tot woonstelle, meestal teen die see met moderne, gemeen­ skaplike fasiliteite soos gymna­ siums en swembaddens. Ons gaan vir die eerste maand in ’n gemeubileerde eenheid bly totdat ons ’n geskikte blyplek gekry het. esprit: Hoe voel Sandra oor die skuif soontoe? Gaan die Moslemkultuur ’n groot invloed op haar kom en gaan hê? Louis: Sy is baie lief vir die stads­ lewe en Abu Dhabi is ’n wêreldstad soos enige ander. Daar is drie keer meet ex pats (mense van ander lande) as wat daar burgers is. Net die Suid-Afrikaners in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) word op meer as 100 000 geraam! Dus is daar waarskynlik ook meer nie-Moslems as Moslems en daar is geen beperking op ’n vrou se regte in terme van kleredrag of beweging nie. Ons het ook reeds by ’n Afrikaanse kerk met 600 lidmate ingeskakel.

Dit is ’n verlengstuk van die Moreletta Park makro-gemeente in Pretoria. Abu Dhabi word ook beskou as een van die rykste en veiligste stede ter wêreld. Dit brei teen ’n geweldige tempo uit en is reg langs Dubai. esprit: ... en die nuwe kleinkind? Louis: Natuurlik gaan ons hom en die hele familie baie mis! Ons sal egter gereeld oor en weer kuier, aangesien die prys van vlugte daarheen baie kompeterend is. Daar is drie vlugte per dag van OR Tambo af. Abu Dhabi is naby Europa en ander wêreldbestemmings met maklike toegang via Emirates en Ethiad-lugrederye. Ons sal van tyd tot tyd saam met die kinders in Europa gaan toer. esprit: Watter verbinding het Suidwes met Jenaan Investments? Louis: Terratek International (TI) het ’n ooreemkoms waar TI die adviesdienste vir hulle projekte verskaf. Ons sal dit uiteraard wil uitbrei. Jenaan voer ook jaarliks groot hoeveelheid graan en veevoer in, wat ek graag in die toekoms deur Suiwes sou wou kanaliseer. esprit: Die aanpassing in ’n vreemde land is gewoonlik stresvol. Louis: Stres was maar nogal altyd deel van my lewe en loopbaan.

Louis en Sandra Smit by die Topklante-funksie wat vroeër die jaar by Sun City gehou is.

Ons is egter baie opgewonde. Ek het op 34 die besturende direkteur van Laeveld Koöperasie geword en het sedertdien hierdie rol in verskeie maatskappye vervul. Ons het gevoel dat hierdie verandering, na 20 jaar, ’n lekker uitdaging is met die geleentheid om te toer en natuurlik Dollars te verdien. Die feit dat daar geen inkomstebelasting is nie, maak dit natuurlik net aantrekliker! Ek het ook vir vier jaar deeltyds in Australië gewerk. esprit: Wat mag julle saamneem in terme van huisraad ensovoorts? Louis: Jenaan betaal my ’n motor­toelaag. Omdat daar geen

belasting is nie, is motors daar baie goedkoper as in Suid-Afrika – ons sal dus daar koop. Hulle bestuur ook aan die regterkant, so ons voertuie is nie geskik nie. Ons kry ’n toelaag om meubels te koop. esprit: Wat sal jy altyd van Suidwes onthou? Louis: Die ’agility’ (behendigheid) van die boere om in die wisselvallige omstandighede suksesvol te boer. Hierdie boere is beslis van die beste en taaiste ter wêreld.  esprit: Wat gaan jy die meeste van Suidwes mis? Louis: My kollegas en bestuurspan. 

oktober • november 2015

esprit de corps

5


< stories uit soedan >

soedan

Die grondboontjies kom goed op en die stand lyk goed. Julie en Augutus was baie warm en die aanvanklike groei stadig. Grondboontjies neem baie water op om die plant af te koel, en as dit warmer as 35 °C word, groei die plantjie nie meer.

Die plante is voortdurend gemonitor en bemesting is aangepas na behoefte. Geen siektes of insekskade is waargeneem nie.

Uit die grond rys die boontjies DIE TERRATEKSPAN OP Al-Dabbah is tans besig besig om die eerste aanplanting van grondbone in hierdie distrik te oes. Die Al-Gezera gebied suid van Khartoem en Darfur-Wes, in Soedan is bekend vir sy grondboonproduksie. Soedan was in die verlede die grootste uitvoerder van grondbone en tel steeds onder 5 grootste produseerders van grondbone. Die land het in 1979, 180 000 ton grondbone geproduseer maar kon tot op datum nie weer

dieselfde produksievlak bereik nie. Die konflik in die Darfurstreek het ’n negatiewe invloed op die grondboonproduksie, waar groot aanplan­tings gedoen is, gehad. "Vir ons proef is net 12 ha grondbone aangeplant om die opbrengspotensiaal te bepaal. Ons het geen grondboonimplemente gehad nie en die implement wat wel gehuur is, kon ook nie die werk doen nie. Ons moes maar hand in die grond steek om die werk

Die span moes heelwat verstellings aan die planter maak voor daar geplant kon word. Met die kommersiële aanplantings sal nouer rye geplant word vir beter opbrengste.

maatskappy-esprit

Met die kwik bo 47 °C, is die dors groot.

gedoen te kry," vertel Carl Bierman. Die arbeiders het die grondbone uitgetrek en op hope gepak. ’n Klein plukker is gebruik om die boontjies te pluk. "Dit is duidelik dat die potensiaal vir grondbone goed is. Danksy die warm klimaat, sal ’n mens selfs twee oeste per jaar kan afhaal. Die aanvraag na grondbone in Soedan is baie groot en uitvoer na Europa is moontlik." Die werkers oes die grondboontjies met die hand en pak dit in hopies. In ’n komersiële aanplanting sal die regte implemente gebruik word en die proses sal vinniger verloop. Die wortelontwikkeling word goed gemonitor.

Die grondboondoppe word in sakke gegooi en na die kopers vervoer.

6

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Die ’stout’ seuntjie van klimaat maak amok met die weer

El Niño in ’n neutedop

Die El Niño-verskynsel kan kortweg gedefinieer word as die vloei van ongewoon warm water langs die westelike kus van SuidAmerika wat wye ver­ anderings in die weer op ander plekke veroorsaak. Dit beteken dat areas wat normaalweg droog is, besonder baie reën kry en anders om. El Niño

versteur dus normale weerpatrone wêreldwyd.

Temperatuurafwyking van die see-oppervlak: Julie 2015

Van waar die naam?

Die eerste keer dat die benaming ’El Niño’ (die babaseun) gebruik is om na klimaatsverandering te verwys, was in 1892, toe ’n sekere kaptein Camilo Carrilo dit so genoem het op ’n geografie-kongres in Lima, Peru. Vissers van Peru in Suid-Amerika het opgemerk dat die koms van die warm seewater met die Kerstyd saamval en dit El Niño genoem, wat ’die babaseun of kind’ beteken, met verwysing na Christus se geboorte. Die warm water van El Niño bly gewoonlik sowat vier jaar lank teen die Suid-Amerikaanse kus en beweeg dan stadig oor die Stille Oseaan na Indonesië, waar dit vir die volgende vier jaar bly. (As die warm water aan die kus van Indonesië is, word dit La Niña genoem. Dit beteken ’die meisie’.) Die verhoging in die

Breedtegraad

EL NIÑO. Elke kort-kort lees en hoor ons van hierdie weerverskynsel, maar min mense verstaan rêrig wat dié potensiële moeilikheidmaker met die aarde se weerpatrone aanvang. Baie inligting is al ingewin oor die verskynsel wat ook die weer in Suid-Afrika kan beïnvloed en byvoorbeeld tot droogtes en vloede in ons land kan lei. "Die mening van weervoorspellers is dat dié seisoen moontlik die sterkste El Niño in 50 jaar kan wees," sê Christo Smit (Produsentekommunikasie en -inligting: Graan).

Lengtegraad

Bo: Met die voorspelling van El Niño word gereeld gekyk na die seetemperatuur in die Stille Oseaan. Die figuur wys hoe die seetemperature op 1 Julie 2015 gelyk het. Die donker oranje en rooi gedeeltes dui die seetemperatuur in die Stille Oseaan aan.

temperatuur van die see­ water op die bepaal­de plekke het ’n waarneem­ bare uitwerking op klimaat regoor die wêreld. Klima­ toloë het oor dekades vasgestel dat ernstige El Niño-toestande drama­ tiese afwykings van die normale weerspatrone kan veroorsaak. Dit sluit

droogtes in Afrika, Australië en Indië in, en matige winters in Kanada.

Die gevolge van El Niño

Die veranderde patrone in die seelewe in die Stille Oseaan, ontwrig die visserybedryf erg. Die invloed op die koraalriw­ we in die Stille Oseaan kan

ook ingrypend wees. Die warm water veroorsaak ook swaar reën, wat die normale atmosferiese toestande deurmekaar krap. Dit is kommerwekkend dat die see-oppervlak met sowat 18 cm sedert die begin van die vorige eeu gestyg het.

oktober • november 2015

e

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

soedan 8

Kan aardverwarming

voedseltekort veroorsaak?

D

ie Weerburo se voorspelling van ’n besonderse sterk El Niño het gerealiseer. Die swakste reënval in baie dekades, met bo-normale hoë temperature is oor feitlik die hele land in November gemeet. Dit is daarom dat die knellende droogte amper die enigste onderwerp is waaroor daar tans gepraat word. Damme is besig om op te droog en ernstige waterbeperkings is reeds op verskeie stede en dorpe ingestel. In Johannesburg en verskeie ander dorpe is daar areas waar die inwoners water van sentrale punte moet aanry. Dít is uiters frustrerend, juis omdat dit ’n ongehoorde situasie is. Toegegee – dit is beslis nie lekker nie, maar hierdie is ’n spreekwoordelike vulletjie indien die droogte sou voortduur. Die effek daarvan op die landbou sal baie erger wees en groter langertermyn gevolge vir Suid-Afrikaners inhou as bloot ongerief! KwaZulu-Natal en die Vry­ staat is reeds tot rampgebiede verklaar en ’n aansoek vir dieselfde word tans vir Limpopo en Noordwes oorweeg. Die somerreënvalstreke kort dringend goeie reën en met die skryf van hierdie artikel was dit reeds te laat vir die verre Oostelike dele om ’n normale aanplanting te doen. In Suidwes se bedieningsgebied is die grondprofiel kurkdroog na vier jaar se ondernormale reënval en landboutoestande is die swakste in jare. Veral veeboere

die gees van ons mense

Die effek op die landbou sal baie erger wees en groter langertermyn Die voor-en-na-foto gevolge vir Suidvan die invloed van Afrikaners inhou as aardverwarming op bloot ongerief. Die Sperry-gletser in

trek lank reeds swaar weens die droogte en moet die­re teen baie hoë koste voer omdat daar feitlik nêrens meer weiding beskikbaar is nie. Om sake te vererger is die langtermyn weervoorspelling dat goeie reën eers in Maart 2016 verwag kan word. ’n Baie swak graanoes hou ramp­spoedige gevolge vir die land se voedselsekuriteit en die ekonomie in. Dit sal grootskaalse invoere tot gevolg hê, en teen die swak wisselkoers sal die verbruiker baie meer moet betaal vir stapelvoedsel soos pap en brood. Alle ander produkte soos vleis, hoenders, eiers en suiwelprodukte, wat graan as basis gebruik om geproduseer te word, se pryse sal ook die hoogte inskiet. Dit kan weer op sy beurt tot sosiale onrus lei indien mense nie basiese voedsel kan bekostig nie. Die enigste positiewe gevolg wat hieruit kan voortspruit, is dat die Regering die waarde van die kommersiële landbouers van die land sal besef. Die ondernomale reënval is nie buitengewoon nie, maar die toename in temperature en intensiteit van droogtes word deur aardverwarming veroorsaak. Ek dink almal stem na dese saam dat dit nie net ’n gerug is nie, maar ’n werklikheid. Hoewel daar wêreldwyd inisiatiewe geneem word om die effek van aardverwarming te verminder, is die gevolg daarvan reeds oor baie dele van die planeet sigbaar. Mens kan maar net hoop dat die pogings versnel sal word.

die VSA (Montana) illustreer die verskynsel onteenseglik. Gelukkig weet ons uit ondervinding dat een goeie weerstelsel die scenario oornag kan verander. Ek dink egter dit is uiters noodsaaklik dat die Regering kennis moet neem van die huidige voedselsekuriteitrisiko, waarskynlik vir die eerste keer ooit in Suid-Afrika. Aardverwarming is ’n werklikheid en die langtermyneffek daarvan op Suid Afrika beteken dat ons land droër sal word. Dit raak krities belangrik dat ons kommersiële boere be­skerm sal word! Louis Smit HUB

Aardverwarming in ’n neutedop Aardverwarming gebeur wanneer die gemiddelde temperatuur van die aarde se atmosfeer en oseane styg weens die toename van koolstofdioksied (CO2) en ander kweekhuisgasse soos metaan en dryfgasse wat deur die mens veroorsaak word. Daar word voorspel dat die temperature tussen 1990 en 2100 met 1,4° C tot 5,8° C kan styg. Die ergste scenario sou ’n vernietigende effek op die landbou soos ons dit ken, hê.

Die voor-en-na-foto van die invloed van aardverwarming op Die Sperry-gletser in die VSA (Montana), illustreer die verskynsel duidelik.


maatskappy-esprit

M

o ngwageng tse pedi tse di fetileng, lefatshe le ntse le itemogela seo se bediwang ka lereo le â&#x20AC;&#x153;seemo se se sa iketlang sa dijoâ&#x20AC;? ka kgolagano ya dikarolwana e tlile mo ntlheng ya go tlhola tlhatloso mo tlhwatlhweng ya dijo le go bangwe, tlhaelo e e tshosang ya dijo. Go le jalo dipholo ntse di farologana: The results have been various: Kwa dinageng tse di kopaneng, matshwenyego mo tlhatlhogong a tseile taolo mo dingangisanong tsa sepolotiki go ya ngwageng wa ditlhopo tsa boeteledipele. Dinaga di feta dile some le bone di bone dikhuduego le ditshupetso mo ntlheng ya tlhatloso ya dijo. Go ralala lefatshe, tshepo mo kgwebisanong ya lefatse e e iseng e nonofe e ile ya lekwa jaaka dipuso tse mmalwa di tsenyeletsang India, Vietnam, and Cambodia di batla go thibela kana go lekanyetsa thomelo ntle ya dithora/peo. Tlholo ya seemo se se sa iketlang se e menagane, bontsi jwa tsona di batla di sena sepe le phetogo ya seemo sa loapi, go tsenyeletsa le tlhwatlhwa godimo ya oli, dollara e e bokoa, dipeeletso tse di phopholetswang, le kgolo ya sechaba. Ka jalo, dikarolwana dingwe di

amana le seemo sa phetogo ya loapi, thata jang metseletsele e e bonalang ya ditiragalo tsa maemo a bosa( go tsenyeletsa le ngwaga tse thataro tsa komelelo kwa Australia, letsubutsubu kwa Burma, morwalela kwa bogare-bophirima jwa Amerika) seo se fokoditse theko ya dithoro/peo mme sa lebisa kwa ditlhwatlhwa kgolo tse di sa totobalang. Jaaka dijalwa tsa maatla di gaisana le dijalwa tsa dijo ka tsholofelo di kgaola lenaane la dijo mme di ise ditlhwatlhwa godimo. Bontsi bo botsa ka tiriso ya dijo mo go tlhagiseng leokwane ntswa go na le thekenoloji e e teng go kgotsofatsa topo ya maatla ntle le go neela mo tlaleng ya lefatshe. Go bonala kgonagalo e e kwa godimo gore mo bokamosong phetogo ya seemo sa loapi e tla fokotsa tshireletso ya dijo le go atolosa sekgala magareng a bahumi le bahumanegi. Go thibela tsenelelo ya bothata jwa dijo le go fokotsa bokgoni jwa go sa iketlang ga botsalano, go tla tlhokagala kgato e e bonako go fokotsa tatlhelo-ntle ya gase mo moagong o dijalo di godisiwa ka bonako go na le kwa ntle (greenhouse gas emission), melawana go sireletsa dimilione tsa batho bao ba lebaganweng ke bohuma

le tlala, le phetogo mo tiragatsong ya temo lefatshe ka bophara. Lefa temo a tla patelediwa go amogela dikgwetlho tse di golaganyang le maemo a mmu o moshwa, mofuta wa bosa le gonneng teng ga metsi, go na le kgatelelo go bona ditsela tsa go fokotsa kabelano e e tseneletseng go thutafatsa moago o dijalo di godisiwang ka bonako go nale kwa ntle (greehouse). Tiragatso ya ga jaana ya temo e tlhoka oli e ntsi go tlhagisa menontsha ya khemikala e e tlokagalang go godisa dijalo, go tsamaisa madirelo a a fetolelang dithoro mo dijong tse di phutetsweng, go tshela dirori le difofane leokwane go rwalela dijo go ralala lefatshe. Jaaka tlhwatlhwa ya oli e

oktober â&#x20AC;˘ november 2015

esprit de corps

maatskappy-esprit

Phetogo ya Seemo sa loapi le tshireletso ya dijo

tlhatloga, boleng jwa go tshegetsa madirelo a temo jwa tlhatloga, ka jalo tlhwatlhwa ya dijo e ye godimo le yona. Tebego ya seemo sa loapi se bonela-pele gore thulano ya phetogo ya seemo sa loapi mo temong se tla fapaana go ya kgaolo, go tlaleletsa go sa lekalekaneng ga lefatshe. Bao ba phelang kwa godimo le magareng a equator bat la fitlhela gore grata go ya go tse pedi tsa mogote sentlentle di tokafatsa tlhagiso ya dijalo. Ba batlisisi ba begile fa tlhagiso ya dijalo le leruo di tlile go wela kwa tlase ko Latin Amerika, mme Asia yone tshireletso ya dijo e tla tshosediwa ke merwalela le komelelo, fa Sub-Saharan Afrika e tla itemogela tatlhegelo ya tlhagiso ya cereal ka di peresente dile some a mararo le boraro (33%) ka ngwaga wa kete-pedi some a marataro (2060). Ka ngwaga wa kete-pedi some a robedi (2080), di peresente dile some a supa le botlhano (75%) tsa batho botlhe ba ba leng mo kotsing ya tlala ba phopholediwa go phela mo kgaolong e (Sub-Saharan Afrika). Ka jalo go ja dijo tse di tlhagisitsweng le nama e nnye go fokotsa topo ya temo le tlhagiso ya leruo, go nolofatse bothata jwa tlhwatlhwa ya dijo. Ka phitlhelelo ya tshedimosetso ka ga dijo le dipoelo mo seeming sa phetogo ya loapi, reka solofela go dira tlhopo e e rutegileng le go thibela bothata jwa dijo mo bokamosong.

9


< fokus op handel >

maatskappy-esprit

Van koöperasietak tot Kontreiwinkel

fokus Daar is oor drie jaar aan Suidwes se handelstakke gewerk en verbeter onder leiding van Patrick Nelissen (Hoof Opera­ sionele Beampte). Die nuwe Kontreiwinkels, soos die handels­ takke nou bekendstaan, spog nie net met ’n nuwe naam nie maar ook met nuwe rakuitlegte, produkreekse en ’n nuwe voorkoms.

winkels is daar ’n konstante groei in verkope sedert die opgradering. Die nuwe en vriendeliker werks­ omgewing het ook ’n positiewe uitwerking op personeel in terme van motivering, klantediens en personeelomset. Verder is dit ook opvallend dat ander besighede in die omgewing van die Kontreiwinkels sedertdien ook begin moeite doen met die voorkoms van hulle besighede.

Esprit het met Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder: Handel) gesels oor die Kontreiwinkels en waar ons nou staan met dié groot projek.

esprit: Hoe belangrik is die koopervaring vir ’n klant? DB: Die koopervaring is uiters belangrik vir die groei in omset. Die koopervaring word beïnvloed deur klantediens, die reekse wat ons aanhou, die prys en beskikbaarheid van produkte en die uitleg van rakke en uitstalruimtes. Rakuitleg, produkuitleg en winkelvoorkoms is ’n wetenskap op sy eie en die kundige personeel van Agrinet staan elke takbestuurder by met die saamstel en uitleg van hulle winkels.

esprit: Die verandering van die naam val lekker op die oor, waarom het julle op ’Kontreiwinkel’ besluit? DB: Met die vernuwing van die handelstakke, die nuwe buitelewe en klerasie reekse en die ’look and feel’ van die winkels, kom daar meer algemene publiek en toeriste in ons winkels. Dit beteken dat ons ook begin wegbeweeg van die tradisionele koöperasiekonsep na ’n meer moderne winkel wat in meer as net die boere se behoef­ tes voorsien. Heelwat van ons Kontreiwinkels is op hoofroetes geleë wat die geleentheid bied om toeriste te lok. esprit: Die opgradering van die winkels is bykans voltooi, hoekom is dit gedoen en hoe het dit die omset/wins van hierdie deel van Suidwes se besigheid beïnvloed? DB: By meeste van die Kontrei-

10

die gees van ons mense

esprit: Wat verwag klante van ’n winkel? Hoe gewild is die promosies? DB: Klante hou nie noodwendig van verandering nie. Hulle weet waar elke produk in die winkel is en raak geïrriteerd as voorraad rondgeskuif word. Dit neem tyd om vertroud te raak met veran­ dering, maar in meeste winkels is die klante reeds gewoond aan die nuwe uitleg. Ons kry baie komplimente vir die opgraderings en die standaard van ons Kontreiwinkels.

Die personeel van Handel is ’n gedugte span wat saamwerk om Suidwes se klante te bedien.

Ons het ook ons benadering tot promosies verander deur die tyd­ perk van ’n promosie te verkort en eerder meer gereeld verskillende promosies aan te bied. esprit: Hoe belangrik is prys vir klante en hoe vergelyk die Kontreiwinkels se pryse met ander soortgelyke winkels? DB: Prysvergelyking is ’n konstante proses. Daar word gereeld mandjieinhoud-vergelykings gedoen en soms beteken dit dat ons van verskaffer moet verander om pryskompeterend te bly. Vir sommige reekse en produkte is klante baie handelsmerkgebonde en sal selfs meer betaal vir die beter gehalte van ’n handelsmerk. esprit: Hoe besluit Handel op die soort voorraad in die winkels? Gaan dit uitgebrei word? DB: Die Verkrygingsafdeling en die takbestuurders is voortdurend in kontak om die behoeftes en terugvoer van klante te bespreek. Tydens maandelikse produkkomiteevergaderings kry nuwe verskaffers die geleentheid om hulle produkte bekend te stel en word bestaande produkte en reekse deeglik bespreek. Die Produkkomitee besluit oor die lewensvatbaarheid van nuwe produkte en die ontvanklikheid van die mark vir ’n nuwe of alternatiewe reeks. esprit: Watter produkte verkoop die beste?

DB: In ons voorraadstore verkoop die insetmiddele soos saad, kunsmis en veevoere natuurlik baie goed terwyl daar in die Kontreiwinkels groter klem geplaas word op veemiddels, veemedisyne, pompe en motors, besproeiing, hardeware, verf en tuinbou. Die seisoen en weersomstandighede speel ’n groot rol in kooppatrone. esprit: Gaan julle in die toekoms varsprodukte verkoop? DB: Nee, die plaaslike kleinhandelaar wat fokus op huishoudelike produkte verskaf ook varsprodukte. esprit: Het julle terugvoer van klante ontvang na die opgraderings en wat is hulle kommentaar? DB: Die terugvoer is oorweldigend positief. Dis hoogs onwaarskynlik dat enige persoon negatief sal reageer op ’n aangename koopervaring, groot en netjiese winkels wat goed belig word, vriendelike personeel en ’n groot verskeidenheid produktereekse. esprit: ’Die klant is altyd reg’. Is dit nog relevant vandag? Is dit ook Suidwes se opinie? DB: Die klant is nie altyd reg nie, maar steeds is dit elke personeellid se plig om klanteteveredenheid te verseker. Baie moeite word gedoen op produkte te bekom wanneer dit nie in voorraad is nie. Na-verkoopdiens is harde werk, maar is krities in ’n kleinhandelbesigheid. e


maatskappy-esprit

Wen ’n 1 liter Kaufmann-fles

Mense gaan nooit weer wonder waar die naaste Kontreiwinkel is nie. Toeriste, dorpenaars en boere hoef net die pyltjies te volg! Die eerste van sewe padaanwysingsborde is onlangs by die ingange na Bloemhof en Christiana opgerig. Die borde vorm deel van Handel se bemarkingstrategie om klante na die Kontreiwinkels te lok. "Elke bord is sowat 3m hoog en 5m breed, wat dit lekker sigbaar maak," sê Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder: Handel). Die inligting op die borde is ’n aanduiding van die diens­ te en produkte wat by die verskillende Kontreiwinkels beskikbaar is. "Die borde vorm ook deel van die korporatiewe beeld van Suidwes. Die opgradering van die winkels Die Kontreiwinkelbord by Christiana dui die verskillende dienste en produkte aan wat beskikbaar is. was ’n noodsaaklike eerste stap in die korporatiewe bewusmakingstrategie van die maatskappy," sê Deon. Elke bord dui ook die rigting en afstand na die betrokke winkel aan. Binnekort gaan die Suidwes Kontreiwinkel ’n baken in Die produkte en dienste by elke Kontreiwinkel word met maklik herkenbare tekens aangedui. elke dorp in die bedieningsgebied wees.

toilette

vulstasie, petrol, diesel, bande pomp, olie

buitelug- en kampeertoerusting, jag en visvangtoerusting

geskenke

veevoer

tuintoerusting, besproeiing, saad

maatskappy-esprit

Draai links by die volgende stop ...

Neem ’n foto van jouself of jou gesin/kollegas by die Kontreiwinkelbord in jou dorp en stuur dit aan sunellevr@suidwes.co.za Die interessantste foto wen ’n Kaufmannfles met die komplimente van Agrinet. Foto’s moet in fokus wees asb en groter as 1MB. Sluit jou naam, posbenaming en kontakbesonderhede in.

kruideniersware

werkswinkel, onderdele, heelgoedere

Die Kontreiwinkelpadbord by Bloemhof is onlangs opgerig.

’Maak vol, asseblief’

By die splinternuwe vulstasie op Wesselsbron kan klante nou in styl brandstof ingooi, bande laat pomp, olie en water nagaan voor hulle die langpad verder vat.

oktober • november 2015

esprit de corps

11


hoopstad

< fokus op handel >

maatskappy-esprit

toekoms

Skaapslag en boomplant maak Jongboertjie­dae opwindend Om te aanskou hoe ’n skaap gedurende ’n post mortem oopgesny word, is nie elkeen se ding nie, maar dit is een van die demonstrasies wat kinders na Suidwes se Jongboertjiedae laat stroom. Kinders van ’n aantal skole Twee skoolseuns ervaar die gemak van die New Holland T6070-trekker. het onlangs na Hoopstad en Wolmaransstad gestroom vir so ’n Jongboertjiedag en dit is hier waar ’n veearts die skaap oopgesny het en al die ingewande beskryf het. So het hulle geleer dat siektes jou diere sommer vinnig kan vernietig. Twee Jongboertjiedae is op Hoopstad en Wolmarans­ stad gehou en kinders van die omliggende skole het dit bygewoon. Op die verskillende dorpe het Hanro Steenekamp (takbestuurder van Hoopstad Kontreiwinkel) en Nardus Pienaar (takbestuurder van Wolmaransstad Kontreiwinkel) die jongklomp aan die Jongboertjiekonsep bekendgestel. Die jongboertjies het die dag afgeskop met ’n lekker Skoliere luister aandagtig na die sprekers. beker koffie waarna ’n propvol program op hulle gewag het. Plaaslike jongboere het met die kinders gesels, Ruggedwear het tydens ’n modeparade van hulle gemaklike klere vir die buiteluglewe vertoon en daarna het die aksie begin. Dit was ’n vol dag met hope interessante inligting wat deur verskaffers soos Suidwes Meganisasie, New Holland, Voermol, Protek, Zoetis, MSD, Hoopstad-silo, Gallagher, Formalito en Cipla verskaf is. Op Hoopstad is die kinders geleer hoe om ’n boom te plant en elkeen is huistoe met nie net hulle medaljes en sertifikate nie, maar ook met ’n suurlemoenboom van Protek. Op Wolmaransstad is elke jongboertjie huistoe met ’n kuiken, kuikenkos en klompie kennis van ’n hoenderboerdery. Ons wys op die volgende bladsye hoe die kinders die verskillende Jongboertjiedae geniet het. Te oordeel aan die breë glimlagte, was dit ’n dag vol pret en plesier terwyl hulle interessante nuwe aspekte van boerdery aanskou het. Onder en links: Alna McIntyre (Onderdele Bestuurder Hoopstad) en Artie Kruger (Heelgoedere Bemarker Hoopstad) by ’n New Hollandtrekker. Die kinders het dit geniet om die trekker van naderby te beskou en het graag daarop geklim.

12

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

< fokus op handel >

wollies maatskappy-esprit

Kinders kyk belangstellend toe terwyl Anje Kellerman hulle oor die afronding van Dorperskape vertel.

Bo: Een van die jongboertjies besig om die Jongboertjielogo uit staal te sny.

Bo: ’n Jonboertjie wys wat hy van skaapboerdery geleer het. Links: Wie kan ’n donsige kuikentjie weerstaan? Regs: Elke kind het ’n rugsakkie met die Jongboertjielogo op ontvang.

Bo: Die sweisdemontrasie het baie belangstelling gelok. Die manne van Meganisasie het die kinders gewys hoe. Onder: ’n Jongboertjie moet ’n skietding kan hanteer.

nog foto’s op bl 14 >>

oktober • november 2015

esprit de corps

13


< fokus op handel >

maatskappy-esprit

wollies

toekoms

Bo: Brandmerk is vinnige werk, soos die jongman geleer het. Onder: Ongeveer 170 kinders het die dag bygewoon.

Bo: Elke jongboertjie het ’n jongboertjie rugsak ontvang met ’n koffiebeker en promosiemateriaal. Regs: Die Jongboertjies luister en kyk aandagtig na die skaap- en tuinboedemonstrasies.

Wild en wyn loop mooi saam Die jaarlikse Wyn- en wildsvleisaand was weer ’n groot treffer op die Bos­ hof kontreikalender. "Al die kaartjies is uitverkoop en sowat 350 mense het die skousaal volgepak", vertel Deon Badenhorst (Operasionele Bestuurder: Handel). Suidwes Landbou en Standard Bank was borge en ’n verteenwoordiger het as spreker opgetree. Heleen en haar personeel van Boshof Kontreiwinkel het van die buitelewe produkte uitgestal. Die tafels het gekreun onder ’n groot verskeidenheid wildspasteie en -potjies wat deur inwoners van die Boshofdistrik voorberei is. Onder: Sowat 350 mense het die wilds- en wynaand op Boshof bygewoon.

14

die gees van ons mense

Bo: Anel, Julian, Karin en Heleen (Takbestuurder) het gesorg vir die Suidwes-uitstalling. "Dié jaarlikse wyn- en wildsvleisaand is ’n gewilde funksie op Boshof," vertel Deon Badenhorst (regs). Onder: Die Springbokpotjie het groot aftrek gekry.


maatskappy-esprit

< fokus op handel >

Pragdiere op Kroonveeveiling verkoop

Robbie Dawes (Takbestuurder Vryburg Kontreiwinkel) by Jan van Zyl, ’n gewaardeerde Suidweskliënt en die gasheer van die Kroonveeveiling. Vryburg Kontreiwinkel kon veevoerprodukte by die veiling uitgestal.

Opkomende boere en plaaswerkers vind baat by boeredag

maatskappy-esprit

Kopers van sover as Namibië, Botswana en Zimbabwe het saam met plaaslike kopers die jaarlikse Kroonvee­ veiling bygewoon. Dié veiling, wat op 4 November op Jan van Zyl se plaas tussen Reivilo en Vryburg, gehou is, lok gewoonlik baie belangstelling. Jan is die trotse eienaar van die Kroonvee-brahmanstoet en is wyd en syd bekend vir sy gehalte stoetvee. Volgens Jan, wat verlede jaar as die Boer van die Jaar aangewys was, was hy baie tevrede met die verkope gegewe die erge droogte in die gebied.

Plaaswerkers en opkomende boere word betrek by boeredae, waar hulle opleiding in ’n verskeidenheid boerderyaktiwiteite ontvang. So het hulle by die Helpmekaarstudiegroep se Boeredag, wat by die Leeudoringstad Veilingskraal gehou is, opleiding ontvang in draad trek, onthoring en brand van beeste, die spuit en hantering van beeste en skape en die vooraansitinspeksie (’pre start’) op ou en nuwe trekkers. "Dit was ’n uiters suksesvolle boeredag wat deur boere en plaaswerkers bygewoon is," het Rall (Takbestuurder Leeudoringstad) gesê.

Die spoggerige veilingslokaal op Jan van Zyl se plaas.

’n Koper van ’n buurland het R160 000 vir dié besondere brahmanbul betaal. Dit was ook die hoogste bod van die dag.

Plaaswerkers en opkomende boere ontvang opleiding in ’n verskeidenheid boerderyaktiwiteite.

oktober • november 2015

esprit de corps

15


< kontreinuus >

maatskappy-esprit

kontrei Innocent (links) help vir oom Kobus Reyneke en Rika Olivier by Suidwes se stalletjie waar hulle besig is om geskenke te kies. Die Kontreiwinkel het ’n groot verskeidenheid jagtoerusting te koop aangebied.

Lê aan op Schweizer-Reneke DIE NG-MOEDERGEMEENTE van SchweizerReneke bied jaarliks ’n skietdag aan waar mense van die kontrei hulle vernuf met ’n skietding wys. Hierdie jaar het heelwat mense deelgeneem – daar is by die jaggeweerkompetisie alleen ’n hele 230 teikens geskiet! In al die kategorieë kon spanne ook inskryf, sowel as individuele inskrywings. Spanne kon ook gemeng wees en skuts van alle ouderdomme kon saam ’n span opmaak. Skuts het in die volgende kategorieë deelgeneem: • Groot Kaliber (9mm en groter) • Haelgeweer • Jaggewere • Windbuks Enigeen kon in die volgende ouderdomsgroepe aan die windbuksafdeling deelneem: • Voorskool – graad R • Graad 1 – graad 3 • Graad 4 – graad 7 • Hoërskool – senior Naudé Maree (takbestuurder SchweizerReneke Kontreiwinkel) se dogter, Marune, het die eerste prys losgeskiet in die windbuksafdeling, graad 4 - 7. Sy het met ’n prysgeld van R300 weggestap!

16

die gees van ons mense

Donald Maolwane (kassiere Schweizer-Reneke Kontreiwinkel) stel sy visier in. Hy dra ’n kamoefleerbaadjie en -pet van Ruggedwear

Marune Maree (regs) het die eerste prys in die kategorie vir haar ouderdom, graad 4 - 7, winbuksafdeling gewen en haar vriendin Roejaen van den Berg het die tweede prys in dieselfde ouderdom en kategorie verower.


maatskappy-esprit

< kontreinuus >

Boere ontvang pette en sleutelhouers met die Suidweslogo op.

’n Woeste windstorm het op 8 Oktober amper die boeredag op Reivilo in die wiele gery. Suidwes het saam met die Reivilo Boere-unie ’n suksesvolle boeredag aangebied. "Dit was ’n stryd om die verskaffers se tente en baniere op te slaan en te keer dat dit nie wegwaai nie," vertel Simone de Villiers (takbestuurder, Reivilo Kontreiwinkel).

Tom Strydom van MSD het oor Hartwater, Rooiwater en Anaplasmose gepraat. Hy het ook vertel hoe dié siektes oor die laaste 20 tot 30 jaar reeds regoor die land versprei het. Dit gebeur wanneer beeste met bosluise van een deel van die land na ’n ander vervoer word. Die boere is toegerus met die nodige kennis, advies en raad oor die voorkoming

en behandeling van die siektes. Dit is veral belang­ rik dat boere die siektes gou sal uitken om die diere vinnig te behandel. Piere Vercueil (oudvoorsitter van die Raad) het Agri Noordwes verteenwoordig. Hy het oor grondhervorming gesels en Agri SA se beleid en ander belangrike inligting daaroor aan die boere oorgedra. Daarna was dit lekker braai- en kuiertyd en die boere en verskaffers kon gesels en inligting uitruil. "Die dag was ’n reuse­ sukses, ons beplan alreeds vir volgende jaar se boe­redag. Die boere terugvoer was baie positief en sien uit na die volgende boeredag," sê Simone.

maatskappy-esprit

Leersame Boeredag op Reivilo

Johannes Aucamp (Molatek), Simone de Villiers (Takbestuurder Reivilo Kontreiwinkel) en Steyn Pottas (boer) by die boeredag op Reivilo.

Boere luister aandagtig na die sprekers, Tom Strydom (MSD) en Pierre Vercueil, wat by die Reivilo Boeredag opgetree het.

Uithou en aanhou in die saal Om 120 km in die saal af te lê, kos baie oefe­ ning en voorbereiding. Schweizer- Reneke is bekend vir die uithouritte wat aangebied word en soos gewoonlik het Suidwes Landbou die perdevoer geborg. Annette Botha (organiseerder) vertel dat as gevolg van die swaar reën, geen rekords by die geleentheid verbeter is nie. "Net een perd het uitgeval, wat ’n besondere prestasie vir so ’n moordende byeenkoms is. Die mees kompeterende perde het ongelukkig onttrek en die res het maar stadig gery sodat die

perde nie moet seerkry nie", sê sy. Die verskillende kategorieë waarin deelgeneem is: • 120km – Juniorafdeling,

lig- en standaardgewig • 80km – Junior ruiter en kinderafdeling en lig, standaard en swaargewig, Die ruiters wat die 120km-uithourit in hulle onderskeie afdelings voltooi het is van links: Celest Hayward (perd Abadan Riji, Louwnaklub – Liggewig). Michael Coles (perd Anhardu Sirestio, Louwnaklub – Standaardgewig). Jandré Nieuwoudt (perd Lyla, Schweizerklub – Juniorafdeling).

Schweizer-Reneke Kontreiwinkel het weer met die hulp van Lubern ’n paar sakke voer geborg. Hier is Ben Aspeling (stoorbestuurder) by Annette Botha, die organiseerder van die uithouritbyeenkoms wat twee keer per jaar op Schweizer-Reneke gehou word.

Die ruiters wat die 80km-uithourit in hulle onderskeie afdelings voltooi het is van links: Andries Swart (perd El Nice Miracle, Louwna­klub – Standaardgewig). Winette Botha (perd Sadek, Schweizerklub – Kinderafdeling), Chris Badenhorst (perd Mufassa, Zeerustklub – Swaargewig). El le Grange (perd El-Chitan Bianca, Zeerustklub – Liggewig). Thean van der Merwe (perd Abhaki Arabella, Sandveldklub – Juniorruiter).

oktober • november 2015

esprit de corps

17


maatskappy-esprit

sukses

Elkeen het ’n plek in die Suidwes-legkaart Scweizer-Reneke-silo

posgraad 1 tot 4 – Basic Job Essentials-kursus

Hoopstad-silo, Kruising en Poppieland Bunkers

posgraad 1 tot 4 – Basic Job Essentials-kursus

E

rnest Beck van Bathopele in Bloemfontein het die ’Basic Job Essential’-kursus vir die personeel van posgraad 1 tot 4 aangebied. "Dit was ’n voorreg om hierdie kursus vir die personeel aan te bied. Ernest het die belangrikheid van die verbintenis tussen personeel en maatskappy verduidelik deur ’n tou te gebruik om te demonstreer hoe almal met mekaar verbind word. Sodra iemand die tou laat val, beland daardie gedeelte op die grond en dit is ’n bewys dat elkeen sy deel moet doen, sodat die maatskappy altyd bo bly," het Carlien Pretorius (Senior Klerk: Graan Schweizer-Reneke) gesê. Die personeel het ook legkaarte gebou en kon so ervaar hoe elke stukkie noodsaaklik is om die projek te voltooi. Met die bou van die legkaarte het hy verduidelik dat ons as personeel elkeen ’n deeltjie van die groter prentjie vorm. Elkeen is nodig om die maatskappy ’n sukses te maak.

18

Voor: Johannes Molaetsi (Algemene werker), Abram Moeng (Algemene werker), Veronica Kgashwane (Algemene werker), Maria Molaetsi (Algemene werker), Agnes Gaoagwe (Algemene werker), Joseph van Coller (Algemene werker). Agter: Samuel Dichaba (Algemene werker), Jacob Seitshiro (Algemene werker), Frank Bogatswi (Leerling silo-operateur), Aletta Kokkie (Algemene werker), Ernest van Coller (Algemene werker), Joel Sejeso (Trekkerdrywer).

Voor: April Tshipa (Trekkerdrywer), Andries Ndakani (Laaigraafope­ rateur), Godfree Balula (Algemene werker), Joshua Tladi (Algemene werker), Paulus Nkone (Monsternemer). Middel: Dingaan Mkhehlane (Algemene werker), Julie Mohale (Algemene werker), Selina Ndabeni (Algemene werker), Geogina Mohlabakoe (Algemene werker), Constance Phehlo (Algemene werker). Agter: Johannes Mhlotshane (Algemene werker), Meschack Phuza (Algemene werker), Andries Boisa (Leerling silo-operateur), Kerneels Segola (Algemene werker), Justinus Maleke (Trekkerdrywer), Pertus Mbalula (Algemene werker).

Heel voor (van links): Moabi Joseph, G Moeti, Efraim Wereldson, Mankwe John, George Bothlokwane, BJ Wittes, Ishmael Motsumi, Jacob Modise, SW Fokhwebe, William Tapa, Wilhemina van Wyk, M Matwa, Jerry Maine, Herman Mfene, J Marumo, David Pule, Shirley Motingoe, Hendrik Siro, Ishmael Ditlhanke, Hendrik Tladi, LP Mokoroane, Joseph Ntshidi, Petrus Gaeadingwe, Donald Jacobs, Isreal Moabi, Samuel Mabitso, J Mojanaga, P Seleke, Petrus Tuise

die gees van ons mense

Mabitso Paul, G Sihuhu, Selina Mketani, J Dipheko, A Sephanyane, Tuis Lastelise, JJ Mogale, GJ Thulo, Moses Tshomakae, NJ Nkali, Martha Matshona, W Ntakakazi, GT Valashe.


maatskappy-esprit

Links: Nardus Pienaar (Takbestuurder Wolmaransstad Kontreiwinkel) en Chris Botha (eienaar van die gholfbaan) geniet ’n oomblik. Onder: 'n Pitstop waar spelers lafenis teen die hitte opsoek.

Nardus Pienaar (Takbestuurder Wolmaransstad Kontreiwinkel) en sy span het weereens 'n suksesvolle gholfdag op Wollies aangebied. Chris Botha, die eienaar van die Wolmaransstad Gholfbaan, het geen moeite ontsien nie om die dag vir die 104 spelers so aangenaam moontlik te maak. Die gholfbaan is baie mooi en die uitstekende fasiliteite maak dit 'n plesier om daar te speel. Verskillende maatskappye het putjies geborg en lafenis aan die spelers verskaf. Te oordeel aan die foto's, was dit 'n dag vol pret en plesier en baie 'sports'.

maatskappy-esprit

Suksesvolle gholfdag op pragtige baan

Regs: New Holland was een van die uitstallers uit by die gholfdag. Onder: Hierdie spe­ lers lyk moedeloos gesoek na die bal.

Regs bo: Johandri, Bertus en Wollie geniet die negen­ tiende putjie na ’n suksesvolle gholfdag. Regs onder: Die jaarlikse gholfdag is by die Wolmaransstad Gholfklub gehou. Hier slaan die manne af.

Links: David Pule (Assistent-vakman, Vryburg Onderdele) ontvang sy sertifikaat van Phillip Oelofse (Onderdele bestuurder: Vryburg).

George Botlhokwane het die kurses in Basic Job Essentialkursus voltooi.

Voor: Tuis Lestelise Agter: Jan Nell (Bestuurder), Paul Mokoroane, Hendrik Siro en Frans Sejeso

oktober • november 2015

esprit de corps

19


maatskappy-esprit

Bereik jou potensiaal by Suidwes

kontrei

Welkom aan alle nuwe en ingeburgerde personeellede wat die onlangse personeelbekendstelling bygewoon het. Suidwes Landbou streef daarna om elkeen in die maatskappy tot hulle volle potensiaal te laat ontwikkel. Skakel in by die Suidwesfamilie en beleef die esprit de corps â&#x20AC;&#x201C; die gees van ons mense â&#x20AC;&#x201C; the spirit of the team!

20

Anelda Jacobs (Hoofklerk Graan, sentrale kantoor)

Annalie Swanepoel (Snr. klerk, Wolmaransstadwerkswinkel)

Christopher Smale (Bemarker in beheer, Onderdele Migdol)

Corrie Pretorius (CASE-onderdele bemarker, Schweizer-Reneke)

Douw Steyn (CASE-vakleerling, Schweizer-Reneke)

Frans Labuschagne (Heelgoedere bemarker, Wesselsbron)

Gert Lock (CASE-werkswinkelvoorman, Schweizer-Reneke)

Hansie Swanepoel (Bemarkingsbestuurder, Meg, Sentrale kantoor)

Thean Geldenhuys (Direkteur)

Jaco Louw (CASE-werktuigkundige, Schweizer-Reneke)

Jaco Scholtz (CASE-bemarker, Schweizer-Reneke)

Jerome Green (Verkoopsassistent, Vryburg Kontreiwinkel)

Johan Jooste (Stoorvoorman, Bamboesspruit Kontreiwinkel)

Johannes Batlaping (Stoorvoorman, veevoer-depot Vryburg)

Johannes Brink (Takbestuurder, Bultfontein Kontreiwinkel)

Liandrie Fourie (Kassiere, Bloemhof Kontreiwinkel)

Madeleen Malherbe (Rekenmeester, Korporatiewe finansies)

Marnus Malherbe (Admin-bestuurder, Aankope, sentrale kantoor)

Nico Wessels (CASE-werktuigkundige, Schweizer-Reneke)

Nikagisang Ditira (Leerling-werwingsbeampte, Menslike hulpbronne)

die gees van ons mense


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

SAGE deurstaan die Handeltoets

Handel het eerstehandse kennis gemaak met die SAGE-stelsel en kon dit in November toets. "Die meeste Handelbedryfspunte was deur ’n personeellid verteenwoordig. Hulle het opleiding ontvang en moet nou hulle kennis aan die ander personeel gaan oordra. Die twee Willems van Datacentrix het behoorlik rond gestaan om almal te

help. Dit het nogal kophou gekos toe almal gelyktydig vrae vra, notas maak en wil meer weet van die stelsel. Hulle het koelkop gebly en geduldig die stelsel weer en weer verduidelik," vertel Riekie du Preez, opleidingsbeampte. "Dit was interessant om te sien hoe elke persoon se behoefte verskil en waarin elkeen belangstel. Vir sekere mense is die

verkope die lekkerste, ander wil meer weet oor bestellings ensovoorts." Die POS (point of sales) stelsel wat by die toonbanke gebruik gaan word, het die meeste aandag getrek en almal was baie beïndruk daarmee. "Ons wens almal sterkte toe, want die GROOT werk lê nog voor om die stelsel behoorlik te leer ken," sê Riekie.

Verteenwoordigers van die meeste Handelbedryfspunte pak die opleidingslokaal vol. Hulle het in November opleiding in die SAGEstelsel ontvang en te oordeel aan die baie vrae, was die entoesiasme groot, het Riekie du Plessis, opleidingsbeampte, gesê.

Theo Pieterse (Werktuigkundige, Meganisasie Bothaville)

Trisia van Heerden (Adminbeampte, Reivilo Kontreiwinkel)

Riaan de Beer (Heelgoedere bemarker, Wesselsbron)

Shanel Rossouw (CASE senior klerk, Schweizer-Reneke)

Nkuloleko Riet (Ontvangsklerk, Christiana Kontreiwinkel)

Yvandrie Scholtz (CASE senior klerk, Schweizer-Reneke)

Zacharia Kinear (Kassier, Tosca Kontreiwinkel)

Vicky Meintjes (Hoofklerk Graan, sentrale kantoor)

Vusimuzi Ngobo (Produkbemar­ ker, Vryburg Handel)

Phanuel Tsholo (Hoofklerk Graan, sentrale kantoor)

oktober • november 2015

esprit de corps

21


personeel-esprit

feesvier

Ons braai 2015 koebaai!

22

By die jaareindfunksie op Leeudoringstad het personeel nie net die jaar vaarwel geroep nie, maar ook van Louis en Sandra Smit afskeid geneem. Hulle vertrek binnekort na Abu Dhabi waar Louis ’n pos by Jenaan Investments aanvaar het. Personeel is hierdie jaar getrakteer op Maatla-pap uit eie bodem en heerlike braaivleis. Dit is duidelik dat elkeen die funksie geniet het as mens na die foto’s kyk. Na ’n harde jaar se werk, verdien die personeel om bederf te word.

die gees van ons mense


personeel-esprit

personeel-esprit

Só word dit op Bothaville gedoen Die jaareindfunksie op Bothaville is in styl gehou. Die tafels is pragtig gedek en ’n takbokkie het wag gehou oor die verrigtinge. Die geur van braaivleis het monde laat water en die braaiers moes bontstaan om die vleis en wors gaar te maak. Personeel het heerlik gesmul en lekker saam gekuier.

oktober • november 2015

esprit de corps

23


personeel-esprit

spesiale oomblikke

Peekaboo

Uitstekende prestasie Met die afsluiting van die Pumasskeidsregtersvereening gedurende die naweek van 10 Oktober het Stephan, seun van Tienie en Lena van Dyk (Instandhouding Tegnies Christiana) die trofee en ’n sertifikaat ontvang vir ’Excellent Performance Best Progress - 2015’ (top 10). Baie geluk!

"I can see you!" The case of Lampies in the pot ...

Trouklokkies vir twee pare

Baie geluk aan Hiram George (Assistent-silobestuurder Amalia) wat onlangs getroud is.

Kobus (Graanbemarker) en Vicky Theron (Hoofklerk: Graanadmin) is op 14 November getroud en goed ondersteun deur hulle kollegas by Graan. Van links is Riaan Jacobs, Anél Marx, Anton Jordaan, Dian Muller, Kobus en Vicky, Bertus Pretorius en Albert Jacobsz.

Mooi getooi vir die groot aand Die eksamen is verby en die manne en jongdames van Suidwespersoneel het uitgehang by hulle onderskeie matriekafskeidfunksies. Sulke feestelike partytjies span die kroon op ’n mens se hoërskoolloopbaan. Ons wens elke matriekulant sterkte toe met hulle toekoms en glo dat daar net voorspoed en sukses vir elkeen voorlê. Die ouers wat saam met hulle graad 12’s deur die eksamen gebeur het, kan hulleself op die skouer klop. Julle het saam naels gekou, nagte wakker gelê en baie tyd op julle knieë deurgebring. Welgedaan!

24

2

1

1

Ben en Dalene Lubbe (Bestuurder Eiendomme en Kredietbestuurder: Handel) se seun Jacques Lubbe saam met Colleen Badenhorst op hulle matriekafskeid. Hulle is albei leerling van Hoërskool Wesvalia.

2

Marlis de Greeff (Bestuurder: Administrasie en diensbillikheid) se seun André (Gr 11) het vir Bianca Myburgh na haar matriekafskeid by Hoërskool Schoonspruit vergesel.

3

Willa en Susan van Zyl (Ontvangsbeampte Tosca-handelstak) se seun Tiaan saam met Charlize Kruger op hulle matriekafskeid. Hulle is albei in die Hoërskool Vryburg.

die gees van ons mense

3


langdienstoekennings oktober

Ervaar die gees van ons mense Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­ kies vir ons te stuur. Annemarie Fouché (PA: Groep HUB) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemarief@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Emmanuel Tlhagaswane (Silobestuurder Wolmaransstad), is ’n babadogtertjie ryker. • Wolf Wolmarans (Tegniese Diensbestuurder: Meganisasie) en sy vrou Shirley se seuntjie is op 20 Oktober gebore. • Brenda Cawood (Hoofklerk: Meganisasie) en Wimpie Cawood, se dogtertjie, Miané is op 3 November gebore. JULLE IS IN ONS GEDAGTES: • Elrina van Heerden (Admin Assistent: Silobedryf) se pa is na ’n lang siekbed oorlede. • Eva Letsogo (Jr Graanhanteerder) se suster het haar pasgebore baba aan die dood afgestaan. • Agnes Gaoagwe (Algemene Werker Schweizer-Reneke-silo), se suster het haar pasgebore baba aan die dood afgestaan. • Sylvia Taljaart (Hoofklerk Sekuriteite Hoofkantoor), se pa is oorlede. Ons dink ook aan Sylvia se dogtertjie, Lenthe, wat ’n oogoperasie ondergaan het. • Bennie Enslin (Graanhanteerder Tegnies Kruising-silo), was in die

• •

• •

Rosepark-hospitaal Bloemfontein opgeneem met bloedklonte in sy been. Riana le Roux (Hoofklerk: Eise Hoofkantoor) se moeder is oorlede. Hannelie Labuschagne (Admin-dame Migdol), se ma was in die Wilmed Park Hospitaal in Klerksdorp opgeneem met nierstene. Chris Venter (Asst-Silobestuurder Vryburg) se vrou was Bloemfontein toe vir toetse. Talita Verwey (Admin Bestuurder: Risiko-afdeling) en Herman Verwey (Netwerk Administrateur: NWET), se broer is oorlede.

35 jaar

30 jaar

Johnny Botha ontvang sy 35-jaar dienssertifikaat van Kobus Moolman (Produkbestuurder: Onderdele)

Amanda Steyn (Assistent Rekenmeester Invoere: Krediteure) ontvang haar 30-jaar dienssertifikaat van Johnny Brown (Rekenmeester: Krediteure).

15 jaar

20 jaar

IN MEMORIAM Ephraim Mothopi (Leerlinggraanhanteerder Bloemhofsilo) is op 30 Oktober oorlede nadat hy in ’n baie ernstige motor­ ongeluk betrokke was. Ephraim was een van Suidwes se topleerders en sal verseker gemis word. Ons dink aan sy gesin en bid dat hulle krag en sterkte uit die Vaderhand sal ontvang.

Danie de Beer (Admin bestuurder, Suidwesfin) ontvang sy 20-jaar dienssertifikaat van Martin Ehlers (HUB: Finansiering).

10 jaar

langdienstoekennings • oktober 5 Jaar • Mnr CJ Kotze (Graandienste Wolmaransstad) • Abram Moeng (Algemene Werker Schweizer-Reneke-silo) • Clarence Dubula (Graanhanteerder Schweizer-Reneke-silo) 15 Jaar • Mnr Tos Esterhuizen (Silobestuurder: Bloemhof)

personeel-esprit

lief & leed

20 Jaar • Danie de Beer (Admin bestuurder, Suidwesfin) • Mnr G Champion (Instandhouding Instrumentasie) • Mnr KH Phutiyagae (Wesstreek Veevoerdepot) 30 Jaar • Mev SM Steyn (Handel Finans Krediteure)

Tos Esterhuizen (Silobestuurder: Bloemhof) ontvang sy 15-jaar-dienssertifikaat van Petrus Boshoff (Sr Bestuurder: Graanhantering) en Anton Jordaan (HUB: Graan). Abram Moeng (Algemene Werker Schweizer-Renekesilo) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Koos van de Venter (Sr Silobestuurder SchweizerReneke-silo).

5 jaar

Clarence Dubula (Graanhanteerder Schweizer-Renekesilo) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Koos van de Venter (Snr Silobestuurder SchweizerReneke-silo).

5 jaar

Jeremiah Modisadife (Posmotorbestuurder) ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Salome Pieterse.

5 jaar

Geskenkies om te vertroetel

Brenda Cawood (Hoofklerk: Meganisasie) en Wimpie Cawood, se dogtertjie, Miané.

Emmanuel Tlhagaswane (Silobestuurder Wolmaransstad), se babadogtertjie.

Wolf Wolmarans (Tegniese Diensbestuurder: Meganisasie) en sy vrou Shirley se seuntjie.

Van links: Frank Bogatswi (Leerling Silo-operateur) en Aletta Kokkie (Algemene werker) ontvang hulle 5 jaardiensstertifikate van Koos van de Venter (Snr Silo-bestuurder).

oktober • november 2015

esprit de corps

25


personeel-esprit

spesiale oomblikke 26

Seisoene toer van dorp na dorp Die bywo­ning van die gewilde Seisoene Damesdae het met rasse skrede gegroei en die damesdae het as’t ware van dorp na dorp getoer. Op Botha­ ville, Christiana, Bloemhof, Tosca, Stella, Vryburg, Schweizer-Reneke en Wolmaransstad is suksesvolle tuinboudae gehou, as deel van Suidwes Handel se GardenX-promosies. Die praatjies, demonstasies en uitstallings is deur die Seisoene Damesklub gereël. "Die vrou op die platteland het

dikwels ’n behoefte om nuwe erva­rings te beleef. Daarom het ons die programme van die Seisoene Damesklub so ontwerp dat daar iets vir elkeen is," het Lourens Brand (Takbestuurder Hertzogville) gesê. Verteenwoordigers van Snappy Chef, Stark Ayres, Jack’s Paint, Protek, Efekto, Ruggedwear en Renov het die geleentheid gehad om hulle produkte te vertoon. Interessante praatjies oor tuinmaak, verftegnieke en -projekte, kosmaakmetodes en vele

die gees van ons mense

meer is aangebied. Vir nog foto’s besoek die Seisoene Facebookblad. Maak Seisoene sommer jou vriend op Facebook en bly so op die hoogte van die opwindende Damesdae wat aangebied word. Moedig jou vriendinne aan om by die Seisoene Damesklub aan te sluit sodat hulle die voordele van die klub kan geniet! "Ons beplan groot dinge vir volgende jaar," sê Lourens.

Sluit by die Seisoene Damesklub aan vir net R150 per jaar! Ontvang ’n gratis tydskrif, afslagkoepons en tot 50% afslag op Damesdae.

75 08005114

Met jou persoonlike klubkaart kwalifiseer jy vir tot 50% afslag op ekslusiewe Damesklubgeleenthede!

As jy by die Seisoene Damesklub aansluit, ontvang jy ’n unieke geskenk (eenmalig) ter waarde van R200. Kry jou inskrywingsvorm by die Suidwes Kontreiwinkels of stuur ’n e-pos aan seisoene@suidwes.co.za.


Dis tyd ...

om horlosies te maak Talita Verwey se ’spoeg-en-plak’ groep het by haar geleer hoe om ’n horlosie uit verskillende media te maak. "Dit is eintlik ’n ’mixed media’-klas waar jy enige tegniek kan gebruik. Ons het die basis met chalk paint gedoen en dan servette, fotos en prentjies daarop met modge podge vasgesit. Lasergesnyde vormpies uit laag­ hout is gebruik vir die nommers en ander versierings," vertel Talita. "Die laaste stap was om die gat te boor en die horlosie se meganisme in te sit. Dit is ’n baie lekker geskenk vir ’n vriendin of selfs as Kersgeskenk. En jy kan regtig jou kreatiwiteit loslaat!" Hieronder is ’n paar van die oulike horlosies wat by die kunswerkswinkel gemaak is.

Wit KUNS Thea van Rooyen het die ’spoeg-en-plak’-klas aangebied waar die kunstenaars geleer het om wit kuns te maak. ’n Plank word met tekstuurverf besmeer voor die verf droog is, word ’n prentjie daarop geteken. "Almal het die klas baie geniet en het met meesterstukke vorendag gekom. Die lekkerste van hierdie klasse is die saamkuier en om met jou hande iets moois te skep," vertel Talita Verwey. Talita Verwey

personeel-esprit

personeel-esprit

maak ’n kersring

Om die kersring te maak is kinderspeletjies. Moeilikheisdgraad: maklik Tyd: 2-3 ure Benodigdhede: • karton eierhouers • snymessie • waterbasisverf en verkwassies

• stewige karton, 45 cm in deursnee (ou kartonbokse werk goed) • gomgeweer

Zelda van Reenen

Sny die blommetjies en blare met die snymessie uit. Die bakkie waarin die eiers pas, word omskep in die onderkante van die blomme. Sny sommige bakkies met ronde punte en ander skerp. Sny blaartjies uit die plat bokant van die eierhouer. Hannetjie van der Linde

Verf die kartonstukkies in verskillende kleure. Rietjie du Preez

Anel Marx

Salome Pieterse

Corrie Marais

Sny intussen ’n groot breë sirkelring uit die kartonboks en verf dit ’n donker kleur. Pak die blaartjies en blomme op die ring totdat jy tevrede is met die voorkoms. Plak die stukkies met die gomgeweer vas en siedaar! Hang die kersring met ’n mooi lint op.

oktober • november 2015

esprit de corps

27


popcorn

Kleur die prentjie in volgens die nommers

KAN JY DIT GLO? Ware feite oor diere

• See-otters hou hande vas wanneer hulle slaap sodat hulle nie van mekaar af wegdryf nie. • Eekhorings plant duisende nuwe bome elke jaar net omdat hulle vergeet waar hulle hul akkers gelos het. • Koeie het beste vriende. • Rotte lag wanneer hulle gekielie word. • Spinnekoppe kan nie vlieg nie. • Dolfyne het name vir mekaar. • Japanese macaques-apies maak sneeuballe vir die pret. • Die naaste familie aan die klaasneusmuis is eintlik olifante en nie skeerbekmuise nie. • Voordat kuikens gebore word, kan hulle met mekaar en hul ma deur middel van ’n stelsel van klanke kommunikeer. • Skoenlappers proe met hul voete. • Studies bewys dat bokke, soos mense, verskillende aksente het. • Eekhorings sal ander eekhorings se babas wat verwerp is, aanneem.

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoe­veel keer hierdie waatlemoen in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek Elton amper-famous April en Juffrou Brom geborg deur Tafelberg Uitgewers. Stuur aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel waatlemoene Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 18 Januarie 2016

28

die gees van ons mense

1. Geel 2. Grys 3. Groen 4. Ligblou 5. Pienk Die korrekte aantal sonnetjies wat in die Aug/Sept-uitgawe versteek was, was 14. Baie geluk aan Estè Steynberg (Versekering SchweizerReneke). Die 1kg-sak Maatlameel, geborg deur Africum Mills, sal binnekort aan jou gestuur word. Kontak vir Thys Neethling by 018 581 1291. Hier is die bladsye waarop die sonnetjies weggesteek was. Bls 1(1), 7(1), 15(2), 16(2), 18(1), 19(1), 20(1), 22(1), 23(1), 25(1), 30(1), 31(1)


Trotse Suidwesouers

Dans is in haar bloed Hannelie Fourie, Hanno (Silobestuurder Makwassie) se dogter, het aan die International Fine Arts Association Kampioen­skap in Pretoria deelgeneem. Sy het die volgende punte in haar dansitems behaal: • HipHop – 95.5%

André de Greeff, Marlis (Bestuurder: Administrasie en Diensbillikheid) se seun, kry erekleure vir hokkie en skaak. Hy is in gr 11 in Hoërskool Schoonspruit, Klerksdorp.

• Freestyle – 95% • Showmodelling – 95% • Contemporary – 95%. Hannelie is ook in die Diamond Team inge­ sluit en is weer gekies vir die Suid-Afrikaanse span. Sy gaan SuidAfrika volgende jaar in Barcelona, Spanje verteenwoordig.

Dawid Steynberg, Estie Steynberg se kleinseun is in gr 1 in Laerskool Schweizer-Reneke en het met ’n 85% gemiddeld geslaag en het ’n sertifikaat vir sy deelname aan die koor ontvang.

Raykie van Rooyen, Sunelle (Bemarkingskoördineerder) en Rayner van Rooyen se seun, het die volgende toekennings gekry: • Aangewys as vir o/9-rugbyspeler van die jaar • Sertifikate vir Noordwes platteland kleinskole naaswenners, gr 1 tot 3 (o/9-rugby) • Sertifikaat vir uitsonderlike prestasie in Lewensvaardig- • Daneel Jacobs, Annette Neethling (Handel: Produkbestuurder) heid. en Riaan Jacobs (OnderdelRaykie is in Laerskool Leeudo­ ebestuurder Bothaville) se seun, ringstad. is verkies tot HK van Hoërskool Wolmaransstad se koshuis. • Evardi Boshoff, Petrus (Sr Bestuur­der: Graanhantering) en Anne-Marie Boshoff se seun, is verkies tot leerlingraad van Hoërskool Lichtenburg en ook aangewys as onderhoofseun van die koshuis. • Mache Maree, Naudé (Takbe­ stuurder Schweizer-Reneke) en Erika Maree se dogter, is verkies tot die leerlingraad van Laerskool Schweizer-Reneke. • Driesha Joubert, Rientjie Joubert (Vloerassistent SchweizerReneke) se dogter, is verkies tot die leerlingraad van Laerskool Schweizer-Reneke.

popcorn

2015 uitb linke rs

Drieckus van Heerden

Ju-Mari Jonker, Marietjie Pretorius (Sr Klerk: Leeudoringstad-silo) se kleinkind, is in gr 3 in Laerskool Wolmaransstad. Ju-Mari het die volgende toekennings ontvang: • Akademiese toekenning vir uitnemendheid • ’n balkie vir gimnastiek (sy verwerf Noordweskleure en ontvang ’n goue medalje by die South African Gymnastics Federation Zone Festival in Centurion gedurende September). Ju-Mari Jonker ontvang ’n goue medalje vir gimnastiek.

Azelle Kotze

Natasha Holtzhausen

Gereed om Laerskool Leeudoringstad te lei Suidwespersoneel se kroos word gereeld tot leiers van hulle skole, sport- en kultuur­ spanne verkies. Ouers kan met reg trots wees op die kinders se prestasies en ver­ kiesing. Baie geluk aan die volgende ouers: • Ludi (Bedryfsrekenmeester: Handel) en Elrina van Heerden (Admin Beampte: Silo’s) se seun, Drieckus van Heerden, is volgende jaar die hoofseun van Laerskool Leeudoringstad. • Adèle Holtzhausen (Beampte: Belange en Statutêr) se twee meisiekinders is verkies tot die leerlingraad van hulle onderskeie skole. Natasha Holtzhausen by Laerskool Leeudoringstad en Ashley Holtzhausen by Hoërskool Wolmaransstad. • Lorraine (Jr SAFEX Makelaar) en Oelof Kotze se dogter, Azelle Kotze, is verkies tot die leerlingraad van Laerskool Leeudoringstad.

oktober • november 2015

esprit de corps

29


popcorn

2015 uitb linke rs

uitblinkers

Slimkop-hoofseun Drieckus van Heerden is nie net ’n slimpkop nie, hy is ook gekies as hoofseun van Laerskool Leeudoringstad. Hy het ’n sertifikaat vir 80% of meer vir Natuurwetenskap en Lewensvaardigheid ontvang. Drieckus is Ludi (Bedryfsrekenmeester Sentrale Kantoor) en Elrina van Heerden (Admin beampte: Graan silo’s) se seun.

Agter Danita Kruger se pragtige blou ogies is ’n flinke brein! Sy het die volgende prestasies op haar kerfstok – en sy is nog net in graad 1: • Sertifikaat vir atletiek • Uitmundende prestasie in Afrikaans, Engels en wiskunde • Sertifikaat vir lewensvaardigheid. Danita het ook ’n boek as prys gekry vir haar goeie punte. • Akademiese balkie vir Gr 1. Danita is in Laerskool Wildehondepan en was die hele jaar nie een dag afwesig nie. Sy is Karin (Aankoper, Migdol Kontreiwinkel) en Johan (Assistent Bestuurder Migdol-silo) se dogter. "Almal dink graad 1 is nog maklik, maar glo my, dit was ’n hele jaar van leer, leer en nogmals leer. Ek kry die kleintjies eintlik jammer, want hulle kry soveel huiswerk," sê Karin.

’n Hele rits pretasies Antoinette de Lange se skoolloopbaan het op ’n hoogtepunt afgeskop! Sy is in graad 1 in Laerskool Mooirivier en het ’n rits prestasies agter haar naam: • Akademiese prestasie in Afr, Eng, lewensvaardighede en wiskunde • WOW Spelfees: deelname • Atletiekdeelname aan huissport • Birdie Gholf Akademie • Tenniskliniek • Redenaars: Skoolkompetisie – eerste plek • Revue: Deelname • 100% skoolbywoning Antoinette is Riaan de Lange (Groep CIO) se dogter.

Dit wil gedoen word!

Boet en Sus presteer uitstekend Lorraine (Jnr Safex Admin Makelaar Graan) en Oelof Kotze is die trotse ouers van dié twee uitblinkers Azelle Kotze is verkies tot die leerling­raad van Laerskool Leeudoringstad en behaal die volgende prestasies: Sertifikaat vir 80 % of meer in die volgende vakke: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap, Lewensvaardigheid en ’n gemiddelde persentasie van 85,1 %.

30

die gees van ons mense

Oelof Kotze (jnr) se rits prestasies is indrukwekkend. Hy behaal die volgende: • Eretoekenning vir akademiese gemiddeld van 81,1 % • Prestasiesertifikaat vir ATKV in Afrikaans, gemiddeld 82 %, • Eretoekenning vir Noordwes Platteland o/17-krieket • Prestasietoekenning vir Rugby Beeld Noordvaal Semifinaal o/16. • Beste prestasie in Meganiese Tegnologie 92 % • Prestasietoekenning vir Tennis streekligawenners en Noordwes Naaswenners (2de span).

Links is Danita met haar sertifikate en boekprys.


popcorn popcorn

Lip-lek-lekker bederfies.... Wat kan makliker wees as om jou eie stokkie-roomyse te maak? Ons praat nie hier van gevriesde Oros nie ... Verras jou gesin en gaste op warm somersdag met hierdie heerlike tuisgemaakte – en gesonde – roomys.

Aabei-Smoothie-Stokkies Bestanddele 1 k appelsap 500 ml aarbeie, gesny en gevries 1 piesang, geskil, gesny en gevries 1 appel, geskil, gesny en gevries 150 ml vanieljejoghurt 1 t vanielje-ekstrak Metode Meng al die bestanddele saam in ’n versapper tot glad en romerig. Giet die mengsel in roomysvormpies en vries. Onthou om die stokkies in te druk voor die roomys heeltemal gevries is. HET JY GEWEET? Die aarbeiplantjie groei die beste in ryk, vogtige, goed gedreineerde grond en verkies sonnige plekke. Aarbeitee is ook ’n wonderlike mondspoelmiddel vir ’n seer mond, koorsblare, geïrriteerde tandvleis en vir ’n seer keel. Aarbeie is die enigste vrugte wat saad aan die buitekant van die vrug dra. Waarskuwing: Die O-bloedgroep-persone moet versigtig wees om te veel aarbeie te eet, dit kan baie suur in die liggaam veroorsaak.

Lekkerder as in die winkel Sjokolade-melkskommel

Bestanddele 4 k koue melk 4 k sjokoladeroomys 1 t kakaopoeier 2 t suiker 2 t sjokolade poeier (’hot chocolate’) 2 k sjokoladestroop

Gebruik interessante houers om die melkskommel in te bedien soos op die foto. Dit is in glasflesse geskink en kreatief versier. Só doen jy ook jou deel vir herwinning.

1. Meng melk, suiker, sjokolade- en kakaopoeier met ’n menger tot glad. 2. Giet sjokoladestroop in in ’n sirkelbewe­ ging teen die binneste wand van elke glas. Giet nou die mengsel in die glase. 3. Skep ’n bolletjie roomys bo-op en giet nog bietjie sjokoladestroop oor. 4. Versier met “sprinkles” of stukkies sjokolade, kersies of malvalekkers.

oktober • november 2015

esprit de corps

31


agterstoep

kompetisie wat is die prentjie?

Illustrasie: Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

Met ’n lintjie aan mekaar beloof

E

k het ’n vriendjie in Kashmir, daar tussen Indië en Pakistan. Eendag lank gelede het ons ’n lang, lang agtermiddag saam in ’n poskantoor deurgebring met ’n groot pak lappe wat SuidAfrika toe moes kom. Dit was traumaties. Ek trek ’n sluier oor daardie poskantoor, my Engels, die Kashmiri se Koshur, die poskantoordame se Ladakhi en die tienjarige wat vir ons almal getolk het. Niemand gaan my in elk geval glo dat die pakkie toe wel hier aangekom het nie, toegewerk in ’n wit lap en aan twee kante toegeplak met 200 pienk 20 roepee- Moeder Theresa-posseëls. Ek en die Kashmiri-vriendjie gesels sedertdien kort-kort via sosiale media: Dit reën in Kashmir. Die gesin se huis is skouerhoogte vol water. Hoeveel lappe wil ek nog hê? In Suid-Afrika skyn die son. Die Nepal-aardbewing is tot in Srinagar gevoel. Die rand is beroerd, maar dis lente in SuidAfrika. Wanneer kom ek weer Leh toe? So dink ons ons leer mekaar ken. Ek hoor hy is in Goa vir die winter, in Leh vir die somer. En toe, uit die bloute en buitenstyds, hoor ek hy is by die huis, in Srinagar. Vakansie in die somer? vra ek. En waar moet die toeriste hulle lappe koop as jy vakansie hou? Dit is ’n lang storie, maar dis ’n geheim, sê sy eerste antwoord. Ek is by die huis omdat ek ’n afspraak met ’n meisie het, sê die volgende boodskap. My familie het uiteindelik vir my ’n vrou gekies, sê hy. Ek is by die huis om haar te ontmoet. Ek dag ek slaat reg agteroor: ’n Geleerde jongman, ’n sakeman, ’n wêreldreisiger – ’n ge­reëlde huwelik? My Westerse koppie draai. Ek is baie gelukkig, skryf die vriend. Sy het ’n doktorsgraad, maar sy is net ’n gewone meisie. Haar familie wil hê ek moet haar ontmoet voor ons die finale besluit neem. Hulle is baie vry­ denkend. Wow, dis wonderlik, kan sy kook? vra ek toe ek weer asem kry. Wanneer ontmoet jy haar? Vertel nog! Ek kry ’n ry glimlaggende gesiggies en ’n duim terug, en: In Kashmir kan die meisies almal kook! Na nog ’n paar dae kry ek ’n foto van twee jongmense wat skamerig op ’n piekniekkombers in ’n park sit. Die familie hou hulle dop. Sy bind ’n tradisionele lintjie om sy arm, want hulle is aan mekaar belowe. Dis hulle eerste ontmoeting en hulle praat oor hulle troue in Oktober. Ek bly verstom. Ek is die getuie van ’n lewe wat my verwonder. Ek tob oor die vanselfsprekende en dink aan die jongman wat ek in die poskantoor moes vertrou. Ons het later gelag en gesels en ons oor die wêreldekonomie uitgelaat, groot potte kawa-tee gedrink. Ek het van die Ridder en die Erfgenaam vertel, hy het van sy pa en ma vertel. Ons het geweet ons is eintlik heel eenders. Net mense. Ek dink aan die vrou wat haar by haar pa se keuse moet berus. Meer nog, sy moet baie bly wees oor die man wat haar pa vir haar kies. Ek probeer in my kop plek maak hiervoor. Ek hoop sy maak jou baie, baie gelukkig, skryf ek vir hom. Yes, antwoord hy, hopes and prayers are all we have in our hands. e

32

die gees van ons mense Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Wat is die prentjie? Die detail van die prentjie hierbo is van een van die foto’s in dié uitgawe. Watter foto is dit? Verskaf die bladsy waarop dit verskyn. Die eerste korrekte antwoord wat ons uit die hoed trek, wen die boek Gesonde Seks van Timothy Kieswetter wat deur Lux Verbi Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 18 Januarie 2016 Merk jou inskrywing so: esprit: wat is die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die weninskrywing in die Desember/Januarie-uitgawe.

God het dit belangrik gemaak. Gesonde seks in die huwelik is nié vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks móét begin praat. Nie as nagedagte of as voetnota of as afgerammelde onderwerp nie, maar as ’n hoofpunt van bespreking. Bekende Bybel- en seksualiteitskenner Timothy Kieswetter wys jou hoe jy ook die vreugde van gesonde seks kan ervaar en voluit en met oorgawe kan liefhê in jou huwelik. Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf: www.luxverbi.co.za

Esprit de corps (okt nov)  
Esprit de corps (okt nov)  
Advertisement