Issuu on Google+

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

januarie•februarie 2014 betroubaar • integ riteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Die olifant

in die kamer >3

Schweizer se dam amper vol >2

O vet, daar's water!

>10

mpy-esprit 3 personeel-esprit 11 pitkos 16 popcorn-pretblad 18

>12 >19

>12>10

>9

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

genade op genade Hoekom is dit nodig om eers genade raak te sien as die spreekwoordelike dood aan die deur klop? Miskien is dit omdat ons in 'n kitswêreld leef – een waar ons vir niks langer as 'n uur wil wag nie. Ons raak opgewerk as die internet, e-pos of reaksie van 'n persoon stadiger as 'n oogwink is. Dis nie hoe dit in boerdery werk nie – boere weet van wag. En as die reënwolke oor jou plaas saampak en geen druppel val nie, sak jou moed deur jou skoene. En dan wag jy. En jy wag. En jy sien hoe jou vee swaarkry en jou hart gaan uit na jou buurman wie se mielies klein staan in die land terwyl die son hulle skroei. En as die eerste waardevolle genadedruppels op jou plaas val, dan sak jy op jou knieë neer en jy dank die Here vir genade.

Desember se

kompetisiewenners wat kan dit wees? Jolanda Janse van Rensburg (Hoofklerk:

Christiana) se inskrywing is die korrekte antwoord wat eerste getrek is. Die prentjie was van kersfeesliggies en baie van julle het reggeraai. Sy ontvang die boek, So

was dit - Stories van gister en vandag wat

deur Tafelberg Uitge­wers geskenk is. Besoek gerus die webwerf www.tafelberg. com vir die nuutste boeke.

tel die klokkies

Die korrekte aantal klokkies wat in die Desember-uitgawe versteek was, was 37. Baie geluk aan Elzaan van Wyk (Verkoop­sassistent, Hoopstad, Handel). Sy ontvang die boek Ná aan my hart – 90 Dagstukkies wat deur Lux Verbi geskenk is.

Schweizer se dam amper vol "Ons is opgewonde, die dam in SchweizerReneke is amper vol, ons dank die Here vir al Sy genade. Twee weke gelede het die dam nog net 20% water ingehad nadat dit einde Desember 2013 feitlik dolleeg was. Dit het ook in ons gebied baie goed gereën, die boere is opgewonde en almal se gemoedere het baie verbeter," sê Naudé Maree, takbestuurder.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie.

2

die gees van ons mense

Lux Verbi is 'n uitgewer van produkte met ’n Christelike evangeliese fokus. Dit het ontstaan uit die oudste uitgewersmaatskappy in Suid-Afrika, NG Kerk-Uitgewers, wat in 1818 gestig is. Lux Verbi is Latyns vir “Lig van die Woord”. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, wat vanuit dieselfde moedermaatskappy ontstaan het, versprei steeds miljoene Bybels elke jaar, maar is nie aan Lux Verbi verwant nie.

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Het jy geweet?

Annie Modiakgotla, anniem@suidwes.co.za Corrie Marais, corriem@suidwes.co.za Annemarie Carelzen, annemariec@suidwes.co.za Elrina van Heerden, elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe, ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow, ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg, joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl, karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots, lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff, marlisdg@suidwes.co.za Marita Burger, maritab@suidwes.co.za Rebecca Legabe, rebeccal@suidwes.co.za Riekie du Preez, riekiedp@nwet.co.za Sunelle van Rooyen, sunellevr@suidwes.co.za Tania Mostert, taniam@suidwes.co.za Zelda van Reenen, zeldavr@suidwes.co.za

inhoud mpy-esprit

Die olifant in die kamer Kortliks – die stand van sake by Suidwes Met die kop en hart en hande die toekoms in Carl Bierman gesels uit Soedan Die geboorte van die lusernlande BBP's besoek die Amtaarprojek Skenkings bring verligting O vet, daar's water

3 4 5 8 8 9 10 10

personeel-esprit Dis hoe dit kan wees in 2014 11 Nuwe jaar, nuwe dinge 11 Sy maak haar eie Destiny 12 Draf-draf die nuwe jaar in 12 Die dag van harte en rose 13 'n Man wat diep spore getrap het 14 Lief en leed 15 Langdienstoekennings 15

pitkos

Vier jou taal 13 things Eet gesond en lekker Kantoorfiks in 'n japtrap

16 16 17 17

popcorn-pretblad Uitslag van kompetisie Gr 1'tjies Parrabeentjies Amper in die groot skool Die pouse is nét so kort Prestasies van Suidwes-kroos

18 18 19 19 18

agterstoep Niggietjie gaan universiteit toe Kompetisie: wat sê die prentjie?

20 20

Voorbladfoto: Die Vetrivier naby Hoopstad vloei sterk. Fotograaf: Ettiene van der Merwe, winkel­bestuurder Hoopstad


maatskappy-esprit

Die olifant in die kamer Rasionalisasie in die werksplek is soos die spreekwoordelike olifant in die kamer – iets wat almal raak en waarneem, maar niemand oor wil praat nie. Suidwes is onlangs weer deur ’n rasionalisasieproses wat ’n aantal mense raak. Die redes daarvoor word hier uiteengesit.

R

asionalisasie is die een onderwerp wat almal altyd ten alle koste vermy, maar tog vind dit feitlik daagliks deur die ekonomie plaas. Dit is te verstane dat mense nie daaroor wil praat nie, omdat dit seker een van die grootste vrese vir die wer­ kende persoon is – om te hoor dat my pos dalk afgeskaf gaan word en ek my gewaarborgde inkomste kwyt is. Ongelukkig is dit soms onafwendbaar, soos wat nou onlangs weer die geval by Suidwes was. Omdat dit so ’n emosionele saak is, is daar ook altyd ’n klomp gerugte wat saam met so ’n aksie gepaardgaan, asook stories wat nie noodwendig altyd die waarheid is nie. Weens al die stories en emosies is die vraag met so ’n aksie ook altyd onafwendbaar, naamlik: “wanneer gebeur dit met my?” Ek het dit goedgedink om die feite rond­ om die onlangse herstrukturering met julle te deel en die korrekte inligting aan almal te gee sodat daar geen onduidelikheid of onsekerheid is nie. Daar is baie redes waarom maatskappye mense verminder, waarvan finansiële druk waarskynlik die belangrikste is. Dit is egter nie die enigste rede nie en dikwels het dit met ’n strategie-verandering te doen en dan raak sekere poste oortollig. Enige maatskappy moet tog verander om in pas en kompete­ rend te bly met die omgewing waarbinne dit funksioneer. Ons kan die implementering van rekenaars as ’n eenvoudige voorbeeld gebruik om my punt te staaf. In 1980 het ons nie rekenaars gehad nie en dus was daar baie admini­

stratiewe poste. Met die implementering en verbetering van rekenaarstelsels het hierdie poste egter oorbodig geraak en is afgeskaf. So word koste verlaag wat ’n maatskappy meer winsgewend kan maak. Dit is wat by ons gebeur – sommige poste het oorbodig geraak en daarom het ons ook nie ’n keuse om daardie poste te verminder indien ons kompeterend wil bly nie.

Nie weens kostebesparing nie

Die onlangse rasionalisasie was nie weens kostebesparing nie, maar weens strategiese skuiwe wat sekere poste oorbodig gemaak het. Om hierdie rede het ons sover moontlik die individue wat geraak is, aangemoedig om vir vakante poste in die Groep aansoek te doen om die impak te minimaliseer. Ongeveer die helfte van die geaffekteerde persone het op hierdie manier geholpe geraak.

Drie afdelings is geraak, naamlik: Handelaankope: Produkte wat in die winkels verkoop word, word deur die aankopers by verskillende instansies aangekoop. Met die verkryging van Agrinet wil ons uiteraard ons eie besigheid ondersteun en gaan daar voort­aan sowat 90% van die lyn-items van Agrinet aangekoop word. Dus hoef ons aanko­pers nie meer rond te soek vir die voorraad nie, maar kan ons dit sommer direk van Agrinet kry. Agrinet het ook sy eie aanko­ pers, dus kon ons hierdie aankopefunksie na Agrinet verplaas en ’n skakel in die ketting uithaal. Dit is veral maklik omdat die bestel­ lings elektronies geplaas word.

Terratek: Terratek en Nvirotek is sustermaat­ skappye in dieselfde waardeketting en die moontlikheid om die twee in ’n tegnologie­ maatskappy te plaas word reeds lankal oorweeg. Met die skuif van die bestuur van Terratek na Soedan het ’n bestuurs­ leemte ontstaan wat die geleentheid vir die samesmelting meer realisties gemaak het. Weens die samevoeging is daar ondersteu­ ningsdienste wat reeds by Nvirotek bestaan, wat dus by Terratek oorbodig raak, vandaar die rasionalisasie. Afgesien hiervan wou ons ook Terratek struktureer om vaste koste met ’n veranderlike koste te vervang. Daarom het ons die GIS-funksie uitgekontrakteer sodat ons per hektaar vir die funksie betaal, soos wat ons dit benodig. Dit gee ’n persoon die geleentheid om ’n eie besigheid te vestig. Terraktek se naam bestaan dus voort in ’n beter, meer lewensvatbare besigheid! Sekretariaat: Met die terugkoop van die beleggingsaandele het die aandeelverhandelingstoonbank grootliks verval en is ’n pos oorbodig verklaar. Soos afgelei kan word, was hierdie dus ’n rasionalisasie wat weens strategiese skuiwe genoodsaak is. Hoewel omstandighede nie goed lyk in die natuur daar buite nie, is geen persoon weens “finansiële redes” geraak nie. Ek wil egter steeds ’n beroep op elkeen doen om koste te besnoei waar jy kan en te baklei vir elke sent se inkomste. Ek vertrou dat hierdie die saak in perspektief plaas. Louis Smit Besturende direkteur

januarie/februarie 2014

e esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

Skatting van aanplantings

kortliks

Tydens ’n onlangse, nie-amptelike opname blyk dit dat boere se somergewasaanplantings goed vergelyk met die langtermyngemiddeld. Indien ons goeie reën kry, kan ’n normale oes verwag word. Hou duimvas!

Geskatte opbrengs: Wit mielies 274 300 ha

Geel mielies 53 300 ha

Eiendomme het ’n aantal groot projekte en opgraderings wat voor April dié jaar afgehandel moet word. Werk aan die projekte het reeds in November verlede jaar begin.

Die volgende is al aan die gang:

Triomf hou strategiese beplanning Triomf Trading het in die derde week in Januarie ’n strategiese beplanningsessie gehou waartydens die jaarbegroting ook bespreek is. Die aanleg is bykans voltooi en daar word met groot verwagting na die jaar uitgesien.

AgriCapital betrek nuwe kantore

AgriCapital se nuwe kantore in Middelburg is onlangs geopen. Johan du Plessis (middel) is die hoofbestuur­der en hy behartig die streek saam met Willem du Plessis (Middelburg). Kantore in Bethlehem en Lichtenburg is ook gevestig. AgriCapital bied finansiering aan die landbou vir streke buite die Suidwesbedie­ ningsgebied. Foto: Martin Elhers, Johan du Plessis en Wentzel Theunissen voor die nuwe kantore.

4

Sonneblom 48 800 ha

Projekte by Eiendomme

die die gees geesvan vanons onsmense mense

Skenkings en borge hou boere aan die gang Dele van die Suidwes-bedieningsgebied gaan tans onder die grootste droogte in baie dekades gebuk. Dit is veral in die westelike dele om Vryburg en Tosca waar dit baie swaar gaan. Dit is goed om te sien hoe die res van die land se boere en instansies uitreik na hierdie gebied deur borge en skenkings. Daar is onlangs aangekondig dat ’n 1 000 ton voer wat deur boere van die Wes-Kaap bewillig is, gratis deur Transnet na die gebied vervoer gaan word. Suidwes het ook die vervoer geborg wat voer van Aberdeen na die gebied aangery het. Ons harte gaan uit na ons boere in die gebied en ons kan net vertrou dat daar spoedig uitkoms sal kom.

Uitbreiding na Mpumalanga

Gerrie Lindeque (Insetbemarker, Handel) en Marius van der Berg (Verhoudingsbest, Suidwesfin) het onlangs in hul nuwe kantore in Delmas, Mpumalanga ingetrek. Hulle lewer 'n diens aan 'n wye gebied in Mpumalanga. Martin Ehlers en Wentzel Theunissen het die nuwe kantore gaan besigtig.

Hoopstad Handel – ’n stoor oorkant die tak word gebou en die tak kry ook ’n graan- en finansiële kantoor. ’n Voltydse graanverkryger wat verantwoordelik gaan wees vir die werwing van graan, bemarkingsinstrumente soos vaste­ prys-, minimum- en maksimumkontrakte, asook vastebasiskontrakte sal by die tak gesetel wees. Daar sal ook ’n permanente verhoudingsbestuurder wees wat na alle finansieringsbehoeftes sal omsien. Die graanverkryger sal verantwoordelik wees vir die Hoopstad-, Wesselsbron- en Bultfonteinareas terwyl die verhoudingsbestuurder sal fokus op die Hoopstadarea. ’n Nuwe brandstofrybaan is ook deel van die planne vir Hoopstad. Hertzogville Handel – die tak kry ook ’n nuwe baadjie. Die kenmerkende sandsteen­ bekleding wat by alle takke aangebring word, sal die ingang versier. ’n Verskeidenheid kruideniersware en vollediger reekse sal in die tak beskikbaar wees. Bouwerk is nog in die proses en ons verwag dat dit een van die dae afgehandel sal wees. Stella Handel – dit is die tak se beurt vir ’n gedaantewisseling. Die kontrakteurs is kliphard aan die werk en sal moontlik voor die verwagte datum hul werk afhandel. Bultfontein Handel – werk aan die tak is voltooi en slegs afrondingswerk word nog gedoen. Klante kan uitsien na ’n splinternuwe koopervaring. Ben Lubbe Eiendomme


maatskappy-esprit

< strategiese werkwinkel>

Van die kop na die hart na die hande – só gaan Suidwes se personeel die maatskappy se strategiese visie van nou af uitleef. Dit is die uitkoms van ’n strate­ giese werkwinkel waaraan ongeveer 500 van Suidwes se personeellede (posvlak 5 en hoër) die laaste twee dae van Januarie deelgeneem het. Die werkwinkel is gestruktureer om die kreatiewe brandstof van elke deelnemer aan die vloei te kry – en het dit

nie gevloei nie! Die dag se aktiwiteite het elke deelnemer gehelp om op ’n prettige manier met sy kop die strategiese visie en missie van die maatskappy te verstaan, dit in sy hart sy eie te maak omdat hy glo dat dit die beste visie vir die maatskappy en sy mense is en dan tot aksie oor te gaan deur sy persoonlike doelwitte te implementeer. Waarom was die werkwinkel nodig? “Die direksie en bestuur het in

September 2012 al tydens ’n bosberaad wyd en ver gaan dink oor hoe die maatskappy die toekoms kan ingaan om nie net te oorleef nie, maar te floreer,” verduidelik Louis Smit, BD van Suidwes. “Vir bestuur en die direksie was die visie wat daar ontstaan het klokhelder, maar met die implementering van verskillende fases het ons besef dat die personeel nie die geheelbeeld kan sien nie. Ons het besluit om die werkwinkel aan te bied om

personeel te help om die prentjie van ons visie te sien en ook om personeel se insette te kry oor hoe hulle kan help om die ratte van die masjien aan die draai te kry.” “Ons weet dat die strategiese proses pynlik is, omdat dit baie verande­ ring veroorsaak en mense en hulle gesinne persoonlik raak en as elkeen nie die visie verstaan en sy eie gemaak het en hom daartoe verbind het nie, raak mense negatief. Ons

het nou ’n span personeel nodig wat positief is en met hart en siel kan help om die maatskappy die toekoms in te dra. As ons nie aanpas by die veranderende wêreld nie, gaan ons oor 20 jaar nie meer bestaan nie,” het Louis gesê. Esprit het by die kerksaal op Leeudoringstad gaan inloer om te sien waaroor al die geraas gegaan het en skets die gees van die werkwinkel met die foto’se hierby.

maatskappy-esprit

Met die kop en hart en hande die toekoms in

Alan Kirschner, besturende direkteur van die bestuurskonsultantemaatskappy, Customer Diagnostics, wys hier vir Jeanine Saunderson en Fritz Smit hoe positiewe denke jou fisies sterker maak.

Charmaine Jacobs kom agter dit is nie so maklik om Martine Nel se arm af te druk wanneer sy aan positiewe dinge dink nie. In die agtergrond geniet direksievoorsitter Pierre Vercueil die sessie net so veel soos die personeel.

Daniel Thipampena en Vivian Lucas wys die kaartjies waarop hulle ’n persoonlike, haalbare doelwit neergeskryf het. Elke personeellid het so ’n doelwitkaartjie geskryf waarop hulle onderneem om die doelwit binne drie weke te bereik. Elkeen het ’n aanspreeklikheidsvennoot ge­ kies en moet mekaar verantwoordelik hou vir die neergeskryfde doelwit.

Die kleurvolle mengelmoes van persoonlike doelwitte waarmee personeel hulle elkeen self verbind het tot onmiddellike aksie om van Suidwes die eerste keuse maatskappy vir kliënte, aandeelhouers en werknemers te maak.

Oor twee dae het ongeveer 500 van Suidwes se personeel van posvlak vyf en hoër die strategiese werksessie bygewoon.

januarie/februarie 2014

esprit de corps

5


esprit Dit gaan nie net oor praat en dink nie, dit is ook om daad by die woord te voeg en pen op papier te kry – André Pansegrauw, Elsabe McCarthy en Angelique Minders doen presies so.

Die strategiewerkwinkel was harde werk, maar dit het personeel ook saamgesnoer en daar was genoeg tyd vir saamkuier en mekaar beter leer ken.

Louis Smit en Pierre Vercuiel saam met Alan Kirschner by dag twee se sessie.

Hansie Viljoen, Gert Malherbe en Koos le Roux, direkteure van Suidwes, het hulle eie besighede vir ’n dag laat staan en ook kom deelneem aan die strategiese werkwinkel.

Johan Reynecke, Casper Labuschagne, Cobus van Vuuren en Michael Seitshiro werk in hulle groep aan ’n skets wat wys hoe Suidwes se voetspore in Afrika in loop.

6

die gees van ons mense

Piet van Wyk en Elmien du Plessis bewonder die kunswerke van ander groepe wat teen die muur opgesit is. Die personeel moes eindelik stem vir die kunswerk wat Suidwes se strategiese doelwitte die beste uitbeeld.


maatskappy-esprit

< strategiese werkwinkel>

maatskappy-esprit

In klein groepies moes personeel gaan dink en dan op papier neersit hoe hulle die ontvouing van die strategie oor die laaste tyd beleef het. Alta Fouche, Johan van der Watt en Marieta Burger moes mooi dink om hulle gevoelens reg te verwoord.

Die BD kom sit hand by terwyl OC Vermeulen, Leon du Preez, Jason Sparrow en Cas Rossouw die maatskappy se probleme oplos.

Die kreatiwiteit vloei vry terwyl Suzette Hattingh, Anel Rothman en Hein Britz werk aan hulle skets wat Suidwes se strategie uitbeeld.

Roxy Parkie, Hanna Smit en Des Liebenberg sit hulle gedagtes netjies en georden uiteen op hulle plakkaat.

Elna Ross en Carlien Pretorius vergelyk die maatskappy met â&#x20AC;&#x2122;n superheld in die sessie waar personeel hulle gedagtes oor die maatskappy visueel moes uitbeeld.

Jimmy Jasson, Michael Matheatau en Saul Magouzi is diep in gesprek oor hoe hulle die veranderinge in die maatskappy beleef het.

januarie/februarie 2014

esprit de corps

7


Carl Bierman gesels uit Soedan

maatskappy-esprit

stories uit soedan

Die geboorte

van die lusernlande

dinsdag 14 januarie

Ons het lank gewag dat die eerste lusernsaailinge op hierdie projek verskyn. Daar was verskeie vertragings in die proses wat die planttyd vertraag het. Uiteindelik was die besproeiingstelsels reg. Die kunsmis is gestrooi, die lande is bewerk en toe is daar geplant. Almal het kom kyk, as dit moontlik was sou ons die geleentheid met ’n bottel sjampanje gevier het. Ons is elke oggend opnuut in verwondering vir die skepping wat so baie wonderlike momente het. Ons sien baie uit na elke dag se vordering van ons lusern. Met die regte bemestingsprogram in plek kan goeie opbrengste behaal word. Beleef die vordering van dié wonder dag vir dag saam met esprit.

Op 14 Januarie is al die harde werk beloon met die verskyning van die eerste saailing. Die saad wat al twee jaar hier in die Sahara in ’n warm stoor gelê het was baie bly dat hulle kon groei. Dit lyk of elke saadjie opgekom het. Die klein tengerige plantjies het die grondkors laat kraak in hulle haas om hulle koppe bo die grond uit te steek. Dis ’n ongelooflike proses. Dis die geboorte van die lusernlande.

woensdag 8 januarie woensdag15 januarie

Die groot Amazon-planter plant baie vinnig en groot oppervlaktes word op ’n slag geplant – sommer gou was die eerste “plaas” klaar geplant. Dit was Woensdag 8 Januarie, ’n dag om te onthou – ’n belangrike datum vir die Al-Dabba-projek. Ons hoop dis die eerste van baie hektare wat hier geplant gaan word. Hier is baie uitbreidingsgeleenthede en hoe beter ons presteer, hoe groter gaan die ontwikkeling wees.

Die volgende stap was om die besproeiing aan te skakel en te sorg dat daar vir die volgende week slegs uitstekende toestande heers vir die ontkieming van die lusernsaad. Van vroeg in die dag tot deur die nag is pompe aan en af geskakel. IB en Wessel het deur die nag elke twee uur die water geskuif.

8

<soedan>

die gees van ons mense

Op 15 Januarie is selfs die rye sigbaar. Dis nog lekker koud hier in die nag en ons het nou ’n wedloop teen tyd want iewers in Februarie gaan dit te warm word om te plant en ons doelwit is om so veel as moontlik hektare teen daardie tyd geplant te kry. Die konstruksie van die besproeiings yne gaan onverpoos aan en soos die konstruksie van ’n gedeelte klaar is maak die landbou afdeling nat, strooi die kunsmis uit en plant.

Ons kyk elke oggend na nuwe saailinge wat opkom. Die span beleef die vordering van die gewas baie intens. Die reputasie van die Suid-Afrikaners is op die spel. Met die regte bemestingsprogram, bewerking en besproeiing in plek, kan goeie opbrengste behaal word.

Op die foto hierbo is saad gemors en dit is duidelik dat elke saailing saamgespan het om die kors oop te breek. Dit bevestig net dat spanwerk nodig is om van die grond af te kom.


maatskappy-esprit

woensdag 29 januarie

Dit is heerlik om te sien hoe groei die lusern. Dis amper soos ’n mamma wat sien dat haar graadeen-kindjie baie goed vorder en presteer in akademie en sport. Dis dan ook geen wonder nie dat Wessel homself so 'liefderyk' neervlei op die groen lusern. Hy staan gemiddeld drie keer per nag op om die sproeiers te skuif. Dis duidelik dat daar ’n spesiale band tussen hom en die lusern is.

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

BBP’s besoek die Amtaarprojek "Die afgelope dae het almal hier by die Amtaarprojek geskarrel om reg te maak vir die besoek van die Soedanse minister van investering en die goewerneur van die Nylprovinsie in Soedan. Die paaie is geskraap, rommel is opgetel en oral is skoongemaak. So skuins na nege-uur op 16 Januarie hoor ons die sirenes van die veiligheidswagte. Kort daarna verskyn die konvooi in ons gesigsveld. Waar al die mense vandaan kom, weet ons nie. Baie is seker amptenare." "Dit was seker die meeste mense wat nog hier op een plek vergader het. Die gaste was beslis baie beïndruk met hierdie projek en hulle het baie vrae gevra. Die jong lusernsaailinge is van alle hoeke en kante bekyk en afgeneem, vertel Carl Bierman. IB Oosthuizen sê dat hy lanklaas vir mnre Otaiba en Khalil so baie sien glimlag het. "Ek dink die besoek het baie goed afgeloop danksy deeglike voorbereiding voor die tyd." "Ons is dalk vanaand op nasionale tv, maar ons het werk om te doen en gou was die planters terug in die lande en die werk gaan aan soos gewoonlik," sê Carl.

Die sirenes van die konvooi kon van ver af gehoor word en die motors het ’n stofstreep gemaak soos hulle nader gekom het.

Die belangrike gaste en fotograwe is in mandjies gelaai sodat hulle kon sien hoe dit van bo-af lyk. Die besproeiingstelsel is aangeskakel en dit is vir ’n woestynbewoner baie lekker én vreemd om kunsmatige reën te sien.

Die besoekers besigtig die lusern wat pas opgekom het. Daar was nie minder as vier tv-kameras nie en die jong saailinge is van alle hoeke afgeneem. Die lusern is nou al mooi sigbaar van ’n afstand af en die land het al ’n mooi groen skynsel.

Hierdie ontwikkeling beteken ontsettend baie vir die mense. Mohamed (die projekbestuurder) word deur tv-joernaliste oorval met vrae. Dit is duidelik dat almal baie opgewonde oor die nuwe projek is en dit is sekerlik een van die hoogtepunte in die bestaan van hierdie gemeenskap.

januarie/februarie 2014

esprit de corps

maatskappy-esprit

dinsdag 21 januarie

Besoek gerus die Soedan-blog en gesels met die manne daar.

9


esprit

Skenkings bring verligting Suidwes het die brandstof verskaf om ’n paar vragte lusernbale, wat deur ’n boer van Aberdeen geskenk is, na Tosca te vervoer. Ons het dié brief van Agri Molopo ontvang. Goeiedag Meneer Hiermee bedank ek u namens Agri Molopo (boereverenigings van Agri Kadebis, Jakkalskop, Leniesdeel, Moloporivier, Piet Plessis, Sukses (Bray), Thlakgameng, Tosca, Vorstershoop en Wildebeeshoorn).

Ons waardeer Suidwes Landbou se groot bydrae opreg. Een van ons lede het my vertel dat hy Woensdagaand geen voer vir sy beeste gehad het nie, omdat die vrag hoendermis eers Donderdag sou kom. Danksy jul ruimhartigheid kon hy Woendagaand lusern gee vir sy beeste. Ander boere wil weer die lusern gee vir hul beeste wat al lê van swakheid of melkkoeie wat vir die huis produseer. Dit is maar enkele van die dankbare getuienisse wat aan ons meegedeel is. Nogmaals dankie vir u skenking.

Agri Molopo

O vet, daar’s water! Hulle sê as jy eers die Vet­ rivier se water gedrink het, sal jy nooit uit Hoopstad wegtrek nie. Dié rivier, wat Hoopstad van water voorsien, is tot sy walle toe vol. "Hy was tot onlangs só droog dat jy op droë grond deur hom kon stap. Ons dorp het streng waterbeperkings en hoewel die rivier mooi loop, is dit steeds van toepassing. Baie mense het sommer met skepnette babers gevang en ander het met hulle hande probeer vang," vertel Etienne van der Merwe, winkel­ bestuurder. Hy het van die foto’s geneem en ingestuur.

10

die gees van ons mense

Regs bo: In 2006 was die Vetrivier so droog jy kon deur hom stap. Bo en regs: Wat ’n pragtige gesig na die onlangse goeie reën! Onder: Met die vloede van 2011 het die rivier se walle oorstroom.


begin vars

While your new year resolutions are still fresh, why not think about how your choices in 2014 can help to leave a legacy of flourishing ecosystems, healthy rivers and water systems and abundant flora and wildlife. Please put at least one of these on your list: REDUCE, RE-USE OR RECYCLE. We were given the earth to look after, after all ... 

Om ’n nuwe jaar in te gaan, is soos om ’n gelukspakkie te ontvang. Jy kan die pakkie bevoel, beruik, bekyk, selfs skud, maar jy sal nie weet wat daarin is voordat jy dit oopgemaak het nie. En soos ons almal wat al ’n gelukspakkie ontvang het weet, daar is altyd ’n verrassing in! Jy kan dus jou nuwe jaar beplan soos jy wil, lyste vol voornemens maak en jouself beloof dat jy hierdie jaar daarby gaan hou. Esprit het julle gevra wat julle voornemens is en sommer ’n

personeel-esprit

Dis hoe dit kan wees in 2014 voorstel of twee gegee. Ouers, maak hierdie deel van julle goeie planne vir die jaar. Skakel die TV af tydens aand­ ete en probeer om in 2014 saam om die etenstafel te kuier. Tyd saam met geliefdes en kinders word al hoe minder saam spandeer en kenners meen dat die gemiddelde werkende pa slegs 8 minute per dag saam met sy kinders deurbring! Wat ’n wonderlike voorreg om rustig saam aan tafel te sit en van almal se doen en late te hoor en

REGTIG, met albei ore, daarna te luister. Wat ’n voorreg om mekaar se lief en leed te deel en elkeen se hoogte- en laagtepunte van die dag te hoor en raad, ondersteu­ning en wysheid uit te deel waar nodig. Die kenners meen dit neem 21 dae om ’n gewoonte te breek, dus begin sommer nou en siedaar! Teen die einde van Februarie (na 21 dae se gemor en gekla) gaan jy besef op hoeveel goed jy in die verlede uitgemis het.   e

Nuwe jaar, nuwe dinge Esprit het julle uitgevra oor nuwejaarsvoornemens. Lyk vir ons dit is net die mans wat hieroor dink ... Andrid Geldenhuys ... sê hy het nuwejaarsvoornemens gemaak, maar syne noem hy eerder mylpale. "Die meeste van die mylpale wat ek hierdie jaar wil bereik, is persoonlik van aard. Ek glo as jou menswees verryk word deur mylpale te bereik, sal jy ander mense ook kan motiveer om by hulle voornemens te hou. Dit is nodig om jaarliks intro­ speksie te doen en weer mylpale te stel. Kyk terug na die vorige se jaar se pogings waarmee jy misluk het en wat die rede daarvoor is. Dan kan jy aanpassings maak om jou doelwitte te haal en struikelblokke te oorkom." Andrid het ’n paar uitdagings vir homself gestel vir 2014, hy wil: • Tafelberg op en af hardloop binne 3 ure;

• “ wreck diving” op dieper as 80 m doen; • tydens ’n naweek-uithoukamp meer as 75 km stap. Volgens hom misluk nuwejaarsvoornemens omdat die individu nie genoeg ondersteu­ ning en motivering van vriende of familie ontvang nie – persoonlike wilskrag is natuurlik ’n groot faktor. "Ek bly gemotiveerd deur my doelwitte neer te skryf en gereeld daarna te kyk. Koppel datums aan voornemens en wees doelgerig," is sy raad. Andrid is die bestuurder by NWET.

begin van ’n nuwe jaar nie. "Wat maak dit dan nou anders as enige ander dag?" vra hy. "Ek dink nuwejaarsvoornemens misluk omdat dit nie ’n lewens­ wyse is nie, maar ’n gier wat kom en gaan. Bou eerder van jongs af goeie en gebalanseerde gewoontes in jou lewenstyl in." Louis is die besturende direkteur van Suidwes.

Stefan van Huyssteen ... vra hoekom net een keer ’n jaar voornemens maak? "Elke liewe dag moet jy met voornemens begin, want elke nuwe dag bring nuwe dinge," is sy siening. Stefan is ’n admin-bestuurder by Suidwesfin.

Louis Smit ... sê hy maak nie nuwejaarsvoornemens nie, want hy glo ’n mens moet elke dag gebalanseerd en voluit lewe – nie net aan die

George Potgieter ... sê hy maak nie sulke voornemens nie, want ons lewe nie in ’n perfekte wêreld nie, maar in

’n hoogs veranderde omgewing. "’n Telefoonoproep kan skielik baie dinge verander. En dan is die voorneme ook daarmee heen. Nuwejaarsvoornemens misluk omdat dit gemaak word met die feite en inligting wat op daardie stadium bekend is. Môre kan alles dalk anders lyk," sê hy. "Ek dink teen einde Januarie is alle voornemens daarmee heen. Hoekom moet jy voornemens hê om iets te doen of te verander en te wag tot 1 Januarie elke jaar om daarmee te begin? As jy iets wil doen, moenie wag nie, doen dit dadelik, net soos Nike se slagspreuk: ’Just do it’," is George se raad. George Potgieter is die direkteur: Finansies by Suidwes

januarie/februarie 2014

e esprit de corps

11


Mellory Nieuwenhoudt (Debiteure klerk, NWET) se eerste album, Destiny, verskyn aan die einde van Februarie.

skop af op hoë noot

Sy maak haar eie destiny Gesogte prys!

M

ellory Nieuwenhoudt (Debiteureklerk, NWET) glo elkeen maak sy eie lotbestemming of destiny. Hierdie vriendelike, uitgesproke jong vrou straal selfvertroue uit en borrel van entoesiasme toe esprit haar bel om geluk te wens met haar groot prestasie. Sy is 'n sangeres van wie ons

Cultural Calabash The annual North West Cultural Calabash was established 10 years ago and centred in Taung, home of the famous Taung skull. From a one-day event, it has grown to a year-round happening that has a build-up of mini festivals in five regions with a grassroots competitive component, culminating in a weeklong cultural fair with the clout to attract such talent as gospel queen Rebecca Malope, guitar prodigy Selaelo Selota and the Ghanaian band Odehe.

12

die gees van ons mense

nog baie gaan hoor. Mellory het die prys as die beste vroulike kunstenaar by die Matlosana Cultural Calabash ontvang. Dit is 'n jaarlikse multi-dissiplinêre kunsfees vir jong volwassenes wat in die Noordwes Provinsie gehou word. Destiny is ook die titel van haar eerste cd wat aan die einde van Februarie op die rakke sal wees. Sy het dié cd self, maar met die hulp van haar opname-ateljee in Klerksdorp vervaardig. "Ek skryf al my liedjies se woorde self, Wild West help my met die musiek en toonsetting," vertel Mellory. Alles het egter nie vir haar maklik gekom nie, sy moes al 'n paar opdraandes kafdraf om te kom tot waar sy vandag is. "Dis maar moeilik om jou merk te maak op die platteland. Daar is nie baie blootstelling nie, jy moet geleenthede vir optredes gaan soek. Ek het nog my lewe lank gesing en die laaste paar jaar by funksies begin optree. Van 2009 af het ek my sang ernstig begin opneem," sê Mellory. Sy het geen formele sangop­ leiding nie en het eers soos sy dit noem 'agterjaart recordings' gedoen. Mellory vertel dat haar sewejarige dogter, Shaznay, haar inspirasie is. "As jy 'n tienerma is, verstaan jy van struggle. Ek het my kind alleen grootgemaak. 'A mistake is not a mistake – some-

times it is a blessing in disguise'. Ek het besef 'n mens hoef nie op te gee nie – nie jou drome nie en nie jou toekoms nie." Sy lag en vertel hoe sy op die besondere naam vir haar dogter besluit het. "Ek het nie 'n naam vir haar gehad nie, maar die aand voor my keiser het ek 'n fliek gekyk en op die fliekkrediete (credits) sien ek toe hierdie mooi naam. Net daar besluit ek sy sal Shazney genoem word." As jy van sielvolle musiek hou, moet jy eenvoudig na Mellory se musiek luister. e

Die North West Cultural Calabash (kunsfees) is daar om amateuren semi-professionele kunstenaars kans te gee om raakgesien te word. Oudisies word gehou en die beste kuns­tenaars tree op by vier distriksge­ leenthede in die groot dorpe in Noordwes. Die finale kompetisie vind in Taung plaas.

Draf-draf die nuwe jaar in

Roenel van Heerden (Admin-beampte, Handel Vryburg) het vroeg die jaar aan die Mielie-halfmarathon in Welkom deelgeneem. “Ek het dit ten spyte van die hittegolf wat daar was vreeslik geniet,” sê Roenel. Dit was die eerste wedloop vir 2014 en ook die begin vir die voorbereiding vir die Two Oceans se 21 km waaraan sy ook gaan deelneem in die Kaap gedurende die Paasnaweek hierdie jaar.


omgee-esprit

Volgens ’n ou-oorvertelde legende het Valentynsdag sy oorsprong te danke aan ’n priester wat in die derde eeu geleef het. Keiser Claudius II het vas geglo dat enkellopende mans beter soldate is as getroude mans, en het daarom mans verbied om te trou. St Valentyn, as weder­gebore Christen, het egter voortgegaan om paartjies in die huwelik te bevestig, nieteenstaande die verbod wat daarop geplaas is. Hy is gearresteer en in die tronk gegooi, ook as gevolg van sy Christenskap. In die tronk het hy ’n wonderwerk gedoen en die tronkbewaarder se dogter van haar blindheid genees. St Valentyn is tereggestel op die 14de Februarie in die jaar 269 nC. In 496 nC het Pous Gelasius I dié dag tot die dag van die Heilige Valentyn verklaar. Aanvanklik was daar geen romantiese betekenis aan Valentynsdag gekoppel nie, dit is eers in die laat Middeleeue dat romantiese gebruike met hierdie dag geassosieer geraak het.

Baie dinge vir baie mense

Vandag beteken Valentynsdag baie verskillende dinge vir baie mense: die kans (en hoop?) om ’n nuwe verhouding te begin, om die gevoelens in ’n bestaande verhouding weer te laat opvlam of om iemand spesiaal net weer daaraan te herinner hoe wonderlik hulle is, selfs ’n familie- of gesinslid. Maar eintlik is dit by uitstek ’n dag vir verliefdes en daarom pas die kleur rooi perfek by hierdie “warm” dag. Rooi is ’n uiters kragtige kleur en is die warmste van al die warm kleure op die kleurwiel. Dit weerspieël blydskap, opwinding en passie. Rooi rose is dan ook die mees tradisionele Valentynsdaggeskenk tussen verliefdes. Dit is die simbool van romantiese liefde en blywende passie, en dit verklaar onomwonde: “Ek is lief vir jou”.

personeel-esprit

Die dag van harte en rose Esprit het 'n vinnige opname gedoen om uit te vind hoe julle oor hierdie dag voel. Soos ons kan sien, beteken die dag verskillende dinge vir verskillende mense. Zelda van Reenen PA vir Hoofbestuurder: Regs- en Statutêre Dienste

"Valentynsdag het geen betekenis vir my nie. Dis ’n heidense dag wat net soos Kersfees heeltemal gekommersialiseer is. Dis baie belangrik vir my dat my man my ELKE dag liefhet, koester en waardeer en natuurlik so ook ek vir hom. Ek is nie gepla met geskenkies nie – my man help my in die huis en doen dinge wat die lewe vir my makliker maak – dit beteken vir my meer as ’n duur geskenk. Dis die klein, eenvoudige gebare wat geld nie kan koop nie, wat belangrik is. Ek moet sê een van die mooiste, beste dinge wat my man nog vir my gedoen het, is om deur die huis te gaan en seker te maak al die elektriese punte en die verlengkoorde se kragpunte werk goed. Elke verlengkoord in my huis se kragpunte werk nou aan albei kante. So dis nie meer ’n gesukkel en gesoek vir krag nie. Nie eers ’n een-karaat diamantring kan meer beteken as dit nie!" Petro Vermeulen Krediteure

"Ek neem my man, Piet, uit vir ete want dit is ook sy verjaarsdag. Ek wil nie 'n geskenk op Valentynsdag hê nie, maar Piet sal een kry omdat hy verjaar. Ek dink dit is sommer net 'n geldmaakstorie. By skole hou hulle

Valentynsdanse en dan moet Ma en Pa weer opdok vir 'n splinternuwe rok vir Sus. Dis nie vir my 'n belang­rike dag op die kalender nie, ek voel dit is 'n dag wat van die buiteland oorgewaai het. Mense maak te 'n groot ophef van die dag en selfs al is daar nie geld nie, maak hulle skuld vir duur geskenke. Die grootste geskenk wat jy kan gee, is jou liefde – nie net daadie dag nie, dwarsdeur die jaar ook." Sunelle v Rooyen PA

"Ek is natuurlik mal oor die dag. Ons het geen planne vir Valentynsdag nie, dit is vir ons net ’n gewone dag, maar ek en Rayner, my man, glo dat die liefde nie net op ’n sekere dag gevier moet word nie, maar elke dag. Gert Nieuwoudt Kassier, Vryburg Handel

"Ek wil my meisie met ’n lekker

piekniek in die veld bederf, want dit is vir my die grootste geskenk om die dag saam met haar deur te bring." Twanè Sr-klerk, Vryburg Handel

"My idee van 'n lekker Valentynsdag is ’n romantiese ete saam met my beter helfte. As ek 'n bos blomme, 'ietsie ouliks' en sjokolade kry, is ek in die sewende hemel. Dit bly vir my 'n spesiale dag." Daar is heelwat van julle wat julle nie aan die dag steur nie, wat voel dit is net 'n geldmaakge­ leentheid en dat te 'n groot ophef daarvan gemaak word. Geskenke hoef nie geld te kos nie en almal is dit egter eens dat 'n mens nie net op een spesifieke dag van die jaar jou geliefde moet bederf of liefhê nie, maar elk van die ander 364 dae van die jaar ook. 

januarie/februarie 2014

esprit de corps

13


groet ’n kollega

'n Man wat diep spore getrap het beeld was hy nie. Ek het nooit gehoor dat hy kortaf was teenoor sy vrou nie en altyd hulle gesprek afgesluit met die woorde: "Sien jou netnou, my liefie, lief vir jou of mooi ry, sien jou vanaand."

Voorbeeld vir die graanbedryf

Jannie, Rentia en Henco Mynhardt Jannie Mynhardt het

Saterdagmiddag 14 Desember 2013 sy dapper stryd teen kanker verloor. Vir ons as Graanspan is dit ’n groot verlies, nie net oor die leemte wat Jannie laat oor sy kundigheid en toegewydheid nie, maar ook oor die geliefde kollega en vriend wat ons verloor het. Ten spyte van die erns van sy siekte, het Jannie tot die laaste alles gegee vir Suidwes Graan en sy toewyding aan sy kollegas en sy werk is ’n bevestiging van die wonderlike mens wat hy was. Hy het altyd die ekstra myl vir almal geloop en sy positiewe ingesteldheid op die lewe het hom die geliefde kollega gemaak wat hy was. As ’n mens na ’n rolmodel soek van hoe ’n man van God moet lyk, is Jannie die voorbeeld. Sy onvoorwaardelike geloof en liefde vir sy God het hy elke dag van sy lewe uitgeleef. Vir Rentia en Henco was hy liewer as vir die lewe self. Sy vriende en kollegas het hy altyd met respek en deernis behandel en sy integriteit is iets wat ons altyd sal bybly. Vir ons as Graanspan was hy ’n ware vriend, op wie ons kon steun en staatmaak ongeag wat. Ons dank die Here dat ons geseënd was om iemand soos Jannie te kon ken. Hy het elke een van ons se lewe op sy eie unieke manier verryk. Ons neem afskeid van ’n wonderlike mens in die vertroos­ting dat hy sal voortleef in ons harte vir die res van ons lewens.

Anton Jordaan Hoofbestuurder: Graan

14

die gees van ons mense

Jannie het 'n besondere indruk op sy kollegas by Graan gemaak. Hier is wat hulle skryf:

Sy gesin was die belangrikste

Ek het vir Jannie as die stil en sterk tipe ervaar. Sy gesin was die belangrikste in sy lewe en hy was baie trots op hulle. Sy werk het hy met sorg gedoen en kon maar ongelukkig raak as dinge nie altyd loop soos hy dit beplan het nie. Hy was altyd vriendelik en het jou belange op die hart gedra. Hy was 'n voorbeeld vir ons almal met sy positiewe leefwyse.

Saam die storms getrotseer

Wat ’n ongelooflike voorreg was dit om saam met hom te kon werk. Saam het ons in die bootjie geklim en die storms van die vryemark trotseer. Hy het altyd vir ons die pad aangewys en vir ons gedra deur hierdie storms. "Jannie, baie dankie dat jy elke personeellid, ongeag die posgraad, met respek behandel het. Ek glo dit is hoekom elke personeellid daardie ekstra myl vir jou gestap het. Ons gaan jou mis."

Hallo, jongman

Wanneer die teleloon lui en ek antwoord, het hy altyd die gesegde gehad en gesê: "Hallo, jongman, hoe gaan dit? Hoekom bel jy my nie, is daar fout of is jy kwaad vir my?" Soos die dominee by sy begrafnis gesê het, Jannie was ’n familiemens, hy het hulle altyd eerste gestel. Wat ’n voor-

Hy was ’n man wat vinnig die bedryf geleer het en die finansiële kant was natuurlik sy sterkste punt. Al was hy jonk, was hy ’n voorbeeld vir die graanbedryf en was sy woorde altyd: "ek weet nie alles nie, maar leer nog elke dag". Indien hy van jou verskil het en hy verkeerd was, sou hy dit erken en jou dadelik om versko­ning vra.

Beskikbaar om te luister

Jannie het nie van konflik gehou nie, dit het hom baie gepla. Hy het egter altyd die silobedryf beskerm en opgekom vir sy personeel. As jy ’n probleem gehad het, was hy altyd beskikbaar om te luister en raad te gee. Dit wat vir jou ’n struikelblok was, het hy in ’n ander lig gesien en dit maklik opgelos.

Hou van oop kaarte speel

Ons waardeer dat ons as silo­ bestuurders 'n oop verhou­ding gehad het in werk- en sosiale verband. Jannie was baie sterk daarteen gekant as mense nie van die begin af oop kaarte met hom gespeel het nie. Al was hy nuut in die graanbedryf, het hy as bedryfsbestuurder sy rug styfgemaak en die silobestuurders met hul nukke en grille hanteer en ’n besluit geneem as daar verdeeldheid was. Hy was baie trots op die graanbedryf en sy personeelkorps - ons gaan hom waarlik mis.

Positief oor die lewe

Jannie was altyd ’n gentleman wat nooit té besig was om vir sy kollegas tyd te maak wanneer hulle iets op die hart gehad het nie. Hy was ook ’n voorbeeld vir ons almal wat soms sonder rede kla oor klein en onnodige goedjies. Jannie was altyd positief oor die lewe en oor sy siekte – al kon ons sien dat hy baie sleg voel, het hy nooit gekla nie

Ek het Jannie leer ken toe hy by Graan as rekenmeester gewerk het. Hy het altyd die buisvoorraadopnames op Kameel en Vryburg kom doen. Ek onthou dit nog soos gister; terw yl hy een keer besig was met buis me­ting, val sy bril in die graanbuis. Hy het bietjie bek-af gelyk daaroor en toe hy daardie dag groet, het hy net gesê: “Dis nou jammer dat ek my bril in die buis moet los." Ons kon heerlik saam met hom daar oor lag. Selfs toe hy ons bestuurder by gaan hantering word, was hy dieselfde nederige en hulpvaardige persoon. Sy deur het altyd oopgestaan vir personee l ongeag wát die behoefte was. Jannie het die volgende vir my moo ntlik gemaak: • Hy het vir my as interne graa npersoneellid die geleentheid geg ee om die graanhanteringsprogram te doen . • Hy was die bestuurleier wat met my prestasievordering vir 2010 /2011 die bykomende motivering geskryf het wat daartoe bygedra het dat ek die toekenning vir besonderse prestasie as silowerknemer vir 2011 ontvang het. • Hy het ook die eerste reëlings getref vir die AGRI SETA-onderho ud. My laaste gesprek met hom was met die 2013-bierfees waar hy my ook gelukgewens het met die toekenni ng wat ek van AGRI SETA ontvang het en gesê dat ek nie moet sleg voel omdat ek nie daardie prysgeld gewen het nie. Hy het aan my gesê dat ek moet weet dat ek my seën op ’n ander manier sal ontvang. Hy het ook gesê dat ek moet onthou dat ’n mens se geso ndheid ook veel meer werd as geld is. Só sal ek Jannie onthou vir die tipe mens wat hy was. Elsabe McCarthy


lief & leed

Ervaar die gees van ons mense

Ons is saam met julle bly • Bernhard van Zyl (Verhoudingsbestuurder: Christiana) het oupa geword van ’n dogtertjie. • Stefan van Huyssteen (Admin Bestuurder, Hoofkantoor) se seun, Lionel, wat LLB studeer, het nege onderskeidings in sy eksamen behaal. • Johan Rothman (Admin Bestuurder: Kontrakfinansiering, Leeudoringstad) en sy vrou Henta se dogtertjie, Zandri, is op 3 Januarie gebore. • Joyce Goliath (Maandversending, Sekretariaat) se babadogtertjie, Bongiwe, is op 9 Januarie gebore. • Cecil Gresse (Senior Rekenmeester: Graan) het verloof geraak aan Christi Janse van Rensburg. • Johan Pretorius (Instandhouding) en Marietjie (Admin Leeudoringstad-silo) het 'n kleinseun ryker geword. Julle is in ons gedagtes • Anli Robinson (Boekhouer Graan) se swaer is oorlede. • Piet Oldewage (Bestuurder Administrasie) se vrou Annamarie, het verskeie toetse in Pretoria ondergaan. • Hanno Rossouw (Heelgoedere bemarker, Bloemfontein) se pa is oorlede. • Bennie Enslin (Graanhanteerder Tegnies) se aanstaande skoonpa het 'n beroerte gehad. • Hester van der Westhuizen (Beheer-

• • •

• • • • • • •

beampte Graan Admin) se kleinseun, Heinrich, is in die hospitaal opgeneem met breinvliesontsteking. Trudie Gresse (Hoofklerk: Versekering Vryburg) het ’n operasie ondergaan. Ons hoop dat jy vinnig sal herstel. Jimmy Jason (Schweizer Reneke-silo) is geopereer. Doggie Lidderd (Admin, Kingswood-silo) het geval, haar ligamente geskeur en ’n beentjie in haar pols gebreek. Sy was vir ’n operasie en is met siekverlof tot einde Februarie. Annie Modiakgotla (Ontvangsdame) se pa is oorlede na ’n lang siekbed.   Paul Solwane (Jr-Graanhanteerder by Strydpoort) se pa is oorlede.   Liesie Welman (Admin, Christiana-silo) het ’n voetoperasie ondergaan. Michael Seitshiro was in ’n motorongeluk. Hy is redelik ernstig beseer en is opgeneem in die hospitaal.  Mario Wolvaardt (Bestuurder Mega­ nisasie) het sy arm tydens 'n fietswedren gebreek het en is geopereer.  JP Lidderd (Silobestuurder, Kingswood) se pa is oorlede, ons dink aan hom en sy vrou Doggie (Admin, Kingswood-silo). Thys Visagie (Asst. Silobestuurder Hallatshope) en sy vrou was in 'n baie ernstige motorongeluk. Hulle is reeds uit die hospitaal ontslaan.

langdienstoekennings

Nuwejaarsgeskenkie

personeel-esprit

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Carelzen (PA:Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemariec@suidwes.co.za

Zachariah Hlongwane (regs) ontvang sy 5 jaar-dienssertifikaat van Ettiene van der Merwe (Winkelbestuurder, Hoopstad).

Johan en Lindie van der Berg se seuntjie, Jandré, is op 1 Januarie gebore.

Trou

tradisioneel David (Asst-silobestuurder Bamboesspruit) en Portia Senatle (Graanhanteerder Makwassie-silo) se tradisionele troue is in Desember gehou. Hulle het vroeër in verlede jaar afgehaak, maar die tradisionele seremonie is in Desember gehou.

langdienstoekennings Januarie/Februarie 5 Jaar

20 Jaar

• • • • • •

• Mev SH Ehlers (Skakelbeampte Landbou Korporatief) • Mnr BM Mabilo (Instandhouding Tegnies Schweizer-Reneke)

Mnr MJ Kgalapa (Migdol-silo) Mnr FM Khan (Stella Onderdele) Mnr MA Molutsi (Bamboesspruit-silo) Mnr MJ Maine (Vryburg Handel) Mnr JVJ Fourie (Makwassie-silo) Mev Z van Reenen (Sekretariële dienste) • Mnr WN Serame (Wolmaransstad Handel)

10 Jaar

• Mnr JJ Bezuidenhout (Ing Instandhouding Magasyne) • Mej LM Mokoroane (Migdol Handel) • Mnr PJ Mafulako (Migdol-silo) • Mnr UB Pali (Ing Instandhouding)

15 Jaar

• Mnr SE Lizwi (Leeudoringstad Handel)

20 Jaar

• Mnr AP van der Linde (Wolmaransstad-silo) • Mnr SP Bantsijang (Kameel-silo) • Mnr AF Cilliers (Stella Handel) • Mnr BL Sehemo (Bamboesspruitsilo)

30 Jaar

• Mnr MT Sebogodi (Tosca Handel)

35 Jaar

• Mev SM Pieterse (Skakelbeampte Landbou Korporatief) • Mnr TW Motaung (Christiana-silo

Hannerie Pretorius (Vlooi) en Stefan is onlangs getroud. Die jonggetroudes kom van Leeudoringstad af, maar woon nou op Groblersdal. Baie geluk, julle twee, mag dit die begin van 'n vreugdevolle verhouding wees. Hannerie se ouers, Johan (Instandhouding) en Marietjie Pretorius (Admin silo) werk albei op Leeudoringstad.

januarie/februarie 2014

esprit de corps

15


pitkos

maatskappy-esprit

leer iets

13 things

that YOU, as an employee can do to delight your customers

Vier jou taal Chris Chameleon sê in sy liedjie, “Taal van die Liefde”: My taal word nie meer gepraat nie, ek hoor haar klank nie meer op straat nie ... my hart het in my taal groot geword, daarsonder skiet my gevoel tekort ... Op 21 Februarie vier die hele wêreld “Internasionale Moedertaaldag”, om die wêreld bewus te maak van die wonderlike taalkundige en kulturele diversiteit van die mensdom. Dié dag verteenwoordig die onstuimige omstandighede in Dhaka in 1952 waartydens studente koelbloedig deur die polisie doodgeskiet is tydens ’n optog ter erkenning van hulle moedertaal. Dit het aanleiding gegee dat die VN in 1999 dié wêrelddag geproklameer het met die hoofdoel om die bewaring en beskerming van

16

die gees van ons mense

ALLE tale regoor die wêreld te bevorder. Ons moedertaal is nie bloot net belangrik nie, maar dit “verteenwoordig” ons op ’n vlak wat geen tweede/derde taal kan nie. Die moedertaal van ’n persoon speel ’n ongelooflike rol in sy lewe: jy het begin kruip in jou moedertaal, begin loop, jou eerste “mamma” en “pappa” was ge-uiter in jou moedertaal, jy het vuil doeke en glipsies gehad in jou moedertaal, in jou neus gekrap en is mee geraas in jou taal, jy het JY geword in jou moedertaal! En vandag voel, beplan, droom, fantaseer, aspireer, wanhoop jy, huil jy, bid jy, het jy lief, en haat jy in jou moedertaal. Maar meeste van alles, DINK jy in jou moedertaal; heeldag, aldag, altyd. Kan ’n tweede taal hierby kers vashou? Mense wat na ’n ander land met ’n ander taal verhuis se grootste mis: om hul eie taal te hoor, dit te praat, dit te sing, dit te lees!! Almal van ons behoort die REG te hê om ons moedertaal enige tyd te kan en mag praat,

maak nie saak waar jy woon of werk, of wie jy is nie. En om dit van geslag tot geslag oor te dra. Dit is nie ’n voorreg nie, dit is ’n REG! Komaan, alle SuidAfrikaners, of jy Engels, Tswana, Afrikaans of Zulu praat, vier dit vandag en elke dag, wees trots daarop, skryf dit, lees dit, sing dit, PRAAT DIT! Jou hart is in jou taal ... e South Africa has eleven official languages: Afrikaans, English, Ndebele, Northern Sotho, Sotho, Swazi, Tswana, Tsonga, Venda, Xhosa and Zulu. Fewer than two percent of South Africans speak a first language other than an official one. Most South Africans can speak more than one language. Dutch and English were the first official languages of South Africa from 1910 to 1925. Afrikaans was added as a part of Dutch in 1925. Dutch was replaced by Afrikaans when South Africa became a republic in 1961, and Dutch was dropped in 1984, so between 1984 and 1994, South Africa had two official languages: English and Afrikaans.

• Take personal responsibility for your customers’ experiences, and focus your efforts in areas that are important to the customer, not your priorities. Above all, never be apathetic and indifferent to them. • “Notice” things, and respond with a sense of urgency and speed in everything you do. • Always ask yourself: Would I treat my friends and family like this? • Never dismiss customers by their age, sex, appearance, race or company. • Talk to your customers, human being to human being. • Your best opportunities to delight customers occur when things go wrong. Use them. • If you can’t help someone, then offer some alternatives. • Never attack your colleagues, your managers or your company. • Always thank them for giving you their business: true appreciation is rare. • It is crucial to follow-up, and to keep customers informed at all times. • Offer your help willingly, but also allow them to “browse” without pressurizing them. • Take time to explain things properly. • Never, ever yell at customers, or rebuke or reprimand them in any way. And when you have messed up, apologise, and recover quickly.


Eet gesond en lekker pitkos

Kosblik-tortilla Olyfolie vir braai 200g beesvleisrepies 4 volkoring of gewone tortilla'wraps' 2 koppies gekerfde blaarslaai 2 kersie-tamaties, gesny 1 rooi soetrissie, ontpit en in dun skyfies gesny 1 wortel, geskil en grof gerasper 1 eetlepel soetrissiesous Smeer 'n groot kleefvrye pan met die olyfolie. Braai die vleis tot bruin en gaar.

Kantoorfiks in 'n japtrap 8 oefeninge om by jou lessenaar te doen 1. Skouers Rol jou skouers 10 keer deur die dag vorentoe en agtertoe om spanning in jou spiere te verlig. 2. Nek Strek jou nek vorentoe en agter­ toe en rol jou nek van links na regs. Hierdie oefening verminder die druk op jou nek. 3. Bors Maak jou arms wyd oop, stoot jou polse en duime agtertoe en strek jou arms weg van jou skouers. Dit sal jou bors oopmaak en so asem jy meer suurstof in. Herhaal hierdie oefening elke uur. 4. Maag Asem in, trek jou maag in, hou dit in vir 'n paar sekondes. Herhaal hierdie stap elke paar minute deur die dag. 5. Arms Hou 'n bottel vol water vas en hou dit bo jou kop. Hou hierdie

posisie vir 30 sekondes en wissel af met jou ander arm. 6. Enkels Rol jou enkels kloksgewys en anti­kloksgewys elke uur of so. Trek jou skoene uit indien moontlik, staan op jou tone en leun terug. Jou enkels sal versterk met hierdie oefening. 7. Boude Trek jou boudspiere diskreet saam en hou hulle in hierdie posisie vir 10-30 sekondes. Ontspan en herhaal ’n paar keer deur die dag. (Selfs terwyl jy op die foon praat of in ’n vergade­ ring sit.) 8. Oë Neem jou oë van jou rekenaar af weg, kyk by ’n venster uit na bome of plante. Hierdie oefening hou jou oë wakker en verminder moontlike hoofpyn en irritasie van die oë.

Plaas die 'wraps' op 'n skoon werkoppervlak. Vul met vleis, blaarslaai, tamatie, wortel en drup soetrissiesous bo-oor. Rol die 'wrap' soos 'n pannekoek op, draai ’n servet of waspapier om sodat dit nie ooprol nie. Lewer 4 tortillas-'wraps'

Kosblik-happie 3/4 1 1/2 1/2 1/2 1/3 1/3 3/4 1

NjaM! ! M a Nj

koppie bruismeel koppie gedroogde klapper koppie stewig verpakte bruinsuiker koppie pampoensade koppie sonneblomsade koppie sultanas koppie gekapte, gedroogde appelkose koppie laevet melk eier

Verhit die oond tot 180°C. Smeer 'n 3 cm-diep pan van 17cm x 27cm met botter of spuit met kleefvrye middel. Voer uit met bakpapier. Meng die meel, klapper, suiker, pampoenpitte, sonneblomsaad, sultanas en appelkose in 'n bak. Klits die melk en eier saam in 'n beker. Voeg by die meelmengsel. Meng goed. Skep mengsel in voorbereide pan en maak glad bo-op. Bak vir 25 tot 30 minute of tot ferm. Laat afkoel vir 15 minute en sny happies in pan. Keer dan uit op 'n draadrak om heeltemal af te koel. Lewer 18 happies

januarie/februarie 2014

esprit de corps

17


My oupa noem my Grootseun, My ouma sê “my Skat” Tant Marie noem my Suikerbek En Omie sê Aspatat. Rosina noem my Grootman En Herklaas sê Galant Maar ek is my mammie se liefste kind En my pappie se regterhand.

wegsteekkompetisie

Gr 1’tjies Parrabeentjies

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie reëndruppel in esprit verskyn (hierdie een uitgesluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Lawwe hond! wat deur LAPA Uitgewers geskenk is.

Nog 'n jaar het aangebreek vir kinders wat vir die eerste keer grootskool toe is. Ons weet hulle gaan baie pret hê in die skool. Hulle is nou groot.

Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel

reëndruppels?

Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 28 Februarie 2014

Ettiene van der Merwe (Winkelbestuurder, Wesmark Hoopstad) se seuntjie Divan van der Merwe is hierdie jaar sommer reguit groot groot skool toe. Hy is nou ’n Graad-eentjie by Laerskool Hoopstad.

wat kan dit wees? wen-inskrywing Die korrekte antwoord was kersfeesliggies. Baie geluk aan Jolanda Janse Van Rensburg (Hoofklerk: Christiana). Die boek So was dit sal binnekort aan jou gestuur word.

Die korrekte aantal klokkies wat in die Desember-uitgawe versteek was, was 37. Baie geluk aan Elzaan van Wyk (Verkoopsassistent, Hoopstad, Handel). Die boek Ná aan my hart sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die klokkies weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Klokkies, bls: 1, 4, 8, 9 (3), 10 (3), 11, 14 (3), 15, 18 (2), 19 (3), 20 (2), 21, 23, 24, 26 (2), 28 (2), 29, 31 (2), 32, 33 (3), 34, 36.

18

die gees van ons mense

Jacques en Virgini Coertze (Bamboesspruit Handelstak) se seun Jean-Pierre Coertze, se eerste dag in Graad 1 by Ottosdal Laerskool.


popcorn

Amper in die groot skool Danita Kruger

“Nie een kind, groot of klein, het gehuil met die begin van ’n nuwe jaar nie. Party mammas moes maar ongesiens ’n traantjie afvee. Dis dan ons trots en nou raak hulle groot en uit ons hande uit.”

So vertel Karin (Migdol Handel) toe haar en Johan Kruger (Asst Silobestuurder) se dogter Danita hierdie jaar Graad R toe is. Danita is in Wildehonde­ pan by Laerskool Migdol.

Dis ’n klein skooltjie. Die Gr R’s is saam met die Gr 1’s in ’n klassie en bestaan uit drie dogtertjies en een seuntjie. Gr 1’s het drie dogtertjies en twee seuntjies. Al die kinders is maatjies met almal en dis so wonderlik

hoe die grotes be-skermend is oor die “babatjies” van die skool. Party van die kleintjies raak sommer deurmekaar en dan is die onderwysers sommer Oom en Tannie.

Die pouse is nét so kort Eden Ragovon wat hierdie jaar in Graad 1 is by Laerskool Leeudoringstad het 'n opwindende dag by sy nuwe skool gehad. Sy ma, Jermaine McCarthy (Junior Rekenmeester) vertel ons van sy eerste dag se gebeure.

Eden was baie ongelukkig die eerste dag want hy sê hul pouse was net so kort (sien foto). Sy klere en tas was vol jogurt want hy het geskrik toe die klok lui en laat val dit toe op sy klere en gooi die bakkie net so in sy tas.

januarie/februarie 2014

esprit de corps

19


agterstoep

kompetisie wat sê die prentjie?

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

Niggietjie gaan universiteit toe

E

k kyk na die koerantfoto’s van graadeentjies op hul eerste skooldag. Die koerante skryf minder oor die eerstejaars wat universiteit toe gaan, maar daarvan het ek toe vanjaar eer-stehandse kennis. Aan die ouers van graadeentjies wil ek net sê: Julle dink skool toe gaan is erg? Hef aan lê nog voor. ’n Niggie van ver bring haar 18-jarige dogter na die universiteit naby ons. Natuurlik moet julle by ons kom bly, sê ek. Dit was ’n drama. In die eerste bedrywe, wat ek nie beleef het nie, het Niggietjie 6 A-simbole gekry, maar sy is nie vir medies gekeur nie. Dit was egter nie die ergste ding wat kon gebeur nie: haar kêrel, ook 18, is toegelaat tot ’n universiteit omtrent 1000 seemyl van haar af. Die einde van die wêreld. Toe hulle Vrydagaand by ons land, enkele ure voor die aanmelding Saterdagoggend 06:00 by haar koshuis, lyk hulle soos ’n gesin (plus die ouma, my tante) wat hul kind in opspraakwekkende omstandighede iewers moes gaan red en nou uitgeput gaan neerslaan totdat hulle deur internasionale reddingsorganisasies en ervare terapeute op- en voortgehelp kan word. Niggietjie is dikgehuil. Swart kringe onder haar oë, haar rooiblonde hare vertoiing en haar t-hempie vuil en geskeur. (Goed, ek oordryf, net vuil.) Haar ma het beheer geneem en vuur salvo’s bevele af waaraan niemand hulle steur nie: Bring die pienk tassie. Los die boks, dis hangers. Bring die pienk tassie. DIE PIENK TASSIE. En hoe minder die res luister, hoe harder en vinniger praat sy. Die pa glimlag soos ’n verslane held, al wat ontbreek is trane in sy oë. Hy begin weer lewe kry toe die Ridder hom weglei in die rigting van die bier op die agterstoep. My tante lewer agterlangs kommentaar in ’n fluisterstem om my op die hoogte van sake te bring: Sy huil al die hele dag oor die boyfriendtjie wat Kaap toe gaan. Biep-biep op die foon sonder end. Die pa se geduld is op. Die ma is paniekerig, want sê nou net die kamermaat se goed is pienk? Dit gaan vreeslik bots. Goeie genade, maar dis warm. Die ma het gehoor daar is dakwaaiers, maar as daar nie is nie, moet ek hulle na winkels toe beduie. Die ma is bekommerd, want die kind het opgehou eet. Eet nie brood nie, te veel stysel, eet nie vrugte nie, te veel suiker, eet nie vleis nie, te wreed, eet beslis geen sjokolade en koek nie. Die boyfriendtjie hou van ’n maer meisie, maar ons is mos ’n groot familie. Sy het ’n naar kol op haar maag. Natuurlik van nie eet nie. Ek dink aan die bakke aandete wat ek gemaak het. Die slaggoed. Die reusepoeding. Gelukkig eet die pa toe gesond. Saterdagoggend 06:00 is ek saam koshuis toe. Die kamertjie is klein, maar goed ingerig. Die kamermaat se duvet is pienk en haar bed lê vol sagte speelgoed. Niggietjie huil. Haar ma gee bevele. Haar pa sit sy voet neer, vat sy vrou en los die huilende kind. Sy is GROOT, sê hy vir sy vrou. Sy SAL ORRAAIT wees. Vir die kind: TOT SIENS. Vir die ma: KOM! Die res van die naweek biep die ma se foon onophoudelik: Mamma, ek het voor almal opgegooi. Die pa jaag apteek toe, gaan laai pilletjies af. Mamma, ek het ’n broodjie geëet en dit opgebring. Die pa jaag winkel toe, koop ontbytstafies, appels, jogurt, gaan laai dit af. Mamma, ek gaan koud kry met net die duvet. Die pa jaag Pep Stores toe, koop ’n kombers, gaan laai dit af. Mamma... Onophoudelik. Baie erger as enige graadeentjie ooit. Dis nou twee weke later en dit gaan merkbaar beter met almal. Die pa was reg, die niggietjie is nou orraait. Selfs die ma het opgehou huil. e Dis nog net ek wat ontsteld is: dis amper ons beurt.

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Kan jy aan 'n snaakse byskrif dink vir die prentjie? Die eerste korrekte antwoord wen die boek - Nie vir Ma’s nie: ’n Kookboek vir pa’s en kinders wat deur LAPA Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 28 Februarie 2014 Merk jou inskrywing so: esprit: wat kan dit wees? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Maart-uitgawe.

Hierdie boek bevat heerlike resepte vir ontbyte, ligte etes, voorgeregte, kitskos, aandetes, bykosse, braai disse, nageregte, teetyd-versnaperinge en smulgoed vir smulpape. Buiten heerlike resepte, is daar ook 'n hele hoop wenke wat kosmaak sommer kinderspeletjies maak.

Alle boeke van LAPA Uitgewers is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.lapa.co.za


Esprit de corps 2014