Page 1

Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

mrt•apr 2016 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

Kolskoot-pryse! Jag-en-slagpromosie – al die foto's >8

Vryburg aims high

>24

Die reënboogvolk >16 van Suidwes >6

mpy-esprit 3 personeel-esprit 16 pitkos 26 popcorn 29

>25

>15

agterstoep 32


Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

inhoud william shakespeare het glo gesê: "oë is die venster na 'n mens se siel." Toe ek nou die dag deur 'n hoop esprit's gaan op soek na 'n spesifieke foto, tref dit my soos 'n hamerhou teen die voorkop: ek sien op amper elke bladsy glimlagte, genot, sports, omgee, vriendskappe. Breë glimlagte en vriendelike oë staar uit die bladsye. Omgeeoë, vriendskap-oë, empatie-oë, sagte-oë, deernis-oë – oë wat kyk en sien dat daar 'n wêreld daar buite is wat menswees nodig het. As ou Wikkelspies dan reg was, dan moet ek sê Suidwes se siel lyk vir my uiters goed, gesond en sal my eerste keuse vir 'n siel wees! Hoe lyk jou oë waarmee jy na die wêreld kyk? g spo en 9 le Jag 8 y l lads t hu s Op b kke me stalling a t i t u e di Slagen

jan/feb se

kompetisiewenners wat sê die prentjie? Red Bull ... ’n energiedrankie?!

Ben Jacobs (Plaagbeheer) is hierdie maand die wenner van die boek. Baie geluk! Die detail kom uit die foto op bl 28 in die vorige uitgawe. Die boek Oase sal binnekort aan jou gestuur word. Lux Verbi het die boek geskenk.

wegsteekkompetisie Die korrekte aantal sjokoladehartjies wat in die vorige uitgawe versteek was, was 15. Helaas kon niemand hulle almal raaksien nie! Komaan, neem deel aan hierdie maand se kompetisie of kry jou kleuter om saam te tel. Dit is makliker as wat jy dink! Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za

Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Fouché – annemarief@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

mpy-esprit Nuut in die pos 3 Kortliks 4 Kleinjan glo aan toewyding en beplanning 5 Suidwes gaan vooruit boer met dié man in die tuig 6 Kolskoot-pryse – Jag en slagpromosie 8 Die ABC van noodhulp 10 Handel en Graan leer sy-aan-sy 10 'n Kop vir besigheid 10 Ontvang die kroon vir harde werk 10 Christiana-boeredag stel Feeleragentskap bekend 11 Krediteure se beurt vir SAGE-opleiding 11 Meulenaars van formaat 11 Trots Suidwes - ons borg sportklere 12

personeel-esprit Die reënboogvolk van Suidwes Son, see, sand en speletjies Die bekoring van 'n rivier in vloed Bamboesspruit se vierde gees-sege Lief en leed Vryburg aims high Well done, Wellboy We know our water business Knip 'n uiltjie Sjampanje ná twee jaar! Reivilo 'wen' Kersfees

16 20 21 22 23 24 24 24 25 25 25

pitkos Bestuur eksamenstres Klaar met skool ... wat nou? As jy nie kan ophou krap nie

26 27 28

popcorn-pretblad Maak skerp jou inkleurpotlode Kompetisies en uitslae Slaan hom vir 'n ses Soos grondboonbotter en stroop Blikkies wat in die wind klingel

29 30 31 31 31

agterstoep Rufus se eerste skooldag Kompetisie: wat sê die prentjie?

32 32


maatskappy-esprit

Nuut in die pos

T

oe ek gevra is om hierdie artikel te skryf het ek baie gedink oor die invalshoek wat ek moet neem. Dit het vanself gekom toe een van die personeellede nou onlangs vir my gevra het hoe dit met my gaan en half bekommerd (of so het dit vir my gelyk) wou weet of ek darem nog gelukkig is by Suidwes. Ek het, toe ek die pos aanvaar het, besluit dat een van die eerste dinge wat ek wil doen is om by al die bedryfspunte uit te kom om die mense van Suidwes te ontmoet. Ek wil met hulle gesprek voer om hulle prestasies en uitdagings eerstehands te hoor en te ervaar. Na meer as 'n maand in die tuig was ek nou al by baie punte, het ek baie personeel ontmoet en het ons al goeie gesprekke gehad. Die aspek wat die meeste vir my uitstaan is die kwaliteit van die personeel

"Hier is passie, kundigheid en 'n diensingesteldheid. Hier is mense wat omgee vir dit wat saak maak – ons kliënte, Suidwes en die land."

wat by Suidwes werk. Hier is passie, kundigheid en ‘n diensingesteldheid. Hier is mense wat omgee vir dit wat saak maak – omgee vir ons kliënte, omgee vir Suidwes, omgee vir die dorpe waarin hulle bly en omgee vir die land. Suidwes is dus wat sy belangrikste bate betref baie geseën. Natuurlik is daar ‘n klomp goed wat ons kan beter doen en is daar uitdagings wat ons nog moet aanspreek. Uiteindelik is dit mense wat die verskil maak. Met passievolle omgee mense, samewerking en ‘n spanbenadering is geen uitdaging te groot nie. My antwoord op die vraag of ek nog gelukkig is, is dus maklik – hoe kan ‘n mens

ongelukkig wees as jy saam met so ‘n span kan werk? Aan almal by wie ek al kon uitkom ’n groot dankie vir die hartlikheid waarmee julle my verwelkom het en die openhartigheid waarmee ons gesprekke kon voer. Ek sien baie uit om by die res van my besoekpunte uit te kom en om saam met julle, Suidwes na nuwe hoogtes te neem of soos Jim Collins dit beskryf “to go from good to great”. Ek luister graag na idees, planne en gedagtes wat dit vir ons sal verwesenlik. Suidwes Groete Herman van Schalkwyk Groep HUB

maart • april 2016

esprit de corps

3


<kortliks>

maatskappy-esprit

kortliks

woon GOSA-simposium by NAMPO staan Graan Suidwes se graanafdeling was goed verteenwoordig by die Graanhanteringsorganisasie (GOSA) wat in Maart in Langesteeds sterk ná vyf 33ste baan gehou is. Afgevaardigdes na die simposium het bestaan uit soos Suidwes, Afgri, Senwes, NWK, OVK, BKB dekades graanhanteerders asook die verwerkings- en distribusiebedrywe, finansier­ ders, Graan SA se NAMPO Oesdag het oor die afgelope halfeeu gegroei van ’n klein begin in 1967 tot die gediversifiseerde landbouhandelstentoonstelling van wêreldformaat wat dit vandag is. Dit word van 17 tot 20 Mei vir die 50ste keer aangebied op NAMPO Park naby Bothaville. Die Oesdag het sy ontstaan te danke aan die inisiatief van drie produsente van Bloemfontein, Moos Haddad, Hannes van Wyk en George Stegmann. Vir mielieboere was die sestigerjare 'n oorgangstyd na grootskaalse meganisasie en losmaathantering van grane en daar was 'n wesenlike behoefte om trekkers en implemente eerder op 'n groter skaal onder werkende toestande te sien en te vergelyk as net een maatskappy wat sy produkte op jou plaas demonstreer. “Die Oesdag is die perfekte geleentheid om nuwe tegnologie en ander produkte op een terrein met mekaar te vergelyk en te besluit watter produk, patent of tegnologie die beste op jou plaas toegepas kan word,” het Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder, Jannie de Villiers, hieroor gesê.

graanhandelaars, insetverskaffers en statutêre rolspelers. Annatjie Loio, president van GOSA het by die simposium gesê dat die goeie bywoningsyfer en stygende ledetal stel die organisasie in staat om as medium vir bedryfspesifieke inligting op te tree. Tydens ’n algemene jaarvergadering is GOSA se raad eenparig herkies waarna die fasilitering van opleidingswerkswinkels in die bedryf bespreek is.

Suidwes stal uit by Nampo Suidwes se graanspan by die GOSA-simposium by Langebaan Voor: Bennie Enslin(Asst.-silobestuurder: Kruising Bunker Hoopstad), Danny Viljoen (Silobestuurder: Leeudoringstad), Peet van Rensburg (Asst.-silobestuurder: Misgunst Bunker Bothaville), David Senatle (Silobestuurder: Bamboesspruit), Emmanuel Tlhagaswane (Silobestuurder: Wolmaransstad) en Albert Kwang (Silobestuurder: Strydpoort). Middel: Willie Botha (Silobestuurder: Hoopstad), Attie Louw (Snr Silobestuurder: Leeudoringstad), Hiram George (Asst.-silobestuurder: Amalia), Dries van der Linde (Snr Silobestuurder: Wolmaransstad), Johan Labuschagne (Snr Silobestuurder: Migdol) en Thys Visagie Snr (Asst.-silobestuurder: Hallatshope). Agter: Ryno Jansen (Asst.-silobestuurder: Kameel), Hanno Fourie (Silobestuurder: Makwassie), Koos van de Venter (Snr Silobestuurder: Schweizer-Reneke), Jacques Pretorius (Snr Bestuurder: Graanbemarking), Casper Heymans (Snr Silobestuurder: Bamboesspruit), Chris Venter (Asst.-silobestuurder: Vryburg) en Johan Botes (Silobestuurder: Hertzogville). Die Suidwesstalletjie in wording. Sunelle van Rooyen, Lazarus Medupe en George Mabiletsa van Bemarkingsdienste is verantwoordelik vir die opstel van die uitstalling.

Suidwes gaan hierdie jaar baie sigbaar wees by Nampo. "Ons gaan 'n groot Kontreiwinkel oprig waar produkte uit die winkels te koop gaan wees," sê Deon Badenhorst (Operasionele bestuurder: Handel). Die produkte wat beskikbaar gaan wees, sluit in Sniper (klere

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

en stewels), Rugged Wear (klere), Freestyle (skoene, belde en leer- en handsakke), Agrinet (Kaufman buitelugreeks), Hi-Tec (skoene), Forma­ lito (messe en jagtoebehore) en Tjoms (sitkieries). Die Suidwesstalletjie word deurentyd deur personeel, wat besoekers sal verwelkom en van inligting voorsien, beman. Gaan maak 'n draai by ons stalletjie vir spesiale promosie-items.


maatskappy-esprit

Die gesogte trofee wat nou staanplek in Kleinjan Gasekoma se huis gekry het.

maatskappy-esprit

Kleinjan glo aan toewyding en beplanning

K

leinjan Gasekoma, ’n Suidwes-boer van Reivilo, het geskiedenis gemaak toe hy as die Suid-Afrikaanse beesboer vir 2015 aangewys is. Kleinjan is die eerste swart boer wat koning kraai in die Nasio­ nale Bees- en Skaapboer van die Jaar-kompetisie. Dié kompetisie is vanjaar die 13de keer aangebied en Kleinjan het op ’n geselligheid in Bloemfontein met die louere weggestap. Nelius van der Westhuizen van die Karoo is as die beste skaapboer aangewys. Wat die prestasie soveel lekkerder maak, is dat Kleinjan ’n Suidwesboer is. Patrick Nelissen (Groep HOB en HUB: Handel), George Potgie­ ter (Groep Hoof Finansiële Beampte) en Simone de Villiers (Takbestuurder op Reivilo) het by hom op sy plaas gaan kuier. Kleinjan, wat met stoet-Braunvieh- en kommersiële beeste naby Reivilo boer, het in sy toespraak sy mentor, Cois Harman van die plaas Welverdiend in die Zeerust-distrik, hartlik bedank. Harman is al sedert 1996 betrokke by die ontwikkeling van nuwelingboere. “Tot so ver as wat ek nou geloop het, is oor mister Cois my geleer het. Ons is ook baie goeie vriende, ek sê baie dankie,” sê Kleinjan. Cois sê Kleinjan is so suksesvol omdat hy baie betrokke by en uiters verbind tot sy boerdery is. “Goed word van die begin af reg en netjies gedoen. Die plaas is baie netjies en alles werk,” sê hy. Kleinjan het volgens hom baie goeie dissipline, bestuur sy plaas uitstekend en is altyd bereid om te leer. “Hy vat nie nonsens nie, maar is ’n mense mens.” "Ek is ongelooflik trots op Kleinjan, dit is ’n wonderlike prestasie,” sê Cois. Hy sê grondhervorming kan slegs werk as grond aan die regte mense toegeken word wat daartoe in staat is om van die boerdery ’n sukses te maak – Kleinjan Gasekoma is volgens hom een so ’n mens. Oor die droogte sê Kleinjan boere moenie moed opgee nie. “Die reën begin nou te kom.” Hy sê omdat hy “gras gespaar” het, sal hy nog tot Maart weiding vir sy diere hê, al reën dit nie. Hy het vanjaar al so e 250 mm reën gehad. Kleinjan Gasekoma (links) en sy seun, Clement, op Kleinjan se plaas naby Reivilo.

Kleinjan Gasekoma se beeste sal voer hê omdat hy goeie beplanning gedoen het en ’gras gespaar’ het, soos hy dit noem. Hier is die stoet-Braunviehbeeste waarmee hy op sy plaas by Reivilo boer.

Kleinjan Gasekoma hou met trots die trofee vas wat hy as Nasionale Beesboer van die Jaar ontvang het. Simone de Villiers, George Potgieter en Patrick Nelissen het by Kleinjan gaan kuier. Clement Gasekoma, Kleinjan seun, boer saam met sy pa.

maart • april 2016

esprit de corps

5


maatskappy-esprit

goeie beginsels

Suidwes gaan vooruit boer met dié man in die tuig Dr Herman van Schalkwyk, pas aangestelde Groep HUB van Suidwes Landbou, is nie net ’n bewese bestuurder nie, hy is ook ’n boer. Dr Herman van Schalkwyk het by ’n verwelkomingsontbyt wat in Leeudoringstad vir hom en sy vrou, Relyne gehou is, letterlik die leisels oorgeneem. Hansie Viljoen, voorsitter van die direksie, het ’n toom aan hom oorhandig as ’n simboliese teken van Herman se aanstelling. Esprit het by hom gaan inloer en die nuwe Groep HUB beter leer ken. Die eerste indruk wat ’n mens van dr Van Schalkwyk kry, is dat hy ’n mens-mens is. Hy groet met ’n ferm, vriendelike handdruk en kyk jou reguit in die oog. Noem my asb Herman, sê hy nog voor ons kon vra. Dit is ook hoe hy onder die personeel bekend wil staan, nie nodig vir die titel nie, sê hy. Ons het hardop gewonder hoe dit gekom het dat ’n akademikus

aan die stuur van een van die grootste landboumaatskappye staan. Hy was vir die afgelope ses jaar die rektor van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus en was voorheen vir sewe jaar die dekaan van die Fakulteit van Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat. “Ek is al sedert 1997 in bestuurs­posisies. Hoewel dit akademiese bestuur was, geld dieselfde beginsels as by ander besighede. Die Potchefstroomkampus, met sy ongeveer 54 000 studente, het ’n omset van R2,2 miljard met honderde bestuurseenhede. Om ’n rektor te wees is dus nie ’n akademiese pos nie, dit verg ewe veel bestuursvernuf as enige ander bestuurspos. Jy het ook ’n begroting wat moet klop, teikens wat gehaal moet word (studente en ander uitsette), ’n klomp bestuurseenhede, ’n finansiële afdeling, bemarking en kommunikasie, die registrateur of sekretarisfunksie, sekuriteit, logistiek, operasionele sake, noem maar op – mens vind dit by ’n universiteit ook,” sê hy.

Herman van Schalkwyk saam met sy gesin afgeneem met Willem langs Herman, sy vrou Relyne, Niel en die jongste seun Herman.

6

die gees van ons mense

Herman van Schalkwyk (regs) ontvang die seremoniële toom van Hansie Viljoen (voorsitter van die direksie) by ’n verwelkomingsontbyt wat in Leeudoringstad gehou is. Dit is tradisie by Suidwes dat die nuwe Groep HUB die toom ontvang.

Behalwe vir Herman se akade­ miese loopbaan was hy ook vir ongeveer ses jaar die voorsitter van die raad van die Landbank. “Ons moes die wa in ’n moeilike tyd deur die drif trek,” vertel hy. Herman bestuur ook sy eie boerderybesigheid, Aginfo (handel­drywend as AMT) vir die laaste 15 jaar en boer sedert 1992. Sy eie grond lê tussen Dealesville en Hertzogville en hy huur ook grond tussen Dealesville en Bos­ hof asook naby Clarens. Hy boer altesaam op ongeveer 4 200 ha. “By Dealesville en Boshof boer ons met beeste (hoofsaaklik Bonsmara) en by Clarens is dit ’n gemengde boerdery (bees, skaap, mielies en sojas). My pa kyk na die boerdery by Clarens terwyl ek omsien na die boerdery

by Dealesville en Boshof. My seuns help so tussen die plase afhangend van waar hulle die meeste benodig word. Hulle was tot nou almal besig met formele opleiding (skool en/of universiteit). Die oudste maak in Junie 2016 klaar met sy opleiding en kom dan voltyds plaas toe. Die idee is dat hy dan as bestuurder van die plase in Dealesville en Boshof sal optree,” sê hy.

Onsekerheid

“Dit is tans ’n onseker en finansieel-moeilike tyd in die landbou. Hierdie onsekerheid geld egter nie net vir die landbou nie, maar vir die breër ekonomie en die res van die wêreld. Dit is egter ook so dat elke moeilike tydperk opgevolg word deur ’n


maatskappy-esprit

voorspoedige een. Wat droogte betref, is die voorspellings daar dat ons aan die einde van die jaar weer ’n nat seisoen gaan beleef. Polities dui alles daarop dat die ANC aansienlike skuiwe sal moet maak om die land se gradering en status op ’n redelike vlak te

Fokus op die langtermynvisie

“Die uitdaging is dus om nie in die korttermyn vas te kyk nie, maar om ’n langtermynvisie te hê. Oor die korttermyn gaan enige besigheid deur siklusse. Geen entrepreneur mag toelaat dat korttermynuitdagings sy langtermynvisie belemmer nie. Dit is so dat hierdie droogte vir die landbousektor een van

die grootste uitdagings bring. Dit maak dit moeilik om nugter besluite te neem. Dit is egter in niemand se belang dat boere die sektor verlaat nie. Daarom moet boere saam met die vennote in hulle besigheid (kredietverskaffers en dies meer) verskillende alternatiewe planne formuleer om hierdie uitdaging die hoof te bied. Die beste plan moet dan uitgevoer word. So ’n plan sal uiter­aard van boer tot boer verskil.”

Toekoms van landbou

“Die persepsie bestaan dat daar nie by die regerende party begrip is van die belangrike rol wat die landbousektor in die ekonomie speel nie. Die bydrae van die landbousektor tot SA se bruto-binnelandse produk oor die laaste paar jaar is per slot van sake rondom 3%. Wanneer egter na die direkte, plus die

indirekte bydraes gekyk word, (dws alles tot by die plaashek, voor die plaashek en daarna) gaan die bydrae tot ongeveer 25% styg. Hierdie bydrae maak die landbousektor een van die grootste indiensnemers van ons land. Die droogte toon duidelik wat die effek is wanneer landbou nie normaal kan presteer nie. Ek dink die droogte kan meehelp dat politici ’n kopskuif maak. “Suid-Afrika is een van die lande wat die vinnigste verstedelik. Dit beteken dat al meer mense afhanklik is van voedsel wat kommersieel deur die landbousektor geproduseer word. ’n Verswakkende wisselkoers maak invoere al duurder. Omdat landbouprodukte so ’n groot deel van die voedselmandjie uitmaak, is dit be­langrik vir die land dat die landbou in staat gestel word om sy rol te vervul," sê Herman. e

maatskappy-esprit

Bo: Die smaakvolle en kreatiewe tafelversierings is die handewerk van ’n span kollegas onder leiding van Annemarie Fouché en Sunelle van Rooyen. "Ons moes vinnig planne maak toe die wind skielik erg begin waai," vertel Sunelle, "so amper was die hele Leeudoringstad onder servette en blomme!"

hou. Internasionale reaksie toon dat die regerende party nie kan maak wat hy wil sonder gevolge nie.” Die groei in die wêreldbevol­ king veroorsaak ’n konstante stygende vraag na landbouprodukte wat verse­ker dat landbou ’n be­ langrike sektor bly. Voorspellings vir die toekoms is dat landbou se winsgrense nie weer sal daal na die vlakke voor 2007 nie. Daar is ruimte vir verdere verwerking van produkte, en geleenthede – veral met daardie produkte waarin ’n mededingende voordeel bewerk kan word.

Personeel ontmoet die nuwe Groep HUB tydens ’n ontbyt by die sentrale kantoor.

Wilmarie Viljoen, Hansie se vrou, oorhandig ’n vrolike bos blomme aan Relyne van Schalkwyk, Herman se vrou.

Annemarie Fouché (links) en Sunelle van Rooyen was verantwoordelik vir die reël van die spogfunksie.

Thys Neethling was die seremoniemeester by die geleentheid.

maart • april 2016

esprit de corps

7


< Suidwes >

Hertzogville

Bamboesspruit

vertoonvenster

Kolskoot-pryse! Handel se Jag en Slag-promosie is beslis in die kol! Hulle beloof ’kolskoot’-pryse op ’n wye reeks buitelug- en ander produkte wat elke jagter se hart vinni­ger sal laat klop. "Ons het die takke uitgedaag om kreatiewe en unieke uitstallings in die winkels te doen," sê Deon Badenhorst (Operasionele bestuur­der: Handel). "Hulle het nie teleurgestel nie – die personeel het geweldig baie moeite gedoen. Ons glo dat die verkope ons verwagtings sal oortref."

Christiana

8

Wolmaransstad

maatskappy-esprit

die gees van ons mense

Reivilo

Boshof

Bloemhof

Stella

Vryburg

Schweizer-Reneke

ma


aatskappy-esprit

Wesselsbron

maatskappy-esprit

Die Jag en Slag-promosie is een van die grootste promosies wat Handel aanbied. Moedig jou dorpsmense aan om 'n draai te maak by 'n Kontreiwinkel naby hulle. Die winkels bied 'n wye verskeidenheid produkte teen sakpaspryse aan. Die winkelpersoneel is gereed om klante met raad en daad by te staan.

Gesels kopstukke

Bultfontein

Oom Bok Smit (links) en Wally Grant ’kamp uit’ in die Bloemhof Kontreiwinkel tydens die Jag en Slag-promosie. sit lekker gesen uit kamp by ons Jagpromosie uitstalling. "Hulle is gereelde klante by ons," vertel Merie Crafford (Admin klerk), sy het die foto ingestuur.

Tosca

Hoopstad

Louwna

Leeudoringstad

Makwassie

Migdol

maart • april 2016

esprit de corps

9


< Opleiding >

Die ABC van noodhulp ’n Kop vir

resultate

besigheid

Ag tog!

Baie geluk, Anja Meintjes met die voltooiing van die Program in Besigheidsbestuur.

Jermaine McCarthy, Marion Fouché, Melon Jood en Yvandrè Scholtz het opleiding in noodhulp ontvang.

Handel en Graan leer sy-aan-sy

Die studente wat opleiding ontvang vir die Agri Trade en Grain handling process. Op die foto verskyn die studente (nie in volgorde). Graan: Daniel Notwane, Jacob Lekwakwe, Petrus Morake, Jacob Modise, Joseph van Coller, Ernest van Coller, Daniel Pelele, Maekel Melamu en Simon Papalagae. Thabo Salomane, ’n graanleerling is nie op die foto nie, aangesien hy reeds sy noodhulpkursus twee jaar gelede voltooi het. Handel: Gert Venter, Neo Kinnear, Merike Gerber, Sam Plaaitjie, De Wet van der Merwe, Innocent Ntakani, Kevin Paulis, John Dipheko, Frans Makuadi, Johannes Mothobi en Willem Rosa.

Een en twintig studente is tans ingeskryf om opleiding in verskeie rigtings te ontvang. "Dit is ’n groot voorreg vir hulle om binnekort die kwalifikasies agter hulle name te kan skryf," sê Riekie du Preez (Opleidingsbeampte). Daar is elf ingeskrewe leerlinge van die handelsafdeling en tien leerlinge van die graansilo’s. Hulle ontvang onderskeidelik opleiding in 'Agri Trade' en 'Grain handling process'. Dié kursusse is deur die AgriSeta geakkrediteer. "Die kursusse bestaan uit verskeie soorte opleiding en noodhulp vorm ’n deel daarvan," sê Riekie.

10

maatskappy-esprit

die gees van ons mense

Thys Visagie bevind hom in ’n penarie. "Ai, hoe kon ek vergeet om die ligte af te sit, als die sertifikaat se skuld! Dankie tog, die ander is nog hier om te help." Toemaar, Thys, dit gebeur met almal. Ons wag vir die volgende sertifikaat wat ontvang moet word.

Ontvang die kroon vir harde werk Baie geluk aan die personeel wat sertifikate ontvang het vir die voltooiing van die Middelbestuursprogram by NWU. Van links is Julia Kambinda, Rebecca Legabe, Julian Veldman, Thys Visagie, Ryno Rall, Kobus Moolman en Haarmans Madibo. Die volgende persone het ook die sertifikaat ontvang, maar kon nie die oorhandigingsge­ leentheid bywoon nie. Geluk aan Bennie Crafford, Roenel van Heerden, Wolf Wolmarans, Danny Viljoen, Carla de Bruyn en Neal de Beer.

Opleiers opgelei Riekie du Preez (Opleidingsbeampte) en Marlis de Greef (Bestuurder: Admini­ strasie en Diensbillikheid) het elkeen ’n sertifikaat by Centurion Akademie ontvang vir die voltooiing van die kursus “Facilitate learning using a variety of given methodologies”.


maatskappy-esprit

Boere en klante het ’n suksesvolle boeredag op Christiana bygewoon waar die Feeler-agentskap, wat onlangs verkry is, bekendge­stel is. Die reënerige omstandighede kon nie die geesdrif van die spre­ kers en gaste demp nie. Die maatskappye wat verteenwoordig was Voermol, Roff Hammermeule, Feeler en Buckle Packaging. Cobus Joubert (Takbestuurder Christiana) sê hy is tevrede met die opkoms en is opgewonde oor die Feeler-agentskap.

Cobus Joubert (Takbestuurder Christiana)

Krediteure se beurt vir SAGE-opleiding

In die krediteure-kantoor kry Amanda Steyn (links) en Johnny Brown (staande) hulp van ’n verteenwoordiger van SAGE.

maatskappy-esprit

Christiana-boeredag stel Feeler-agentskap bekend

Bo en onder: Boere en klante woon die boeredag op Christiana by. Die nuwe reeks Feelertoerusting is ten toon gestel.

Meulenaars van formaat "Die vraag na ons meel het so toegeneem dat ons al meer ure moes insit. Ons kry ook al hoe meer 'instap' klante soos ons bekend raak," sê Dries van der Linde (Snr Silobestuurder: Wolmaransstad). Die meule het verlede Augustus begin produseer.

Joseph Pitso (Vragmotorbestuurder), Thys Mojalesa, Seiso Moeketsi (Masjienoperateur), Salthiel Motsoenyane, Cornelius Sakeng (Vurkhyseroperateur), Jan Diphela, Samuel Phakedi, Karla Schoeman (Kantoordame) en Dries van der Linde (Snr Silobestuurder: Wolmaransstad).

maart • april 2016

esprit de corps

11


< Suidwes gee om >

Trots Suidwes

betrokke

Suidwes se betrokkenheid in die gemeenskap strek wyer as net die landbou. Skoolkinders in die bedieningsgebied kan van nou af met trots die sportklere wat deur Suidwes geborg is, dra. Skole kon hulle eie ontwerpe kies om by die skoolkleure en -styl in te pas. "Ons het 23 skole se sportklere geborg en dit was ’n

Molopo Laerskool

Kleinbroek Laerskool - Bothaville

Eben Dönges Laerskool - Bothaville

Bothaville Hoërskool

12

die gees van ons mense

maatskappy-esprit

voorreg om te sien hoe trots die leerders op hulle klere is," sê Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder). Bestuurders van Handel, Graan (silo’s), Meganisasie asook Verhou­dingsbestuurders en Versekeringsadviseurs het die klere aan die sportsterre gaan oorhandig. Die Suidweslogo verskyn ook op die klere en ons glo dat Suidwes ook die ’Eerste Keuse’ van dié skoolkinders gaan word.

Humansvlakte Laerskool - Bothaville


maatskappy-esprit

Leeudoringstad Rugbyklub maatskappy-esprit

Leeudoringstad Laerskool

Bloemhof Gekombineerde skool

Wolmaransstad HoĂŤrskool

maart â&#x20AC;˘ april 2016

esprit de corps

13


< Suidwes gee om >

maatskappy-esprit

Hoopstad Gekombineerde skool

betrokke

Stellaland Laerskool - Vryburg

Vryburg Voorbereidingskool

Loskuil Laerskool

Saamwerk Laerskool Hertzogville

Sandveld Gekombineerde skool - Wesselbron

Nelsdrif Laerskool

14

die gees van ons mense

Schweizer-Reneke Laerskool


maatskappy-esprit

Schweizer Reneke HoĂŤrskool maatskappy-esprit

Bultfontein gekombineerde skool

Christiana gekombineerde skool

maart â&#x20AC;˘ april 2016

esprit de corps

15


personeel-esprit

Die reënboogvolk van Suidwes

meelewend 16

Soos ons nou al weet het Suidwes­ ters nie ’n bang haar op hulle kop nie en as daar ’n uitdaging gestel word om ’n bydrae tot ’n goeie saak te maak, is hulle slaggereed. So staan die blikkies haarkleursproei, skêre en haarknippers gereed toe personeel by die werk aankom. Dit was nie lank nie of die een na die ander haardos word bygedam en voor jy kan sê Shavathon, gespuitverf. Daar het selfs ’n klomp hare gewaai toe personeel hulle hare heeltemal afgeskeer het – alles ter ondersteuning van die jaarlikse KANSA Shavathon.

die gees van ons mense


personeel-esprit maatskappy-esprit

personeel-esprit

maart â&#x20AC;˘ april 2016

esprit de corps

17


personeel-esprit

meelewend 18

SELFS DIE GROOTKOPPE Hansie Viljoen, voorsitter van die direksie, het geen aanmoediging nodig gehad om ook deel te neem nie. Hier is hy saam met George Potgieter.

die gees van ons mense


personeel-esprit

personeel-esprit

onthou >> In die foyer is ’n ’muur van herinneringe’ opgerig om kollegas wat die stryd teen kanker verloor het, te gedenk. Ons onthou Ronel de Beer, Jannie Mynhardt, Dirk Louw, Peet Struwig, Selina Letsogo en Ansie Badenhorst. oorwin >> Ons is saam met kollegas verheug dat hulle die groot K kon oorwin. Die breë glimlagte behoort aan Wim Grobbelaar, Elna Ross, Annetjie Marx en Koos van de Venter.

maart • april 2016

esprit de corps

19


vakansiefoto's

personeel-esprit

spesiale oomblikke

Son, see, sand en speletjies Carlien BAtes (Senior klerk Graan: Schweizer-Reneke) en haar gesin hou van son, see, sand en plesier. Hulle het Desember in Hartenbos gaan vakansie hou en te oordeel aan die foto's, het hulle dit met oorgawe geniet. 'n Verskeidenheid speletjies is elke dag op die strand aangebied en die Pretoriusse het heelhartig deelgeneem.

KASTEEL VIR KONINKLIKES>> "Ons het aan die sandkasteelkompetisie vir families deelgeneem en sowaar gewen!" vertel Carlien. Die prys wat hulle losgeslaan het is 'n mid-week wegbreek by 'n ATKV oord vir ses mense.

Bo: SPEEL SAAM>> Charl (links) geniet die 'Beach Pong'-kompetisie.

SOET SPULLETJIE>> Carlien en Charl Pretorius moes hulle mik ken met hierdie speletjie. Hulle moes probeer om sjokoladeblokkies oor 'n afstand in mekaar se monde gooi.

HEELTYD SPEELTYD>> Carlien (derde van links) neem aan die 'Brain Freeze'-kompetisie deel. "Ons het elkeen 'n glasie Slush Puppy gekry wat ons so vinnig moontlik moes sluk. Die wenner het 'n prys gewen ĂŠn die kans om 'n glasie Slush Puppy oor die verloorder se kop uit te gooi!" vertel sy.

20

die gees van ons mense


personeel-esprit

vakansiefoto's personeel-esprit

Die bekoring van 'n rivier in vloed

AANSKOULIK>> Wat 'n belewenis om die Shingwedzi-rivier in vloed te sien.

RUSTIG>> Ou Grootvoet langs die pad is rustig aan't wei. Die Krugerwildtuin bly een van die gunstelingvakansieplekke in Suid-Afrika en mense stroom jaarliks soontoe om in die ongerepte natuur te ontspan. Piet en Petro Vermeulen geniet die rustigheid van die park. "Ek en Piet gaan al jare Krugerwildtuin toe en gewoonlik is die rivierlope maar droog. Vanjaar was ons tussen 20 en 25 Maart daar. Toe ons die dag by die Phalaborwahek ingaan, reën dit verskriklik, water staan orals in die veld en dit is pragtig groen. By Shingwedzi gekom, sien ons die rivier is in vloed. Dit was vir ons 'n belewenis. Ek het behoorlik oorgeloop van emosie en dankbaarheid. Ons het nie baie wild gesien nie, maar die lieflike natuur het opgemaak vir alles," vertel Petro.

Piet en Petro Vermeulen is gek oor die natuur en het in die Krugerwiltuin gaan vakansie hou. Hendriet Jacobs (middel), Petro se suster se kleindogter, ry saam met hulle. "Sy het dit vreeslik geniet," vertel Petro. "Ons het vir haar boeke oor voëls en diere gekoop en dan moes sy dit opsoek en die woorde spel tot sy weet wat die naam is. Dié agtjarige meisiekind het speel-speel geleer terwyl sy hope pret het."

maart • april 2016

esprit de corps

21


personeel-esprit

spesiale oomblikke

Bamboesspruit se vierde gees-sege

Die Ottosdal Draf en Trap-nagwedloop is 'n gewilde inskrywing op die maratonkalender.

By die jaarlikse Ottosdal Draf en Trap-maraton was die personeel van die Bamboesspruittak en -silo'n gedugte span. "Ons was onstuitbaar hierdie jaar en het vir die vierde jaar die geestrofee gewen," vertel Charlett Dupper (Admin-beampte). Die gewilde nagwedloop word in samewerking met die Diamond Marathonklub gehou. Die wedlope begin en eindig by die Ottosdalskougrond. Deelnemers kon kies tussen 'n vyf of tien kilometer pretloop of maratons van 21.1km of 42.2km.

Baie welkom aan al die nuwe Suidwes-babas

JosefJosef Matlhare Matlhare (Algemene (Algemene werker werker Bloemhof) Bloemhof) LindaLinda BotesBotes (Hoofklerk: (Hoofklerk: Maandversending) Maandversen-ding) se Annemarie Annemarie (PA vir Fouché Groep(PA HUB) vir en Groep haarHUB, manGroep Arno Fouché HFB enhet Groep ’n babaseuntjie HOB) en haarryker mangeword. Arno Fouché Dit het se kleindogter se kleindogter Keaoleboga Keaoleboga Seleke Seleke is op is op 11 tweede se tweede kleinseun, kleinseun Christiaan, Christiaan is gebore is gebore is die’nFouché's babaseuntjie se eerste ryker baba. geword. 11 Februarie Februarie gebore. gebore.

22

die gees van ons mense


lief & leed

langdienstoekennings • maart/april

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­ kies vir ons te stuur. Sunelle van Rooyen (Bemarkingskoördineerder) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan sunellevr@suidwes.co.za

Ons is bly saam met: • Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder) het die Argus voltooi. • Die volgende personeel het Saterdag, 26 Maart 2016 die Two Oceans Kaapstad gehardloop: Jaydene de Jager (Finansiële Bestuurder: Suidwes Graan), Ludi van Heerden (Rekenmeester: Handel), Elrina van Heerden (Admin Beampte: Silo’s) en Annette Neethling (Produkbestuurder: Handel). Julle is in ons gedagtes: • Annerie van der Westhuizen (Hoofklerk: Silodienste) se stiefpa is aan kanker oorlede. • Frieda Serfontein (Beampte: Belange) het ’n rugoperasie in die Wilmedparkhospitaal in Klerksdorp ondergaan. • Jacob Lekwakwe (Algemene werker Hallatshope-silo) se vrou is oorlede. • Patric Magano (Kassier) het ’n operasie ondergaan. • Frieda Serfontein (Beampte: Belange) het ’n hartaanval gehad. Frieda het op 23 Maart ’n operasie ondergaan om ’n stent in haar hart te sit. • Abby Mahetlelelwa (Wolmaransstadberokingsdienste) se moeder is oorlede. • Sarah Seleke (skoonmaker Bamboesspruit-silo) se seun is oorlede.

Die wêreld is oop vir Rulize

• Mnr GG Middleton (Versekering: Schweizer-Reneke) • Mnr J Thukgie (Christiana-silo) • Mnr G Champion (Instandhouding Instrumentasie) • Mnr KH Phutiyagae (Wesstreek Veevoerdepot) 20 Jaar • Mnr Ml Mabugola (Hoopstad Handelstak) • Mev M Theron (Suidwesfin - Hoofkantoor) 25 Jaar • Mev CSP Lidderd (Kingswood-silo) • Mnr GS Senokoane (Christiana Handelstak) 35 Jaar • Mnr BJ Mogamisi (Christiana-silo) • Mnr MA Selebalo (L/Bou Pos en Telefoon) • Mev KAR Maje (Christiana-silo) • Mev H Marx (Vryburg-silo)

personeel-esprit

Ervaar die gees van ons mense

5 Jaar • Mev M Vermeulen (Suidwesfin Leeudoringstad) • Mnr AJ Burger (Hoopstad-werkswinkel) • Mnr FJP Nienaber (Hoopstadwerkswinkel) • Mnr PS Pudumo (Leeudoringstadbuitedepot) • Mnr FC van Ronge (Vryburg onderdele) • Mnr D Linde (Sekretariële dienste) 10 Jaar • Mnr RA Letamo (Hoopstadwerkswinkel) • Mnr BA Letselebe (Vryburg Handelstak) 15 Jaar • Mev IE Hattingh (Versekering: Christiana) • Mnr MA Malepa (Wolmaransstadonderdele)

20 jaar

Mariaan Theron (Bedryfsrekenmeester Suidwesfin) ontvang haar 20-jaar dienssertifikaat van Martin Ehlers (HUB Finansiering). RULIZE McIntyre, Alna McIntyre, se dogter, het in Maart haar B.Com.-graad in by Bedryfsielkunde en Arbeidsverhoudinge aan die Potchefstroom Universiteit ontvang.

Ouma se trots

Jankkie Dintshi (Leerling-takbestuurder) ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Heleen van der Merwe (Takbestuurder: Bloemhof).

Alna McIntyre (Meganisasie Hoopstad) se kleinseun, Reghardt van Tonder, is op 24 Maart gebore.

5 jaar

10 jaar

Frank Nienaber, links, (Werktuigkundige) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Jaco van Wyk (Werkswinkelvoorman: Hoopstad).

10 jaar Andries Letamo, regs, (Werkswinkel) ontvang sy 10-jaar dienssertifikaat van Jaco van Wyk (Werkswinkelvoorman: Hoopstad).

5 jaar Andries Burger, links, (Werktuigkundige) ontvang sy 5-jaar dienssertifikaat van Jaco van Wyk (Werkswinkelvoorman: Hoopstad).

maart • april 2016

esprit de corps

23


personeel-esprit

vryburg

exceptional

Vryburg aims high Vryburg Country Store has a monthly competition with very strict criteria that is applicable to every team member in every department. Every person has an opportunity to win. The prizes vary between a R500 Spur or Ocean Basket dinner voucher or a food voucher from one of the food retailers in town. "The whole idea behind this is to encourage our staff to drive the best quality performance and displays in our shop and we aim to be the ’Best Agricultural Shop in the World’," says Robbie Dawes, branch manager.

Dikabelo Petrose (right) receives the prize for the January competition. Alfred Letselebe hands over the backpack sprayer from MSC veterinary medicine that Dikabelo has won.

Mr M.J. Batshamiki (left) receives his prize for the February competition from Alfred Letselebe, Vryburg’s veterinary expert. Mr Batshamiki won a portable fridge sponsored by MSD veterinary medicines

Jag en slag

Vryburg’s famous lion keeps guard in the store at the ’Jag en Slag’ display. Sara Paul (left) cuddles up to her and Alfred Letselebe (right) stays on the look-out.

24

Well done, Wellboy

die gees van ons mense

Wellboy van Wyk (right) receives a R500 Shoprite voucher from Robbie Dawes (branch manager). Wellboy was appointed ’The best performing employee of the month’ for February 2016. Well done!

We know our water business

Suidwes Vryburg is in the water trough business. Percy Moreswelo, Johan Botma and James Jwili, some of the dedicated store staff, show off our excellent range and are focused on meeting all of our customers’ needs.


personeel-esprit

Reivilo 'wen' Kersfees personeel-esprit

Knip ’n uiltjie Begrotingstyd is ’n erg besige en stres­volle tyd vir die rekenmeesters. Daar word van vroeg tot baaaaie laat gewerk om seker te maak al die afdelings se syfers is betyds gereed. Iewers in die proses het die moegheid Naudine Curnow (Groep Korporatiewe Rekenmeester) oorval en sy het ’n rukkie in een van Sekretariaat se sagte wurmpakkies van Loslitdag gerus. Lyk my te veel lang ure en syfers kan jou in ’n boekwurm verander! Zelda van Reenen

PA vir Groep Hoof Regsbeampte

Sjampanje ná twee jaar!

Die soet smaak van sukses >> Personeel van Maandstaatversending glimlag breed en klink ’n glasie sjampanje op hulle besondere prestasie. Van links is Linda Botes, Martha Mosiane, Trudie Badenhorst, Adele Holtzhausen, Joyce Goliath, Dorothy Ngaleka en Bokkie Verwey. Afwesig: Frieda Serfontein

Na byna twee jaar kan dié span hulle sukses met sjampanje vier. Die personeel van Maandstaatversending kon na byna twee jaar se uitda­gings, harde werk, vasbyt en weer-en-weer probeer, dit reggekry om drie dae en twee ure vroeër as gewoonlik die maandstaatkoeverte uit te stuur! Die state is voor 13:00 op die 7de April, in plaas van 15:00 op die 10de, uitgestuur "Noudat die rekordboeke herskryf is, sal ’n nuwe teiken gestel word om sodoende ’n steeds beter diens aan ons klante en die personeel van Suidwes te lewer," sê Trudie Badenhorst (Assistent Groepsekretaris) en leier van die span. "Ons wil graag die personeel van die posafdeling en NWET bedank vir al hulle harde werk en moeite om te verseker dat alles elke maand net gladder en vinniger verloop – ons waardeer julle!" sê Trudie.

Die oorspronklike uitstalling in dié netjiese winkel vang die oog en is een van die redes waarom dit as die wenner aangewys is.

Reivilo Kontreiwinkel was die wenners van Handel se Kerspromosie-uitstalling. Simone de Villiers (Takbestuurder: Reivilo) en haar span het koppe bymekaar gesit en ’n treffende uitstalling opgerig. Die produkte wat op die uitstalling gebruik was, was deel van die Kerspromosie. "Klante wie se families oor die Kerstyd kom kuier het, het gesê ons klein dorpie se winkel is enige tyd so mooi soos dié in die stede," vertel Simone. "Die doel van die kompetisie was om die promosie-items so uit te stal dat dit aandag trek en die klante se inkopie-erva­ ring verbeter," sê Deon Badenhorst (Operasionele bestuurder: Handel). "Reivilo het aan al die kriteria voldoen en ons beïndruk met hulle inisiatief."

Donald Jacobs, Yvonne Kamele, Leonora Pretorius, Angelina Seohela, Hannetjie Snyman, Andrew Kamele, Wele Mojanaga en Simone de Villliers glimlag breed met die pryse wat hulle gewen het. Elkeen het ’n Nexus LED-lig ontvang.

maart • april 2016

esprit de corps

25


pitkos

leersaam

Bestuur eksamenstres eksamentyd kan gee, is om hom te help om ’n positiewe gesindheid te behou. Wanneer stres ervaar word, word negatiewe neurosenders in die brein afgeskei, wat die oordrag van die boodskap van die een breinsel na die volgende verhoed/blokkeer. Dieselfde gebeur wanneer jou kind negatief of pessimisties is oor die toets wat voorlê. ’n Positiewe ingesteldheid en motivering is dus besonder belangrik in die leer- en eksamenskryfproses. e

Die regte leeromgewing (brein-ergonomika)

i

n die meeste huishoudings, is EKSAMENTYD daardie gevreesde tyd van die jaar waar die stres hoog loop en die senuwees knaag. En dit is nie net die kinders s'n nie! esprit het by Trudie Badenhorst (Assistent Groepsekretaris) gaan aanklop vir 'n paar wenke. Trudie en haar man, Deon, is breinprofielspesia­ liste wat reeds vanaf 2007 talle kinders met leeruitvalle gehelp het. Hier is ’n paar wenke om jou kind te help oorleef en seker te maak sy brein funksio­ neer optimaal.

Studierooster

Help jou kind vroegtydig om ’n studie­ rooster saam te stel om te verseker dat hy doelgerig en gefokus leer. Maak voorsiening vir genoeg tyd vir herhaling – die brein leer deur herha­ling. Hoe meer die werk herhaal word, hoe beter sal die kind se geheue wees en hoe rustiger sal hy eksamen skryf.

Opsommings

Opsommings is belangrik sodat die werk nie soos ’n papegaai uit die kop geleer word nie, maar regtig verstaan word. Die towerformule vir leer bly steeds: “ ’n Mens moet VERSTAAN wat jy leer”. Herhaling help om kennis in jou kind se geheue te kry, maar as die “verstaan” ontbreek, sal hy nie insigvrae kan beantwoord nie. Kinders leer die opsommings wat hulle SELF maak, en verkieslik volgens hulle eie leervoorkeur, die beste.

Breinvriendelike eet- en drinkgewoontes Die brein het breinkos nodig om optimaal te funksioneer: witvleis (hoender/vis),

26

die gees van ons mense

vars vrugte en groente, minder suiker en sout, minder witbrood, koffie en Coke, meer vitamien­aanvullings soos Vitamien B-kompleks en Omega 3 en genoeg water. Water is uiters belangrik – dis die enigste manier waarop die brein werklik suurstof/ hemoglobien opneem. Kenners beveel aan dat 250ml water vir elke 10kg liggaamsgewig gedrink word en in stresvolle tye selfs meer.

Die regte leeromgewing

Jou kind se leervermoë en prestasie word beïnvloed deur die samestelling van sy leeromgewing. Lees meer hieroor in die kassie.

Beweging en oefening vir breinfiksheid

Moenie in eksamentyd alle oefening en spelery uitskakel of staak nie. Breinfiksheid en liggaamsbeweging is uiters belangrik in stres­ volle situasies soos eksamentyd. Hoe meer breinfiks jou kind is, hoe minder gaan afskakeling van sy sintuie voorkom. Doen g­ereeld breinfiksheidsoefeninge, vleg- en oorkruisoefeninge tussen leersessies en die laaste paar minute voor ’n vraestel geskryf word om so jou kind te help om optimaal te konsentreer.

Slaappatrone

Maak seker dat jou kind se slaappatroon in eksamentyd so na as moontlik aan normaal bly. Dit is nie ’n ouvrou-storie dat ’n mens agt ure se slaap per nag nodig het nie. Die “wonderwerk” van die mens se brein, die onthou en “liassering” van dit wat hy geleer het, vind gedurende diep, droomlose (REM) slaap plaas.

Positiewe ingesteldheid

Die belangrikste geskenk wat jy jou kind in

Jou kind se liggaam het genoeg vars lug en suurstof, genoegsame helder lig en verkieslik pastelkleure, eerder as helder kleure, asook die regte reuke en klanke nodig om werklik effektief te kan leer. ’n Mens se brein “klop”, net soos wat ’n mens se hart klop. Daar is vyf soorte ritmes waarteen breingolwe beweeg: 1 Gamma (stres), 2 Beta (sport/oefening/presteer), 3 Alpha (leer/dink/ontspan), 4 Theta (droom/kreatiewe denke) en 5 Delta (diep droomlose slaap – daar waar die brein alles “liasseer”). Hierdie ritme van die breingolwe wissel sonder dat jy self eers daarvan bewus is. As jou kind dus byvoorbeeld na die radio luister terwyl hy leer, sal onbewuste wisseling van sy breingolwe die hele tyd plaasvind – Beta-golwe wanneer lekker opgewekte musiek speel en Theta-golwe wanneer die omroeper gesels of rustige musiek gespeel word. En dit terwyl die brein in Alpha-staat moet wees om werklik effektief te kan leer en onthou! Net so het verskillende kleure en selfs geure verskillende golflengtes en beïnvloed dit dus die breingolwe ook op verskillende wyses. Selfs jou kind se gemoedstoestand, prestasies en leervermoë word beïnvloed deur wat hy sien, hoor, voel en ruik. Om dus by die eetkamertafel, voor die TV, of selfs voor ’n venster, wat op die straat uitkyk, te sit en leer, sal blote tydmors wees, omdat jou kind se aandag telkens afgelei sal word.

Temperatuur

In somertyd is dit ook baie belangrik om te sorg vir ’n gemaklike temperatuur waar jou kind leer hoe koeler die brein is, hoe beter funksioneer dit, gewoonlik teen 18-20 grade Celcius (in die winter tussen 20 en 22 grade).


Soos met die meeste dinge in die lewe, is daar voor- en nadele verbonde aan 'n breukjaar.

personeel-esprit

pitkos

Voordele van ’n breukjaar

Klaar met skool ... wat nou? Jou kind is in matriek. Die lewe ná skool wink, maar hy of sy weet nie waar om te vat of te los nie. As die laaste skoolklok gelui het, is daar 'n legio besluite wat hulle moet neem ... Met al die verskillende beroepsopsies, kan skoolverlaters dit oorweeg om ’n breukjaar (gap-jaar) te vat. Maar dit is 'n groot besluit en een wat nie ligtelik geneem word nie. Ouers kan kinders help om 'n ingeligte besluit te neem en dit sal ook daartoe lei dat ouers meer gerus is oor dié besluit.

Verskillende soorte breukjare

Die meeste breukjaaropsies val gewoonlik in een van vier kategorieë – werk om geld te verdien, vrywilligerswerk, inskakeling by 'n breukjaarprogram of om te gaan reis.

Werk oorsee of plaaslik

Die lys van werke vir jong mense oorsee is eindeloos – die moeilikste is net om die werk op te spoor! Die werk wat hulle kies, hang af van watter soort werk hulle wil doen, vir hoe lank en of 'n mens enige spesifieke vaardighede nodig het. Webwerwe soos workaway.info bied baie opsies.

'Skoolhou' in ander lande

’n Gewilde opsie is om kinders in Thailand, China en Viëtnam te leer Engels praat. Hulle verdien nie net geld nie, maar sien ook ander lande en kry met ander mense te doen. Om

hiervoor te kwalifiseer moet 'n TEFL-kursus voltooi word. (TEFL staan vir 'Teaching English as a Foreign Language'). Kursusse is aanlyn beskikbaar.

Vrywilligerswerk

Daar is baie liefdadigheidsorganisasies wat hulle met ope arms sal verwelkom. Web­wer­ we soos goabroad.com het moontlikhede wêreldwyd. Hulle kan help om ’n skool te bou, bedreigde diere te red of die natuur te bewaar. Baie jong mense WOOF hul pad om die wêreld. ​World Wide Opportunities on Organic Farms help mense om plase oorsee te vind waarop hulle kan gaan werk.

Breukjaarprogramme

Dit raak al gewilder om by 'n breukjaarprogram in Suid-Afrika of oorsee in te skakel. Daar is baie instansies wat jaarprogramme aanbied waar die fokus is om kinders te help om meer duidelikheid oor hulle toekoms te verkry. Hierdie instansies stel omvattende programme saam om te verseker dat geen tyd verkwis word nie en dat waardevolle kennis oorgedra word wat die kinders in die toekoms mag e nodig kry.

Hoe om die brein in die Alpha-staat te plaas Wanneer die brein in Alpha-staat verkeer, vind leer en konsentrasie optimaal plaas. Navorsing het bewys dat sitrusgeure (soos ’n lemoen/naartjie waaraan hy kort-kort kan ruik), Barokmusiek (musiek sonder ’n menslike stem, sonder ’n herkenbare wysie en teen 60 slae per minuut), of natuurlike geluide (waterstrome, vuur wat knetter, voëltjies, wind, ens) en pastelkleure, die brein in Alpha-staat kan help plaas, sodat leer optimaal kan plaasvind. Hou dus pastelkleure in gedagte daar waar jou kind sy studeerplek­kie inrig - ’n plek waar sy brein sommer met die “gaan-sit-slag” weet: hier LEER ek!

​• Dit gee kinders meer tyd om oor hulle toekoms te dink. • Dit leer kinders om op hulle eie voete te staan, ingeligte beroepsbesluite te neem, onafhanklik te funksioneer en ook om verantwoordelikheid vir hulle eie besluite te neem. • Hulle kry die kans om geld te verdien, te toer en nuwe mense te ontmoet. • Hulle kan 'n bietjie ontspan ná al die jare van skoolgaan.

Nadele van 'n breukjaar

• Kinders kan die momentum en motivering om weer te begin studeer, verloor. • As hulle 'n jaar afvat, is hulle ’n jaar agter met stu­ dies teenoor hulle vriende wat nie ’n breukjaar gevat het nie. • Na 'n jaar kan die kind sukkel om belangrike kennis en begrippe te onthou wat tydens skool geleer is en wat weer gebruik moet word in die gekose studierigting. • Die gevaar bestaan dat die persoon glad nie weer sal wil gaan studeer nie. • Indien dit nie goed beplan word nie, kan so 'n breukjaar finansieel uitdagend wees Bronne: www.jouwerk.solidariteit.co.za/gap-jaar/ www.netwerk24.com/Ontspan/Jip/

Waar kan jy by 'n breukjaarprogram inskakel? Volledige jaarkursus: • Equilibria School of Life – www.equilibriaschool.co.za Toer gedurende 'n breukjaar: • Thinking Beyond Borders – www.thinkingbeyondborders.org • Extreme Gap Year – www.xtremegapyear.co.za • Equilibria School of Life http://www.equilibriaschool. co.za/general_info/european-tour.php Christelike breukjaar: • Metamorpho – www.metamorpho.co.za • C-Kruis, nou bekend as 13thFloor – www.13floor.net Avontuurlustige breukjaar: • Warriors – www.warriors.co.za 'n Breukjaar vol doen-goed-projekte: • Gap Year South Africa – gapyearsouthafrica.com • Plan my Gap Year – www.planmygapyear.co.uk/southafrica Au Pair programme: • Au Pair in America – www.planmygapyear.co.uk/southafrica • Au Pair Options – http://www.aupairoptions.com/ aupair.html

maart • april 2016

esprit de corps

27


popcorn

As jy nie kan ophou krap nie popcorn

Kopluise is iets wat elke mens kan tref, en dit is veral by die skool dat kinders met dié gediertes in aanraking kom. Verskrikte ma’s wil dan so gou moontlik ontslae raak van al wat ’n gogga is, en dis dalk daarom dat vele ouers en skole om die bos gelei is met “Beatle Juice”, ’n uiters gevaarlike gif wat deur middel van ’n spuit in die mond toegedien is en waarvoor ’n man in Februarie 2014 in Pretoria in hegtenis geneem is.

W

at moet ’n mens doen as die luise jou kind se kop oorgeneem het? ’n Apteker, Carica le Grange van Worcester, gee hier raad vir raadop ma’s. Die eerste ding wat jy moet weet, sê Carica, is dat kopluise niks met higiëne te doen het nie. “Kopluise hou glad nie verband met swak higiëne nie. Inteendeel, hulle verkies skoon hare. Hulle kan nie spring nie, en word slegs oorgedra deur fisieke kontak.”

Behandel dit

Klere en beddegoed moet in baie warm water gewas word en dan in die son uitgehang word of in die tuimeldroër gesit word. Die ekstra hitte van die tuimeldroër help verder om die luise te laat vrek. “Almal en alles in die huis moet behandel word. Die matrasse en die matte kan ook met ’n geregistreerde gifdoder vir luise gespuit word.” Daar is verskeie produkte wat kan help met luise en deesdae word daar ál meer wegbeweeg van gifstowwe en eerder gesteun op natuurlike produkte soos teeboomolie, want dit is onskadelik as dit deur die vel opgeneem word. Permethrin is baie gewild omdat die toksisiteit baie laag is en absorpsie deur die vel is ook laag. Die 1-persent-oplossing kan vir kinders bo 6 maande gebruik word. Produkte wat teeboomolie bevat, is ook doeltreffend. Vir voorkoming kan dit by sjampoe gevoeg word – die luise hou nie van die reuk nie. Natuurlike produkte wat klapper-, anys- en

28

die gees van ons mense

ylang-ylang-olies bevat, kan vir voorkoming en behandeling gebruik word. Maak seker dat borsels en kamme met baie warm water gewas word ná gebruik, anders kan besmetting weer plaasvind. Raadpleeg onmiddellik ’n dokter as die besmetting van so ’n aard is dat die limfkliere in die nek geswel is, hoofpyn of koors voorkom.

Boererate

Daar is baie boererate, en elkeen het sy eie manier om van luise ontslae te raak. Die algemeenste boererate is mengsels van asyn (wit of bruin) met klapper- of olyfolie. Die hare kan eers met asyn gespoel word voor dit met luissjampoe behandel word – dit maak die doppies van die nete sag. Party mense smeer mayonnaise aan en bedek dan die hare met plastiek. Dit versmoor die luise. Nog ’n natuurlike manier om dit te beheer is om ongeveer drie weke elke derde dag jou hare met ’n luiskam (enige kam wat baie fyn tande het) deur te borsel. Gebruik gewone sjampoe en opknapper en kam dan die hare van die wortels tot by die punte met stadige, egalige hale. Mense wat gereeld hare kleur en warm tange gebruik, is dikwels minder geneig om luise te kry. Moet net nie hare stileer of aan hitte blootstel net nadat dit met luissjampoe behandel is nie, want dit kan die werking van die sjampoe teenwerk.

kopluise behandel: - Enige spuitblikkie moet altyd in ’n goedgeventileerde area gebruik word. - Asmalyers moet die inasem van die inhoud van spuitblikkies vermy. - Die inhoud van spuitblikkies is baie vlambaar; moet dus glad nie rook terwyl dit gebruik word nie en bly weg van hittebronne, soos ’n kampvuur. - Hou die luissjampoe weg van jou oë, stukkende vel en jou mond. - Volg aanwysings van enige produk noukeurig, al is dit natuurlik. - Maak seker die produk wat jy gebruik, is veilig vir jou kind se ouderdom. Jong kinders is byvoorbeeld sensitiewer vir party gifmiddels. - As jy ’n gifmiddel gebruik,

moenie jou kind se hare was terwyl hulle in die bad sit nie, want die gif kan ook deur die vel opgeneem word. Hou hul kop oor die wasbak of bad en spoel met ’n beker af.

Voorkom dat dit versprei

Volg die volgende maatreëls om te keer dat jy of jou kinders luise kry. - Moenie dat kinders hoede, serpe, borsels, kussings en sagte speelgoed met maats by die skool deel as jy dink daar is luise in die omtrek nie. - Stel onmiddellik die skool of dagsorg in kennis as jy luise op jou kind se kop kry. As jy meer as een kind het en hulle is in verskillende skole, laat albei skole weet. - Hou jou kind by die huis tot die luise heeltemal opgeklaar is. e

Wees versigting

Volg hierdie maatreëls wanneer jy jou eie of kinders se hare teen

Die siklus van neet tot luis word duidelik uitgebeeld. Uittreksel uit ’n artikel van Huisgenoot.com en Netwerk24


popcorn popcorn

Maak skerp jou inkleurpotlode Bederf jouself met bietjie “eietyd” en kleur hierdie uilprent in. Maak sommer fotostate en laat jou gesin deelneem. Stuur ’n foto van jou ingekleurde prent na esprit.kompetisie@gmail.com

maart • april 2016

esprit de corps

29


Soek die verskille wenner

Soek die regte pad Kyk of jy die regte paadjie kan kry om uit die doolhof te kom.

Die eerste korrekte antwoord wat uit die hoed getrek was, is die van Joyce Mogotsi (krediteure). Daar is 4 verskille. Baie geluk, jy wen die boek Nova - Vuurdoop met die komplimente van LAPA Uitgewers. Die boek sal spoedig aan jou gestuur word.

wegsteek-kompetisie

Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Jou geldsake wat deur Lux Verbi geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel sonneblomme Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 25 Mei 2016

30

die gees van ons mense

Oefen jou brein Kyk of jy die antwoorde kan kry vir hierdie kopkrap Sudoku antwoorde

Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Die maand is die wegkruipplek­ke goed gekies ... Tel hoeveel keer hierdie sonneblom in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit).

Die korrekte aantal sjokoladehartjies wat in die Januarie/Februarie-uitgawe versteek was, was 15. Helaas kon niemand kon almal raaksien nie. Komaan, neem deel aan hierdie maand se kompetisie, of kry jou kleuter om saam te tel. Dit is makliker as wat jy dink! Hier is die bladsye waarop die sjokoladehartjies weggesteek was, kyk of jy hulle nou kan raaksien. Bls 2, 9, 13, 14, 15, 18 (2), 19, 25 (2), 27 (4), 28.


Jean-Pierre Lubbe (12), Ben en Dalene Lubbe se seun, het Noordwes by die SA Nasionale Binnenshuise Krieketkampioen­ skap, wat in April gehou is, verteenwoordig. Hy is ook vir die Nasionale SA Diamond Squad-span gekies en het uit 112 deelnemers algeheel sewende geëindig op die kolfranglys met ’n treftempo (strike rate) van 144.72. Jean-Pierre neem met hierdie uitstekende telling die 23ste plek op die nasionale ranglys in. Hy is ook pas tot die Noordwes Senwes Spinners IPL-span verkies wat gedurende Mei op Senwes Park in Potchefstroom aan ’n toernooi gaan deelneem. Ons wens hom alle sterkte toe met hierdie toernooi.

popcorn

Slaan hom vir ’n ses!

Reané Jacobs is haar pa se ’Bobsie’ en dit is duidelik dat dié pa elke oomblik van sy kleinding se grootword geniet. Ben Jacobs (Plaagbeheer) het verlede jaar vir ons vertel (esprit Mei/Junie 2015) dat hy, soos hy dit noem: "... sy licence to be awesome teruggetrek gaan word". "Dit was toe my dogter Beanca (nou 12), agterkom dat haar pa nie rêrig Superman is nie," vertel Ben. Hy het intussen weer pa geword en besef dat hy vir ’n rukkie sy Superman/ Superpa-rol kan hervat. Hier is Reané – Ben noem haar Bobsie – pas nege maande oud. "Bobsie is ’n willewragtag! Sy staan alreeds en het begin loop. Sy hol soos ’n vlakhaas in die loopring en sy bring net vreugde en plesier in ons lewe. Sy is ousus, Beanca, se ’favourite’ baba. Die twee jel soos grondboonbotter en stroop," sê Ben. "Ek het nog nie oor dié een se geboorte geskryf nie – dit was ’n ander avontuur daardie ..." Nou toe Ben, esprit wag vir daardie storie.

Soos grondboonbotter en stroop

Blikkies wat in die wind klingel Maak dit sommer self

Hier is ’n maklike projek om al die gebruikte blikkies wat mens opgaar, in ’n kleurvolle windklingel te omskep. Die kreatiewe moontlikhede is eindeloos – geniet die projek! Wat het jy nodig:

Hoe jy moet maak:

5 of 6 blikkies van verskillende groottes

1. Was die blikkies in warm water, verwyder die etikette en laat dit droog word. Verf blikke ’n soliede kleur en versier met geometriese ontwerpe. Laat dit goed droog word.

Akrielverf Verfkwaste Hamer Spyker Tandestokkies Tou Skêr 25 cm-wye borduurhoepel of ander stewige plastiekring Gomgeweer

2. P ons ’n klein gaatjie met ’n spyker in die middel van die onderkant van die blikkie. Sny die tou in verskillende lengtes en ryg deur die gaatjies. Knoop een punt van die tou om ’n tandestokkie. Dit sal verseker dat die tou nie deur die gaatjie trek nie. 3. Draai gekleurde tou of stroke materiaal om die borduurhoepel om dit mooi af te werk. 4. Bind die ander punt van die tou om die borduurhoepel vas. Wissel die lengtes sodat die blikkies op verskillende hoogtes hang. Spasieer die blikkies naby genoeg aan mekaar sodat hulle teen mekaar raak wanneer die wind waai en ’n mooi klingelgeluid maak. Sit ’n druppel gom by elke knoop om hulle in plek te hou. maart • april 2016

esprit de corps

31


agterstoep

kompetisie wat sê die prentjie?

Illustrasie: Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

Rufus se eerste skooldag D

aar is nie genoeg sinonieme vir oulik om ’n hondeskool vir babahondjies te beskryf nie. Ons het deesdae ’n baba in die huis. Rooi en wit, sê sy papiere – nog ’n hond wat só grênd is dat hy nie met ons sou gepraat het as hy kon praat nie, sê my pa. Rufus, wat “rooikop” beteken, ’n baba-bulldog wat groei soos onkruid. Soos al ons bulldogs nog ooit, behalwe dalk Mollie, sou hy nooit gekeur word om medies te swot nie. Siestog, bulldogs is nie bekend vir hulle breinkrag nie. Maar hulle sagsinnigheid, blinde lojaliteit en spierkrag vergoed daarvoor, en hulle eienaars glo mos teen alle rede in hulle is beeldskoon. Ek en Rufus is Saterdagoggend teen hanekraai (09:00) na Alexandra se Skool vir Babahondjies toe. Want dis die eerste keer dat ’n bulldog mý hond is en ek hou van ’n hond wat luister. Boonop het die Ridder twee van die drie yorkies onherroeplik afgevry. (En ek wil hom sonder ’n geween en ’n gekners van die tande laat regmaak, arme engel. Vir Rufus, bedoel ek.) Ag, my moeder. Rufus se medeleerlinge by die skool is: twee beagles, ’n pikswarte staffie met ’n ster op die bors, ’n reusagtige boerboel, ’n pragtige klein steekhaarbrak, ’n Weimaraner en ’n aspirant-mediese student, Tracy, die golden retriever. En toe kry ek daardie déjà-vu-gevoel van ’n kind in Sub A wat nie heeltemal lekker inpas nie. Die grootmense dink Rufus is pragtig en gesels en vryf sy kop, maar die ander kinders hol hom onderstebo en sy beentjies kan nie byhou nie. Boonop skaam hy hom want hy het die groot yorkie se gekoude harnas aan en hy moet elke vyf minute piepie – hy is eintlik nog net ’n piepie met ’n vel om. Hy bly mik so op die rand van die pret en toe kom kruip hy agter my bene weg. Toe die opdragte in alle erns begin en Rufus ’n beloning moet kry vir alles wat hy reg doen, of probeer reg doen, of nie naastenby reg doen nie, arme ding, toe kry die swart staffie se baas in ’n rolstoel ons jammer en gee vir ons ’n Weense worsie. Want Rufus hou nie genoeg van ’n hondekoekie om saam te werk nie, maar vir ’n Weense worsie sal hy sy absolute bes doen. Met groot moeite het hy geleer om te sit as ek ’n stukkie worsie voor sy neus hou. Dis al wat hy tot dusver in die skool geleer het. Al die leerdery het hom só moeg gemaak, dat hy na 15 minute plat op die pens op die gras gaan lê het. Dit het ons genoeg tyd gegee om te sien hoe Tracy (die mediese student) sit, lê, kruip, omrol, rustig aan ’n leiband stap, kom as haar baas haar roep, doodstil wag, deur hoepels spring, haar pousebroodjies met maatjies deel en 10111 bel toe haar baas in ’n brandende huis vasgekeer is. Die res van die maatjies het ook almal af en toe deur die loop van die skooldag grootoog op hulle ma’s se skote gesit. Die staffie het haar flou geskrik want die boerboel-baba het aan haar kom snuffel en hoe moes sy weet hy gaan haar nie inasem nie. Die beagles het raas gekry want hulle het hulle toue geknoop en die boerboel se biltong geëet toe hy nie kyk nie. Die pragtige klein steekhaar het in trane uitgebars toe dit haar beurt is om voor al die ander aan ’n leiband te loop, maar uiteindelik het sy dit reggekry. Die boerboel se baas het in ’n slagyster getrap wat deur die beagles gestel is. Rufus en die Weimaraner het albei aan die slaap geraak voor tweede pouse. ’n Hondeskool is dalk die begin van wêreldvrede. Klein hondjies is die natuur se antidepressant. ’n Hoop klein hondjies kan ’n mens vir ’n week lank opkikker – en dan is dit net mooi tyd om weer skool toe te gaan. Vredig. e

32

die gees van ons mense Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833

Wat sê die prentjie? Gee ’n oulike en snaakse byskrif vir die prentjie. Die oulikste/snaaksste byskrif wen die boek Vir ewig en altyd saam wat deur Lux Verbi-uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 25 Mei 2016 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die weninskrywing in die Maart-uitgawe.

Sarah word uit haar huisie in Kaapstad ontvoer. Sal Ariel daarin slaag om haar te vind? En sal kaptein Rassie Erasmus sy vooropgestelde idees en sinisme kan agterlaat en Sarah opspoor? Kaptein Erasmus se briljante IT-kenner Daniël help die persone opspoor wat die ontvoering gereël het. Wie is die Drie Broeders, en hoekom is hulle agter Sarah aan? Wat is die verbintenis tussen Edmund Muller en die Groot Sadar? ’n Spannende verhaal met ’n vinnige pas, deurweef met die goue draad van God se beskerming en genade.

Alle boeke van Lux Verbi is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf: www.luxverbi.co.za

Esprit (mrt apr '16)  
Esprit (mrt apr '16)  
Advertisement