Issuu on Google+

Augustus 2013

`n handelsmerk van

Westra spit die sooi vir nuwe ontwikkeling op Modderrivier Koring- en mieliemark volg internasionale markte afwaarts GWK Meganisasie bekom vurkhyser-agentskap


Inhoud 2 Redaksioneel Innoverende idees voeg waarde vir klante toe . . .

40 Lewendehawe Veldramme streng geselekteer.

3 Geestelike akker Soms skaaf ons wel aan mekaar . . .

44 Op die veeplaas. Kuddewaarde uit die oogpunt van vleisklassifikasie.

4 Agrikalender 5 Damme en reënval 6 Landbouwenke 8 GWK: Direksie en Bestuur 10 LANDBOUSAKE Aktueel Westra spit die sooi vir nuwe ontwikkeling op Modderrivier. 12 Wat aandeelhouers moet weet Dís nuus in die GWK-groep. 14 Graan Koring- en mieliemark volg internasionale markte afwaarts. 18 Graan Só beïnvloed spekulante bewegings in die mark. 22 Presisieboerdery GWK bied werksessie oor presisieboerdery aan. 26 Presisieboerdery Doeltreffende besproeiing by pekans hou baie voordele in.

48 GWK NUUS - GWK Meganisasie bekom Tailift-vurkhyseragentskap.

10 Nuwe ontwikkeling.

52 KOMMUNIEK KIEKIES Natuurgeskenke.

56 RUGBYPRAATJIES Griekwas gesels Dobbo `n groot aanwins.

14 Mark verlangsaam.

57 DIE SKOPSKOEN Ons staan bankvas agter oom Pote en die manne . . . 58 Vir die jongspan Pret op die plaas.

64 VROUE Leefstyl In jou (dag)drome is niks onmoontlik nie!

52 Wenkiekie

66 Gesondheid Kom aan die gang en klop daai kilo’s.

30 Spesialisprodukte Sinkbemesting is noodsaaklik vir goeie opbrengste by pekans.

67 Resep Die perfekte pannekoek . . . pure soet en suur plesier.

34 Spesialisprodukte Snoei: Die enkel belangrikste inset wat die oes kan bepaal.

68 Agterblad Die mense van die Baai . . .

64 (Dag)droom gerus!


Carien Grobler Redakteur

Redaksioneel

I

nnovasie: Die proses om `n idee om te sit in `n produk of diens wat waarde toevoeg of waarvoor klante sal betaal. Om innoverende te wees, moet `n idee aan `n spesifieke behoefte voldoen. Innovering behels die doelbewuste toepassing van inligting, verbeelding en inisiatief om groter waarde uit hulpbronne te put en sluit alle prosesse in waardeur nuwe idees in bruikbare produkte omgesit word. In die sakewêreld is innovasie dikwels die gevolg wanneer idees deur `n maatskappy toegepas word om die behoeftes en verwagtinge van hul klante te bevredig. (Businessdictionary.com) Westra se ontwikkeling by Modderri-

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 082 802 3628 Advertensies Tania Fourie 053 298 8200 / TaniaF@gwk.co.za

vier is `n sprekende voorbeeld hiervan en leef GWK se strewe, om landbou te innoveer, ten volle uit. In ons hoofartikel lees ons oor die koringmeule en pasta- en beskuitjiefabrieke waarvoor die sooi vroeër in die maand gespit is. Ons doen ook aan by GWK Graan om te kyk na die geelmielie- en koringmarkte wat sedert die vorige uitgawe afwaarts verhandel het en neem die invloed van spekulante op prysbewegings in die mark onder die loep. Dan kuier ons saam met GWK Presisieboerdery by hul werksessie oor presisieboerdery waar internasionale kenners op dié gebied betrokke was. Ons kyk na waterskedulering en sinkbemesting by pekanneute en doen saam met die Noordkaap Veldram-

Lekker lees! Tot volgende keer.

Carien

Hoofkantoor GWK Bpk. De Villiersstraat Posbus 47 Douglas 8730 Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630 Webwerf www.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, carieng@gwk.co.za Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

projek aan by `n werksdag in die veld en leer meer oor die streng seleksieproses waaraan veldramme onderwerp word. In ons veerubriek bespreek die lewendehawekenner Peter Milton vandeesmaand die waarde van `n kudde uit `n vleisklassifikasie-oogpunt. En dan is dit die vroue se beurt wanneer ons die perfekte pannekoek bak en leer dat niks in `n mens se (dag) drome onmoontlik is nie. Piet kuier hierdie maand in die Baai en sorg weer vir `n lag met `n traan terwyl hy dié mense leer ken!

VOORBLADFOTO Nuwe groei. Foto: Bertie Theron

depositphotos

Innoverende idees voeg waarde vir klante toe . . .


Milanie Vosloo

Geestelike akker

Soms skaaf ons wel aan mekaar . . . Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan. Romeine 12:21 Nie een van ons is `n sondelose engel nie. Daarom maak ons foute, is daar misverstande tussen ons, verstaan ons mekaar verkeerd en kan ons soms ons humeur verloor. Nouja, geen meningsverskil, krapperigheid, ongedurigheid of `n ernstige bakleiery is lekker nie, maar juis vanweë ons uiteenlopende perspektiewe, is konflik soms onvermydelik. Daar bestaan nie `n bloudruk vir “liefdevolle” konflikhantering, tog kan die volgende TOP-beginsels `n waardevolle riglyn wees:

� Tyd: Tyd het `n manier om kalmte, perspektief en insig te bring. As jy dus kan, speel of sorg vir `n afkoelperiode – `n fase waarin elke party kans kan kry om nugter oor alles te dink. � Ontspan: Baie dinge is al gesê en gedoen in tye wanneer mense gespanne, oorhaastig of ongeduldig is. Gee jouself asemhalingstyd en vra die Gees om aan jou kalmte, vrede en wysheid te gee. � Probeer verstaan: Die oomblik wat ons begrip het vir iemand anders se agtergrond, situasies, motivering en rede, raak dinge vir ons duideliker en kan ons met groter deernis hulle kant van die saak insien. Dis gewoonlik die

begin van wedersydse respek en die vind van gesamentlike oplossings. Tyd wat heel, `n gemoed vol vrede en `n hart gevul met begrip en liefde, kan menige moeilike situasies makliker maak. En waar daar onmin is, weer vrede bring. Here, ek glo en weet dat ek saam met U ook konfliksituasies met liefde kan benader. Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3


Veilingskalender en Veilingspryse Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Boshof Skouveiling; Elof Muller Boran, Kimberley Angus Bulveiling, Kimberley Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Nasionale Sussex-veiling, Kimberley; Griekwastadveiling; Boshof slaglam- / oskompetisie

23 Augustus 24 Augustus 27 Augustus 29 Augustus

Uithourit-perdeveiling, Boshof Wildveiling, Boshof Groot- en kleinveeveiling, Kimberley Karstens Boerdery Produksieveiling, Upington

Bertie Theron

13 Augustus 15 Augustus 17 Augustus 20 Augustus 22 Augustus

Veilingspryse vir lewendehawe - Julie 2013 01/07 - 05/07

08/07 - 12/07

15/07 - 19/07

21/07 - 26/07

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Bees

Kby

Slagosse

R11.60

Slagosse

R11.50

Slagosse

R11.50

Slagosse

R11.50

Slagkoeie

R12.10

Slagkoeie

R11.20

Slagkoeie

R11.40

Slagkoeie

R11.50

Maer beeste

R10.20

Maer beeste

R9.50

Maer beeste

R10.00

Maer beeste

R10.20

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R16.00

Ligte kalwers (180-200kg)

R15.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.20

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R14.80

Swaar kalwers (250kg +)

R14.60

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R15.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.00

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Skape

Kby

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.00

Slaglammers

R20.00

Slaglammers

R19.00

Stoorlammers

R22.00

Stoorlammers

R19.00

Stoorlammers

R21.00

Stoorlammers

R19.00

Kruislammers

R17.00

Kruislammers

R18.00

Kruislammers

R19.50

Kruislammers

R17.50

Slagooie

R12.40

Slagooie

R13.00

Slagooie

R14.00

Slagooie

R11.00

Maer ooie

R11.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R10.00

Maer ooie

R10.00

Klein bokkies

R23.30

Klein bokkies

R24.00

Klein bokkies

R25.00

Klein bokkies

R21.00

Jong bokke

R21.00

Jong bokke

R20.00

Jong bokke

R22.00

Jong bokke

R21.00

Bokooie

R13.50

Bokooie

R14.00

Bokooie

R15.00

Bokooie

R12.00

4


depositphotos

Damme en temperature

Hartsrivier Rietrivier Modderrivier

ReĂŤnval 25 Junie - 24 Julie 2013

Douglas

Vaalrivier

18 16 14 12 10 8 6 4 2 0

91 90 98 98 27 32 64 48 58 41

Werklik

Langtermyn

Vaalharts

Welbedachtdam Gariepdam Vanderkloofdam Vaaldam Allemanskraaldam Erfenisdam Spitskopdam Kalkfonteindam Krugersdriftdam Bloemhofdam

Rietrivier

Oranjerivier

% Vol

Barkly-Wes

Dam

Hopetown

Riviersisteem

Werklike vs. langtermyn reĂŤnval

Prieska

Huidige stand van damme

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur Douglas Skaal

Douglas Lunenburg

30 20 10 0 -10

30 20 10 0 -10

25 Junie - 24 Julie 2013

25 Junie - 24 Julie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Max

Prieska Green Valley Nuts

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Barkly-Wes Ulco 30 20 10 0 -10

30 20

10 0 -10

25 Junie - 24 Julie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

25 Junie - 24 Julie 2013 Min Langtermyn

Hopetown Lilydale

Max

140

Max Langtermyn

Min

Maandelikse voorspelling: Augustus 2013

120

50 40 30 20 10 0 -10

100 80 60

40 20 0

25 Junie - 24 Julie 2013 Max

Max Langtermyn

Min

Min Langtermyn

Min Langtermyn

Inligting verkry van GFCSA

5


Landbouwenke Koring en gars  Tesame met bemesting is on-

kruidbeheer die belangrikste praktyk. Gars en koring is gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium.  Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse.  Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry.  Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief.  Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of versuurder bygevoeg word tot

op die optimale pH-vlakke.

 Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg.  Blaarmyner kom toenemend voor op veral gars en voorkomende bespuitings kan al tydens onkruiddoder-bespuitingstyd gedoen word.  Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer.  Op gars kan 20-40 N toe-gedien word op ses weke ná opkoms by Puma sowel as Cocktail.

Uie en saaduie  Beperk stikstoftoediening tot die

 Blaaspootjies begin aktief raak minimum om te welige loofgroei en moet beheer word. Dié plaag en swak bolgehalte te voorkom. kan heelwat skade aanrig.  `n Oormaat stikstof veroorsaak  Spuit voorkomend vir poeierdik nekke en oormatige groei agtige meeldou, veral in die wat die bolle makliker laat verrot vroeë lente as toestande vogtinadat dit geoes is. ger word.

Lusern  Lusern, veral laedormansie-

siektes en verminder waterverbruik. kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet  Vestiging van lusern in die lente stelselmatig aangepas word. word nie aanbeveel nie weens  Kaliumbemesting kan in die onkruiddruk en windskade. vorm van KCl @ 200 kg/ha  Indien lusern wel in die lente toegedien word. Kalium speel gevestig word, is dit raadsaam `n belangrike rol in die transloom dit saam met koring te plant kasie van suikers en vervaarom windskade te beperk. Die diging van stysel. Dit verhoog koring kan dan later doodgeook die plant se weerstand teen spuit word. 6


Pekanneute  Nuwe aanplantings kan

tot in Augustus gedoen word. Sterk bome met lang, reguit penwortels moet gekies word vir plant. Plantgate moet meer as een meter diep wees of minstens 200 mm dieper as die lengte van die penwortel.  Stikstof- en fosfaatbemesting moet in Augustus toegedien word en `n

tweede stikstoftoediening moet in Oktober volg.  Die volgende aksies moet ook in nou verrig word: »» Snoei van gevestigde bome. »» Plant van saad in beddings. »» Verplant van saailinge. »» Sny enthout en berg by 4°C. »» Ent saailinge (tot September).

Algemeen  Neem vroegtydig grondmonsters om bemestingbehoeftes te bepaal vir vroeë somergewasse nl. katoen, grondbone en vroeë mielies.  Grondbone: Indien baie reste op die oppervlak voorkom, moet dit ingewerk word om siektes soos swart peulvrot te voorkom. Maak seker die reste is dieper as die peulsone. Toediening van gips voor planttyd is baie belangrik deurdat baie goeie pitgehalte en hoër opbrengs verkry word. Gips moet egter nie te vroeg toegedien word nie weens moontlike loging. Die ideaal is een tot twee weke voor plant.  Katoen: Katoen kan op-

timaal verbou word in grond met `n pH tussen 5.5 en 7.5 (KCl). Maak seker daar is geen verdigtingslae nie, aangesien dit wortelindringing belemmer. Plantreste kan op die oppervlak gelaat word aangesien dit beskutting bied en jong saailinge teen windskade beskerm.  Weidings: Meerjarige en eenjarige wintermengsels is steeds in die aktiewe groeifase en kan nou bemes word. Goeie bemesting sal verseker dat hierdie weidings optimal benut kan word. Meerjarige mengsels sal aktief groei tot einde Oktober wanneer temperature begin styg.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

7


Direksie en Bestuur Direksie Voorsitter Frank Lawrence Ondervoorsitter Frans Lubbe

Direkteure Hennie Coetzee Wynand Human Johan Jacobs Tertius Marais Mattheus Maree

Willem Mülke Eric Ramongalo Piet Roux Ronnie Stadhouer Koos van der Ryst Frans Wiid

Hoofbestuurder: Spesialisprodukte Llewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre Produksie Pieter Bekker

Hoofbestuurder: Graanprodukte Tom Meintjes Hoofbestuurder: Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen

Hoofbestuur Finansiële Direkteur Johann Klopper

Hoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Uitvoerende bestuurspan Oliesade en Pekanneute Andreas Snyman 082 801 1849

Sekretariaat, Regsdienste en Risikobestuur Freek Meyer 083 644 0022

Saad, Gewasproduksie en Opkomende Boere Jozua Haarhoff 082 808 8579

Presisieboerdery en Produksienavorsing Dup Haarhoff 083 646 1111

Finansiering en Finansiële Landbou-advies Kobie Greyvensteyn 082 808 4178

Westra Eddie Ueckerman 082 804 7545

Korporatiewe Bemarking Neil de Klerk 082 881 7531

Vleisbedrywe Alex Cilliers 082 808 3063

Graanfasiliteite Carl du Toit 082 906 2121

Graanbemarking Elmarie Jacobs 082 906 2383

Finansies en Stelsels Andri Bezuidenhout 071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-Vrystaat Hennie van der Walt 079 511 4547

Bemarkingskantoor: KwaZulu-Natal Terence van Dyk 082 885 4163

Bemarkingskantoor: Oos-Kaap Wikkie Burger 079 519 1630

Direkte Insette Rocky le Roux 082 317 7656

Sidi Parani Cas Prinsloo 079 510 2710

Meganisasie en Ingenieurswerke Johan Kruger 082 809 4778

Veilings en GWK Properties Willie Meyer 071 680 4103

Menslike Hulpbronne Chopper Theart 082 806 9995

Versekering en FloTank Brits van den Berg 082 803 5190

8


Missie en Visie

Bestaansrede

Om as agri-besigheid volhoubare welvaart binne die voedselvoorsieningsketting te skep vir deelnemende belanghebbendes.

Visie

Om die agri-leier in die voedselwaardeketting te wees.

Missie

Ons genereer markgerigte besigheidsoplossings in agrien voedselvoorsiening op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur: � innovasie; � dinamiese leierskap; � energieke uitvoering en � eienaarskap gerugsteun deur gevestigde en nuwe handelsmerke.

Waardesisteem

Ons optrede word gerig deur: � spanwerk; � integriteit; � menswaardigheid; � deursigtigheid; � toegewydheid; � verantwoordbaarheid; � aanpasbaarheid en � kliëntegerigtheid.

GWK Besproeiing . . . innovering deur spesialiste

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


`n Argiteksvoorstelling van Westra se beplande koringmeule en pasta- en beskuitjiefabriek op Modderrivier.

Carien Grobler

Aktueel

Westra spit die sooi vir nuwe ontwikkeling op Modderrivier

W

estra het onlangs die sooi gespit vir `n koringmeule, sowel as pastaen beskuitjiefabriek wat op Modderrivier opgerig word. Mnr. Eugene Champion (Bestuurder: Projekte van Westra) sê dit was ongelooflik om die terrein op 29 Julie aan die kontrakteur te oorhandig en nou te sien hoe `n paar jaar se werk `n werklikheid word. 10

“Dit het alles begin met `n droom wat in 2010 posgevat het om meer waarde toe te voeg aan die produkte wat GWK se aandeelhouers verbou en ons voetspoor in voedselvervaardiging te vergroot. In 2010 het die direksie `n ondersoek na `n moontlike ontwikkeling met hierdie klem goedgekeur.” Champion verduidelik dat verskeie alternatiewe tydens die markondersoek oorweeg is. “Die verbruik van

koringprodukte toon jaar ná jaar `n styging per kapita en daarom is besluit om beslis in hierdie mark te belê en koringmeel te vervaardig. Slegs 20-25% van koringmeel word egter deur die eindverbruiker gebruik. “Daarom het ons moontlikhede ondersoek om verdere waarde aan hierdie produk toe te voeg. Weereens het ons na stygende markte gekyk, terwyl `n lang raklewe ook deel was van die kriteria. Pasta en beskuitjies


het aan al hierdie kriteria voldoen. Van daar is ondersoekwerk gedoen om die mees geskikte perseel te bekom. “Ons het op Modderrivier besluit waar dienste nie tot ons beskikking was nie, maar waar ons dit self kon bekom, terwyl dienste soos elektrisiteit nie by van die ander persele bekombaar was nie. Die volgende stap was om `n kundige span met bewese ondervinding by soortgelyke aanlegte saam te stel.” Volgens Champion het dit twee jaar geneem om die bouproses aan die gang te sit, aangesien elke diens, asook die hersonering, deur `n staatsdepartement goedgekeur moes word, wat tyd in beslag neem. “Die voltooiing van die aanleg sal 22,5 maande neem. Die koringmeule sal van Julie 2015 in produksie wees en die pasta- en beskuitjiefabriek vanaf Januarie 2015. “ Die koringmeule sal 600 t koring per dag vermaal, terwyl die pasta- en beskuitjiefabrieke onderskeidelik 24 t pasta en 29 t beskuitjies per dag sal vervaardig. Champion vertel dat die projek op ISO-standaarde gegrond is wat voedselveiligheid, gehaltebeheer en beroepsveiligheid betref. In hierdie gees word ook `n groen benadering by die aanleg gevolg en is `n houerdam gebou vir die opvang en hergebruik van stormwater, asook gesuiwerde rioolwater, waarmee tuine besproei sal word. Wat elektrisiteit betref, word energiebesparende beligting en motors vir aandrywing geïnstalleer. “Ons betaal aanvanklik `n premie daarop, maar met die oog op die besparing in die langtermyn is dit die moeite werd.” Met die geboue se ontwerp is die oriëntasie daarvan in ag geneem sodat die invloed van sonlig in die warm somers tot die minimum beperk word. Die dakke, wat sowat 1,5 ha beslaan, word wit geverf om verder tot `n koel werksomgewing by te dra terwyl energie nie nodig is om die

Your No1

Company

Tesame met die opwindende ontwikkeling op Modderrivier is Westra se logo (heel bo links), wat reeds sedert 1964 bestaan, vernuwe (regs bo en die nuwe slagspreuk bo). Die leeu in die aanvanklike logo is behou, maar word nou op `n meer moderne manier aangebied.

Die Top White-handelsmerk, waaronder Westra se mieliemeel bemark word, is onlangs vernuwe (regs) om `n meer moderne voorkoms aan die produk te gee. gebou te verkoel nie. Geraasbesoedeling is ook in ag geneem en knaldempers word op alle toerusting met bo-normale geraasvlakke geïnstalleer. In die meulegebou word warm lug gesirkuleer wat veral in die winter voordelig sal wees. Wat die prys van die produk op die rak betref, het Westra `n kompeterende voordeel aangesien dit die enigste

koringmeulgroep in die land is wie se aandeelhouers ook die produsente van die rou materiaal is. Westra voeg op sy beurt waarde aan die produsent se produk toe. Die feit dat die aanleg binne GWK se koring-gebied geleë is, is ook voordelig. Mense wat belangstel in die vordering van die projek, kan op GWK se webtuiste by www.gwk.co.za inskakel.


Ons Besigheid Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

W

om 100% belang in Midlands Veterinary Wholesalers (MVW). elkom by hierdie afleMVW is `n dieremedisynebewering van ons rubriek sigheid met hul hoofkantoor in waar ons aandeelhouers Kwazulu-Natal, maar met takke op hoogte hou met die jongste verin Gauteng. MVW bied geleentwikkelinge in die maatskappy. � Die Mededingingstribunaal het hede om `n meer omvattende diens en produkte aan veral die verkoop van GWK se debions veeprodusente te bied. Die teureboek aan die Landbank transaksie is onderworpe aan goedgekeur. Die transaksie moet goedkeuring deur die Medenog finaal deur die Landbank se dingingskommissie. direksie goedgekeur word voordat dit geïmplementeer kan word. � Die proses vir die aanstelling van `n Besturende Direkteur is By afhandeling van die transakop skedule en verskeie aansoeke sie sal GWK, as agent van Landis ontvang. `n Kortlys sal nou opbank, verskeie finansieringsprogestel word waarna onderhoude dukte aan ons kliënte kan bied. met die gekose kandidate sal Die aansoekproses sal geensins plaasvind. verander nie en derhalwe sal ons kliënte geen ongerief ervaar nie. � GWK se fokus op uitvoere vorder GWK se kredietbestuurders sal goed en twee vraghouers gebottelde wyn is in Julie 2013 na binnekort met u kontak maak oor die Verre Ooste uitgevoer. Ondie reeks nuwe en innoverende derhandelings is ook in proses produkte wat aangebied word. � GWK het `n ooreenkoms gesluit vir verdere wynbestellings vanaf 12

oorsese markte. � Die departement van energie het aan GWK `n brandstoflisensie toegestaan vir die bedryf van die Ficksburg Truck Stop net buite Ficksburg. Die Truck Stop sal teen 30 Julie 2013 gereed wees om sake te doen. � Ten einde sinergieë vir ons klante te ontsluit en die beste moontlike diens te kan lewer, het GWK sy bandebesigheidseenhede geherstruktueer en sal dit voortaan deel van die Meganisasie-besigheid vorm. � Bouwerk aan die GWK Besproeiingswinkel is in Julie 2013 begin. Die winkel sal op die Douglashandelstak se perseel geleë wees en sal `n uitgebreide, spesialis-, eenstop-diens lewer om aan ons produsente se besproeiingsbehoeftes te voldoen. GWK-groete


GWK Veilings innoverende veeverhandeling Hoofbestuurder: GWK Veilings, Vleis en Supermarkte Wim van Rooyen 053 298 8200 083 444 3411 wimvr@gwk.co.za Uitvoerende Bestuurder: GWK Veilings Willie Meyer 051 250 4077 071 680 4103 williem@gwk.co.za

GWK Veilings doen aktief sake in die Vrystaat, Noord-, Oos-, en Wes-Kaap. Die besigheid fokus deurlopend daarop om die afsetgebied vir Suid-Afrikaanse produsente se vee te vergroot met ons groot- en kleinveeveilings, stoetveilings en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente is ook deel van ons veeverhandelingsdiens. Kontak GWK Veilings vir innoverende veetransaksies.

Bedryfshoof-Noord, Kimberley Deon Klopper 053 832 5227 082 802 8483 deonk@gwk.co.za Bedryfshoof-Suid, Humansdorp Jan Erasmus 087 820 4532/ 082 924 6096 jane@gwk.co.za Kimberley Schalk Erlank (Stoetvee) 082 558 6891 schalke@gwk.co.za lewendehawe@gwk.co.za Bloemfontein Willie Snyman (Stoetvee) Pr.Sci.Nat. 082 375 2524 jacusta@mweb.co.za Humansdorp Renier Zietsman (Afslaer) 082 491 5182 renierz@gwk.co.za Kimberley Jan Buys (Afslaer) 083 680 8929 Lewendehawe@gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


depositphotos

14


Graan

Herman Grobler Bestuurder: Graanaankope van GWK

Koring- en mieliemark volg internasionale markte afwaarts

S

Persentasie geprys per produk per maand

edert die vorige artikel op 21 100.00% 96.0% 94.0% Junie 2013 het die geelmie90.00% 81.8% lie- en koringmark vir die 80.00% 70.00% tydperk afwaarts verhandel. 60.00% Produksie-omstandighede vir so50.00% mergewasse in Amerika blyk gun40.00% stig te wees en in Suid-Afrika vorder 30.00% 24.0% 23.7% uitvoere van plaaslike mielies be20.00% 9.1% 10.00% sonder goed. 0.00% Dit blyk of die Rand begin stabiliMei 2013 Junie 2013 Julie 2013 seer en vlakke onder R10/$ kan Alle soorte mielies 2013 Durum/Koring/Gars 2013 moontlik die norm in die korttermyn Grafiek 1. wees. Dit is moeilik om te voorspel wat Maart mielies 2013 gemiddelde pryse die koringprys gaan doen, maar dit R 2,395 wil tog lyk of dit op die oomblik R 2,392 R 2,392 R 2,392 ondersteuning kry van positiewe R 2,390 prysbewegings in die mieliemark. Met die skryf van hierdie artikel op R 2,385 19 Julie 2013 was die stand van R 2,381 R 2,381 R 2,381 sake as volg: R 2,380 Grafiek 1 dui die prysvasstellingsvordering van die onderskeie geR 2,375 wasse wat GWK produsente produMei 2013 Junie 2013 Julie 2013 seer. Safex-gemiddeld Produsente gemiddeld Vir die huidige seisoen mielies, wat onlangs gestroop is, toon die syfers Grafiek 2. aan dat prysvasstellings vir die tydMei mielies 2013 gemiddelde pryse perk met 2% gedaal het. R 2,250 Dit mag verwarrend wees, maar R 2,208 die oorsaak hiervan is bloot dat `n R 2,188 R 2,188 R 2,188 R 2,200 R 2,171 R 2,171 aansienlike hoeveelheid UPK-konR 2,151 R 2,151 R 2,151 trakte vandeesmaand aangegaan is R 2,150 wat nog geprys moet word. R 2,100 Lewerings het ook plaasgevind wat meer was as die reeds geprysR 2,050 de kontrakte, namate die oes afgeR 2,000 handel is. Mei 2013 Junie 2013 Julie 2013 Produsente het Durum, broodkoSafex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan ring en gars wat in November/Desember 2013 gestroop gaan word, Grafiek 3. 15


16

depositphotos

teen ongeveer 0,3% van die verwagte produksie vir die tydperk geprys. Die impak van `n dalende prys kan duidelik in die prysvasstellings waargeneem word deurdat weinig prysings vir die tydperk plaasgevind het. Grafiek 2 toon prys vasstellingsvlakke op die Maart Geelmielie Safex-termynkontrak. GWK-produsente kon die Safex gemiddelde prys met R11/t klop. Produsente het onlangs hul prysvasstellings van Mei gelewerde mielies afgehandel en kon `n gemiddelde prys van R2171/t realiseer. Dit was R17/t swakker as die gemiddelde Safex verhandelde termynkontrak en R20/t beter as GWK se bemarkingsplan. Die GWK-bemarkingsplan vir Julie mielies 2013 gemiddelde pryse R 2,250 vroeĂŤ mielies het einde April afR 2,219 R 2,212 R 2,209 R 2,205 gesluit en `n Safex-prys van R 2,193 R 2,200 R 2,175 R2 151/t is gerealiseer. Grafiek 4 toon dat GWK-produR 2,150 sente se gemiddelde prysvasstelR 2,100 R 2,100 lings van die 2013 Julie geelmielie-termynkontrak marginaal beter R 2,050 vaar as die gemiddelde prys van R 2,000 dieselfde Safex verhandelde terMei 2013 Junie 2013 Julie 2013 mynkontrak. Safex gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan Die GWK-bemarkingsplan vir Grafiek 4. hierdie oestydperk het einde Junie afgesluit en `n Safex-prys van Durum / Gars / Broodkoring 2013 gemiddelde pryse R2 100/t is gerealiseer. Produsente R 3,500 kon vandeesmaand hul gemiddelde R 3,450 R 3,430 Safex-prysvasstellingsvlak bestuur R 3,415 R 3,414 R 3,414 om byna gelyk met die gemiddelde R 3,384 R 3,400 R 3,382 Safex-vlak, waarteen die Desember R 3,350 2013 koring-termynkontrak verhanR 3,300 del, te prys (sien Grafiek 5). GWK Graan vertrou dat u hierR 3,250 die maandelikse artikels insiggeR 3,200 April 2013 Mei 2013 Junie 2013 wend en van waarde vind. Ons verSafex-gemiddeld Produsente gemiddeld Bemarkingsplan (beskikbaar 25/11/2013) welkom enige terugvoer. Kontak ons gerus by 053 298 8491. Grafiek 5.

R 2,100


depositphotos

18


Graan

Handré van Heerden Graanverhandelaar

Só beïnvloed spekulante bewegings in die mark

D

mark was hoogs spekulatief en die seepbel het uiteindelik uiteengespat toe tulpbolpryse binne ses weke met 90% geval het. Onlangse skandale wat met afgeleide intrumente verband hou, sluit dié in van Morgan Stanley se kredietruiltransaksies in 2008 (waar `n verlies van $9 miljard ter sprake is) en Araranth Advisors se gastermynkontrakte in 2006 (met `n verlies van $6,5 miljard). Mnr. Chris Sturgess, bestuurder van Safex se landbou-afdeling, is van mening dat dit nie hierdie mark se primêre rol is om as tussenganger tussen die produsent en die verbruiker op te tree nie. Daarvoor bestaan `n kontantmark wat heel goed funksioneer. Sy mening is dat Safex se primêre rol is om die graanprodusent en verbruiker die geleentheid te gee om hulle teen prysskommelinge te verskans.

dige hupstoot (oftewel doodskoot) in albei rigtings. Pryse wat vir een party te hoog is, is waarskynlik vir die teenparty te laag. Die deurwinterde argument oor angs en gulsigheid is altyd deel van prysvorming. Stel jou `n situasie voor waar die mielieprys verlede jaar R2 800 was, maar op `n se-kere tydstip ook R450 – `n verskynsel wat ons tydens die afgelope dekade gesien het. In tye van uitermatige prysbewegings is die fisieke koper en verkoper geneig om uit die mark te bly. In sulke omstandighede is dit meestal die spekulant wat bereid is om tot die mark toe te tree en likiditeit te verskaf. Iemand moet bereid wees om die risiko te aanvaar en teen die heersende neiging op te tree, anders sal geen transaksie plaasvind nie. Spekulasie bied die geleentheid Spekulante en die werking om teen die agtergrond van `n uiAgtergrond van die mark ters hoë risikoprofiel baie winsgeDie eerste termynkontrakte wat ver- Dit is algemeen bekend dat `n en- wende – of vernietigende – transakhandel is, was ryskontrakte op die kele mieliekontrak (100 t) ten min- sies te doen. Spekulante reageer op Yodoya-rysmark in Japan in 1650. ste 16 keer tydens `n seisoen vergeleenthede. Hoe daardie geleentHierdie rystermynkontrakte het ver- handel word. Kritiek word algehede die graanprodusent of koper skeie kenmerke gehad wat met hui- meen teen spekulante uitgespreek beïnvloed, is nie vir die spekulant dige markte soos Safex ooreenwat papiermielies koop en verkoop van belang nie. Maksimale wins is stem. om sodoende graanpryse tot nadie motief. Spekulante sal dus proSoortgelyke markte is sedertdien deel van kopers en verkopers te beer om `n voorsprong in die mark gevestig as suksesvolle en wettige manipuleer. Safex word byvoorte verkry deur die versameling van prysvormingsinstrumente. Die teen- beeld direk met dobbel geassosieer. inligting en die ontleding van neipool hiervan geld ook, soos die Die grootste kritiek teen spekulante gings of enige ander faktore wat vooruitkontrakte vir tulpbolle in is dat hulle die mark op oordrewe moontlik toekomstige prysrigtings Holland sedert die vroeë sewenwyse in albei rigtings druk. kan bepaal. tiende eeu duidelik wys. Hierdie Hulle gee die mark daardie onnoDie ironie is dat spekulante ook ie invloed wat spekulasie en meer spesifiek spekulante op die prysvormingsmeganisme ten opsigte van Safexgraanpryse het, is `n onderwerp waaroor mense teenstrydige sienings het – diepgewortelde menings wat nie oornag gevorm is nie. Safex as afsonderlike afdeling binne die JSE Bpk. verhandel reeds sedert 1998. Die doel van hierdie artikel is nie om enigeen van `n alternatiewe siening te oortuig nie. Dit poog eerder om uiteenlopende sienings aan te bied ten einde markbewegings en die rol van spekulante te verklaar. Wat die winsgewendheid van graanproduksie betref, is markbewegings – naas opbrengsverliese en langtermynopbrengste – die grootste veranderlike tydens `n produksieseisoen. Swak besluite speel vanselfsprekend ook `n groot rol.

19


verantwoordelik is vir wins op die plaas. Dit is ook ironies dat die deftig geklede spekulant wie se skoene dalk nog nooit in `n mielieland was nie, moontlik meer van die afgeleide instrumente, tegniese ontledings en fundamentele faktore met betrekking tot graanmarkte weet as die produsent of koper. Selfs met hierdie oordrewe markbewegings moet ons erken dat die mark altyd weer `n ewewigsprys bereik. Hier is die uitgangspunt dat fundamentaliste altyd sal seëvier. Dit beteken dat vraag en aanbod, weerstoestande, wisselkoerse, voorraadvlakke en breë ekonomiese bewegings uiteindelik die intrinsieke waarde van produkte – in ons geval graan – sal bepaal. Studie onderneem In 2004 het prof. Johann Kirsten en me. Michela Cutts, twee kundiges van die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, `n ondersoek rakende die rol van spekulante in prysvorming geloods. Die Randkommissie van 2002, asook verskeie ondersoeke deur die Voedselprysmoniteringskomitee, het dit duidelik gemaak dat dit uiters moeilik is om die uitwerking van spekulatiewe verhandeling te be-paal. Dit sou meer sin maak om by die invloed wat fundamentele markaanwysers op kommoditeitspryse het, te begin. Kirsten en Cutts se afleidings behels eerstens dat die rand-dollarwisselkoers, voorraadvlakke, die CBOT-prys en die weer (as fundamenteel kwantifiseerbare faktore) 89% van die gemiddelde maandelikse Safex-prys vir witmielies kan 20

verklaar. Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat meetbare faktore die algemene rigting van graanpryse oor `n maandelikse en kwartaallikse termyn redelik akkuraat kan voorspel. Hul tweede gevolgtrekking is dat daaglikse, weeklikse en selfs tweeweeklikse prysskommelinge `n speelveld vir bogenoemde faktore én spekulante bied. Dit is hier waar skielike nuusberigte oor byvoor-

beeld uitvoerkontrakte, politieke onstabiliteit, ekonomiese groeisyfers en oormatige prysbewegings geleenthede vir kitssukses bied. Safex is `n goeie voorbeeld van die vryemarkstelsel. Die internasionale markaandeel daarvan kompliseer wel verhandeling op Safex. Kenners raam dat daar tydens die volgende seisoen globaal 946 miljoen ton mielies verbou gaan word. Ons oes word op die oomblik op


11,34 miljoen ton geraam, wat 1,2% van die wêreldhandel in mielies uitmaak. Net vanuit hierdie oorweging sal ons volatiel wees. Veilingsdinamika `n Produsent se besluit om te verkoop word na aanleiding van verskeie faktore gemaak, wat winsmarges, kontantvloei, marksiening en seisoenale neigings insluit. Hierdie verkooptransaksie is niks anders as `n veiling nie. Dieselfde dinamika is ter sprake: Met `n ooraanbod daal pryse, en andersom. Indien `n bekende koper met `n vet beursie tot die veiling toetree en die eerste bod maak, weet almal dat hy ernstig is en pryse sal dienooreenkomstig reageer. Tydens `n insolvente veiling is dieselfde wrede dinamika ter sprake. Met Safex werk dit presies dieselfde. Dit is `n toutrekkery oor watter kant van die mark eerste gaan ingee. Wie is die desperaatste: die bulle of die bere? Markdeelnemers het senuwees van staal nodig omdat hierdie reuseprysskommelinge drastiese implikasies ten opsigte van wins of verlies inhou. Emosies hou dikwels ook verband met prysbewegings. Is alles in ewewig? Beslis nie – min markte is ooit. Die bewegings van die rand het elke vooraanstaande en gesoute ekononoom tydens die afgelope paar maande ore aangesit. Geen finansiële transaksie spring hierdie dinamika van prysvorming vry nie. Of dit nou meenthuispryse

in Bloemfontein, strandhuispryse in Diazstrand of die prys van Boranbulle is – alles word oor dieselfde kam geskeer wat hierdie dinamika betref. Gevolgtrekking Spekulante vervul `n belangrike rol in enige mark. Hulle is die deelnemers wat iets wil koop, maar nie die fisieke produk wil hê nie. Net so wil hulle produkte verkoop wat hulle nie het nie. Die enigste manier waarop spekulante geld maak, is deur prysbewegings. Die spekulant is minder emosioneel betrokke en sal met mening tot `n mark toetree indien hy voel dat die prys afwyk van dié wat deur die betrokke tegniese en fundamentele faktore aangedui word. Die spekulant is dus die koper én verkoper se vriend deurdat hy die pryse na die “geweegde gemiddelde prys” terugneem. Alle prysgrafieke sal hierdie regstelaksie duidelik toon. Die uitdaging is om altyd bewus te wees van die spekulant se oorwegings. Hy sal die prys opstoot tot waar die produsent `n stewige wins maak en die koper met die hande in die hare sit, maar dieselfde spekulant gaan ook later hierdie prys van die tafel afvee en die produsent terneergedruk laat terwyl die koper van oor tot oor glimlag. Benut hierdie geleentheid wat die mark – en dus die spekulant – bied! Safex as verskansingsinstrument gee die produsent die geleentheid om papiermielies te koop as die

Beskikbaar by GWK-handelstakke

prys tot onder die vlak van winsgewende produksie gedaal het. Die redenasie is dat indien pryse so laag is dat geen winsgewende produksie kan plaasvind nie, dit enigeen vrystaan om soveel moontlik van hierdie goedkoop mielies te koop. Wanneer pryse uitermatig hoog is, kan enigiemand weer papiermielies verkoop. Die produsent en koper kan presies dieselfde op die mark doen as `n spekulant. Verder aanvaar die meeste markdeelnemers Safex as `n wettige beurs omdat die oorgrote meerderheid transaksies daarop plaasvind. In die afwesigheid van `n aanvaarbare alternatief word Safex dus wel as prysvormingsmeganisme aanvaar. Spekulante is op alle markte – aandele-, wisselkoers-, fonds- en kommoditeitsmarkte – teenwoordig. Dit is `n kernelement van die vryemarkstelsel. Ek is van mening dat spekulante `n onontbeerlike rol speel in prysvorming. Soos aangedui, is hulle impak op kort termyn beduidend, hoewel markte mettertyd na `n geweegde gemiddelde prys sal beweeg, wat `n weerspieëling van die uitwerking van fundamentele faktore is. Spekulante bied geleenthede wat enige markdeelnemer kan benut. Die uitdaging is om hierdie geleenthede met betrekking tot aankope, verkope of verskansing te benut ten einde die beste moontlike pryse te realiseer. Kontak GWK Verhandeling om u met prysingsbesluite by te staan.

www.gwk.co.za


Die span wat GWK se werksessie oor presisieboerdery op Douglas bygewoon het.

Presisieboerdery

Dup Haarhoff Uitvoerende Bestuurder: Presisieboerdery en Produksienavorsing

GWK bied werksessie oor presisieboerdery aan

G

WK was bevoorreg om onlangs `n werksessie met van die voorste presisieboerdery-adviseurs ter wêreld op Douglas aan te bied. Kenners van Australië en Amerika was deel van dié sessie. Tydens die werksessie het dit duidelik na vore gekom dat GWK nie net in Suid-Afrika `n leier op die gebied van presisieboerdery onder besproeiing is nie, maar ook baie goed met 22

die Australiërs kompeteer wat ons benadering betref. Dit was vir ons `n groot eer toe mnr. Tim Neale (Precision Agriculture, Australia) ons meedeel dat GWK se benadering tot presisieboerdery die naaste aan hulle is van alle besighede wat hulle in Suid Afrika besoek het. Wat dit beteken, is dat die GWK-produsent in die regte hande is wat presisieboerdery betref. Almal wat die werksessie bygewoon

het, het besef dat ons maar net aan die begin van die uitdaging oor presisieboerdery is, maar minstens volg ons dieselfde benadering. Die werksgroep was dit eens dat daar slegs een korrekte benadering bestaan: Die boerdery moet totaal holisties beskou word en alle faktore wat `n rol onder presisieboerdery speel, moet met erns hanteer word. Presisieboerdery bestaan egter nie net uit variërende toedienings of aanplantings nie. Om sukses met pre-


Beste praktyke per spilpunt

FASE III Doelwit

Norms m.b.t. hoë potensiaal (UID, Flagging ens.) Variërende toedienings Kunsmisaanpassings n.a.v. blaarontledings Veranderlike kunsmistoediening

FASE II Toepassings

Grondbiologie (minimum of geen bewerking) Gewasrotasiestelsel Onkruidbeheerstrategie Volhoubare benadering to die hantering van peste en plae Optimale plantaksie (saadbedvoorbereiding en plantdigtheid) Bestuur van stikstof Korrekte besproeiingskedulering (loging van soute) Optimale wortelontwikkeling (korrekte bewerkingspraktyke) Chemiese regstellings Grondkaarte (klassifikasie en chemies) Effektiewe waterverspreiding en afloopbeheer

FASE I Basiese boerderypraktyke (potensiaalbepaling)

Figuur 2. Die GWK-benadering tot presisieboerdery. sisieboerdery te behaal, moet die produsent reg ingestel wees met betrekking tot die presiese bestuur van alle aspekte wat `n rol in gewasverbouing kan speel. As die basiese beginsels nie in praktyk gevolg word nie, kan presisieboerdery nie suksesvol wees onder besproeiing nie. Indien die beginsels soos in Fase 1 (Figuur 2) van boerderypraktyke gevolg word, kan die potensiaal van die grond tydens oestyd deur middel van bv. opbrengskaarte bepaal word. Dit is belangrik om daarop te let dat `n hele paar insette korrek gedoen moet word om hierdie punt (opbrengspotensiaal) te bereik. Binne die fokuskliënte van GWK Presisieboerdery is `n evalueringsisteem ontwikkel waar die produsent gehelp word om op hierdie manier swak skakels in sy boerdery te identifiseer. Fase 1: (Basiese boerderypraktyke/ Potensiaalbepaling) Die mees basiese praktyk vir `n besproeiingsprodusent is dié van effektiewe waterverspreiding en afloopbe-

heer (sien Figuur 2). Hierdie faset sluit in die optimale infiltrasietempo van water, minimum afloop, effektiewe verspreiding van water deur die stelsel ens. Weens die feit dat kunsmis en ander chemiese middels deur die spilpunte toegedien word, kan swak verspreiding van water (sien Figuur 3) in die langtermyn katastrofiese gevolge hê. Hou in gedagte dat chemie geneig is om in gronde op te bou en dat kritieke waardes nie oorskry mag word nie – dit kan toksiese toestande vir die plant veroorsaak (onoordeelkundige toedienings kan toksisiteit veroorsaak). Met die aksie waar mielies binne koringreste geplant word, is die effek van onegalige waterinfiltrasie in `n groot mate teëgewerk. Grondklasifikasie en chemiese kaarte is die basis van presisieboerdery en van kardinale belang om wetenskaplik te groei in die soeke na oplossings. `n Mens moet immers presies weet hoe die hulpbron lyk waarmee jy werk voordat jy aannames oor regstellings kan begin maak. Dit is uiters

belangrik dat `n stelsel gevolg word waar alle data/waarnemings ruitverwysings het. Wees dus versigtig om grondmonsters sonder verwysingspunte te neem en aanbevelings daarop te verkry. Regstellingskaarte kan gemaak word met die voorbehoud dat die persoon wat dit doen `n wetenskaplike benadering volg en die gebied se hulpbronne ken. Talle “kenners” maak daarop aanspraak dat hulle die GWK-gebied ken en sodra ons die aanbevelings sien, besef ons dat dit die volhoubaarheid van ons hulpbronne in die lang termyn mag benadeel. Dit bly dus `n goeie besluit om met `n wetenskaplike span saam te werk wat die gebied goed ken. GWK bedryf reeds sewe jaar lank `n adviesdiens oor presisieboerdery en bedien op die oomblik ongeveer 18 000 ha (sowat 60 produsente) intensief. `n Groot aantal hektare (en produsente) word ook deur die span op `n minder detail basis hanteer. Om die volle potensiaal van `n grond te bereik, moet die plante


40 35 30 25 20 15 10 5 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 Figuur 3. `n Bewys van die swak waterverspreiding wat onder `n spilpunt kan plaasvind. toegelaat word om optimale wortelstelsels te ontwikkel (ook deel van die holistiese benadering). Goeie, diep wortelstelsels sal veroorsaak dat daar genoeg suurstof (myns insiens die belangrikste element in die grond) sal wees sodat anaërobiese organismes (wat voordelig is vir goeie plantgesondheid en optimale voedingsopnames) kan floreer. Onthou ook dat `n diep wortelstelsel (groot tenk) net voordelig kan wees vir waterberging en opname daarvan deur die plant, veral in kritieke tye wanneer die aanvraag die toediening oorskry (die afgelope mielieseisoen het mooi voorbeelde hiervan gehad). GWK se landboukundiges gebruik penetrometers tot groot voordeel van die produsent om seker te maak dat die bewerkings wat gedoen word effektief is en tot voordeel van `n optimale wortelstelsel sal strek. Nog `n belangrike aspek by Fase 1 is die feit dat besproeiingskedulering wetenskaplik aangepak moet word. Dit is een van die belangrikste faktore van die boerdery wat soms die meeste afgeskeep word. (Let hier daarop dat grond oor- of onderbesproei kan word). Produsente wat moeite doen met hierdie aspek van hul boerdery, sal die vrugte daarvan pluk. Onthou dat `n sekere logingsvereiste aan `n goeie skedulerings24

diens gekoppel moet wees. `n Volgende aspek wat by Fase 1 van groot belang is, is die plantaksie. Hier moet seker gemaak word dat presies gewerk word. Egalige plantdiepte (Figuur 4) en tussenry-spasiëring is van uiterste belang wanneer geplant word. Egalige verspreiding van water en voedingstowwe, sowel as die minimalisering van tussenplant-kompetisie is van groot belang om goeie opbrengste te behaal. `n Goeie onkruidbeheer-strategie speel `n belangrike rol in presisieboerdery in die geheelplaas-benadering. Die korrekte gewasrotasiestelsel moet in plek wees voordat biologiese, geen of minimum bewerkingspraktyke oorweeg kan word. Eers nou, wanneer alle fasette van Fase 1 in plek is, kan die potensiaal van `n land bepaal word deur `n aantal jare se opbrengskaarte te gebruik. Dit maak geen ekonomiese sin om “wondermiddels” toe te dien voordat die basiese faktore soos in Fase 1 bespreek, nie aangespreek is nie. “Wondermiddels” moet dus aan die produsent die geleentheid bied om die optimale potensiaal van `n land te oortref. (Byvoorbeeld: Dit moet van `n 15 t/ha-mielieland, `n 16 t/haland maak en nie van `n 12 t/haland (waarvan die potensiaal 15t/ha

is) `n 15 t/ha-land maak nie). Fase 2: Toepassings Met alle basiese konsepte in plek (Fase 1), is die variasie van bemestingstowwe belangrik. Regstellings mag veroorsaak dat die dele wat altyd hoë opbrengste lewer en die grondvoedingstatus dus oor tyd uitput, weer reggestel word sodat uitstekende oeste weer gerealiseer kan word. Die beginsel is dus nie dat die swakker kolle altyd moet beter doen ná regstellings nie, maar ook dat die goeie kolle nóg beter doen. Die kombinasie van die vorige twee gevalle kan dus tot verhoging in opbrengste lei. Ons ervaring is ook dat sekere elemente toksiese vlakke kan bereik indien daar nie oor tyd gefokus word om variërend te bemes nie. `n Goeie kennis van grondkunde is dus nodig om volhoubare bemestingsaanbevelings te doen. Binne GWK word die eerste variërende plantdigthede op die oomblik beproef. In die GWK-bedieningsgebied het ons geweldige goeie resultate met aanbevelings op blaarontledings. Hier fokus ons op enkelprodukte soos deur tekorte op die blaarontledings uitgewys. Dit maak geen sin om `n wye reeks mikro-elemente in `n laat stadium vir plante toe te dien as slegs een of twee elemente kort nie.


Figuur 4. Dit is belangrik dat plantdiepte noukeurig bepaal moet word. Onderdrukking van elemente wanneer breëspektrum-toedienings gedoen word, kan selfs nadelige gevolge vir die plant inhou. Die hoë opbrengsnorme van `n spilpunt kan op verskeie maniere ondersoek word. Deur Flagging, Unique ID’s en die normalisering van data is dit nou moontlik om nader aan die ideale norm binne `n land te beweeg. Een ding is seker: Geen spesifieke ontledingsmetode kan vir ons die ideale norm per spilpunt gee nie. Dit is die vindingrykheid van `n landboukundige wat die hulpbronne ken en verskeie tegnieke gebruik wat ideale norms per spilpunt sal verseker (ongeag die soort ontleding wat gevolg word). Ons mag selfs vind dat norms tussen winter- en somergewasse mag verskil. Die feit is dat ons in die GWK-bedieningsgebied ons eie norms en probleme sal moet uitsorteer –

mense van ander gebiede het bloot nie die gut feel en kennis oor ons gebied nie. Fase 3: Doelwit van GWK Presisieboerdery Die einddoel van die vorige twee fases is om die beste praktyke per spilpunt daar te stel. Hiermee bedoel ons die regte norms (verhoudings) per element onder `n spilpunt, die beste bewerkingspraktyke, die beste wisselbou, die beste bemestingsprogram ens. Die GWK-span het verskeie nuwe, opwindende idees wat ons binne die volgende jaar gaan beproef en beslis ons plek as een van die mees innoverende spanne in presisieboerdery sal bevestig. Ons is gelukkig om met van die mees vooruitstrewende produsente in Suid-Afrika saam te werk wat ons geweldig baie help in ons strewe om aan die voorpunt van tegnologie te bly. Ons bedank

graag ons produsente vir hul samewerking, julle is great!

Saam gaan ons van presisieboerdery `n groot sukses binne GWK maak.

Bollgard II

HOU BY DIE REËLS ... Rentmeesterskap beteken om die beste tegnologie na die volgende generasie oor te dra – dit is waarom ’n toevlugsarea aangeplant moet word. Oes die voordele van Genuity® Bollgard® II-tegnologie en plant jou toevlugsarea aan! Kontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8201 of customercare.sa@monsanto.com Monsanto, Genuity® en Genuity® Bollgard® II is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350 www.monsanto.co.za


Presisieboerdery

Renier du Raan Bedryfshoof: Presisieboerdery, Barkly-Wes

Doeltreffende besproeiing by pekans hou baie voordele in

W

plante `n daaglikse behoefte aan `n sekere hoeveelheid water het. As hieraarom doen `n mens waterskedulering? die behoefte oorskry word of te min Dit is `n vraag wat ge- water gegee word, sal die betrokke reeld opduik. plant `n vorm van stres ervaar, wat `n Waterskedulering is `n riglyn wat nadelige uitwerking op die opbrengs produsente help om die regte besluit en ook die langtermyngesondheid te neem oor wanneer hulle water daarvan kan hê. moet toedien en hoeveel water geskik Deur doeltreffend te besproei, sal nie sal wees. Dit help produsente dus om net water bespaar word nie – elekhulle water so doeltreffend moontlik trisiteitskoste kan ook beperk word. aan te wend. Een van die belangrikste elemente wat plante benodig, is suurstof. Doeltreffende besproeiing hou baie voordele in. Ons moet onthou dat Die bestuur van hierdie element is 26

dus van kardinale belang wanneer plante besproei word. Dit hou verband met die feit dat anaërobiese organismes wat onder suurstofarm toestande floreer, gewoonlik nie voordelig is vir plantgesondheid nie. `n Boom met `n gesonde wortelstelsel sal gesond en produktief wees. `n Oormaat water kan egter tot gevolg hê dat voedingstowwe uit die grondprofiel geloog word. Onder anaërobiese toestande is die opname van voedingstowwe ook nie


depositphotos

Land: Blok 1 Suid - Pekanneute ondergrondse drup

Figuur 1. ’n Voorbeeld van die metode wat GWK gebruik om te verseker dat produsente met die regte D.U.L.-waarde werk wanneer hulle waterskedulering vir pekanneute doen. optimaal nie. Produsente wil altyd weet of aanbevelings ten opsigte van waterskedulering akkuraat is. GWK doen sy bes om te verseker dat lesings en aanbevelings so akkuraat moontlik is. Wanneer besproeiingskedulering gedoen word, is dit uiters belangrik om te weet hoeveel water jou grond kan hou as dit versadig is. Die term “D.U.L.” (drained upper limit) word gebruik wanneer `n versadigde profiel beskryf word. Dit beteken dat een millimeter water of minder per meter per dag uit die versadigde profiel dreineer. Wat doen GWK om seker te maak dat produsente weet hoeveel water `n versadigde profiel hou? In die winter, wanneer daar feitlik geen onttrekking van water uit die grond is nie, maak ons `n dammetjie rondom die toetspen. Genoeg water word in die dammetjie gegooi om seker te maak dat die

profiel met water gevul word. Die lesing op die toetspen word gereeld geneem om die D.U.L. te bepaal. (Die D.U.L. word soms verkeerdelik “veldwaterkapasiteit” genoem.) In Figuur 1 kan `n mens sien hoe die profiel gereageer het toe die water in die dammetjie by die toetspen gegooi is. Die grafiek op die program het eers toegeneem en toe begin afneem, en het later heeltemal afgeplat. Die punt waar minimum dreinering per meter grond plaasgevind het, kan dus op `n baie eenvoudige manier bepaal word. Die produsent moet die lesings op `n gereelde basis neem. Hoewel die apparaat self nuttig is, lê die sukses van skedulering in die bestuur van die stelsel. Hoe meer gereeld die produsent die lesings in die program invoer, hoe meer akkuraat sal die program se aanbevelings wees. Ons is gewoonlik geneig om te dink

dat daar chemies fout is met die grond as ons sien dat `n boom se blare geel word. Dit is nie noodwendig die geval nie. In die Vaalhartskema is opgemerk dat daar vanjaar baie bome is waarvan die blare geel word, veral in boorde waar drupbesproeiing gebruik word. Reg langs `n boom wat geel voorkom, is dikwels `n boom waarvan die blare lowergroen is. Dit het ons `n bietjie laat nadink, en ons het navorsing daaroor begin doen. `n Kliënt het opgemerk dat daar `n stukkende drupper in sy boord was wat die betrokke boom baie meer water laat kry het as wat nodig was. Hierdie boom se blare was lowergroen en die een reg langsaan (waar die drupper goed gewerk het) het siekerig en geel gelyk. Ons vermoed dat daar in hierdie warm, droë jaar nie in die bome se waterbehoeftes voorsien kon word nie, wat baie geel en siekerige bome tot gevolg gehad het. 27


28

Verwysing evapotransporasie

Werklike evapotransporasie en Verwysing evapotransporasie (mm maand-1)

Werklike evapotransporasie

Oktober November

Desember Januarie

Februarie

Maart

April

Mei

Figuur 2. Maandelikse verspreiding van waterverbruik deur pekanbome.

Werklike evapotransporasie

Verwysing evapotransporasie

1 Jun.

22 Mei -

-

12 Mei -

2 Mei

12 April -

2 April -

23 Mrt. -

-

13 Mrt. -

3 Mrt.

22 Feb. -

-

12 Feb. -

2 Feb.

23 Jan. -

-

13 Jan. -

3 Jan.

24 Des. -

14 Des. -

4 Des. -

24 Nov. -

14. Nov. -

4 Nov. -

25 Okt. -

15 Okt. -

5 Okt. -

25 Sept. -

Kummulatiewe werklike evapotransporasie en Verwysing evapotransporasie (mm)

Hou in gedagte dat daar in sulke gevalle ook baie meer bemesting in sekere dele van die stelsel gegee kan word. Navorsing het bewys dat pekanbome se gemiddelde waterverbruik of evapotranspirasie van Oktober 2009 tot Junie 2010 tussen 4,28 mm/dag in November en 1,30 mm/dag in Junie gewissel het (kyk grafiek in Figuur 2). Tydens die piekseisoen gebruik elke boom gemiddeld 300 liter per dag, maar op baie warm dae (soos in die somer van 2012-2013) kan die bome tussen 500 en 600 liter per dag gebruik (Nicky Taylor en John Annandale). Waterverbruik word grootliks bepaal deur die energie wat in die atmosfeer beskikbaar is om water vanaf die blaaroppervlak te laat verdamp. Dit word weerspieël in die gemiddelde daaglikse Et-waardes. Bome se waterverbruik word ook beïnvloed deur die grootte van hulle blaaroppervlak. Hulle waterverbruik wissel dus van seisoen tot seisoen: Van die ontwikkeling van die blare in Oktober totdat die bome die blare in Junie begin afgooi (Nicky Taylor en John Annandale). Die volgende vraag ontstaan dus: Het ons in die verskriklike hitte wat ons in Desember 2012 tot Februarie 2013 gehad het, elke boom van 500 tot 600 liter water voorsien? (`n Boord benodig op `n warm dag ongeveer 6 mm/ha/dag met `n 10 m x 10 m-ryspasiëring.) Met laasgenoemde in gedagte moet die produsent seker maak dat daar in die daaglikse waterbehoeftes van pekanbome voorsien word, veral waar kanaalstelsels binne skemas gebruik word. Hou ook in gedagte dat die grondwatervlakke op hierdie stadium `n groot bydrae tot die bome se watervoorraad lewer. Dit sal egter afneem soos wat die bome in Vaalharts groter word. Wanneer beplanning gedoen word, moet produsente ook onthou dat die mees-

Figuur 3. Hier word die kumulatiewe evapotranspirasie van ’n 100%-effektiewe stelsel op `n grafiek uitgedruk. te bome in die Vaalhartsgebied van- om hierdie uitstekende langtermyngewas suksesvol te verbou. weë hulle ouderdom nog nie optimaal water gebruik nie. Neem ook in ag dat die waterkwota Verwysings LNR (Landbounavorsingsraad). oor `n jaar versprei is en dat pekanTaylor N. en Annandale J. (Universibome se waterbehoefte (sien Figuur teit van Pretoria). 2) nie eweredig oor hierdie tydperk Somani Z., Bawazir S., Skaggs R., versprei is nie. Lomgworth J., Pinon A. en Tran V. Kyk na die kumulatiewe waterver2011. A simple irrigation schedubruik (Figuur 3) met die oog op beling approach for pecans. Journal planning. (Onthou, hier word die of Agricultural Water Management, effektiwiteit as 100% geneem.) 98:661-664. Langtermynbeplanning is dus nodig


depositphotos

30


Spesialisprodukte

Sinkbemesting is noodsaaklik vir goeie opbrengste by pekans Sinkbemesting is `n onmisbare deel van suksesvolle pekanneutverbouing. Kommuniek het by mnr. Hennie Stander van Zinchem aangeklop om ons produsente hieroor in te lig.

te gehou word, kan die pekanneutprodusent waarskynlik nie `n beter belegging maak as om Zn korrek toe te dien nie. Figuur 1 dui aan watter katastrofiese gevolge `n tekort aan Zn by pekanbome tot gevolg kan hĂŞ. Die produsent moet daarna streef om die blare se Zn-inhoud bo 50 dpm te hou. Volgens Darrell Sparks kan die verlies aan opbrengs tot ie pekanneut is een van 70% wees indien die blare se Zndie gewasse waarop sink (Zn) die grootste uitwerking inhoud 20 dpm is. het ten opsigte van opbrengs. Wan- Volgens navorsing wat in Amerika neer die lae koste van Zn in gedag- gedoen is, word visuele simptome

D

van sinktekorte tipies opgemerk wanneer die blare se Zn-inhoud laer as 14 dpm is. Teen die tyd dat visuele simptome waargeneem word, kan ons dus reeds baie groot verliese aan opbrengs verwag. Die vraag ontstaan dus: Wat is die mees koste-effektiewe manier om die blare se Zn-inhoud tot 50 dpm te verhoog? Deur die regstelling van die grond se Zn-inhoud kan duur blaarbespuiting tot `n minimum beperk of selfs gestaak word.

100

Relatiewe neutopbrengs %

90 80 70 60 50

Brooks (1964) Hunter (1965) Malstrom et al. *(1984) Smith en Storey ( 1979) Worley et al. (1991)

40 30 20 10 0

0 20 40 60 80 100 120 140 160 180 200 Zn (dpm in droĂŤ blaar) Figuur 1. Die invloed van `n sinktekort op pekanneute. Darrell Sparks, Departement van Tuinbou, Universiteit van Georgia, Amerika. 31


Anders as by die meeste ander gewasse wat in Suid-Afrika geproduseer word, moet ons in die geval van pekanneute die Zn-inhoud van die grond verhoog sodat dit bo 15 dpm is. Verskeie bronne van Zn is beskikbaar. Dit word hier onder bespreek.

Sinknitraat (Zn(NO3)2) Sinknitraat word soms as blaarvoeding gebruik. Die opname daarvan is goed vanweë die byvoeging van stikstof (N) by die Zn. Die koste van sinknitraat beloop ongeveer R13 per liter (12% Zn), wat beteken dat 1 kg suiwer Zn die produsent R108 kos. Bronne van sink Indien ons bogenoemde eienskapSinksulfaat (ZnSO4) pe van die verskillende bronne van Sinksulfaat is die vorm waarin sink Zn in ag neem, is dit te verstane die algemeenste in landbou gedat die Amerikaners sinksulfaat bruik word. Dit is koste-effektief, baie suksesvol gebruik tydens die 100% oplosbaar en onmiddellik verbouing van pekanneute. beskikbaar vir die plant. Wanneer die grond-pH bo 8 is, Wanneer die grond-pH bo 8 is, soos in die geval van dr. Jim Walword hierdie vorm van Zn egter worth se navorsing, sal sinksulbaie vasgelê. Sinksulfaat kan direk faat geredelik vasgelê word, wat sal op die blare of in die grond toege- vereis dat heelwat meer daarvan dien word. toegedien moet word om die geDie koste van sinksulfaathepta wenste reaksie te kry. (22% Zn) beloop ongeveer R9/kg, Dr. Jim Walworth het hierdie wat beteken dat 1 kg suiwer Zn die onderwerp vroeër vanjaar by die produsent R41 kos. suksesvolle SAPPV-konferensie in Vaalharts bespreek, maar nagelaat ZnEDTA om te noem dat sy werk in gebiede Hierdie vorm van Zn is by `n wye met `n grond-pH van hoër as 8,2 reeks grond-pH`s toeganklik vir gedoen is. plante en groot hoeveelhede daarR. Bradley Lindenmayer van die van word wêreldwyd gebruik. Colorado Staatsuniversiteit, wat die Die nadele van die gebruik daaropname van verskillende bronne van is loging en die geweldige hoë van Zn deur die mielieplant vergekoste per kg Zn. lyk het, het gevind dat ongeveer Die koste van ZnEDTA beloop twee keer meer ZnEDTA opgeneem ongeveer R60/kg (15% Zn), wat is by `n grond-pH van 7,3 in vergebeteken dat 1 kg suiwer Zn die pro- lyking met sinksulfaat. Indien die dusent R400 kos. koste van hierdie twee produkte egter vergelyk word, word gevind Sinkoksied (ZnO) dat ZnEDTA ongeveer tien keer Hierdie vorm van Zn se oplosbaar- duurder is per kg suiwer Zn as sinkheid is baie laag en word geleidelik sulfaat. Die voordeel van beter opoor `n tydperk van jare beskikbaar gestel en is dus nie doeltreffend om die grond se Zn-inhoud vinnig reg te stel nie. ZnO word dus nie vir pekanneute, wat `n produk van hoë waarde is, aanbeveel nie.

32

name is dus van min waarde. Grondtoediening `n Dosis van 100 tot 400 g ZnSO4 per boom per jaar oud word aanbeveel. Indien `n boord tien jaar oud is, sal 1 000 tot 4 000 g per boom dus aanbeveel word na gelang van die pH en Zninhoud van die grond. Hierdie hoë dosis sal slegs toegedien word totdat die gewenste Zn-vlak in die grond bereik word. `n Eenmalige toediening behoort voldoende te wees en die Zn-inhoud kan daarna jaarliks gemonitor word deur middel van gronden blaarontledings. Blaartoediening Nul tot vyf blaarbespuitings word aanbeveel na gelang van die Zninhoud van die grond en blare. Die toevoeging van ammoniumsulfaat of UAN sal die opname van Zn deur die blare verder verhoog. Zinchem het ook `n MultiMikroproduk beskikbaar gestel wat nikkel bevat en onlangs ingedien is vir registrasie vir gebruik by pekanneute. Hierdie produk bevat sink (Zn), yster (Fe), nikkel (Ni) en boor (B). Kontak gerus u naaste Zinchemverspreider of ons kantoor by 011 746 5000.


Spesialisprodukte Hein Janse van Rensburg Wingerdboukundige

Snoei: Die enkel belangrikste inset wat die oes kan bepaal

I

n die vorige uitgawe het ek die tradisionele kortsnitstelsel bespreek, asook die implementering en optimalisering daarvan. In hierdie uitgawe gaan ek twee alternatiewe stelsels illustreer en bespreek. Oor die wĂŞreld heen word verskillende stelsels in verskillende streke gebruik. In ArgentiniĂŤ sowel as in sekere dele van Europa is die Guyot-stelsel byvoorbeeld baie gewild, en in die kouer state van Amerika word die fan-stelsel gebruik om 34

rypskade te verminder. In die warmer dele word die gewilde lierstelsel gebruik. Bogenoemde stelsels het elk hulle voor- en nadele, maar die vraag is hoekom dit toegepas word. Die eenvoudige rede hiervoor word in die vorige artikel genoem: Snoei is die enkele belangrikste inset wat die uitkoms van die oes (ten opsigte van gehalte en drag) kan bepaal. Waarom het alternatiewe stelsels dan ontstaan? Al die stelsels wat hierbo genoem word, word gebruik

om die wingerd te manipuleer en te bestuur om `n sekere doelwit te bereik. Die twee stelsels wat ek in hierdie artikel gaan bespreek, is volgens my die beste aangepas vir besproeiingstreke in `n warm klimaat en vir die onderskeie kultivars waarop dit toegepas kan word om `n sekere doelwit te bereik. Die groot vraag wat steeds ten opsigte van albei stelsels gevra moet word, is: Wat is die doelwit wat die produsent daarmee wil bereik? Op die oomblik is die grootste uit-


depositphotos

Foto 1.

Foto 2.

daging om die winsgewendheid te verbeter, en dit kan net gedoen word deur: 1. drag te verhoog; 2. `n hoër prys vir die produk te bewerkstellig; en 3. insetkoste te verlaag. Bogenoemde drie strategieë kan egter selde regoor `n produksieeenheid saam toegepas word. Die produsent moet dus blokke identifiseer na gelang van hulle potensiaal met die oog op die toepassing van die gekose stelsel ten einde bogenoemde strategieë te implementeer. Cazenave-stelsel Cazenave was in 1889 die eerste persoon wat hierdie spesifieke

snoeistelsel geïmplementeer het. Die toepassing van die stelsel behels dat elke draerposisie gesnoei word met `n kort draer met slegs twee ogies onder en `n halflang draer met vier tot ses ogies aan die bokant (Foto 1). Die noukeurige posisionering van die draers is baie belangrik. Dit moenie nader as 20 cm van mekaar af wees nie (Diagram 1), om sodoende oorskaduwing en gevolglike verdigting en `n gebrek aan oogvrugbaarheid te voorkom. Die produsent moet daarop let dat die besluit of daar `n halflang draer by elke kort draer gegee moet word, van die stokke se groeikrag en die vrugbaarheid van die oë afhang.

Diagram 1.

Foto 3.

Implementering en toepassing Die Cazenave-stelsel is al met groot sukses op sekere kultivars toegepas om die drag te verhoog sonder dat die gehalte noemenswaardig beïnvloed is. Kultivars wat goed presteer wanneer hierdie stelsel geïmplementeer word, is die sterk regop groeiendes, byvoorbeeld Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Ruby Cabernet en Sauvignon Blanc. Dit werk veral uitstekend waar bogenoemde kultivars baie geil groei en die vrugbaarheid weens die oormatige groei afneem. Let daarop dat die implementering van die Cazenave-stelsel in ons streek gaan verskil, omdat die reeds toegekende draers nader aan mekaar is as in die streke waar dit tradisioneel gebruik word. Die produsent moet heel eerste bepaal of die groeikrag voldoende is om die soort stelsel te regverdig. Hy moet ook vasstel of die prieel voldoende is om die verlengde groei te akkommodeer. Die produsent sal probeer om `n Cazenave-gesnoeide draer in die middel van elke kordonarm te laat. Dus sal daar twee Cazenave per 35


sodoende finansiële verliese te vermy.

Foto 4.

Foto 5. verseker. Deur verdere loofbestuursaksies, byvoorbeeld suier, verseker die produsent ook dat die hele oes gelyk en egalig ryp word, wat `n belangrike rol speel in die uiteindelike wyngehalte. Die wingerd behoort ook geensins anders te vertoon as `n gewoon gesnoeide blok nie (Foto 2).

Meganiese snoei Die geweldige styging in produksiekoste sowel as die wispelturige aard van arbeid het produsente in die nasionale en internasionale wynbedryf genoodsaak om meer koste-effektiewe stelsels te onderFoto 6. soek. stok wees (Foto 3). Die meeste wingerde in die wynOm die gee van te lang halflang produserende streke in Suid-Afridraers te verhoed, is dit makliker ka word met die hand gesnoei, en om dit na `n snoeiskêrlengte te op die oomblik maak dit 30 persent snoei as om die ogies te tel. van die jaarlikse produksiekoste uit. Die belangrikste kwessie by hierdie Meganiese snoei is nie `n nuwe stelsel is egter om die kort draer konsep nie en is al in die laat seagter te laat vir die gee van die Ca- wentiger- en vroeë tagtigerjare deur zenave die volgende jaar en ook May en Cligeleffer ondersoek. om die vinnige opbou van draers te Aanvanklik is weerstand gebied verhoed. teen die implementering van megaUit ondervinding het ek ook geleer niese snoei weens die persepsie dat dat dit voordelig is om die halflang dit `n negatiewe uitwerking op die draer so laat as moontlik kort te gehalte van die druiwe sowel as die snoei (in die maand voor verwagte lewensduur van die stok het. bot) en dit dan met `n bespuiting Die meeste van hierdie opvattings met `n rusbrekingsmiddel (byvoor- is in die afgelope paar jaar uit die beeld Dormex of Deurbraak) op te weg geruim, en produsente in vervolg. al Australië en Amerika het groSodoende word al die ekstra tendeels na meganiese snoei oortoegekende ogies gestimuleer om geskakel. te bot en verhoog dit ook die botSoos enige ander stelsel het mepersentasie van die kort draers. ganiese snoei sy voor- en nadele en Tydens blom moet `n tip-aksie die implementering daarvan moet ook uitgevoer word om goeie set te dus sorgvuldig ondersoek word om 36

Implementering en toepassing Die suksesvolle implementering van meganiese snoei hang af van die volgende faktore: � kultivar; � groeikrag van die spesifieke blok; � beskikbaarheid van water; � die prieelstelsel; en � die wyndoelwit. Kultivars moet oor `n inherente sterk groeikrag beskik alvorens meganiese snoei kan slaag. Volgens McCarthy en Cirami (1990) sal kultivars verskillend reageer op meganiese snoei. Navorsers het gevind dat dit veral effektief is by Shiraz, Cabernet Sauvignon en Ruby Cabernet wat rooidruiwe betref en uitstekend by Colombard, Chenin Blanc en Sauvignon Blanc in die geval van witdruiwe. In sommige streke met sterk grond en voldoende kouebehoefte word selfs Chardonnay met groot sukses meganies gesnoei. Dit is nie geskik vir Pinotage en Merlot nie. Wanneer meganiese snoei by laasgenoemde kultivars gebruik word, word hulle lote al hoe korter en vind `n soort terugsterwing plaas wat uiteindelik baie swak oeste van lae gehalte tot gevolg het. Groeikrag moet baie sterk wees alvorens daar besluit kan word om meganies te snoei, dus sal die keuse van onderstok ook `n groot invloed hê op hierdie besluit. By blokke met onvoldoende groeikrag vind dieselfde plaas as by Pinotage en Merlot (kyk vorige paragraaf). Die foto hierbo is van `n Chardonnay-blok waar die groeikrag nie op standaard was nie. Ten spyte hiervan het die produsent besluit om meganies te snoei. Die lootlengte het verkort na minder as 40 cm (Foto 4) en die drag was baie swak – `n mens kan kwalik


Diagram 1.

Foto 8. trosse sien (Foto 5). Weens die groot variasie in die lower was die druiwe se gehalte ook nie goed nie (Foto 6). Die beskikbaarheid en toediening van water het seker die grootste invloed op drag, gehalte en lewensduur wanneer wingerd meganies gesnoei word. Produsente moet besef dat meganiese snoei die ooglading dramaties verhoog en die vraagpunte na

en 340 m3 water op Colombard toegedien is (55 ton/ha). Net so kan water ook gebruik word om die gehalte en uiteindelike wyndoelwit van sekere blokke te bestuur. Die volgende foto`s is van Cabernet Sauvignon wat met vog bestuur word om met deurslaan nie meer aktief te groei nie (Foto 7) en ook minimale groen lote in die lower te Foto 7. hê (balans). Hier is van die begin van Oktober tot en met die einde van Desember 220 m3 water per week gegee, waarna dit vermeerder is na 260 m3 per week van die begin van Januarie tot en met deurslaan. Vandat deurslaan begin het, het die wingerd sy volle 320 m3 gekry om sodoende te verhoed dat die druiwe bevange ryp word. Die lote was almal gemiddeld 90 tot 100 cm lank en goed verhout. `n Minimale hoeveelheid groen trossies sowel as kort groen lote, selfs in die lower, was teenwoordig (Foto 8). Foto 9. Let ook op die goeie beskerming water en voedingstowwe eksponen- van die trosse sonder dat dit te dig sieel vermeerder. is (Foto 9). Die blok is geoes op `n Produsente wat groot sukses besuiker van 25° balling en die wyn haal met hierdie snoeistelsel is dit lyk uiters belowend. eens dat die wingerd van die beDie prieelstelsel is ook van groot gin van November tot na die oes belang vanweÍ die feit dat indien nie minder nie as 280 m3 water per `n produsent meganies begin snoei, week moet kry. hy ook meganies moet oes aanDit is gelykstaande aan 28 mm per gesien daar nie `n pertinente trosweek per hektaar. Die hoogste pro- sone is nie, wat dit baie moeilik duksie is op goed gedreineerde maak om met die hand te oes. grond behaal waar tussen 320 m3 Die produsent moet verkieslik blok-


ke plant met die oog op meganiese snoei, maar reeds bestaande prieelstelsels kan ook omgeskakel word. Die beste is om `n gewone tweedraadheiningstelsel te gebruik (Diagram 2) wat effens aangepas is om die vorming van die “boks” te vergemaklik (Foto 10). My voorstel is dat die twee drade eerder 15 cm uitmekaar geplaas moet word om sodoende die “boks” vinniger te vorm. Die wyndoelwit moet uiteindelik ook in ag geneem en geëvalueer word, aangesien die gehalte van veral rooidruiwe in die eerste drie seisoene nie na wense is nie – die wingerd is duidelik in `n aanpassingsfase en op hierdie stadium is dit hoogs onwaarskynlik dat die betrokke rooiwyne as enigiets beters as droë rooiwyn gekwalifiseer kan word. By witwyne moet die produsent nie hoër mik as droë witwyn nie, en moet maksimale produksie die doelwit wees. Slotsom Om in die huidige ekonomiese klimaat te oorleef, sal ons moet aanpas, en by `n langtermynbelegging

Foto 10. 38

en permanente gewas soos wingerd is snoei een van die eerste kwessies waaraan die produsent aandag moet gee. Die Cazenave-stelsel moet op edel kultivars gebruik word waar daar reeds `n premie op die prys behaal word om sodoende die produksie te verhoog sonder om gehalte in te boet. Dit kan op die meeste bestaande prieelstelsels gebruik word, en hierdie druiwe kan met die hand sowel as meganies geoes word. Twee van die vereistes word dus nagekom: Drag word verbeter en die prys word verhoog. Die meganiese stelsel moet gebruik word waar daar reeds `n mate van meganisasie teenwoordig is, aangesien dit duur is en wingerd wat op hierdie manier gesnoei word, slegs met `n masjien geoes kan word. Die produsent moet ook berekeninge doen om te bepaal of sy produksie-eenhede die uitleg gaan regverdig. Die grootste voordeel van meganiese snoei lê nie in die tonnemaat wat moontlik daardeur verhoog

word nie, maar in die kostebesparing met betrekking tot handearbeid. Voorbeeld: Die snoei van `n 50 ha-eenheid � Koste van snoei per hektaar teen 60c per stokkie: R1 481,48/ha � Totale snoeikoste op 50 ha: R74 074,07 � Koste oor vyf jaar sonder inagneming van inflasie: R370 370,97 � Die aankoop van `n snoeimasjien: R200 000 � Onderhoud en bedryfskoste per jaar: R25 000 (R500/ha) � Die koste oor vyf jaar gaan dus R325 000 wees. Die besparing lyk dalk met die eerste oogopslag klein, maar met loonverhogings en die moontlikheid van `n arbeidstekort kan dit die deurslaggewende faktor wees tussen die behoud van jou plaas om dit uiteindelik aan jou kind oor te gee of die afgee van jou plaas aan die bank.


Die Noordkaap Veldrambestuur: Mnre. Andries Roelofse (NK Boerbokklub), Louis Botma (Van Rooy-telers), Louis van Rensburg (Voorsitter), Robbie Meintjes (Onder-voorsitter), HG Human (GWK: Afslaers), Danie Visser (Meatmaster), Jaco van Rensburg (Projekbestuurder) en Jaco Coetzee (NK Dorperklub).

Lewendehawe

Veldramme streng geselekteer

D

ie Noordkaap Veldramprojek (NKVP) hou op 11 September 2013 sy 28ste jaarlikse veiling op Griekwastad. Dit is nie net die oudste veelrassige veldramveiling in die land nie, maar ook die grootste en suksesvolste veldramveiling. Daar word met reg na die NKVP as die leiers op dié gebied verwys. Mnr. Louis van Rensburg (NKVP-voorsitter) skryf hul sukses onomwonde aan die volgende toe: “Streng wetenskaplike en fenotipiese seleksie”. Reeds met die inname van die ramlammers in Oktober elke jaar word die lammers streng volgens rasstandaarde gekeur. Tussen 500 en 40

600 ramlammers van alle rasse word afgelaai. Dan moet die rasinspekteurs bontstaan om die stert af te kap, want slegs die 400 bestes word aanvaar wat uit die volgende bestaan: 160 Dorpers, 60 Witdorpers, 60 Boerbokke, 50 Van Rooy-ramme, 60 Meatmaster-ramme en tien Savanna-ramme. Alle lammers word ook behoorlik deur `n veeinspekteur vir enige siektes of abnormaliteite ondersoek. Die ramlammers wat ingeneem word, is dus reeds fenotipies van `n hoë gehalte en ook gesond. Hierna volg die toetsfase op die veld wat vir minstens 160 dae duur. Die ramme word maandeliks geweeg

en die gewigte na SA Stamboek in Bloemfontein gestuur vir verwerking. Teen middel Junie elke jaar vind die sogenaamde middelkeuring plaas. Alle ramme met `n Seleksie Indeks (SI) van minder as 85 word uitgeskot. Die SI is `n baie goeie aanduiding van aanpasbaarheid. Alle ramme met `n testesmate van 4cm en kleiner in omtrek as die gemiddeld van die groep, word ook uitgeskot. Terselfdertyd gaan die rasinspekteurs ook weer elke ram na om te kyk vir enige bouvormfoute wat die ramme kon ontwikkel. Die ramme wat tydens die middelkeuring geprul word, word meestal


slagpale toe gestuur om te voorkom dat hulle later in die bedryf gebruik word. Ses weke voor die veiling word alle ramme weer deur `n veeinspekteur klinies ondersoek, bloed word getrek en saadsmere word gedoen. Dit alles om sover as moontlik seker te maak die ramme wat aangebied word, is vrugbaar en gesond. `n Dag voor die veiling gaan die veeinspekteur vir die vierde keer die ramme deur om seker te maak geen siektes of letsels het intussen ontstaan nie. Die rasinspekteurs moet ook tydens die finale keuring `n derde keer na dieselfde ramme kyk. “Hierdie streng fenotipiese seleksiemetode en meer belangrik die feit dat die geneties minderwaardige ramme op `n wetenskaplike wyse uitgeskot is, het tot gevolg dat die ramme wat uiteindelik die veiling haal van `n besonderse hoë gehalte is,” sê Van Rensburg. “Hulle is aangepas op die veld waar

Boerbokramme. Foto: Bertie Theron hulle moet gaan werk. Daarmee saam word elke ram in die katalogus se genetiese teelwaardes ook aangedui. Die ram se ma se nageslag-geskiedenis word ook verskaf. Geneties meerderwaardige stoetramme in die

ware sin van die woord kan maklik hier geiidentifiseer word.” Besoek die NKVP se webtuiste by www.veldramme.co.za vir foto’s en meer inligting. Nog foto’s op volgende bladsye.


Bo: Van Rooy-ramme. Regs: Dorperramme. Onder: Meatmaster-ramme.

42


`n Werksdag tydens die middelkeuring van veldramme. Foto: Bertie Theron

Pumps  Valves  Service

Here’s a big reason to choose us: Etanorm.

Beskikbaar by Agrinet • www.agrinet.co.za


Ockert Struwig

44


Op die veeplaas Peter Milton

Kuddewaarde uit die oogpunt van vleisklassifikasie Mnr. Peter Milton, boerderykonsultant en lewendehawekenner, bespreek vandeesmaand in ons veerubriek die bepaling van kuddewaarde uit die oogpunt van vleisklassifikasie.

I

n die vorige artikel het ons gesien dat `n kudde meer as 75% dragtigheid moet hê om seleksie in die vervangingsvers-groep te doen. Wanneer dragtigheid op 95% is, is daar 20% koeie wat as teeldiere verkoop kan word. Die kommersiële produsent is bereid om tot 30% premie vir teeldiere te betaal. Die basiese prys vir beeste word gegrond op die tande wat ook die grondslag van die klassifikasiestelsel is. Die tande gee `n aanduiding van die ouderdom van die dier en dus ook die sagtheid van die vleis. Die kondisietelling sal die dikte van die vet verteenwoordig en varieer van 0 vir baie maer vleis tot 5 vir baie vet. Die klassifikasie is gebaseer op Graad A2 = R28 aan die hoek. As slagpersentasie in ag geneem word, sal die lewendige gewig vir speenkalwers R17 wees, Graad A R16,50, Graad AB R15,40, Graad B R14 en Graad C R12. Kuddevloei Uit die diagram op die volgende bladsy kan slagwaarde per dier vir al die grade bereken word. `n Interes-

sante aspek is dat die gemiddelde gewig van `n kudde 333 kg is. Met `n groter raam sal die gemiddeld R350 kg wees en 300 kg met `n kleiner raam. Die kuddewaarde per kop is gemiddeld R5 000, met `n totale kuddewaarde van R1,2 miljoen. `n Teelbeleid sal die produsent in staat stel om sy kudde se teelwaarde na `n platform te verhoog waarna hy `n stoetteler sal moet word. Ek vind dit tragies dat produsente soms 20 jaar lank goeie beesprodusente is en hul kudde dan teen slagwaarde verkoop word. Hoewel daar rekordhouding betrokke is, is dit nie onbeheerbaar nie. Die basis is geboortedatum, die moeder se nommer, die multi-vaar (DNS-toetsing kan gebruik word vir akkurate vaaraanwysing) en speengewig. Hierdie drie basiese beginsels plaas die produsent se kudde reeds in

`n klas van sy eie. Niks kan op die plaas gedoen word om waarde toe te voeg teen die lae koste om die kudde te laat inspekteer en deur die regte telersgenootskap te laat aanvaar nie. Met DNS-toetsing is klein kuddes nie meer nodig nie. Die hoë koste van heinings word uitgeskakel en weidingsbestuur kan daarop gefokus word om die plaaswaarde gelyktydig te verhoog. Stoetteling in 2013 is op die drumpel van `n nuwe era met die nuwe tegnologie wat tot produsente se beskikking is. My raad is om te begin om rekord te hou van die kudde se inligting. Die volgende generasie op die plaas sal dankbaar wees dat dit gedoen is en kan dan voortbou op die genetiese waardes. `n Produsent wat nou begin, sal oor tien jaar reeds `n tienjarige stoet hê. 45


46

Roteer

Bulle

Dragtig %

Dragtig %

Behou

Vroulike diere

Dragtige koeie 100

Koeie by bul 140 5% 7 29% 2

75% Koeie 1ste kalf 30 70% Koeie 2+ kalwers 70

Verskalwers 50 80% Verse 12 months 40

Diagram 1. Vloei van die kudde.

Stap 1

Stap 7

Stap 6

Stap 5

Stap 4

Stap 3

Stap 2

Dragtige koeie 100 50% Manlike kalwers 50 Balans

Stap 1

Manlike diere

247

2 2 3

1.5 to 10

2 of 3 3 of 4 4 of 5

n Ouderdom

3 to 10

2 to 3

1 to 2

0.1 to 1

0.1 to 1

2.5 to 10

0.1 to 10

in jare

Kudde

Opsomming

Ouderdom

Beskrywing

A AB B C

B C C

A AB B BC C

AB

A

Speen

Speen

Speen

AB B C

W to C

Graad

79% 72% 72%

73%

85%

93%

R R R

R R R R

R

100% R

116% R

110% R

113% R

%

13.04 11.88 11.88

15.92 14.03 13.04 12.05

15.35

16.50

19.14

18.15

18.65

Prys / kg hoef

Klassifikasie

650 750 850

475

381

320

185

205

333

1,300 1,500 2,550

33,250

11,430

12,800

9,250

10,250

82,330

Gewig Totale kg

Gewig

2% 2% 3%

40%

14%

16%

11%

12%

100%

%

5,721

6,066

5,280

3,541

3,822

4,967

R 8,473 R 8,910 R 10,098

R

R

R

R

R

R

Waarde

R R R

R

R

R

R

R

R

16,946 17,820 30,294

400,496

181,994

211,200

177,045

191,111

1,226,906

Totale waarde

Waarde


GWK Nuus GWK MEGANISASIE BEKOM TAILIFT-VURKHYSERAGENTSKAP

G

WK Meganisasie het `n nuwe toevoeging tot die besigheid gemaak deur die Tailift-vurkhyseragentskap te bekom. Tailift is in 1973 gestig en verskaf `n volledige reeks vurkhysers – van 1,5t tot 50t, met standaard vurkhysers tot vurkhysers vir semi-rowwe terrein en 4x4-modelle. Alle vurkhysers het `n eenjaarwaarborg. Die agentskap sal petrol- gas, elektriese en diesel-vurkhysers met `n verskeidenheid maste verskaf om by

48

die klant se behoefte te pas. Alle vurkhysers kom standaard uit met side shift en word by die klant afgelewer. `n Gekwalifiseerde werktuigkundige is op Douglas beskikbaar om alle dienste en herstelwerk op Tailift-vurkhysers te hanteer. Die vurkhysers word in twee reekse verdeel, naamlik Tailift en GC Power, wat albei met Isuzu-enjins toegerus is. Verskeie toepassings, soos baalklampe, kan op die vurkhysers ge-

monteer word. Tailift-vurhysers hou die volgende voordele vir die klant in: � Maklike werking; � Hoë stabiliteit; � Duursaamheid; � Goeie prestasie; � Ergonomie; � Optimale sigbaarheid en � Maklike onderhoud. Vir navrae skakel George Wheeler by 071 670 1303. Vir Herstelwerk skakel Ertjies Human by 072 385 3725.


Betaalde promosie

Oorweeg die totale pakket voordat jy `n trekker koop Die koop van `n trekker is nie `n saak om ligtelik te oorweeg nie. Weens die groot koste daaraan verbonde word die prys dikwels die grootste, indien nie die enigste kwessie waaroor die koper besorg is nie. Hoewel die koste van die toerusting altyd `n relevante faktor is, moet `n mens nie ander belangrike kwessies soos die waarborg, brandstofverbruik en herverkoopwaarde uit die oog verloor nie. Die lengte en betroubaarheid van die waarborg kan gou vrugte afwerp, ongeag of dit `n nuwe of gebruikte masjien is. Alle trekkers sal in die een of ander stadium parte en herstelwerk nodig hĂŞ. Hoewel dit gerieflik is om `n plaaslike handelaar te hĂŞ, is dit in sommige dele van

Afrika nie altyd haalbaar nie. Dit mag dalk betaal om `n handelaar te oorweeg wat vĂŞrder weg is, maar `n beter naverkope diens en `n groter onderdelevoorraad bied. `n Betroubare waarborg en handelaar sal groot dividende betaal in die hitte van die plant- en oessei-

soen wanneer lang staantye nie `n opsie is nie. Stygende brandstofkoste bekommer talle produsente en daarvandaan die dryf om uitgawes op die plaas te verminder. Produsente is goed daarvan bewus dat die behoorlike keuse en bestuur van `n trekker


Betaalde promosie

noodsaaklik is om produksiekoste op `n aanvaarbare vlak te hou. Een trekkermodel mag `n fraksie meer kos, maar as dit 20% meer diesel verbrand, neem dit nie lank voordat die verskil in die jaarlikse brandstofrekening opgemaak word nie. Die koste van die eenheid moet saam met die lewensduur van die trekker oorweeg word. Die tweedehandse waarde van die trekker sal in die toekoms belangrik word. Op `n sekere punt sal enige trekker wat `n mens koop, verkoop moet word. Om `n meer welbekende handelsnaam te koop, sal verseker dat handelaars uiteindelik gemaklik sal wees om hierdie trekker in te ruil. Dit is ook die moeite werd om die nasionale markaandeel van `n bepaalde vervaardiger te oorweeg. As `n handelsnaam `n groter markaandeel het in vergelyking met ander trekkers, sal die

trekker ook meer gewild wees in die trekkermark. Met gebruikte trekkers se waarde wat aan die styg is, moet produsente hulself afvra hoeveel enjinure aan hulle die optimale herverkoop- en inruilwaarde sal gee. Die laaste ding wat oorweeg moet word, naamlik die koopprys, is gewoonlik waar `n produsent wil begin. Volgens Jacques Taylor, Besturende Direkteur (John Deere Financial Sub Saharan Africa) is die dinamika van toerusting en eienaarskap aan die verander en kyk al hoe meer produsente na wat `n trekker in die langtermyn sal kos.

Navrae kan gerig word aan: Verkoopsbestuurder George Wheeler 071 670 1303 Rae Gerwel (ABSA) 082 457 2280 GWK Meganisasie Heelgoederebemarkers Tinus Oosthuizen 082 804 0430 André Botha 071 680 2796 Adriaan Steyn 082 888 3863 Duncan McCalman 071 421 2758 Bearing & Belting Stefan Havenga 079 720 3750

GWK Meganisasie . . . is uniek GWK Meganisasie bestaan uit vyf afdelings: Heelgoedere: `n Diensgedrewe John Deere-handelaar verkoop nuwe en tweedehandse trekkers, stropers, spuite, implemente en AMS-toerusting. Die besigheid verkoop ook diverse toerusting (onder meer Lemken en Falcon) om aan produsente se behoeftes te voldoen. Onderdele: Ons voorsien enige John Deere- en ander onderdele aan ons werkswinkels sowel as GWK se kliënte. “Bearing & Belting”: Die produkreeks by ons handelaars in die GWKbedieningsgebied sluit “bearings”, v-bande en elektriese motors in. Werkswinkel: Herstelwerk word by ons werkswinkels vir die hele GWKbedieningsgebied gedoen waar kundige personeel die mees gevorderde tegnologie gebruik om kliëntetevredenheid te verseker. Bande: Volledige reeks bande en toebehore beskikbaar in die volgende gebiede: Modderrivier, Luckhoff, Hopetown, Griekwastad en Hartsvallei.

John Deere se nuwe 6M-reeks trekkers word in Augustus by GWK verwag.

innoveer landbou

GWK Meganisasie bied as John Deere-handelaar `n unieke diens aan ons kliënte in die Noord-Kaap. Ons fokus op kliëntetevredenheid en om voortdurend aan al ons kliënte se behoeftes te voldoen. Ons kundige personeel staan gereed om u met enige meganiese-probleem by te staan.

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Ons mense

Kiekies

Wenner Petro Sutherland van Hopetown

Maandelikse pryse 1ste R500 kontant

Tema vir Aug.

Natuurgeskenke Hoewel die somerson se strale nog nie warm op ons val nie, ontvang ons elke dag geskenke uit die natuur . . . `n mens moet net weet waar om te kyk! 52

2de R300 kontant 3de R200 kontant

Tema vir Sept.

Groen! Terwyl die natuur die laaste koue afskud, ontpop die mooiste tonele van groen en nuwe groei oral om ons . . . soms ook in die kleine en waar `n mens dit die minste verwag.

Stuur foto’s na carieng@gwk.co.za

Tema vir Okt.

Water Terwyl die son weer lekker begin bak, is water `n bron van lafenis vir mens en dier. Selfs net die gesig van `n waterpoel of `n paar doudruppels kan die somerhitte koeler laat voel.


Tweede

ElsabĂŠ Goussard van Cradock

Derde

Nadine Coetzer van Douglas

53


Kiekies vervolg

`n Skouspel van kleur deur Alita Rose van Nylstroom.

Meerkat deur Ronel Sutherland van Hopetown. 54


Water wat lewe gee deur Ockert Struwig van Douglas.

Ons weet wat vroue wil hê. Wanneer dit by geldsake en finansiële sekuriteit kom, weet ons dat vroue dit graag alles wil hê: ’n gesin en ’n droomhuis, die geleenthede vir nuwe horisonne in die lewe en die werksplek, die vryheid om toegang te hê tot gehalte, of dit nou klere, kos of sommer net goeie tye met goeie vriende is. By Sanlam verstaan ons dat die regte plan dit alles moontlik maak. Daarom bied ons jou finansiële oplossings wat jou help voorberei op jou persoonlike mikpunte, moederskap, die onverwagse en aftrede. Begin met dit waarvoor jy hoop.

Maryke van Niekerk

Sanlam CI0172RS1679BPA

Finansiële Adviseur 053 830 1306 079 529 5658 maryke@sanlam4u.co.za

Hennie Faber

Finansiële Adviseur 053 298 2017 082 922 6676 henniefaber@sanlam4u.co.za

www.sanlam.co.za GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

Anelle Bester

Finansiële Adviseur 053 573 0011 072 551 7196 anelleb@sanlam4u.co.za

Frans Fouche

Finansiële Adviseur 053 861 1053 082 465 0472 fransfouche@sanlam4u.co.za


Matthew Dobson langs die veld. Foto: Verskaf

GWK is die hoofborg van die GWK Griekwas

Griekwas gesels Tania Fourie

Dobbo `n groot aanwins

M

atthew Dobson (26), of Dobbo soos hy beter bekend is, is reeds sedert 2011 `n groot aanwins vir die Griekwa-rugbyspan en het homself as die tweede keuse op haker in die span gevestig. Dobson het in Natal op `n suikerrietplaas grootgeword en aan die St Charles College in Pietermaritzburg gematrikuleer. Hierna het hy aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer waar hy vir Maties op die rugbyveld uitgedraf het. In hierdie tyd het Maties drie keer in `n ry (van 2008 tot 2010) die Varsitybeker gewen. “Dit was tot dusver vir my een van die 56

grootste prestasies van my loopbaan,” sê Dobson. Hy meen Griekwas is een van die “niceste” unies en geniet dit baie om vir hulle uit te draf. “Wat ons van die groter unies onderskei is dat die span goeie vriende is en ware verhoudings met mekaar bou. Dit help baie met spangees, want ons is meer geheg aan mekaar,” sê hy. “Kimberley kan soms `n bietjie droog wees,” voeg hy tong-in-die-kies by, maar Griekwas is beslis een van die beste unies om van deel te wees!” Volgens Dobbo is toewyding en uithouvermoë die belangrikste eienskappe wat `n rugbyspeler moet hê. “`n Goeie rugbyspeler word gemaak

deur sy toewyding aan die saak. As `n mens jou alles gee, sal jy jou doelwitte en drome behaal.” Vir opkomende jong rugbyspelers het Dobson die volgende raad: “Gaan studeer! Ouens dink dikwels `n mens moet dadelik ná skool by `n rugbyprogram aansluit, maar `n mens kan `n kwalifikasie behaal en steeds rugby speel. Die Varsitybeker is `n baie goeie platform op universiteit en dan het `n mens `n kwalifikasie om op terug te val.” Wat die Curriebeker betref, is Dobson positief. “Ek hoop om gereeld in die beginspan te wees en `n goeie bydrae tot die span te maak om sodoende tot die semi-finaal deur te dring.”


Oom Gemsbok

Die Skopskoen

Ons staan bankvas agter oom Pote en die manne . . .

D

te wil spiere wys. Waar was julle die hele tyd en is Fleckie en kie dalk te agsê vrinne. lig bevind vir hierdie uitmergelende Daar het ons dit nou. Ná toernooi? vier maande en 16 dae weet ons uiteindelik wie die laaste Die Sharks het klaar `n ander pad vier spanne gaan wees wat die uit- ingeslaan en ek wonder nou maar net of die Wipi so gaan voortploespeelrondtes van vanjaar se S15 ter? gehaal het . . . en sowaar, daar Die Cheetahs, aan die ander kant, is een span van Suid-Afrika in die bondel. het `n ongeloofklike seisoen beleef en laat die Sharks en Stormers rooi Geluk Bulls! Julle is die vaandeldraer van Suid-Afrikaanse rugby. van skaamte om bo hulle te eindig Julle is sowaar weer daar en dit `n met soveel minder miljoenêrs in hul week nadat julle op Nuweland kort- geledere. geknip is deur die Stormers wat Ai, daardie korrel pale toe was julle die pakslae van julle lewe ge- uiteindelik die verskil tussen wen en verloor vir die wit tornado met gee het. menige van ons wie se hart `n Ja, oom Gemsbok gee toe, julle was erg gekwes deur beserings klopslag gemis het. Dit was darem amper manne! Ons maar die visvreters het skitterend is nietemin trots op julle. gespeel. Nou moet ons duim vashou vir Dit was egter twee maande te laat vir die manne van die Kaap om nou die blouspan van Loftus en as

dinge mooi loop, kry ons `n finaal op Loftus waarvan die hele land droom. Wie sou dit vier maande gelede kon dink? Hopelik het die Bulle vier van hul beseerde ysters terug in die kraal en kan hulle die Crusaders se opmars met `n vol span en `n stampvol Loftus stuit. Met ons volgende uitgawe sal ons weet wat gebeur het. Sterkte Bulle! Op die Curriebeker-front spog die GWK Griekwas met `n splinternuwe span met baie talent. Kom ons hoop dis die Griekwas se jaar en ons kan die halfeind op GWK Park haal. Ons staan bankvas agter oom Pote en die manne! Geniet die rugby! Groetnis Oom Gemsbok 57


Pret op die plaas Vir die jongspan

Hierdie twee eendjies wil graag by hul maatjies gaan kuier. Kan jy hulle help?

58


4de ProduksieVeiliNg Lucky Valley, Douglas

14 November 2013 - 11:00

JG 10/343

Navrae: Johan johan@douglas.co.za Colleen 082 553 1108 Schalk Erlank 082 558 6891

AANbod 50 Bulle 250 Vroulike Diere

Veiling op Lucky Valley, Douglas GPS: S 29.13295째 E 023.62895째

innoveer landbou


Navrae: Afslaer:

Hawie Bosman 083 259 6100 Broer de Waal 082 515 2582 Pieter Bosman 082 496 6108 Jan Buys 083 680 8929

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling afgehandel is.


NUWEJAARSKRAAL BESPROEIINGSGROND TE KOOP PER TENDER

PRIESKA | DOUGLAS In opdrag van die Louw familie bied ons die ondergenoemde gedeeltes van die plaas NUWEJAARSKRAAL afsonderlik of gesamentlik aan: Gedeelte 1.

Land nr. 5, 6, 7 en 8 245 ha (4 spilpunte ) totale grootte 351 ha Gedeelte 2. Land nr 9 en 10 100 ha (2 spilpunte ) totale grootte 141 ha Gedeelte 3. Land nr 11 en 12 100 ha (2 spilpunte ) totale grootte 148 ha Verbeterings: Op gedeelte 1. Baie netjiese 4 slaapkamer woonhuis. Twee graan silos (1000 en 5000 ton) 4 Store ± 2100 m2 Op gedeelte 2. 1 Stoor ± 555 m2 15 Arbeidershuise Op gedeelte 3. 2 Store ± 894 m2 Ligging: 70 Km vanaf Prieska en 85 Km vanaf Douglas

NUWEJAARSKRAAL PRIESKA

Land 9 49.15

Land 10 51.49

Land 8 50.81 Land 5 65.04

Land 7 65.04

Land 11 51.32 Land 6 65.04 Land 12 51.31

µ

Nuwejaarskraal is ideale vir die verbouing van pekanneute en is ook bekend vir sy diamante. Tender sluit 24 September 2013

Navrae, Tenderdokumente en besigtiging Louis van Rensburg 082 772 2594 louisren@lantic.net

Tel: 053 832 0734 Faks: 053 832 0736 www.gwkproperties.co.za


Leefstyl Carien Grobler

In jou (dag)drome . . . is niks onmoontlik nie!

A

rthur Fry, `n ingenieur, het een Sondagoggend voor in die kerk gesit. Hy was `n lid van die kerkkoor en het die gewoonte gehad om klein stukkies papier te gebruik om plek te hou in sy koorboek sodat hy die liedere maklik tydens die diens kon opspoor. Die klein stukkies papier het egter dikwels uitgeval en veroorsaak dat Fry sy plek verloor het. Terwyl hy hierdie Sondag na die preek geluister het, het sy gedagtes afgedwaal van 64

wat die predikant gesê het. Hy vertel dat hy gedink het oor hoe hy die probleem met sy boekmerkies kon oplos. “Wat ek nodig gehad het, was `n boekmerkie wat aan die papier sou vasklou, maar dit nie sou skeur wanneer ek dit aftrek nie.” Hierdie dagdroom was die begin van die geel Post-it-notablaadjies – een van die mees suksesvolle produkte wat nog ooit vir kantoorgebruik gemaak is. Hoewel verskeie suksesverhale al hul oorsprong in `n dagdroom gehad het, word dagdrome nie op skool by

kinders aangemoedig nie. Hulle word eerder gemaan om te fokus op dit waarmee hulle besig is. Daar word spottenderwys na dagdrome verwys as “lugkastele bou” en dit word dikwels gesien as `n teken van luiheid en gebrek aan dissipline. Ou sielkundige handboeke het aangevoer dat te veel dagdrome tot malligheid kan lei en tydens die Eerste Wêreldoorlog het die Amerikaanse weermag `n vraelys gebruik waarop voornemende rekrute waar of vals moes antwoord op die stelling “Ek dagdroom gereeld”.


Dit is dan gebruik om neurotiese rekrute te identifiseer! Nietemin meen neurowetenskaplikes dat die gemiddelde mens sowat 15 tot 50 persent van sy wakkertyd aan dagdrome spandeer. Dit beteken dat `n mens se gedagtes afdwaal van jou verpligtinge en enige eksterne stimuli om aan innerlike gedagtes, gevoelens en fantasieë uiting te gee. Die rede waarom ons gedagtes begin dwaal wanneer ons met iets besig is wat ons nie uitermate interesseer nie, is luidens `n studie wat in die joernaal Science gepubliseer is, dat dit eintlik die normale staat van die brein is. Die navorsing dui daarop dat dagdroom die brein se manier is om belangrike inligting te verwerk wanneer `n mens se omgewing jou verveel. Prof. Malia Mason van die Harvard Universiteit wat die studie gelei het, verduidelik dat `n mens se doelgerigte denke nie deur dagdrome onderbreek word nie. Dit is eerder anders om! “Dagdrome kan gedefinieer word as `n toestand waartydens `n individu se gedagtes nie verband hou met dit wat in sy onmiddellike omgewing aan die gang is nie,” sê Mason. “Wanneer `n mens se gedagtes op hierdie manier afdwaal, kan dit problematies wees, maar in die meeste gevalle is dit baie prakties. Mense spandeer dikwels hierdie tyd om te dink aan dinge wat hulle in die afsienbare toekoms moet doen.” Die voordeel van jou verbeelding Navorsing wys dat dagdrome noodsaaklik is om kreatief te wees en `n mens se brein toe te laat om nuwe dinge te ontdek. Pleks daarvan dat `n mens op jou onmiddellike omgewing konsentreer, kan `n mens tydens jou dagdrome abstrak dink en vrye teuels aan jou verbeelding gee. Dit het soms ook tot gevolg dat `n mens droom oor dinge wat nie bestaan nie, soos geel boekmerkies.

Hier is sewe voordele wat dagdrome vir `n mens inhou: Gee jou brein `n breek `n Dagdroom help jou brein om `n breek te vat waarna hy weer verfris na jou dagtake kan terugkeer. Sielkundiges meen ook dat dit `n mens kan help om te ontspan as `n fobie jou verlam. As jy byvoorbeeld bang is om voor mense te praat, sal dit help as jy voor `n vlug oor die gebeure dagdroom – stel jou rekenaar op, maak seker die voorlegging werk en bly kalm terwyl jy dit aanbied . . . Klop die konflik Georganiseerde dagdrome, of visualisering, kan ook gebruik word om beter in konfliksituasies op te tree. Wanneer `n mens in konflik betrokke was, is jy geneig om die situasie weer `n paar keer in jou kop af te speel. As `n mens `n paar keer in jou gedagtes op `n ander manier reageer, sal jy begin om nuwe en beter maniere te bedink waarop jy `n spesifieke persoon of situasie in die toekoms kan hanteer. Dit help dat `n mens nie op jou perdjie spring en die eerste antwoord gee wat in jou gedagtes opkom nie, maar dat jy met weldeurdagte antwoorde op konflik reageer.

dwaal, sal jy vind dat jy meer produktief is en selfs meer verfris voel wanneer jy met jou take voortgaan. Pak jou probleme In `n mens se drome is niks onmoontlik nie. Nie net kan `n mens kreatiewe oplossings vir jou probleme bedink nie, maar jy kan ook jou doelwitte op hierdie manier `n werklikheid maak. As jy gereeld oor `n spesifieke doelwit droom, sal jy vind dat jy reg ingestel word en uiteindelik doelgerigte stappe kan neem om jou ideale te verwesenlik. Stimuleer jou siel Hoewel enige mens se gedagtes soms by die werk afdwaal, vertel mense met eentonige werke soos sekuriteitswagte en fabriekswerkers dikwels dat hulle dagdroom om hulself te stimuleer en deur `n vervelige dag te kom. Dink meer kreatief Aangesien dagdrome jou help om meer kreatief te dink, kan dit jou ook help om nuwe oplossings vir uitdagings en probleme te bedink. Wanneer `n mens jou gedagtes oopmaak vir nuwe idees en `n dinkskrum begin, stel `n mens jouself oop vir eindelose moontlikhede.

Hanteer die stres Bou jou verhoudings. Mense wat hoë vlakke van stres en Gelukkige paartjies is geneig om aan angstigheid ervaar, ondervind dat mekaar te dink wanneer hulle nie dagdrome hulle help om stres te hanbymekaar is nie. Dit het `n baie poteer. sitiewe effek op die behoud van die verhouding. As `n mens dagdroom Onthou soos `n olifant oor die mense wat jy liefhet en jouself Wanneer `n mens sukkel om iets soos voorstel hoe jy goeie nuus, suksesse `n naam, persoon of plek te onthou, sowel as mislukkings met hulle deel, kan `n dagdroom jou help om weer versterk dit jou verhouding met hulle. die oop gate in te vul. Verfris jou denke Wanneer `n mens baie het om te doen en vind dat jou gedagtes voortdurend afdwaal, is dit `n goeie idee om jouself `n paar minute te gun om te dagdroom. Deur `n bepaalde tyd vas te stel waartydens `n mens jouself toelaat om jou gedagtes te laat

Verbeter jou bui Wanneer `n mens stres ervaar en jouself `n paar oomblikke lank aan `n positiewe dagdroom oorgee, kan jy jou bui verlig. Al wat nodig is om `n mens se oë toe te maak en te dink aan iets wat jy geniet of graag sal wil ervaar. 65


Gesondheid Carien Grobler

Kom aan die gang . . . en klop daai kilo’s Die somer is om die draai en die meeste van ons het `n paar kilogram om af te skud voordat ons weer tuis sal voel in ons somersklere. Hier is `n paar wenke om sommer nou reeds aan die gang te kom.

Sak . . . en strek Doen vroegoggend strekoefeninge. Dit verbeter spysvertering, bloedsomloop en kan rugpyn verlig. Wanneer jy strek, sak in posisie en hou dit 30 sekondes lank. Haal diep asem om meer suurstof na die spiere deur te laat. Doen kardio laaste As jy in `n gimnasium oefen, los die kardio vir laaste. Wanneer jy nog vars is, is jou liggaam beter daartoe in staat om oefening met gewigte te hanteer. Dit is ook voordelig om die kardio vir laaste te los, omdat dit jou liggaam help om te herstel deur die sirkulasie na die spiere te verhoog en van melksuur ontslae te raak wat tydens oefening in die spiere opbou. 66

Kies die regte kos Koolhidrate met `n hoë glukemiese indeks (GI) soos suiker, heuning en brood verskaf kitsenergie, maar wanneer jy probeer om vet te verbrand is dit wys om `n lae glukemiese dieet te volg. Bruin rys, pasta, lensies, sojaboontjies en ertjies het `n lae GI en sal jou langer versadig laat voel.

Verbrand jou eie vet Vermy koolhidrate minstens `n uur nadat jy geoefen het. Dit sal jou liggaam forseer om jou liggaamsvet af te breek en nie die kos wat in jou maag is nie. Probeer om slegs vloeistowwe in te neem of eet `n vrug as die hongerpyne knaag.

Oefen in intervalle Om vinnig fiks te word en boonop gewig te verloor, probeer interval-oefening. As jy op `n oefenfiets of trapmeul loop, stel dit op die interval program. Die werklading sal outomaties elke minuut verander. Jy kan ook in intervalle loop en hardloop. Loop byvoorbeeld 15 sekondes lank en hardloop agt sekondes. Dit sal nie net minder vervelig wees nie, maar op hierdie manier sal jy in `n korter tydperk groter resultate sien. Sonder die soet . . . Bly weg van koeldrank en energiedrankies wanneer jy oefen. Drink genoeg water om jou liggaam gehidreer te hou tydens `n oefensessie. Hou egter matigheid voor oë . . . te veel is ook nie goed nie. Wanneer `n mens energiedrankies drink of lekkers eet, sal jou liggaam eerste die suiker daarin verbrand voordat liggaamsvet getakel word.


Resep

Die perfekte pannekoek . . . pure soet en suur plesier Resep 1 koppie koekmeel ¼ teelepel bakpoeier 3 eiers 2 koppies melk 1 eetlepel strooisuiker, plus ekstra om pannekoek mee te bedien 60g ongesoute botter Spuitolie vir bak Suurlemoensap vir bediening

Metode � Sif die meel en bakpoeier. � In `n aparte mengbak, klits die eiers, melk en suiker. Maak `n gaatjie in die middel van die meel en gooi die eiermengsel daarin. Meng die meel van die buitekant af met die eier tot `n sagte mengsel. � Smelt die botter in `n pan oor medium hitte totdat dit `n neutbruin kleur het. Koel dit effens af en meng met die pannekoekmengsel. � Bedek die mengsel en laat 30 minute in die yskas rus. � Spuit olie op die basis van `n kleefvrye pan oor medium hitte. � Skep ¼ koppie van die mengsel in die pan en versprei eweredig. � Bak een minuut aan die eenkant en nog 30 sekondes aan die ander kant. � Besprinkel `n bord met strooisuiker. � Keer die pannekoek in die bord uit, gooi nog `n bietjie strooisuiker op en besprinkel met suurlemoensap. 67


Uit Piet se pen . . .

Agterblad

Die mense van die Baai . . .

E

k wag byna drie weke vir my stukkende sonpomp. Net die vervoer kos `n fortuin. Ek bel Bets in Port Elizabeth. “Ja, jy is welkom om `n kursus te kom doen. Dit sal baie help. Ons is toegegooi onder die werk. Sorg dat jy Maandagoggend 08:30 hier is. Ons plek is regoor General Motors in Kempstone-weg,” herhaal sy vir die derde keer. Stiptelik om 08:00 stop ek voor die fabriek. Hulle bied my koffie aan terwyl ons vir Sarel wag om my deur te neem fabriek toe. Sarel daag op. Hy kyk my op en af. ”Vir hoe lank is jy hier?” wil hy weet. “Twee dae maksimum,” lig ek hom in. “Ek weet nie wat jou akademiese agtergrond is nie, maar hierdie is nogal `n tawwe een. Die manne sukkel. Kom ons kyk maar wat kry jy reg.” Om die een of ander rede twyfel hy in my vermoëns. Sarel verneem na Frans, die kursusleier, by Johannes (werkswinkelbestuurder). Die antwoord: “Meneer, maar ek het jou dan gesê sy vrou verjaar vandag. Vanoggend slaap hy laat en vanmiddag vat hy sy vrou Spur toe op Uitenhage. Meneer weet mos hoe kan hulle eet. Stefaans is net so goed, laat hy sommer help.” Stefaans is 22 met `n oorbel in elke oor. `n Dik silwer ketting peul voor by sy oorpak uit. Binne sy voorarm is `n groot tatoeëermerk. Die musiek speel oorverdowend by sy werkbank. Nie eintlik my keuse nie, maar toemaar. Ek het mos nie gekom om musiek te luister nie. Ons spring aan die werk en kort voor 10:00 gooi my eerste pomp water. 68

Stefaans is heel in sy skik met my. “Oom, ek sien ek gaan nie sukkel nie. Verlede week was hier `n baie dom ou. Sy eerste pomp het eers ná drie dae water gegooi. Ek hoop net nie hy wil aan ander mense se pompe werk nie.” Die fabriek se agterdeur loop uit in `n nou straatjie. Oral is kleinerige werkswinkels. Herstelwerk word aan feitlik enigiets gedoen. Jong skoolverlaters is oral in diens. Hulle vee store uit en maak onderdele skoon. Stefaans verduidelik: ”Oom hier kry ons swaar. Die werk is baie skaars en die meeste outjies se ouers is werkloos. Ons is soos `n familie en help mekaar.” Stefaans het juis vanoggend vir Donald `n tweedehandse voorband vir sy motorfiets gebring. Donald se ou band is vol duike gebriek. “Oom moet sien hoe briek daai man as hy `n dop inhet. Sy fiets se agterwiel bly sommer so in die lug. Oom Johannes sê hy gaan nog sy gat sien, maar hy wil nie hoor nie. Daai girl wat hy het is net so rof. Hulle ry daai bike soos `n bul.” Stefaans wil hoor of ek nie van iemand weet wat `n bike wil koop nie. Sy 1000cc Suzuki superbike is te koop. Sy verloofde het gesê hy moet ontslae raak van die ding. Hy loop maklik 240 km/uur in derde rat. In sesde gaan hy ver oor die 300 km/uur. Hy drift dan so `n bietjie, maar jy word gou gewoond daaraan, belowe hy my. Hy het die fiets gekoop toe hy in Brasilië as `n rigger gewerk het. Tussen die gesels deur kry ek darem nog `n pomp aan die loop. Die manne is lus vir gesels. Almal kry swaar en niemand gee voor nie.

Tydens lunch break bied almal my iets te ete aan. Elke man gewapen met `n kostrommel. Ek koop vir almal Coke. Stefaans sê die laaste deel van die week drink hulle flat Sprite. Hulle koop Maandae almal saam `n liter vir die week. Johannes is kwaad oor sy BMW se enjin wat opgepak het. “Daai back yard mechanic wat kamtig vir BMW gewerk het, het lelik aangejaag. As hy nie gisteraand sy hond op my gesit het nie, het ek hom geklop. Daai enjin is m@&r toe.” (Hy het die BMW by Stefaans gekoop.) Stefaans en sy pa het die kar weer by `n visserman van Oos Londen gekoop. Die hele enjin was in stukke. Hulle het hom self aanmekaargesit, maar kon hom nie aan die loop kry nie. Net die liggies op die dash het aangegaan. “Nee oom, vir die nuwer enjins het jy die regte tools nodig.” Johannes het intussen weer met `n ander back yard mechanic gereël om sy pel wat by BMW werk se rekenaar te leen. “Jy weet Piet, daai kar is baie werd. Ek het hom vir R24 000 gekry. Dit is `n special edition. Eintlik gaan dit oor sy gearbox. Daai box`e kry jy net in jou SLK Mercedesse en Porche Boxsters. Tip shift, my maat, tip shift, sê ek jou. Miskien kan hy teen die naweek weer loop.” Nadat ek die 15de pomp uitmekaar gehaal en herstel het, is die snaaksigheid oor. Nog net die gesels lekker. Vir hierdie gesels en uitvra sal ek nog lank bly. Veral vir die uitvra. Ek groet ná twee dae en is dankbaar dat ek nie môre weer dieselfde hoef te doen nie . . .


GWK Graan . . .

innoverende bemarking Kontak die graanverkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan. BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885 DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

Ig Pretorius 082 906 1672 HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676 LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120 MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736 PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliĂŤntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed ĂŠn bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus Douglas Brits van den Berg Bestuurder: Versekering Kredietlewensversekering 082 803 5190 Prieska Kannetjies Kotze Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4773 Hopetown Janitha von Molendorff Korttermyn- en Oesversekering 082 889 4602 Douglas Willem Kruger Krediet- en Lewensversekering 082 490 9680

Oesversekering is `n onmisbare aspek van enige produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

Douglas Marietjie Vermeulen Korttermyn- en Oesversekering 082 809 4775 Douglas Wilmarie v/d Schyff Korttermyn kommersieël 082 382 8123 Barkly-Wes René v/d Westhuizen Korttermyn- en Oesversekering 082 907 8548 Modderrivier Riana Shergold Korttermyn- en Oesversekering 082 808 2911 Hopetown Josef Pelster Krediet-en Lewensversekering 082 883 4474 GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbouwaardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

innoveer landbou De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730 Tel: 053 298 8200 Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za


Kommuniek augustus 2013