Page 1

KATASTROFIES JAARGANG 6

Elektronies beskikbaar by DEUR DIE Oë VAN 'N 1STE JAAR BLADSY 8

POTCH PUB RESENSIE EKSURSIE BLADSY 9 & 18

FOTOBLAD COLLAGE BLADSY 14

WANPERSEPSIES VAN INTERVER BLADSY 15

BOODSKAP VAN 'N "HAS-BEEN" BLADSY 22

www.issuu.com/CaputManskoshuis


Redakteursbrief Francois de Jager

S

o hier sit ons alweer aan die einde van nog 'n jaar. 'n Jaar wat werklik bietjie van alles bevat het vir Caput en al sy inwoners. Dit beteken dan ook dat dit tyd is vir die jaarlikse "Katastrofies" om geniet te word deur julle almal. Hiermee wil ek almal bedank wat deel gevorm het van die redaksie span vir al julle moeite.

volgende jaar terugkom nie, maar die werkende lewe betree. Aan julle wil ons als van die beste toewens vir julle toekoms maar julle laat met die wete dat Caput, en die Put, se deure altyd vir julle oop sal wees. Moenie vreemdelinge word nie. Op 'n meer positiewe noot wil ek julle uit nooi om die koerantjie te geniet met al die verspotte, sinnelose dog informatiewe berigte wat jy hier gaan tee kom. Ware "CaputLeesstof".

Die tyd van die jaar word deur PUK studente gekenmerk as eksamentyd. In Caput voel dit egter nooit asof akademie ons kan onder kry nie. Die probleem van November maand in Caput is dat dit die tyd is wat ons mede Caputters moet groet. Waar sekeres nie weer

2


Jool 2013 Du Toit Peters

I

n groot letters bo ons afdak pronk ons sleepnaam nes die “welding rod”-ou by Midas as hy hoor dis weer JOOL-tyd – “CAP-it-LAV”. Daar kon, as‟t ware, maar net sowel gestaan het “CAP-hom-met-„n-byl-joumonkey”. Alle koshuise wat betrokke was by ons JOOL word immers verteenwoordig in daardie naam.

gou ons bure begin bejammer met die oplet dat hulle maar min water in hulle olimpiese poel het. „n Paar ouens kon die hartseer net nie verder verduur nie en het onbaatsugtig die swembadjie net „n rapsie voller probeer maak. Die inisiëringsvonke van „n baie kort, dog vermaaklike romanse het ook op die JOOL-plaas gespat. Dit was natuurlik ook nie al wat gespat het nie. Vroeg die laaste oggend was daar ook „n vertoning. „n Pragtige stuk: goed gechoreografeer, uitmuntend deurgevoer en boonop met „n diep lewensles. Na hierdie vertoning van hoe om „n trekker en wa vir twintig minute herhaaldelik skeef agteruit te stoot, was daar ook „n opvoering vir die beoordelaars.

Tradisioneel is JOOL „n heerlike, prettige tyd vol samesyn, middernagtelike liedere en beleefde vroegoggend groeterye aan die verbywalsende „kampers‟. Hierdie jaar was effens minder tradisioneel – daar was net te veel pienk! Dore het darem opgedaag, maar hulle was van soveel nut soos die Gennie af en toe was. Nadat jy vir „n halfdag vir hulle verduidelik het wat om te doen, daag daar die volgende dag „n ander lot op. In die heerlike warm somersmiddae het dit gelyk soos die slag van Pienkrivier soos dore links en regs uiltjies geknip het, sommige sommer heerlik op „n sak blommetjies. Ander het weer uitspattig terug gelê en klets op hulle MXit of BBM, of watookal die kinders van vandag doen en, om een of ander rede, geen mens weet hoekom nie, het die dore gedink dit sal pret wees om bollemakiesies en allerhande volksvreemde danse bo-op die pieperige, sensitiewe sypaneelletters te doen. Die doring in ons vlees was egter dat niemand hierdie wyd verstrooide kolonie pienk Marshmallows kon aanspreek nie, want, so het hulle HK ons verwittig, net nou gaan sussie huis toe. Dit proe vir my sleg.

Wat die vlot self betref, dit was nogals iets om te aanskou. Daar was „n aandagvestigende boom met eienaardige liggie-vruggies, Janco wat gereken het hy sal beter lyk as Captain Hook, „n aap wat summier geweier het om sy kop te skud en nog vele ander pragstukke. Die sypanele het ons egter gefnuik met „n fop-aangee, die dat hulle nie kon kant kies nie. Ons kan met trots sê dat ons vlot die enigste in geskiedenis is wat al „n draai voor die geliefkoosde Drakenstein Restaurant gemaak het, al was dit op daardie stadium net „n hoop staal en stroke blommetjies wat sorgvuldig en met kommer (ja, veiligheid tel by die afbreek ook) blindelings op „n wa gesmyt is. Al het ons nie geseëvier in JOOL soos wat ons gedroom het nie, het ons darem, soos gebruiklik, dit terdeë geniet. Al was dit dan ook so dat, as dit nie was vir die trekker wat die wa gesleep het nie, daar geen geslepery by ons was nie. Maar ek is darem seker hulle het „n heerlike kompleksbraai na die optog gehad.

JOOL was egter nie net „n episode 7de Laan nie, inteendeel, daar het baie goeie ander goed ook plaasgevind. Goeie buurmanskap is een karaktereienskap wat ons vinnig ons eie gemaak het. Ons het te jolig gebaljaar in ons „retread‟-swembadjie en sommer gou-

3


Gangsport en informal Marnus Fouchè & Francois van Zyl

G

angsport, daardie tyd van die jaar waar vriendskappe opsy gesit word, White sy terugkeer maak na die koshuis en waar wyfslaners die enigste aanvaarbare kledingstukke word. Want dis hoe sukses ruik. Die naweek het begin soos enige goeie naweek begin, in die Drakenstein Restaurant. Gang 3 het almal verbaas en effe onkant gevang toe hulle in getalle opgedaag het en die mees voltalligste was in die Draak. (Die outeurs van hierdie skryfstuk het menige historiese bronne geraadpleeg, en volgens rekord was dit die eerste keer in geskiedenis waar Gang 3 die oorhand in getalle gehad het by „n geleentheid) Niemand was verbaas toe Constand, a.k.a Pappa Kuif, amper die braaier gebreek het met al sy opponente se arms tydens die armdruk nie. Du Toit het weer oudergewoonte „n klomp wors in sy mond gedruk, en daarna het hy ook die worsbrooidjiekompetisie gewen. Gang 4 het weer bewys hoe eenvoudig en barbaars Namibiërs is toe hulle die kettieskiet gewen het. Die eerste gangsportnaweek is afgesluit toe Gang 1 en Gang 4 die gholftitel gedeel het.

Daarna het die kulturele aspek van Gangsport voorkeur gekry, toe daar gevlagverf is. Die beoordelaars het die oorwinning aan Gang 4 toegeken, wat „n opskudding onder die ander gange veroorsaak het. Soveel so dat Basil amper iemand te lyf gegaan het, wat amper meer skokkend was as die resultate van die vlagverf. Daarna is daar „n paar balle rondgeskiet, en dan was daar ook „n pool-kompetisie. Gang 4 het die A-liga gedomineer, terwyl Gang 3 die B-liga verower het. Gang 2 het eerste geeindig in die A-liga vylpeertjies en Gang 4 het die B-liga gewen. Gang 2 het poker gewen, te danke aan die kombinasie van twee 6e jaars (en ons verwys nie na die ouderdom van die whiskey nie), en die intimidasie van „n kruk in die gesig. Soos gewoonlik het die menslike rekenaar, oftewel Amfi, die skaak vir Gang 4 gewen. En dan was daar ook foozball. F…lip foozball. Wenners speel nie foozball nie, wenners wen.

Die tweede naweek van Gangsport (want alles wat goed is kom in twee‟s) het afgeskop met toutrek, waar Gang 2 weer hulle reputasie as bobaas toutrekkers gestand gedoen het. Coach Calitz het sy Gang gelei toe hulle oor Gang 2 geseëvier in die touchies finaal. Hy het egter sy seun Divan se systapafrigting afgeskeep, en hom heel duidelik nie die verskil tussen „n opponent en „n paal geleer nie. Aflos was „n 'one horse race'' en met 'horse' verwys ons na Hardus. Die aand is afgesluit met muurbal, waar Gang 1 „n rare oorwinning behaal het. Daar is met balle teen mure gespeel

Saterdag het afgeskop met tafeltennis, waar Gang 2 met die louere weggestap het.

4


Saterdag het afgeskop met „n stewige potjie hokkie, waar Gang 4 gewen het, met Gang 2 in die tweede plek. Gang 3 het daarna die sokkertitel ingepalm, terwyl Gang 2 skoonskip gemaak het op die volleyballbaan.

uitslae, maar „n anonieme bron het beweer dat die beoordeelaars se menings oor die wengang se potjie woorde ingesluit het soos “meesterlik” en “in ‟n klas van sy eie”. Of dit waar is, kan ons nie tans bevestig nie.

En deur al die harwar is daar nog informal ook gehou, wat die tradisionele potjiekoskompetisie behels. Daar is al van vroegdag af gewerskaf en die binnehof was vol aangename reuke wat rondgedwarrel het. Gang 4 het geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer ooit die kompetisie gewen het. Daar was talle klagtes oor die

Deur al hierdie gebeure in ag te neem, is dit duidelik dat Gangsport weereens „n reuse sukses was. Daarmee saam wil ons ook graag vir Gang 2 gelukwens wat as wenners van Gangsport uit die stryd getree het. Wel gedaan, en ons sien uit na die volgende Gangsport!

5


KATASTROFIES SPORT GROOT SPORTE

KLEIN SPORTE

RUGBY

NETBAL

1ste Span

-

6de

2de Span

-

11de

-

-

2de

2de Span

-

1ste

MUURBAL

KRIEKET 1ste Span

1ste Span

3de

SOKKER

1ste Span

-

Kwart Finale

2de Span

-

9de

TAFEL TENNIS

1ste Span

-

5de

1ste Span

-

3de

2de Span

-

6de

2de Span

-

7de

VOLLEYBALL

HOKKIE 1ste Span

-

11de

1ste Span

-

3de

2de Span

-

6de

2de Span

-

1ste

BASKETBAL 1ste Span

ALGEHEEL

-

3de

PLUIMBAL

5DE 6

1ste Span

-

4de

2de Span

-

5de


KATASTROFIES KULTUUR bingle SêR

1ste Jaars Konsert

Debat

9DE

5DE

6DE

toneel

enkelsêr

CANVAS

?

6DE

6DE

7


deur die oë van 'n 1ste jaar

D

it was „n baie interessante dag toe ons by Caput gearriveer het. Vriendelike manne met liggroen hemde gretig om te help tasse dra en vrae te beantwoord, ook net tot dat ma en pa weg was. In die squad beleef jy „n HK-lid met die naam Wouter Botha of so later aan ons bekend as “Wou Wou” of Johnson of watter naam Jannes of Martin dink gepas was vir die dag, wat probeer kwaai en moeilik wees maar jy nie kon help om voor te lag as jy na sy uiters komiese gesig gekyk het nie.

Kan ek maar „n happie kry?” Sy hare langer as die tolle wors en sy hande groter as die steaks op die rooster sê jy nie maklik nee vir Constand 'Simson ASA Gewigstoter' van Rooyen nie. Dan is daar „n ou wat op ongeleë tye dink hy het „n oudisie by Idols en uit volle bors uit sing as hy in die bad is of in die gange rondloop . Hanno 'Kurt' Peyper. Elke eerste jaar moet dan ook die Theodore-quiz beantwoord, waar Theodore jou „n paar vrae vra oor hoekom hy nie meer in die koshuis is nie en waar hy nou tans bly. Maak nie saak wat jy sê nie jou antwoord is verkeerd en klaar! Theodore 'Ad Hoc Primarius' Westervelt.

Gou het ons agtergekom dat ons prim nie so klein is as wat hy lyk nie, en dat sy baard baie intimiderend was. En op die manier waarop hy „n dronk “eerstejaar” uit die squad uitgepluk het en rond gegooi het soos „n lappop kon hy ook maklik Klein Piet se plek ingeneem het by Impala. Albert Coetzee.

Na die eerste paar rugbywedstryde besef jy dat matriekrugby eintlik maar net kinderspeletjies was. Dawie Steyn het ons gewys wat dit beteken om jou lyf op die spel te sit vir Caput! Oom Frans was ons mentor , ons leier! Hy het ons vasgevat en ons geleer wat dit vat om „n ware Caputter te word! Hy was altyd daar as ons vir raad wou vra.

Na die eerste paar braai geleenthede kom mens gou agter wie is die aasvoëls in die koshuis. Sy eerste woorde as hy by die vuur arriveer is “wie se lekker vleis is daai?

8


potch pub resensie ekskursie Marnus Breed & Marus Fouchè

D

Fotograaf: PC Engelbrecht

is nie gereeld dat mens betaal word om tien pubs in en om Potchefstroom te besoek nie. Dit is ook glad nie wat met ons gebeur het op Vrydag, 11 Oktober nie. Wat ons gedoen het, het ons gedoen vir joernalistiek. Dit was duur, dit was rof en dit was met tye gevaarlik. Maar dit was ten alle tye „n ervaring.

Gentleman’s Paradise

Die opdrag was eenvoudig: besoek die voorstaande pubs in Potchefstroom, beoordeel hul volgens streng voorafgestelde kriteria, en skryf „n resensie wat die wêreld sou inlig, onderrig en uiteindelik „n beter plek maak. Maklik.

Die befaamde GP‟s is een van die legendariese pubs in Potchefstroom. Stories van hul steak, egg and chips special weerklink al vir geslagte in Potch. Indien jy nog nie daar was nie is die plek nogals moeilik om te vind. Dis ver. Halfpad Viljoenskroon toe aan jou linkerkant. Eers gevind, is dit „n storie om die voordeur op te spoor tussen al die Castle advertensies, en sodra jy die perseel betree pak „n doodse vrees en magtige twyfel jou beet. Maar moet nie bekommer nie, die plek is veilig en die locals daar is vriendelik. Die barlady gooi die lekkerste draught in Potch (R14 vir „n Black Label) en haar taalgebruik is ontsettend omvattend.

Die kriteria waarvolgens ons elke instansie sou beoordeel was as volg: eerstens, hoe lekker is hul draughts. En as ons sê lekker, bedoel ons koud. En as ons sê koud bedoel ons in „n glas glas. Jul kry die prentjie… Tweedens, heers daar „n lekker atmosfeer in die plek? Wat is die waarskynlikheid om met „n blou oog daar uit te stap? Is die eienaar vriendelik? In kort, is dit „n lekker plek? Die derde aspek wat „n rol gespeel het was die algemene indruk wat ons gekry het van die barladies/barmen. Vriendelikheid, spoed en akkuraatheid. „n Pub is natuurlik nie „n pub indien hul nie kos bedien nie, en die menu is die vierde fokuspunt. Diversiteit van disse, prys en smaak. Laastens, die ligging. „n Pub moet naby wees. „n Pub moet maklik wees om te kry. En dit was ons kriteria. Kom ons spring in.

Editors choice om te eet: As jy GP‟s toe gaan, gaan jy vir die 500g T-bone, met „n eier, toast, chips en „n slaatjie vir slegs R60. En die lekkerste draughts in Potch.

13:30 PC ry oor „n brug, Fouche breek „n pen, Breed neem lae kwaliteit fotos.

9


hoenderlewertjies. Want studente is altyd honger sê hy. As jy na geen ander pub toe gaan nie, gaan ten minste net na Berts toe. Hulle kos is fantasties, maar wat dit rerig die moeite werd maak is die daaglikse specials wat hul het. Dit is ook een van die rustiger pubs in die dorp en die waarskynlikheid om met „n vuis bygedam te word is laer hier as elders. Een probleem is dat jy deur wandellaan moet ry om daar uit te kom, en dis ongemaklik want wandellaan is „n one way. Mense raak kwaad.

Penny Saver meal: Pie en gravy vir R20. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

5/5 3/5 3/5 4/5 2/5

As jy nog nie by GP‟s was nie, moet jy plan maak. Dis die moeite werd as jy lus is vir „n lekker bier en fantastiese kos. Dis net ver. En scruffy. Maar ons like dit so. 3.5/5.

14:10: PC vertel „n storie, reels word bespreek. Eregas en ervare pub-crawler Henri “Amfi” Boshoff en gas-skrywer Wouter “Johnson” Botha sluit aan by die prosessie.

Die mure lyk soos Castle, die Pub ruik soos sukses en die Draughts proe soos nog.

Bert’s Pub

Teen die muur.

En daars „n cutout. Van Hansie.

Editors choice om te eet: Die daaglikse special. Maandae is crumbed Pork, Donderdae is Chicken Schnitzel. Ongerveer R50. Ons het vergeet om te kyk. Penny Saver meal: Chicken Livers. Selfde storie. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

Oom Bert… wat „n legende. Bert‟s pub het waarskynlik die beste pooltafels in Potch, rugbymemoribelia agter die bar, „n kaggel wat actually aangesteek word in die winter en „n cutout van Hansie Cronje teen die muur. Hierdie is die quintessential pub in Potch. Oom Bert gooi persoonlik vir jou „n draught en indien jy en „n pel laataand „n potjie pool gaan speel bring hy soms vir jou gratis

3.5/5 4.5/5 5/5 4/5 3.5/5

„n Moet vir almal wat hulself „n mens wil noem. 4/5. 15:01: PC soek „n rennie. Wouter vat vir Amfi terug koshuis toe.

10


verduidelik dat daar op Saterdae „n braai gehou word agter die pub. Mens bring blykbaar jou eie vleis, en die pub voorsien goed soos spice, sous, eetgerei ensovoorts. Wat die braai veral nice maak, sê die oom, is dat dit agter „n pub plaasvind, wat beteken daar is „n kontantkroeg. Die barlady is „n sosiale vlinder en wêreldburger en boonop baie vriendelik. En die polisiestasie is net om die hoek.

After 5

Editors choice om te eet: Mini-basket met ribs, chicken wings en allerlei stoutighede. R50.

Soos ons kriteria bepaal, word daar eers gekyk na die draught-masjiene. Waarvan daar geen was nie. Daarna word ons aandag gefokus op die brandewyn special (Twee dubbels van KWV se jongste en „n coke vir R35). Dis beter. Jy gaan sukkel om goedkoper te vind. After 5 is „n besonderse rustige pub, en die tradisionele rugby wat in ander pubs te siene is word hier vervang met opvoedkundige materiaal in die vorm van NatGeo Wild. Jou breinselle se oorlewing word hierdeur gewaarborg, wat dit een van die meer intellektuele pubs maak. Een van die regulars met „n (alkohol-geïnduseerde) spraakprobleem verduidelik toe aan ons dat die Minibasket genoeg kos is vir twee mense, en dat sy pelle dit vreeslik geniet, maar dat hy self nog nooit genuttig het nie. Hy het ook voortgegaan om aan ons te

Penny Saver meal: Tuna Mayo Toasted sandwich – R20. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

0/5 1/5 3.5/5 2/5 2/5

As jy hou van brandewyn en tvprogramme oor natuur is hierdie die pub vir jou. Persoonlik hou ons meer van draughts en rugby. Maar dis ons. Ons is weird. 1/5. 15:34 – PC en Breed sit hul seatbelts aan. Wandellaan word betree. (Vervolg op Bl.18)

11


pa & seun naweek Jannes van Zyl

D

it is jaarliks „n groot gebeurtenis

Ingenieurskampus gelewer terwyl, die

op elke Caputter se kalender,

eerste- en tweedespan teen Over de

dis is altyd „n sukses en altyd „n

Voor gespeel het. Daarna was daar

waarlike belewenis. Manne, ek praat van

gesellig verkeer in die Rooikat‟s Put en die

Pa & Seun naweek! Soos oudergewoonte

seuns het vir hul pa‟s ietsie op die kole

is daar lank vooraf beplan aan die

gegooi. Saterdag was die manne weer

merkwaardige

vroeg wakker OF hulle het toe eers die

met

die

naweek, Paul,

ander

agt

tesame

HK-lede,

sy

bed

betree...

Die

dag

het

allerlei

klubhuiskomitee en nog so paar lekker

lekkernye opgelewer soos Melktertjies en

'behind the scenes' ouens het geswoeg

Johnny Walker Black, asook „n pellet-skiet

en gesweet om alles op tyd reg te kry. Dit

kompetisie! Oom Pieter (Paul se pa, as

was vanselfsprekend weereens ook „n

julle dit nie weet nie, was dit sekerlik julle

reuse sukses gewees! Die vaders van die

eerste Pa & Seun gewees) was van

Caputters het hulself ook weer lekker

vroegdag af besig om die skapies op die

uitgehonger vir die naweek, maar hulle

spit vas te maak en in te balm sodat ons

was eintlik meer dors, want as mamma

daardie aand, sonder twyfel, een van die

nie saamgaan nie kan pappa sy hare

smaaklikste etes van ons lewens kon

laat hang! Die naweek het afgeskop met

geniet, ons bedank ook oom Pieter opreg

die pa‟s wat so teen laatmiddag die

vir sy insette. Die Saterdagaand het ook

Vrydag

hulself

vir groot opwinding gesorg toe ons „n

tuisgemaak het in hul seuns se wonings. „n

klein fondsinsameling gehou het, die

Koue outjie was aan die orde van die

eerste van sy soort by „n Pa & Seun

dag, want sommige pa‟s het weer van

naweek. Hardus het „n paar besondere

ver af gekom, selfs so ver soos Mosselbaai

items laat laserprint en die is opgeveil. Die

en Klerksdorp en dan ook so paar van die

absolute wonderbaarlikheid was Dawie

Sandland af! Vrydagaand het almal

se rugbytrui wat vir „n rustige R 5 000

opgeruk Fanie du Toit Sportgronde toe

opgeveil is, wys net die trots wat die pa‟s

om so bietjie rugby te gaan kyk, die

vir ons huis het! Na die meer formele

Caput

verrigtinge het die aand ook „n draai

opgedaag

Cowboys

vertoning

teen

het

het

die

en

„n

manne

oortreflike van

die

gemaak in Impala en op die Bult onder


leiding van oom Vleis. Wouter sal ook

nie. Ons as koshuis spreek ons dank uit

nooit weer die anatomie van „n ossewa

aan elke pa wat dit kon meemaak die

onderskat nadat Fanie absurde vrae aan

jaar en volgende jaar maak ons beslis

hom gerig het in die middernagtelike ure

weer so!

gangsêr Hanno Peyper

E

n toe was daar Gangsport. „n

liedjies gesing. Daar was liefdesverhale

Oorlog tussen die koshuis se vier

wat skeefgeloop het en baie eerstejaars

gange wat almal meeding om

in die sirkus. Daar was manne wat gegym

Gang Van Die Jaar. Maar hierdie jaar

het en ander wat aan ouens se baarde

was daar egter iets nuuts wat sy kop

gesnuif het. Maar dit was vir almal lekker,

agter

so lekker dat dit nou „n jaarlikse instelling

die

gordyn

uitgesteek

het.

Gangsêr. Die manne was opgewonde en

hier

daar is vir „n volle uur en „n half geoefen

Republiek van Karools die eerste Gangser

aan die musikale meesterstukke. Daar is

gewen het.

liedjies vertaal en so bietjie Shania Twain

in

Caput

sal

word

nadat

die


14


die wanpersepsies van interver Paul van Zyl & Nicus Boshoff

E

lkeen wat van plan is om sy eerste intervêr te woon skep vir homself sekere persepsies. Soos dit duidelik blyk, is hierdie verwagtinge nie altyd ingelyks met die ervaring nie. Vanjaar se Iintervêr was weer in Bloemfontein. Sekeres sê Bloemfontein is „n wonderlike dorp, en ander vra weer: hoe het dit so wonderlik geword?

Nog „n vermoede is dat daar Kovsie-studente ook aan Intervêr deelneem. Die enigste meisie waarby jy gan score is een wat van Potch af saam jou daar gaan Intervêr het. Verder reken meeste Potch-mense dat alle dubbels Richelieu en Coke R10 kos, maar in Bloem is jy gelukkig as jy „n enkel Bloukrans, sonder Coke, vir R 20 kry.

Die eerste onafwendbare persepsie wat studente het is dat Bloem net „n drie-ure rit is. Duidelik is dit nie die geval nie. Meeste van ons studente bargain op so 9 ure se pret en plesier.

Seker die grootste persepsie wat geskep word, is dat Caput se Grot gaan opdaag by Intervêr. Maar dit daar gelaat. Laastens dink ons dat Potch koud is. Daar is dit so koud as jy nie jou dop in 10 minute sluk nie, eet jy hom maar van „n stokkie af.

Dan is daar natuurlik die persepsie dat IItervêr oor die twee universiteite wat sport teen mekaar meeding gaan. Dis gladnie die geval nie. Alhoewel Caput vir Karee met „n kriekettelling vertrap het, was daar nie veel ander sport wat ons kan onthou nie.

Van boomgraveer tot braai, van Heide dames tot„n garage pie, van foto‟s saam die rektor tot coolbags inlaai, elkeen wat „n Intervêr beleef sal nooit weer dieselfde wees nie en sy uitkyk van die lewe heeltemal verander. Hoe hierdie bogenoemde persepsies ookal sy, die herineringe wat jy daar maak is ongetwyfeld van die beste wat jy sal hê jou studentelewe.

Derdens vermoed sekere studente dat Old Greys „n skool is. Die meeste studente het gesien daar word nie klasgedraf nie, inteendeel is daar ook geen tyd vir pouse in daai plek nie.

15


die kat in die hoed Dis lekker om „n mens te wees. Solank jy „n lekker mens is. So lui die gesegde. Hierdie jaar was verskeie mense op verskeie manier lekker gewees in die Republiek. Die jaar het weereens met verassende snelheid verby gespoed, en voor ons ons oë kon uitvee het ons nog „n jaar kafgedraf. Die jaar 2013 was gevul met allerlei stuitighede en die inwoners van die Republiek het gebraai, gebaljaar en uitbundig uitgeblink in alle aspekte van die lewe op kampus (veral dié wat sosiaal van aard was). Met die intrapslag het die nuwe eerstejaarsgroep reeds gewys waartoe hul in staat was, en die eerstejaarskonsert was veral pret – ten spyte van die teenwoordigheid van ons sleep. Op die sportveld het die huis van die Rooikat weereens sy man gestaan, maar die resultate was gemeng. Die Groenspan het vir die eerste keer sedert twee jong Nambabwiërs in 2008 die lynstaan-verantwoordelike oorgeneem het met twee eerstejaars gespog in hierdie kernposisies. Shario is getrip en Wilco het voorrye gebreek,

halfeindstryd gehaal. „n Blink prestasie. Amper so blink soos die skare wat daardie dag die verrigtinge bygewoon het (Paul, Michael en Jurgens). Oudergewoonte het die P.U. vir Slegte Besluite ons erg gekniehalter in die soeke na kulturele sukses. Nie net is Patria se afarm, halfhartige en oor die algemeen lustelose vertoning in die debat beter geag as ons eie manjifieke, inspirerende en grensverskuiwende pogings nie, maar ons Franse revolusionistiese sêr-groep is die onreg aangedoen om buite die top 5 te eindig. Skandalig. Die Kat In Die Hoed is hewiglik onsteld. Maar alles is nie uitsluitlik slegte nuus nie. Ons sleep met Heide. Ek herhaal: ons sleep met Heide. Die aankondiging is ingewag op Gang 1 se braaier. Bingle se uitslae is ook ingewag op Gang 1 se braaier, en „n baie spesifieke blonde skermunkel het baie spesifiek oor die interkom aangekondig dat ons derde was, terwyl ons inderwaardheid „n gedeelde 5de plek behaal het. Oom Nic was kwaad. Hy‟t die baie spesifieke blonde skermunkel baie spesifiek gebliksem. Met goeie reg.

Dawie het sy 50ste wedstryd uit sy liggaam uitgemartel en mense het gelag tydens die post-wedstryd gebed. Dit was rof. Happy was ontsteld.

Verdere goeie nuus sluit in dat Henri 'Amfi' Boshoff deesdae „n beter helfte het. Wat hom twee keer so goed maak as voorheen. Hierdie nuwe verwikkeling is agter nie so skokkend soos die feit dat Gang 4 uitendelik iets gewen het hierdie jaar nie. Dit mag dalk iets te doen hê met ons nuwe inwoningsbeampte. Die nuwe tannie Em. A.k.a tannie Es. My kinders... Dis anders. Tussen tannie Es en die nuwe

In die sport van kaphoue, wegpenne en dekpunt-veldwerkers het Caput ongelooflike potensiaal getoon. Ten spyte daarvan dat die trotse Hadida ons probeer fnuik het deur laat op te daag en gevolglik die reëls telkemale te wysig, het die huis van die Rooikat die

16


voorsitter van die Huishoud-Kundiges weet die uwe nie wie hy meer vrees nie. Verby is die dae van sorgeloos grappige aanmerkings maak in koshuisvergaderings. Sulke gedrag word deesdae ontmoet met veroordelende en bloedstollende uitdrukkings. Die Kat In Die Hoed mis amper Alli en sy belaglike baardjie. Maar net amper. Want dit was immers bitter belaglik...

en as ek sê “skade maak” bedoel ek “skade maak”. Ek wil nou nie die komplot weggee nie, maar dit was nie Gang 1,2 of 4 se president nie. Dit was Calitz. En dit was nie „n fopaangee nie. Dit was raak. White sou nie trots gewees het nie. Die jaar het afgesluit met „n fantastiese dinee by „n fantastiese venue. Daar was pampoenkoekies. Daar was „n bachelorstafel ook. Ten minste een van dié twee was lekker. Die ander een was vetterig.

Gepraat van belaglikhede. Een van die meer prominente inwoners van die Republiek wat bekend is daarvoor dat hy oposisie-partye se gesigte herrangskik op die rugbyveld het onlangs die westelike aangesig van die koshuis ook herrangskik. Met sy kar. Onwetend. Die laaste keer wat mense so geskok was is toe Terrence „n verskying gemaak het in die kontroversiële en goedbenaamde musiek video 'Wrecking Ball' deur die nuutste tienersensasie uit Hollywood. Die enigste persoon wat hierdie jaar meer vel gewys het in publiek was Du Toit met sy stoute stoute denimbroekie.

Dis lekker om „n mens te wees. Solank jy „n lekker mens is. En hierdie jaar het net weereens bewys dat Caput gevul is met van die lekkerste mense in Margate. It‟s been real. Die Kat in die Hoed.

Daar was diegende wat egter hulself met meer elegansie en sjarme hanteer het. Een van die Gangpresidente het hierdie jaar skade gemaak by „n Kasteel aksie,

17


potch pub resensie ekskursie Vervolg Frank’s Sports Bar

Elgro Hotel

Nee.

Die Elgro Hotel is klas. Die diens is van hoogstaande gehalte, die gebied is veilig en die atmosfeer is rustig. Die barman nie verskriklik vriendelik nie, maar hy kan „n bier skink. Dis seker al wat tel.

Moenie dat die naam jul flous nie. Dis nie sports nie. En dis nie „n bar nie. Dis rof. Ons het gesamentlik vir ons lewens gevrees en afsonderlik vir die ander klante verduidelik dat ons ongelukkig nie ekstra kleingeld het nie. As jy vra vir „n bier kry jy „n quart. As jy sê jy het bedoel „n dumpie word jy uitgetrap.

Die mees indrukwekkende ding van die Elgro hotel se bar is sy menu. Hul het „n driegangmaaltyd vir „n skamele R135, Nachos vir „n belaglike R35, en alles tussenin.

Ons het besluit om ons biere te down en spore te maak, en eers later het ons besef dat die biere slegs R8 gekos het. Dit maak alles amper die moeite werd.

Maar hierdie is „n hotel-bar. Niks meer nie. Dis klein, dog knus, meer bedoel vir hotelgaste as studente opsoek na „n lekker kuier. Ek sal weer daarheen gaan. As al die ander kuierplekke in Potch vol is.

Editors choice om te eet: Moenie. Penny Saver meal: Ook nie. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

Editors choice om te eet: Nachos vir R35. Lyk heel oraait.

0/5 0/5 0/5 0/5 0/5

Penny Saver meal: Ons het vergeet om te kyk. Ons was nog getraumatiseer deur ons besoek aan Frank‟s sports bar. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

Bly weg. 0/5. 16:00 – Wouter en die helde word herenig. Die helde lei nog aan skok.

18

0/5 1/5 1/5 4/5 3/5


Niks om oor huis toe te skryf nie. Of soos „n resensie oor te skryf nie. 1/5.

Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

16:28 – Hettie besluit om die groep te join. Hy verdwaal spontaan.

4/5 4/5 2/5 1/5

Ons voorstel is dat hierdie instansie ten minste een keer besoek kan word. Die voordeel is dat indien jy gebel word deur jou beter helfde of jou ouers kan jy die verskoning gebruik dat jy gou by die koöperasie is.

Die Koöperasie

17:02 – Almal is honger. Hardekool

1 Kilogram Steak. Pap. Kaaings. Hierdie is waarskynlik die mees Afrikaanste plek in die wêreld. Hul menu bevat items soos skilpadjies, 500 ha Steak en iets genaamd “Stewige Wors”. Daar is windpompe, sinkplate en hooibale teen die muur. Daars egter „n paar kwelpunte. Dis vrek duur. En hul het die woorde “Lekker man..” op hul spyskaart. Nee Maryna. Dis verby. Hul spelling is ook nie watwonders nie (Koöperasie word gespel sonder die deelteken op die „o‟). Die dinge wat die koöperasie so cool gemaak het om mee te begin is ook verwyder, soos die replika ossewa en die zulu-trone (alombekend as trulu-zone). Daarmee saam is die hart en siel van die plek uitgeruk. Maar dis nie alles slegte nuus nie, die atmosfeer is briljant, die waitresses is fantasties, en draughts is ongelooflik.

Die beste plek in Potch. Hardekool is die definisie van wat „n pub moet wees. Effens dodgy, maar met lekker draughts, vriendelike bar-persone, rugby op die TV, pooltafels, „n ATM binne die bar en „n dartboard agter. Hier kan jy kom vir „n rustige pub-lunch of „n biertjie, „n potjie pool of sommer net „n lekker kuier. Sedert Hardekool oorgedoen is voel mens ook veel veiliger. Dis nie meer so donker nie, die tafels is groter en die stoele meer stabiel. Die barladies is vriendelik, die locals rustig en die carguard het „n tattoo in sy nek. Dis alles wat mens wil hê „n pub moet wees. Maar by verre die beste ding van Hardekool is hul burgers. R15 vir „n gewone beef burger, R20 vir „n cheese-burger en R25 vir „n Jalepino of Creamcheese burger met die opsie van chips by vir R5. Dit is die lekkerste burgers wat bestaan. No jokes.

Editors choice om te eet: Pap en Kaaings vir R40. Neem kennis van hul 1kg T-bone en pap vir R150. Penny Saver meal: Nie beskikbaar nie. Alles is duur. Draughts

4/5

19


Die plek is ook geskik vir familie-pret soos bewys deur die pragtige familietjie met wie ons gesels het. Dylan (6 jaar oud) het heerlik pool gespeel terwyl Eddie en sy vrou by die bar gestaan en gesels het. Daar is min plekke wat soveel pret bied vir die hele gesin. Editors choice om te eet: Jalepino Burger en „n Creamcheese burger met chips vir R55. Vertrou my, jy gaan inelkgeval twee burgers eet.

barladies) een vir een aan jou voorstel, vir jou jagermeister shots koop en jou bederf met Mosambiekse rum. Volgens ons konstitutioneer dit „n goeie tyd. Wat die atmosfeer nog lekkerder gemaak het was die feit dat daar „n bachelorettes aan die gang was. Voedselgewys is die Chicken Schnitzel en die Rump, eggs and chips bo aan die lys (volgens oom Johan). Dit lyk soos „n vakansieoord se bar. Dit voel ook so. Dis lekker.

Penny Saver meal: Beef burger vir R15.

Editors choice om te eet: 1 Kg ribs vir R95

Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

Penny Saver meal: Toasted sandwiches vir R20.

4/5 4/5 3.5/5 5/5 3/5

Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

Volpunte. Hierdie plek is fantasties. 5/5. 18:23 – Almal verdwaal. Wouter en Fouche is oppad Vereeniging toe, PC en Breed draai af op „n grondpad om die speedies af te skud en Hettie eindig op by Domino‟s. Dis moeilik.

0/5 3.5/5 4/5 3/5 0/5

Dis ver, maar ons sal weer gaan. Oom Johann is rerig nice, die rum is rerig lekker en die atmosfeer is rerig oraait. „n Solid 3/5. 19:00 – PC spin sy kar op die grondpad.

Pinegrove Boskroeg

Domino’s

Boskroeg. Aptly named. Dis nie die naaste van pubs nie... Dis kliphard buite Potchefstroom, op die N12 uit. Maar indien en wanneer jy die plek vind word jy gegroet deur „n uiters vriendelike (indien effens gespatte) eienaar wat sy dogters (die

Dis nie streng gesproke “in” Potch nie, maar dis nader as Boskroeg. As jy nies terwyl jy verbyry sal jy die plek mis. In fact, ek het al baie keer daar verby gery, sonder om te nies, en ek het nie gweet die plek bestaan nie.

20


Maar as jy eers binne is vind jy boere wat vir jou dop koop (teen R10 „n bier) en verskeie specials wat teen die muur uitgekrap is. Onder andere het hul „n “Kinky Special” waar jy 4 dubbel Wellignton en mix kan koop vir R50. Nie sleg nie. Een Pooltafel, een foozeball tafel en „n vreemde bles barman wat lyk soos „n cartoon. Dis „n solid bar... Jy sal nie daar geslaan word nie solank jy jou opinies oor pampoenboere vir jouself hou. Die boere speel met „n opgeblaasde kondoom by die bar. Hy bars. Ons loop.

Hierdie een begin met quotes. Want reëls is reëls. “Check hoe ry hierdie trok”. “Hierdie een is „n Parrasap, en daardie een is „n „ek kan nie onthou nie‟” Ja, daardie was die name van hul cocktails. Discovery is die pub 2 blokke bo Miederpark Spar. Nader aan GP‟s en verder van die koshuis af. Mint Imperials en noughat word verkoop. En bier. Daar is nie draughts nie, maar wel hotdogs. En rou T-bones. Want Miederpark mense hou van samoosas. Die tafeldoeke lyk so bietjie soos „n rip-off van Mike‟s Kitchen restaurant en die pub kragboks is heeltemal te binne bereik van die bar. Meer as wat dit moet wees. Fouche is steeds hier, alhoewel daar nie „n midget barman is nie, contrary to popular belief. Dit was nie sleg nie. PC was teenwoordig, en PC was eerstejaar van die jaar. En Heide sleep met ons. Die engelse kroegman en sy houding het die atmosfeer ietwat bederf, ten spyte van Breed se vele aangename pogings om hom helaas te bekoor ten einde „n gratis shot te kry.

Editors choice om te eet: Crumbed Pork Neck vir R50 Penny Saver meal: Toasted Cheese and Tamato sandwich vir R15. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging

0/5 3/5 1/5 3.5/5 1/5

Ons sal nie uit ons pad uit gaan om weer daar te gaan kuier nie. Maar dis oraait. 2.5/5. 19:35 – Ons vaar die dorp in om Discovery bar te vind. Wouter dink hy weet waar dit is, maar hy doen nie. Ons ry rond in Miederpark.

Discovery het beter melktertjies as ons. Editors choice om te eet: Samoosas. 1 vir R3, wat die geleentheid skep dat jy 7 kan eet vir R21.

Discovery Bar (Deur Gaskunstenaar Wouter “Wou-Wou” Botha)

Penny Saver meal: Rou T-bone vir R50. Draughts Atmosfeer Bar staff Menu Ligging Midgets Shots

0/5 4/5 4/5 3/5 1/5 0/5 7.5 / 5

Wouter het nie heeltemal die kat aan die stert beet nie. Hierdie was volgens my die verassing van die aand gewees. Ek het al gehoor van Discovery (mense het wel verwys

21


daarna as Atmosphere, maar ek het geweet waarvan hul praat), maar ek was nog self nooit daar nie. Gerugte van „n midget barman het egter beteken dat ons eenvoudig moes gaan ondersoek instel. Ons het geen midgets gevind nie, maar wel die lekkerste melktertjies wat ons al geproe het en „n Barlady wat die interessantste en mees ongelooflikste shots in die wêreld meng. Shots soos „n Oil-Painting (9/10), „n eight-second ride (0.5/10, julle sal sien hoekom), Fizz-pop (8.5/10, Ons praat van kinderdae sherbert lollypops), Lunchbar (8.2/10, mens moet nogals kou... daar‟s peanuts in) en „n Jellybaby (8.5/10) wat actually „n jellybaby inhet. Ons was hoogs beïndruk. Hulle sal ons weer sien. Al is dit net vir „n Parrasap.

Wouter: “Ek het „n hele studie gedoen oor abnormale vragte” PC: “Jis hierdie kar is vol voëlpoef” Hettie: “Hou op „n imbisiel wees” Amfi: “Breed, jy is die slegste invloed in my lewe”

Quotes: Breed: “Hierdie is nie die finale produk nie, dis net „n draught” Fouche: “Ek het eintlik net saamgekom om te drink”

boodskap van 'n "has-been" Henri "Amfi" Boshoff Disclaimer: Chrish en Mol het in ChriMol gewaarsku dat van die lesse wat hulle in die koshuis geleer het, was dat 5e jaars nie „n brief moet skryf nie. Ek sal dus my bes doen om hierdie in artikelformaat te hou.

gaan gee. Langenhoven reken mos die eerste moet goedkoop en die tweede duur wees. Familie kan jy nie kies nie (en mens hou soms veel minder van hulle as van die koshuismanne).

Om kortweg op te som wat die koshuis beteken, is nie moontlik nie. Dit raak ál moeiliker, soos die plek al meer bygedra het tot jou menswees. Daar is verskeie slagspreuke: “Hier gaan jy die man word wat jy vir altyd gaan wees”, is een wat naby kom. Maar die waarde van koshuis in my studentelewe was nie net ernstig nie.

Hoe die kortste sin wat dit die beste sê ookal lyk, jy het kans om impak te maak. Jou verskil gaan raakgesien word. Die feit dat jou merk so duidelik kan wees, is hoekom ek „n duisend maal oor sal kies vir klein koshuis bo die reuse wat op suiwer getalle nou en dan bo ons eindig. In die proses waarin jy werklik kan voel jy verander wat hierdie plek was, raak jy ook anders.

“Hierdie ouens is jou broers”, is nog een. Daar is waarde in, maar dis ook ouens tussen wie jy kan sif om te sien vir wie jy bloot jou vriendelikheid en vir wie jy jou vriendskap

Die punt van „n universiteitsloopbaan, is om as volwassene hier te kan weggaan – met „n graad. Jy moet mens word en dis waarskynlik


belangriker as die papiere. Tog is daar dele van wie ek nou is, wat ek nooit sou gewees het, as dit nie vir WISK311 was nie, glo dit of nie!

speel krieket in die gange. Ons stap almal saam eetsaal toe vir middagete. Elke maand is daar „n pub-lunch vir die span (amper soos die Draak, maar jy kan nie drank op jou students kry nie). Die bloedbank was nou die dag hier met banners die wêreld vol om te wys waar. Die belangrikste eienskap wat bepaal of „n nuweling verwelkom word, is of jy met die hand kom groet en of jy mense se name onthou. Newsflash stuur vir ons nou en dan notices wat almal ignoreer. Einde van die maand, as die deadlines druk, gaan party ouens moet tot 3uur werk om die presentations klaar te kry...

Ek besef dis lame, maar as ek dit oor kon doen sou ek...      

   

minder ge-series het - Prison break 2-4 was „n mors van tyd meer in die binnehof gesit het – dis nie „n mors van tyd nie meer geswot het – daar‟s goed wat jy nie onthou as jy cram nie meer tyd met my seuns spandeer het dalk nog meer gebraai het meer by die PUK gedoen het – ons kort iemand by BOB se UK. Hoe kan Ratau elke jaar so goed doen in Werwing? Ons kort toneelmense. Ons kan doen met iemand by JOOL minder Plants vs Zombies gespeel het – die fase is verby meer sel bygewoon het minder ge-Facebook het – ek ken klomp van daai mense nie meer nie meer face-to-face by mense uitgekom het – ons is besig om te vergeet hoe

Tog is die Put se grasdak iets wat ek elke dag gaan mis. Parkering op die PUK is „n grappie teen stadsverkeer. Die meisies is mooier hier (maar soos in BAIE). Ek gaan dalk nooit so close wees met die werksmense as met die ouens wat saam met my in die squad was nie. Die feit dat soveel oud-Caputters in die stad gaan saam bly het en nog sal, is die bewys dat wat jy hier die blywend is. Hier tussen jou broers, gaan jy soveel skaaf aan wie jy is, dat jy onherkenbaar vir jou skoolvriende sal raak.

Die werkende lewe is nie eintlik soveel anders as die koshuis nie. My line manager en Tiger

Heil die kat.

23


Dinee prysuitdeling toekennings Bokser van die Jaar - Oom Nic Kotze

Caputter van die Jaar - Frans Neveling

Akademiese 1ste Jaar - Dieter van Rooyen

1ste Jaar van die Jaar - PC Engelbrecht

Akademiese Senior - Hannes Myburgh

HK-Lid van de Jaar - Ruan Meyer

SJGD 1ste jaar - Tiaan Botha & Danru Bender

Kultuurman van die Jaar - Hanno Peyper

CBC van die Jaar - Johann Meyer

1ste Jaar Sportman - Ronal Peters

Couple van die Jaar - Wouter Botha, Martin Park en Jannes van Zyl

Senior Sportman - Nicus Boshoff

Gat van die Jaar - Du Toit Peters

Spelers se speler van die jaar

Haarstyl van die Jaar - Constand van Rooyen

Rugby - Wilco Kamffer

Kamermaats van die Jaar - Paul van Zyl & Ruan Pretorius

Krieket - Dawie Steyn

Kuiergat van die Jaar - Vernon Prinsloo

Sokker - Julian Soutter

Pa en Seun van die Jaar - Frans Neveling & Ronald Pieters

Hokkie - Basil Viljoen Speler van die Jaar

Paartjie van die Jaar - Paul Hattingh & Inge Oberholzer

Rugby - Frans Neveling

Raasbek van die Jaar - Marnus Breed

Krieket - Mornè du Toit

Ridder van die Jaar - Charl Vermeulen

Sokker - Michael Erasmus

Sluiper van die Jaar - Terrence van Deventer

Hokkie - Nicus Boshoff

24

Katastrofies 2013  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you