Page 1

1.

Klanke

3

2.

Spelling

3

3.

Telwoorde

4

4.

Lidwoorde

5

5.

Meervoude

6.

-

4

5

-

6

Verkleinwoorde

7

-

8

7.

Skryf- en Leestekens

8

-

10

8.

Trappe van Vergelyking

10 -

11

9.

Adjektiewe

12

10. Deelwoorde

13

11. Woordorde

14

12. Sinne in Afrikaans

14

13. Tye in Afrikaans en Koppelwerkwoorde

15 -

14. Voegwoorde

17

15. Voornaamwoorde

18

16. Direkte en Indirekte Rede

18 -

17. Negatief / Ontkenning

20

18. Bedrywende en Lydende Vorm

21 -

19. Betreklike Voornaamwoorde

23

20. Vraagwoorde

24

21. Voorsetsels

25 -

17

19

22

27 1


22. Afkortings

28 -

30

23. Geslag

31 -

33

24. Idiomatiese Uitdrukkings

34 -

37

25. Intensiewe Vorm

38 -

39

26. Vergelykings

39 -

40

27. Homofone

41

28. Homonieme

42

29. Verwarrende woorde

43

30. Pre- en Postmorfeme

43

31. Samestellings

44

32. Sinonieme

45 -

46

33. Antonieme

46 -

47

34. Kommunikasie

47 -

49

1.

Gesins- en Familielede

50 -

55

2.

My huis, my paleis

56 -

62

3.

Klere en Bykomstighede

63 -

70

4.

Voorkoms

71 -

76

5.

My liggaam

77 -

81

6.

Sport

82 -

86

7.

Skool

87 -

92

8.

Vriende

93 -

95

9.

Karaktertrekke

96 -

100

100 -

108

10. Ekstra Inskerpingsoefeninge

2


Die KLANKE van Afrikaans word in drie groepe verdeel: 1. Vokale (vowels) a; e; i; o; u 2. Konsonante (consonants)

bv. b; c; f; h; m; s; v; x; z

3. Diftonge/tweeklanke (diphthongs) ‘n Diftong is twee verskillende vokale wat as ‘n klankverbinding uitgespreek word, bv. aai; eeu; oei; ooi LETTERGREPE (syllables) is die klankdele waarin woorde verdeel kan word, bv. let-ter-gre-pe. ‘n Oop lettergreep eindig op ‘n vokaal of ‘n diftong, bv. va - der moe – der ‘n Toe lettergreep eindig op ‘n konsonant, bv. stief - pa wees - kind LETTERGREEPVERDELING (Dividing of words in syllables) 1. Waar ‘n konsonant tussen vokale staan, verdeel die woord voor die konsonant, bv. moe-der va-der ou-ma we-we-naar 2. As die woord twee konsonante het, vind die verdeling tussen die konsonante plaas, bv. mam-ma ver-noem wees-kind ver-loof 3. Wanneer die tweede konsonant ‘n L of R is en daardie lettergreep dra die klem, word die twee konsonante nie verdeel nie, bv. ge-troud ba-klei 4. Die letters S en J word as een klank uitgespreek en word nie geskei nie, bv. ma-sjien bro-sjure 5. Die ng-klank word altyd geskei, bv.

en-gel

om-sin-gel

SPELLING in Afrikaans is baie maklik as jy die volgende reëls ken: 1. Die lang klanke in toe lettergrepe word met dubbel vokale geskryf, bv. bynaam voornaam peetma gedoop 2. Die lang klanke in oop lettergrepe word met een vokaal geskryf, bv. gebore oorlede name drome 3. ‘n Konsonant verdubbel wanneer dit volg op ‘n kort vokaal wat die hoofklem dra, bv. mamma pappa 4. ’n Samestelling van een of meer selfstandige naamwoorde (nouns), is altyd een woord, bv. houtstoel blompot strandsambreel

3


5. ’n Samestelling van ‘n eienaam (proper noun) en ‘n soortnaam (common noun), is altyd een woord. bv. Simonstraat Victoriahospitaal 6. Intensiewe vorme is altyd een woord, bv. bloedrooi;

grasgroen;

vuurwarm

7. Woorde met kant as die tweede deel, word ook as een woord geskryf, bv. agterkant, voorkant, onderkant 8. Woorde met toe word ook as een woord geskryf, bv. vorentoe, maar: skool toe, huis toe, kerk toe, winkel toe.

agtertoe,

9. Die volgende woorde word ook altyd vas geskryf: goeiemôre goeiedag sewe-uur goeiemiddag vieruur vyfrandnoot goeienaand sesuur dieselfde 10. Tyd op die horlosie word altyd as een woord geskryf, bv. eenuur; tienuur; halftwee; halftien. Gebruik ‘n koppelteken waar daar ‘n opeenhoping van vokale is, bv. twee-uur. maar: kwart voor een; twintig oor tien; kwart oor tien.

1. Hooftelwoorde dui hoeveelheid (amount) aan, bv. ses, vier, een, ens. Let op na die volgende:

baie tieners, verskeie mense verwys na ‘n onbepaalde (indefinite) hoeveelheid.

2. Rangtelwoorde dui volgorde of posisie aan, bv. eerste, tweede, derde, ens. Let op na die volgende:

die laaste kind, die soveelste oortreding verwys na ‘n onbepaalde (indefinite) posisie.

3. Woorde wat Massa, Afstand en Mate aandui, word saam met ‘n telwoord in die enkelvoud gebruik, bv. twee kilogram, vyf kilometer, nege sentimeter, ens. 4. Uur en Jaar word saam met ‘n telwoord in die enkelvoud gebruik, bv. Hulle woon al tien jaar in Durban. Ons het drie uur vir hulle gewag. ONTHOU: Hierdie woorde word sonder ‘n telwoord in die meervoud gebruik, bv. Die vrou het kilogramme aangesit. Hulle het jare gesukkel. LET OOK OP na die volgende telwoorde se twee twaalf twintig vier veertien veertig sewe sewentien sewentig ag/agt agtien tagtig nege negentien negentig

spelling: twee en twintig / twee-en-twintig vier en veertig / vier-en-veertig sewe en sewentig / sewe-en-sewentig ag(t) en tagtig / agt-en-tagtig nege en negentig / nege-en-negentig 4


Die lidwoorde in Afrikaans is die en ‘n. Die (the) is ‘n bepaalde (definite) lidwoord, bv. Die seun is sterk. (Nie enige seun nie, maar ‘n bepaalde/spesifieke seun.) ‘n (a/an) is ‘n onbepaalde (indefinite) lidwoord, bv. ‘n Seun is sterker as ‘n meisie. (Nie ‘n bepaalde/spesifieke seun nie, enige seun.)

Sleutelwoorde om te onthou wanneer meervoude verlang word: bv. Daar is ‘n paar voëls in die boom. Al die voëls is blou. Een van die voëls het ‘n af vlerk.

*MEERVOUDE met -e 1. Woorde wat met dubbel konsonante (double consonants) eindig, kry gewoonlik ‘n –e bv. hond - honde perd - perde 2. Woorde met twee verskillende vokale (double vowels), bv. mier - miere huis - huise 3. By woorde met dubbel vokale (twin vowels), val een vokaal in die meervoud weg, bv. haas - hase peer - pere 4. By woorde met een, kort vokaal (short vowel), verdubbel die konsonant in die meervoud, bv. kat - katte vis - visse 5. By woorde wat eindig op ‘ag’ (ending in ‘ag’), val die ‘g’ weg en eindig dit met -e bv. dag - dae vlag - vlae 6. Woorde wat eindig op ‘ig’ (ending in ‘ig’), kry –te in die meervoud, bv. gesig - gesigte lig - ligte 7. By woorde met twee vokale + ‘f’ (double/twin vowel + ‘f’), val die ‘f’ weg en eindig dit met –we, bv. duif - duiwe stoof - stowe 8. By woorde met ‘n kort vokaal + ‘f’ (short vowel + ‘f’), val die ‘f’ weg en eindig dit met -wwe, bv. sif - siwwe stof - stowwe 5


*MEERVOUDE met -ë 1. Woorde wat eindig op ‘og’ (ending in ‘og’), kry -ë in die meervoud, bv. oog - oë oorlog - oorloë 2. Woorde met twee vokale +/- ‘g’ , (double vowel + ‘g’), bv. vlieg - vlieë knie - knieë LEER OOK hemp pad stad

DIE VOLGENDE: - hemde kas - paaie blad - stede skip

- kaste - blaaie - skepe

nag lid gat

- nagte - lede - gate

glas

-

glase

*MEERVOUDE met -s 1. Woorde met meer as een lettergreep, met die klem op die eerste lettergreep, (more than one syllable + emphasis on first syllable) bv. tafel - tafels bottel - bottels 2. Alle familiewoorde (all family words), kry ‘n –s, bv. oom - ooms suster - susters 3. Woorde met twee of meer lettergrepe + ‘r’ (multi syllable words + ‘r’), bv. onderwyser - onderwysers motor - motors 4. Woorde wat op ’n kort i, o, u en ‘n lang a eindig, kry ‘n –‘s, (short vowel ‘i, o, u, and long ‘a’) bv. taxi - taxi’s foto - foto’s skadu - skadu’s ma - ma’s *MEERVOUDE met –ers bv. kind - kinders kalf - kalwers lam - lammers

*MEERVOUDE met –hede bv. besigheid - besighede moeilikheid - moeilikhede moontlikheid - moontlikhede LEER OOK DIE VOLGENDE: speelding speelgoed buurman bure polisieman polisie

*MEERVOUDE met -ens bv. bad - baddens bed - beddens gevoel - gevoelens lewe - lewens

nooi - nooiens vrou - vrouens wa - waens

Engelsman Fransman

-

Engelse Franse

6


ONTHOU: Verkleinwoorde word gebruik om LIEFDE (love), VERAGTING (contempt), BESKEIDENHEID (modesty), en JAMMERTE (pity/compassion), uit te druk. Sleutelwoorde om te onthou wanneer meervoude verlang word: klein Die klein babatjie is dierbaar.

arme ou Die arme ou mannetjie dink ons is bang vir hom.

ou klein Ek het so ‘n ou klein bootjie vir my gekoop.

ou lelike Die ou lelike eendjie is hartseer.

*VERKLEINWOORDE met –tjie / –jie Die meeste woorde in Afrikaans kry –tjie in die verkleining. Ons spreek –tjie en –jie soos –kie uit. 1. Woorde met twee vokale of twee lettergrepe + l / r / n, bv. stoel - stoeltjie broer - broertjie soen - soentjie 2. Woorde wat op –d of –t eindig, kry net –jie, bv. hond - hondjie kat - katjie 3. Woorde wat op –ie eindig, kry –tjie in die verkleining, bv. mandjie - mandjietjie horlosie - horlosietjie *VERKLEINWOORDE met –ie 1. Woorde wat op -s, -k, -p, -g en -f eindig, kry –ie in die verkleining, bv. huis - huisie boek - boekie duif - duifie 2. By woorde met dubbel vokale: aa, ee, oo en uu, val die een vokaal weg, want dit staan dan in ‘n oop lettergreep. bv. skaap - skapie neef - nefie 3. By woorde met ‘n kort vokaal en wat op ‘k’, ‘p’, ‘g’ en ‘s’ eindig, verdubbel die konsonant in die verkleining. (Dus bly die klank kort.) bv. vis - vissie rok - rokkie *VERKLEINWOORDE met –pie Woorde met ‘n lang vokaal of twee lettergrepe, wat op –m eindig, kry –pie in die verkleining, bv. boom - boompie be/sem - besempie 7


1.

ESINS- EN

ouers pa / pappa / vader ma / mamma / moeder broer / boetie suster / sussie stiefpa stiefma stiefbroer stiefsuster halfbroer halfsuster

tweeling drieling weeskind aangenome is gebore is gedoop

-parents -father -mother -brother -sister -stepfather -stepmother -stepbrother -stepsister -half brother -half sister

AMILIELEDE

grootouers oupa ouma oom tante / tannie niggie neef kleinkinders peetpa peetma

-grandparents -grandpa -grandma -uncle -aunt -niece / cousin -nephew / cousins -grandchildren -godfather -godmother

-twins -triplets -orphan -adopted -was born -was baptised /

christened vernoem -named after naamgenoot -namesake bynaam -nickname voornaam –first name van –surname aard na –takes after lyk na -to look like

wewenaar weduwee oujongkêrel oujongnooi getroud verloof geskei oorlede

-widower -widow -bachelor -spinster -married -engaged -divorced -deceased

8


A.

B.

VERDEEL DIE VOLGENDE WOORDE IN LETTERGREPE. ouers

__________

aangenome

__________

pappa

__________

wewenaar

__________

vader

__________

weduwee

__________

moeder

__________

oujongkêrel __________

kleinkinders __________

oorlede

__________

halfsuster

__________

grootouers __________

tannie

__________

niggie

__________

tante

__________

verloof

__________

GEE DIE VERKLEINING EN DIE MEERVOUD VAN DIE WOORDE. Verkleining Meervoud

Verkleining Meervoud

pa

______

______

niggie

______

______

pappa

______

______

neef

______

______

ma

______

______

kleinkind

______

______

mamma

______

______

tweeling

______

______

broer

______

______

weeskind

______

______

suster

______

______

naamgenoot ______

______

oupa

______

______

wewenaar

______

______

ouma

______

______

weduwee

______

______

oom

______

______

oujongkêrel ______

______

tante

______

______

oujongnooi

______

______

C.

GEE DIE KORREKTE MEERVOUD OF VERKLEININGSVORM.

1.

My naam is Chrisna en daar is ses (lid) _____ in my gesin.

2.

Ek het ‘n ma en ‘n pa, twee (broer) _____ en ‘n klein (suster) _____.

3.

My broer is die (oud) _____ en die (lank) _____ van al ons (kind) _____.

4.

My klein (broer) _____ is die (jonk) _____ en ook die (kort) _____ in die gesin.

5.

Al die (meisie) _____ in ons gesin het blonde hare, en al die (seun) _____ het donker (haar) _____. 6.

Ek het twee (oupa) _____ en twee (ouma) _____.

7.

Al ons (kleinkind) _____ is baie lief vir ons (grootouer) _____, omdat hulle ons baie bederf.

8.

Ek het drie (oom) _____ en twee (tante) _____. 9


9.

My een tannie het ‘n tweeling en ek is baie lief vir hierdie twee klein (niggie) _____ van my.

10.

Hulle is te oulik met hulle ou klein kaal (kop) _____ en klein sagte (mond) _____.

11.

Maar daardie twee klein (baba) _____ kan hard skree as hulle honger is, hoor! 12.

My klein (neef) _____ is op die oomblik nog sy (ouer) _____ se enigste kind.

13.

Hy lyk na sy pa en het ook dieselfde twee (naam) _____ as sy pa.

14.

Sy ma verwag oor twee (maand) _____ haar tweede kind.

D.

E.

GEE DIE TEENOORGESTELDE GESLAG VAN DIE VOLGENDE WOORDE. pappa

__________

pa

__________

moeder

__________

wewenaar

__________

oujongkêrel __________

broer

__________

boetie

__________

oupa

__________

oom

__________

niggie

__________

meisie

__________

kleindogter __________

man

__________

peetma

__________

stiefma

__________

stiefbroer

__________

VUL DIE ONTBREKENDE WOORDE IN.

My ander oom se vrou is oorlede en nou is hy ‘n w_____. Sy naam is Chris en ek is na hom v_____. Hy is my (godfather) _____ en ek is baie lief vir hom. Hy het ‘n seun en ‘n dogter wat nog nie getroud is nie hulle is dus ‘n o_____ en ‘n o_____! Nou ken jy my familie, maar kan jy uitwerk hoeveel k_____ my (oupas en oumas) _____ altesaam het? F.

ONDERSTREEP TELKENS DIE KORREKTE SPELLING VAN DIE WOORDE TUSSEN HAKIES.

1.

Chrisna het haar ma se (bree / breë) glimlag (geërf / gëerf).

2.

Sy (se / sê) sy het die beste ouers in die hele (wêreld / werêld).

3.

Haar (pa hulle / pa-hulle) maak baie (videoopnames / video-opnames) van die kinders.

4.

Soos alle (pas / pa’s) en (mas / ma’s) is hulle baie trots op hulle kinders.

5.

Chrisna is (lanker / langer) as haar sussie. 10


6.

Haar broer is (ouder / ouer) as sy en is die (lankste / langste) van al die kinders.

7.

Chrisna is (viertien / veertien) jaar oud en haar sussie is die (vierde / veerde) kind in die gesin.

G.

VUL DIE ONTBREKENDE WOORDE IN EN VERANDER WAAR NODIG. Daar is (skryf uit: 4) _____ kinders in Chrisna se gesin en daar is altesaam (skryf uit: 10) _____ kinders in (Chrisna se) _____ familie. Sy is (haar / sy) (EEN WOORD: oupa en ouma) _____ se (rangtelwoord: 4) _____ kleinkind en die (rangtelwoord: 3) _____ (kleinseun / kleindogter) in die familie. Chrisna is (skryf uit: 14) _____ (jare / jaar) _____ oud. Haar broer, Sarel, is twee jaar (oud) _____ as sy. Haar (jonk) _____ suster is _____ laerskool en haar klein (broer) _____ gaan nog nie skool _____.

Al die niggies en nefies is baie lief v_____ mekaar en is baie (bly / hartseer) wanneer hulle (pa’s en ma’s) _____ by mekaar kuier. Die (kind) _____ kuier ook graag by (die kinders se) _____ grootouers, wat die kinders baie (spoil) b_____. Albei hulle (ouma) _____ en (oupa) _____ is nog (baie lewendig) _____ en hou daarvan OM met die kleinkinders _____ speel. H.

SKRYF DIE SINNE OOR EN RANGSKIK DIE GEDEELTES TUSSEN HAKIES IN DIE KORREKTE VOLGORDE.

1.

Chrisna en haar ouma (heerlike soetkoekies / elke vakansie / bak).

2.

Hulle (in die kombuis / werk / fluks / vroeg soggens).

3.

Sy (graag / vir al haar familielede / altyd / heerlike koekies / gee).

4.

Sy (in ‘n mooi boksie / altyd / die koekies / pak).

5.

Haar boetie (daarvan / om die koekies te eet / hou).

6.

Sarel (nie / om die kombuis skoon te maak / hou / daarvan / nie).

I.

DOEN DIE SINNE DEUR MET DIE WOORD TUSSEN HAKIES TE BEGIN. 1.

Mandy en haar gesin bly in ‘n huis met ‘n mooi tuin. (Verlede jaar)

2.

Daar is baie pragtige blomme en bome in die tuin. (In die verlede)

3.

Haar oupa en ouma woon naby hulle. (Lank gelede)

4.

Hulle kan die voëltjies in die bome hoor fluit. (Verlede week)

5.

Die gesin bly lank en gelukkig in hierdie huis. (In die toekoms)

6.

Mandy speel met haar suster in die tuin. (Gister)

7.

Die kinders hou daarvan om buite te speel. (Verlede week)

8.

Hulle pluk mooi, vars blomme vir hulle ouma. (Gister)

9.

Die meisies het die blomme in ‘n blompot gesit. (Vandag) 11


J.

VERBIND TELKENS DIE SIN MET DIE VOEGWOORD TUSSEN HAKIES.

1.

Mandy het ‘n babasussie. Sy is baie lief vir haar. (en)

2.

Dit is ‘n bietjie koel. Sy trek vir haar sussie ‘n trui aan. (dus)

3.

Hulle speel in die tuin. Hulle hou van die buitelug. (want)

4.

Hulle bly in ‘n huis met ‘n groot tuin. Hulle kan dikwels buite speel. (gevolglik)

5.

Mandy pluk vir hulle ouma blomme. Hulle is lief vir haar. (omdat)

6.

Sy pluk eers die blomme. Sy sit dit in ‘n blompot. (dan)

7.

Hulle ouma is baie lief vir haar kleinkinders. Sy bederf hulle. (daarom)

8.

Mandy se tannie-hulle woon in ‘n woonstel. Hulle het nie ‘n tuin nie. (dus)

9.

Haar niggie kom dikwels by hulle kuier. Sy kan in die tuin speel. (sodat)

10.

Die niggies speel lekker saam. Hulle is baie lief vir mekaar. (aangesien)

K.

SKRYF DIE SINNE IN DIE INDIREKTE REDE.

1.

Chrisna sê: “Ek is baie lief vir my ouma.”

2.

Sy vra vir haar ouma: “Kan ons weer in die vakansie koekies bak?”

3.

Haar ouma antwoord: “Ons gaan beslis weer heerlike koekies bak.”

4.

Haar boetie sê: “Ek hou van soetkoekies.”

5.

Ouma vra: “Sarel, wil jy ons help om koekies te bak?”

6.

Sarel vra: “Wie moet agterna die kombuis skoonmaak?”

7.

Ouma sê: “Almal moet help om die skottelgoed te was.”

8.

Chrisna sê: “Vele hande maak ligte werk.”

9.

Sarel sê: “Die koekies is heerlik.”

10.

Ouma sê: “Jy het ons mooi gehelp.”

L.

BEGIN DIE VOLGENDE SINNE MET: Nee, ___.

1.

Bly Mandy en haar gesin in ‘n woonstel?

2.

Woon haar grootouers saam met hulle in een huis?

3.

Sien hulle ooit die voëltjies in die bome?

4.

Pluk iemand die blomme in die tuin?

5.

Is daar nog blomme in die tuin?

6.

Is daar iewers ‘n hond in die tuin?

7.

Het Mandy ‘n ouer broer?

8.

Baklei Mandy altyd met haar sussie?

9.

Is Mandy die jongste kind in die huis?

10.

Is daar iets in haar gesin wat haar ongelukkig maak?

M.

ONDERSTREEP TELKENS DIE KORREKTE BETREKLIKE VNW.

1.

Mandy (wie / wat) in ‘n huis bly, speel graag in die tuin.

2.

Haar niggies (met wie / met wat) sy graag speel, woon in ‘n woonstel. 12


3.

Hulle speel dikwels in die park (wat / wie) naby hulle woonstel is.

4.

Die park (waarin / wat in) hulle speel, het ‘n groot grasperk.

5.

Mandy-hulle se huis het ‘n groot grasperk (op wat / waarop) hulle speel.

6.

Sy het ‘n ouma (vir wie / waarvoor) sy altyd blomme pluk.

7.

Chrisna (wat se / wie se) ouma al oud is, bak graag koekies.

8.

Sy het ‘n boetie (wat / wie) wat baie lief vir koekies is.

9.

Sy bak graag vir haar familie (wie / wat) lief vir soetgoed is.

10.

Ouma gee vir haar boksies (in wat / waarin) sy die koekies pak.

N.

VRA DIE VRAE WAAROP DIE ONDERSTREEPTE GEDEELTES DIE ANTWOORDE IS. BEGIN MET DIE WOORDE TUSSEN HAKIES.

1.

Mandy en haar gesin bly in ‘n huis met ‘n mooi tuin. (Wie)

2.

Mandy en haar gesin bly in ‘n huis met ‘n mooi tuin. (Waar)

3.

Daar is baie pragtige blomme en bome in die tuin. (Wat)

4.

Haar oupa en ouma woon naby hulle. (Wie)

5.

Hulle kan die voëltjies in die bome hoor fluit. (Waar)

6.

Mandy speel met haar suster in die tuin. (Met wie)

7.

Die kinders hou daarvan om buite te speel. (Waarvan)

8.

Hulle pluk mooi, vars blomme vir hulle ouma. (Wat)

9.

Mandy het nie ‘n ouer broer nie. (Wie)

10.

Daar is twee kinders in Mandy se gesin. (Hoeveel)

O.

VOLTOOI DIE BLOKKIESRAAISEL EN KYK HOE GOED JY GELEER HET.

Af 1. Jou ma se ma. 3. Jou ma se suster. 4. Haar man is dood. 6. Jou oom se dogter. 7. Sinoniem vir dood. 9. Jou pa se pa. 10. Hy het dieselfde ma en pa as jy. 11. As jy dieselfde naam as iemand het, is jy na hom ......

Dwars 2. Sy het dieselfde ma of pa as jy. 5. Sy is nog nooit getroud nie. 8. Jou ma en pa. 12. Sy het dieselfde ma en pa as jy. 13. Sy vrou is dood. 14. Nie meer getroud nie. 15. Jou oom se seun.

13


2. A.

KEN JY DIE VOLGENDE SOORTE HUISE? VUL DIE KORREKTE WOORDE IN.

townhouse flat boathouse castle hut house

B.

-

meent-of tuinhuis woonstel boothuis kasteel hut huis

cave double storyigloo tent shack camper -

grot dubbelverdieping igloe tent pondok woonwa

GEE DIE VERKLEINING EN DIE MEERVOUD VAN DIE WOORDE. Verkleining

Meervoud

Verkleining Meervoud

tuinhuis

______

______

grot

______

______

woonstel

______

______

dubbelverdieping

______

______

boothuis

______

______

igloe

______

______

kasteel

______

______

tent

______

______

hut

______

______

pondok

______

______

huis

______

______

woonwa

______

______

C.

VERDEEL DIE VOLGENDE WOORDE IN LETTERGREPE.

tuinhuis

kasteel

pondok

huise

woonstel

dubbelverdieping

woonwa

grotte

boothuis

igloe

hutte

woonwaens 14


alarm clock arm chair basin bathroom bed bedding bedroom bedroom suite bedspread blanket broom carpet ceiling cellphone chandelier chair couch crockery cupboards cups curtain cutlery dishes desk dining room dining room suite dish cloth entrance hall face cloth fork freezer fridge garage glass hair dryer iron ironing-board jug kettle kitchen

wekker leunstoel wasbak badkamer bed beddegoed slaapkamer slaapkamerstel deken kombers besem tapyt/mat plafon selfoon kandelaar stoel bank breekgoed kaste koppies gordyn eetgerei skottelgoed lessenaar eetkamer eetkamerstel vadoek portaal waslap vurk vrieskas yskas garage/motorhuis glas haardroĂŤr strykyster strykplank beker / melkbeker ketel kombuis

knife lamp lobby / porch lounge laundry lounge suite microwave oven mug painting pantry passage picture pillow pillow case plate portrait pot razor roof saucer sink sheet spoon stove study table teaspoon television tin toaster toilet towel tray vacuum cleaner veranda video machine wardrobe washing machine waste bin wastepaper basket

mes lamp portaal sitkamer waskamer /wasgoed sitkamerstel mikrogolfoond beker skildery spens gang prent kussing kussingsloop bord portret kastrol / pot skeermes dak piering opwasbak laken lepel stoof studeerkamer tafel teelepel televisie blik(kie) broodrooster toilet handdoek skinkbord stofsuier stoep videomasjien hangkas wasmasjien asblik snippermandjie

15


D.

GEE DIE MEERVOUD VAN DIE VOLGENDE WOORDE.

leunstoel

selfoon

lamp

skildery

plafon

mat

bank

sitkamer

prent

televisie

kandelaar

gordyn

sitkamerstel

kussing

videomasjien

yskas

bed

stoel

waslap

glas

mes

kastrol

dak

hangkas

blik

piering

stoof

snippermandjie

koppie

wasbak

E.

GEE DIE VERKLEINING VAN DIE VOLGENDE WOORDE.

leunstoel

stoel

lamp

skildery

plafon

mat

bank

sitkamer

prent

televisie

kandelaar

gordyn

sitkamerstel

kussing

videomasjien

wekker

bed

stoel

waslap

glas

mes

kastrol

dak

hangkas

blik

piering

stoof

snippermandjie

koppie

wasbak

yskas

selfoon

skeermes

tafel

handdoek

F.

VUL DIE ONTBREKENDE WOORDE IN.

Die plek waar ‘n mens w_____ is jou huis. Dit kan groot of _____ wees. Dit kan h_____ in die lug of l_____ op die grond wees. Jou huis is gewoonlik die plek waar jy saam met jou _____ woon. Daar is baie w_____ in ‘n groot gebou. In elke w_____ bly ‘n g_____. ‘n W_____ het ook, soos ‘n huis, ‘n hele paar (vertrek) _____. Ons kan sê dat dit ‘n klomp (huis) _____ onder een d_____ is. Om in ‘n w_____ te w_____ is (min) _____ werk as om in ‘n huis te _____. ‘n W_____ het al die (gerief) _____ van ‘n huis, alles is net baie (klein) _____ as in ‘n huis. Daar is (bed) _____, (tafel) _____ en ‘n klein (kombuis) _____. Omdat hierdie soort huis so (groot / klein) is, is daar gewoonlik nie baie (EEN WOORD:tafels, stoele banke ens.) _____ nie. G.

VOLTOOI DIE SINNE DEUR DIE KORREKTE TRAPPE VAN VERGELYKING IN TE VUL.

1.

‘n Hut is (klein) _____ as ‘n woonstel en ‘n huis is (groot) _____ as ‘n karavaan.

2.

‘n Woonstelblok is groot, maar ‘n kasteel is die (groot) _____ woning wat daar is.

3.

Ek wonder of ‘n igloe die (koud) _____ plek is om in te bly?

4.

Ek dink dit moet (lekker) _____ wees om in ‘n boothuis as in ‘n grot te bly. 16


5.

As jy in ‘n boothuis bly, kan jy die (vars) _____ vis vanaf jou voorstoep vang! 6.

Dalk is dit (gerieflik) _____ om in ‘n karavaan te bly.

7.

Wanneer jy met vakansie wil gaan, is daar niks (maklik) _____ as om net jou karavaan te hak en te ry nie.

8.

As jy een van die (geluk) _____ persone in die wêreld is, bly jy dalk in die (mooi) _____, (oud) _____ en (deftig) _____ kasteel ooit.

9.

Mense wat (lief) _____ vir die natuur as die stad is, sal verkies om in ‘n tent te bly.

10.

Tente is gewoonlik vir mense wat (naby) _____ aan die natuur wil lewe.

H.

KYK OF JY AL DIE VERSKILLENDE VERTREKNAME UIT DIE VOLGENDE BLOKKIE KAN BOU EN SKRYF DIT NEER.

1.

2. 3. 5.

4.

6. 8. 7.

1.

__________________

2.

__________________

3.

__________________

4.

__________________

5.

__________________

6.

__________________

7.

__________________

8.

__________________

Watter van die volgende items kry jy in watter vertrek?

Daar is een baie belangrike vertrek kort! Die prentjie en die raaisel sal jou help om die naam te vind: 9. Ek maak ‘n heerlike dis. Raai in watter vertrek ek is! __________________ 17


I.

VUL DIE ONTBREKENDE VOORNAAMWOORDE EN WOORDESKAT IN. O_____ kombuis is die hart van _____ huis. Dit is die vertrek in die huis waar _____ die graagste kuier. _____ ma is ‘n baie goeie k_____ en _____ maak die lekkerste k_____ in die hele wêreld. Ek en _____ suster (help / hulp) graag in die kombuis. Ma laat ons _____ om te bak en ____. Ma sê _____ moet net altyd die s_____ was, want ‘n (vuil / skoon) kombuis lyk altyd (netjies/ slordig).

J.

VUL DIE ONTBREKENDE WOORDE IN EN VERANDER DIE WOORDE WAAR NODIG.

Lindiwe se kamer is baie (netjies / slordig). Daar is ‘n mooi (sag) _____ b_____ in _____ kamer. Daar is ‘n (pragtig) _____ d_____ o_____ die bed. Op die bedkassie (langs / voor) haar bed, staan (‘n / die) bedlampie. Daar is ‘n p_____ van ‘n p_____ (teen / op) die muur bo die laaikas. Lindiwe is baie lief _____ lees, dus het sy ‘n (boek + rak) _____ vol (boek) _____ in _____ kamer. _____ hou daarvan OM (vroeg / laat) op _____ staan en daarom het sy ‘n w_____ OM haar wakker _____ maak. Daar hang (SINONIEM: pragtige) _____ g_____ voor die venster. Lindiwe is baie trots _____ haar mooi slaapkamer. K.

DOEN DIE VOLGENDE SINNE EN BEGIN TELKENS MET: Nee, ______

1.

Hou jy daarvan om te bad?

2.

Het jy al ooit in die bad geslaap?

3.

Hang jy altyd jou nat handdoek op?

4.

Het iemand my tandeborsel gesien?

5.

Was jy ooit ‘n vuil bad uit?

6.

Hou almal daarvan om te stort?

7.

Het jy alreeds badwater ingetap?

8.

Is daar êrens mense wat nie bad nie?

L.

DOEN DIE VOLGENDE SINNE SOOS AANGEDUI.

1.

Daar is ‘n leunstoel in die sitkamer. (Gister)

2.

Die mat in die sitkamer is baie sag. (Verlede jaar)

3.

Die kandelaar moet altyd blink. (In die verlede)

4.

Ek wil op die sagte bank slaap. (Gister)

5.

Daar is sagte kussings op die banke. (Gister) 18


6.

Ons moet die sitkamerstel skoonmaak. (Gister)

7.

Ek kan die lamp aanskakel. (Verlede week)

8.

Ons lees in die sitkamer. (In die verlede)

9.

Ek sit blomme in die pot. (Verlede week)

10.

Ons het ‘n mooi sitkamer. (In die verlede)

M.

KYK NA DIE PRENT EN VOLTOOI DIE SINNE DEUR DIE ONTBREKENDE WOORDE IN TE VUL.

1.

Hierdie huis het (3)_____ (verdieping) ______.

2.

Die s____kamer is op die grondvloer.

3.

Die s_______kamer en s_______kamer is op die (2de) ________ verdieping.

4.

Op die (3de) ________ vloer kry jy die k________ en die b________.

5.

Die gesin sit (aan/by) tafel en eet.

6.

Daar is ‘n h____ en ‘n p____ (op/teen) die muur.

7.

(Links/regs) van die tafel sit die gesin se _____. (Links/regs) van die tafel sien ons ‘n b____ in ‘n b_______.

8.

Daar is ‘n k______ op die s______ waarin die ma k_____ gekook het.

9.

Die vertrek langsaan is die b________ en iemand sit _____ die t_______.

10.

Bokant die w________ hang daar ‘n (spieel/spieël).

N.

GEE DIE KORREKTE VORM VAN DIE BETREKLIKE VNW. EN VUL DIE KORREKTE VOORSETSELS IN.

1.

Die kastrol (in + wat) die ma kos kook, is 2. ____ die stoof.

3.

Die tafel (langs + wat) die gesin sit, is hoog en die baba sit ___ ‘n babastoeltjie.

4.

Daar is ‘n stort __ die badkamer. In die stort is daar seep ___ die seepbakkie.

5.

____ die stort is daar ‘n handdoek (met + wat) jy jou kan afdroog.

6.

___ die muur ____ die wasbak is daar ‘n spieël (in + wat) jy kan kyk.

O.

KYK NA DIE HUIS IN DIE PRENT (IN VRAAG M) EN PRAAT MET JOU MAAT OOR WAT JY IN ELKE VERTREK SIEN. 19


P. Kyk hoeveel woorde jy m.b.v. die prentleidrade kan vind.

Nog leidrade: 1. In watter vertrek kry jy dit? 2. In watter vertrek kry jy dit? 3. …….. en vurk 4. Waar gebruik jy dit? 5. Waaruit drink jy dit? 6. Waarin maak jy dit? 7. In watter vertrek sal jy dit kry? 8. Waarop gebruik jy dit? 9. Waarin gooi jy afvalpapier? 10. strykyster en ……………. 11. Waarvan hang dit? 12. Dit gee vir jou lig terwyl jy lees. 13. Waar bêre jy dit? 14. In watter vertrek kry jy dit? 15. Wat noem jy dit?

16. 17. 18. 19. 20. 21. 22. 23. 24. 25.

Wat maak jou in die oggend wakker? ………… en stoel. Waar gebruik jy dit? Wat hang voor die venster? Waar gebruik jy dit? Waar bêre jy dit? Wat noem jy kussings, komberse, lakens ens.? ‘n Haarborsel en ……………………… ‘n Koppie en ………………… Waarin speel jy dit?

20


21


SkerpmakerB3  
Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you