Theewaterskloofgazette 08102013

Page 3

Tuesday 8 October 2013

Avril Young (64) het gesê sy glo nie die statistieke nie, maar aan die anderkant kan dit ook waar wees, want die misdaadsyfer is laag op Botrivier. FOTO’S: ERIEKA ROUX

News - Nuus

Johan van Niekerk (83) het gesê hy meen die statistiek klink onwaar. “Êrens praat iemand nie reg nie; die rekords is rompslomp.” Hy meen die polisie stel nie altyd belang om sake te ondersoek nie en selfs polisielede is by misdaad betrokke.

Jeanette Besuidenhout (40) stem nie saam met die stelling nie en sê misdaad het toegeneem. Sy reken baie mense meld nie altyd sake aan nie omdat hulle nie vertroue het in die polisie om die sake te ondersoek nie.

Overbergers sê misdaadstatistieke vertel nié die waarheid nie ERIEKA ROUX EN ORA LAUBSCHER

Suid-Afrika se jaarlikse misdaadstatistieke is verlede maand bekend gemaak. Erieka Roux, die Gazette se Botrivier-korrespondent, het by inwoners gaan hoor of hulle die statistieke vertrou. Volgens die meeste is dit nie ’n ware weergawe van misdaad in SuidAfrika nie. Ora Laubscher het met inwoners in Bredasdorp en Napier gesels. Uit dié gesprekke en ook in die landelike gebiede is die oorheersende gevoel dat statistieke mooi of lelik lyk op papier, maar nie noodwendig die werklike situasie weerspieël nie. Dat dwelms en probleme daarmee direk of indirek in die meeste gevalle ’n rol speel, is volgens die mense ’n feit. Daar is ’n moedelose gevoel wanneer na oplossings

gevra word. Die feit dat almal deesdae regte het en dat die regte van die oortreders dikwels swaarder weeg as dié van mense wat te na gekom is, word ook as ’n onoplosbare probleem ervaar. Mense is nie baie positief en opgewonde dat oplossings binne bereik is nie. Statistieke wat oud en stom is, staan op papier, maar dis aksies op grondvlak wat praat. Mense beskou statistieke as een ding en die probleme waarmee hulle op grondvlak worstel – “petty” diefstalle en die inbeweeg van oortreders in hul persoonlike ruimtes – as twee verskillende dinge. So het hulle waardering vir Napier se polisiekantoor wat so goed vaar op papier en eerste in die land gekom het, maar hulle wonder steeds hoe goed hulle werklik die publiek dien. Nog ’n inwoner het verwys na bure

Theewaterskloof Gazette

Dezareen April(46) stem nie saam met die statistieke nie. Sy meen misdaad het toegeneem, veral in die landelike gebiede. Sy ervaar dit as ’n gebore en getoë inwoner van Botrivier.

wat Saterdag vir die sesde keer onder gewoontemisdadigers – wat uiteindelik ook maar net vir dwelms steel – deurgeloop het toe hul skootrekenaar, wat pas deur die versekering vervang is, gesteel is. “Statistieke is een ding, maar probleme met dienslewering moet uitgesorteer word,” is sy mening. Vir nog ’n sakepersoon is statistiek reeds verouderd wanneer dit gepubliseer word en bevraagteken sy die geloofwaardigheid daarvan. “Daar moet meer vergelykend te werk gegaan word, en statistiek wat maandeliks ingestuur word deur stasies moet dadelik gepubliseer word – dan is dit geloofwaardig, nuut en vars. Die strategie moet verander word.” ) Ons hoor graag van lesers elders in die kontrei. Stuur ’n SMS aan 2518 en gee jou mening oor misdaadstatistiek vertrou.

3

Heinrich Bruintjies (27) sê hy glo die misdaadstatistiek wat bekend gemaak is, is korrek. Hy meen misdaad en armoede ontstaan weens werkloosheid.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.