Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 4 December 2012 | Tel. 028 214 1294

Stap teen geweld As deel van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders het die Caledon ACVV in samewerking met BADISA, die Caledon-polisie, Tafelronde ACVV, Uitsig-creche en Sonskynkleuterskool, op Donderdag 29 November die strate van Caledon ingevaar onder leiding van die VG Kerk se basuinkoor. Jennilee Henn, gemeenskapsontwikkelingsbeampte van die ACVV, sê hulle het die gemeenskap van Caledon bewus gemaak van die geweld en misdaad teen vrouens en kinders deur pamflette uit te deel. “Ons sal wil sien dat vrouens nie enige vorm van mishandeling duld nie en dat kinders ook beskerm word.” FOTO: ANNETTE THERON

Protesaksie rus op mespunt

CHARLOTTE LESCH EN ANNETTE THERON

“Môre gaan alle hel losbars.” Dít was Samuel de Koker, visepresident van die Black Association for the Wine and Spirits Industry (Bawsi), se opsomming van die beplande staking en protesoptrede wat vir vandag (4 Desember) deur plaaswerkers beplan word. Hy het gister vanuit De Doorns gesê 80% van die Wes-Kaap sal vandag gebuk gaan onder protes. Villiersdorp en Grabouw sal na verwagting definitief geraak word. ’n Persverklaring is ook van Mario Wanza, woordvoerder van die Koalisie vir Plaaswerkers, ontvang waarin hy sê plaaswerkers in verskeie gemeenskappe sal plaaseienaars sover probeer kry om ’n ultimatum te aanvaar om hul werkers R150 per dag te betaal. Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, het op sy beurt gesê die aksie gaan moontlik net vir een dag duur, mits ’n vergelyk tussen werkers en werkgewers getref kan word. Volgens De Koker, Wanza en Ehrenreich

het hoëvlaksamesprekings tot dusver nie tot ’n oplossing gelei nie. Luidens ’n verklaring deur Cosatu het hy en die Koalisie vir Plaaswerkers, Agri SA tot Saterdag om 18:00 kans gegee om met ’n oplossing vir die arbeidsgeskil vorendag te kom en word daar tans steeds met boere in sekere gebiede onderhandel. Ehrenreich meen egter Agri SA is gekant teen hierdie onderhandelings en kruip agter die minister van arbeid, Mildred Oliphant, se sektorale vasstelling weg. Agri SA was nie teen druktyd beskikbaar vir kommentaar hierop nie. Ook volgens De Koker was daar glo landbouverteenwoordigers wat by Saterdag se vergadering tussen ministers, vakbonde en nie-regeringsorganisasies uitgeloop het omdat sekere boere bereid is om R150 te betaal. De Koker sê landbou gaan nooit weer dieselfde wees nie en meen die dae is verby dat boere oor plaaswerkers se regte loop. Ehrenreich wou hom nie uitlaat oor of die stakings polities van aard is nie, maar sê wel dit sal landwyd wees, “omdat die kwessies onder plaaswerkers in die landbousektor landwyd aangespreek moet word”. Hy het dit duidelik gestel dit is die plaas-

werkers is wat vandag se staking roep en nie Cosatu nie. Ehrenreich doen egter ’n beroep op werkers om dissipline te handhaaf en om protesaksies vreedsaam te laat verloop. Die Wes-Kaapse departement van rampbestuur sê hulle is tog op ’n gereedheidsgrondslag en monitor voortdurend die situasie. “Ons het 22 vliegtuie en vier helikopters wat gereed is om bystand te lewer en brande te blus,” het Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, gesê. Die departement resorteer onder sy portefeulje. Volgens die departement word veral De Doorns, Ashton, Montagu, Wolseley, Ceres, Riebeek-Kasteel, Grabouw en Villiersdorp fyn dopgehou. Deurlopende koördinering vind ook met plaaslike owerhede plaas. ’n Nodale punt is ook by Tygerberg-hospitaal opgestel waar akkurate inligting deurgegee kan word sodat dit ter voorbereiding aan belanghebbendes versprei kan word. ’n Tolvrynommer, 086 014 2142, is vir dié doel beskikbaar gestel. Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, het verlede week ’n beroep op die nasionale minister van verdediging, Nosiviwe Noluthando Mapisa-Nqakula, gedoen om die weer-

mag te ontplooi. Volgens die departementele woordvoerder, lt. Romeo Mabote, sal die weermag net ontplooi word indien die SAPD hul ondersteuning benodig. Intussen blyk dit dat nie alle verteenwoordigers van plaaswerker-organisasies om dieselfde vuur sit nie. Bawsi se De Koker het Wanza byvoorbeeld as ’n “kontroversiële” man afgemaak wat nié die plaaswerkers se stem verteenwoordig nie. Wanza, voorheen hoof van Proudly Manenberg, sê hy is as woordvoerder vir die Koalisie vir Plaaswerkers aangestel. Hy was voorheen hoof van die ANC-tak in Wynberg en was ’n onafhanklike kandidaat vir die Manenberg-area in die mees onlangse plaaslike verkiesings. Wanza was ook betrokke by diensleweringsbetogings in Grabouw in Maart vanjaar deur sy organisasie Communities for Change. Wanza sê hy is tans betrokke deur die herstigte United Democratic Front, wat ’n aktiewe tak in Villiersdorp het en nou met plaaswerkers in hul stryd saamwerk en dat dit nie net tot een area beperk is nie. “Ons (die UDF) sal bystaan waar ons kan.”


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 4 December 2012

Let the festivities begin! 6 Desember

) Alkoholiste Anoniem vergadering om 19:00. NG Kerksaal Napier. Navrae Willie 082 332 8454.

15 Desember

) Bredasdorp-motorklubwedren. Navrae: Derick Taljaard 082 891 1096.

20 Desember

) Bloedskenk vanaf 15:00 in NG Kerk-sentrum.

22 December

) Caledon Community Market in Plein Street Enquiries: Helga Schöfmann Cell. 084 460 9897

Visitors to the Theewaterskloof region can expect markets and more with the ever-popular Things I Love Market at Gabrielskloof near Bot River on 14 and 15 December and the return of the Moonlit Markets on 21 December and 4 January 2013 in Villiersdorp promising food and festivity under the stars. The Caledon Oesfees on 14 and 15 December is another family friendly event, this one

featuring Kurt Darren and Monique. Not to mention the regular Saturday morning markets in Greyton. Mountain bikers and their families will also descend on Dirtopia from 14 to 17 December near Greyton, for a weekend of endurance races, fun rides and food in the great outdoors. Whilst in Elgin, there is a great programme of shows for this year’s Paul Cluver Amphitheatre Concerts, including Prime

Last chance to enter ) Daar is sleutels opgetel in Fresiastraat in Tuinsig in Caledon. Die sleutels is tans by die Gazette se kantoor op die hoek van Plein en Yorkstraat waar dit afgehaal kan word. ) Op Dinsdag 4 Desember om 19:00 vind die N.G. kerk in Greyton se slaglam-veiling plaas. ’n Ligte ete en kontantkroeg sal beskikbaar wees. Vir verdere navrae bel Patat Fourie by 082 5999 732. ) The Caledon Community Market on 22 December is for anyone from the Theewaterskloof towns who would like to sell handmade/home made produce (food), crafts or art. Contact Helga Schöfmann on 084 460 9897 or email helga.sebastian@telkomsa.net for an application form before 18 December.

The winner of the Gazette photo competition will be announced in the last edition of the Gazette. This is your last chance to enter. The winning image should capture the

essence of the beauty of our region. Send entries to kontreinuus@ com2000.co.za. The winner will win a case of wine, sponsored by the Bot River Winemakers’ Association.

This photo was sent to us by Dixie Cornell. She says it was taken in their beautiful garden in Bot River. “I was inspired by the cerise colour and the mountains in the background made it extra special.” She says she was also inspired by the beautiful shape of the rose.

JOU VERLORE VRIEND?: Ken iemand die hondjie? Sy is jonk, liefdevol, spelerig, baie goed met ander honde en goed versorg maar Caledon-dieresorg vermoed sy is al geruime tyd verlore want sy was baie honger en dors toe sy gevind is. Indien sy iemand s’n is bel Rita Hanekom by 076 520 8010.

Circle and Elvis Blue. The Cape Country Meander is famous for its quaint country restaurants and farmstalls so there will be no shortage of padkos, and plenty of chances for visitors to stop and stretch their legs. For more on the Cape Country Meander and its forthcoming events, please visit www.thecapecountrymeander.co.za, facebook on The Cape Country Meander and twitter @capemeander.

Nuwe Venster amptelik oop Die Venster-restaurant in Caledon spog nou met ’n splinternuwe eienaar en ook ’n nuwe laag verf. “Ons het ’n nuwe spyskaart en gaan fokus op tradisionele boerekos, eie aan die Overberg,” het Mariëtte Emin, die

nuwe huurder, gesê. Dié restaurant open nou soggens om 06:30 en is heeldag lank oop vir ontbyt, middagen aandete. “Dit is nie nodig om te bespreek nie; ons deure staan altyd oop,” het Emin gesê

Die Venster Restaurant in Caledon het Vrydag (23 November) amptelik geopen. Die Overberg Onderwysdistrik-personeel het gaan saamkuier. Hier 9s (van links) Berlitia Vollenhoven, Sybil Lee, Marjorie Hendricks, Geraldine Gertse en Vernon Koen. FOTO’S: ANNETTE THERON

Caroline Olckers van Genadendal het op 27 November haar 60ste verjaardag gevier. Haar seun, Alrado, het dié dag saam met sy ma gevier.

Die splinternuwe kombuis-personeel by die Venster-restaurant is (van links) Mariska Borian, Mariëtte Emin (die nuwe huurder) Mictas Fielies, Christelle Emin en Machelle en Cornel Groenewald.


Tuesday 4 December 2012

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

AWB wil veld wen in TWK Ongeluk eis verkeersman ANNETTE THERON Die Afrikaner-weerstandsbeweging (AWB) in die Wes-Kaap het onlangs by die Theewaterskloof Gazette se kantoor in Caledon kom besoek aflê om hulself voor te stel en bekend te maak dat hulle hul volgende jaar daarop wil toespits om hul ledetal drasties uit te brei en om die “Boerenasie” te bemagtig om homself te verdedig. Hulle wil graag soveel boere moontlik bymekaar kry in die TWK-gebied ten einde inligtingsessies aan te bied. Leiers van dié omstrede paramilitêre organisasie het verskeie dorpe besoek waar daar onlangs plaaswerkerprotes was en dié boodskap aan lede en potensiële nuwe lede gebring. Politieke leiers en kenners waarsku egter dat rassespanning kan vererger as ekstremistiese politieke groeperings veld wen. Johann Spies, AWB Wes-Kaap-bevelvoerder, sê hulle het die dorpe besoek waar daar onlangs gestaak, geplunder en brande op plase en by besighede gestig is, en “báie groot” reaksie op plekke soos Caledon, Villiersdorp, Riviersonderend en Grabouw, asook elders, soos op Bonnievale, Montagu, Robertson, De Doorns en Ceres, gekry. “Ons het ook ons belangstellendes vertel wat die AWB se plan vir 2013 is.” Hulle wil vergaderings in verskillende dorpe belê waar hulle dié nuwe konsepplan wil verduidelik – opleiding aan boere, vroue en kinders om hulself te verdedig teen enige aanval wat op hulle gerig is, asook die drastiese vergroting van hul ledebasis. “Indien daar weer ’n massa-optog is, moet die Boerenasie saamstaan. Dis al hoe ons die protesteerders gaan keer.” Hy het dit egter pertinent gestel dat dit nie hulle doel is om geweld aan te blaas nie. “Ons is daar om te beskerm in gevalle van lewensgevaar. Ons sal nie eerste die sneller trek of skiet of slaan nie.” Hy beskryf self die organisasie, wat volgens die leierskap sowat twee miljoen lede het, as paramilitêr, maar sê hulle bied slegs beskerming aan lede deur middel van telekommunikasie soos radio- en telefoonstelsels. Dit werk soos ’n buurtwag en Spies sê in ’n noodsituasie hoef die lid slegs ’n knoppie te druk en hy sal te hulp gesnel word. Hy sê 80% van sy lede is voormalige weer-

mag- of polisielede en gespesialiseerde paramilitêre en hulle bied opleiding by onder meer die Wenkommando, Lugvleuel, Watervleuel, vragmotor-afdeling en motorfietsvleuel. “Die ystergarde bestaan uit mans en vroue met uiters gespesialiseerde kennis. Elke dorp het ’n AWB-verteenwoordiger.” Spies bevestig die AWB is steeds ’n wit organisasie , hoewel daar ook ’n bruin organisasie, die Kleurling-Weerstandsbeweging (KWB), apart van die AWB, gestig is. Manie Damon, ANC-voorsitter in die Overberg-streek, het in reaksie op die AWB se besoeke gesê mens kan nie die land terugvat na die apartheidsdae toe nie. “Dié land is vir almal, ongeag jou kleur of jou ekonomiese situasie. Almal weet die blankebevolking is in die minderheid, maar ons sê nie daar is nie plek vir die blankebevolking nie.” Hy meen die AWB moet nie die boere beskerm nie. “Ons het wetstoepassingsorganisasies in die regering wat die rol vervul. As die AWB die boere beskerm, gaan hulle die plaaswerkers beskerm? Hulle is duidelik nie vir anderskleuriges nie, net vir blankes.” Hy bevraagteken voorts die AWB se agenda en is van mening dat hulle moontlik plaaswerkers se lewe in gevaar stel. Hy sê plaaswerkers is nie ’n politieke probleem nie, maar ’n sosiale een. “Hulle verdien te min geld en dit is die kruks van die saak. Suid-Afrikaners moet besef almal het ’n verantwoordelikheid om van ons land ’n sukses te maak.” Christelle Vosloo, DA-voorsitter van die Oosstreek, het by navraag gesê die DA kan hom nie uitlaat oor die lede-aktiwiteite van enige ander party of politieke beweging nie. Frans Cronje, adjunk-uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge, sê dis die norm dat ekstremistiese politieke partye betrokke raak wanneer gemoedere hoog loop. “Dit versoorsaak gewoonlik ’n groter probleem, want mense beweeg verder van mekaar af weg.” Hy sê wat tans op plaaslike vlak gebeur, gebeur ook op nasionale vlak. “Die jeugliga van die ANC is ’n voorbeeld hiervan en dis leierskap wat mense meer uitmekaar ruk as bymekaarbring. Dis ’n korttermynopsie en nie langtermynleierskap nie.”

3

’n Inwoner van Grabouw en lid van die Kaapstadse-metropolisie, Anthony Oktober (35), het verlede Woensdag in ’n motorongeluk in die Helderberg gesterf. Hy was van diens af. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in ou Sir Lowry’s Passweg gebeur. Oktober het van ’n jaareindfunksie in Sir Lowry’s Pass af gekom en was in sy privaat motor na Somerset-Wes onderweg. Volgens ’n ooggetuie, Carl Bosch, het Oktober glo teen ’n baie hoë spoed gery. Hy het beheer oor die motor verloor toe dit oor ’n spoedhobbel in die pad gery het. Die motor van Anthony Oktober wat op Woensdag 29 November gesterf Nadat dit teen die grens- het ná hy glo beheer oor die motor verloor het. FOTO: VERSKAF muur van die Fernwood-sekerheidskompleks gebots het, het dit volgens wekte persoon was en dat hy sy opgewektheid Bosch van die muur af “geskiet” en twee keer sal mis. Wayne le Roux, hoof van die Kaapstadse-memet die neus in die grond geploeg voor dit op ’n elektrisiteitstasie beland het met die neus tropolisie, het gesê Oktober se dood bring groot hartseer, is ’n groot verlies en dat hulle sy famiin die rigting van Sir Lowry’s Pass. Volgens omstanders het Oktober nog geleef lie in hul gebede het. Hy het bevestig dat Oktober van diens af was toe hulle op die toneel gekom het, maar het hy ten tyde van die ongeluk. minute later gesterf. Volgens Le Roux het Oktober in Januarie Geskokte kollegas was ook vinnig op die toneel, maar wou nie met die media praat nie. 2002 by die metropolisie begin werk en was hy Een kollega het wel gesê dat Oktober ’n opge- tot met sy dood in Khayelitsha gebaseer. .

Dranklisensies Vanaf 14 Desember tot 7 Januarie sal geen aansoeke vir tydelike dranklisensies by die Caledon-polisiekantoor ontvang word nie. Aansoeke kan weer vanaf 8 Januarie 2013 ingedien word.


4

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 4 December 2012

Oorledene ná twee maande te ruste gelê

Kalmte gevra Gemoedere loop steeds hoog in die Wes-Kaap ná die onlangse protes-aksie van plaaswerkers wat hoër lone eis. ’n Vakbond-leier het gesê dis ironies dat plaaswerkers, wat bydra tot die primêre produksie en kos op ander se tafel sit, self nie genoeg kos en basiese geriewe het nie. Hy het gesê 80% van die Wes-Kaap sal vandag aan protes-aksies deelneem en dat landbou nooit weer dieselfde gaan wees nie. Dit bly ons hoop by die Gazette dat alle rolspelers sal voortgaan met samesprekings en die plofbare situasie deur middel van effektiewe kommunikasie ontlont.

As eienaar van Tobias Broers Begrafnisdienste het ons onlangs besluit om ’n kis te skenk vir die begrafnisdiens van wyle Eva Smit wat op 2 November by Chavonnesweg Begraafplaas plaasgevind het. Die reëlings was getref deur onsself, asook deur Kallie Papier (wyk 3-raadslid) van die Theewaterskloof-munisipaliteit. Die oorledene, wat al twee maande gelede te sterwe gekom het, kon in vrede tot rus gelê word. Die rede vir hierdie vertraging was as gevolg van onvoldoende finansies deur die

Smit-familie, maar oplaas kon die Smit-familie met geruste harte in vrede voortgaan met hul lewens weens die toewyding en bystand van mnre. Tobias en Papier. Ons dank aan die Overberg-gemeenskap vir hul ondersteuning aan Tobias Broers Begrafnisdienste tot dusver. Dis te danke aan ons Hemelse Vader en word opreg waardeer. Dankie nogmaals en ons beloof om u in die toekoms tot die beste van ons vermoëns te kan assisteer in u tyd van beproewing.

DANIE TOBIAS, Tobias Broers

What about taking up journalism, Mr H? No, they are no saints, as Mr Hendricks scoffingly refers to them, merely a body of concerned volunteers caring for animals and bringing instances of abuse to the notice of the public in a bid to stem the tide of maltreatment and abuse (Gazette, 27/11/2012). Of course, Mr Hendricks cannot expect the Gazette to compile a weekly list of abusers of animals and humans. The paper will have to triple its staff to realise

such a feature. But nothing prevents Mr Hendricks from offering his services to the Gazette. Judged by his regular negative comments, he has both the potential and leisure to make a roaring success of such a venture. I’m sure the Gazette would jump at the opportunity to employ a lay journalist with a nose as sensitive for man’s weaknesses as Mr Hendricks.

SKIM DU PLESSIS, Caledon

Wees altyd dankbaar 1 Thes. 5:18 “Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. Dankbaarheid is een van die drie elemente van aanbidding en ons Hemelse Vader skryf dit hoog aan. Hy het nog nooit daarvan gehou as ons ondankbaar is nie, want ondankbaarheid is in werklikheid ongeloof in God. ’n Dankbare hart maak die deur oop vir God se seëninge. As ons kan leer om God te dank te midde van moeilike omstandighede, sal ons vind dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, deel van ons lewe sal wees. ’n Dankbare gesindheid is soos medisyne vir die hart en siel – dit bring genesing voort. Die Israeliete het 40 jaar in die woestyn geswerf, hoofsaaklik as gevolg van hul ondankbaarheid, terwyl hul binne 14 dae in hul beloofde land kon gewees het. Ondankbaarheid beroof jou van God se seëninge en maak ook jou oë toe vir ander se behoeftes. Kom ons maak dit ’n lewenstyl om God altyd te dank. Seënwense vir die week.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

Dis weer Oestyd Van Mei tot November het die maande omgegaan. En nou breek oestyd mos alweer aan. Maar in oestyd hoop mens mos elke dag. Dat daar ’n heerlike sonskyn wag. Met alles wat jy op die lande doen. Maak die omgewing vir maande lank groen. Maar die graan is nou ryp en reg vir oes. En in die mooi weer gaan dit sommer woes. Ons hoop weer op ’n goeie oes vanjaar. En binnekort is julle klaar. VOORSPOED BOERE.

Grootste dag wag Ons gevoel verander aan die einde van die jaar. Ons voel dis rustyd die jaar se werk is klaar. Maar in Desember breek die grootste dag mos aan. En daarvoor moet ons nou eers na die winkels gaan. Kersfees natuurlik is daar die dag. En ’n klomp geskenke lê en wag. Die kinders wag dat Kersvader moet kom. En almal gee so baie vir hierdie dag om. En die volgende dag is dit verby. Maar saam met die familie voel almal nog bly. ’n Geseënde Kersfees aan u almal

GERHARD DE BRUYN, Caledon

Lizette Swart van Caledon het uit haar eie sak lekkergoed-pakkies opgemaak vir die inwoners van Tafelronde Herberg. Sy wil ook graag op Sondag 9 Desember vir hulle ’n Kersete kook en indien enige iemand bereid is om te help met kos-items vir die ete, kan hulle Lizette by 079 300 3009 bel. FOTO: ANNETTE THERON

Column

An uncanny sense of kinship with proteas

Woke up to a few irksome intrusions this morning: On the radio came the news that the Proteas (the batting variety) were getting whacked at the Waca – 97 for 7 as I write(later proving to be a mere hiccup!); then the water from the mountain stopped flowing, forcing me to walk up to the weir to check the pipes. Wading through the fynbos and thinking about the Proteas turned my mind to proteas in general, and suddenly I felt this uncannily potent sense of kinship with them and all their kind, straining against the first strong southeaster of the season along with me. But first a little preamble. I know that genetics and the dreaded E-word are anathema to many otherwise tolerant, intelligent folk, who seem to feel insecure enough about their own provenance to be exercised by the merest hint of a bond between us and our natural world. I almost lost the valued friendship of a person, with whom I felt encouraged to

share a few of my opinions about the nature of this primal solidarity between all living things: the fact that the mechanism of descent in almost all creatures is based on just one biochemical process, the replication of DNA. I was talking about the discovery that chimp DNA is 98% identical to our own, which made her frown. I tried to sugar the pill a bit; “See the bright side of it – without that extra 2% you and I could have been sitting in a zoo or a lab or swinging through the jungle in Burundi.” No luck. I tried a more comforting angle, the fact that we share only 40% of our DNA with the lowly carrot. Surprisingly she found this even more subversive. Finally I resorted to a dirty, rotten stratagem, of which I am not at all proud. “Say you are (Heaven forbid!) assaulted and the only way of identifying the culprit among the suspects is a DNA match between his blood and that on your clothing. Would you stand up in court and reject this

evidence and spare the suspect because you do not believe in the test?” “I see where you’re going,” she replied severely, “and I won’t be drawn”. Okay. Reading the morning paper over a cup of coffee, I found an article dealing with the present near-epidemic of Parkinson’s. Scientists have now found (what I long suspected) that, apart from a genetic predisposition, those people who for years saturated their living spaces with all those supposedly benign insecticides to assassinate every crawling, flying or skulking creature are generally more prone to this dreaded disorder. Buddhists I think believe that the way you deal with the earth and all the things in and on it, living or dead (yourself included), decides your own fate.

You do harm to something or somebody by your thoughts or actions, and it will surely rebound on you, not as punishment or retribution, but simply because that is the way the universe restores the natural order of things. Om. -fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 4 December 2012

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

5

Nuwe inkopiesentrum soek naam

These happy cows thoroughly enjoyed the cool water of the Bot River near the single lane bridge last week. PHOTO: AVRIL YOUNG

Alle leerlinge in Theewaterskloof, Napier en Bredasdorp word uitgenooi om deel te neem aan die Gazette en Harry Viljoen Eiendomme se “gee die inkopiesentrum ’n naam”-kompetisie. Een gelukkige leerling en hulle skool kan wegstap met ’n kontantprys van R10 000 as hulle naam gekies word. Die leerling wat as wenner aangewys word, sal met R5 000 in kontant wegloop en die skool waar die leerling onderrig word,

sal ’n verdere R5 000 ontvang. Dink aan ’n gepaste naam vir die inkopiesentrum met Pick n Pay as ankerhuurder. Name vir die mall moet fokus op ’n kombinasie van plaaslike historiese, kulturele en geografiese aspekte, pertinent tot Caledon. Probeer om nie meer as drie woorde te gebruik nie. Sms jou naam-keuse na 33765. ’n SMS kos R1.50. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Dinsdag 29 Januarie 2013.

Wen R5 000 vir jou en jou skool in die kompetisie om ’n naam te kry vir nuwe mall.

Ons boer op jou voorstoep ...

Links na regs: Nico Loock, Provinsiale Landboubestuurder, Wes-Kaap. Eben Klopper, Hoof, Besigheidsbankdienste, Wes-Kaap. Jaco Jordaan, Verhoudingsbestuurder Caledon, Bredasdorp en Grabouw. Stephan van der Merwe, Besigheidssentrumbestuurder, Suid-Kaap.

Waarom jy Standard Bank Landbou moet kies? • Uitstekende diens is ons eerste prioriteit • Ons prioritiseer besigheidsverhoudinge • Ons spesialis landbouspan verstaan jou besigheid • Ons ontwikkel leiers in landbou • Die Standard Bank handelsmerk is gebou op vertroue • Ons bied landbougerigte finansiele produkte vir jou unieke besigheid.

Gemagtigde finansiëledienste-verskaffer en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15) Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Reg.no. 1962/000738/06). SBSA 130511 – 11/12

Standard Bank is baie opgewonde oor die uitbreidingsgeleenthede wat landbou bied en erken die belangrike rol wat landbou as ‘n strategiese sektor in die plaaslike ekonomie speel. Kontak Jaco Jordaan op 084 252 5251 vir meer inligting.


6

Advertisement - Advertensie

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 4 December 2012

THE CALEDON

CHEREE

ADAM

ec 20 D Sat 15

12 RREN

KURT DA

MONIQUE

DIE FEES VIR DIE HELE GESIN! KOM KUIER SAAM. KAARTJIES BESKIKBAAR BY

WYNA

ND

OF BY DIE CALEDON HOTEL

VOLWASSENES R100 I KINDERS 13 – 17 R50 | KINDERS ONDER 13 GRATIS

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

08 Sterfgevalle Death Notices

FAMILIEKENNISGEWINGS

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

07 Gelukwensing Congratulations

MONDIGWORDING MIKE JULIES 28/11/12. Jare van buitengewone wonders lei U my seun Mike Julie gebore 28 November 1991 die toekoms in van volwassenheid. Jy, ons seun, wat vreugde en geluk in die lewe van die Abrahams gesin gebring het. Vier ons dit met liefde saam op jou 21ste verjaarsdag. Beste wense voorspoed en geluk vir die toekoms wat voorlê. Gale Julies & Abrahams familie.

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES SUSANNA FREDERICKS 29/09/54-26/11/12. Eggenoot, Mamma & Ouma skielik heengegaan. Ons gaan jou verskriklik mis, maar jy weet dat ons baie lief was vir jou. Ons gun jou die hemelse rus en ons weet daar wat jy nou is is geen trane of pyn. Rus in vrede. Liefde Eggenoot, kinders, kleinkinders & skoon familie.

FOREVER MEMORIES. Kontak Sharon Burger vir alle foto-albums en scrapbooking toebehore. Tel. 028-212 2631/083 293 5301. PADSTAL/RESTAURANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

34

1141

Spyseniering Catering OVERBERG CATERING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 113

te Huur/to Hire KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

Algemene Dienste General Services AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028-212 1775 / 082 969 0975. ELEKTRIESE MOTOR HERBEDRADING EN HERSTEL. Josie de Kock Werkswinkel het Gareth Booi aangestel (13 jaar ondervinding). Kom loer gerus in vir gratis kwotasie en bil like pryse. Gareth 073 709 6180.

EIENDOMME PROPERTIES CALEDON SKAKELHUIS te huur. Tweeslaapkamer huis volledige badkamer, kombuis & sitkamer. Koopkrag. R3500. Beskikbaar 1 Januarie. Skakel 082 923 7481.

171

Woonstelle te Huur Flats to Let

17 Begrafnisdienste Funeral Services

Anré BEGRAFNISDIENSTE Tel: 086 722 7706 (24hrs) 3 Pleinstraat Caledon, 11 Argonstraat Hermanus, 26 Hoofweg Riviersonderend, Hoofweg Grabouw, 65 Hoofweg Gansbaai, George Viljoenweg Hawston, 5 Voortrekkerstraat Ceres, Spar Sentrum Kleinmond. 24 UUR DIENS MET TROTS

MOTORS VEHICLES 159

Motors te Koop Vehicles for Sale 24/7 CASH for your Bakkie or Car. Just SMS or PHNONE 072 620 1126.

EENSLAAPKAMER WOONSTEL naby middedorp. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 028 214 1649.


Tuesday 4 December 2012

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

Singapoer roep Ovies Laerskool Overberg is deur Sam Wong, skoolhoof van Canberra Primêre Skool in Singapoer, genooi om gedurende Julie 2013 saam met Canberra aan ’n musiekkonsert deel te neem. Die beheerliggaam van Laerskool Overberg

het besluit dat klein Ovies hierdie geleentheid beslis moet aangryp. Behalwe die musiekkonsert waaraan die leerlinge gaan deelneem, gaan hulle ook deel van die daaglikse onderrig in die skool wees en hokkie- en sokkerwedstryde teen die gasheer-skool speel. Die leerlinge sal ook besienswaardighede in Singapoer besoek.

Agter is Ruan Lahmohr, Mené Groenewald, Lara Burger, Marla Huisamen, Britney Philander en Nevé Schagen. In die middel is Michael Delport, Emma Walker, Nicholas van Rensburg, Lientjie van Niekerk, Barend du Toit, Marcel Pheiffer en Leon Calitz. Voor hurk Robin Hess, Amy Adonis en Jesua Lourens.

GR.7’S GROET: Ná 12 dae van eksamen skryf, is dit amper tyd vir vakansie. By Laerskool Overberg se gr. 7-afsluitingsfunksie is daar stories vertel oor die leerlinge se “jong”-dae en hoe die waardes wat by klein Ovies aan die kinders geleer word, hulle in die toekoms sal dra. Die leerlinge het ’n vaarwel-liedjie gesing waarna ouers en leerlinge in ’n gesellige luim verkeer het. Van links is Canwill Louw, Sebastian van Vlaanderen, Dwayne Sauls, Justin Arendse en Justin Claassen. FOTO: HELGA SCHÖFMANN

NEE VIR GEWELD: Swartberg Sekondêre Skool, tesame met die Caledon-polisie, het Vrydag 23 November ’n bewusmakingsveldtog gehad om die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders te vier. Hier is leerlinge met plakkate om verdere bewusmaking te skep.

MERIETE: Dié leerlinge, almal in gr. 7, het ’n merietetoekenning in al nege leerareas tydens Laerskool Overberg se prysuitdelingsfunksie ontvang.Van links is Marina du Plessis, Anri Matthee en Lynn Fisher.

BLOKFLUIT:Vier musiekleerlinge van Hannali Schreiber het onlangs Unisa se blokfluiteksamen afgelê. Hulle het almal met eervolle vermelding geslaag. Drie van hulle is leerlinge van Laerskool Bredasdorp, terwyl Duneshia Bogenhagen ’n leerling van Hoërskool Bredasdorp is. Van links is Jo Sheasby (Graad 3 blokfluit), Hannali Schreiber, Catharina Zieff (Graad 2 blokfluit) en Nelma Roodman (Graad 2 blokfluit). Inlas: Duneshia Bogenhagen (Graad 2 blokfluit). FOTO: VERSKAF

STEAK STACK + HUNTERS GOLD

R96

Make a reservation now on 028 214 5311 | The Caledon Casino, Hotel and Spa www.thecaledon.co.za

Terms & Conditions Apply.

Drink Responsibly. Not for Sale to Persons Under the Age of 18.


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 2 • Dinsdag 4 Desember 2012 | Tel. 028 214 1294

Rûens Kollege het op Napier ’n krieketwedstryd gaan speelteen’ngemengdespan onder leiding van Frank Hawks. Aangesien die senior spelers klaar is, het Wouter Niehaus die jonger manne ingespan met die oog op volgende jaar. Dit het baie goed gegaan en na ’n heerlike middag van krieket en goeie gees tussen die manne, het Rûens die wedstryd gewen. Baie dankie aan Frank Hawks vir die uitnodiging en vir al sy insette in Napier se seuns. Dit is ’n uitsonderlike gebaar van hom.

Op Vrydag 9 November het Rûens Kollege ’n baie suksesvolle swem-gala aangebied. Elf skole was teenwoordig en daar is selfs ’n nuwe 100m-item bygevoeg om die standaard te verhoog. Rûens Kollege se swemmers het uitstekend gevaar met sewe eerste plekke, ses tweede plekke en vier derde plekke.

Tel: 023 347 3987/ 023 342 6581

Crown Textured 20L

R450 Crown Roof Paint 20L

R480

Caledon se gholfdag Caledon-gholfklub het op Saterdag 24 November hul heel eerste Meesters-gholfdag aangebied en ten spyte van ander groot kompetisies op die omliggende bane het daar 15 plaaslike en besoekende spanne vir die kompetisie ingeskryf. Die spelers moes ’n stormsterk wind met gepaardgaande buie baasraak en dit was die ‘ou meesters’ wat die manne ’n gholf les geleer het met die span van Tobias Begrafnisdienste wat Ariel Hugo (middel), klubkaptein van Caledon-gholfklub, oorhandig die eerste die kompetisie gewen prys aan die wenners van die Caledon-meesters gholfdag, Ivan Benjamin, Arthur het met 99 punte. Die Benjamin, Edward Newman en Danie Tobias. span bestaande uit Danie Tobias, Ivan Benjamin, Arthur Benjamin individueel uitgeblink om hul voorgee onderen Edward Newman het uitgeblink om op die skeidelik met vyf houe elk te klop. Die span van Caltex Caledon het derde geëinstableford-sametelling-formaat as wenners gekroon te word. Individueel het Ivan Benjamin dig met hul telling van 93 punte. Die span het sy voorgee met vyf houe geklop terwyl Tobias bestaan uit Ariel Hugo, Frank Abrahams, en Newman hul voorgee onderskeidelik met se- Randall Newman en Linston Manuels. Tydens die dag is die spelers met ’n natgat we houe elk geklop het. Die Home-Boys-span, bestaande uit Jeremy Prins, Jonothan McPher- trakteer deur The Barn Restaurant en die Black son, Lennert October en Garfield Hendricks, Sheep Restaurant, van Caledon Casino Hotel & het tweede geëindig met hul telling van 96 pun- Spa, het ’n potjiekos-aandete na afloop van die te. Ook hier het veral October en McPherson prysuitdeling vir die spelers voorgesit.

On Tuesday 20 November the closed Spar tournament was held. This event attracted 36 players for the evening game. The winning team was Jacqui Ferencak, Anton Booysens and Chris de Jager. With them is Louis Jordaan from Caledon Spar. The bowling club had another win on Saturday 24 November, when the Caledon team won the Villiersdorp Trekkers tournament. The team consisted of Nico Kriel, Unis and Jos van der Westhuizen and Piet Louw. PHOTO: DIANNE QUINN

Theewaterskloof Gazette 4 Dec 2012  

Theewaterskloof Gazette 4 Dec 2012

Advertisement