Theewaterskloof gazette 3 dec 2013

Page 8

8

Theewaterskloof Gazette

General - Algemeen

Tuesday 3 December 2013

Stranding van die Meermin in 1766 ná muitery ’n Groot aantal skepe het oor die jare aan die Suid-Kaapse kus gestrand, maar een van die vreemdste strandings was dié van die Meermin in 1766. In opdrag van die HOIK vertrek die skip onder bevel van kaptein Muller na Madagaskar om slawe vir die Kapenaars te bekom. Op 20 Januarie het hulle met 140 slawe van Toulier na die Kaap vertrek. Volgens voorskrif moes die slawe geketting onder dek bly, maar op die oop see het skipper

Muller besluit om hulle los te laat. Die mans het skeepswerk gedoen en die vroue is soms gevra om te sing en te dans. Op 18 Februarie is die slawe gevra om assegaaie skoon te maak en hulle het die kans gegryp om hulle vryheid te herwin. Die offisiere aan dek is doodgesteek. Die matrose het na onder gevlug, ander teen die voormas op. Laasgenoemde is later doodgesteek of oorboord gegooi. Die kaptein en ander was vir drie dae onder vasgekeer. Hulle laat toe ’n vaatjie kruit ontplof en stuur ’n boodskap aan die slawe dat hul-

le moet vrede maak of die skip sal opgeblaas word. Hulle willig in op voorwaarde dat die skip omdraai Madagaskar toe. Bedags vaar die matrose toe suid die oop see in en snags weer so reguit as moontlik Kaap toe. Drie dae ná die vrede was hulle by Kaap Agulhas. Die slawe dink toe dis Madagaskar en omtrent sestig van hulle gaan aan land. Die bemanning plaas toe ’n boodskap in ’n bottel wat gelukkig dadelik strand toe spoel waar boere wat die skip dopgehou het, dit in die hande kry. Hulle steek toe vure aan soos in die bottel versoek is.

Die res van die slawe wou toe vinnig land toe en in plaas van om met roeibote te gaan, kap hulle die ankertoue af en die Meermin begin land toe dryf waar sy haar te pletter loop op die skerp rotsriwwe. Die res van die slawe is ontskeep en saam met dié wat in die veld gevang is — ’n totaal van 112, is saam met die bemanning en die skeepsgoed wat van die wrak gered kon word, op gehuurde waens na die Kaap geneem. Kaptein Muller is van nalatigheid skuldig bevind en uit die diens van die VOC ontslaan.

Aan die woord: Radio Overberg se eie immergroen Pof ORA LAUBSCHER Pof wag ons in by die stasie se gesellige ontvangslokaal op Bredasdorp, kaalvoet met ’n beker stomende filterkoffie in die hand.

REDUCED SCHOOL FEES: Greyton House is pleased to announce that it has reduced its fees for the gr. 0 nursery / pre-school class in 2014. This is due to restructuring of the pre-school curriculum and, in line with trends elsewhere, reduction of the school day to four hours a day (from 08:00 to 12:00, as opposed to 08:00 to 13:00). Greyton House principal Erith Harris says: “We hope the revised fees and new pre-school hours will assist many parents with young children. Visiting an orchard, this group of Greyton House littlies enjoy a well-earned break from their vantage point. PHOTO: JENNY DUNCAN

as ’n musikant”, iemand wat al beskik hy nie soseer oor deskundige musiekkennis nie, tog ’n onblusbare passie het vir musiek luister en ook musiek maak as die geleentheid homself voordoen. Omdat Pof tydens die programme wat hy aanbied baie moet gesels en dit oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe, lees hy ontsettend baie. In sy “ander werk” hou hy oog oor onder meer ’n paar gastehuise op een van die omgewing se oudste plase. Dit bring hom ook daagliks in aanraking met die natuur wat hy as ’n onuitputlike bron van inspirasie ervaar. Volgens Pof is dit net mooi die rede waarom dit vir hom moontlik is om soggens 5:00 “met ’n lied in die hart” op te staan en reg te maak vir sy werk by Radio Overberg en dan “met nog ’n lied in die hart” plaas toe te vertrek. Miskien is dit die rede waarom ’n mens nadat jy na een van Pof se programme geluister het, ook sommer met ’n huppel in die stap en so “’n lied in die hart” gevoel wegstap!

Wanneer luisteraars daagliks – behalwe op Sondag - douvoordag inskakel op “Radio Overberg”, is die stem wat Overbergers so skuins anderkant 6:00 heel eerste groet en welkom heet, dié van die immergroen omroeper van die mees suidelike radiostasie in die land. Hy staan so 5:00 op en stap dan met dapper en stapper – verkieslik sonder skoene – tot by die radiostasie in Langstraat, Bredasdorp. Pof beskryf homself as ’n “a Jack of all trades”. Hier waar hy homself op dié oomblik in tyd op sy lewenspad bevind, begeer hy niks meer begeer nie – hy is in sy eie woorde “totally happy” met dit waarmee hy homself hier besig hou. Dis nou die geleentheid om te kan kommunikeer met en uitreik na mense van oraloor en die feit dat hy na hartelus musiek kan maak en ook daaroor kan gesels. Te danke aan die modern tegnologie kan mense van so ver as Londen, Dubai en Nieu Seeland, en so naby as Namibië en Clocolan ook saamgesels en saamluister. En waar kom hierdie liefde vir mense en musiek vandaan? Vir Pof is daar niks lekkerder nie as om met mense te gesels en te sosialiseer nie – die einste rede waarom hy al die “gesels op die lug” tydens programme so geniet. As boorling van ’n plaas in die Boesmanland ken Pof egter ook van swaarkry, droogtes en veral afsondering. Die gesin Louw het kleintyd al van Carnarvon na Pofadder verhuis, waar sy ouers en later ook hyself, met dorperskape geboer Die stem van Pof Louw is die eerste een wat luisteraars hoor wanneer het. Radio Overberg se uitsendings vroeg-oggend afskop en dikwels ook Sy liefde vir musiek die heel laaste een wat laatnag groet! “Pof Ontplof” wat van soggens het hy volgens hom van van 06h00 tot en met 07h00 op die lug is, is ’n lekker op en wakker sy ma geërf wat “n ge- gesels en musiek program – net die ding om al wat ’n Overberger is, weldige goeie stem ge- behoorlik wakker en uit die vere te kry! Na “Pof gesels”, wat Maandae had het” en sy vaardig- tussen 19h00 tot en 21h00 uitgesaai word, verwys hy trots as “sy vlagskip heid met die ghitaar het program”. Dis een groot saamgesels lekkerte van begin tot einde waar hy maar met die jare op daar oor enige iets onder die son gesels word, “net nie oor politiek sy manier opgetel en of godsdiens nie”! Hierbenewens bied Pof ook nog verskeie musiekprovervolmaak. gramme aan wat oor die hele musiek spektrum strek, van jazz, boeremuHy beskryf homself siek, country – sy persoonlike gunsteling – tot kontemporêr, Afrikaans as “eerder ’n performer sowel as Engels!


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.