Issuu on Google+

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 3 December 2013 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Nuwe leiers vir Protea Primêr LEIERS VIR 2014: Protea Primêr op Napier het Woensdagaand 13 November hulle jaarlikse diplomaplegtigheid in die Volhoustraat gemeenskapsaal gehou. By die diplomaplegtigheid is Protea se hoofseuns en hoofmeisies aangekondig. Saam met die skoolhoof James Salmoen is van links, Luvamdré Swanepoel, onder-hoofseun, Rashieda Louw, hoofmesie, Rowan Galant, hoofseun en Tiffany Mentoor, onder-hoofmeisie. FOTO: ORA LAUBSCHER

Riviersonderend na OB oor ‘swak’ watergehalte ANNETTE THERON “Dit is met groot teleurstelling dat ons na vyf jaar met dieselfde waterprobleme op Riviersonderend sit.” Clive Sandenbergh, voorsitter van die Riviersonderend Belastingbetalersvereniging, het in Maart vanjaar ’n klagte by die Menseregte-kommissie (MRK) oor die gehalte van drinkwater in Riviersonderend ingedien. “Maar na blaaie vol notas gemaak is, het ek ’n brief gekry waarin hulle sê die aangeleentheid word na die openbare beskermer as ’n diensleweringskwessie verwys.” Sandenbergh sê water word steeds uit die ergbesoedelde Sonderendrivier gepomp en beweer dit word met aluminiumsulfaat behandel. Hy sê net voorverlede week is daar weer baie aluminiumsulfaat gebruik om water te suiwer, want mens kon dit glo ruik. “ Terwyl die mense in gesag hulle hande in onskuld was, begrawe ons weekliks inwoners op die dorp wat van kanker sterf.” Hy sê hy wens daar was ’n manier om onteenseglik te kan bewys dat die kanker deur THM (Trihalomethane) wat inwoners deur die drinkwater opneem, veroorsaak word. “THM is ’n kankervormende bestanddeel wat ontstaan as chloor met die organiese materiaal in die water verbind. Dit is 10 000 keer meer giftig as chloor alleen. In die VSA is dit bewys deur navorsing op rotte dat Trihalomethane kankervormend is.” Sandenbergh sê hulle is in besit van toetse deur Abotts, die amptelike toetser van water, dat hoë vlakke van e.coli van tussen 300, 500

en selfs so hoog as 2 600 per 100 ml water aandui. Die toetse het ook aangedui dat ontlasting Coliform-tellings so hoog soos 57 600 per 100 ml water is. “Alhoewel die syfers wat ek deurgegee het ’n jaar oud is, is dit die syfers wat aan die MRK deurgegee is. Die vlakke verskil wel van maand tot maand, afhangende van die reënseisoen en hoeveel besoekers Greyton ontvang, aangesien hul verouderde rioolwerke nie met die influks van besoekers aan die dorp kan byhou nie.” Hulle is verder bekommerd oor die uitvlokmiddel wat gebruik word om water te reinig van organiese materiaal en beweer dit veroorsaak kanker. Voorts is hulle bekommerd oor die pyplyn tussen die nuwe en ou rioolwerke en met Desember op hande loop die riool in die rivier uit wat volgens hulle gesondheidsgevare inhou. Sandenbergh sê die pyplyn is 60 jaar gelede aangelê en ná baie jare van bergwater wat daardeur gevloei het, is dit nie in ’n goeie toestand nie. Hy sê hulle het TWK gevra om die pyplyn oor ’n periode van vyf jaar te vervang, wat dan die koste oor vyf jaar sou versprei. Hy sê tot op hede is net ’n kort gedeelte van die pyp vervang en is geen geld beskikbaar vir hierdie projek in volgende jaar se begroting nie. Sandenbergh sê hulle ontvang tans water deur die reggemaakte pyplyn teen ’n tempo van 6 liter per sekonde, ’n tekort van 412 kl per dag. Hy meen water word tans uit die hoogsbesoedelde Sonderend-rivier gepomp. “Die rivier vloei verby Greyton, wat ’n verouderde rioolstelsel het wat nie kan voorsien in die behoeftes van die dorp nie, veral gedurende die reën- en toerismeseisoen nie.”

Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die TWK-munisipaliteit, het by navraag gesê dit blyk dat Riversonderend Belastingbetalersvereniging na data van rouwater-ontledings wat gereeld gedoen word, verwys. “Dit blyk ook asof hulle na die bevindinge van ’n redelike ou verslag verwys.” Sandenbergh meen Stiffie Cronjé is wel deeglik bewus van die probleem op Riviersonderend. “Om dit af te maak as ou syfers is bloot oneerlik. Dit is ’n foefie om die probleem te probeer ontduik, eerder as om dit op te los.” Cronjé sê die munisipaliteit het ’n watersuiweringsaanleg en voorsien van daar af water wat gereeld ontleed word. “Geen ontledings klop met die beweringe van die belastingbetalersvereniging nie. Uitslae van 6 November 2013 dui aan dat die water aan die departement van waterwese se norme voldoen; asook aan waterwese se norme vir Klas 1-water. Geen van die maandelikse verslae van gesuiwerde water onderskryf die belastingbetalersvereniging se beweringe oor vlakke van e.coli en Coliform nie.” Hy sê die uitvlokmiddel wat in die suiweringsproses gebruik word, voldoen aan alle vereistes en is reukloos. Hy sê die reuk is moontlik weens geosmin – ’n stof wat vrygestel word wanneer sekere soort alge afsterf. Dit kom algemeen in damme voor, maar is totaal onskadelik vir mens en dier. “Aangaande die pyplyne het Theewaterskloof net een rioolwerke op Riviersonderend, en is dit onseker waarna die belastingbetalersvereniging verwys. Opmerkings oor die ouderdom van die pyplyn is reg, maar die munisipaliteit vervang gereeld dele wat so verweer is dat

dit dienslewering kan benadeel. Die opmerking dat Theewaterskloof die pyplyn oor ’n periode van vyf jaar sou vervang en daarvoor begroot het, is verkeerd. Die gemiddelde lewering van die pyplyn was in November 7.4 F/sekonde en voldoen gemaklik in die dorp se behoeftes. Reservoirvlakke was in November 2013 by twee geleenthede, waarskynlik weens kragonderbrekings, laer, maar nooit minder as 40% nie en is binne 12 uur herstel. Die reservoirvlakke is meestal tussen 90 en 95% en die reservoir loop vinniger vol as leeg.” Cronjé sê die munisipaliteit is bewus van die kwaliteit van water in die rivier. “Greyton se rioolwerke het ’n minimale invloed op die kwaliteit van Riviersonderend se water. Die uitvloei van water is klein en slegs ’n fraksie bereik die Sonderend-rivier. Die suiweringsaanleg is in staat om besoedelde water uit die rivier te suiwer en is juis daarvoor ontwerp.” Cronjé sê voorts alle water vir huishoudelike gebruik (ook in Riviersonderend) word minstens een keer per maand getoets deur ’n geakkrediteerde laboratorium van AL Abbott om seker te maak dit voldoen aan die vereiste en hierdie inligting is beskikbaar op aanvraag, maar word ook tydens die SLA-vergaderings ter tafel gelê. Cronjé sê dit blyk die openbare beskermer is tevrede met die verslae en inligting wat hulle vanaf TWK ontvang het en daarom nie die Riviersonderend Belastingbetalersvereniging se klagte teen TWK verder gaan ondersoek nie. Die kantoor van die openbare beskermer het by navraag gesê die aangeleentheid is op hul agenda vir bespreking, maar was nie bereid om verder kommentaar te lewer nie.


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Karen to rock the roof off at casino

3 Desember ) NG Kerk Greyton – Slaglam veiling om 19:00 by Caledon Gholfklub. Navrae Patat Fourie 082 599 9732.

6 en 7 Desember ) St.Peter’s Sondagskool bied Funfair op Botrivier-rugbyveld aan. ) Smul & Chill-aand. NG Kerk, Greyton om 18:00 in die kerksaal. Navrae ds. Greeff 082 936 3462.

20 Desember ) OASE Dienssentrum Xmas Ball met Elginaires. Kaartjies R60.

22 Desember )VGK Caledon Kerssangdiens om 19:00 deur VGK Caledon Kerkkoor.

Big news for rock lovers: SA’s rock chick, Karen Zoid, will give one concert in Worcester on Sunday 15 December at the Golden Valley Casino and only over 18s are allowed. Karen will mainly be singing songs from her latest album, Zoid Afrika, as well as some of her hits. Enjoy Karen Zoid doing what she loves best, from 20:00 at Winners Bar. Tickets are R80 each and are obtainable from the Golden Valley Casino Cash Desk. Phone 023 348 7200 for more information. Early booking is advised for what promises to be a sold-out concert.

ACVV KEER DIE SEER PROJEK: As deel van die 16 dae van aktivisme veldtog gemik op geweld teen vrouens en kinders, het die peuters van die ACVV Tafelronde creche in Uitsig op 28 November ook hulle stemme laat hoor. Die 175 kleuters was almal in wit en blou aangetrek.

Program se honderdtal Karen Zoid will be performing in Worcester on 15 December.

Dankseggingsdiens vir past. Hoffmann MAURINA PETERSEN Op 3 November het die Ambassadeurs vir Christus van Riviersonderend ’n dankseggingsdiens gehou om dank te betuig aan pastoor Kenny Hoffmann en sy vrou vir die jaar se ondersteuning, liefde en passie wat hulle uitdra om die woord van die Here te bring aan vriend en vyand. Die gemeente wil sy hande ten alle tye hoog hou omdat hy hulle altyd deurdra en so baie opoffer. Pastoor Kenny en sy vrou woon in Caledon.

Tuesday 3 December 2013

Radio Overberg het verlede week die 100ste uitsending van hulle gewilde landbou program By die Plaashek gevier. Elke Vrydag gesels Pierre Vlok oor aktuele landbousake van die week en die nuutste markpryse. Hierdie program is elke Vrydag om 13:00 uitgesaai. Die program word ook herhaal op ’n Sondag om 16:00. Gideon Joubert bied op Woensdagoggende die ontbytprogram, Klein Saterdag aan. Dit is van 07:00 tot 09:00, net nadat Pof jou 06:00 wakker gemaak het. Gideon het ’n nuwe rubriek begin, Viervoet. Hy gesels elke Woensdagoggend om 08:30met Winnie Chaplin van die Animal Anti Cruelty League. As daar nog enige diere welsynsorganisasies is wat belangstel om deel te wees van hier-

die program, kontak gerus die radiostasie by 028 424 2877. Elke Vrydagaand om 20:00 bied Deon Ahrends Breyani aan. Dit is een van die gewildste programme op Radio Overberg. Moet ook nie Saterdagaand 19:00 ZX Dan se Golden Oldies mis nie.

) The Overberg Petcare Society will have a spay clinic and sterilisation of male and female dogs in Bot River on Thursday 5 November. For more information call Jenny Gird on 084 582 0549 . ) Rope of Hope funksie: Die Bybel praat oor Eerste Liefde in 1 Joh 4:19: Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. Ook, in Openbaring 2:4: Maar Ek het dit teen jou, dat jy jou Eerste liefde verlaat het. Die interkerklike Dankfees wat op 8 Desember gehou word by Megapark in Bredasdorp, gaan ’n dag van omgee wees. ’n Heerlike Overberg-skaapvleisie en ’n verskeidenheid bykosse vir net R5. Dit maak mos glad nie sin nie. Die kos is duidelik meer werd as dit waarvoor jy betaal. Is dit nie presies so met Sy Liefde vir elkeen wat Hy gemaak het nie? Voordat ons Hom kon liefhê het Hy ons lief gehad. Genoeg om voor te sterf. Hy het vooruitbetaal, sodat jy Vrede en Hoop kan hê. Dis die rede vir die saambind van die “Rope of Hope”. Mense se pienk lappe het die boodskap gehad dat hulle omgee en saam wil staan teen iets wat roof en vernietig. Ons het nou al die lappe versamel en alle los lappe sal op Sondag 8 Desember bymekaar gebind word. Hierdie sal ’n simbool wees van ons Eenheid in die Liefde van Jesus Christus. Hy, wat ons eerste liefgehad. In Hom lê ons Hoop! Die pienk lappe word hierna geskenk aan gemeenskapsprojekte, soos “Hug a baby” en verwerk in artikels, as inkomste vir die opbouing van die gemeenskap. Almal wat betrokke wil wees, kan Louise Willemse bel 079 177 7855. ) Gabriëlskloof, the awe-inspiring wine cellar on the out-

skirts of Bot River in the Overberg, will be transformed into a festive and fun “happy place” when its fourth annual Favourite Things Market will add some colour, creativity and charm to the silly season on Friday 13 December and Saturday 14 December. Ranging from prized Kokkedoor koeksisters and home-made pestos to fresh oysters and bubbly, this authentic and trendy market showcases more than 30 passionate producers who will make, bake, curate, craft, sew and share their seasonal delights for you to stock up in style. With beautiful tables brimming with organic produce, local cheeses, artisan beers, real Dutch stroopwafels, handmade butter, cured meats and much more, this let’s-get-together-and-revel-inall-things-beautiful-and-favourite feast is ideal for that last minute Christmas shopping. With the soulful sounds of the French accordion and jazzy tunes of Tim Burnz wafting through the air, guests can browse the enticing stalls and shop to their heart’s content. Or relax on the lawn after a game of pétanque while the young ones enjoy the jumping castle and other fun activities in the estate’s chapel – think of it as a special and blessed kiddies area. The market kicks off on Friday 13 December, at 17:00 – 21:00. The magic will be repeated Saturday 14 December, 11:00 – 18:00. For information about the 2013 Gabriëlskloof Favourite Things Market call Nicolene Finlayson at 082 852 6547, email nicolene@ gabrielskloof.co.za or like their Facebook page. ) NG Kerk Greyton hou hul jaarlikse slaglamveiling op Dinsdag 3 Desember om 19:00 by die Caledon Gholfklub. Hierdie is gewoonlik ’n ideale geleentheid om die vrieskas vol vleis te maak vir die Kerstafel en alle belangstellendes is welkom. Vir navrae bel Patat Fourie by 082 599 9732 of Gielie Viljoen by 082 929 7076.

Agter van links is Jan Wilskut jr., Elizabeth le Roux, Gerald Nelson, Oscar Lamoer en Rodney Mentoor. Middel: Martha Johannes, Sophia Mentoor, Ellen Hill, Maria Oerson en Poppy Wilskut. Voor sit Jan Wilskut sr., Freddy Appel, past. Kenny Hoffman, Sharon Hoffman, Christina Williams en Charles Louis. Afwesig: Chrissie Johannes, Sara Philander, Dina Appel, Sylvia Fluks, Anneli Willemse en Mattheus Willemse. FOTO: MAURINA PETERSEN

Gazette closes for holidays

028 312 2870

3113 LD 1CBWGK06E

The Gazette office will close on Friday 13 December and reopen on Wednesday 8 January. The advertising deadline for the 17 December issue of the Gazette will be Thursday 12 December at 16:00. Editorial submissions (photos, letters, articles) should be sent by no later than 10:00 that Thursday. Should you wish to submit news during the holiday period, visit www.bolandgazette.co.za and become a citizen journalist.

OFFICE 24, ASTORIA VILLAGE, MAIN ROAD, HERMANUS


Tuesday 3 December 2013

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

Grabouw must sign up ANNETTE THERON

Motoriste van Caledon meen dié spoedbord is nie opsigtelik genoeg om aan te dui die spoedgrens is 80 km/uur in plaas van 100 km/uur nie.

Spoedboetes op N2 teengestaan ANNETTE THERON

Motoriste wat dikwels oor Houwhoekpas ry, is warm onder die kraag oor spoedlokvalle daar, asook ’n padteken wat glo nie duidelik sigbaar is nie. Hulle meen die 80 kilometer per uur-padteken wat by ’n aansluiting vanaf Hermanus op die N2 staan, kan nie gesien word deur motoriste wat uit Caledon se rigting ry nie. Boonop het ander motoriste die geldigheid in twyfel getrek van boetes wat op Sondag 25 Augustus uitgereik is omdat ’n munisipale verkeersbeampte glo nie die voorgeskrewe uniform aan gehad het nie. Die Gazette het advokaat Christhénus van der Vijver by die Direktoraat van Openbare Vervolging gevra of motoriste klagtes gelê het en ook of die spoedteken op die N2 wettig is. Van der Vijver het bevestig dat hul kantoor ’n klagte ontvang het oor wetstoepassing ten opsigte van spoedoortredings in die Houwhoekpas op Sondag 25 Augustus. “Na ’n ondersoek deur my en konsultasie met die relevante rolspelers van die Theewaterskloof- munisipaliteit, het ons opdrag gegee dat slegs die sake wat tydens die oggendskof van 07:30 tot 14:00 geregistreer is, mee voortgegaan mag word. Die ander sake wat op dieself-

de dag in die pas geregistreer is, moet onmiddellik teruggetrek word. Ek is meegedeel dat desondanks dié kantoor se opdrag op 26 Augustus dat daar geen prosessering van hierdie sake moes plaasvind nie, die verkeersdepartement steeds kennisgewings uitgereik het.” Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van Theewaterskloof-munisipaliteit, het by na-

vraag hieroor gesê sake van 25 Augustus is met advokaat Van der Vijver uitgeklaar. “Alle sake is voortgesit behalwe dié wat die middag van 25 Augustus deur ’n wetstoepassingsbeampte hanteer is wat nie in volledige uniform geklee was nie.” Hy sê voorts sake wat spruit uit spoedoortredings die oggend van 25 Augustus en dié van die middag wat deur ’n ander wetstoepasser hanteer is, is voortgesit. Van der Vijver sê voorts onder geen omstandighede mag wetstoepassing deur kameras geskied waar daar nie ’n kamerateken aangebring is wat motoriste se aandag op hierdie

feit vestig nie. “Ek stem verder saam dat volgens die foto (hierbo) die 80 km-teken van toepassing is op motoriste wat vanaf Hermanus aansluit. Indien dit dus die enigste teken is wat vir motoriste aandui dat die spoedbeperking 80 km per uur in die pas is, is dit totaal onvoldoende vir motoriste wat vanaf Botrivier se rigting kom.” ’n Inwoner van Caledon wat ’n boete ontvang het, het op 2 en 3 Oktober daar gery, vas onder die indruk die spoedgrens is 100 km/h. Groot was sy ontsteltenis toe hy twee boetes ontvang wat aandui hy het die spoedgrens oortree. “Ek is ’n wetsgehoorsame burger, en hou altyd by die spoedperk. Ek was onder die indruk dat die spoedperk op dié deel van die N2 100 km/uur is. Cronjé sê die kamerabordjie is op 23 Oktober vanjaar verwyder. “Dit is nie seker wie die bordjie verwyder het nie, maar dit is weg. Die afleiding is dus dat dit wederregtelik verwyder is.” Sedert die verwydering van die spoedgrensbord is geen spoedlokvalle op daardie deel van die pad gehou nie. Die munisipaliteit het Sanral, wat verantwoordelik vir instandhouding langs nasionale paaie is, versoek om weer die kamerabordjie te plaas, waarna spoedlokvalle kan voortgaan. “Die munisipaliteit meen die spoedbord dek die N2.”

Mark Townsend urges the community to hand out petition forms to as many interested people as possible. Petition forms can be obtained from him by emailing mark@tenderscan.co.za or from the Theewaterskloof Gazette’s offices.

Hazardous N2 roadworks ANNETTE THERON A missing warning sign and the absence of chevrons on a concrete barrier where roadworks are currently being completed on the N2 has a local resident worried about accidents and near-misses that can be prevented. The roadworks are close to the Villiersdorp turn-off and were the cause of two accidents over two consecutive days in August, when trucks could not navigate the sharper bend that had been created by the roadworks. Bot River resident Avril Young, a frequent user of the road, says a crucial warning sign on the bend approaching the roadworks has been missing for almost a week. Only the pole on which the sign was erected remains. Also, a concrete barrier has been

placed in the middle of the road – with no chevrons. “I am especially worried about the holiday season, when unsuspecting travellers are confronted with this very poorly marked and laidout detour,” Young says. She is also concerned about the missing chevrons on the barrier at night. She says that judging by the numerous skid marks on the tar as well as the rubber marks on the wall, there must be regular accidents or near-misses. “How many lives will be lost or influenced after accidents here before the detour is changed, allowing long trucks to get around the sharp bends without having head-on collisions?” The Gazette contacted Mulelo Giba, provin-

The petition that has been started for a passenger train service to return to the Overberg has been well supported. “We do, however, need more signatures from Grabouw,” says Mark Townsend, chairperson of the Bot River Aesthetics Committee. Townsend says the response to the train petition has been “phenomenal”. “As we would like to submit the train Petition to PRASA by Friday 6 December, it would be greatly appreciated if you could hand in any petition forms either to myself or Thea Swanepoel of the big house next to the Boeremark in Bot River, or to the office of the Theewsaterkloof Gazette on the corner of Plain and Yorke Streets in Caledon,” Townsend says. Further delivery points are Van Pittius Irrigation in Sir Lowry’s Pass Village and Houwhoek Inn. Petition forms are also available at the office of the Theewaterskloof Gazette. For further information, contact Townsend on 082 337 8135.

PHOTO: ANNETTE THERON

The missing sign on this pole has a local resident worried about the safety of road users during the festive season. PHOTO: AVRIL YOUNG cial traffic chief, to find out when the missing sign would be replaced and whether or not lights will be put on the barrier. He was unable to comment at the time of going to print. His comment will be published in the Gazette once received.

3


4

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 3 December 2013

MEC enjoys Bredasdorp ANNETTE THERON On Monday 18 November, Dr Ivan Meyer, Western Cape MEC for Cultural Affairs and Sport, paid the Western Cape’s southern-most municipality a visit.

With the Liefdesnessie wall of remembrance at the back, another memory was made when Dr Ivan Meyer met Johnnie Siljeur, who won a gold medal at the recent national Golden Games, where he represented Bredasdorp and Western Province. PHOTOS: ORA LAUBSCHER

His first stop was the office of the Cape Agulhas Municipality, where he met with the municipal council to discuss matters of common interest. After the tea break, the ministerial party, accompanied by various councillors including Richard Mitchell and Dirk Jantjies, visited

the Bredasdorp Public Library and the Shipwreck Museum – both local centres of cultural enrichment. The MEC’s portfolio includes matters of cultural interest as well as sport. For this reason, visits to Naas Vermaak’s Southernmost Foundation and the Liefdesnessie Seniors Club were added onto the itinerary. Naas Vermaak launched his very successful foundation in Bredasdorp some years ago. It aims to empower youngsters by encouraging them to take control of their lives and the environment through cycling, which they

can eventually take up as a sporting activity of their choice. Being an enthusiastic cyclist himself, the project was of special interest to Meyer. At Liefdesnessie, Johnnie Siljeur – a National Golden Games gold and silver medal winner – awaited the MEC. Meyer also dropped in at Ons Huis, where he met the oldest residen – the 95-year old Amos Karelse. In conclusion, a meeting was held in the Bredasdorp Library in Oude Meule Street, where a hearty welcome awaited the party.

Dr Ivan Meyer, Western Cape MEC for Cultural Affairs and Sport, with the staff at the Shipwreck museum. ’n Spannetjie van Ruens Kollege wat saam met hulle juffrou persoonlik hulle klas se bokse kom aflewer het. FOTO: ORA LAUBSCHER

Suidpunt maak harte oop vir Santa Shoe Box-projek ORA LAUBSCHER

Dr Ivan Meyer greets the oldest resident at Ons Huis, Amos Karelse (95), during his visit to the old age home.

PUIK DIENS: Natasha Abrahams het op 27 November 15 jaar ononderbroke diens by Kekkel en Kraai gevier. Haar kollegas sê sy het nog altyd haar werk met groot entoesiasme aangepak en is ’n ware staatmaker. Natasha geniet die respek van al haar kollegas. Van links is AP en Irene Marais, eienaars van Kekkel en Kraai, met Natasha in die middel. Sy het ’n horlosie as blyk van waardering van die eienaars ontvang. FOTO: YVETTE VERMEULEN

In 2012 het Sarie Momsen en haar gesin uit die Noorde na die Suidpunt verhuis. Saam met haar het haar jarelange ervaring van projekbestuur en uitreik na gemeenskappe en kinders gekom wat sy sonder versuim weer hier by ons kom inploeg het. Een van dié projekte was die Santa Shoe Box-projek, ’n projek van nasionale omvang wat uit en uit op gemeenskapsondersteuning staatmaak. Elke jaar deel hulle aan kinders van vooraf-geselekteerde skole of sentrums kersgeskenke in die vorm van voorafverpakte Santa Shoe Boxes uit. Aan die einde van 2012 is daar onder meer uitgereik na die leerders van die Agulhas Vaardigheidskool op Napier. Vroeg in 2013 het die oproepe weer vanuit die kantore van

Sarie en haar medewerkers uitgegaan om skouer aan die wiel te sit met die voorbereiding van “bokse” vol kers verrassings. Aan die begin van November het die eerste voltooide en pragtig versierde bokse by die ontvangslokaal in Bredasdorp begin aankom en daardie eerste oomblikke is soos in 2012 by Sarie se huis vasgevang. Hierdie keer is daar egter op die terrein van Agri Overberg ’n spesiale lokaal daarvoor ingerig. Kyk ’n mens na die gesigte van die “ontvangende dames” is dit duidelik dat ouderdom nie ’n faktor is wanneer dit by die oopmaak en ontvangs van geskenkpakkies gaan nie. Die leerders van Struisbaai Noord en Protem wat dié jaar gekies is om geskenkpakke te ontvang, het op 26 November en 29 November besoek van Kersvader en die Santa Shoe Box-span ontvang.

Oudleerlinge besoek Napier ORA LAUBSCHER Teenwoordig by die prettige ouwêreldse sang geleentheid by die Napier Retirement Village Saterdag 23 November – die laaste kulturele item op die Napier 175 feesprogram – was ’n paar skoliere van die ou Napier Skool. Saam met Eksteen Odendaal was daar ook twee voormalige hoofmeisies, een matrikulant en een “juffrou” in die gehoor.

Oudleerders by ’n foto van die ou skool teen die muur in die agtergrond van links is Betsie Wessels wat in 1974 hier begin skoolhou het, Alco (Wessels) Rodseth 1950 se hoofmeisie, Eksteen Odendaal die laaste hoofseun, Michilina van Dyk die hoofmeisie van 1848 en heel regs Ansie Keyter wat in 1952 daar matriek geskryf het. FOTO: ORA LAUBSCHER


Tuesday 3 December 2013

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

5

Bot River neighbourhood watch praised AVRIL YOUNG AND ERIEKA ROUX A cross-section of the Bot River community attended the Bot River Neighbourhood Watch’s (BRNW) AGM on Tuesday 19 November at St. Peters Church. The guest-speaker was Sandra Japhta, chairper- Wo. Kevin Abrahams of the loson of the commu- cal police thanked the neighnity police forum bourhood watch for their excellent service. in Grabouw. She was very enthusiastic about her topic, which focused on the importance of a well-organised neighbourhood watch in a community. She stressed the importance of good communication between the forum and the police and said both parties should work together according to the terms and conditions set out in the constitution. She said she wished all the neighbourhood watches in the Theewaterskloof municipal area were as well organised and enthusiastic as the BRNW. Thereafter it was time for the election of the committee. The same committee was unanimously re-elected: Johan de kock (chairperson), Stella Jeffree (secretary), Johnny Swanepoel (vice chairperson). They are supported by the same additional members as last year. Warrant Officer Kevin Abrahams expressed his gratitude to the BRNW for assisting the police in making Bot River a safer town.

Rape Crisis joined the Department of Correctional Services and the South African Police Service (Saps) at the Nelson Mandela Community Hall for the launch of the 16 Days of Activism campaign. The launch was attended by many members from the local community. Rape Crisis counsellor, Eleanor Williams, shared important information about Rape Crisis and the objectives they hope to achieve. In addition to this, the Department of Correctional Services facilitated a victim-offender dialogue session, which served as a platform for the department’s restorative justice programme. Candles were symbolically light after the speeches to mark the start of the campaign.

Rape Crisis visits Bredasdorp

This year, in response to requests from the Bredasdorp community and others in the area, Rape Crisis Cape Town Trust’s Stop the Bus campaign travelled to Bredasdorp on Monday 25 and Tuesday 26 November as part of the national 16 days of activism campaign.

Shireen Scholtz, a Rape Crisis volunteer, entertaining the learners from De Heide Primary in Bredasdorp as they walk alongside community members with posters denouncing rape.

www.fishgate.co.za_BC_4370

The Stop the Bus campaign focuses on educating and informing rape survivors, community members and organisations about their right to access services within the criminal justice system as well as to hold that system responsible for the quality of the services they deliver in the area. “This year’s campaign is about empowering community members to understand what their rights are and how to exercise

them,” says Rape Crisis director Kathleen Dey. “Victims need to be supported and perpetrators held accountable. We also want to challenge the many myths and stereotypes about rape and promote ideas that empower women.” Trained Rape Crisis crews will conduct workshops with the community, linking networks of service providers and establishing what services are available to survivors in the area, conducting door-to-door visits, and raising awareness through the handing out of pamphlets and interviews with local media. They will also monitor police, health and court facilities along the route for compliance with sexual offences legislation and in this way address potential gaps in service delivery.

Crown Textured 20L R540

Crown Roof Paint 20L R560

PLASCON

Wall & Ceiling 20L R540

AAA Gloss 5L R199.95

S

- Washable & easy to clean - UV and weather resistant - Easy application with brush or roller R

PA I N T S - V E R W E

paints

F O O D F O R WO O D

Register at Boland College from 8-10 January 2014, for one of these programmes:

BURSARIES

AVAILABLE

Caledon Campus > Business Management (N4-N6) > Management Assistant (N4-N6) > Office Administration (Level 2-4) > Safety in Society (Level 2-4) > Electrical Infrastructure Construction (Level 2-4) Hermanus Satellite Campus > Human Resource Management (N4-N6) > Tourism (N4-N6) For more information, please visit www.bolandcollege.com or contact: Caledon Campus t: 028 212 3270 Hermanus Campus t: 028 313 1154


6

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 3 December 2013

Tekens van die tye

Helde van die Elgin-vallei

Positiewe jaar vir TWK Die feesseisoen is op hande en 2013 was inderdaad ’n jaar propvol gebeurlikhede in Theewaterskloof, Bredasdorp en Napier. Die stakings wat hoogty gevier het in 2012 het vanjaar afgeneem en verskeie rolspelers het hande gevat en om ’n tafel gaan sit en koppe bymekaar gesit oor die oplossing van probleme. Die ekonomiese ontwikkeling in veral Caledon was verblydend, met die opening van die nuwe inkopiesentrum, die teer van die Hemelen-Aarde pad en en die vestiging van Foschini se produksie-aanleg. Landbou is ook kerngesond as gevolg van puik oeste die afgelope paar jaar. Daar is slegs ’n paar weke van 2013 oor en mag almal in die Overberg voortgaan om hande te vat en saam te werk tot voordeel van ieder en elk.

Op Sondag 24 November het ek en my seun met sy Land Rover die 4x4-roete by MTO se plantasie aan die buitewyke van Grabouw ná die afgelope tyd se swaar reëns gaan aanpak. Op die laaste strek van die roete, wat baie verweer was deur die afgelope tyd se swaar reën, het die Land Rover met die afkomslag teen ’n baie skuins helling met ons twee en ons hondjie Tiekie omgeslaan en op sy dak beland. Op daardie stadium was daar geen ander voertuie op die roete nie. Genadig het niemand beserings opgedoen nie – ook nie Tiekie nie – aangesien die stewige dak rak meeste van die impak absorbeer het en kon Reinhardt en ek uit die voertuig kruip. Daar was goeie selfoonontvangs en ons het vir Phyllis, Reinhardt se ma, gekontak om reëlings te tref. Phyllis het van die huis in Gordonsbaai vinnig oproepe gemaak en baie effektief hulp gereël. Ons dank aan die doeltreffende polisiediens wat ons ontvang het. Van die Gordonsbaaise polisiediens wat vinnig met die polisiediens in Grabouw in kontak was – hulle optrede was blitsig en teen die tyd dat die laaste persoon uit die omgeslane Land Rover gekruip het, was die eerste polisiehulp al in die plantasie en kon hulle gesien word van waar die voertuig teen die helling was. Baie kort daarna het die paramediese dienste van Grabouw en ook die brandweer van Grabouw opgedaag. Die roete op na die voertuig was egter te onbegaanbaar en kon hulle nie met hul voertuie na bo kom nie. Net die groot viertrekvragmotor van die brandweer kon die roete baasraak tot naby die omgeslane Land Rover. Phyllis het kennisse wat in Grabouw woon, Alan en Sarah-Lize Brink, gekontak en in ’n ommesientjie was Alan met hul

viertrek Isuzu byderhand en het hy die polisiebeamptes oor die onbegaanbare roete tot by die Land Rover vervoer. Die polisie het seker gemaak dat die situasie stabiel was. Alan het weer die Isuzu gery om ander hulpverleners ook te gaan haal en agterna weer terug te neem na die hek toe. Ons besondere dank aan die paramedici en die brandweerpersoneel wat agtergebly het. Met hulle spanwerk en met Alan wat daar ook hand bygesit het en help beplan het, is die Land Rover sonder gesofistikeerde herwinningstoerusting met ’n paar stewige toue en ’n ketting met die manne se spierkrag en breinkrag weer terug op sy wiele gebring. Betroubaar soos Reinhardt se Land Rover is, het dit sonder veel moeite aangeskakel en met Alan, wat die laaste strek tot op stabiele grond begelei het met die Isuzu, is veiligheid bereik sonder verdere voorval. Besondere dank aan die betrokke polisiedienste, die insleepdienste wat geduldig gewag het, maar wie se hulp toe danksy die flink brandweer- en reddingsdienste se hulp nie meer nodig was nie, die MTO beampte by die plantasie se ingang wat so vriendelik hulp verleen het agterna, Petra by die Grabouw Buiteklub wat logistiese steun verleen het, die onbekende man en vrou wat spesiaal ompad gery het om vir sommige hulpverleners te gaan wys waar die ingang na die plantasie is en met spesiale vermelding van die mense wat hulp verleen het in die bloedige hitte om die voertuig te herwin – Alan en Sarah-Lize en van die brandweer- en reddingsdienste, mnre. Hendricks, De Beer, Coetzee, Jamieson, Leukes en me Goliath. Verskoning aan enigiemand wie se name ons dalk per abuis weggelaat het – hulle is ewe groot helde van die dag.

In Matthéüs 24 en 25 praat Jesus Christus oor die laaste dae en die tekens waarna ons moet kyk om te weet hoe naby Sy koms is. Net soos wat ons in die natuur ’n “ander” gevoel kry wanneer ’n nuwe seisoen nader kom, net so kan ons in die gees aanvoel dat die koms van Jesus naby is. As ons net na die afgelope vyf jaar se rampe wêreldwyd kyk, dan is dit genoeg om te besef dat God besig is om die aarde te skud om die mensdom wakker te maak uit hul geestelike slaap. God wil nie hê dat een mens verlore moet gaan nie, maar ’n groot deel van die mensdom het sy rug op God gedraai. Ons het so gewoond geraak aan al die gebeure en rampe dat selfs dit nie eens meer sommige mense wakker skud nie. Oorloë eis jaarliks duisende mense se lewe en miljoene word uit hul omgewing geruk en beland in vlugtelings kampe. Daagliks sterf duisende ’n hongerdood en pessiektes en ellende neem net toe. Korrupsie neem toe in die hoogste kringe en dis asof die chaos totaal handuit geruk het. Dit skets ’n baie negatiewe beeld en kan baie mense tot in ’n gat van depressie vat, maar dit is die werklikheid en ons Hemelse Vader beloof om Sy kinders deur al hierdie tye by te staan. Nog nooit in die geskiedenis van die wêreld het dinge so deurmekaar gegaan nie, so as ons dit nie raaksien as waarskuwings nie, sal ons onkant gevang word wanneer die groot ineenstorting kom. Dis nou die tyd om wakker te word, om jou saak met God reg te maak en om jou te anker in Sy liefde en in Sy Woord. Seënwense.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

KOBUS DE KLERK, Strand

BOLLETJIES WOL SOEK HUIS: Ses pragtige katjies soek nuwe huise – hier is drie van die boeties en sussies. Skakel Mary Julies by 083 608 4434 indien jy ’n katjie wil aanneem.

Rubriek

Elke dorp het sy boek – hoekom dan nie Gansbaai nie?

Snaaks wat mense as belangrik beskou: luister maar na wat daardies kwytraak wat hul selfoongesprekke graag met ander in openbare plekke deel, skynbaar sonder enige idee van hoe triviaal en vervelig dit vir die aanhoorders is. Maar natuurlik, as jy enige agting en begrip vir jou medemens se nonsens gehad het, sou jy geswyg het soos die graf oor jou eie. Dit gesê moet elke dorp sy boek hê, wat nie na ’n openbare selfoongesprek klink nie. Gansbaai het ook probeer, ongelukkig kon die (onvermydelike) komitee nie besluit hoe so ’n boek moet lyk, wat daarin moet gaan of daaruit moet bly en wie dit moet lees nie. Ek hoor donker voorspellings oor die Einde van die Boek, skaars vyfhonderd jaar nadat die eerstes die lig gesien het. Jongetjies wat toenemend vir hulle inligting en vermaak van allerhande elektroniese media afhanklik is, het skynbaar al vergeet (wat hul-

le eintlik nooit geweet het nie), dat ’n boek en ’n koerant die beste, vinnigste en goedkoopste oordraer van inligting is. Gansbaai se boekpoging het egter sleg gestruikel, vanweë ’n paar taktiese foute waarvan die verlammendstes die oortuiging was dat ’n boek ’n klomp geld moet kos, dat lesers ’n boek sal koop voordat dit bestaan, dat slegs oumense weet wat in Gansbaai aangaan en aangegaan het, en dat hulle betaal moet word om hulle kennis te deel. Verkeerd in elke opsig – daar is baie jongerige inkommers wat ’n veel beter idee het wat vir ’n internasionale publiek interessant is oor Gansbaai, en wat ook die plek in sy volheid baie beter ken as die ingeseteldes. Dit is ook moontlik om so ’n proses koöperatief en grootliks kosteloos te bedryf tot op die punt van publikasie. Dit gebeur tans met Gansbaai – The Book/Die Boek, danksy die oorname daarvan deur ’n briljante plaaslike webtuiste genaamd Gansbaai Explore.

Lesers word reeds daar vermaak deur weeklikse staaltjies oor Gansbaai en sy mense as voorsmakie van die boek self. Hierdie boek gaan stuk vir stuk verskyn tot voltooiing. Verder word die publiek uitgenooi om deel te neem aan die proses, kommentaar te lewer, foute uit te wys en verbeteringe aan te beveel, à la Wikipedia, wat hopelik al die geteem oor die naam van die plek (was dit die stouterige “Gansegat” of iets anders? Wie weet? Wie gee om?) en dies meer sal uitskakel. Die eerste boek is in Engels, gevolg deur ’n Afrikaanse weergawe, met meer stories uit toeka se tyd, in korter woordjies en sonder enige verwysings na evolusie (Grappie,

grappie!). Weer ’n drenkeling in my dam gekry, hierdie keer ’n vreemde, skynbaar doodskaars akkedis, sowat 12 cm lank, blekerig, wat glo gewoonlik ondergronds woon. Hy (sy?) het fyn skubbetjies, is stokblind en heeltemal ledemaatloos (klink na ’n Protea…). Wat dit in my dam kom soek het, sal niemand ooit weet nie, behalwe dat die grond deesdae so waterdeurdrenk is dat selfs ’n Typhosaurus lomii (soos die arme skepsel deur ’n gevoellose taksonoom gedoop is) sukkel om kop bo water te hou. – fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 3 December 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

’n Handleiding vir SA kat eienaars uit B’dorp Katte, ’n handleiding vir verantwoordelike kat eienaars in SuidAfrika, deur Yolanda Wessels van Bredasdorp, is die eerste eenvoudige, praktiese en moderne A-Z van katte, geskryf in Afrikaans vir die Suid-Afrikaanse kat-eienaar. Wessels, gebore in die Kaap en getoë in die Overberg, is haar lewe lank ’n natuur- en diereliefhebber. Sy het ’n kursus in joernalistiek voltooi en skryf gereeld vryskut-artikels vir verskillende publikasies. Ná die dood van Oscar, haar klein katjie met die groot naam, begin sy fokus op dié avontuurlustige, akrobatiese spesie. Haar eerste artikel, Why cats are good for your health, is in die kattydskrif Catslife gepubliseer. ’n Dekade later lewer sy steeds bydraes in byna elke uitgawe van dié tydskrif. Dit verskaf antwoorde op alle moontliYolande Wessels van Bredasdorp het so pas ’n handleike vrae wat katliefhebbers op ding vir kat eienaars gepubliseer. Hier hou sy haar kat, die hart mag hê en dek ’n wye Lady Jemma, vas. spektrum kwessies wat dié troeteldiere se lewens raak. Katte is ’n omvattende, toeganklike ging van weeskatjies, higiëne met katinligtingsbron vir troeteldiereienaars te, die verskille tussen binne en buite wat hul verantwoordelikheid teenoor katte, asook die ideale tuin vir ’n kat. huisdiere ernstig opneem. Vir baie jare Verder word onderwerpe soos kastramoes katliefhebbers in Suid-Afrika vir sie en sterilisasie, korrekte voeding, lief neem met ingevoerde gidse oor die die versorging van senior katte, asook versorging van hul troeteldiere. Nou die afsterwe van dié geliefde kameraad, het ’n Suid-Afrikaner jare se deeglike behandel. Deel drie is ’n alfabetiese samevatnavorsing vervat in ’n volledige, eg ting van die mees algemene kwale en Suid-Afrikaanse gids. In die eerste gedeelte van die boek siektes wat voorkom by katte in Suidverduidelik Wessels dié karaktervolle Afrika. ’n Eenvoudige uiteensetting troeteldier se oorsprong en mak maak, word gegee van siektes, diagnose, behul anatomie, sintuie en kleurvolle pel- handeling, nasorg en die voorkoming se. Interessante vrae word beantwoord, daarvan. Die handleiding word aangevul met soos: Waarom spin katte? Kan katte onthou? Waarom snater dié diere as treffende aanhalings deur bekende kathulle voëltjies sien? Het hulle regtig ne- liefhebbers en bevat pragtige foto’s. Katte is ’n onontbeerlike item op die ge lewens? Waarom vind hulle katterak van elke Suid-Afrikaner wat ernkruid (catnip) so onweerstaanbaar? Die tweede afdeling dek die voorbe- stig is oor die mens se opdrag om na reiding vir en verwelkoming van ’n nu- diere om te sien. Katte is die ideale Kersgeskenk vir we katjie in die huisgesin, wat die katjie sal benodig, asook die korrekte ver- die hele gesin. Dit is beskikbaar by alle sorging. Alle aspekte van die kat se goeie boekhandelaars en by www.kalalewe kom onder loep – van die versor- hari.com.

Whisky glazed rack of lamb

Carolyn Martin of Creation Wines just outside Caledon, was the proud recipient of a gold trophy for the Creation Reserve Pinot Noir 2012 and a silver trophy for the Creation Pinot Noir 2012 at the Vinidivio held from 31 October to 4 November in Dijon, France.

Global acclaim for winery Creation Wines distinguished itself at the Vinidivio Wine Fair held in November in Dijon, France by winning a coveted gold trophy for the 2012 Creation Reserve Pinot Noir and a silver trophy for the 2012 Creation Pinot Noir. A total of 26 South African wine brands were showcased and the wines were blind-tasted by an independent panel comprising some of Burgundy’s top sommeliers, wine producers and regional and national wine journalists. Only six gold trophies were awarded. Creation is situated on the Hemel-en-Aarde Ridge just outside Caledon. Among its other recent accolades is a gold medal for its 2012 Chardonnay at the inaugural Global Chardonnay Masters presented by The Drinks Business magazine. The competition focuses solely on Chardonnay and wines from all over the world were judged exclusively on style and price by a panel comprised of Masters of Wine and Master Sommeliers. While these achievements confirm Creation’s growing stature in the international wine arena, Creation wines are equally sought-after in the local market. The Creation Pinot Noir 2012 and the Creation Viognier 2013 both achieved top honours in the Fair Lady Consumer Awards 2013. Creation was furthermore a star performer in the recent Classic Wine magazine’s Classic Champions where the 2011 Creation Reserve Pinot Noir was rated best in the top niche red wine category and the 2012 Creation Pinot Noir was among the ‘rest of the best’. The 2010 Creation Syrah, Grenache scored 4½ stars

R105

and was among the ‘rest of the best’ in the top red blend category. What are the secrets behind Creation’s success? Chatting to co-owners Jean-Claude (JC) and Carolyn Martin, they credit the terroir. “On the Hemelen-Aarde Ridge we enjoy ideal, cool maritime conditions which combined with our ancient clay loam soils with decomposed Bokkeveld shale, yield grapes of great quality,” says an enthusiastic JC. What really shines through is the Martin’s passion for wine. A passion that’s in their genes! Swissborn JC was all of 14 years old when he decided to become a winemaker and at 20 he realised this dream. The inspiration came from his grandfather, Jules Martin, who painstakingly established the family winery on the steep banks of Lake Bienne in Switzerland way back in 1935. Carolyn (née Finlayson) was born on a wine farm – in a red Ford Anglia at the gate to the historic Hartenberg Wine Estate in Stellenbosch. Her father, the well-known wine pioneer Walter Finlayson, was the ‘midwife’! From Hartenberg, which belonged to Carolyn’s grandparents, the family moved to Blaauwklippen and then to Glen Carlou. The Martins have two children. Glenn is 13 and a keen fisherman. The 11-year-old Emma recently made her own wine under the watchful eye of her dad. This makes her a fourth-generation winemaker on her Swiss father’s side and the third-generation on her South African mother’s side. Little wonder then that the wine (a single-barrel Pinot Noir) reflects the best of both Old and New Worlds! Dieter Odendaal

Monday Madness

INCLU

A F R EDES REDD E ’S

Make a reservation now on 028 214 5311 | The Caledon Casino, Hotel, Spa & Entertainment www.thecaledon.co.za TERMS & CONDITIONS: The special consists of the advertised items only and cannot be exchanged or substituted for different items. This offer is only valid on Wednesdays. This offer is only available from 1 December until 31 December 2013

Drink Responsibly. Not for Sale to Persons Under the Age of 18.

Boerewors pizza & castle

R95

OPEN 24/7 • FREE WI-FI THE CALEDON CASINO, HOTEL, SPA AND ENTERTAINMENT WWW.THECALEDON.CO.ZA | TEL 028 214 5391

T & Cs APPLY • THESPECIALCONSISTSOFTHEADVERTISEDITEMSONLYANDCANNOTBEEXCHANGEDORSUBSTITUTED FOR DIFFERENT ITEMS. • THIS OFFER IS ONLY VALID ON MONDAYS •THISOFFERISONLYAVAILABLEFROM 1 DECEMBER UNTIL 31 DECEMBER 2013

DRINK RESPONSIBLY. NOT FOR SALE TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18.


8

Theewaterskloof Gazette

General - Algemeen

Tuesday 3 December 2013

Stranding van die Meermin in 1766 ná muitery ’n Groot aantal skepe het oor die jare aan die Suid-Kaapse kus gestrand, maar een van die vreemdste strandings was dié van die Meermin in 1766. In opdrag van die HOIK vertrek die skip onder bevel van kaptein Muller na Madagaskar om slawe vir die Kapenaars te bekom. Op 20 Januarie het hulle met 140 slawe van Toulier na die Kaap vertrek. Volgens voorskrif moes die slawe geketting onder dek bly, maar op die oop see het skipper

Muller besluit om hulle los te laat. Die mans het skeepswerk gedoen en die vroue is soms gevra om te sing en te dans. Op 18 Februarie is die slawe gevra om assegaaie skoon te maak en hulle het die kans gegryp om hulle vryheid te herwin. Die offisiere aan dek is doodgesteek. Die matrose het na onder gevlug, ander teen die voormas op. Laasgenoemde is later doodgesteek of oorboord gegooi. Die kaptein en ander was vir drie dae onder vasgekeer. Hulle laat toe ’n vaatjie kruit ontplof en stuur ’n boodskap aan die slawe dat hul-

le moet vrede maak of die skip sal opgeblaas word. Hulle willig in op voorwaarde dat die skip omdraai Madagaskar toe. Bedags vaar die matrose toe suid die oop see in en snags weer so reguit as moontlik Kaap toe. Drie dae ná die vrede was hulle by Kaap Agulhas. Die slawe dink toe dis Madagaskar en omtrent sestig van hulle gaan aan land. Die bemanning plaas toe ’n boodskap in ’n bottel wat gelukkig dadelik strand toe spoel waar boere wat die skip dopgehou het, dit in die hande kry. Hulle steek toe vure aan soos in die bottel versoek is.

Die res van die slawe wou toe vinnig land toe en in plaas van om met roeibote te gaan, kap hulle die ankertoue af en die Meermin begin land toe dryf waar sy haar te pletter loop op die skerp rotsriwwe. Die res van die slawe is ontskeep en saam met dié wat in die veld gevang is — ’n totaal van 112, is saam met die bemanning en die skeepsgoed wat van die wrak gered kon word, op gehuurde waens na die Kaap geneem. Kaptein Muller is van nalatigheid skuldig bevind en uit die diens van die VOC ontslaan.

Aan die woord: Radio Overberg se eie immergroen Pof ORA LAUBSCHER Pof wag ons in by die stasie se gesellige ontvangslokaal op Bredasdorp, kaalvoet met ’n beker stomende filterkoffie in die hand.

REDUCED SCHOOL FEES: Greyton House is pleased to announce that it has reduced its fees for the gr. 0 nursery / pre-school class in 2014. This is due to restructuring of the pre-school curriculum and, in line with trends elsewhere, reduction of the school day to four hours a day (from 08:00 to 12:00, as opposed to 08:00 to 13:00). Greyton House principal Erith Harris says: “We hope the revised fees and new pre-school hours will assist many parents with young children. Visiting an orchard, this group of Greyton House littlies enjoy a well-earned break from their vantage point. PHOTO: JENNY DUNCAN

as ’n musikant”, iemand wat al beskik hy nie soseer oor deskundige musiekkennis nie, tog ’n onblusbare passie het vir musiek luister en ook musiek maak as die geleentheid homself voordoen. Omdat Pof tydens die programme wat hy aanbied baie moet gesels en dit oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe, lees hy ontsettend baie. In sy “ander werk” hou hy oog oor onder meer ’n paar gastehuise op een van die omgewing se oudste plase. Dit bring hom ook daagliks in aanraking met die natuur wat hy as ’n onuitputlike bron van inspirasie ervaar. Volgens Pof is dit net mooi die rede waarom dit vir hom moontlik is om soggens 5:00 “met ’n lied in die hart” op te staan en reg te maak vir sy werk by Radio Overberg en dan “met nog ’n lied in die hart” plaas toe te vertrek. Miskien is dit die rede waarom ’n mens nadat jy na een van Pof se programme geluister het, ook sommer met ’n huppel in die stap en so “’n lied in die hart” gevoel wegstap!

Wanneer luisteraars daagliks – behalwe op Sondag - douvoordag inskakel op “Radio Overberg”, is die stem wat Overbergers so skuins anderkant 6:00 heel eerste groet en welkom heet, dié van die immergroen omroeper van die mees suidelike radiostasie in die land. Hy staan so 5:00 op en stap dan met dapper en stapper – verkieslik sonder skoene – tot by die radiostasie in Langstraat, Bredasdorp. Pof beskryf homself as ’n “a Jack of all trades”. Hier waar hy homself op dié oomblik in tyd op sy lewenspad bevind, begeer hy niks meer begeer nie – hy is in sy eie woorde “totally happy” met dit waarmee hy homself hier besig hou. Dis nou die geleentheid om te kan kommunikeer met en uitreik na mense van oraloor en die feit dat hy na hartelus musiek kan maak en ook daaroor kan gesels. Te danke aan die modern tegnologie kan mense van so ver as Londen, Dubai en Nieu Seeland, en so naby as Namibië en Clocolan ook saamgesels en saamluister. En waar kom hierdie liefde vir mense en musiek vandaan? Vir Pof is daar niks lekkerder nie as om met mense te gesels en te sosialiseer nie – die einste rede waarom hy al die “gesels op die lug” tydens programme so geniet. As boorling van ’n plaas in die Boesmanland ken Pof egter ook van swaarkry, droogtes en veral afsondering. Die gesin Louw het kleintyd al van Carnarvon na Pofadder verhuis, waar sy ouers en later ook hyself, met dorperskape geboer Die stem van Pof Louw is die eerste een wat luisteraars hoor wanneer het. Radio Overberg se uitsendings vroeg-oggend afskop en dikwels ook Sy liefde vir musiek die heel laaste een wat laatnag groet! “Pof Ontplof” wat van soggens het hy volgens hom van van 06h00 tot en met 07h00 op die lug is, is ’n lekker op en wakker sy ma geërf wat “n ge- gesels en musiek program – net die ding om al wat ’n Overberger is, weldige goeie stem ge- behoorlik wakker en uit die vere te kry! Na “Pof gesels”, wat Maandae had het” en sy vaardig- tussen 19h00 tot en 21h00 uitgesaai word, verwys hy trots as “sy vlagskip heid met die ghitaar het program”. Dis een groot saamgesels lekkerte van begin tot einde waar hy maar met die jare op daar oor enige iets onder die son gesels word, “net nie oor politiek sy manier opgetel en of godsdiens nie”! Hierbenewens bied Pof ook nog verskeie musiekprovervolmaak. gramme aan wat oor die hele musiek spektrum strek, van jazz, boeremuHy beskryf homself siek, country – sy persoonlike gunsteling – tot kontemporêr, Afrikaans as “eerder ’n performer sowel as Engels!


Tuesday 3 December 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

9

Erelidmaatskap vir Christie Albertyn ORA LAUBSCHER Bredasdorp Leeskring het reeds sy jaar se bedrywighede afgesluit met ’n ete en die vertoon van die film wat handel oor die lewe van digter, skrywer en joernalis, Eugene Marais. Die klub se eerste byeenkoms vir 2014 se nuwe leesjaar is vir 7 Februarie geskeduleer. Tydens ’n geselligheid aan huis van Christie Albertyn in Bredasdorp op 18 November, is erelidmaatskap van die Bredasdorp Leeskring aan Christie oorhandig. ’n Pragtige bos blomme is ook by hierdie geleentheid oorhandig as “voortydige verjaardagge-

skenk” aangesien die hele gesinAlbertyn reeds op Brandfontein gaan wees waar hulle gewoonlik Kersfees vier, wanneer Christie in Desember verjaar Tannie Christie Albertyn kom al ’n baie lang pad saam met Bredasdorp se leeskring en van die oorspronklike lede is sy en Annemarie Groenewald seker die enigste twee wat nog oor is. Nuwe lede het met die jare bygekom, maar tannie Christie het nooit haar lus vir lees en belangstelling in die klub se bedrywighede verloor nie – haar senior status en gevorderde jare ten spyt. Sy is ’n waardige ontvanger van hierdie besondere erkenning en blyk van waardering.

Stefné van Dyk, organiseerder van die geslaagde Handevatkonsert op Kleinmond, het Caledon verlede jaar verlaat nadat sy jare lank musiek by Laer- en Hoërskool Overberg aangebied het. FOTO: FANIE KRIGE

Gemeenskappe vat hande met musiekkonsert FANIE KRIGE

Konsertgangers sou waarskynlik Maandagaand (25 November) die NG Kerksaal op Kleinmond waar die Handevat konsert as ’n unieke musikale gemeenskapsprojek hom afgespeel het, met ’n gevoel van genoegdoening en optimisme verlaat het.

Christie Albertyn, in die middel, by lede van die Bredasdorp se leeskring.

FOTO: ORA LAUBSCHER

Genoegdoening omdat die ietwat losbandige uitlewing van musiek talent by veral die twee plaaslike laerskole – Laerskool Kleinmond en die Primêre Skool Kleinmond – maar ook talle ander kunstenaars uit die gemeenskap vir ’n heerlike luister ervaring gesorg het; optimisme omdat die prentjie van trotse wit, bruin en swart ouers wat skouer aan skouer by mekaar sit en saam applous gee vir hul kinders se sang en instrument spel ’n kykie gegee het oor hoe ’n nuwe nasie kan lyk wat op positiewe waardes gebou is. Hoe die borrelende Stefné van Dyk dit reggekry het om almal saam te snoer en dit te maak werk, is ’n kuns wat nie afgevra moet word nie,

BO OK NO W

SAT 7 DEC E U L B S I V L E Tickets R120pp Show Only

kamermusiekgroep, bestaande uit Stefné, Charlotte Potgieter (klarinet), Hans van Dyk (saksofoon), Hettie Delen (fagot) en Sumaré Prinsloo, optree, maar toe pouse aanbreek het van hulle op die marimbas begin musiek maak. Die konsert het amper soomloos voortgegaan na die breek en stadigaan na ’n crescendo opgebou. Die selfvertroue waarmee van die kleinste blondekopmeisietjie tot die brekers van die skool hul items gelewer het, was verstommend. ’n Mens wil liewer nie name noem nie, maar elkeen se bydrae was uit die boonste rakke en het van vreugde gespreek. Teen die einde was almal – Stefné, gaskunstenaars en leerders – op die verhoog of voor die verhoog by die marimbas en die aand is afgesluit met Stille Nag, wat deur die gehoor saamgesing is en weer gesing is. Selfs daarna het die wat nog kon, rondgeluier en mekaar gehelp om instrumente op te pak en die saal reg te pak. Dit was asof niemand wou afstand doen van dit wat elkeen op sy eie manier beleef het nie…

Rejuvenate with a Couples Rain Spa

Bo ok no w

LIVE

Doors open 7:30pm - Show starts at 8pm Tickets available at The Caledon Hotel Reception & Casino Cash Desk. Contact: 028 214 5100

028 214 5100 | thecaledon.co.za

maar die inspirasie blyk uit haar bedankingslysie waarin sy die eer gee aan “ons Hemelse Vader wat ons talente en begaafdhede gee, asook geleenthede om dit te gebruik en ontwikkel”. Een van haar vroeëre studente wat nou reeds in sy tweede jaar vir ’n graad in musiek aan die Universiteit Stellenbosch is, Addin Booysen, het tydens sy optrede gesê “my lewe het verander toe hierdie vrou (Stefné) in my lewe ingestap het”. Axolile Hoza, nog ’n universiteitstudent wat onder haar hande ontwikkel het en ’n leerder by Hoërskool Overberg was, het aan die kinders vertel dat hy amper musiek gelos het omdat sy ouers nie die instrumente kon bekostig nie. Tannie (Stefné) het net gesé jy laat jou nie deur so iets onderkry nie, en vandag is hy die trotse besitter van ’n silwer fluit en Addin het sy eie dubbel-basviool en akoestiese klavier. Die leerders het aandagtig geluister terwyl gaskunstenaars soos Nick Groenewald op die mondfluitjie, Llewllyn Adons op kitaar en ’n

60 min 1 Dec ’13 – 31 Jan ‘14 *Subject to availability. T&C Apply.

thecaledon.co.za | 028 214 5100

R500 per couple


10

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

Tuesday 3 December 2013

GELUKWENSINGS

EIENDOMME

TE KOOP

1030

STERFGEVALLE

1655

BANK BEDJIES met matrasse vanaf R1195. Nuwe 32"LED flat screen TV's R2795. DVD/TV & DSTV remotes vanaf R79.95. Skakel 083 413 9775.

IN MEMORIAM 1015

JOHAN SWART 06/12/2013. Alreeds 1 jaar weg van ons. Die verlange is steeds groot. Ons mis jou. Van jou vrou & 4 kinders.

PRINSES WORD 1! AKEELAH ARENDSE 02/12/2013. Geluk prinses met jou verjaarsdag. GESOEK OM God's rykste seën word jou TE KOOP toegewens. Ons hoop jy 1675 geniet jou dag. Liefde EK KOOP enige meubels, RAAI WIE'S 1? Mammie, Dadda, Arendse elektriese toebehore, tuinLUCIANO REY-NATHAN & van der Linde familie. gereedskap, juweliersware DE KLERK. 05/12/2013. ens. vir kontant. Skakel ALGEMENE Geluk op jou verjaarsdag 083 413 9775. KENNISGEWINGS op die 5de Desember. Baie liefde van Mammie, Runé, ALGEMENE & Randall & al die familie. HUISDIENSTE GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

MAGICWORX WINKEL oorkant Pie Land skuif na ou Fourie Meubels perseel in Demperstraat. Navrae 083 413 9775.

SUSANNA FREDERICKS 26/11/2013. Reeds 1 jaar weg, maar word nog steeds gemis. Die verlange en mooi herinneringe sal ons altyd bybly.

PERSOONLIKE DIENSTE

BEGRAFNISDIENSTE

KINDERVERMAAK

1025

DOVES-Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Pleinstr; 028 212 3054. 09 Argonst, Hermanus Business Park, 028 313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028 271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028 384 3344. Bredasdorp: Overberg Sentrum shop 12, 087 630 2011.

TE HUUR

ALLERLEI

1005

1405

KYK WIE'S 70! CHARLES BENJAMIN 05/12/2013. Baie geluk met jou 70ste verjaarsdag. Gods rykste seën. Geniet jou dag. Liefde jou vrou & seun.

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395. SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395. FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

PADSTAL/RESTAURANT,DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Skakel 028 214 1475.

TE HUUR 1820

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap. Skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum 083 551 5406 alle ure. SAKE

DIENSTE 2420

AUTO ELECTRICAL DIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ookverskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Crossstraat. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel 028 214 1614/082 788 5276. CALEDON/OVERBERG SOLAR. Suppliers of:Prime Chrystaline Solar panels. Inverterspure sine. Wave and modified: Charge controllers;Batteries;Battery chargers;LED lights. Tel/Fax 028 214 1614. Cell 076 795 1622.

3205

LIEFLIKE ONGEMEUBELEERDE 2 slaapkamer woonstel met i.g.k. Jammer geen kinders & diere. Beskikbaar 1 Jan 2014. R3200 p.m. Skakel 028 212 2135/083 286 8775. GROEN

DIENSTE 4605

CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028 212 1775/082 969 0975.


Dinsdag 3 Desember 2013

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

11

Swartberger styg uit

JUNIOR BREDASDORPERS VAAR UITSTEKEND IN ATKV AFRIKAANSE OLIMPIADE: Marissa Badenhorst, gr. 9 huistaal, en Marc Albertyn, gr. 9 eerste addisionele taal, het onder die top 100 kandidate geëindig in die junior afdeling van die landswye ATKV Afrikaanse Olimpiade. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak is dat beide kandidate ook gelys is onder die Top 20 presteerders in die Wes-Kaap.

HELPING THE LESS FORTUNATE: All classes at Greyton House were involved in this year’s Santa Shoebox project organised by the Greyton Red Cross for needy children in the area. From left are Kiora Willemse, Clara Sweetnam and Leah Baron.

Robin Bosman van Swartberg Sekondêr het in Admaths – ’n nasionale program vir gr. 11’s om hulle gereed te kry vir universiteitswiskunde – ’n gemiddeld van 93% behaal. Sy het sesde beste gevaar uit ’n klas van 162 nasionale leerders wat afstandsonderrig doen. Admaths dien as ekstra vak by haar voltydse vakke in die skool.

Robin staan hier by Eugene Sonn, skoolhoof van Swartberg Sekondêr.

Bredasdorper gekies vir jeugleierskonferensie Hoërskool Bredasdorp is besonder trots op Elanie van Schalkwyk, hoofmeisie vir 2014, wat uit hoofleiers in die Oos-, Wes-, Noorden Suid-Kaap gekies is om deel te wees van Die Burger se 55ste Jeugleierskonferensie. Slegs 50 hoofleiers (25 meisies en 25 seuns) val jaarliks hierdie eer te beurt. Dit vind van 6 tot 12 Desember plaas en vanjaar se tema is: “Twintig jaar sedert demokrasie: Die Jeug se perspektief.” Afgevaardigdes kry onder meer die voorreg om Robbeneiland, Naspers, Leeuwenhof Premiers-

woning, die Universiteit Stellenbosch en die Waterfront te besoek. Hulle gaan tuis in Die Burger Strandhuis. Elke leerder moet ook ’n toespraak oor die tema lewer in die afdelings Opvoedkundig, Ekonomies en Sosiaal-maatskaplik. Verkose onderwerpe word eers by die konferensie toegeken, waarna afgevaardigdes hul toesprake voorberei. Ons weet dat hierdie veelsydige leerder ’n ware ambassadeur vir Hoërskool Bredasdorp is en die Overbergstreek se naam hoog sal hou.

Elanie van Schalkwyk, hoofmeisie van Hoërskool Bredasdorp vir 2014.

KLEIN OVIES GEE OM: Die leerders by Laerskool Overberg het hul harte wyd oopgemaak en 294 klein Ovie-omgeebokse bymekaar gemaak om aan LR Schmidt Primêr te oorhandig. Die skool sê baie dankie aan al die klein Ovies ouers wat tot hierdie projek bygedra het.


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 3 Desember 2013 | Tel. 028 214 1294

Top rolbal juniors Boland se o. 25-vrouerolbalspan is as een van die drie beste junior spanne in die Boland genomineer en na ’n spoggeleentheid by Rhebokskloof in die Paarl genooi. Die span het vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n goue medalje by die o. 25 Interdistrikte-toernooi gewen. Hulle is ook vanjaar as individue na die Junior Meesters-toernooi in Johannesburg genooi, waar Ezile Fourie ’n brons medalje en Anneke Snyman ’n goue medalje verower het. Hierdie prestasies het aan hul die tweede plek in die kategorie Junior Sportspan van die jaar by die Boland Sporttoekennings-geleentheid besorg. Bredasdorp Rolbalklub is baie trots op die spelers, sowel as die bestuurder van die span, wat lede van die klub is.

Whilmark Hans by André de Bruyn, ’n onderwyser by Swartberg Sekondêr, FOTO’S: VERSKAF

Preston Dramat en Nathan Wyngaard

Whilmark Hans, Preston Dramat en Nathan Wyngaard, drie leerders van Swartberg Sekondêr het op 29 November vir ’n volle evaluering by die Boland se rugby akademie gegaan. Indien hulle die toetse slaag sal hulle heel moontlik toelating tot die Boland Akademie verkry.

Die volgende evaluering is in Januarie 2014. André de Bruyn, onderwyser by Swartberg sê as die skool se spelers by die akademie inkom, sal hulle saam met nog ’n oud-leerder, Carl Swartz van Boland se o. 21-span, Swartberg se naam hoog hou op die rugbyvelde.

Hulle mik vir Boland NEW DESIGN: The Absa Cape Epic, which comes to Greyton next year, will match the women’s prize purse to the men’s prize purse in 2014. The Absa Cape Epic already has the largest total prize purse in the world for mountainbiking and the increase to R690 000 for the women’s purse now takes the race’s total prize purse for all categories to R1 564 000. Twotime Cape Epic finisher Vanessa Haywood wears the newly launched women’s category leader shirt.

Van links is die wenners Gavie du Toit, president, Wynand Pool, Colin van Dalen, Johan de Villiers, Spar, Anneli Stevens, Ria Koekemoer en klein Kiara Stevens.

Van links is Henry Fourie, bestuurder, Anneke Snyman, Monique Payne en Ezile Fourie. Nicolette Hattingh, wat voorheen lid was van die Swellendam Rolbalklub, was die vierde lid van die span.

Spar borg rolbaltoernooi Louis Jordaan was weer die rolbalklub baie goedgesind met die borg van die jaarlikse Spar-rolbaltoernooi op 20 en 21 November. Die toernooi is oor twee aande gespeel. Die Woensdagaand het daar twee wedstryde van ses koppe elk met ’n vooraftrekking plaasgevind. Donderdagaand is een wedstryd van 12 koppe gespeel en is krag teen krag getrek.

Spar het ’n heerlike bobotie-ete aan die spelers en gaste voorgesit. Ongelukkig kon Louis Jordaan nie self die prysuitdeling bywoon en het Johan de Villiers die prysuitdeling waargeneem. Die rolbalklub wil graag ook al die Caledonners wat so gereeld bereid is om te kom saamspeel in die ope rolbaltoernooie bedank vir hul ondersteuning.


Theewaterskloof gazette 3 dec 2013