Issuu on Google+

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 27 May 2014 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Een jaar later en glimlagte bly breed

Dit was een jaar gelede toe die lint geknip is om die opening van die sentrum te vier. Die Victoria-inkopiesentrum vier eerskomende Vrydag sy eerste bestaansjaar. ANNETTE THERON Die Victoria-inkopiesentrum in Caledon vier eerskomende Vrydag (30 Mei) sy eerste verjaardag, en winkeleienaars en -bestuurders is ingenome met die eerste jaar se syfers. In teenstelling met die middedorp waar verskeie kleinhandelaars onder druk verkeer, is die sentrum tans 94% uitverhuur en voel eienaars tevrede. Mario dos Reis, projekbestuurder van Harry Viljoen Eiendomme wat die sentrum bestuur, sê hulle is baie gelukkig met hul eerste jaar. “Ons werk eintlik op ’n duisend dae (sowat twee jaar en nege maande), want dan is die sentrum gevestig en stabiel.” Dos Reis sê egter tot op hede is hulle baie tevrede oor hul belegging in Caledon. “En die plaaslike mense ondersteun die inkopiesentrum baie

goed.” Op die Gazette se vraag oor die omset van die inkopiesentrum het Dos Reis gesê na aanleiding van hul huurdersyfers doen Pick n Pay baie goed. “So ook die besighede wat Mall toe geskuif het, onder andere Foschini, Ackermans en American Swiss, wat sê hul omset het verbeter.” Dos Reis sê Pick n Pay se syfers is bo hul begroting – “so hulle is baie gelukkig. Die Wimpy wat onlangs geopen het se syfers is astronomies, en ook ver bo verwagting.” Oor die aantal besoekers aan die inkopiesentrum het Dos Reis geantwoord hulle kan nie sê hoeveel mense die sentrum besoek nie omdat hulle nie deurtellers (’n soort sensor wat ’n besoeker “tel” elke keer as ’n persoon daarby verbybeweeg) by dié sentrum kan gebruik nie. “Al ons inkopiesentrums het ’n oopplan-ontwerp.” Dos Reis sê hulle kry Pick n Pay

FOTO: ANNETTE THERON

se omsetsyfers na die finansiële jaar, in Junie. “Hulle sal vir ons hulle inkopiestrokies gee sodat ons ’n idee kan kry hoeveel voete die Mall besoek.” Jarett van Vuuren, korporatiewe algemene bestuurder Wes-Kaap van Pick n Pay, sê hulle kan nie glo dat ’n jaar so vinnig verby is nie sedert die opening. “Wie sal die stortreën tot die aanloop van die opening, en die son wat so helder geskyn het daarna op dié dag kan vergeet?” Van Vuuren sê in ’n sekere sin het die son nie ophou skyn op die winkel nie. “Ons is verheug oor die wyse waarop ons deur die gemeenskap aanvaar is en ook vir die kliënte vanoor die Overberg wat by ons winkel inkopies doen.” Hy sê hul teenwoordigheid in Caledon het afgeskop met ’n onvergeetlike familiedag, “en ons is nogsteeds net so passievol om ’n positiewe verskil te maak.”

Ken Sinclair, eienaar van Wimpy, sê hy dink die inkopiesentrum is goed vir Caledon se ekonomie. “En nie net vir Caledon nie, maar die hele omgewing, want mense kom van Greyton af om by die Mall te kom koop. Ons het ongelooflik goed gedoen sedert ons opening op 20 Maart, ver bo verwagting, en dit sal seker nou afneem, dié nuutjie van ’n Wimpy in Caledon, maar ek is baie positief oor die toekoms.” Rina Matthee, bestuurder van Bargain Books, sê hulle het die jaar goed ervaar. “Ons kan nie kla nie, ons het vir ’n goeie doel geskuif. Daar is definitief meer voete, ons eie mense ondersteun ons baie goed, maar ons geld kom van besoekers vanaf die N2. Ook naweke, en die feit dat ons nou Sondae oop is, tel vir ons bitter baie. Op Sondae is hierdie Mall besig hoor.” Stiffie Cronjé, woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit,

het by navraag gesê die Victoria Mall is ’n puik toevoeging tot die plaaslike handel, “en om ’n omgewing vir verbruikers te skep waar alle produkte en dienste in Caledon gekoop en bekom kan word.” Cronjé sê die sentrum het geleenthede tot plaaslike ekonomiese groei geskep en die handel bevorder. “Dit het waarskynlik gehelp dat die plaaslike rand in ’n groter mate as tevore in die dorp bly.” Hy meen die skepping van werksgeleenthede het waarskynlik sosioekonomiese en maatskaplike omstandighede verbeter. “Die Mall het waarskynlik ook ’n motiveerder geword vir ander besighede om in Theewaterskloof te vestig en te belê. Die effek van die Mall sal waarskynlik eers in sy tweede en derde bestaansjare na behore evalueer kan word, maar die munisipaliteit is vol vertroue dat dit positief sal wees.”


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 27 May 2014

THREE TIMES THE FUN: The vivacious Three Tons of Fun lovelies had their audience eating out of the palms of their hands when they performed at The Caledon Casino, Hotel, Spa & Entertainment recently. The Swartberg venue was packed to the rafters for the show, which featured resonating renditions of timeless songs from the disco era, traditional African music and pop. Elton Oncker and Mikhail Floris, both employees at the casino, enjoyed spending some time with the three divas. Kinders in Uitsig staan in ’n ry en wag om ’n heerlike koppie sop te ontvang.

Ministerie reik uit Hulle wil ook graag komberse en goeie klere aan dié begunstigdes skenk. Towdah Ministries beoog om die polisie, ambulansdienste, brandweer en ander instansies te

nader om praatjies en demonstrasies vir kinders te gee terwyl hulle die sop geniet. Hulle benodig donasies van klere, komberse en sop-bestanddele. Bel die koördineerder by 072 8494 709 indien jy nog inligting wil hê of ’n donasie wil maak. Hulle beplan om dié projek na Bergsig en Myddleton uit te brei.

028 312 2870

3113 LD 1CBWGK06E

Towdah Ministries in Caledon gaan dié winter weer sop, brood en vrugte aan kinders en behoeftiges uitdeel.

OFFICE 24, ASTORIA VILLAGE, MAIN ROAD, HERMANUS

FICA BIDDER REGISTRATION The new Consumer Protection Act requires all bidders taking part in auctions to bring the following 1) Certified copy of their ID book 2) Proof of residence The Auctioneers may bid on behalf of the seller up to the mandate price and hold the sole madate on this property For further information please go to www.claremart.co.za

Die ACVV in Caledon nooi almal uit om groen aan te trek op 30 Mei ter ondersteuning van Kinderbeskerming. Dra ’n groen strikkie of hang groen ballonne in jou tuin of kantoor. Hulle vra die publiek om elke Vrydag van 30 Mei tot 27 Junie dié inisiatief te ondersteun. ) Jeugdag op 16 Junie sal hierdie jaar weer die hoogtepunt in menige Genadendaller se dagboek wees wanneer jongmense sal saamtrek op Genadendal se sportterrein. Reeds om 08:00 die oggend sal die trompoppies af-

skop met die program wat vir die dag beplan word. Die tema van die dag is “’n Jongmens uit die straat is ’n jongmens uit die kwaad.” Daar sal sportaktiwiteite soos rugby, netbal en fietsry wees, hiphop en kwaito-dans, sang, gassprekers, springkasteel, lewendige orkesmusiek, baie stalletjies en heerlike verversings. Vir navrae kan Riaan Karolus geskakel word by 083 524 4854. ) The Caledon Toy Library, for learning through play, at Santa Perseel in Caledon, is open from Monday to Thursday from 07:45 to 16:45 and Friday from 07:45 to 15:30. Children from six to ten years old may attend without supervision, but any child under five years must be accompanied by a parent or legal guardian.

30 Mei ) Greyton Kerk – Smul & Chill-aand. Navrae: 028 215 4985. ) Protea Dienssentrum-basaar by NG Kerksentrum Caledon, vanaf 07:30. ) 2014 Namaqua-Weskus Ekspo. Kry maar die hele gesin en al die geliefdes en werkers byderhand en trek ’n sirkel om Vrydag 30 en Saterdag 31 Mei. Die hekke sal daagliks vanaf 09:00 oop wees en wanneer die ekspo om 17:00 sluit is daar elke dag tot middernag toe ’n aandprogram met onder meer die klanke van Dobbelsteen en Chris Else. Uitstallings: Coenie Visser: 083 257 0484; algemene ekspo-navrae: Pikkie Louw: 082 566 5880.

5 Junie ) VLV Opvoeding & Kultuur. Gasspreker: Jacoba de Kock van Indigo Learning. Alle belangstellendes welkom. Navrae: Retha Skein by 028 212 1432.

14 Junie ) 21 km-, 10 km-, 4 km-wedlope en 25 m Nappy Dash vanaf 08:30 by die L’Agulhas Vaardigheidskool op Napier. Kontak Liza Barry: 028 423 3235.

15 Junie ) Oase Gholfdag om 07:30. Caledon-gholfbaan. 4BBB @ R200 per persoon. Navrae: Malinda Booysen by 083 338 3028 of Terrance Fortuin by 082 812 7868.

Talle nuwe dinge hier op die lug Dit was weereens ’n woelige week by Radio Overberg, en ons is baie opgewonde oor nog nuwe verwikkelinge hier. Ons heet vir Marthie Strydom welkom by Radio Overberg. Sy is ’n ou veteraan, en was ’n program-opsteller by RSG . Marthie gaan ook later vir ons ’n klassieke musiek-program doen. Dan is Karin Blumer ook voor die mikrofoon hier by ons. Karin was onder andere by Fine Music Radio, Punt Radio, Jakaranda en gaan ons help met ons ontbytprogramme. As jy meer wil weet, gaan kyk gerus na ons webtuiste – www.radiooverberg.co.za. Kwessie van die week is ’n splinternuwe byvoeging tot Omgewingsake op ’n Vrydagoggend en vorm deel van die tweede halfuur van die program. As u ’n brandende kwessie het wat u wil hê ons op die lug moet hanteer laat weet ons by omgewingsake@gmail.com. Die grootste suksesstorie van die week is dat een van ons adverteerders ons baie benoud gebel het hierdie week, en gevra het om asseblief sy advertensie te stop. Om op Radio Overberg te adverteer het vir hom soveel kliënte ingebring, dat hy glad nie kon bybly nie. So as jy jou besigheid wil vlerke gee, skakel vandag nog ons kantoor by 028 424 2877.


Tuesday 27 May 2014

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

’n Laaste groet vir Anene se grootmaakma ORA LAUBSCHER Op Woensdag 14 Mei is Corlia Olivier in die Otto du Plessis-hospitaal op Bredasdorp oorlede. Dieselfde hospitaal waarheen sy inderhaas in die oggendure van 2 Februarie 2013 ontbied is, die dag waarop die hele wêreld haar as die grootmaakma van die vermoorde Anene Booysen leer ken het. Die dag waarop die nagmerrie begin het: Anene se afsterwe; haar begrafnis- en troosdiens; die uitgerekte hofsaak; die nasionale en internasionale media wat haar eie en Bredasdorp se drumpel deurgetrap het; die besoeke van talle hoogwaardigheidsbekleërs en uiteindelik haar eie siekte en twee weke voor haar dood, die tragiese insident waartydens die biologiese pa van Anene, Klaasie Speelman, ook vermoor is. Na wat verneem is, was Corlia tot en met die dood van Anene op 2 Februarie 2013 ’n lid van een van die Agulhas Nasionale Park se Werk vir Water-spanne. Sy het in 2010 as algemene werker hier diens aanvaar en het in die loop van haar werkstermyn gevorder tot die span se eerstehulp-beampte. Anene was self van Augustus tot en met Desember 2012 ’n lid van een van die bekroonde Werk vir Vleilande-spanne. Tydens die Werk vir Vleilande-sertifikaatoorhandigingsfunksie vroeër hierdie jaar, was daar ook ’n sertifikaat vir Anene. Corlia en haar verloofde, Jakobus Neelsen, het in November 2013 die afskopgeleentheid van die 16 Dae-veldtog vir aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders in die De Heideskoolsaal op Bredasdorp bygewoon. By hierdie geleentheid het minister Dan Plato saam met hulle ’n krans gaan lê op Anene se graf voordat hy die nuwe traumasentrum by die Bredasdorp-polisiestasie amptelik gaan open het. Dit was die laaste openbare geleent-

’n Laaste groet terwyl die kis na afloop van die troosdiens in die Nelson Mandelasaal weer in die ondernemer se voertuig gelaai word. Lede van KALF, gesinslede en enkele lede van die gemeenskap staan rondom die voertuig. Hulle het hierna ’n erewag in die straat voor die saal gevorm. Pastoor Miemie Jantjies en pastoor Michael Olivier staan heel regs langs die ander lede van KALF. Na Anene se dood is ’n buurtwag vir Bredasdorp gestig wat aanvanklik grotendeels bestaan het uit lede van KALF. Die Buurtwag het sedertdien groter geword en die hele span het gedurende die diens ook ’n spesiale lied gesing wat aan die familie opgedra is. FOTO: ORA LAUBSCHER heid wat Corlia bygewoon het. Sy het ook getuig hoe die dood van Anene haar eie lewe onherroeplik verander het en dat sy daarna nooit weer gedrink het nie. Daar was hoop. In Desember 2013 is Corlia met kanker gediagnoseer en ten tyde van die tweede besoek van minister Blade Nzimande aan Bredasdorp in Maart 2014, vir die van stapel stuur van die beplande Anene Booysen Vaardig-

Reminder to renew competency certificates and firearm licences The South African Police Service in Caledon would like to remind residents that licences issued in terms of the Firearm Controls Act (Act 60 of 2000) have expired, and need to be renewed. This process is not automatic, and a licensee will have to submit an application 90 days prior to the expiry date at his or her local police station. Competency certificates and handgun licences for self-defence are valid for a period of five years. Licences for rifles and shotguns for occasional/dedicated hunting are valid for a period of ten years. The Act now provides that a competency certificate remains valid for the period of validity of the licence in respect of which it has been issued. If however, the licence had been issued for occasional hunting/sport shooting, the validity of the competency certificate is now for a period of ten years. The Caledon police would also like to encourage firearm owners to make an enquiry at their local police station if there are

any uncertainties. The ownership of a firearm is not only governed by legislation, but is also a huge responsibility and they therefore appeal to firearm owners to take the necessary care in this regard.

heidsentrum, was Corlia in die hospitaal in Hermanus. Minister Nzimande het die hoop uitgespreek dat sy sodanig sou herstel, dat sy by voltooiing van die sentrum die pos van opsiener sou kon aanvaar. Die siekte het egter sy tol geëis en die Maandag voor Corlia se afsterwe, is sy weer opgeneem in die Otto du Plessis-hospitaal. Hier het pastoor Miemie Jantjies

haar tot op die laaste geestelik bygestaan. Pastoor Michael Olivier, wat Saterdag 24 Mei die troosdiens in die Nelson Mandelasaal gelei het, is ook deur haar hierheen ontbied. Die Bybel het oopgelê by Johannes 11, by die verhaal van Lasarus se opwekking uit die dood deur Jesus nadat die klip voor sy graf weggeskuif is. Olivier het dit goed gedink om hierdie teksgedeelte as vertrekpunt te gebruik vir sy boodskap tydens Saterdag se troosdiens. Lede van KALF (Kaap Agulhas Leiersforum) waarvan beide pastoor Miemie Jantjies en Michael Olivier lede is, het die dienste aan huis van Corlia en in die Mandelasaal behartig. “God gee lewe in oorvloed. Ons gaan nie by die graf bly nie”, het Olivier gesê. Hy het ’n beroep op almal en in die besonder op die lede van die gemeenskap gedoen om die lewe te kies en “uit die graf te kom”. Die gebeure van die afgelope jaar sal die gemeenskap altyd bybly, maar of die negatiewe in iets positiefs en behoudends omgesit sal kan word, hang van hulle af. Verteenwoordigers van die Konstruksie-SETA sowel as die burgemeester en onderburgemeester van Kaap Agulhas, het tydens die verrigtinge hulle innige meegevoel met die familie van Corlia Olivier betuig. Die verhaal van Anene Booysen is ook die vertrekpunt in Rachelle Greeff se toneelstuk wat tydens die KKNK in April 2014 vir die eerste keer opgevoer is. Shaleen Surtie Richards en Crystal Donna Roberts speel onderskeidelik die rolle van ’n onderwyseres en ’n leerder. Dit gaan volgens Greeff oor “hoe ons as nasie ons kinders in die steek laat” maar daar word – net soos in die boodskap van pastoor Olivier – ook “’n boodskap van hoop aangebied.”


4

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 27 May 2014

Gesteelde kamera weer gevind, dankie

Moenie eers begin rook nie

Op Wêreld-Tabakvrydag, Saterdag 31 Mei, fokus die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) op tabakgebruik deur die jeug. Kansa se gesondheidshoof, prof. Michael Herbst, konstateer: “Jong volwassenheid is die vatbaarste en mees kwesbare tydstip waarop met die gebruik van tabakprodukte begin kan word. Dis dus die vernaamste mikpunt van die tabaknywerheid. Ons moet ons volgende geslag beskerm teen die skadelike gevolge van tabak en teen die industrie se manipulering om van hulle nikotienverslaafdes te maak.” Kansa kan tabakverslaafdes nou help met sy eKick Butt-program – ’n unieke gratis aanlyn-rookstaakprogram. Deur ’n reeks e-posse, vraelyste en aflaai-items word die roker gelei en bygestaan totdat hy rook staak en nie-rook ’n lewenslange gewoonte word. Vir meer gegewens kan http://www.ekickbutt.org.za/ besoek word, mense kan by sosialemedia-besprekings by #NoTobaccoDay betrokke raak en Kansa op Twitter @CANSA volg of “like” op Facebook: CANSA. Maar hoe wonderlik sou dit nie wees as mense nooit eers begin rook het nie? Dan sal die maande en jare se baklei teen die lus nooit ’n probleem wees om mee te worstel nie.

Die hulp en samewerking van sekere inwoners van Botrivier met die diefstal en terugvind van ons kamera was ongelooflik. Dit is jammer dat mens deesdae altyd op jou hoede moet wees en in ’n tronk moet bly. Dit is skokkend om te dink ’n kind was verantwoordelik vir die diefstal van die kamera uit ons huis . Ons duur Nikon-kamera is op Saterdag 10 Mei uit ons huis gesteel terwyl ons met ons honde en hoenders op die oop erf net langsaan was. ’n Groepie kinders het ons genader en vir brood gevra terwyl een intussen die kamera gevat het. Die diefstal van die kamera is eers die aand ontdek en ons het die polisie daarvan verwittig. Die beskrywing van een van die kinders het die polisie snuf in die neus gegee, maar ’n soektog deur die polisie het niks opgelewer nie. Die Sondag het hulle rondgery en die boodskap van die vermiste kamera versprei. Later die middag is inligting ontvang waar die kamera sou wees en is die polisie

daarvan in kennis gestel. Kort voor lank het die polisie die betrokke kinders aangekeer en was die verdagte ’n jeugdige onder die groep. Inligting is ontvang dat die kamera verkoop is aan uitlanders vir R300. Die jeugdige gaan glo nie skool nie. Die kopers is net naweke op Botrivier wanneer hulle artikels aan inwoners verkoop. Die jeugdige het aan die polisie erken dat hy die kamera gesteel het en die polisie het die spoor verder gevat. Op Maandag 19 Mei het die polisie laat weet dat die kamera teruggevind is en Dinsdag 20 Mei was die kamera veilig by sy regmatige eienaar, hoewel sonder die kamerasak en geheuekaart. Ons is baie bly dat die kamera opgespoor is en wil graag almal bedank wat inligting verskaf het wat gelei het tot die opspoor daarvan. Dit is jammer dat so iets gebeur het en dat ons nou elke keer wanneer ons uitgaan deeglike voorsorgmaatreëls moet tref om weer so iets te voorkom. Ongelukkig sal ons nie weer mense wat aanklop vir hulp, help nie.

ERIEKA EN JAPIE ROUX, Botrivier

Ons as mense is God se tempel In die Ou Testamentiese tyd het God Homself gemanifesteer in die tabernakel, maar in die Nuwe Testamentiese era woon Hy in ons as Sy kinders en manifesteer Hy homself deur Sy kinders en nie in geboue nie. Die kerk is nie ’n gebou of ’n naam nie – ons as wedergebore Christene is die kerk. 1 Kor.3:16 “Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” Ons is dus God se tempel, God se woonplek – die Heilige Gees woon in ons, daarom moet ons Hom verheerlik in ons liggame en in ons gees. (1Kor.6:19-20) Verder sê die Skrif in 2 Kor.2:15 “Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan.” ’n Aangename geur trek altyd mense nader. My geur moet dus mense aantrek na Christus en hul nie wegstoot nie. Ons as tempels van God is nie net geurdraers nie maar ook die draers van die Goeie Nuus. Ons dra die boodskap van Christus en Sy lig in ons. Die donkie wat vir Jesus in Jerusalem ingedra het net voor Sy kruisiging het nie geweet dat hy ’n draer van Goeie Nuus is nie – hy het die Skepper op Sy rug gedra. Die Here maan ons om Sy tempel te beskerm in 1 Kor.3:17 “As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend, want die tempel van God is heilig en dit is julle.” Seënwense.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

KINDERS GEKOESTER: ACVV Caledon se program “Koester Jou Kind” is weer deur maatskaplike werker Edwina Jacobs en gemeenskapsontwikkelaar Carmen Opperman op 22 Mei aangebied. Die program gee leiding aan ouers om ’n gesonder, gelukkiger kind groot te maak. Indien Uitsig-ouers wil inskakel, kan hulle kennis neem dat die volgende opleiding plaasvind op Donderdag 19 Junie om 10:00 by die ACVV-huisie in Bosduifstraat, Uitsig.

Column

Spare me the ‘cybergunk’ and send some real news instead

A dear friend and former schoolmate has now, after many trials and tribulations that have left her materially comfortable yet alone, mastered a computer and subsequently (Tarantarah!) the internet. She doesn’t seem to belong to any cybergroupage or other social coagulation, so she spends hours every day surfing the web, visiting sites, picking up all sorts of “interesting” stuff. Sadly, what grabs her attention is lots of cutesy pictures and remarks. I say sadly, because she now also forwards everything that swims into ken to her apparently sizeable list of cyber-correspondents, myself included. I advisedly say “sadly” because this now fills my IN-basket with the weirdest selection of cybergunk: pictures of all manner of deeply irritating animals and humans doing what she thinks are noteworthy things. She also forwards pictures of unusual natural scenes, sunsets and animals with the assumption that we would all share her amazement, amusement and general wonderment

and that we would be grateful to her for bringing these things to our attention. Her main achievement has been, to reaffirm the insight that tastes differ. I do not have the courage to ask her to desist so I now have my waking and sleeping hours disturbed by my computer or smartphone squeaking the arrival of yet another unfunny, racist, painfully punning or semi-profane joke or endless pictures of animals and people doing weird things against lurid backgrounds. In desperation I now simply wipe them out without a peek, as I do all those e-mails promising millions in cash or tax refunds if I would just forward my bank details. How does one persuade her to desist? I feel that doing it would be the same as persuading people in public places not to haul out their cellphones to start conducting the most inane of conversations at the tops of their voices, apparently under the impression that cellphones are hard of hearing or the people at the other end somewhere on Mars.

My own darling daughter has taken to all my requests for information about critical aspects of her life, like job, kids and husband, with an exasperated instruction to go to her Facebook page and get informed. When I suggest that a Tweet or a Twitter does not convey the sort of information I need, she just groans in despair. I once persuaded her to write an e-mail to her brother in distant climes but the amount of griping and complaining about precious time being wasted on such a tedious outdated old thing was hardly bearable. At another odd section of the spectrum, but just as exasperating, is a domestic scenario like this: Harassed father arrives home to find his teenage daughter sitting in front the TV, cellphone glued to her ear, not saying a word. “What are you doing?” Dad wants to know.

“Shush,” says darling daughter. “I want to know what I am paying for,” says harassed parent. “Oh Daddy, don’t be such a bore! Can’t you see I am watching TV with my boyfriend?” fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 27 May 2014

General - Algemeen

Business4Women’s Network-lede en gaste wat op 8 Mei op Napier bymekaargekom het om gedagtes te wissel en gesellig te verkeer. Hier verskyn die dag se wenners van gelukkige trekkings saam met gasspreker Adèle Dreyer. Van links is Ann Coetzee van Zyl, Norah van Eyssen, Zola Geldenhuys, Adèle Dreyer, Theresa Meyer, Linda Souter en Patricia Cowan. FOTO: ORA LAUB-

Ventilators gelewer ORA LAUBSCHER

SCHER

’Almal wil suksesvol wees!’ ORA LAUBSCHER “Almal wil suksesvol wees.” Met hierdie woorde het Adèle Meyer die spreekwoordelike kat in die duiwehok gegooi toe sy Donderdag 6 Mei as die gasspreker by die maandelikse netwerk-ontbyt van Business4Women op Napier opgetree het. Met selfoon-selfies aan die orde van die dag en hoogmode, het sy weggetrek met ’n versoek dat elkeen, met die hulp van haar buurvrou aan tafel, haarself op haar selfoon moet verewig! Net ingeval jou moed jou weer begewe en jy so in die stilligheid wonder of jy “kan of nie kan nie”, kan jy jouself later langs hierdie weg van aangesig tot aangesig aanspreek en met hernude ywer vasbyt – al die pad na “sukses”. In die gees van die oomblik het Meyer uit HAT (Handwoordeboek

Brand eis lewe ANNETTE THERON ’n Man van Botrivier het verlede naweek in die informele nedersetting in dié dorp, New France, doodgebrand. Op Sondagnag om 23:35 het Doug Hawkins, ’n reservis, ’n oproep van die brandweer-beheerkamer in Bredasdorp ontvang oor ’n brand in Botrivier. Hawkins sê die Caledon-polisie het die brandweer in kennis gestel. “Met ons aankoms op die toneel het omstanders ons vertel dat een man dood is as gevolg van die vuur.” Hawkins sê daar was tussen vier of vyf hutte aan die brand in die middel van New France en hulle het gesukkel om toegang te kry omdat die strate so nou is. Volgens kapt. Gerrit Botes van die Caledon-polisie vermoed hulle die brand het binne ’n plakkershut ontstaan. “Die oorsaak is onbekend. Ons vermoed alkohol speel ’n rol.” Botes sê een man se verkoolde liggaam is in ’n hut gevind. “Die saak word ondersoek en niemand is in hegtenis geneem nie.”

Theewaterskloof Gazette

van die Afrikaanse Taal) aangehaal waar “sukses” omskryf word as “iets wat gedoen is en wat reg uitgekom het”. Die Oxford verklarende woordeboek slaan die spyker eweneens op die kop met ’n omskrywing wat daarop sinspeel dat dit “te make het met die suksesvolle bereiking van ’n spesifieke doel”! Die logiese gevolgtrekking is dus dat “sukses” binne elkeen van ons se bereik is maar die “geheim van sukses” lê opgesluit, êrens op die pad tussen die stel van die doel en die uiteindelike bereiking daarvan, het Dreyer verduidelik en benadruk dat mense hulleself dikwels blind staar teen die feit dat hulle nooit so suksesvol sal kan wees as bekende, beroemde en ryk mense nie omdat hulle òf nie ryk genoeg, òf nie bekend genoeg is nie. Hierdie mense het dikwels self die pad na sukses gestap en die beroemdheid en rykdom het hulle eers aan die einde van daardie pad te beurt geval.

“Daardie mense is daar sodat ons iets van hulle kan leer”, het sy gesê. Dit wil egter nie sê dat jou eie drome of doelstellings noodwendig baie geld of buitengewone roem behels nie - jy kan ook suksesvol wees deur net jouself te wees! Sy het haar praatjie afgesluit met ’n paar praktiese wenke “om saam te vat op die pad na sukses.” Adèle se praktiese wenke om saam te vat op die pad na sukses: Jou doelstellings hou verband met jou eie keuses – nie iemand anders s’n nie. Ken jouself en bou daarop voort! Werk met toewyding en bly gefokus op die doelstellings wat jy vir jouself gestel het. Visualiseer jou plan/doelstelling en werk hard en doelgerig om dit ’n werklikheid te maak. Moenie te krities teenoor jouself staan nie. Sukses gaan nie oornag in jou skoot val nie. Beweeg derhalwe stap vir stap vorentoe!

Dit het begin met ’n see van pienk boomstamme in Bredasdorp en in die res van Kaap Agulhas om geld in te samel ten bate van kankerpasiënte en is ook as bewusmakingspoging benut en aangewend. Op Dinsdag 20 Mei het Amy Neethling die oorhandiging kom doen van mobiele suurstof-respirators waarmee pasiënte wat deur die tuisversorgers besoek word – terminale kanker-pasiente of ander pasiënte wat aan long- of verwante siektetoestande ly – verligting kan kry. “Dit is ’n wonderlike alternatief vir die groot en baie swaar suurstofsilinders en dit was werklik won- Suster Isabel de Jager en tuisversorger Elmarie Booyderlik om dit in ont- sen van die Tuisversorgingskantoor in Bredasdorp, vangs te kon neem. met die suurstof-ventilators wat deur die Pink TreesHulle het gebel om te inisiatief, wat in 2013 in Bredasdorp begin is, gesê hulle kom, ons kon skenk is. FOTO: ORA LAUBSCHER dit amper nie glo nie en is so opgewonde en dankbaar,” lap per meter gekoop en langs sê suster Isabel de Jager. Amy hierdie weg die poging onderNeethling het die ventilators kom steun. Geld wat so ingesamel is aflewer namens die Pink Trees for moes in die plaaslike gemeenskap ingeploeg word waar nood of ’n Pauline-geldinsamelingsinisiatief wat in 2013 van stapel gestuur spesifieke behoefte geïdentifiseer is, toe al die bome in Kaap Agul- kon word. Pink Trees samel geld has in pienk getooi is. Individue in ten bate van kankerpasiënte en en besighede en skole het pienk is in Graaff Reinet begin.

5


6

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

1030

Tuesday 27 May 2014

KRUIEKENNER 1435

1005

1401

JEANETTA SMITH 07.10.34-25.05.14 "2 Tim. 4 vers 7. Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou." Baie dankie vir die ma, ouma, vriend, oumagrootjie wat jy was. Jy los 'n groot leemte op aarde maar die Here het 'n groot skat verwelkom. Ons gaan jou baie mis, die sprankelende mens wat jy was. Met liefde die Smith, Kortje, Swartz & Philander familie. BEGRAFNISDIENSTE

KYK WIE'S 4! JORDIN GABRIËLS 31.05.02014 Veels geluk grootseun. Ons wens jou Gods rykste seën toe vir die toekoms. Met baie liefde Mammie & Daddy. ALGEMENE KENNISGEWINGS VERLORE/VERMIS 1225

1025

DOVES-Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Pleinstr; 028 212 3054. 09 Argonst, Hermanus Business Park, 028 313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028 271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028 384 3344. Bredasdorp: Overberg Sentrum shop 12, 087 630 2011.

EIENDOMME 1460

BREDASDORP DRIVING TE KOOP SCHOOL 028-425 2774. Code 08 lessons R130.00; 3201 Code 10 lessons R180.00; HOP HUIS in Uitsig te Code 14 lessons. Learners koop. R68 000. Skakel 084 courses. 269 3482. LOOSE WEIGHT & KEEP IT OFF. Nutrify KANTORE slimming practise empo3290 wers you to shed kg's permanently through healthy KANTOOR RUIMTE: 3 lifestyle choices. Phone Vertrekke beskikbaar. Lisa on 0766138936. Dienste & Alarmstelsel ingesluit @ R 3 900. Vir meer inligting skakel Sonja Cloete 028 212 2688. TE KOOP

SPYSENIERING & LOKALE

STERFGEVALLE

PERSOONLIK

BETREKKINGS

ALLERLEI

3600

1655

3 KWARTBED R550; MiniBar R500; Stoof R1000; Automatiese wasmasjien R1000; 2 Deur kombuiskas R200. Baba motor stoel R50; 3 Kwart imbuia kopstuk R350. Skakel 072 466 6900.

KINDERVERMAAK 1405

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395. FUNKSIES & KONFERENSIES

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1425

PADSTAL/RESTAURANT,DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Skakel 028 214 1475.

SKOONMAAKDIENSTE 1805

REGSDIENSTE 1440

FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998/028 212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

PKG EXTREME CLEAN Carpet, upholstery, car seats & office cleaning. Call Alvira / Patricia 074 141 4423 or Basil 021 859 5134. TE HUUR 1820

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap. Skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum 083 551 5406 alle ure.

ALGEMEEN 3680

LUTEA PARFUUM Is jy 'n selfgemotiveerde bemarker en Parfuum jou passie!! Nou is jou geleentheid om deel te word van 'n "multi million dollar" bedryf! Skakel Madri of sms jou e-pos adres na 083 655 0445.


Tuesday 27 May 2014

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

Month End

Price Cuts

Dié hansworse het kleur aan die dag gegee.

Kleuteratletiek was baie kleurvol

Our Butchery

PnP Bulk Lamb Braai Chops

74

Meat prices cut to the bone

R

PnP Ultimate Braai Master Boerewors

54

R

Op 15 Mei was daar ’n groot gebeurtenis by Rûens Kollege. Die jaarlikse kleuteratletiek het plaasgevind. Honderd en vier voorskoolse kinders het die dag saam met Rûens se maatjies kom geniet. Daar was baie dinge om te sien en te doen; en dan was daar ’n snoepie met die heerlikste eetgoed. Die dag was werklik ’n fees vir die oog! Die mammas en pappas kon ook saam met hul kleuters aan aktiwiteite deelneem. Die grondslagfase-kinders van Rûens het hulle werklik goed van hul taak gekwyt.

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

9

TM

18

50

26

95

FRESH

90

SAVE 2.80

PnP Cooked Ham Per 100g

Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each

SAVE R3

PnP NO NAME™ Fresh Whole Chicken Per kg

BUY B 2 FOR F

BUY ANY 4 FOR

MEISIESRUGBY: Andrea Damon, ’n gr. 8leerder by Swartberg Sekondêr, is opgeneem in die voorlopige Boland o. 16-meisiesrugbyspan wat op Woensdag 21 Mei teen WP deelgeneem het. Van links is Eugene Sonn, skoolhoof, Andrea Damon en Adrienne Delport, adjunkhoof. FOTO: ANDRE DE BRUYN

Per kg

25

R

10

R

PnP Instant Noodles Assorted 75g

15

R

PnP Forelle Pears 1.5kg

17

12

29

SAVE R5

Spekko Parboiled Rice 2kg

Rama Original Margarine 500g Brick

80 8 0

SAVE 1.10

SAVE R3

Crown Blended Cooking Oil 2 Litre

R

SAVE R9

PnP Pink Lady y Apples 1kg kg

90

90

31

BUY 2 FOR

Coca-Cola Light, Zero or Tab 2 Litre Each

19 tion Buster a fl In 26 48 39 95

PnP White Sugar 2.5kg

18 39 90

Crosse & Blackwell Tangy, Lite Mayonnaise or Salad Cream 750/790g Each

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each

SAVE 3.90

90

SAVE R7

Kellogg’s Rice Krispies 400g

y ar’s price Better than last ye Nescafé Classic Dawn 200g Jar

90

Valid until 8 June 2014

90

SAVE R5

PnP 2 Ply Toilet Tissue 9s

PRICES VALID 27 MAY - 1 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY

Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express, Franschhoek Daily and Monte Vista stores. smart shopper points will still apply in Express, Franschhoek Daily and Monte Vista stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185422_390 X 198

7


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 27 Mei 2014 | Tel. 028 214 1294

Genalers kry tweede loesing CHARLTON SMITH Na ’n goeie begin met twee oorwinnings, het die rugbyspan van Genadendal ietwat van sy momentum verloor nadat hulle hul tweede agtereenvolgende loesing gekry het toe hulle op hul tuisveld teen Safcol, die voorlopers in die BRU Superliga-Oos-afdeling, met 26-18 vasgeval het. Die ondersteuners van albei spanne het nie teleurgestel nie en het in hul hordes opgetrek na die sportveld. Die tuisspan het eerste punte aangeteken nadat Elroy Klaase oorgebars het vir ’n drie in die vyfde minuut van die wedstryd. Safcol se Graham van Neel het kort hierna ’n strafskop oorgeklits om die telling 5-3 te maak. Kort daarna het Enslin Klase met ’n strafskop die tuisspan weer laat voorloop met 6-5. Len-lee Williams het Safcol se eerste drie gedruk en Graham van Neel het die doelskop oorgeklits

om die telling 10-8 te maak. Enslin Klase het met nog ’n strafskop sy span laat voorloop met 11-10. Hierna het Safcol die toon begin aangee en moes die tuisspan keer vir ’n vale. Die rustydtelling was 23-11 in Safcol se guns. In die tweede helfte het die Genalers veranderinge aangebring wat die momentum weer in hul guns begin swaai het. Aangevuur deur ’n fanatiese skare het die tuisspan begin beheer neem oor die wedstryd, veral nadat Johnwin Witbooi oorgeduik het vir ’n drie wat verdoel is deur Enslin Klase om die tuisspan binne trefafstand te bring op 23-18. Graham van Neel het met ’n suksesvolle strafskop ’n waardevolle bonuspunt van die tuisspan ontneem om die eindtelling 26-18 te maak en aan Safcol ’n goeie wegoorwinning te gee. Die Save-Rite Speler van die Wedstryd was Johnwin Witbooi, wat weer ’n uithalerwedstryd gehad het.

Spoil your Dad this

Father’s Day

Duo biking for charity JANINE VAN DER RIET Danie Goosen and Braam Gericke from Wildekrans Wine Estate in Bot River decided that after taking part in various mountain bike races, they now want to ride for a charity organisation which is close to their hearts.

Many children are part of the Anna Foundation, which runs after-school education programmes for children living on farms and in rural areas.

Goosen is the unit manager and Gericke the estate manager on the farm and they have always been involved in organising a variety of events and activities for the children on their farm, as well as neighbouring farms in the Bot River area, to uplift their community. They have already purchased entries for the Absa Cape Epic 2015 through the Anna Foundation and have made a commitment to raise funds for the foundation as they train towards the event next year. The Anna Foundation runs after-schools for children living on farms and in rural areas of the Western Cape. They have a pro-

fessionally designed curriculum called the “3 Rs Programme: Reading, Running, Right-ing” which focuses on education, sports and life skills, presented through drama and implemented on farms and within rural schools in the afternoon. The Anna Foundation also trains women and men from the farming communities. The cycling duo will be driving various fundraising campaigns for which they will require financial sponsorship and support. Call Gericke on 079 697 9983 for more information or to donate money to The Anna Foundation, call The Anna Foundation on 021 885 1922 or visit www.annafoundation.com.

NUWE VOORKOMS, NUWE VUUR: Die leerders van Protea Primêr se rugbyspan het op Saterdag 10 Mei by LR Schmidt (Morawies) Primêre Skool in Genadendal gaan rugby speel. Hulle het verskeie wedstryde gespeel en gewen. Die truie en broekies wat hulle aan het is ontvang van die departement van sport en kultuur. Die skool wil graag die departement bedank vir die skenking en sê dis voorwaar ’n riem onder die hart.

SUNDAY LUNCH BUFFET 15TH JUNE

R115PP jackie designs 0043

Danie Goosen and Braam Gericke to ride for charity.

Monis Sparkling Welcome Drink and Father’s Day Gift. Plus Bev Scott Brown will entertain you.

BOOK NOW

Bookings Essential: 028 214 5100 The Caledon Casino, Hotel, Spa and Entertainment www.thecaledon.co.za. T&C’s apply.

Met David Kau KUIER ‘N AAND SAAM MET SA SE GROOTSTE GRAPJAS OP VRYDAG, 27 JUNIE OM 21:00

GVL272

In die Winners Action Bar, Golden Valley Casino. Kaartjies kos R100 p/p en is te koop by die Casino se Kassierre. Navrae: 023 348 7200 of goldenvalleyinfo@suninternational.com


Theewaterskloof gazette 27 mei 2014