Issuu on Google+

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 26 March 2013 | Tel. 028 214 1294

Ovies bring boodskap van liefde vir Paastyd

Nuwe handelsure Die Theewaterskloof se nu­ we drankhandelsure is, in breë trekke: Binneverbruik (drank wat op die perseel gedrink word) ) Plekke waar drank in resi­ densiële areas bedien word, soos gastehuise, mag van 09:00 af tot nie later nie as 23:00 handel dryf. ) Hotelle mag van 09:00 tot 02:00 drank bedien en casi­ no’s 24 uur per dag. ) Plekke in plaaslike buurt­ sakesentrums (gemengde areas wat sonerings vir sa­ ke­ of gemeenskapgebruik insluit) se handelsure is van 09:00 tot 23:00, of van 09:00 tot 24:00, afhangend van die tipe handelaar. Drankwinkels en gespesiali­ seerde wynwinkels mag handel dryf van 09:00 tot 19:00, met Sondae uitge­ sluit. ) In algemene sakesen­ trums mag handeldrywing van 09:00 tot 02:00 plaas­ vind. ) In nywerheidsareas mag kuierplekke van 09:00 tot 02:00 die volgende dag han­ del dryf. ) In landbou­ en landelike areas mag daar van 09:00

tot 02:00 die volgende dag handelgedryf word. Wyn­ plase en wynwinkels mag van 09:00 tot 23:00 handel dryf. ) In kleinhoewe­areas is ure van 09:00 tot 24:00. ) Ander ad hoc­liggings, soos voertuie en mobiele ondernemings, wat vir toe­ risme­, vermaaklikheids­ of ontspanningsdoeleindes gebruik word, waar goed­ keuring volgens TWK se verordening op spesiale ge­ leenthede verkry is, mag handel dryf van 09:00 tot 22:00. Buiteverbruik (waar drank gekoop en weggeneem word) ) In algemene sakesen­ trums mag drank van 09:00 tot 19:00 verkoop word, met Sondae uitgesluit. ) In nywerheidsareas is handelsure ook van 09:00 tot 19:00, met Sondag uitge­ sluit. ) In landbou­ en landelike areas mag drank van 09:00 tot 19:00 verkoop word. * Eienaars word aangeraai om die volledige verordeninge te bekom om die ure wat op hulle spesifiek van toepassing sal wees, te bepaal.

Sekere privaatskole is reeds met vakansie maar Klein Ovies sal Donderdag, soos talle ander skole in die streek, sluit met ’n Paasboodskap deur een van die onderwysers, Luan Els. Els sê dit wat op die banier staan is hul fokus vir die jaar by Klein-Ovies. “Ovies is lief vir Jesus”. Hy sê wanneer jy Jesus eerste plaas, val al die ander dinge in plek. Dié groepie leerlinge is (agter van links) Lana de Kock, Liza Fourie, Christoff Fourie, Natalie Bester en Tian Rabie; (agter) Matthew Fisher, Stanique Fortuin, Ilne Benjamin, Lila Smal, Christina van Niekerk, Danel Badenhorst, Waldo van Zyl, Nicola Coetzee en Jannie Fourie. FOTO: VERSKAF

Sake in duister oor drankure

ANNETTE THERON

Ten spyte daarvan dat drankhandelaars oor minder as ’n week nuwe handelsure moet nakom, bestaan daar blykbaar grootskaalse verwarring by hulle oor hoe die verordening wat dié nuwe ure bepaal, hulle gaan raak. Volgens wetgewing wat verlede jaar reeds deur die Wes-Kaapse regering gepubliseer is, sal drankhandelsure vanaf 1 April vanjaar deur plaaslike munisipaliteite bepaal word en nie meer deur die Wes-Kaapse Drankraad nie. Alle munisipaliteite in die provinsie is aan die wet onderhewig en moes hul nuwe ure in ’n verordening omskryf wat volgende week van krag sal word. Plaaslike handelaars sê egter hulle weet nie wat die ure is wat in die Theewaterskloof se verordening vervat is nie, hoe dit verskil van hul huidige handelsure nie, en hoe dit hul sakebedrywighede gaan raak nie. Jacques van Wyk, eienaar van The Barn Restaurant in Caledon, sê hy het geen kennisgewing van die nuwe ure ontvang nie. Hoewel

hy nie verlede week tydens sy onderhoud met die Gazette geweet het of sy restaurant voortaan op Sondae drank sal mag verkoop nie, het dié moontlikheid hom bekommerd gehad. “Vir ons wat besigheid aanbetref, sal ek dit moet oorweeg om Sondae toe te maak.” Hy meen die gevolge van korter handelsure vir kroeë en restaurante lyk nie rooskleurig nie. “Die ouens wat die wet maak dink nie ordentlik na oor die saak nie – ons sal personeel moet verminder, want besigheid gaan verminder.” Brandon Smook, verkoopsbestuurder by Wildekrans in Botrivier, sê hulle is tans Sondae oop vanaf 11:00 tot 15:00 en hulle is nog nie in kennis gestel wat die nuwe handelsure is nie. “Op die oomblik is ons die enigste wynplaas in Botrivier wat op Sondae oop is en mense wil graag naweke op uitstappies gaan om die omgewing te verken. Die nuwe wet gaan teen ons werk as ons Sondae moet toe wees.” Volgens die ure wat die Gazette van die munisipaliteit ontvang het, sal wynplase wel op Sondae wyn mag verkoop (sien handelsure in meegaande blok). Frans Steyn, mede-eienaar van Mandi’s Li-

qour, sê wat hom bekommer is dat niemand hulle ingelig het oor die nuwe handelsure nie, “nie die polisie nie, nie die munisipaliteit nie”. “Nêrens is ons ingeroep om te sê watter impak die drankwet op ons besigheid gaan hê nie. Ons – wat die grootste rolspelers in die bedryf is – word nie geken in die saak nie. Ons word nie op hoogte gehou nie en dit wil voorkom asof daar vir ons ’n verrassing beplan word.” Hy sê hulle wag dat die ure binnekort aangekondig gaan word. Steyn meen verkorte ure gaan ’n groot impak op besigheid hê. “Veral Vrydagaande wanneer mense vanuit die Kaap hier stop om petrol by Caltex in te gooi en dan vinnig by ons inloer vir hulle drankverkope, gaan ons beslis ’n groot gedeelte van Vrydagaand-besigheid verloor.” Die Gazette het die munisipaliteit uitgevra oor wanneer die verordening deur die raad goedgekeur is en hoe handelaars van die nuwe ure in kennis gestel is of sal word. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het reageer deur te sê die raad het die verordening verlede week goedgekeur. Hy het nie teen druktyd reageer oor of daar voorheen ’n konsep-verorde-

YOUR DREAM CAR IS WAITING

ning vir openbare insae beskikbaar was, of oor die kennisgewings aan handelaars nie. “Hierdie wetgewing is opgestel in reaksie op die behoeftes van die gasvryheidsbedryf in die Wes-Kaap, met inagneming van die maatskaplike probleme wat deur die misbruik van alkohol veroorsaak word,” het Cronjé gesê. “Hierdie beleidsdokument bevat ’n nuwe benadering tot dranklisensiëring vir die WesKaap. Dit het ten doel om beleid te skep wat kommersiële ondernemings en entrepreneurskap fasiliteer en die gemeenskap teen enige negatiewe gevolge wat uit die misbruik van alkohol voortspruit, te beskerm.” Ao. George Fritz van die Caledon-polisie het gesê: “Tans mag drankwinkels handel dryf vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 08:00 tot 20:00. Die nuwe ure wat deur die raad vasgemaak is, is vanaf 09:00 tot 19:00 op buiteverbruik-lisensies (soos drankwinkels, waar mense drank koop om dit elders te gebruik). Fritz versoek die samewerking van geregistreerde lisensiehouers om by die nuwe bepaalde handelsure te hou. “As jy nie by die handelsure bly nie, sal jy beboet word. Die boete van R1 500 sal dieselfde wees as voorheen.”

COMMERCIAL 2011 CHEVROLET CORSA UTILITY 1.4 CLUB, 42 000KM, SILVER 2011 CHEVROLET CORSA UTILITY 1.4 SPORT, 17 900KM, ATOMIC SILVER, CANOPY 2010 CHEVROLET CORSA 1.7 DTi, 120 000KM, WHITE, CANOPY 2011 TOYOTA HILUX 2.5 D-4D 4X4 D/C, 70 000KM, WHITE, CANOPY, TOWBAR, 16” MAGS 2012 CHEVROLET UTILITY 1.4i CLUB, 17 000KM, SILVER

R119 995* R137 995* R109 995* R269 995* R129 995*

PASSENGER

R166 900

*

On-the-Road and Registration Fees Included.

Power Steering | Air Conditioner | CD Frontloader/MP3/Aux Input On-Board Computer | ABS with EBD Airbags – Driver, Passenger & Front Seat Side Passenger Airbag Deactivation Switch | ISOFIX Child Seat Anchorage 3 Year/60 000km Service Plan 5 Year/120 000km Warranty & Roadside Assistance ONLY 2 AVAILABLE (WHITE & SILVER)

CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8 LTZ 4X2 AT

R395 000

On-the-Road and Registration Fees Included.

7 Seats with Lie-flat Function | Power: 132kW Torque: 440Nm | Bluetooth® | Steering Wheel Controls On Board Computer | ABS with EBD | Traction Control Hill Start Assist | Hill Descent Control Airbags – Driver, Passenger & Curtain 5 Year/90 000km Service Plan 5 Year/120 000km Warranty & Roadside Assistance

ROLA GM CALEDON 028 214 3560 • gminfo@rolagrp.co.za • www.rolagm.co.za

SERVE WITH INTEGRITY. DIEN MET INTEGRITEIT.

2012 CHEVROLET CRUZE 1.6 LS, 26 000KM, WHITE 2007 HYUNDAI TUCSON 2.0 GLS, 124 000KM, GOLD 2012 CHEVROLET SONIC 1.4 LS, 9 000KM, WHITE 2009 CHEVROLET CRUZE 1.8 LT A/T, 60 000KM, WHITE, R40 000 BELOW RETAIL 2013 CHEVROLET TRAILBLAZER 2.8 LTZ 4X2 A/T, 9 000KM, BLUE, TOWBAR 2013 CHEVROLET CRUZE 2.0 D LS M/T 4DR SEDAN, 5 000KM, WHITE 2010 CHEVROLET CRUZE 1.6, 58 000KM, GREY 2010 TOYOTA COROLLA 1.6 PROFESSIONAL 6 SPEED 110 000KM, WHITE, R18 000 BEHIND BOOK VALUE

R169 995* R129 995* R139 995* R139 995* R379 995* R229 995* R134 995* R149 995*

JACQUES 082 899 0762 • ADAM 082 337 0295 DEON 079 049 8211 Offer valid until 1 April 2013. All offers subject to finance approval. Terms and Conditions Apply. Model shown may differ. Errors & Omissions Excepted

62223 ADMAKERS.COM

CHEVROLET SONIC 1.6 LS SEDAN


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 26 March 2013

Ladies pampered at Caledon Spa 26 en 27 Maart ) Mini-Kunstefees: Hoërskool Overberg Koesterklanke. Bel die skool by 028 212 3083.

31 March ) Gutz and Glamour Beejays Gay Pageant at Beejays. 19:00.

GEVIND: Dié selfoon is verlede week by die Gazette se kantoor ingedien nadat ’n inwoner van Caledon dit opgetel het. Die eienaar kan die foon by die Gazette se kantoor op die hoek van Plein- en Yorkstraat kom afhaal. FOTO: ANNETTE THERON

) ’n Inwoner van Santa versoek honde-eienaars om hulle honde in hulle erf te hou. “Die rondlopende honde grawe gate onder my draad om toegang tot my erf te kry en om met my honde te kom skoorsoek.” Die inwoners sê indien hondeeienaars nie na hulle honde gaan kyk nie, gaan verdere stappe gedoen word. ) Towdah Ministries bied van Vrydag 29 Maart tot Sondag 31 Maart ’n Paasfees-konferensie aan met die tema “Ek steek ’n vuur in jou aan die brand”. Konferensietye is van 10:00 tot 17:00 en dit word aangebied by die kerk in Nuwestraat (Ou Railway-gebou). Almal is hartlik welkom. Vir verdere navrae kontak George Rhode by 072 442 0491. ) Magdalene Isaks wil graag ’n klub vir enkel-

VW Hermanus www.rolavwhermanus.co.za Tel: 028 312 6084

ONE STEP AHEAD - See page 5

Back by popular demand in March is The Caledon Spa’s indulgent Ladies Pamper Nights. Due to the overwhelming popularity of the pamper evenings, there will be two – one on 27 and another on 28 March. The team at the spa has put together an exceptional package which includes a body exfoliation, and every guest will go home with a pamper pack of goodies. The theme for this month’s pamper session is “Tropical”. The menu includes, amongst other dishes, sweet island rolls and island-style shrimp cocktail; beef tenderloin tournedos on sauteed red onions and peppers; tropical vegetable skewers with a bas-

il pesto dipping sauce; warm Nuttela crepes; Kahlua crème caramel, and double-dipped chocolate strawberries. The sessions start at 19:00 on both nights. Bookings are open and ladies are urged to get their tickets soon as spaces at these exclusive events are limited and usually sell out quickly. Tickets cost R300 per person and are available at The Caledon Hotel’s reception and at the spa. Phone 028 214 5100 for information. Aside from the ladies pamper nights, there is also a range of other spa packages available, including specially-designed solutions for expectant moms. All packages include access to The Caledon Spa’s array of facilities.

lopendes op die been bring. Sy nooi almal in die gemeenskap wat sal belangstel om by so ’n klub aan te sluit om haar te kontak by 078 7028 062. Sy sê daar is soveel mense wat alleen by die huis sit sonder enige geselskap en wil graag dié klub op die been bring met Christelike waardes. ) Die St Peter’s Anglikaanse Kerk van Botrivier beplan ’n “car boot sale/yard sale” ten bate van die kerk op 20 April. Artikels wat nie meer gebruik word nie of wit olifante is die ideale produkte vir hierdie geldinsameling en belangstellendes word genooi om ’n stalletjie of staanplek teen R100 te koop. Die verkoping sal op die kerkterrein geskied en sal van 10:00 tot 16:00 duur. Almal se ondersteuning word verwelkom. Vir meer inligting, of om ’n staanplek te bespreek, skakel mev. Oliver by 082 678 7508. ) Daar is nog plek vir mense wat belangstel om die pottebakkery-werksessie by te woon, wat aangebied word van 26 Maart tot 28 Mei deur Fleur Rossouw op Caledon. Bel haar gerus by 028 212 1004 of 081 344 2422. ) Learn how to cope with the new challenges in parenting, but stick to the old rules and principles. The parenting skills and support group at Child Welfare’s office in Grabouw will be meeting on 27 March at 14:30, continuing every second Wednesday. For more information, phone Chrisie Hugo or Tessa Bouwhuis on 021 859 2283/5 or 021 859 2862.

Guests enjoy The Caledon Spa’s Ladies Pamper Night.

Psychic at Millstone Market Renowned psychic Jenny Ren will soon be offerering free readings at The Caledon Millstone Market. Psychic and clairvoyant, Jenny Ren will be sharing her insights, guidance and psychic readings at The Caledon Casino, Hotel, Spa and Entertainment’s Millstone Market from April to June. Visitors wanting foresight into their futures will be treated to a free five-minute reading with Jenny. The free readings will take place between 11:00 and 11:30, 12:00 and 12:30, and 13:00 and 13:30 at the Millstone Market on 6 April, 4 May and 1 June. Those wanting deeper insight can book a 30-minute session at a cost. In five minutes, Jenny can either do an aura scan of someone’s health, print out an astrology birth chart and give an explanation of a person’s sun placement, conduct Reiki healing on an area of pain, provide a Tarot card answer to a question, or answer a question using a pendulum or dowsing rods.

The Millstone Market, which takes place on the first Saturday of every month, is a family-styled event featuring various stalls selling a selection of fresh produce from the Overberg region and quality handmade crafts and products. Visitors can also treat themselves to unique pieces of hand-styled jewellery or sewing and buy oils and lotions made from aroma therapy oils and all-natural ingredients. The children will be entertained in the play area with a host of fun activities such as face-painting and jumping castles. Anyone who produces fresh vegetables, fruits, cheese and other products, as well as makers of handmade products, is welcome to host a stall at the market to show off their wares and talents. People wanting to exhibit at the next market can contact Carmen Kippie on 028 214 5323 for more information. Entrance to the market is free. Also visit www.thecaledon.co.za for more information.

Quick and easy Easter treat Celebrate the holiday with these quick and easy Easter chocolate treats – nests with mini Easter eggs. Ingredients: 1 slab chocolate, dark or milk 6 - 8 weet-bix or shredded wheat cereal Large pack of mini eggs Method: Place the chocolate in a glass bowl over a pot of boiling water, until melted. Break up 6-8 Weetbix bricks and add them slowly to the melted chocolate. making sure the chocolate covers them. Spoon into cupcake cases and top with 2-3 mini eggs per nest. Chill for 5 minutes in the fridge and store at room temperature. Recipe source: www.craftyweekend.com.

Chocolate nests with mini Easter eggs. |

PHOTO: WWW.CRAFTYWEEKEND.COM

Kies ’n naam vir sentrum Werk aan die inkopiesentrum in Caledon vorder fluks en die sentrum gaan einde Mei open. Die tyd raak dus min vir alle leerlinge in Theewaterskloof, Napier en Bredasdorp om deel te neem aan die Gazette en Harry Viljoen Eiendomme se Gee die inkopiesentrum ’n naam-kompetisie. Een gelukkige leerling en sy/haar skool kan wegstap met ’n kontantprys van R10 000 as hulle naam gekies word. Die leerling wat as wenner aangewys word, sal met R5 000 in kontant wegloop en die skool waar die leerling onderrig word, sal ’n verdere R5 000 ontvang. Dink aan ’n gepaste naam

vir die inkopiesentrum met Pick n Pay as ankerhuurder. Danie Viljoen, besturende direkteur van Harry Viljoen Eiendomme, het gesê hul groep is trots om in Caledon te belê en oor tien jaar moet die dorp kan sê dié inkopiesentrum is ’n bate. Hy het ook gesê dis ’n wonderlike stuk grond vir dié tipe ontwikkeling. Name vir die sentrum moet fokus op ’n kombinasie van plaaslike historiese, kulturele en geografiese aspekte, pertinent tot Caledon. Probeer om nie meer as drie woorde te gebruik nie. SMS jou naam na 33675 voor 1 April. ’n SMS kos R1,50.


Tuesday 26 March 2013

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

B’dorp kry buurtwag “Dit lyk nie asof Anene Booysen se dood die jeug van Bredasdorp die skrik op die lyf gejaag het nie.” Só sê kol. Mareé Louw van die Bredasdorp-polisie, wat verlede naweek saam met die dorp se nuwe buurtwag deur sekere dele van Bredasdorp voetpatrollies gedoen het. “Hier van 22:00 af stroom die jeug na die drinkplekke toe, veral die meisiekinders.” Sy sê egter dis verblydend dat die Gemeenskapspolisiëringsforum, Kaap Agulhaskerkleiers en gemeenskapslede verlede Vrydag die nuwe buurtwag van altesame 20 lede gevorm het. “Ons het by een van die kerke in Bredasdorp ontmoet en ek het toe aan hulle die moets en moenies van buurtwagte verduidelik. Daarna het ons uitgegaan en

in die buurt gaan stap waar Anene se liggaam gevind is.” Louw sê hulle het van 22:00 tot 02:00 rondom Kallie se Pub, in die Zwelitsha-plakkerskamp, asook in Simunye gestap. “Die Saterdagaand het ons weer bymekaargekom en vanaf 20:00 tot 22:00 gestap.” Sy sê die buurtwag-patrollies het ’n groot impak gemaak op die misdaad in Bredasdorp. “Ons het veel minder klagtes ontvang met betrekking tot aanranding en roof.” Die buurtwag, wat voorlopig sal bekendstaan as die Bredasdorp-buurtwag, moet nog op ’n naam besluit en Maree sê dat die lede ook opleiding sal ontvang. Indien daar nog mense in die gemeenskap is wat belangstel om by die buurtwag aan te sluit, kontak Fanie Christians by 072 680 1326.

VERJAARSDAG: A.P. Marais en Irien Marais, eienaars van Kekkel en Kraai, by hul personeel, Gaynor Henn, Natasha Abrahams en Fredeline Swart. Kekkel en Kraai is hierdie maand 15 jaar oud. Hulle bedank al hul kliënte, personeel en verskaffers vir die ondersteuning en lojaliteit.

FOTO: YVETTE VERMEULEN

Caledon Wind ‘will deliver’ Kol. Mareé Louw van die Bredasdorppolisie het haar kommer uitgespreek oor veral jong meisies wat steeds saans laat by drinkplekke kuier.

FOTO: ANNETTE THERON

Dinkskrum vir die Overberg ERIEKA ROUX

die geleentheid te ondersteun nie, en spesifiek ook dat die Sowat 60 mense het die mense van so ver as eerste Overberg IndaGrabouw, Genadenba, ’n dinkskrum oor dal, Greyton, Rivierplaaslike ekonomiese sonderend, Caledon, ontwikkeling, by die Bredasdorp en SwelCaledon Hotel, Casino lendam gekom het. en Spa bygewoon. Nicolas Myburgh, Hulle was dit eens Swellendam se uitdat die geleentheid ’n voerende burgegroot sukses was met sprekers wat kort, in- Heindrich Wyngaard, Christiaan en Carol Viljoen van meester, was ook siggewende insette ge- Greyton en Christo van der Rheede van die AHI ná daar. Verskeie sprekers lewer het en die gehoor afloop van die Overberg Indaba. het die belangrikwat kon saampraat heid van selfbemagtiging in moeilike tye bedeur vrae en kommentaar. Die Indaba is ondersteun deur die Afrikaan- klemtoon. Rdl. Glen Carelse wat ingestaan het se Handelsinstituut (AHI) wat verteenwoor- vir TWK-burgemeester Chris Punt, het gesê dig is deur Christo van der Rheede, die nasio- die TWK is baie ernstig oor plaaslike ekononale uitvoerende hoof van Business Partners miese ontwikkeling op die langtermyn en dat onder leiding van die streekbestuurder, An- die einddoel en visie is om die Theewaterston Roelofse, asook Overberg Agri wie se be- kloof die ideale woongebied te maak. Myburgh het op sy beurt Swellendam as ’n sturende direkteur, Andre Uys, ’n oorsig oor die stand van landbou in die distrik gegee het. beleggingstuiste bemark en ook die belangrikHeindrich Wyngaard, bekende Caledonse heid van entrepreneurskap op skoolvlak bemedia-persoonlikheid wat die beraad gereël klemtoon, terwyl ander sprekers, soos die het, sê die idee het by hom ontstaan omdat Overberg-distriksmunisipaliteit se raadslid hy gereeld in die stad soortgelyke geleenthede vir die TWK, Isaac Silecu, daarop gewys het bywoon. “Jy sien weekliks in die Kaap dat dat die gemeenskappe ook self inisiatief moet daar die een of ander byeenkoms gehou word neem wanneer die raad nie altyd in staat is waar een of ander hooggeplaaste optree of om te help nie. Van Der Rheede het gesê die AHI is gereed waar mense geleentheid kry om aktuele kwessies te bespreek. Weens my persoonlike be- om sy deel te doen en ook geld beskikbaar het langstelling en my agtergrond in die media, om deur plaaslike sakekamers ondersteuning wil ek die voortou neem om jaarliks sulke ge- te bied aan plaaslike inisiatiewe,terwyl Roelofse gesê het plattelanders moet op die uitkyk leenthede op die platteland te hou.” Vir Wyngaard was dit ’n riem onder die hart wees vir afgetredenes uit die stede wat as mendat die borge nie die moeite ontsien het om tors vir kleinsake-eienaars kan optree.

“We have not only delivered against government’s minimum requirements for community participation, but exceeded their most optimistic goals, making Caledon Wind the example against which all renewable energy projects will be measured in future.” These are the words with which Dion Wilmans, project originator of the Caledon Wind development, described the wind farm’s social and environmental responsibility programme. The developers of all four of the proposed wind farms in the Overberg have committed themselves to local corporate social investment initiatives. Wilmans said the developers of Caledon Wind have already created a community trust as part of their social and environmental responsibility objectives, which includes the entire community that will be affected by their proposed windfarm project in Theewaterskloof. “The TWK Community Trust effectively becomes a substantial co-owner of the project, and will benefit through sustainable investments in social and critical infrastructure projects iden-

tified by the community, as well as enhanced environmental sustainability through projects such as the Cape Nature Stewardship Programme and energy efficiency initiatives, ensuring measureable contributions to the community that we serve.” He added that the developers of Caledon Wind have already delivered benefits to the most vulnerable members of the community, through a home-based care programme for residents affected by HIV/AIDS and TB. Wilmans said the government’s guidelines on reporting of the funds generated and spent by the TWK Community Trust, require strict management and accountability, ensuring that promises are met and spending is accounted for. “As such, the local founding members of the TWK Community Trust, supported by a recognised auditing firm, Deloitte, were carefully selected based on their historic contributions and commitment to their communities, and abilities to guide future members to deliver sustainably against the TWK Community Trust’s mandate.”


4

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 26 March 2013

Museum Friends meet The Association of Friends of the Caledon Museum met last week to discuss their importance in the life of the museum. Both members and people interested in joining the association attended the meeting, held on Monday 18 March at the Old Masonic Lodge in Constitution Street. It was said at the meeting that the museum works for the communi- From left are Rebecca Smart, Kenneth Hoffman, Martie Koegelenberg, Malinda ty, so links with the peo- Booysen, Verna Watton, Weronica Loftie-Eaton and Berendes Groenewald. ple of the town are very PHOTO: ERIEKA ROUX important, with the tures and the like. Friends helping to foster these links. At the meeting on Monday it was decided that The museum aims to be a space for community-building, and therefore community partici- the Annual General Meeting of the Association pation is key. Museums also exist in a resource- of Friends would be held on Wednesday 24 scarce environment where the subsidy which April. All people in Caledon who love history the museum receives from the provincial gov- and who care for the town are invited to attend ernment only covers their bills. If it is to deliv- the meeting. Honoured guests and members of er an exciting, relevant, top-class service, it other clubs and societies will also be invited. It will be a social event as well as a meeting, needs support in the form of funds and community members volunteering their time. In re- so people will have a change to get to know othturn, the museum can offer its Friends priority ers who share some of their interests. Full deaccess to the museum, free entry for example, tails of the meeting will be advertised in the and also a focus on research topics which the media. The association says it is enthusiastic friends deem important. The museum will also about building a strong and vibrant Associaoffer its Friends outings, activities, classes, lec- tion of Friends of the Caledon Museum.

Uitspantyd by Oppistoepie Die Oppistoepie-gastehuis en -koffiewinkel in Pleinstraat in Caledon het Dinsdagaand (19 Maart) sy nuwe spyskaart met ’n gesellige bymekaarkoms aan plaaslike inwoners bekend gestel. Sommige van die nuwe watertanddisse wat nou deel is van die spyskaart, is Chicken a la King, Morokkaanse lamskenkel, bobotie, romerige aartappelslaai en hoenderpastei. Nog ’n nuutjie by Oppistoepie is die pub-braai, waar gaste uit ’n verskeidenheid vooraf verpakte vleispakkies kan kies wat hulle wil braai. Die musiek was ook uit die boonste rakke. Die kunstenaar Forest het die gaste vermaak en veral die ou Bob Dylan- en Neil Diamond-treffers het groot aanklank gevind. Forest tree gereeld op by troues, funksies en verjaarsdae en die Oppistoepie-bestuur sê Caledon gaan nog baie meer van hom in toekomstige optredes sien. Oppistoepie bedien ook heerlike ontbyte en die Sondagmiddagetes sal vir ma’s ’n welverdiende ruskans in die kombuis gee. Oppistoepie kan gebel word by 071 584 8602 of 079 211 3602. Om meer uit te vind oor waar Forest bespreek kan word vir optredes, skakel 073 996 5005.

Dewald van der Merwe tree op as Forest. FOTO: YVETTE VERMEULEN

SAB VISITS CRÈCHE: Lauren Steytler (back), maltings manager at South African Breweries (SAB) in Caledon, and Roslyn Fairbairn, quality assurance manager, paid a visit to Sonskyn Crèche last Wednesday morning to hand out sweets to the youngsters. PHOTO: ANNETTE THERON

Groentetuin-projek skop af by Fair Start-leersentrum Die kinders en ouers van die Fair Start-opvoedingsentrum in Genadendal het op Maandag 19 Maart hul eie klein groentetuin van stapel gestuur. Families is ook aangemoedig om hul eie groentetuine by die huis te begin. “Dit bied die geleentheid aan kinders om van ’n jong ouderdom af betrokke te raak by die beplanning en versorging van ’n groentetuin, terwyl die ouers ook tyd spandeer met die kind en aan hulle verantwoordelikheid gee,” sê Judith Balie, koördineerder van die projek. “Entoesiastiese seuntjies en dogtertjies het die dag geniet terwyl hulle blaarslaai-saadjies geplant het.” Balie wil graag dankie sê aan Hilton Seekoei, tuinier van die Genadendal Museum en plantliefhebber, wat gehelp het met die onderrig-sessie. “Fair Start is ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op die vroeë kind-ontwikkeling van kleuters tussen die ouderdomme van twee en vyf jaar in die Riviersonderendvallei. “Ons waardeer die bydrae van vriende en die gemeenskap om dié kinders en families te help. Met die hulp van donasies van vriende is dit moontlik om die organisasie aan die gang te hou.” Vir meer besonderhede oor Fair Start, of vir skenkings, kontak die sentrum by die webtuiste/blog by www.fairstart.weebly.com.

Die meisietjies en seuntjies berei plantbakke voor vir hul groentetuin. Maatskaplike werk-studente van die HANen Cumbriauniversiteite, James Shaw en Lieke de Wit, saam met van die kinders van die Fair Start-sentrum. FOTO’S: JUDITH BALIE

Hilton Seekoei, tuinier en plantliefhebber, wys die kinders hoe om die blaarslaai-saadjies te plant en te versorg.


Tuesday 26 March 2013

News - Nuus

110% Green Forum wants to act, not talk The time for talking is over – future-minded, sustainable activity should be a crucial component of all planning being done in the Theewaterskloof region. This was the sentiment expressed at a 100% Green Forum meeting held in Caledon on 4 February. Stan Wallace, Theewaterskloof municipal manager, says that the meeting was hosted by TWK, but that the forum is driven from within its member ranks to harness the interests of both the public and private sectors in putting green initiatives and innovations firmly onto the region’s agenda. “Sustainability refers to many things,” he said. “We have come to associate it with protecting and developing the vast natural wealth of water, animal and plant life that we have on our doorstep, but it is also about the use of our resources and the disposal of our waste. More and more, it is an urgent need to address the economic future and quality of life of the people who live in our region and in the world beyond.” The first meeting of 2013 was a workshop, of half a day, attended by Wallace, Nicola Vernon of Greyton Transition Town, Songvei Cluver and Caroline de Villiers of the Kogelberg Biosphere, Councillor Glen Carelse, Johan Viljoen, Lizette Kok, Joanna Dibden, Conrad van Heerden and Jeremy Prince (town manager of Greyton), all from the municipality, Jo Kearney, Carol Viljoen of ARC, Tracy Armbruster representing the food security sector of Villiersdorp, Johan Olivier of SAB, Ludwig van Aarde and Tatenda Ziso of Biotherm, Shirley Robinson of the National Treasury and Edward Moltino of the Groenland Water Users’ Association.

The gathering spent some time assessing the landscape for strengths and weaknesses and set about creating a set of objectives as well as an overall vision for the organisation. In particular, it was agreed that existing projects could be targeted for building “green bridges” by assisting them with sustainable goals. Furthermore, new projects will be identified to advance the aims of the 110% Green Forum – to educate and to have an impact on the broad spectrum of sectors, activities and legislation in order to ensure a long-term benefit for all. The disadvantaged and growing youth were identified as priority audiences and beneficiaries but the agricultural, business and tourism sectors were seen as essential contributors to the success of the region’s collective efforts to make a sustainable impact in years to come. Wallace explained, “This forum is an essential working partner for our 2030 vision. We know that sustainability is the lens through which we must view our future and prepare for our challenges. “It is comforting to see the level of commitment and passion from the group that have dedicated hemselves to furthering this project and I feel positive that it will contribute to this region’s long-term health and wealth.” The meeting adjourned with a commitment by the working groups from within the forum to spend the next phase identifying and evaluating key existing projects. They will also be researching viable new projects. In addition, a sustainable strategy for the region would be developed with the assistance of the Theewaterskloof Municipality.

Theewaterskloof Gazette

Country Meander on show “We’ve got it all and it is time to showcase it to the rest of the world,” says Lizette Kok, tourism officer at Theewaterskloof Municipality. On 13 June the Cape Country Meander and surrounding towns will host a tourism showcase, giving the owners of tourism products on the Cape Country Meander and in neighbouring areas the opportunity to exhibit collectively. They will also broaden the exhibitor platform by inviting local producers of tourism-related amenities and services to coexhibit. As the Cape Country Meander is situated between other fantastic tourism destinations, Kok says they would also like to extend the exhibition invite to tourism products from the Overstrand, Cape Agulhas and Swellendam areas. The showcase will be held at the Millstone Conference Venue at The Caledon Casino Hotel, Spa en Entertainment complex from 09:00 until 16:30. Exhibitors will be provided with a white table cloth and two chairs. Kok says very often tourists request more information on what to see or to do, or where to stay in a neighbouring town.

This will give fellow tourism ambassadors the opportunity to find out what is on offer. She said the media will be invited and exhibitors will have the opportunity to tell journalists more about their product and services. “Tour operators will be invited and this is a great opportunity to show them why they should include your offering in their itineraries.” She added that the showcase will also give exhibitors the opportunity to create and grow awareness around their brand and to introduce visitors to any new developments. The cost of the exhibition is R100 for members and R300 for outside exhibitors. Anyone with a tourism offering, such as accommodation providers, restaurants, attractions, activities, wine estates, producers of tourism amenities and products, and tourism-related services, are invited to exhibit. Kok says if there are specific visitors readers would like invited, they can forward their details to her by contacting her on 028 214 3300 or at lizetteko@twk.org.za. Please note space is limited. The deadline for exhibitors to enter for the showcase is 12 April.

5


6

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 26 March 2013

Paasfees – duur prys

Daar in Stormer-hartland woel dit

Wees veilig Met Paasfees om die draai gaan talle inwoners met vakansie en baie gaan die lang pad na hul vakansiebestemming aandurf. Vir dié wat bevoorreg genoeg is om met vakansie te kan gaan, wil ons jou vra om versigtig te bestuur. Hou met gereelde tussenposes stil en rek die bene. Hou by die snelheidsperk en beoefen geduld met ander padverbruikers. Ons wil almal veilig by ons eindbestemming aankom. Dra dus jou sitplekgordel en moenie op die selfoon praat nie. Wees ook versigtig met die verbysteek van vragmotors en ander voertuie. Beplan jou roete en hou jou oë oop vir voetgangers. Probeer ook om die volgafstand van twee sekondes te handhaaf. Die Gazette wens al ons lesers ’n geseënde Paasfees toe.

Hello mense. Awê. Toe die Stormers teen die huidige kampioene, die Chiefs van Waikato, uitdraf was die uwe óók daar. Op Nuweland, die Katedraal van Rugby in die Wes-Kaap. En watter belewenis is dit nie om daar in die skare te sit nie. Wanneer die duisende Stormers vlae so wapper word ’n mens skoon weggevoer na ’n heel ander wêreld, ’n betowerende wêreld van helde en dapper dade. Ek het tussen ’n klomp vrolike toeskouers gesit, mense wat duidelik daarop uit was om die rugby en die middag te geniet. Daar was geëet en gedrink, so tussenin die opwindende rugby wat op die veld plaasgevind het. ’n Mens kon agterkom dat

die Stormers nie hul tuisskare wou teleurstel ná hul nederlae teen die Bulle en die Haaie nie. Die gesellige ou langs my het vir my ’n bier aangebied, maar ek het dit maar met ’n swaar hart van die hand gewys omdat ek ná die wedstryd nog moes bestuur. Bryan Habana was verwoed op die aanval toe ’n spul Chiefs-spelers hom têkkel en hy het in pyn neergesak. Een van daardie karretjies moes hom van die veld afhelp. Terwyl die karretjie so stadig na die tonnel beweeg sak een van die grapjasse agter my af, “ Yoh, daai ou ry daam starag! Hy’t sieke nog sy learner’s! “Stormers!!!”

FANIE LANGTAND, Ou Krokkies afrigter

Heidehof verdien lof Ek het onlangs ’n heupvervanging gehad en was vir ses dae in die hospitaal op Hermanus. Na ontslag, is ek aangeraai om nog vir ’n paar dae na ’n nasorg-oord te gaan vir verdere mediese behandeling en by navraag het dit aan die lig gekom dat Heidehof so ’n diens aanbied. Ek het die matrone, Rika du Buisson, gekontak en hulle het ’n noodkamer beskikbaar vir doeleindes van mediese nasorg. Ek is direk van die hospitaal na Heidehof en is buite by my motor ingewag deur die me-

diese personeel en suster, Elriena Oberholzer van Heidehof. Die noodkamer was in ’n puik toestand met al die nodige fasiliteite tot my beskikking. Ek wil graag noem dat my verblyf van vyf dae in die Noodkamer by Heidehof baie aangenaam was en die personeel was deurgaans uiters behulpsaam. Ons is werklik bevoorreg om so ’n diens op Caledon beskikbaar te hê en ek kan dit beslis met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.

JULIE VICTOR

Hierdie naweek gedenk ons weer die dood en opstanding van ons Verlosser, Jesus Christus. In Psalm 103 voorspel Dawid die prys wat Jesus sal betaal vir die redding van die ganse mensdom. Hy verwys na vyf gevalle waar Jesus Sy bloed vir ons gestort het, en ons vind al vyf gevalle in die vier Evangelies. Ons lees in Luk.22:42 en 44 hoe Jesus in die tuin van Getsémane bloed gesweet het en oorwinning oor Sy menslike wil gekry het en Hom onderwerp het aan Sy Vader se wil. Hier stort Hy vir die eerste keer Sy bloed en maak dit vir ons moontlik om ons wil aan God se wil te onderwerp. In vers 63–64 word Jesus 39 houe toegedien op ’n wrede manier en betaal Hy die prys vir ons krankhede sodat ons gesond kan wees. In Matt.27:29 word ’n doringkroon op Sy hoof vasgestamp en weer stort Hy Sy bloed en breek die vloek van Gen.3:17–18 en bring hierdeur Sy seëninge oor ons. (Ps.103:4 – “wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede”). In Luk.23:46 sterf Hy aan die kruis, stort Sy bloed vir die vierde keer en verlos ons van die ewige dood, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. In Joh.19:34 steek die soldaat die spies in Sy hart, water en bloed vloei daaruit en Hy betaal vir ons die prys van wedergeboorte. (Joh.3:3,5) Wanneer ons dus Jesus se dood en opstanding gedenk, is dit noodsaaklik dat ons weereens in diepte bepeins oor hierdie duur prys wat Hy vir ons betaal het. Die Woord sê Hy was onherkenbaar vermink toe Hy aan die kruis gehang het terwille van ons. Paastyd is ’n tyd waar ons as Christene opnuut moet besin oor ons verhouding met God en Hom dank dat Hy dit vir ons moontlik gemaak het om nie net die ewige lewe te hê nie, maar dat ons ook in oorwinning kan wandel hier op aarde en ’n lewe van oorvloed kan hê. (Joh.10:10) Geniet die Paasnaweek.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

JEUGDIGE SENIORS! Groeneweide Dienssentrum in Botrivier het op 14 Maart aan die Age in Action-pretdag vir bejaardes in Riviersonderend deelgeneem. Een lid van die diensstentrum het gesê hy is nog fiks en vrolik op 75 omdat hy nie drink nie, vroeg gaan slaap en lekker dans. FOTO: THEA SWANEPOEL

HUIS GESOEK: Paris is ’n liefdevolle, 12 weke oue hondjie. Sy is baie lief vir ander diere en kinders. Sy is intelligent en het feitlik klaar goeie potjiedissipline aangeleer. Sy kan ook al sit en poot gee. Sy is gered uit slegte omstandighede en soek nou ’n goeie huis. Skalel gerus vir Marene Schagen by 083 779 0175.

Column

If food be the music of love, eat, eat and eat again!

“INTEREST is flagging,” I was advised. “The readers want things they can relate to, personalities and eating.” Gulp! What now? After considering a feature about a friend who had briefly appeared on Noot vir Noot in 1985 and prepared mean toasted cheese and tomato sandwiches at braais, I remembered a personality I once dined with most memorably. A curious, youngish figure walked into my newspaper office some years back, wearing running shoes, a dirty T-shirt, a tiny pair of running shorts and a mop of frizzy hair that just passed the doorway. “I am the best composer South Africa has ever produced,” he modestly announced, then told me how he had studied in the US and how he was busy inventing a whole new theory of music. He showed me some scores and I was impressed. In my capacity as motoring editor, I wangled him a commission from an oil company (!) and he duly produced a sensational orchestral composition. Part of the deal was its per-

formance at the Wits auditorium, to be played by a professional orchestra under a noted conductor. The composer, not unreasonably, asked to attend the rehearsal to “help clear up some technical problems...” It was a disaster – the music was utterly beyond the abilities of both players and conductor. Luckily, it was so unusual that it was impossible to hear the myriad mistakes, and the players just scraped, blew and banged on. The composer was beside himself. He insisted on taking over the rehearsal and conducting the work himself; this was refused so he threatened to invade the podium, by force. Came the night – the composer stalked up and down the foyer during the concert while being kept outside by armed security guards. He survived the evening and went on to win a gigantic stipend to Berlin, which included a free flat, piano and generous pocket money. First thing he did was buy a Porsche and run it into a tree.

He spent his sabbatical, not in composing as intended, but in working with the soccer players of Hertha Berlin in their gymnasium on a knee smashed in the crash. In Cape Town he was on the prowl for women. In a moment of madness I introduced him to an interesting one who had worked in Hollywood. We were to go out to dinner, he and I, the woman and her mother, hoping to meet a potential conductor as son-inlaw. He was paying, so he specified a Sea Point pizzeria. We ordered our pizzas and a large salad to be shared. When the food came, mother and daughter watched in dismay as the maestro demolished his monster pizza, eyed the cut-off crusts of their pizzas, ate those too, then polished out the salad bowl. Still peck-

ish, he eyed the bare table and as a piquant coda to the evening, downed the last gouts of salad dressing from the decanter, da capo al fine. – fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 26 March 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

TV-persoonlikhede en sportsterre op loopplank in Greyton Geen moeite gaan ontsien word om gaste by Antoinette gedie Mime Voir Couture geleentheid in Grey- Events ton vroeg aanstaande maand baie spesiaal en doen, en daar gaan al van baie spoggerig te laat voel nie. “Greyton gaan ingeval word deur bekendes vroegmiddag in die televisie- en rolprent bedryf, top-sport- af lewendige manne, top-ontwerpers, glans-modelle en lede musiek (deur van die media,” sê Coenie Visser van CoenieV World@Sout Promosies wat die unieke modeparade op 13 h) en allerhande stalleApril aanbied. Bekendes uit die vermaaklikheidswereld is tjies aangegenooi om as modelle op te tree, onder andere bied word. Mime Voir Nicole Flint, Mej S.A. 2009, Dieter Voigt en Vicki Davis, aanbieders van Pasella, Ewan Stryd- Couture is om en Leigh-Anne Williams, aanbieders van Greyton Expresso, Ty Keogh, tans te sien in die MNet ten bate van sepie The Wild, super-model Amanda de Waal, Ark* SA (Act verskeie sportmanne soos Achmat Hassiem, of Random Dieter Voigt, voormalige Mnr SA en paralimpiese swemmer wat ’n paar jaar gelede Kindness), ’n aanbieder van Pasella op SABC2. ’n haai-aanval oorleef het, Nhlanhla Tshaba- niewinsgelala, sokkerster van Ajax Cape Town en nog wende organisasie wat in die lewe geroep is om medemenslikheid aan te moedig – “A ander. Volgens Visser reël hy reeds 25 jaar lank throwback to a time when society used to be feeste, konserte en ander geleenthede reg oor concerned with the wellbeing of their die land, “maar hierdie is waarskynlik die neighbours!” Ark* SA se missie is om die afsydigheid in grootste produksie waarin ek nog betrokke die samelewing te verander sodat mense weer was”. Die produksiespan alleen, wat ontwerpers, vir mekaar omgee. Volgens Zita Marz, Direkteur van Ark* SA is die modelle, haarstilisidee baie eenvoudig: klein te, grimeerders, fotodade van medemenslikgrawe, mimiek kunheid kan die mensdom, stenaars, videograeen persoon op ’n slag, we en musici insluit, verander. is klaar meer as 70 Ark* SA werk met indimense. vidue sowel as met korpoMode en die kuns ratiewe maatskappye om van mimiek is vir die ’n verskil te maak in die meeste mense ’n ongemeenskappe waarin dit waarskynlike komwerksaam is. Voorbeelde binasie – mimiekvan projekte wat deur kunstenaars maak ARK* SA aangepak is, nie juis ’n modestelsluit in die Free Spirit Naling met hul meestal sorgsentrum in Greyton; wit klere en witgeRoadside Soups-projek in verfde gesigte nie. Heuwelkroon, die SkoolVir bekende modebiblioteek-projek in Gauontwerper Charlene Sauerman was dit ’n Tyrone Keogh, akteur, tans in The Wild op MNet. teng, skenkings van UTI Houers aan die DBV in heerlike uitdaging Springs, om maar ’n paar te noem. om mimiek en mode te kombiDie opbrengs van die galageneer – sy ontwerp reeds 15 jaar leentheid sal aangewend word vir lank klere vir mimiek-kunstedie bou van die eerste Ark* SA naars, en is met ’n mimiek-kunveeldoelige sentrum in Greyton stenaar getroud. om ’n gemeenskap te dien wat geMime Voir Couture is die geesskeur is as gevolg van armoede, teskind van Sauerman. dwelms en ander sosiale probleVan die land se top-ontwerme. Die sentrum sal ’n crèche, pers soos Kobus Dippenaar, jeugsentrum, sportgeriewe, bibliCraig Port, André Brand en vele oteek, leeskamer, koffiewinkel en ander span saam met Sauerman ’n broodnodige vaardigheidsonten ’n groep van Leigh the Mime wikkeling-werkswinkel insluit. and the Association of Mime Kaartjies is R300 per persoon om Workers – ’n studio waar kundie gala-geleentheid by te woon, en stenaars, jonk en oud, in die sluit in ’n mode- en mimiekvertokuns van mimiek opgelei word – ning, ’n vyfgangmaaltyd, verskeie om ’n unieke mode-ekstravaganza na die loopplank te bring. Vicki Davis, aanbieder van uitstallings en lewendige musiek Mime Voir Couture word op Pasella op SABC2, wat ook in die teenwoordigheid van bekenSaterdag 13 April onder die eeue- vantevore in Sewende Laan de sportmanne en bekendes uit die vermaaklikheids wêreld. oue eikebome op die pragtige, te sien. Kaartjies is beskikbaar by Comhistoriese plaaswerf van Die Oaks Landgoed, sowat 10 km van Greyton, aan puticket. Vir meer inligting kan Coenie Visser by die voet van die Sonderend-berg, aangebied. ’n Vyfgangmaaltyd word deur die spyseniers 082 576 2160 gekontak word.

Achmat Hassiem, paralimpiese atleet wat onlangs ’n medalje by die Londen Olimpiese Spele gewen het. Achmat het ’n paar jaar gelede sy been in ’n haai-aanval verloor.

Amanda de Waal, internasionale super-model.

Ewan Strydom, aanbieder van Expresso op SABC3.

Nicole Flint, Mej SA 2009 en radioen televisie-persoonlikheid.

Leigh-Anne Williams, aanbieder van Expresso op SABC3.

Ike Morris, internasionale sanger..

Die bekende sokkerspeler van klub Ajax, Nhlanhla Shabalala.


8

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Recipe: Cajun hake fillets This tasty fish recipe is quick and easy to prepare and a healthy choice to boot. It was prepared by the Gazette test kitchen and has since become a firm favourite. Defrost frozen hake fillets and then soak in marinade (it doubles as a sauce too) for three to four hours in a covered bowl in the fridge. Marinade/sauce: 2 tbsp lite mayonnaise 4 tbsp no fat plain yogurt 3 tsp Cajun spice 2 tbsp lemon juice 2 tbsp dry white wine I tsp Ina Paarman’s seasoned sea

salt 1 tsp freshly ground ginger After soaking, take the hake out of the bowl, sprinkle a pinch of additional Cajun spice on both sides, then fry in a little canola oil on a hot griddle pan for a couple of minutes per side – the fillets should have brown to black stripes on each side before turning. Take the remaining marinade/ sauce and simmer in a small saucepan and drizzle over the hake fillets before serving with oven-roasted chips and steamed mixed vegetables garnished with a sprinkle of origanum and soy sauce.

Tuesday 26 March 2013

VLV Overberg-sirkel skrik nie vir 80 nie

This tasty hake recipe has the potential to become a firm family favourite. PHOTO: ANNETTE THERON

Die VLV se Overberg-sirkel het onlangs ’n besondere mylpaal gevier toe daar vir die 80ste maal ’n sirkel-konferensie aangebied is. Die Villiersdorp-tak het as gasvroue opgetree vir die byna 100 konferensiegangers vanuit die hele Overberg. Die vrugbaarheid van die vallei en die belangrikheid van die landboubedryf was duidelik sigbaar in die pragtige fynbosrangskikkings,’n interessante marktafel, heerlike wyne en ’n groete-boodskap van die voorsitter van die Landbouvereniging, Marinus van der Merwe. Die tema van die konferensie was “My Droom, My Inspirasie”, volgens die jaartema van die VLV van Kaapland. Hieraan het die gasspreker, Monique Strydom, nuwe betekenis gegee toe sy vertel het hoe hul droomvakansie in 2000 in die nagmerrie van ’n gyselaarsdrama van vier maande ontaard het, en wat hulle geïnspireer en hulle geloof in God gevoed het om uit te hou onder soms onmenslik moeilike omstandighede. Eniël Viljoen, Wes-Kaapse voorsitter van die Veteraantrekker-vereniging, het hierby aangesluit toe hy vertel het van die droom van sy vereniging se lede op Villiersdorp, om die Alwyn Vintcent, die laaste stoomboot van die vloot, te red en te restoureer. Hy het die praatjie toegelig met ’n video van die amper onmoontlike laaste tog van die Alwyn Vintcent na Villiersdorp, en gewys hoe ’n inspirasie mense se ondersteuning en die Here se genade is. ’n Eretoekenning is oorhandig aan die bekende boerekoskenner van Bettysbaai en televisiepersoonlikheid, Dine van Zyl, vir haar onskatbare bydrae om spesifiek die koskultuur van die Overberg en die Strandveld in die media bekend te stel en te bewaar. ’n Toekenning aan Agri WesKaap vir verantwoordelike leierskap, is ontvang deur Porchia Adams, AWK se kommunikasiebestuurder. Sy het

Monique Strydom, die gasspreker. FOTO’S: LORRAINE DU TOIT

waardering uitgespreek vir die ondersteuning wat AWK van die VLV kry. Konferensiegangers het ’n versoekskrif om die stem van die VLV te voeg by die veroordeling van geweld teen vroue en kinders, maar ook mans te loof wat met deernis en sorgsaamheid na hul gesinne omsien, onderteken. In haar presidentsrede het Hermien van Zyl haar vyf voorgangers geloof vir die stabiliteit en toewyding wat die afgelope 80 jaar in sirkelbestuur gevestig is, die hoë standaard van kompetisie en die vriendskapsbande tussen takke. “Die Overbergse VLV-vrou het met durf haar drome nagejaag, opvoedings- en bemagtigingsgeleenthede vir ander se drome geskep en lèèf vandag steeds voor hoe vestig jy nà terugslae weer ’n droom en waar put jy jou inspirasie vandaan om op 80 steeds ’n beoordelaar te wees, pryse te verower of op televisie te verskyn!” Marie Swart, erelid van die VLV-tak Villiersdorp, het die trofeë oorhandig. Kleinmond het die Hugo-trofee verower vir meeste punte vir gebak, brei of hekel, kuns, digkuns en blommerangskikking, Hermanus was tweede en Gansbaai derde. Die Presidentstrofee vir takprestasie is aan Bredasdorp toegeken.

Annatjie Liebenberg (links) en Christel Viljoen, die nuwe sirkel-sekretaresse.

Porchia Adams, kommunikasiebestuurder van Agri Wes-Kaap, en Hermien van Zyl, president van die Overberg-sirkel.

Retha Skein, voorsitter van Caledon VLV, Dine van Zyl van Boerekos-faam, SD Fourie en Christie Groenewald van VLV Gansbaai en Christel Viljoen van VLV Jongensklip wat almal saam met Van Zyl op Boerekos verskyn.


Tuesday 26 March 2013

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

9

Rûens-talent op TV Rûens Kollege is onlangs vanweë hulle kultuurprestasies deur Anthonie Bougas van Tienerzone vir ’n episode van die program genader. Op Maandag 11 Maart het die leerlinge en onderwysers van Rûens Kollege ’n kykie gekry in die wêreld van die televisie. Bougas en sy span van Kruiskyk se Tienerzone het die skool besoek. Gedurende die oggend het hulle by die klasse omgegaan en met van die leerlinge en onderwysers gesels. Die leerlinge het kans gekry om ’n liedjie, My Pa is die Koning, te sing wat opgeneem is. Anthonie het vir hulle sy bekende Hartsoldaat gesing. Die aand se televisieopname van die Solis vir Christus-deelnemers was ’n uiters suksesvolle geleentheid. Daar was 11 soliste wat deelgeneem het. Sewe van die 11 het deurgedring na die finale ronde wat in April in die Kaap aangebied word. Hierdie sewe finaliste het die rekords laat spat, aangesien Rûens Kollege die eerste skool in die land is om sewe finaliste op te lewer. Die finaliste word deur ’n span van Tienerzone en SMS-stemme van die gehoor aangewys. Die graad R- tot 3-leerlinge het ook ’n liedjie gesing, My emmertjie loop oor. Dit was dan die tema van die aand. Daar is ook ‘n item gelewer uit die konsert Skouspul, wat geskeduleer is vir 26 April wanneer die nuwe saal amptelik in gebruik geneem word. Verder het die Eisteddfod-leerlinge ’n keur uit hul gedigte en monoloë gelewer. Dit was ’n ongelooflike ervaring vir sowel die ouers as die leerlinge. Die skool bedank Elmien

SWEMPETTE GESKENK: Laerskool Bredasdorp se swemmers spog nou met pragtige Bredasdorp-swempette wat deur Amy Neethling van Neethling Graandienste aan hulle geskenk is. Hulle het die pette die eerste keer by die interskole-swemgala by Rûens Kollege gedra en het die skool se naam só hoog gehou. Hier oorhandig Neethling, links agter, die pette aan die swemmers, met Werner van Huyssteen, skoolhoof, regs agter. Laerskool Bredasdorp waardeer die betrokkenheid by die skool.

Hier is die finaliste (voor) Robyn Roos, Mieke Saayman en Joshua le Roux. Agter is Pieter Giliomee, Suzanne Wessels, Anthonie Bougas, Ian le Roux en Jaco Badenhorst. du Toit, Madré du Toit en Leonie Roos vir al die ure se harde oefen met die sterre. Hulle sê ook hartlik dankie aan Anthonie Bougas, Tienerzone en hul span vir die ongelooflike professionele manier waarop hulle die opnames hanteer het.

Swemgala ’n groot sukses Rûens Kollege het op 8 Maart hul eerste interskole-gala aangebied. Daar was 160 swemmers en 11 skole wat deelgeneem het. Swemmers het aan individuele items, sowel as aflosse deelgeneem. Dit was volgens die skool ’n reuse-sukses en hulle glo dat dit die begin is van fantastiese galas wat nog daar gehou gaan word. ’n Wonderlike gees het geheers tydens die gala en die aflosse was na verneem word die hoog-

tepunt. Die deelnemende skole het met entoesiasme hul swemmers aangemoedig, wat meegebring het dat die gala nog lank onthou sal word. Hoërskool Bonnievale het as wenners in die gees-afdeling uit die stryd getree en swemmers van Worcester het die beste in die swembad gevaar. Die toekenning vir entoesiasme en ywer is aan Lu-Ann Viljoen van Worcester toegeken.

Swemmers maak gereed om in die water te duik tydens die interskole-swemgala.

m N ant REirvoy ading2:30p

NYd Cla in rem – 1 N E an 5 m 2p m

J hic EE | 1 0p yc FR m :3 s P t a 30 a – 1 : Ge 11 1pm – am 11

‘OOM SOOIS’ KOM KUIER: Laerskool Bredasdorp se leerlinge was met verlede Vrydag se saalbyeenkoms in rep en roer toe “Oom Soois van Saldanha” die skool met sy waentjie besoek het vir die bekendstelling van die ouer-onderwyservereniging (OOV) se Trollieresies-kompetisie. Leerlinge verkoop kaartjies en daar is baie aanloklike pryse vir die drie leerlinge wat die meeste kaartjies verkoop. Die wenner van die kompetisie kan vir twee minute lank soveel moontlik produkte in Checkers in ’n inkopiewaentjie pak. Hier hardloop “oom Soois” tussen die leerlinge deur. Die skool vra ondersteuning vir hierdie groot projek.

SANGER KOM KUIER: Len Viljoen, ’n blinde sanger, het tydens ’n saalperiode by Laerskool Bredasdorp opgetree. Die leerlinge het sy optrede baie geniet en sy boodskap dat hy, ondanks sy gestremdheid, geleenthede aangryp en sy talente ontwikkel, ter harte geneem. Hy is ook ’n kampioen-skaakspeler wat binnekort aan ’n groot kompetisie deelneem. Een van die Preprimêre leerlinge, Louis Smit, het ’n BD-pet aan hom oorhandig.

Market Day Sat: 6 April 2013 | 10 – 2pm


10

Classifieds

Theewaterskloof Gazette

17

FAMILIEKENNISGEWINGS 07 Gelukwensing Congratulations

Begrafnisdienste Funeral Services

PADSTAL/RESTAURANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. 09 Argon St, Hermanus Business Park, 028-313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

TE KOOP FOR SALE 71

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES 34 RAAI WIE'S 2? CARIN-LEE ENGEL 31/03/13. Veels geluk met jou verjaarsdag. Dankie dat jy lief is vir Jesus. Van Mammie, Oupa, Ouma, Kenny & Kallie.

Spyseniering Catering GABBIANO RESTAURANT CALEDON. Conference room 16-20 people for birthdays / meetings etc. Call 028-212 3671 for more information. OVERBERG CATERING/HIRING. Demperstraat 10, Caledon. Te huur: Breekgoed, messegoed, glasware, linne, stoeloortreksels, bykomstighede. Skakel Egbert 082 789 7260.

Tuesday 26 March 2013

1141

Algemene Dienste General Services

Algemeen Miscellaneous BO & ONDERDEUR R200; Binnedeur R50; Chest of drawers R650; 2-deur kombuiskas R250; 5-deur kombuiskas R450; 13kg Wasmasjien R1100; 100 LTR gyser R1100. Skakel 072 466 6900. SINKPLATE vanaf R25 per meter. Dennehout buite deure R350. Dennehout vensterrame 900 x 900mm met glas R250. Skakel 028212 1571 of 083 534 0130.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES

AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. 101 Dietlof (Wên) van der MerAttorney’s Services we. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. FINCK PROKUREURS CA- CALEDON KEYS & LEDON. Skakel gerus LOCKS. Ons sluit die weg Ronnie Finck by 073 495 vir u oop. Skakel 028-212 0998 of 028-212 1030 om 'n 1775 / 082 969 0975. konsultasie te reël. Ons beSPESIALE OKKASIE? skerm u belange. Stuur 'n pragtige organiese tuinruiker, gemaak uit vars 113 geplukte groente en blomme. Skakel Lindy 028te Huur/to Hire 212 3099 / 083 357 3436 of KRAGGEREEDSKAP. Vir Yvette by Kelkiewyn 028die huur van hoë214 1267. drukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

MOTORS VEHICLES 159

EIENDOMME PROPERTIES

NETJIESE WOONSTEL geskik vir een persoon in Tuinsig, Caledon. Beskikbaar vanaf 1 April. Skakel 084 955 0245. SENTRAAL geleë een-man woonstel te huur vanaf 1 April 2013 teen R1650 per maand. Water en krag ingesluit. Skakel 028-212 1066.

Motors te Koop Vehicles for Sale

Geklassifiseerd

24/7 CASH for your Bakkie or Car. Just SMS or PHONE 072 620 1126.

E: shantley.fortuin@media24.com

T: 028 214 1294

JOBS

401

Algemeen General Vacancies BETROUBARE KINDEROPPASER DRINGEND benodig in Caledon. Met die nodige kennis en ervaring, nie-roker en groot kinderliefhebber. Met verwysings. Salaris onderhandelbaar. Skakel 072 497 3239. JUSTINE VELSORG. Verdien ekstra geld, verkoop Justine. Sms naam en area na 084 655 1983.


Dinsdag 26 Maart 2013

Schools - Skole

HULLE WIL UNIVERSITEIT TOE: Hierdie gr. 11-leerlinge van Swartberg Sekondêr het op Woensdag 13 Maart ’n beroepsuitstalling by die Universiteit Stellenbosch bygewoon met die oog op toekomstige studies. Van links is Reza Manuel, Kirsten Siwan en Leanne Duminy saam met aanbieders van die universiteit.

RÛENS KRIEKETBUKSIES: Die o.9-mini-krieketspan van Rûens Kollege het Saterdag 2 Maart aan ’n mini-kriekettoernooi by Curro Hermanus deelgeneem. Hulle het drie wedstryde gespeel en twee gewen. GOUD VIR GEWIGSTOOT: Philip Kleynhans het ’n goue medalje tydens die Boland Atletiekkampioenskap sowel as die Wes-Kaap Kampioenskap verower in gewigstoot vir seuns o.10. Hy het op 16 Maart deelgeneem aan die SA Kampioenskap in Sasolburg.

Theewaterskloof Gazette

11


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 26 Maart 2013 | Tel. 028 214 1294

Janneman Stander en Frans Steyn, eienaars van Mandi Liquors, oorhandig die pryse aan Gavin Brink en Helgard Blom, wenners van die Mandi Liquors gholfdag.

FOTO: VERSKAF

JONG SPOEDVRATE: Ovies Preprimêr het Vrydag 15 Maart hulle sportdag gehou. In die 75 m was Richardt Jonck en Jean Coetzee gesamentlik derde, Gavie Kok eerste en Danielle September tweede. FOTO: MARIAAN COETZEE

L.R. SCHMIDT SE TROTS: Marlon Hendricks het Boland-kleure vir atletiek verwerf. By die Suid-Bolandbyeenkoms het hy eerste in die halfeindronde en derde in die eindronde van die 100 m vir seuns o.13 gekom. Tydens die WP-kampioenskap het hy derde in die uitdunne en sewende in die eindronde gekom. Dit is die eerste keer in vyf jaar wat ’n atleet van die skool op Coetzenburg deelneem. Met die hulp van onderwysers en donasies het hy die geleentheid gekry om sy talent uit te leef. By hom is sy afrigter, Vera Sauls.

Dirkie Abrahams en Keenan Delport het tweede plek behaal in Mandi Liquors se gholfdag. FOTO: ANNETTE THERON

Mandi’s borg lekker pryse Mandi Liquors, bekende drankwinkel op Caledon, het op 17 Maart hul jaarlikse gholfdag aangebied by Caledon Gholfklub. Die eienaars, Janneman Stander en Frans Steyn, het die spelers trakteer met ’n natgat, baie pryse en ’n lekker braaivleis-ete na afloop van die kom-

petisie. Die beterbal Stableford-formaat is altyd baie gewild en 54 spelers het ingeskryf op ’n pragtige dag vir gholf. Die uitblinkers op die dag was die plaaslike lede, Helgard Blom en Gavin Brink, wat met 51 punte die ander spelers uitgestof het om die eerste prys te wen. Hulle het mekaar goed

aangevul in ’n formaat waar dit baie belangrik is om die nulletjies van die telkaart af te hou. Elke keer as een van die spelers effe gesukkel het, was die ander een byderhand om die punte te verseker. Vir hul besonderse prestasie het hulle elkeen ’n nuwe gholfsak gewen met die komplimente van die borg.

Verdedigende kampioene geklop Twee wedstryde is Woensdag 6 Maart beslis tydens die eerste ronde van die Caledon Gholfklub Pare Putjiespel Kampioenskap en in albei gevalle was daar spanning, drama en groot verrassings. In die eerste wedstryd het Paul du Toit en Jurgens Jacobs vir Danie du Toit en Dawie Burger, die 2011-kampioene en van die vroeë gunstelinge, aangedurf. In ’n wedstryd wat deurgaans wipplank gery het, het Paul du Toit en Jacobs by die halfpadmerk hul neuse voor gekry. Veral Paul, wat van ’n 14 voorgee speel, het uitgeblink en met Jacobs se bestendige spel wat hom

goed aangevul het, het hul deurgaans die druk op die meer ervare paar van Danie du Toit en Dawie Burger gehou. Du Toit en Jacobs het nooit agter geloop nie en die wedstryd is uiteindelik beslis op die 17de putjie toe ’n syfer genoeg was om die stryd 2 en 1 te beklink. In die ander wedstryd was die verdedigende kampioene Johnny Hansen en Johan Langenhoven die groot gunstelinge om af te reken met Ariel Hugo en Juan Esterhuizen. Hansen (BBLkaptein) en Langenhoven (Bakleikaptein) se onlangse spelpeil was albei baie goed en hul is altwee uitstekende putjiespel-spelers in eie reg. Dit het ge-

lyk asof hulle gemaklik sou wen toe hulle by die halfpadmerk reeds 2 op was, maar Hugo en Esterhuizen het ander idees gehad. In ’n taai stryd het laasgenoemdes skitterspel opgedis om die volgende 4 putjies op ’n streep te beklink. Toe die daglig ná die 13de putjie kwyn, was hul die uiteindelike wenners met ’n telling van 2 op. Hugo en Esterhuizen sal in die kwarteindstryd teen die wenners in die stryd tussen Henry Metcalfe en Hennie Johannes en Morne Rossouw en Dirkie Groenewald te staan kom. Die ander eersterondewedstryde moet voor 27 Maart afgehandel word.


Theewaterskloof Gazette 26 Mar 2013