Issuu on Google+

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 25 February 2014 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Kommer oor die toekoms

JUANITA SHEPHERD EN ANNETTE THERON

Ontstelde vissers en inwoners van Struisbaai is erg bekommerd oor die toekoms van hul dorp as die grootste lynvissers se regte nie hernu word nie en sowat 80 huisgesinne sonder ’n inkomste sal wees. “Struisbaai sal leeg wees sonder Waggies, Big Blue, Peg-leg, Rusvic en legendes soos John Grandfield. Hierdie mense is nie net die sout van die aarde nie, hulle sit die sout in die see,” was een van die opmerkings wat vandeesweek gehoor is. Minister Tina Joemat Petterson van die departement van seevisserye, landbou en bosbou (DAFF) het wel Sondag in Kalkbaai aangekondig die tydperk is verleng tot einde April waarin lynvissers wie se regte nie aan die begin van die jaar hernu is nie, appèl kan aanteken. Regte om in die tussentyd tydelik te kan visvang, is vir dieselfde tydperk verleng. Maar André Wagner, een van die Struisbaaise vissers, sê wanneer die verlengingstydperk verby is, is daar in Struisbaai sowat 80 huisgesinne sonder ’n inkomste. “Lynvisbote soos Marco, Waggies, Peg-leg, Big Blue, Rusvic en ander gaan op wal wees en hierdie booteienaars en bemanning word gestroop van hulle inkomste.” Wagner, reeds die afgelope 25 jaar ’n kommersiële visserman en eienaar van die lynvisboot Waggies, sê hy dra sy bemanning van agt deur die nie-visvangmaande, maar vra wat gaan van hulle word as sy boot nie meer mag see toe gaan nie? Pieter Uys, eienaar van Big Blue, is reeds 20 jaar ’n kommersiële visserman en vertel dat regte onverklaarbaar gegee is aan mense sonder bote, “selfs meer as een persoon in ’n huisgesin het gekry”. Hy vertel dat sy bemanning 50% van die vangste kry en die booteienaar 50%, hoewel die eienaar moet opdok vir die lopende uitgawes. Ook hy dra sy bemanning deur die

Struisbaai-hawe en vissersbote.

Kommersiële lynvissermanne Pieter Uys en André Wagner.

FOTO’S: JUANITA SHPERHERD

nie-visvangmaande. Ook John Grandfield, alias Kat, van Struisbaai-Noord se aansoek was onsuksesvol. “John is ’n legende,” sê André. “Hy het jare se seekennis, is ’n gesoute seeman en ’n harde werker. Die ironie is dat die vissermanne wie se aansoeke onsuksesvol was die grootste werkskeppers in Struisbaai is, en hulle

is ook die beste leermeesters vir bemanning.” Die vispermit-bom het op 3 Januarie gebars toe net 115 van die 450 kommersiële lynvisregte-aansoeke goedgekeur is. Die Suid-Afrikaanse Kommersiele Lynvissersvereniging (SAKL) het reeds die Wes-Kaapse Hooggereghof genader met ’n dringende

aansoek teen DAFF. Die Struisbaaiers bevraagteken hoe sommige vissers permitte gekry het en sommiges nie, aangesien aansoeke volgens dieselfde kriteria voltooi word, maar “indien jy swart en agtergeblewe is, het jy reeds 22 (uit 30 om te kwalifiseer) punte”. Uys sê in dié dorp het vyf wit vissermanne aansoek gedoen en in Struisbaai-Noord elf. “Slegs een blanke visserman het regte ontvang en van StruisbaaiNoord was agt van die elf aansoekers suksesvol. “In Struisbaai-Noord het al elf aansoekers hulle aansoeke saam voltooi; die inligting was presies dieselfde, maar drie was onsuksesvol.” Hy bevraagteken ook waarom regte toegeken is aan ’n chukki-eienaar wie se boot al meer as 30 maande op die wal lê. “Hoekom het

minister Tina Joemat Petterson ’n jaar gelede ’n vrieshouer aan Struisbaai se vissersgemeenskap laat skenk vir die verkoeling en vries van hul vangste as dit nou nog soos ’n wit olifant in Struisbaai-hawe staan?” Hy sê voorts wat die toekenning van regte nog meer onlogies maak, is dat indien jou aansoek onsuksesvol was, jy ’n suksesvolle applikant wat nie ’n boot of seekennis het nie se regte kan huur vir R50 000 per jaar. Derick Burger, munisipale raadslid van Wyk 5 in Kaap Agulhas, het by navraag gesê: “Ek het empatie met die vissermanne, want hierdie optrede gaan lei tot werkloosheid in Struisbaai, wat dan ’n munisipale aangeleentheid gaan word.” Burger wonder ook waarom die nasionale regering miljoene belê in die opgradering en vernuwing van die Struisbaai-hawe ter wille van die kleinskaalse visserman, as die visserman nie daar gaan wees nie. Oplaas sê een visserman: “Die Overberg is mensgebonde, jy ontwortel nie hulle inwoners nie, jy raak ook nie hul menswaardigheid aan nie.” Desmond Stevens, adjunkdirekteur-generaal van die departement, het in ’n onderhoud met die Gazette se susterskoerant, DistriksPos, verduidelik dat lynvissermanne wat nie kommersiële visvangpermitte bekom het nie wel sal kan deelneem aan korporasies wat gestig gaan word met die goedkeuring van die nuwe beleid vir die kleinskaalse visserysektor. “Die beleid is oor die afgelope sewe jaar ontwikkel en sal korporasies in die kleinskaalse visserysektor reguleer.” Hy sê dat dié sektor nie net kreef sal kan vang nie, maar verskeie visspesies, insluitend lynvis. “Om waarde tot die produk te voeg, sal die groepspermit vir korporasies in die kleinskaalse visserysektor die verwerking en bemarking van die produk insluit en dus meer mense kan akkommodeer.”


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 25 February 2014

Pa en dogter wen

2 Maart ) Victoria Dienssentrum vir bejaardes hou Gholfdag. Navrae 028 251 8182.

MAURINA PETERSEN

6 Maart

Die Ambassadeurs vir Christus van Riviersonderend het op Saterdagaand 15 Februarie ’n Valentynsete gehou. ’n Bes geklede paartjie is gekies en ses paartjies was genomineer vir dié gesogte titel. Flip Gertse en sy dogter het met die prys weggestap as bes geklede paartjie.

28 Februarie ) L.R.Scmidt hou ’n disko en bring en braai om 19:00. Navrae A. Jellen 0 079 796 0019.

1 Maart

) ACVV Mini Basaar by NG Sentrum. ) Victoria Dienssentrum vir bejaardes hou ’n hoenderbraai. Navrae 028 251 8182.

. “Lees is lekker”; “Boeke is ons beste vriende en maak ons slim!” is slagspreuke wat Caledon biblioteek in samewerking met oudonderwyseresse en entoesiastiese vrywilligers by die jeug wil laat posvat. Vanaf die tweede kwartaal gaan die biblioteek ’n storie-uur, tesame met ’n kreatiewe aktiwiteit aanbied.

Dit sal Woensdae middae vanaf 15:00 tot 16:00 by Caledon-biblioteek gratis aangebied word. Alle laerskoolleerders is welkom. Hou die Gazette dop vir datums. . Caledon Dieresorg benodig dringend voorraad vir hulle liefdadigheids winkel. Niks is te groot of te klein nie, as julle dit nie meer gebruik nie, kan hulle. Alle skenkings word opreg waardeer. Skakel hulle op 078 109 8372 en hulle sal reël vir vervoer indien dit ’n probleem is.

Chêree Klaase, Charles Louis en Lelanie Appel. FOTO’S:MAURINAPETERSEN

Maureen Jaars, Mita Scholts, Spaas Daniels.

7 Maart

) L.R.Scmidt hou familiedag by Stroomdrift – Fietsry, pretloop, Mej Stroomdrift, Dans kompetisie, Springkasteel, Glybaan, sound system-kompetisie. Navrae: A. Jellen 0 079 796 0019.

Die bes geklede paartjie was Shureen Gertse en haar pa, Flip Gertse.

Pastoor Kenny Hoffman en sy vrou.

) VLV Uitstappie om 14:30. Vertrek vanaf NG Kerk Caledon Wes. Kontak Retha Skein vir navrae by 028 212 1432. ) Wêreld Biddag by NG Kerk Caledon Wes met ACVV Mini Basaar 19:00.

Op 1 Maart om 19:00 gaan Dumisane by Swartberg Primêr optree en Caledon se eie Wildene Abrahams gaan saam met hulle sing. Totally for Christ en verskeie ander sangers gaan ook by die vertoning optree. “Ek is so opgewonde want dis so ’n groot eer en voorreg om saam met hierdie gospelgroep op die verhoog te verskyn.” Kaartjies is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12. Kontak Abrahams by 073 376 0012 vir verdere besonderhede. FOTO: ANNETTE THERON

028 312 2870

3113 LD 1CBWGK06E

Die Gazette in samewerking met Caledon Apteek nooi lesers om hul fotos van die Overberg se mense en landskap aan ons te stuur by annette.theron@media24.com. Hierdie week het Adriaan Hanekom van Caledon sy kleinseun, Adriaan Myburgh Hanekom, agter die wiel van sy Willys Jeep afgeneem. Die wenner van die kompetisie sal ’n fotoboek ter waarde van R400 wen. FOTO: ADRIAAN HANEKOM

OFFICE 24, ASTORIA VILLAGE, MAIN ROAD, HERMANUS

Hermien van Zyl van Kleinmond het twee weke gelede hierdie foto geneem toe vleiwater nog see toe deurgespoel het in Kleinmond.

FOTO: HERMIEN VAN ZYL


Tuesday 25 February 2014

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

Dassiesklip the ‘perfect place for a wind farm’

Enjoying the official opening of the Dassiesklip wind energy facility are (from left) traffic chief Mulelo Giba, capt. Gerrit Botes and col. Gavin Brink, commander, Caledon police. ANNETTE THERON “This is the perfect place to have built a wind farm,” said Ludwig van Aarde, technical director and project manager for Biotherm, the company that developed the first wind farm facility just outside Caledon. The howling wind blew the tent away shortly before the official opening of the Dassiesklip wind energy facility, the first to be built in the Overberg. The executive mayor of Theewaterskloof, Chris Punt, concurred with van Aarde and expressed the wish that the whole of the Theewaterskloof region should be covered with wind turbines. He said the nay-sayers’ complaints about the impact of the wind turbines on bird life, and negative publicity received by the local media, seem unfounded. Van Aarde says Dassiesklip first started to export power to the Eskom grid on 19 December last year, when the first turbine entered the performance testing phase. “Since then all the turbines were brought on line and the wind farm is exporting power from all nine turbines.” He said the wind farm will export a full

From left are Keith Hendricks, principal of Swartberg Primary, Jacqueline Balie, Swartberg Secondary and Steve Culbert from Group Five.

27 mW to the Eskom grid at wind speeds over 46 km per hour. “At a daily average consumption of 20 kWhr per day, the wind farm will be able to supply more than 11 000 homes. A large house will consume up to 48 kWh per day in which case the wind farm will supply in the order of 5 000 houses.” The Gazette enquired as to their next project and its progress. Van Aarde said they are still awaiting approval for the next projects from

the Department of Energy. During the ceremony, Chris Punt announced that the clinic in Caledon and Herberg, a local old-age home, would benefit from the Dassiesklip community trust. All wind farm projects come with a regulated community development programme included in the contract with government. Van Aarde said he would have to get an un-

derstanding of the socio-economic programmes from their economic development team, “but what I can say at this time is that the community leaders and local government are involved in selecting the programmes which will benefit from our contributions. The identification of new projects will be an ongoing initiative and the community will benefit from these programmes for the duration of our Power Purchase Agreement, which is 20 years.” He said their focus with these programmes will be on the areas of education and health care. MEC Alan Winde said South Africa needs more investments of this nature and said the province will play a prominent role in renewable energy as they believe it has the potential to create thousands of jobs in the next few years. Together with the Biotherm proposal, two more proposals are known to be on the table for the Overberg area. Caledon Wind will erect 31 turbines across three farms and the Langhoogte project will see a total of 44 turbines erected in Bot River, if approved. Mich Nieuwoudt, director of Sagit, the developers of the proposed Langhoogte wind farm, said the next round is scheduled for August 2014.

Alan Winde, MEC of Finance, Economic Development and Tourism and Chris Punt, Mayor of Theewaterskloof Municipality. PHOTOS: ANNETTE THERON


4

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 25 February 2014

Trust vorder met rasse skrede ERIEKA ROUX “Die Overberg Gemeenskaptrust het sedert sy ontstaan tien jaar gelede reeds meer as R3 miljoen aan begunstigde ontvangers van beurse toegeken.” So het Evie Kiewitz, voorsitter van die trust, by die 2014-toekenningsaand op Donderdag 13 Februarie op Caledon gesê. Kiewitz het vanjaar se geleentheid as geskiedkundig bestempel omdat dit die tiende bestaansjaar van die seremonie is, waarby ’n totale aantal van 601 studente gebaat het toe hulle beurse van die trust ontvang het. Die trust se hoofdoel is inderdaad die verryking van die opvoeding van jongmense van die Overberg, het Kiewitz beklemtoon. Kiewitz het voorts hulde gebring aan voorgangers van die trust vir hul droom en visie wat in plek gestel is en as nalatenskap vir die huidige lede van die trust dien. Tans het die publiek baie vrae met betrekking tot die toekoms van die jeug, soos vaardigheidsontwikkeling, werkloosheid, finansies, tekort aan fondse. ”Hierdie is uitdagings wat aangespreek moet word en waarvoor oplossings gevind sal moet word”, het sy gesê. Die trust is bereid om ’n minimale bydrae te maak ten opsigte van die befondsing van ’n minimale getal studente wat bystand soek om hul doel te bereik in die lewe. Sy het voorts gesê die trust is dankbaar vir die toekenningsaand en het volle vertroue in die ontvangers van die beurse. “Die trust het duidelik met rasse skrede gevorder, aangesien slegs drie studente tydens die eerste toekenning in 2004 beurse ontvang het ten bedrae van R17 500.” Kiewitz sê in 2009, vyf jaar later was daar reeds 103 begunstigdes ter

Andrew Booysen en sy spannetjie. Teenwoordig by die toekenningsaand van die Overberg Gemeenskaptrust is, van links Megan Basson (Wes-Kaapse dobbelraad), Mercy Ngijima (trusteelid) Shirley Swartz (trusteelid), Evelyn Kiewitz, voorsitter van die OGT, Hendrika Johannes (trusteelid), Natalie De Bruyn, Caledon Casino Hotel en Spa en Sybil October (trusteelid)FOTO: ERIEKA ROUX waarde van R554 500. In 2013 is ’n totale bedrag van R223 500 toegeken aan 33 begunstigdes. Vanjaar is ’n bedrag van R307 000 toegeken aan 34 suksesvolle applikante. “Ons glo dit is ’n ”goeie baanrekord” van die trust en dat die beurse bygedra het tot die sukses van jongmense.” Kiewitz het gelukwense namens die trust oorgedra aan die jongmense wat beurse ontvang het en teenwoordig was en hulle voorspoed toegewens. Die Overberg Gemeenskaptrust bestaan uit verteenwoordigers van verskillende dorpe in die Overberg, waarvan die meerderheid reeds die afgelope tien jaar sedert die ontstaan van die trust as trustees dien. Die trustees, wat die belange van die Overbergse gemeenskappe op die hart dra, bestaan uit die volgende: Evelyn Kiewitz (voorsitter) - Myddle-

ton, Eunice Theunissen (ondervoorsitter) - Caledon, Hendrika Johannes (algemene sekretaris) - Bredasdorp, Connell Balie (tesourier) - Caledon, Sybil October - Stanford, Dirk Jantjies - Bredsdorp, Jacobus Sefoor Swellendam, Morris Tsabalala - Hermanus, Shirley Swartz - Kleinmond, Thomas Newman - Botrivier, Mercy Mgijima - Grabouw, Fr. Cyril Davis en Sonja Cloete (kantoor-administrateur). Die trust kry sy fondse van die Caledon Casino, Hotel en Spa, na ’n ooreenkoms wat tien jaar gelede aangegaan is. Al die begunstigdes was by die toekenningsaand teenwoordig nadat die trust by ’n vorige geleentheid gewaarsku het dat daar oorweeg word om suksesvolle aansoekers se toekennings terug te hou indien hulle nie die toekenningsplegtigheid bywoon nie.

Radio Overberg­nuus Radio Overberg het die hele week opleidingsessies gehad vir hul omroepers. Leslie McKenzie was die laaste bestuurder van Springbok Radio, onder andere, en hy het die hele week by Radio Overberg spandeer. Hy was vol lof oor die entoesiasme van die span, en hy het belowe dat hy baie binnekort gaan terug wees in dié pragtige kontrei. Daar is ook ’n hele paar nuwelinge by die radiostasie. Luister elke Sondagoggend na Lunette Coetzee vanaf 11:00 tot 12:00, as sy Kruispad aanbied. Lunette is ’n ou hand in die bedryf. Elke Maandag- en Donderdagmiddag van 15:00 tot 16:00 bied Charnell van der Westhuizen ’n program vir die jonges van dae aan. Charnell stel die nuutste CD’s bekend, en gesels oor alles wat vir die jonger geslag belangrik is. Charnell doen gereeld ook onderhoude met nuwe kunstenaars. Elke Vrydagoggend gaan Daleen van Schalkwyk en Maureen Eksteen om die beurt die ontbytprogram aanbied.

Daar is verlede week begin met grond skoonmaak vir die nuwe Heiman Village Sekuriteitskompleks langs Overberg Laerskool. Hein Niewenhuizen, besturende direkteur van Siprodev, kyk hoe die werk vorder. Potensiële kopers wat die eerste keer tot die mark toetree, kan huise hier teen R539 900 koop.

FOTO: VIRGINIA JANSEN

Jeug tel rommel op VIRGINIA JANSEN Greyton Jeugforum het Saterdag 15 Februarie ’n skoonmaak-bewusmakingsdag met die gemeenskap se kinders gehou, vergesel deur raadslid Marie Hector, Justin Dingle, ’n inwoner, en die Greyton Jeugforum se bestuur. Die groep het vroeg reeds begin en het rommel en papiere in Heuwelkroon opgetel. Die span het met ywer gewerk en teen 10:00 oor die 50 sakke rommel opgetel. Hulle is daarna vergoed met heerlike

toebroodjies en koeldrank. Dié groep doen ’n beroep op die gemeenskap om daarop te let om nie rommel te strooi nie. Die Theewaterskloof-munisipaliteit sal voortaan vullisdromme by verskeie punte plaas. Die groep beplan om volgende die riviere in Heuwelkroon van rommel te verlig. Hartlike dank aan Lena en Anthony Lewis, Justin Dingle, Gemeenskapspolisiëringsforum, Marie Hector en Greyton-munisipaliteit.

Grondpaaie geskraap ERIEKA ROUX Inwoners van Botrivier het aanvanklik gedink ’n aardbewing het die dorp getref toe die aarde op 13 Februarie begin dreun en skud het. Huise en vensters het gerammel en sommige inwoners het verward uit hul huise geskarrel, net om te ontdek die lawaai is veroorsaak deur ’n padroller wat saam met ’n stootskraper en ’n Paaie in Botrivier is op 13 Februarie geskraap – hier is ’n stootwaterlorrie besig skraper besig in Derde laan. FOTO: ERIEKA ROUX was om van die neem hoe die paaie verbeter is. dorp se grondpaaie op te knap. Met die winter in aantog is die Dit volg op talle klagtes van inwoners oor die baie stof wat deur motors hoop uitgespreek dat daar gereeld op die grondpaaie veroorsaak word. aandag geskenk sal word aan die Daar is met waardering waarge- paaie.


Tuesday 25 February 2014

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

Fruit facility turns to the sun for cold storage power NICK YELL

that Eskom generates produces around 1 kg of CO2 emissions, In a bold move toBrandt’s claims cerwards a greater relitainly don’t seem exance on renewable aggerated. RED engienergy and savings on neering’s installation electricity, Vilat Arbeidsvreugd will liersdorp fruit packeffectively avoid CO2 ing and cold storage emissions of a stagfacility, Arbeidsgering 733 tons annuvreugd, recently had a ally, something large solar power sysBrandt believes will tem installed. still make an impact At about half the on their order book in size of a rugby field and deploying Clemens Brandt of RED Engineering admires the near- the year ahead. With all its cost sa1 876 PV rooftop pa- ly 3000 m2 extent of the solar panel installation at nels connected with Arbeidsvreugd in Villiersdorp. PHOTO: NICK YELL vings and other advantages, plus the 13 km of DC cabling, this 450 kWp (kilowatt peak) system is one of fact that South Africa boasts more than 2 500 the largest of its kind commissioned by the lo- hours of sunshine every year, one may well cal fruit industry to date. And it’s apparently ask why the uptake of supplementary solar already saving the company significant power (also known as photovoltaic energy or PV) in our country has been so slow. amounts of money. One reason is the cost of the initial invest“We’re currently saving about 55% a month on our electricity bill, which equates to around ment. The infrastructure required is signifiR65 000,” says Danie Jacobs, owner of Arbeids- cant and the savings you make on your home vreugd. But Clemens Brandt, owner of Cape- or business’s electricity bill can take between based solar power consultants and project de- five and 10 years to cancel out the capital exvelopers, RED Engineering, is quick to point penditure. Coupled to this is the fact that, unout that while he’s also “very satisfied with like the rebates Eskom offers on solar water the system’s performance to date”, the winter heating geysers, there is currently no capital months’ lack of sunshine will reduce the over- rebate programme being offered on expendiall annual saving to about 27%. Added to these ture for other solar power generation projects. savings, though, is the fact that businesses can On top of this, government and Eskom have now offset up to 10% of their electricity related not yet established legislation or a mechanism carbon costs when submitting their annual that will enable private or business energy tax returns – another significant reward for generators to feed their surplus electricity back into the grid and be paid for it. the initial outlay. But whatever the business expediency of inBesides the benefits of not being totally reliant on the vagaries of Eskom’s future supply tegrating solar power into your home or busichallenges and the substantial long-term cost ness is, it will be incumbent on government savings involved, importers of fruit, particu- to ensure that the correct incentives, legislalarly those serving EU countries, are now also tion and mechanisms are put in place to endemanding produce that is as free of CO2 emis- courage the growth of renewable power sources. On top of this, plans to compensate already sions as possible. “These days, businesses like fruit exporters cash-strapped municipalities – which will require renewable energy programmes, not lose important electricity revenue as embedonly as a point of competitive advantage, but ded generation systems proliferate, meaning also to ensure that they’re actually able to stay property rates and taxes could increase drain business going forward,” says Brandt. matically – will need to be finalised and impleWhen you note that every kilowatt hour (kWh) mented fast.

Technical specifications Arbeidsvreugd, Villiersdorp . System size: 450 kWp (kilowatt peak) . Electricity generated: ± 743 000 kWh/ year . CO2 emissions avoided: ± 733 tons per year . Savings: ± R600 000 per year . Total savings over 25 years: ± R38 million . Payback period: ± six years . Energy audits at 29 facilities have indicated that solar energy can, on average, save about 27% of a pack house or cold store’s power bill.

How solar energy is generated Solar panels collect sunlight and convert this into energy to produce electricity. A solar power system consists of panels, inverters, and optional batteries and charge controller. Solar panels are connected assemblies of several photovoltaic (PV) cells. Each cell is coated with a positive and negative layer to create an electric field. As photons from the sun, or sunlight energy particles, enter a cell, they allow the electrons in the cell to become free. The free electrons flow through a wire and become electricity.

Blind beneficiary Sicelo Lwabi (pictured with his wife) were the happy beneficiaries of a house in Pine View, Grabouw. The pair are flanked by Western Cape Minister of Human Settlements, Bonginkosi Madikizela, and Deputy Mayor of Tweewaterskloof Municipality, Mlulami Tshaka. Fifty-one-year old beneficiary Mgcakamen Mbenya (green top and red cap, third from left) pictured inside his house in Rooidakke, with the Minister, government and municipal officials, councillors as well as committee members.

Houses handed over The Western Cape Minister of Human Settlements, Bonginkosi Madikizela, handed over the keys to houses to beneficiaries in the Pine View and Rooidakke communities of Grabouw on Thursday 13 February. Among the beneficiaries in Pine View was 37-year-old Sicelo Lwabi, who is blind and disabled; Hezekile Jackson (53) and Nhlonhonho Nozukile (50), who are both reliant on walking aids. Another recipient was 65-year-old Johanna Saaiman, who was happy to accept the keys to her new home. “I finally have my own house after being on the waiting list for a long time,” said Saaiman. Minister Madikizela urged the beneficiaries to look after their homes. Madikizela also stated, “While government has provided

these houses for free, we need you to meet us half way by paying your rates.” Where problems such as mould, overflowing drains or lack of ventilators were identified by earlier beneficiaries in the Pine View area, the Minister assured that a team of government officials will be engaged to do an assessment of the situation with the view to remedying the problems highlighted. To the beneficiaries of Rooidakke, the Minister said, “Our main aim is to ensure that those who’ve been living in shacks until now, are housed in decent homes and therefore have a better quality of life. We want you to put your differences aside and help us ensure that development continues.” The Minister praised the Rooidakke committee for their part in seeing a successful handover of houses.

5


6

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 25 February 2014

Villiersdorp se eerlike mense – dankie

Leef groen Inwoners en ondernemings kan gerus die voorbeeld van die Villiersdorp-vrugteverpakkingsonderneming volg wat ’n groener werkswyse probeer navolg. ’n Reuse sonkraginstallasie het reeds ’n groot afname in een van die plaaslike pak- en koelstore se elektrisiteitsrekening meegebring. Dit is lankal tyd vir ’n “skraler” leefwyse, en nie net omdat dit ideologies gesonder is vir die omgewing nie. Dit maak ook sin wanneer die spandeerbare sente al minder raak, en as ’n mens dink aan die wêreldbevolking wat al hoër eise plaas op ’n wêreld wat nie veel meer kos en natuurlike hulpbronne kan lewer nie. Maar dit eindig nie by hóé jy jou elektrisiteit, klere en kos gebruik nie. Dit gaan ook oor hoevéél jy gebruik. Baie van ons is vasgevang in ’n sinlose spandeer-en-opgaar siklus wat ons minder bevredig laat as iemand wat dit regkry om te spaar. So kom ons gebruik minder, hergebruik meer en herwin wat ons kan.

Ek het Saterdag om en by 13:00 by Villiersdorp OK vir my twee worsbroodjies en ’n Coke gekoop. Nadat ek betaal het, het ek per ongeluk my beursie met R750 verloor, óf in die winkel óf buite op die parkeerarea. Ek het eers agtergekom dat my beursie weg is toe ek by my huis in Kleinmond aangekom het. Ek het toe onmiddellik vir Villiersdorp OK gebel en gevra of iemand nie moontlik my beursie opgetel het nie en dit moontlik by hulle ingehandig het. Die dametjie van OK sê toe “nee“ maar gee u telefoonnommer dan skakel ons u terug as ie-

mand dit moontlik inhandig. Binne vyf minute het sy my terug geskakel en gesê iemand van die publiek het my beursie ingehandig. Ek het toe my vriend, raadslid Nic de Wet, gevra of hy asseblief die beursie kan afhaal. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om Villiersdorp OK en die persoon wat my beursie ingehandig het, geluk te wens met hulle eerlikheid. Ek sal graag die persoon wil ontmoet om hom of haar persoonlik te bedank. Kan die persoon my asseblief bel by 083 629 1662.

WILLIE GROENEWALD, Kleinmond

‘Goeie’ pa laat seuns hul ‘buit’ teruggee Aan die pa wat verlede week, toe sy seuns by die huis opdaag met twee fietse wat nie aan hulle behoort nie, die polisie gebel het en saam met hulle sy seuns forseer het om die fietse terug te besorg aan die regte eienaars, wil ek my hoed afhaal. Ek weet julle is kwaad vir julle pa hieroor, maar eendag as julle jul eie kinders het, sal julle verstaan dat wat hy gedoen het ’n ongelooflike bewys van liefde was.

Dit sou soveel makliker gewees het om dit net te los, maar watter voorbeeld sou dit vir julle gewees het en watter omwenteling sou julle toekoms miskien geneem het. Gee julle pa ’n groot drukkie en sê dankie dat hy so lief is vir julle en aan u, was alle pa’s maar so ’n goeie voorbeeld vir hulle kinders. Volpunte aan u, want dis mos wat ouer wees beteken, welgedaan.

HOOGS BEÏNDRUKTE OUER, Caledon

Genade Hand.4:33 “En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor almal.” Die mees algemene begrip van die woord “genade” is God se onverdiende guns – met ander woorde, selfs terwyl ons sondaars was en die oordeel verdien het, het God ons liefgehad en ons vergewe. Genade praat ook van onverdiende vergewensgesindheid, goedertierenheid en barmhartigheid. Efes.2:8-9 verklaar dat ons uit genade gered is, en nie deur ons eie toedoen nie. Dit sê ook dat genade ’n gawe van God is, ons hele lewe is ’n lewe van genade – daar is niks wat ons uit onsself kan doen nie – ons is totaal en al afhanklik van God. Selfs die ateïs wat sê daar is geen God nie, is ten volle afhanklik van God se genade. Genade beteken ook God se instaatstellende krag. In ons verhouding met God – soos ons met Hom wandel elke dag – kry ons gedurig met situasies te doen wat probeer om ons te oorweldig. Ons optrede moet wees om Sy Woord te vertrou en ons gee uitdrukking aan ons vertroue deur gehoorsaamheid. Dit bewys dat ons die Woord van God glo ongeag wat die omstandighede mag wees. God se reaksie op ons geloof is Sy genade – Sy instaatstellende krag, wat ons laat triomfeer in elke situasie. In elke area van ons lewe is dit God se genade wat ons laat groei en sterk word. Ons het ook vrylik toegang tot die troon van genade. Hebr.4:16 “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Seënwense.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

Verwondering Die blare droog, hang die boombas aan die boomstam van die boom. Lê die donker spore verkreukel in die sand, in die son, so rein en skoon. Daar waar Gertjie nou net geloop het, in dié ry van die boord, waar hy ’n Stuk hout op sy skouer gedra het, so al verder sit hy sy reis voort. Terwyl hy loop en dink aan dit wat agtergelaat is in sy hart, die aand toe sy vrou geskiet is, bring die stukke hartseer terug in smart. Na ’n uur verdwyn hy al verder, stadiger oor die horison, en kyk dan om, meteens staan hy stil en verwonder hom hoe salig sak die son.

S J NEL, Caledon

Leslie McKenzie het by Radio Overberg besoek afgelê om die omroepers te slyp. Hy was sedert die middel van die vorige eeu as radio-omroeper in diens van die SAUK, in Rhodesië van ouds (13 jaar) en uiteindelik by Fine Music Radio as stigter in Kaapstad. Hy het veral bekendheid verwerf as omroeper by Springbok Radio waar hy tot op die dag waarop die stasie gesluit het, aan diens was. Van links is Maureen Eksteen, Rudi de Waal, Kendall Brown, Marne Joubert (stasiebestuurder), McKenzie, Erika Duvenhage, Sharon Brink, Janine Groenewald en Lunette Coetzee. FOTO: ORA LAUBSCHER

Rubriek

Vreemd, die waarhede wat in waarskynlikhede skuil

Julle geweet ’n handgebaar kan as crimen injuria beskou word? Vreemd nê? Lig ’n duim en die ou wat dit sien glimlag; lig ’n middelvinger en hy skud sy vuis en voel na sy vuurwapen. Deesdae moet ’n mens goed besin voor jy ’n gebaar kwytraak, veral as jy in (of op) ’n voertuig sit. Krap jou kop op die verkeerde manier en iemand beskou dit as kwetsend of uitlokkend en pluk dalk net op die tans gebruiklike wyse ’n vuurwapen uit en pot jou. Ek dink aan daardie twee wat in Gauteng in die verkeer op mekaar begin skiet het. Ek weet die verkeer daarbo is iets ysingwekkend, nie net weens die E-tolllery en verstopte paaie nie, maar ook omdat daar so baie mense is wat deesdae daardie groot, swaar, duur stedelike viertrekkers bedryf. Jy kan jou maar voorberei vir smart en lyding as jy met so ene en sy baas horings kruis, want daardie ouens verdra nie nonsens van mindere voertuie nie. As jy een van hierdie goeters uit jou pad probeer veeg, blaas liefs die aftog; moet tog net nie ’n vinger lig nie of jy kan bedroë daarvan afkom.

Die ander puntjie om te onthou wanneer jy dalk daarbo (en die Hemele behoed dit!) moet gaan rondry: as jy ’n vuurwapen het, los die ding tog by die huis en verminder die kans dat jy self geskiet word tot omtrent 0%. Pluk egter een uit, en jy het meer as ’n 50/50 kans om self om te kom. Vreemd, die waarhede wat in waarskynlikheid skuil. Onlangs ’n insiggewende gesprek afgeluister – die onderwerp was ’n jong grypdief wat ’n selfoon gegaps en laat spaander het. Onthutste burgers het toe verontwaardig stoom afgeblaas oor “hulle” ingebore misdadigheid, hoe “hulle mos almal so” is. Herinner ewe onskuldig een van die protestante (sorrie: protesteerders) aan ’n ervaring wat sy met ’n familielid gehad het, waartydens sy van meer as ’n miljoen se aftreegeld “bevry” is. Vra ook toe ewe onskuldig: “Maar wat van ons groot Afrikaanse skurke? Wyle Herman Pretorius en die nimlike Koos ‘Masterbond’ Jonker? Was hulle nie ook so nie?”

Groot verontwaardiging! Hoe durf ek! Ons is nie almal so nie! “Hulle” dalk ook nie, sê ek, maar skynbaar is dit nie ’n oortuigende teenargument nie. Ek lees daarby ’n subteks wat sê: Ons diewe is mos slimmer as hulle en bedrog ’n baie meer beskaafde soort diefstal. So ’n onskuldige vraag kan natuurlik net so gevaarlik soos ’n verhewe middelvinger wees. Mense weet wanneer ’n skynbaar onskuldige vraag ’n ongewenste bekentenis op ’n skelm manier uit hulle probeer wurg. Dink dan maar aan Sokrates en waar sy ongemaklike gewoonte hom laat beland het! Net vir die pret ’n paar opreg onskuldige vrae oor name: •Wie het vir Sokrates ter dood veroordeel? •Wat het die volgende mense gemeen – Toni Morrison, Derek Walcott, Claude Simon,

Rudyard Kipling en Alice Munro? (Wenk: hulle is nie een popsterre nie.) Wenners word aanstaande week hier aangekondig! Antwoorde aan: fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 25 February 2014

Open letter to the Sunday Times Dear Editor, I have been a regular reader of the Sunday Times for more years that I care to remember, I have always thought that one of your paper’s strong points is its investigative journalism. I am, however, deeply concerned that I have not seen any articles on the subject of wind-generated electricity (most people call them wind farms; this is erroneous as electricity generation is not a farming method or by-product, it is an industrial activity). I am a resident in a small village in the Western Cape called Bot River and despite our objections a wind farm called Langhoogte has been approved by the Department of the Environment but is currently subject to appeal. I am the deputy chairman of an organisation called Bot River Aesthetics Committee (BRAC). We at BRAC have strongly objected to the construction of Langhoogte on the basis of: 1. Faulty reports in the environmental impact assessment. 2. The danger to the environment, especially with regard to the avifauna and bats, with particular emphasis on the blue cranes, which as you know is our national bird and is still in a vulnerable state and the Overberg is one of its major breeding areas. 3. There is already a wind farm consisting of nine turbines just outside Caledon called Klipheuvel. Langhoogte will be 44 turbines. Then there are a further two proposed consisting of six and 36 respectively, which brings the total in this area of the Overberg to 95 turbines. 4. While we realise that it is imperative to find additional sources of energy, we firmly believe that the public in general are being conned about wind farms. The Klipheuvel turbines are only 80 m tall with 60 m long blades, but each contains 505 tons of steel. The CO2 footprint of steel production varies from 0.9 tons of CO2 per ton of steel produced to 1,9 tons of CO2 per ton of steel produced depending on the type of steel. Even at the low figure of 1 ton CO2 /ton of steel multiplied by 95 potential turbines, this equals 47,975 tons of CO2 and this figure does not include the carbon footprint of the transport and erection effort. In addition, the blades also have a large CO2 footprint. Due to the vagaries of wind supply, the current generating plants still have to be kept running as the demand for electricity is constant. 5. We have researched this issue and have found that there are also tremendous health issues surrounding wind farms owing to the low frequency noise produced by the turbines. A recent mail received from Denmark tells of deformities resulting from low frequency noise experienced in stud Lusitania horses on a Portuguese stud farm. 6. Many of the EU countries have suspended their subsidies paid to wind farms and as a result the investors in many cases are not recouping their investment. There are also a large number of job losses, particularly in Spain at present. 7. Also in Spain, there are large areas under grain crops that are being devastated by rodents, as the raptors that normally control them are not able to do so any more because of the turbines. In summary we feel that despite all of the negative information available, our government is pushing ahead with wind farms and the public is kept in the dark about all the negative aspects and the failure of wind farms in providing “green� energy. The reason I am writing to you is that I hope you will have the courage to investigate the whole question of wind farms and publish your findings so that the entire nation of RSA can be aware of the failings of these monstrosities.

NOEL GREEFF, Bot River

Letters - Briewe

Theewaterskloof Gazette

7


8

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 25 February 2014

Hawaise Roerbraai­Slaai Kook die noedels Leanda Retief van in soutwater. Napier deel hierdie In ’n aparte kasweek een van haar trol, meng die suigunsteling slaai reker, asyn, sout, borsepte met Gazette lerie, kerriepoeier en sers. appelkooskonfyt. Hierdie slaai het Verhit en kook dit sy draai op al die resaam vir 2 minute. septegroepe op FaceGooi die gevriesde book gemaak, maar groente by en kook dit was nie vir Leanvir 15 minute. Meng da só lekker nie – dit die mielieblom met het te veel na piccalilli gesmaak en te Hierdie slaai beloof om vinnig ’n familie gunsteling ’n bietjie water en min na slaai. “Ek het word. FOTO: LEANDA RETIEF voeg dit by die groentemengsel. Kook tot dit toe ge-tweak tot hierdie resep en nou is dit ’n groot gunste- die sous verdik, roer gedurig. Dreineer intussen die noedels en gooi dit by die groenteling saam met ’n braai.” mengsel in. Roer tot goed gemeng. Verkoel 250 g skroefienoedels voor opdiening. 250 ml suiker Wenk: 250 ml wit asyn • Die oorspronklike resep het nie die noe5 ml sout dels ingehad nie – probeer dit gerus ook so. 5 ml borrie Dit kan warm of koud voorgesit word. 5 ml matige kerriepoeier • Hierdie is die ideale slaai vir bottel-en30 ml gladde appelkooskonfyt bêre. Skep die warm slaai in warm, gesterili1 kg Hawaian Stirfry groente seerde flesse en verseël dadelik. 25 ml mielieblom (Maizena)

Herger en Janice Urs van Switzerland is reeds sedert 2008 groot vriende van Tafelronde ACVV Dagsorg. Hulle het al by verskeie geleenthede donasies aan die skool gegee wat gebruik is vir matrasse, ’n heining om die skool is opgesit en ’n fietsbaan is ook aangebou. Die skool wil hulle graag bedank vir hulle vriendskap, belangstelling en “omgee” vir die kinders. Dit word opreg waardeer.

Die lede van die pasverkose komitee met Khaya Mrali, Kaap Agulhas-munisipaliteit se Direkteur : Gemeenskapsdienste, Julian Engel, KAM-amptenaar belas met landelike ontwikkeling, asook Gail Jacobs, verteenwoordiger van die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling.

Fondse vir Struisbaai / Arniston toegeken Die gemeenskap van Struisbaai / Arniston kom hierdie jaar in aanmerking vir fondse wat beskikbaar gestel word uit die nasionale regering se Landelike Ontwikkelingsprogram, wat gemik is op die ontwikkeling van plattelandse gebiede. Munisipaliteite moes elk een wyk in hul gebiede nomineer om vir hierdie fondse in aanmerking te kon kom. Die raad van Kaap Agulhas-munisipaliteit het vir Arniston/Struisbaai genomineer om hierdie fondse te ontvang, aangesien dit ’n gemeenskap is wat hoofsaaklik afhanklik is van vissery as ’n inkomste. Die fondse wat aan hierdie gemeenskappe beskikbaar gestel gaan word, maak voorsiening vir die ontwikkeling van infrastruktuur soos paaie en brûe. Ook is dit gemik op werkskeppingsprojekte, soos die ontwikkeling van opkomende besighede en die vestiging van gemeenskapsfasiliteite soos créche’s. Die program vereis dat ’n raad van belanghebbendes verkies moes word, wat verantwoordelik sal wees vir die prioritisering van projekte soos wat dit deur die gemeenskap voorgestel word. Die raad van belanghebbendes moes ook

deur die gemeenskap aangewys word op publieke vergaderings, waar inwoners enige persoon kon voorstel om hulle op hierdie liggaam te verteenwoordig. Verskeie vergaderings is as gevolg hiervan op Arniston en Struisbaai gehou, en is die volgende persone verkies tot ‘n uitvoerende komitee : Rashied Adams (voorsitter), Daniel Europa (ondervoorsitter), Rovina Marthinus (sekretaris), Melvin Marthinus (tesourier), Humphrey Joorst (adjunk-tesourier), asook Wilmien Marthinus en Stuart du Plessis as addisionele lede. Die verkiesing van die lede is behartig deur Buyolo Business Advisory Services, namens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling. Hierdie komitee sal die raad van belanghebbendes verteenwoordig op ’n komitee wat verskeie regeringsdepartemente en ander rolspelers insluit, en wie se taak dit sal wees om die geïdentifiseerde projekte se lewensvatbaarheid te ondersoek. Die verskillende sektore in hierdie area word aangemoedig om hul behoeftes en ander uitdagings wat hul ontwikkeling strem, aan die komitee oor te dra. U kan die voorsitter bel by 084 674 6416, of die sekretaris by 083 937 8293.


Tuesday 25 February 2014

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

9

SEB-voldoening nie moeilik nie JAN GREYLING “Die nuwe Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-wetgewing kan besighede wat versuim om daaraan te voldoen en hul ondernemings nie dienooreenkomstig inrig nie, vernietig,” aldus Melcus Nel, direkteur van BEEChange. Nel was Dinsdagaand (18 Februarie) die gasspreker by ’n ledevergadering van die Kaap Agulhas Sakekamer (KAS) by Mega Park, Bredasdorp.

Sixty Grade 1 learners received a school bag each from the Butterfly Foundation.

Blessings aflutter at L.R. Schmidt In 2009 a group of friends expressed the need to make contributions and give back to the community. This planted the seed for what is today known as the Butterfly Foundation. The intent was and has always been to raise funds for meaningful projects in the community and to make an enduring difference in people’s lives. Today, the Butterfly Foundation empowers their members and partners to

make a difference. In the beginning of this year sixty Gr. 1 learners of L.R. Schmidt Primary each received a school bag containing all the necessary equipment to start their schooling career. his was made possible by a donation of the Butterfly Foundation. The school thanks the Butterfly Foundation for their donation. They appreciate it from the bottom of their hearts.

Aanhouer wen JUANITA SHEPHERD

kamera of ’n slimfoon byderhand om hulle vangs te verewig nie….en ’n visserman moet sy vangs kan bewys! Oupa het vir ouma op Napier gebel, wat toe die kamera moes bring en die foto neem en tussen al hierdie petaljes deur, moes Pieter-Jan die knewel aan die lyn

Pieter-Jan Groenewoud, ’n tienjarige leerder van Rûens Kollege, het Vrydag 21 Februarie onder die wakende oog van sy oupa by hulle plaasdam op Eenheid in Napier, gaan visvang. Pieter-Jan is ’n Pieter-Jan Groenewoud met sy groot visvang-liefvangs. FOTO: JUANITA SHEPHERD hebber en wag reeds die afgelope twee jaar vir ’n hou. Die bielie van ’n swart baars groot baars om te byt. Hy en sy oupa vang gereeld vis was 75 cm lank en het bykans 3,9 by die dam. Hulle vang vir plesier kg geweeg. Sy vangs is verewig met ’n foto en laat visse weer vry in die dam. Groot was die vreugde toe hy en Pieter-Jan het weer eens beVrydag hierdie knewel aan sy wys hy is ’n bobaas visserhoek kry, maar hy en oupa het ’n man...en die blink lyf is veilig tedilemma beleef, daar was nie ‘n rug in Eenheid-dam.

The Gr. 5s of Applewood Preparatory are learning about the wonders of the oceans in Natural Sience. On Tuesday they were privileged to be able to go to Abagold. Here they are taken through the process of perlemoen farming.PHOTO: JANE MOODIE

Volgens die voorsitter van KAS, Rudy Visser, was hierdie “passievolle” aanbieding oor SEB en die gepaardgaande geleenthede wat in SEB vir plaaslike besighede bestaan, insiggewend. “Dit is fantasties om ’n spreker van hierdie kaliber te hoor wat praat oor ’n onderwerp wat vir almal van kardinale belang is. Besighede kan nie op eie houtjie soveel waardetoevoeging verseker, soos deur KAS se uitnodiging aan Melcus nie,” sê Visser. Hy bevestig dat diegene wat sake wil doen met openbare staatsinstellings en wil seker maak dat hulle vir hul dienste betaal word, nou ag moet slaan op die vereistes en die voordele van die korrekte implementering van wetlike vereistes. Sakelui kan onder dwang reageer op die SEB-wetgewing, en voortsukkel daarmee, of selfs probeer om dit te omseil, óf die besigheidseienaar kan die regte kopskuif maak en redelik gemak-

“Dit behoort vir besighede werklik nie moeilik te wees om aan SEB-wetgewing te voldoen nie,” het gasspreker Melcus Nel van BEEChange by die afgelope Kaap Agulhas Sakekamer vergadering gesê. Van links is KAS bestuurslede Johannes de Villiers, Zoon Jacobs, Jaco Louw, Marthelene Matthysen, Riana Uys, Melcus Nel (spreker), Marietjie Visser en Rudy Visser (voorsitter). FOTO: JAN GREYLING lik deel in die voordele van hierdie proses. Nel het gewys op die gevare van nie-voldoening aan SEB-wetgewing en ook daarop gewys dat geen uitbetalings meer deur die owerhede op enige van die regeringsvlakke gedoen mag word as die verskaffer se SEB-sertifikaat nie in plek is nie. Deur praktiese voorbeelde het Nel aan KAS-lede gewys hoe eenvoudig dit is om te verseker dat jou SEB-telkaart op sy beste lyk. “Dit behoort vir besighede werklik nie moeilik te wees om

aan SEB-wetgewing te voldoen nie,” bevestig hy. Visser wys daarop dat besighede op die platteland nie sonder die platform wat die sakekamer aan sy lede en gaste bied, na sprekers met hierdie profiel en noodsaaklike kundigheid, kan luister nie. “SEB en die jongste wetgewing raak ons almal en dit is elkeen se verantwoordelikheid om ons besighede reg te posisioneer. Daarom bied KAS eersdaags ’n werkwinkel saam met Melcus aan oor strategiese SEB-beplanning.”


10

Classifieds

Theewaterskloof Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

FUNKSIES & KONFERENSIES

BEGRAFNISDIENSTE

1005

DOVES-Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Pleinstr; 028 212 3054. 09 Argonst; Hermanus Business Park, 028 313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028 271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028 384 3344. Bredasdorp: Overberg Sentrum shop 12, 087 630 2011.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

HUISE TE HUUR 3270

1425

1025

STERFGEVALLE

Tuesday 25 February 2014

PADSTAL/RESTAURANT,DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Skakel 028 214 1475. KRUIEKENNER 1435

TE HUUR 1820

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap. Skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum 083 551 5406 alle ure. SAKE

GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

HOEKOM HUUR as jy jou eie huis kan besit? Vanaf so min as R4 000 p.m. in Bergsig en R5 500 p.m. in Heiman Village. Skakel Manie 071 199 5466 / Hein 083 528 2283. KANTORE

1030

GUESS WHO'S 21? MILO PEDRO 26/02/1993. A wonderful life awaits you. A life full of happiness, success and potential. Happy 21st birthday Love Mommy, Daddy & Ginnie.

2 SLAAPKAMER HUIS in Caledon. R2 750 p.m. koopkrag uitgesluit. Skakel 072 593 2502.

3290

DIENSTE

300M2 OFFICES TO LET 2420 in Haw Street, Caledon. AUTO ELECTRICAL R15,000 pm (services DIETLOF'S. Gespesialise- excluded). Contact Xperterde auto elektriese dien- prop @ 082 870 5704. ste. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van proBETREKKINGS fessionele weerstasies en 3600 solar panele. New Crossstraat. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel 028 ALGEMEEN 214 1614/082 788 5276. REGSDIENSTE 1440

FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998/028 212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange. TE KOOP

3680

VAKANSIE & REIS

REISAGENTE 2605

LG2 TRAVEL AGENCY. Online bus bookings. Call 028 212 2740.

TWEE POSTE BESKIKBAAR: Panneelklopper assistent en Meganiese werktuigkundige assistent. Die geskikte kandidate sal oor die nodige ervaring en kennis beskik. Faks CV na 028 212 3317. GROEN

EIENDOMME KINDERVERMAAK 1405

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395.

DIENSTE

ALLERLEI 1655

MICROWAVE R250; Stoof R1000; Yskas R1399; Outomatiese wasmasjien R1299; Dubbelbed R750; Sitkamerstel R1000; Buitedeur R399; Garagedeur R 699; Cot R200. Skakel 072 466 6900.

WOONSTELLE TE HUUR

4605 3250

ENKELPERSOON WOONSTEL te huur. Oopplan kombuis en sitkamer met aparte slaapkamer, stort & toilet. Skakel 083 899 9675. TE HUUR 3205

ONE UNFURNISHED BEDROOMED FLAT + BIC’s in secure tranquil setup on Bath River for suitable person. Lovely braai area in garden. R2700. Call 028-212 2135 / 083 286 8775.

CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028 212 1775/082 969 0975.


Dinsdag 25 Februarie 2014

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

11

Hoërskool Bredasdorp hou Nuweling ’n sonstraaltjie kleureredenaars en vasvra

Op Valentynsdag het die Bredasdorpers nie net die liefde gevier nie. Daar het groot opgewondenheid geheers in die skoolsaal. Dit was weer tyd vir die jaarlikse Redenaars en Algemene Kennis-vasvra waartydens die Blou- en Goudspan sake teen mekaar moes uitspook. Vanjaar het die Blouspan bewys dat hul die beste redenaars is en die goue span se algemene kennis was die beste.

Die manne van die Blouspan wat moes bewys dat hulle algemene kennis goed genoeg is, is agter van links Malherbe Kriel (gr. 12) en Marc Albertyn (gr. 10). Voor is van links Freddie Els (gr. 8), Uys Bom (gr. 9) en Chris Botha (gr. 11).

Agter van links is Niel Zondagh, gr. 11 en Leon Schreiber, gr. 9. Voor is André Steffens, gr. 12, Saskia Watson, gr. 10 en Lindie Pieterse, gr. 8.

Die Blouspan is vanjaar as die beste redenaars aangewys by die jaarlikse kleurekompetisie. Van links is Larissa Geldenhuys, gr. 12, Fredeléne Leuvennink, gr. 11 en Sarah Bosch, gr. 11.

Die redenaars wat Hoërskool Bredasdorp se Goudspan verteenwoordig het is van links Saskia Watson (gr. 10), Elanie van Schalkwyk (gr. 12) en Elmi Uys (gr. 9).

Die nuutste en jongste toevoeging tot die Olso - eenheid by De Heide Primêr is Christeano Kroukamp. Hy is spasties en sit in ’n rolstoel. Hy kom baie goed oor die weg met al sy nuwe maats en geniet die aandag, veral die rond-stotery. Hy neem graag deel aan alle aktiwiteite en is veral lief vir die terapeutiese oefeninge. Hierdie lewenslustige seuntjie is ’n regte sonstraal in die klas.

Christeano Kroukamp by sy klasmaats.

Die gr. 4-leerders by De Heide Primêr was besig met die struktuur van plante. Elke leerder moes ’n plant skool toe bring. Soos hulle die plant ondersoek het, moes hulle ’n skets van hul plant maak, met al die plantdele asook ’n beskrywing van hulle plant. Groot opgewondenheid het in die klas geheers.

Die laaste drie skoolhoofde van Laerskool Bredasdorp was almal by die Eeufees-saalbyeenkoms teenwoordig. By hierdie geleentheid word die skool se feesjaar, met die tema “Eeu van Uitnemendheid” ingelui. Die verrigtinge is ook letterlik met die lui van die skool se eerste skoolklok, wat ‘n eeu gelede ook gebruik is, begin. Hierdie drie hoofde het die skool vir ongeveer die laaste derde van die eeu op ‘n uitstekende wyse gelei en het gesorg dat Laerskool Bredasdorp vandag ‘n spogskool in die streek is. Van links is die huidige skoolhoof, mnr. Werner van Huyssteen, sy voorganger, mnr. Johann Burger en mnr. Schalk van der Merwe, wat voor mnr. Burger die leisels gehou het Die Ovies het Donderdag 20 Februarie saam met die Von Trapp-familie van Oostenryk deurgebring toe hulle die uitvoering van The Sound of Music bygewoon het – vir baie ’n eerste en ongelooflike ervaring in die Kunstekaap; ook hul eerste ervaring van ’n vol saal en staande ovasie!


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 25 Februarie 2014 | Tel. 028 214 1294

Kom ondersteun junior rugby Eerskomende Vrydagaand begin die Boland Rugbyunie se Junior kompetisie in alle erns. Die agt streke se onderskeie o. 19- en o. 21-spanne sal in ’n ligabasis teen mekaar meeding om te bepaal wie is die top juniorstreek in die Boland Rugbyunie. Die kompetisie sal ook gebruik word om spelers te identifiseer wat in aanmerking sal kom vir die Boland o. 19 en Boland o. 21 provinsiale spanne, dus daar is baie op die spel vir die spelers wat hul onderskeie streke verteenwoordig. Overberg is in ’n poel met Breërivier, Witzenberg en Langeberg terwyl die ander poel bestaan uit Noord-Wes, Swartland, Sentraal en Weskus. Op Vrydag 28 Februarie om 19:00 sal die Overberg kragte meet teen die Breërivier-streek op die Caledon-sportgronde. Die wedstryd sal gevolg word met die kragmeting Langeberg vs Overberg op 7 Maart op Robertson en

dan die laaste ligawedstryd op 14 Maart waar Overberg weer kragte meet teen die Witzenbergstreek op hul tuisveld in Caledon. Die semi-finale van hierdie kompetisie sal plaasvind op 21 Junie in Wellington. Hekgelde vir die wedstryd eerskomende Vrydag sal R10 vir volwassenes wees, R5 vir kinders en R10 vir parkering. Verlede jaar was beide die o. 19en o. 21-span van die Overberg onoorwonne en ons hoop dat die 2014 junior spanne sal voortbou op verlede jaar se sukses. Die afrigters van die junior spanne is Danver August (o. 19), Billy Horne (o. 19), Tyrone Weits (o. 21) en Pieter Jantjies (o. 21). Die spanbestuurders van die spanne is Inglis-Searle Benjamin (o. 19) en Alexis Kleinsmith (o. 21). Alle ondersteuners en rugbyliefhebbers vanuit die hele Overberg-streek word gevra om die streekspan te kom ondersteun en die talent van ons juniors te kom waardeer. CLC Smith

Besigheidsliga­ toernooi skop af Die jaarlikse rolbal-besigheidsliga het op Woensdag 5 Februarie afgeskop. Vier-en-twintig spanne het ingeskryf en het elke week in Februarie oor twee aande deelneem. Burgemeester Chris Punt, vergesel deur sy eggenote Erika en regterhand Sunet Du Toit, het die opening waargeneem. Punt het ook sy spangees getoon met sy Rolling Stones t-hemp.

Gavie du Toit, president van die klub, het die vier borge, Caledon Casino, Hotel, Spa & Entertainment; S.A. Moutfabriek en Pick n Pay asook al die deelnemers bedank vir hul ondersteuning van die rolbalklub. Heerlike hoenderburgers en boereworsrolletjies word elke aand te koop aangebied. Beide die spanne wat deur Punt geborg is, het deurgedring tot die finaal wat op Donderdag 27 Februarie sal plaasvind.

Skakers toon hul staal ANNETTE THERON Op Saterdag 15 Februarie het die Suid-Boland skaak-toernooi by die

Caledon Casino Hotel en Spa plaasgevind. Talle skole in die Overberg het deelgeneem aan dié toernooi wat jaarliks meer spelers lok.

Nicole Gillions van Swartberg Primêr en Dwayne Frans van Laerskool Bredasdorp maak gereed om kragte te meet. FOTO’S: THERON

Shahemia Zondani (heel links) en Dé-Mari Kleynhans (heel regs) van Hoërskool Bredasdorp voer die stryd aan in die 800 m vir meisies o. 14 teen atlete van Albert Myburg SS en HS Overberg. Dé-Mari wen in ’n tyd van 2:34:9.

Chris Punt heel links en agter, sy sekretaresse Sunet du Toit, Hendrik Windvogel, Andre Williams, Willem Prins en Edwill Adonis. Voor is Petula Fortuin, Howard van der Westhuizen, Roderica Carels en Dolfina Johnson. FOTO: YVONNE PRETORIUS

Voor links is Erick Wiehahn van Hoërskool Hermanus en oorkant hom sit Nathan Magerman van Groenberg Sekondêr. Langs hulle sit Gino September (links) van Swartberg en Roche Filander van Hermanus.

ANNETTE

Gavin Smith en Chris Abrahams, albei van Napier.

Spelers sê dankie Op 15 Februarie het twee spelers van Napier die Boland presidentspan verteenwoordig as voorwedstryd vir die Stormers en Boland Kavaliers in Wellington. Hulle wil graag vir Charlton Smith van Genadendal rugbyklub wat hulle op hoogte gehou het van die gebeurtenis en vir Maneul Newman wat vir hulle vervoer beskikbaar gestel het om die wedstryd te kon mee maak, bedank.


Theewaterskloof gazette 25 feb 2014