Page 1

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 4 • Tuesday 22 April 2014 | Tel. 028 214 1294

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Middedorp­ winkels kry swaar

Die gebou in Donkinstraat wat deur Nedbank gehuur is, staan reeds sedert 1 Oktober verlede jaar leeg. FOTO: ANNETTE THERON

ANNETTE THERON Byna ’n jaar het verloop sedert die amptelike opening van die Victoria-sentrum op 30 Mei verlede jaar. Daar was verlede jaar groot opgewondenheid in Caledon oor die opening van die inkopiesentrum omdat verskeie nasionale kettingwinkels vir die eerste keer hul deure in Caledon oopgemaak het. Maar daar was ook kommer oor die voortbestaan van middedorpse ondernemings met die skuif van besighede vanuit die middedorp na die inkopiesentrum.

Marios dos Reis, projekbestuurder van Harry Viljoen Eiendomme, sê al die huurders in die Victoria-sentrum is baie gelukkig. “Wimpy doen baie goed sedert hul opening op 21 Maart en het alle verwagtings oorskry. Markham sal oor twee maande ook hul intrek neem. Die sentrum is 94% verhuur. “Ons kry baie positiewe terugvoering van ons huurders en veral van die publiek. Met die pas afgelope skoolvakansie het talle inwoners en reisigers vir ons baie positiewe terugvoer oor die sentrum se uitleg en aansig gegee.” Daarteenoor het OK in die midde-

dorp op 1 April sy deure gesluit. Martin Barnard, eienaar van OK, sê: “Besigheid het opgegaan boontoe. Die inkopiesentrum is ’n bestemmingsentrum. Dit is ’n eenstop-inkopiesentrum, want die koper kan alles op een slag koop. Die koek is net só groot.” Barnard sê die koms van die inkopiesentrum het talle besighede geknou. “Ons het op 23 April in 2013 geopen en my omset het ná die opening van die inkopiesentrum met die helfte verminder.” Hy sê die korporatiewe winkels soos Pick n Pay en U Save is nie alleeneienaars nie, “hulle kry korporatiewe ondersteuning, waar ’n alleeneienaar nie altyd die finan-

sies het om in swaar tye te oorleef nie. Indien ek wel die finansies gehad het, sou ek probeer het om nog ’n jaar deur te sien en kleiner verliese te verwerk.” Louis Jordaan, eienaar van die Spar in Caledon, sê die opening van die inkopiesentrum het ’n groot afname in sy omset teweeg gebring. “Ook dan natuurlik, nie net as gevolg van die Pick n Pay nie, maar die uitvloei van die lynwinkels uit die dorp, het vir seker ’n effek gehad. Ons het definitief baie gereelde kliënte verloor. Maar ons is positief dat van ons mense weer sal terugkom en dat ons ondersteuningsbasis reeds besig om te

groei.” Mari Dreyer, eienaar van Kontrei Printing, sê die opening van die inkopiesentrum het glad nie haar besigheid beïnvloed op enige wyse nie. “Ek glo dis omdat ons ’n bestemmingwinkel is wat nie afhanklik is van die voete nie en omdat ons reeds goed gevestig is in die gemeenskap.” Dos Reis het by navraag saamgestem dat die kopersbasis nie oneindig groot is nie, maar bygevoeg dat dit wel na sy mening plaaslik gegroei het. “Ontwikkeling is belangrik vir ’n dorp, want dit lok ekstra voete en daar word meer spandeer in die dorp self.”


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

basaar-snoekbraai. 028 251 8182.

Navrae:

13 Mei 26 April ) Swartberg Sekondêre Skool se 1994-matrikulante hou 20 jaar-reünie. Alle oudonderwysers en oudleerders word genooi om die dag by die skool in Bergsig, Caledon by te woon. Verrigtinge begin om 10:00 die oggend. Vir verdere besonderhede kontak, Nigel Floors by 083 9955 106.

27 April ) Botrivier Gemeenskapkerk – Langnaweek-dienste deur prediker Eddie de Vos. Navrae: Bresler by 028 284 9612 of 083 457 9008.

8 Mei ) Leefstyl-vergadering om 15:00 by NG kerk Caledon-Wes. Kontak Retha Skein: 028 212 1432.

10 Mei ) Caledon Rugby speel tuiswedstryd teen Young Hamiltons. ) Victoria Dienssentrum hou mini-

) Bekende skrywer Alta Cloete besoek Caledon-biblioteek om 15:00. Gratis toegang. Almal welkom.

16 en 17 Mei ) De Rust Futura Akademie: jaarlikse karnaval. Navrae: 021 844 0448.

25 Mei ) Die Hessequa-kultuurraad van Swellendam bied ’n Rieldans aan in Swellendam by die Thusongsentrum om 19:00. Groepe is Slangrivier Rieldansers, Khoisan of Korana Rieldansers. Ons nooi alle Khoisan uit na die dans toe.

5 Junie ) Gesondheid-vergadering om 15:00 by NG kerk Caledon-Wes. Kontak Retha Skein: 028 212 1432.

24 Junie ) Doreza Kersandt bespreek haar boek oor Boontjieskraal en familie-ervarings om 10:00 by Caledonbiblioteek.

Radio Overberg in Caledon Radio Overberg fm gaan volgende Saterdag (26 April) in Caledon wees vir die feesvieringe van die nuwe Wimpy. Ons gaan tussen 10:00 en 14:00 deel wees van die Wimpy, Radio Overberg Bonanza. Daar gaan verskeie kunstenaars optree. Ons eie Pof Louw en Maureen Eksteen, die bekende Vaughan Gardinar gaan musiek maak, en ons gaan hope pryse weggee gedurende die dag. So, kom loer asseblief in en ontmoet die Radio Overberg-span. Volgende Woensdag 23 April om 13:30, gaan Rudi de Waal ’n onderhoud voer met Dozi. Luister elke Woensdag na Rudi se ‘Klein Saterdag’-program, Mengelmoesjolyt. Petro Voges bespreek op Woensdag om 11:00 ’n interessante onderwerp. Sy gaan die

vraag vra: Het vet ’n gewete. Kom gesels saam, en laat ons weet wat julle hiervan dink. Ons smslyn sal oop wees, maar jy is altyd welkom om die kantoor te skakel, of jy kan natuurlik kommentaar lewer op ons Facebook-blad ook. Ons wil ook weereens die Overberg-gemeenskap bedank vir hulle aktiewe deelname aan die groei en vooruitgang van Radio Overberg. Ons het verlede week geld ingesamel vir drie leerlinge om deel te wees van Laerskool Bredasdorp se skoolkamp. Sonder ons Overbergers sou dit nie moontlik gewees het nie. Moet ook asseblief nie vergeet van Radio Overberg se Netbaldag op 3 Mei nie. Dit beloof om groot pret te wees. Vir meer inligting bel Radio Overberg by 028 424 2877.

Tuesday 22 April 2014

Uniting for positive change KERRY VAN RENSBURG Valley farmers and their workers joined Alan Winde, Overstrand Mayor Nicolette Botha-Guthrie and Western Cape parliamentarians for the launch of the Hemel-enAarde Development Association on Tuesday 8 April. The association aims to coordinate development, upliftment and education amongst the agricultural communities in the Hemel-en-Aarde Valley. It will be an NPO with members consisting of producers and farm workers working together to change their community. The farmers and farms that initiated the formation of the association include Ian Wiegman (Zuiderkruis), Jadri Lotter (Vrede), Dawie Kruger (Southend) and Danie van Zyl (Karweyderskraal). The Hemel-en-Aarde Development Association is part of a bigger plan in the Western Cape farming community. According to Van Zyl, the provincial parliament member, Johan Visser, who is chairperson of local government, and was a guest at the launch, came up with the idea of forming NGOs to develop rural/farm communities. There are now seven associations that have been established. Winde , the provincial Minister of Finance, Economic Development and Tourism, gave an overview of the economy in the province. He said marketing is part of his job and an important aspect for farmers. The two most significant factors for economic growth include selling our products to the world in a competitive space and attracting investors. He raised the question whether our people have the skills to function in a competitive business environment. He said there is a misalignment of the jobs being created in the type of economy we have and the skills needed to fill these opportunities. “It is easy to talk about poverty alleviation, but not so easy to do something about it.” It was important to give people hope and the best way out of poverty is a job. “We need to move from grants to salaries,” he said. Johan Montgomery from Hamilton Russell Vineyeards spoke about the

Founding farmers and dignitaries who attended the launch of the Hemel-en-Aarde Development Association last Tuesday evening, included, from left, Jadri Lotter (Vrede), Ian Wiegman (Zuiderkruis), Johan Visser, Dawie Kruger (Southend), Mike Walters, Danie van Zyl (Karweyderskraal), Mayor Nicolette Botha-Guthrie and provincial Minister of Finance, Economic Development and Tourism, Alan Winde. PHOTOS: KERRY VAN RENSBURG

Founding members – one employer per farm and one employee representative for every 10 permanent workers – who attended the launch function included (back from left) Dawid Heath, Dawie Kruger, Jadri Lotter, Danie van Zyl, Ian Wiegman, Noel and Johannes Damon. In front are Valencia Wilshire, Linda Brikkels, Marthinus van Wyk, Joseph Jansen, Tersius Bruwer, Government Lusiba, Quinton Ribbok and Danie Motsemai. problems they face with seasonal farm workers and the need to keep them employed so as not to lose them to other jobs. He also said they bought two modern tractors to replace older outdated models, but none of the workers have the skills needed to operate them. Winde then offered to provide the money for the training of workers so they can learn the skills needed to operate the tractors if Montgomery developed an accredited course to train them. Ian Wiegman, the acting chairperson of the Hemel-en-Aarde Development Association, said the valley has three factors that count in its favour, namely: The geographical lay of the land/typography which lends itself to interaction and constructive support among the farmers; historically the upliftment and development dates

back to the days of the rural foundation, and although it no longer exits, many farms continue to do significant work in this regard; and churches from Hermanus have been involved in community upliftment in the valley for some time already. Wiegman said: “Individual farms and organisations might be doing their bit, but there is still a definite void when it comes to identifying and addressing some of the needs of the farming community as a whole. He emphasised that the association is not a political organisation and will not be run by the farm-owners and managers only, but is a partnership between employers and employees. At the end of the formal proceedings, the founding farmers signed the constitution of the Hemel-en-Aarde Development Association. They will have their first AGM on 15 May.

Craig Harris wins Big Boy Scooter Craig Harris is the proud new owner of a nifty Big Boy Scooter which he won in a competition at The Caledon Casino, Hotel, Spa & Entertainment’s DaVinci Restaurant. The promotion ran from January to the end of March. Customers spending R50 or more at the restaurant received a stamp on their promotion cards.

Completed cards, bearing 10 stamps, were entered into a lucky draw which took place on 1 April.

Craig Harris, whose card was randomly drawn from the tombola, is pictured here (left) with Paul Campbell, Director of Operations and Complex General Manager at The Caledon Casino, Hotel, Spa & Entertainment.

Helga Willemse van Caledon gaan Saterdag 31 Mei om 19:00 by Swartberg Primêr optree. Dié sangeres se CD sal ook te koop wees teen ’n spesiale prys. Kaartjies (by die deur) is R15 vir volwassenes en R10 vir kinders. Skakel 083 568 0925 vir verdere navrae.


Tuesday 22 April 2014

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

3

Concerns mount over Bot River dumping ANNETTE THERON

is blowing onto the top-end of Beaumont land. People have started dumping their household refuse as well and there are many broken glass bottles lying around as well.” Greeff says they have asked TWK to make other sites available, “but up to now they haven’t done it”. He says there is littering all over town, particularly around the OK Mall. “I clean up the pine forest area, a public open space between Third and Fifth Avenue and boarding on Kiaat Sreet, as there is always a tremendous amount of litter and occasionally I also find a household refuse bag dumped, but it is mostly chip packets, empty cigarette boxes, and empty condom packets and used sanitary towels, which is most unpleasant to come across.” Greeff says there are three holes in the park; “and I usually dump the litter in those holes and when they start getting a bit full, I

Members of the Bot River Aesthetics Committee as well as residents have expressed their concern over different kinds of dumping that is on the increase in Bot River. Noel Greeff, deputy chairperson of BRAC and also a ward committee member, says there used to be a skip for dumping building rubble next to the sewerage works, “but it was alleged that the new development Bot River Estates objected to the dumping of building rubble and now there is no place to dump building rubble.” Greeff says rubble is currently being dumped next to the railway line running adjacent to New France, the informal settlement in Bot River. “New France itself doesn’t have any refuse facility and all the refuse

contact the municipal office and municipal workers come to clean it.” Greef says at the ward committee meeting they were told that refuse bins would be placed at various places in the village and also in the pine public open space, but this has not yet materialised. Barbara Townsend of BRAC says they care about conditions in Bot River for all communities. “I am concerned about the health and environmental hazard the dumping of household waste poses, particularly to small children. This is seen in the vacant Beaumont land.” Townsend believes there are three proactive steps to deal with this. “Firstly we need rubbish bins and secondly a skip for household waste in the areas where there are no trolley bins and at the top of the list, to encourage people to minimise their waste by recycling.”

Eugene October, a resident of Bot River, also concerned about the litter, is a keen recycler. He says he collects newspapers, plastic bottles, glass bottles and cool drink tins, all of which can be recycled. “And because of my recycling habit, I received a brand-new bicycle and some second hand clothing from Lucky Point, the recycle shop in Bot River. At Lucky Point, you build up a point score, and the more points you earn the bigger the reward. I know of many people in Bot River who are riding ‘recycle’ bicycles.” Claudia Delport, who manages Lucky Point with her mother, Elizabeth Jacobs, says everyone in Bot River, from the richest to the poorest, know about this recycling facility. “People bring their refuse in black bags and they get 20 points per black bag.” She said the shop is stocked with clothing, food and household goods, pots, pans, chairs

and even beds. “The residents build up points and can then ‘shop’ with their points.” Delport said the bicycles are a sought after item. “To get a bicycle, you need 1 000 points, so some people save it up for the whole year in order to get a bicycle.” At the time of going to press comment had not been received from Theewaterskloof Municipality regarding the placement of extra bins. They did however say there are bylaws that need to be adhered to with regard to the dumping of any waste material that causes a barrier among other streets and public places. The law relating to streets: Art. 4 states that no persons may leave any material on sidewalks or in the street. Art. 7 dealing with garbage and waste material also states waste may not be placed on streets or sidewalks. Section 13 deals specifically with building material which may not be placed in streets.

Botrivier-kerkgangers betoog 30 minute stil teen geweld ANNETTE THERON Op Sondag 13 April het die gemeentelede van St. Peter’s Anglikaanse Kerk in Botrivier vir 30 minute in stilte voor die kerkgebou betoog teen geweld teen vroue en kinders. “Ouers in die gemeenskap is bekommerd oor die verkragtings en moorde wat plaasvind op die Kaapse Vlakte en in ander dele van die provinsie,” sê Betram Oliver, die kerkvoog van die parogie van Botrivier. “Dié moorde en verkragtings laat ouers onrustig slaap want hulle weet nie wanneer Botrivier geteiken kan word nie.” Oliver sê die biskop van Valsbaai het opdrag gegee dat Anglikaanse kerke in die Wes-Kaap onder die bisdom van Valsbaai, vir 30 minute stil betogings moet hou.

Oliver sê onskuldige kinders word deur dwelmsmouse gebruik om hul dwelms te verkoop. “Dit wil voorkom asof die owerhede met gevoude arms sit en niks doen om die probleem hok te slaan nie.” Kapt. Gerrit Botes, mediawoordvoerder van Caledon-polisie, het by navraag gesê verkragtingsyfers in hul area het vir die boekjaar gedaal. “Aanrandings het stabiliseer teenoor dié tyd verlede jaar in die Caledon-, Myddleton-, Tesselaarsdal- en Botrivier-polisiëringsgebied. Ons het op ’n daaglikse basis klopjagte op dwelmpersele in ons hele gebied en daar is baie suksesse wat daarmee gepaard gaan.” Botes sê 80% van aanrandings in die gebied is gesinsgeweld en die steun van die kerk sal waardeer word.

Liquor Board info session On 28 April from 10:00 to 12:00, the Western Cape Liquor Board will be hosting an information session for all licence holders in Theewaterskloof. The session takes place at South African Breweries and all liquor licence holders are invited to attend.

Gemeentelede met plakkate wat vra dat geweld teen vrouens en kinders moet stop.

FOTO: VERSKAF


4

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

The porcupine shortly after it was trapped.

Tuesday 22 April 2014

PHOTO: ORA LAUBSCHER

Prickly thief caught ORA LAUBSCHER “I should have known better!” This is probably what the porcupine said when she or he discovered that there was no turning around this time – having been caught red handed in a Bredasdorp resident’s garden earlier this month. According to the owners, the spiky thief has a long track record of sneaking into the garden from the nearby veld. On the other hand, who in his right mind would stick to “veldkos”

with a menu that consists of delectable lilies, bulbous plants and garden vegetables readily available on the other side of the proverbial fence? In collaboration with CapeNature, the owners set a “sweet potato trap” one full moon evening and lo and behold – the next morning the thief was in the cage. The porcupine was taken to a reserve far from the tempting garden and vegetable patch and now – hopefully – both the garden owners and the opportunistic thief are content.

Plaaslike leerders het die Caledon-biblioteek se eerste leesmiddag goed ondersteun. Die boek Die lui leeu is gelees en bespreek en die kinders het ook maskers gemaak en versier. Die leesmiddag sal elke Woensdag om 15:30 by die biblioteeksaal aangebied word. Alle laerskoolleerders is welkom.

Mama Jacqueline brings comfort to Tesselaarsdal Mama Jacqueline Donkerbroek, one of the new Clover Mama Afrika mamas, was born and raised in Cape Town but at the tender age of 22 moved to the Netherlands where she lived with her husband for 32 years.

OK in Botrivier het nuwe eienaars. Hier is hulle met van die personeel. Van links agter is Ellistene Slabbert, Gert Labuschagne (eienaar), Bianca Jacobs, Nicole Isaacs, Thevina Labuschagne (eienaar), Beverley Andries, Marlene van Niekerk, Raphael Chiwanda en Felicia Slingers. Voor is Joubert Labuschagne (bestuurder en eienaar) en Jimmy Whittal (assistentbestuurder). Die amptelike opening is op 31 Mei. FOTO: ERIEKA ROUX

While in the Netherlands, she would buy school clothes for children in South Africa – her passion has always been to help others in any way possible. “Mama Jacqueline” decided to come back to South Africa and settle in the rural area of Tesselaarsdal. Here she assists mothers and children to regain their self-respect and dignity, which many of them have lost due to abusive circumstances. Mama Jacqueline has brought hope and inspiration to the community through her years of work as a motivational speaker and workshop

Jacqueline Donkerbroek from Tesselaarsdal.

facilitator. She teaches them to read and write and provides social skills. Her focus is to provide them with skills like sewing and beading to assist them to become self-sustainable. In Mama Jacqueline’s words: “God has given all of us talents and we are all unique in what we do. Everything is possible with God. Never take anything for granted.” The Clover Mama Afrika project has established a reputation for being one of the country’s most innovative, effective and sustainable corporate investment programmes, bringing tangible benefits to communities. It aims to uplift at grassroots level. The project also aims to empower the mamas with viable skills which they use to earn a sustainable income. The project consists of 40 mamas who are spread throughout the whole of South Africa.

Jan Schreeders, ’n plaaswerker van Vaalkop-plaas in Caledon het in Februarie hierdie vyf swart babers gevang. Dit is sy beste vangs nog!


Tuesday 22 April 2014

People - Mense

Theewaterskloof Gazette

5

’n Natuur­ervaring duisend! ORA LAUBSCHER “By Rietfontein se leidam…” so begin die bekende Afrikaanse gedig met dieselfde titel wat deur I.D. du Plessis geskryf is. Die gedig vertel van ’n somber toneel wat homself in die maanlig afspeel by die dam waar “gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel oor die stroom”. ’n Treurige verhaal maar ’n sprokiesagtige mooi omgewing! Die “Rietfontein” waarheen ’n groep van tien stappers onder leiding van Emmerentia de Kock en Alliston Appel van die Agulhas Nasionale Park op Donderdag 10 April gestap het, was net so asemrowend mooi met geen teken van spoke of van naderende onheil nie! Die area het egter

tuiste van voëlsoorte soos flaminke en waterhoendertjies. Appel het verduidelik dat die staproetes soos die een wat Donderdag gestap is, nou verken word en op die oomblik nog in die beplanningsfase is. Vir diegene wat belangstel in die veld, in fynbos, plantegroei, voëls, veldlewe – sommer in alles wat so ’n stap in die veld aan die stapper bied, gaan dit ongetwyfeld ’n fees wees. Die stappers het heelhartig saamgestem met die twee gidse se siening dat die inwoners van die streek maar nog geneig is om te dink dat hulle altyd ver weg moet gaan stap “om iets spesiaals te ervaar”. In die proses vergeet hulle dat hulle hulle “eie nasionale park en ’n fassinerende kuslyn, sommer net hier op eie drumpel het!”

wel sy eie veelbewoë geskiedenis, want afgesien van enkele boere wat hulleself hier gevestig het, het trekboere met vee, skipbreukelinge en amptenare van die kolonie wat na hulle kom soek het, male sonder tal hier rondgetrek. Die “stap” het begin en geëindig by ’n yslike sambreelagtige melkhoutskuiling – ’n veepos en -skuiling van weleer. Na die staptog wat heel toevallig op een van die jaar se warmste herfsdae plaasgevind het, was die koelte van die stokou melkhoutbome ’n welkome lafenis! Aliston Appel het vertel dat Rietfontein een van verskeie historiese opstalle binne die Agulhas Nasionale Park is. Die opstal is omring deur ’n ryke verskeidenheid fynbos wat op die oomblik in volle blom staan. Daar is ook verskeie waterpanne, die

Die span het van tyd tot tyd blom- en voëlgidse uitgehaal om doodseker te maak van die name van voëlsoorte of plante wat op pad gesien en gefotografeer is. Daar is ook druk spoorgesny toe spore van Kaapse kloulose otters en rooikatte waargeneem is. Daar was selfs ’n spoor van ’n volstruis maar geen teken van die eienaar van die spoor nie! FOTO: ORA LAUBSCHER

‘Classics for all’ beloof om weereens feesgangers te bekoor Plaaslike talent is vanjaar sterk verteenwoordig by die jaarlikse Greyton Genadendal Classics for All- fees wat van Donderdag 29 Mei tot Sondag 1 Junie plaasvind. Coenie Visser, feesdirekteur, verduidelik dat die fees onder meer daarop gemik is om klassieke musiek toeganklik te maak vir Jan Alleman, en om veral by die jeug ’n waardering te kweek vir hierdie genre. “En natuurlik om vir besoekers aan ons streek te wys watter talent ons in ons eie geledere het!” Sommer by die amptelike openingskonsert reeds maak kunstenaars van die Overberg hul stem dik. Axolile Hosa, jong fluitspeler wat aan die Hoërskool Overberg gematri-

kraal en omstreke tree ook in die konsert op. Die koor staan onder leiding van Greyton se predikantsvrou, Janie Greeff. Die koor van Greyton Primêr onder leiding van Stan Balie kry die geleentheid om saam met groot kanonne in die vermaaklikheidsbedryf, Emile Minnie en Godfrey Johnson, op te tree. Hierdie konsert beloof om pret te wees – die gehoor gaan onder meer ook die geleentheid kry om saam met die koor te sing. Die bekende kamerkoor Cantique, wat bestaan uit lede van die Robertson, Montagu en Bonnievale-streek, tree ook by die fees op. Vir plaaslike koperblaas-kunstenaars en liefhebbers van koperblaasmusiek is daar vanjaar ’n besonderse geleentheid om die konsert van die wêreldberoemde Harmonic Brass van München in Duitsland by te woon. Die vyf kunstenaars wat al voorheen ou koperblaas-instrumente vir die jeug-koper-

kuleer het en tans aan die Universiteit Stellenbosch studeer, tree saam met nog ’n Caledonner (sommige mense sê hy’s eintlik van Greyton) Philippus Hugo op in ’n konsert wat ’n platform bied vir die klassieke kunstenaars van die toekoms. Opwindende jong vioolspeler Anele Mhlahlo tree saam met Hugo en Hosa op in The Next Generation. Philippus Hugo is die begeleier van die ATKV-galakonsert, waar hy saam met die wenner van die 2013 ATKV Musiqanto-kompetisie vir sang, sopraan Caroline Modiba, tenoor Louis Loock (voorheen van die groep Romanz) en violis Zanta Hofmeyr optree. Die gemeenskapskoor van Greyton, Genadendal, Voorste-

Die koor van Greyton Primêr onder leiding van Stan Balie.

Axolile Hosa, ’n jong fluitspeler, sal by vanjaar se fees optree. blaas-koor van Genadendal gestuur het, hou ook Saterdagoggend ’n werksessie vir alle koperblaasspelers en belangstellendes – hierdie slypskool is gratis en almal word uitgenooi om dit by te woon. Ander hoogtepunte van die fees is ’n verkorte weergawe van Mozart se opera Don Giovanni, die Charl du Plessis Trio, die Stellenbergse Mei-

sieskoor onder leiding van André van der Merwe, die houtblaas-ensemble Appassionata en die kitaar virtuoso James Grace, wat saam met nog ’n kitaarspeler, Chloe Murphy, optree in Duelling Guitars. Vir meer besonderhede oor die fees, besoek gerus www.classicsforall.co.za. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.

Monday Family Feast

R145

MAGIC

WIN

2 000

2 FOR 1 MOVIES FOR A YEAR When you purchase

ANY Plascon Paint Products

to the value of R500

Standard SMS rates apply. Errors billed. Free SMS’s do not apply. SMS charged at R1.50 per SMS. For a full copy of the Terms and Conditions please visit www.plascon.co.za FOLLOW US ON: Competition runs from 21 March 2014 and closes on 4May 2014. E &OE

jackie designs 0024

HOW TO ENTER: Be the 1st of 1. Buy any Plascon paint products. TO 2. SMS ‘PLASCON’ and the last 6 digits of the barcode CUSTOMERS on the Plascon product purchased, together with your full name to 32697.

OPEN 24/7 • FREE WI-FI THE CALEDON CASINO, HOTEL, SPA AND ENTERTAINMENT WWW.THECALEDON.CO.ZA | TEL 028 214 5391 TERMS & CONDITIONS • THE PICTURES ARE FOR DISPLAY PURPOSES ONLY • THE SPECIAL CONSISTS OF THE ADVERTISED ITEMS ONLY AND CANNOT BE EXCHANGED OR SUBSTITUTED FOR DIFFERENT ITEMS • THIS OFFER IS ONLY VALID ON MONDAYS • THIS OFFER IS ONLY AVAILABLE UNTIL 28 APRIL 2014


6

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Sorg vir bandjie met nommer op hond

Is middedorp se huur te hoog? Daar is verlede jaar in Mei met groot afwagting uitgesien na die opening van die nuwe Victoria-inkopiesentrum in Caledon. Maar te midde van die groot opgewondenheid het sekere besigheidseienaars ook kommer uitgespreek oor die middedorp se toekoms. OK wat in die middedorp geleë was, het aan die begin van die maand sy deure gesluit en twee geboue staan steeds leeg nadat die huurders verlede jaar na die inkopiesentrum verhuis het. Een besigheidseienaar het egter gesê die huur is te hoog in die middedorp en dit is een van die redes waarom geboue leegstaan. Maar sal eienaars van sake-eiendomme dit oorweeg om hul huur te verminder? Verlede jaar het ’n verhuurder gesê hy is bekommerd oor sy belegging in Caledon omdat dit nie tred hou met die inflasiekoers nie. Dalk het die tyd nou egter aangebreek vir huurders om alleeneienaars tegemoet te kom met laer maandelikse huur ten einde mee te ding met korporatiewe besighede.

Die vakansie is weer op ons en saam met die feesvieringe en blye tye, kom ’n dringende versoek van Caledon Dieresorg. Baie van ons gaan die naweek by vriende en familie kuier en so word die troeteldiere (veral honde) by die huis gelos en iemand word gevra om hulle te kom voer terwyl ander by vriende gelaat word. As die honde dan uitbreek en verdwaal, sit Dieresorg met hulle hande in hulle hare want die diere word na hulle gebring en aangesien daar nie ’n hondeskut is nie, moet die diere by Dieresorg-lede gehuisves word, soms vir ’n week of langer, tot die eienaar hulle begin soek.

As die hond ’n bandjie met ’n naamplaatjie het, is dit so eenvoudig soos een telefoonoproep en die dier is terug by die huis. Ons het in die vorige skoolvakansie ’n verlore Husky, skaaphond en Labrador gehad, almal sonder naamplaatjies. So ons vra baie mooi, sorg dat julle honde bandjies aan het met ’n telefoonnommer op voor julle met vakansie gaan. Dit sal ons werk vergemaklik en vir die dier onnodige trauma spaar. Caledon Dieresorg wens almal ’n Geseënde en mooi Paasnaweek toe. Geniet die spesiale tyd met julle geliefdes en kom veilig terug.

VANYA SCHÖFMANN, Caledon Dieresorg

Register on our website Our website www.bolandgazette.co.za is waiting for you to join our on line community! You can view news from your own community on line, with news from neighbouring Boland communities, videos and photo galleries the added bonuses. And you’ll be able to comment on articles, vote in our weekly opinion poll and enter the competitions that will be added regularly. So don’t miss out – visit us weekly. Just remember

that you’ll have to register as a user to participate. We want our readers to please use the website to share news, photos and videos with us. Some of this will be carried into the newspaper, so that we foster communication between our print and on line readers. Feel free to contact us with your feedback and contributions by clicking on the appropriate links at the bottom of the page.

Tuesday 22 April 2014

Julle sal krag ontvang Net voordat Jesus opgevaar het na die hemel, het Hy Sy dissipels beveel om in Jerusalem te wag vir die uitstorting van die Heilige Gees. Hy het vir hulle gesê: “...maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees...” (Hand.1:8). Die krag waarvan Jesus gepraat het is geestelike krag. Die doop met die Heilige Gees stel ’n krag in ons vry wat ons in staat stel om met vrymoedigheid en dapperheid ’n getuie vir Jesus te wees. Wanneer ek Jesus Christus aanneem as my Saligmaker, kom woon die Heilige Gees in my en ek is God se tempel (1 Kor.6:19). Die doop met die Heilige Gees is egter ’n ander ondervinding wat gewoonlik gepaard gaan met die ontvangs van ’n hemelse taal. Dit is hierdie ondervinding waarna Jesus verwys het toe Hy gesê het: “Julle sal krag ontvang.” Om ’n kragtige getuie vir Jesus te wees is dit noodsaaklik dat ons gedoop is met die Heilige Gees. Hierdie ervaring is vir alle wedergebore Christene bedoel en is ’n geskenk van God om ons beter toe te rus vir ons aardse taak. (Hand.2:2-4, 17, 38.39; 10:45-46). Dit is hierdie ervaring wat ons help om met geloof vir siekes te bid, duiwels uit te dryf, en die krag van God te demonstreer. Mag u hierdie krag ontvang en ’n lewende getuie vir Jesus wees. Seënwense.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

During this year’s Cape Epic, Greyton used a landscape photo by Adele Fouche and “painted” it onto a rugby field using a variety of colours, textures and materials. The riders rode through the fly-over thus forming part of the design. Greyton won this year’s fly-over. PHOTO: ABSA CAPE EPIC

Rubriek

Ek het die toekoms gesien, en hy’s suurwarm . . .

Hoor onlangs die Noord-Amerikaners begin nou na hulle laaste paar katastrofiese verspoelings glo daar is dalk iets anders aan die gang as bloot strafmaatreëls vir homoseksuele huwelike en aborsies. Die idee begin glo stadigaan daargunter posvat dat aardverwarming tog ’n faktor kan wees, dat hoë koolsuurgasvlakke ’n rol speel en dat die verbranding van koolwaterstowwe ’n groot bydraer daartoe is. Die see absorbeer natuurlik baie van die koolsuurgas wat ons so kwistig die lug instuur. Dit het al vantevore in ons aarde se geskiedenis gebeur, maar nog nooit so veel en so vinnig nie. Die gevolg is dat veral see-organismes nie vinnig genoeg kan aanpas om te oorleef nie. Koraalriwwe is besig om letterlik op te los in die see; ek lees ook van visse wat nie meer kan staatmaak op die tydelikverhoogde koolsuurgasvlakke wat hulle waarsku teen predatore nie, en nou blindelings in die suur seewater rondswem waar hulle na willekeur gevang word. Skynbaar begin dit ook tot die Yanks deur-

dring dat alhoewel hulle slegs sowat 15% van die wêreldbevolking uitmaak, hulle 40% van die aarde se energiebronne verbrand. So ’n bewuswording is ongelukkig ’n stadige proses, want baie mense sal moet doodgaan saam met hul oortuigings voordat dit ’n verskil sal maak. Die ander ding wat die Yanks ook nou op pynlike wyse begin besef is dat hulle rofweg ’n duisendmiljoen dollar van dit wat hulle aan gesondheidsorg betaal, moet bestee aan die behandeling van voorkombare “leefstylsiektes”. Ek noem hierdie kwale by hulle name, want ons eie mense sal hulle almal herken: verskeie ernstige kankersoorte, oormatige cholesterol en die kardiovaskulêre gevolge daarvan, suikersiekte, gewrigsprobleme te wyte aan oormatige gewig wat gedra moet word, depressie weens ’n intens-materiële leefwyse, alles aangehelp deur algemene ooretery en onder-oefening. Ek hoor mense praat van die “eindtye” maar ek wonder of ek dieselfde ding daaron-

der verstaan as hulle. Plek, kos en water is eksponensieel aan die kwyn, en om alles te vererger, is al die groot nywerheidslande slegs in staat om die skyn van groei in welvaart in stand te hou deur skuld aan te gaan en geld by ons ongebore nageslagte te leen, met die besef dat dit nooit terugbetaal sal kan word nie. Ons kleinkinders gaan ’n katastrofale toekoms binne, wat gekenmerk gaan wees met duisendvoudige inflasie, bitter konflik en moorddadige mededinging vir elke ding wat hulle nodig het om hul lewens te onderskei van die dierewêreld s’n. Ek weet nie of dit meer sal help om te bid nie. Vanoggend sien ek twee witborskraaipare bo-oor die huis vlieg. Niks vreemds daaraan nie, behalwe dat hulle amper bors-teen-rug rondswiep en hulle vlerkslae nougeset sinkroniseer. Was dit dalk paargedrag? Skynbaar nie: kraaie paar op die grond, en wat ek gesien het was hoogstens akrobatiese vry-

ery. Die twee pare wat ek beskou het, het saam al krysend die lug deurkruis en uiteindelik in ’n digte boskasie afgeduik. Wat hulle gaan doen het weet ek nie – hoop maar net die vreemde warm weer onlangs het hulle nie oorreed om fataal-voortydig te broei nie. – fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 22 April 2014

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

Sit aan, sit kloutjie by die oor en gesels met Letty­Ann! ORA LAUBSCHER Letty-Ann Moller kom sommer al ’n lang pad saam met Radio Overberg. Na meer as twee jaar agter die mikrofoon, ontbreek dit haar ook nog glad nie aan entoesiasme en ondernemingsgees nie – inteendeel, gesels is en bly hierdie Radio Overberg-veteraan se voorliefde en voorland! Ons ontmoet in die ruim restaurant met die wye veld-uitsig langs die Nachtwacht opstal – halfpad tussen Bredasdorp en Arniston. Almal is al huistoe en die gesels wil-wil net wegloop na die luisterryke verlede van die historiese ou “rondeplaas” en sy mense. Ongemerk stuur sy die gesprek weg van haarself na Kloutjie by die oor en Tinktinkietyd – die twee programme waarvoor Letty-Ann verantwoordelik is. Dis Letty-Ann wat gewoonlik beide die intydse en die telefoniese onderhoude voer vir Kloutjie by die Oor met die klem op feite en kontrei-sake. Soms word daar gesels met mense uit die omgewing, soms met besoekers aan die streek. Op sekere dae gesels sy ook met die verskillende Overbergse korrespondente wat verantwoordelik is vir die deurgee van kontreinuusbrokkies. “Een van hulle”, weet Letty-Ann te vertelle, “is my identiese tweelingsuster, Joanie, wat op Riviersonderend woon”, ’n toevalligheid wat sy nog daagliks as “ ’n ongeloofli-

Alhoewel Letty-Ann Moller haar studies aan universiteite in die noorde voltooi en ook haar loopbaan daar begin het, kom die gesin al vir jare gedurende Kersvakansies na die Overberg. Later het sy en nog later ook haar ouers, hulle permanent hier kom vestig. Uiteindelik was dit ook heel toevallig, net mooi hier in die Overberg, waar die geleentheid homself voorgedoen het om by nog een van haar groot passies, gemeenskapsradio, betrokke te raak! FOTO: ORA LAUBSCHER ke wonderwerk” ervaar! So onder die gesels raak dit gou duidelik: Letty-Ann het ’n slag met mense! Sy laat hulle gemaklik voel en voor hulle weet waar hulle is, is die onderhoud verby en afgehandel en gesels hulle land en sand, sommer agter die lekker aan – oor alles en nog wat!

Sy “onthou” haarself as ’n besonder stil kind. “Ten spyte hiervan, het ek sover ek kan onthou, tog maar altyd ’n passie vir mense en vir kommunikasie gehad”, bieg Letty-Ann, “en ’n voorliefde vir taal en storie-vertel as medium van inligtingsoordrag, veral wanneer dit by die jongspan kom!” Geen wonder dat haar “heel beste matriek-mondeling” ’n Siembamba-storie oor Hubert die Leeu was wie se maanhare aanhou groei het nie! Lettie se studierigting as student aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit, was “Kommunikasiekunde en Internasionale Politiek”. Sy behaal later ook ’n Honneursgraad aan die Universiteit van Pretoria. Dit was juis die politieke wetenskap agtergrond wat haar voorberei het vir haar taak as omroeper “waar ’n mens dikwels op jou voete moet dink en alles moet weet wat jy sê maar nie alles moet sê wat jy weet nie”! Of dit Kloutjie by die Oor of Tinktinkietyd is, dis alkant selfkant vir LettyAnn, want die spreekwoordelike handskoen pas albei hande ewe goed. Of dit haar nuusprogram vir “grootmense” is of haar kinderprogram “vir klein mensies”, sy beweeg ewe gemaklik tussen die twee pole! En wat meer is – kom loer gerus in wanneer Tinktinkietyd se poppekas-karakters die volgende keer by ’n spesiale geleentheid in jou kontrei optree. Maak dan sommer ook van hierdie geleentheid gebruik om jou gunsteling-omroepster in lewende lywe te ontmoet!

Take the next step to where the sky’s the limit with the Shoprite Group of Companies at our new OK Furniture branch opening in Caledon, Western Cape

Branch Manager This management role will see you: • planning and organising the medium- and long-term activities of the branch • monitoring stock • ensuring that set targets are achieved • managing staff • identifying and solving problems relating to customers, staff and equipment • taking full responsibility for branch success from a profit-loss perspective. Essential requirements for this position include: • a Senior Certificate or equivalent • at least three years’ managerial experience • previous work experience in a service or retail-related industry • proficiency in English (verbal and written) • sound product knowledge • exposure to management systems in the furniture/retail industry • an interest and demonstrated track record in the retail industry • good project planning and organising abilities • effective leadership skills • valid Code EB driver’s licence.

Admin Controller

Young agriculturalists enlightened

This position will see you: • completing month-end returns • submitting branch expenses • conducting daily, weekly and monthly audits • controlling the HP office.

JAN GREYLING

As Stock Clerk, you will be responsible for: • verifying merchandise received from suppliers and dispatched to customers • capturing and verifying stock data • forming an integral part of the stocktaking process • preparing weekly stock reports • preventing stock shrinkage.

A group of future leaders in agriculture was enticed by what Dr Gillian Arendse, of Stellenbosch University, shared with them at the Agricultural Leader’s Conference held at Bien Donné Agri Cape Week from 9 to 12 April. The audience was made up of Grade 9 boys and girls with agriculture as a school subject. Arendse illustrated to the young aspirant farmers the importance of a positive outlook with a quote by Henry Ford – “Whether you think you can

or whether you think you can’t - you are absolutely right.” He added that focusing on what you have rather than what you don’t have will always deliver much more success. We all realise that an investment in the agricultural knowledge of our youth is crucial for our food security in the near future. The world does not only need food producers – we need champion agricultural producers. Arendse took the letters of the word CHAMP to illustrate the nature of a true champion : C - Consistency, H Heart, A – Ability, M – Motivation and P - Purpose. He emphasised that we learn the most by making mistakes and that change only happens when you do things differently. He urged the young minds to go back to their individual schools and do things differ-

Stock Clerk

ently from now on. Johan Marx of Cence, the programme director of the event, explained the Department of Trade and Industry’s (Dti) cooperative incentive scheme (cis) to the learners. He made it clear that it is, with the help of the Dti, in everybody’s reach to become a successful entrepreneur. Learners from Swartland High School, who attended last year’s youth leadership conference at the expo, proudly gave feedback on the progress of their earthworm project. They successfully market their earthworm-tea, as organic fertiliser, through Pick n Pay and other retail outlets. For the workshop part of the conference, the learners were divided into three groups and were presented, on a rotational basis, with three different presentations namely goal setting, aquaponics and hydroponics.

Salespersons This position will see you: • meeting and exceeding sales targets • generating new business by following up on referrals, participating in promotions, etc. • maximising profit and income opportunities • coordinating delivery of goods.

Carpet Estimator

In this role, you will: • sell carpets against agreed sales targets • measure the area to be carpeted and draft on-scale plans for fitters • calculate accurate quotes for customers according to correct prices • manage the carpet fitting process • provide excellent customer service throughout. As a tool-of-the-trade vehicle will be provided, a valid driver’s licence is essential.

General Assistant

The general assistant will: • off-load stock from trucks • move stock from the storeroom to the display areas • provide assistance with stock control • run errands • keep the stock room clean and tidy.

HP Clerk Your responsibilities will include accurate and timeous: • banking • filing • housekeeping • cashier duties.

For many of the learners this was their first encounter with aquaponics. PHOTO: HANLIE DU PLESSIS

Villiersdorp

Industrial Warehouse

9 Theewaters Close Erf size: 1 222m² | GLA: 516m²

Jason Poultney 084 404 1010 jasonp@aucor.com TERMS: R50 000 refundable deposit (strictly bank guaranteed cheque or cash transfer only). Bidders must provide original proof of identity and residence on registration. No cash will be accepted at the auction. No exceptions. All bids are exclusive of VAT. Aucor Property may bid up to reserve on behalf of the sellers. Subject to change without notification. For rules of auction please visit: www.aucorproperty.co.za Auctioneer: Darren Winterstein

www.aucorproperty.co.za

Commercial Property On Auction

Date: Thursday 15 May @ 12pm | Venue: The Pavilion Conference Centre, The Clocktower, V&A Waterfront

Essential requirements for the last six positions mentioned: • a Senior Certificate or equivalent • previous experience in a service or retailrelated environment • fluency in spoken and written English • the ability to do basic arithmetic (applicable to Salespersons and Carpet Estimators) • an understanding of customer service principles • willingness and availability to work flexible retail trading hours. Applicants who do not meet all the requirements will not be considered for appointment. In addition to excellent career opportunities, the Shoprite Group offers market-related remuneration packages, which include attractive benefits. Forward your CV with a covering letter, clearly indicating the position you are applying for, and a certified copy of your ID in confidence to awillard@shoprite.co.za Closing date: 8 May 2014 If you have not received a response within four weeks of the closing date, please accept that your application was unsuccessful. 117880

www.ayandambanga.co.za


General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Tuesday 22 April 2014

Veelsydige, heerlike souttert

Witsand­legende Koen Muller is Witsand se legende. Talle stories word in Suid-Kaapland oor hom vertel. Koen was ’n visserman wat vir meer as 60 jaar die see trotseer het en sy lewe lank in Witsand gewoon het. Hy het ’n roeiskuit gehad waarmee hy gaan visvang het maar ook dikwels die “koetsier” was om passasiers na Infanta oor die Breërivier te neem. Koen het egter ’n swakheid vir die brandewyntjies gehad en hy was nie altyd ’n veilige stuurman nie. Koen was lief om te sê: “Ek is ’n bobbejaan, maar my kinders is nie.” Hy en sy vrou, tant Sarie, het ses kinders gehad. Koen se ou perd, Diamond, het hy voor ’n skotskar ingespan. Wanneer die weer sleg was vir visvang, het Koen met sy skotskar sakke skulpgruis gelaai om aan boere te verkoop. Wanneer die skotskar vol was het hy vir Diamond gesê: “Huis toe” en die ou dier loop dan stok-

siel alleen langs die plaat op huis toe. Daar gekom het tant Sarie die sakke afgelaai en hom teruggestuur na Koen. Koen Muller was bekend as Witsand se “Hans die Skipper”. Hy het gewoonlik uit enige onstuimige see weer veilig aan land gekom. Van die vissermanne het geglo hy kan op water loop. Eendag het ’n visskuit vergaan en tien van die elf bemanning het verdrink. Almal het geglo dat die see Koen Muller uiteindelik gevat het. Die hele Witsand was in rou gedompel. En toe gebeur die onmoontlike. Blou van die koue kom hy toe tuis. Niemand het geweet hoe die ou seeman die kake van die dood ontglip het nie. Die dominee kom toe besoek aflê na die ramp. Hy vra vir Koen of hy darem aan sy siel gedink het daar in die see. “O”, antwoord Koen, “dominee, ek was net benoud dat ek by Engeland sal uitspoel. Ek kan mos nie Engels praat nie.”

LEANDA RETIEF Souttert is een van daardie dinge waarvan mens nooit genoeg resepte kan hê nie. Ek versamel souttertresepte orals waar ek gaan, want ek het nog nooit ’n souttert geëet wat nie vir my ongelooflik lekker was nie! Dit is toe effens ironies dat die gewildste souttert by my familie en die mense op my resepte-blog een is wat ek self ge-tweak het! Hoekom ek hierdie resep kies, is omdat dit bestaan uit ’n basis-resep en daarby kan jy enige iets gooi waarvoor jy lus is óf wat jy in die huis het. (En dit is die ideale manier om van ’n ou brood ontslae te raak.) Op my lys nommer een vir veelsydigheid! Basiese Souttert 6 snye brood, korsies en al 6 eiers 500 ml melk 250 ml gerasperde kaas 30 ml droë pietersielie 10 ml mosterdpoeier sout en peper na smaak Plaas die brood, eiers en melk in ’n voedselverwerker en verwerk tot die mengsel glad is (die brood moet fyn wees). Gooi die mengsel in ’n mengbak en gooi nou vulsels na jou keuse by. Roer die geurmiddels by. Gooi die mengsel in ’n gesmeerde glasbak en sprinkel die kaas bo-oor. Bak vir 45 minute teen

Hierdie souttert kan met verskillende vulsels gemaak word. FOTO: LEANDA RETIEF 180 °C of tot die eier gestol is. (Soms is die tert nog ’n bietjie papperig as dit uit die oond kom, maar dit stol soos dit afkoel.) My gunsteling kombinasies: * Gerookte hoender, peppadews, uie en sampioene * Gerasperde polonie, ringetjies weense worsies, spek, uie en sampioene * Spinasie, spek, uie en feta * Tuna, uie, agurkies en pitmielies

Nog idees vir vulsels: Vleis: polonie * worsies * maalvleis * spek * hoender * tuna * gerookte snoek. Vegetaries: broccoli * aspersies *sampioene * soetrissies * uie * pitmielies * peppadews * agurkies * feta * bloukaas * spinasie (As jy sampioene of spinasie gebruik moet jy seker maak al die vog het verdamp terwyl jy dit gaarmaak, want as dit te waterig is kan dit die stol van die tert beïnvloed.)

GVL256

8

Get TWO delicious T-bones,

TWO boerewors,

and TWO sticky toffee puddings with cream for dessert. EVERY FRIDAY THIS APRIL AT KUIPERS RESTAURANT.

Booking is essential

Call 023 3487200 suninternational.com N1 Highway, Worcester


Tuesday 22 April 2014

People - Mense

Theewaterskloof Gazette

9

Botrivier­duo desperaat om Epic aan te durf ANNETTE THERON

vrou Janine ingeskryf en Danie sy vrou, Marqunette. “As Janine of Marqunette se naam getrek Braam Gericke en Danie Goosen word, betaal mens R500 oordragsis twee vasberade mans met ’n koste – maar dis uit en uit die droom. Hulle wil albei aan volmoeite werd vir ’n geleentheid om gende jaar se Cape Epic deelneem. die ren mee te maak,” meen die twee. “Selfs al beteken dit ek moet Kevin Braam sê die grootste gros van Vermaak (organiseerder van Cape inskrywings kom uit die loteryEpic) se huis binne en buite verf, ek inskrywings. sal selfs die dak verf,” sê Braam. Braam en Danie ry die afgelope “En as Kevin Vermaak self aan die 18 maande kompeterend en sê Cape Epic sou deelneem is ek en Dafietsry is ’n duur sport. Die twee nie bereid om tussen elke skof sy ry die afgelope jaar en ’n half komfiets te was!” peterend en albei hou van uitdaBraam is wingerdbestuurder by gings. Die besluit om fiets te ry het Wildekrans in Botrivier en Danie is by die jaarlikse Wines 2 Whales eenheid-bestuurder. Die twee sê hulbegin toe dié twee albei waterpunle was slaggereed vir die Early Bird te beman het. inskrywings vir die kompetisie, wat Braam het op Janine se pa se die eerste 100 inskrywings verseker van ’n plek in die 2015 ren. “Maar Danie Goosen en Braam Gericke wil graag aan volgende jaar se Cape Epic ou bergfiets begin ry en na ’n maand sy eie fiets gekoop. “Met dalk is dit omdat ek en Danie albei deelneem en is op soek na borgskap. die geld wat ek al op fietse spanboerseuns is met linkerduime want ons kon nie vinnig genoeg die aanlyn vorms me in te sit by die Cape Epic lotery wat ryers deer het kon ek ’n klein motor koop,” lag invul nie.” Hy sê die Cape Epic se Early Bird-in- ook die geleentheid gee om aan die ren deel te Braam. Hy het vir Danie ’n Rocky Mountain skrywings is glo onder sewe sekondes gevul. neem. “Ons het tien inskrywings ingestuur fiets as trougeskenk op 16 November verlede Braam sê hul volgende opsie was om hul na- wat ons kanse ietwat verbeter. Braam het sy jaar gegee. “Ja, sê Danie, “ons staan bekend

Caledonner 2de in strawwe bergfietsren Jacques van Zyl van Caledon het op 12 April tweede geëindig in die 36One MTB. Van Zyl sê die roete rondom Oudtshoorn het gestrek oor ’n afstand van 361 km met vertikale klimwerk van 5 200 m, “en jy het 36 uur om die wedren te voltooi. Ek verstaan dit is die langste bergfiets-marathon in die wêreld.” Hy sê die weer was baie gunstig, maar niks kan jou regtig voorberei vir wat voorlê nie. “Ons het Vrydagaand 11 April om 18:00 weggespring begin en moes ná 36 uur klaarmaak met die resies. Hy sê die pas was baie vinnig ná die wegspring. “Ná slegs 35 km was daar slegs 11 ryers in die voorste bondel oor en baie huidige Epic-ryers wat nie die pas kon volhou

nie.” Van Zyl sê hy het geweet die pas gaan hom begin inhaal soos hulle die einde genader het en hy het maar net gehoop sy ure en ure se oefening op die paaie en berge rondom Caledon sal hom deurdra. “Een vir een het die bondel opgebreek en elkeen het maar op eie stoom aangery en gehoop om slegs die wedren te kan voltooi.” Hy meen die moeilikste tydperk is die lang ure deur die nag. “Dit is net jy en jou fiets en niemand om die pyn mee te deel nie – en pyn was daar baie!” Van Zyl sê vir omtrent 200 km van die 361 km het hy op sy eie gery; “en dan moet jou kop reg wees”. Na 14:59 op sy fiets, het van Zyl om 09:00 die

Saterdagoggend baie moeg en seer die eindstreep oorgesteek in die tweede plek. Net Jaen Biermans van België, die bergfiets-marathon wêreldkampioen van 2010 wat deur die borge genooi is om aan die wedren deel te neem, kon Van Zyl klop. “Ek moet my gesin bedank vir al hul opoffering sodat ek my sport kan beoefen.” Die volgende kompetisies waaraan Van Zyl gaan deelneem is die Trans Karoo 240 km van Ceres na Sutherland op 26 April en daarna is dit die driedag Sani 2 Sea vanaf 14 tot 16 Mei.

Jacques van Zyl van Caledon is passievol oor fietsry en wil graag volgende jaar aan die Cape Epic deelneem.

NOTICE

Alienation of Portion of Property Notice is hereby given of Council’s intention to alienate the undermentioned municipal properties in terms of section 14 of the Municipal Finance Management Act (Act 56 of 2003) and the municipal asset transfer regulations: • Portion 2 of Farm 308/2, Bredasdorp • Portion of Farm 339/0, Bredasdorp Further information is available during normal office hours at the Municipal Offices, 26 Long Street, Bredasdorp. Enquiries must be directed to Ms AJ Thompson, tel. (028) 425-1157. Any objections against the alienation must be properly motivated in writing and be lodged with the undersigned by no later than 10 June 2014. Persons who are unable to read or write, can submit their objection/comments verbally at the Municipal Offices, 26 Long Street, Bredasdorp and Ms AJ Thompson will assist them in putting their comments or objections in writing. Mr DP Beretti - Municipal Manager (Acting) Overberg District Municipality, Private Bag X22, Bredasdorp 7280 Arina Wilson 108424

KENNISGEWING

Vervreemding van Gedeelte van Eiendom

Kennis geskied hiermee van die Raad se intensie om die ondergemelde eiendomme te vervreem ingevolge artikel 14 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet 56 van 2003) asook die munisipale regulasies insake oordrag van vaste bates: • Gedeelte 2 van Plaas 308/2, Bredasdorp • Gedeelte van Plaas 339/0, Bredasdorp Verdere besonderhede is gedurende normale kantoorure ter insae beskikbaar by die Munisipale Kantore, Langstraat 26, Bredasdorp. Navrae moet gerig word aan me AJ Thompson, tel. (028) 425-1157. Enige kommentaar teen die vervreemding moet voor of op 10 Junie 2014 behoorlik gemotiveer en skriftelik by die ondergetekende ingedien word. Indien ’n persoon nie kan lees of skryf nie, kan so ’n persoon sy/haar beswaar/ kommentaar mondelings by die Munisipale Kantore, Langstraat 26, Bredasdorp aflê, waar me AJ Thompson behulpsaam sal wees om hul kommentaar of besware op skrif te stel. Mnr DP Beretti - Munisipale Bestuurder (Waarnemend) Overberg Distriksmunisipaliteit, Privaatsak X22, Bredasdorp 7280

as die Rocky Mountain duo”. Braam sê hulle eerste resies was Greyton se 24 km Tarentaaklraal-ren. “Dit was uitmergelend, met my 115 kg lyf moes ek teen daai koppies uitry, ek het gevloek en geskel en gekla omdat die waterhouer nie 2F-bottels is nie.” Braam het intussen 40 kg verloor en sê fietsry het sy lewe verander. “Dit het my weer respek vir myself gegee en ek eet en leef gesonder en met balans.” Ten einde hul Epic droom te verwesenlik het hulle reeds vir vriende en familie en besighede genader vir borgskap en hulle sê die reaksie was goed, want as jy so graag soos ons aan dié ren wil deelneem, dan maak jy ’n plan.


10

Classifieds

Theewaterskloof Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

1005

Tuesday 22 April 2014

FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

PADSTAL/RESTAURANT,DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Skakel 028 214 1475. KRUIEKENNER 1435

JOHN FORTUIN 07/04/2014. Saggies het jy ons verlaat, maar soet herinneringe bly ons by. Ons sal jou nooit vergeet. Rus in vrede. Liefde Wilhelmine, Devoran, Maureen & Connie. BEGRAFNISDIENSTE

HERBAL TRADITIONAL DOCTOR - Will solve all your problems. Call for appointment 078 557 6490.

CONSOL SOLAR JARS FOR SALE 1-11 Jars R170 per jar. Cases of 12: 1-4 cases R160 per jar. 5-12 Cases R145 per jar. Large trade enquiries welcome. Excl. delivery. Leanne 083 293 7208. solar@thephoto walkers.com.

1025

DOVES-Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Pleinstr; 028 212 3054. 09 Argonst, Hermanus Business Park, 028 313 1741. Kleinmond: 27 Main Rd, 028 271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028 384 3344. Bredasdorp: Overberg Sentrum shop 12, 087 630 2011.

KINDERVERMAAK

REGSDIENSTE 1440

FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998/028 212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

FINANSIEEL 1420

TE HUUR 3205

1 OF 2 SLAAPKAMER WOONSTEL met ingeboude kaste te huur. Veilige kompleks. R2600 / R3200 pm. Skakel 028 212 2135 / 083 286 8775. 2 SLAAPKAMER WOONHUIS, oopplan kombuis, sit- en eetkamer en badkamer. Privaat agterplaas. Joubertstraat 42. R4 000,00 per maand plus oorwater. Skakel 083 363 1765.

Geklassifiseerd

KANTORE 3290

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1405

SPRINGKASTELE te huur. Skakel Virginia 082 321 4395.

EIENDOMME

TE HUUR 1820

KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap. Skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum 083 551 5406 alle ure.

300M2 OFFICES to let in Haw Street Caledon @ R15,000 per month (excluding services). Contact Xpertprop@ 082 870 5704. GROEN

DIENSTE 4605

GELUKWENSINGS

VAKANSIE & REIS

CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028 212 1775/082 969 0975.

1030

REISAGENTE 2605

LG2 TRAVEL AGENCY. Online bus bookings. Call 028 212 2740.

KYK WIE'S 1! AMORAY BAADJIES 22/04/2014. 'n Gelukkige verjaarsdag aan ons dogter mag God haar nog vele jare vir ons spaar. Met liefde van Mammie, Daddy, Ouma, Oupa en al die spesiale mense in haar lewe.

E: shantley.fortuin@media24.com

T: 028 214 1294


Dinsdag 22 April 2014

Schools - Skole

Theewaterskloof Gazette

11

Kleintjies geniet ’n dag by die see Op Dinsdag 18 Maart het die grondslagfase-leerders van Rûens Kollege op ’n uitstappie na Struisbaai gegaan. Die leerders was baie opgewonde oor al die aktiwiteite wat beplan is vir die dag. Elkeen van die leerders het geproe aan heerlike vars, gerookte geelstert. ’n Rob het kom kyk wat al die Rûensmaatjies doen. Daar was darem ook ’n bietjie kompetisie vir die dag in die vorm van speletjies. Sommige maatjies het sandkastele gebou terwyl ander heerlik geswem het onder die wakende oog van ouers en onderwysers.

Die grondslagfase-leerders tydens hul see-uitstappie.

Jong Rûens-atleet kom vierde in gewigstoot by SA’s Philip Kleynhans, ’n 11-jarige seun van Rûens Kollege, het ’n baie suksesvolle atletiekseisoen agter die blad. Hy het ’n goue medalje tydens die Bolandatletiekkampioenskappe verower in gewigstoot. Sy afstand in die gewigstoot was 11,27 m. Philip het tydens die Wes-Kaap byeenkoms ook pragtig presteer en ’n silwer medalje verower. Hy het ’n afstand van 12,39 m gestoot. Philip was deel van die Wes-Kaapspan wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiekbyeenkoms vir laerskool-atlete gaan deelneem het. Hy het ’n vierde plek behaal met ’n ongelooflike afstand van 12,75 m. Baie geluk, Philip. Almal by Rûens Kollege is ongelooflik trots op jou!

Philip Kleynhans.

Moniefa Oliver, ’n gr. 7-leerder van Swartberg Primêr, is deur na die Wes-Kaap-skaakkampioenskap wat vanaf 1 tot 3 Mei by Hoërskool Outeniqua in George aangebied word. FOTO: ANNETTE THERON


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 4 • Dinsdag 22 April 2014 | Tel. 028 214 1294

Goue jaar vir rolbalspelers

Op Saterdag 29 Maart het Young Tigers-rugby- en voetbalklub (foto) van Riviersonderend teen McGregor-rugby- en voetbalklub in McGregor hul eerste ligawedstryd gespeel. Young Tigers het vasgeval maar is positief oor die nuwe seisoen.

FOTO: MAURINA PETERSEN

Napier-rugby skop die jaar goed af Die rugby- en voetbalklub van Napier het die jaar goed begin. Op 29 Maart het hulle teen die span van Montagu gespeel. Die C-span het

met 3 punte teenoor 14 verloor maar die B-span wen 14 - 12 en die A-span wen 25 -13. Op 12 April het Napier kragte ge-

meet met die Rangers en al die wedstryde gewen. Die C-span wen 17 - 0, die B-span wen 24 - 13 en die A-span wen 13 - 12.

Boland se o. 25-mans- en vrouerolbalspanne het van die Nasionale o. 25-Interdistriktetoernooi teruggekeer met goue medaljes. Hulle volg in Boland se Ope A-manspan, sowel as die B-vrouespan se voetspore, wat onderskeidelik in Bloemfontein en Oos-Londen goud verower het. Boland het ’n besonder goeie jaar beleef, met die senior vrouespan wat die bronsmedalje in Pretoria verower het. Beide o. 25-spanne het hul afdelings gewen. Die vrouespan het die toernooi onoorwonne afgesluit, ’n groot prestasie, aangesien hulle ook teen mansspanne moes meeding. Die twee skippers, Anneke Snyman en Stephan de Jager – albei van Bredasdorp Rolbalklub – het ook die Boland Gemengde Pare-toernooi op Worcester gewen en gaan gedurende Junie in Bethlehem aan die Nasionale Gemengde Pare-toernooi deelneem.

Anneke Snyman, skipper van Boland se o. 25vrourolbalspan en lid van Bredasdorp Rolbalklub, is by die Nasionale o. 25- Interdistrikterolbaltoernooi in Margate as speler van die toernooi aangewys. Hul span het vir die derde agtereenvolgende jaar die goue medalje by die toernooi gewen. Anneke het ook die vorige naweek die Boland Ope Meesterstoernooi op Hermanus gewen.

Van links is Stefan van Wyk (Caledon), Darius van Loggerenberg (Swellendam), Stephan de Jager (Bredasdorp), Wesley Taylor (Swellendam), Schalk Mouton (spanbestuurder mansspan, Swellendam), Anneke Snyman (Bredasdorp), Marette de Villiers (Durbanville), Henry Fourie (spanbestuurder vrouespan, Bredasdorp), Monique Payne (Bredasdorp) en Ezile Fourie (Bredasdorp).

Die Napier RVK het die jaar goed begin en byna al hul wedstryde sover gewen.

Genaal maak dit 2 uit 2 in die Superliga

Die Genadendal-rugbyklub het Saterdag 12 April hul tweede agtereenvolgende oorwinning in die Boland-rugbyunie se Superliga-Oosafdeling behaal toe hulle vir Black Leaves (Gansbaai) met 19-16 geklop het. Die tuisspan het eerste punte aangeteken toe Björn Africa (slot) agter die pale gaan kuier het na ’n goeie stormlopie. Enslin Klase het die doelskop oorgeskop om die telling 7-0 in die guns van die Genalers te maak. Black Leaves het terugge-

veg en die telling laat krimp met ’n strafskop. Die besoekers het toe die voortou geneem nadat hulle ’n verdoelde drie gedruk het en die spanne het gaan rus met die telling 10-7 in die guns van Black Leaves. In die tweede helfte het Elroy Klaase (nr. 8) sy span se tweede drie gedruk om weer die voortou te neem in hierdie wipplank stryd. Die besoekers wou nie gaan lê nie en het twee verdere strafskoppe oorgeklits om nader aan ’n oorwin-

ning te beweeg met die telling 16-12 in hul guns. Die Genalers is egter bekend vir hulle veggees en met vyf minute oor in die wedstryd het Leroy Wildschut ’n goeie breekslag gegee en is Clyde Claasen (vleuel) oor in die hoekie. Om sout verder in die besoekers se wonde te vryf het Enslin Klase die doelskop uit die hoek uit sierlik tussen die latte deurgejaag. Daar was steeds tyd vir naels kou toe ’n verdere twee strafskoppe ná die drie aan die besoekers binne

trefafstand toegeken is. Die eerste strafskop is tot groot ontsteltenis van die besoekers as mis aangedui deur die skeidsregter en die tweede strafskop op die eindfluitjie het die regoppaal getref. Black Leaves het dus geleenthede gehad om die wedstryd gelykop te laat eindig, maar teen die einde was dit die beter span op die dag wat die wedstryd beklink het. Leroy Wildschut (senter) is aangewys as die Save-Rite-speler van die wedstryd en is die eerste ont-

vanger van hierdie prys geborg deur Chris Cloete, die eienaar van Save-Rite in Greyton. Die klub se volgende ligawedstryd is Saterdag 3 Mei teen Protea RVK op De Doorns. Die klub wil ook al hul ondersteuners hartlik bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Ander uitslae in die SuperligaOos-afdeling: Kleinmond 10-12 Caledon Safcol 33-20 Montagu Villagers Standards 19-17 Hamlet Ashton 21-14 Young Hamiltons

Theewaterskloof gazette 22 apr 2014  

Theewaterskloof gazette 22 apr 2014

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you