Issuu on Google+

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 2 • Tuesday 20 November 2012 | Tel. 028 214 1294

Lone­onrus lê Villiersdorp lam ANNETTE THERON “Ons is honger – ons wil meer geld hê. Ek het ’n vrou en kinders en begin soggens 06:00 in die boord werk, maar ek verdien R70 per dag.” Hierdie was die aanmerking van ’n plaaswerker Woensdagoggend (14 November) toe plaaswerkers betoog het ten gunste van ’n loon van R150 per dag. Die atmosfeer in Villiersdorp was plofbaar. Albei ingange na Villiersdorp was versper. Jenny Gird, voorsitter van Overberg Petcare Society, was op pad uit met drie honde in haar bakkie toe sy voorgekeer is. “Een het met ’n stok teen die kant van my bakkie geslaan en geskreeu, ‘Maak dood daai hond!’. Vir die eerste keer in my lewe was ek bang, maar gelukkig kon ek omdraai en wegry.” Alles is vandag (19 November) weer terug na normaal volgens ao. Sylvester de Long van die Villiersdorp-polisie. Daar was geen voorvalle dié naweek nie. De Long het gesê die plaaswerkers het Dinsdag (13 November) ’n memorandum aan ’n verteenwoordiger van Agri Wes-Kaap oorhandig waarin hulle versoek het dat hulle ’n salaris van sowat R150 per dag ontvang. “Die versoek vir protesaksie was vir twee dae en die plaaswerkers het daarop aangedring dat daar op Woensdag 14 November aan hul versoek gehoor gegee word. Hulle het gesê hulle sal aanhou toyi-toyi totdat daar aan hul versoek gehoor gegee word.” Sommige plaaswerkers is reeds Vrydag terug werk toe, het De Long gesê. “’n Groep protesteerders het probeer om hulle te verhoed om te gaan werk, maar ons het tussenbeide getree en ongeveer 80 plaaswerkers kon gaan werk.” Die Gazette het vir Johan Montgomery, streeksverteenwoordiger van Agri-Weskaap, gevra watter impak die verhoging van die minimumloon op die streek se boere sal hê en of hulle dit kan bekostig. Hy het gesê die meeste landbouers in die Overberg-streek betaal reeds bo die minimum loon, veral as die totale koste van indiensneming en ander voordele in ag geneem word. Hy sê dit hang van die individu af, aangesien dit ’n ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer is. “Jaarlikse salarisverhogings word gewoonlik gegee gebaseer op ’n suksesvolle oes en die inflasiekoers. Die posvlak en verantwoordelikhede van die werknemer kom ook ter sprake.”

Die protesaksie verlede week in Villiersdorp het groot finansiële skade aangerig, sê Boytjie Fyfer, voorsitter van die Villiersdorp-sakekamer. Besighede moes sluit en vrugte kon nie verskeep word nie. Ontstoke plaaswerkers het van Dinsdag 12 November tot Vrydag 16 Desember geweier om te gaan werk en daarop aangedring dat hul daaglikse loon na R150 verhoog word. FOTO: CYRIL COETZEE Hy sê produsente in die streek is bekend daarvoor dat hulle die status en lewensomstandighede van hul werknemers wil verbeter. “Weer eens, die meeste van ons produsente betaal baie meer as die minimum of basiese loon – dit word net as vertrekpunt gebruik. ’n Arbeidsmakelaar vanuit ons streek met wie ek ’n gesprek gevoer het, betaal sy werkers meer as die basiese loon.” Hy wou nie spekuleer oor enige werksverliese nie en het gesê intimidasie onder plaaswerkers is nie so erg in die Overberg-streek nie. Samuel de Koker, visepresident van Bawsi (Black Association in the Agricultural Sector) en streeksekretaris van Roete R62, die roete wat strek vanaf die Klein Karoo tot Oudtshoorn, het gesê “hulle ondersteun die plaaswerkers 100% in hul stryd teen armoede,

want hulle verdien ’n armoede-loon”. Volgens De Koker was daar Woensdag 4 000 betogers in Villiersdorp. Lt. Cyril Coetzee het by navraag bevestig dat sowat 2 000 betogers Woensdag aan die protesaksie deelgeneem het. Nosey Pieterse, voorsitter van Bawsi, het sy ongelukkigheid uitgespreek oor veral die geweld in Wolseley. “Ek het probeer om die vrede te bewaar, maar nie veel hulp van die polisie gekry nie,” het Pieterse gesê. Volgens Pieterse was die boere nooit werklik deel van die onderhandelingsproses nie. “Hulle het sonder ’n mandaat na vergaderings gekom of gesê hulle kom net om te luister; hulle het nooit werklik probeer om ’n oplossing te vind nie.” Boytjie Fyfer, voorsitter van Villiersdorp se sakekamer, het gesê ’n mens het die reg om te

protesteer oor jou situasie, maar jy het nie die reg om ander mense se regte, eiendom en lewens in gevaar te stel nie. Ook nie om mense te dreig en om hulle te verhoed om te gaan werk as hulle nie aan die protesaksie wil deelneem nie. “My gevoel is dat ons nie voldoende beskerm word deur staatsinstansies nie. Ons plaaslike polisie het alles in hul vermoë gedoen, maar het nie die volwaardige ondersteuning van provinsie – wat hulle werklik nodig gehad het om alles onder beheer te hou – gekry nie.” Hy het met Premier Helen Zille se kantoor geskakel en gevra vir die weermag om in te gryp. Zille het dié versoek na president Jacob Zuma se kantoor verwys, en Fyfer het gesê hulle het kennisgewing ontvang dat aandag aan die saak gegee sal word.

THE CALEDON

CHEREE

ADAM

2012 c e Sat 15 D

RREN

KURT DA

DIE FEES VIR DIE HELE GESIN! KOM KUIER SAAM. KAARTJIES BESKIKBAAR BY

MONIQUE

WYNA

ND

OF BY DIE CALEDON HOTEL

VOLWASSENES R100 I KINDERS 13 – 17 R50 | KINDERS ONDER 13 GRATIS

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za


2

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

22 November ) Alkoholiste Anoniem vergadering om 19:00. NG Kerksaal Napier. Navrae Willie 082 332 8454. 23 November ) Greyton Primêre Skool Langarm Dans vanaf 20:00 in die skoolsaal, om hul 30ste bestaansjaar te vier met Five Stars Dance Band. Navrae Lillian Cloete 084 238 3344. 30 November – 2 Desember ) Tess-fees by Teslaarsdal 30 November ) Grabouw RVK hou bekeruitdeling om 19:00 by Grabouw Hoërskool-saal. Band: Brown Suga Entertainment. Kaartjies R60 p/p.

Tess­fees kom Daar heers groot opgewondenheid oor die Tess-fees wat van 30 November tot 2 Desember op Tesselaarsdal aangebied word. Die feeskomitee se voorsitter, Chris Hans en sy komitee werk hard om al die nodige reëlings te tref. Die Vrydagaand word etes verkoop vir Klub Tesselonika se boufonds, Saterdag is daar onder meer stalletjies, potjiekos, trekkerritte en ’n talentkompetisie, en Sondag ’n dankseggingsdiens. Vir nadere besonderhede bel Chris Hans by 082 649 7689.

Gaan kuier saam by vanjaar se Tess-fees vanaf 30 November tot 2 Desember in Tesselaarsdal.

GETAWAY: Alida Vivier won herself a super two-night getaway for two at the Caledon Casino, Hotel & Spa in the casino’s “Do You Feel Lucky” scratch card promotion. Her prize includes a Pure Romance treatment at the spa and selected outdoor activity on the resort. The competition ran in conjunction with the casino’s “Do You Feel Lucky” gaming promotion which culminated with the final draw at the end of September.

MEDICAL

SCHEME

Mediese fonds vanaf slegs

R750 per maand

*

* 1ste kind R320 p.m.; daarna R60 p.m. vir elke addisionele kind

0861 564 6669

www.genesismedical.co.za

Kontak: Marius Jacobs CFP® Caledon 028 214 1110/4 Sel: 083 553 2735 Hazel Hugo Villiersdorp 028 840 0288 Sel: 072 832 4282 Goedgekeurde finansiële diensteverskaffer FSB 9633

Tuesday 20 November 2012

) Caledon-biblioteek bied gedurende die Desember vakansie ’n opwindende program aan wat beloof om alle jong lesers wat lede is van die biblioteek kreatief besig te hou. Die program skop af op Maandag 10 Desember en eindig Vrydag 14 Desember met die jaarafsluiting wat ’n uitstappie na Caledon Veldblomme-tuin sal behels. Gedurende hierdie week, sal die jongspan hulle bedrywig hou met Kerskaartjies maak, Kersversierings vir ’n Kersboom ontwerp (Maandag 10 Desember), Kersboom versier (Dinsdag 11 Desember), skattejag (Woensdag 12 Desember) en gesigverf (Donderdag 13 Desember). Die afsluitings-uitstappie op Vrydag 14 Desember, sal die hoogtepunt wees wanneer almal in die Veldblomme-tuin sal bymekaarkom vir iets om te eet en te drink. Slegs biblioteeklede wat aktiewe lesers was die afgelope jaar kan die uitstappie en die vakansieprogram bywoon. Kinders sal ’n vrywaringsvorm ontvang wat deur hul ouers onderteken moet word om die uitstappie by te woon. Verrigtinge sal elke dag om 10:00 begin, behalwe Woensdag wat om 14:00 sal begin. ) Op 26 November bied Caledon-biblioteek ’n reuse uitverkoping aan van ou boeke en tyd-

skrifte. Boekwurms en belangstellendes word genooi om die biblioteek te ondersteun. ) Ten einde teleurstelling te voorkom gedurende die Desember-vakansie met die uitneem van boeke, versoek die Caledon-biblioteek dat alle lede wat nog nie nuwe aansoek vorms ingevul het vir die nuwe gerekenariseerde kaartjies nie, dit so gou moontlik doen. Nuwe kaartjies neem ’n volle werksdag om te prosesseer. ) Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Relay For Life sal volgende jaar op 23 en 24 Februarie in Caledon plaasvind. Skakel gerus vir Karin Brand by 079 306 1042 of Myrna Pretorius by 072 588 9052 vir verdere inligting. ) The only rainfall recorded in the catchment areas of any of the major dams during the last week (13 November) was 1 mm at Steenbras Dam. The gross system storage is 888 million m³ (99%). The total increase since 1 May is 447 million m³. ) Romanz kuier weer op 7 Februarie 2013 om 20:00 in Caledon. Die deure open reeds om 19:00. Die konsert beloof om ’n treffer te wees en sal by die NG Moedergemeente in Caledon gehou word. Kaartjies is reeds vanaf 25 Oktober beskikbaar teen R100 per sitplek en daar is 60 sitplekke beskikbaar vir kinders teen R50. Bel vir Stephanie Visser 082 921 4971 of Esni by die kerkkantoor 0 028 212 1202 vir navrae. Verversings sal verkoop word voor en tydens pouse.

Win tickets to festival The Caledon Casino Hotel & Spa is celebrating the harvest on 14 and 15 December with a two-day harvest festival and four lucky readers can win tickets to this event. Award-winning South African singersongwriter Kurt Darren is expected to draw a big crowd when he performs at the firstever Caledon Oes Fees. This will be the second time that this top Afrikaans entertainer has performed at the resort. Other entertainers to perform include Adam, Cheree, Monique and Wynand.

Four lucky readers stand the chance to win double tickets to the harvest festival. Simply answer this easy question: when will the Caledon harvest festival take place? SMS your answer to 33675 before 7 December. SMSes cost R1,50. Tickets are available from Computicket. Entrance is R100 for adults and R50 for children aged between 13 and 17. No cover charge for children under 13. For more information go to www.thecaledon.co.za or call 028 514 5100.

Millstreet se mark groei Novembermaand se Millstreet Market was weereens iets besonders. Al hoe meer mense stal hulle produkte uit en dit is verblydend om te sien hoe baie produkte of handgemaakte items deesdae in die Overberg-omgewing te koop is. Helga Schöfmann van Caledon het ’n groot tafel met ’n verskeidenheid produkte beman. Dié produkte het gewissel van heuningbos-tee van Genadendal tot pottebakkery-items van Caledon. Die markdag, wat deur die Caledon Casino Hotel & Spa aangebied word, neem toe in gewildheid. Persone wat belangstel om hulle produkte uit te stal, kan Carmen Kippie bel by 083 360 5496 vir nadere besonderhede.

Helga Schöfmann met die groot verskeidenheid produkte wat sy namens verskeie entrepreneurs bemark.


Tuesday 20 November 2012

News - Nuus

Dié groep protesteerders het Woensdagoggend omstreeks 10:00 van die ingang van Villiersdorp op beweeg in Buitenkantstraat.

Theewaterskloof Gazette

FOTO: ANNETTE THERON

Pamflet krap ANC­lede om ANNETTE THERON

Pamflette met die ANC logo, is verlede Donderdag in Villiersdorp versprei. Volgens dié pamflet word almal bedank wat aan die plaaswerker protes-aksie deelgeneem het en word hulle genooi om by twee raadslede, Peter de Wet en Johanna Nellie; Simon Mc Kenzie, die voorsitter van die Villiersdorp Civic-organisasie, en by Pieter Baster en Hilton Witbooi, albei van die Black AgriculturalWorkers Union of South Africa (BAWUSA), se huise te gaan aanklop vir betaling van R450. Raadslid Johanna Nellie, van wyk ses in Villiesdorp – wie se naam op die pamflet verskyn – sê dié pamflet het ontset- Ao. Sylvester de Longh van die Villiersdorp-polisie sê daar was Woensdagmiddag (14 November) nog geen terugvoer vir tend baie probleme veroor- die protesteerders nie en daar is deur die onluste-eenheid besluit dat die skare vreedsaam uiteen moes gaan. Hulle het saak. glo geweier en daar is toe van skok- en rookgranate gebruik gemaak om hulle uiteen te jaag. Hulle het in Buitenkantstraat “My ma bly by my en Donder- opgehardloop, waar hulle toe buitebande en boomstompe in die pad gesit en aan die brand gesteek het. Die polisie dagoggend was ek nog in die is met klippe gegooi. Teen 16:40 het die skare steeds in Buitenkantstraat vergader en die polisie met klippe bestook. bad toe iemand bel en vra of ek Die onluste-eenheid het deurlopend die situasie gemonitor. FOTO: VERSKAF bewus is van die pamflette wat liersdorp Civic Association, wie se naam ook die dorp vol lê.” op die pamflet verskyn, het gesê hy dink dis Sy het haar voorsitter, Pieter de Wet, ge’n onverantwoordelike persoon wat die pambel, wat gesê het sy moet haar nie daaroor flet versprei het. “Boonop is dit karakterbekommer nie. Hy het voorgestel dat hulle skending. Die doel daarvan was natuurlik ’n klag van naamskending by die polisie om die leiers en die gemeenskap teen mekaar gaan lê. op te steek.” Hy het nie ’n groot toestroming Die twee raadslede en al die persone wie van mense by sy huis gehad nie. “Daar het se name op die pamflet verskyn, het toe ’n slegs drie mense by my kom aanklop. Die klag gaan lê. Op dié stadium weet hulle nie pamflet kom nie uit ons gemeenskap nie, wie vir die verspreiding van die pamflette want ons het nie die toerusting om so ’n pamverantwoordelik is nie. flet te druk nie.” Raadslid Nellie het gesê sowat 40 mense Volgens Mc Kenzie stel die pamflet sy lewe het aan haar deur kom klop en vir geld gevra. in gevaar. “As mense gewelddadig sou word Sy sê die oorgrote meerderheid mense in die omdat hulle geld soek, hoe sal ek my vrou gemeenskap het egter besef dis ’n foefie, en dogtertjie teen hulle kan beskerm?” Hy maar sommige wou opsluit die geld hê. “Ek het verneem daar sou gisteraand (19 Novemhet mooi verduidelik dat die ANC nie so te ber) vergader word om die aangeleentheid werk gaan nie, en dat ’n klag by die polisie te bespreek. Hy het gesê hy wil al die leiers gelê is. Die saak is nou in die polisie se hande bedank vir die rol wat hulle gespeel het om en ons wag vir hulle uitspraak, maar die Hierdie pamflet is verlede Donderdag in Villiersdorp gemoedere te kalmeer nadat dié pamflet uitANC sal ook ondersoek instel,” het sy gesê. se woonbuurte versprei en het die gemeenskap se gedeel is. Simon McKenzie, voorsitter van die Vilgemoedere laat hoog loop.

3

Hierdie groep plaaswerkers het Vrydagoggend vanaf Eerstehoop na Chilterns-plaas beweeg, waar hulle hulle griewe met die eienaar en bestuurder van die plaas bespreek het. Volgens a.o. Sylvester de Long van die Villiersdorppolisie het die plaaseienaar die werkers meegedeel dat hulle wag vir uitspraak op regeringsvlak. FOTO: CYRIL COETZEE


4

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 20 November 2012

Villiersdorp se oproer gaan almal op die lang duur benadeel

Praat oor lone Gemoedere het verlede week weer eens hoog geloop in Theewaterskloof toe plaaswerkers hoër lone geëis het. Vakbondleiers is van mening dat boere nie hul werkers tegemoet kom nie. Die werkers sê hulle sukkel om kos op die tafel te sit. Volgens ’n verteenwoordiger van Agri WesKaap is boere in ons streek egter bekend daarvoor dat hulle die lewensomstandighede van hul werknemers wil verbeter. Verskeie rolspelers het reeds oor die naweek begin hande vat en voortbou op samesprekings. Ten einde die huidige plofbare situasie te ontlont, moet ’n objektiewe taakspan aangestel word wat met alle rolspelers sal kommunikeer sodat griewe aan albei kante gelug en uitgeklaar kan word. Ons by die Gazette hoop dat die onderskeie groepe daadwerklike pogings sal aanwend om die werkers se griewe aan te spreek en saam oplossings daarvoor sal vind.

In die onwettige oproer op Woensdag 14 November – aangevuur deur mense en organisasies van buite die dorp – het stakers die paaie na Grabouw en Worcester geblokkeer en kon geen verkeer deurgaan nie. Die stakers het in drie groepe verdeel en met pangas en kieries deur die hoofstraat gemarsjeer met ’n dreigende houding en mense verhoed om te gaan werk en geïntimideer om saam te betoog. In daardie stadium het ons slegs 30 polisielede gehad. Ons as sakekamer het met die kantoor van Helen Zille en die minister van veiligheid Dan Plato geskakel en dit duidelik gestel dat ons hulle verantwoordelik gaan hou vir enige skade aan eiendom of beserings of dood van mense, waarop hulle gereageer het en nog polisiebeamptes ingestuur het. Uit inligting van die naburige dorpe het dit duidelik geword dat die regering nie meer in staat is om die onluste te beheer nie en die traagheid van optrede het menselewens en eiendomme in gevaar gestel. Die situasie is onaanvaarbaar. Die betoging het gegaan oor ’n eis vir ’n loonverhoging vir plaaswerkers van ’n minimum loon wat deur die regering vasgestel is op R70 na R200 per dag. Die minimum loon is deur inklusiewe ko-

mitees van kundiges in samewerking met die departement van arbeid ná 12 maande se navorsing, en in samewerking met die belanghebbende partye vanjaar, vasgestel. Die vrugteboere sal graag wil help, maar weens die konstante styging in hul insetkoste en in ag geneem dat lone reeds gemiddeld 31% van die totale koste is – wat volgens navorsing toon en dat daar reeds 10% meer as die minimum loon aan seisoenarbeiders op intreevlak betaal word – is dit nie moontlik om drastiese verhogings te gee nie. Die verhoging van koste sluit onder meer in, verskepingskoste wat 25% gestyg het, elektrisiteitstariewe wat met 16% per jaar styg, styging in pakmateriaal en brandstof. Die hervestiging van boorde beloop in dié stadium R200 000 waarvoor jaarliks voorsiening gemaak moet word. Die netto inkomste vir kern- en steenvrugte is tans tussen 5% tot 7% met die uitsondering van langtermyn kapitaaldelging en hervestiging van boorde wat nie gereken is nie. Die finansiële skade van die afgelope week in die dorp beloop ’n paar miljoen rand as gevolg van lone wat nie verdien is nie wat die besighede in die dorp geaffekteer het; pakhuise wat gestaan het waarvoor die oor-

BOYTJIE FYFER, Villiersdorp sakekamer

‘Ons kan nie protesaksie steun’

SOEK HAAR FAMILIE: Dié jong skaaphond is sedert Guy Fawkes-aand op soek na haar familie. Sy is naby Boland Kollege in Bergsig gevind. Sy is baie liefdevol en Caledon Dieresorg kyk op die oomblik na haar tot haar mense haar eien of ’n nuwe eienaar haar wil aanneem. Bel vir Vanya Schöfmann (in foto) by 078 109 8372 vir besonderhede. FOTO: ANNETTE THERON

Ek wil dit graag duidelik stel dat die Grabouw-gemeenskapsorganisasie saamstem met die redes vir die ontevredenheid wat heers onder plaaswerkers. In dié stadium sien die organisasie nie sy weg oop om plaaswerkers in enige protes optredes te lei nie of aan te moedig om deel te neem aan protes optredes nie. Die situasie is van so ’n aard dat die plaaswerkers die grootste verloorders gaan wees asook die breër Grabouw-gemeenskap indien protesaksie nou aangevuur word. Grabouw se mense is afhanklik van die appelbedryf se inkomste en dis ’n kritiese tydperk wat die bedryf nou betree, want die uitdunprosesse vind nou plaas. Grabouw is die grootste uitvoerder van appels wat beteken die grootste inkomste word deur appels gegenereer. Enige aksie wat die uitdunproses negatief beïnvloed sal beteken dat daar nie ’n uitvoerproduk is nie. Dit sal lei tot grootskaalse

werkloosheid vir mense wat appels pluk vanaf Februarie. Hulle sal werkloos wees, asook diegene wat die appels verpak. Hier verwys ek na fabriekwerkers van Kromco en Elfco. ’n Protes aksie moet nie lei tot totale werkloosheid van ’n hele gemeenskap nie. Sou ons nou aan dié protesaksie deelneem – sal dit daartoe lei dat die jaar 2013 ’n swart jaar vir Grabouw sal wees, want die oorgrote meerderheid werkers sal vir nege maande sonder werk wees. As ’n organisasie sal ons ons nooit daarmee kan vereenselwig nie en beskou dit as onverantwoordelik dat enige iemand kan verwag dat plaaswerkers in die Grabouw omgewing deelneem aan protesaksies. Protesaksies moet plaasvind waar daar maksimum druk op die bestuur uitgeoefen word in die kortste tydperk moontlik sodat werkers nie benadeel kan word nie. JOHN MICHAELS Voorsitter van Grabouw-gemeenskapsorganisasie

Blydskap – jou skild

Column

‘Harmonious self­contained little universe…’

Spring is arriving in fits and starts – climate change seems to be a micro as well as a macro phenomenon. Plants and animals are obviously puzzled and their seasonal activities seem correspondingly hesitant. The prinia cocks that attacked their images in my window panes have now turned to the car’s mirrors, as if to seek the assurance of a clearer image of their supposed rivals. Two swallows (technically swifts) suddenly swooped in through my open front door and flew in breathtakingly aerobatic circles upstairs and down. I suppose their normal sense of what constitutes a proper spot for a nest is also out of kilter. Still, they showed impeccable taste by settling on the gabled and urned top of a mock-Georgian corner display cabinet. I was already contemplating a marriage of mahogany and mud when madame suddenly had second thoughts and whizzed out through a loft window, hubby in tow. The fishpond in the garden has a brick surround and the water level is about seven centimetres below the rim. A skink (fancy name for those svelte and lissom lizards) needed a drink and tried all sorts of acrobatics to get there. He (she?) reached down in

hoofse koste aangegaan is; vrugte wat nie verskeep kon word nie het gelei tot die kansellering van bestellings en dit ondermyn pogings om uitvoermarkte te ontwikkel en word SA as ’n onbetroubare verskaffer gesien. Dié situasie gaan lei tot meer meganisasie in die landboubedryf en robotisering van verpakking van vrugte om die afhanklikheid van arbeid en koste te verklein. Ook kan die arbeidsonrus lei tot boerderye wat minder arbeidsintensief is soos die vervanging van boorde met ’n ander boerdery soos bees en skaap wat kan lei tot die sluiting van pakhuise wat op die einde van die dag ’n geweldige negatiewe impak op ons besighede in die dorp kan hê. Ons as sakekamer sien die huidige situasie as ’n groot bedreiging vir ons besighede in die dorp en omgewing en kan nie anders as om te kyk na metodes om ons besighede en gemeenskap te beskerm nie. Ons het reeds ver gevorder met ’n TV- stelsel om die hele dorp te monitor en is straat komitees in plek gestel. Deur die beveiliging en uitbouing van besighede verseker ons werksgeleenthede en voedsel op die tafel en ‘n gelukkige gemeenskap.

all sorts of ways, finally hanging on only by the tail. I should have warned it, but too late: skink slipped into the drink and came up swimming like Le Clos. Further investigation revealed nothing but smooth walls, so skink nervously clutched a piece of water weed and said its prayers. At which point the resident deus ex machina perched a piece of board on the edge with its end in the water. Skink did not pause to think or thank me – just zipped up the gangplank and disappeared. Mating season places heavy demands on body and soul and one of those brawling, promiscuous, serially adulterous chicken murdering yellow finches landed in a clump of flowering pelargoniums and started chewing on something. Turned out he was eating green seed pods – funny, I never thought of a pelargonium in any way edible. There are some really cute little shrimps living in the almost paper-thin shallows of my backyard streamlet. They look exactly like those amphipods one finds on the beach, except for having to swim on their sides. As I kid a spent hours watching pond life under a little microscope and it opened a

new world of many little chaps spinning, crawling or oozing about happily in the course of their daily business. Later, when I started acting strangely, my mother sent me off for analysis to one of those unhappy creatures who study psychology in clearly unsuccessful attempts to understand themselves. Still, this one was ingenious enough to subject me to a Rohrschach test (doesn’t it sound mediaeval now?) and when my every answer had some watery angle to it, the analyst explained: “Clear signs of domestic disorder in your home; the watery world you see offers you a comforting microscopic image of a harmonious self-contained little universe.” Amen. fouriejh@mweb.co.za

Is dit nog moontlik om blydskap in jou hart te hê in hierdie lewe van gejaagdheid, hartseer en chaos? Neh. 8:11 sê: “Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting.” Blydskap is waarlik ’n beskutting vir jou gees, siel en liggaam. Selfs die medici bewys dit – daarom moedig mediese fondse selfs mense aan om meer te lag. Paulus moedig ons aan in Fil.4:4 “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” Blydskap in die Here is ook geestelike oorlogvoering en dit bring oorwinning. Dit is aansteeklik en jou blydskap kan ander se teneergedruktheid positief verander. Die Woord leer ons dat blydskap ’n swaarmoedige gees weer optel en vreugde bring – dit genees innerlik. Die gees is gewillig, maar die vlees is lui, daarom moet ons doelbewus die vlees kruisig en onsself dwing om die Here te prys.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon Christen-sentrum

Thank you, Caledon On Sunday 11 November we ran into trouble. We would like to thank the people who stopped to assist us at the Villiersdorp turn off on the N2 when our child had a seizure. A heartfelt thank you to the friendly staff and especially to Dr Schoonbee at Caledon Hospital.

HAMMY & LISA GOODE, Cape Town


Tuesday 20 November 2012

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

Liefde vir musiek raak baie ANNETTE THERON Sy borrel en sprankel en haar positiewe energie is aansteeklik. Stefné van Dyk praat met haar hande en haar oë glinster passievol as sy van musiek en haar studente praat. Stefné en haar sielsgenoot, Hans, trek op 19 November Bettiesbaai toe, nadat Stefné vir 17 jaar bygedra het tot die opheffing van musiek in Caledon. “Musiek bemagtig mense en is ’n taal wat mense oor alle grense heen aanspreek en bymekaar uitbring”, sê Stefné. As kind het sy, as die oudste van agt kinders, arm grootgeword en het musiek vir haar ontvlugting en gesonde vrye tydsbesteding gebied. Daarbenewens het dit ook haar selfbeeld en identiteit positief ontwikkel en was dit ’n anker in haar tienerjare. Daarom glo sy in die waarde van musiek vir almal. Stefné se kwalifikasies sluit onder meer ’n MMus (cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch (US) in. Haar onderwyservaring strek wyd. Sy gee sedert 1977 musiek-onderrig in klavier, blokfluit, kitaar, koperblasers, musiekteorie, klasmusiek, koor en ensemblespel en marimbas. En was by verskeie skole in die Wes-Kaap soos Hoërskool Zwartberg (Prins Albert), Laerskool Mikro (Kuilsrivier), Laerskool AF Louw, Idasvallei Primêre Skool en Paul Roos Gimnasium (Stellenbosch), Laerskool Montagu en Laerskool Uitkyk (Greyton) betrokke. Laastens was sy as privaat-musiekonderwyser vir 12 jaar verbonde aan Laerskool Overberg. As musiekdosent en deeltydse lektor was sy betrokke by Stellenbosch Kollege vir Educare-studente en ook

by die US. Dit is juis hier waar prof. Maja van Dyk, in ensembles saamgeHans Roosenschoon haar genader het speel, eers as Marimba Magic en later om saam met Tarnia van Zitters die as Viva! Vanjaar is beide Addin en Axuniversiteit se nuwe musiek-oorbrug- olile eerstejaar musiekstudente op gingsprogram (nou bekend as musiek- US. Hulle vaar uitstekend en was in sertifikaatprogram) te ontwikkel wat die Junie-vakansie, as lede van die universiteitskoor na Amerika. Astrid in 1999 geïmplimenteer is. Vanaf 2002 het sy hierdie program is vanjaar in matriek. Nog ’n hoogtepunt was die maak begin en bestuur by die US se Caledonkampus. Volgens Stefné besef mense van die Ovieklanke CD – ’n gesamentlinie die impak-reikende implikasies ke poging deur Laer- en Hoërskool Overberg. toe Laerskool OverStefné sê dat sy beberg, die skool se favoorreg was om tot siliteite vir die doel 2010 saam met twee beskikbaar stel nie. kollegas, Fia GeldenHierdeur het die huys (klavier) en skool ’n beskeie, Tracey Burger maar waardevolle (fluit); haar dogter, diens, tot die geMaja (viool en altvimeenskap gelewer. ool) asook ’n oudleerEen van Stefné se ling, Chantel Abrahoogtepunte was die hams (perkussie) lid ATKV-handevatprote wees van Festa. Dié jek wat Laerskool bekende Caledonse Overberg en Swartensemble het op baie berg Primêre Skool funksies, troues, en in 2006 saam aangehuiskonserte opgepak het. Dit was ’n tree en mense was musiek-ontwikkedikwels aangenaam lingsprogram wat ’n verras dat ’n plek koor, blokfluit- en kitaaronderrig inge- Stefné van Dyk FOTO: ANNETTE THERON soos Caledon oor so baie talent beskik. sluit het. Die vaarStefné beplan om moontlik later by dighede wat so verwerf is, is in verskeie groot konserte beoefen by musiekontwikkeling in hul nuwe geBirkenhead-kelder en die Kunste- meenskap betrokke te raak en wil ook kaap. Benewens die prestasie om in ander projekte oorweeg, soos die pudié nasionale kompetisie ’n tweede blikasie van verwerkings en onderplek te kon behaal , is talentvolle en rig-metodiek. Sy wil ook musiek-werkswinkels belangstellende leerlinge ontdek. In 2007 het van hierdie leerlinge (Ax- aanbied. Maar hopelik gaan Stefné nou sorg olile Hoza, Addin Booysen en Astrid Pekeur) met die US-musiek-sertifi- dat Hans, wie sy beskryf as die mees kaatprogram begin. Hulle het deur vredeliewende, positiewe, gelykmatiharde werk wonderlike prestasies be- ge lewensmaat, met ’n hart van goud, haal. Dié leerlinge het ook, saam met haar meer te siene kry.

Beloning vir inligting Caledon Dieresorg loof ’n beloning van R1 000 uit aan enige persoon wat inligting kan verskaf oor enige hondegevegte wat lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van ’n persoon wat hulle skuldig maak aan hierdie oortreding. Alet du Plessis, ondervoorsitter van Dieresorg, sê inligting kan deurgegee word aan hulle by 078 109 8372 en sal as streng vertroulik hanteer word. Volgens artikel 2A van die Wet op Dierebeskerming, 71 van 1962, kan enige persoon wat hom of haar skuldig maak aan die volgende misdrywe, ’n boete of gevangenisstraf van minstens twee jaar opgelê word: Enige dier uitlok of aanhits om ’n ander dier aan te val; vir finansiële gewin of as ’n vorm van vermaak hondegevegte reël; toelaat dat enige sulke gevegte op sy perseel plaasvind of help om enige gevegte op ’n perseel te reël of enige vergoeding ontvang vir die toelating van enige persoon tot so ’n perseel; en teenwoordigheid as ’n toeskouer by enige perseel

waar gevegte plaasvind of waar voorbereiding getref word vir so ’n gebeurtenis. “Dié gevegte is baie wreed en weddenskappe word geplaas op ’n spesifieke hond.” Du Plessis sê die honde word van kleins af aggressief grootgemaak en dikwels word kleiner diere gebruik as “lokaas” om hulle te leer baklei en dood te maak. Volgens Du Plessis word kleiner honde dan dikwels gesteel vir hierdie doel. Die honde veg gewoonlik tot die dood of word erg vermink en beseer agtergelaat. Beseerde diere se wonde word dikwels septies aangesien hul geen behandeling ontvang nie. Dit veroorsaak baie pyn en lyding vir die dier. Die grootste gedeelte van dié honde se ore word ook dikwels afgesny sodat die opponent hulle nie in ’n geveg aan die ore kan beetkry nie. “Help ons asseblief om hierdie wrede gevegte uit te roei. Ons kan dit nie doen sonder die publiek se hulp doen nie,” vra Du Plessis.

Tel: 023 347 3987/ 023 342 6581 Ons hou ‘n

groot verskeidenheid produkte

Dulux Weatherguard 20L (colours)

in voorraad aan wat aansluit by u

individuele styl en unieke omgewing

R680 Crown Arctic White 20L

R240

Cash only

While stock last

Liaan en Chrislene Visser het op 29 September in Gansbaai aan mekaar ewige trou gesweer. Die paartjie is in Caledon gevestig.

5


6

Classifieds

Theewaterskloof Gazette

17

11

FAMILIEKENNISGEWINGS

In Memoriam

Begrafnisdienste Funeral Services

DOVES. Begrafnis-dienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028384 3344.

07 Gelukwensing Congratulations

18 Sterfgevalle (laat) Death Notices (late)

25/11/2012. Baie geluk Carla (5) en Peetma N.Smith met julle verjaarsdae. Carla voorspoed met Graad R 'n nuwe lewensreis. Liefde Darra, Mamma & Colan.

PADSTAL/RESTAURANT, DASSIES-FONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

33

Skoonheid en Gesondheid Beauty and Health VALERIE'S HEALTH & BEAUTY SALON. November & December Special Full pedicure only R150. Book now. Call 083 354 9640.

MAXWEL DUMINY 03/02/32-10/11/12. Passed away peacefully after a long illness. He will be lovingly remembered and greatly missed by children, grandchildren & great grandchildren.

TE KOOP FOR SALE 71

Algemeen Miscellaneous LILY LAKAY 04/07/40-15/11/12 Mamma, Ouma & Oumagrootjie skielik heengegaan. Ons gaan mamma verskriklik baie mis, want wat is 'n huis sonder 'n moeder. God het haar geroep. Margaret, Jackie, Lester, Le-Estin, Ruben, agterkleinkinders & familie. Begrafnis: Saterdag 24 November 2012 te huis in Reierlaan 45 om 11:00 en 12:00 uit die V.G. Kerk.

BERGFIETS te koop. Giant Anthem 26er X-Large. Tubeless bande. R850. Skakel 073 198 1596 vir meer inligting.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 101

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES FOREVER MEMORIES. Kontak Sharon Burger vir alle foto-albums en scrapbooking toebehore. Tel. 028-212 2631/083 293 5301.

Attorney’s Services FINCK PROKUREURS CALEDON. Skakel gerus Ronnie Finck by 073 495 0998 of 028-212 1030 om 'n konsultasie te reël. Ons beskerm u belange.

108

Geld/lenings Money/Loans 12 10 CASH LOANS Lenings tot R200 000. Swartlys welkom. Goedkeuring in 5 min. Skakel 021-696 0676.

Tuesday 20 November 2012

113

171

te Huur/to Hire KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

EIENDOMME PROPERTIES STORAGE. Secure and dry units from R299 pm. Best prices. Transport available. Call De Wet 082 439 9704.

1141

Algemene Dienste General Services

AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespes-ialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028-212 1775 / 082 969 0975. DIENS VAN NAAIMASJIENE by Caledon Stoffeerders, Laingstraat 14 op Vrydag 09 November 2012. Navrae 028-212 2088/083 306 6280. VRAGMOTOR & BESTUURDER beskikbaar vir enige tipe vervoer. Buitedeure vanaf R350 en sinkplate vanaf R25/m beskikbaar. Skakel 028-212 1571 of 083 534 0130.

Woonstelle te Huur Flats to Let CALEDON ROOM TO LET. Share kitchen, lounge and bathroom. R1100. Call 082 416 6680. FLATMATE needed to share flat in Millstreet. Available from 1 December 2012. Call 082 226 2968. TEN VOLLE gemeubileerde kamer te huur met alle geriewe. Beskikbaar onmiddellik. Gousblomstraat, Caledon. Skakel 083 373 8559.


Tuesday 20 November 2012

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

The Department of Cultural Affairs and Sport visited Boontjieskraal Primary to promote indigenous games. From left are Destinee Adriaans (teacher), Craig Cornelson (sport promotional officer for the department), Ria Molfert (teacher) and Kobus Mike (school enrichment coordinator from the department.) PHOTO: ANNETTE THERON

Geleentheid as

Finansiële Adviseurs Villiersdorp / Grabouw / Caledon / Bredarsdorp Uitstekende geleenthede as Finansiële Adviseurs bestaan by Sanlam om die publiek oor breë spektrum van finansiële dienste te adviseer en in die proses ‘n praktyk as sake-onderneming op te bou. Van die suksesvolle kandidaat sal verwag word om ondermeer die volgende aktiwiteite uit te voer: ■ ■ ■

Skepping en verryking van kliënte databasisse (prospektering). Nadering van en onderhoudsvoering met potensïele kliënte. Skep en aanbied van ontledingsgebaseerde finansiële oplossings

In ruil hiervoor word die volgende aangebied: ■

■ ■ ■

Die geleentheid om u eie finansiële dienste besigheid te ontwikkel en te vestig. Relevante en professionele opleiding. Kompeterende produkte. ‘n Vergoedingspakket wat onderhandelbaar is in terme van samestelling Hulp ten opsigte van vestiging.

Indien u: ■ ■

SPORTMANSKAP: Vyf leerlinge van Laerskool Bredasdorp het toekennings vir sportmanskap by Laerskool Bredasdorp se Overberg Agri Prestige-toekenningsaand ontvang. Baie geluk aan (van links) Eohan Lakey, Marizaan Smal, Natalie Blom, Bruwer Badenhorst en Leon Schreiber.

FOTO: VERSKAF

VEELSYDIG: Nina Theron is by die Laerskool Overberg se prysuitdelingsfunksie as die veelsydigste graad 7-leerling aangewys.

Op Vrydag 2 November het Rûens Kollege se Grondslagfase tennisspelers, met ’n spannetjie bestaande uit vier seuns en vier meisies aan ’n mini-tennistoernooi in Hermanus gaan deelneem. Agter is Janse Uys, Philip Swart, Philip Kleynhans en Jan-C Barry. Voor is Menzeen Slingers, Anja Lourens, Zara van der Westhuizen en Lynell Pratt wat afwesig was toe die foto geneem is.

Swartberg Primêr het Vrydag 2 November naaimasjiene aan die agente van The Grail geskenk. Heel links is Eugene Sonn, skoolhoof van Swartberg Primêr, agter is Jacques Brinkhuys, voorsitter van die skool se beheerliggaam en heel regs is Terence Fortuin, ’n onderwyser by Swartberg. FOTO: ANNETTE THERON

■ ■

Matriek met 3 tot 5 jaar werksondervinding Geldige bestuur lisensie en eie betroubaarde vervoer het Prestasie gedrewe en rekenaarvaardig is; en Oor goeie kommunikasie-, beplanning en organiseringsvaardighede beskik, sal ons graag van jou wil hoor.

Indien jy belangstel in hierdie opwindende geleentheid, stuur asseblief jou CV aan Corné Stander by (021) 947-5248. Tel: 023 346 6360 of e-pos dit aan: Cornelia.Stander@sanlam.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 November 2012. Indien u nie binne drie weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Ons dink vooruit. En u? Meld asseblief ras, geslag en ongeskiktheidstatus vir diensbillikheidsdoeleindes. Bevorder voortreflikheid en toegewyd tot Diensbillikheid


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 2 • Dinsdag 20 November 2012 | Tel. 028 214 1294

Western Cape archers excel

KRIEKETTOERNOOI: Laerskool Overberg het op Saterdag 10 November die Overberg Agri Premierliga-kriekettoernooi aangebied. Ses spanne het teen mekaar om ’n trofee meegeding. Volgens die organiseerder, Vlam Matthee, het die dag vlot verloop. Matthee het ook die internasionale krieketskeidsregter, Marais Erasmus, in die finale wedstryd as skeidsregter gebruik. Die dag is deur Overberg Agri geborg. Laerskool Volschenk van Riversdal het die Overberg Agri Sesse-kriekettoernooi gewen. FOTO: VERSKAF

Jane Dohloff from Greyton won gold at the 2012 World Field Archery Championships (WFAC 2012), presented in Miramar, Argentina from 27 October to 3 November. A total of ten archers from the Western Cape, of which five were members of the Protea team, represented South Africa. Countries from across the world attended this tournament, but South Africa once again proved to be a leader in this specific archery discipline. South Africa earned 29 medals (12 gold, 12 silver and five bronze) as well as three world records. The Western Cape – one of the smallest archery provinces – contributed greatly to the medal tally.

The triumphant Western Cape Archers are (back from left) Stefan van der Linde Jnr, Fernando Rueda Snr, Mike Dohlhoff, Jackie Hurn, Craig Hurn and Jane Dohlhoff; (front) Thys van Niekerk, Amalia van Niekerk, Günther Kramer en Fernando Rueda Jnr.

CALEDON CASINO SUMMER GAMES :The Caledon Casino, Hotel & Spa recently hosted the Caledon Casino Managers Summer Games with great success. Fourteen teams (four balls) participated in the golf competition, which took place over the weekend of 19 and 20 October. The tournament was held at the Caledon Golf Course and culminated in a prize-giving dinner in the Swartberg conference venue at The Caledon Hotel. Enjoying the camaraderie are the winners of the event: (from left) Johan Koekemoer, Mauritz van Rooyen, Dirkie Groenewald and Floris de Kock.

01 OCT - 01 DEC 2012

Fridays @ 8PM

WEEKLY DRAWS

R6000

In Casino XtraCredit to be won

Exclusive to Club Card Members

JOIN CLUB FESTIVAL

NOW

Competition rules available on www.thecaledon.co.za or at the Casino Club Desk. Terms and Conditions Apply

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE.


Theewaterskloof Gazette 20 Nov 2012