Issuu on Google+

Theewaterskloof |Bredasdorp | Napier

Year 3 • Tuesday 19 February 2013 | Tel. 028 214 1294

Vroue verenig in verset Die vroue-personeel van Spar in Caledon het almal Vrydag swart gedra ter ondersteuning van die landwye beroep op Suid-Afrikaners om swart te dra vir bewusmaking van verkragting. Die oorgrote meerderheid van dié vroue was dit eens dat die doodstraf weer ingestel moet word. “Swart Vrydag”, soos dit wyd genoem is, is ’n uitvloeisel van die afgryse waarmee Suid-Afrikaners Anene Booysen se wrede verkragting en moord ontvang het. Daarna is Audrey Green op 10 Februarie in Kraaifontein vermoor en Jo-Ann van Schalkwyk van Atlantis se kop op 12 Februarie vergruis met ’n klip. FOTO: ANNETTE THERON

Vandale skend begraafplase

ANNETTE THERON

Geliefdes wat opgegrawe word om veras en na ’n “beter rusplek” verskuif te word, is die besluit waartoe desperate inwoners van Caledon gedryf word weens die grafskending en vandalisme by die Uitsig-begraafplaas. Volgens Esné Coetzee van die NG Moedergemeente het minstens vier inwoners hul geliefdes, wat jare reeds daar begrawe lê, laat uithaal en veras om hulle dan na die gedenkmuur by die NG Moedergemeente te verskuif. Maretha Swart, ’n inwoner, sê die toestand van die begraafplaas is haglik. Vir haar is dit ’n hartseersaak dat selfs die herinneringsmuur by die ingang gevandaliseer is. Familielede van haar het as daaruit verwyder om ook in die muur by die NG Moedergemeente te plaas. Swart sê kinders gebruik die begraafplaas as ’n speelpark met hul honde, en selfs grafte met marmerblaaie is beskadig. “My pa se grafsteen is omgegooi,” sê sy hartseer. “En die grafsteen

is so swaar, dit moes met geweld omgegooi word. “Asekkyknaanderbegraafplase,soosBredasdorp s’n – daar is mense wat aangestel word om permanent na die area om te sien. Dit is geen plesier om na hierdie begraafplaas te gaan en te sien hoe verwaarloos dit is nie.” Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die ou grafte in die Caledon-begraafplaas oorkant die toetsstasie. “Al word dit nie meer so baie besoek nie, kan dit nie net ten minste skoon gehou word nie? Mens kan nie die grafte sien nie, want dis so toegegroei met onkruid.” Sy sê sy kan nie waag om ’n blompot op haar pa se graf neer te sit nie, want dit word gesteel. “Die herinneringsmuur is nou ’n wit olifant. Ek sê nie moenie weer as daarin plaas nie, maar probeer ten minste die struktuur verfraai.” Elbie Swart van Caledon sê sy is bitter ongelukkig oor die toestand van die begraafplaas in Uitsig. “Mense betaal ontsettend baie geld vir grafstene en dan word dit deur vandale geskend. ’n Begraafplaas is ’n rusplek, dis nie ’n kuierplek nie. Hoekom kan die dooies nie met rus gelaat

word nie? Die herinneringsmuur moet afgebreek word, want mense sit daar met papsakke.” Sy sê dit is nie meer veilig om na die begraafplaas te gaan nie. Nog ’n inwoner van Caledon, wat onlangs haar pa aan die dood moes afstaan, sê sy wens was om begrawe te word. “Maar ons kon hom nie in die Gebreekte grafstene in Uitsig-begraafplaas ter ruste lê nie, want dit is nie vir my ma veilig om sy graf te besoek nie.” Hy is noodgedwonge veras. LambertdeWet,voorsittervandieNGMoedergemeente se eiendomskomitee, het by navraag gesê die laat-oes is verantwoordelik vir die huidige toestand van die Caledon-begraafplaas. “Die begraafplaas was skoon, maar die onkruid het met die groot reën opgekom en daar is iemand aangestel om dit te doen, maar as gevolg van oes-

verpligtinge kon dit nog nie gedoen word nie. Die onkruid is egter verwyder en die mure is ook afgewit.” De Wet sê vandalisme by die Caledon-begraafplaas is ’n probleem. “Ons sit gebreekte stene op hul plek neer en herstel waar moontlik, maar dit is die verantwoordelikheid van die grafeienaar om na die graf om te sien.” Uitsig-begraafplaas. Stiffie Cronjé, mediawoordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, het by navraag gesê die wetstoepassers doen gereeld inspeksie in die begraafplaas. “Dit wil voorkom asof die grootste probleem na ure, veral snags en oor naweke, voorkom.” Hy versoek inwoners om enige onwettige bedrywighede by begraafplase aan die dorpskantoor te rapporteer. Bel die munisipaliteit by 028 214 3300 indien u voorvalle by die begraafplaas wil aanmeld.


2

Theewaterskloof Gazette

) Die Caledon-biblioteek sal op 26 Februarie tussen 13:00 en 14:00 gesluit wees. Op 5 Maart sal die biblioteek vanaf 13:00 gesluit wees. ) The Glen Elgin Community Organisation is commemorating national Child Protection Awareness month from 1 until 31 March 2013. They invite all businesses, companies and organisations to participate by raising funds through shaking a tin at their workplace. It is a 500 gram tin that you and your colleagues can fill with any amount of money. These funds will be used to start an income-generating project on arts, craft, knitting and needlework. There are various processes and activities involved to protect a child, such as a home, clothes, toiletries, bedding, school clothes, stationery, food, transportation, counselling services, medical care, children’s court intervention and consultation with parents and safety parents. In order for GECO to sustain these services on the Grabouw farms, the organisation needs everyone’s support. You can help through this shake-a-tin initiative. For any queries,phone Samantha Cupido on 021 859 1519. ) André McKenzie vra of alle o.20-rugbyspelers in die Overgberg hom sal kontak. Daar word op 9 Maart ’n rugbysportdag aangebied by Caledon-sportgronde. Die Universiteit van Wes-Kaapland sal die besoekende span wees wat drie senior spanne en drie 0.20- spanne saambring. Die doel van hierdie besoek is om jong talentvolle rugbyspelers te identifiseer. Die dag beloof om aksiebelaaide rugby op te dis. Bel gerus vir André by 078 365 4220 vir verdere besonderhede.

General - Algemeen

Die inkopiesentrum in Caledon wat in Mei open het ’n naam nodig.

Tuesday 19 February 2013

FOTO: ANNETTE THERON

Caledon-mall soek ’n naam Werk aan die inkopiesentrum in Caledon vorder fluks en die sentrum gaan einde Mei open. Die tyd raak dus min vir alle leerlinge in Theewaterskloof, Napier en Bredasdorp om deel te neem aan die Gazette en Harry Viljoen Eiendomme se Gee die Inkopiesentrum ’n naam kompetisie. Een gelukkige leerling en hul skool kan wegstap met ’n kontantprys van R10 000 as hul naam gekies word. Die leerling wat as wenner aangewys word, sal met R5 000 in kontant wegloop en die skool waar die leerling onderrig word, sal ’n verdere R5 000 ontvang. Dink aan ’n gepaste naam vir die inkopiesentrum met Pick n Pay as ankerhuur-

Spoornet-vorms te kry Alle gewese Spoornet-werkers, of weduwees, wat nog wag vir uitstaande geld, kan vorms gaan afhaal by Danie Cornelius. Bel hom by 073 141 5209 vir nadere besonderhede.

der. Danie Viljoen, besturende direkteur van Harry Viljoen Eiendomme, het gesê hulle hoop om hierdie jaar teen einde Mei hulle deure in Caledon oop te maak vir besigheid. Viljoen het gesê hulle groep is trots om in Caledon te belê en oor tien jaar moet die dorp kan sê dié inkopiesentrum is ’n bate. Hy het ook gesê dis ’n wonderlike stuk grond vir dié tipe ontwikkeling. Name vir die mall moet fokus op ’n kombinasie van plaaslike historiese, kulturele en geografiese aspekte, pertinent tot Caledon. Probeer om nie meer as drie woorde te gebruik nie. SMS jou naamkeuse na 33675. ‘n SMS kos R1.50.

Schalk Bezuidenhout will be one of five comedians performing at the first comedy show at the Caledon Casino Hotel & Spa.

Win tickets to comedy Afrikaans comedy fans are reminded to book their spots at The Caledon Casino, Hotel & Spa’s first comedy event on 30 March when South Africa’s first all-Afrikaans comedy group, Gemengde Vrugte, hit the stage. Places are limited but there are still some tickets available and two Gazette readers stand the chance to win two double tickets to the show. The comedy line-up includes Kobus Galloway, Jurie Prins, Francois van As, Schalk Bezuidenhout and Werner Smit. A cocktail function with drinks and snacks will precede the show in the hotel’s lounge bar to give guests a chance to mingle and unwind before the fun really begins. The cocktail function is at 19:00 and the show will start at 20:00. Tickets cost R100 per person. Enquiries and bookings can be made by contacting The Caledon Hotel Reception on 028 214 5100. . Theewaterskloof Gazette is giving away two double tickets to the show. To enter, answer this easy question: On which date is the comedy evening? SMSes cost R1,50. SMS your reply to 33675 by 13 March. Winners will be phoned.

VW Hermanus www.rolavwhermanus.co.za Tel: 028 312 6084

ONE STEP AHEAD - See page 5

Market Day Sat: 2 March 2013 | 10 – 2pm

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za


Tuesday 19 February 2013

News - Nuus

Theewaterskloof Gazette

Gemeenskap gevra vir insette

Winkel gesluit ná oproer

ANNETTE THERON

Inwoners van Botrivier is die afgelope twee weke erg verontrief omdat die OK Minimark steeds gesluit is nadat oproeriges twee weke gelede (Sondag 3 Februarie) die winkel aan die brand gesteek en probeer plunder het. Nie net die OK het deurgeloop nie, maar die drankwinkel en talle huiswinkels is ook geplunder. Cuxi Chen, wat by die Midnight-winkel in Botrivier werk, sê die drie veiligheidshekke wat hulle aangebring het, het help keer dat die kwaaddoeners die slot kon afknip. Chen sê sy vrees vir haar veiligheid en is op soek na ander werk aangesien sy Botrivier wil verlaat. Sean Hunt sê hy moet nou ver loop om sy inkopies by die Midnight-winkel te doen. “Ek kan nie wag vir die OK Minimark om weer oop te maak nie, maar die Midnight-winkel red op die oomblik ons lewens.” Charlotte Oosthuyse van Botrivier sê die toemaak van die OK minimark is ’n groot ongerief. “Hier is nou net een klein winkeltjie tot ons beskikking – die Botrivier Minimark, wat net sekere ure oop is en slegs ’n derde van die voorraad het. Ons het ook nou net een OTM teenoor die drie wat by die OK Minimark beskikbaar was.” Heloise Fourie, ook ’n inwoner

(Maandag) af van huis tot huis te gaan om uit te vind wat die gemeenskap se behoeftes is sodat Planne om “ingrypende veranhulle ’n plan kan beraam om gederinge” in Bredasdorp se maatmeenskapsveiligheid volgens die skaplike stelsel teweeg te proware behoeftes op te skerp. beer bring ná die gru-moord en Die kollig het op Bredasdorp se verkragting van Anene Booysosiaal-maatskaplike probleme sen, het verlede week begin vorm geval toe die 17-jarige Anene se aanneem. wrede verkragting en moord wêreldwyd opslae gemaak en ’n meDie plaaslike GPF-voorsitter, Sodiastorm veroorsaak het. Vrae is lomon Christians, het gister (18 Feook gevra oor waarom dit vir minbruarie) aan die Gazette gesê dat Dan Plato, Wes-Kaapse LUR vir Vei- Davids Pub, waar die 17-jarige Anene Booysen op derjariges moontlik is om tot in ligheid en Sekuriteit, twee verteen- 2 Februarie haar vriendin se verjaardag gevier het. die vroeë oggendure in kuierplekwoordigers van sy departement geFOTO: ANNETTE THERON ke te wees. Kallie David, eienaar van Dastuur het wat Donderdag 14 Februarie saam met die polisie, die GPF en kyk aan hoeveel jong mense ons werk vids Pub waar Anene voor haar dood die munisipaliteit voorstelle uitger- kan bied deur middel van ons uitge- gekuier het om ’n vriendin se verjaaruil het oor hoe om die vraagstuk aan breide openbare werke-programme.” dag te vier, het by navraag gesê dat Plato het gesê hy wil ook kyk na die hy geen kommentaar oor die voorval te spreek. “Daar is besluit om op 28 Februarie opleiding van die GPF in die area, het nie. Kol. Maree Louw van die Bredasweer te ontmoet en kerke en besig- maar bowenal fokus op gesprekvoeheidsinstansies sal ook genooi word ring met gemeenskapsleiers en die dorp-polisie het gesê die polisie skerp om iets op die tafel te sit. Ons wil kyk munisipaliteit. “Ek het gevra dat alle hul besoeke op aan gelisensieerde perwat daar vir die gemeenskap gedoen gemeenskapsleiers uitgenooi word na sele waar drank verkoop word, ten kan word ten einde veiligheid op te die vergadering op 5 Maart sodat ons einde vas te stel of hulle aan wetlike skerp en ook om die veiligheid van ons kan vasstel wat tans in die omgewing vereistes voldoen. Louw het Maandag kinders te bespreek,” het Christians gebeur en wat nog gedoen kan word bevestig dat almal op die oomblik daaraan voldoen. “’n Aangewese om die situasie te verbeter. gesê. “Ons het die noodkreet van die ge- drank-offisier besoek elke week die Volgens hom sal Plato Bredasdorp op 5 Maart weer besoek, waar die plan- meenskap gehoor en ons wil sover as persele.” Louw het gesê die saak word steeds ne dan aan hom voorgelê sal word. moontlik ingryp om te kyk wat ons ondersoek, maar daar is geen nuwe “Ons sal alles op die tafel sit – ook wat kan doen om situasies te verbeter.” Hy het bygevoeg: “Ons gaan om te leidrade nie. Twee verdagtes het verons gaan doen om van die dwelm- en luister, maar ons gaan ook om rigting lede week onder groot belangstelling smokkelhuise ontslae te raak.” Plato het by navraag gesê dat sosia- te gee. Ons sal gelei word deur die ver- in die hof op Bredasdorp verskyn en le probleme nie net in Bredasdorp nie, gadering. Die idees moet van die ge- moet weer op 26 Februarie verskyn. maar landswyd ervaar word. “Ek het meenskap self kom – met ons leiding.” ’n Derde man wat in hegtenis geneem Intussen is daar reeds begin met is, is weer vrygelaat omdat daar nie juis vanoggend met my personeel gepraat: ek wil saam met ons voortgeset- meer gereelde patrollies deur die Bre- voldoende bewyse vir sy betrokkente opvoeding- en opleidings kollegas dasdorp-polisie. Christians het ook heid by Anene se moord en verkragteruggaan Bredasdorp toe; ek wil ook die GPF ontplooi om van gisteraand ting was nie.

WAARSKUWING: Die Caledon-polisie wil besighede en lede van die publiek waarsku om op die uitkyk te wees vir die 35-jarige Chantel Willemburg, wat na bewering met ’n vals identiteit onder valse voorwendsels meubels koop by meubelwinkels. Bel gerus vir ao. Victor Hugo by 028 214 5660 met enige inligting of leidrade.

3

ANNETTE THERON

Sean Hunt van Botrivier in die Midnight-winkel sê mens moet nou ver loop om brood en melk te koop.

FOTO: ANNETTE THERON

van Botrivier, sê dit is ongerieflik vir kliënte dat die OK Minimark gesluit is. Die grootste probleem is dat sekere produkte nie by die kleiner Botrivier Minimark beskikbaar is nie en sy meen almal het nie vervoer om tot by die minimark te ry nie. Mense moet nou na ander dorpe ry vir hul inkopies. Sy kan die plundering ook nie verstaan nie. “Hoekom moet mense gestraf word wat aan ons ’n diens lewer?” Manny de Andrade, eienaar van die OK Minimark, het by navraag gesê hy sal Maandag (18 Februarie) vasstel wanneer die winkel weer sal open.


4

Theewaterskloof Gazette

Leader - Hoofartikel

Tuesday 19 February 2013

Feite rakende windplaas reggestel

Laat jou stem geld Die een se dood is die ander se brood, lui die gesegde. Theewatersklowers bevind hulle tans voor ’n soortgelyke situasie – windturbines kan op die langtermyn hernubare elektrisiteit vir Suid-Afrikaners beteken, terwyl ander se lewensaar – toerisme – moontlik ’n knou kan kry. Terwyl oliepryse tot ongekende hoogtes op die internasionale mark styg, Nersa besig is met groot besluite oor Eskom-elektrisiteitpryse, en kernkrag-risiko’s steeds omstrede bly, raak wind- en sonkrag ’n al hoe groter werklikheid. Maar, soos met alle ontwikkelings, raak ons omgewing al minder ongerep. Dit is belangrik dat alle geaffekteerdes bly veg vir hul belange. Daarsonder sal al die faktore wat noodsaaklik is om ’n deeglik oorwoë besluit te neem, nie die nodige aandag kry nie. Ontwikkeling is ’n onlosmaaklike deel van ons tyd en almal sal nie altyd tevrede gestel kan word nie. Die beste kompromieë kan egter bereik word as al die partye sorg dat hul stem steeds gehoor word.

[Die Theewaterskloof Gazette het ’n brief ontvang van Josh Reinecke, ingenieur by die Universiteit Stellenbosch, in reaksie op ’n artikel “The worrying winds of change” in die uitgawe van Dinsdag 12 Februarie. In die brief het hy kommentaar aangestuur vir die regstelling van die koerant se aanhaling van hom as ’n bron. -Red.] Die joernalis verwys dat ek sê ’n windplaas is ’n “viable alternative to current energy forms for two reasons: it can be put up within two to three years from ground breaking, and it is cheaper than using coal”. Dis nie ver verkeerd nie maar ek verwys na new-built coal uitsluitlik en nie net coal nie, spesifiek verwysend na die Medupi-kragstasie wat tans onder konstruksie is. Wat dit moes sê is dat tans volgens die REIPPPP ronde 2-pryse vir windenergie-lewering word windenergie gelewer teen 89c/kWh en vir new-built coal is die beraming op lewering tans ongeveer 97c/kWh. Die ou steenkoolkragstasies lewer steeds teen baie goedkoop tariewe elektrisiteit. • Oor die kriteria wat toegepas word op windplase is dit streng (moontlik nie kompleet nie) maar sluit ’n lang lys van items in wat die beplande ontwikkeling moet aan voldoen, onder meer ook omgewingsimpak studies, visuele elemente ens., nie net hoe naby dit aan die kus mag wees nie. Die 4 km is ’n hoogs sensitiewe area en sluit nie ont-

wikkeling streng uit nie, maar behoort met groter versigtigheid hanteer te word vanuit ’n EIA-perspektief. Kriteria behoort ook te kyk na belangegroepe se kwale soos in die openbare deelnameproses geïdentifiseer. • Van die ouer turbines (tipies 20 jaar oud) kan geherevalueer word en herstelwerk kan dan gedoen word wat herontplooiing kan moontlik maak, gegewe dat die ding herbruikbaar is. Die recycling van onder meer die lemme is egter ’n baie moeilike item en dit is wel ’n kopseer in sommige lande. Navorsers poog om tans ’n oplossing daarvoor te vind. Idees wat al suksesvol op eksperimentele vlak geïmplementeer was, is onder meer die gebruik van fyngekapte lemme in sement-vervaardiging. • Meer en meer studies wys dat die invloed op vlermuise groter is as op voëls, maar verskillende bio-sfere gaan verskillende impakte ervaar en is moeilik om spesifiek te kwantifiseer sonder om lokale studies deur spesialiste te doen per ontwikkeling, maar ook binne die groter navorsingsgemeenskap. In die algemeen word die impak op voëlsterftes weens windturbines opgeblaas teenoor die impak van die huiskat of stray huiskatte, maar dis op ’n globale vlak. Mens moet steeds op lokale vlak evalueer en bepaal of die potensiële voëlsterftes beduidend gaan wees, of nie.

JOSH REINECKE, STELLENBOSCH

As gelowiges moet ons nooit die krag van lofprysing onderskat nie. As daar een ding is wat die vyand laat vlug, dan is dit gesalfde lofprysing. Lofprysing is lof en eer aan God maar terselfdertyd is dit geestelike oorlogvoering. Wanneer ons die Here loof en prys verwar ons ook die demoniese magte en krap ons hul planne deurmekaar. (Lees 2 Kron. 20) Ons moet die Here daagliks prys, ongeag van omstandighede, want lofprysing dryf vrees weg en wek geloof op – probeer dit gerus – dit werk. Verder maak dit jou God-bewus en stel dit die krag van die Heilige Gees vry in jou lewe. Is jy dalk iemand wat sukkel met vrees? Dan is lofprysing deel van die antwoord. Gaan in jou binnekamer en begin om die Here hardop te loof en prys. Maak Sy Naam groot, doen dit gereeld en vrees sal iets van die verlede word. Onthou lofprysing is bedoel om gehoor te word – jou ore moet dit hoor, want dit wek geloof op, en geloof kom deur die gehoor. Lees veral die laaste vier Psalms – dit gaan alles oor lof en aanbidding. Mag jy hierdie week ’n lofprysende gelowige wees wat nie skaam is om Jesus Christus in Gees en waarheid te aanbid nie. Seënwense.

PASTOOR GERT VISSER, Caledon

Is SA reincarnation of the Wild West? Crumbling society Five murders in Uitsig in two months. Two of the victims were two-year-old twins, stabbed to death by an alleged tik user who apparently went on the rampage. Their mother miraculously escaped death. A teenager in Bredasdorp is raped, her body broken in the most barbaric fashion. In life she was a “ nobody”, in death the whole world knew about her. In Scottsville a young woman’s decomposed body was found in a drawer under a bed. In Atlantis the body of a young woman was found in bushes. Marikana, De Doorns and other towns, labour unrest and many deaths. Zamdela in the Free State, service delivery protests and widespread looting. A brazen armed gang attacked and robbed a casino in Gauteng. In KwaZulu-Natal, an armed gang attacked and robbed a petrol station. A car-hijacking syndicate, masterminded by policemen, spread terror across the West Rand before being rounded up by the Hawks after a year-long investigation. Is our society crumbling? Is this the reincarnation of the Wild West?

Leser ontstoke oor Botrivier Na aanleiding van die artikel oor Botrivier se nag van groot skade in die Gazette van 5 Februarie, is die volgende SMS ontvang. Ek as inwoner van Botrivier wil net byvoeg dat die vandalisme deur ’n klomp tikkoppe gepleeg is om hul doel te bereik. Ons het hulp nodig om die tikbase hier te beveg.

Moenie krag van lofprysing onderskat

GRAHAM HENDRICKS, Caledon

WIL AFTREE: Ek is ’n vreeslike rustige ou man wat goed oor die weg kom met ander honde en katte, maar my lewe was tot dusver ’n harde een, elke dag ’n geveg vir oorlewing. Al wat ek nou wil hê, is ’n sonkolletjie, ’n bakkie kos en iemand om my lief te hê, êrens waar ek my laaste paar jaar rustig kan deurbring. As daar iemand my kan help, bel vir Vanya Schöfmann by 078 109 8372.

Rubriek

Die twee ‘groot hengelaars’ wat ‘weggekom’ het

Sondag lees ek van ’n duur tuna boot wat vas sit in die sand by Struisbaai en dit herinner my toe aan my beste hengel storie uit daardie geweste. Hoe waar al die besonderhede is, kan ek nie sê nie, maar die geheel klink vir my oortuigend. Ek hoor van twee ooms uit die binneland wat jare lank elke somervakansie op Struisbaai deurgebring het. Om bietjie uit die huis te kom het hulle so nou en dan gaan “hengel” Hulle het so ’n skuitjie met ’n enjintjie gehad, dit dan vol drink goedjies en happies gelaai, saam met ’n paar visstokke en soms selfs ’n hoekie en ’n bietjie aas. As die bootjie dan die water vat onder die ironiese opmerkings van die spotters op die hawemuur oor hulle (meesal totaal afwesige) hengel prestasies, het die twee dan die see in gevaar. So gou doenlik agter die branders is die eerste blikkie dan geknak en (as een dit toevallig onthou) ’n lyntjie oorboord gehang. So in die loop van daardie loom, windstil dag het hulle verder en verder van die land

gedryf en lekker ingedommel, gesus deur die rustige deining en die gereelde sopies. Skielik word die twee uit hulle sluimer gepluk deur ’n geweldige stem uit die hemel wat min of meer die volgende kwytraak: “Have you got alcohol?” in’n swaar Russiese aksent. Onthou nou dat die Sowjetunie in die laat 1980’s uitmekaar geval het. Een van die gevolge hiervan was dat die vissersbote wat al ons sardyne, tongvis en stokvis aan die Suidkus opgevee het met hulle sleepnette, vergete hier agtergebly het omdat hul hoofkantore in Moskou of Vladivostok bloot verdwyn het. Die arme skepsels moes toe maar aanhou visvang bloot om aan die lewe te bly en moes hulle vangste verruil vir diesel-olie, nou en dan ’n stukkie kos, maar veral vir drank. Toe die twee “hengelaars” mooi die strekking van die versoek vanaf hierdie verroeste ou treiler wat bokant hulle uittroon begryp, knik hulle “ja” en dadelik word daar ’n tou na hulle gegooi. Al die drasakke Tas, bier en bottel brannas en spook in hul plastieksakke word toe aan die tou vasgemaak en fluks na

bo gehys. “We pay you”, seg die Russe toe en een laat sak ’n rubber pyp so dik soos ’n trekker band in die skuitjie en trek ‘n sluis oop. Binne sekondes sit die “hengelaars” tot oor hulle midde lywe in lynvis van alle groottes en soorte. Die bootjie was nou net skaars ’n sentimeter of wat bokant die genadiglik rustige water. Die Russe hys toe hulle anker, die twee manne in hulle visblik insgelyks. Toe hulle na ’n versigtige vaart van ’n uur of wat dood stadig om die hawemuur ingekruip kom, verneem die spotters op die muur weer na die uitslag van die hengeltog. “Ja,” sê een, “vandag so ’n ligte gelukkie gehad...” Veilig aan land word die skepties skeptici tot hulle stomme verbasing getrakteer op die

bykanse ton vars vis wat die twee menere ewe ongeërg begin uitpak. Wys jou net! – fouriejh@mweb.co.za


Tuesday 19 February 2013

News - Nuus

Vrou in hegtenis geneem vir buurvrou se dood ANNETTE THERON

’n Vrou van Uitsig is verlede naweek dood toe sy in haar linkerbors gesteek is. ’n Buurvrou is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Jessica Frans (29) is op Sondag 10 Februarie om 15:10 gewond. Volgens lt. Cyril Coetzee van die Caledon-polisie was daar glo die betrokke dag twee argumente tussen haar en ’n vrou wat oorkant haar woon. Tydens die tweede argument is ’n mes gebruik om Jessica te steek. Die Caledon-ambulansdiens het haar op die toneel dood verklaar. Die Hermanus-polisie se forensiese afdeling het later die aand haar lyk verwyder. Jessica se ouers, Daniël en Janie Adendolf, is diep geskok. Daniël sê wat hom die ergste ontstel, is dat die beskuldigde op borgtog van R500 vrygelaat is. “Dit voel asof my kind se lewe R500 werd was.” Hy is ook bekommerd oor sy vrou, Janie, se gemoedstoestand, want sy sukkel om die voorval te verwerk. Janie was tuis ten tyde van die voorval en het haar dogter buite die huis hoor gil. Toe sy die voordeur oopmaak, het sy haar in die pad sien lê.

Theewaterskloof Gazette

Dagga arrest on N2 ) The Caledon police arrested a man on Friday 8 February who was travelling in the direction of Bot River. The police received a tip-off about a suspicious vehicle and pulled the driver over

5

on the N2 just before the Swart River turn-off to Bot River. A 54-year-old man was arrested and dagga was found in the boot and on the back seat of the car. The street value of the dagga is R300 000. He appeared in court on Monday 11 February on a charge of drug dealing. He is still in jail.

WEET WAT JOU STATUS IS, WEES VERANTWOORDELIK EN WEN! ONS DOEN GRATIS MIVTOETSE IN JOU GEBIED. Janie en Daniël Adendolf is diep bedroef oor die dood van hul dogter, Jessica. FOTO: ANNETTE THERON “Daardie toneel sal my nog lank bybly.” Daniël sê hy voel bitter oor Jessica se dood. “Niemand het die reg om ’n ander se lewensdraad kort te knip nie.” Daniël sê hy gaan haar stoutigheid die meeste mis, want sy was ’n opperste terggees. “Al was sy ’n volwasse vrou, het sy geredeneer soos ’n kind.” Janie beaam dit hartseer en sê: “Ja, sy wou nooit alleen kliniek of dokter toe gaan nie, ek moes altyd saamgaan.” Daniël vra voorts waarom die beskuldigde op borgtog vrygelaat is, “want ons het dit

teëgestaan”. Jessica is Saterdag in die Uitsig-begraafplaas ter ruste gelê na afloop van ’n diens by die gesin se huis in Uitsig. Bianca Smit (22) het op Dinsdag 12 Februarie in die hof verskyn op aanklag van moord en is op borgtog vrygelaat. Die Gazette het haar by haar ouma se huis in Uitsig opgespoor. Sy het gesê sy is baie jammer oor wat gebeur het, maar was nie bereid om verder kommentaar te lewer nie. Die saak word verder deur konst. Joffrey Engel ondersoek.

Kansa Relay om die draai Die Kansa Relay For Life Caledon-komitee vir 2013 nooi almal wat belangstel om deel te wees van ’n geleentheid waar almal saam staan in die stryd teen kanker. Die Relay vind op 23 en 24 Februarie by die Hoërskool Overberg-sportgronde plaas. Die verrigtinge begin om 18:00. Daar het reeds 21 spanne ingeskryf: Overberg Agri (vier spanne), Boksembende, Rapportryers, Lighuis se Wakker Klasies, Spar, Polkadots (drie spanne), Ollies, Caledon Apteek, Bosman Smit, Christiana, Hammies Neethling, May span, Anré Begrafnisdienste, Toyota, Elsie-Peka, Eskom. ’n Spankaptein vergadering word beplan vir 19 Februarie om 18:00 in NG Caledon-Wes-saal. Alle geregistreerde spanne word uitgenooi, asook voornemende span-

ne wat wil inskryf. ’n Talent-kompetisie word beplan. Die inskrywingsfooi is R20. Bel Jacques Ungerer vir inligting by 084 688 9295. Kerse van Hoop-sakkies is verkrygbaar by die twee plaaslike apteke en by komiteelede. Die Kerse van Hoop-seremonie is ’n belangrike deel van die verrigtinge. Vir enige navrae hieromtrent, bel Jeneve Swart by 083 716 1677. As u weet van ’n kanker- oorwinnaar wie se naam nog nie op die databasis is nie, bel Engela Rossouw (Christiana) by 083 780 8306. Spanne kan tot 17:00 op 23 Februarie inskryf. Bel Maryka Philander by 076 199 6947. Alle besoekers is welkom; daar is geen toegangsfooie. Vir enige bydrae wat u wil maak, bel die voorsitter, Myrna Pretorius, by 072 588 9052.

Wanneer jy vanaf 17 tot 21 Februarie 2013 getoets word by: Zwelihle • Mount Pleasant • Hawston • Gansbaai • Stanford • Kleinmond • Hermanus • Taxi Rank • Mtimkulu Village • Library • Municipal Hall, staan jy ’n kans om een van 5 mense te wees wat R10 000 wen!

Toetstye: Maandag tot Vrydag 08:00 tot 16:00 Alle uitslae en inligting oor mense wat getoets word, is geheel en al vertroulik Vind uit by jou plaaslike kliniek waar jou naaste toetsstasie is Jy kan net een keer gedurende hierdie tydperk getoets word om vir die prys in aanmerking te kom Besoek www.westerncape.gov.za of skakel 0860 142 142 vir meer inligting

TBWA\B39344A\10


6

Geklassifiseerd

Theewaterskloof Gazette

FAMILIEKENNISGEWINGS 07 Gelukwensing Congratulations

PERSOONLIKE DIENSTE PERSONAL SERVICES PADSTAL/RESTAURANT, DASSIESFONTEIN: Vir etes, funksies en vele meer! Tel. 028-214 1475.

34

Spyseniering Catering GABBIANO RESTAURANT CALEDON. Conference room 16-20 people for birthdays / meetings etc. Call 028-212 3671 for more information.

KYK WIE'S 1! ZADE QUADE ROSSOUW 18/02/2013. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou seën. Baie liefde van Mammie & die Van der Schyff familie.

17 Begrafnisdienste Funeral Services

DOVES. Begrafnisdienste/Funeral Services. Giving comfort. Taking care. Caledon: 18 Plein St, 028-212 3054. Hermanus: 64 Dirkie Uys St, Sandbaai, 028-316 4205. Kleinmond: 27 Main Rd, 028-271 4971. Gansbaai: 61 Main Rd, 028-384 3344.

TE KOOP FOR SALE

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 113

te Huur/to Hire KRAGGEREEDSKAP. Vir die huur van hoëdrukspuite en kraggereedskap, skakel Gabriël van der Merwe by Overberg Dienssentrum by 083 551 5406 alle ure.

1141

Algemene Dienste General Services

AUTO ELECTRICAL-DIETLOF'S. Gespesialiseerde auto elektriese diens. 23 Jaar ondervinding. Ook verskaffers van professionele weerstasies en solar panele. New Cross straat, reg langs Overberg Supafit. Dietlof (Wên) van der Merwe. Tel. 028-214 1614 of 082 788 5276. CALEDON KEYS & LOCKS. Ons sluit die weg vir u oop. Skakel 028-212 1775 / 082 969 0975. DO YOU NEED WELDING DONE BIG OR SMALL. I'm at your service. R120 per hour. Use own tools. For appointment call Santie 076 956 3569. SPESIALE OKKASIE? Stuur 'n pragtige organiese tuinruiker, gemaak uit vars geplukte groente en blomme. Skakel Lindy 028212 3099 / 083 357 3436 of Yvette by Kelkiewyn 028214 1267.

MOTORS VEHICLES 149

4×4 te Koop/te Huur 4×4 for Sale/to Hire

EIENDOMME PROPERTIES

71

Algemeen Miscellaneous EMPASIL PB 8 BREIMASJIEN te koop. Skakel 084 020 5785. SINKPLATE vanaf R25 per meter. Dennehout buite deure R350. Dennehout vensterrame 900 x 900mm met glas R250. Skakel 028212 1571 of 083 534 0130.

KONTANTKOPER GESOEK VIR EIENDOM TE MYDDLETON: Bergstraat 188, Myddleton, groot erf met eenslaapkamer woonhuis. R120 000 onderhandelbaar. Navrae Guthrie & Theron 028-212 1060/1/2. - L.Swart.

JOBS

401

Algemeen General Vacancies JUSTINE VELSORG. Verdien ekstra geld, verkoop Justine. Sms naam en area na 084 655 1983. EXPERIENCED COOK REQUIRED. English speaking an advantage. Please call 083 357 3436. OVERBERG VEE BOERDERY BK. Kode 14 Vragmotorbestuurder verlang met langpad ondervinding. Faks CV na 086 266 2608 of epos na rouxlewe@iafrica.com.

Tuesday 19 February 2013


Tuesday 19 February 2013

General - Algemeen

Theewaterskloof Gazette

7

Heidehof vier Valentynsdag Valentynsdag is Donderdag met oorgawe by Heidehof gevier. Klub Tesselonika van Tesselaarsdal het ook gaan saamkuier en daar is staaltjies vertel, saamgesing en gelag.

Gertie May, Elizabeth Cockson, June Aploon, Elaine Vermeulen, Petra Kloppers en Oralea Carelson is van die vlytige kombuispersoneel by Heidehof. Hulle was almal Donderdag in rooi getooi ter viering van Valentynsdag. FOTO’S: YVETTE VERMEULEN

LINKS: Dié drie senior burgers van Heidehof het almal ietsie rooi vir liefde in hul uitrustings ingesluit.

Rika du Buisson, bestuurder by Heidehof, het almal verwelkom en gesê aangesien dit die dag van liefde is, moet almal in liefde na mekaar uitreik.

REGS: Anré Begrafnisdienste het die senior burgers van Heidehof en Klub Tesselonika verras met sjokoladepakkies. Hier deel die eienaar, Hannes Smal, die geskenke uit.


Theewaterskloof | Bredasdorp | Napier

Year 3 • Dinsdag 19 Februarie 2013 | Tel. 028 214 1294

Round off your Xterra with a glass of Obikwa Round up your friends and join Obikwa for a weekend crammed with action at the Totalsports Xterra trail run and triathlon weekend, kicking off at the Grabouw Country Club on Saturday 23 February.

Rûens Kollege het vanjaar die spangees-beker gewen.

Rûens gasheer vir interskole Rûens Kollege se jaarlikse inter-atletiek het op 28 Januarie plaasgevind. Drie skole, Laerskool Ashton, Laerskool Ouplaas en Vyeboom Privaatskool, het saam met Rûens vir die byeenkoms bymekaargekom. Daar was uit die staanspoor ’n feestelike atmosfeer. Die dag is begin met die gebruiklike optogte van die deelnemende skole, en volgens die skool het die atlete se entoesiasme vir en toewyding aan hul skole die dag ’n sukses gemaak. In die klubhuis het die Rûens-ouers gesorg dat daar deurgaans heerlike kos en drinkgoed te koop aangebied word. Beamptes het van oraloor aangemeld om te help en so ook by te dra tot die

sukses van die byeenkoms. Rûens Kollege is baie trots op sy eie leerlinge wat toekennings ontvang het vir hul prestasies van die dag: die senior victrix ludorum is Dé-Mari Kleynhans en die senior victor ludorum Johan Smal. Die beste prestasie van dag het gegaan aan Marize van Deventer (gewigstoot o.11), ook van Rûens. Die groot oomblik, die aankondiging van die wenspan, het aangebreek toe bekend gemaak is dat Rûens Kollege vanjaar wegstap met die spangees-beker, terwyl Laerskool Ashton se atletiek-talent gesorg het dat hulle die punte-beker wen.

The adventure is set to start at 07:00 with the New Balance 5 km and 10 km trail, while the Totalsports Xterra Lite will start at 09:00 with a 400 m swim, followed by a 12 km mountain biking expedition finishing with a 5 km trail run. Veteran tri-athletes can look forward to the Totalsports Xterra Full event, which starts at 08:30 on Sunday 24 February and includes a challenging 1.5 km swim, 25 km mountain bike and 10 km trail run. Whether you are there to take part or support friends, be sure to arrive with truck loads of energy and round off the day by rewarding your efforts with a glass or two of your favourite Obikwa wine. Life is a journey worth celebrating with friends and family so go on – stick your neck out and make a run for it! For enquiries regarding the Totalsports Xterra Grabouw day, contact Still Water Sports on 021 8832413 or for more on the event visit www.stillwatersports.com.

Michael Bucholz is the cellar master at Obikwa. Obikwa is giving away two bottles of wine. Simply answer this easy question: what is the name of the wine estate that sponsors the Totalsports Xterra? SMS your answer to 33675 by Thursday 21 February. SMSes cost R1.50.

Enter for Wines2Whales

ASA-PRESTEERDERS: Laerskool Bredasdorp se seuns- en meisies-atlete wat die hoogste punte volgens die ASA-tabelle by die skool se atletiekbyeenkoms behaal het, het hul trofeë tydens ’n saalbyeenkoms ontvang. Thys Kriel van Chicken City het die trofeë oorhandig. Van links is Eve Stanley wat 575 punte vir hoogspring meisies o.10 behaal het, Thys Kriel en Charl Janson wat 775 punte vir hoogspring seuns o.13 behaal het.

Entries for the much anticipated Wines2Whales MTB Adventure and Race opened on Thursday 14 February. Riders who participated in the 2012 events or were placed on the waiting list, will have just over two weeks in which to enter the Wines2Whales adventure. Entries open at 08:00. Public entries will open at 08:00 on Friday 1 March, are limited to 600 teams (1 200 riders) per event and will be accepted on a first come first served

basis. Once the entry limit has been reached, riders will be placed on a waiting list. Only paid entries are guaranteed. Starting in the winelands of Somerset West, riders will cross through (and over) 13 wineries, 26 private farms, six mountains, historic roads, mountain passes and nature conservation areas before finishing within sight of the whales of Hermanus. For more detail, go to www.wines2whales.co.za

EntriesarenowopenfortheWines2WhalesMTB.


Theewaterskloof Gazette 19 Feb 2013