Issuu on Google+

Swartland

Year 12 • 6 May 2014 | Tel. 022 482 3817

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

‘Butterflies’ en ‘Angels’ help mens en dier LIZETTE SMIT RIEBEEK KASTEEL – Die Mej. Butterfly skoonheidskompetisie is anders as ander tradisionele skoonheidskompetisies. Daar is nie net een wenner nie, wenners dra die kroon nie net vir een jaar nie, daar is geen swemklere- en aandrok-afdeling nie, beoordeling word nie voor ’n groot gehoor gedoen nie, maar privaat deur onafhanklike beoordelaars en ’n mooi gesiggie en lyfie sal nie noodwendig die deurslag gee nie. In hierdie kompetisie is dit die saggeaarde persoonlikheid en groot hart vir haar medemens en diere wat die Butterfly-kroon verdien. Natuurlik is daar ook ’n mnr. Butterfly, wat Charlie’s Angels genoem word, omdat van die manlike skoenlappertjies ongemaklik met die oorspronklike titel gevoel het. Die streek kan vandag spog met ses nuwe Butterflies ná die eerste amptelike kroning

van die Mej. Butterfly-skoonheidskompetisie Saterdag tydens die Olyffees. Die beoordeling is in verskeie fases deur die loop van verlede week afgehandel. Die organiseerder en direkteur van die Butterfly-skoonheidsprojek, Melindi Charle, sê die huidige Butterflies is uit 179 inskrywings gekies en die beoordelaars moes omtrent kopkrap om slegs ses te kies. Charle, ook bekend as ’n gewilde Afrikaanse sangeres, woon in Riebeek-Kasteel vanwaar sy ook verskeie liefdadigheidsorganisasies bestuur. Charle het die kompetisie in 2002 in Gauteng begin, oorspronklik om geld in te samel vir ’n terminaal-siek meisie van 11 jaar oud wie se laaste dae sy so gemaklik as moontlik wou maak. Charle wou ook dié meisie se droom om te sing, laat waar word. Sy is egter

Die nuutgekroonde junior skoonhede van die Mej. Butterfly-kompetisie luister aandagtig na die belofte wat Melindi Charle, direkteur van die Butterfly skoonheidsprojek, aan hulle voorlees. Van links belowe Taylor Rickett, Kayla van Vuuren en Anri Wildschutt om alle lewe te eer en mens en dier te help. In die agtergrond luister een van die senior Butterflies, Madeleine Smuts. Die Mej. Butterfly-skoonheidskompetisie is vir die eerste keer in die Swartland gehou en die kroning is Saterdag tydens die Olyffees gedoen. FOTO: LIZETTE SMIT

Die ses nuut-gekroonde Mej. Butterflies en een Charlie’s Angel is gereed om hul eerste geld vir liefdadigheid in te samel. Hulle het Saterdag R500 ingesamel wat die volgende dag aan Charmaine Godfrey van die Langebaan Animal Care oorhandig is. Geld is ook vir die nuutgestigte Riebeek Animal Care ingesamel. Agter van links is senior Butterflies, Madeleine Smuts en Danielle Hector, en voor is juniors Kayla van Vuuren, Anri Wildschutt, Schani Pixie Charle, wat al etlike jare ’n Butterfly is, Taylor Rickett en James Allen. FOTO: LIZETTE SMIT

dood voor haar drome verwesenlik kon word, maar Charle het besluit om voort te gaan met die kompetisie omdat daar so baie ander mense is wat hulp nodig het. Charle het die Butterfly Skoonheidsprojek as liefdadigheidsorganisasie laat registreer en hul werk sluit vandag mens én dier in. Drie gevestigde Butterflies, Schani Pixie Charle (Melindi se dogter), Nicole Mostert en Layla Loubscher, het die kroning van die nuwe Butterflies, onder leiding van Charle, behartig. Nicole en Layla is albei gekroon toe hulle ses jaar oud was en is nou onderskeidelik 18 en 17 jaar oud, en steeds aktiewe Butterflies in die Kaapstad-omgewing. Hanli Mostert, Nicole se ma, sê die kompetisie het haar dogter meer medelydend en bewus gemaak van wat in die wêreld om haar

gebeur, anders as baie tieners van haar ouderdom wat op selfone en materialistiese gewin ingestel is. Annette Loubscher, Layla se ma, sê haar dogter is beslis geestelik ’n ryker mens ná al die jare se liefdadigheidswerk as Butterfly. “Sy het geleer om nie een mens of dier minder as die ander te ag nie,” sê Annette. Hanli het opgemerk hoe dié kompetisie die hele familie intrek en hoe almal later by liefdadigheid betrokke raak. “Ek het nog nooit gevoel dat my kind uitgebuit word nie.” het sy beslis gesê. Charle het aangekondig dat jongmense wat sou belangstel om ’n verskil te maak, volgende jaar net voor die Olyffees wéér die geleentheid sal kry om vir die Mej. Butterfly-kompetisie in te skryf.


2

News - Nuus

Swartland Gazette

Tuesday 6 May 2014

Tony Purnell buite Wicked Treats, waar hy besig is om die beroemde Babalas burgers te maak wat al etlike jare ’n blitsverkoper-ontbytdis by die Olyffees op Riebeek-Kasteel is. ’n Besoeker aan die jaarlikse Olyffees wat in die Riebeek-Vallei gehou is, het gesê dit was vanjaar ’n ordentlike fees wat Maandag deur die organiseerders, DNA Events, bevestig is. Die amptelike syfer vir die hoeveelheid mense wat die fees besoek het, sal eers laat vandag beskikbaar wees, maar Darielle Robertson van DNA Events, het gesê dat dit maklik 8 000 mense was. Bo proe mense olywe en olyfolies. FOTO’S: LIZETTE SMIT

Jaco Smit van Malmesbury glimlag vir die fotograaf saam met ’n koffiedrinkende hanswors.

Maklik 8 000 mense het Riebeek­ Vallei se Olyffees beleef en geniet

Helen Pickard en Nigel Fox van Riebeek-Kasteel het by die tema van die fees gehou en olyftakke uit hul tuin op hul hoede vasgemaak.

Plaaslike sangpaar Fanie Velskoen en Melindi Charle was weer op hul pos met gunstelingtreffers wat die besoekers uit volle bors laat saamsing het.

Aldara Vilela Pastore het saam met haar familie uit Italië die Olyffees besoek en dans hier op die maat van die musiek van die orkes, Newton, wat in die Olive Emporium op die plein in Riebeek-Kasteel besoekers vermaak het.

Tamlyn Venter en Theo Louw van Darling het die bekende Darling Brew-stalletjie beman.

Aandag alle Mavos­studente Alle volwasse studente verbonde aan Mavos op Malmesbury wat die Mei- en Junie-eksamens vir gr. 4 en gr. 12 aflê, word daaraan herinner om op eksamendae reeds teen 13:15 in die eksamenlokaal by Schoonspruit Sekondêr aan te meld. Bel vir Trish Worship by 022 486 4541 met enige navrae.

Portret in veilige bewaring Die portret wat iemand onlangs op ’n trein vergeet het, kan by die Malmesbury treinstasiekantoor afgehaal word. Navrae by mnr. Swart by 078 165 5919.


Dinsdag 6 Mei 2014

News - Nuus

Swartland Gazette

3

Wanneer gaan dié sportveld aandag kry? LIZETTE SMIT

RIVERLANDS – Die enigste rugbyveld wat deur skoolkinders en die plaaslike rugbyspan gebruik word, is in ’n haglike toestand met los sand en groot gate wat weggesteek genoeg tussen die yl graspolletjies lê om nóg ’n rugbyspeler se gesonde enkel te eis. Met die aansienlike werkloosheidsyfer van inwoners op Riverlands, die voordele wat sport vir die opbouing van die gemeenskap inhou en die klaarblyklike onwilligheid van rolspelers om geld te bewillig om die

rugbyveld op te knap, is ’n vergadering verlede Woensdagaand geroep om die kwessie te bespreek. Verteenwoordigers van onder meer die Swartland-munisipaliteit, die wykraadslid, Boland Rugbyunie, Cape Nature, Swartland Rugbyforum, die landbouvereniging en Riverlands Primêr is na die vergadering genooi. Benewens Boland rugbyunie wat verskoning gemaak het, het weinig van die ander genooides opgedaag vir dié vergadering wat by Riverlands Primêr gehou is. Tommy Jagers het genoem hoe inwoners al vir die afgelope 20 jaar op dié verskoning vir ’n rugbyveld

Die toestand van die plaaslike rugbyveld en die noodsaaklikheid om finansiering te kry om dit so gou as moontlik op te knap, is tydens ’n vergadering verlede Woensdag bespreek. FOTO: LIZETTE SMIT

Die rugbyveld op Riverlands wat deur die hele gemeenskap gebruik word, is in ’n baie swak toestand.

André (16) en Marilize Roux (12) van Malmesbury het onlangs aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir gleufmotors (slot cars) deelgeneem en baie goed presteer. André, ’n gr.10-leerder by die Boland landbouskool, het die eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal en sussie Marilize, ’n gr.7-leerder by die Christelike Privaatskool op Malmesbury, het die derde plek behaal.

speel, en opgemerk dit sal seker eers ná sy dood reggemaak word. Die frustrasie van inwoners was ooglopend uit die vurige debat wat gevolg het. Volgens Niklaas Theunis behoort die grond, waar die rugbyveld is, aan die Wes-Kaapse departement vir openbare werke en word deur natuurbewaring bestuur. Die vergadering het saamgestem dat ’n sportveld vir die hele gemeenskap moet wees, dat hulle gelukkig is met die ligging van die huidige veld en dat daar geen verklaarbare

rede is waarom geen instansie tot dusver geld wou bewillig vir die opknapping van die sportveld nie. Verteenwoordigers van die Chatsworth-gemeenskap het beklemtoon dat Riverlands en Chatsworth elk hul eie sportvelde wil hê en nie ’n gemeenskaplike kompleks sal deel nie. Ursula Griffiths het gesê daar het reeds te veel jare verbygegaan waarin niks gedoen is om die sportveld te verbeter nie en aangebied om namens die Swartland Rugbyforum direk met die betrokke ministers in die

Wes-Kaapse regering oor die aangeleentheid in aanraking te kom. Sy het Donderdagoggend die Gazette in kennis gestel dat die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, op haar e-pos gereageer het deur te sê dat daar dringend aan die probleem aandag geskenk sal word. Die volgende vergadering sal op Woensdag 21 Mei, by Riverlands Primêr gehou word wanneer die Riverlands Sportforum gestig sal word en vordering met die opknapping van die sportveld bespreek sal word.


4

Letters - Briewe

Swartland Gazette

Tuesday 6 May 2014

10 Mei

Stembusse toe! Môre gaan baie van ons stembusse toe om ons kruisies te trek, wat die lot van ons land vir die volgende paar jaar sal bepaal. Diegene wat nagelaat het om te registreer en intussen tot die besef gekom het hoe belangrik dit is om te stem, sal ongelukkig vyf jaar moet wag vir die volgende nasionale verkiesing. ’n Steekproef wat op ’n sosiale webblad gedoen is, waarin gevra is of inwoners gaan stem en die redes vir hul besluit, het min reaksie gelok. Reaksie wat wel gekry is, het die twee pole van die vraag weerspieël. ’n Leser het gesê dat sy beslis sal stem en hoe kwaad sy word vir mense wat nie stem nie omdat hulle gewoonlik die mense is wat eerste kla wanneer dinge begin skeefloop. In teenstelling het iemand anders erken hy sal nooit stem nie omdat hy nie dink sy kruisie sal ’n verskil maak nie en hy nie glo dat politieke partye werklik die mense se belange op die hart dra nie. Altwee opinies dra gewig. Stemtyd is gewoonlik ’n tyd vir moddergooiery met sommige mense wat só passievol is dat hulle handgemeen sal raak oor die politieke party van hul keuse. Die ideaal is natuurlik nie fanatiese wedywering of om apaties langs die kantlyn te staan nie, maar om ons kruisie te gaan trek selfs al stem ons nie volkome met één politieke party of politieke leier saam nie. Ons stem sál môre ’n verskil maak!

)Die Joshua Generation-groep hou ’n sangaand in die Naphakade-skoolsaal vanaf 17:00. Toegang is R20 en R10 vir kinders onder 12 jaar. Navrae by Shelton by 071 085 1426 of Caylin 083 950 5801.

10 May - 11 May ) Come for a well deserved time-out at the Ladies Retreat at !Khwa ttu outside Yzerfontein at 12:00. Checkout is Sunday at 10:00. Email eldre@iloveyzer.co.za.

12 Mei

Met die Kaapse winter in aantog, sal ’n vlamrooi sonsondergang soos dié een Vrydagaand al hoe minder gesien word, veral aangesien weerkundiges ’n buitengewone nat Julie voorspel.

FOTO: LIZETTE SMIT

Vodacombekerstryd: Dankie aan borge

Geen verwagting meer KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.

PASTOOR PIET SMIT Selfs vir die vroomste kan dit ook te veel raak. Alles loop net vir jou verkeerd. Jy voel so hopeloos, omdat niks in jou lewe suksesvol wil uitdraai nie ongeag jou beste pogings. Depressie het toegeslaan en alles is net donker as jy in die môre opstaan. Jy voel presies soos Dawid op ’n stadium gevoel het toe hy liewer wou wegvlug soos ’n duif van sy omstandighede (Ps. 55:7). Maar moenie vergeet nie daar is ’n lewende God wat hoor en jou lot kan verander. Soos iemand vir my op ’n dag vertel: “Ek het alles in besigheid verloor en is toe die aand meer as moedeloos na die Sakekamer van die dorp se vergadering. Daar hoor ek van ’n R44 miljoen se projek as iemand sou belangstel. In een oomblik maak God vir my ’n deur oop en ek is finansieel weer bo.” Moenie ophou bid nie. Slap links maak God vir jou ’n pad waar dit skyn. Hagar het gedink haar seuntjie sal van dors in die woestyn moes sterf. Toe open God haar oë en sy sien die put (Gen. 21:19). Onthou, wenners dros nooit nie en drosters wen nooit nie!

Bergrivier-munisipaliteit wil van die geleentheid gebruik maak om die onderstaande borge hartlik te bedank vir hul bydrae en ondersteuning om van die Vodacombekerwedstryd tussen die Regent Boland Kavaliers en Grens Bulldogs op Saterdag, 26 April 2014 by Rhinopark op Piketberg ’n sukses te maak. Sonder hulle ondersteuning en goedhartigheid sou die dag nie ’n sukses gewees het nie. Weskus Distriksmunisipaliteit Winkelshoek, N7 PPC De Hoek, Eigelaargroep, Boland Superspar, Laaiplek Superspar, Porterville Spar, Anita, ViolaKochelmanders, Riviera Hotel, Laaiplek OK Grocer, Porterville Goedverwacht Toerisme, Peninsula Beverage (Coke)

Anoniem van Malmesbury

Die kommentaar van die staatsveearts, Sewellyn Davey, is as volg: As gevolg van die uitbreek van Afrika Perde-

15 Mei ) Huis Môrelig Seunskoshuis, Moorreesburg bied aan Manie Jackson om 19:00 vir 19:30 by LDU. Vir besprekings, bel Hanette Groenewald by 022 433 1275/082 326 7134 of huismorelig@telkomsa.net ) Swartland Drankforum-vbergadering om 14:00 by Bloues-klubhuis. Bel Henfre Brand by 082 703 8666 vir meer inligting.

17 Mei ) Die Wes-Kaapse Sierduif-kampioenskappe vind om 10:00 tot 15:00 in Malmesbury se stadsaal plaas. Bel vir Johnny by 083 748 4872 vir meer inligting.

17 May )The next Malmesbury Aglow meeting is at the Malmesbury House of Prayer starting at 15:00. The speaker is Lavina Surtie from Goodwood. Everyone is welcome. Refreshments will be served. Enquiries: Elaine Walker 072 590 6636.

31 Mei

Help keer dat perdesiekte versprei Verskeie mense en staatsveeartse sê jy mag perde na willekeur in die waarnemingstreek vir perdesiekte vervoer en selfs perde in die “rooi sones” sonder permit neem, solank jy die perd nie weer terugbring in die waarnemingstreek nie. Dan kry jy mense wat aan perde-kommando’s en skoue (wat van oral oor kom) deelneem en/of aanbied, in streke wat wél in die waarnemingstreek is. Dit kos net één muggie wat nog ’n uitbreek van perdesiekte sal veroorsaak. Kan die mense nie hul verstand gebruik en ook aan ander mense dink wat baie geheg aan hul perd(e) is nie? Vir baie van ons is ons perde meet soos ’n metgesel. Dit wil voorkom asof van dié mense dink hul bo wette verhewe is. Ek sien of hoor nêrens dat wetstoepassers perdebokse aftrek nie en nog minder van paspoorte wat nagegaan word. Hou asseblief die perde waar hulle is om te keer dat perdesiekte verder versprei!

)Die Boland vereniging vir liggaamlik gestremdes se bestuursvergadering vind om 19:00 by die Worcester-tennisklubhuis by Bolandparkstadion plaas. Klubverteenwoordigers van al die geaffilieerde klubs moet teenwoordig wees. Enige gestremde persoon wat by die vereniging se aktiwiteite wil inskakel, is welkom om die vergadering by te woon. Navrae by 082 770 3071 of 023 342 3770 (k/u) of 023 347 1508. )Die McLaren-sirkus is vir twee dae, 12 en 13 Mei op die dorp. Vertonings begin om 19:00 en kaartjies is onderskeidelik R80, R100 en R120. Kaartjieskantoor is vanaf 10:00 oop op dae wat vertonings aangebied word of bespreek nou by Bookings@mclarencircus.co.za. Navrae by 082 747 5726.

siekte in die beskermingsgebied (Portervillearea) en waarnemingssone (Wellington-area) is daar ’n bedwingings-area (containment zone) tot stand gebring. Perde mag nog steeds in die waarnemingssone soos normal beweeg, maar nie in die bedwingings-area nie. Dié is tot stand gebring om bewegings van perde te beheer. Om risiko van muggies te verminder is perdeeienaars gevra om waar moontlik hulle perde twee uur voor sononder tot twee uur ná sonopkoms in stalle te hou, en hulle met insekweerders te behandel asook ligte in die area naby die stalle af te skakel. Eienaars in die waarnemingssone en beskermingsgebied is gevra om die risiko van oordraging van muggies tussen plekke te verminder deur net gedurende lae risiko tye, dit wil sê twee uur na sonopkoms tot twee uur voor sononder, met hulle perde te beweeg, en dan hulle perde en perdewa met ’n insekweerder te behandel. Elke persoon moet verantwoordelik optree om die verspreiding van die siekte te verhoed. As gevolg van bewerings dat perde onwettig beweeg word het die Veediefstal-eenheid alreeds sulke gerugte opgevolg.

)Moorreesburg Koringberg Toerismekantoor bied aan: Bootsale/kattebak-verkope op die museum-terrein. Bel Hermien by 022 433 1072 vir meer inligting. )Die jaarlikse Voortrekker Sopdans begin om 19:00 vir 19:30 in die Malmesbury stadsaal. Toegang is R80, R50 vir hoërskoolkinders en kinders is gratis. Kaartjies sluit aandete, brode, konfyte, sop en nagereg in. Bring eie drinkgoed en glase.

1 Junie ) I Love Weskus-mark by Vygevallei Padstal (R27). Kontak christele@iloveyzer.co.za vir inligting. Uitstaller-navrae welkom.

Toutrek-oefentye ) Malmesbury Senior-toutrekspan oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 19:00 tot 21:00 tussen die Ou Tronk en die Hoërskool Swartland se rugbyveld. Almal is welkom om te kom oefen, nuwe trekkers ook. Bel Gert by 083 656 2960.

Church services )AGS Corpus Christi Malmesbury: Sondagoggenddiens 11 Mei: 09:30. Prediker: Past. Piet Smit. Tema: Moedersdagdiens Sondagaanddiens: 18:30. Navrae: 073 447 2902. ) Methodist Church of SA , St Thomas Street, Malmesbury. Service: 09:15, Sunday school during school terms at 08:30. Rev John G Beck: 022 482 3623.


Tuesday 6 May 2014

Evita gesels met Kim Cloete by Evita se Perron op Darling.

Plaaslike inwoners het kom kuier.

Kim Cloete saam met Evita.

Evita deel herinneringe van 1994 DARLING - Die radiostasie, Heart 104.9FM het gedurende die maand van April die afgelope 20 jaar van vryheid gevier deur onderhoude met prominente figure oor hul herinneringe rondom 1994 met luisteraars te deel. Een van hul besoeke was aan Evita se Perron op Darling waartydens die radio- en tv-persoonlikheid, Kim Cloete, op 25 April met Evita gesels het.

News - Nuus

Swartland Gazette

5


FAMILIEKENNISGEWINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

STERFGEVALLE

KINDERVERMAAK 1405

1005

ASPATAT PARTYTJIES: Springkastele, waterglybane, kindertafeltjies & stoeltjies te huur. Kontak: 084 607 5658.

LEANDER MARY Hiermee gee ons kennis van wyle Mary Leander se skielike heengaan op 2/5/2014. Troosdiens Donderdag 8/5/2014 om 19:00, Begrafnisdiens Saterdag 10/5/2014, 10:30 albei te Calvyn P. Kerk, Protea Sirkel, Malmesbury.

FORTUIN JACOB 31/08/1957 - 4/05/2014 Dus reeds 'n jaar sonder jou, maar die verlange is steeds groot. Jy was die liefslikste man, daddy en oupa. Baie liefde jou vrou, kinders en 2 kleinseuns.

1015

In loving memory Gyssenberg Christian (Kitto). Today 6th May is your first birthday away from us in Heaven. God saw you were tired. He put his arms around you and whispered. Come with me, there is a place for you where is no more suffering and pain. I will always love you. Deeply mourned by your loving and longing Mom.

CK BLINDS - Verskaffers van blindings, sonkappies en Pergolas. Doen herstelwerk. Elsabé 022 487 3948 072 126 2394. ALLERLEI 1845

Fatima – Specialise in palm reading, business TJ'S SPRINGKASTELE problems, financial, Springkastele en watergly- marriage and love baan te huur. Kontak problems. Also court cases Theresa 082 497 3383. and help with selling of property. Phone 061 793 1623/email healer.fatima LENINGS @gmail.com/ www. fatimathehealer.webs.com 1445

HOME OWNERS - Loans from R50 000 - R2 500 000 For personal use /Debt consolidations 1st, 2nd and 3rd Bonds. All welcome. Contact 0746506123

IN MEMORIAM

Afrikaner Susanna (Antie Kindtjie) 28/11/1930 - 9/2/2014. U eerste moedersdag weg van ons. Ons mis u elke dag. Die verlange is groot. Van:man, kinders, kleinkinders & agterkleinkinders.

BOETIE EN SUSSIE SPRINGKASTELE Waterglybane en verskeidenheid springkastele te huur. Skakel Nelia 073 6102 810.

CEGE SMIT BLINDS Trading as JS BLINDS Vervaardigers van alle soorte blindings,asook enige herstelwerk & veranderings. Derick & Nelia 082 788 7210 / 022 487 2394.

MOTORHUISDEURE & VEILIGHEIDS-HEKKE Installeer en herstel alle tipes deure, asook " automation". Skakel Derick by 082 804 4550/ (022) 487 2394.

TE KOOP LANDBOU ALLERLEI 1655

BRAAI-KAGGELHOUT Portjackson hout, 1 000 stukke @ R600. Gratis aflewering. 072 800 9963. Pak van 50 ou Koerante @ R25 en Ongedrukte koerantpapier rolle @ R30 per rol te koop by Swartland Gazette kantoor of skakel Natalie by 022 482 3817. ALGEMENE & HUISDIENSTE

ANDER DIERE 2220

HASIMO BOARDING CATTERY - Exclusive Holiday accomodation for cats. Quality care and personal attention. Individual runs. To book, phone Daléne @ 072 525 0725. VOERTUIE

MOTORS TE KOOP 3025

SKOONMAAKDIENSTE 1805

In Loving Memory of : CHRISTIAN ABRAHAM JOHN GYSENBERG (KITTO ) How little we knew THAT morning GOD will call your name. In life we loved you dearly; in BAYRON ARENDSE death we do the same. 2/4/1971 - 2/5/2002 Dit is It broke our hearts to lose reeds 12 jaar wat die Here you; You did not go alone; jou kom roep vir hoe diens because a part of us went daar is dae wat ons jou with you, the day GOD calnaam noem. Ons sal jou led you home. You left us nooit vergeet nie. Van beautiful memories; your Daddy, Mummy, Susters love is still our guide, en Broer. And though we cannot see DADDY hoe graag wil ek you, you are always by our gehad het. Daddy moet side. Our family chain is kom kyk hoe ek rugby broken and nothing seems eendag en krieket speel. the same, BUT as GOD Maar God het anders bes- Calls us one by one the luit. Van jou verlangende chain will link again. FROM seun Alston. your loving Mom, Brother, Sisters & Cousins. GELUKWENSINGS 1030

Ons het nie goud of silwer nie, maar ons het God se word. Koopmans.

MATTE & Gestoffeerde Meubels. Deeglik skoonmaak & Ontsmetting van matte en bekleedsel. Droog ± 30min. Skakel Paula 073 393 2373 / 022 487 1615.

JETTA 2, 1600 CSL. Worth roadworthy certificate, R25 000 neg. Contact 076 742 0154. VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

DADELIKE KONTANT vir u bakkie of motor. Skakel,sms of whatsapp Ons maak matte skoon! na 0825613291. (nie Loop op matte in 10min. lopende bakkies & motors Skakel Paul 082 543 0682. welkom). TUIN & BESPROEIING 1825

ROLL-ON LAWN Gratis Aflewering! Gratis Kwotasie! SNY van bome en stryke. Gratis Verwydering! BOUROMMEL, tuinvullis verwydering! Skakel 072 800 9963.

AANDAG Alle Kliente VOERTUIE dringend gesoek. Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960. Doen Bank flosse. BETREKKINGS 3600

GESOEK HUISVERBETERINGS BINNE 1835

BLINDINGS/BLINDS. JUST BLINDS - Vir kwaliteit en diens! Vervaardig & herstelwerk van blindings. Vir gratis kwotasies skakel Tokkie Bredenhand 083 265 5161.

3601

Gardener/Handyman for Small Holding with reference send to PO Box 135,Riebeek Kasteel,7307. Uiters betroubare en hardwerkende huishulp beskikbaar vol week vanaf 19 Mei. Eerlik uitstekend met kinders. Werkgewers verhuis. 084 517 5566.

Mr. Yunis solved my financial, business and marriage problems. I am Mrs. Chantel Kocks. I thank Mr. Yunis for solving my financial problems that I suffered with for over 5 years. Mr. Yunis gave me the powerful magic ring for luck to win lotto, powerball, casino. First time I played I won R1.2m jackpot. I used my money to pay off my debts, loans, opened up a business and bought a bakkie. Thank you Mr. Yunis for changing my life.

Call Mr. Yunis on 031 824 6669 and change your life.


Dinsdag 6 Mei 2014

General - Algemeen

Win tickets to circus Readers can win one of five double ringside tickets to the opening night of the McLaren International Circus in Malmesbury.

Karen and Regan posing with show snakes.

.

Ladies and Gentleman, boys and girls, and children of all ages, roll-up, roll-up to the finest traditional circus show ever produced in South Africa. The circus is in Malmesbury, at the Sports Ground, on 12 and 13 May at 19:00. The current whow includes: Australia’s Miss Nikita on her heart stopping single trapeze, direct from the Chinese state circus Miss To Yong with spectacular unicycle balancing and amazing acrobatics from Kenya and Zimbabwe by the Velocity Boys. From Cape Town on her rope act the lovely Miss Karen, impressive five-man Chinese Poi act by China’s Troupe Fie Ling, the amazing juggling skills of Australia’s Jansen Grant, double silk act, Human Juggling by Chee and

Chong. The death defying wheel of death by Australia’s Jansen, Fire and Fire Limbo acts as well as resident clowns little Alick and Mariska will have you in stitches. Not forgetting amazing performing animals such as a mixed caged act with America’s Casey McCoy consisting of rare white lions, African lionesses, Bengal tigers and a rare white Bengal tiger. Other animal acts include the Perky Poodles, Burmese pythons, and Arabian camels, Chlo the African Alligator, miniature horses and ponies. To win, SMS Circus to 37173 before 9 May to win tickets to the opening night. Costs: R80 (side raised), R100 (middle raised) and R120 (ringside). For bookings or more info please contact the ticket office on 082 747 5726 or email bookings@mclarencircus.co.za.

Jong ruiter beïndruk by SA’s MALMESBURY - ’n Belowende jong ruiter van Malmesbury, Cara Perold, het onlangs baie goed by die Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd-kampioenskappe presteer wat onlangs in Bloemfontein plaasgevind het. En dít met ’n vreemde perd waarmee sy boonop slegs twee keer kon oefen. Perold, wat meegeding het aan die o. 14-afdeling van die plesierperd-klas, het onderskeidelik vyfde plek vanuit 13 ander ruiters behaal, asook ’n sesde plek onder sterk kompetisie. Haar afrigter, Wilrie Bester van Brackenfell, het besluit dit is beter om ’n perd in Bloemfontein te huur as om meer onkostes aan te gaan om een perd te vervoer en die risiko te loop van die Afrika-perdesiekte wat

onlangs uitgebreek het. Cara het slegs een oefenskou op Worcester gedoen en gedurende Februarie aan die WP Saalperd-skou op Riversdal meegeding om te kan kwalifiseer vir die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskappe. Die Geodine-saalperd-stoet wat die perd, Flight Captain, aan Perold op Bloemfontein verhuur het, het die perd gratis aan haar aangebied, nadat hulle baie beïndruk was met haar rystyl en goeie prestasies. Die Perolds moes egter die aanbod van die hand wys, omdat finansies dit nie toelaat om nóg ’n perd aan te hou nie. Bester glo egter dat die ruiter nog baie ver gaan kom, omdat “sy oorloop van talent.”

Die Gereformeerde Apostoliese kerk op Malmesbury het met die onlangse Paasnaweek ’n reeks spesiale dienste gehou wat goed deur gemeentelede bygewoon is. Bo (met amptelike kerkgewaad) lei aartsbiskop Norman Mlungwana een van dié dienste.

Opportunities to join Swartland Municipality To view the full advertisement, job requirements and response details, please visit www.swartland.org.za or call Mr D. Carolus on 022 487 9400

Grader Operator (Final layer) • Malmesbury (1 post) • Darling (1 post) Department of the Director: Civil Engineering Services • Ref: V6/14 • Salary Scale: R118 632 – R153 996 per annum Closing date: 16 May 2014

Municipality • Munisipaliteit • Umasipala www.ayandambanga.co.za

118066

Cara Perold van Malmesbury het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd-kampioenskappe in Bloemfontein op ’n gehuurde perd deelgeneem en uitstekend gevaar.

Swartland Gazette

7


Year 12 • 6 Mei 2014 | Tel. 022 482 3817

Dit was naels kou!

MALMESBURY – Die rugbywedstryd tussen Wesbank rugbyklub en Never Despair op die Wesbank-sportgronde het Saterdag ’n rekord getal toeskouers gelok.

Die Boland Rugby-ligaseisoen het Saterdag op ’n hoë noot afgeskop met ’n wedstryd tussen Wesbank en Never Despair op Malmesbury. Die eindtelling was 10 punte elk. Bo is Sidwel Diedericks van Wesbank (met die bal) vasbeslote om by die doelpale uit te kom. FOTO’S: LIZETTE SMIT

’n Skare van meer as 3 000 toeskouers het die wedstryd bygewoon wat in ’n goeie gees tussen spelers en toeskouers plaasgevind het. Die hoofwedstryd het, soos verwag, met vuurwerke afge- Never Despair-ondersteuners het in groot getalle skop met Never Despair se Na- gunsteling rugbyspan gaan aanmoedig. dius Solomons wat binne die Wesbank se spelers het by tye baie eerste minuut van die wedstryd onder die pale gaan druk het. Dillon pateties voorgekom en kon net nie aan die gang kom nie. Never Despair se Strydom het die drie verdoel. Met die afskop slaag Never Despair verdediging was rotsvas en die jongdadelik om tot in Wesbank se gebied manne van Never Despair het geente vorder en oor die doellyn te gaan, sins teruggestaan vir die meer ervare maar volgens die skeidsregter was Wesbank-span nie. Die rustydtelling was 10-0 in die die bal aangeslaan en Lance Levendal, die slot van Never Despair, is so- guns van Never Despair. Binne die doende van sy drie ontneem. Stryd- eerste 10 minute ná rustyd teken Wesom slaag met ’n strafdoel wat Never bank se vleuel Chrislyn van Skalkwyk ’n drie aan. Die doelskop was nie in Despair 10-0 laat voorloop.

die kol nie. Wesbank het telkemale probeer aanval, maar is deur Never Despair se jong Turke teruggehou. Stallone Scott, die vleuel van Wesbank, slaag daarin om sy verdediging te klop en sodoende die gelykmaker op die bord aan te teken. Theo Marinus mis met die doelskop. Never Despair het vyf minute voor die einde van die wedstryd ’n strafskop voor die pale gekry het, maar Lewellyn Adonis het behul sluit om vinnige te speel en sodoende die bal verloor wat Wesbank instaat gestel het om die bal uit Never Despair se gebied te hou. In die laaste sekonde kry Wesbank ’n strafskop in die middel van die veld, maar kon nie die strafskop in punte omskep nie. Wesbank speel eerskomende naweek teen Robertson weg en Never Despair speel tuis teen Roses United. Ander uitslae vir dié dag: Wesbank B 14 – Never Despair B 15 Wesbank C1 21 – Never Despair C1 12, Wesbank D 28 – Never Despair D14

Ryder­gholftrofee: Gordonians verras IAN ADAMS

agt punte in totaal, gevolg deur die Super Unicorns met ses punte. Doppies “Jakkals” Coetzee was ná die fourMALMESBURY - Die 2014 Fredrick Moses Ryder Trofee is Sondag, 26 April, op die plaaslike some nog steeds vol vertroue dat sy ervare en gewilde Young Tygholfbaan gespeel en gers-span steeds die dit was van meet af dag sou wen. Die Gorooglopend dat komdonians het egter anpetisie taai sou wees. der planne gehad en Die aksie het om sy spanlede het voort07:30 afgeskop met gegaan met die brilvier spanne wat eers jante gholf wat hulle die foursomes-fordie oggend gespeel maat gespeel het. Die het. Hier moet die nauitdrukking op die me van Dick Ross, spelers se gesigte het Ewald Liedeman en duidelik gewys dat Andre Titus genoem hulle in die kompetiword. Hulle het hul sie was om dit te wen. opponente afgeransel Ná afloop van die om drie punte elk in foursomes was dit die te samel. Die ander leGordonians wat teen de van die Gordoalle verwagtinge die voortou geneem het Roscoe Liedeman en Andre Titus besig met fyn beplan- nians het ook goed gespeel en waardevolle met ’n uitstekende ning op die setperk.

punte in gebring. Die Super Unicorns was die enigste span wat kon byhou by die Gordonians, met Fredrick Moses as die man Die Gordonians het onlangs alle verwagtinge oortref en die 2014 Ryder Gholf-trofee gewen. van die oom- Hulle is, van links, Algernon Jacobs, Dick Ross, Ewald Liedeman, Roscoe Liedeman, Evan blik. Hy het Liedeman, Andre Titus, Martin Lesch en Ian Adams. drie punte in die Foursomes en Singles vir sy span inge- Die organiseerders van die gholf-toernooi bedank al die borge en spelers vir die waardebring. Die Young Tygers en die Spartans het hard volle bydraes wat gemaak is om van die dag teen mekaar geveg vir die titel van “Koek & ’n sukses te maak en sodoende ’n tjek van R6 000 aan Huis Dahlia te kon oorhandig. Tee-span.” Die organiseerders bedank ook Tony GooDie doel van die dag was egter om die goeie gees van sport te gebruik om geld vir Huis sen vir sy puik diens namens Malmesbury Dahlia op Malmesbury, waar mishandelde Gholfklub en Morgan Howburg vir die uitstevroue en kinders sorg ontvang, in te samel. kende toestand waarin die gholfbaan is.

Abbotsdale rugbyklub het as die wenners van die Burgemeersterstrofee-toernooi uitgetree. Abbotsdale het in die finale stryd Young Tigers ’n rugbyles geleer en met ’n telling van 97-3 gewen. Bo is die triomfantlike Abbotsdale saam met die president van die Swartland-rugbyforum, Ursula Griffiths, en die trofee wat deur die Swartland-burgemeester, Tijmen van Essen, oorhandig is.


Swartland gazette 6 may 2014