Page 4

4

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Tuesday 21 May 2013

Dra jou tekkies vir Kindersorg Die eerste Tekkie Tax-projek sal landswyd op Vrydag 31 Mei plaasvind, waarby Kindersorg SA: Stellenbosch ook betrokke is. Die publiek word aangemoedig om ’n Tekkie Tax-plakker te kry vir ’n donasie van R10. Daar kan ook spesiale veters met ’n tekkie-embleem aangekoop word teen R30. Deur Kindersorg SA Stellenbosch te ondersteun met ’n plakker of die spesiale veters sal mense op 31 Mei aangemoedig word om tekkies saam met hul plakkers te dra. So sal die publiek met trots kan wys hoe hulle omgee vir die kinders van Stellenbosch en dus vir die wêreld wys dat hulle, hulle “tax” betaal het. Die plakkers kan by Kindersorg SA: Stellenbosch in Helshoogteweg gekoop word. Bel 021 887 2816 of stuur ’n e-pos na cwsa_eerste@mweb.co.za of cwsastudents@mweb.co.za.

21 Mei )Alkoholiste Anoniem (AA Stellenbosch Sentraal) ontmoet om 20:15 by die NG Kerk Stellenbosch-Wes in Alexanderstraat. Bel die AA by 084 293 3967 vir meer inligting. )Stellenbosch Blommeklub vergader in die NG kerk Stellenbosch-Wes se kerksaal. Tee van 09:30 en die vergadering om 10:00. Kom kyk wat maak die klub met “Pick A Box”. Bel Greta van der Merwe by 021 886 5367 / 072 202 4572 vir meer inligting. )ACVV-Jaarvergadering om 10:00 in die ACVV-sentrum. Gasspreker Patricia Britz rakende die Kinderwet. Vir meer inligting of om jou bywoning te bevestig bel 021 887 6959. Almal is welkom.

22 Mei )Die Stellenbosse Heemkring se ledevergadering word om 19:00 in die Erfurthuis in Ryneveldstraat gehou. D. Simons en L. de Waal sal oor die onderwerp “Jamestown Erfenis” praat. Alle belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon. Bel 021 883 3611 vir enige navrae oor die Heemkring, die vergadering of om jou bywoning te bevestig.

23 Mei )Alkoholiste Anoniem (AA) sowel as Alanon, ter ondersteuning van familie en vriende van verslaafdes, ontmoet om 20:15 in die NG Kerk Stellenbosch-Wes in Alexanderstraat. Bel die AA by 084 293 3967 of Alanon by 021 889 5791 vir meer inligting.

31 May )Lynedoch United Football Club disco. Theme: Dressed to kill. Oostenberg Lodge, Kuilsrivier, from 20:00 to 02:00. Entrance is R20. Call Shaun: 0 073 298 2993 or Anton: 0 072 404 7117.

Dans ten bate van outisme Die Ondersteuningsgroep vir persone met Outisme bied ’n dans op 24 Mei aan. Dit sal om 20:00 begin in die Weber Gedenkskoolsaal in Jamestown en toegang is R70 per persoon. Alle gaste moet hulle eie xyz en platters saambring. Kallies Dance Band sal die musiek maak. Bel 083 679 2863 of 073 147 6208 vir meer inligting.

Cloetesville netbal is weer op die been Netbal in Cloetesville het weer opnuut vlamgevat en alle belangstellende klubs word genooi om kontak te maak met die nuwe Cloetesville Netbal-unie. Bel asseblief vir Merilyn by 071 871 7077 of Magaret by 078 755 8089.

Arthritis group to meet The Arthritis Foundation will meet on Monday 27 May at the Vergelegen Mediclinic. Erika Schwabe from the Stellenbosch physio- and occupational therapy group will speak on the topic “Therapy in Action”. The meeting will start at 19:00 and entrance is free. Everyone is welcome to attend. Please call Aletta van der Watt on 083 270 4842 for further information.

VOORTREKKERS VERKEN STELLENBOSCH: Die Stellenbosch Voortrekkers was onder die sowat 40 gr. 6-leerlinge en 16 volwasse lede van tien Voortrekkerkommando’s in die Wes-Kaap wat op 3 en 4 Mei gedenkwaardighede in Stellenbosch besoek het. Hier is ’n paar Voortrekkers (agter van links) Karli Prins, Wian Ooosthuizen, Divan Visser, Carel-Heinz Burger en Wilma Ferdinando by die ossewa in die Langenhoven-studentesentrum op die Universiteit Stellenbosch-kampus.

Kom smul saam by Huis Horison se kermis Huis Horison se gewilde winterkermis word vanjaar op 8 Junie by die sentrum in Onder-Papegaaiberg gehou. Besoekers kan weer uitsien na heerlike koek, tert en koffie, kinderstalletjies, smullekker ontbyt en wegneemetes soos kerrie op rys of vetkoek, spitgebraaide skaapvleis op broodjies, tradisionele afval, skaapkop en skilpadjies, hoenderpasteie, bobotie, Indonesiese geregte, aartappelskyfies of heerlike worsbroodjies. Soetgoed sluit onder meer

pannekoek, poedings, stroopsoet koeksisters, koekies en fudge in. Die stalletjies is van 09:00 tot 14:00 oop. Boekliefhebbers sal ook weer ’n fees by die boekstalle-

tjie hê, terwyl die mooiste handgemaakte produkte, die skeppings van die inwoners, verkoop sal word. Sien ook uit na tuisgemaakte wors en biltong, wyn van verskeie wynkelders, plante, groente en vrugte, tweedehandse klere, pottebakkerswerk en suurlemoenprodukte. Om ontbytkaartjies te koop of gebakte skaapkoppe vooraf te bestel bel asseblief vir Helene Jacobs by 021 887 5080 of 2 bemarkingadmin@huishorison.org.za.

Werksentrum hou basaar Die Stellenbosch Werksentrum vir Volwasse Persone met Gestremdhede se basaar word op Saterdag 1 Junie by die VGK-saal in Langstraat, Cloetesville in Stellenbosch gehou. Die basaar begin om 09:00 en lede van die publiek word uitgenooi om die sentrum te ondersteun. Daar gaan iets vir elkeen in die huisgesin teen bekostigbare pryse wees. Benewens die normale ge-

bak, waaronder koek, ander soetighede en tuisgemaakte brode, sal daar plaas-vars groente en vrugte en selfs wegneem-etes soos worsrolletjies, slaptjips en kerriedisse beskikbaar wees. Die sentrum se selfvervaardigde artikels, soos gebreide handsakke en leeritems, sal ook te koop aangebied word. Die sentrum beoog om met hierdie geldinsamelingspoging die programme

van die sentrum verder uit te bou, terselfdertyd oueren gemeenskapsbetrokkenheid aan te wakker, en die gemeenskap opnuut bewus te maak van die aktiwiteite waarmee persone met gestremdhede daagliks by die sentrum besig is. Besighede wat nog bydraes tot Stellenbosch Werksentrum se basaar wil maak, kan Phil Williams en Marlese Robertson by 021 887 8688 bel.

Argief-werksessie later vanjaar ’n Inleidende argief-werksessie, geskik vir bibliotekarisse, museum- en erfenisbeamptes, dokumentering- en argief-assistente, word van 27 Augustus tot 29 Augustus by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangebied. Die fasiliteerder, Pétria Marais, is ’n gekwalifiseerde argivaris met baie jare se erva-

ring. Die werksessie sluit praktiese oefeninge in en fokus op onderwerpe soos die verskille tussen biblioteke, argiewe en dokumentesentrums; insameling en aanwins, waardebepaling (insluitende die waarde van rekords asook afskryf-instruksies); sortering en rangskikking; beskrywing/indek-

sering; bewaring; die rampbestuurplan; en wenke oor die ontsluiting van argiewe. Die kursusfooi is R2 000 per persoon en sluit ’n ligte middagete en koffie/tee in. Bel Amira Clayton by 021 863 4809/0543 of stuur ’n e-pos na kommunikasie@taalmuseum.co.za vir meer inligting.

Bus tour on Garden Route The Stellenbosch Anglican Chaplaincy Trust will be hosting a charity tour by luxury bus along the Garden Route to Knysna and Plettenberg Bay from 10 to 13 October. Tickets will cost R1 675 per person sharing. The ticket includes transport, ultra luxury accommodation on the Knysna Waterfront and one main meal per day at top selected restaurants. A deposit of R375 by mid-June will secure a reservation (seats are limited). For more information, phone the Anglican Chaplaincy trustees Lionel Cloete (082 850 7845) or Bereneace Katts (074 580 8227).

Tips on healthy grocery shopping The Nutritional Support Group will meet on Tuesday 4 June in the Vergelegen Mediclinic restaurant. Sanmare MacRobert and her colleagues for June’s Nutrition Support will give a talk on “Trolley Run: What to put in your shopping basket”. The “must buys” and “must avoids” when doing grocery shopping will be discussed. The talk will start at 18:00 and entrance is free. Bring along R5 to enter the raffle to win a nutritional goodie bag. To book your seat call Tracy on 021 851 6228.

VGK Vlottenburg hou reünie Die VGK Vlottenburg hou 1 Junie vanjaar ’n reünie bring-en-braai. Alle gemeentelede, van 1963 af, word genooi om dié spesiale geleentheid by te woon. Dit sal 14:00 in die VGK Vlottenburg-kerksaal begin. Bel asseblief vir Desmond Solomons by 082 757 2190.

Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013  

Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013

Advertisement