Page 3

Tuesday 21 May 2013

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Twee tawwe koekies ANJE SMIT Mathilda Venter en Janine van Zyl is twee plaaslike jong sjefs wat albei baie sterk voel oor ’n gesonde leefstyl. ’n Nuwe kosbeweging, Dessert Matters, het onlangs danksy die twee die lig gesien.

Huise in Lanquedoc.

FOTO: ANIKA MARAIS

Lanquedoc sukkel met dwelms en smokkelhuise ANIKA MARAIS Lanquedoc is ’n “stortingsterrein” vir maatskaplike probleme. “Hier is nie werk nie. Hier is net armoede, dwelms en smokkelhuise. Ons moet maar net voortploeter.” Só meen Neale Kleinschmidt, gemeenskapsleier en koster van die St. Giles Anglikaanse Kerk in Lanquedoc. In dié gemeenskap, net buite Pniel, is dwelms volop én maklik beskikbaar. “Ons het net drie weke gelede twee graad 2-leerlinge buite die skool gevang dagga rook,” sê Ruben November, skoolhoof van die Pniel Primêre Skool. “Dis ironies. Daar is amper nie geld vir kos nie, maar daar is altyd geld vir dwelms.” Bykans 400 huisgesinne is

sowat agt jaar gelede van plase in die omgewing na Lanquedoc in die Dwarsriviervallei tussen Franschhoek en Stellenbosch verskuif. Anglo American het al hul wingerde en boorde in dié omgewing verkoop. Vier honderd huise is kort daarna in Lanquedoc gebou en plaaswerkers is na dié dorpie verskuif. Werkloosheid is die grootste probleem in dié area, sê Elmarie Kotzé, maatskaplike werker van die ACVV-tak in die Paarl. “Die Rhodes-vrugteplaas se inmaakfabriek het ook verlede maand toegemaak en 160 mense in die omgewing het hul werke verloor.” Smokkelhuise, waar dwelms en alkohol onwettig verkoop word, blyk vir baie inwoners die enigste inkomste te wees. “Hulle dink dit is

die beste manier om kos op die tafel te kry. Hierdie plek is besig om te verval,” sê Mona Kleinschmidt, inwoner van Lanquedoc en sekretaresse van die Boschendal Treasury Trust. Dié trust beoog om gemeenskapsprojekte in Lanquedoc te begin. Koeldrank en tjips is spotgoedkoop by kafees beskikbaar, sê ds. Leon Klate van die Congregational-gemeente Pniel. “Maar dit is net ’n front vir die ander produkte wat hulle óók verkoop. Die eintlike produkte word nie eers geadverteer nie, maar die mense weet waar om dit te kry.” Mona en Neale Kleinschmidt het egter nog nie moed verloor nie. “Ek glo hier kan nog wonderwerke gebeur en dit is waarom ek betrokke bly,” sê Mona. “Ons kan dit mos nie net so los nie?”

Training for the unemployed Stellemploy will present a gardening skills training programme from 3 to 14 June. The course is only available to unemployed people or parttime workers older than 18 years and younger than 35 years. The training programme is accredited at Agriseta and presented by Phezukomkho-

no Training Services. Stellemploy receives meal donations from local churches for the trainees during the course and the course itself is sponsored by the Stellenbosch Municipality. Anyone interested in attending the training programme should phone or visit Stellemploy as soon as possi-

ble as only 12 people can be accommodated on the course. Possible candidates must also be permanent residents of the greater Stellenbosch Municipality. For further information on the gardening course please call Gaino or Betta at 021 886 6993 or send an e-mail to info@stellemploy.org.

Mathilda het bekendheid verwerf as finalis in kykNET se kookprogram, Kokkedoor, en Janine het naam gemaak met haar Cold Gold organiese roomys. Mathilda en Janine studeer tans verder in Voedselweten- Janine skap. “Ek het nog altyd ’n vreemde verhouding met kos gehad. Dit was vir my soveel meer as net iets om my aan die lewe te hou. Ek het gedurig die smake, geure en teksture probeer analiseer en na-aap nadat ek iets nuuts geëet het. Ek het kookkuns geswot by ICA – die Franse manier vol botter en room – en daarna my passie vir gesonder kos ontdek,”

daarvoor oopmaak en ’n kopskuif maak. Jy kan soveel van jou skete en pyne genees sonder pille wat jou liggaam nog verder aftakel en slegs die simptome onderdruk of behandel deur net jou liggaam te voed met die regte voedsel,” verduidelik Mathilda oor die boodskap wat hulle wil oordra gedurende die kursusse wat hulle aanbied. “Ons doel is om mense bewus te maak dat gesond eet ook lekker is, en soms lekkerder eet kan beteken. Baie mense dink as iets nie room, suiker en/of botter bevat nie, gaan dit nie lekker wees nie,” van Zyl en Mathilda Venter. FOTO: ANJE SMIT voeg Janine by. Die twee jong vroue ontwikkel self resepte vertel Mathilda. Volgens Janine is haar volgens persoonlike dieet passie vir gesond eet gebore vereistes en hulle droom uit ’n klomp allergieë. “Ek daarvan om een van die dae moes my dieet van skooltyd ’n eie kookboek bekend te af aanpas en dit het gemaak stel. Kyk gerus na die nuutdat ek klomp lekkernye ste inligting oor die demonmoes uitdink sonder gluten, strasies wat hulle lewer by eiers, suiwel, suiker, soja en www.facebook.com/desserongesonde vette,” het sy ge- treallymatters of bel Mathilsê. “Gesond eet is lekker en da Venter: 072 502 6619 of Jamaklik. Jy moet jouself net nine van Zyl 074 182 5510.

ACVV vergader Die ACVV se jaarvergadering vind plaas op Dinsdag 21 Mei 10:00 in die ACVV-sentrum. Die gasspreker is Patricia Britz en sy sal praat oor die Kinderwet. Vir meer besonderhede of om te bespreek bel 021 887 6959.

Nuwe sateliet praktyk in Technopark. Drs André Truter en Trix van der Walt. Algemene Praktisyns.

1 Techno Drive Technopark Stellenbosch 021 880 1480 Suite 5 Morkelstraat Mostertsdrif Stellenbosch 021 886 7761 Beide kantore sal ook Botox aanbied en n skoonheidsdeskundige. atruter@vodamail.co.za www.thelaserclinic.co.za

18 000 copies distributed weekly in Stellenbosch,

3

Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013  

Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013

Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013  

Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013

Advertisement