Issuu on Google+

Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 15 • Tuesday 21 May 2013 | Tel. 021 887 2840

GESLAAGDE KARATEKAMP: Francois du Plessis se Goju-Kai Karateskool het die afgelope naweek (17–19 Mei) ’n baie geslaagde kamp (Gashuku) by die Drakenstein Kultuursentrum (buite Franschhoek) gehou. Meer as 120 studente van Paarl, Stellenbosch, Strand en Kaap het die kamp bygewoon. Studente het geleer van dissipline, respek, netheid, spanwerk en verantwoordelikheid. Heelwat graderings het ook plaasgevind. Hier is die kampleiers (agter van links) Fortune Niyabanga, Diane de Kock, Wongalethu Fandreki, Mari Treurnicht, Tredoux Nigrini, Francois du Plessis (Shihan), Lloyd Louw, Erin Hendricks, Marinus Eybers en Dirkie Heydenrych; (voor) Willem de Wet, Louie Schultz, Jeanine Lotter, Keanan Idas en Dylan de Kock.


2

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Tuesday 21 May 2013

MBA­studente neem skool onder vlerk Ses Stellenbosch MBA-studente het ’n klein Idasvallei-laerskool, wat hoofsaaklik minderbevoorregte kinders onderrig, onder hul vlerk geneem.

PW Serdyn, een van die MBA-studente wat betrokke is by St Idas Primêr, saam met ’n groep van die leerlinge.

Die MBA-studente het ’n deurlopende geldinsamelingprojek van stapel gestuur om die skool te bemagtig om bykomende onderwysers wat deur die skool self gefinansier word, in diens te behou. Die groep MBA-studente van die Universiteit Stellenbosch Bestuurskool (USB), beoog om deur werkende geldinsamelingstrukture ’n volhoubare finansiële posisie vir die St Idas Primêr te skep. Dié skooltjie het tans 254 leerlinge van gr. R tot gr. 7 vir kinders van Idasvallei, Kayamandi, Cloetesville asook die omliggende plase. As deel van hul praktiese gevallestudie vir strategie, onder leiding van prof. Marius Ungerer van die USB, is die studente se langtermyn doel om die beeld van St Idas te verbe-

ter en sodoende die gemeenskap, asook groot korporatiewe maatskappye, by die skool te betrek met die idee dat dit finansiële verligting sal bring. “Ten spyte van St Idas se finansiële behoeftes was ons nasionale wiskunde en geletterdheid-uitslae uitstekend. Ons gr. 3-leerders het ’n prys van die Wes-Kaapse Onderwys Departement gewen vir 30% verbetering in Afrikaans,” het skoolhoof Glynis Rippenaar gesê. Daar is tans ’n geldtekort vir onderwysposte wat deur die skool se beheerliggaam gedra moet word, wat kan lei tot ’n tekort aan onderwysers as die finansiële situasie nie verbeter nie. Die gevaar is dat die skool hul gr. R-klas sal moet staak sodat daardie salaris aan die huidige gr. 2- onderwyser betaal kan word. Dit is dus die MBA-studente se korttermyndoel om dié situasie te verhoed deur die skool se kwartaallikse braai-dae aan die breër Stellenbosch-gemeenskap te bemark as ’n

volhoubare en suksesvolle geldinsameling-inisiatief. Die eerste braaidag het reeds plaasgevind. In samewerking met die groep MBA-studente doen St Idas ’n beroep op die Stellenbosch-gemeenskap, sowel as maatskappye, om hierdie projek te ondersteun sodat meer onderwysers aangestel kan word. Die skool baat reeds deur die welwillendheid van SG Convenience, ’n afdeling van Super Group, wat as deel van hul sosiale verantwoordelikheid besluit het om by St Idas betrokke te raak. Die maatskappy wat kwartaalliks voorraad soos tjips, lekkernye en koeldrank aan die skool se snoepie skenk, daag nou ander maatskappye uit om ook betrokke te raak. Die volgende braai-dae vind op Vrydag 2 Augustus en Vrydag 29 November 2013 plaas. Besprekings kan op die voorafgaande Dinsdag van elke braai-dag by die skool gemaak word. Bel 021 886 6021 of stuur ’n e-pos na admin@stidasrkps. wcape.school.za vir besonderhede.

Store your weapons safely the weapon is not The Stellenbosch carried on your perSAPS have asked son or not under the public to be your direct control. careful and to comA further contraply with the law vention is when a when storing and person loses his /her transporting firefirearm or is otherarms and ammuniwise dispossessed of tion. the firearm owing to According to that person’s failure Capt Norman Davto lock the weapon ids, the commandaway safely or taker of the Firearms, ing reasonably steps Liquor, and Secto prevent the loss or ond Hand Goods ditheft of the firearm vision (FLASH) as well as not keepfirearms and ammunition must be The Stellenbosch SAPS have warned owners of fire- ing the keys to the stored and trans- arms to comply with legislation when storing or trans- safe or strongroom ported as pre- porting their firearms. PHOTO: FILE in safe custody. Davids warned scribed by the law. The legislation states that the firearms in the pre- that failure to comply with a person is guilty of an of- scribed safe, strongroom or the legislation could lead to fence if he or she fails to lock device for safekeeping when criminal prosecution.

Noodhulp: help ’n baba wat verstik Knip dié nuttige noodhulpwenk uit en raadpleeg dit tydens ’n noodgeval. Wanneer ’n baba verstik is die luggang gedeeltelik of heeltemal versper. Dié versperring moet so gou as moontlik verwyder word.

Stappe om te neem 1 Plaas die baba met sy/haar gesig na onder op jou voorarm en hou die kop laag (kniel op die vloer).

2 Gee tot vyf skerp slae, tussen die skouerblaaie, op die baba se rug. 5

6 Plaas twee

vingerpunte op die laer deel van die baba se borsbeen, een vingerbreedte onder die tepel, en gee vyf skerp stote in die borskas in.

7

Indien nie, gee tot vyf borsstote.

Herhaal die stappe tot die versperring losgekom het of hulp opdaag.

Draai 3 die baba om met sy/ haar gesig na bo op jou voorarm.

4 Kyk of die versperring al losgekom het.

8

Indien die baba sy bewussyn verloor, begin met kardiopulminêre resussitasie .

Bron: Netcare-opvoeding: Fakulteit van Nood- en Kritieke Sorg

SALOMÉ NOURSE, Grafika24

VWS Jonkershoek held a very successful open day to create awareness.

Kids had a blast fighting fire with volunteer firefighters The Fire & Fynbos Awareness Day, hosted by the Volunteer Wildfire Services (VWS) at Lievland Wine Estate, was a blast for all those in attendance. The public got to see the boys and girls in yellow displaying what they do best. It was also International Firefighters Day which means there was much to celebrate and the VWS were accompanied by the Stellenbosch Fire Department, BirdDog Aviation, Cape Leopard Trust, Cape Nature, Working on Fire, and Landrover Experience. Underprivileged farm children who are helped by the Anna Foundation took part in the Mellow Yellow trail run as part of their Reading, Running, Righting programme to teach and inspire the children. They loved doing all the activities and becoming fire-

fighters for the day. There were many prizes given out on the day by many generous sponsors. One of a kind teddy bear from Build-abear was one Children got to be firefighters for the day and learn of the popu- all about the work VWS does. lar prizes. The VWS is a volunteer or- base. The Fire & Fynbos Awareganisation that relies on donations from the general pub- ness Day is an annual event lic, which goes into the opera- and a must for kids of all ages. tional costs of the Make sure to diarise it for organisation. “None of our next year. Become a volunteer by vismembers are financially comtheir website at pensated and without cash do- iting nations from generous peo- www.capefires.com or follow ple, VWS would not be the or- them on Facebook and Twitganisation it is today,” said ter or by visiting www.faceMichael Brandt, marketing book.com/VolunteerWildmanager for the Jonkershoek fireServices or @vwsfires.

Ooggetuies gesoek Die Stellenbosch SAPD is op soek na ooggetuies van ’n ongeluk wat op 27 April op die Jonkershoek-pad plaasgevind het. Volgens lt. Nathalie Martin het ’n wit Bantam-bakkie ’n groenkleurige voertuig ver-

bygesteek, maar toe teen ’n motorfiets gebots. Twee jong vroue is ernstig beseer in die ongeluk. “Ons is op soek na die insittendes van die groenkleurige voertuig wat moontlik die ongeluk gesien het. Na bewering

het die voertuig by die toneel stilgehou, maar toe weer gery.” Die insittendes van die voertuig moet asseblief die ondersoekbeampte, sersant C.V. Mouton, by 082 453 9843 bel.


Tuesday 21 May 2013

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Twee tawwe koekies ANJE SMIT Mathilda Venter en Janine van Zyl is twee plaaslike jong sjefs wat albei baie sterk voel oor ’n gesonde leefstyl. ’n Nuwe kosbeweging, Dessert Matters, het onlangs danksy die twee die lig gesien.

Huise in Lanquedoc.

FOTO: ANIKA MARAIS

Lanquedoc sukkel met dwelms en smokkelhuise ANIKA MARAIS Lanquedoc is ’n “stortingsterrein” vir maatskaplike probleme. “Hier is nie werk nie. Hier is net armoede, dwelms en smokkelhuise. Ons moet maar net voortploeter.” Só meen Neale Kleinschmidt, gemeenskapsleier en koster van die St. Giles Anglikaanse Kerk in Lanquedoc. In dié gemeenskap, net buite Pniel, is dwelms volop én maklik beskikbaar. “Ons het net drie weke gelede twee graad 2-leerlinge buite die skool gevang dagga rook,” sê Ruben November, skoolhoof van die Pniel Primêre Skool. “Dis ironies. Daar is amper nie geld vir kos nie, maar daar is altyd geld vir dwelms.” Bykans 400 huisgesinne is

sowat agt jaar gelede van plase in die omgewing na Lanquedoc in die Dwarsriviervallei tussen Franschhoek en Stellenbosch verskuif. Anglo American het al hul wingerde en boorde in dié omgewing verkoop. Vier honderd huise is kort daarna in Lanquedoc gebou en plaaswerkers is na dié dorpie verskuif. Werkloosheid is die grootste probleem in dié area, sê Elmarie Kotzé, maatskaplike werker van die ACVV-tak in die Paarl. “Die Rhodes-vrugteplaas se inmaakfabriek het ook verlede maand toegemaak en 160 mense in die omgewing het hul werke verloor.” Smokkelhuise, waar dwelms en alkohol onwettig verkoop word, blyk vir baie inwoners die enigste inkomste te wees. “Hulle dink dit is

die beste manier om kos op die tafel te kry. Hierdie plek is besig om te verval,” sê Mona Kleinschmidt, inwoner van Lanquedoc en sekretaresse van die Boschendal Treasury Trust. Dié trust beoog om gemeenskapsprojekte in Lanquedoc te begin. Koeldrank en tjips is spotgoedkoop by kafees beskikbaar, sê ds. Leon Klate van die Congregational-gemeente Pniel. “Maar dit is net ’n front vir die ander produkte wat hulle óók verkoop. Die eintlike produkte word nie eers geadverteer nie, maar die mense weet waar om dit te kry.” Mona en Neale Kleinschmidt het egter nog nie moed verloor nie. “Ek glo hier kan nog wonderwerke gebeur en dit is waarom ek betrokke bly,” sê Mona. “Ons kan dit mos nie net so los nie?”

Training for the unemployed Stellemploy will present a gardening skills training programme from 3 to 14 June. The course is only available to unemployed people or parttime workers older than 18 years and younger than 35 years. The training programme is accredited at Agriseta and presented by Phezukomkho-

no Training Services. Stellemploy receives meal donations from local churches for the trainees during the course and the course itself is sponsored by the Stellenbosch Municipality. Anyone interested in attending the training programme should phone or visit Stellemploy as soon as possi-

ble as only 12 people can be accommodated on the course. Possible candidates must also be permanent residents of the greater Stellenbosch Municipality. For further information on the gardening course please call Gaino or Betta at 021 886 6993 or send an e-mail to info@stellemploy.org.

Mathilda het bekendheid verwerf as finalis in kykNET se kookprogram, Kokkedoor, en Janine het naam gemaak met haar Cold Gold organiese roomys. Mathilda en Janine studeer tans verder in Voedselweten- Janine skap. “Ek het nog altyd ’n vreemde verhouding met kos gehad. Dit was vir my soveel meer as net iets om my aan die lewe te hou. Ek het gedurig die smake, geure en teksture probeer analiseer en na-aap nadat ek iets nuuts geëet het. Ek het kookkuns geswot by ICA – die Franse manier vol botter en room – en daarna my passie vir gesonder kos ontdek,”

daarvoor oopmaak en ’n kopskuif maak. Jy kan soveel van jou skete en pyne genees sonder pille wat jou liggaam nog verder aftakel en slegs die simptome onderdruk of behandel deur net jou liggaam te voed met die regte voedsel,” verduidelik Mathilda oor die boodskap wat hulle wil oordra gedurende die kursusse wat hulle aanbied. “Ons doel is om mense bewus te maak dat gesond eet ook lekker is, en soms lekkerder eet kan beteken. Baie mense dink as iets nie room, suiker en/of botter bevat nie, gaan dit nie lekker wees nie,” van Zyl en Mathilda Venter. FOTO: ANJE SMIT voeg Janine by. Die twee jong vroue ontwikkel self resepte vertel Mathilda. Volgens Janine is haar volgens persoonlike dieet passie vir gesond eet gebore vereistes en hulle droom uit ’n klomp allergieë. “Ek daarvan om een van die dae moes my dieet van skooltyd ’n eie kookboek bekend te af aanpas en dit het gemaak stel. Kyk gerus na die nuutdat ek klomp lekkernye ste inligting oor die demonmoes uitdink sonder gluten, strasies wat hulle lewer by eiers, suiwel, suiker, soja en www.facebook.com/desserongesonde vette,” het sy ge- treallymatters of bel Mathilsê. “Gesond eet is lekker en da Venter: 072 502 6619 of Jamaklik. Jy moet jouself net nine van Zyl 074 182 5510.

ACVV vergader Die ACVV se jaarvergadering vind plaas op Dinsdag 21 Mei 10:00 in die ACVV-sentrum. Die gasspreker is Patricia Britz en sy sal praat oor die Kinderwet. Vir meer besonderhede of om te bespreek bel 021 887 6959.

Nuwe sateliet praktyk in Technopark. Drs André Truter en Trix van der Walt. Algemene Praktisyns.

1 Techno Drive Technopark Stellenbosch 021 880 1480 Suite 5 Morkelstraat Mostertsdrif Stellenbosch 021 886 7761 Beide kantore sal ook Botox aanbied en n skoonheidsdeskundige. atruter@vodamail.co.za www.thelaserclinic.co.za

18 000 copies distributed weekly in Stellenbosch,

3


4

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

Tuesday 21 May 2013

Dra jou tekkies vir Kindersorg Die eerste Tekkie Tax-projek sal landswyd op Vrydag 31 Mei plaasvind, waarby Kindersorg SA: Stellenbosch ook betrokke is. Die publiek word aangemoedig om ’n Tekkie Tax-plakker te kry vir ’n donasie van R10. Daar kan ook spesiale veters met ’n tekkie-embleem aangekoop word teen R30. Deur Kindersorg SA Stellenbosch te ondersteun met ’n plakker of die spesiale veters sal mense op 31 Mei aangemoedig word om tekkies saam met hul plakkers te dra. So sal die publiek met trots kan wys hoe hulle omgee vir die kinders van Stellenbosch en dus vir die wêreld wys dat hulle, hulle “tax” betaal het. Die plakkers kan by Kindersorg SA: Stellenbosch in Helshoogteweg gekoop word. Bel 021 887 2816 of stuur ’n e-pos na cwsa_eerste@mweb.co.za of cwsastudents@mweb.co.za.

21 Mei )Alkoholiste Anoniem (AA Stellenbosch Sentraal) ontmoet om 20:15 by die NG Kerk Stellenbosch-Wes in Alexanderstraat. Bel die AA by 084 293 3967 vir meer inligting. )Stellenbosch Blommeklub vergader in die NG kerk Stellenbosch-Wes se kerksaal. Tee van 09:30 en die vergadering om 10:00. Kom kyk wat maak die klub met “Pick A Box”. Bel Greta van der Merwe by 021 886 5367 / 072 202 4572 vir meer inligting. )ACVV-Jaarvergadering om 10:00 in die ACVV-sentrum. Gasspreker Patricia Britz rakende die Kinderwet. Vir meer inligting of om jou bywoning te bevestig bel 021 887 6959. Almal is welkom.

22 Mei )Die Stellenbosse Heemkring se ledevergadering word om 19:00 in die Erfurthuis in Ryneveldstraat gehou. D. Simons en L. de Waal sal oor die onderwerp “Jamestown Erfenis” praat. Alle belangstellendes is welkom om die vergadering by te woon. Bel 021 883 3611 vir enige navrae oor die Heemkring, die vergadering of om jou bywoning te bevestig.

23 Mei )Alkoholiste Anoniem (AA) sowel as Alanon, ter ondersteuning van familie en vriende van verslaafdes, ontmoet om 20:15 in die NG Kerk Stellenbosch-Wes in Alexanderstraat. Bel die AA by 084 293 3967 of Alanon by 021 889 5791 vir meer inligting.

31 May )Lynedoch United Football Club disco. Theme: Dressed to kill. Oostenberg Lodge, Kuilsrivier, from 20:00 to 02:00. Entrance is R20. Call Shaun: 0 073 298 2993 or Anton: 0 072 404 7117.

Dans ten bate van outisme Die Ondersteuningsgroep vir persone met Outisme bied ’n dans op 24 Mei aan. Dit sal om 20:00 begin in die Weber Gedenkskoolsaal in Jamestown en toegang is R70 per persoon. Alle gaste moet hulle eie xyz en platters saambring. Kallies Dance Band sal die musiek maak. Bel 083 679 2863 of 073 147 6208 vir meer inligting.

Cloetesville netbal is weer op die been Netbal in Cloetesville het weer opnuut vlamgevat en alle belangstellende klubs word genooi om kontak te maak met die nuwe Cloetesville Netbal-unie. Bel asseblief vir Merilyn by 071 871 7077 of Magaret by 078 755 8089.

Arthritis group to meet The Arthritis Foundation will meet on Monday 27 May at the Vergelegen Mediclinic. Erika Schwabe from the Stellenbosch physio- and occupational therapy group will speak on the topic “Therapy in Action”. The meeting will start at 19:00 and entrance is free. Everyone is welcome to attend. Please call Aletta van der Watt on 083 270 4842 for further information.

VOORTREKKERS VERKEN STELLENBOSCH: Die Stellenbosch Voortrekkers was onder die sowat 40 gr. 6-leerlinge en 16 volwasse lede van tien Voortrekkerkommando’s in die Wes-Kaap wat op 3 en 4 Mei gedenkwaardighede in Stellenbosch besoek het. Hier is ’n paar Voortrekkers (agter van links) Karli Prins, Wian Ooosthuizen, Divan Visser, Carel-Heinz Burger en Wilma Ferdinando by die ossewa in die Langenhoven-studentesentrum op die Universiteit Stellenbosch-kampus.

Kom smul saam by Huis Horison se kermis Huis Horison se gewilde winterkermis word vanjaar op 8 Junie by die sentrum in Onder-Papegaaiberg gehou. Besoekers kan weer uitsien na heerlike koek, tert en koffie, kinderstalletjies, smullekker ontbyt en wegneemetes soos kerrie op rys of vetkoek, spitgebraaide skaapvleis op broodjies, tradisionele afval, skaapkop en skilpadjies, hoenderpasteie, bobotie, Indonesiese geregte, aartappelskyfies of heerlike worsbroodjies. Soetgoed sluit onder meer

pannekoek, poedings, stroopsoet koeksisters, koekies en fudge in. Die stalletjies is van 09:00 tot 14:00 oop. Boekliefhebbers sal ook weer ’n fees by die boekstalle-

tjie hê, terwyl die mooiste handgemaakte produkte, die skeppings van die inwoners, verkoop sal word. Sien ook uit na tuisgemaakte wors en biltong, wyn van verskeie wynkelders, plante, groente en vrugte, tweedehandse klere, pottebakkerswerk en suurlemoenprodukte. Om ontbytkaartjies te koop of gebakte skaapkoppe vooraf te bestel bel asseblief vir Helene Jacobs by 021 887 5080 of 2 bemarkingadmin@huishorison.org.za.

Werksentrum hou basaar Die Stellenbosch Werksentrum vir Volwasse Persone met Gestremdhede se basaar word op Saterdag 1 Junie by die VGK-saal in Langstraat, Cloetesville in Stellenbosch gehou. Die basaar begin om 09:00 en lede van die publiek word uitgenooi om die sentrum te ondersteun. Daar gaan iets vir elkeen in die huisgesin teen bekostigbare pryse wees. Benewens die normale ge-

bak, waaronder koek, ander soetighede en tuisgemaakte brode, sal daar plaas-vars groente en vrugte en selfs wegneem-etes soos worsrolletjies, slaptjips en kerriedisse beskikbaar wees. Die sentrum se selfvervaardigde artikels, soos gebreide handsakke en leeritems, sal ook te koop aangebied word. Die sentrum beoog om met hierdie geldinsamelingspoging die programme

van die sentrum verder uit te bou, terselfdertyd oueren gemeenskapsbetrokkenheid aan te wakker, en die gemeenskap opnuut bewus te maak van die aktiwiteite waarmee persone met gestremdhede daagliks by die sentrum besig is. Besighede wat nog bydraes tot Stellenbosch Werksentrum se basaar wil maak, kan Phil Williams en Marlese Robertson by 021 887 8688 bel.

Argief-werksessie later vanjaar ’n Inleidende argief-werksessie, geskik vir bibliotekarisse, museum- en erfenisbeamptes, dokumentering- en argief-assistente, word van 27 Augustus tot 29 Augustus by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl aangebied. Die fasiliteerder, Pétria Marais, is ’n gekwalifiseerde argivaris met baie jare se erva-

ring. Die werksessie sluit praktiese oefeninge in en fokus op onderwerpe soos die verskille tussen biblioteke, argiewe en dokumentesentrums; insameling en aanwins, waardebepaling (insluitende die waarde van rekords asook afskryf-instruksies); sortering en rangskikking; beskrywing/indek-

sering; bewaring; die rampbestuurplan; en wenke oor die ontsluiting van argiewe. Die kursusfooi is R2 000 per persoon en sluit ’n ligte middagete en koffie/tee in. Bel Amira Clayton by 021 863 4809/0543 of stuur ’n e-pos na kommunikasie@taalmuseum.co.za vir meer inligting.

Bus tour on Garden Route The Stellenbosch Anglican Chaplaincy Trust will be hosting a charity tour by luxury bus along the Garden Route to Knysna and Plettenberg Bay from 10 to 13 October. Tickets will cost R1 675 per person sharing. The ticket includes transport, ultra luxury accommodation on the Knysna Waterfront and one main meal per day at top selected restaurants. A deposit of R375 by mid-June will secure a reservation (seats are limited). For more information, phone the Anglican Chaplaincy trustees Lionel Cloete (082 850 7845) or Bereneace Katts (074 580 8227).

Tips on healthy grocery shopping The Nutritional Support Group will meet on Tuesday 4 June in the Vergelegen Mediclinic restaurant. Sanmare MacRobert and her colleagues for June’s Nutrition Support will give a talk on “Trolley Run: What to put in your shopping basket”. The “must buys” and “must avoids” when doing grocery shopping will be discussed. The talk will start at 18:00 and entrance is free. Bring along R5 to enter the raffle to win a nutritional goodie bag. To book your seat call Tracy on 021 851 6228.

VGK Vlottenburg hou reünie Die VGK Vlottenburg hou 1 Junie vanjaar ’n reünie bring-en-braai. Alle gemeentelede, van 1963 af, word genooi om dié spesiale geleentheid by te woon. Dit sal 14:00 in die VGK Vlottenburg-kerksaal begin. Bel asseblief vir Desmond Solomons by 082 757 2190.


Tuesday 21 May 2013

News - Nuus

Stellenbosch Gazette

5

Mediterranean ‘bread’ pizza

Percy Sledge is one of the artists to perform at GrandWest’s Music Alla Kaap™.

Music Alla Kaap™ at GrandWest a must Following the very successful Music Alla Kaap™ celebrating Zayn Adam last year, Alistair Izobell Productions is proud to announce Music Alla Kaap™ 2013 in association with Heart 104.9fm. The legendary US artist Percy Sledge, iconic South African PJ Powers, Cape Town’s party band The Rockets, featuring two original members Colin “Bones” Delight and Molly Baron, top Cape vocal group The Boyz, as well as last year’s headline Zayn Adam

will be performing on the night. “After three sold-out performances I was under immense pressure to present a bigger and better show,” said event producer Alistair Izobell. “We have decided to celebrate the iconic 80s in this star studded spectacular. “All the artists on the bill having worked together on Percy’s SA tour in 1984 and again in the early 1990s. “The Rockets and PJ’s Hotline supported the US artist and we added The Boyz who aspired to walk in their foot-

steps at that time.” The show will be a celebration of great music, a 15 piece band headed up by Cape Town’s top music directors, produced and conceptualised by Alistair Izobell and hosted by Cape Town’s own diva Shaleen Surtie-Richards. Don’t miss out on this exclusive Cape Town experience. The show will take place at the GrandWest Grand Arena on 24 and 25 May at 19:00. Tickets cost R135 to R245 and are available from Computicket. For more information visit GrandWest on Facebook.

Method This easy recipe can be Preheat the oven to changed to suit your 200 °C. Flatten the bread needs and is a delicious slices with a rolling pin. replacement for a famiMix the garlic and olive ly pizza. oil and brush the slices of Preparation time: 15 bread with it. minutes. Fry each slice on both Cooking time: 5 min. sides in a griddle pan unServes 2. til the brown etching Ingredients lines appear on your For the pizza base: bread. ) 4 slices of bread Mash the sundried to) 2 cloves garlic – grated An easy replacement for a healthy meal. mato up with a fork and ) 3 Tbs olive oil PHOTO: WWW.FOOD24.COM then smear it on one side of the bread. Add the mozTopping: zarella and all the toppings. ) Calamata olives ) 140 g sundried tomato Pop in the oven at 220 °C ) 1 large onion – sliced ) 1 small block of mozzaand slowly fried in a bit of until the cheese is melted rella cheese ) dried origanum (op- olive oil until golden brown and bubbly. Serve with fresh rocket, To serve: tional) – a very small pinch ) Rocket, fresh basil, basil and chopped chillies. per “pizza” Recipe www.food24.com fresh chillies ) 8 slices cooked salami

Join the conversation about King David A very informative public lecture on the archaeological excavations at the “City of David” in Israel will be presented by Prof Martin Klingbeil at Helderberg College, Somerset West this coming Saturday. The talk will take place from 15:30 to 17:00 on 25 May. The findings were so significant and resulted in such a public debate that both CNN and BBC have made documentaries on it, and it

has been featured as a cover article in National Geographic (December 2010). The lecture entitled The Battle over King David – Excavating the Fortress of Elah, will focus on who David was, a poet, a hero, a king, and founder of a dynasty. The story of the young shepherd boy who defeated a giant and became king of Israel is the stuff of legends. But the biblical story of King David is at the heart of

Israel’s history. Without David, there is no founder of Jerusalem, there is no author for the Psalms and no United Monarchy of Israel. Without David, there is no Messiah. Originally from Germany, Prof Klingbeil is no stranger to South Africa, having obtained his DLitt in Ancient Near Eastern Studies at Stellenbosch University in 1995. Call 082 881 4982 or e-mail mklingbeil@southern.edu for more information.


6

General - Algemeen

Stellenbosch Gazette

Tuesday 21 May 2013

Jaarlikse bonsaiveiling binnekort Die Boland Bonsai Kai hou Saterdag 25 Mei sy jaarlikse bonsai-veiling by die Cape Town Fish Market in Ryneveldstraat. Pietman Retief is die afslaer. Die veiling sluit ’n ontbyt in wat om 09:00 begin. Daar sal ’n keuse wees van ’n buffet

vir R75 per persoon of ’n bord spek en eiers, wors en roosterbrood vir R35 per persoon. Die veiling sal daarna om 10:00 in die ontvangslokaal begin. Bespreek by Marie-Louise by 082 715 0856 of by Chris by 072 700 5308 as jy

die veiling gaan bywoon en watter ontbyt jy verkies. Mense wat bome op die veiling wil verkoop, moet ook met Marie-Louise in verbinding tree. Vir nadere besonderhede oor die bonsai-veiling, bel gerus vir Willem Pretorius by 083 260 5696.

Die Internationale Astronomie Unie en Universiteit Stellenbosch het Donderdag 16 Mei ’n uitreik gedoen by die Kuyasa-sentrum in Kayamandi. Hier is die US-studente by die leerlinge van die Kuyasa-sentrum in Kayamandi met hul handgemaakte Galileo-teleskope.

Treat dad on Father's Day Those looking to take the stress out of planning a treat for dad on Father’s Day should book a delicious Sunday lunch at the Devon Valley hotel on 16 June. The lunch will be served at the hotel’s Flavours restaurant. Markus Schwemberg-

The buffet is R160 per person, with children under 12 at half price and children under three for free. Space is limited. Make your booking with Erin Meyer on 021 865 2012 or send an email to bookings@devonvalleyhotel.com.

er is the executive chef. The Father’s Day lunch consists of a buffet of authentic, contemporary Cape cuisine. All dad’s will also receive a complimentary glass of SylvanVale Dry Cabernet Rose and a small gift from the hotel.

Hier wys Ernst Jordaan (heel regs) van die US vir die leerlinge by Kayamandi se Kuyasa-sentrum die maan van naby. FOTO: ANJE SMIT

Jamestown Metodiste Kerk vier 58ste bestaansjaar Die Metodiste Kerk in Jamestown vier sy 58ste bestaansjaar op Sondag 9 Junie. Die feesvieringe sluit ’n optog, ’n og-

genddiens om 09:00 en ’n middagdiens om 15:00 in. Almal is welkom om die feesvieringe op hierdie geskiedkundige dag by te woon.

www.olx.co.za | www.eikestadnuus.co.za

Vir meer inligting oor die bestaansjaarvieringe of om betrokke te raak, bel Dale Simons by 082 788 4904.

Eikestadnuus 021 887 2840

1141

PERSOONLIKE DIENSTE 34

Spyseniering Catering DECKSTER'S CATERING. Décor / Hiring. Menu's from R110.00. Includes: crockery, cutlery, white tablecloths, white chair covers, organza backdrop, arch & red carpet. Contact Ielaahm or Rene. 021 371 4507 / 082 324 9486. www.decksterscatering. co.za

ALGEMENE DIENSTE 108

Geld/lenings Money/Loans DO YOU NEED A LOAN to cover other loan payments? We can help. SMS help to 074 441 3658 or please call me. Deon

Algemene Dienste General Services DR NILSON Marriage problems. Love problems. Pregnancy problems. Remove bad luck and evil spirits. Sexual problems. Financial problems. Win big contracts, tenders and court cases. Also unfinished work with other doctors. 078 229 1030 Stellenbosch. Call for appointment. NEW HORIZON'S DEKOR. Blindings, sonskerms en vlieësiwwe. ( Fabian: 021 886 6453 of 083 348 1703 . Epos: nhdecor@telkomsa.net

10th Wacky Wine promises to be bigger and better Spesiale dienste

The 10th Wacky Wine weekend, with kykNET as the new headline sponsor, will be held in the Robertson Wine Valley from 6 to 9 June 2013. Wacky Wine now draws over 18 600 visitors to the valley annually. The theme this year is “celebration” and promises to be more festive and wacky than any other year. Wacky Wine has also launched a 2013 charity drive for winter. Festival-goers are invited to join the Robertson Wine Valley in supporting their local charities. Blankets and winter clothing, for all ages, can be donated for those less fortunate. In return the valley will reward you with wine, according to the weight of your donation, with a maximum of a six-bottle case of wine which weighs about 9 kg. Donations that weigh less than a bottle of wine will be rewarded with vouchers for wine purchases at the La Verne online wine shop

(www.lavernewines.co.za). All donations can be handed in at the Robertson Wine Valley office, on the corner of Voortrekker and Reitz Streets, Robertson. As part of the ten-year celebration, members of the local community have also been commissioned to produce the ±18 000 Wacky “goodie bags”. This provides much-needed employment for the local community and the opportunity to learn new skills for the future. The Robertson Wine Valley has teamed up with Langeberg Doulos Trust and the bags were produced from recycled cement bags. They can be ordered by sending an email to manager@robertsonwinevalley.co.za. During the four days of the festival 48 wineries will be showcasing their wines and myriad key attractions. Each day will have a signature wine theme catering for all palates. There will be various tastings, delicious food to savour and fun activities such as “meet-the-winemaker”

tastings, brandy tours and tastings, fun wine competitions, river cruises, tractor trips, cheese and olive tastings, a simulated rodeo bull, a mountain bike challenge and a fresh goods market and local performing artists. As part of the Robertson Wine Valley’s commitment to ensure a safe festival, a zero tolerance policy is implemented towards drinking and driving. Visitors are requested to make use of the Buddy Bus or appoint their own designated driver. The cost for the festival is R100 a passport, which is valid for the whole weekend. It includes a tasting glass, free 25 ml wine-tasting samples, and a goodie bag with some great surprises, as well as the programme highlighting some special offers. For further enquiries call 023 626 3167, send an email to manager@robertsonwinevalley.com or visit the website at www.wackywineweekend.com.


Dinsdag 21 Mei 2013

General - Algemeen

Stellenbosch Gazette

Helping graduates shift from campus to corporate Attending graduation and obtaining a degree is the day that all students look forward to. However the euphoria soon wears off when people start asking, “What’s next?”. Knowing that South Africa has a high number of unemployed graduates isn’t a comforting thought either, but online platforms like careerssa.net provide potential and recent graduates with access to numerous tools and resources to help them plan and begin their careers. Depending which statistics are considered, there are between 300 000 (National Skills Development Handbook) and 600 000 (Adcorp Employment Index) unemployed graduates in South Africa. And this high number is not exclusive to South Africa; unemployment at graduate level is in fact a global concern. An analysis of government data conducted for the Associated Press in America found that an estimated 1.5 million, or 53.6%, of bachelor’s degree-holders under the age of 25 in 2011 were unemployed or working in a job that doesn’t require a bachelor’s degree. “Although part of the problem is systemic – there are just not enough jobs out there – there are still things that graduates can do to increase their chances of success.” says Samantha Crous, CRF Institute Regional Director: Africa & Benelux, the organisation behind careerssa.net. “Several graduates are

making mistakes which can be prevented when applying for work.” According to the South African Graduates Development Association (SAGDA) there are various reasons why graduates struggle to secure their first job. Common challenges include a poorly presented resume, a lack of interview handling skills, poor verbal and non-verbal communication and inadequate work exposure and experience. Lindsay Gibson, Marketing Manager at the CRF Institute, agrees with SAGDA’s findings. When visiting campuses around South Africa to distribute careerssa.net and to facilitate free job hunting workshops to graduates, Gibson realised that graduates have a gap in knowledge regarding the working world. “Knowing where to find a job is one thing but the various nuances on how to find one and how to fit into the corporate world can be overwhelming. That’s where we feel careerssa.net can help – we have all the job hunting tools graduates need in one place. From what an employment contract can look like, CV tips and templates, alternatives to corporate jobs and more.” “We want to help all South African graduates shift as painlessly from their reality on campus to the new world of work.” Careerssa.net provides graduates with a four-step cycle, which gives them access

to various tools and resources to help them begin their careers and counter the challenges that prevent several graduates from landing their dream jobs. 1. Know yourself: This section includes a matching tool where graduates can discover which industries and companies suit their personality traits. 2. Make a decision: This tab features the profiles of South Africa’s top graduate employers such as Standard Bank and Accenture, expert articles and video interviews with employers and recent graduates who work at these companies. 3. Getting ready: Here graduates can receive interview tips and advice on how to create their CVs and cover letters. 4. Apply online: This section provides graduates with links to online job vacancies and applications. “Along with our website, graduates can also find us on Facebook and Twitter for career guidance and information,” says Crous. “We live in a digital era and it’s essential that we incorporate social media as one of our modes of communication to help graduates begin their careers.” For some the transition from campus to corporate is smooth but for others it’s an overwhelming adjustment. Visit www.careerssa.net for more information and career guidance.

OUD-BLITSBOKKE IN AKSIE: Twee oud-Springbok-sewesrugbyspelers het die afgelope naweek ’n tagrugby-wedstryd gespeel om die spel te bemark. Hier is Neil Powell in aksie. FOTO’S: EUNICE VISAGIE

Wie is oulikste Eikestad-onnie? EUNICE VISAGIE Eikestadnuus is op soek na Stellenbosch se Gunstelingonnie. Die enigste manier vir onderwysers om dié kompetisie te wen, is vir leerlinge om hul onderwysers nomineer. Nominasies geskied deur middel van ’n motiveringsop-

stel van 150 woorde oor hoekom jy dink jou onderwyser moet met die titel as Stellenbosch se Gunsteling-onnie wegstap. Hoërskool- én laerskoolonderwysers kan in aanmerking kom. Eikestadnuus sal elke week een van die opstelle plaas en die ander onderwysers wat be-

noem is se name sal ook bekend gemaak word. Die stemproses sal geskied deur middel van SMS’e. Die algehele wenner van die kompetisie sal op 31 Julie aangekondig word. Vir meer besonderhede bel Eunice Visagie by 021 887 2840 of stuur ’n e-pos na eunice.visagie@eikestadnuus.com.

Hier is Marius Schoeman.

7


Stellenbosch | Franschhoek | Pniel | Kylemore

Year 15 • Dinsdag 21 Mei 2013 | Tel. 021 887 2840

Sport in kort Pniel kry ’n vroue­rugbyspan

Die Pniel Villagers­rugbyklub se program vir 2013 sluit die begin van ’n eerste amptelike vroue­rugby­ span in. Die span sal in die WP­rugbyunie se vroueliga meeding. Die klub nooi alle belangstellende vroue ouer as 18 jaar uit om die oefening by te woon. Oefening sal weekliks op ’n Dinsdag plaasvind. Vir meer besonderhede bel Andria Stubbs Men­ toor by 083 303 9565.

Golf fundraiser for Maties Swimming

PSG BORG KOSHUIS-SOKKER: PSG op Stellenbosch is die amptelike borg van Dagbreek se eerste sokkerspan.

Impi Challenge returns to Lievland, Stellenbosch The much anticipated New Balance Impi Challenge will return to Lievland Wine Estate and Wiesenhof Legacy Park, Stellenbosch the weekend of 19 – 20 October. Two lucky Eikestadnuus readers stand the chance to win a New Balance Impi Challenge hamper to the value of R670. Each hamper will include an entry into the Impi Challenger race, an Impi visor and an exclusive 2013 Impi vest. To be eligible for this prize, send the answer to the following question, your name, surname and vest size to Eunice.Visagie@eikestadnuus.com. Question: Who is the title sponsor of the Impi Challenge? For more information on the New Balance Impi Challenge contact Hayley Weinberg on 073 411 5575, email info@impichallenge.co.za or visit www.impichallenge.co.za.

Finale Boland skole rugbyproewe teen WP Die Boland Hoërskole Rugby Unie bied op Woensdag 22 Mei finale proewe aan vir die kies van die Boland skole-spanne teen WP op CPUT se velde in Wellington. Die program vir die dag se aksie is soos volg: A-VELD (o.18’s): 14:30-15:35 – Boland C t WP C; 15:40-16:45 – Boland B t WP B; 16:50-18:00 – Boland A t WP A. B-VELD (o.16’s): 14:30-15:35 – Boland t WP (o.16 meisies); 15:40-16:45 – Boland B t WP B (seuns); 16:50-18:00 – Boland A t WP A (seuns). Toegangsgelde is R5 vir kinders in skooldrag (spelers uitgesluit) en R10 vir alle ander persone (keurders, afrigters en spanbestuurders uitgesluit).

Stuur nou nominasies Nominasies vir Let’s Play/Eikestadnuus Sportster vir Mei moet op die laatste Vrydag, 31 Mei ingestuur word. Die enigste manier om op dié manier erkenning aan jou skool se sportsterre te gee, is deur ’n e-pos met die nominasie en motivering aan eunice.visagie@eikestadnuus.com te stuur. Net skole kan nominasies instuur. Die maandelikse wenners kom nie net in aanmerking vir die sportster van die jaar nie, maar kan ook die wenner van die Hennie Pietersenwisseltrofee wees. Dié trofee gaan aan die wenner wat uit al die streke se wenners gekies word. Skole word herinner om ook spanne te nomineer vir die sportspan van die maand-kompetisie. Vir meer besonderhede 0 021 887 2840.

The Maties Swimming Club’s Golf Day is Friday 31 May at the Stellenbosch Golf Club to raise funds for the club. The format will be a four­ball Alliance Stableford – two scores to count. The swimming club has a history of excellence, producing multiple olympians, an olympic medallist, Commonwealth Games’ medals and national cham­ pions. After the London Olympics the club realised that as a club they stand on the threshold to continue as before or to strive towards something better. They have seen the need to be forward thinking and in­ novative. To take the club to the next level they need to work towards bridging the gap between just being good and being the best. For information or to register for the golf day con­ tact Lise Veldsman at 0 082 776 2595, 021 910 1384 or 2 crislise@iafrica.com.

Cellar2Cellar Trail Run

Entries for the 4th annual Cellar2Cellar Trail Run & Wine Experience on Saturday 7 September are open. Starting and finishing at Blaauwklippen, partici­ pants can choose between a fun 12 km wine experi­ ence, a 12 km trail run and a 20 km trail run. According to Pieter du Plessis, Cellar2Cellar race director, the 12 km wine experience is unique in that there are seven wine estates that will offer two tast­ ings per cellar. For further information or to enter the Cellar2Cellar Trail Run & Wine Experience visit www.cellar2cellar.co.za, call Agne du Plessis on 082 517 4799 or email entries@iqela­events.co.za.

Nine­to­Five MTB Action at Delvera

Mountain bike enthusiasts, leisure cyclists and spectators can look forward to an action­packed day of fun at the eighth Dirtopia Nine­to­Five Mountain Bike Team Relay taking place at Delvera Farm on Monday 17 June, a public holiday. Competitors’ endurance levels will be put to the test with entrants trying to finish as many 7 km laps as possible in an 8­hour time period. The concept is similar to a 24 hour event. The route is easy enough for riders across all levels and fast laps will ensure lots of activity in the transition area. Riders can participate in three categories: solo, teams of two or teams of four. For more information or to enter mail info@dirto­ pia.co.za or phone 021 884 4752.

Skryf nou in vir Bergrivier

Inskrywings vir die Bergrivier­kanomarathon van 10 tot 13 Julie is oop. Besoek www.berg.org.za.

ENTRIES OPEN FOR MOUNTAIN WARRIOR TRAIL RUN FESTIVAL: Entries for the third annual Mountain Warrior Trail Run Festival will open on Friday 24 May. Taking place on Saturday 31 August and Sunday 1 September the Mountain Warrior Trail Run Festival will give trail-running enthusiasts the perfect opportunity to experience the beautiful slopes and contours of the Stellenbosch and Simonsberg Mountains as well as a major section of the Greater Simonsberg Conservancy. For further information or to enter the Mountain Warrior Trail Run Festival visit www.mountainwarrior.co.za, contact Agne du Plessis on 082 517 4799 or email entries@iqela-events.co.za. PHOTO: CHRIS HITCHCOCK


Stellenbosch Gazette 21 Mei 2013