Page 1

Drakenstein

Year 4 • Friday 31 January 2014 | Tel. 021 870 4600 | SMS 32365

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

In the Paarl Post ) More suspects sought in Rousseau murders ) Geyser control device blamed for fire ) Win tickets to Franschhoek Festival

Gazette wenner

3 Pret vir kinders

7 Atletiek skop af

Vervalle huis pla

Inwoners van Playstraat, Paarl-Oos, is raadop oor die haglike omstandighede en misdaad rondom ’n huis in dié straat. Lees meer op bl.2.

FOTO: DEVIDEAN MOSES

8


2

News - Nuus

Drakenstein Gazette

Friday 31 January 2014

Genoeg is genoeg, sê inwoners oor probleemhuis in Paarl­Oos DEVIDEAN MOSES Inwoners van Paarl-Oos leef dag na dag in vrees vir verdagte persone wat ’n verlate en vervalle huis in Playstraat 20 beset. Die huis word sedert 2004 verwaarloos nadat die eienaar, William Richards, oorlede is. Volgens inwoners van die straat het een van sy seuns, wat in die huis woon, sedertdien die huis laat verniel. Talle Playstraat-inwoners wat anoniem wou bly, sê dat die huis gebruik word vir kriminele aktiwiteite soos dwelmgebruik en -smokkelary, prostitusie en dít het bygedra tot ’n toename van inbrake in hul buurt. “Daar word helder oordag vure binne en buite die huis gemaak en oral gemors,” vertel een straatinwoner. Nog ’n straatinwoner het op haar beurt gesê dat die plakkers geen sanitasiegeriewe het nie. “Dit is onhigiënies vir die dagsorg langs die huis om te funksioneer, omdat die plakkers van die erf ’n toilet maak. Ons kan nie nog langer so lewe nie,” meen die gefrustreerde inwoner. Ao. Anthony Sauls van Paarl-Oos-polisie sê dat hulle talle kere die vervalle huis deursoek

het omdat inwoners daaroor gekla het. “Dit is onhigiënies en onveilig en dit bevorder misdaad”, sê Sauls. Van die bekommernisse is ook dat dié vervalle huis en die verdagte persone nie net vir die straatinwoners onveilig is nie, maar ook vir die skoolkinders van Ebenezer Primêr wat bedags die straat moet gebruik om huiswaarts te keer. Inwoners sê dat hulle moeg is vir al hierdie insidente wat die afgelope tien jaar in hul gebied plaasvind, weens die situasie met die huis. “Ons hou ons buurt en erwe netjies, nou sit ons met hierdie nes van onheil tussen ons. “Wat gaan Drakenstein-munisipaliteit omtrent die huis doen?,” wil inwoners weet. Johann Mettler, munisipale bestuurder antwoord: “Die boubeheer- en wetstoepassing-afdelings van die munisipaliteit het die huis besoek en die eienaar is versoek om die huis na ’n aanvaarbare standaard op te knap. Dit is egter belangrik om kennis te neem dat alhoewel die gebou vuil is, dit nie struktureel onveilig is nie.” Verder sê Mettler ook dat die munisipaliteit op Donderdag 23 Januarie ’n vergadering met

die inwoners van Playstraat, die departement van gesondheid, munisipale amptenare, raadslede en die SAPS rakende die probleemhuis gehad het. “’n Opvolg-inspeksie word vir hierdie week beplan om vas te stel of die eienaar voldoen het aan die versoek om die gebou op te knap. Indien die eienaar nie aan die vereistes van die munisipaliteit in hierdie verband voldoen het nie, sal hy ingevolge die probleemgebouordonnansie aangekla word.” Hiervolgens word die eienaar eers met ’n kennisgewing bedien waarin hy in kennis gestel word dat die munisipaliteit beoog om die gebou as ’n probleemgebou te verklaar. Die eienaar word dan die geleentheid gegee om sy insette te lewer. Indien hy nie insette lewer nie, of sy insette is onvoldoende, kan die munisipaliteit voortgaan om die gebou as ’n probleemgebou te verklaar en die nodige maatreëls in plek te stel op koste van die eienaar. “Die klagtes omtrent die beweerde dwelmverbruik, inbrake en prostitusie is SAPD-aangeleenthede. Wat die gesondheidsoorlas betref, is dit ’n aangeleentheid wat deur die departement van gesondheid hanteer moet word”.

Kol. Mabuti Stephans (links), stasiebevelvoerder van Paarl-Oos en kol. Joseph Komani (regs), wat vir drie maande in sy plek as stasiebevelvoerder waargeneem het, is albei aangewys as stasiebevelvoerder van die kwartaal in die Paarl-groep van sewe polisiekantore. Brig. Aneeqah Jordaan (middel), bevelvoerder van die groep, het dié toekenning as verrassing vir laaste gehou nadat sy die beste speurder (konst. Craig Truter: Paarl), beste skof (Wellington A-skof) en beste misdaadvoorkomingseenheid (Malmesbury) vir die kwartaal in die groep aangewys het. Jordaan het die toekennings by ’n spesiale ontbyt-geleentheid by Huis Paarl Vallei oorhandig. FOTO: MARYKE SWART

Jongman van Paarl-Oos sterf DEVIDEAN MOSES ’n Jongman van Smartie Town, PaarlOos, is Sondag 26 Januarie om 20:05 doodgesteek ná ’n onderonsie tussen hom en ’n ander man. Peter Jantjies (35), beter bekend as Pikes, het glo voor ’n dwelmhuis in Angelique Close, Smartie Town, gestaan toe ’n man na bewering hom met ’n mes gedreig het. Die konfrontasie het in ’n bakleiery ontaard. Volgens Pikes se ma, Helen Jantjies, het haar seun die bakleiery probeer keer. Toe hy egter sy broek, wat intussen afgesak het probeer optrek, het die verdagte hom met ’n mes in die bors

gesteek. Hy het op die toneel gesterf. “My enigste seun het nie verdien om op so ’n manier te sterf nie,” vertel ’n hartseer Helen. Volgens lt. Diana Linee, kommunikasiebeampte van Paarl-Oos-polisiestasie, het Pikes dikwels met die gereg gebots vir onder meer gesinsgeweld, besit van dwelms, besit van vuurwapen en diefstal. Die polisie het Angelo McKriger (29) in hegtenis geneem in verband met die voorval. Hy het op 28 Januarie in die Paarl-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot op 12 Februarie. Jantjies se begrafnis is Saterdag om 10:00 by sy huis in Benicestraat 20. .

Peter Jantjies (35), of Pikes soos hy bekend was, is op Sondag 26 Januarie met ’n mes doodgesteek.


Friday 31 January 2014

News - Nuus

Drakenstein Gazette

3

Be part of the Nelson Mandela 27 for Freedom Run It is that time of the year again, and all runners and walkers are welcome to participate in this year’s Nelson Mandela 27 for Freedom Run.

Konst. Craig Truter (naas regs) is onlangs aangewys as die beste speurder vir die kwartaal in die Paarl-groep van sewe polisiekantore. Hier oorhandig brig. Aneeqah Jordaan (naas links), bevelvoerder van die Paarl-groep, die trofee aan hom. Saam met hulle is van links kol. Zithulele Xela en kol. Gerhard Braaf.FOTO: MARYKE SWART

The race takes place on Saturday 8 February at the Drakenstein Correctional Facility (previously known as Victor Verster). This year’s event will be even more special, since it would be the first significant event since the passing of Madiba, as well as the nation’s celebration of 20 years of freedom. Three different routes will once again be on offer for walkers and runners. Three distances, namely a 5 km, 10 km and a 27 km race. A fun event for toddlers is the new 50 m race. All of these races start and end at Drakenstein Correctional Facility. Athletes and other participants in the event are urged to express their unique

dress code, either as individuals or as groups to best honour Madiba. Entry forms are available at Drakenstein and Allandale Correctional Services, Drakenstein Municipality and 3@1 Internet Café in Paarl Mall. Note that no entries (except for the 5 km run and 50 m toddler’s walk) will be accepted on the day of the race. All entries will close on Sunday 2 February. On-line entries can be done at www.topevents.co.za. (do note that bank and card services fees for on-line entries apply.) Registration and number collection will not take place on race day but on Friday 7 February from 10:00-17:00 at the following venues, Sportsmans Warehouse Rondebosch, Sportsmans Warehouse Tygervalley, Sportsmans Warehouse Somerset West and the Dal Josaphat Stadium.

Be dry in style with the Nappy Den Weedaat du Plessis, owner of the Nappy Den, is this month’s Drakenstein Gazette Entrepeneur winner. In 1999 the Nappy Den opened its doors in Paarl East and since then supplies not only in the Drakenstein, but also in other towns. The Nappy Den, which is run from Weedaat’s home in Charleston Hill, was at first a distributor of disposable nappies for babies. Over time it has grown to become a supplier of adult incontinence disposable products to hospitals, clinics, old age homes, frail care centres and rehabilitation centres. “My services cover the Boland, Swartland and Overberg areas and deliveries

to your door can be arranged. I pride myself in a professional service and quality products of Clemens Complete, which is a world-wide leader in incontinence products manufactured here in South Africa.” The products include diapers, briefs, shields, protection sheets, under-pads, draw sheets, linen-savers, protection wear as well as a range of adult and disinfectant wipes. Weedaat first worked as a dental chair assistant for seven years. After the birth of her eldest daughter she decided to be a stay at home mom and look after her baby. “I first started working as an agent for the women from whom I bought my ba-

by’s diapers. Then I decided to start my own business.” She said that running her own business comes with challenges, but staying focused keeps her going. “You have to be very disciplined. You first need to buy your stock before you can spoil yourself a bit,” she said. Weedaat is also committed to always give her clients an excellent service with good quality products. “With these products you are able to give your clients a good product. You want to assist your clients in any way you can.” To get into contact with her, call 084 517 2942 or send an email to nappyden@gmail.com.

Safety hints: how to prevent a possible house robbery Paarl Police would like to inform the public of the following safety hints in order to prevent a possible house robbery. ) Ensure that your premises is secured at all times. Do not leave safety gates or sliding doors and windows open when you are not in the room. ) Do not leave valuable items close to doors or windows, as these are easy targets. ) In the event of having a security alarm, activate it when not in a specific area. ) Do not give food to people from the

street, rather inform them they can be assisted with food and blankets at a local church, or purchase a food voucher booklet from Monte Christo Ministries to hand over. ) Do not request persons from the street to help with gardening or washing of vehicles - many residents have become a victim of crime. ) Report persons wandering around the neighbourhood to the police. ) Speak to your neighbour and become security conscience in your street.

Weedaat du Plessis is this month’s Gazette Entrepreneur winner. PHOTO: LIEZL DAVIDS


4

Drakenstein Gazette

Calling all Entrepreneurs: Do

you produce Mbekweni Muffins or Chicago Chocolates? Or maybe Klein Drakenstein Cookies or Smartie Town Sweets? Drakenstein Gazette wants to find out more about entrepreneurs who operate their unique businesses from their homes, making interesting items and goods. In today’s tough economy, starting your own business is often the best solution. In this way you not only create work for yourself, but for others too. Send us a description of your business, or come and see us about it. Once a month the Gazette Entrepreneur of the Month will be selected. The winner will receive a promotional article in the Drakenstein Gazette as well as an advertisement to boost his or her business. To enter, or for more information, call 021 870 4614; e-mail: drakenstein@media24.com or visit our office at 1a New Street, Paarl.

General - Algemeen

Friday 31 January 2014

National Fresh Breath Week For fresh breath confidence during February, the month of love, take a look at your oral hygiene habits; according to dental experts 90% of bad breath originates in the mouth. Cleaning in-between teeth is essential for healthy gums and fresh breath. Yet about two-thirds of South Africans do not floss regularly. This leaves plaque and food debris between the teeth and under the gum line, where it can break down, releasing bad odours as well as causing irritation and disease. IVOhealth’s oral hygiene expert Dirna Grobbelaar says that a one-size fits all approach doesn’t work, “Everyone’s mouth is unique, with different size gaps between teeth.” Grobbelaar recommends interdental brushes, like tiny bottle brushes, that can actually remove more plaque than floss, from between teeth. “Look for the Sunstar GUM range available at dentists, Dis-Chem and pharmacies. There are also Soft-Picks, tiny

Get in-between to freshen up. rubber toothpicks that work really well.” Some people struggle to reach between all the teeth with floss. Grobbelaar says “Use a floss brush with a handle, it is easy to use even with one hand.” High-tech interdental options include the Philips Sonicare AirFloss which directs microburst jets of air and water at 72 km/h to clean between

the teeth. “Water flossers, such as the Panasonic Oral Irrigator, are ideal for cleaning around braces, implants or under bridges.” “Brushing correctly twice a day and cleaning the back of the tongue with a tongue scraper, as well as daily interdental flossing is the key to the fresh breath confidence that comes from a super-clean mouth,” says Grobbelaar. However, a build-up cannot be removed at home. “See your oral hygienist twice a year to get the teeth hygienically clean. If not removed calculus will cause gum disease and if untreated it becomes periodontitis. Once you have periodontal pockets your breath will smell unpleasant most of the time.” If you are in doubt about the importance of interdental cleaning for fresh breath, take the test – pull a length of floss between the teeth and smell it! For more advice speak to a dental professional visit www.freshbreath. co.za or join the IVOhealth community on Facebook www.facebook.com.

Jy die Entrepreneur: Te veel skuld gee afslaers werk DAVID MALHERBE Ek lees in die koerant dat ekonome Suid-Afrikaners waarsku dat hulle besig is om bo hul vermoë te leef. Hulle reken dit is hoekom die waarde van die rand besig is om so vinnig te verswak. Anders gestel, Suid-Afrikaners, almal van ons, maak te veel skuld, reken die hoofekonoom van ENB. Dit is nie net individue wat meer geld uitgee as wat hulle verdien nie; die regering doen dieselfde. Dit is onrusbarend om te sien hoe die land se skuldlas jaarliks groei. ’n Groot skuldlas skep altyd probleme. Indien jy ’n salaris verdien, kan ’n mens dalk makliker begroot vir die maandelikse terugbetalings, maar entrepreneurs wie se maandelikse inkomste dikwels onseker is, plaas hulleself onder onnodige druk met te veel

skuld. Ek het vandag by ’n vriend wat ’n mede-afslaer is, gaan koffie drink om hom geluk te wens met sy verjaardag; en miskien is dit hoekom die koerantberig wat handel oor te veel skuld my opnuut tref. Die nare realiteit van te veel skuld is die feit dat as jy nie meer jou paaiemente kan bybring nie, jou besigheid se besittings op ’n veiling verkoop kan word. Vir die afslaer wie se werk dit is om daar voor te staan en kopers aan te spoor om artikels teen die beste prys aan te koop, is dit lekker om die dinamiek van vraag en aanbod te beleef. Maar vir die persoon wie se besittings moontlik teen ’n relatief lae prys verkoop word en dan nog steeds die uitstaande skuld moet betaal, is dit ’n hartseer dag met baie verwyte. Ek sê nie dit is verkeerd om skuld aan te gaan vir beplande uitbreidings

of aankope vir jou besigheid nie, maar ek dink krediet het so deel van ons lewens geword en ons is so bang ons mis uit (FOMO), dat ons nie twee keer dink voor ons nóg skuld aangaan nie. Ekonome bespiegel o.a. ook dat rentekoerse binnekort weer kan styg. Sal jy nog steeds jou verpligtinge kan nakom as die maandelikse paaiemente op jou skuld skielik heelwat hoër raak? Wees versigtig en dink twee keer voor jy teken vir daardie lening. David Malherbe en Dewald Scholtz gesels Maandagaand van 19:00 tot 20:00 verder oor hierdie onderwerp op Radio KC 107.7FM tydens die program Jy die Entrepreneur. (David Malherbe is ’n besigheids- en loopbaankonsultant en woon op Wellington. Hy kan gekontak word via sy webblad www.jedidiah.org.za of by T/ F 021 873 0262 of op Facebook by “Jy die Entrepreneur.”)


Friday 31 January 2014

People - Mense

Drakenstein Gazette

5

Raak betrokke, word ’n Vriend van monument As jy ’n taalliefhebber is - en dit geniet om in die buitelug te kuier en piekniek te hou - is die pas gestigte Vriende van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) vir jou. Dié organisasie is aan die einde van 2013 op die been gebring om as ondersteuningsraamwerk te dien vir die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl en so te help met algemene aktiwiteite en bemarking. Die ‘Vriende’ wil plaaslike inwoners (en mense van elders) aanmoedig om die rol van toergids te speel en die museum en monument as ’n “moet-sien” bestemming aan familie en vriende voor te stel. Om ’n ‘Vriend’ te wees hou verskeie voordele in, afhangende van watter tipe vriendskap jy kies: ‘Huisvriende’ is hoofsaaklik gemik op die plaaslike mark, omdat hul jaarlikse lidmaatskap hul toegang gee tot gratis, onbeperkte dag-

toegang tot die museum en monument, asook gratis toegang tot die gewilde volmaanpieknieks by die monument. Mense wat verder woon, kan as ‘Potloodvriende’ aansluit en nuusbriewe ontvang. ‘Beste Vriende’ is diegene wat nou betrokke wil wees by die ‘Vriende’ se aktiwiteite. Die eerste van hierdie aktiwiteite is ’n mark by die maandelikse volmaanpieknieks, wat van Oktober tot Maart by die monument gehou word. Die volgende volmaanpieknieks vind plaas op 15 Februarie en 15 Maart. Stalletjies kan bespreek word by atmvriende@gmail. com. Belangstellendes kan die aansluitingsvorm by www.taalmuseum.co.za aflaai of dit by die Taalmuseum in Pastorielaan of by die Taalmonument op Paarlberg voltooi. Vir meer inligting, bel 021 863 4809/0543 of skryf vir Xania van der Merwe by atmvriende@gmail.com.

Xania van der Merwe van die nuwe Vriende van die ATM (tweede van links) saam met personeellede van die ATM (van links na regs) Jack Louw, Isabeau Botha, Amira Clayton en Verinque Hendriks.

KURSUS VOLTOOI: Hierdie studente van Nederburg CLC-aandskool het onlangs hul ses maande rekenaargeletterdheidskursus suksesvol voltooi. Agter (van links) is Carmen Ockhuis, Abegail Baxter, Sharon Stoffels, Deidre Wilson, Isaacs Klaase, Jozua Hofmeyr en Elvaria Peterson. Voor is She-Url Naudé, Relandi September, Herman Fredericks (sentrumbestuurder), Kate Fortuin en Charmain Lewis. FOTO: ERNEST KILOWAN

As part of the Correctional Services Sports, Recreation, Arts and Culture Programme, 200 offenders - men and women from the Western Cape - from ten management areas participated in a Provincial Offender Athletics Tournament held at the Daljosaphat Stadium in Paarl on 21 January. The winners of the various events will take part in the National Offenders Tournament, which will be held from 20 - 23 February in Potchefstroom. Drakenstein management area was crowned the overall winner in the province. Mbulelo Marhoti (above) from the Allandale Centre took the gold in the 100 metres final.

Dankbare skoolhoof, Harvey Cupido (regs) van Hoerskool Wellington, is hier saam met Gerhard Bindeman ’n tevrede verkoopsman van Nashua Paarl & Weskus. Dié hoof se nuwe skooljaar het op ’n hoë noot begin. ’n Projektor en skerm is deur Bindeman aan die skool geskenk en die skool se rekenaars is ook gediens deur die betrokke maatskappy. Cupido was ook ’n paar weke gelede ’n gas van Helen Zille omdat sy skool die onderskeiding behaal het dat die matrikulante se slaagsyfer gekenmerk is met hoë simbole in die onderskeie vakke. Dit dui op gehalteonderwys. Cupido neem hiervoor geen eer nie, maar sê dis die toewyding van die onderwysers en leerders wat daarop reageer met verantwoordelikheid. FOTO: HESTER DE KOCK

Klapmuts-polisie het weggestap as naaswenner van die potjiekos-kompetisie wat Maandag (27 Januarie) tydens die 100ste Nasionale Polisiedag-vieringe by Drakenstein Korrektiewe Dienste gehou is. Hulle het ’n kerriepot gemaak. Klapmuts is een van vyf polisiekantore in die Stellenbosch-groep wat die dag bygewoon het. Hulle tema vir die dag was Halloween. FOTO: MARYKE SWART Rdl. Wendy Philander van wyk 26 (Paulus Joubert-omgewing, Riverside en New York) en haar wykskomiteelede het as deel van hul wyksbegroting skenkings gemaak aan organisasies in dié wyk. Die skenkings het onder meer bestaan uit buurtwag-, crèche- en sporttoerusting. Die wyk begin ook eersdaags met ’n naaldwerkprojek as werkskeppingsinisiatief en masjiene is reeds aangekoop vir die doel. WYK 26 BEJAARDE-ETE: Raadslid Wendy Philander (agter links) en die wykskomiteelid vir bejaardes en gestremdes, Samuel Adonis (naas regs), het gedurende Desember bejaardes in wyk 26 getrakteer op ’n ete by Schoongezicht Restaurant, Paarl.


6

Geklassifiseerd

Drakenstein Gazette

Classifieds : 021 870 4600 – E: zeta.barnes@paarlpost.co.za E: sharon.cornelissen@paarlpost.co.za

Friday 31 January 2014

exclusively online at OLX

Where buyer and sellers meet each other

Drakenstein

www.olx.co.za PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS

FINANSIEEL

VERVOER & BERGING

TE KOOP 1445

1420

1870

ALLERLEI

KINDERVERMAAK

1655

1405

EIENDOMME

KRUIEKENNER

HUISE TE KOOP

1435

3275

UNIEKE GELEENTHEID! 2, 3 & 4 Slpk huise - Paarl & Wellington. R175 000; R240 000; R395 000; R495 000; R580 000; R690 000; R850 000. Finansiering Beskikbaar - 072 805 3574.

ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISVERBETERINGS BINNE 1835

BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN

DAGSORG & CRÈCHES

3680 1410

HUWELIKE

Voice verification needed for Sassa The South African Social Security Agency (SASSA) is calling upon all social grant beneficiaries using pin codes to access their social grants to undergo proof of life certification, which is done biometrically using voice activation. In other words, if you receive your grant by using a pin at an ATM or store without fingerprint readers, SASSA needs to record a copy of your voice biometric on its system and this is performed by dialling the phone numbers below. If you use a pin (at an ATM or store without fingerprint readers) proof of life certification must be completed once every month before a social grant can be accessed via a pin. Voice activation will be conducted in two phases. Phase 1 will be targeting 1,5 million beneficiaries who have been sent an SMS message in January 2014 and only they are invited to call at this stage. They may call as soon as they receive the SMS message. Phase 2 starts in March 2014 and involves all other beneficiaries who were not sent an SMS message in January 2014, but are using a pin to access their grants. The numbers to call for voice activation are, 0860 690 717 if one uses a Telkom line, cell phone number or a public phone. 082 1277 for free if one uses a starter pack issued during grant

re-registration. These free starter packs can still be obtained from SASSA offices. Steps to be taken when making a call: ) Follow the voice prompt instructions so that your voice can be matched to your voice recording which was taken during SASSA re-registration. You can choose to do the verification in several languages. )Once your voice print has been validated, the system will inform you that you have been successfully verified and your social grant becomes available immediately. Phase 2 will be implemented in March 2014 for all beneficiaries utilizing pin codes. Beneficiaries that have received an SMS message but are unable to call due to ill health, must appoint a procurator to represent them and request home visits from their nearest SASSA offices. During home visits the procurator and beneficiary must be present for the voice recording of the procurator to be done. No need to panic if you didn’t receive an SMS message because your grant will still be paid out. SASSA services are free, and should beneficiaries have any further queries regarding proof of life certification, kindly dial 0800 60 01 60 or 0800 60 10 11 (toll free).

Klasse in Mandaryns aangebied

1490

ALLERLEI 1845

Klasse word vanaf 12 Februarie by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl in Mandaryns aangebied in samewerking met die Confucius Instituut by Universiteit Stellenbosch. Dié Instituut is ’n niewinsgewende openbare instelling wat sedert 2004 wêreldwyd die Chinese taal en kultuur bevorder. Die jaarlange kursus is geskik

vir enigeen wat ’n basiese kennis van Mandaryns wil opdoen. Klasse vind op Maandae en Woensdae van 16:45 tot 17:35 plaas. Onderrig is gratis en daar sal slegs ’n administrasie- en boekefooi betaalbaar wees. Belangstellendes kan die Taalmonument se Besoekersentrum bel by 021 863 4809/0543 of ’n e-pos stuur na admin@taalmonument.co.za.

PJP hou Valentynsdans

Be Wise, Advertise

Die Paulus Joubert Primêre Skool se oudstudente bied op Vrydag 14 Februarie hul jaarlikse Valentyn-piekniekdans saam met DJ Gaiwin in die

skoolforum om 19:30 aan. Kaartjies beloop R60 per persoon. Vir navrae, bel die skool by 021 862 3690.

1985 Matrieks beplan reünie Die 1985 matriekklas van Klein Nederburg Sekondêre Skool hou ’n vergadering in die vorm van ’n bring en braai op 3 Mei. Die doel van die byeenkoms is om reelings te tref vir hul 30-jaarreünie in 2015. Vir navrae bel Levona Williams by 084 660 7888, Frederika Leibrant by 082 945 9355 of Julia Februarie by 082 751 9005.


Friday 31 January 2014

General - Algemeen

Drakenstein Gazette

7

SU celebrates HOPE@Maties and SciMathUS learners’ success

Six learners form the HOPE@ Maties and SciMathsUS programme appear on the Western Cape Education Department’s merit list for 2013.

The group results were 34 A candidates, 157 A symbols for individual subjects, a pass rate of 100% and an average of 72,21% for the group as a whole (218 learners). A HOPE@Maties learner, Mercia Mentoor from Klein Nederburg Secondary School, received a ministerial award for achieving three distinctions in the final exam despite difficult personal circumstances. With achievements such as these, it is no surprise that staff members of Stellenbosch University’s Centre for Pedagogy (SUNCEP) were in a celebratory mood last week when the results of the Grade 12 learners that formed part of the 2013 HOPE@Maties programme were released. The HOPE@Maties programme at SU prepares learners for university by ensuring that they meet admission requirements and that they develop the skills they will need to successfully study at university. Dr Trevor van Louw, Director of SUNCEP, said the success can be attributed to the collaboration between various role players, including SU, the WCED, school principals, learners, teachers and parents. “These role players form a formidable team that put in many extra hours and are now reaping the rewards. These role players are serious about the future of our children.” He added that the fantastic results are evidence that obstacles can be overcome when everyone works together and that it is possible to deliver good quality results despite these challenges. The HOPE@Maties learners on the WCED’s merit list are Aqeelah Adams of South Pensinsula High in Grassy Park, Saskia Adriaanse of Esselenpark Secondary School in Worcester, Laylaa Fakier and Musa Omar of Liv-

ingstone High in Claremont, Rushka Ismail of Mondale High in Mitchells Plain and Lukhanyiso Jantjies from Fezekile Secondary School in Oudtshoorn. Rushka Ismail, one of the top achievers, will study Engineering at SU and become a resident of Metanoia residence. According to her mother, Roshaan Ismail, Rushka is the first member of her family to study at SU and they are very proud of her. Saskia Adriaanse is looking forward to her life as a Matie student. She will study Accounting (BAcc) and plans to build on her success. She is very grateful to HOPE@Maties for the help she has received. “You cannot do well without making some sacrifices. It is the only way to make your dreams come true,” she added. It was her goal to achieve an A aggregate but she was pleasantly surprised to hear that she was on the merit list. Musa Omar has been accepted to study medicine at SU. He said the HOPE@Maties programme assisted him in reaching his goal of achieving good results. In 2013, SU recruitment bursaries were awarded to 196 learners who achieved an aggregate of more than 70% in Grade 11. A total of 146 learners could maintain this achievement in Grade 12. Besides the 34 A-aggregate candidates, there were 32 As for mathematics (subject average: 63,87%), 21 As for physical sciences (subject average 64,01%), 63 As for life sciences (subject average:75,56%)and41Asforaccounting (subject average: 74,42%). This is a total of 157 As. SciMathUS Students who attended the SciMathUS bridging programme also performed well. The programme offers Grade 12 learnersfromeducationallydisadvantaged schools the opportunity to improvetheirmarksinordertomeetuniversity admission requirements. The group’s mathematics average

New Orleans Sekondêre Skool het onlangs hul jaarlikse 5 km padwedloop gehou. Hier spog Jennileigh Abrahams (links), Logan van Breda, Jaydene Williams, Chandré Heyns en Caylen Johannes met hul wenplakaat oor boelie. FOTO: ERNEST KILOWAN

A 2013 matriculant of Klein Nederburg Secondary, Mercia Mentoor, received an award from the WCED National Senior Certificate Examinations for the category: Special Ministerial. improved by 19%. A total of 83% of the students achieved more than 60%, the minimum requirement for admission to many university courses; 43% achieved more than 70% and the best mathematics learner scored 94%. Three students in the programme took mathematical literacy at school and had to complete the entire Further Education and Training (FET) phase’s mathematics in 10 months at SciMathUS. Two of those learners scored above 85%. A group of 16 learners achieved A symbols in Mathematics. The average improvement in the group’s physical sciences mark was 16%. Most of the students achieved between 60% and 70%, and five students earned A symbols. Contact details HOPE@Maties: The HOPE@Maties programme will be offered again this year. Top-achieving students with a percentage of 70%+ in Grade 11 (excluding life orientation) can contact Lynthon Jacobs on 021 808 2274 if they want to be considered for the programme.SciMathUS. Contact them on 021 808 3483 or iwwous@sun.ac.za

NOSS hou dankdiens New Orleans Sekondêre Skool skop af met hul dankseggingsdiens ter viering van hul 30ste bestaansjaar. Dit vind op Sondag 16 Februarie by St. Stephens-kerk in New Orleans om 10:00 plaas. Hiermee nooi hulle alle gewese opvoeders, oudleerders, huidige leerders, prinsipale, borge en belangstellendes om die diens by te woon. Vir navrae bel 021 862 0900.

Be Bright is an educational book designed to help children sharpen their maths and language skills, while also challenging them to be bright and creative. This book is suitable for children between 6 and 8 years old. * One lucky reader can win this book. Just SMS your name and the name of the book to 32365 before 14:00 on Monday 3 February.

Kanoeksie en Kadoeksie is op 1 Februarie om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater. Dié twee elfies help kindertjies om basiese vaardighede te leer met die hulp van prettige aktiwiteite. Hulle deel die verhoog met hulle beste maatjie Pippie, ’n 6-jarige dogtertjie. Kaartjies is R45 en kan bespreek word by 083 564 0056.

Vinoliah Petersen glimlag nie verniet so breed nie. Sy was die toppresteerder in 2013 se matriekklas van Hoërskool Wellington. Sy het baie planne vir die toekoms en is oortuig dat alles sal uitwerk, alhoewel sy deeglik bewus is daarvan dat dinge nie sommer net gebeur nie en ’n mens ’n verantwoordelikheid het om jou deel te doen om jou drome te bereik. Vinoliah is ’n voorbeeld in lewensblyheid en deursettingsvermoë, vir die feit dat sy as enigste kind van ’n enkelouer op 13 wees gelaat is. Sy moes toe haar bekende omgewing van Wynberg verlaat en na Mbekweni verhuis waar sy ingeneem is deur familie. Sy is deel van ’n liefdevolle gesin en was gelukkig om stapafstand van die skool te woon. Vinoliah het slegs lof vir al die onderwysers onder wie se hande sy deurgeloop het en sê die skool het ’n aangename atmosfeer omdat daar goeie, vrolike onderwysers is wat toesien dat goeie dissipline gehandhaaf word, al is die kinders soms “bietjie moeilik”. FOTO: HESTER DE KOCK


Drakenstein

Year 4 • Vrydag 31 Januarie 2014 | Tel. 021 870 4600

Roses slyp vir klubkompetisie Roses United Rugbyklub, Premierligakampioenspan van die Boland Rugbyunie, is tans hard aan die oefen met die oog op sy deelname aan vanjaar se Saru Cell C Gemeenskapsbeker (Community Cup)-kompetisie vir klubspanne. Al SuidAfrika se top-klubrugbyspanne neem deel aan hierdie kompetisie. Tans is die Roses-spelers besig met kondisionering- en fiksheidsoefeninge wat elke weeksaand vanaf 18:30 tot 21:00 (uitgesluit Vrydae) op Pelikaanpark op Wellington plaasvind. Roses United pak ook op Donderdagaand 13 Februarie die span van Despatch op die Faurestraat-

stadion in die Paarl. Hierdie vriendskaplike wedstryd sal vir albei spanne van groot belang wees met die oog op hul voorbereiding vir die Cell C Gemeenskapsbeker-kompetisie. Die afskoptyd is 20:00. Despatch is amptelik die topklubrugbyspan in Suid-Afrika nadat hy verlede jaar as die Cell C Gemeenskapsbeker-kampioen gekroon is. Hierdie wedstryd is, alhoewel vriendskaplik, een waarna rugbyliefhebbers al lank uitsien. Toeskouers kan hulle maar gereed maak vir ’n titaniese stryd tussen twee van Suid-Afrika se ikoniese klubrugbyspanne. Die Roses se eerste Cell C Gemeenskapsbeker-wedstryd is op 8 Maart teen Brakpan op Pelikaanpark

Nog ’n ronde van die Winterliga-sokker is Sondag op die Monte Christo-velde gespeel. Nederburg FC het teen Let’s Play gespeel. Milano Didloff bemeester hier die perfekte bicycle kick. Nederburg wen die stryd 4-3. FOTO: ERNEST KILOWAN

William Lloyd Primêre Skool het Saterdag op Daljosafat-stadion ’n uitnodigingsatletiekbyeenkoms gehou. Hier is die seuns o.13 100 m wedloop aan die gang. FOTO: ERNEST KILOWAN

Sportdagboek RUGBY

) Paarl Rugbyklub oefen op Dinsdae en Donderdae om 18:30 by die Boy Louw-velde. Daar sal proewe wees op 13 Februarie. Bel vir Steven Erasmus by 083 858 9606 met navrae. ) Evergreens RFC oefen elke Dinsdag- en Donderdagaand. Alle spelers en nuwe lede is welkom. Evergreens hou ook op Saterdag 8 Februarie hul sewestoernooi op Evergreens Park. Indien jy belangstel bel vir Japie van Rooyen by 078 870 9787 of Donovan Heyns by 083 444 6936. )PaarlRangerssevoorseisoenoefeninge het amptelik begin en vind plaas elke Dinsdag en Donderdag op Daljosafat E-veld vanaf 18:00. Voornemende spelers is welkom om ook aan te meld. Alle oudspelers, 40 tot 50 jaar oud, wordookversoekomopgenoemdedae aan te meld met die oog op die samestelling van ’n oor 40-span. Skakel 083 286 7761 vir meer besonderhede. ) Blues oefen elke Maandag en Woensdag by New Orleans Sportvelde om 19:00. Nuwe lede is welkom. Bel Mark Goliath by 084 991 4672. ) Villagers Newton bied op 1 Maart ’n familiedag aan op hul veld. Talle speletjies vir jonk en oud word aangebied. Daar sal ook sewesrugby wees

waaraan almal kan deelneem. Die klub oefen reeds Dinsdae en Donderdae om 19:00. Bel vir Jannie Japtha by 078 147 3082 of kontak vir Lee-Heino Cupido. ) Albions oefen elke Dinsdag en Donderdag op Daljosafat-velde en alle oud- en nuwe spelers is welkom. SpelerskangerusdieafrigterRoderickAllies bel by 078 427 8571. Alle voormalige spelers, 40 jaar en ouer, word gevra om Dinsdae en Donderdae aan te meld by die oefenveld met die oog op die derby teen Rangers. Oud-spelers kan die voorsitter, Edgar Arendse, bel by 079 0822 866. Die algemene jaarvergadering vind op 3 Februarie by die huis vanJamesGreenteLantana-hofplaas. ) Young Gardens RFC het reeds begin met hul voorseisoenoefeninge. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae op Daljosafat vanaf 18:30. Die klub verwelkom nuwe lede wat wil kom aansluit. Bel die voorsitter Mario Williams by 082 380 2680 of die Sekretaris Adwall West by 072 428 6778. Die klub se vriendskaplike wedstryde is op 1 Maart teen Evergreens op Boy Louwvelde. ) Riverstones RFC is op soek na ’n amateurrugby-afrigter. Kandidate kan vir Devon Arries bel by

073 722 0251. Riverstones RFC seniors oefen te New-Orleans-rugbyveld elke Maandag en Woensdag vanaf 18:00, terwyl die juniors om 16:00 begin. Alle spelers moet kom registreer. ) Young Standards RFC is reeds besig met hul voorseisoenoefening te Ebenaezerveld. Oefeninge begin om 18:00. Alle oud- en nuwe lede is welkom asook o.14 en o.16 spelers. Young Standards speel op 1 Maart teen Wesbank van Malmesbury op Faure-stadium. Die 2014-bestuur vergader op Saterdag 1 Februarie by die voorsitter se huis vir ’n spanbousessie. Vir verdere navrae bel die sekretaris by 082 731 4879. ) Violets rugbyklub het alreeds met sy voorseisoenoefenprogram begin elke Dinsdag en Donderdag by Paulus Joubert Sekondêr om 18:00. Die klub vra alle spelers en voornemende spelers om by die veld aan te meld. Op 8 Februarie speel Violets in die jaarlikse sewestoernooi by Evergreens.Bel gerus 078 786 1999 vir meer inligting. Die klub se nuwe bestuur vir 2014 is: Roger Uren (voorsitter), Tim Dennis (onder-voorsitter), Mornay Williams (sekretaris), Tyrone Uren (kassier) en Ashley Raubenheimer (wedstrydsekretaris).

Drakenstein gazette 31 jan 2014  

Drakenstein gazette 31 jan 2014