Issuu on Google+

Breederivier

Year 16 • 7 Februarie 2012 | Tel. 023 626 5212

Lees binne

Hard aan die werk:

Kompetisie: Wen ’n pamperlang­prys vir jou Valentyn.

Terwyl mense hier en daar nuus maak in die Langeberg munisipale area, gaan die meeste inwoners rustig hul daaglikse gang. So ook mnr. Michael Phillips van Ro­ bertson, wat hier besig is om ’n indrukwek­ kende, groot ou vensterraam te restoureer by ’n bekende winkel wat antieke meubels restou­ reer en herver­ koop. Foto: Daleen Fouché

BLADSY 2

Eerste Let’s Play­ Sportster van die Maand aangewys. BLADSY 12

Rivierskoonmaak skop gou af DALEEN FOUCHÉ

N

ADAT vloedwaters die Montagu-rivierstelsel sewe keer die afgelope agt jaar geteister het, het die Langeberg Munisipaliteit verlede Dinsdag (31 Januarie) in ’n raadsvergadering aangekondig dat skoonmaakwerk na verwagting van Maart af gaan begin. Die aankondiging dat ’n deel van die rivierstelsel skoongemaak gaan word, volg nadat die provinsiale departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ’n omgewingsbestuursplan vir die rivierstelsel, wat die Keisie-, Kingna en

Cogmanskloofriviere insluit, goedgekeur het. Die projek is daarop gemik om sediment, riete en brokstukke uit die riviere te verwyder om die herhaling van vloede in die komende reënseisoen te voorkom. Die riviere het in 2004, 2006, 2007 en 2008 oorstroom asook twee keer verlede jaar. Volgens ’n munisipale verslag aan die raad, dra sediment afkomstig uit die vloed van 2008, bergbrande van Desember 2010 en Januarie 2011, groot hoeveelhede riete, uitheemse en ander plantegroei en brokstukke by tot die oorstromings. Verlede jaar se vloede het die

Langeberg Munisipaliteit sowat R3 miljoen se skade op die hals gehaal. Mnr. Ron Brunings, voorsitter van die Montagu-bergreservaat se adviserende raad, sê goedkeuring is verleen vir die munisipaliteit om ’n deel van die Cogmanskloofrivier by die Voortrekkerbrug in Montagu skoon te maak, maar hy glo hierdie stap sal die weg baan vir die munisipaliteit en ander grondeienaars teen die riviere om dieselfde proses vir ander rivierdele te volg. Brunings sê die skoonmaak van die rivier is ’n positiewe stap waarvoor die munisipaliteit ’n pluimpie verdien.

Hy verduidelik dat die wette en regulasies wat werk in en om riviere reguleer, vereis dat toestemming eers verkry moes word voor daar met die werk begin kon word. Hy sê die departement het in 2010 voorsiening gemaak vir owerhede en organisasies om bestuursplanne vir rivierstelsels te ontwikkel en eenmalige omgewingsimpakstudies te doen. Toestemming om voort te gaan met die werk was egter net ’n eerste stap en die geld wat hiervoor benodig word, moet nog verkry word. Brunings sê verskeie organisasies en regeringsdepartemen-

te is hierby betrokke. Die Langeberg Munisipaliteit is tans besig om aansoek te doen vir geld by die provinsiale rampbestuursentrum. Dié aansoek kon eers ingedien word nadat toestemming om die werk te doen, verkry is. Mnr. Soyisile Mokweni, munisipale bestuurder in die Langeberg, het by verlede week se vergadering gesê die munisipaliteit moet oorbruggingsfinansiering verskaf weens die naderende vloede en dringendheid van die saak. “Dit is onredelik dat mense in vloede verdrink terwyl die munisipaliteit geld in die bank het om die probleem reg te stel.”

PRICE

THE SOUTH AFRICAN PARALYMPIC TEAM LONDON 2012

Follow.

Like. Share.

www.picknpay.co.za www.picknpay.mobi CUSTOMER CARE : TOLL FREE 0800 11 22 88

Save. Recycle.

PRICES APPLY TO PICK N PAY ROBERTSON STORE ONLY PRICES VALID: 7 - 11 FEBRUARY 2012

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

8606 M/E

PROUD PARTNER

Each

DROP

19

99

Peri- Peri Chicken Gatsby, BBQ Chicken Gatsby, Boerewors Gatsby, Lamb Braai Gatsby, Smoked Rib Gatsby, Large Cheese Griller Gatsby, Large Southern Fried Chicken Gatsby, Large Steak Gatsby or Large Bacon, Egg & Cheese Gatsby

LOWER PRICES WHEN YOU NEED THEM MOST

Serving Suggestion


2

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 7 Februarie 2012

Bederf jou Valentyn met ’n prys! HET jy gewonder wat om dié Valentynsdag te doen om jou geliefde se asem weg te slaan? Wat van ’n geskenkbewys vir ’n luukse sessie by die haarsalon? Boonop kan een gelukkige Gazette-leser dit heeltemal gratis kry – mits hy of sy die wenner van ons ValentynsdagSMS-kompetisie is. Of jy nou iemand is wat jouself op jou mooiste wil laat lyk vir ’n groot afspraak, en of jy jou geliefde wil beindruk met ’n geskenkbewys vir ’n nuwe haardos, die kompetisie is die moeite werd om voor in te skryf! Die geskenkbewys is geldig vir R300 se haarbehandelings by Illusions Hairdesign op Robertson. As jy eers die geskenkbewys het, kan jy of jou geliefde ’n afspraak reël en die behandelings wat jy verkies uitsoek vir die waarde van die geskenkbewys. Hoe om in te skryf Dit is bitter maklik om vir die geskenkbewys in aanmerking te kom. SMS vóór Vrydag 10 Februarie om 12:00 jou naam, van en die antwoord op hierdie vraag na 35405 (SMS’e kos R1,50). Vraag: Vir watter spesiale dag bied die Gazette vandeesweek ’n SMSkompetisie aan?

VRYDAG 3 FEBRUARIE – DONDERDAG 9 FEBRUARIE BESPREEK NOU BY: 0861 CINEMA / 0861 246362 / www.numetro.co.za / mobi.numetro.co.za Pryse en tye mag verander sonder kennisgewing. Alle komplimentêre kaartjies is onderhewig van beperkings.

MOUNTAIN MILL WINKELSENTRUM JACK AND JILL

PG

Fri-Thu: 10:15, 12:45, 15:15, 17:45, 20:15

Fri-Thu: 10:15, 12:45, 15:15, 17:45, 20:15

SHERLOCK HOLMES: A GAME OF SHADOWS

Fri-Thu: 10:00, 12:30, 15:00

Fri-Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:30

LV

Fri-Thu: 17:30, 20:00

HOOFMEISIE

ALVIN AND THE CHIPMUNKS: CHIP-WRECKED DOLPHIN TALE - 2D

FOOTLOOSE

m

V

Fri-Thu: 20:00 PG V

WE BOUGHT A ZOO Fri-Thu: 09:00, 11:30, 14:15, 17:00, 19:45

V E RT O O N TA N S

10m L

Joneul Stout

Sanwill Toorn

Ettienne Visser

Nothing beats the desire to achieve

F

OUR young men from Montagu did not stand back and let circumstances dictate the course of their lives. Instead they took the bull by the horns and simply got stuck in. All four of them decided to offer their services to

)) The Montagu Music Society will host a concert titled “Johann Strauss Ensemble Wien” on Tuesday, February 7 at the Montagu Musem at 20:00. Entrance for members is free, visitors pay R50. The Society’s Annual General Meeting will be held prior to the concert at 19:30 at the same location. All are welcome. )) The Robertson Farmers Market will take place on Saturday February 11 from 09:00 to12:00 at the Robertson Tourism Office on the corner of Voortrekker and Reitz Street. For more information, phone Rachelle on 0 078 382 7047 or send email to info@passionateaboutpesto.co.za )) The Montagu Village Market is held every Satur-

the Department of Health at very nominal stipends, in order to learn skills, work hard and establish a level of recognition within the community. It paid off and all four of them have now moved on into positions which will provide

day morning from early until 12:30 in the Euvrard Park, Bath Street, opposite the Tourism Bureau. For more information, phone Mareletta van Zyl-Wohlfarter on 0 023 614 1895 or send email to mareletta@loudadvertising.co.za )) The McGregor Market takes place every Saturday from 08:45 on the corner of Voortrekker and Church Street. )) Montagu will welcome the Cape Town Harley Owners Group (HOG) to Montagu once more from February 16 to 19. For more details, visit www.route62rally.co.za. )) Die Western Cape Staffordshire Bull Terrier Club se 16de jaarlike kampioenskapskou word Saterdag 25 Februarie by die Jachtershof Sportkompleks in Kuilsrivier gehou. Inskrywings later as 10 Februarie sal nie

more opportunity and growth. Sanwill Toorn now works with Dr Z. Nel, Ettienne Visser in the pharmacy at the clinic, Joneul Stout with Hospice Home Care and Bevin Jones with the Police College. The Friends of the Montagu

aanvaar word nie. Vir meer inligting besoek www.showdogs.co.za. )) The Robertson Logos Christian School’s Golf Day, presented by Breedenet, will take place on February, Friday 17 and Saturday 18 at the Robertson Golf Club at Silwerstrand. Contact the Robertson Proshop on 0 023 626 1090. )) Die Robertson Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hou sy jaarlikse vergadering by die Robertson-gemeenskapsaal in Hospitaallaan op Donderdag 16 Februarie vanaf 19:30. Almal is welkom. Vir meer inligting, bel Azalia by 0 078 315 5524. )) Die AP Kerk het nou ook dienste op Swellendam op ’n maandelikse rotasiebasis. Dr. Ryno Louw sal die wyk op ’n gereelde basis besoek om dienste te behartig. Indien u meer wil weet oor die nuwe wyk en besonder-

Hospital were very pleased to play a role in their development by funding the stipends through the Department of Health, thus making it possible for the young men to receive cash whilst they established themselves in the medical industry as professionals.

hede van die dienste wil uitvind, bel Manie Meyer by 0 078 719 0993 of Louw by 084 514 8091. )) Robertson Wine Valley will host The Grape Escape on Saturday, February 25 at Sumsaré Family Wines from 08:00 to 13:00. Teams from ten wineries in the area will compete with one team crowned as the winner. Entry is R120 per person with four people per team. For more information, contact info@ashtonkelder.co.za or phone (023) 615 1135. )) Huguenoot VGK Primêr bied ’n Valentyns-karaoke aan op Vrydag 10 Februarie van 19:00 by die Madebasaal by die skool. Kaartjies kos R20 per persoon en slegs mense van 18 jaar en ouer word toegelaat. Die kleredrag is rooi, wit en pienk en gaste moet hul eie peuselhappies bring. Vir meer inligting, kontak die skool by 0 023 626 1601.


Dinsdag 7 Februarie 2012

Nuus/News

Dié span van drie durf die pad van Montagu na Kaapstad te voet aan om mense bewus te maak van die nood van mense met ge­ stremdhede en ook om geld in te samel vir prosteses. Op die foto is (van links) Jamie Ferreira, Paul Steyn en Izak Fer­ reira. Foto: Daleen Fou­ ché

Kapt. Andries de Klerk (agter, links) se B­skof van die Robertson­polisie is aangewys as die beste skof van die kwartaal wat gestrek het van Oktober tot Desember verlede jaar nadat hulle die meeste inhegtenisnames gemaak het. Foto: Daleen Fouché

Op een been na Kaapstad DALEEN FOUCHÉ

’n

JONG man wat mense bewus wil maak van die uitdagings wat deur mense met gestremdhede in die gesig gestaar word, is op ’n staptog tussen Montagu en Kaapstad op slegs een been. Paul Steyn (25) stap van Montagu na Kaapstad as deel van ’n bewusmakingsveldtog en fondsinsameling vir prosteses vir mense met gestremdhede. Steyn, van Gordonsbaai, het sy regterbeen op die ouderdom van 13 verloor toe hy onder ’n trekker beland het. Hy sê dit was ’n enorme aanpassing om met slegs een been oor die weg te kom. Steyn beoog om Dinsdag 7 Februarie in Kaapstad sy staptog af te sluit – op die twaalfde herdenking van sy ongeluk. Maar Steyn is nie alleen op die missie nie. Twee vriende van Gordonsbaai vergesel hom op sy staptog. Izak Ferreira (19) vergesel Steyn te voet en dié se broer, Jamie (21), ry agter die twee aan in ’n ondersteuningsmotor. Die tog het verlede Woensdag (1 Februarie) op Montagu afgeskop en op hul eerste dag het hulle tot op Robertson gestap waar hulle die nag spandeer het.

Breederivier Gazette

Steyn sê sy doel met die staptog is om mense bewus te maak van die enorme kostes verbonde aan prosteses. Hy was gelukkig genoeg om uit ’n familie te kom wat dit kon bekom, maar sê meeste gestremde mense nie die R30 000 tot R60 000 vir prosteses kan bekostig nie. Steyn sê hy reël al die afgelope ses maande aan die staptog en is baie opgewonde dat dit begin het. Die Ferreira-broers stem saam en sê hulle geniet die natuurskoon van die omgewing. Die Cogmansklooftonnel en Klipdrift was sover hoogtepunte. Die drie jong mans sê hulle eerste dag was vol pret en motoriste het in erkenning getoet en ’n ambulans het selfs sy sirenes laat hoor. Die Ferreira-broers sê ook hulle voel bevoorreg om deel te wees van die veldtog. “Moet nooit tou opgooi as iets sleg met jou gebeur nie,” meen Jamie. “Moet ook nie gestremdes oordeel of onderskat nie,” sê Izak. Die drie manne is reeds besig om hul volgende staptog te beplan en beoog om van Pietermaritzburg tot in die Paarl te stap. Meer inligting oor die staptog en hoe om donasies te gee, is beskikbaar by www.paulsteynfoundation.org.za.

)) A Robertson man (27) was arrested on Saturday, January 28 for allegedly raping his 15-year-old stepdaughter on on December 19 last year. The suspect appeared in the Robertson Magistrate’s Court on Monday, January 30. )) A 31-year-old murder suspect died in the Worcester Hospital on Tuesday, January 31. The Gazette reported last week that the suspect was hospitilised in Robertson on January 21 after he allegedly stabbed and killed his brother and drank poison after the murder. He was transferred to the Worcester Hospital the same day, but died there later. )) A 24-year-old man was arrested on Saturday, January 28 for allegedly raping a 45-year-old woman in her home in Robertson. The case is being investigated by the unit for family vio-

lence and sexual offences in Worcester. The unit can be reached on 0 023 346 5800. )) The Robertson police urge anyone with information regarding their investigation into a culpable homicide case to contact them immediately. The investigation relates to a collision on the Bonnievale road on December 24 last year, in which a 30-year-old man was killed. The investigating officer is Warrant Officer Rachel Burger. She can be reached on 0 023 626 8353. )) Vuurwapeneienaars van plaaslike stasiewyke word verwittig dat hulle die hernuwing van hul vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate so spoedig moontlik moet doen. Aansoeke moet 90 dae voor die vervaldatum reeds verwerk wees. )) Gun owners in the local police precincts are requested to renew their gun license and competence certificates as soon as possible. Requests for license renewals must be processes 90 days before the expiry date of the license.

3


4

Breederivier Gazette

Nuus/News

Vriende samel geld in

Harvest of a dif­ ferent kind: Not

DALEEN FOUCHÉ

only the local wineries are taking grapes off the vine. Local children enjoy the grapes grow­ ing in the traf­ fic circle in Voortrekker Road, Robert­ son and fill their bags to take back home. Photo: Daleen Fouché

Sportdag vir senior burgers op Ashton DIE Silver Threads Dienssentrum op Ashton is aangewys om as gasheer op te tree tydens die Age-in-Action-organisasie se jaarlikse sport- en pretdag vir senior burgers. Dié byeenkoms het reeds ’n groot byeenkoms op die jaarlikse kalender geword en word in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling se bejaardesorg-afdeling aangebied. Die organiseerders verwag 700 seni-

Dinsdag 7 Februarie 2012

or burgers wat verteenwoordigend van die hele Overbergstreek sal wees. Age-in-Action beskou die geleentheid as een van die hoogtepunte op sy jaarlikse kalender en verwys daarna as ’n prestige-geleentheid. Dit word op 28 Maart op die Ashtonsportterrein aangebied. Dit word vir Ashton en die BAR-vallei as ’n besondere gebeurtenis bestempel, want dit is die eerste keer dat Ashton dié geleentheid sal aanbied.

Van Zyl meen dit is belangrik om die natuur toeganklik te maak vir gestremdes en verduidelik dat dit ook een van CapeNature se mandate is. In Maartmaand gaan Vrolijkheid nog een van dié spesiale projekte bekendstel. Van Zyl sê die reservaat is besig is om staproetes te vestig met inligtingsborde in braille. Hy sê die braille trails sal blindes in staat stel om onafhanklik inligting te bekom. Die volgende projek vir die toekoms is ’n nuwe ingang vir die reservaat wat die ou plaashekke sal vervang.

DIE Vriende van Vrolijkheid Natuurreservaat het op Saterdag 4 Februarie ’n vroeë aand-musiekkonsert gehou om geld in te samel vir spesiale projekte. Sowat 80 kaartjies is verkoop vir die geselligheid en gaste is vermaak deur die John Hargreaves en sy staaltrom-orkes (steel band) van Robertson. Me. Francis Doering, een van die Vriende, sê oor die R2 000 is ingesamel. Van die geld sal ook aan die Robertson ontwikkelingsprojek geskenk word. Mnr. Pieter van Zyl, bestuurder van die Vrolijkheid Natuurreservaat, sê die reservaat baat baie by dié geldinsamelings. Hy verduidelik dat Vrolijkeid Natuurreservaat kan nie spesiale projekte aanpak met hul huidige begroting nie. Hy sê daarom vind die reservaat baat by hierdie insamelings. Van Zyl sê die reservaat het twee jaar gelede ’n voëlskuiling by een van die reservaat se damme voltooi met geld wat deur die Vriende ingesamel is. Maar, sê Van Zyl, die skuiling is besonders omdat dit rolstoelJohn Hargreaves en sy staaltrom­orkes (steel band). vriendelik is.

Wiele / Wheels Gewaar­ borg: Wyn­ land Enjinher­ bouers, waar Dennis Wright hard aan die werk is, waar­ borg goeie diens aan kli­ ente. Gehalte en goeie vak­ manskap is hul trots. Die onderneming spesialiseer in die herstel, monitor van diesel­ en pe­ trolenjins aan motors, bak­ kies en swaar­ voertuie. Foto: Daleen Fouché

Waarde vir geld: Annandale Motors is jare lank al bekend vir hul goeie diens en vakmanskap. Hulle lewer dienste soos 24-uur-insleepdienste, paneelklop- en spuitverfwerk van hoë gehalte. Hier ontvang kliënte waarde vir geld deur die diens en persoonlike aandag wat hulle kry van Dieter en sy span.

Bande:

Tinus Prinsloo van Hi Way Bande in Voortrekkerstraat nooi mense om ’n verskeidenheid handelsmerkbande te koop. Die on­ derneming behartig die verkoop van batterye en bande, wielsporing, versolings, uitlaatstelsels en skok­ brekers. Dit is in 2011 deur Dunlop aangewyas as tophandelaar in die Wes­Kaap.

Goeie diens: By Oasis Auto in Voor­ trekkerstraat, Robertson, waar Derick Jor­ daan bestuurder en verkoopsman is, word goeie, betroubare tweedehandse motors en bakkies verkoop. Persoonlike aandag en goeie diens is twee van die wagwoor­ de.


Dinsdag 7 Februarie 2012

Geen Mighty Men vir Wes­ Kaap DAAR sal nie vanjaar ’n Mighty Men-konferensie in die Wes-Kaap gehou word nie. Die amptelike reëlingskomitee, onder leiding van Jurianne Schreuder en Hardus Zevenster van Radio Tygerberg, het dié aankondiging in ’n persverklaring gemaak nadat talle navrae daaroor ontvang is. Volgens die persverklaring het die komitee lank daaroor beraadslaag of ’n Mighty Men-konferensie vanjaar in die Wes-Kaap aangebied moet word of nie. “Na ’n tyd van verootmoediging en gebed, asook persoonlike beraadslaging met Angus Buchan oor die saak, is eenstemmingheid bereik dat daar nie ’n Mighty Men 2012 in die Paarl gehou sal word nie,” lui die verklaring. “Die Mighty Men-byeenkomste was ’n unieke fenomeen in die herlewing en herposisionering van die man as die geestelike hoof van sy huis,” het Zevenster gesê. “Dit was ook uniek in die konteks waarbinne die Here mans op Shalom besoek, bevry en bekragtig het. “Die tyd het egter aangebreek vir daardie sade om in dade te ontkiem en tot kragtige bome te groei wat skuiling en skadu bied, soos God verwag. Die tyd het nou aangebreek vir elke man om sy hand aan die ploeg te slaan en die hoop en die Goeie Nuus daagliks en op elke vlak van die samelewing uit te leef. Die aflosstok wat tydens Mighty Men deur duisende mans vasgegryp is, moet nou verder aangegee word. “Mighty Men was ’n wonderlike geestelike inspuiting, ja, maar daar is tog gevind dat talle daarna weer in hul ou weë terugval . . . tot die volgende konferensie. “Ons ervaar dat die Here ons roep om wat ons ontvang het, in gehoorsaamheid uit te leef. Die bestuur van Mighty Men Wes-Kaap is daarvan oortuig dat ons Vader met ’n nuwe seisoen besig is en dat Mighty Men en dít wat ons Vader daardeur wou bereik, voltooi is,” het Zevenster gesê. Daar sal wel vanjaar twee konferensies elders in die land aangebied word – Mighty Men Karoo van 27 tot 29 April, en Mighty Men Transvaal van 9 tot 11 Maart. Besoek www.google.co.za en soek “Karoo Mighty Men Conference” en “Mighty Men Limpopo” vir meer besonderhede.

Lesers kan die Gazette laat weet van nuuswenke by 0 023 626 5212 of dit per e-pos na Daleen Fouché stuur by gazette@breede.com. Briewe, wat die sender se volle naam, handtekening en kontakbesonderhede bevat, asook enige skolenuus, sosiale foto’s of ander nuusbydraes, kan ook gestuur word na dié adres. Let asseblief daarop dat briewe slegs geplaas sal word as die skrywer identifiseerbaar en bereikbaar is, selfs al word ’n skuilnaam of anonimiteit vir publikasie versoek.

Nuus/News

Breederivier Gazette

McGregor Museum A shrine for the forgotten DALEEN FOUCHÉ

A

SMALL room at the back of the McGregor Information office is a treasure cove and a portal to a time in history which was almost forgotten, if not for the endeavours of two McGregor women and several volunteers who made it their mission to preserve the history of this character filled town. Helaine Shand and Marilyn Poole look fondly around at the artefacts nametags and books in the room and with a note of pride tell some of the many fascinating anecdotes and history titbits. “The church tower used to be much taller than it is now,” says Shand and points to a black and white photo on the wall. The Dutch Reformed Church in Voortrekker Road was inaugurated on 28 June 1904 but according to villagers, a great storm toppled the tower in 1951. When it was rebuilt, the tower was made much shorter. The humble room, which serves as the McGregor Museum, deserves more than a second glance and is a testimony to the town’s connection with the past. But the museum hit a major setback in September last year when a fire swept through the building, almost destroying the various records and antiquities. A painstaking process of cleaning and salvaging the contents of the museum and information office began. Poole explains that most of the damage was caused by smoke and white foam used to extinguish the flames. But the museum is now open once again and filled with potential for further growth. One of the great treasures of the museum is a thick blue file which contains interviews with local villagers who gave their account and memories of McGregor in the olden days. Shand explains that the oral histories are an integral part of the museum. “If the memories of the older generation is not gathered and kept safe, it will be lost for ever,” she says. Oral tradition has an ancient and ve-

Above: The small room that houses the museum. Below (left): Photos depicting Reverend Andrew McGregor and his wife. Below (right): The decorated trowel with which the church’s cornerstone was laid. Photos: Daleen Fouché

ry prominent place in South African history, but is easily overlooked in modern day society. But volunteers for the McGregor Museum ensured that many memories are captured as they were told and do not only retain a picture of the nineteenth century town, but also of the people and culture which inhabit the town. One of the museum’s prominent artefacts is a grand golden trowel. This trowel was used to lay down the

corner stone of the Dutch Reformed Church in 1905. The story behind how the museum required the trowel, engraved with high Dutch, is the real treasure. Poole tells that Michael Corbet, the greatgrandson of Reverend Andrew McGregor and South Africa’s former Chief of Justice, found the trowel in a secret compartment of a Victorian rosewood tabletop writing desk. Corbet inherited the desk from his great aunt but when he found the trowel, felt uncomfortable with keeping such an historic artefact. Years later Poole met Corbet by chance and he explained how he discovered the trowel. Poole suggested that the trowel goes to museum, where it still hangs today.

5


6

Breederivier Gazette

Gepraat van hitte en koue NOG ’n hittegolf is hier en Kapenaars sal maar daardeur moet leef, met die kwik wat Maandag tot by die 40˚C-merk gestyg het. Maar terwyl talle Wes-Kapenaars na strande en swembaddens stroom, beleef Europa ’n ysige kouefront wat reeds talle lewens geëis en sommige lande tot stilstand gebring het. En terwyl die dodetal in veral Oos-Europa styg, vlug duisende mense uit hul huise in Oos-Australië waar vloede dreig om hul huise te verwoes. Die nagevolge van hierdie uiterste weersomstandighede is nie net lewensverlies nie, maar ook emosionele en finansiële skade. In vergelyking met dié twee rampe, is ’n drie dae lange hittegolf nie veel van ’n bekommernis nie. Wes-Kapenaars kan dus gerus twee keer dink voor nog ’n klaaglied oor die hitte gesing word. Dit is egter nie te sê dat die hitte nie gevaar inhou nie. Die droë, warm omstandighede, veral wanneer sterk wind ook heers, is ideale broeitoestande vir wegholveldbrande, soos die vele brande wat reeds swart brandmerke oor feitlik die hele Wes-Kaapse landskap gelos het. Verder is dehidrasie en hitte-uitputting die voorland vir enige mens wat nie genoeg water drink nie. Moet dus nie jou sigaretstompie by die venster uitgooi nie, moenie vuurmaak waar dit moontlik kan versprei nie, drink baie water en vier die somer met vriende en, indien jy so gelukkig is om toegang tot een te hê, ’n swembad.

Briewe/Letters

Dinsdag 7 Februarie 2012

’n Besoek in die geskiedenis E K was vir tien dae in die Vrystaat. Eintlik in Bloemfontein om vir vriendin Douwlina te gaan kuier. Sy is ’n mediese dokter en ek moes myself bedags besig hou. Haar vriendin Winnie West (’n bekende navorser oor die Anglo-Boereoorlog in die Vrystaat) besluit toe dis tyd dat ek my geskiedenis ’n slag opknap. So sleep sy my op ’n Maandag saam met haar Jacobsdal toe. Die klein dorpie was tydens die Anglo-Boereoorlog een van daardie plekkies wat swaar onder die Britte en die Boere se koeëls deurgeloop het. Daar is ’n ou Engelse blokhuis, wat mooi gerestoureer en afgekamp is, en talle ou huise wat in klein besighede omskep is. ’n Besoek aan die historiese gedeelte van die begraafplaas laat jou egter die wreedheid van dié oorlog opnuut besef. Die dood maak nie skeiding tussen nasies nie en in die begraafplaas lê gesneuwelde Britse soldate saam met

Boere-krygers in die lang rye grafte. Daar is monumente met die name van gesneuweldes, talle naamlose Engelse grafte met net ’n kruis binne ’n sirkel waarop staan “In Memory – for King and Empire”. Talle grafte het ’n kruis of klip vir ’n steen, maar daar is geen name op nie. Danksy ’n ou dame wat naby die begraafplaas gebly het, is die historiese deel van die kerkhof in ’n lushof omskep. Daar is bome, struike, grasperke en talle roosbome om die grafte en gedenkstene en ’n atmosfeer van rustigheid en vrede hang oor die plek. Ons het ook ’n draai by die Oorlogsmuseum by die Vrouemonument gemaak. Daar is ’n ou trein met sy groen lokomotief, ’n herboude blokhuis, standbeelde wat verskeie fases van die

Verdrukking in die kerk ANONIEM skryf: Ek wil vandag tyd neem om my gevoelens te deel met enigeen wat ook deur verdrukking gaan. Ek praat van verdrukking binne kerkverband. Dit is verbasend hoe ons tye nou lyk soos die laaste dae waarvan die Bybel praat. Mense, en veral kerkrade, doen baie dinge asof hulle dit doen vir God. Maar as ’n mens gaan kyk na wat God sê, blyk hulle dade in teenstelling met die Woord te wees. In Matteus 16:20 staan daar: “Jy sal die boom aan sy vrugte ken.” Ons het van God vergeet, want ons doen wat ons wil. As iemand die waarheid sou praat in teenstelling met jou planne, dan is daar probleme. Ons wil nie hê mense moet aan ons voorskryf wat om te doen nie, veral as die persoon wat jou regstel arm is of nie grand is nie. Ons is hoogmoedig en wêrelds. Mag God ons genadig wees, want die eindtye is naby.

Waarom strooi ons so rommel? MNR. G. VAN HEERDEN skryf: Dit is skokkend om te sien hoe die pragtige rivier vanaf die laagwaterbrug in Bonnievale (by die vierrigtingstop) besoedel word deur rommel. Die heerlike koel water is gratis aan ons beskikbaar gestel, so waarom is ons bereid om dit stelselmatig te bemors? Wil ons vir die besoekers wys dat ons dieselfde pad wil loop as wat ander riviere, wat reeds hulle funksies verloor het, geloop het? Onthou, die rivierlewe beland binne die plastiekrommel en kan nie uit nie – dit beteken dood. Dooie visse vrot in die water en dit breek ander rivierlewe af. Vissermanne vang nie vis in ’n stin-

kende, rommelbestrooide rivier nie. Visse se natuurlike habitat word wêreldwyd reeds vernietig. Waarom moet ons dit hiér aanhelp? Die gebied is bekend vir die “mooi” en ons wil dit nie verander na vieslik nie. Stropers vernietig die olifant- en renosterbevolking. Dit is nie nodig dat ons die rivierekologie ook moet vernietig net omdat ons te vrekkerig is om ons rommel in ’n swartsak te gooi en dit huis toe te neem nie. Die munisipaliteit verwyder dit tog. Gastehuise word op die rivieroewers gebou met ’n uitsig op die rivier. Elke gastehuis en toerismeonderneming skep werk vir die Bonnievalers. ’n Stinkende, besoedelde rivier sal die bedryf negatief beïnvloed. Dus moet ons die morsjors uit ons sisteem kry en eerder ’n gesindheid van opbou, bewaar en verbetering aanneem. Kom ons wys dat ons die verfraaiing van die boomplantprojek verleng deur die rivier skoon en sonder rommel te hou.

Word deel en maak ’n verskil ME. ANNE­MARIE DU PLESSIS van CAN­ SA Relay For Life, Bonnievale, skryf: Waar het Relay For Life begin? In 1985 het dr. Gordon Klatt op sy eie vir 24 uur aaneen rondom ’n baan in Washington, Amerika geloop om geld in te samel vir kankernavorsing. Dit was die eerste Relay For Life en R24 000 is daardeur ingesamel. Vandag, 27 jaar later, op 9 Maart, bied ’n klein dorpie aan die suidpunt van Afrika sy derde CANSA Relay For Life aan en poog om R80 000 in te samel! As een persoon soveel kon vermag, dink net wat kan ’n hele gemeenskap doen. En dit vir ’n saak wat almal van ons op een of ander manier raak. Dit is ’n realiteit en mens kan nie anders as om alles in jou vermoë te doen om kanker te beveg nie. Met die komende CANSA Relay For

oorlog uitbeeld en die bestuur van die museum is besig om ’n ou sinkgebou wat as hospitaal gebruik is, te restoureer sodat daar uitstallings gehou kan word. Die museum bied ’n insig in die wreedheid en hartseer van die oorlog. Foto’s van Boerekrygers, konsentrasiekamp-slagoffers, toerusting en nog vele meer oorblyfsels van die oorlog. Teen een muur van die museum hang ’n reuse-kwilt wat gemaak is uit foto’s uit die oorlog en konsentrasiekampe wat tussen die borduurwerk ingewerk is. Dis egter eers wanneer jy met die paadjie opstap na die monument en jy die name van al die konsentrasiekampe op stene lees, dat die verskrikking van die Anglo-Boereoorlog jou tref. By die monument is die grafte van onder andere Christiaan de Wet en Emily Hobhouse asook treffende standbeelde deur Anton van Wouw. )) Anita de Kock is ’n lid van die Breederivier Skrywersburo.

Life, het ons die ideale geleentheid om alles in die stryd te werp om ’n verskil te maak. Mag ons almal, met die komende CANSA Relay For Life op Bonnievale, saam met bekende sangers, hope aktiwiteite, lekker kosstalletjies en plaaslike talent, feesvier oor die lewe en hulde bring aan geliefdes wat ons as gevolg van kanker aan die dood moes afstaan. Mag ons ook terugveg teen die aanslae wat lei tot kanker. Kom raak met oorgawe betrokke en wees deel van die verskil!

‘Soetwyn’ vir vervoerplek )) Lindé Visser gee ’n krat soetwyn aan Deon van Deventer Vervoer, Robertson. Baie dankie vir julle uitstekende, baie bekostigbare diens en vir die ekstra myl wat julle bereid is om te gaan. Ek kan julle met oorgawe aanbeveel vir die vervoer van enige item – klein of groot. Nogmaals baie dankie.

Lesers word uitgenooi om hul kommentaar oor enige saak in die koerant, of in die gemeenskap aan die Gazette te stuur. SMS’e wat die naam van die sender bevat sal ’n beter kans staan om gepubliseer te word. Publikasie bly onderhewig aan die oordeel van die redakteur.

Readers are invited to send their comments about any issue in the newspaper, or in their community, to the Gazette. SMSes that contain the name of the sender will have a better chance of being published. Publication remains at the discretion of the editor.


Dinsdag 7 Februarie 2012

Nuus/News

Welcome to the Swop Shop THE Breede River Gazette is proud to announce that we will be launching a new column, which will afford readers the opportunity to trade goods with one another like in the days before currency. The Swop Shop is a space where readers can experiment and try their hand at trading goods. If you have a garden spade, but rather want a garden fork, why not ask at the Swop

Shop? Or if you fancy trading your surfboard for a comfy couch, advertise the trade in the Swop Shop. Community organisations and NGOs can also use the Swop Shop as a platform to publicise their wish list for donations and any urgent needs that may arise. Those who are in desperate need of advice can ask their questions in the Swop Shop,

whether it is garden advice, health advice or love advice. And the good news is that the Swop Shop is a free service and no fees will be charged. Readers can send their Swop Shop items via email to zelda@ breede.com, annelda@breede .com or gazette@breede.com. Describe your item in no more than 100 words and send it to the Gazette by Thursday each week.

A message in a flower? D O people still know that giving peach coloured roses once implied they have a burning desire for the receiver? Or that, traditionally, striped carnations said, “Sorry I can’t be with you”? Maybe not, but maybe the girl of your dreams just happens to be informed. See this list, supplied by Interflora Membership Services Manager Lindsey Mortimer, of alternatives you can go for and those of which you should rather steer clear. Nothing declares your love like red tulips do. Red roses are, however, just as good a symbol of eternal love, while red chrysanthemums convey a simple “I love you”. The azalea is a symbol of romance or first love, while the sunflower is a symbol of adoration and the agapanthus of love letters. New couples could opt for the yellow iris, which represents a flame of love, or yellow lilies, which say “I’m walking on air”. Choose daffodils, ivy, lavender and peach blossom only if you’re ready for commitment – daffodils say “You’re the only one” while ivy signifies fidelity and lavender devotion. Peach blossoms go a bit further by saying “I’m your cap-

tive.” Anemones (forsakenness) or yellow tulips (hopeless love) could have a whiff of desperation, while only you will know whether it’s safe to send white lilies (virginity), daisies (innocence), quince (temptation) or jasmine (sensuality). If your girl has a particularly admirable trait, try these: The calla lily signifies magnificent beauty and the camellia perfection. Violets indicate modesty, while chrysanthemums truth and the cosmos modesty. Gladioli indicate strength of character and the iris wisdom.

Orchids are a symbol of longevity, elegance or love, while ranunculus types say, “You are radiant with charm.” Don’t send “friendship” flowers. Yellow roses, freesias and acacia all fall into this category. Yellow roses are particularly risky, as they can also indicate jealousy. Candytuft, dahlias, day lilies, orange lilies, narcissi and poppies might just be an insult. Candytuft signifies indifference while dahlias symbolise instability, day lilies coquetry, orange lilies hatred, narcissi egotism and poppies eternal sleep.

Breederivier Gazette

7

AWK reik uit na ander landbou­unies AGRI WES-KAAP nooi landbou-unies wat die primêre landbousektor verteenwoordig na ’n landbougespreksforum waar aangeleenthede van gemeenskaplike belang bespreek sal word. “Die uitdagings in die landbousektor gaan nie vanself opgelos word nie. Dis belangrik dat almal wat ’n belang daarby het om ’n tafel sit en saam gesels oor moontlike oplossings,” sê mnr. Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap. Die vergadering is geskedu-

leer vir 7 Februarie in die Paarl en die unies wat genooi is, is: )) AFASA (African Farmers’ Association of South Africa). )) NAFU (National Agricultural Farmers’ Union). )) USAAA (United South African Agricultural Association). Vir meer besonderhede en verdere navrae oor die byeenkoms, bel Swart by 0 082 927 7698 of mnr. Carl Opperman, hoof- uitvoerende beampte, by 082 944 0799.

Roses traditionally mean eternal love and are by far the most popu­ lar choice of flower for Valentine’s Day, while irises are traditionally a symbol of wisdom and therefore a good choice.


8

Breederivier Gazette

Skole/Schools

Dinsdag 7 Februarie 2012

Mooi voorbeeld:

Die Verenigde Christenstudente­ vereniging (VCSV) is die groot­ ste vereniging in die Hoër­ skool Montagu met ‘n ledetal van 450. Op 13 Januarie is 53 gr. 11­ en 12­leerders as kring­ leiers opgelei. Aan die einde van die opleidingsessie is Pie­ ter Booysen as voorsitter ge­ kies en Odelia Mills as onder­ voorsitter.

Wenners:

Op 19 Januarie het die La­ erskool Ashton aan ‘n interskole­atle­ tiekbyeenkoms by Rûens Kollege deel­ geneem en die alge­ mene wentrofee ve­ rower. Op die foto (van links) is Luan Nolan, wenner van die victor ludorum­ beker, Juan Schreu­ der en Maréka Con­ radie, kapteine van die atletiekspanne, met die beker vir die beste atletiekspan. Foto: Daleen Fouché

Welgedaan:

Dié tweekampatlete van die Hoërskool Bonnievale is opgeneem in die Boland­span wat aan die interprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn deelge­ neem het. In die agterste ry (van links) is Chris Redelinghuys, TK Hamersma, Philip Jonker, Annelie Wessels, Tristan Roseveare en Marco Olivier. Voor is Kyle Roseveare, Luané Wessels, Jana Wessels, Ruach Wessels, Johannes Jonker en Annamart Wentzel.

Swemmers:

By die swemgala van die Hoërskool Bonnievale het ‘n hele paar rekords gespat. Die leerders op die foto het almal rekords verbeter. Agter (van links) is Tristan Roseveare, Thomas Frick, Philip Jonker en Chris Redelinghuys. Voor is Hilda Jonker en Ruach Wessels. Laubscher van der Merwe was afwesig.

Krieketkragte: Anel Maritz (links) en Wilmien Uys aan die Hoërskool Montagu het van 10 tot 15 Desember verlede jaar die Boland­meisieskrieket­ span verteenwoordig in die Krieket SA­ week wat in Kimberley gehou is. Albei het goeie ondervinding opgedoen en sien uit na ’n besige krieketseisoen wat voorlê.

Skerp oog: Barend Esterhuyse (o.15, links) en Laubscher van der Merwe (o.19) van die Ho­ erskool Bonnievale is albei in die Noord­Bo­ land­tennisspan opgeneem.

Kampioen: Nico Retief, ‘n gr. 9­leer­ der aan die Hoërskool Robertson, het Suid­Afrika in die Desembervakansie in die junior baarshengelspan verteen­ woordig. Die Suid­Afrikaanse span het by die Albert Falls­dam in KwaZulu­Natal kragte gemeet met die Zimbabwiese span en met die trofee weggestap.

Boland­tennisspeler: Jana Wes­ sels van die Hoërskool Bonnievale het deelgeneem aan die finale Boland­tennis­ proewe en is in die Boland o.13B­span op­ geneem. Foto: Verskaf


Dinsdag 7 Februarie 2012

Seminaar en fees vir alle kerke ’n SEMINAAR en gospelfees word van 2 tot 4 Maart in die Robertson-gemeenskapsentrum aangebied. Kerke van alle denominasies word uitgenooi na die seminaar. Op Vrydag 2 Maart sal daar op die jeug gefokus word terwyl seminare oor die Bybel op Saterdag sal plaasvind. ’n Braai sal ook op Saterdag 3 Maart gehou word. ’n Erediens volg op Sondag 4 Maart. Verteenwoordigers van die Africa International Missions (AIM), ’n internasionale sendingorganisasie met ’n sterk fokus op Bybelstudie, sal as sprekers by die seminaar optree. ’n Vergadering vir kerke ter voorbereiding van die seminaar word op 17 Februarie gehou. Vir meer inligting, bel mnr. Cupido Philander by 0 084 348 7202.

Dr. Roger Dickson, direkteur van Africa International Missions (AIM), en mnr. Cupido Philander, organiseerder van die seminaar. Foto: Verskaf

Join the crusade ALL Churches in the Langeberg municipal area are invited to the launch of the Holy Soul Crusade on February 17 at the Robertson Civic Centre in Hospital Drive. The Crusade will be facilitated by the Robertson Community Centre and sponsored and presented by Dr Roger Dickson, Director of Africa International Missions (AIM). For registration and bookings, churches of all denominations can contact Mr Cupido Philander, founder of the Robertson Community Centre, at cupidophilander@yahoo.com or robertsonccd@groups .facebook.com.

Nuus/News

Breederivier Gazette

9


10

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 7 Februarie 2012

100

95

75

In die voorste ry (van links) is Miemke Retief, Margarete van Eeden, Madri Conradie en Anke Barnard. Agter is Helen Louwrens en Pierre­Juan Paulsen.

ARENDSE, ELLA. Geb.09/02/1951Gest.24/06/2011 Jou eerste verjaardag by Jesus. Ek sou graag geluk wou sê, maar Jesus wou dit anders hê. Rus sag my maatjie! Ek mis jou! Van Sera.

Tennisspelers blink uit TENNISSPELERS van die Hoërskool Robertson het goed gevaar in die afgelope proewe. Anke Barnard, Madri Conradie, Margarete van Eeden en Miemke Retief het op 20 Januarie aan die o.15-Noord-Bolandproewe op Worcester gaan deelneem. Madri Conradie, Helen Louwrens en Pierre-Juan Paulsen het daarna aan die Boland Plattelandproewe op 27 en 28 Januarie, ook op Worcester, gaan deel-

neem. Madri Conradie is sesde op die ranglys vir meisies onder 15 en Helen Louwrens is derde op die ranglys vir meisies onder 19. Pierre-Juan Paulsen is tweede op die ranglys vir seuns onder 19 en het gekwalifiseer om op 3 en 4 Februarie aan die Bolandproewe op Stellenbosch deel te neem. Pierre-Juan, Helen en Madri is in die Boland Plattelandspan opgeneem en speel op 18 Februarie op Worcester teen SWD. Baie sterkte aan hulle.

100

95 75 vandag (7 RAAI wies's1 Februarie) WENTZEL CALEB Baie geluk met jou eerste verjaarsdag vandag. Hoop jy gaan 25 jou dag geniet. Van Daddie, Mammie, jou 2 boeties, oumas,5oupas en familie. 0

LOMBAARD KENNETH. Geb.21/7/1940Gest.7/2/2011 Dadda se eerste jaar weg van ons. Dankie dat ons as familie net jou soete herinneringe kan koester, mis jou. Liefde Mammie, kinders, kleinkinders en al die familie.

SILJEUR SIMON PETRUS. Liewe Pappa, waarheen het die tyd gevlieg? Dus 10 jaar wat u van ons af weg is. Ons mis u baie en Pappa sal altyd in ons harte bly. Liefde groete jou dogters Rushel Gouvias, Erica Oostendorff en families.

KYK word 50? Fortuin Maria (Annie). Baie geluk met jou 50ste verjaarsdag Saterdag 11 Februarie. Deur als wat jy deurgemaak het, het die Here jou 50 jaar uitgespaar. Van jou vriende en almal wat lief is vir jou.

REUNIE: alle 1993 matrieks van Langeberg Sekondere Skool daar word 'n reunie beplan vir alle matrieks. Enige belangstellendes kan gerus vir Elna skakel by 083 744 2653. TO Joan Standaar and family certainly my heartfelt sympathy with your sad bereavement. God be with you today and always you will be in a hiding place that He will protect you from trouble Psalm 32:7.May the Lord be your strengh today and the light of his love lead you on your way. And may you find comfort and peace in his presence, and know that in everything He cares for you. God bless you. Love from Elizabeth Louw .

KOM geniet die avontuur 25 van perden ontspanning ry by die Robertson Ryskool.* Ons5 bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners 0en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ’n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. *Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae * Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088.


Dinsdag 7 Februarie 2012

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

11

Kennisgewings

CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY 2010/2011 DRAFT ANNUAL REPORT

2010/2011 KONSEP JAARVERSLAG

Notice is hereby given in terms of section 21(a) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act No.32 of 2000), read with section 127(5) (a) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No. 56 of 2003).

Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 21(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsel, 2000 (Wet No. 32 van 2000) gelees saam met artikel 127(5) (a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiele Bestuur, 2003 (Wet, No. 56 van 2003).

Members of the public and communities within the Cape Winelands District Municipality, Government Institutions, the private sector and organs of the civil society, are hereby invited to comment on the Draft Annual Report for the 2010/2011 financial year.

Lede van die publiek en gemeenskappe binne die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Regeringsinstellings, die private sektor en organe van die burgerlike samelewing word hiermee uitgenooi om kommentaar te lewer oor die Konsep Jaarverslag vir die 2010/2011 finansiĂŤle jaar.

INGXELO YONYAKA EYILIWEYO YONYAKA WAMA-2010/2011

Written comments may be addressed to: The Municipal Manager, PO Box 91, Worcester, 6849 or may be hand delivered to any of the Municipal Offices listed above.

Skriftelike kommentaar kan gerig word aan: Die Munisipale Bestuurder, Posbus 91, Worcester 6849 of kan met die hand afgelewer word by enige van bovermelde Munisipale kantore.

Esi saziso sihambelana necandelo 21(a) lo Rhulumente we Ngingqi, u-Mthetho weeNkqubo zikaMasipala onguNombolo 32 wama-2000, ofundwa kunye necandelo 127(5) (a) lo-Rhulumente weNgingqi, u-Mthetho woLawulo lweMali kaMasipala onguNombolo 56 wama-2003. Amalungu oluntu kunye neengingqi zoluntu ezikuMasipala weSithili seCape Winelands, amaziko kaRhulumente, amashishini angasese kunye nemibutho yasekuhlaleni iyamenywa ukuba yenze amagqabantshintshi kwiNgxelo yoNyaka eYiliweyo ukulungiselela unyaka-mali wama-2010/2011. Ingxelo inokufumaneka kwi-webhusayithi kamasipala: www.capewinelands.gov.za ukususela ngomhla we-2 Februwari wama-2012. Iikopi ziyafumaneka ngokunjalo ukulungiselela amagqabantshintshi nokuhlolwa kule Ofisi kaMasipala weCape Winelands ilandelayo: 29 Du Toit Street, Stellenbosch 51 Trappes Street, Worcester 194 Main Road, Paarl 27 Munnik Street, Ceres 50A Bad Street Montagu 40 Van Reenen Street, Robertson Umhla wokuvalwa kokungeniswa kwamagqabantshintshi neengcebiso ngumhla we-29 Februwari wama-2012 ngecala emva kwentsimbi yesine (16:30). Amagqabantshintshi abhalisiweyo anokuthunyelwa kuledilesi: The Municipal Manager, PO Box 91, Worcester, 6849 okanye anakho ukungeniswa ngesandla nakuyiphi na enye yeeOfisi zikaMasipala ezidweliswe apha ngasentla.

M MGAJO MUNICIPAL MANAGER

M MGAJO MUNISIPALE BESTUURDER

M MGAJO MUNICIPAL MANAGER

The report can be accessed on the municipal website: www.capewinelands.gov.za from 2 February 2012. Hard copies are also available for comments and viewing at the following Cape Winelands District Municipality Offices: 29 Du Toit Street, Stellenbosch 51 Trappes Street, Worcester 194 Main Road, Paarl 27 Munnik Street, Ceres 50A Bad Street, Montagu 40 Van Reenen Street, Robertson Closing date for the submission of comments and representations is 29 February 2012 at 16:30.

Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600 Human Communications C93929

Die verslag sal vanaf 2 Februarie 2012 op die Munisipale webblad: www.capewinelands.gov.za beskikbaar wees. HardekopieĂŤ is ook vir kommentaar en besigtiging by die volgende Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit kantore beskikbaar: Du Toitstraat 29, Stellenbosch Trappesstraat 51, Worcester Hoofweg 194, Paarl Munnikstraat 27, Ceres Badstraat 50A, Montagu Van Reenenstraat 40, Robertson Sluitingsdatum vir die indiening van kommentaar en voorleggings is 29 Februarie 2012 om 16:30.

Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600

Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600


Breederivier

Year 16 • 7 Februarie 2012 | Tel. 023 626 5212

’n Meisie van vele talente DALEEN FOUCHÉ

S

Y het ’n lang lys prestasies agter haar naam. Dit is nou die heel eerste wenner van die Breederivier Gazette en SuperSport se Let’s Play Sportster van die Maand-kompetisie. Charlonè van Rensburg, wat tans in graad 12 aan die Hoërskool Montagu is, gesels graag oor haar passie vir sport. Dié jong dame vertel dat haar liefde vir sport al van “kleintyd” af kom toe sy gereeld met sportballe van alle soorte gespeel het. Maar Charlonè se eerste amptelike sport was swem. “Ek het begin swem toe ek drie jaar oud was,��� sê sy. In 2006 het Charlonè saam met haar gesin na Montagu verhuis en het sy geleentheid begin kry om haarself toe te spits op netbal en tennis. “Netbal is my gunstelingsport,” ver-

Charlonè van Rensburg

Januarie se wenner, Charlonè van Rensburg, se prestasies: )) Charlonè het by die kleureatletiek agt eerste plekke behaal, met twee prestasies bo 800 punte op die Atletiek Suid-Afrika-tabel. )) Charlonè het die meeste punte vir haar span, die Rooispan, ingesamel

duidelik Charlonè. “Ek hou van netbal omdat dit ’n spansport is. Ek hoef dit nie alleen te doen nie.” Charlonè was deel van die Westelike Provinsie se netbalspan wat verlede jaar die silwermedalje tydens die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe verower het. Verder was die netbalspan van die Hoërskool Montagu, waarin sy natuurlik speel, onoorwonne in 2010. Charlonè het vanjaar skoonskip gemaak by die kleureatletiek en as victrix ludorum weggestap nadat sy agt eerste plekke behaal het. Om die prestasies te kroon, is sy aangewys as die mees veelsydige meisiesatleet. “Ek skryf elke jaar vir elke item in,” sê sy, maar dring daarop aan dat diskus haar sterkste item is. Verder is Charlonè deel van haar skool se eerste meisieskrieketspan en sy speel ook tennis vir die skool se derde span. Maar hoe balanseer ’n graad 12-leerder haar skoolwerk, verskeie sportsoorte en die verantwoordelikheid van hoofmeisieskap? “Goeie tydsbestuur,” verduidelik Charlonè. “Ek maak tyd vir my sport omdat ek lief is daarvoor en doen getrou my huiswerk.” Sy sê haar ma het haar geleer om haar tyd goed te beplan en word “wonderlik” ondersteun deur haar ouers. Verder prys sy ook haar afrigters wat haar gereeld nuwe taktieke leer en “baie moeite doen”. Charloné sê sy werk tans hard sodat sy gekeur sal word om volgende jaar medies te studeer. “Dit is my droom om ’n dokter te word kom van kleintyd af.” Maar sy verseker jou dat sy ook sal aanhou om haar sport te beoefen, “want anders raak ek bietjie kwaai”.

en het die trofee vir die veelsydigste meisiesatleet ontvang. )) Charlonè is ook as victrix ludorum aangewys. )) Charlonè speel in die skool se eerste meisieskrieketspan. )) Charlonè speel ook in die skool se derde tennisspan.

Op pad na die Argus MOTORISTE kan saans rye fietsryers op die paaie tussen die dorpe in die Langeberg-area sien ry, maar dit is nie net ’n rustige tog op ’n mooi roete nie. Die fietsryers is hard besig met voorbereiding vir die Cape Argus Pick n Payfietsrytoer. Die groep ’n Paar lede van die Wacky Wheelers­fietsryklub neem ‘n blaas­ fietsryers be- kans tydens een van hul oefensessies. staan uit paden bergfietsryers wat sie kan beoefen – jy laai Hy verduidelik dat hulself die Wacky net jou fiets op die kar.” baie fietsryers van Wheelers gedoop het en Verder sê Mostert 70% Kaapstad reeds oor naoefen op gereelde basis van die Wacky Wheelers weke die omgewing en saam. werk in ’n kantooromge- moontlike roetes kom ry Tussen 20 en 30 fietsry- wing en sien uit na oe- en ervaring op die terers uit die groep neem el- fensessies waar hulle rein opdoen. Die Wacky ke jaar deel aan die Ar- tyd in die natuur kan Wheelers ry dan saam gus, wat oor ’n 100 km- spandeer. met die groepe en “wys roete oor Kaapstad se Die Wacky Wheelers hulle ’n bietjie rond”. uitmergelende bergpas- neem regdeur die jaar Mostert sê verder dat se strek. aan fietsrykompetisies die Epic onbekostigbaar Theunis Mostert, ’n deel en oefen dus ook is vir baie fietsryers, wat lid van die Wacky regdeur die jaar. “Ons dan ná die resies die roeWheelers, vertel dat die bly op ons oefenskedule te wil uittoets. groep gereeld saam oe- regdeur die jaar,” sê hy. Lede van die Wacky fen. Hy sê die groep sal Mostert vertel met Wheelers gaan ook aan twee keer per week vir trots dat vyf lede van die ’n paar voorbereidingskort oefensessies gaan groep vroeër vanjaar die wedrenne deelneem soen getrou elke Saterdag Trans Baviaans-kompe- dat fietsryers kan oefen ten minste ses tot sewe tisie voltooi het. Hy ver- om in groot groepe te ry. ure op die pad spandeer. duidelik dat dié uitmerMostert sê meer as Hy meen daar is vele gelende wedren van 35 000 fietsryers neem redes hoekom fietsry so 230 km in 24 uur voltooi deel aan die wedren. “As ’n gewilde sport is, waar- moet word. jy nie gewoond daaraan van die strewe na ’n geDaar is selfs een van is om in so ’n groot groep sonde leefstyl bo-aan die die Wheelers wat aan dié te ry nie, kan jy baie verlys is. Mostert sê fietsry jaar se Absa Cape Epic- bouereerd raak.” is ’n sport wat die hele fietstoer gaan deelneem. Hy sê hoewel elke deelgesin saam kan beoefen Mostert sê die Epic gaan nemer sy eie teiken het, en vertel hoe hy saam ’n groot ekonomiese in- is al die lede van die Wacmet sy gesin aan kompe- spuiting vir die Vallei ky Wheelers getrou aan tisies deelneem. wees, “en nie net vir die die oefen en aan hul alge“Fietsry is ook ’n sport drie dae wat die fietsry- mene fiksheid op ’n wat jy selfs in jou vakan- ers in Robertson is nie”. goeie vlak.

Die nuwe span: Die Robert­ son­rugbyvoetbalklub (RFC) het onlangs sy nuwe bestuursko­ mitee verkies. Die le­ de is (agter, van links) Jonathan Kas­ toor (klubkaptein), Francen September (sekretaris) en Mer­ vin Stofbergh (wed­ strydsekretaris). Voor is Thamby Padiachy (kassier), Stephen Jones (voorsitter) en Monica Tiras (trus­ tee). Daniel Baadjies (ondervoorsitter) was afwesig.


Breederivier Gazette 07-02-2012