Page 1

Breederivier

Year 17 • 8 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Flippie uit ouers se sorg geneem HILDERINE SCHRÖDER

In die soveelste kinkel in die omstrede Flippie Engelbrechtsaak is die tiener die afgelope naweek uit sy ouers se sorg geneem. Carina Papenfus van die Freedom Trust, Engelbrecht (18) se regsadviseur, het Sondag (6 Oktober) aangekondig dat dié besluit in Engelbrecht se belang geneem is ná beweerde voorvalle van drankmisbruik en kinderverwaarlosing en -mishandeling aan die lig gekom het. Volgens Papenfus is die polisie se hulp ook ingeroep. Flippie is tans in ’n plek van veilige bewaring ná hy Saterdag (5 Oktober) drie epileptiese aanvalle, waarskynlik weens spanning, gehad het, aldus Papenfus. “Hy gaan nou ook verwys word vir verdere observasie, iets wat al lankal gedoen moes word.” Volgens Papenfus gaan dit tans onder omstandighede goed met Engelbrecht en is hy baie rustiger as vroeër dié naweek. Engelbrecht se aanrandingsaak geniet sedert dit in Julie vanjaar heropen is landwyd aandag. Die saak is op versoek van die staat vir onder meer veiligheidsdoeleindes van die Ashton-landdroshof na die Worcester-streekhof oorgeplaas waar dit aanstaande Maandag (14 Oktober) op die rol is. Wilhelm (Dozi) Treurnicht (35) staan nou alleen tereg op die aanrandingsklag ná sy medebeskuldigde, Johnny Burger, eienaar van die Rietvallei Wynlandgoed, op 3 September sy eie lewe geneem het. Tydens Treurnicht, bestuurder van Rietvallei, se vorige verskyning op 13 September, het die staatsaanklaer, adv. Monrey Juli-

Flippie Engelbrecht, hiér vroeër vanjaar by sy ma, Katriena Engelbrecht, is hierdie naweek deur die Freedom Trust uit sy ouers se sorg verwyder. FOTO: JACO MARAIS/FOTO24 us, gesê nog aanklagte kan moontlik by dié gevoeg word waarop hy reeds teregstaan. Volgens kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, word drie bykomende sake teen Treurnicht ondersoek. Die staat het die aanklagte teen wyle Burger teruggetrek.

Die saak spruit uit ’n voorval in 2008 waartydens Engelbrecht na bewering aangerand is en waarna hy epileptiese aanvalle sou begin kry het. In ’n reeks gebeure hierna het hy ook sy sig en hande verloor. Vrae het sedertdien ontstaan oor die verband tussen Engel-

brecht se beserings en die beweerde aanranding met bewerings uit sekere oorde dat die saak ’n politieke speelbal geword het. Papenfus het dié bewering ten sterkste ontken. Volgens Papenfus is Engelbrecht se saak die toonbeeld van die nagevolge van apartheid.

“Die dopstelsel, onwettige uitsettings, slegte werksomstandighede, armoede en ’n gebrek aan opvoeding is alles bydraende faktore tot sy situasie.” Volgens Papenfus sal die Freedom Trust voortgaan om Engelbrecht sowel as sy ouers so ver moontlik te ondersteun.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 8 Oktober 2013

Kunstekaap kuier op die platteland Bekende kunstenaars besoek Robertson op 10 en 11 Oktober as deel van Kunstekaap se departement gehoorontwikkeling en opvoeding se program om plattelandse leerlinge ’n smakie van die uitvoerende kunste te gee. Dit is reeds die sewende jaar dat die projek aangebied word. Die Langeberg Munisipaliteit het pas, saam met die Graham en Rhona Becksentrum en die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sy gewig by die projek ingegooi. Die kunstenaars wat sal optree is Alistair Izobell (radiopersoonlikheid en sanger) Niël Rademan (kabaretkunstenaar), Janelle Visagie

(operasanger), Camillo Lombard (musiekregisseur en sanger) en saxofoonspeler Doveno Prins. Kaapstad se balletgeselskap en die Dance for All-dansgroep sal sorg vir klassieke en kontemporêre dans, terwyl die marimba- en tromspelgroep Women Unite polsende ritmes sal verskaf. Benewens die aanbiedings sal leerlinge ook aan loopbane in die vermaakbedryf bekendgestel word. Tydens ’n interaksie-sessie kan die leerlinge met die kunstenaars gesels en ook ’n kykie kry in wat agter die skerms plaasvind. Die program vind vanjaar by die Langeberg Sekondêre Skool plaas en die program vir die

Mel by Wine on the River

BUBBLY: Robertson winery just launched a new non-alcoholic sweet sparkling wine called Pure Pink Passion to celebrate the coming of spring and summer. It tastes like fruit and berries and served well chilled will provide the perfect drink for office or Christmas parties with no fear of drinking and driving under the influence. The wine will be available at all retailers in the Valley

Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Mel Botes tree op Saterdag 19 Oktober by Wolfkloof op met sy nuwe vertoning Dominoes waarin hy die musiek van groepe soos Dire Straits en Pink Floyd, asook van sy eie musiek, sal speel. Botes is ook ’n komponis, digter en ’n baie talentvolle musikant wat hom ’n besondere kunstenaar met ’n unieke klank maak. Dit, en sy behendigheid met die kitaar, beloof om besoekers waarde vir geld te gee. Die opvoering maak deel uit van die Wine on River-naweek. Die opvoering op 19 Oktober begin om 19:30 en toegang is R160. Dit sluit ’n ligte ete in. Bespreek vooraf by info@wolfkloof of deur 074 339 5008 te bel.

twee dae is soos volg: 10 Oktober: Oggendsessie: 10:00 - 11:00 – interaksie-sessie met kunstenaars. Aandsessie: 19:30 – finale kleedrepetisie vir koshuisleerlinge, senior burgers, ouetehuise en ander organisasies. 11 Oktober: 10:00 - 11:30 – Loopbaanuitstalling en toer van tegniese aspekte van teaterproduksies. 19:30: Volledige teaterproduksie vir die hele gemeenskap. Die opvoering duur sowat ’n uur en ’n half. Kaartjies kos R20 per persoon en kan by me. H. Jacobs by die Langeberg Sekondêre Skool bespreek word by 023 626 3579.

) ’n Regte Suid-Afrikaanse braaikompetisie word op 12 Oktober ten bate van Kansa by die Oktoberfees by Jonkheer Wynlandgoed aangebied. Die kompetisie word in samewerking met die Bonnievale Kelders gehou en lekker pryse kan gewen word. ) Die McGregor Appelkooskarnaval vind vanjaar op 30 November plaas. Die program sal binnekort bekend gemaak word. Vir meer inligting, kontak die Toerismekantoor in McGregor by 0 023 625 1954.

Bespreek nou jou kaartjie om Mel Botes by Wolwekloof te hoor sing.


Dinsdag 8 Oktober 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

Werksessies oor bedreigde oewerkonyn lê voor ’n Bewusmakingsdag vir die hoogs bedreigde oewerkonyn word op Dinsdag 15 Oktober in samewerking met die Trust vir Bedreigde Wildlewe by die Graham & Rhona Beck Vaardigheidsentrum aangebied. Die dag word afgesluit met ’n bosbraai en ’n veiling om geld vir die projek in te samel. Luidens ’n verklaring van die Trust vir Bedreigde Wildlewe is die sowat 250 konyne op die oewer van die Breederivier een van die mees

bedreigde spesies in die land, en word gehoop die bewusmakingsdag sal bydra tot die bewaring van dié konynsoort. Die dag se verrigting is in drie sessies ingedeel. Die eerste sessie, van 09:00 tot 13:00, sal konsentreer op die bewaring van die konyn en sy omgewing. Sprekers vir dié sessie sluit in Christy Bragg van die Dryland Conservation Programme (DCP), Mossie Basson van Graham Beck Wines en Janice Essex, ’n intern by die DCP. Die sessie word by die vaardigheidsentrum aange-

bied. Die koste beloop R90 per persoon en daar is plek vir net 100 mense. Die middagsessie van 14:00 tot 16:00 is ’n uitstappie na die konyn se habitat en sluit ’n demonstrasie in oor hoe om die konyn op te spoor en om sy natuurlike habitat te beskerm. Besoekers sal ook gewys word hoe om kamerastrikke te stel om die konyn af te neem. Die uitstappie begin by die vaardigheidsentrum en kos R60 per persoon. Die aand se verrigtinge begin om 19:00 en word in die Graham Beck-

Gratis testamente in Nasionale Testamenteweek Suid-Afrikaners het tot 11 Oktober geleentheid om ’n gratis testament te laat opstel. Prokureurs wat aan die Nasionale Testamenteweek deelneem, sal hul diens adverteer deur middel van plakkate waarop hul besonderhede verskyn. Waarom moet ’n testament deur ’n prokureur opgestel word? ’n Opgeleide prokureur het die nodige kennis en ondervinding om seker te maak dat ’n testament volgens wetlike vereistes geldig is en dat dit ook aan die persoon se wense voldoen. ’n Prokureur kan ook raad gee oor moontlike probleme wat kan kop uitsteek met die bewoording van ’n testament. Die grondvereistes waaraan ’n testament moet voldoen, is dat dit ’n skriftelike dokument moet wees en in die teenwoordigheid van die testateur of testatrise en twee getuies wat dit

ook geteken het, opgestel moet word. Wat gebeur as iemand dalk sonder ’n testament sterf? As iemand sonder ’n geldige testament sterf, sal die bates volgens wet gewoonlik regverdig tussen naasbestaandes, soos ’n huweliksmaat en kinders of broers, susters en ouers, of soos toepaslik, verdeel word. Die bates gaan egter dalk nie na die mense wat die persoon se eerste keuse sou gewees het nie. Bykomende probleme wat kan opduik in die afwesigheid van ’n geldige testament is die aanstelling van ’n boedeladministrateur, ekstra koste of ongelukkigheid tussen familielede indien daar nie duidelike opdragte is oor hoe die bates verdeel moet word nie. Maak gedurende Nasionale Testamenteweek ’n afspraak met ’n prokureur wat sy of haar diens vir dié doel aanbied of skakel 021 433 6700 of 012 366 8800 vir meer inligting.

BuzBar pizza a hit Looking for pizza that’s simply the best? Look no further than BuzBar in Robertson! Owners Steve Jacobs and Nic Steenekamp promise to deliver on this claim, and what better proof is needed than the fact that pizza remains the most popular choice for lunch and dinner at the restaurant? They invite everyone to come and taste it for themselves. ) What makes BuzBar special? A real wood-burning pizza oven. ) What menu item is definitely worth a try? Buzbar pizza with salami, feta and sun-dried tomatoes. ) Do you have inside and outside seating? Yes. We can seat 50 people. ) Do you cater for small functions like parties? Yes, but we are limited as we are not open every day of the week.

) Do you do take-aways? Yes we do. ) Do you serve alcohol? Yes. ) Are children welcome? Yes. ) Opening hours: Wednesday and Friday 17:00 to midnight; Saturday 11:00 to midnight; Sunday 11:00 to 17:00. ) In what price range are the main courses? R25 to R75, depending on the pizza size and toppings. ) Contact details: 15 Reitz Street. Entrance and parking in Adderley Street. Phone 083 266 1823 (Steve) or 083 290 5744 (Jodi).

natuurreservaat gehou wat normaalweg vir die publiek gesluit is. Besoekers word getrakteer op ’n tradisionele Suid-Afrikaanse bosbraai en spogwyne van die landgoed. ’n Veiling om geld vir die konynprojek in te samel sal gehou word. Een van die items wat opgeveil gaan word, is die grootste en enigste bottel The Game Reserve Chenin Blanc 2012 (3 liter) met die oewerkonyn op die etiket. Mense wat donasies van R50 of meer gee, het ’n kans om die hele reeks The Game Reserve-wyne te

wen. Al die geld wat ingesamel word, sal aan die Trust vir Bedreigde Wildlewe geskenk word ten einde navorsing in die area te begin. Die banket kos R280 per persoon en daar is plek vir 30 mense. ’n Viertrekvoertuig is nodig om die reservaat te kan bereik. Besprekings is noodsaaklik en kan gedoen word by Mossie Basson by 082 885 1670 of mossie@grahambeckwines.co.za of by Marguerite Nel by 021 874 1258 of marguerite@grahambeckwines.co.za.

3


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 8 Oktober 2013

Kursusse bring hoop vir werklose jonges JOLINE VAN DER MERWE

Oktober sal dalk nuwe moontlikhede vir werklose jongmense meebring wanneer plaaslike sake-ondernemings en organisasies verskeie kursusse aanbied wat jongmense nuwe vaardighede sal leer. Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en Bonnievale en Robertson se sakekamer het hul kragte saamgespan om ’n entrepreneurskapkursus aan te bied. Die kursus wat tussen 21 en 25 Oktober paangebied word, sluit modules in oor hoe om ’n onderneming (én klein onderneming) te begin, boekhou en finansies. Die kursus word aangebied vir enige potensiële en bestaande entrepreneurs. Willem Kruger, organiseerder van die kursus, sê: “Daar is baie werkloses met goeie idees wat net nie weet hóé of wáár om te begin nie.” Kruger sê hulle het 32 aansoeke van Robertson en tien van Bonnievale gekry, maar hulle benodig nog geldelike ondersteuning. Die Valleys and Mountains Ontwikkelingstigting bied ’n kursus aan wat gemik is op jongmense tussen die ouderdomme van 14 en 25 jaar. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het bepaal dat belangrike ontwikkeling op dié ouderdom moet plaasvind om mense

vir werk en ’n loopbaan op te lei. Hul kreatiwiteitsontwikkelingskursus bestaan uit 11 modules. Dit sluit onder meer selfkennis en voorbereiding vir ’n werk, kennis van die arbeidsmark en werksetiek, my gemeenskap en hoe ek en my bydrae daar inpas asook entrepreneursvaardighede om uit ’n kreatiwiteitsbedryf ’n inkomste te genereer in. Studente ontvang sertifikate ná voltooiing van elke module. Volgens Petro McDonald, uitvoerende direkteur van die stigting, is daar groot belangstelling in Robertson. “Maar ons fokusarea is Bonnievale en Montagu, insluitend die plaasgebiede, maar inskrywings van dié gemeenskappe is teleurstellend.” Die stigting is ’n inisiatief van Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, aangesien die Langeberg hoofsaaklik ’n landbougebied is en werksgeleenthede seisoenaal is. Toerisme in die gebied neem toe, dus word die fokus op vaardighede wat ’n inkomste uit die toerismemark kan genereer, geplaas. . Die Valleys and Mountains-stigting bied op 17 Oktober, as deel van internasionale dag vir die uitwissing van armoede, ’n werksgeleentheid-ekspo by die Happy Valley-gemeenskapsaal in Bonnievale aan. Dit sal 17:00 begin, met ’n inligtingsessie om 19:00.

SAAMTREK-SUKSES: Die Great Winelands Adventure-BMW-motorfietsbyeenkoms wat onlangs op Robertson aangebied is, was ’n reusesukses. Daar is reeds sprake dat die byeenkoms aanstaande jaar weer hier aangebied sal word. Die ryers was baie beïndruk met die pragtige natuurskoon en vriendelikheid van die inwoners van die dorp en omgewing. ’n Spesiale negeliterbottel wyn wat deur Van Loveren geskenk is, is onder meer gebruik in die veiling om geld vir liefdadigheid in te samel. ’n Bedrag van R4 300 is ingesamel en aan die Buffelskloof Primêre Skool oorhandig. Hulle sal dit gebruik vir ’n afdak voor die skool se kombuis sodat die leerlinge ’n skadukolletjie vir middagete kan hê. Hier is Mark Tolmay, eienaar van die plaas Buffelskloof, Hanlie du Plessis, skoolhoof van Buffelskloof Primêr en Tony Meiring, organiseerder van die saamtrek.

MUSIEK LAND: Beligting in die kleur van jou keuse!Verskeidenheid dansligte en rookmasjiene, lekker musiek en goeie klank – alles by Musiek Land te kry.

HAIR, BEAUTY AND ACCOMMODATION: Livine Sante is a true bridal sanctuary. Allow us to pamper you before your big day. Book your place at Illusions Hair Design on 0 023 626 1692.

TROUKOEKE: Jenny Du Toit van The Little Cake Shop is passievol oor haar beroep. Sy ontwerp die perfekte troukoek volgens die bruidspaar se spesifieke behoeftes en smaak. Kontak haar gerus vir ’n gratis konsultasie by 0 084 561 0918..

MEMORIES: Allow me to capture your special day and your memories. Please contact Laresa on 082 924 7233.


Dinsdag 8 Oktober 2013

) Die polisie in McGregor is op soek na die eienaar van twee waterpompies. Indien iemand agterkom sy pompe is soek, kan hy hulle kontak. Die persoon moet egter die pompe positief kan identifiseer alvorens dit aan hom of haar oorhandig sal word. Vir meer besonderhede, bel speursers. David Richards by 0 023 625 8000. ) The police in Robertson are looking for information about three men who allegedly robbed the Habipi Mini Market in Nkqubela on Friday 29 September. According to the police three unknown suspects entered the shop. Two of them were armed and demanded the shop owner to empty his cash register. An amount of R7 000 was taken as well as cigarettes from the shelves. Afterwards they locked the owner and his assistant in a room at the back of the shop and then ran away. Anyone with information can contact detective WO Quinton Williams on 023 626 8349.

Geskenke vir tehuis Kersfees is om die draai en die kinders in die Herberg-kinderhuis op Robertson vestig al hul hoop om ’n geskenk op die bereidwilligheid van die publiek om aan minderbevoorregtes te gee. Die tehuis het ’n skoenboks-projek waarin die publiek gevra word om ’n geskenkpakkie op te maak vir ’n kind. Dit moet bestaan uit toiletware, skryfbehoeftes vir die skool, iets lekkers om te eet of enigiets wat die kind kan gebruik, hetsy vir homself of vir die skool. Die Herberg huisves 122 kinders waarvan die ouderdomme wissel van babas tot 18 jaar. Die bemarkingsbestuurder van die Herberg, Petro Uren, sê die tehuis is nie deel van die Santa Shoebox-projek nie omdat dit net aan ’n sekere getal instellings per omgewing beskikbaar is. Daar is reeds ander instansies wat daarby baat. Die tehuis hou op 29 November sy jaarlikse Kerspartytjie vir die kinders en hulle wil graag vir elke kind ’n geskenk gee. Die tehuis doen dus ’n beroep op die publiek en ander instansies op Robertson en die omliggende omgewing om met ’n oop en vrygewige hand uit te reik na die kinders. Belangstellendes wat self ’n kind of twee wil kies vir wie hulle ’n skoenboks wil saamstel, kan Uren by die Herberg bel. Haar nommer is 023 626 3140.

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 8 Oktober 2013

Montagu Spar stel klante eerste “Ons klante kom altyd eerste.” Dít, sê die eienaars – Jan en Zander Smit – van Montagu Spar, is die rede vir hul sukses die afgelope vyf jaar. Die onderneming vier tans sy vyfde bestaansjaar. Betroubare, vriendelike personeel, asook lojale klante is die rede vir sy sukses. Die onderneming se bakkery en warmvoedsel-afdeling is pas, tydens ’n jaarlikse Sparkompetisie, bekroon as beste en naasbeste in hul kategorie in die Wes-Kaap. Wat die winkel egter so besonders maak, is die persoonlike aandag wat die personeel aan klante gee, asook hul bereidwilligheid om daardie ekstra bietjie moeite te doen om ’n klant tevrede te stel. Gerief is een van die aspekte waarop groot klem gelê word. Die klant moet alles wat hy of sy benodig onder een dak kan kry. Montagu Spar is ook nie bang om ’n helpende hand uit te steek en by die plaaslike gemeenskap betrokke te raak nie. Geluk met jou vyfde verjaardag, Montagu Spar, mag daar nog baie wees!

Die binnekant van Montagu Spar.

Montagu Spar vier vanjaar sy vyfde verjaardag. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS


Dinsdag 8 Oktober 2013

General - Algemeen

Regstelling Die drukkersduiwel het verlede week veroorsaak dat twee name by die Kansafoto van die “Gevangenes vir liefdadigheid” verkeerd was. Die korrekte name is Johan Cookson en Jeanette Bosman.

TROTS: Montagu se Spar het onlangs goed presteer toe hul HMR-afdeling waar klaar voorbereide kos te koop aangebied word, die tweede plek in dié groep se winkels in die Wes-Kaap verower het. Volgens die bestuurder, Zander Smit, is hulle baie trots op die groepie werknemers wat sorg dat daar daagliks goedvoorbereide disse te koop aangebied word. Die winkel se trotse groepie is Samantha Plaatjies, Roslynn Warrie, Jennifer Jacobs, Geraldine Booysen en Anza Pekeur en (voor) Ferecia Soldaat met hul sertifikaat. FOTO’S:

ZELDA KLOPPERS

WENNERS: Die personeel van die bakkery-afdeling van Montagu is onlangs aangewys as die beste bakkery in die groep in die Wes-Kaap. Tydens die interne kompetisie word die verskillende afdelings van die winkel beoordeel op die reeks produkte, groei, kwaliteit, netheid, kliëntediens en inisiatief. Die personeel van die bakkery het aan al die vereistes voldoen en het ook 95% tydens ’n inspeksie deur die gesondheidsinspekteur behaal. Die trotse wenners met hul sertifikaat is Merlin Johnson, Sharon Jooste, Mercia de Koker, Chantal Nel, Gertrude Jansen, Bellie Soldaat en Conrad Dube en (agter) Emmanuel Chimombe.

Breederivier Gazette

7


8

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Dinsdag 8 Oktober 2013

Rubriek

‘Ek gaatie thê nie’ toe ’n voorbladstorie ROSY JANSEN Vroeër jare was dit baie moeiliker om by die stad uit te kom as nou. ’n Skoolgroep kon net met groot onkoste en uitstekende beplanning na Kaapstad of ander plekke gaan. Ons het ’n skoolhoof gehad wat die spreekwoordelike tweede myl saamgeloop het om veral die agtergeblewe kinders verder as hul omgewing te vat. So het hy dan, hier in die vroeë sewentigerjare, besluit om die plaaskinders van sy skool Kaap toe te vat. Vir baie van hulle was dit ’n eerste en laaste besoek aan die Moederstad. Hy het die ouers van die kinders keer op keer bymekaar gekry, vergadering met hulle gehou en die toer haarfyn beplan. Al die onkoste is tot in die fynste besonderhede uitgewerk. Die verblyf, etes en besienswaardighede is deeglik uitgesorteer. Sommige van die ma’s is ook gevra om vrywillig saam te gaan om toesig te hou oor die leerlinge. Dan is daar ook met die leerlinge gepraat oor hul veiligheid tydens die toer. Hulle is dit op die hart gedruk hoe belangrik dit is om met GEEN vreemdeling te praat nie. Oor en oor is die kinders gewaarsku oor die gevare van ontvoering en verdwaal.

Nooit, maar nooit, moes ’n kind sy of haar maatjie se hand los nie. (Vandag dink ek met ’n glimlag aan hoeveel spanning en vrees daar eintlik by die kinders ingepraat is.) Op een spesifieke dag moes die toergroep plaaskindertjies die planetarium en die Kaapse museum besoek. Die skoolhoof het gereël dat ’n fotograaf en joernalis van ’n groot dagblad die groepie moes kom afneem Rosy Jansen en ’n onderhoud met hulle voer sodat die ouers tuis darem ook hul kinders in die koerant kon sien. Ek onthou vir Hestertjie nog baie goed. ’n Pragtige, blinkgesig-dogtertjie met twee parmantige, stywe vlegseltjies. Hestertjie kon nie behoorlik ’n “s” sê nie, want sy het gelispel (sleeptong gepraat). Elke “s” wat sy gesê het, het soos ’n “thê” geklink. Soos die noodlot dit wou hê, kies die joernalis toe juis vir Hestertjie om mee te praat en te hoor hoe sy die toer ondervind. Met die waarskuwing in haar agterkop om

met GEEN vreemdeling te praat nie, staan sy toe daar met haar handjies agter haar rug. Die joernalis vra met ’n groot glimlag vir haar: “En wat is jou naam?” Sy kyk hom vierkant in die oë, druk haar kennetjie in die lug en sê: “Ek gaatie thê nie.” Die skoolhoof was gou by om aan die joernalis te verduidelik dat sy nie onbeskof is nie, maar dat daar ’n goeie rede vir

haar antwoord is. Eintlik het Hestertjie daardie dag met haar gehoorsaamheid groot geskiedenis gemaak vir ’n eenvoudige plaasskool, want die volgende dag was die hoofopskrif op die voorblad van die koerant in groot letters, EK GAATIE THÊ NIE. En daarmee saam ’n pragtige volkleurfoto van baie eenvoudige kindertjies wat ’n geleentheid uit duisende gekry het danksy ’n skoolhoof wat geglo het sy leerlinge moet ’n kans kry om hul horison te verbreed.

’n Natuurles – gedig deur ’n Robertsonner Ons Skepper-God het alles wonderlik gemaak, luister maar na die voëls van die veld wat ontwaak. Geen vrieskas of koskas wat voedsel kan bied, tog begroet hulle elke dag met ’n blye jubellied! Kunstig en met oorgawe word hulle nessies gebou, hulle kuikens versorg hulle, gewillig en getrou en terwyl hulle vlytig die kleintjies grootmaak, is hulle eie behoeftes en begeertes bysaak. Kyk na die blomme in hulle prag en hul praal hulle het geen klerekaste om ’n uitrusting uit

te haal, tog verhoog hulle Hom met hul skoonheid en kleur, verheerlik hulle Hom met hul lieflike geur. Baie min kappertjies se stele is nié krom, want hul enigste mikpunt is om by die son uit te kom en al is die groeigrond nie altyd ideaal, is dít nie die faktor wat die groeiproses bepaal. Here leer my om ook soos die voëltjies te vertrou, om my nie te bekommer oor wat die dag in mag

hou. versadig my siel met Jesus, die Lewensbrood, help my om my kinders te voed met u Woord. Here maak my soos ’n kappertjie, my oë net op U gerig, laat niks my ooit verhoed nie om te wandel in u lig. Laat alle aardse vrese en vertwyfeling vervaag, Here maak my hartsbegeerte, om my Heiland te behaag.

MARTIE BUIRMAN, Robertson

Grade 12s: Do well, despite procrastination Many thousands of matrics are waking up to the realisation that trouble looms large on the horizon because they have not sufficiently prepared for their final exams. Although the temptation might be to just throw in the towel, there is still hope for achieving results you can be proud of, an educational expert says. “Not everyone will approach their exam knowing that they have done all they could to prepare over the past 12 years, and this gives rise to tremendous anxiety,” says Dr Felicity Coughlan, director of the Independent Institute of Education. But by changing your mindset and taking five important steps, your marks could still qualify you for entry into a stimulating field and exciting career, she says. Students who have procrastinated until the bitter end (and many highly intelligent young people fall into this category) should immediately do the following (now, not tomorrow): ) Breathe, accept your situation, and resolve to do all you can to rectify it As with many problems, the first step required for change is acknowledgement of the problem. “Be honest with yourself and face the fact that you have not yet done enough to do as well as you would have liked. Then, resolve to throw all you have into making these last few weeks count. That means being ruthless about distractions, and studying like you have never studied before. It is only a few weeks of your life, but they are a few weeks that could make a world of difference to your future prospects.” ) Assess the damage Look at all your subjects and at all the materials you need to study. Again, be ruthless. Make sure that you have not forgotten anything. Once you know what you have to work with and what you need to catch up on, move on to step 3 (and don’t feel overwhelmed).

Matrics can still aim high, even though they might have procrastinated. ) Take time to draw up a study roster Forget “rest time”, party time and staying up to date with “important” TV shows, Candy Crush or your friends and frenemies’ facebook updates. All your time should now be focused on your final exam, and only your final exam. “There will be plenty of time to play once you’re done – and then you’ll deserve it,” says Coughlan. “Allow yourself to draw up a detailed study roster which includes time for a

second round of revision, if possible. But don’t spend all your time planning either! It’s time to get to work.” ) Now stick to it Once you’ve drawn up your study roster, you may realise that things are not as bleak as you imagined them to be, and that you still have adequate time left to study. But don’t be drawn into procrastination again, Coughlan warns. “Your roster is your lifeline now, and you

should cling to it and make it work for you.” For best results, study using the PROVE method ) Practise by writing past papers or example questions rather than just reading ) Refresh by making sure you are eating, sleeping and exercising enough (but beware of using these activities to procrastinate!) ) Organise yourself, your time and your work. Having a neat working environment and a clear plan for what you need to do and study every day, as well as having the relevant materials sorted and on hand, will go a long way to reduce anxiety and optimise your learning. ) Visualise by using colour and mind maps and other strategies rather than just words, so that you can use more of your brain, and ) Explain by answering questions or telling friends or relatives about your work. It is not until you have tried to explain what you know that you can assess if you know enough to answer the questions. “It is possible that you have neglected your work to such a degree that you could potentially no longer qualify for studying in the field that you wanted,” says Coughlan. “However, every effort you make now will ensure your chances are improved, and that you could enter another field that could prove equally if not more satisfying, or that you could work your way back into your first choice of course by, for instance, first studying for a qualification that will give you entry into your field of dreams. “If you put in the work now, you may very well find that you still have fantastic options available to you when your results arrive, and you’ll be in a position to make decisions about your future knowing that when it counted, you put in your very best effort and it paid off. And even if it is too late to make your Plan A work immediately, you still have enough time to give Plan B your best shot.”


Dinsdag 8 Oktober 2013

General - Algemeen

BESOEK: Die Immergroenklub van Huis Le Roux in Robertson het onlangs ’n uitstappie onderneem na die Sumsare-wynlandgoed by Wansbeck waar hulle deur Danie en Petro Erasmus ontvang is. In die groep is (agter) Marlene van Zyl, Rynie Rabie, Jeanette Gunter, Annie van Zyl, Dieksie Verreyne, Baby du Plessis, Wilma Jantjies, Henrietta Breytenbach, Hester Malherbe en Vicky Colyn. Voor is Elmien Loftus, Ellen Strachan, Klaas Alexander en Johanna Knoetze. Die groep is deur Van Zyl, Gunter en Colyn vervoer.

BRAND VERWOES HUIS: ’n Brand het voorverlede naweek die huis van Diana April in Hagerlaan in Robertson in puin gelê. Die brand is deur ’n kortsluiting veroorsaak. Die sewe inwoners, waaronder ’n driejarige, het al hul besittings verloor en vra inwoners en ondernemings om hulle te help met skenkings van klere, komberse, kombuisware, ensomeer. Vir meer inligting, bel Jonathan Stevens by 082 424 2449. Hy help met die insameling van skenkings. Op die foto is April saam met Jonathan Stevens en Caroline Jantjies.

Breederivier Gazette

9


10

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 8 Oktober 2013

Rivier skoongemaak vir Erfenisdag ANITA DE KOCK Robertson se Toerismekantoor het Erfenisdag verlede maand met ’n groot skoonmaakprojek gevier. Met die hulp van ’n groepie kinders het hulle die oewers en omliggende omgewing van die Breederivier gaan opruim. Die idee van die projek was die bewusmaking van waterbewaringen omgewingsbeskerming tydens Toerismemaand. Die tema vir 2013 is Water.

Onder aanvoering van Johan Cookson en Nicky Mouries van die Toerismekantoor, het die kinders, gewapen met swart sakke wat deur die munisipaliteit geskenk is en handskoene wat deur die Robertson Wynvallei gegee is, die rivier aangedurf en sakke vol vullis opgetel. Die dag het op ’n prettige wyse begin toe die kinders met ’n pretwa na die rivier vervoer is. Ná die groot skoonmaak is daar vleis gebraai en die dag is afgesluit met roomys wat deur ’n plaaslike kitskosrestaurant geskenk is.

Die groepie jeugdiges het Erfenisdag gevier deur die omgewing by die Breederivier skoon te maak.

Werkers skenk klere vir behoeftiges Werknemers van Montagu Dried Fruits & Nuts het onlangs ’n skenking van klere aan die honger- en armoede-verligtingsprogram, Hadassh Family Wholeness Centre, gemaak. Die klere sal aan behoeftige mense uitgedeel word. Werknemers van die onderneming het ook ’n kursus – Anker jouself tot uitnemendheid – by die Graham en Rhona Beck Vaardigheidsentrum voltooi. Die werkers is ingedeel in spanne van sewe elk en elke span het hom verbind tot die uitvoer van een van die sewe ankers, naamlik verantwoordelikheid, betroubaarheid, omgee, regverdigheid, burgerskap, geloof en respek. Die ankergroep “Verantwoordelikheid” het die klereskenk-aksie van stapel gestuur, ’n idee wat groot byval gevind het by die res van die werknemers.

Hier is die ankergroep “Verantwoordelikheid” saam met Wilma Christoffes (heel regs) die voedselstoorbestuurder van die Family Wholeness Centre.

FEAST FOR THE EYES: McGregor’s annual Open Gardens will take place on 19 and 20 October this year and members of the public are invited to visit some of the beautiful gardens in the town. This year the ten gardens that have been selected range from large indigenous gardens to smaller, more formal gardens. After touring the gardens of Lords Guest Lodge, visitors can enjoy a wine tasting and a special lunch overlooking the valley. The gardens can be visited between 10:00 and 16:00 on Saturday and Sunday. Entrance is free but donations can be made at the Tourism Office. Booklets and maps are also available. For more information, dial 023 625 1954 or e-mail info@tourismmcgregor.co.za.


Dinsdag 8 Oktober 2013

In en om die huis

Breederivier Gazette

11

Maak jou eie skoonmaakmiddels

As ruimte beperk is, kan ’n paar mooi plante in potte ’n goeie plaasvervanger vir ’n tuin wees.

Maak ‘tuin’ met potplante ’n Groot lushof van ’n tuin is ’n luukse wat nie almal beskore is nie, veral nie as jy in ’n woonstel of meenthuis bly nie. By blyplekke waar ’n groot tuin ontbreek, kan jy gerus ’n paar potplante oorweeg om groenigheid te bied. Hitte, water, lig, humiditeit, rus, voedsel, vars lug en goeie versorging – dit is die basiese vereistes vir plante in houers om te floreer. Hier is ’n paar wenke vir gesonde en aantreklike potplante: ) Plante het vars lug nodig. Goeie ventilasie is nodig, so hou dus altyd ’n venster of deur oop in die vertrek waar die plante staan. ) Die humiditeit moet reg wees.

As ’n plant langer as ’n uur in ’n drupbak met water staan, is dit nadelig vir die wortelstelsel. Binnenshuise plante het gewoonlik minder warm lug en meer klam lug nodig en dun blare meer humiditeit as plante met dik blare. Wanneer die humiditeit te laag is, raak blaarpunte bruin, krul op en die bloeisels verdroog. Spuit missproei op die plant. ) Sorg dat die plant lig kry. Plante met baie blare het skerp lig nodig, nie direkte son nie. Hoe veelkleuriger die blare, hoe meer lig is nodig. Plante wat blomme dra, moet direkte sonlig kry. ) Gee vir die plant genoeg van die regte kos. Plante moet voedsel kry wanneer hulle groei en blom. Verminder voeding gedurende die plant

se rustyd. ) Gee die regte hoeveelheid water. Meer plante vrek van te veel as te min water. Kompos moet klam wees, nie nat nie. Wag tot die boonste grondlae begin uitdroog voordat weer water gegee word. ) Sorg dat die plant rus. Die vlak van voeding en water moet verminder word as binnenshuise plante hul rustydperk binnegaan. Sodra nuwe groei in die lente uitkom, is die rustyd verby. Indien nodig, plant die plant oor in ’n groter houer en gee geleidelik meer voeding en water. ) Sny ou, dooie blare en blomme gereeld uit. Die vinger en duim of ’n skêr moet verkieslik gebruik word as snoei nodig is. Probeer altyd net bokant die groeiknop snoei.

Jy sal so graag groener wil leef, maar jy wéét daardie skoonmaakmiddels wat jy in die badkamer en kombuis gebruik, is skadelik vir die omgewing. Waarom maak jy dan nie jou eie skoonmaakmiddels nie? Die bestanddele is waarskynlik reeds in jou kombuiskas! Urban Sprout, ’n webwerf wat mense aanmoedig om meer omgewingsvriendelik te leef, gee ’n paar wenke oor hoe om kreatief te dink vir Maak jou eie omgewingsvriendelike skoonmaakmiddie omgewing se onthalwe: dels in plaas van om ’n magdom chemikalieë in jou ) ’n Algemene skoon- huis te gebruik. maakmiddel kan gemaak ) Maak jou eie meubelpolitoer word deur wit asyn, koeksoda en water te meng. Dit maak “so-te-sê enig- deur ’n halwe teelepel olyfolie en ’n kwart koppie asyn of suurlemoensap iets” skoon. ) Raak van reuke ontslae deur te meng. Vryf dit met ’n lap aan jou koeksoda op jou matte te gooi om eers meubels. ) ’n Kwart koppie koeksoda in die die reuke te absorbeer voor jy stofsuig. Jy kan ook ’n koppie koeksoda toiletbak, wat vir 30 minute laat staan word voor jy skrop, kan as in jou kaste of die yskas sit. ) Lugverfrisser: Meng water met skoonmaakmiddel vir die toilet dien. essensiële olie of sit plante in die ver- Boraks kan vir hardnekkige vlekke trek – hulle dien as lugfiltreerders. gebruik word. ) Vir skoonmaakmiddel vir jou ) Basiese bleikmiddel kan met waterstofperoksied vervang word – ’n venster, meng twee teelepels asyn en volkome verganklike produk wat by 500 ml water. Spuit dit op die venster apteke beskikbaar is. Let daarop dat en droog met koerantpapier af. Onthou om met lappe te werk wat dit die oë, vel en slymvliese kan irrijy weer kan gebruik eerder as papierteer. ) Om jou oond skoon te maak, handdoeke en servette. Sponse is egmaak die oond se oppervlakke nat, ter nie vergaanbaar en omgewingssprinkel koeksoda daarop en laat vriendelik nie. ) Die Breederivier Gazette het nie oornag staan. Vir hardnekkige vuldie bogenoemde middels getoets nie lis, gebruik staalwol. ) Verwyder skimmel deur twee en beveel aan dat lesers dit eers op teelepels teeboom-olie (tea tree oil) in ’n onopsigtelike plek toets voor twee koppies water op te los. Spuit skoonmaakwerk op groot skaal aangepak word. dit op die oppervlak en laat staan.


12

Breederivier Gazette

Schools - Skole

Sakeman skenk teleskoop aan Langeberg Sekondêr

Dinsdag 8 Oktober 2013

Matriek hou afskeid Die Höerskool Robertson het onlangs hul matriekafskeid gehou.

Die groep leerlinge het die matriekafskeid bygewoon.

Die Langeberg Sekondêre Skool het verlede week ’n skenking in die vorm van ’n gerekenariseerde teleskoop ontvang wat deur die aardrykskunde-leerlinge van die skool gebruik sal word. Die teleskoop is geskenk deur George Kellermann, ’n sakeman van Kaapstad. Die skenking was die idee van ’n plaaslike sakeman, Tony Jarvis, wat agter die skerms gewerk het om die skenking moontlik te maak. Die idee was om die teleskoop aan ’n skool vir minderbevoorregtes te skenk en daar is op die Langeberg Sekondêre Skool besluit. Die skoolhoof, dr. Adriaan Landman, het sy dankbaarheid vir die skenking uitgespreek. Op die foto is (van links) John Booysen (onderwyser by Langeberg Sekondêr) en twee leerlinge, Herni Beyers en Tamlin Rossouw by die teleskoop. Agter staan Landman en Jarvis. Hierdie jong manne het die matriekafskeid van die Hoërskool Robertson bygewoon.

MATRIEK: Joselyn Konstabel van Langeberg Sekondêre Skool het pragtig gelyk in haar matriekafskeidrok.


Dinsdag 8 Oktober 2013

Schools - Skole

Breederivier Gazette

13

Soraya Cupido (agter links) saam met haar lede van haar huiswerkklub Hiskia Sebonicke, Elzaan Williams en Samantha Matthee. Voor sit Tammy Ann Jullies, Surene Cupide, Mellisa Cupido en Jemeal September

MUSIEK: Musiekleerlinge aan die Hoërskool Robertson wat onlangs die Unisa-musiekeksamen afgelê het, het besonder goed presteer. Anaïs Drotschie het die gr. 3-klavierafdeling geslaag en Terche Wentzel het die gr. 6-klavierafdeling met eervolle vermelding geslaag. Tanya Visagie (gr. 3-fluit), Renè Wentzel (gr. 3-klavier) en Fèrrol-Jon Davids (gr. 6-dwarsfluit) het ook almal geslaag. Hier is Anaïs, Terche, Renè en Fèrrol-Jon. Tanya was afwesig met die neem van die foto.

Huiswerkklub lewer resultate Soraya Cupido, ’n leerling aan die Wakkerstroom-Wes Primêre Skool, se inisiatief het daartoe gelei dat haar huiswerkgroepie ’n spesiale plek het waar hulle elke middag hul huiswerk kan doen.

KRIEKET: Pernall Mendes, ’n leerling aan die H. Venter Primêre Skool is onlangs vir die Boland o. 11-T20-krieketspan gekies.

Ten einde leerlinge met hul huiswerk te help, het die skoolhoof, Annum Abrahams, in 2006 begin om huiswerkgroepies op verskillende plase te begin waar die kinders saam hul huiswerk kan

doen. Soraya het opgemerk dat op die plaas Goedemoed, waar haar ma werk, daar ’n leë en ongebruikte hok staan. Ná onderhandelinge het die boer toestemming verleen en die hok is nou die groepie se huiswerkkamer. Haar onderwyseres, Belinda Crause, is vol lof vir Soraya se positiewe ingesteldheid, werkywer en verantwoordelikheidsin en sê die “huiswerkhub” gaan van krag tot krag.

Die groepie kom elke middag op ’n spesifieke tyd bymekaar en die tien leerlinge se harde werk word in hul skoolwerk weerspieël. Soraya is ook buite die skool ’n presteerder en het onlangs die eerste plek behaal tydens die WOW-spelkompetisie wat by die Universiteit Stellenbosch (US) gehou is. In 2012 was sy ook een van die Korrek!-spelkompetisie se wenners. Haar ideaal is om self eendag ’n skooljuffrou te word.


14

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 8 Oktober 2013

Bruidskompetisie begin Die Langeberg-streek het van die mooiste trouvenues waaraan jy kan dink. Nou soek ons ook die streek se mooiste bruide. Die Breederivier Gazette hou ’n Bruidskompetisie wat van 15 Oktober tot 12 November sal plaasvind. Vroue wat van 1 Oktober 2012 tot 28 September vanjaar getroud is, mag inskryf. Die reëls is dat jy ’n vollengte foto van jou in jou trourok met die inskrywingsvorm sal stuur aan annelda@breede.com, of dit kom aflewer by die Gazette se kantoor by Paul Krugerstraat (Absa-gebou) langs Foto First. Inskrywingskoste beloop R80. Foto’s van deelnemers sal elke week geplaas word en die wenner word op 19 November in die Gazette aangewys. Groot en opwindende pryse is op die spel.

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 11

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141

In Memoriam

WILLEM SOLDAAT. Born 27/09/1964 - Died 28/01/2013. Your first birthday away from us. We miss you so much and will always love you. From your loving wife and children.

Algemene Dienste General Services


Dinsdag 8 Oktober 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

15

INKOPIETOG: Skougangers geniet die luilekker wandeling tussen die stalletjies deur by die Robertson Lenteskou.

The winner of the Beds B’Us Rise & Shine’s birthday competition are the Cloetes from Robertson. They won the Hotel Ortho Plush-double size bed set to the value of R4360. Here Elsabé Cloete and her daughter Minke try out their new bed. PHOTO: SUPPLIED

Win a bed at Beds B’Us Beds B’Us in Robertson has just announced a new competition, Wake-Up To Summer, in which a person, drawn from a lucky draw, will win an upmarket Hotelier Luxury Double base set. This competition is the company’s way to thank their customers for

their loyalty and support over the past years. Any person (regardless of where they live – Ashton, Bonnievale, McGregor, Montagu, Worcester, etc.) that buys any base set or mattress between 1 October and 14 December will automatically qualify for the lucky draw.

The competition runs till 14 December and the winner will be announced in the press after the closing date. Bed B’Us are continually striving to reward their clients especially by keeping their product prices as low as possible and offering great quality and service.

TOPVERMAAK: Die bekende komediant, Peter Mitchell, het Woensdagaand (25 September) die gaste vermaak tydens die Robertson-lenteskou se openingsonthaal. Sowat 180 gaste het die geleentheid bygewoon. FOTO: KEN MCINTYRE


Breederivier

Year 17 • 8 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

Dertienjarige potspelster gekies vir Suid-Afrika Gerovan Otto, ’n 13-jarige leerling van Robertson, wat onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior Potspelkampioenskappe by Kleinplasie, Worcester deelgeneem het, is vir die Suid-Afrikaanse span gekies. Dié span gaan volgende jaar in Junie in Engeland deelneem. Gerovan, die jongste deelnemer om in die SA span opgeneem te word, het derde in die kampioenskappe geëindig. Hy het ook vir sy klub Hillside aan Noord-Boland se Premierliga deelgeneem en is as die streek se beste speler in die o.18kategorie aangewys. Gerovan, wat in Robertson gebore is, het reeds op vyfjarige ouderdom begin om potspel te beoefen. ’n Groot toekoms word vir dié belowende jong speler voorspel.

BOLAND RUGBY: Kenwyn Visser, ’n leerling aan die Concordia Primêre Skool in die KooVallei by Montagu, is onlangs gekies vir die o.15-Boland Ontwikkelingsrugbyspan. Hy het tydens die Septembervakansie saam na Kaapstad getoer waar hulle teen spanne van ander provinsies meegeding het.

Gerovan Otto

LANGASEM: Kelsey-Leigh Netherton, ’n leerling aan die Hoërskool Robertson, het in September aan die SA Landloopkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en het in die 19e plek, derde in die Wes-Kaap, geëindig.

Breederiviergazette 08102013  

Breederiviergazette 08102013