Page 1

Breederivier

Year 17 • 3 Desember 2013 | Tel. 023 626 5212

Tersiêre studie nou moontlik in Vallei

HILDERINE SCHRÖDER

Valleiers sal van aanstaande jaar af op eie bodem hul tersiêre opleiding kan bevorder. Dít volg na ’n ooreenkoms tussen die Robertson Logos Christian School en Cornerstone Christian Institute of Higher Education. Danksy dié ooreenkoms kan Valleiers van Julie aanstaande jaar af uitsien na afstandonderrig in ’n wye reeks kursusse en dít boonop op hul tuisdorp. Logos sal die lesinglokale aan studente verskaf, terwyl Cornerstone die onderrig en leermateriaal verskaf. Studente sal kan kies uit kursusse in ondernemingsbestuur, binneshuise ontwerp, teologie, onderwys, skone kunste en kuns en sosiale studies. Die geakkrediteerde studierigtings bied aan Valleiers die geleentheid om ’n graad of diploma teen ’n bekostigbare prys te bekom, sê Talita Lloyd, hoof van die Robertson Logos Christian School. “Hierdie kans aan studente gaan ’n geweldige positiewe impak op die gemeenskap hê.” Studente ontvang met hul registrasie tablette wat ingespan word vir die verskaf van studiemateriaal, inhandig van take en wedersydse korrespondensie, terwyl studente ook via

videokonferensies onderrig sal ontvang. Cornerstone het reeds ’n samewerkingsooreenkoms met ’n gemeente op Worcester. Plaaslike studente kan reeds in Januarie vir kursusse hiér inskryf en dan in Julie oorskakel na Robertson, sê Lloyd. Volgens Lloyd is hul verbintenis met Cornerstone ook vir die skool belangrik omdat dit aan leerders die geleentheid bied om hul studies voort te sit in ’n omgewing met dieselfde etos waaraan hulle gewoond is. Hulle is geweldig opgewonde oor die geleenthede wat Cornerstone aan plaaslike inwoners gaan bied, sê Lloyd. “Maar ons besef dis ’n groot ding om aan te pak. Jy sit met jongmense se lewe in jou hande en ons neem dít nie ligtelik op nie.” Omdat die kursusse baie goedkoper is as dié by hoofstroom-instellings, sal dit plaaslike ondernemings in staat stel om jongmense te borg om hul studies voort te sit, meen Lloyd. “Ons hoop regtig ondernemings gaan dié geleentheid aangryp.” Valleiers wat belangstel om deur Cornerstone te studeer kan ’n SMS na 082 797 9006 of ’n e-pos na clc@cornerstone.ac.za stuur. Vir meer inligting oor Cornerstone en die kursusse wat dié instelling aanbied, besoek sy webtuiste by www.cornerstone.ac.za.

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Eseltjiesrus­donkies is weer tuis

Daar is die afgelope maande hard gewerk om die “nuwe” Eseltjiesrus op die Robertson-McGregor-pad in gereedheid te bring en verlede week kon die donkies hul intrek in hul nuwe kampe neem. Die ouer donkies is per sleepwa na hul nuwe blyplek geneem, maar die jongeres kon die sowat 2 km na hul nuwe tuiste stap. Lees die volledige berig op bl. 4. FOTO: VERSKAF


2

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 3 Desember 2013

Big news for rock lovers!

South Africa’s rock chick Karen Zoid will give one concert in Worcester on 15 December at The Golden Valley Casino.

Over the past ten years Zoid has received a South African Music Award (Sama) for Best Female Artist, as well as many other awards. She has also performed with international artists like John Mayer, Annie Lennox, Metallica, Seal, UB40 and Hothouse Flowers and has been highlighted in Time magazine for her role as an icon in South African music. For her Golden Valley concert Zoid will be largely singing songs from her latest album Zoid Afrika

as well as some of her many hits. Zoid’s personal growth is tangible in the music industry and Zoid Afrika contains soulful ballads as well as some hard rock n roll numbers. Zoid, who has never shied away from social commentary, also included a few songs with satirical overtones. Her unmistakeable voice, razor sharp lyrics and passionate delivery, make a Karen Zoid concert unmissable. Zoid will perform at the Winners Bar. Tickets (R80 each) are obtainable from The Golden Valley Casino Cash Desk. For more information, phone 023 348 7200. Book early to avoid disapointment.

Karen Zoid

) Africa International Mission (AIM) will be hosting a Bible seminar on 7 December. The event will take place from 10:00 at the Robertson Libary in Van Reenen Street. The seminar is free and everyone is welcome. Seating, however is limited. For the free Bible correspondence course, write to Denville Willie, PO Box 36024, Glosderry, 7702. ) Die Robertson Harmonic Youth Band bied op 7 Desember om 19:00 ’n musiekaand saam met die Robertson-koperblaasorkes aan. By dié geleentheid, wat in die Robertson-gemeenskapsaal gehou word, sal daar ook ’n voorlesing van ’n gedig deur die Worcesterse digter Floris Brown wees. Kaartjies kos R10 per persoon. Vir meer inligting, bel Bazil Malgas by 0 079 395 2929.

HELPING HANDS (OR LEGS?): Residents recently came together to help raise money for baby Elizabeth Jordaan’s continual medical expenses by taking part in a Spin-a-thon. The event, sponsored by Robertson Gym, was held at Robertson Pick n Pay on 20 November. Elizabeth Jordaan was diagnosed with a genetic muscle disorder named SMARD 1 (spinal muscular atrophy with respiratory distress). She is permanently on a ventilator due to her diaphragm being paralysed. The ventilator is attached to her neck with a tracheotomy which helps her to breath. All this requires 24/7 professional nursing care, which is not covered by the medical aid. Elizabeth is able to live at home with her family. Surrounded with so much love she can live a fulfilled life notwithstanding her daily challenges. To extend and improve her quality of life she needs sophisticated equipment, specialist medical care, physiotherapy and ongoing care. Cycling here are Stacy Joannou, Riette Rabie and Vera Gelderblom while Elizabeth Jordaan and a carer are watching. R23 000 was raised.

GOSPEL CHOIR LAUNCHES ALBUM: The Luxolo Gospel Choir of Zolani celebrated the launch of their second album and their 15th anniversary, on Saturday 30 November. Andisiwe Wankie Ndongeni, chairperson of the choir, says this community choir’s celebration event was a huge success with five choirs from as far as Worcester, George and Cape Town performing. Ndongeni says the choir, which was established in 1998, will now aim to engage with members of the community on issues such as HIV/Aids, teenage pregnancy and alcohol abuse in order to bring about positive change. For more information, phone Ndongeni on 079 454 9645.

ENTREPRENEURSDAG: Die Robertson Voorbereidingskool se graad 3-leerders het gister (Maandag 2 Desember) ’n entrepreneursdag gehou waartydens hulle produkte kon verkoop. Daarna moes hulle ’n sakeplan indien by die skool. Op die foto is Talia de Wet en Isabella Retief.


Dinsdag 3 Desember 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

R4,5 million Nkqubela public library opened A long-awaited dream came true for the 6 000 residents of Nkqubela in Robertson when their own public library opened on Monday 25 November. The Department of Cultural Affairs and Sport partnered with the Langeberg Municipality and the community to build the library at a cost of R4,5 million. Learners from the Nkqubela Primary School and the Masakheke High School and many others are expected to benefit. About 4% of registered members at the Robertson Library hail from Nkqubela. Until the opening of the new facility, members had to travel 7 km to the Robertson Library, some of them on foot. As many as 75 Masakheke learners used the library every day after school to study and to do school projects. According to the municipality, the first library service in Nkqubela was rendered from a container with material from Biblionef, but a shortage of funding for staff meant the facility had to close in 2011. The need for a proper library was noted in the Langeberg Municipality’s Integrated Development Plan and an application for conditional grant assistance was duly submitted to the provincial department’s library service. The new library will start with two dedicated computers to manage cir-

culation and another five computer stations to provide free public internet access. Patrons will have access to 12 912 books worth almost R719 000. Two staff members will assist the public while a gardener and cleaner will ensure a neat and clean environment. There are high security facilities in the library; a new book detector was installed to secure the safety of material and books in the building. The minister of Cultural Affairs and Sport, Dr Ivan Meyer, said the library will enhance learning conditions in Nkqubela and provide stimulation and entertainment to residents. “This library is a programme of excellence through which people can stay connected to the world. It will open a new world of opportunities for this community,” Meyer said. Executive Mayor of the Langeberg Municipality Diana Gagiano said the people of Nkqubela can use the library as a gateway to information toward a better future. A happy Rodine Filander (11) of Vergesig Primary School said she will definitely visit the library with her friends so they can gain knowledge together. The process of establishing the library began in January last year when it was initially advertised in the Government Gazette. The first payment from the provincial government, of R2 million, was

19­jarige vermoor HILDERINE SCHRÖDER Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van moord ná die dood van ’n 19-jarige man van die Robertsonarea. Donavan Grobbelaar is verlede Woensdag (27 November) met sy aankoms by die Robertson-hospitaal dood ná hy met ’n skerp voorwerp in die rug gesteek is. Volgens lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, was Grobbelaar en ’n 20-jarige man in ’n argument betrokke waarop laasgenoemde hom met ’n mes in die rug gesteek het. Die omstandighede rondom die voorval, wat op die plaas Goree plaasge-

vind het, word steeds ondersoek. Grobbelaar se aanvaller is kort ná sy dood in hegtenis geneem en het verlede Donderdag (28 November) op ’n aanklag van moord in die Robertsonlanddroshof verskyn. Die motief vir die moord word steeds ondersoek. Dié moord volg op die hakke van dié van ’n 78-jarige vrou van die plaas Le Grand Chasseur. Anna Januarie se lewelose liggaam is voorverlede week in ’n sloot op die plaas aangetref. Sy het ernstige kopwonde gehad. Niemand is al in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte, ao. Rachel Burger by 023 626 8353 bel.

Roleplayers pose for the cameras at the official opening of the Nkqubela Library last Monday. The library was built at a cost of R4,5 million. received in July last year and the second, of R2,5 million, in May this year. According to the municipality, the programme created a total of 35 job opportunities, of which 25 employees were residents of Nkqubela. “The team worked hard to organ-

ise the books in appropriate order and the construction workers put in long hours to make sure the build was a success. “This gave much-needed financial relief to some community members as they were able to get an income,”

the municipality said in a statement. The building was completed in June. Practical completion took place on 7 August, after which all outstanding items, defects and other small faults were dealt with.

L’berg­staking eers af HILDERINE SCHRÖDER Die voortslepende staking by Langeberg & Ashton Foods is vir eers iets van die verlede. Honderde werkers het meer as twee weke gelede vir hoër lone by dié inmaakreus, wat deel is van die Tiger Brands-groep, begin staak. Met seisoentyd op hande en duisende werksgeleenthede wat in die slag kan bly as die staking voortgaan, het werkers wat deur die vakbond Bawusa verteenwoordig word einde verlede week na hul werk teruggekeer, sê Bawusa-voorsitter, Angus Syster. “As die staking nog ’n week of twee moes aanhou, sou die fabriek miljarde rande se skade gely het. Hierdie is die enigste bron van inkomste vir baie mense in die area en ons kan nie bekostig dat die fabriek toemaak nie,” aldus Syster. Werkers wat deur Solidariteit en die Food and Allied Workers Union (Fawu) verteenwoordig word, het reeds verlede week ’n 8,25%-loonver-

hoging aanvaar, maar Bawusa-lede dring aan op ’n 15%-verhoging. Hoewel werkers na hul poste teruggekeer het, sê Syster, is hulle steeds nie tevrede met die aanbod nie en kan hulle heel moontlik volgende jaar weer staak. Die staking het nie ’n wesenlike impak op produksie by die fabriek gehad nie aangesien die eerste vrugte eers einde verlede week afgelewer is. Die fabriek bied in seisoentyd werk aan sowat 6 500 mense, aldus Syster. Tydens voorverlede week se stakings is werkers tot laatnag deur stakende werkers op die fabrieksperseel vasgekeer. Polisiebeamptes is in groot getalle ontplooi om orde te handhaaf. Kapt. Sylvan Smith, woordvoerder van die Ashton-polisie, het vandeesweek bevestig dat verskeie sake, insluitend opsetlike saakbeskadiging, ondersoek word. Die woordvoerder van Langeberg & Ashton Foods kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

GESTEELDE FIETS: Die Robertson-polisie soek na die regmatige eienaar van dié fiets. Enigeen wat vermoed dat dit aan hom behoort, kan ao. Julian Stevens by 023 626 8354 bel.


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 3 Desember 2013

Eseltjiesrus se donkies is weer tuis HILDERINE SCHRÖDER

Die 20 leerders wat deelgeneem het aan die Graham & Rhona Beck Ontwikkelingsforum se werkskadu-program is verheug nadat hulle sertifikate ontvang het. FOTO: MORNÉ MARAIS

Landbou kan hul toekoms wees Die Graham & Rhona Beck Ontwikkelingsforum in samewerking met die Agriwetenskappefakulteit van die Universiteit Stellenbosch werk reeds die afgelope drie jaar saam om landbouwetenskappe onder studente te bevorder. Die antwoorde tot die meeste kwessies lê in landbou, soos onder meer voedselveiligheid en -sekerheid wat een van die groot uitdagings vir ’n snelgroeiende bevolking is. Die Graham & Rhona Beck Ontwikkelingsforum bied graad 11leerders beroepsvoorligting en werkskadu-geleenthede binne die verskillende landbousektore.

Leerders van skole in Robertson, Ashton, Bonnievale, Montagu, Ceres en Worcester, wat potensiaal getoon het in vakke soos wiskunde en fisiese wetenskappe het in Julie vanjaar beroepsvoorligting ontvang. Gedurende die September-vakansie het 20 van dié leerders deelgeneem aan werkskadu-programme by verskeie maatskappye. Robertson Wyne, Montagu Foods, Graham Beck Enterprises en Rainbow Chickens het leerders ingeneem en eerstehands blootgestel aan dié bedrywe. Die projek is deur die Graham & Rhona Beck-vaardigheidsentrum gekoördineer en beloof om ’n jaarlikse instelling te wees.

WENK WERP VRUGTE AF: Danksy ’n wenk van die gemeenskap kon die Robertson-polisie onlangs ’n verdagte met gesteelde artikels betrap en dit boonop ook aan die regmatige eienaar oorhandig. Konstt. Fezile Gqabi en Daniel van Eden, hiér met die artikels waarop beslag gelê is, het die verdagte op die hoek van Malva- en Nerinastraat met die sakke vol gesteelde artikels betrap. Die polisie bedank die gemeenskap vir sy hulp in hierdie saak. FOTO: VERSKAF

Die donkies van Eseltjiesrus het ’n nuwe tuiste. Dít volg na hulle verlede week na hul nuwe permanente tuiste getrek het. Die afgelope maande is daar hard gewerk om die plaas op die Robertson-McGregor-pad in gereedheid te bring en verlede week kon die donkies hul intrek in hul nuwe kampe neem. Die plaas is ’n skamele 2 km van waar die donkieskuiling tot onlangs was, naby genoeg dat sommige van die donkies sommer daarheen kon stap. Die res is per sleepwa na hul nuwe tuiste, sê Annemarie van Zijl, een van die stigterslede van Eseltjiesrus. Die donkies se nuwe tuiste is die

gevolg van baie jare se geldinsamelingspogings, sê Van Zijl, en dit gaan nog baie meer sulke pogings kos om die koste te dra. Om die donkies se nuwe tuiste gereed te kry, het baie harde werk gekos. Besproeiing is aangelê, kampe en skuilings is gebou en intensiewe voorbereiding van lande het verseker dat die voedsame weiding op die donkies gewag het. Die nuwe plaas bied tans blyplek aan 23 donkies wat almal uit haglike omstandighede gered is. Die getal donkies sal na verwagting mettertyd na 50 groei. Die “nuwe” Eseltjiesrus spog met sy eie restaurant en winkel waar donkie-aandenkings gekoop kan word. Die winkel het ook ’n boekehoekie waar boekwurms na hartelus kan rondsnuffel.

Volgens Van Zijl is daar ook baie opwindende planne vir die donkies se nuwe tuiste. Dít sluit ’n opleidingsentrum in waar besoekende skoolgroepe meer oor donkies en hul sorg kan leer, of waar donkie-eienaars opleiding kan ontvang. Die donkies, sê Van Zijl, het reeds aangepas in hul nuwe tuiste. “Hulle dink hulle het die donkie-lotto gewen!” Intussen gaan geldinsamelingspogings steeds voort. Mense kan steeds ’n donkie aanneem of skenkings maak. Besoekers is welkom by Eseltjiesrus en die restaurant is Donderdae tot Sondae oop. Vir meer inligting, kontak Eseltjiesrus by 023 625 1593 of besoek die webwerf www.donkeysanctuary.co.za.

Feeste, toerisme stem Vallei positief Was dit nie vir die reën nie, het Robertson se jaarlikse Jakarandafees verlede Saterdag dié van vorige jare oortref. Dit is moeilik om die getal besoekers te bepaal omdat dit ’n buitelugfees is, sê Johan Cookson van die Robertson Toerismekantoor. Maar die reën in ag genome, is hulle tevrede met die opkoms. Die Farmers’ Market was die spil waarom die fees gedraai het. Vanjaar het dié mark iets vir almal gebied – van vars vrugte, groente en gebak tot ’n groot verskeidenheid handgemaakte artikels wat as Kersinkopies opgeraap is. Jaarliks lok die mark meer en meer mense en volgens Nicolette Mouries, ook van die Toerismekantoor, was daar vanjaar meer produkte te koop as in die verlede. Vanjaar se Mnr. en Mej. Jakaranda het effe anders verloop en net ’n Mej. Jakaranda is gekies. Tiané Pietersen (11) het met dié titel weggestap. Mense wat hul stemme in gedigtekompetisie wil uitbring, het vanjaar ’n week langer kans om oor hul gunsteling te dink. Die stemmery sluit nou hierdie Vrydag (6 Desember). Die danskompetisie het, ten spyte van die reën, groot aftrek gekry en gaan nou ’n jaarlikse instelling word, het Cookson gesê. Maar dit was die Jakaranda-parade met die Drummer Boys aan die voorpunt wat die kersie op die koek was. Dié vrolike optog het oral langs die strate waar die jakarandas bloei, gestap. En nie eens die reën kon die vrolikheid demp nie, aldus Cookson. Nog ’n fees, die afgelope Appelkoosfees in McGregor, was volgens die organiseerder, Marinda Oosthuizen, ’n dawerende sukses. Die fees, wat op die gemeenskap gemik is, is baie goed ontvang, vertel Oosthuizen. “Die fees is vir die mense van McGregor maar dit was goed om te sien dat daar soveel toeriste was wat die fees bygewoon het,” sê Oosthuizen. Dié gemeenskapsfees het ’n mengelmoes van kulture gevier tydens ’n straatparade op Saterdag. Van McGregor se Skotse erfenis tot die plaaslike blaasorkeste, trompoppies, staaldrom-orkeste en danspassies en toneelstukke deur plaaslike talentvolles was op die program. Daar was selfs vuurdansers. Kosstalletjies en gesigverwers het groot opwinding vir die kinders verseker. Die kloutermuur asook die Fanie-reklamebord het gesorg vir ure se pret. Die gemeenskap is ook bekend gestel aan die Petanque-speletjie, wat glo nou ’n instelling in baie gesinne gaan word. Na afloop van die dag het McGregor Toerisme sowat 130 kinders van potjiekos voorsien. Sondag het die pret aangegaan met ’n skattejag wat ’n paar mense laat kopkrap het en Sondagaand is die fees afgesluit met Kersliedere by

Die Skotse kultuur is tydens McGregor se Appelkoosfees gevier. FOTO: VERSKAF

Die kies van Mej. Jakaranda was een van die Jakarandafees se hoogtepunte.FOTO:

VERSKAF

kerslig. Die Jakarandafees, wat beslis dié van vorige jare oortref het, is waarskynlik die voorloper vir ’n positiewe vakansieseisoen vir die dorp en streek. Cookson sê die feit dat die dorp deel van Roete 62 is, is tot hul voordeel. Die Toerismekantoor kry toenemend navrae van mense wat die area wil besoek. Buitelanders veral, sê Cookson, vlug uit die koue lande hierheen en stel veral in die streek se wyne en kelders belang. Baie binnelanders verneem ook na akkommodasie en plekke wat besoek kan word. “Ons maak ons reg vir ’n goeie en beter Kersseisoen vir die streek as voorheen,” het Cookson die toerisme-vooruitsigte vir die dorp en streek opgesom. Die Toerismekantoor is gevolglik ook sewe dae van die week oop vir navrae of vir besoekers wat hier aandoen. Op Montagu word ’n besonder goeie seisoen verwag. Mareletta van Zyl, toerismebestuurder vir Montagu en Ashton, sê die vakansieseisoen het reeds hier begin en op Montagu self is baie min beddens nog oop. “Die oorsese toeriste veral is reeds hier,”

sê sy opgewonde. Dit blyk dat die besoekerspatroon vanjaar effe anders daar uitsien. “Vanjaar kry ons meer plaaslike besoekers, mense uit die stede. Vir baie Kapenaars veral is ons maar net twee ure weg,” verduidelik sy. Die omgewing se natuurskoon en lieflike weer is die groot trekpleister. “Mense hou van die plaaslewe-effek. Die warmbronne is terselfdertyd ook baie aanloklik vir toeriste.” Die Montagu- en Ashtonstreke verwag dat ’n bedrywige Kersseisoen terselfdertyd ’n ekonomiese inspuiting vir die streek sal beteken. “Ons het in elk geval reeds ’n bedrywige jaar agter die rug,” aldus Van Zyl. Mira Weiner, toerismebeampte by McGregor Toerisme, sê daar word ’n toename in toeriste gemerk gedurende die laaste paar jaar. Hulle het reeds talle besprekings vir die vakansie. Die feeste wat gereel word, veral die Appelkoosfees en Poësiefees asook die Bergfietsryfees, bring nuwe groepe toeriste na die dorp. Gedurende November en Desember is daar vir seker ook ’n toename van Britse en Duitse toeriste.


Dinsdag 3 Desember 2013

Schools - Skole

Breederivier Gazette

RUGBYBEKER-WENNERS: By die Laerskool Robertson se onlangse sportprysuitdeling is diĂŠ leerlinge vereer as die rugbybeker-wenners. Van links is William Retief, Stefan Gouws, Gerko de Kock en Reynecke Crous. FOTO: VERSKAF

KRIEKETBEKER-WENNERS: Die Laerskool Robertson het onlangs sy sportprysuitdeling gehou. Die krieketbeker-wenners was (agter, van links) Stefan Gouws, Theo Louwrens, Roelou Bruwer, Reynecke Crous en (voor) Andries van Tonder. FOTO: VERSKAF

ATLETIEKMEDALJES: Die atletiekmedalje-wenners wat by die sportprysuitdeling vereer is, is Theo Louwrens (seuns o.13 hoogspring), Andre Nel (seuns o.13 spiesgooi) en Aliza Rossouw (meisies o.11 hoogspring en 70 m-hekkies). FOTO: VERSKAF

HOKKIEBEKER-WENNERS: Die Laerskool Robertson se hokkiebekerwenners vir 2013 is (agter, van links) Marli Burger, Nina-Lari Brewis, Joshua Riddle, Karla Bruwer en (voor) Timothy Williams en Juan Drotschie. FOTO: VERSKAF

NETBALBEKER-WENNERS: Die netbalbeker-wenners van 2013 van die Laerskool Robertson is (agter, van links) Ro-Ann Fortuin, Brithney Snyman, Emma du Preez, Nicky Eksteen, Anina van Deventer en (voor) Juwairiyyah Valentyn. FOTO: VERSKAF

TENNISBEKER-WENNERS: Die Laerskool Robertson se tennisbekerwenners vir 2013 is (agter, van links) Carla Visser, Phillip Falck, Theo Louwrens, Emma van Deventer en (voor) Getha Klopppers en Keanan Barnard. FOTO: VERSKAF

NUWE PREFEKTE: Die De Villiers Laerskool in Robertson se prefekte vir 2014 is onlangs aangewys. By die span is (voor, van links) Elvra de Wit (adjunkhoof), Micheala Matthys (hoofmeisie), Dimitri Koert (hoofseun), Abri Thompson (onderhoofseun), Deunick Jansen (onderhoofmeisie) en Russel Sampson (hoof). FOTO: VERSKAF

5


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Stem weer vir gedigte Lesers het steeds kans om vir hul gunstelinggedig te stem in die gedigtekompetisie wat deel is van die Jakarandafees. Al is die fees verby, het die organiseerders gevra dat lesers nog tot Vrydag kans kry om vir hul gunstelinggedig

te stem. Daar is nou vyf gedigte om voor te stem. Om te stem, SMS die woord “Gedigte” saam met die naam van die gedig na 45527. SMS’e kos R1,50 en moet teen Vrydag (6 Desember) om 12:00 gestuur wees.

Die jakarandas Die jakarandas blom en violet blomme lê soos confetti gestrooi. In die strate van Robertson maar dis sowaar wondermooi. Want die indringerplant geskep deur die Vader se hand.

So dat óns dag vir dag kan sien God se wonderprag. Vanjaar se Jakarandafees is in ieder en elk se gees. Want dis grote plesier wat net ’n kort tydperk duur.

EDWARD JENEKE

Dinsdag 3 Desember 2013

Jakarandafees Boom in die grond Fris en gesond Jakaranda is die daad In pers gewaad Jakaranda is die daad Langs die tuin en bomelaan Kuier plesierige skare aan Strate word getooi Soos jy jou blomme strooi Deur die jakarandabo-

Purple beauty

me luister Is dit of daar stemme fluister Kom laat ons jolyt Op die pers tapyt Die skare dans dat dit knetter Soos ’n cracker van al die lekker Sterk sal jy moet staan Tot die fees gedaan

SHANNON JANSEN

Lekseltjie pers Die jakarandas is weer vol in blom, Ek is gefassineer en heel verstom Onder jakarandasambreel; Kan ek van geluk lag en speel. Soos sagte sneeuvlokkies daal persblou klokkies in vlindervlug

FAMILIEKENNISGEWINGS

en bring my terug na... Strate van pers tapyt wat tot spyt onder voete bars en tot verlep knars. Gou-gou verby ’n lekseltjie geluk vir my Jakarandadae, persblou skildery In my hart en verstand sal jy bly.

NATASHA PRINS

GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

Every late October and early November the trees start to bloom and fill the streets with colour. The blossoms dangling from each stem so soft and light looking like purple bells swaying ever so slightly. The bees adore them as well so when you stroll among them be sure to look around and observe how they play on the purple ground. People easily awed by the beauty soon forget about their duty as the flowers fall like confetti reminding several of their wedding. It’s a shame it only happens once a year. This means the lovely sight will soon disappear. So take in as much as you can to remember them ‘til next time they bloom again.

MEGAN JANSE VAN RENSBURG

1005

NICOLE KOERT

2420

LENINGS

DIENSTE 1445

LENINGS. Konsolidasies.R1 000 tot R120 00.00, 5 minutes preapproval. Same day payout. Fiona 0824222271

PHILANDER RACHEL (Nanna) Geb.28/07/1944Gest.28/11/2013 Die Roudiens vind plaas Donderdag om 7nm VGKkerk, Loopstraat. Begrafnisdiens Saterdag 7 Desember om 12nm by die huis in Keeromstraat en 1nm in VGK kerk, Loopstraat. Sal onthou word deur man, kinders, kleinkinders en familie.

’n Land met goue prag blare so sag soos sterre in die nag. ’n Boom met die kleur pers skyn helder sonder ’n brandende kers. Die boom is gemaak van goud daar kry jy nooit koud. Jakaranda ontvang net drome nie drome van ’n stoute kind. Jakaranda is ’n vriendelike boom sy dra ook elke dag haar goue kroon. Sy het ook maats wat elke dag ’n nes bou dis waarvan jakaranda baie hou jy kan haar ook dag en nag vertrou. In die somer hou sy daarvan om mense te koester, en geen jakaranda in Worcester. Maar als geleë in Robertson, daar is nie min maar omtrent baie. In die winter is sy baie soet, want sy’s goed opgevoed. Jakaranda het geen slegte kwaal en sy hou niks daarvan om rond te dwaal. Dis ons jakarandas wat niks hou van sterk branders so pas haar goed op.

DIENSTE

SAKE

1030

STERFGEVALLE

Verlore in jakaranda

RAAI WIE'S 3 JAAR OUD? TE KOOP SWART JEWANO PETRé Geluk met jou kroonverjaarsdag, 3 Desember ALLERLEI 2013. Van:René, Lizelle, 1655 Mamma Johanna, Janovan, Geneva, Rezonne, Zia & HOUT TE KOOP. BlackEdgar. wattle R500 (1000) stukkies sluit aflewering in Bonnievale en onmiddelike omgewing in asook in ander dorpe. Goed, droog en reg om gebruik te word.Bestel nou en maak voorsiening vir die somer braaivleis vure. Skakel 072 1780475.

2420

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters.* Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier. *Wynproeë op ’n perd se rug of met die waentjie by Major's Hill en Springfield*Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies.*Mini kommando's op Saterdae *Kinderpartytjis. Skakel 072 2917631 of 082 402 7088.


Dinsdag 3 Desember 2013

Schools - Skole

Breederivier Gazette

7

Laerskool Montagu hou erkenningsaande Twee pragtige aande om aan leerders erkenning te gee, is onlangs by Laerskool Montagu gehou. Op 22 en 29 Oktober is daar erkenning gegee aan leerders wat uitsonderlik presteer het gedurende die jaar. Leerders was aangenaam verras toe Mari-Lena Joubert (Protea-netbalspeelster en oudleerder) gehelp het om sertifikate, medaljes en trofeë te oorhandig. Die hoogtepunt was beslis die aanwysing van 2013 se leerderleiers, Jayden Johnson en Julia Joubert. Julia het ook die skoolhooftoekenning ontvang. Die skool sê dankie aan elkeen wat sy kinders bystaan sodat hulle hul talente kan ontwikkel.

Die graad 3-leerlders wat akademiese toekennings ontvang het is hier (agter van links) Thomas Gordon, JG van Deventer en Janie Marais. Voor is Lia du Plessis en Nienke Strauss. FOTO’S: VERSKAF

Die leerderleiers is Jayden Johnson en Julia Joubert saam met mnr. J. Krüger (skoolhoof).

Julia Joubert het ook die skoolhooftoekenning van mnr. J. Krüger ontvang.

JONG LEIER: Stephan van Rensburg van die Hoërskool Montagu is gekies om Die Burger se 55ste Jeugleierskonferensie by te woon. Leiers van die Noord-, Suid-, Oos- en WesKaap sal 6 – 12 Desember in Die Burger se strandhuis in Muizenberg tuisgaan. In dié tyd sal hulle onder meer Robbeneiland en die Vlootbasis in Simonstad besoek, asook die Universiteit Stellenbosch, Media24 en die Wes-Kaapse premierswoning, Leeuwenhof. Die tema is “Twintig jaar sedert demokrasie – die jeug se perspektief”.

YSTER OP DIE SPORTVELD: Theo Louwrens van die Laerskool Robertson is deur die Boland Skolesportvereniging aangewys as die laerskole tennisspeler vir 2013 en is ook deur die assosiasie vereer as die laerskole sportman vir 2013. Louwrens is ook gedurende die jaar opgeneem in die Boland o.13-span wat in Desember aan die nasionale skolekriekettoernooi gaan deelneem.


Breederivier

Year 17 • 3 Desember 2013 | Tel. 023 626 5212

Robertson-krieket vaar goed Die Robertson-krieketklub het onlangs in ’n eendag-kompetisie vir Zunisela Eastern met 95 lopies geklop. Robertson het die loot gewen en het besluit om eerste te kolf. Dié span se Danico Philmon het vroeg in die wedstryd die boulers van Easterns ’n moeilike tyd gegee toe hy ’n pragtige 113 lopies behaal het. Ferisco Adams (35) en Warrick Abrahim (26) van Robertson het ook goed gekolf. Easterns se boulers J. Faro (2/34), G. Isaacs (3/53) en J. Grobbelaar

(1/39) het alles in die stryd gewerp om Robertson se kolwers uit te kikker. Robertson behaal ’n stewige 237/9. Easterns kon slegs 143 lopies aanteken in 43 boulbeurte. Robertson se boulers J. Hopp (3/29), W. Abrahim (2/20) en B. Erasmus (2/20) het geskitter met die bal. Robertson B het teen Koue Bokkeveld gespeel en met een paaltjie verloor. Robertson het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Dié span se kaptein en kolwer W. Matthys het 20 lopies aangeteken. Uitstekende boulwerk van Robertson se boulers Jero-

me Adams (3/16), G. Padiachy (2/14) en W. Matthys (2/8) het vir ’n dramatiese einde gesorg toe Robertson netnet verloor het. Die bestuur wil vir Ferisco Adams (Boland Amateur) en Danico Philmon (Boland Amateur) gelukwens met hul opname in die provinsiale spanne. Robertson A speel Sondag 8 Desember teen Vredenburg/Saldanha in Saldanha. Dié klub hou Vrydag 6 Desember ’n model-aand in die civic sentrum en 14 Desember sy jaarlikse ses-’n-kant-toernooi. Vir inligting bel Jeremy Lucus by 082 397 2773.

RUNNING: Runners from the Montagu Athletics Club recently took part in the Winelands Marathon in Stellenbosch. From left are Freek Fortuin, who ran his first marathon after 20 years and completed it in 04:10, Andrea Biffi, a new club member who completed the half marathon in 01:33, Patti van Dyk, who completed the half marathon in 01:07. Paola Vignani (right), who runs for the elite club Nedbank, completed the marathon in 03:30. Vignani ended third in the veteran women’s category. She also received a silver medal for the second best Boland senior champion and a gold medal for the best Boland woman veteran champion.

OUDLEERDER PRESTEER: Mari-Lena Joubert, ’n oudleerder van die Hoërskool Montagu en Protea netbalspeler, is verlede week by die Boland Sporttoekennings as die sportvrou van die jaar aangewys. Met haar is Peter de Villiers, oudafrigter van die Springbok-rugbyspan.

SA KARATE: Hierdie leerders van die Hoërskool Montagu is in die SA Karatespan opgeneem wat tydens die komende Desembervakansie in Indië gaan deelneem. Agter is Arnot Joubert, Jacqui Kriel, Jeanne Joubert en Alrich Sauer. Voor is Greg Gabriel en Jason Benjamin. FOTO: VERSKAF

ATLETIEK: Dié atlete het onlangs aan die Robertson Voorbereidingskool se vriendskaplike byeenkoms deelgeneem. Agter (van links) is Tarah Abrahim, Carli Prins en Jadah Kraukamp. Voor is Heizeen Jack, Craig Rossouw, Luke Muller en Jeandré le Roux.

ROLBAL-VETERAAN: Die Bonnievale-rolbalklub het die afgelope Saterdag (30 November) sy laaste toernooi van die jaar, die Gert Groenenberg-dag, aangebied. Die doel van dié geleentheid was om alle oudspelers, sowel as huidige en voornemende rolbalspelers op die baan te kry. Tot almal se verbasing het Sarie de Bruin ook by die geleentheid opgedaag. Sy het onlangs op 90-jarige ouderdom haar tweede heupvervanging gehad, maar het steeds kans gesien om aan een ronde deel te neem. FOTO: VERSKAF

Breederivier gazette 3 dec 2013  

Breederivier gazette 3 dec 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you