Issuu on Google+

Breederivier

Year 17 • 30 April 2013 | Tel. 023 626 5212

Fietsrykoors tref

Montagu

Meer as 500 fietsryers en berghardlopers het Montagu hierdie naweek kom besoek om aan die jaarlikse Montagu Mountain Mania deel te neem. Dié fietsryers staan reg vir die 30 kmbergfietsren, wat slegs een van ’n paar renne was. Ilse Esterhuyse, een van die organiseerders, sê die Montagu Mountain Mania was ’n reuse-sukses. “Montagu se eetplekke en gasteplekke moes bontstaan om almal te akkommodeer.” FOTO: DEON VAN DEVENTER

Seisoen­einde bring nood

DALEEN FOUCHÉ

Met die parsseisoen wat nou tot ’n einde gekom het, bevind talle seisoenwerkers hulle sonder werk. Die effek daarvan is reeds sigbaar in die Langeberg-gemeenskappe. Francois Viljoen, bestuurder van konsultasieprosesse by Vinpro, sê die wyn-parsseisoen in die Langeberg is min of meer in volle swang van die laaste week in Januarie tot die eerste week in April en is tussen ses en agt weke lank. Die res van die jaar sit talle seisoenwerkers sonder werk. Welsynsorganisasies meen baie families is nou sonder ’n inkomste terwyl plaaslike polisiekantore rapporteer dat oneerlikheidsmisdaad sedert Maart gestyg het. Magdal Jaftha, programbestuurder van Hadassah Family Wholeness Centre in Montagu,

sê sedert verlede week is daar ’n drastiese toename in mense wat gebruik maak van hul voedingskema, met meer as 115 mense wat Donderdag 25 April kospakkies by die Montagu-voedingskema kom afhaal het. Jaftha sê tydens die parsseisoen was daar niemand wat kospakkies kom afhaal het nie. Sy sê die einde van die parsseisoen het ’n “geweldige effek” op die gemeenskap en baie gesinne sukkel nou om daaglikse kos in die hande te kry. Jaftha sê mense is baie dankbaar vir die kospakkies en vertel gereeld dat hulle die kos met ander gesinne deel. Vincent Andries van die Doulous Trust – ’n organisasie in Robertson wat werk met hawelose mense – sê baie gesinne in Robertson, veral in Droëheuwel en Môreson, het nou geen vorm van inkomste nie aangesien die broodwinner ’n seisoenwerker is. Andries sê die

Doulous Trust het onlangs ’n opname gemaak van gesinne sonder ’n inkomste en daar is “vreeslik baie” families waar seisoenwerkers die enigste broodwinners is. Volgens Andries dryf die einde van die parsseisoen mense tot misdaad uit “desperaatheid om te oorleef”. Daar is ook tradisioneel ’n toename in aanranding dié tyd van die jaar. ’n Plaaslike boer meen daar is ’n verkeerde persepsie dat Robertson ’n mekka vir veral seisoenwerk is. Hy meen die sosiale vraagstukke ná die parsseisoen dui op ’n groter probleem, naamlik werkloosheid, wat seisoenwerk nie kan oplos nie. Hy sê ook dat nie alle seisoenwerkers op plaaslike dorpe bly nie, maar dat daar seisoenwerkers is wat rondswerf agter werk aan. Die Gazette kon nie akkuraat vasstel hoeveel seisoenwerkers in die Langeberg is, en hoeveel in die stil seisoen hier bly nie.

Tydens ’n besoek aan Robertson het Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, gesê die sektor kan nie verantwoordelikheid neem vir die land se sosiale probleme nie (“Aksies vir landbousektor”, 16 April). Hy het verduidelik dat die landbousektor wel kan bydra tot die verligting van sosiale probleme deur wins te maak, want dit sal die lot van die plaaswerker en die produsent verbeter. Lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê sedert Maart het die aantal huisbrake gestyg en verwag die kantoor dat April selfs meer inbrake sal toon. Sy sê werkloosheid speel ’n groot rol in die toename in misdaad. Kapt. Bertus Conradie, stasiebevelvoerder van die Bonnievale-kantoor, sê oneerlikheidsmisdaad soos inbrake en aanranding het sedert Maart gestyg.


2

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 30 April 2013

Local kids visit Vrolijkheid Dave Purcell (left) and Allister Rogan hand over the cheque of R300 000 on behalf of the Graham and Rhona Beck Development Trust to Jane Phillips, manager of the Breederiver Hospice. PHOTO: SUPPLIED

Golfers do it for charity

On a beautiful autumn day on 23 March, 144 golfers teed off for the Annual Breede River Hospice Golf Day. The event was held at the Silwerstrand Golf Estate. The day started with an 18 hole 4 Ball Stableford competition and ended with a well-attended prize-giving ceremony and dinner in the evening. Several challenges during the day on the golf course, including a putting and chip-

ping competition, a charity raffle and auction in the evening, contributed to the total amount of money raised. At the end of the day a cheque of R300 000 from the Graham and Rhona Beck Development Trust was handed to the Breede River Hospice with a promise of R300 000 over the next three years to the Hospice’s Centre of Palliative Learning. The Breede Rivier Hospice thank all the golfers and sponsors for their assistance.

On 19 April 2013, Vrolijkheid Nature Reserve outside McGregor gave access to the Robertson Logos Christian School for environment education. The programme is an on-going environmental education programme for grades 1 and 2 pupils. Pupils are exposed to outdoor activities such as hiking and birdwatching and identification in the bird hide. The trip also included a visit to the environmental centre at Vrolijkheid. The programme was presented by an experienced ranger, Rudy Davids, who

spent three hours in the reserve with the pupils. “We used themes from the curriculum and the grade 2 pupils will keep an insect to study at school,” said teacher, Tertia Geriche. Geriche commented that the museum was very interesting and that the pupils enjoyed the privilege of spending a day in nature. Schools are encouraged to visit CapeNature reserves for environmental educational purposes. For more information call Edward Manganyi on 023 625 1621.

Pupils from Robertson Logos Christian School enjoy their visit to the Vrolijkheid Nature Reserve.

Raadslid Rodger Kortje antwoord taai vrae wat deur jong leiers aan hom gestel word. FOTO: VERSKAF

Jeug word in leierskap geskool Sedert Januarie vanjaar word 165 leerlinge tussen gr. 7 en 9 van Bonnievale Primêre Skool in Happy Valley weekliks deur ’n leierskap- en kreatiwiteitsprogram geskool om krities en kreatief te dink, vrae te vra en met oplossings vorendag te kom. Dit is by die Vangnet-Projek van The Valleys and Mountains Development Foundation. As deel van dié uitdaging, het raadslid Rodger Kortjé van wyk 4 ingestem om die paneel van toekomstige gemeenskapsleiers te woord te staan. Hy is gepeper met vrae oor die

omgewing, die identifisering van probleemareas in die plaaslike gemeenskap en hoe dit opgelos kan word, asook sy kort- en langtermynvisie vir die gemeenskap. Lynn-Joy Isaacs, programbestuurder van die Valleys and Mountains Development Foundation, meen die groep jong mense het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. “Ons is oortuig dat ons hier ’n hele paar kandidate het vir ’n junior munisipale raad.” Vir meer inligting oor Valleys and Mountains, en die Vangnet-projek, besoek valleysmountainskids.co.za.

Breaking Bread shares its story ) What are your names? Dave and Claudé Regester ) What is the name of your business and where is it situated? Breaking Bread. We are situated at No 9 Adderley Street in Robertson. ) What kind of business do you run? A frozen bakery convenience store, ideal for the busy home executive and restaurateur. ) What is your favourite product or service? We make the customer look like an expert baker by supplying frozen croissants, bread and bread rolls in various styles like ciabatta, Portuguese, rye and whole wheat, coney, brotchen, vetkoek, savoury biltong, garlic and French bread. We also have pies, sausage rolls, pizza

bases and muffin mix batters, to name but a few of our favourites. ) When and how did you start your business? We opened Breaking Bread on 10 November 2012. While visiting this beautiful valley back in 2010, I was introduced to an awesome picnic and boat cruise at one of the famous wine estates on the Breede River. The freshly baked ciabatta paired with meats, cheeses and patés, got my juices flowing. So I went out on a mission to find out how I could make this wonderful bread. I was directed to the manufacturer of a state of the art bread factory. I married the woman of my dreams – having met the lady of my dreams in Robertson and getting married in September 2012 , made the next step easy. I decided this was where

* 24 HOURS SERVICE

*NATION WIDE*

*HOMES, FLATS, OFFICES* *PACKING & STORAGE* *RELIABLE SERVICE* *SPECIAL MID-MONTH RATES*

Tel/Fax (021) 903-0804

daynightremovals@telkomsa.net

1813 EW 1C6J5EA3T

PEACE OF MIND REMOVALS AT POCKET-PLEASING PRICES

I wanted to live and I had a business concept which I am passionate about. The rest was a formality. After just five unbelievable months in business we are getting awesome support from afar as Paarl to Swellendam, Montagu and McGregor. It has been a blessing beyond expectation. ) Where do you see your business in five years? We envisage bringing more convenience and increased product selection and a selective deli to our customers in the future. We have also introduced a bake to order service. ) What is your business motto? “Freeze. Thaw. Bake – take it home and serve it fresh. Always perfect!” For more information about Breaking Bread, visit www.breakbread.co.za.


Dinsdag 30 April 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Laat vleis­herrie só bedaar ANITA DE KOCK Meer vleisinspeksies, beter beheer oor ingevoerde produkte, beter etikettering en verskerping van plaaslike beheermaatreëls is nodig om die huidige histerie oor die inhoud van vleisprodukte te laat bedaar. Dít is die mening van prof. Johan Kirsten na afloop van die Bien Donné Agri Cape Week wat onlangs by Simondium in die Paarl aangebied is. Prof. Kirsten was een van die sprekers by ’n bespreking wat vir rolspelers in die rooivleisbedryf aangebied is. Hy sê hoewel dit hoofsaaklik gehandel het oor die korrekte etikettering van vleisprodukte, was die herrie wat onlangs oor onverklaarde vleissoorte wat in kosprodukte gevind is, ’n groot besprekingspunt. Hy is van mening dat die hele besmettingsdrama ’n bietjie oordrewe is, en dat minimale kontaminasie wel voorkom. Daar is egter wel vleishandelaars wat die regulasies oortree en daar moet teen hulle opgetree word. Hy glo beter vleisinspeksies, swaarder boetes aan oortreders en beter wetstoepassing sal die probleem beheer. Volgens hom moet handelaars wat gevriesde vleis van lande soos Nieu-Seeland invoer en dit as Karoovleis bemark, aan die kaak gestel word. Die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg, het op sy beurt gesê dat Suid-Afrikaanse verbruikers met een oogopslag moet kan sien watter produkte op die winkelrak plaaslik geproduseer en verwerk is en watter produkte vanaf oorsee ingevoer is. Dit sal ook help om ondersteuning aan plaaslike landbou te vergemaklik. Hy het kettingwinkelgroepe aangespreek en hulle versoek om ’n duidelike onderskeid te

tref tussen plaaslike en oorsese produkte op hul rakke. “Ek sê nie daar moet nie ingevoerde kos in winkels wees nie, maar die keuse om SuidAfrikaanse landbou en verwerkers te ondersteun moet voorkeur kry. Dit sal Suid-Afrikaanse landbou se mededingendheid verhoog en die plaaslike produsente help om volhoubaar goeie gehalte kos teen redelike pryse te produseer. “Etikettering moet verander en verbeter word sodat plaaslike verbruikers dadelik kan sien watter produkte ingevoer is en watter nie,” het hy gesê. Van Rensburg het gevra dat die regering meer geld moet beskikbaar stel vir navorsing by instansies soos die Landbounavorsingsraad (LNR). In reaksie hierop het dr. Shadrack Moephuli, voorsitter en uitvoerende hoof van die LNR, bevestig dat navorsing juis daarop gemik is om in die verbruikersvraag na spesifieke eienskappe in vrugte, groente, wyn, rooivleis en ander kossoorte te voorsien. Hy het verwys na die volgehoue navorsingsprestasies van die LNR se landwye institute, wat onder moeilike finansiële omstandighede daarin kon slaag om die afgelope jaar 15 nuwe vrugtekultivars vry te stel. As organiseerder van Bien Donné Agri Cape Week het Orton King, groep uitvoerende direkteur van die Agri Mega Groep, daarop gewys dat “die mense wat besluite oor kosinvoere na Suid-Afrika neem hul somme moet gaan maak”. “Die werklike koste van werksverliese in produksie en waardetoevoeging aan SuidAfrikaans geproduseerde produkte moet verreken word. “Ons moet maak soos die Chinese en self rou materiaal, eerder as om eindprodukte inte voer, ter aanvulling tot verwerking van plaaslike produkte. Dit sal ook meer werkgeleenthede skep.”

Nuwe aansien vir ou motors ANNELDA GROOTBOOM Pimp My Ride, die oorsese televisieprogram waar motors wat in ’n swak toestand is, herbou word na die ideale spesifikasie en voorkeur van die eienaar, het nou die tendens geword onder die plaaslike gemeenskap. En dis nou ’n realiteit vir die wenners van die Pimp your Ride-kompetisie wat geïnisieer is deur James Claassen, eienaar van JJ Panels-paneelkloppers in Robertson. Volgens Claassen, wat 18 jaar ondervinding het as ’n spuitverwer en paneelklopper, is die kompetisie van stapel gestuur om mense betrokke te Jaco Vlok maak by die tendens, veral diegene wat graag hul motors wou opknap deur nuwe wieldoppe, ’n nuwe klankstelsel en die oorspuit van die kar wil hê, maar nie die finansies het nie. Die kompetisie word sedert Januarie in verskeie dorpe in die Langeberg aangebied. Een van die gelukkige wenners, Jaco Vlok van Bonnievale, was in ekstase toe hy hoor dat hy ’n wenner is. Hy het pas ’n motor gekoop en wou alles vervang en dit netjies en spoggerig maak. Volgens Vlok het hy twee kaartjies ingeskryf vir die kompetisie om sy kans te verbeter. Nadat sy motor oorgedoen is en nuwe parte gekry het, kon hy sy oë nie glo nie, omdat “dit so goed gedoen is”. Die kompetisie behels dat motoreienaars,

is hier by sy opgeboude motor.

FOTO: VERSKAF

wie se motor padvaardig is, kan inskryf teen ’n R100 per inskrywing. Mense in Robertson, Ashton, Montagu, McGregor en Bonnievale kan inskryf en ’n lid van die gemeenskap doen die trekking. Die eerste kompetisie is reeds 2 Maart aangebied in Robertson by Shoprite se parkeerarea en op 30 Maart in Bonnievale by die sportterrein. Die volgende trekking vind plaas Saterdag 4 Mei by die Multisave-parkeergebied in Ashton. Claassen is reeds genader deur ander klubs om die Show & Shine-kompetisie deel te maak van sy huidige kompetisie en daar word ook ’n musiekkompetisie vir die beste klankstelsel beplan. Vir meer inligting, bel gerus vir Claassen by 083 949 7269.

FEES VAN DANKBAARHEID: Die ACVV Jakaranda Dienssentrum in Robertson het op 11 April ’n donateurstee aangebied met die titel “Fees van dankbaarheid”. Trevor Nasser was die gaskunstenaar vir die dag en het bekende melodieë gespeel op sy ghitaar en mandolien. Ds. Almo Zietsman het die byeenkoms geopen en Paula Adendorff het almal verwelkom. Dorelle Fourie, organiseerder van die geleentheid. het kortliks al die dienste genoem wat die dienssentrum aan die meer as 200 ouer persone in Robertson lewer en afgesluit deur elke individu, diensorganisasies, gemeentes en besighede te loof vir al hul hulp. Die funksie is afgesluit met ’n ete. FOTO: VERSKAF

Liquor bylaw suspended DALEEN FOUCHÉ The controversial municipal liquor bylaw that took effect on 1 April was suspended by members of council during a meeting on Wednesday 24 April. “The Council resolved that the implementation of the bylaw be suspended and that a request be sent to the provincial government to suspend the operation in a Provincial Gazette,” says Soyisile Mokweni, manager of the Langeberg Municipality. The suspension of the bill follows strong criticism of the bill, especially the operating hours allowed for on-site consumption (“No cheers for liquor bylaw”, 26 March 2013). The suspension will now be published in the Provincial Gazette. When asked what law will

now be applicable, Mokweni responded by saying that the bylaw was only regulating trading hours and that the provincial and national legislation are still applicable. “Some people have the perception that this bylaw is wrong. This is not correct, but we acknowledge that the way it is written and packaged is perhaps confusing so the municipality is looking at writing the bylaw in a manner that is easy to understand.” Mokweni says a meeting with all police station commanders within the Langeberg area is on the table in order to clarify the position of the council on this bylaw. Another round of public participation will be held after the bylaw has been “repackaged” to get input from the communities on the specific bylaw.


4

Leader - Hoofartikel

Breederivier Gazette

Dinsdag 30 April 2013

Munisipaliteit antwoord op kritiek oor bou-afdeling

Elke bietjie help Die einde van die parsseisoen en die begin van die winter is tradisioneel ’n tyd van nood vir baie gesinne in die Langeberg. Die Gazette berig vandeesweek van ’n drastiese toename in mense by die plaaslike voedingskemas en die groeiende nood aan basiese items soos mieliemeel. Daar is ’n hele aantal plaaslike organisasies wat armoede teenwerk en probeer verseker dat die mense wat in nood is, nie honger gaan slaap nie. Die welslae van dié organisasies is egter direk afhanklik van mense se vrygewigheid. In die Suid-Afrikaanse konteks is dit vir baie mense makliker om eerder afgestomp te raak teenoor die armoede en swaarkry, omdat die probleme te oorweldigend kan voorkom. Ten spyte van die probleem wat dreig om gemeenskappe te oorweldig, is daar steeds organisasies en individue wat nie tou opgooi nie en aanhou werk om armoede te beveg. Dié organisasies en hul vrywilligers verstaan dat, ten spyte van die uitdagings, elke bord kos en elke warm kombers tel, want elke bietjie help.

Jy tel die foon op en skakel die Langebergmunisipaliteit se bou-afdeling oor planne of terugvoer, net om dan te hoor maar dié een is op verlof, ’n ander op siekverlof, of nie een is by magte om dokumentasie af te teken nie. Enige redelike mens kan dit afmaak as blote toeval en ons sal graag so wil dink, maar ongelukkig kom dit al lank aan. Ons sit met ’n afdeling wat totaal onderbeman is, waar kommer oor die aangeleentheid reeds in 2011 aan die departementshoofde deurgegee is. Jou e-posse na bestuurders bly onbeantwoord, melding daarvan in wyksvergaderings val op dowe ore, dit bly maar net ’n doodloopstraat. Weens die personeeltekorte moet jy as Jan Publiek, wat eintlik die kliënt is, wag totdat die betrokke persoon terugkom van verlof. Verbeel jou net dit gaan so in ’n hospitaal, nou hoekom moet ons verneder word met sulke diens? Daar is vyf dorpe, die “paar” bouinspekteurs moet rondhardloop tussen die dorpe om vure te blus, en dan nog planne ook nasien. Hulle word dus weerhou daarvan om hul wetlike plig te vervul weens hul werkslading. Dit vloei oor, of laat ek liewer sê dit dwing ’n gemeenskap om te redeneer dat, as die munisipaliteit nie eers volgens wetlike voorskrifte handel en diens lewer nie, hoekom moet ek as kliënt dan moeite doen om planne in te dien? Die kettingreaksie raak weer die stads- en streeksbeplanning se probleem met mense wat nie hou by hul sonering nie, en dan kry jy ’n volmaakte cowboy republic – almal maak nes hul wil. Ek neem nie die personeel kwalik vir die toestand nie, hulle probeer hul bes om kop bo water te hou. Ek wil graag weet hoe kan die munisipaliteit toelaat dat ’n departement so agteruitgaan, en saam met dit ’n industrie wat afhanklik is, so diens? Die boubedryf is die lewensaar van jou dorp se verskaffers, loodgieters, elektrisiëns en messelaars wat sy familie van vyf moet onderhou. Hoe sê jy vir so ’n persoon, “jong, ek is jammer, die departement het seker nie fondse nie,” maar in jou agterkop weet jy hulle begroot reeds vir volgende jaar se bonusse? Dit is ook nie net beperk tot die boubedryf nie, dit het ’n invloed op elke denkbare ekonomiese front waar besighede verliese ly as gevolg van die departement wat nie ten volle

funksioneer nie. Ek kan op elke dorp iemand identifiseer wat deur die departement geraak word en met hulle hande in hul hare sit weens die situasie – van ingenieurs, tekenaars en argitekte tot ontwikkelaars. Wat kan hulle maak? Kla hulle, dan wag hulle maar net nog langer. Ek is vandag ge-CC in ’n e-pos van Francois Claasen wat al ses maande wag (terloops, hy het my meegedeel om maar sy naam te gebruik). Die tragedie is dat jy as kliënt moet bel om uit te vind wat gaan aan en nie andersom soos dit behoort te wees nie. Hoekom die afdeling aan die kortste ent trek weet ek nie, maar diegene wat hiervoor verantwoordelik is kan maar weet dat sy beperkte vermoë om diens te lewer, al hulle ander ekonomiese ontwikkelingsprojekte net so ongedaan maak. Ek is al moeg vir elke keer dieselfde deuntjie te uiter van “waar is ons verkose lede wat moet toesien dat ons as streek vooruit boer?”. Kom diegene nie in aanraking met die probleme nie, of is dit ’n kwessie van “hear no evil see no evil”?

THEUNS COETZEE, Bonnievale

Soyisile Mokweni, bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, reageer: Hierdie kwessie is reeds by ’n vorige geleentheid deur die betrokke persoon opgehaal in ’n wyksvergadering. Die munisipaliteit het so ook reeds deeglik op die persoon se versoek gereageer. Die aantygings in hierdie brief is misleidend en kan doelbewus kwaad stook. Die munisipaliteit het bedankings in die boudepartement gehad, maar ek wil graag klem lê dat daar geen gebrek aan dienslewering is nie. Die munisipaliteit is reeds in ’n proses om onderhoude met moontlike kandidate te voer om hierdie poste te vul. Tot op datum is alle bouplanne reeds goedgekeur, met die uitsondering van twee. Hierdie twee is: ) Die aansoek wat gedoen is op 19 Desember 2011 op Montagu. Dit kan nie gefinaliseer word voor die betrokke bure goedkeuring gee nie. Wat hierdie situasie kompliseer, is dat die eienaar van Johannesburg is en dit dra by tot die vertraging van die goedkeuring. ) Die tweede geval is bouplanne in Bonnievale en het kommentaar vanaf die provinsiale padingenieurs nodig voordat dit gefinaliseer kan word. Sou ons geen terugvoering binne drie maande ontvang nie, mag die munisipaliteit volgens wet voortgaan om goedkeuring aan die bouplanne te verleen.

Welverdiende pluimpie vir eerlike kassier Ek wil net graag vir Clarise Marais, ’n kassier by Robertson Pick n Pay, baie dankie sê vir haar eerlikheid. Ek het geld getrek by die betaalpunt toe ek my inkopies betaal het en toe vergeet om die kontant te neem.

Toe ek die volgende oggend my fout agterkom en vir Pick n Pay daarvan inlig, het hulle my geld aan my uitbetaal. Sulke ondervindings maak mens dankbaar dat ons in ’n klein dorpie bly.

MICHELLE HUCKLESBY, Robertson

LOCALS MAKE INTERNATIONAL WAVES: Bruce and Alison Gilson, local producers of organic fruit and vegetables, are seen here in Los Angeles with Cyril Ndaba, South Africa’s Consul General in LA. They were attending the Natural and Organic Expo West in Anaheim, courtesy of the Department of Trade and Industry and Wesgro. “The expo was incredible with over 60 000 people visiting. We were part of the South African pavillion, along with eight other Western Cape producers, and visitors loved the organic taste of Robertson,” says Alison.

Pluimpie vir plaaslike polisie Tussen Vrydagnag 12 April en Saterdag 13 April is daar ingebreek by ons Voedingskema bo-op Shoprite. Toe mnr. Clive Simons (wat saam met sy vrou, Linda, die voedingskema bestuur) Saterdagoggend oopsluit om voor te berei vir etes die middag, het hulle gesien dat al die vleis (sowat 80 kg), die pasta, ander kos en die DVD-speler gesteel is. Dit het omtrent kopkrap gekos om vir die 286 mense wat deur die skema bedien word, kos te maak met die bietjie wat oorgebly het. Die voorval is aan die polisie gerapporteer en die toneel is deur die ondersoekpersoneel ondersoek en vingerafdrukke is verkry. Daardie Sondagaand (14 April) is mnr. Simons deur kapt. Dries de Klerk meegedeel dat hulle die verdagte gearresteer het en ook die DVD-speler in sy besit gevind het. In ’n tyd waar die polisie op nasionale vlak onder hewige kritiek deurloop, wil ons aan ons plaaslike personeel ’n pluimpie gee vir hul vinnige optrede.

A.J. VAN ECK, Robertson

Wees waaksaam Die hele vleisbedryf in Suid-Afrika word nie goed gereguleer en gemonitor nie. Daar word nie alles vertel vir Jan Publiek wat hy eet nie. Etikette word doelbewus mee gepeuter terwyl die geldwolwe lekker lag! ’n Mens moet altyd kyk na die vleisgehalte. As vleis se kleur nie reg lyk nie, vermy dit met mening. Wat baie mense nie besef nie is die gemors wat in vleise geprop word kan jou liggaam aantas en jy kan dodelik siek word. Ek het lankal my eetgewoontes verander, nog voordat die vleisskandaal op die lappe gekom het. Wees waaksaam!

RYNHARDT, per SMS

Rubriek

Die seewind bring heimwee

Gedurende my kinderjare het my ouers veertien jaar lank in Stilbaai langs die see gewoon – so ’n regte huisie by die see. As jy oor die kombuis-onderdeur sou loer, kon jy sommer die natuurwonder geniet wat glimmend in die son lê en baai. Saans het die sagte geruis van die see jou aan die slaap gesus. Soggens was dit die eerste geluid waarvan jy bewus geword het nadat jy jou oë oopgemaak het. Ekhetnognooitbaievandiesee gehou nie – ek bedoel om myself daarin te begewe. Vir my was dit veel lekkerder om ure lank oor die deinende waters te sit en uitkyk. Stilbaai is seker een van die mooiste strande in ons land. Boonop is dit silwerskoon, stil, veilig en lank uitgestrek. Dit was altyd vir ons baie lekker om soggens vroeg, met laagwater, die

lang uitgestrekte strand aan te durf tot dáár waar die land ’n stuk voet in die see insteek. Die uitdaging was om soontoe en terug te loop voor hoogwater, want dan is jy afgesny van die huis. Ek onthou hoe my ma male sonder tal soggens voor sonsopkoms langs die see afgestap het en baiekeer met ’n emmertjie arikreukels teruggekom het. “Dit is die lekkerste tyd van die dag om langs die see af te stap,” sou sy sê om ons aan te moedig om haar te vergesel. Gedurende vakansieseisoene het dit gewemel van die pretsoekers. Besoekers het met hul spoggerige voertuie en luukse woonwaens die leë kampeerplekke gevul. Die andersyds leë kampoord was dan een groot vrolike plek met kleurvolle tente en sambrele. ’n Regte feestelike gesig en atmo-

sfeer. Oukersaand en Oujaarsnagte het die kamp een groot familiebyeenkoms geword. Almal het almal “ge-wish” – natuurlik op die hartlike manier, met ’n klapsoen en stewige drukkie. Sal ek dan ooit vergeet hoe lekker dit was om saam met die vakansiegangers die visserskuite op die “jittie” te gaan inwag? Dan raak die moeë vissermanne van hul oes van die see ontslae en glimlag breed oor die goeie seisoen van geldmakery. Tot vandag nog dink ek Stilbaai het die lekkerste kabeljou ter wêreld. Die mooi gesig van reuse-olietenkskepe en ander groot seevaartuie wat op die “rug” van die seeafvaar,salmyaltydbybly.Wat ’n ondervinding was dit tog op Nuwejaarsdae wanneer die plaaslorries hul werkers vir die dag see toe gebring het! Dit was ’n fees

Rosy Jansen soos min. Daar het ook soms minder aangename goed gebeur, maar dit was deel van die dag. Ons hou altyd langs die see stil wanneer ons daarlangs ry. Elke keer verstaan ek opnuut die woorde van die liedjiesanger: “Die seewind bring heimwee na my.” Vandag is Stilbaai ’n pragtige vakansiedorp waar baie bekendes hul laaste lewensjare saam met die vakansiegangers geniet en waardeer. Deur Rosy Jansen


Dinsdag 30 April 2013

Advertisement - Advertensie

Breederivier Gazette

5


6

Classifieds

Breederivier Gazette

STERK SWEMMERS: Tydens die onlangse Robertson Laerskole-swemgala het die leerlinge van Hoërskool Bonnievale goed presteer. Agter van links is Luané Wessels (derde in die o.13-vlinderslag- en vryslag-items) en Robyn Broodryk (vierde in die o.13-borsslagitem). Voor staan Ruach Wessels (eerste in die o.11-vlinderslag-, rugslag- en vryslag-items en tweede in die borsslagitem), Nelius Moller (vierde in die o.10-vryslagitem) en John Broodryk (derde in die o.10-vlinderslag- en rugslagitems). RUGBYMAN: Michael Rodrigues van Hoërskool Bonnievale is na afloop van die NoordBoland-rugbyproewe opgeneem in die Boland Elite o.16groep. Hy neem aan verdere proewe deel.

Dinsdag 30 April 2013

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES

MOTORS VEHICLES

11

154

In Memoriam

Voertuie te Koop onder R50 000 Vehicles for Sale under R50 000 1996 OPEL Astra 1600, IE, very good condition. R30 000. Contact 078 853 2202/079 029 0270.

159

Motors te Koop Vehicles for Sale

CUPIDO HERMAN CHARLES Born: 03/09/1930Died: 04/05/2012 In loving memory of Herman, my dear husband and our father who died on May 4th 2012. Still sadly missed by Esmé and family.

GRAHAM BRIAN ZIMRI Born.04/12/1946Died.29/04/2011 Two years and still we say Gone to Soon. To hear your laugh and see your smile is a desire we long for. We miss you so much there are no words. We love you Daddy. Edith Megan and Erin.

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141

Algemene Dienste General Services

24/7 Cash of your bakkie or car. Just SMS or PHONE 072 620 1126.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. LOANS approved R1000 up, to R100 000. Blacklisted & garnish welcome. latest payslip, 2 months bank statement and copy of ID. 10 minutes approval. Contact 076 682 2723 or sms.

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities LUTEA PARFUUM-154 geure om te bemark! Uitstekende kommissie! 0836550445/ madrigrobbelaar@gmail. com/ www.luteaperfume.co.za


Dinsdag 30 April 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

7

Oosgemeente hou basaar is dan ook al oop met bederf vir die kinders terwyl die volwassenes koffie of tee met ’n stukkie kaaskoek en ander lekkernye kan geniet. Vanaf 17:30 wanneer die basaar amptelik open, kan inwoners alles van kampioen-boerewors tot heerlike koek, tert, pasteie, beskuit, koekies en smullekker jaffles, kerrie-en-rys, hoendersosaties en basaarpoeding koop.

1813 EW 1C6K6H53T

Die NGK Robertson-Oos Gemeentesentrum hou op Vrydag 10 Mei basaar. By die basaar is daar iets van alles en vir almal. Tussen 12:00 en 14:00 is heerlike kerrieen-rys en pannekoek beskikbaar en vanaf 16:00 kan die kinders op die springkasteel spring, hulle gesigte laat inkleur en op ’n waentjierit deur die dorp ry. Die kafee en lekkergoedtafel

Die wenners van Mnr. en Mej. RHS is Kyle McMahon, Wayne Marais, Ronelle Kriel, Marli Marais, Elanca Goosen en Terche Wentzel. By hulle is Kobus Wiese, wat as gasheer opgetree het.

Skool spog met skones

BYBELSTAP: Die Verenigende Christelike Studentevereniging (VCSV) van Hoërskool Montagu het op 28 Maart ’n Bybelstap gehou om geld in te samel vir Bybelverspreiding. ’n Roete is op die skoolterrein uitgesit met verskeie stasies. By elke stasie het elke kring ’n item ontvang. By die eindpunt is al die items saamgesit om ’n uitstalling van die kruisiging te vorm. Altesaam 470 leerlinge het deelgeneem en ’n bedrag van R5 815 is aan die Bybelgenootskap oorbetaal. Elke leerling het ’n medalje van die Bybelgenootskap ontvang. Die leerlinge sit met hul medaljes op die paviljoen.

1813 EW 1C6K5F03T

Kobus Wiese was hierdie jaar die gasheer van Mnr. en Mej. RHS en Balie Swart, wat saam met hom in die 1995 Wêreldbeker-rugbytoernooi gespeel het, een van die beoordelaars. Die ander beoordelaars was Cornelia Kriel, ’n oud-Robbie wat genomineer is as een van die toptien-skoonheidsterapeute in Ier-

land, Louise Gericke, ook ’n oud-Robbie wat as skoonheidsdeskundige werk, en Hannelore Matthyser, ’n mode-ontwerper en voorkomskonsultant. Nadat die deelnemers in hul tema-drag en formele drag geparadeer het, is Marli Marais as Mej. RHS Senior aangewys, Ronelle Kriel as eerste prinses en Elanca Goosen as tweede prinses. Mej. RHS Junior was Terche Wentzel en Mnr. RHS Junior was Kyle McMahon. Mnr. RHS Senior was Wayne Marais.

1813 EW

Hoërskool Robertson (RHS) het op Woensdag 17 April met sy beeldskone en aantreklike leerlinge gespog.

MK 37/2013 VOORGESTELDE WYSIGING VAN GOEDKEURINGSVOORWAARDES EN VERGUNNINGSGEBRUIK : GEDEELTE 7 VAN DIE PLAAS HARMONIE NR 116, MONTAGU Kennis geskied ingevolge die skemaregulasies uitgevaardig ingevolge Artikel 8 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 15 van 1985 (PK1048 van 1988) sowel as ingevolge Artikel 42 van Ordonnansie 15 van 1985 dat ‘n aansoek om vergunningsgebruik en wysiging van goedkeuringsvoorwaardes soos hieronder uiteengesit by die Raad voorgelê gaan word en dat dit gedurende kantoorure ter insae lê by die Raad se Afdeling : Stadsbeplanning te Piet Retiefstraat 3, Montagu. Nadere besonderhede is gedurende kantoorure by Jack van Zyl (023 - 614 8000) beskikbaar. Aansoeker Eiendom Eienaar Grootte Voorstel

:::::-

Huidige sonering

:-

PlanActive Gedeelte 7 van die Plaas Harmonie Nr 116, Montagu Blue Sky Mountain Farms (Pty) Ltd 53ha Vergunningsgebruike vir 1 Addissionele wooneenheid en Toeristefasiliteit (Restaurant) asook wysiging van goedkeuringsvoorwaardes om die voorgestelde maksimum grootte van bestaande addisionele wooneenhede te verhoog. Landbousone I met vergunning vir 4Addisionele wooneenhede.

Skriftelike, regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, kan by die ondergemelde adres of enige van die Langeberg munisipale kantore ingedien word voor of op 31 Mei 2013. ‘n Persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende kantoorure na bogenoemde Montagu kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit, daardie persoon sal help om die persoon se kommentaar of vertoë af te skryf. Geen laat besware sal oorweeg word nie. MK 37/2013 ROPOSED AMENDMENT OF CONDITIONS OF APPROVAL AND CONSENT USE : PORTION 7 OF THE FARM HARMONIE NO 116, MONTAGU In terms of the Scheme regulations promulgated in terms of Section 8 of the Land Use Planning Ordinance, 15 of 1985 (PN 1048 of 1988), as well as in terms of Section 42 of Ordinance 15 of 1985 notice is hereby given that an application has been received for consent uses and amendment of conditions of approval as set out below. This application is to be submitted to Council and will be available for scrutiny at Council’s Section : Town Planning at 3 Piet Retief street, Montagu. Further details are obtainable from Jack van Zyl (023 - 614 8000) during office hours. Applicant Property Owner Size Proposal

:::::-

Existing zoning

:-

PlanActive Portion 7 of the Farm Harmonie No 116, Montagu Blue Sky Mountain Farms Pty Ltd 53ha Consent Use for 1 Additional dwelling, Tourist facilities (Restaurant) and amendment of conditions of approval in order to increase the approved maximum floor areas of the existing additional dwelling units. Agricultural zone I with consent for 4Additional Dwelling Units.

Written, legal and fully motivated objections/comments, if any, against the application must be lodged in writing with the undersigned or at any Langeberg municipal office on or before 31 May 2013. Any person who cannot write may come to the Montagu office during office hours where a staff member of the municipality, will assist that person to transcribe that person’s comments or representations. Late objections will not be considered. SA MOKWENI MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER

Private Bag X2 ASHTON 6715


Breederivier

Year 17 • 30 April 2013 | Tel. 023 626 5212

Montagu­rugbymanne bo Hoërskool Montagu se o.19A-rugbyspan het al vroeg in die seisoen begin uitblink en reeds twee prestasiebekers verower. Tydens die Goudini Sportdag wat op 16 Maart gehou is, het hulle die trofee ontvang vir die wenspan van die dag. Tussen 29 Maart en 3 April het hulle die Oakdale Rugbyweek op Riversdal bygewoon waar die span baie goed presteer en al drie hul wedstryde gewen het. Teen Hoërskool Brackenfell het hulle met 13-5 Dié spelers is almal onlangs in die finale Boland Elite-oefengroep opgeneem. gewen, teen Hoërskool Agter van links is Auldrich Hendricks, Herman le Roux en Hadley Hendricks. Middelburg het die span Voor is Donè Davids en Ronald Brown met die span se twee trofeë. met 44-0 geseëvier en teen Herman le Roux is opgeneem in die Oakdale Hoërskool Upington was hulle met 10-6 die wenners. Die span het die trofee ontvang vir die Rugbyweek-span. Op Saterdag 20 April het die span teen Hoërbeste span uit 24 skole by die Rugbyweek. Daarmee het hul ook prysgeld van R15 000 skool Robertson gespeel en ná ’n harde wedstryd met 22-5 gewen. ontvang.

Hillside bereik nuwe hoogtes Die Hillside Juniors-potspelklub het weer eens hul staal gewys deur Heartbreakers Juniors met 13 punte teenoor drie te klop. Daarna het Hillside ook met die Pumaspotspelklub afgereken met 13 punte teenoor vier. Gerovan Otto, Brendon Kouter en LeeRoy Moos het elk volpunte vir hulle span behaal in ’n wedstryd teen die Pumas. Otto, afrigter van die klub, is gekies vir die Noord-Bolandspan en gaan dus aan die SA spele deelneem wat van 5 tot 11 Mei by Kleinplasie in Worcester plaasvind. Die Hillside-potspelklub wens Otto geluk met die prestasie.

Die Hillside Junior-potspelspan is Brendon Maritz, Gerovan Otto, Jacquin Joseph en Lee-Roy Moos. Agter is die span se afrigter, Gerald Otto. SPEEL ’N BARSHOU OP DIE BAAN: Hierdie leerlinge van Hoërskool Bonnievale is opgeneem in die Noord-Bolandtennisspanne. Agter van links is Suzan Wentzel, Cari van Eeden en Jani Redelinghuys. Voor staan Eise Smith en Ruach Wessels.

1813 EW

GROOT SPRONGE: Cheslin Kortjé van die Hoërskool Bonnievale het tydens die SA Atletiekbyeenkoms in Oos-Londen ’n derde plek en dus ’n bronsmedalje verower in driesprong. Tydens die byeenkoms het Cheslin sy persoonlike beste afstand met 51cm verbeter!


Breederivier Gazette 30 April 2013