Page 1

Breederivier

Year 18 • 29 April 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Wyle Divaan Essland se ouma, Sarah, en ma, Charlene, met een van die weinige foto’s wat hulle van hom het.FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Pase eindig tragies HILDERINE SCHRÖDER

Paasnaweek het onherroeplik vir die Essland-familie verander ná die dood van klein Divaan Essland (9) ’n dag ná Paasmaandag verlede week. Divaan was verlede Dinsdag (22 April) op pad skool toe, toe hy deur ’n vragmotor doodgery is. Die ongeluk het vroegoggend naby die plaas Klipdrif, ’n hanetree van Divaan se ouerhuis op die plaas Cloverfield, gebeur. Divaan se ma, Charlene, en ouma, Sarah, sê hulle is steeds onseker hoe die ongeluk gebeur het, maar volgens lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie,

het ander leerders op die toneel vertel dat hulle met ’n bal gespeel het onderwyl hulle gewag het dat die skoolbus vertrek. Die bal het glo onder die skoolbus ingerol en Divaan is agterna om dit te gaan haal. Met die uitkruipslag is hy deur die vragmotor, wat vanuit die rigting van Bonnievale na Robertson op pad was, raakgery. Hy is op die toneel dood. ’n Maatjie van Divaan het na sy ma gehardloop om haar van die ongeluk te vertel. “Toe ek daar kom, toe lê hy net daar,” vertel sy. Divaan se ouma is in aller yl agterna. “Ek het haar (Charlene) gekry waar sy in die pad by hom gesit het,” sê sy. Charlene is verpletter deur haar enigste

kind se dood en haar woorde is min. Sy sit meesal net en staar voor haar uit. Sy ouma doen die meeste praatwerk. “Hy het my altyd vreeslik geterg. Dít net tot hy iets wil hê, dan kom soek hy weer witvoetjie,” vertel sy met ’n veraf blik. Soos enige seuntjie van sy ouderdom, sê Sarah, was Divaan lekker onnutsig, maar ook baie liefdevol. “Hy was nie baie lief vir skool nie,” vertel sy met ’n vae glimlag. “Dit het soms maar mooipraat gekos om hom by die skool te kry.” Andrew Lucas, hoof van Vergesig Primêr waar Divaan ’n gr. 2-leerder was, beaam dit, maar, voeg hy by, hy was ’n baie geliefde leerder. “Ons is almal baie geskok.”

Divaan Essland Die leerders wat tydens die ongeluk op die toneel was kry tans berading by plaaslike geestelike leiers, sowel as amptenare van die Wes-Kaapse departement van onderwys. Volgens Sarah was Divaan ’n ywerige krieket- en rugbyspeler. “En hy was mal oor brood en vrugte.” Vir sy ma het Divaan se dood nog nie werklik ingesink nie. “Hy het altyd baie vrae gevra. Hy was nuuskierig en leergierig. Ek mis my kind al klaar so baie . . .” ’n Roudiens is verlede Vrydag vir Divaan gehou. Teen druktyd was begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie. ’n Saak van strafbare manslag word teen die bestuurder van die vragmotor ondersoek.


2

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 29 April 2014

Hospice manager ‘a born and bred nurse’ HILDERINE SCHRÖDER The first thing that strikes you when you meet Jane Phillips, is the warmth that radiates from her. That, along with a mischievous glint in her eye.

As manager of the Breede River Hospice, Jane needs little introduction to locals. Her passion for her work and community is something she is well-known for. What some might not know, however, is that she also breeds sheep – she has some 100 Dormers – and loves fishing. Her family is also extremely close to her heart. With her supporting husband, Kevin, she has two daugters, Kim Schoeman and Kelly Lourens, and four grand children. “They’re my pride and joy.” She’s also adores her sons in law, Hein Schoeman and Pietman Lourens. Phillips, who completed her nurse’s training in 1977, has been involved in patient care locally for close to two decades. “I was a born and bred nurse. All the women in my family ended up in nursing. It seems to be a strong family trend,” she says. She grew up on a farm in the Hanover district and has fond memories of her childhood here. “I still love farm life tremendously.” She worked as a nurse in Cape Town for many years until she and her husband moved to Bonnievale, where they bought a hotel, some 26 years ago. “We wanted to get out of the city,” Jane says. She stuck it out in the hotel business for eight years, until she discovered the desperate need for nurses in the area. This led her to start a

After so many years in private nursing practice. this profession, the heart“But I couldn’t bear it that ache of each patient and his this service was only a possior her family has not imbility for those who could afpacted on Jane less in any ford it.” Soon Jane started way than it had when she looking at ways in which first started het career. those who are in need – in“One doesn’t get hardened,” cluding those who cannot afshe emphasises. ford it – can be assisted. Care givers often get emoNot one for waiting or tionally involved with paresting on her laurels, Jane tients and their families, esdid a palliative-care course pecially those who are terin Cape Town returning to minally ill. “But we all get the Langeberg area as the very good counselling and only nurse providing this support.” service. “I travelled all over Dealing with death on a the area using an ancient old regular basis is all but easy, car my grandfather (Ted but each and every person Otte) gave to me for this purpose. He really believed in Jane Phillips PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER at the hospice has a deep dedication to his or her job. the cause.” Jane was part of a committee that established “When we help a family we are, foremost, outthe local hospice. It took them two years to get siders looking in to see how we can make that off the ground. From its humble beginnings this journey (towards the loss of a loved one) easiorganisation has grown to one caring for 678 er.” The secret of her inner strength, Jane repatients, along with 31 866 interventions, in its last book year alone. A further 580 family and veals, is the fact that she surround her with household members benefited from its care and strong people. “I just coordinate. They do all the work out there. They are fantastic.” support.

Ships of the desert dock in Montagu HILDERINE SCHRÖDER

The Montagu Guano Caves boasts a new addition to its already interesting host of animals. The four camels will be put to use offering visitors camel rides. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Long legs and deep brown eyes with luscious lashes. Sounds like that special specimen that could cause legs to wobble and all resistance to crumble. There’s only one catch: these beauties tend to grumble profusely, some of their family members spit when annoyed and not least of all, they have four legs. The four camels, who are the latest addition to the Montagu Guano Caves, seem to think they’re rather handsome judging by their air of aloofness and coy dodging of the cameras. The foursome arrived at their new home two weeks ago having travelled all the way from Calvinia with a miniature donkey, Pinocchio, and female lla-

ma, Jasmin, as companions. Co-owner of Montagu Guano Caves, Yolande Wolmarans assures that the caravan of bull camels – who most certainly do not spit – have already adapted well to their new home. At the hand of Derick Gaji (their handler) Richard Parker, Tornado, Pretty Boy and Munsa Musa, are now being trained. “They should be ready in about six months, after which visitors will be able to enjoy camel rides,” Wolmarans says. “We’re hoping to give visitors something they don’t see very often,” Wolmarans adds. According to Gaji, training has been going well so far. And should they be somewhat ungracious in the beginning, he’s more than willing to shoulder a fall or two.


Dinsdag 29 April 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Polisie se optrede stel teleur, sê sakeman HILDERINE SCHRÖDER ’n Plaaslike sakeman is teleurgesteld in die plaaslike polisie ná ’n onlangse voorval waarin beamptes hulle, volgens hom, aan nalatigheid skuldig gemaak het en hom boonop ook probeer intimideer het. Thinus Esterhuizen is steeds verstom oor die polisie se optrede ná ’n beampte glo onlangs omstreeks 04:30 met ’n patrollievoertuig in die geparkeerde voertuig van sy seun se vriendin vasgery het. Die impak van die botsing was, volgens Esterhuizen, só erg dat die Toyota Tazz (wat in trurat was met die handrem op én ’n ratslot in plek) sowat 24 m ver van sy oorspronklike plek tot stilstand gekom het. Méér nog, sê hy, die voertuig is op só ’n wyse getref dat dit blyk die betrokke beampte tydens die botsing aan die verkeerde kant van die pad was. Esterhuizen het kort ná die ongeluk, na ’n oproep van sy seun, op die toneel aangekom. Die toneel, sê hy, was nie net nié afgesper nie, maar die patrollievoertuig is van die punt van die bot-

’n Plaaslike sakeman is teleurgesteld in die plaaslike polisie se hantering van ’n ongeluk waarby een van hul patrollievoertuie betrokke was.

sing verskuif en die betrokke beampte van die toneel weggeneem. Beamptes het glo probeer verhoed dat hy foto’s op die toneel neem en het hom na bewering probeer intimideer. “’n Beampte het sy vinger in my gesig gedruk en ek is aan my arm gepluk,” sê hy. Beamptes, voeg hy by, het ook geweier om die naam of ID nommer van die beampte wat by die ongeluk betrokke was, aan hom te verskaf. Hy is kort na die voorval na die polisiekantoor, maar hiér, sê hy, het die persoon by ontvangs geweier om enige inligting aan hom te verskaf. Die polisie se optrede, sê Esterhuizen, is teleurstellend aangesien dit juis húlle is wat mense moet beskerm. Die plaaslike polisie het die botsing by monde van sy woordvoerder, lt. Cynthia Mngcele, bevestig. ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. Volgens Mngcele is Esterhuizen aanbeveel om ’n verklaring ten opsigte van sy ongelukkigheid af te lê. “Die kantoor het reeds ’n departementele ondersoek gelas rondom al die ongelukkigheid van die klaer,” sê sy.


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 29 April 2014

Die geleentheid om te kan perdry het vir kinders by die Trippeltoontjies dagsorgsentrum vir kinders met gestremdhede ’n nuwe wêreld oopgemaak. Dewald Conradie (11) en Tasneen Maki (6) tel onder dié kinders wat weekliks by die Robertson Ryskool in die saal is. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Trippe-trappe vir Trippeltoontjies HILDERINE SCHRÖDER Die kinders van die Trippeltoontjies is goed bekend met struikelblokke. Om soos ander kinders oor ’n grasperk te hardloop of ’n bal te skop, is iets wat hulle nie ken nie, maar nou is die kinders van dié ACVV-dagsorgsentrum vir gestremdes se horisonne aansienlik verbreed, dít alles danksy nuwe vierbeen-maats. Vir die afgelope maand reis die kinders van Trippeltoontjies elke week na die Robertson Ryskool waar hulle die vryheid van beweging in die saal kan ervaar. Dié weeklikse aktiwiteit is gebore uit ’n idee wat al ’n geruime tyd in haar agterkop is, vertel Sanet Volschenk, bestuurder van die ryskool. Die ryskool het tot onlangs nog perde na kleiner skooltjies geneem om die kinders te laat perdry. “Op ’n dag het iemand wat betrokke is by die ACVV en wat sélf ’n gestremde kind het genoem dat die kinders by Trippeltoontjies dalk kan baat by perdry,” sê Volschenk. Die wiele is onmiddellik aan die rol gesit en kort voor lank het die kinders by die ryskool kom kuier. Aanvanklik het dinge maar effe wankelrig gelyk, vertel Volschenk. Die kinders was versigtig vir die groot diere wat hulle nie ken

nie en sommige was maar baie bewerig met die eerste opklimslag. Dít het egter blitsig oorgewaai. Volgens Suzette Rosenkrans, ’n toesighouer by Trippeltoontjies, het dit nie lank geneem voor hulle ’n positiewe verandering by die kinders begin opmerk het nie. “Hulle is baie rustiger en hul spiertonus en balans is stukke beter.” Deesdae kan die kinders nouliks hul opgewondenheid bedwing as hulle hul bussie opmerk en besef hulle is na die ryskool op pad, voeg sy by. “Die perdryery is regtig goed vir die kinders.” Ook Volschenk het sedert die kinders die eerste keer daar aangekom het, ’n groot verandering by een en elk opgemerk met veral hul selfvertroue wat ’n reuse-hupstoot gekry het. “Hulle put ongelooflik baie vreugde uit die sessies. As hulle een slag nie hier kon wees nie, daag hulle die volgende keer met sakke vol appels en wortels hier op,” vertel sy laggend. Die sessies saam met die kinders lê ook die ryskool na aan die hart en daar word beplan om dit ’n langtermynprojek te maak. Die skool het ook navrae gekry om perdry as teenvoeter vir dwelmverslawing en alkoholisme aan te bied en kyk reeds na maniere om hierby betrokke te raak.

Two British adventurers, Richard Bird an Richard Foster, recently stopped over in Robertson as part of an epic journey from Goodwood in East Sussex to Cape Town and back.PHOTO: ZELDA KLOPPERS

UK duo flies lightly

HILDERINE SCHRÖDER Crossing the African continent in a small aircraft is a massive challenge at best. Doing it in a two-man microlight might be regarded by most as, well, a tad insane. For Richard Foster and Richard Bird, however, this big adventure is all about proving that their microlight, an Ikarus C42, has what it takes to complete this 20 117 km journey from Goodwood in West Sussex to Cape Town and back. The duo decided on this challenge after fellow Brit, Tracey Curtis-Taylor, completed the same route in a 1940s Boeing Stearman. “UK to Cape Town is a historic journey by aircraft with records being set in the 1930s,” Bird says. “Curtis-Taylor’s success was the inspiration to make the same journey.” The Gazette caught up with the adventurous duo whilst they stopped over in Robertson at the locally based Ikarus Flight Center South Africa at the Robertson Airfield, where they had their aircraft serviced and an additional fuel tank fitted for their return journey. The duo is passionate about flying. Foster (35) has his own microlight flying school in Goodwood, their home town, while Bird (60), a retired school teacher and also a pilot still flies regularly. The pair is travelling without ground support or accompanying aircraft, over large stretches of water, desert and jungle – with not much more than a Swiss Army Knife and a flask of coffee to protect and

comfort them on the many planned, and possibly unplanned, stopovers. The route has taken them from Goodwood, across the Channel to France, then on to Italy, Croatia, Greece and Crete, over the Mediterranean Sea to Egypt, Sudan, then to Djibouti, Ethiopia, Kenya, Tanzania, Zimbabwe and Botswana, finally landing at Cape Town in South Africa. They will then retrace their flying footsteps to return to Goodwood. Or, according to them, that’s the plan . . . Their aircraft cruises best at 80 knots (about 140 km/h) and can cover up to 1 000 km in one flight. Their main means of navigation is electronic flying charts on their two iPads. One of their biggest obstacles, according to Bird, has been getting flight permissions in most African countries, as this causes delays and limitations. This was proven after their departure when they got stuck at the Nairobi Wilson airport in Kenya waiting for Sudanese permissions. They finally managed to leave for their destination, Lokichoggio, which before their departure had a heat warning in place with Khartoum in Sudan having sandstorms with 800 m visibility. “I think we might be better on a camel!” Foster remarked. Once they get back to Goodwood Foster will use the Ikarus to train students to become qualified microlight pilots, whilst Bird plans on writing a book about the adventures of their journey. The duo’s journey can be followed on www.flightofikarus.com on their Facebookpage Flight of the Ikarus.

PALMSONDAG: Die Montagu-Asthon Paragogiese Distrik Anglikaanse kerk het onlangs Palmsondag gevier. Die gemeente, wat Montagu, Ashton en Zolani insluit, het ’n vredesoptog vanaf die Sunny Side-biblioteek in Montagu na die gemeenskapsaal hiér gehou. Die kleur van die dag was rooi met die palm as die simboliese plant. Palmsondag word beskou as ’n dag van vrede en is simbolies van die verhaal in die Bybel waar Jesus op ’n donkie in Jerusalem aangekom het en Hy met palmtakke en lofprysing verwelkom is. Die erediens is deur vader David Hanevil in die St Mildred Anglican kerk in Montagu gelei. FOTO: ROSCOE PEKEUR


Dinsdag 29 April 2014

Be sure to drop in at the Robertson Pick n Pay on Thursdays and Fridays to get your hands on a new range of cupcakes created specially for the Breede River Hospice.

Enjoy a cup cake for hospice HILDERINE SCHRÖDER Are you a sweet tooth finding it very hard saying no to something sugary? Now there is a very good reason to give in to temptation. By buying a pack of very special cupcakes at Pick n Pay each Thursday you’ll not only be treated to an incredible taste experience, but you will, at the same time, make a contribution to the local hospice. This is possible thanks to a joint effort between the Breede River Hospice and Pick n Pay to ensure an ongoing way of raising muchneeded funds for the hospice. The idea to create a range of cupcakes for the hospice was born from patient-care sessions in which patients were tasked with decorating cupcakes in such a way that it reflects the hospice’s “Have a Heart for Hospice” theme, says Charmaine Little, hospice events and marketing manager. Soon after they started developing the idea hospice brand, media and communication coordinator, Mich Clayton-Cragg, approached a number of local businesses for their support. “Soon after Pick n Pay came on board,” says Clayton-Cragg. “Along with the bakery department we played with a number of flavours and decorations before we decided on the final product.” According to Little and Clayton-Cragg they are delighted with the final product. The cupcakes, all decorated sporting the official hospice colours, are available in four different flavours: Tangy Lemon Coconut, Ruby Red Velvet (which has a sweet cream-cheese topping), Deep Dark Chocolate (with a chocolate ganache topping) and Dream Cream Carrot. “We are looking into introducing a new flavour every two months,” says Clayton-Cragg. “What makes these cupcakes so unique, is the fact that they taste like home-made cupcakes,” he adds. Until the end of April the cupcakes can be found at a special display table in Pick n Pay on Thursdays and Fridays. After this it will continue to be available at the bakery department. Cupcakes are available in packets of six, but can also be bought separately. All the profit on the cupcakes will go to the hospice. “This money will be ploughed back into the community,” says Little.

Skryf jou potjie in Potjiekosentoesiaste het steeds tyd om in te skryf vir die Dros se potjiekoskompetisie op 10 Mei. Die dag beloof om ’n heerlike geleentheid vir die hele gesin te wees met onder meer lewendige vermaak en ’n veiling waar daar onder meer wyne onder die die hamer sal kom. Daar word verwag dat sowat 30 spanne vir die kompetisie sal inskryf. Mededinging sal dus ongetwyfeld taai wees. Groot pryse is vir die wenner op die spel. Die kos wat tydens die kompetisie gemaak word, sal aan senior burgers geskenk word. Inskrywings kos R100 per span en elke span moet vier lede hê. Spanne moet sorg vir hul eie pot, bestanddele en braaidrom en ook ’n tema hê waarvolgens hulle hul stalletjie versier. Inskrywingsvorms is by Dros beskikbaar. Vir meer inligting, skakel 023 626 1113.

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

Schools - Skole

Breederivier Gazette

Dinsdag 29 April 2014

Montagu-talent skitter by KKNK Drie van die Hoërskool Montagu se talentvolle jong leerders het onlangs die voorreg gehad om deel te wees van ’n musiekproduksie, onder leiding van Pedro Kruger en sy span, by die KKNK. Mikhail Gertse (16), Shaun-Connery Jansen (17) en Juwayne Alcaster (17) was deel van die produksie #checkityt@route62# waarin tien tieners uit die Roete 62-streek opgetree het. Die ondervinding was enige belowende leerder se droom. Nie net het hulle die kans gekry om met hul televisie- en filmhelde kennis te maak nie, maar het hulle kennis en leiding onder bekwame mentors opgedoen, die geleentheid van ’n leeftyd vir dié leerders. Die Krit het in ’n resensie die produksie as “fantasties” beskryf. Die resensent, Piet Matipa skryf ook as volg: “Mikhail Gertse se stem sal selfs hoenders hoendervleis gee”, “Shaun-Connery Jansen se woorde raak diep”, en “Juwayne Alcaster gee nuwe betekenis aan die woord dans”. Volgens die skool is hy baie trots op dié leerders en hul prestasies.

Mikhail Gertse

Die produksie #checkityt@route62# wat onlangs by die KKNK te sien was, het hoë lof ontvang. Drie leerders van die Hoërskool Montagu was deel van die produksie. Van links is Mikhail Gertse, Juwayne Alcaster, Pedro Kruger (produsent) en Shaun-Connery Jansen. FOTO’S: VERSKAF

Juwayne Alcaster

FAMILIEKENNISGEWINGS

Shaun-Connery Jansen

GELUKWENSINGS

SAKE

2420

DIENSTE

1015

VOIGT JAY-DEE Geb.2/5/1995Gest.10/12/2013 Jay-Dee, dis jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons rou nog baie, maar sal nooit die goeie tye vergeet nie. Lief vir jou. Ashwin & Frandall en die "boys".

GOUE TONGE: Dié leerders aan die Robertson Voorbereidingskool, Cara Rossouw, Carli Prins en Nina Ellis, het onlangs by Laerskool De Kuilen aan die eerste ronde van die ATKV redenaarskompetisie deelgeneem. Al drie het deurgedring na die tweede ronde. Slegs 20 leerders van die Wes-Kaap het hierdie voorreg gekry. Hulle neem op 23 Mei aan die volgende ronde deel waar twee leerders gekies sal word om die Wes-Kaap te verteenwoordig.

DIENSTE

1030

IN MEMORIAM

FYN VOETWERK: Dié leerders aan die Hoërskool Robertson het onlangs aan die Suid-Afrikaanse danskampioenskappe in Rustenburg deelgeneem waar hulle uitstekend presteer het. Agter (van links) is Manisha du Plessis, Anke Nielsen van Reizig, Jana van Staden, Stephanie Kriel, Liné Fernhout en Marezé de Kock. Voor is Carli Kriel, Nina-Lari Brewis, Tiffany Presens, Chané Visser en Marishan Veldsman. In die groot groep-afdeling het Marezé, Liné, Chané, Anke, Tiffany, Stephanie, Carli, Jana, Marishan en Manisha ’n silwermedalje in die Hip Hop Funk-kategorie verower (hoogste toekenning in die kategorie), tesame met goue medaljes in Jazz en kontemporêr. In die duet-afdeling het Nina-Lari ’n bronsmedalje in Hip Hop Funk losgeslaan, tesame met silwermedaljes vir Jazz en die ope-afdeling. In die klein groep-afdeling het Nina-Lari ’n bronsmedalje in die ope-kategorie gekry, met Stephanie ’n silwermedalje in Trio en bronsmedaljes in duet Hip Hop kontemporêr en die ope-kategorie. Karlie het ’n silwermedalje in duet Hip Hop gekry en ’n bronsmedalje in die ope-afdeling. Die groep is opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat aan die wêreldkampioenskappe in Los Angeles gaan deelneem.

2420

VOIGT JAY-DEE Geb.2/5/1995Gest.10/12/2013 Met soveel mooi herinneringe dink ons aan jou met jou eerste verjaarsdag weg van ons. Woorde kan nie beskryf die leemte wat jy agtergelaat het nie. Maar jy sal altyd die sonskyn in ons lewens wees. Van: Oupa, ouma, auntie Gail en uncle Eddison.

Raai wie raak 2? EVERTSON JAYDEN PETER SIMON Baie geluk aan ons seun met jou 2de verjaarsdag op 25 April 2014. Ons wens jou voorspoed en tonne liefde. Mag die Here jou seun en nog vele jare spaar. Van Mammie, daddy, oumas, oupas, niggie, nefies, tannies en ooms.

DIENSTE 2420


Dinsdag 29 April 2014

Geklassifiseerd

Jeugkoor vir Vallei gestig

Dit gons behoorlik van opgewondenheid onder die organiseerders van die eerste verteenwoordigende jeugkoor in die Vallei. Daar word tans hard agter die skerms gewerk om seker te maak dat die beste jong stemme uit die vyf dorpe en omgewing van die Langeberg-bedieningsgebied gekeur word vir dié jeugkoor. Die plan is om sowat 60 leerders tussen die ouderdomme van 12 en 16 jaar by die koor in te sluit. Die koorlede sal weekliks by wyse van georganiseerde vervoer na Robertson reis vir kooroefening. Hierdie leerders sal deel vorm van ’n “prestige-koor”, waarvoor ’n naam nog gevind moet word. Organiseerders hoop dat dié koor nog een van die trotse uitvoerprodukte van die Vallei sal word. Die opwinding stop egter nie hier nie! Gekoppel aan hierdie koor sal daar nóg nagenoeg 60 leerders in elke dorp gekeur word wat deel sal vorm van ’n massakoor. Ook dié leerders sal gereeld byeenkom vir kooroefening. Die prestige-koor sal ’n wye repertorium van musiekgenres opbou en by goedgekeurde geleenthede per jaar optree, terwyl die massakoor ’n kleiner repertorium sal hê en saam met die prestige-koor goedgekeurde optredes sal hê by groot feeste in die Vallei. Om te help met die uitvoering van dié planne, het verskeie rolspelers in die Vallei reeds byeengekom en is ’n bestuursraad op die been gebring. Die projek geniet reeds die steun van die WesKaapse departement van onderwys sowel as die departement van maatskaplike ontwikkeling, die Graham & Rhona Beck Ontwikkelingstrust, ACVV Robertson en Ad Libitum Musiek-akademie. Skoolhoofde is ook genooi na ’n onlangse vergadering waartydens hul insette verkry is. Skole of leerders wat graag by een van die kore wil inskakel kan Marvin Booysen bel 0 072 474 7440), Devon de Koker 0 023 626 6219/4773 of Martin Booysen 0 083 976 3135 om seker te maak hulle word genader vir ’n oudisie.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by Robertson Museum. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) The Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

WOENSDAG 21 MEI ) Heinz Winckler tree by Janeza op. Tyd: 18:30 vir 19:00. Kaartjies: R140 (volwassenes), R80 (kinders). Bring eie eetgoed, geen drank. Besprekings of navrae: eza@janeza.co.za, besoek www.janeza.co.za of bel 0 082 978 7020 of 023 616 3547.

5-8 JUNIE ) Wacky Wine 0 023 626 4364.

Weekend.

Navrae:

VRYDAG 20 & SATERDAG 21 JUNIE ) Robertson Logos Christian School hoenderbraai. Navrae: 0 023 626 4364.

WOENSDAG 25 JUNIE ) Liewe Heksie en die Rolskaatse met Margit Meyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza. Kaartjies R70. Besprekings en navrae: 2 eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 18 • 29 April 2014 | Tel. 023 626 5212

De Wet does it again see and be safe when you can’t see in the dust”. His patience and perseverance paid off as he worked his way through the field to not only finish eighth overall after the 360 km race, but he scored a second place in the OR2 Class Championship. The former Copious OR2 national amounts of dust off-road chamwere among the pion and demany challengfending Nationes De Wet had to al Enduro Open overcome durClass champion ing the Windsordescribed the ton 400. As in route as enjoyaprevious chalble even though lenges he howthe dry and ever showed dusty conditrue grit, claw- Altus de Wet in action at the Windsorton 400. ing his way back PHOTO: ELZA THIART-BOTES tions hindered him for the best to finish on the OR2 (250cc Class) podium and a second place part of the race. “I knew I had to be patient and race with my in this competitive class championship. De Wet had to tackle the Windsorton 400 from head,” De Wet said after the race. “There was the 12th row (motorcycle competitors started in nothing else I could do. The off-road and enduro pairs) as he did not complete the first round of seasons have just started and except for the local championships, I also want to compete in the national championship. A good result at the Seeding Event at the be- a few international events. I cannot risk getting ginning of the season prevent him from starting injured,” he said. With the first points on the scoreboard, De even further back. The dusty conditions resulted in him not get- Wet will now prepare for the third round of the ting close enough to riders to pass easily and championship, the BELL 400 taking place on he applied a strategy of “racing when you can 10 May at Vryheid in KwaZulu-Natal.

Montagu motorcyclist Altus de Wet once again showed his steel in the second round of the South African National Off-road Motorcycle Championship Dust held in Windsorton in the Northern Cape.

GOLF: Robertson professional golfer Jacquin Hess has started the first tournament of the Big Easy Tour with a bang when he played a first round total of 68, which is four under. This round included 6 birdies and was enough to give Jacquin the first round lead. In the second round Hess had the best start with a birdie on the first hole but lost momentum with bogeys on four holes. Hess is currently 13th on the log of this competition (with five rounds remaining) in which 90 professional players are competing for the R14 000 prize. The top 30 players after the six rounds will compete in the Tour Championship in September. Hess’s tip of the week: Trust yourself. This is what I did this week. This helped me to take the lead in the first round. Even with my bad start in the second round I still trusted myself to make a comeback. When you trust yourself you will do better in your job, your sport and in life.

SAKELIGA ROL VOORT: Die 42 spanne wat tans in die Robertson Sakeliga kragte meet, het die afgelope week opnuut rolbal van hoogstaande gehalte gelewer terwyl hulle terselfdertyd die splinternuwe perk terdeë geniet het. Die weer het saamgespeel met koel aande en min wind. Die mededinging onder die 168 was, soos met elke ander kragmeting só ver, geweldig straf. Die voorlopers van die eerste drie aande in die liga, Tekcopac Masterflex (4+13), gelei deur Reneé Rabie, sal moet kophou as hulle nie deur die voorlopers van die ander twee aande, ACV BP Diesel (4+8), gelei deur Willem Kruger, en Shamrocks (4+4), gelei deur Henry Marais(4+4), ingehaal wil word nie.

LANGASEM: Een van Robertson se topatlete het uitstekend gevaar by die afgelope Old Mutual Two Oceans-marathon. William Kaptein (middel) het nie net sewende in die halfmarathon geëindig nie, maar het in ’n tyd van 01:05:35 sy persoonlike beste tyd verbeter. By hom is (van links) Elana Meyer, Gladwin Mzazi (derde in die halfmarathon), Wilson Kipsang (wêreldrekordhouer in die marathon met ’n tyd van 02:03:23), Sithilo Diko en Colleen Chanellor. Kaptein, wat sy merk by die Robertson-atletiekklub gemaak het, het onlangs sy permanente intrek by die Endurocad Akademie geneem. Hy sal hom voortaan heeltyds daarop toespits om ’n wêreldklas marathon vir Suid-Afrika te hardloop.

MYLE-SUKSES: Dié jong atlete, albei leerders aan die Hoërskool Montagu, het gedurende die Paasnaweek aan die Old Mutual Two Oceans maraFun 5,6-wedloop deelgeneem waar hulle albei ’n silwer medalje losgeslaan het. Dawro Kock (links) was algeheel sesde en Austiando Pieterse agtste in dié wedloop waaraan meer as 500 atlete deelgeneem het.

CHIEFS EXCEL: Local soccer club Young Chiefs achieved a new height after it came second in an Easter tournament in Malmesbury. Although the team had to bow to its opponent, Sundowns, with 1-4, it was the first time the team had competed in a tournament at this level.

Breederivier gazette 29 apr 2014  

Breederivier gazette 29 apr 2014

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you