Page 1

Breederivier

Year 18 • 27 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Vandalisme geniet skynbaar vrye teuels in die Robertson-begraafplaas met ál meer grafstene wat deur vandale omgekeer en gebreek word.

Vandale verniel ál meer grafte HILDERINE SCHRÖDER

Vandalisme in die Robertson-begraafplaas blyk aan die toeneem te wees. Die prentjie wat besoekers aan dié begraafplaas deesdae begroet – een van talle grafstene wat omgekeer lê en permanente blompotjies wat van grafte afgeruk is – is een wat verskeie naasbestaandes van mense wat hier begrawe lê al hewig ontstel het. Die Gazette het in Oktober verlede jaar berig oor die grootskaalse vandalisme by die begraafplaas. Sedertdien, blyk dit, het verskeie meer graf-

te onder die hande van vandale deurgeloop. Tanya Joubert van Robertson was onlangs erg ontnugter toe sy die begraafplaas saam met familie besoek en die stand van sake gesien het. “My skoonsuster en swaer van Dubai was saam met my en was geweldig ontsteld toe hulle die begraafplaas sien.” Wat hulle begroet het was nie net grafstene wat omgeskop is nie, maar kinders wat aan grafstene hang en op hope grond – waarskynlik waar nuwe grafte gegrawe is – gespeel het en drankbottels wat die wêreld vol lê. Die stand van sake by die begraafplaas het al meermale onder kritiek

deurgeloop. Die Langeberg-munisipaliteit het by ’n vorige geleentheid gesê die deurlopende vandalisme by die begraafplaas is ’n groot kopseer. Die probleem word onder meer toegeskryf aan die gereelde diefstal van die draadheining wat om die begraafplaas was, soveel so dat die munisipaliteit doringheinings op die grense van die begraafplaas aangeplant het in ’n poging om verdere diefstal hok te slaan. Dít blyk egter nie ’n afskrikmiddel vir die vandale te wees nie. Hoewel die munisipaliteit verantwoordelik is vir die instandhouding van die twee algemene begraafplase en die heldeakker, is families van

oorledenes vir die instandhouding van individuele grafte verantwoordelik. Volgens Joubert is sy teleurgesteld dat plaaslike owerhede nie méér doen om die begraafplaas te beveilig nie. “Dis hartseer. ’n Mens kom elke keer met ’n beklemming om jou hart daar aan en die beskadiging van die grafte maak rou wonde weer oop.” Boonop lei die omgevalle grafstene dikwels tot verdere skade met die massa van dié stene wat daartoe lei dat grafte insak, aldus Joubert. Johan Smit, voorsitter van die Robertson gemeenskapspolisiëringsforum, sê die forum is geweldig bekom-

merd oor die situasie. “Die vandalisme spruit uit dwelmen drankmisbruik,” meen hy. “Maar ons is ook bekommerd oor elemente van moontlike satanisme.” Smit moedig plaaslike inwoners aan om die polisie onmiddellik in kennis te stel indien hulle enige verdagte mense in die begraafplaas opmerk. Lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê die polisie is bewus van vandalisme by die betrokke begraafplaas. Sy doen ’n beroep op lede van die gemeenskap om sake aanhangig te maak sou grafte beskadig word.


2

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 27 Mei 2014

DONDERDAG 12 JUNIE )Optog op Bonnievale vir die bewusmaking ten opsigte van die mishandeling van senior burgers. Navrae: Jacobus Jansen, 083 658 0438

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by Robertson Museum. Navrae: 0 023 626 3681.

The Unogwaja team received a warm welcome after reaching Robertson. PHOTO: ZEL­

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH

DA KLOPPERS

) The Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

5-8 JUNIE

The Breede River Hospice, also a beneficiary of the Unogwaja, also received a visit from Comunity Chest, which donated 300 blankets to the organisation.

Unogwaja cycles for cancer HILDERINE SCHRÖDER

in 1942. His nickname was “Unogwaja” meaning hare in Zulu and his legacy lives Cycling close to 1 700 km on in the Unogwaja Chalin 10 days only to reach lenge. your destination and The two cyclists doing then run the Comrades the challenge to raise funds marathon, might be confor PinkDrive, Blake Dyasidered insane by most. son (26) from Cape Town Yet this is exactly what 12 and Rita Manso (42) from cyclists taking part in the Portugal, have together alUnogwaja Challenge are ready raised more than doing. R140 000 for this organisation, says PinkDrive The group, two of which are doing the challenge to PinkDrive’s tent selling pink paraphernalia to create founder and director, Noeraise funds for PinkDrive, a awareness about cancer, was an eye-catcher in front of lene Kotschan. During their visit to Robregistered non-profit or- Pick n Pay last week. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER ertson and Ashton, Pinkganisation focusing on creating awareness about breast, tes- clists and which serve as a remind- Drive focused on creating awareticular and prostate cancer, ar- er of loved ones; those still alive as ness about the early detection of rived in Robertson last Thursday well as those not with them any- cancer, amongst other teaching women to do breast examinations after their departure from Cape more. The Unogwaja Challenge is in- to check for lumps. This year was Town. Also benefiting from the Unog- spired by the life of Phil Masterton- the first time men were also tested waja team’s efforts is the Breede Smith who in 1933 couldn’t afford for testicular and prostate cancer. River Hospice. The hospice team the train fare from Cape Town to “Early detection saves lives and greeted the cyclists in front of the Pietermaritzburg, so he cycled up this is what PinkDrive wants to local Pick n Pay, sporting the red instead and finished 10th in the drive home to people across the socks worn by all Unogwaja cy- race. He died in World War Two country,” Kotschan says.

) Wacky Wine Weekend. Besoek www.wackywineweekend.com vir die volledige lys van aktiwiteite en deelnemende kelders. Vir navrae, skakel 0 023 626 4364.

SATERDAG 14 & SONDAG 15 JUNIE ) Veerpyltjietoernooi by die Hoërskool Langeberg se skoolsaal. Hope pryse is op die spel. Inskrywings: R20 per speler. Navrae: Jonathon Carelse, 0 073 646 0208.

VRYDAG 20 & SATERDAG 21 JUNIE ) Robertson Logos Christian School hoenderbraai. Navrae: 0 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE ) Liewe Heksie en die Rolskaatse met Margit Meyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza. Kaartjies R70. Navrae: eza@janeza.co.za/082 978 7020.

Wacky Wine waiting tronomic feast of If you haven’t anything one booked your accan thingk of, commodation for from oysters to the Wacky Wine tapa platters and Weekend yet, you burgers, and better get startmore than ing! With thouenough fun stuff sands of visitors for the kids. expected at this With so many exciting weekwines to taste it end, places to could be easy to stay are getting lose track of how fewer by the much you’ve minute. been drinking. The Robertson Make sure you Wine Valley’s enjoy your wine most famous festival, taking With a host of activities to look forward responsibly by place from 5 to 8 to, the Wacky Wine Weekend is the one following the folJune, definitely event this year you definitely do not want lowing advice: ) Pace yourdoesn’t need any to miss! PHOTO: LARESA PERLMAN self, drink plenty introduction. With a host of activities on offer and of water ) Be careful of topping up drinks hundreds of wines to taste, it is a ) Keep track of your wine conhighlight on the calendar of wine connoisseurs all over. Having won sumption ) Don’t drink on an empty stomthe Klink Award for the Best Wine Route Event - Crowd Pleaser, the ach ) Don’t drink & drive Wacky Wine Weekend is definitely ) Choose a designated driver an event not to be missed. ) Use the spittoons Apart from the obvious wine tastTo secure accommodation and for ing activities, festival goers can also look forward to a host of shows, in- a complete list of activities and parcluding Ann Jangle, Sarah Theron ticipating wineries, visit www.wackand Arno Carstens and aKING, a gas- ywineweekend.com


Dinsdag 27 Mei 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Skryf in vir bruidkompetisie en wen groot pryse Die eerste inskrywings is in en Valleiers het nou die geleentheid om te stem vir hul gunsteling bruid.

GOUD VIR BON COURAGE: Bon Courage het geskitter by die onlangse Muskadel SA-toekennings met sy 2013 Red Muscadel, wat met ’n goue toekenning vereer is. Altesaam 25 inskrywings is vir dié jaarlikse kompetisie, wat deur Enartis SA geborg word, ontvang. Volgens Henri Swiegers, voorsitter van Muskadel SA, was die 2013-oesjaar ’n buitengewone droë oestyd en dit het gelei tot hoë suikerinhoud en ryk rosyntjiegeure in die druiwe, wat gesorg het vir mooi, vol wyne met besonderse muskaatgeure. Die inskrywings vir die kompetisie word blind geproe en volgens ’n puntestelsel beoordeel. Die wenwyne kan in winkels uitgeken word aan die Muskadel SA plakker wat op die bottel aangebring word. Op die foto is van die kelders wat toekennings losgeslaan het. Van links is Henri Swiegers (Muskadel SA voorsitter), Willie Burger (Badsberg), Christo Pienaar (Nuy), Charl Myburgh (Nuy), Steven Baard (verkoopsbestuurder van Enartis SA) en Steven Smuts (Bon Courage). FOTO: JULIAN KRUGER FOTOGRAFIE

Inwoners se vrese oor nuwe ontwikkeling bespreek HILDERINE SCHRÖDER Inwoners van die area wat grens aan ’n stuk grond in Robertson wat vir ’n behuisingsontwikkeling geoormerk is, het verlede week die geleentheid gekry om hul vrese oor dié beplande ontwikkeling te lug. Die Gazette het onlangs berig dat verskeie omliggende huiseienaars gekant is teen dié ontwikkeling wat vir die area tussen Polack-, Tienvoet- en Coetzeestraat beoog word. Verteenwoordigers van die Graham & Rhona Beck Ontwikkelingstrust, wat agter dié beplande ontwikkeling sit, tesame met verteenwoordigers van die Langeberg-munisipaliteit, en ander verteenwoordigers betrokke by die ontwikkeling, het verlede Donderdag (22 Mei) met huiseienaars vergader om antwoorde te verskaf op van die vrae wat hulle mag hê. Onder die kwessies wat veral ’n groot bron van kommer vir omliggende huiseienaars is, is die impak wat die beoogde ontwikkeling op die huidige rioolkapasiteit,

wat reeds onder druk is, sal hê. Kommer bestaan ook oor die hantering van stormwater wat ook reeds ’n probleem is, veral tydens swaar reënneerslae. In reaksie hierop het Izak van der Westhuizen van die Langeberg-munisipaliteit gesê detensiedamme op die perseel van die beoogde ontwikkeling sal alle stormwater opvang. Dié water sal dan geleidelik in die huidige stormwaterstelsel vrygelaat word. ’n Groter rioolpypleiding word ook reeds beplan om die groter vraag na kapasiteit te akkommodeer sou die ontwikkeling die groen lig kry. Dié pypleiding sal grootliks deur die ontwikkelaar befonds word. Sou die ontwikkeling voortgaan sal die pypleiding voor die ontwikkeling begin opgegradeer word. “Die las sal nie op die belastingbetaler wees nie. Die ontwikkelaar betaal hiervoor omdat dit sý ontwikkeling is wat die druk op die stelsel verhoog,” het Van der Westhuizen gesê. Huiseienaars het ook hul bekommernis oor sosiale kwessies, waaronder drank- en dwelmmisbruik, wat met die ontwikkeling kan gepaardgaan geopper. In re-

aksie hierop het ’n werknemer by Graham Beck, wat ook die vergadering bygewoon het, Danny Jelander, gesê maatskaplike kwessies is nie tot plase en plaaswerkers beperk nie, maar is ’n algemene probleem. “Ons het gereelde opvoedingsessies met ’n maatskaplike werker by Graham Beck waar werkers verskeie vaardighede aangeleer word soos onder meer die bestuur van hul eie finansies. Dié mense wat huise in die ontwikkeling kry sal deeglik bewus wees van hul verantwoordelikheid,” het Jelander gesê. Sowat 155 word vir die ontwikkeling beplan. Werknemers wat outomaties in aanmerking kom vir huise moet minstens 30 jaar diens by Graham Beck hê. Ander kandidate word op ’n glyskaal op grond van hul dienstydperk gekeur om in aanmerking te kom vir huise. Die minimumdienstydperk om vir keuring in aanmerking te kom is 10 jaar. Tydens die vergadering is inwoners opnuut daarop gewys dat hulle enige besware ten opsigte van die beoogde ontwikkeling skriftelik by die munisipaliteit kan indien.

Alle bruide wat vanaf Julie 2013 tot Augustus 2014 getroud is kan inskryf vir die Breederivier Gazette se Bruidskompetisie wat in samewerking met die Robertson Lenteskou aangebied word. Bruide wat in Robertson, Montagu, Ashton, Bonnievale en McGregor woon kom in aanmerking vir die kompetisie. Die inskrywingsfooi is R60 per vollengtefoto. ’n Wenner word elke maand gekies. Die 12 finaliste sal op 10 Oktober tydens ’n galageleentheid by die Lenteskou teen mekaar te staan kom, waar die algehele wenner gekroon sal word. ’n Naweek vir twee tel onder die pryse wat vir die Bruid van die Jaar op die spel is. Verskeie ander pryse is ook op die spel, waaronder ’n gratis bootreis van Viljoensdrift, geskenkbewyse deur AP Stipp, Country Styles, Robertson Apteek en Peckers/Bon Appetit, ’n vrugtemandjie van Locarno Droëvrugte, twee bottels Four Cousins vonkelwyn en ’n ysbak van Van Loveren, gratis was- en blaassessies by Cathy & Sarah’s Hair, ’n uurlange fotosessie van C Photography en ’n wegbreeknaweek van Rivierzicht-rivieroord. Vir meer inligting oor die kompetisie, bel Annelda Grootboom by die Gazette se kantoor by 023 626 5212. Diegene wat op trou staan kan ook uitsien na ’n Bruid-ekspo op 9 en 10

Oktober in die Agri Ekspo-saal by die skouterrein. Enigeen wat belangstel om ’n stalletjie te bespreek kan die skoukantoor tot 12:30 by 023 626 2512 bel. Hierdie is ’n gulde geleentheid vir plaaslike ondernemings wat in dié veld spesialiseer en een wat beslis nie gemis moet word nie. Lesers kan vir hul gunsteling bruid stem deur die woord “Bruid” en die naam van die bruid na 35405 te SMS. SMS’e kos R1,50. Dié maand se wenbruid sal in die volgende Gazette bekendgemaak word.

Kay-leigh Buirman (neé Granger) is op 14 Desember verlede jaar in Robertson getroud.

Eldorette Mesadie Swartz (neé Readien), van Robertson, het op 22 Februarie vanjaar die knoop deurgehak.


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 27 Mei 2014

Rietvallei Wynlandgoed-bestuurder saak uitgestel HILDERINE SCHRÖDER Die saak teen vier mans, waaronder die bestuurder van die Rietvallei Wynlandgoed, Wilhelm Treurnicht, is verlede Woensdag (21 Mei) na Junie uitgestel sonder dat enige van die beskuldigdes in die hof verskyn het. Dít volg nadat landdroste, insluitend die voorsittende beampte in dié saak, glo kursusverpligtinge elders gehad het en die saak nie soos beplan kon voortgaan nie. Treurnicht, die enigste oorblywende beskuldigde in die opspraakwekkende Flippie Engelbrecht-saak, staan in ’n onverwante saak saam met Jakobus Swart (35), Fanie Beukman (38) en Daniël van der Merwe (40) tereg op twee aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die viertal het in April vanjaar vir die eerste keer op dié aanklagte in die Ashton-landdroshof verskyn. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle twee werkers van Rietvallei, Willem September (38) en Koos Minnaar (40), op 21 Augustus 2009 met ’n

skokstok vir beeste bygedam het. Die voorsittende beampte, Francois van Deventer, se kursusverpligtinge het die hof genoop om die saak in die beskuldigdes se afwesigheid na 11 Junie uit te stel, het die aanklaer, Hilton van Wyk, aan die Gazette gesê. Reëlings in dié verband is reeds vooraf met die mans se regsverteenwoordiger getref. Intussen wag die hof steeds op ’n bevinding van die direkteur van openbare vervolging, wat onder meer sal bepaal in watter hof die saak verhoor gaan word. In die ander saak teen Treurnicht, waarin hy teregstaan op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, sal hy in Augustus weer in die Worcester-streekhof verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy Flippie Engelbrecht (19) in Januarie 2008 onder meer met die vuis bygedam het en sy kop teen ’n wyntenk gekap het. Engelbrecht en sy ouers beweer dié aanval het hom blind gelaat en dat hy sedertdien epileptiese aanvalle kry. Treurnicht het onskuldig op dié aanklag gepleit.

Wilhelm Treurnicht en een van sy medebeskuldigdes ná ’n vorige verskyning in die Ashton-landdroshof. Die saak teen die vier beskuldigdes is verlede week tot aanstaande maand uitgestel. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER


Dinsdag 27 Mei 2014

News - Nuus

Noakes brings his diet to Robertson HILDERINE SCHRÖDER About a year ago the Western Cape Department of Health’s Langeberg subdistrict started a mammoth mission: to get around 10 000 chronically ill patients in the area off their medication. A very big part of succeeding in this mission is to convince these patients to follow a healthy diet, one that avoids all sugar and cuts out carbohydrates as much as possible; very much like that advocated by the well-known sports scientist Prof Tim Noakes. And who better to teach locals about this diet than Noaks himself. Noakes’ high-fat, low-carb diet might have created more than a stir among professionals, but judging by the number of people who attended the recent talk he hosted in Robertson, many locals are interested in his theories. His advice to steer clear from carbohydrates is a complete turnabout from that in his book The Lore of Running published in 1986. “I am not ashamed to admit I was wrong,” Noakes remarked with a wry smile. According to Noakes people diagnosed with type 2 diabetes who continue eating carbohydrates are at risk of developing serious health issues, which may include heart disease. Noakes turned to his new diet after developing type 2 diabetes himself. Since he started following the high-fat, low-carb diet his health has improved dramatically, he said. Instead of following a very specific eating plan, he simply removed a number of foods from his diet. These include sugar, rice, pasta, bread, potatoes and breakfast cereals. “Most dieticians would agree that none of these foods are essential for health and some like sugar and other refined carbohydrates are definitely unhealthy. Humans cannot digest

While speaking on the secret to a healthy diet, well-known sports scientist Tim Noakes also took some time to chat to a few locals attending the talk. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER wheat. Furthermore, wheat is the cause of many other health problems,” Noakes said. His return to Robertson to advise people on their health, Noakes said, is ironic since he lived in this very town in 1981 as part of a study to do exactly the same thing. Robertson’s residents didn’t do very well in this study, he added with a laugh. Noakes also spoke about medical professionals who have for many years been advising patients to follow a low fat diet. This advice, he stated, is misguided to a large extent. “There is no evidence that a high-fat diet will raise your cholesterol and thereby cause heart disease.” Noakes is also very outspoken about choles-

terol-lowering drugs and claims that although they prolong life, they do not cure or prevent heart disease. “The pharmaceutical industry is not there to cure people, but to make money.” Noakes advised people to restrict their food choices to eggs, fish (which is an excellent source of omega 3 fatty acids), meats, dairy products (all full cream), vegetables, nuts, fruits (only those with a lower carbohydrate content like berries and apples) and water. Most of all, people have to learn how to take charge of their hunger instead of always trying to satisfy it. “If you are not careful you will die from what you put in your mouth,” he warned.

Breederivier Gazette

5


6

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

Dinsdag 27 Mei 2014

Voorvaders draai in hul grafte om

Die dood van ’n geliefde is altyd ’n pynlike ervaring en om langs ’n oop graf te staan gaan met groot hartseer gepaard. Vir die familielede is die graf van iemand wat hulle aan die dood afgestaan het daarom ’n plek wat hulle dikwels as gewyd beskou. Dit is ’n plek wat hulle besoek as die verlange groot is. Dat vandale grafte teiken as die prooi van hul afskuwelike dade is amper ondenkbaar. Niks kan hierdie kriminele optrede goedpraat nie. Om die graf van die geliefde van iemand wat jy nie eens ken nie onherkenbaar te verniel, grens aan barbaarsheid en kan slegs toegeskryf word aan die morele verval van ons gemeenskap. As kind is ons grootgemaak om respek te hê vir ander se eiendom en was ’n begraafplaas veral met groot ontsag bejeën. Om oor ’n graf te loop was taboe, wat nog te sê van grafte beskadig. Wat het in ons samelewing gebeur dat dít verander het? Dat die opvoeding, of eerder die gebrek daaraan, van kinders en jongmense iets met dié verval te doen het, kan nie betwyfel word nie. Voeg hierby ’n totale gebrek aan dissipline en jy het ’n wenresep vir wetteloosheid. Die belangrikheid dat respek vir jou medemens en sy of haar eiendom opnuut op ’n groot skaal onderstreep moet word deur ouers, kerke en skole was nog nooit duideliker nie. Die gemeenskap kan egter nie van die owerhede verwag om alleen pa te staan vir die begraafplaas se probleme nie. Dit het tyd geword om jou oë oop te hou en in stede daarvan om weg te kyk sake soos dié by die polisie aan te meld. Slegs dán sal kriminele vasgevat kan word.

POTMAKERS WOEKER VIR TEHUISE: Die Dros se onlangse potjiekoskompetisie was ’n reusesukses met altesaam 12 potmakers wat om die potte gewoeker het om as potmaker van die dag aangewys te word. Die potjiekos en geld wat met die kompetisie ingesamel is, is aan plaaslike tehuise vir senior burgers geskenk. Op die foto is (van links) Gert Vosloo (eienaar van die plaaslike Dros), Poppie Bosman, Pieter Venter (Huis le Roux), Lulama Nentsa (Joseph Matwa Old Age Home) en Carel Meiring. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Ook ’n ander kant aan uithaal van bome Ek wil net graag reageer op Kobus Vos se brief “Vallei word vernietig – keer dit” (Gazette, 15 April). Kobus is baie duidelik nie ingelig oor wat langs die Breederivier aan die gang is nie. Daar is op 26 Februarie vanjaar ’n openbare inligtingsvrystelling deur die “Central Breede River Water Users Association” gedoen oor die Breederivier-oewer indringerverwyderingsprojek waarin daar breedvoerig beskryf word wat die hele projek behels. As iemand dus meer ingelig wil wees kan hulle Louis Bruwer se kantoor skakel vir ’n afskrif van hierdie dokument of hulle kan selfs vir my ’n afskrif per e-mail aanvra by pvzyl@capenature.co.za. Ek wil ook graag verder reageer deur te sê dat ons voorgeslagte ongelukkig toegelaat het dat ons vallei en veral ons riviere met uitheemse indringerplante soos bloekoms en wattels besmet word. Al is dit dekades al deel van ons vallei, moet ons die verantwoordelikheid neem en die aksies uitvoer om die indringers uit te roei sodat die natuurlike inheemse plante en bome weer hervestig kan word om ons vallei te versier en vir ons nageslag na te laat. As Kobus wil sien hoe die Breederivier se walle in sy natuurlike staat lyk, moet hy die

Bontebok Nasionale Park by Swellendam gaan besoek en daar langs die Breederivier gaan stap want dit is soos dit moet lyk. Daar hoor jy ook die visarend roep en word jou siel verkwik deur die natuurlike rustigheid van die inheemse plantegroei en bome langs die rivier. Daar is ook roofvoëls, slange en ander roofdiere wat probleemdiere onder beheer hou en insekte wat bestuiwing doen. Ek, en baie ander wat miskien beter ingelig is as Kobus oor hierdie saak, kan nie saamstem dat die uitheemse bome ’n belangrike ekologiese rol speel nie. Die teenoorgestelde is baie nader aan die waarheid, naamlik dat natuurlike inheemse bome soos ons eie Breederivier Geelhout, Podocarpus elongatus, wel daardie rol vertolk. As ons dus nie iets aan die saak doen nie gaan ons nageslagte die vinger na ons wys maar gelukkig is daar nou aksies wat dit probeer verhoed en die nalatigheid van ons voorgeslagte probeer omkeer. Kobus moet miskien die staanplek vir sy byekorwe na inheemse fynbos toe verskuif sodat hy ook sy deel kan doen om bestuiwing daar te doen en steeds sy bye kan behou sodat hulle nie vernietig sal word nie en steeds gebruik kan word om vrugte en groente te bestuif.

PIET VAN ZYL, Robertson

) Ek hoop dat daardie verkiesingsplakkate so vinnig verwyder gaan word as wat dit opgehang is. ) ’n Ernstige suurpruim aan ons Robertson inwoners sowel as die Langeberg-munisipaliteit. Dit is skokkend hoe vuil ons woonbuurte (Môreson, Droëheuwel, Nkqubela ens.) is. Robertson bestaan nie net uit die middedorp nie. Daar is ’n ernstige tekort aan werk en ons mense kry swaar. Stel mense aan om die strate skoon te hou en die slaggate reg te maak. Sit geld op die gemors wat rondlê en kyk net hoe skoon sal ons strate nie wees nie. Hou ’n kompetisie vir die skoonste straat of woonbuurt. Ek kan nie glo dat ons een van die skoonste dorpe was nie. Wat het van daardie geld geword wat ons dorp gewen het? ) ’n Suurpruim aan alle padgebruikers wat nie ’n snars omgee vir padreëls nie. Onskuldige lewens word deur julle arrogansie in gevaar gestel!

Rubriek

Dra die merk van hoop in jou hart Die vrou regoor my gesels lustig voort; vertel my opgewonde van haar grootwordjare. Ek luister beleef na haar maar my oog vang die dik, swart merk op haar linkerduim se nael. ’n Bewys dat sy haar demokratiese reg uitgeoefen het deur haar kruisie te gaan trek op verkiesingsdag. ’n Teken dat sy hoop haar stem sal nuwe hoop bring vir baie moedeloses en beter tye vir die toekoms. Vir ander is dit weer ’n bewys van ’n lekker afdag van die werk en ’n kuiertjie rondom die braaivleisvuur. Van 7 Mei af loop miljoene mense met hierdie teken ...gemerkte mens. Dit laat my dink aan die skrifgedeelte in die Bybel wat praat van die merk van die dier. Daardie merk gaan die mens se toegewydheid aan sy geloof in Jesus Christus tot in sy fondamente beproef. Vir die swakkes van geloof en van hart, gaan die merk ’n tydelike uitkoms wees, maar onver-

skrokke geloofshelde sal nie twee keer daarna kyk en só hul ewige heerlikheid verruil nie. Ons gaan vir baie lank met hierdie gemerkte duime loop. Ek weet nie hoekom nie, maar ek het al opgelet dat sommige mense hierdie merk met trots dra, terwyl dit weer lyk asof ander dit wil wegsteek. Is hulle miskien bang dat hulle gekonfronteer word met moeilike vrae oor hul politieke sienings? Donker naelpolitoer help vroue so bietjie, maar die mans lyk asof hulle almal hul dui-

me in een of ander deur vasgeslaan het. Hoe dit ook al sy, diegene met die gemerkte duime het hul punt gemaak. Of hul stem swaar genoeg was om die politieke skaal in hul rigting te laat swaai of nie, dis gedoen. Ten minste verklaar dit een gemeenskaplike ding oor almal met die merk van die regering en dít is dat almal wat hierdie merk dra, hoop het. Dis ’n voldonge feit: as jy nie meer hoop het nie kan jy maar begrawe word. Vandag kry mens baie mense wat net eenvoudig hoop opgee. Of die politieke party waarvoor jy gestem het gewen het of nie, kom ons hoop dat die wenparty die integriteit sal hê om by hul mooi beloftes van ’n beter toekoms vir almal in ons mooi land te bly.


Dinsdag 27 Mei 2014

Hanepootstraat in Happy Valley buite Bonnievale spog nou met ’n ry bome danksy die droom van ’n inwoner van dié straat wat met die hulp van Bonnievalers bewaarheid is.

Bome-droom bewaarheid Toe ’n tuinman van Bonnievale verlede jaar vir sy werkgewers vertel het van sy droom om bome in sy straat in Happy Valley buite dié dorp te sien pryk, het hy waarskynlik nie gedink dié droom sou ooit bewaarheid word nie. Simon Moloi het al by verskeie geleenthede vir sy werkgewers, Niki en Attie Louw, vertel hoe graag hy die straat waarin hy woon so mooi soos verskeie van dié in Bonnievale wil laat lyk. Dié droom het Niki só geïnspireer dat sy besluit het om ’n plan te maak om hom te help. Met haar verjaardag verlede jaar het sy ’n partytjie met ’n verskil gehou: ’n hoedeparty waar gaste versoek is om iets te bring om Simon se Hanepootstraat mooi te maak. Dít het gelei tot bydraes van blomsaad, geldelike donasies en selfs steggies. Hierna is die Langeberg-munisipaliteit genader om toestemming te verkry om ’n aantal bome langs ’n heining by die rugbyveld in Happy Valley te plant. Dié proses was effe tydsaam en teen die tyd wat toestemming verkry is, het die seisoen gedraai. Simon se droom het egter nie vergete gebly nie en toe die werksdruk van die somerseisoen onlangs ten einde loop en die ergste hitte wat begin afneem, is 17 boompies by ’n kwekery in die Paarl aangekoop met die geld wat tydens Niki se verjaardag verlede jaar ingesamel is. Die bome is onlangs met die hulp van verskeie jongmense in Happy Valley geplant. ’n Skenking van kompos het verseker die grond waarin hulle moet wortelskiet is gesond. Intussen het Simon by al sy bure gaan aanklop en elk versoek om eienaarskap van ’n boom te neemenookomdieareaskoontehou.’nJaarlikse kompetisie gaan gehou word om die bes versorgde boom aan te wys.

News - Nuus

Breederivier Gazette

7


8

Breederivier Gazette

Advertisement - Advertensie

Dinsdag 27 Mei 2014


Dinsdag 27 Mei 2014

Juffrou tree af ANNELDA GROOTBOOM ’n Entoesiastiese, toegewyde en gedissiplineerde onderwyseres wat soveel belê het in die leerders, het die merk van boeke en klasgee vaarwel toegeroep. Rachel Anne Bailey (62), ’n gebore en getoë Robertsonner, het na 41 Rachel Anne Bailey jaar in die onderwysdiens die tuig neergelê. Bailey het in 1971 met haar laer onderwysstudies aan Zonnebloem kollege in Kaapstad begin. Hierna het sy haar hoër onderwysdiploma deur afstandsonderrig aan die destydse Kuilsrivier Onderwyskollege verwerf. In 1973 begin sy onderwys gee by Hasie Jonkheer Skool op die plaas Klaasvoogds buite Robertson. Daarna het sy in 1976 begin skoolhou by die Laerskool Dagbreek, waar sy tot met haar aftrede gewerk het. Volgens Bailey het sy die uitkomsgebaseerde onderwys baie geniet, want sy was vir 18 jaar betrokke en verantwoordelik vir die kinders met spesiale behoeftes. In dié tyd het sy huisbesoeke ná skool gedoen om ouers meer te leer oor kinders se omstandighede. Sy was baie suksesvol in haar werk omdat sy daaraan geglo het om kinders aan die hand te vat. Deur die spesiale klas wat sy aangebied het, het sy ook agtergekom dat sy kreatief aangelê is en kon sy ook hiér haar talent as kunsonderwyseres uitleef. Kinders is ook geleer oor entrepreneurskap, om eendag hul eie besighede te kon bestuur. Met die verandering van die kurrikulum in die onderwys was sy baie buigsaam en het sy die beste gemaak van haar taak as onderwyseres. Haar boodskap vir jong onderwysers is om voorbereid skool toe te kom omdat onderwysers ’n atmosfeer in die klas skep, en om altyd positief te wees. “Probeer die kind se omstandighede verstaan, dan sal jy die kind beter kan benader.” Vir leerders is haar raad om uit te styg bo hulomstandighede.“Moenievaskykinjousituasie en omstandighede nie. Al gaan dit moeilik in die huishouding, weet net jy kan ’n verskil maak deur jou uithouvermoë.” Vir nou gaan Bailey net haarself geniet. Sy wil ook die Here dank dat Hy haar krag en wysheid gegee het in haar beroep en ook die ouers vir die vertroue wat hul in haar gehad het.

Meet a local Bly te kenne Jeanette Bosman has been living in Robertson for three years. ) What makes the Langeberg special to you? Friendly people, beautiful countryside and lots of fresh air! ) What would you like to change in the Langeberg? Jeanette Bosman I would like to see people in the five towns interacting and working together more. This would make us a more cohesive region for tourism too. ) If you did not live in the Langeberg, where would you live? I can’t think of a better place to be! ) What sort of work do you do and why do you enjoy it? I work in the tourism industry, mainly in training and development. I have a passion for teaching and sharing our beautiful region and province with visitors. ) Which three people would you like to invite for dinner (past or present) and why? My grandmother. We were very close, but she died when I was a teenager. I would love to be able to talk to her now. Nelson Mandela. I never got to meet him so would love the opportunity now, and Helen Zille. I would really like to find out where she gets her energy from! ) What is the best advice you have ever given or received? Fiverulestobehappy:1.Freeyourheartfrom hatred 2. Free your mind from worries 3. Live simply 4. Give more 5. Expect less.

People - Mense

Breederivier Gazette

9


10

Breederivier Gazette

General - Algemeen

JOU PLAASLIKE BESPROEIINGSKENNER: Robertson Besproeiing is al jare lank ’n bekende in die landboubedryf sowel as onder plaaslike ondernemings en spesialiseer in ’n wye veld van besproeiingsdienste. Toerien du Toit is die trotse eienaar van Robertson Besproeiing. Die onderneming se dienste sluit onder meer die opmeet, beplan, ontwerp en lewering van besproeiingsverwante toerusting in. Du Toit het sy ondervinding opgedoen by MBB Raadgewende Ingenieurs (14,4 jaar) en WM Spilhaus (waar hy langer as drie jaar die bestuurder was). Dié ondervinding wend hy alreeds vir 13 jaar suksesvol en totaal onafhanklik in die BAR-vallei aan. Hy skryf sy sukses toe aan drie basiese beginsels wat gevolg word: Jy moet bereid wees om hard te werk; jy doen ten alle tye eerlike besigheid; en jy moet verantwoordelik met geld kan omgaan.

KUNDIGE RAAD: VinPro se konsultasiediens-afdeling in Robertson lewer wingerdboukundige advies aan wynprodusente en kelders in die Robertson- en Klein Karoo-distrikte. Dit sluit leiding van wingerdvestiging tot optimale rypheid en effektiewe wingerdpraktyke vir ’n spesifieke wyndoelwit in. Op foto is (van links) Hennie Visser, Marie Louise Janse van Rensburg en Johannes Mellet.

Dinsdag 27 Mei 2014

EENSTOP NAALDWERKBESTEMMING: As jy lief is vir naaldwerk is The Fabric Place nét die plek om te besoek. Hiér sal jy ’n groot verskeidenheid soorte en kleure materiaal kry asook ’n wye verskeidenheid ander naaldwerkbenodighede vir brei- en hekelwerk. Nog ’n diens wat hiér gelewer word is die diens en herstel van enige fabrikaat naaimasjien.

JOU KLEREKAS SE MAAT: Soek jy iets nuut vir jou klerekas? La D Da boutique spesialiseer in bekende reekse formele en informele drag sowel as bykomstighede soos serpe, juweliersware en vele meer. Hiér is styl, eksklusiwiteit en gehalte aan die orde van die dag. Bekende reekse sluit in So Good Candy handsakke en beursies, Little Black Dress en G-Couture Prittily, Revenge en Purple Daizy om net ’n paar te noem.

JOU DEUR NA DIE LANGEBERG: Robertson Toerisme is deel van die groot familie hier by die Voortrekkersentrum. Hiér heers eenheid onder die ondernemings en is vriendelikheid en warmte aan die orde van die dag. Te danke aan Lettie Van Zyl (middel, bestuurder), Johan Cookson en Aphiwe Kwinana is Robertson en die Langeberg-area goed bekend onder besoekers en toeriste en word die streek op ’n deurlopende basis bemark. Hierdie span bly goed ingelig met aktiwiteite en gebeurtenisse in die area en verleen uitstekende hulp aan groot gebeure soos die Absa Cape Epic. Robertson Toerisme dien ook as agent vir besprekings vir busdienste soos Trans Lux, Interkaap en City to City. Paspoorte vir die Wacky Wine Weekend wat op 5 Junie afskop is ook hier te koop.

BUST BAD HAIR DAYS AT GLAMORIZE: Glamorize Hair & Beauty is a popular destination for men and women alike. The salon now also specialises in GHD and Kerashape Technology. Glamorize stocks products from the best ranges such as Goldwell and Matrix. Feel at home with the friendly staff and leave full of confidence with your look. The professional team is Krisna Kleinhans (back), Annonicia Claassen, Aniska Regester and Aneen Philander.

NUWE VERE: Die Robertson Wynvallei het die opening van sy spoggerige nuwe gebou op 16 April gevier. Die gebou sal voortaan die tuiste wees van Robertson Wynvallei en sy 54 lede. Die instansie is met reg trots op die talle toekennings wat hy al losgeslaan het. Hieronder tel ’n Klink-toekenning vir die beste wynroetegeleentheid (Wacky Wine Weekend) en ’n toekenning van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit vir die toerismeonderneming van die jaar. Met die dinamiese span by Robertson Wynvallei is dié toekennings geen verrassing nie.

GIVE YOUR SKIN A WINTER TREAT: At Locarno in the Voortrekker Centre staff always strive for efficient and friendly service.Receive a 50 ml Aloe Ferox mask free with every purchase of a mature moisturiser.


Dinsdag 27 Mei 2014

General - Algemeen

Breederivier Gazette

11

Eseltjies kan tevrede rus HILDERINE SCHRÖDER As die vaaljasse van Eseltjiesrus kon praat, het hulle waarskynlik behoorlik gespog by ander vierpotiges van die streek ná die afgelope naweek se jaarlikse boekkermis ten bate van dié organisasie se langore.

Oud en jonk, groot en klein; daar was iets vir elke boekwurm.

WIK EN WEEG: Jy kan slegs suksesvolle leefstylveranderings maak met die regte inligting en gereelde monitering. Die hoë definisieskaal in Wynland Apteek se kliniek kan tot 300 kg hanteer en gee ook die persoon se liggaamsmassa-indeks. Begin jou eerste stap na ’n gesonder lewe vandag nog! Hier wys sr. Gretha Mc Callaghan (links) vir Mayvoreen Isaacs hoe die skaal werk.

Mense het van heinde en verre gestroom na die boekkermis op McGregor en weinig het met net een boek teruggekeer huis toe. Met verkope wat op die eerste dag van die kermis reeds die eerstedag-verkope van die vorige jaar geëwenaar het en kinderboeke wat reeds op dié dag so te sê uitverkoop was, was dit gou duidelik dat dié fees vanjaar alle verwagtinge gaan oortref. En alle aanduidings is daar dat dit wel die geval gaan wees. Dit is nog nie duidelik hoeveel

geld by vanjaar se kermis ingesamel is nie, sê Annemarie van Zijl, maar dit wil voorkom of die inkomste van verlede jaar beslis oortref gaan word. “Ons het besoekers van heinde en verre gehad,” sê Van Zijl. “Selfs van so ver as Kaapstad en Swellendam.” Die opkoms op die derde dag van die kermis, wanneer die oorblywende boeke teen halfprys aangebied word, was ook uitstekend, aldus van Zijl. Dit was nie net die boekkermis wat groot getalle besoekers gelok het nie. Eseltjiesrus sélf het ook ’n rekordgetal besoekers – die meeste ooit – ontvang met sy restaurant wat ook sy besigste dag ooit beleef het. Die geld wat tydens die boekkermis ingesamel word sal aangewend word vir oorhoofse onkostes by Eseltjiesrus, sowel as uitreikaksies.

Eseltjiesrus se jaarlikse boekkermis het oudergewoonte groot getalle besoekers gelok. Met meer as 10 000 boeke waaruit besoekers kon kies, het dit maar moeilik gegaan om met net een boek by die deure uit te stap. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER


12

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 27 Mei 2014

Watter een is die lekkerste potjie op die vuur? Daar is seker gemaak die kole is perfek, potte is met valkoë dopgehou en dít wat in elke pot gegaan het was heel dikwels ’n digbewaarde geheim. Vir die 12 spanne wat onlangs aangetree het vir die Dros se potjiekoskompetisie was dié dag se verrigtinge ’n ernstige saak, dít alles met ’n knippie vriendskaplike wedywering en ’n goeie skeut plesierigheid. Die vure, wat sommer vroegdag al hoog gebrand het, het die yswindjie verdryf en terwyl die mededingers mekaar se potte beloer het, is daar ook heerlik saam gekuier by dié geleentheid waar die hele gesin ’n bietjie kwaliteit tyd saam kon deurbring.

Die talentvolle plaaslike groep, The Moaning Yesterdays, het met hul musiek gesorg dat daar geen saai oomblik gedurende die kompetisie was nie. Deelnemers se potstasies is op higiene, veiligheid en voorkoms beoordeel terwyl smaak natuurlik ook ’n belangrike rol gespeel het. ’n Stewige bedrag is deur lootjieverkope en veiling, wat deur die plaaslike afslaer Johan Stemmet behartig is, ingesamel. Dié geld is saam met die potjiekos aan plaaslike senior burgers geskenk. Die Dros bedank al die deelnemers wat van ver gekom het, sowel as plaaslike inwoners wat bygedra het tot die sukses van die dag.

Die Dros se onlangse potjiekos was nét die plek waar gesinne en vriende gesellig saam kon kuier. Met goeie musiek, taai kompetisie onder die potmakers en heerlike samesyn wat die geleentheid gekenmerk het, gaan daar sommer nog lank oor dié dag gesels word. FOTO’S: ZELDA KLOPPERS


Dinsdag 27 Mei 2014

General - Algemeen

Hope talent in B’vale HILDERINE SCHRÖDER

vang, terwyl hul drama, Alibi, as die mees populêre vertoning van die naIn Bonnievale se week aangewys is. Happy Valley lê Die visuele kunsdaar ’n goed verstudente het ook skuilde diamantnie laat slap lê nie. veld; ’n borrelenHulle het op spesiade fontein van tale uitnodiging by lent waarvan min twee uitsoek-kunsmense bewus is. uitstallings hul buiDié wat dit wel teging gemaak: die ekom, kan nie uitStellenbosch Outgepraat raak door Sculpture daaroor nie. Trust se jaarlange opeluguitstalling, Met die lys drasowel as die Mogamatoekennings van studente aan Die Akademie vir Leierskap en Kreatiwiteit in Happy Valley, lakwena Craft Art die Akademie vir Bonnievale, se drama Alibi, was die naaswenner in die kate- Gallery in Kaapstad se uitstalling. Leierskap en Krea- gorie vir gemeenskapsdrama by die Suidoosterfees. Hiér is een van die tiwiteit wat ál langer rek en kunswerke wat hul weg na oorsese akademie se studente se kunswerke vir R3 500 versamelaars vind, is dit duidelik: dié jong- opgeraap. “Daar is baie onontdekte potensiaal in Bonklomp is vinnig besig om vir hul dorp naam nievale, dit moet net ontgin word,” sê McDote maak. Die akademie is sowat twee jaar gelede op nald. “Met dié studente se prestasies wil ons die been gebring; aanvanklik om leerders wat vir die kinders en hul ouers wys waartoe hulle hul skoolloopbaan opgegee het en op die ver- in staat is. Ons wil by ouers ’n bewustheid keerde pad beland het positief te probeer beïn- kweek dat hulle kinders ook iets kan bereik.” Met die studente wat ál meer begin naam vloed, maar deesdae is die fokus op voorkoming, sê Petro McDonald (uitvoerende direk- maak, hoop McDonald om van Happy Valley teur van die akademie) en word leerders van ’n toerismebestemming te maak en só ’n posidie Bonnievale Primêre Skool elke dag op ’n tiewe impak op die ekonomie van dié gemeenskap te bewerkstellig. “Dit gaan alles oor gekreatiewe wyse besig gehou. Na gelang van hul belangstelling word leer- meenskapsbemagtiging en opheffing; om vir ders se talent in óf kuns óf drama geslyp. Die mense te wys ons kán en dat niemand op ons positiewe effek van dié kursusse is dramaties, kan trap nie.” aldus McDonald. “Jy kan nie glo hoe kreatief dié kinders is nie. Jy kan toor met hulle,” sê McDonald oor die studente by die akademie. Die akademie is destyds op aanbeveling van die departemente van justisie en maatskaplike ontwikkeling sowel as die plaaslike polisie op die been gebring en geniet ook die steun van die Langeberg-munisipaliteit. Deur die munisipaliteit word die akademie ook deur die departement van kuns en kultuur gesteun. Sedert dit op die been gebring is gaan die akademie van krag tot krag en het studente hiér al op verskeie gebiede hul merk gemaak. Onder die rits prestasies tel vier toekennings by die Suidoosterfees vroeër vanjaar (naaswenner as die beste gemeenskapsdramagroep by die fees, beste regisseur, beste ondersteunende aktrise en beste ondersteunende akteur), sowel as drie nominasies by die Baxterteater se Zabalaza-dramafees. Die akademie Beeldende kunste-studente het maande lank gewerk het ook die trofee vir die mees toegewyde en aan hul beeld wat by die Stellenbosch Outdoor Sculpgedissiplineerde dramagroep by dié fees ont- ture Trust se jaarlange opeluguitstalling te sien is.

Die akademie se dramagroep is ook hoë lof by die Baxter-teater se Zabalaza-dramafees toegeswaai.

Dié studente se kunswerke sal tot einde Julie by die Mogalakwena Craft Art Gallery in Kaapstad te sien wees.

Breederivier Gazette

13


14

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 27 Mei 2014

DANKBETUIGINGS

BETREKKINGS 1020

3600

DEELTYDS/TYDELIK 3720

FAMILIEKENNISGEWINGS

SAKE

STERFGEVALLE

DIENSTE

1005

2420

EDT Labour Consultant. Qualified attorney, can assist with all labour related issues. Contact Elseri at 072 714 2679 or edtlabour@gmail.com

TITUS KATRIENA (Aunt Ous) Geb.17/05/1950 Gest.23/05/2014 Die Roudiens vind plaas Donderdag, 29 Mei 2014 om 7nm in die Rooms Katolieke saal. Die begrafnis vind plaas Saterdag, 31 Mei 2014 by die huis in Dagbreekstraat 36 om 11vm en 12nm in die Rooms katolieke Kerk.

ALGEMEEN 1055

MILITêRE Veteraan vergadering vind plaas Woensdag, 28 Mei 2014 om 7nm by Vergesig Primêre skool. Kontakpersoon F. Windvogel 073 589 1117.

PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS 1445

LOANS. Consolidations R1 000 to R120 000, 5 minutes approval. Same day pay-out. Fiona 082 422 2271.

DIENSTE 2420


Dinsdag 27 Mei 2014

Schools - Skole

UITGEVAT! Die 41 leerders van die Laerskool Montagu het sommer spoggerig gelyk tydens hul onlangse sporttoer na Riebeeck-Kasteel. Dít danksy plaaslike instansies wat die o. 12- en o. 13-netbal- en rugbyspanne se klere en sportsakke geborg het. Die leerders het die toer terdeë geniet en almal het met beter vaardighede teruggekeer. Die skool bedank die volgende borge wat die geleentheid moontlik gemaak het: Quariga-grondverskuiwing, Dunlop, Supa Quick, Swann’s-busdienste, Nuwedriftboerdery, Potgieter Broers, dr. Z Nel en suster Bruwer, asook Locarno. Op die foto’s is die o. 12- en o. 13-netbalspanne en die o. 13 A-rugbyspan.

NETBAL: Dié leerders van Laerskool Robertson is opgeneem is die o. 13 Langeberg-netbalspan. Agter (van links) is Lynn Marthinus, Anine van Deventer, Linry Johnson en Maronique Eksteen. Voor is Celeste Maree, Michelle Burger en Theolin Hess.

NUWE VLOERE VIR SKOOL: Warmbron Preprimêr buite Montagu se vloere lyk deesdae pragtig danksy ’n skenking van teëls deur ’n Johannesburgse onderneming. Die skenking volg nadat Charles Davids (links), ’n werknemer by Polyflor, namens die skool met die maatskappy onderhandel het. Dié maatskappy het alle materiaal kosteloos voorsien, terwyl Davids met ’n span werkers die teëlwerk van alle vloeroppervlaktes van die skool teen ’n minimale koste gedoen het. Met Davids is Dinah Pekeur, hoof van die skool.

Breederivier Gazette

15


Breederivier

Year 18 • 27 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

ROBERTSON BO! Die span van Robertson Social Netball het die afgelope naweek koning gekraai in sy kragmeting teen Swellendam A toe hy dié op laasgenoemde tuisveld met 21-15 geklop het in ’n baie taai wedstryd.

TENNIS: Die Robertson-tennisklub se gemengde eerste span het rede om breëbors te loop ná hy onlangs die Bronn-trofee verower het. Agter (van links) is Hendrik Groblaar, Soekie Louw, Jacques Immelman, Iza Kriel en Gerald Jooste. Voor is Getha Kloppers, Michelle Bruwer, Mari Kloppers en Anneline Gericke. Inlas: Riaan Mouton en Johan Myburgh en Marina Loubser. Rossouw Bruwer was afwesig met die neem van die foto.

KARATE: Dié Goju Kai-karatestudente is almal ná ’n onlangse byeenkoms op Worcester in die Noord-Bolandspan opgeneem. Met dié prestasie het hulle deurgedring na die Boland-proewe wat binnekort plaasvind.

Breederivier gazette 27 mei 2014  

Breederivier gazette 27 mei 2014

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you