Page 1

Breederivier

Year 18 • 25 Maart 2014 | Tel. 023 626 5212

In top gear for Epic! Singing spokes, mud-caked wheels and world-class riders from across the globe. This can only be the Absa Cape Epic! Not even rainy conditions could stop hundreds of local and international supporters to wait on participants at the two local spectator points where they cheered the tough riders on. Riders arrived in the Langeberg area early yesterday (Monday) morning after their early start at the Meerendal Wine Estate between Cape Town and Durbanville. Riders are expected in McGregor today where a huge welcome awaits them. PHOTOS: HILDERINE SCHRĂ–DER

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi


2

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 25 Maart 2014

Kans om kaartjies vir Gloria Bosman te wen Valleiers wat graag kaartjies na die sangsensasie Gloria Bosman se vertoning by die Golden Valley Casino wil wen, beter spring. Drie lesers het ’n kans om dubbelkaartjies na dié vertoning op 29 Maart te wen en Bosman boonop ná die tyd te ontmoet. Met ’n genre wat strek van jazz, fusion tot gospel het Bosman geen bekendstelling nodig nie. Boonop beskik dié talentvolle kunstenaar oor die vermoë om haar gehoor goed te lees en te weet waarvan hulle hou. Haar debuutalbum, Rust, het ’n SAMA-toekenning vir Beste Nuweling losgeslaan en is gevolg deur vier albums wat ook verskeie SAMA-nominasies gekry het. Bosman se vorige album, Emzini, word gekenmerk deur haar fokus op eenvoudige Afrikaanse melodieë, terwyl haar mees onlangse album, Briewe Uit Die Hart, gospel- en ’n keur nuwe snitte insluit. Bosman is geen vreemdeling by die land se grootste musiekfeeste nie en het al by die KKNK, Aardklop en Skouspel opgetree en ook aan Al Daai Jazz deelgeneem. Kaartjies kos R80 by die Cash Desk by Golden Valley. Die vertoning begin om 21:00. Om in aanmerking te kom om kaartjies na Bosman se vertoning te wen, SMS die woord “Gloria” voor 28 Maart na 35405. SMS’e kos R1,50.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertson Museum. Navrae: 0 023 626 3681.

TUESDAY 25 MARCH ) Absa Cape Epic Mountain Bike Challenge at McGregor, 08:30 – 13:30. Entrance free. Plenty of stalls and activities. More information: 0 023 635 1954, www.tourismmcgregor.co.za or info@tourismmcgregor.co.

WEDNESDAY 26 MARCH ) Burgundy Open Mic Night, upstairs at the Burgundy Gherkin, Montagu. Cover charge: R30 pp. Enquiries: 0 023 614 3734 or 084 875 7698.

SATERDAG 29 MAART ) Steve Hofmeyr tree op by Worcester Gimnasium. Kaartjies by Computicket. Navrae: 0 084 059 3029.

MONDAY 31 MARCH

Gloria Bosman

FOTO: VERSKAF

Invliegontbyt op Robertson Plaaslike inwoners wat Dit is nie net deelnemers belangstel in lugvaart, aan die wêreldbekende Abword ook genooi na die insa Cape Epic wat hierdie vliegontbyt. week op Robertson toesak Robertson se plaaslike nie. vliegskool, Jaffie Aviation Dié naweek sal die lugTraining, sal teen R250 per ruim na verwagting ook vlug bekendstellingsvlugte dreun met tientalle vliegaanbied vir diegene wat tuie wanneer die Robertson Vliegklub Saterdag (29 Vliegtuie van oraloor sal na verwagting op vliegopleiding op RobertMaart) sy jaarlikse invlieg- Robertson saamtrek wanneer die Robert- son oorweeg. Vir dié wat al gekonfyt is ontbyt aanbied. son Vliegklub Saterdag sy jaarlikse invliegIndien die weer gunstig is ontbyt aanbied. FOTO: VERSKAF in die vliegkuns is daar ook ’n kollandingskompetisie kan tot 35 vliegtuie by dié gewilde geleentheid, wat vanjaar vir die sewen- met groot pryse, waaronder brandstof en wyn, de keer aangebied word, opdaag sê Alwyn du op die spel. Vir navrae oor die invliegontbyt Plessis, ondervoorsitter van die Robertson of die dag se verwagte weersomstandighede, bel Du Plessis by 083 270 5888. Vliegklub.

) Quiz Night at Prestons, Montagu, at 18:30. Book in advance, seating is limited. Booking: 0 023 614 3013.

SATERDAG 12 APRIL ) Kliphard 8-yster-gholfuitdaging. Navrae: 0 023 626 5442. ) Willem Buccholz 50-jaarreünie. Navrae: Frans, 0 071 604 7744 of 023 626 4679.

VRYDAG 25 APRIL ) Mnr. en Mej. VGK Robertson-Oos om 19:00. Toegang R10.

SATERDAG 26 APRIL ) VGK Robertson-Oos hou vanaf 09:00 sy basaar op die kerkterrein.

WOENSDAG 21 MEI ) Heinz Winckler tree by Janeza op. Kaartjies: R140 (volwassenes), R80 (kinders). Besprekings of navrae: 2 eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020 of 023 616 3547 of besoek www. janeza.co.za.


Dinsdag 25 Maart 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Dogter draf 650 km vir hospies ná ma se dood HILDERINE SCHRÖDER Dit lyk nie of Antonette Greenaway sommer ander dag nog 650 km in 15 dae kafgedraf het nie. Inteendeel! Sy kom flink aangestap met ’n breë glimlag en ’n vrolike vonkel in haar oë. Hier en daar mag daar dalk iemand wees wat reken Antonette se plan om van Port Elizabeth na Robertson te hardloop – dít boonop in net 15 dae – is, wel, effe gek maar elke tree was met ’n goeie doel. Met haar epiese tog het Antonette broodnodige geld vir die Breërivierhospies ingesamel en boonop ook al langs die pad mense bewus gemaak van die werk wat dié instansie doen. Antonette is voorverlede Vrydag (14 Maart) deur ’n groot groep entoesiastiese ondersteuners by die Robertson Voorbereidingskool verwelkom. Dié verwelkoming, verklap sy, was beslis die hoogtepunt van haar hele tog. “Een ding wat my altyd sal bybly is ’n kindjie wat my ’n drukkie wou gee. Toe ek ja sê, swerm die kinders skielik om my om my ’n drukkie te gee. Dit was baie spesiaal.” Die Gazette het onlangs berig oor Antonette se plan om die lang tog aan te pak. Dit is gebore uit haar eie familie se pad met die hospies ná haar ma, Erna Steyn, se kankerdiagnose in 2010 en haar uiteindelike dood op 7 Mei verlede jaar. Die gedagte dat sy moontlik nie in haar doelwit sal slaag nie, het nooit die kans gekry om in haar kop pos te vat nie, sê Antonette. “Ek het dit dag vir dag gevat, elke dag net my stukkie gedoen en dit die volgende

Antonette Greenaway, wat onlangs 650 km in 15 dae voltooi het ten bate van die Breërivier-hospies, het ’n warm ontvangs van leerders aan die Robertson Voorbereidingskool gekry met haar aankoms op Robertson. FOTO: VERSKAF dag weer gedoen.” Die “stukkie” waarna sy verwys, is die 45 km wat sy elke dag afgelê het, met hier en daar ’n rusdag tussen-in. Waaraan het sy gedink as sy so op haar eie (haar pa, Johann, het darem agter haar gery) gehardloop het? “Ek het baie met my ma en met die Here gesels. Soms het ek aan niks gedink

nie en soms wat vir my voorlê, en die toekoms en alles waarvoor die lewe mens nie tyd gee om aan te dink nie.” Sy het elke dag sowat ses uur op die pad deurgebring. “Die groot vraag as ek klaargemaak het, was altyd wat vir ete is,” spot sy. Haar tog was grootliks sonder beserings. Teen dag drie het haar lin-

kervoet begin pyn, maar sy het deurgedruk en elke dag bly hardloop tot sy teen dag tien die regte paar skoene gekry het waarna dit beter gegaan het. “Alles het net saamgewerk,” vertel Antonette. “Die weer was goed, ek het geen blase of beserings gekry nie. Daar was net ’n Hoër hand wat my vasgehou het sodat alles perfek ge-

werk het.” Teen die laaste dag het ’n spier wel in haar skeen begin pyn en moes sy noodgedwonge die laaste stuk (vanaf Montagu) stap. Op Montagu is Antonette deur personeel van die hospies, natuurlewe vrywilligers en leerders aan die Laerskool Montagu ontvang. Hiér het sy in ’n hartroerende gebaar ’n donasie van R1 van een van die leerders ontvang. Buiten leerders van die Robertson Voorbereidingskool is Antonette met haar aankoms op Robertson ook deur ouers, plaaslike motorfietsryers, hospiespersoneel en -vrywilligers verwelkom. Sy twyfel sterk of sy weer so tog sal aanpak, lag Antonette. Tóg het sy dit nooit as ’n werk gesien nie. “Dit was vir my ’n voorreg. Ek kon net elke dag vir die Here dankie sê dat ek gesond is. Dit is iets wat mens dikwels as vanselfsprekend aanvaar.” Sy is nog effe oorbluf oor die tog en haar ervaring daarvan. “Dit het nog nie heeltemal ingesink nie. Ek maak nog sin van wat dit vir my beteken en die lewe vorentoe.” Intussen het die hospies net lof vir wat Antonette gedoen het. “Sy het ’n regte superster-, heldeontvangs gekry en sy verdien dit. In ons oë is sy ’n supervrou wat haarself so opgeoffer het vir liefdadigheid,” sê Charmaine Little, geleentheid en bemarkingsbestuurder by die hospies. Mense kan steeds tot 31 Maart bydra tot die veldtog. SMS die woord “Heart” na 42030 en dra só R30 by, of kontak Little by 023 626 5710 of events@hospicebreederiver.org.za om uit te vind hoe om ’n bydrae te maak.


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 25 Maart 2014

Die ‘grootste verloorders’ lag al die pad skaal toe HILDERINE SCHRÖDER Om bekend te staan as ’n groep se grootste verloorder is ’n titel wat min mense graag om hul nek sal wil hê. Dís nou met die uitsondering van een situasie: ’n dieet waaraan verskeie lede van die gemeenskap deelneem. Dit is ’n titel waarop Roderick Pietersen nie ’n bietjie trots is nie; met goeie rede. Pietersen het immers ’n volle 14 kg in net sewe weke verloor. Dít, sê hy was alles behalwe maklik, veral die eerste week en om sy geliefde koeldranke prys te gee was maar moeilik. Maar, sê hy, dit was so ver uit en uit die moeite werd. Buiten sy gewigsverlies het hy baie meer energie en voel hy baie gesonder. Pietersen is deel van ’n groep by die Montagu Publieke Gesondheidsentrum (PGS) wat saamsaam aan ’n dieet deelneem. Dít na Annalie Linde, ’n dieetkundige verbonde aan die Montagu PGS, agtergekom het dat verskeie mense gesondheidsprobleme het wat met insulienweerstandigheid verbind kan word. Saam met dr. Deon Pieterse, verbonde aan dié sowel as ander klinieke in die Langeberg-area, het Linde in Januarie afgeskop met ’n suikervrye maand. As deel van dié projek kon oorgewig pasiënte wat sukkel met hoë bloeddruk en cholesterol en diabetes inskryf vir ’n maandelikse gewigverlies-uitdaging. Deelnemers, wat die bekende sportwetenskaplike prof. Tim Noakes se dieet volg, is almal huis toe gestuur met heerlike resepte wat op Noakes se dieet geskoei is, tesame met ’n streng opdrag om alle suiker uit hul dieet te sny. Deelnemers aan die uitdaging is weekliks geweeg. Die projek was só suksesvol dat daar ná ’n maand besluit is om daarmee voort te gaan. Benewens Pietersen se gewigsverlies het Marilyn Antonie, ’n suster by Montagu PGS, ’n volle 10 kg verloor en daarmee die titel as grootste verloorder onder die vroulike deelnemers losgeslaan. Volgens deelnemers is die eetplan, wat geurige kerriebone, lensieslaai en visgeregte insluit, ’n wenner. Boonop is dit ook bekostigbaar. Soos baie ander eetplanne

Franklin Adams (middel) en sy spanmaats, Rushwain Davids (links) en Fred Collins van Stellenbosch Against Racism op pad van Robertson na Worcester. STAR beywer hom daarvoor om rassisme te beveg. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Abraham Smit, ook deel van die STAR-span het groot dele van die pad gedraf.

Groep glo ‘rassisme ná 20 jaar steeds ’n euwel’ HILDERINE SCHRÖDER

Danksy ’n projek by die Montagu Publieke Gesondheidsentrum (PGS) is verskeie lede van die gemeenskap fluks besig om gewig te verloor. Van links is sr. Anita Metelerkamp (Langeberg PGS-bestuurder), dr. Deon Pieterse (Langeberg PGS-dokter), Marilyn Antonie (grootste verloorder onder die deelnemende vroue), Roderick Pietersen (grootste verloorder onder die manlike deelnemers) en Annalie Linde (Langeberg-dieetkundige). FOTO: HILDERINE SCHRÖDER word stysel tot ’n minimum beperk en is suiker taboe. “Dit (die eetplan) is werklik ’n leefstyl wat almal aan gewoond moet raak om die gesondheidskrisis hok te slaan. Dink net, op hierdie manier van eet het jy geen meer artritis nie, jou spysvertering word normaal, bloedsuiker, cholesterol en bloeddruk word normaal, en natuurlik ook die gewig,” sê Linde. Die gesondheidskrisis waarna Linde verwys is statistieke wat toon dat meer as die helfte van die land se bevolking bo 40 jaar oud, op chroniese medikasie is en aan

vetsug lei; gevalle waar jongmense van 32 jaar oud in die hospitaal beland het met ’n beroerte; gevalle van kinders van net vyf jaar oud wat met Tipe 2 diabetes gediagnoseer is (dít terwyl dit in die verlede net by mense ouer as 45 gediagnoseer is); en ’n hoë voorkoms van kinders wie se tande vrot. Deur meer mense te kry om die eetplan te volg, hoop Linde om ’n gesonde gemeenskap te skep en daardeur oud en jonk se toekoms te verbeter en een manier, sê sy, is om koeldrank- en suikerinname drasties te verminder.

Vir sewe jaar het ’n Stellenboschse groep aktiviste wat hul beywer vir die stryd teen rassisme al etlike honderde kilometer te voet afgelê om mense bewus te maak oor dié kwessie. Met die 20ste herdenking van die land se demokrasie en met die projek nou in sy agtste jaar, het Stellenbosch Against Racism (STAR), ’n organisasie sonder winsbejag, besluit om dit heelwat verder te neem en al die pad van Montagu na Stellenbosch te stap om die boodskap van versoening aan soveel mense moontlik oor te dra. Dié veldtog word in samewerking met die Wynland Gemeenskap Besigheidheidgeleentheidsforum aangebied. Suid-Afrika mag wel wêreldwyd beskou word as die reënboognasie, maar die werklikheid is ver van dié prentjie verwyder, sê Franklin Adams, organiseerder van die antirassismeprojek. “Rassisme is steeds ’n groot kwessie in Suid-Afrika en die probleem kry nie die nodige aandag nie.” So ver as wat die STAR-span van vier stap of draf, praat hulle met mense in die onderskeie dorpe om vas te stel hoe groot probleem rassisme steeds is en wat daartoe aanleiding gee. ’n Dokument word ook aan elke munisipaliteit oorhandig waarin dié

onderneem om rassisme op alle vlakke te beveg. “Ons glo dat alle mense gelyk gebore word in ’n nie-rassige, gelyke en verenigde samelewing,” lui een gedeelte van dié belofte. Die doelwit van die projek is om mense so ver te kry om ’n kopskuif te maak ten opsigte van ander rasse, sê Adams. In die opnames wat hulle in elke dorp maak, probeer hulle om met sowat 100 mense in elke dorp te praat. Na aanleiding van die inligting wat hulle uit dié gesprekke kry, sal hulle ’n verslag oor die stand van rassisme aan elke munisipaliteit stuur. Met hul navorsing só ver, sê Adams, is gevind dat vier uit vyf mense in swart en bruin gemeenskappe voel dat rassisme steeds ’n groot probleem is, terwyl vier uit elke vyf blankes glo dat die teendeel waar is. “Hierdie verskil in opinie wys dat rassisme ná 20 jaar steeds ’n reuse sosiale euwel is.” ’n Rede waarom rassisme die sosiale samehorigheid van Suid-Afrikaners bly kniehalter is die feit dat die pogings om dit sedert 1994 aan te spreek te gekompliseerd geraak het, meen Adams. “Dít en die feit dat dit steeds ’n taboe is. Niemand wil regtig daaroor praat nie.” In stede daarvan om te hamer op rasseverskille, moet mense eerder elk kyk hoe hulle ’n positiewe impak en bydrae kan lewer. “Slegs dan sal rassisme uitgewis word,” sê Adams.


Dinsdag 25 Maart 2014

) Die Robertson-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná ’n ongeluk verlede Maandag (17 Maart) waarin een man dood is en ’n ander met ernstige kopbeserings in die hospitaal gelaat is. Zukisa Ndongeni (33) is op slag dood en sy kollega, Mpumelelo Gigushe (30), ernstig beseer toe hulle deur ’n vragmotor op die Robertson-Bonnievale-pad raakgery is. Volgens lt. Cynthia Mngcele, polisiewoordvoerder, het die vragmotorbestuurder sy ligte vir ’n aankomende voertuig gedemp. Toe hy weer sy hoofligte aansit, het hy eensklaps die twee mans, albei van die Kaap en sekerheidswerkers by ’n Eskom-perseel, in die pad gewaar. Hy kon egter niks doen om die ongeluk te vermy nie. ) Die Robertson-polisie doen ’n hernude beroep op Valleiers om nie enige vrugte langs die pad te koop nie. Baie van dié vrugte word vanaf vragmotors wat op pad is na pakstore gesteel. Diegene wat die vrugte koop, sê lt. Cynthia Mngcele, bevorder misdaad in die area. Diegene wat hul skuldig maak aan vrugtediefstal kan ook deur kriminele klagte in die gesig gestaar word. Die diefstalle word in ’n ernstige lig beskou, veral in ag geneem dat daar al mense dood is ná hulle onder die wiele van vragmotors beland het, sê Mngcele. ) Die Robertson-polisie soek na enige inligting ten opsigte van ’n swart-en-blou bergfiets wat verlede jaar op 28 Desember by Silwerstrand gesteel is. Die diefstal het vermoedelik tussen 05:30 en 10:00 plaasgevind. Enigeen met inligting word versoek om sers. Bertus Basson by 023 626 8355 te bel.

GOODBYE: After years of loyal service at the Robertson Police, Maj. Bonakele Daniel Mabuthile (41) is moving to Vredenburg after recently being promoted from the rank of captain. Mabuthile, originally from Ashton, served in the Robertson Police for the past three years. He joined the police force in 1998 after years as a school teacher in Malmesbury. Mabuthile also served at the Franschhoek Police for three years. During his lengthy career he also served in finance in the Boland area office, trained new recruits at the Phillipi training college and served in the financial section of protection and security services. During his time in Robertson, where he also served in the finance division, he was acting support head and also action station commander at McGregor, Montagu and Barrydale. He boasts a BCom degree in Education, along with his diploma and BTech degree in Policing. He is currently busy with his master’s degree in Policing. According to Mabuthile he will miss Robertson a lot, especially the people he had worked with. PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

Breederivier Gazette

News - Nuus

DROS IS JOU TUISTE: Robertson Dros is weereens een van die gunsteling familie uiteetplekke te danke aan Gert Vosloo, nuwe eienaar sedert September verlede jaar. Dié restaurant bied ’n fantastiese troeteldier-vriendelike tuin waarin gaste heerlik kan ontspan. Die tuin is boonop ingerig met genoeg speelplek vir kinders met toerusting soos skopfietsies, springmatte en -kasteel, ’n sandput en ’n waterwurm wat verseker dat die Dros veral op warm dae ’n plesier is om te besoek. Pensioentrekkers geniet spesiale afslag op Woensdae. Met weeklikse spesiale aanbiedinge op disse en voorsnytafel (carvery) elke Sondag en binnekort ook seekosse op die nuwe spyskaart, is die Dros nét die plek om jouself met ’n heerlike ete te bederf. Met ’n dis vir elke smaak is dit die ideale plek om oor ’n glasie wyn met familie of vriende uit te span. Kontak die Dros ook gerus vir onvergeetlike kinderpartytjies.

PICTURE PERFECT: At Abundance all women can look and feel like a beauty queen. With picture perfect clothing and accessories, Abundance ensures that every woman can look and feel as special as she is. Here clients can enjoy personal attention in a unique and creative boutique with an abundance of style, creativity and comfort. Abundance is situated in Voortrekker Road, next to Strictly Coffee. Look out for the trees wrapped in orange, pink and green. Drop in at Abundance and spoil yourself. You can be sure to find that “something special”.

ON ROUTE WINE DELI: Drop in at On Route Wine Deli for free tastings of Bon Courage wines. All wines here are offered at cellar prices. Olives, olive oil and the well known Saucy Lady sauces are also available here. Numerous hand-knitted products like funky gloves, scarves and other creative gifts can also be found on the deli’s shelves. On Route Wine Deli will soon also be a stockist of Montagu dried fruits and nuts. Drop in and browse through the variety of products on offer. Rita Truter and Tommy Foulkes are always ready to help or enjoy a chat. On Route Wine Deli is situated next to KFC and offers plenty of parking.

Dinsdag 25 Maart 2014

VIR ELKE SMAAK: Sleeping Beauty Traders is net die plek om in te loer vir iets ongewoon vir jou huis. Dié winkel bied iets vir almal, ook diegene wie se smaak so bietjie anders is. Hier kan jy kies tussen geskenke, meubels, dekoritems, handwerk en kunsartikels vir elke denkbare smaak en styl. Sleeping Beauty Traders voorsien aan die behoeftes van moderne, charismatiese en gesofistikeerde klante deur interessante produkte aan te hou wat verseker dat een en elk ’n hoogs bevredigende inkopie-ervaring geniet. Hulle bied ’n wye keuse van plaaslike kuns en handwerk, asook egte ingevoerde Franse meubels en dekoritems wat in die smaak van die fynproewer val.

WEES SIGBAAR MET AXÉNT TEKENS: Met ses jaar ondervinding in die bedryf is Axént Tekens net die plek om aan te klop vir jou onderneming se naamborde en reklame-tekens. Die onderneming se professionele vakmanskap is regoor die dorp sigbaar in vlae, baniere, vensters, besighede se naamborde en op voertuie. Stephan Maritz (eienaar) en sy vrou, Nicolene, is deel van ’n span van ses wat aan ondernemings, plase en individue se behoeftes voldoen waar hul visueel blootstelling benodig. Vele opsies is beskikbaar. ’n Vooraf proef is beskikbaar om die kliënt ’n idee van die finale produk te bied. ONE-STOP WINE SHOP: La Verne Wine Boutique is a classy boutique stocking the entire region’s wine at cellar prices. La Verne offers wine from 58 different cellars making it an excellent destination for buying and tasting wines daily. The boutique’s online shop makes it easy to order wines from the region and have it couriered to any destination. The gift section of the store stocks wine accessories, unique gifts, snacks and olive products making it an easy stop-off for a perfect gift along with a great bottle of wine. Look out for the red “1 Stop wine Shop” banner or the big yellow wine bottle on Voortrekker Road. The La Verne team is always on hand with advice regarding any wines in the area. From left is Janine Schreuder, Samantha van Rooi, Lizelle Fernhout, Mardene van Zyl and John Stevens.


Dinsdag 25 Maart 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

7

RAWSON DEEL JOU DROME: Na bykans vier jaar het Rawson Properties met sy heldergeel kleur ’n bekende baken in Voortrekkerstraat geword. Dié eiensdomsagentskap se visie is om mense by te staan in die proses om eiendom te besit en te geniet en om eerlike en omvattende diens te lewer, hetsy aan verkoper, koper, huurder of verhuurder. Rawson word gedryf deur professionele agente wat almal dieselfde waardes en kultuur deel. Die agentskap is trots daarop om ’n mens-georiënteerde besigheid te wees wat sy kliënte waardeer en ook hul drome deel. Die Rawson-span is (van links) Marlize Adams, Johanna van Wyk, Ina Visagie, Mienie van Papendorp, Shannon Leicher en André van Niekerk.

JOU EIENDOMSVENNOOT: Vir enige eiendomsbehoeftes, klop aan by Prime Landmark Estates. Die agentskap het in 2007 sy deure in Voortrekkerweg oopgemaak as ’n onafhanklike eiendomsagentskap, met Andries en Cinette du Toit as die eienaars. Die agentskap se kantoor op Silwerstrand hanteer die tweede fase verkope as Investec se voorkeur eiendomsvennoot, asook die herverkope op die Village en die gholfbaan. Die prima eiendomsportefeulje bied ’n breë spektrum geleenthede in die area – residensieel, kommersieel en landbou – te huur asook te koop. Met sy leuse “Real Property – Real People”, is Prime Landmark Estates ’n ywerige groep eiendomskonsultante, gretig om kliënte se eiendomsbehoeftes op te los. Die span is (van links) Elna Jones, Geraldine Sebonicke, Cinette du Toit, Eddie Deyzel en Jean Donaldson.Vir meer inligting, kontak Prime Landmark Estates by 026 626 1222, of besoek www.primelandmark.com.

ERA JOU HUIS-VENNOOT: Era Eiendomsagentskap help Valleiers al vir etlike jare om hul droomeiendom op te spoor. Die agentskap was aanvanklik in Kerkstraat, maar het sowat ses jaar gelede na Voortrekkerweg geskuif waar dit beter blootstelling geniet. Die agentskap hanteer alle fasette van die eiendomsbedryf, maar fokus veral op verkope en verhuring in Robertson, McGregor, Bonnievale, Ashton en Montagu. Die kundige span (van links) Eric Roux (landbou), Irene Everson, Gerhard Carstens (eienaar) en Tony Granger (eienaar) staan ten alle tye reg om kliënte met goeie raad by te staan. Granger en Carstens was albei voorheen in korporatiewe bankwese.

TASTY TREAT: Food made with passion and love. That’s why Passio Restaurant’s menu is something extra ordinary. Here you can dig in to steaks, seafood, burgers or pasta breakfasts, all prepared with the finest attention to taste. All dishes are freshly produced. Local ingredients are hand chosen to add to the freshness of each dish. Passio’s range of exquisite pizzas are made with a thin crispy base and available for take away. Enjoy a glass of local wine in the tranquil garden that is spacious for kids and pets or inside at the fireplace on a cold day. Privacy can be arranged for parties, business meetings or groups of more than 20 people.

DUITSLAND OP JOU VOORSTOEP: Ervaar ’n eg Duitse ete en atmosfeer met ’n besoek aan Haus Hans. Voorheen bekend as Grand Café, spog dié restaurant nou met ’n Duitse tema ná die eienaar en sjef, Hans Adendorff, die deure heropen het. Die volle gelisensieerde Duitse restaurant, spog met ’n rits Duitse disse, nuwe disse, asook ou gunstelinge soos varkbuik (pork belly), lamskenkels en osstertpotjie. Die restaurant sal binnekort ook Duitse bier bied. Besoek Haus Hans gerus vir ’n heerlike ontbyt of ligte middagete of koffie. Diegene wat ’n spesiale funksie beplan, kan by Adendorff bespreek.

TIEN JAAR VAN VOORTREFLIKE KUNS: Die Robertson Art Gallery is al vir ’n dekade lank ’n instansie wat fokus op kwaliteit en goeie diens op elke gebied. Die galery verteenwoordig meer as 60 bekende SA-kunstenaars en handel ook in Ou Meesters. Met ’n groot verskeidenheid kuns en silwer juwele is hier iets vir elkeen. Professionele raamwerk word hier gedoen, wat al jou kuns en waardevolle herinneringe sal bewaar.


8

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 25 Maart 2014


Dinsdag 25 Maart 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

9

Beste shiraz gesoek

Aurigust Hendricks, ’n gemeenskapsorgwerker by die Breërivier-hospies, maak hiér lede van die gemeenskap van McGregor bewus ten opsigte van TB. FOTO: VERSKAF

Gaan gereeld vir TB-toetse

Wêreld TB-dag val elke jaar op 24 Maart. Dié dag het ten doel om die publiek daarvan bewus te maak dat TB steeds ’n epidemie is en jaarliks die dood van bykans een en ’n halfmiljoen mense eis. Suid-Afrika het steeds die hoogste TB-syfers in die wêreld. Die siekte is ’n groot oorsaak van sterftes in die land omdat mense oningelig is of nie hul status ken nie. Die Breëriver-hospies, tesame met die departement van gesondheid en USAID TB, werk hard om TB in die Langeberg-area te voorkom. As deel van hierdie voorkoming kan die publiek hulle vandag (25 Maart) van 09:00 tot 15:00 by die hospies se woonwa in Môreson, Robert-

son, laat toets. Almal is welkom. Bring sommer vriende, bure en kinders saam! Die Breërivier-hospies het sedert die begin van 2014 in Januarie en Februarie reeds 5 908 vir TB geëvalueer. Van hierdie groep was 913 mense onder sewe jaar oud. Die hospies sien tans om na 106 TBpositiewe pasiënte waarvan 47 tussen 18 en 35 jaar oud is. Mense kan help om TB te voorkom deur hulself te laat toets indien hul enige van die simptome (sien advertensie op bl. 8) toon. Iemand met TB wat nie behandeling ontvang nie, kan 10 tot 15 mense per jaar aansteek. Mense wat MIV-positief is word aangeraai om hul gereeld by hul kliniek te laat toets vir TB. Terwyl ie-

mand wat MIV-negatief is ’n 10%kans het om in hul leeftyd TB te kry, is die kans dat iemand wat MIV-positief is 10% per jaar om die siekte op te doen. Pasiënte wat TB het moet hul medikasie vir ses maande gebruik. Mense kan stappe neem om die kans dat hul TB opdoen te verklein. Bedek jou mond wanneer jy nies of hoes. Indien iemand naby jou hoes, draai jou kop weg en bedek jou mond. Maak vensters en deure oop, veral in vol vertrekke en maak veral vensters oop in stampvol taxi’s. Die hospies het ’n opgeleide verpleegkundige wat Valleiers sal inlig ten opsigte van alles met betrekking tet TB. Om so ’n volledige inligtingsessie by u werkplek te reël kontak die hospies by 023 626 5710.

Plaaslike wynprodusente het nou die kans om hul beste shiraz uit te haal. Die tweede jaarlikse Shiraz SAtoekennings is om die draai. Tydens dié geleentheid, wat vanaf 13-15 Mei by Nederburg plaasvind, sal daar gesoek word na die land se top-shiraz en shiraz-versnit. Die sluitingsdatum vir inskrywings in albei kategorieë is 17 April. Laat inskrywings moet teen 5 Mei ontvang word. Tydens die beoordelingsgeleentheid sal die top 20 semifinaliste aangewys word waaruit Suid-Afrika se 12 wenwyne gekies sal word. Dié jaar is daar ook ’n kategorie vir shiraz-versnitte. Dié besluit is gebaseer op die wye verskeidenheid en geweldige gewildheid van shiraz-versnitte wat tans beskikbaar is. “Die primêre doel van Shiraz

SA is om die positiewe beeld van Suid-Afrikaanse shiraz te bevorder, dit maak net sin om ook die fokus op die versnit-potensiaal te plaas,” meen Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz SA. Slegs shiraz-wyne wat ’n minimum 85% shiraz bevat en soos deur die Wyn en Spiritualieë Vereniging as shiraz gesertifiseer, kom in aanmerking en mag aan die kompetisie deelneem. Wyne wat inskryf vir die shiraz-versnitafdeling mag die wyn met enige ander kulitvar(s) versny, solank shiraz die dominante persentasie is. Twee panele sal die inskrywings gelyktydig beoordeel. Die uitslae sal op 20 Junie by ’n toekenningsgeleentheid by The Vineyard Hotel in Claremont bekend gemaak word. Vir meer inligting, bel Sandra Lotz by 082 924 7254 of stuur ’n e-pos na info@shirazsa.co.za.

TOP BEMARKER: Die Gazette se Zelda Kloppers het opnuut presteer ná sy as Boland Media, waarvan die Gazette deel is, se bemarker van die maand vir Februarie aangewys is. Hiermee bou sy voort op haar aanwysing as bemarker van die maand in Oktober 2013 sowel as Augustus 2012 en Desember 2012. Sy het ook die tweede plek beklee in die bemarker van die jaar 2013 kompetisie vir Boland Media. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER


10

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 25 Maart 2014

SWIMMING: Bianca le Roux (11), a learner at Robertson Logos Christian School, recently participated in the Mountain Mill Mile Challenge in Worcester. Bianca, seen here with Olympic medal winner Ryk Neethling, won a silver medal. She ranked second in the primary school section and 10th overall.

STEUN VIR RARE SIEKTES: Leerders en personeel aan die Laerskool De Villiers het onlangs gewys hulle gee om vir mense met seldsame siektes deur om blou en denim te dra. Daardeur het hulle ook op tasbare wyse ’n finansiële bydrae gelewer aan die organisasie Jeans for Genes wat hom beywer aan die bewusmaking van seldsame siektes.

FAMILIEKENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

DIENSTE

SAKE

2420

1015

STERFGEVALLE 1005

DIENSTE 2420

MULLER ELIZABETH (Lize) Geb.12/08/1944 Gest.23/03/2014 Met tere herinneringe neem ons afskeid van ons geliefde vrou en moeder.Die Roudiens vind plaas Donderdag, 27 Maart 2014 om 7nm in die VGK Robertson- Oos kerk. Begrafnisdiens Saterdag 29 Maart 2014 om 9vm by die huis en 10vm in die VGK Robertson-Oos kerk. Van: eggenoot, kinders, kleinkinders en agterkleinkind.

HARTMAN JOHAN (HANS) ’n Roudiens word gehou vir Johan (Hans) Hartman op Saterdag 29 Maart 2014 om 11vm in die Gemeenskapsaal te Voortrekkerstraat, Mcgregor. GELUKWENSINGS 1030

Raai wie word 80 vandag (25 Maart)? LEEMANS RACHEL Baie geluk met Mamma se 80ste verjaarsdag. Met baie liefde van kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

PROBLEME met Vervoer?Billike vervoertariewe vir ieder en elk. Vir groepe (uitstappies), ondernemings (vervoer van werkers) ens. Kontak 072 4199 864/ 072 898 7257.

DIENSTE 2420


Dinsdag 25 Maart 2014

General - Algemeen

Breederivier Gazette

11

TENNIS: Dié leerders aan die Robertson Voorbereidingskool het aan in die o.10-afdeling van die onlangse Noord-Bolandtenniskampioenskappe deelgeneem waar hulle uitstekend presteer het. Agter (van links) is: Daniel Grobler (vierde), Helgaard Bruwer (12de) en Balthazar Kloppers (derde). Voor is Carli Prins (derde) en Hesta Bruwer (11de). Al die leerders is o.9.

The building was repainted inside and out.

New loos for school A small farm school outside McGregor now boasts brand new toilets, all thanks to donations from the local Rotary club, along with the St Albans Rotary club in in Britain. This comes after Rotary St Albans paid a visit to the Weltevrede Primary School some three years ago during which the club, Thanks to Rotary St Albans in The donation ensured that baalong with Rotary in Ger- Britain the Weltevrede Primary sins for girls and boys could be many and America handed School outside McGregor now added, along with handtowels over some funds for three boasts brand new compost toi- and soap. schemes in McGregor as lets. In the hands of local well as some equipment builder, Abraham Davids, who headed the Weltevrede had requested. During his visit to Weltevrede, Bill Allen building project, the existing building was from Rotary St Albans noticed the appall- completely transformed. Now it boasts compost toilets and two ing conditions of the little school’s toilet facilities. He returned to England and hand basins – one for the boys and the other managed to encourage Rotary St Albans for the girls. The building was also painted to donate money to install compost toilets inside and out. The donation even providand hand basins in the existing building. ed for hand towels, soap and toilet paper.

ATLETIEK: Sewe leerders aan die Hoërskool Bonnievale is onlangs in die Boland-atletiekspan ingesluit wat aan die WesKaap-byeenkoms deelgeneem het. Dié atlete is (agter, van links) Cheslin Kortjé (driesprong en 110 m hekkies), Steven Stallenberg (verspring) en Jana Wessels (1 500 m en 3 000 m). Voor is Donovan Kawula (3 000 m hindernis), Julandi du Toit (75 m hekkies en 100 m) en Fleur Slot (hoogspring). Xavier Pieterse (400 m hekkies) was afwesig met die neem van die foto. FOTO: VERSKAF


Breederivier

Year 18 • 25 Maart 2014 | Tel. 023 626 5212

TEEING UP: Golf enthusiasts are reminded to enter the Jacquin Hess Putting Championship this Sunday (30 March) at the Robertson Golf Club. Not only will there be many prizes up for grabs including a night for two at the Robertson Small Hotel, but participants will also receive free putting lessons. Entry costs R20. For more information or bookings, call 076 629 6390. Hess’ golf tip of the week: This week is all about putting. Focus on your hands when you are putting. Give your hands space when you set up to the ball. This will allow you to move the putter freely down your intended line. You wont feel cramped up. This will help you seek more pressure putts, especially when it is the winning putt.

ROLBAL-’SKIPS’: Die Bonnievale Rolbalklub se spelers het onlangs kinders uit die gemeenskap in hul spanne ingedeel om saam met hulle op Riviersonderend, ’n klub wat ook nou ongekend groei, te gaan deelneem. Die kinders stap elke Dinsdagmiddag 5 km vanaf Happy Valley en die informele nedersetting om rolbal by die klub te kom oefen. Die insluiting was om aan hulle erkenning te gee vir hul getroue en harde oefening. Die resultaat was dat hulle elkeen ’n span gelei het en, al het hulle teen volsterkte spanne meegeding, het Bonnievale ’n verstommende derde, vierde en vyfde plek behaal. Hier (agter, van links) staan Frida en Gerhard Fereira, Louis Joubert, Piet en Theuns Coetzee en Victor Herbert. Voor kniel Jason Kamfer, El-Rohan Abrahams en Cole Slingers. FOTO: VERSKAF

SA’s TOE! Marais Kriel (van die Laerskool Ashton) en Aliza Rossouw (van die Laerskool Robertson) het onlangs gekwalifiseer vir die SuidAfrikaanse-kampioenskapsbyeenkoms vir laerskole atletiek. Marais het vierde plek in die seuns o. 11-verspring behaal met ’n uitmuntende sprong van 4,58 m. Op haar beurt het Aliza, met ’n hoogte van 1,47 m, die titel losgeslaan in die hoogspring vir meisies o. 12. Albei atlete het hul persoonlike beste behaal. By die SA kampioenskap het hulle ook puik presteer. Aliza het algeheel negende geëindig onder die 2 500 atlete van 1 500 skole landwyd wat deelgeneem het. By hulle is hul afrigter, Karin Crous, van Robertson. Crous spesialiseer in verskeie tegniek-items soos hoogspring, hekkies en verspring.

SPORTUITSLAE

ROCK CLIMBING: Five young rock climbers from the Montagu Climbing Club recently participated in the Western Cape inter-schools in Cape Town. The team, representing Robertson Logos Christian School and Montagu Primary School, brought back the award for the most podium winners. The team members are (back, from left) Jared Robinson (Logos, second place: boys beginner lead) and Leon Ellis (Montagu, seventh place: boys beginner lead). In front are Hannah Robinson (Logos, second place: girls beginner lead), Mikela Sinovich (homeschooler, first place: girls advanced lead) and Stacey Sinovich (homeschooler, second place: girls top rope).

Gholf: Bonnievale (72): Houespel – A. van Wyk 71, D. van Eeden 72, I. Arries 75, M. Botha 7), C. van Zyl 79, M. van Niekerk 80. Ceres (72): Enkel-Stableford (72) – P. Versfeld 42, J. Smit 41, C. Overmeyer, B.M. van den Berg 40. Robertson (72): Samespel-Stableford – F. de Wet en H. Doms 47, M. Gouws en Z. Fernhout 46, C. Conradie en F. van Zyl 45, D. de Wet en W. Conradie 45, P. Venter en S. Esterhuise 44, D. Conradie en F. Bruwer 43, E. Carstens en J. van Molendorg jr. 42, J. Muller en B. Bosch 42, W. Nel en P. Winterbach 42. Theewaterskloof (72): Klubkampioenskapstoernooi – Afd. A: T. Roux 166. Afd. B: P. Marx 171. Afd. C: M. Muller 89. Vroue: Afd. A: K. Loesch 191.

berts 46, 2x4; Morné Beekman 2/16, Brenden Erasmus 2/20, Warrick Abrahim 2/25). ROBERTSON 132/3 (Danico Philmon 39, 4x4, Warrick Abrahim 38*, 1x6, 5x4, Brenden Erasmus 36*, 5x4). Robertson wen met 7 paaltjies. Worcester United t. Oostelikes: OOSTELIKES 161 (Fabian Faro 44, 2x6, 5x4; Carl Nyman 35, 2x6, 3x4; Jean Gregg 2/17, JP Swartz 2/28, Keegan Lesch 2/35). WORCESTER UNITED 163/2 (Byron Buys 94*, 3x6, 7x4, Jean Gregg 25, 2x4). Worcester United wen met 8 paaltjies. Robertson t. Van der Stel: VAN DER STEL (John Loxton 46, 1x6, 5x4; Brenden Erasmus 3/17, Zaheer Abrahim 3/17, Aubrey Philander 2/19). ROBERTSON 115/8 (Ferisco Adams 34, 1x6, 3x4; R. Swart 3/24). Robertson wen met 2 paaltjies.

Krieket: Premierliga: Robertson t. Worcester United: WORCESTER UNITED 130 (Hadley Al-

Rugby: Gemeenskapsuitdaag-toernooi: DurbanBellville 14, Worcester Villagers 13.

PRESTEERDERS: Simunay Doris en Austiando Pieterse is op pad na die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms wat dié naweek in Polokwane plaasvind. Simunay het ’n bronsmedalje by die onlangse Boland-kampioenskappe losgeslaan en ’n silwermedalje by die Wes-Kaapkampioenskappe. Austiando het by albei geleenthede ’n goue medalje verower. By hulle is hul afrigter, Danzel Minnaar (middel).

Breederivier gazette 25 mar 2014  

Breederivier gazette 25 mar 2014

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you