Page 1

Breederivier

Year 18 • 22 April 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Die munisipaliteit is in die proses om al sy infrastruktuur met nuwe heinings te beveilig om vandalisme hok te slaan.

Vandale rig op gereelde basis skade aan die reservoir se dak aan. Dié word, volgens die munisipaliteit, herstel sodra dit tydens gereelde inspeksies opgemerk word.

Daar’s ’n rot in die drinkwater HILDERINE SCHRÖDER Vandale wat al by meer as een geleentheid dakplate van die drinkwaterreservoir in Bonnievale gebreek het, het ’n plaaslike inwoner bekommerd oor die veiligheid van die water vir die inwoners van dié dorp. Piet Coetzee het onlangs sy kommer oor die situasie uitgespreek na hy glo op ’n dooie rot in die reservoir afgekom het. Dié het vermoedelik, volgens Coetzee, ingekom deur ’n stukkende dakplaat. Hy het sy bekommernis by meer as een geleentheid met munisipale owerhede bespreek, sê hy, maar elke keer sonder sukses. Volgens Coetzee voed oorloopwater vanuit die reservoir jong bome wat digby die reservoir groei en bied dié skuilplek vir kwaaddoeners. “Daar is geen ligte, heining of sekerheid by die reservoir nie, so enigeen kan kom en gaan soos hulle wil,” voeg hy

by. By navraag het Soyisile Mokweni, munisipale bestuurder van die Langeberg-munisipaliteit, gesê vandalisme by die betrokke reservoir is ’n deurlopende kopseer vir die munisipaliteit. “Die spesifieke reservoir is baie oud en het steeds ’n asbesplaatdak wat dikwels deur vandale beskadig word,” sê hy. Die reservoir se dak, voeg hy by, word herstel sodra skade opgemerk word. In ’n verdere poging om die vandalisme hok te slaan word inspeksies op ’n gereelde basis gedoen. Iets waaroor die munisipaliteit wel onseker is, sê Mokweni, is of daar wel ’n rot in die reservoir was. Die foto aan hom verskaf, sê Mokweni, het al by ’n vorige geleentheid die ronde gedoen. Boonop, voeg hy by, is dit donker in die reservoir terwyl daar op die betrokke foto baie lig is. In reaksie hierop sê Coetzee die foto is beslis in die reservoir geneem. Ondanks die munisipaliteit se onseker-

heid oor die egtheid van die foto, verseker Mokweni dat die water in die reservoir aan alle veiligheidstandaarde voldoen. As bewys hiervan het Mokweni ’n verslag van watermonsterontledings wat in Maart op vier verskillende plekke in die dorp geneem is, aan die Gazette verskaf. Ingevolge dié verslag voldoen die water aan al die nodige vereistes. Die munisipaliteit het ook die bome wat naby die reservoir gegroei het verwyder, sê Mokweni. Volgens Mokweni het tenders vir die bou van ’n nuwe 3,5 megaliter reservoir vir Bonnievale onlangs gesluit. Bouwerk aan dié reservoir sal na verwagting aanstaande maand begin. Die nuwe reservoir sal ’n betondak hê wat vandalisme in die wiele sal ry. “Sodra die nuwe reservoir voltooi word, sal die ou een gesloop word,” sê hy. Die munisipaliteit is ook in die proses om al sy infrastrukturele konstruksies met ’n nuwe tipe omheining, wat moeiliker verwyder kan word, te beveilig.

’n Inwoner van Bonnievale het dié foto van ’n rot, wat volgens hom in die drinkwaterreservoir was, aan die Gazette gestuur. Hy is bekommerd oor die veiligheid van die drinkwater, maar die munisipaliteit sê toetse bewys die water voldoen aan alle veiligheidsvereistes.


2

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 22 April 2014 saar op die kerkterrein.

WOENSDAG 21 MEI

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by Robertson Museum. Navrae: 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) The Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

THURSDAY 24 APRIL ) Friends of the Montagu Hospital Trust’s AGM at 18:30 for 19:00 at the Montagu Bowles Club House.

VRYDAG 25 APRIL ) Mnr. en Mej. VGK Robertson-Oos om 19:00. Toegang R10.

SATERDAG 26 APRIL ) VGK Robertson-Oos hou vanaf 09:00 sy ba-

) Heinz Winckler tree by Janeza op. Tyd: 18:30 vir 19:00. Kaartjies: R140 (volwassenes), R80 (kinders). Bring eie eetgoed, geen drank. Besprekings of navrae: eza@janeza.co.za of bel 0 082 978 7020 of 023 616 3547 of www. janeza.co.za.

5-8 JUNIE ) Wacky Wine 0 023 626 4364.

Weekend.

Navrae:

VRYDAG 20 JUNIE ) Robertson Logos Christian School hoenderbraai. Navrae: 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE ) Breërivier-hospies brug- en skaakdag. Navrae: 0 023 626 5710.

WOENSDAG 25 JUNIE )Liewe Heksie en die Rolskaatse met Margit Meyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza. Kaartjies R70. Besprekings en navrae: 2 eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020.

SPORTIEF: Die ACVV Jakaranda Dienssentrum op Robertson het onlangs ’n sportdag vir ouer persone aangebied. Altesaam 10 spanne van onder meer Caledon, Swellendam, Touwsrivier en Worcester het aan dié prettige geleentheid deelgeneem. Deelnemers was baie ernstig oor die punte wat hulle moes inoes en het gewys die uitdrukking “oud maar nog nie koud nie” beslis op hulle van toepassing. Die wenners van die dag was die Bonnieburgers van Bonnievale. Die dienssentrum bedank Robertson Superspar, die plaaslike Tafelronde se vroue, die Robertson skoukomitee, De Bakkerij en die beamptes wat die geleentheid moontlik gemaak het.


Dinsdag 22 April 2014

News - Nuus

Die wenners van die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie is onlangs tydens VinPro se jaarlikse boeredag bekendgemaak. Op die foto is (agter, van links) Jaco Joubert van Greenlands, Bonnievale (tweede plek) en Ignatius du Plessis en Stephan Kruger van die Vinkrivier Boerdery (derde). Voor is Pieter Fouché van Graham Beck Wines (wenner) en Hein le Roux van ABSA (borg).

Breederivier Gazette

Onder die gaste by VinPro/Winetech boeredag was Anton Smuts (VinPro direkteur: Robertson), Gerrit van Rensburg (Wes-Kaapse minister van landbou en die gasspreker by die geleentheid) en Hennie Visser (VinPro wingerdboukundige: Robertson).

Graham Beck wen wingerdblokkompetisie

Graham Beck Wines het vanjaar die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie vir die Robertson-wyndistrik gewen. Die uitslae van dié gesogte kompetisie is tydens VinPro se jaarlikse

boeredag, wat onlangs by die lapa in die Graham Beck Wines Natuurreservaat gehou is, bekend gemaak. Greenlands, onder die bestuur van Jaco Joubert, en wat druiwe aan die Bonnievale Kelder lewer, het die tweede plek losgeslaan met die

Vinkrivier Boerdery, wat druiwe aan die Rooiberg Kelder lewer, wat die derde plek verower het. Tydens die boeredag het die WesKaapse minister van landbou, Gerrit van Rensburg, gaste oor onder meer die huidige politieke klimaat

BESTE VAN DIE BESTE: Era Eiendomme op Robertson het onlangs bewys hy is ’n agentskap om mee rekening te hou toe hy as die naaswenner in die kategorie vir die top lanbou-konsessie onder al Era-agentskappe in die land aangewys is. Eric Roux, wat afwesig was met die neem van die foto, is aangewys as die top Era-landbouagent in die land Op die foto is die eienaars van die plaaslike agentskap, Gerhard Carstens en Tony Granger. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

in landbou in die provinsie toegespreek, waarop die wenners bekendgemaak en die pryse uitgedeel is. Vanjaar se tema was “Kwaliteit Cabernet Sauvignon” met pryse ter waarde van sowat R100 000 wat op die spel was.

Die wenblok is in 1999 geplant. Gaste kon voor die prysoorhandiging die blok besoek. Tydens dié geleentheid het Hennie Visser, VinPro wingerdboukundige vir die Robertson-area, die positiewe aspekte van die blok uitgelig.

3


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 22 April 2014

Vryburgers reik helpende hand Vir jare al word die Vryburgers landwyd sowel as op plaaslike vlak vereenselwig met liefdadigheidswerk. Dié Christelike nie-winsgewende diensorganisasie beywer hom daarvoor om deurlopend geld in te samel deur ’n wye verskeidenheid projekte en dan dié geld terug te ploeg in die gemeenskap deur hulpverlening aan hulpbehoewende instansies en individue. Die Vryburgers van Suid Afrika het verlede jaar sy vyftigste verjaardag tydens sy jaarlikse Burgerraad in Pretoria gevier. Op sy beurt is die Robertson Vryburgers in 1993 gestig en vier dié tak vanjaar sy mondigwording. Gedurende die twee dekades wat die tak bestaan het hy reeds op verskeie gebiede ’n geweldige impak op die plaaslike gemeenskap gemaak deur sy leuse “Dien met Vreugde” gestand te doen. Die plaaslike Vryburgers het verlede jaar sowat R115 782 met die hulp van ’n wye verskeidenheid geldinsamelingsprojekte ingesamel wat aan ’n groot aantal verskillende instansies uitgedeel is.

Die Robertson Vryburgers het gedurende die afgelope jaar ’n helpende hand na verskeie plaaslike instansies uitgereik. Onder hulle tel die ACVV. Op die foto is Stuurman Deon le Roux saam met die plaaslike ACVV se Geraldene van Deventer, Elmaré de Lange, Elana Bruwer (voorsitter) en Dorelle Fourie (betuurder).

Die Breederivier-hospies, wat sélf groot werk in die gemeenskap doen, het ook ’n skenking ontvang wat deur sy bestuurder, Jane Phillips, in ontvangs geneem is.

Stephen Weyers, hoof van die Laerskool Robertson, het ’n donasie aan dié skool ontvang.

Die VGK Oos se Malcolm Abrahams neem ’n donasie in ontvangs.

Huis Le Roux se hoof, Piet Venter, neem ’n donasie in ontvangs.

Japie Marais van die Arbeidsbediening het die skenking aan dié instansie van Le Roux ontvang.

Ook die Hoërskool Robertson het gebaat by die Vryburgers se hulp. Die donasie is deur die skoolhoof, Hein Gonzales, ontvang.

Die plaaslike CAD-organisasie is ook bygestaan. By Le Roux is die organisasie se hoof, Johan Smit.


Dinsdag 22 April 2014

Plaaslike musiekstudente kon onlangs hul vaardighede slyp aan die hand van groot name in die saksofoon-wêreld.

Saksofoonspelers slyp vaardighede Die direkteur van Ad Libitum Musiek Akademie, Marvin Booysen, en vier studente het onlangs ’n Unisa-saksofoonsimposium by Hugo Lambrechts Musieksentrum in Kaapstad bygewoon. Dié geleentheid is deur twee saksofoonkwartette, Apollo Saxophone Quartet van Brittanje en Artvark Saxophone Quartet van Nederland aangebied. Die groep van meer as 150 studente en onderwysers wat die simposium bygewoon het, is eers vermaak met ’n vertoning deur die jazz en klassieke saksofoon-kwartette. Daarna het al die studente wat die simposium bygewoon het in ’n massa-saksofoonorkes saamgespeel. Ná die groep in klassieke en jazzgroepe verdeel is, is die res van die dag bestee aan lesings ten opsigte van tegniek, improvisasie, ensemble-spel, saksofoon-repertorium, embouchure (mondvorming) en die versorging van ’n saksofoon. Die dag is afgesluit met ’n konsert deur die Apollo en Artvark Saksofoonkwartette, die Dr Mike Rossi Jazz Trio van die Universiteit van Kaapstad, asook Karendra Devroop van die Unisa-musiekstigting.

Regstelling: potjiekos skenking Die Gazette het verlede week in sy berig “Nou is die tyd om jou potjie te roer” verkeerdelik berig dat die kos van Dros se komende potjiekoskompetisie aan die Nkqubela-ouetehuis en die Herberg Kinderhuis geskenk sal word. Die kos sal inderwaarheid aan die outehuise en senior burgers van die dorp geskenk word. Die Gazette vra om verskoning vir enige ongerief veroorsaak.

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 22 April 2014

Nuwe tuiste vir Robertson Wynvallei in styl geopen

Neels van Rensburg, Sunell Jacobs en Marie-Louise van Rensburg het ook ’n glasie op die die Robertson Wynvallei se nuutste sukses geklink.

Produsente en sakelui was onder die gaste wat die opening van die Robertson Wynvallei se nuwe gebou op die hoek van Voortrekker- en Reitzstraat bygewoon het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER HILDERINE SCHRÖDER ’n Hele paar staaltjies en kwinkslae, tesame met ’n terugblik op die rits suksesse van die Robertson Wynvallei oor die jare, het verseker dat die opening van die Robertson Wynvallei se nuwe gebou ’n geleentheid is waaroor daar nog lank gepraat sal word. Die praggebou op die hoek van Voortrekker- en Reitzstraat in Robertson is verlede Woensdag (16 April) amptelik tydens ’n geselligheid geopen, en is deur ’n groot aantal gaste, waarvan almal op een of ander wyse bande met die organisasie het, bygewoon. In ’n terugblik op die ontstaan van die Robertson Wynvallei het Bowen Botha, hoofuitvoerende beampte van die Robertson Wynkelder en voormalige voorsitter van Robertson Wynvallei, gesê die streek se afstigting van Worcester se wynroete jare gelede was nie sonder omstredenheid nie. Die gedagte om plaaslik ’n wynroete te begin het glo in 1981 ontstaan toe ’n wynproe-

FAMILIEKENNISGEWINGS

SAKE

IN MEMORIAM

DIENSTE

1015

2420

EDT LABOUR Consultant. Qualified attorney can assist with all labour related issues. Contact Elseri at 072 714 2679 or edtlabour@gmail.com

STEVENS CATHERINE Geb.22/04/1974 Gest.22/09/2013 Vandag, is jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons sou so graag jou 40ste verjaarsdag saam met jou wou gevier het. Mis jou baie. Van jou Ma & Pa, 2 broers, kinders Justin, Don Carlos, Emile, Monique, Byron, niggies en nefies en familie.

klub, Klub 21, gestig is. Om die Robertson Wynvallei-roete op die been te bring was ’n reuse spanpoging en die sukses daarvan is te wyte aan die harde werk van ’n magdom rolspelers, aldus Botha. Deesdae is die Robertsonstreek een van die leiers as dit by chardonnay kom, maar dít was blykbaar nie altyd die geval nie. Dit was glo alles danksy ’n plaaslike produsent wat ná ’n oorsese besoek ’n takkie van dié druif die land in gesmokkel het. Dít nogal in sy hempsak! “Hy was daardie jare nogal in groot moeilikheid,” het Botha onder groot gelag vertel. Op sy beurt het Rico Basson, uitvoerende direkteur van VinPro, gesê die Robertsonarea is bekend vir sy uitnemendheid, leierskap en innovasie. Met die landboubedryf by ’n kruispad oor hoe dit die toekoms gaan aanpak, is dit innovasie veral nóú nodig vir vooruitgang, aldus Basson. “Die streek moet vorentoe gaan met selfvertroue, sy produk reg bemark en nooit dink sy beste produk het ’n plafon bereik nie.”

Die sprekers by die geleentheid was (van links) Kobus Burger (voorsitter: Robertson Wynvallei), Elizma Botha (bestuurder: Robertson Wynvallei), Bowen Botha (hoofuitvoerende beampte: Robertson Wynkelder) en Rico Basson (uitvoerende direkteur van VinPro).

Jan Klue, Peter de Wet, Freddie de Wet en Fida Hess was onder die gaste wat die geleentheid bygewoon het.


Dinsdag 22 April 2014 FLINK VOETE: Mia Rabie, Inge Bronn en Tarah Abrahim, almal leerders aan die Robertson Voorbereidingskool, het onlangs aan die Suid-Afrikaanse danskampioenskappe in Rustenburg deelgeneem. Hulle het twee goue medaljes en een bronsmedalje losgeslaan en is al drie opgeneem in die Suid-Afrikaanse span wat in Julie in Los Angeles aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem. By hulle is hul instrukteur, Danique Fullard van die Danza La Vida dansskool.

VARS UIT DIE GROND: Die Robertson Voorbereidingskool het onlangs sy eie groentetuin begin. Victor Readien en Johzé Philander, saam met oom Moos Jacobs, was baie opgewonde oor die eerste spinasie-oes wat die tuin gelewer het.

Schools - Skole

Breederivier Gazette

7

BONNIEVALE SE NETBALSTERRE: Die o.19netbalspan van die Hoerskool Bonnievale het tydens die April-vakansie aan ’n toernooi by die Mosselbaai-sportskool deelgeneem. Na afloop van die toernooi is die Top20-spelers gekies. Drie lede van Bonnievale se span is in die groep opgeneem. Van links is Aletta Els (afrigter), Angela Jeneke (aangewys as beste middelbaanspeelster), Ansa vam der Merwe (bester verdediger) en Annamart Wentzel.


Breederivier

Year 18 • 22 April 2014 | Tel. 023 626 5212

ROLBAL KAMPIOENE: Die Robertson-rolbalklub se mansspan het koning gekraai in die 2014 Boland Sone 2 Senior Driespeltoernooi. Van links is: Billy Diedericks (organiseerder, van Swellendam) met lede van die wenspan, Rob Barker, Martin van Zyl en Jimmy Wright.

WEDSTRYDSEISOEN HIER! Die Robertson-rugbyklub se A-span het onlangs in sy eerste ligawedstryd teen Wellington kragte gemeet. Hoewel die span met 23-31 die knie teen sy opponent moes buig, het hy heelwat positiewe aspekte uit die wedstryd geneem om die res van die seisoen in te span. Die klub bedank sy ondersteuners, Robertson Spar, Rapid River Spur, Bon Courage en Built It vir hul steun.

NETBAL: Die plaaslike netbalklub Robertson Social Netball, spog deesdae met twee aktiewe spanne. Hulle het onlangs teen Worcester op diĂŠ span se tuisveld kragte gemeet. Hoewel albei spanne die knie teen die Worcesteriete moes buig, het hulle steeds hul alles in die stryd gewerp.

Breederivier gazette 22 apr 2014  

Breederivier gazette 22 apr 2014