Issuu on Google+

Breederivier

Year 16 • 21 Augustus 2012 | Tel. 023 626 5212

Wenners: Die Robertson Wynvallei het op Dinsdag 14 Augustus die Jongwynskou se toekenningsgeleentheid aangebied. Op die foto is die trofeewenners. Agter (van links) is Lazarus Kholomba en Jean Aubrey (albei van Mooiuitsig), Johan Gerber (Rooiberg), Johan Gerber en Theunis Botha (Langverwacht Kelder), Malcolm Human en Jacob Pieterse (albei van Van Loveren), Zonia Lategan (Viljoensdrift) en Jacques Roux en Thys Loubser (albei van Robertson Kelder). Voor: Olivia Poonah (Robertson Kelder), Steven Smuts, Pieter Bruwer, André Bruwer en Jacques Bruwer (almal van Bon Courage), André van Dyk (Rooiberg) en Danelle van Rensburg en Jonas Cupido (albei van Van Loveren). (Lees meer op bl. 4). Foto: Bonita Malherbe

Hospice in financial crisis DALEEN FOUCHÉ

F

ourteen staff members of the Breede River Hospice have been retrenched and Hospice services in Ashton and Montagu have been cut back in an attempt to save the organisation from closing its doors. Despite these drastic cuts, available funds will only be able to pay the remaining staff until the end of December, says general manager, Jane Phillips. However, Hospice will still provide palliative care to its patients in the Langeberg area, says Phillips, but will cut back on additional services such as prevention and promotion programmes, support and chronic care. Department of Health patients will no longer have access to the Hospice social worker and doctor.

According to Phillips, the majority of staff remaining will volunteer two hours a day for free. The Breede River Hospice has 350 patients who receive palliative and chronic care. “Not only do we provide a service to the patients, but to the 1 100 family members who are directly involved in the patients care. Of these 1 100 members 150 are children.” Phillips says that since the start of the global recession, many non-profit organisations have closed their doors. She says Hospice relies on donations from companies and the public, but says current do-

Weer • Weather

nations reflect the state of the economy. “We had hoped to survive this current financial year by applying for funding from large funders but unfortunately we are short of R1,1 million for this year.” But, Phillips says, this is not a “sudden crisis”. Financial difficulties have been looming for a while. “We survived this by using our reserve funds, which are now seriously depleted.” She says Hospice has increased fund-raising initiatives and approached other avenues of funding, but could not prevent the current crisis. Sanet Groenewald, a patient at Hospice,

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 16ºC

Maks 14ºC

Maks 19ºC

Maks 21ºC

was taken aback at news of the financial crisis plaguing Hospice. “Its multifaceted and compassionate care not only improve the lives of patients and family members, but reflect the attitude and responsibility of the broader community,” she says. Phillips thanks all the donors who have up until this point tried to assist Hospice in alleviating the serious financial shortfall.“We appeal to the community to share the care in this difficult time to ensure the continuation of our free service to those who deserve pain-free care. Any amount in donations will be of great assistance.” Hospice is also in need of volunteers to assist with fundraising events, administration and reception duties.Go to www.hospicebreederiver.org.za for banking details and more information.

Naweek: Reën word vir die hele naweek voorspel. Temperature sal na verwagting tot 15°C styg.


2

Breederivier Gazette

Gemeenskapsnuus/Community News

Dinsdag 21 Augustus 2012

Herberg bedank donateurs ANITA DE KOCK )) Gaste kan elke laaste Vrydag van die maand ’n koppie koffie of tee en ’n sny melktert by die Jouberthuis op Montagu geniet teen net R20. )) The Montagu Village Market is held every Saturday-morning from early until 12:30 at the Euvrard Park, Bath Street. )) The McGregor Market takes place every Saturday from 08:45 on the corner of Voortrekker and Church Street. )) The Food and Wine Festival takes place on September 1 in the hall at the McGregor Dutch Reformed Church from 10:00 until 16:30. Entrance is R60 and includes a tasting glass and goodie bag. For more information, phone McGregor Tourism on 0 023 625 1954. )) The Ride2Nowhere is a three day mountain bike stage race in McGregor and takes place from September 14 to 16. For more information, visit www.ride2nowhere.co.za. )) Send your event details to Daleen Fouché at gazette@breede.com. (The deadline for all items is Friday 10:00).

D

ie Herberg Kinderhuis op Robertson het verlede week sy Donateursfunksie gehou wat saamgeval het met sy algemene jaarvergadering. Dié funksie word jaarliks gehou om donateurs en vrywilligers wat by die tehuis betrokke is, te bedank vir hul onbaatsugtige skenkings en werk. Die gassprekers vir die aand was Helena de Jager van die NGK Swellendam, Du Toit Britz van Kentridge, Kaapstad, en Flip Piek van

Worcester. Die sprekers het almal ’n nou verbintenis met die herberg en veral Piek is bedank vir sy hulp tydens die Cape Epic-fietstoer vroeër vanjaar toe hy gehelp het om die tehuis se terrein voor te berei om as oornagplek vir die deelnemers in te rig. Daar is bekend gemaak dat die tehuis ’n skoon ouditverslag vir die afgelope jaar ontvang het, maar dat die skenking van die Nasionale Lotery gekanselleer is. Van die tehuis se kinders het die gaste vermaak met sang, dans en ’n tromslaanvertoning.

Van links is Lettie Visser ( hoof van die Herberg) saam met sprekers Helena de Jager, Du Toit Britz, Petro Uren (bemarker van die tehuis) en Flip Piek. Foto: Anita de Kock

Leer blomme kweek

Gazette­lesers wys hulle gee om DALEEN FOUCHÉ KOMBERSE wat deur Gazette-lesers geskenk is, is verlede week aan die Centre of Hope op Montagu oorhanding. Wilma Christoffles, bestuurder van die voedselskemaprogram en ontvangsdame by die Centre of Hope, sê hulle is “baie dankbaar” vir die donasie. Die sentrum het reeds 500 komberse aan mense

uitgedeel dié winter. Die sentrum bestuur 31 welsynsprojekte in die Langeberg. Centre of Hope bedryf ’n gimnasium, klaskamer, restaurant, verblyfgeriewe, gebedskamer en skoonheidsalon wat dienste teen bekostigbare pryse bied. Die sentrum benodig egter steeds items soos blikkieskos. Vir meer inligting, bel die sentrum by 0 023 614 3938.

Wilma Christoffles van die Centre of Hope ontvang komberse wat deur Gazette-leseres geskenk is.

STEL u belang in die kweek van skougehalte krisante en asters? Willa Moos van Robertson nooi alle belangstellendes om op Dinsdag 28 Augustus van 19:00 af by Le Rouxstraat 42 bymekaar te kom. Gratis plantjies sal uitgedeel word. Belangstellendes wat meer inligting soek, kan Moos by 0 023 626 6752 of 083 412 3354 bel.

Gryp die breipenne INWONERS van Huis Le Roux, tehuis vir ouer persone, se versorgingseenheid het onlangs hulle breipenne nader getrek en komberse begin brei. Die inisiatief is van stapel gestuur om die ledige ure van die dag met ’n aktiwiteit te vul, sê Karin Rabie van die tehuis. “Aktiwiteite moet só gekies word dat dit ontspannend is en terselfdertyd iets is waarna die inwoners sal uitsien.” Rabie verduidelik dat brei soos fietsry is. “Mens vergeet nooit hoe om dit te doen nie.” Rabie sê daar is besluit om klein blokkies te brei sodat al-

mal wat wil, aan die projek kan deelneem. Die blokkies is agterna aanmekaar gewerk om ’n kombers te vorm. “Ons wil dankie sê vir almal wat tot dusver ’n bydrae van wol en breipenne gemaak het.” Maar, sê Rabie, om voort te gaan met die projek is nog wol nodig. “Enige oorskietwol sal waardeer word.” Die eerste kombers gaan uitgeloot word teen R5 per lootjie. Die geld sal dan ook gebruik word om nog wol te koop. Vir meer inligting oor die lootjies, kontak Huis Le Roux by 0 023 626 3163.

Op die foto is (agter, van links) Johanna Odendal, Monia du Toit, Johanna Brits en Betsy Scheun. Voor is Annie James, Sally Nel en Katy Karelse. Foto: Daleen Fouché

FOKUS OP

JAAREINDFUNKSIE

ADVERTEER U BESIGHIED IN DIE Robertson

KONTAK ZELDA Tel: 023 626 5212 Cell: 084 952 1257


Dinsdag 21 Augustus 2012

Nuus/News

Die kinders van Ashbury smul aan ’n warm maaltyd by die Nieuw Horizon-gemeenskapsentrum ná die koue en nat weer op Dinsdag 7 Augustus.

Nat, koud en honger, Die inwoners van Ashbury in Montagu staan in ’n ry om komberse te ontvang.

Ashbury inwoners swaar getref deur reën DALEEN FOUCHÉ

M

EER as 25 inwoners van Ashbury op Montagu het skuiling gaan soek by die Nieuwe Horizon-gemeenskapsentrum nadat swaar reën en vloedwater hul huise beskadig het. Maar Jannie Mosses, projekbestuurder by die sentrum, sê baie meer huisgesinne se huise is op Dinsdag 7 Augustus beskadig. Inwoners het eerder in hulle nat huise bly slaap, uit vrees dat hul besittings uit die huise gesteel word, het hy gesê. Mosses verduidelik dat die houtdeure van die huise, grotendeels HOP-huise, het uitgeswel wat beteken dat dit nie gesluit kan word nie. Hy sê die huise wat deur die

regering gebou is, is nie van “goeie materiaal” gebou nie en sê as dit hard reën, dring die reën deur die mure en die dakke lek. “Dit is al ’n ou probleem, die mense raak vies.” ’n Familie in ’n ander woonbuurt, wie se huis kniediep oorstroom het, het skuiling gekry by die Centre of Hope. Mosses het die Dinsdagoggend “toe die water afkom”, ’n gemeenskapsvergadering gehou om vas te stel hoe die sentrum die mense van Ashbury kan bystaan. Drie etes per dag is aan lede van die gemeenskap voorsien. Mosses sê saans het meer as 200 mense na die sentrum gestroom vir “ ’n warm ete in die koue weer”. Die Nieuwe Horizon-gemeenskapsentrum het eenmalig kos op groot skaal aangekoop en

die Shoprite-sopkombuis, provinsiale rampbestuur, die Montagu-polisie en gemeenskapslede het ook kos aan die sentrum voorsien. Mosses sê die Montagu-polisie het 20 komberse, wat deur lede van die gemeenskap en die polisie geskenk is, aan die sentrum oorhandig. Mosses sê omdat die gebied nie as ’n rampgebied verklaar is nie, was dit moeilik om meer hulp in te roep. Tog, sê hy, die poging om mense te help wat sleg geaffekteer is deur die vloed, was ’n “groot sukses”. Hy skryf dit toe aan die gemeenskap wat saamwerk in tye van nood. * Daar was teen druktyd steeds op kommentaar van die Langeberg Munisipaliteit oor die aangeleentheid gewag.

Breederivier Gazette

)) The Robertson Community Policing Forum (CPF) will hold their general meeting on Tuesday, August 21 at the Robertson Civic Centre in Hospital Avenue. The purpose of the meeting is to give feedback to the public and to reflect on the achievements, best practices, challenges and the way forward for the CPF. All the members of the CPF, organisations, role players and the general public are encouraged to attend this meeting. )) Die Ashton-polisie kondig aan dat van vanjaar 1 September geen motorvoertuig, motorfiets, karavaan, sleepwa of ander voertuig uitgeklaar sal word sonder dat die voertuig ’n mikromerk op het nie. Eienaars moet toesien dat wanneer hulle voertuie of enjins koop, dit van ’n mikromerk voorsien is. Die Ashton-polisie se klaringskantoor het egter geen fasiliteite beskikbaar om mikromerke aan te bring nie, maar dit kan by Data Dot op Worcester gedoen word.

Voertuigeienaars moet steeds die volgende dokumente saambring wanneer voertuie vir klaring aangebied word: 1. Registrasiedokument van die voertuig. 2. ’n Kopie van die eienaar se identiteitsdokument. 3. Indien die eienaar iemand anders stuur, moet die aanbieder in besit wees van ’n magtigingsbrief wat aandui dat die eienaar toestemming gee dat ’n voertuig aangebied mag word deur die gemagtigde. 4. Wanneer dit ’n voertuig is wat uit ’n boedel aangebied word, moet die aanbieder in besit wees van alle dokumente asook ’n eksekuteursbrief. 5. Indien die enjin vervang is, moet die aanbieder in besit wees van ’n koopbewys. Indien die aanbieder die voertuig by iemand anders gekoop het en dit in sy naam wil registreer, moet die aanbieder in besit wees van ’n koopooreenkoms. 6. ’n Afskrif van die vorige eienaar se identiteitsdokument en ’n magtigingsbrief wat toestemming verleen dat die nuwe eienaar die voertuig mag aanbied vir klaring, is ook nodig.

3


4

Breederivier Gazette

Montagu Kelder presteer by Klein­Karoo se Jongwynskou DIE Montagu Wine and Spirits Company (MWS) is vir die derde agtereenvolgende jaar die toppresteerder by die 2012 Klein-Karoo Jongwynskou. MWS is aange- Die span van Montagu Wine and Spirits Company wys as die Koöpe- is (van links) Retief Uys (direkteur), Koos Esterratiewe Kelder huyse (direkteur), Chris Crafford (wynmaker) en van die Jaar ty- Christiaan van Tonder (wynmaker). dens die jongwynskou wat op 14 Augustus by die met sy kampioen-ruby cabernet, Hillock Kelder op Oudtshoorn kampioen-merlot en die kampioen-natuurlike soetwyn aangegehou is. Dié kompetisie toon die kwali- wys. , Die reserwe grootkampiteit van die wyne wat in 2012 geoenwyn is ’n wit muskadel (kammaak is. Die toekenning is gemaak vir die beste prestasie in pioen-muskaat versterkte wyn) die meeste afdelings van die van MWS. Die kelder het veral kompetisie - van droë witwyn tot goed gevaar in die witwynklasse port. Dit is die derde agtereen- met sy kampioen-droë wit wyn, volgende jaar dat MWS daarin kampioen-chenin blanc en die slaag om hierdie uitmuntende kampioen-chardonnay. Die Vinpro-wingerdblokkomprestasie te behaal. Uit die derpetisie wat jaarliks gehou word, tien kelders wat aan die KleinKaroo Jongwynskou deelge- se wentrofee is onderskeidelik neem het, was ses produsente- aan druiweprodusente van Monkelders met MWS wat die beste tagu Wine and Spirits Company, William Bussel van die plaas gevaar het. , Die MWS is as die kampi- Cogmanskloof en Jean-Pierre de oen-koöperatiewe kelder by die Villiers van die plaas GoedeKlein-Karoo Jongwynskou 2012 moed toegeken.

Nuus/News

Dinsdag 21 Augustus 2012

Bon Courage maak skoonskip

B

ON COURAGE was vanjaar weereens die wenner van die Agri Expo Silver Tray as die Suid-Afrikaanse kampioen vir sy natuurlike soet wit wyn. Dié toekenning is vanjaar op Donderdag (16 Augustus) by die Nasionale Jongwynskou gedoen. Bon Courage het ook meer as nege trofeë by die Robertson Wynvallei Jongwynskou op Dinsdag 14 Augustus verower. “Die goeie aantal inskrywings - 2 124 hierdie jaar - wys dat die land se oudste en grootste wynskou floreer,” meen Charles Hopkins, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANWSV). “Die terugvoer van die beoordelaars van hierdie gerespekteerde kompetisie is besonder waardevol in terme van die besluite wat ’n wynmaakspan tydens elke nuwe oesjaar moet neem.” Die trofeewenners by die Robertson Wynvallei Jongwynskou is: , Wenner van die Mountain River-trofee vir droë wit versnit is Van Loveren. , Die Metropolitan-trofee vir die kampioen-semillon is aan die Langverwacht Wynkelder toege-

Die eerstenetbalspan van die Hoërskool Robertson is (agter) Karla Wentzel, Eleanor Neethling, Elanca Goosen en Lize Neethling. Voor is Edlin Tiemie, Madré Booysen (onderkaptein), Jossi-Mari Swart en San-Mari Joubert (kaptein). Die Hoërskool Robertson se eersterugbyspan is (agter, van links), André Hansen (kaptein), Brand Taljard, Barend van der Merwe, Alrin Eksteen (onderkaptein), Pierre-Juan Paulsen en Christoff Conradie. In die middel is Duane Michaels, Francois Jansen van Rensburg, Janco Barnard, Dehan Stipp, Cleavon Michaels en Hugo Malherbe. Voor is Esteban van der Merwe, Kurt Michaels, Ricus Burger en Shelton Anthony.

ken. , Die C.J. Petrow-trofee vir die kampioenchenin blanc is aan Van Loveren toegeken. , Die Imvusa Stainless-trofee vir die kampiVan links is Jacques Bruwer (Bon Courage), Karen oen-sauvignon blanc is deur Ro- Dippenaar (JF Hillebrand, borg van die aand), Anbertson Wynkel- dré Scriven (voorsitter van die Jongwynskoukomitee) en André Bruwer (Bon Courage). der gewen. , Die De Wetshof-trofee vir die kampi- South Africa-trofee vir die kamoen-chardonnay is deur Robert- pioen-merlot is deur Rooiberg Wynkelder gewen. son Wynkelder gewen. , Die Standard Bank-trofee , Die Pon van Zyl-trofee vir die kampioen-colombar en die vir die kampioen-shiraz en die Rietvallei-trofee vir die kampi- kampioen-cabernet sauvignon oen-soeterige witwyn is deur is deur Bon Courage gewen. , Die Robertson WynvalleiBon Courage gewen. , Die Johan de Wet-trofee vir trofee vir die kampioen-ander die kampioen-ander wit kultivar rooi kultivar en kampioen-port is deur Bon Courage gewen. is deur Van Loveren gewen. , Die Jonkheer-trofee vir die , Die Vinochem-trofee vir kampioen-droë rooi-versnit is kampioen-dessertwyn is vir die vyfde agtereenvolgende jaar deur Viljoensdrift gewen. , Die BMW-trofee vir die bes- deur Mooiuitsig gewen. , Die Overberg-trofee vir die te vyf genomineerde wyne en die Roulou Barry-trofee vir kampi- kampioen-muskadel is deur Bon oen-edellaatoes het aan Bon Cou- Courage gewen. , Die Robertson-kampioenrage gegaan. , Die Infigro-trofee vir die wyn is deur die Bon Courage Kelkampioen-pinotage en die RX der gewen.

Die Hoërskool Robertson se eersteseunshokkiespan is (agter, van links), Jaco Snyman, Hendrik Joosten, Jakobus Bruwer, Niel Botha (onderkaptein), Johandrie van Tonder, Francois le Roux en Herman Smit. In die middel is Pieter Bruwer, Brandon Lucas, Dewald Müller (kaptein) en Louis Wentzel. Voor is Toshif Momin, Damian Maart en Kyle McMahone. Die Hoërskool Robertson se eerstemeisieshokkiespan is (agter, van links) Sydne Campbell, Francelle Naudé (onderkaptein), Sanmarie van Eeden (kaptein), Nina Bruwer, Tiffany Schweggman en Loumaré Kapp. Voor is Mienke Cloete, Zelda Adams, Anri Uren, Ronelle Kriel en Nicola Neethling.


Dinsdag 21 Augustus 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

5

Vroue gevier: Die Mountain View-biblioteek op Robertson het op Woensdag (8 Augustus) ‘n groep vroue by die biblioteek onthaal. Rdl. Davin Hul (speaker, regs) van die Langeberg Munisipaliteit het hulle toegespreek. Hy het gepraat oor die vrou en haar regte. Doy Eksteen (links) het ‘n bemoedigende boodskap aan die vroue gebring. Langs haar is Dordrey Bothman en Elizabeth Jansen (langs Hull).

Opleiding: Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking

met die Kaapse Wynakademie, het op 7 Augustus ’n opleidingskursus in wynproe op Robertson vir 12 plaaslike inwoners aangebied. Die kursusgangers het bestaan uit werkloses, jongmense en mense wat in die toerismebedryf betrokke is. Die kursus het oor twee dae gestrek en die doel was om mense te help om werk te kry en ook om mense wat verder in die wynbedryf wil studeer, tot die sertifikaatkursus toe te laat.

Worcester Voorsieners verskaf alle materiaal vir doen-dit-selfprojekte tot professionele kontrakteurs. Worcester Voorsieners bied kompeterende pryse en die beste gehalte.

AAA Paint Worcester bied steeds die hoogste kwaliteitprodukte teen die beste pryse aan. Besoek hulle vandag vir professionele advies, uitstekende diens en ’n gratis kwotasie.


6

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 21 Augustus 2012

Nuwe pastore by Robertson AGS ANNELDA GROOTBOOM

M

artin Phillip Jansen (57) en sy vrou, Rosy (56), albei geordende pastore in die AGS-bediening, is die nuwe pastoorpaar by die AGS-sentrum op Robertson. Die Phillips-egpaar is op 11 Augustus 2012 in die amp bevestig en vir dienswerk op Robertson afgevaardig. Die egpaar was vir 13 jaar in Newtown, Paarl, gevestig. Hul droom was om op die platteland vir die Here dienswerk te kom doen. Die Breederivier Gazette het ’n bietjie meer oor dié twee gaan uitvind. Vertel ons meer van julself? Rosy: Ek was vroeër ’n onderwyseres vir 19 jaar en daarna het ek vir vyf jaar vrywillige werk gedoen by die gemeenskapsradiostasie KC 107.7fm in Paarl. Ek het twee programme aangebied, ’n familieprogram met die naam Huis en Haard en ’n vroueprogram, Vrouwees . Martin was vir 30 jaar ’n korrektiewe beampte by Drakenstein Korrektiewe Dienste. Daarna was hy pastoor by die Newtown AGS-kerk in die Paarl vir 13 jaar. Hoeveel kinders en kleinkinders het julle? Ons het twee kinders, ’n seun en dogter, en drie kleinkinders. Die derde kleinkind is op Maandag 20 Augustus gebore. Is dit ’n uitdaging om ’n pastoor te wees op die platteland? Ek dink dis ’n uitdaging om ’n pastoor te wees op enige plek, maar as jy regtig geroepe is, is jy ’n geestelike leier en weet jy om op elke gebied van die lewe koninkrykgerig te wees. Maar dit bly ’n uitdaging. Wat geniet julle die meeste van jul bediening? Om met mense te praat wat afvallig geraak het en ook met diegene wat nog nooit hul verhouding met hul Skepper reggemaak het nie en wanneer hulle ’n oorgawe maak om Hom te dien en onvoorwaardelik te volg. As ’n gemeente positief op die prediking van die Woord reageer en toelaat dat Jesus gestalte in hul lewe kry, is daar niks op aarde wat jou as geestelike leier meer genot kan verskaf nie. Wat is jul visie en missie vir die gemeente en die gemeenskap? Ons wil graag, met die hulp van die Here, die atmosfeer van Robertson verander. Ons glo met ons hele hart dat enigiets moontlik is as ons in Jesus Christus se atmosfeer is. Ons visie is eenvoudig om die uitgeworpenes van die samelewing hoop te gee. En ons missie is om op alle terreine van die gemeenskap betrokke te raak. Ons wil die plaaslike gemeente inspireer om die negatiewe atmosfeer na positief te verander.

Pastore Martin Phillip Jansen en sy vrou, Rosy. Foto: Annelda Grootboom Is julle van plan om lank op Robertson vir die Here te werk? Ons sal nie baie lank op Robertson wees nie, omdat ons aftreejare nie meer ver is nie. Ons skat so sewe jaar. Wat geniet julle sover die meeste van Robertson en die mense? Iets wat ons baie geniet het toe ons hier aangekom het, was die opgewonde afwagting waarmee van ons gemeente se vroue ons ingewag het by die pastorie. Ons het so spesiaal en gewaardeer gevoel. Die AGS Robertson-sentrum se mense het as verteenwoordigers van die dorp opgetree, so glo ons, en ’n absolute unieke beeld van die gasvryheid van die dorp as geheel uitgestuur. Die jeug in ons land en dorp is onder geweldige druk. Wat sal julle doen om hulle te help? Ons het ’n sagte plekkie vir die jeug en het baie simpatie met die uitdagings waarmee hulle te doen het. In plaas van op hulle neer te sien en hulle altyd bewus te maak van hoe swak hulle morele waardes en maniere is, wil ons hulle eerder bewus maak van hoeveel goeie potensiaal en goeie kwaliteite in hul versteek is wat net ontgin moet word. Met watter ander gawes bedien pastoor Martin die gemeenskap? Hy is ’n baie goeie sanger, kan op kitaar begelei en speel van agtjarige ouderdom af mondfluitjie!

HOFFMAN, SIAS Geb. 8/11/1961Gest.15/08/2012 Roudiens, Donderdag om 19.30 by die huis in Langebergstr. 54. Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 26 Augustus om 12:30 by die huis in Langebergstr.54 en 1nm in die EmmaneulPinkster kerk in Sonneblomstraat, Panorama. Vir enige navrae kontak vir Joanie Visagie-Jantjies by 084 4414 293.

ALEXANDER, JOHN Geb.25/08/1966Gest.13/03/2012 Dear John Lebow/ Boy and husband, it's your first birthday, 25 August away we would've love to celebrate with you and be with you, but God had other plans. We miss you a lot and u will always be with us in spirit. Love always till we met again. Your wife Rouleen and kids Ruwane and Xelandren.

JACOBS, RUBEN Jou eerste verjaarsdag 18/08/2012 weg van ons. Die verlange en gemis is groot, en dit sal altyd daar wees. Van vroulief, seuns, skoondogters en kleinkinders.

PAULSEN, CHANDRé Geluk met jou verjaarsdag. God’s rykste seën word jou toegewens en alles wat mooi is. Van: Daniëlle, Andy en almal wat lief is vir jou.

KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool.* Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier * Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. * Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies * Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. LOANS. R1 000- R150 000. Blacklisted and Garnish. Enrico 083 663 5853 PERSONAL LOANS. Loans from R1 000 R120 000, permanent and contract workers.Bring Id, payslip and bankstatement and also proof of adress. Contact serene Readien 023 626 7035/084 344 5127.

113 KUSWEG Strand reg langs see. bekostigbare selfsorg akkommodasie, senior dames vanaf 50 jaar. Permanent/semi huur asook opsies om te deel met vriendin. Skakel Melanie 083 758 3841


Dinsdag 21 Augustus 2012

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 16 • 21 Augustus 2012 | Tel. 023 626 5212

Die BC United-sokkerspan. Die Montagu-liga se tweedespan ná hul wedstryd teen Bredasdorp. Van links is P.J. Basson, Jack Friedman, Mornè Fourie en Mark Hardy.

Muurballiga: Sentraal­Suid Koöperasie DIE afgelope week het Montagu se tweedeliga-muurbalspan weg gespeel teen Bredasdorp. Montagu wat tans die voorloper op die punteleer is, het in ’n naelbytstryd net-net met ses potte teenoor sewe verloor. Tellings: 1. Jaco Beukes klop Jack Friedman (3-0);

2. Rowan Rabe klop P.J. Basson (3-0); 3. Steven Dreyer verloor teen Mornè Fourie (0-3); 4. Leon Binneman verloor teen Mark Hardy (1-3). Montagu het nog net een wedstryd oor in die uitdunronde teen Riversdal op 6 September.

BC United vier prestasie BC UNITED, ’n sokkerspan van die omligende dele van Robertson, het die einde van ’n goeie seisoen met ’n makietie gevier. Die span het tweede in die LFA-liga in die Langebergstreek geëindig. Johannes Sauls, afrigter van die span, sê hy is trots op die span en glo dat hulle volgende jaar die eerste plek gaan behaal. “Hulle harde werk en goeie spel vir die jaar was wel beloon met ’n jolige aand.” Die span is reeds besig met voorbereiding vir die nuwe seisoen wat voorlê.

Welgedaan!:

Dié twee ruiters, Monika Viljoen (links) en Matthew Oosthuizen van die Laerskool Robertson, het die naweek van 9 Augustus in die streekfinaal op George gekompeteer en is daarna albei vir die Wes-Kaapspan gekies. Die twee sal dan ook aan die einde van September teen die provinsiale span in Johannesburg in die jaarlikse nasionale kompetisie kompeteer.

Montagu­interskole groot sukses OP Saterdag 18 Augustus het die sesde interskole tussen die Hoërskool Montagu en Hoërskool Bredasdorp op Montagu plaasgevind. Die interskole bestaan uit 41 kragmetings waarin altesaam 668 leerders teen mekaar gekompeteer het. Dit het reeds in Februarie vanjaar met tennisen krieketwedstryde begin. Die landloop-, gholf- en skaakkompetisies het in die week voor die interskole plaas- Die Hoërskool Montagu se eersterugbyspan hardloop volspoed met die bal. gevind. Bredasdorp se eerstespan Op die rugbyveld was die twee skole (meisies) het die hokkie gewen, terwyl omtrent ewe goed, maar Montagu se eerMontagu die seunshokkie gewen het. stespan wen met 13 – 8. Op die netbalveld het Montagu tien van Montagu wen hierdie interskole nadat die 12 wedstryde gewen. Montagu se eerstenetbalspan het oortuigend met 34 - 18 hulle die meeste kragmetings gewen en daarmee die trofee verower het. gewen.

R50 000 bonus draw 25 auG 2012 | 5-8pm Competition rules available at www.theCaledon.Co.za or at the Club desk. terms and Conditions apply.

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE.


Breederivier Gazette 21 August 2012